Page 1

krit Krit

Woensdag 2 April 2014

3

Roxanne Eastes het

’n Eiertjie te lê

Bekendes kiek super­selfie Nadat Emo Adams vir ons ’n foto van hom en sy Krit getwiet het, het ek besluit om ’n paar celebs bietjie te kuberbekruip…Twitter maak dit tog so maklik! Emo Adams Die hitte het die “boytjie van Mitchells Plain” effe onkant betrap by sy aankoms. “Sjoe, Oudtshoorn Is Soe Warm Die Volstruise Lê Soema 1Keer... Gebakte Eiers:),” twiet hy. Hy laat hom egter nie deur die bloedige hitte onderkry nie en een van sy gehoorlede, @Annettedvries, was mal oor Emo se show: “Finding Emo – what a show! The true Adams story. #simplythebest” Kurt Darren @Kuiertuin2014 twiet gister “SA’s BEST!!! Kaptein @KurtOfficial het almal op hulle voete vnd by die Kuiertuin.” Kurt het selfs so paar celebrity fans. Dirk van der Westhuizen twiet ook gister vir hom: “@KurtOfficial jy is nou maar net ‘n LEDGEND! Jy rock @AbsaKKNK vanaand – na soveel jare steeds ’n moerse goeie ENTERTAINER! #trotsafrikaans”. Kurt maak darem tyd vir ontspan so tussendeur al die shows en het gepose vir ’n selfie saam met Arno Jordaan gisteraand: “@Arnojordaan: Hiers my 1ste @AbsaKKNK selfi!!! Lekker KD!!! @KurtOfficial”. Corlea Botha Corlea Botha het Twitter aan die gons gehad gisteraand na haar optrede by die Huisgenoot

Treffer na Treffer konsert. Die band Anders, twiet gisteraand vir haar: “Luister na @CorleaBotha by die @huisgenoot verhoog by @AbsaKKNK! Ons monde hang oop om die minste te sê!! Wêreldklas”. Corlea het egter twee dae terug met haar aankoms by die KKNK die volgende getwiet oor van die ander sangers: “Oh my word, wat het gebeur met ons sangers se uitspraak?... Jaaayyyy maaayyyy blaaayyyy... En alles word nasaal gesing... #Sjoe #OorKrySeer”. Sy blyk makliker komplimente te ontvang as om hulle uit te deel. Heinz Winckler So tussendeur die singery het Heinz darem ook tyd gehad om in die NRG-selfie te pose saam met Nicholis Louw, Elvis Blue, MoniQue, Adam TAs, Anders en Andriette Norman. Dis nou die SuidAfrikaanse weergawe van Ellen de Generes se wêreld beroemde Oscar-selfie, of hoe?

Kyk net hoe kiek die bekendes hulself by die KKNK. Byna nes die beken­ de DeGeneres­selfie hiernaas! Foto’s: TWITTER

Praat met ons by @kritredaksie

En toe kom Madiba kuier D

it was die jaar van Madiba in 2001. Oudtshoorn het haar mooiste vere reggeskud toe die vryheid van die dorp op 7 April aan Nelson Mandela oorhandig is.“Die besluit is deur die direksie geneem,” sê Karen Meiring (voormalige feeshoof), “en Franklin Sonn, een van die beskermhere van die fees, het ’n groot rol gespeel om die uitnodiging aan hom te rig en hom fees toe te bring. Daar is van die fees se kant baie moeite gedoen om die besoek in 2001 so glad moontlik te laat verloop. “Hy het toe al moeilik geloop en ons het spesiaal ’n skuinste teen die verhoog laat bou sodat hy nie moet trappe klim nie,” sê Meiring. “Ek onthou sy assistent, Zelda la Grange, was baie streng en het Madiba baie mooi opgepas. Daar was ook op sy gasvryheidslys ’n versoek vir Perrier-water, wat ons nie in Oudtshoorn kon kry nie. Die water is ook al die pad van die Kaap laat kom.” Meiring sê as sy eerlik moet wees, kan sy nie onthou hoeveel mense daar in Mandela se span was nie.

Wyle oud­president Nelson Mandela met die Groot Ver­ seboek wat destyds tydens die kunstefees aan hom oorhandig is. Foto: JOHANN VAN TONDER

Vandag in die (Fees) verlede Ilza Roggeband

“Daar was natuurlik sekuriteit, maar wanneer mens naby hom is, is jy so gefassineer, dat jy niemand anders raaksien nie.” In sy toespraak, wat byna in sy geheel in Afrikaans was, het Mandela gesê Afrikaans is gewortel in Afrika. Die geleentheid is deur sowat 1 500 mense bygewoon. Lees ’n uittreksel van die toespraak hiernaas. . Roggeband is die skrywer van KKNK 20, ’n feesboek wat teen R250 op die fees verkoop word.

In Madiba se eie woorde...

‘T

he changing times and the changing role of Afrikaans in our society are reflected in the developing nature of this festival. While Langenhoven could still think of Afrikaans as die enigste wit­ menstaal wat nie klaargemaak uit Europa gekom het nie, this festival increasingly affirms that Afrikaans is neither a lang­ uage of whites only, nor a Euro­ pean language.

Resensente­dagboek

Gordel vas – dis skisofrenies Laetitia Pople Vanjaar se Absa KKNK is besonder heavy, kla ’n teatervriend. Hy besef ons land gaan deur diep waters, maar hy wil net soms agteroor sit en iets inneem wat nie sy maag laat draai nie. My oplossing is om ’n net nog meer skisofreniese dagprogram op te stel wat my gaan neem van dwelmverslawing, deur die Psalms en Skepping tot die dramaturg Willem Anker aan die klets met Kafka. En dit is soos dit is, goeie teater besoedel nie, al is die onderwerp ook wat. Die kunste skud ons wakker en skop gat net so hard as wat dit besiel en jou begogel. Wessel Pretorius en Carel Nel se Slaaf neem jou in die diep maalkolk wat dwelmverslawing is. Nel is ’n intense speler wat sy karakter uit sy derms gaan grawe. So van skisofrenie gepraat – kyk ook uit vir Pretorius se ander stuk, Waterpas, wat vandag begin. Eksistensiële angste word uitgewerk deur staaltjies oor onder meer ’n verliefde swanepaar, Marie Antoinette wat vassteek in die hemelse tussensone en die aktrise Sally Field. Daarna wag Chris Chameleon se verwerking van bekende psalms en gesange Herleef: Psalms en Gesange wat wyd geloof word. Dan is dit TT Cloete se God die Digter op die stewige Woordkuns-program waarin die negentigjarige digter self van sy gedigte gaan voorlees. Die skeppingsverhaal word deur middel van Cloete se gedigte oorvertel. Hy ontvang vanjaar die Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae. Dan, vanaand, gordel ons vas vir Willem Anker se Samsa-masjien. Die drama kring uit rondom die hallusinasies van ’n man wat aan dementia ly. In een dag sien ek Nel, Gerben Kamper en Antoinette Kellermann op die verhoog.

3__  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you