Issuu on Google+

Krit

kleinspan

11

Saterdag Saterdag, 29.3.2014 29 Maart 2014

| 11

Húlle kyk na jou kleingoed Nico Gous Raadop met die kleingoed? Ia Fullard (32) se kinderoppasdiens is vanjaar die eerste keer by die fees.

“Ons het opsigters en studente hier gereed, sodat daar nooit meer as vyf of ses kinders per opsigter is nie.” Hierdie “Kinderoppas Diens” is beskikbaar by Pikkie Paradys

Kleuterskool op die hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat, agter die Presbiteriaanse Kerk. Vermaak sluit in klimrame, legkaarte, televisie en DVD’s. Elke ouer ontvang ’n nommer

Lollo$ laat die rande inrol

M

y eerste ontmoeting met Lollos het nie noodwendig goed afgeloop nie – dit het amper my bed afgeskryf. My driejarige susterskind en sy nefie het so entoesiasties op die maat van “Bons dat dit gons!” op my skoon beddegoed gedans en spring, ek moes later nuwe versterkings laat insit. Maar, ek kla nie want dit het die twee rakkers báie lank besig gehou. En ek erken ek het ook so bietjie saam met Emo Adams, Alta Joubert en Minki Burger aan die sing en dans geraak. Burger, een van die oorspronklike skeppers van Lollos (en die span karakters wat hom omring), sê hulle wil kinders aanmoedig om meer aktief te wees en saam te dans voor die televisie “omdat vandag se kinders nie meer genoeg buite speel en oefening kry nie”. “Die uitgangspunt van Lollos van die begin af was om ’n kwaliteit Afrikaanse alternatief te bied vir al die Engelse televisie wat vir kinders beskikbaar is,” sê Burger. Vyf jaar ná sy en Joubert as ma’s die karakter geskep het in 2008, het hulle ’n aandeel in ’n maatskappy met ’n R5 miljoen-omset per jaar. Hanli Brink, besturende direkteur van Lollos Productions, sê hulle het tot op datum – met

Jong aanhan­ gers van Lollos in vervoering tydens ’n vori­ ge opvoering van dié gewilde karakter. Foto: LERATO MADU­ NA

wat ooreenstem met sy of haar kind s’n. Kinders kry daagliks sap, skyfies, kasies en vrugte om te eet. Dit kos R200 per kind per sessie. Daar is daagliks twee sessies: die

Ja! Kindervermaak by die KKNK sluit in: . Lollos 6 Lala­ land! Oudtshoorn Courant Van Reedes­ aal. 29­30 Maart. R70 . Liewe Heksie en die Rolskaatse. Oudtshoorn Courant Van Reedesaal. 31 Maart – 4 April. R60 . Tjiff en Tjaff. 1 – 3 April. Oudtshoorn Courant Van Reede­ saal. R60 . Kindervermaak in die Rivierbuurt. 29 Maart – 5 April . Kinderkuns met klei. B­Crafty Ateljee. 29 Maart – 5 April. R120

Met ’n omset van R5m per jaar laat hierdie Boere­Disney­verskynsel geldmaak na kinderspeletjies lyk, berig Marenet Jordaan. al vyf uitgawes in die Lollosreeks – al 190 000 CD’s en DVD’s verkoop. Die sesde weergawe van Lollos se avonture, Lollos 6 Lalaland!, kan tydens die Absa KKNK op die verhoog gesien word en behoort binnekort op CD en DVD beskikbaar te wees. Dan het hulle ook nog ’n aanlynwinkel wat alles van poppe tot strandballe verkoop. Brink voeg by hulle het nog “baie idees” vir die volgende jaar. Volgens Burger is sy, Joubert en Brink almal nou in hul laatdertigs. “Toe ons klein was, was daar puik Afrikaanse kindervermaak op TV.” Sy verwys hier-

mee na die groot invloed wat Wielie-Walie se karakters, Knersus en Mina Moo op hulle gehad het. Ook hoe die liedjies van onder andere Tannie Carike Keuzenkamp en Mynie Grové “amper die klankbaan van ons kinderdae” was. Vir haar sal dit wonderlik wees as vandag se kinders op dieselfde manier kan terugdink aan Lollos. “Ons sal baie graag so deel van die Suid-Afrikaanse kultuur wil word.” Met ’n aanlyn-teenwoordigheid en al hoe meer aanhangers, kan Lollos klaarblyklik vir Barney ’n goeie go gee.

Total Office Equipment Solutions Multifunctional Devices

s Con

one S

Canon Business Center

op y Sh

Cop

SWD

Knysna (Tel) 044 382 6241 George (Tel) 044 801 6700

www.canonec.co.za

Besoek ons stalletjie by die KKNK-fees of die Oudtshoorn-tak vir meer inligting

ystem

s

Grap hic D

Plus lots more...

Kry vandag nog jou Kontaklose kaart vir kooptransaksies onder R200

Absa Bank Bpk Reg no 1986/004794/06 Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Geregistreerde Kredietverskaffer Reg no NCRCP7

Telep h

bles uma

Kontaklose kaart. Vinnig en gerieflik.

Bepalings en voorwaardes geld

eerste is van 10:00 tot 17:00 en die tweede van 17:00 tot 22:00. As jy jou kind vir slegs twee uur daar wil los, kos dit R75. Vir meer besonderhede, kontak Fullard by 0 083 564 2599.

esig

n


Krit kr krit 11