Issuu on Google+

12

krit Krit

Sondag 30 Maart 2014

Onbekendes kry hier ’n kans Bianca Rademan (22) het verlede jaar die pad gevat van Graaff-Reinet na Oudsthoorn om as pub-sangeres te kom sing. Gister was sy ’n tree nader aan haar droom toe sy vir die eerste keer op die RSG-verhoog gesing het. “Dit was eintlik meer adrenalien as senuwees, want ek

sing al vandat ek agt jaar oud is.” Verlede jaar het Rademan by Brian’s Grill & Restaurant opgetree. Sy het haar CV en demonstrasie-opnames na RSG gestuur en is toe gekies om vanjaar op die stasie se verhoog te sing. Volgens Rademan is dié verhoog ’n goeie platform vir on-

bekende kunstenaars. “RSG doen moeite om nie die groter kunstenaars te gebruik nie, en dan kry ons goeie blootstelling.” Vir Rademan was gister maar net die begin. “Ek hoop om eendag op die Huisgenoot-verhoog hier by die fees te sing saam die groot name van Afrikaanse musiek.” – Nico Gous

Hulle roem begin by KKNK

Marion Holm voor ’n gehoor van drie. Foto: DEON RAATH

Slegs drie in gehoor vir digkuns

Nico Gous Dozi was ’n lid van die polisie se vermaakgroep toe hy destyds op die grootste verhoog by die Absa KKNK ontdek is. Theuns Jordaan is op dieselfde verhoog ontdek – en nie een van die twee het toe ’n sent gevra nie. “’n Vriendin het gesê sy ken ’n Afrikaans sanger wat Zoeloegospel sing en ons moes die program vol kry,” sê Ilza Roggeband, voormalige bestuurder van die Huisgenoot-verhoog. Jordaan het in kroeë op Stellenbosch begin sing, voor hy Pretoria toe getrek het en sy eerste CD – met finansiële hulp van vriende – opgeneem het. “Hy het met sy kitaar en boks CD’s hier aangekom,

Nielen de Klerk

N Theuns Jordaan en sy kitaar. Foto: VERSKAF maar toe hy begin sing, toe weet ek hier is nogal iets,” sê Roggeband. Dit was nie net haar verbeelding nie. “Ek het aand ná aand gesien hoe die mense meer en meer word.” Roggeband sê ná 2000 was daar ’n bloeitydperk in die Afrikaans musiekbedryf, wat

ander kunstenaars na die verhoë van die Absa KKNK gebring het. “Dit was toe nie meer net oud-bekendes soos Steve Hofmeyr en Amanda Strydom nie. “Karen Zoid, Nicholas Louw, Juanita du Plessis en ander het ook hier kom optree.”

‘Fééste het ons as Afrikaanses bevry’ KRIT: Hoe het jy by die KKNK be­ trokke geraak? Ek was destyds die skakelhoof van die Knysna-publisiteitsvereniging en toe kry ek ’n oproep van Nic Barrow. Ek was toe ook betrokke by die Portfees op Calitzdorp. Hy sê toe hy wil hierdie fees begin. Ek dog toe dis onmoontlik... Wie wil nou Oudtshoorn toe kom? Hy het absolúút, net met sy gewone sakevernuf en deursettingsvermoë, vir Andrew Marais oortuig, wat toe die skakelhoof van Naspers was, wat toe nou vir Ton (Vosloo, Naspers-voorsitter) oortuig het om geld te gee. En ek kry toe ’n oproep van Andrew om Naspers toe te gaan en ek los toe Knysna en my oesterboer en ek trek Kaap toe as Naspers se skakelhoof. En toe ek my oë uitvee, is ek weer terug op Oudtshoorn. Die eerste vergadering is gehou daar onder in ’n saal en dit het my vreeslik aan ’n politieke vergadering laat dink. Dit was voor ’94 en álmal wou hul sê sê. Die uiteinde van die storie is die fees skop af en die volgende jaar toe sit ons

se geraak saam met ons want aan die begin was daar vreeslike taboes en van die kunsuitstallings was gesensureer. Pieter Fourie het (ek dink in jaar drie) ’n sagtebaard-, ’n stoppelbaarden ’n hardebaard-teken op die venues, sodat die mense weet daar is sekere goed wat nou nie vir kinders geskik is nie. En deesdae is daar... die fééste het vir ons as ’n Afrikaanse groep bevryding gegee en tot in ’n groot mate vir ons die vrymoedigheid gegee om ons te kon uitleef in ons taal in allerhande vorme – in die vlaktes van die Karoo tot in kerksale.

