Issuu on Google+

krit Krit

Saterdag 5 April 2014

Klankman knip uiltjie wyl Marga praat Dis die laaste dag van werk vir Krit en Die Burger op die fees. Ek wag al die hele week vir Laurinda Hofmeyr se Perd van ’n ander kleur. Dis 09:00 in die ATKV-Neelsie Teater. Ek is effens laat en val op die laaste oomblik in my sitplek neer. Ek sien geen klavier op die verhoog nie. Maar daar is twee stoele (seker vir die musikante, dink ek) en eenkant op die verhoog staan iets onder ’n lap met drie laphoedjies bo-op. Ek is verbaas, maar hier gaan mos nou ’n perd van ’n ander kleur wees. Die lig gaan af. En op stap Marga van Rooy. Interessant, dink ek. Dalk gaan sy ’n paar gedigte voorlees. Maar nee. Sy gaan aan die stories vertel.

Kerkstories van die ou dae. Dit gaan aan en ek begin vermoed hier is ’n skroef los. Marga vertel en vertel en sê toe: “Nou gaan ons gou na Min Shaw luister. Sy was destyds groot, baie groter as wat Kurt Darren nou is.” Stilte. Min sing nie. “Is die man daar agter daar met ons plaatjie?” vra Van Rooy bekommerd. Die gehoor kyk soos een man om. Die klankman sit vas aan die slaap. Hy moes nog net gesnork het. Van Rooy por weer. Die gehoor kyk weer om. Die klankman sit met oë so groot soos pierings. En daar trek Min toe weg met “O Heer my God...” Uit die hoek van my oog sien ek hoe twee manne (bekend aan my, maar laat

5 vrae aan

Karen Meiring Hoof van Afrikaanse kanale by DStv

Komiese hoogtepunt Mariana Malan ons die name maar verswyg) saggies by die agterdeur uitsluip. Het hulle seker ook gedink hulle gaan vir Hofmeyr sien. Die giggel bly in my. Nie oor die sketse wat Van Rooy so komies aangebied het nie, maar oor die klankman wat seker al meer as sy deel van konsert gehad het die afgelope week. Die raaisel is opgelos: Ek het by Die pomporrel-konsert (na die boek van Ferdinand Deist) beland. Buite kyk ek op my kaartjie. Hofmeyr se konsert is om 18:00. Nou weet ek nie of ek dit gaan maak nie. Ek wil nie weer ’n verkeerde perd opsaal nie.

Skop Afrikaanse toneel uit die nes A

s jy by ’n kunstefees jou soveelste resensie skryf waarin jy in vervoering raak oor die hoeveelste toneelstuk wat jy gesien het, begin jy wonder of jy nie dalk die kluts kwyt is nie. Álles kan tog sekerlik nie goed wees nie. Ná deeglike selfondersoek besef jy die oorsaak lê genadiglik nie by jou nie. Dit kan toegeskryf word aan die aanbod van toneel by die Absa KKNK wat vanjaar van ’n besonder hoë gehalte is. Jy’s maar net gelukkig om aan die ontvangkant te sit. Meer verblydend nog is die goeie balans wat getref is tussen klassieke werke (macbeth.slapeloos, Wie’s Bang vir Virginia Woolf?), vertalings van internasionale tekste met ’n bewese rekord (Beauty Queen, Vir Ewig en Altyd, Die Lelike Eend, Shirley Valentyn), nuwe stukke (Rondomskrik, Samsa-masjien, Dogma, Wentel, Siembamba) en nuwe produksies van ouer tekste (Boesman, my seun, Wit manne se wapens). Feesgangers kon dus nie kla oor ’n gebrek aan verskeidenheid nie en daar is vir elke smaak voorsiening gemaak. Die Baanbreek-inisiatief is myns insiens ook algeheel prysenswaardig en moet voortgesit word. Die meerderheid produksies daar was werklik hoogstaande en bied aan teaterfynproewers voedsel vir die siel, intellek en lagspiere. Dis natuurlik alles goed en wel, maar dit sal darem ook nie ’n fees wees son-

Teater­terugblik Marina Griebenow

Rondomskrik was vir Marina Griebenow ’n hoogtepunt op die fees. Foto: DEON RAATH der ’n klaaglied of twee nie. En myne is die volgende: waar is die base van die hoofstroomteaters om hierdie uitmuntende werk te sien en oor te koop vir hul teaters? Tot wanneer moet dié teater van wêreldgehalte tevrede wees om net by feeste op die platteland gesien te

word in toestande wat minder as ideaal is en sonder blootstelling aan ons medelandgenote en ’n internasionale gehoor? Waarom is almal van ons nie besig om druk uit te oefen op die teaters soos die Kunstekaap en Staatsteater, wat belastingbetalersgeld ontvang, om dié werk te koop en aan te bied nie? En wat van teaters soos die Baxter, Mark en Fugard wat hulle graag roem op die gehalte van hul produksies? Of het ons tevrede geraak om weer in insulariteit en eenkantgeit te verval of om stilweg maar net bly te wees daar ís nog Afrikaanse teater? Kry ’n ruggraat en moenie met so min tevrede wees nie. Afrikaanse teater en die mense wat so hard werk om dit te skep, verdien meer. Dis die laaste Krit van Absa KKNK 2014 en almal verwag gewoonlik van jou ’n lys van gunstelingproduksies. Eintlik wil ’n mens sê “te veel om op te noem”. Ek sal seker hulp moet vra om uit te pluis waarom my top-produksies vanjaar (van dié wat ek gesien het), benewens macbeth.slapeloos, almal op die een of ander wyse die ma-kind verhouding as tema het: Rondomskrik, Dogma, Wentel, Wie’s Bang vir Virginia Woolf? en Beauty Queen, met Siembamba kort op sy hakke. Waterpas en The Epicene Butcher het weer die balans herstel.

