Issuu on Google+

4

krit Krit

Saterdag 5 April 2014

Húlle werk en speel saam Anika Marais

H

ulle het nou, ná al die jare, uiteindelik opgehou om affairs (met ander mense) te hê, het die baskitaarspeler Schalk Joubert gister skertsend gesê. Maar hy voel nog nie regtig gemaklik om oor sy verhouding met die aktrise Vicky Davis te praat nie. “Ons wil nie eintlik in die media daaroor praat nie. Die verhouding is nog jonk en ons wil dit ’n regverdige kans gee. Die verhouding moet nog sy ritme vind,” het hy gesê. Joubert het net voor die Absa KKNK op Facebook die nuus gebreek dat hy en Davis nou amptelik ’n paartjie is. “Ons is al vir dertien jaar baie goeie vriende. Ons het groot begrip vir mekaar. Vicky is my beste vriendin. Daar is niks waaroor ons nie kan praat nie.” Davis en Joubert werk ook al vir jare saam in produksies. “Ons was in 2005 vir die eerste keer saam in die produksie Die Familie Wagenaar by die KKNK

Vicy Davis en Schalk Joubert Foto: VERSKAF

en in 2011 in Hel op Hemel en Aarde.” Davis, wat vanjaar die teks vir die toneelstuk Bladsy 3 geskryf het, was net vlugtig by die fees. Sy moes Woensdag weer terug Kaap toe vir werk. Joubert is een van min kunstenaars wat die afgelope twee dekades by elke KKNK opgetree het. Hy het vandeesweek in agt verskillende produksies baskitaar gespeel. In sy eie woorde, is hy ’n man wat hard speel. “As jy gaan lê, gaan jy omval. Work hard, play hard.”

Operasanger Zanne Stapelberg se maand­oue dogtertjie Katinka het Dinsdagaand haar debuut op die fees saam met Karen Zoid en Zolani Mahola gemaak. Foto: LERATO MADUNA

Eerste buiging vir pap baba Anika Marais Die maand-oue Katinka het Dinsdagaand haar debuut by die Absa KKNK gemaak. Die operasanger Zanne Stapelberg se dogtertjie het vandeesweek die verhoog met Karen Zoid en Zolani Mahola gedeel. “Ek het my twee vriende se vertoning gaan ondersteun. Toe nooi Karen impromptu vir my en Schalk Joubert om saam met hulle te kom jam,” het Stapelberg gister by die Queen’s Hotel vertel. “Katinka het die hele vertoning op my skoot ge-

sit en toe gaan sy maar saam op verhoog toe. Zolani het haar by my gevat en toe ons klaar gesing het wou sy haar nie los nie!” lag Stapelberg. “Karen moes later vir Zolani sê om Katinka vir my terug te gee, sodat hulle die vertoning kon klaarmaak.” Stapelberg het op 5 Maart vanjaar geboorte gegee aan haar derde kind. Net agt dae later het sy vir die toneelstuk Land van Skedels begin repeteer. “Ek het nog drie weke voor Katinka se geboorte op Valentynsdag in Durbanville opgetree. Daardie aand het ek

vir die gehoor gesê as die baba vanaand kom, sal ek haar Durbanville de Lange móét noem.” Stapelberg se man, Jomar de Lange, en hul twee ander kinders, Alexander (5) en Maja (2), sou gister na Oudtshoorn reis. “Mense gaap my aan as hulle sien ek stap met die prêm oor die feesterrein, maar dit is vir my belangrik om my kinders deel van my lewe te maak.” Sy hou nie op sing tydens haar swangerskappe nie. “Die ginekoloog het gesê die baba hoor net 25% van die klank. Dit klink vir hulle soos ’n wiegeliedjie as ek sing.”


4__