Page 1

10

krit Krit

Saterdag 5 April 2014

RESENSIE: Ballade van ’n Banggat

VAKATURE Hoof Uitvoerende Beampte, Oudtshoorn Kuns Onbeperk, die hernoemde, nie-winsgewende maatskappy wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees aanbied, is verbind om uitnemendheid in die kunste op ’n nasionale vlak te bevorder en toegang te verleen tot die beste in die kunste vir ’n breë en diverse publiek. Kuns Onbeperk word onderskei as die voorste belegger in die kunste in Afrikaans met ’n brandende passie vir die volhoubare uitlewing van hul visie om ’n leier in en deur die kunste te wees. Om verdere strategiese leiding te verskaf in die uitvoering van hierdie visie moet die suksesvolle kandidaat die volgende sleutel prestasie areas volhoubaar uitvoer: Sleutel Prestasie Areas - ’n Deurslaggewende en innoverende verfyning van die oorkoepelende korporatiewe identiteit en strategie wat belyn is met die dinamiese kontemporêre Suid-Afrikaanse omgewing. - In samewerking met interne en eksterne rolspelers die ontwikkeling van ’n robuuste strategie om die volhoubare groei van die kunste-genres op die verskeie platforms te bevorder. - ’n Deurdringende insig in die onderskeie kunste-genres waarin die maatskappy op ’n nasionale vlak werksaam is. - ’n Deurlopende fokus en konstante leiding rakende die ontwikkeling en implementering van nuwe inisiatiewe, markte en ook toekomstige platforms vir die kunste; met veral ook ’n fokus op die uitbreiding van nisfeeste. - Doeltreffende posisionering van die maatskappy se werksaamhede wat goeie kennis vereis van die toepaslike beleidsraamwerke vir die bevordering van die kunste. - Vertroudheid en ’n gemaklikheid met die werwing en bestuur van nasionale en ook internasionale donateurs. Om oorweeg te word vir die rol van Hoof Uitvoerende Beampte word nie net spesifieke vaardighede vereis nie, maar moet die suksesvolle kandidaat gemaklik wees binne ’n Afrikaanse milieu en gewillig wees om in Oudtshoorn te bly. Kennis, Ervaring en Bevoegdhede - Toepaslike nagraadse studies en ervaring in ’n leierskapspos in ’n artistieke en bestuursomgewing - Kennis van en bestuurservaring in ’n nie-winsgewende omgewing is ’n vereiste - ’n Waardering en insig van die nasionale kunste omgewing - Sterk besigheidsvernuf - Vaardigheid om netwerke te bou en volhoubare verhoudinge te kweek - Innoverende en laterale denke - Tentoonstelling van sterk leierskapvaardighede in ’n diverse omgewing

Cronjé bakgat in banggat Tobie Cronjé is nie ’n slapgat, hardegat of ’n windgat nie. Hy is ’n banggat. En hy is bleddie oortuigend, hoor. Die legendariese akteur het by vanjaar se fees sy bangbroekskoene in die toneelstuk Ballade van ’n Banggat aangetrek en die kaartjies het soos soetkoek verkoop. Hy speel Barend: iemand wat bang is vir omtrent alles, selfs ook homself. Barend is só bang dat hy seker maak sy gulp is toe selfs wanneer hy ’n sweetpakbroek dra. Die karakter kom by ’n kruispunt in

sy lewe toe hy ’n “okkasie vir konfrontasie” moes meemaak. Dit gebeur wanneer ’n vlieënier ’n hartaanval kry en hy die enigste een is wat die vliegtuig kan land. Barend noem homself aan die einde van die toneel ’n bakgat-banggat danksy sy heldedaad. Cronjé se fisieke komedie is goed en die gehoor koop definitief wat hy verkoop. Dit was ’n ouer gehoor wat uit hul mae gelag het. . Wys nog vandag 09:00 in die Griesselsaal. X Piet Matipa

RESENSIE: The Rouge Revue – Tickle my Fancy

Die dames van The Rouge Revue – Tickle my Fancy is nie bang om vel te wys nie. Foto: LERATO MADUNA

Sluitingsdatum vir aansoeke:  $SULO 2014. Stuur jou Curriculum Vitae (CV) aan Tanja Strangfeld by tanja.tsm@mweb.co.za Alle aansoekers sal gekontak word om ontvangs van CV te erken.