Grondwet: Kan hulle karring daaraan? Veranderings aan die Grondwet van Suid-Afrika hoef nie gevrees te word nie. Inteendeel, die regte veranderinge kan ’n positiewe uitwerking op die land hê. Dít was gister die strekking in die laaste paneelbespreking in Die Burger se Praat Saam-gesprekkereeks. Die politieke wetenskaplikes proff. Amanda Gouws en Piet Croucamp, dr. Leon Wessels, voormalige NP-adjunkminister, Kodesa-sleutelfiguur en later kommissaris van die Menseregtekom-

missie, en dr. Theuns Eloff, uittredende rektor van die Noord-Wes Universiteit, het gister oor die Grondwet besin. “Om die Grondwet ’n lewende dokument te maak, kan jy dit nie in yster giet nie,” het Wessels, wat die grondwet help skryf het, gesê. Volgens dié vier is die kwessies in die Grondwet se huidige vorm wat aandag moet geniet die kiesstelsel, Artikel Nege-instellings, soos die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie, en maatreëls om die maatskaplike regte

3

wat in die Grondwet verskans is tot uitvoering te bring. Wessels het gesê ’n meerderheid van 75% is nodig om die Grondwet se funderende kenmerke te verander. “Met ander woorde, jy kan nie fundamenteel iemand [se] menswaardigheid, die strewe na gelykheid, of die idee van ’n regstaat of die partypolitiek, of volwasse stemreg ... wegvat as jy nie ’n 75% meerderheid het nie. Dit is nie binne die bereik van enige party om daai 75% te haal nie.” – Jan Gerber

Ons like nagmaal en basaar Karen Meiring was vir baie jare die gesig van die Absa KKNK. Met die viering van dié fees se twee dekade-lange bestaan, is Meiring terug in ’n ander hoedanigheid – as direkteur. Sy het met Anika Marais gesels oor die “logistieke nagmerrie” by die eerste fees en die Karen Meiring moontlikheid van ’n Cutt Glas-reüniekonsert. KRIT: As jy fees toe kom, jeuk jy nie weer om op die verhoog te klim nie? O, natuurlik. Dit was ’n eerste liefde. ’n Mens mis nogal die gehoor se reaksie. Ek het so ’n foto’tjie op my yskas van vyf grys tannies en ek het altyd gedink, miskien as ons almal eendag grys is, dan moet ons weer probeer saam optree. Ek weet net nie of ons dan nog gaan kan noot hou nie. Die vibrato neem ons dalk net oor, maar ek dink ons kan eendag ’n lekker reünie-vertoning reël. KRIT: Wat was die bydrae van die Absa KKNK oor die afgelope twee dekades? Die fees het eintlik ’n hele nuwe ekosisteem vir die kunste meegebring. Kyk net waar Theuns Jordaan begin het. Ek het ook onlangs gehoor hoe Andriëtte Norman vertel haar eerste vertoning was in 2008 op die fees. En as ’n mens kyk na hoe ander feeste uit die KKNK gespruit het. Dit het beslis ’n stuwing in die musiekbedryf gebring. Dan vir teater – hierdie jaar met die Fiëstas het ons 170 debuutproduksies gesien. Dis geweldig baie Afrikaanse inhoud. Daar is nou baie meer produksies as destyds met die streeksrade. KRIT: As jy na foto’s van jouself by die eerste KKNK kyk, wat sou jy vir jou jonger self sê? Ek sou seker vir myself gesê het: ‘Hou net moed, jong, hou net moed! Dan sal dit goed gaan.’ Sjoe, ons was toe nog so groen en ons het geleer om te doen wat ons moes doen soos ons dit gedoen het. Ons het nie noodwendig geweet nie. Met daardie eerste fees was ons so gewikkel in logistieke nagmerries, laat ek jou sê. Onthou, niemand het geweet hoe dit gaan voel om in die sale op te tree nie. En dit was warm! En daar was nie lugversorging nie. Akteurs en feesgangers het flou geval. KRIT: Jy was lank by die KKNK betrokke en is nou hoof van Afrikaanse DStv-kanale. Is dit werklik nodig om bekommerd te wees oor Afrikaans? Ek sal altyd opgewonde bly. Ek glo ons Afrikaners het ’n skeppende geen in ons. Ons hou van nagmaal, ons hou daarvan om Sondae bymekaar te kom, ons hou van kerkbasaars. Dis in ons om te gaan haal en om te kom wys wat ons kan doen. Die siklus van volhoubaarheid is vir my baie belangrik. Veral vir die media. Ons moet investeer in ons bedryf en in ons kunstenaars, want dit word dan weer ons bron van nuwe talent.


3__