5 vrae aan

Anet Pienaar­Vosloo Stigterslid van die Absa KKNK hier. Afrikaanse mense was baie weerloos op daardie stadium, en daar was vreeslik pessimisme of ons dit wél gaan regkry want Afrikaans was ’n bietjie van ’n vloekwoord op daai stadium. En tóé... kom die mense. Dit was ’n geweldige ervaring om te sien die mense het net besluit: Kyk, hier moet ons nou saamstaan vir die taal en iets doen. KRIT: Jou indrukke van die eerste jare? Ek was die stigter van Krit, byvoorbeeld. Dit was ’n wonderlike wilde tyd gewees, ons was natuurlik almal 20 jaar jonger, so ons het so te kere gegaan – níks geslaap nie en vitamine-inspuitings gekry. Dit was té fantastiés! Daai eerste jare... Nie dat ons nou nie meer die energie het nie, maar ek dink ons

et drie mense het gister Marion Holm se Gedigte Sonder Grense-vertoning bygewoon. Daar was plek vir ’n honderd. “Ek het niks anders verwag nie,” het Holm agterna gesê. Die produksie wil iets ontoeganklik – gedigte – toeganklik maak deur mense een-een oor te wen vir die digkuns. “Ek hoop (hulle) gaan huis toe met die wete gedigte is nie ‘too high to come by’ nie.” Marietjie Rossouw, die stuk se

Anet Pienaar­Vosloo Foto: LERATO MADUNA het net ’n bietjie meer sensible geword. Ek dink daai voorgangers het goeie fondasies gelê, soos Pieter Fourie, en Gerrit Geertsema was die eerste baas, maar Karen Meiring is ’n ongelooflik avontuurlustige mens. Sy is so ’n raakvatter vrou en sy het soveel goed gedoen. Sy het met die klomp wilde voorstelle gekom soos Kaktus op die Vlaktes, terwyl mense nie eers die naam wou uitspreek nie. Die kunstefeesgehore het geweldig volwas-

KRIT: Hoogtepunte? Vir my persoonlik is dit definitief die atmosfeer van jy ken al hierdie mense. Ek sit daar op die Queen (hotel) se stoep en dit voel vir my soos familie. Dit is die wónderlikste gevoel van samehorigheid. Daar is een spesifieke insident wat vir my ’n absolute hoogtepunt was. Die jaar toe dit gereën het, was ons by die opelug-konsert en Coenie de Villiers sing As dit reën in die Klein­Karoo en daar sak toe ’n reenbui uit en die mense sit bánkvas en reën papnat! En die lig skyn so deur hierdie wolke... ek kry sommer hoendervleis as ek daaraan dink. Dit was vir my so ’n óómblik, so asof die reën ook

produksiebestuurder, sê dis amper soos hul 10de wat hulle teruggee in terme van optredes. Die meeste kaartjies wat tot dusver vir Gedigte Sonder Grense verkoop is, is tien. Selfs met net drie mense in die gehoor, was die vertoning nie sonder impak nie. Een van die tieners wat in die teater werk, het ná die vertoning kom vra waar sy van Antjie Krog se gedigte kan kry, want een van dié wat gelees is, is nou haar “gunsteling-gedig.” . Lees ’n resensie van Holm se HOL Marion! op bladsy 8

’n gawe was wat toe daar op ons neerstort. Daar was baie toneelstukke. Toe die omgewingspesifieke toneel begin het, was dit vir my ’n happening om hier in die platteland in te ry. Ek dink Nicola Hanekom en haar generasie van die Saartjie Bothas, het ’n hele nuwe spin op die bal gesit. Dis lekker vir ons wat nou die ouer garde is om dit nou te kan oorgee aan hierdie wonderlike slim, skeppende mense. KRIT: Laagtepunte? Ek is hoegenaamd nie pessimisties nie. Ag, daar was maar baie groeipyne gewees aan die begin en ons het maar vreeslik koppe gestamp en skouers geskuur en daar was egos maar ek dink dis heeltemal verby. Ons het dit almal ontgroei en dis vir my so lekker om te weet dit gaan nie weer gebeur nie. KRIT: Wat kan of moet gebeur om van die fees ’n nóg groter sukses te maak? Die bydrae van die Lotto. Ek dink ons word ongelooflik afgeskeep deur die kunsterade in Suid-Afrika. Ons is totaal weeskinders as dit kom by borgskap. As dit nie vir Absa en die Nasperse of Media24s was nie, sou hierdie fees nooit kon voortleef nie. – Murray La Vita


Krit kr krit 12