G’n tickle hier Piet Matipa

D Vandag by die atkv-Neelsie: 5 APRIL 2014 Laurinda Hofmeyr - ’n Perd van ’n ander kleur

9:00

God die digter – TT Cloete vier sy 90ste verjaardag en maak vir die eerste keer by die fees sy buiging op die verhoog

12:00

Die gewildste Afrikaanse gedigte - ’n Nostalgiese reis deur die Afrikaanse poësie-skatkis

15:00

Sandvelders Baasvertellers – ’n Kosbare stukkie Africana wat jou terugneem na die wortels van ons vervloë plattelandse erfenis

18:00

Ook by die ATKV-Karoo Kafee:

Hou die program dop vir die daaglikse Die Burger Praat Saam-reeks; die Skrywers- en Boekgesprekke, en Kunsklets.

Ook by vanjaar se fees te siene: Wenner van atkv-Tienertoneel 2013 by vanjaar se Absa kknk!

Sneeuwitjie en die Sewe Zombies: Hoër Meisieskool Bloemhof se genotvolle musiekkomedie geskep deur die bekroonde Christiaan Olwagen en André Gerber. Oudtshoorn Courant Van Reedesaal: 3, 4 en 5 April.

ie resep vir die vertoning The Rouge Revue – Tickle my Fancy was meestal boude en borste, maar dié koek het ongelukkig platgeval. Kom ons begin by die begin. Soos die verbode vrug lyk die vertoning oor burlesk-kunstenaars wat sing, dans en strip baie aanloklik op die feesprogram. Woorde soos “onweerstaanbare” en “sexy” word rondgegooi. Die beskrywing neig na daai gewaagde advertensies in koerant-snuffelgidse met frases soos: “Hulle bring meer as ’n vertoning, hulle bring ’n ondervinding...” Daarby is die show se venue iewers in ’n donker stegie weggesteek. ’n Strip-paal is baie prominent in dié klub en die reuk van sigarette en bier sê vir jou daar word min hier gesokkie. Die gehoor het meestal bestaan uit ’n klomp ouerige paartjies wat styf teen mekaar gesit het. ’n Sangeres het die voor-vertoning met baie sang en klere begin. (’n Mens

verwag só ’n soort vertoning sou jou terg met ’n stoutigheid.) Daarna het vyf vroue uitgekom, gedans, en stelselmatig al hul klere afgeskil. Hulle was nie skaam oor rolle of merke nie X dít was verfrissend. Die vroue het seker gemaak die gehoor verstaan dat hulle ’n groep “professionele mense met grade is wat daarvan hou om vel te wys”. Een het selfs gesê: “Die vertoning het ’n dieper betekenis. Skoonheid kom in alle botteltjies.” Die gehoor het gejuig. Die vroue het ook individueel kans gekry om die gehoor se fancy te probeer tickle. Die belly-danser was fantasties! Wanneer die vroue egter saam begin dans, begin die affêre te wankel. Daar was altyd een wat nie kon byhou nie. Die verhoog het ook te klein gelyk vir al die skoonhede wat uit bottels kom. Die stuk het die potensiaal om baie goed te wees. So oefen, oefen, oefen, dames! Maar aan die anderkant, wat weet ek? . Wys nog vandag 20:00.

RESENSIE: Salmon en Snoek

Dié vroue van die Laan mág maar Dit gebeur so min dat ’n mens aangenaam verras word deur ’n optrede. Salmon en Snoek met Corné Crous en Hildegardt Whites is só ’n uitsondering. Hierdie twee sing eintlik só goed hulle kan dit hul beroep maak. Ongelukkig kon hul 7de Laan-roem nie ’n groot gehoor aantrek nie. In Salmon en Snoek beeld Crous en Whites uit hoe hulle vir ’n vertoning voorberei – hulle is albei bang en droom nog altyd van roem. In elke voor-

bereidingsfase sing hulle liedjies wat hulle in daardie tydperk geïnspireer het. Ras- en klasverskille word ligweg aangeraak. Whites sê sy is “nie die fancy salmon op witbrood nie”. Tog is hulle op die ou end “eintlik maar dieselfde persoon”. Salmon en Snoek is “lekker luister”. Baie mense het hul lywe sommer in die sitplekke geswaai. Gaan kyk. Jy sal nie spyt wees nie. . Nog vandag 13:00. – Nielen de Klerk

9__  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you