Page 1

6

krit Krit

Woensdag 2 April 2014

Rubber brand ‘is in ons lywe’ Twee vroue sit voor ’n ou opstal, langs ’n grondpad wat kilometers ver strek. Die een is besig om binnebande uitmekaar te skeur. Die ander rook ’n sigaar. Alles op die maat van ritmiese begeleiding. Dan word die rubber gebrand, voordat die twee die verte in hardloop. Een met ’n wapperende rooi rok en die ander met lang rooi hare. Marinda du Toit is ’n kunstenaar wat onder die alias Johanna Brandt vir die fees werk. Sy en Hannalie Taute is die enigste vroue wat by die visuele kunsuitstalling uitstal en het besluit om saam te werk. Brandt “maak” gedurende dié fees verskeie kunswerke wat met vuur verband hou, terwyl Taute bekend is vir haar rubber-borduurwerk. En as hulle saam is, brand hulle die rubber. Maar hoekom? “Ons wil fun hê. “Ons wil dit doen omdat dit in ons lywe is,” sê Brandt. – Nielen de Klerk

Druk voorbereidings in die kombuis van die Kokkedoor­stalletjie. Foto: HERMAN VERWEY

Kinderspeletjies vir Kokkedore Cara­Lee Scheun

T Marinda du Toit (alias Johanna Brandt) en Hannalie Taute. Foto: LERATO MADUNA

waalf tafels, 90 lamsnekke, 110 gaste en een onvergeetlike aand onder die Karoo-sterrehemel. Kaartjies vir dié driegangmaaltyd – volstruis-carpaccio, oondgebraaide lamsnek en ’n trio-verrassingsnagereg – het binne enkele ure uitverkoop. Gaste gaan vanaand in die middel van Baron van Reede, tussen St. Saviourstraat en Van der Rietstraat aansit vir

dié ete. Vier Kokkedoor-sjefs was gister druk besig met voorbereidings vir vanaand se Karoo Lamtafel. “By die fees het ons al honderde kilogram se vleisdisse voorberei en bedien,” het Tiaan Langenegger, Kokkedoor-wenner, gesê. Langenegger het gesê omdat hulle al vir 200 mense kos gemaak het in die veld – en sonder ’n kombuis – was hulle goed voorberei op die uitdagings van die langtafel.

Hoor hoe rammel die verkiesingsmasjien Die gesigte op Oudtshoorn se lamppale word elke dag tydens optredes vlees – maar vandag gebeur dit nie net met gesigte op feesproduksies se plakkate nie, maar ook dié op verkiesingsplakkate. Helen Zille, DA-leier en WesKaapse premier, word vanmiddag in Oudtshoorn verwag, op die hakke van die ANC se geel, goud en swart verkiesingsmasjien. Dié twee partye se provinsiale leiers, Marius Fransman van die ANC en die DA se dr. Ivan Meyer, pak mekaar alreeds om 09:00 op Die Burger Praat Saam-gesprekkereeks se verhoog.

Teen omstreeks 11:00 sal Afrikaanse ANC-LP’s, LPP’s en raadslede ook die feesterrein invaar om hul boodskap te verprei. “En, NEE, dit is nie ’n grap nie!” lui die ANC se persverklaring. Dit is nie die eerste keer dat politici met feesgangers kom skouers skuur nie. Die bekendste politieke besoek was waarskynlik dié van oudpres. Nelson Mandela, in 2001. In 2004 het sy opvolger, oudpres. Thabo Mbeki, ook hier aangedoen. Twee jaar later was Ebrahim Rasool, tóé Wes-Kaapse premier, in die volstruisdorp. – Jan Gerber

‘Ry oor die rooilig!’ Vir sommiges is taxi-ry ook lekkerkry. Die pendeldiens wat feesgangers elke jaar by die Absa KKNK tussen venues en kuiertente rondkarwei, is vir talle meer as net ’n manier om by punt B uit te kom. Die kans is groot dat baie van die “anties” nooit taxi by die huis ry nie, meen John Strydom, wat al vir 38 jaar taxi’s bestuur. “Dis vir die feesmense belangrik dat die ervaring in ons bussies so naby as moontlik is aan hoe dit in ’n ‘regte’ taxi is”, sê hy. Daar’s gereeld uitroepe van “Maak die musiek harder!”, “Ry oor die rooilig!” of “Stop sommer op die sypaadjie!” vertel hy. Die taxi-bestuurders reageer natuurlik nie op die gevaarlike ver-

soeke nie. Die musiek is meestal nie ’n probleem nie. Die doef-doef klanke van “Grootvoël Paradys” is ’n algemene versoek. Theresa Troskie, net vir ’n dag by die fees, sê die hoofrede waarom sy die pendeldiens gebruik, is dat dit tyd spaar. “Ek weet sommer dadelik as ek inklim, dis nou ’n regte taxi.” Haar dogter, Elizabeth, wat saamgery het, stem saam: “Die hele ervaring is lekker, almal is in ligte luim.” Vriendinne Elsie Benadie en Francie Whitley prys ook die gerieflikheid van die diens. “Om saans ná ’n show ver van alles te weet hulle is op pad, help veral vir ons wat vrou-alleen staan en wag,” sê Whitley. – Petrus Malherbe


6__  
Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you