Page 1

krit Krit

Woensdag 2 April 2014

RESENSIE: Die 7 Skeppingsdae

17

RESENSIE: Country Legends en Vriende

Improvisasie op die begin Willem Bester Die orrelis Winand Grundling, wat in 2012 twee Kanna-toekennings vir 14 Stasies van die Kruis ontvang het, is vanjaar terug by die Absa KKNK. Sy nuwe produksie, Die 7 Skeppingsdae, is gebaseer op die Bybelse skeppingsverhaal van Genesis 1. Met so ’n tipe programmatiese konstruksie verwag ’n mens dus ’n keuse uit die Christelike musiekskat. Dié is daar, met Grundling wat improviseer op liedere uit die Liedboek van die Kerk met gepaste tekste, byvoorbeeld, “Ure, dae, maande, jare” (Lied 570) vir die skepping van die hemele en weer op die tweede dag.

Daar is ook klassieke aanhalings van gepaste temas, soos “Akwarium” uit Saint-Saëns se Karnival van die Diere. Wat egter meer die gevoel het van die luiperd wat saam met die jong bok lê, is wanneer “The Circle of Life” uit The Lion King gespeel word vir die skepping van mens en dier. Die subteks moet darem sekerlik ook in ag geneem word as Richard Strauss se Also sprach Zarathustra die program inlui. Dié is geen kritiek op Grundling as musikant nie. Hy speel bykans onberispelik; hy gebruik die registers van die spesifieke instrument goed om verskeie beelde en idees op te roep, en hy werk in ’n baie aantreklike har-

moniese taal. Sy manier van improviseer behels dikwels om ’n vinnige musiekfiguur te neem en die tematiese materiaal in jukstaposisie te ontwikkel. Dit sou egter interessant wees om te hoor wat hy met meer klassieke musiekvorme doen. Dit het gevoel asof die produksie-idee en musiekkeuse mekaar effens in die wiele gery het. Evokatiewe werke soos “The Circle of Life” hét besonder goed gewerk – die sterk bydrae van Schalk Wasserman op slagwerk kan nie oor die hoof gesien word nie. Maar was die program nie vasgeketting aan ’n streng Bybelse idee nie, sou orrelspel dalk aan ’n veel breër gehoor blootgestel kon word.

RESENSIE: Jakkals en Leo

Wynand Strydom en Chereé sing country. Foto: LERATO MADUNA

Country­legendes kort nuwe stories Jammer, ek kan nie die hele storie vir jou vertel nie. Dis nou die een waar die legendes van Country-musiek in SuidAfrika saam met hul vriende optree het. Dogma se roep was harder as die musiek van die verhoog af. Wat die uwe beleef het, is vier werklik ou countrysangers en vir Manie Jackson. Hy kon eintlik maar meer gesing het, want hy het nog die stem en ’n lieflike verhoogpersoonlikheid. Lance James was daar met sy cowboy-hoed. Barbara Ray met haar huis-huis-speletjie wat net vir Mammie laat huil en Jody Wayne wat glo nog net soos veertig jaar gelede lyk. En dan so ’n knippie van Clive

Bruce wat hard probeer het om die gehoor saam te laat hande klap. Country is nie almal se voorkeur genre van musiek nie, maar ’n mens kan dit tog geniet. Veral as daar so ’n stukkie gospel ook bygewerk word. Maar om bloot na liedjies uit die steenkooltydperk te luister, bevredig nie. Ook nie as die een stemmetjie in die rigting van ’n kraai loop en die ander klink na ’n kat wat onder die arm vasgeknyp word nie. “Dankie” mag die lied wees wat James se lewe verander het, maar genoeg is genoeg. Is daar nie elders nuwe inligting oor die boer, die plaas en liefde wat hy verloor en sy smart nie? – Mariana Malan

RESENSIE: Anna Davel ­ Moment

Davel dis feesmaal op

Kevin Leo en Jakkie Louw sing saam in Jakkals en Leo. Foto: DEON RAATH

Twee koppe nie altyd beter as een J

akkie Louw en Kevin Leo het albei suksesvolle sololoopbane as sangers. Leo kán sing, en Louw het die vermoë om met ’n kitaar en danspassies te vermaak. Maar meng die twee – aikôna. In Jakkals en Leo word die gehoor vir 75 minute “vermaak” met óf oorverdowende musiek óf etlike minute se flou grappies en staaltjies. ’n Mens sou nog simpatie kon hê met die klankfiasko as die hele orkes se toerusting ver-

keerd opgestel was. Maar daar was geen orkes nie. Net twee sangers wat half versteen agter mikrofone gestaan en sing het. Dit het baie herinner aan ’n skool-talentkonsert. Leo het ook ’n duet saam met Gé Korsten gesing, maar weens die gebrekkige klankopset kon Gé maar net sowel met rus gelaat gewees het – ’n mens kon sy stem glad nie hoor nie. Daar is met die gehoor oor rugby en meisies gepraat, en

van hulle is versoek om hul selfone uit te haal en SMS’e te stuur om kennisgewings oor elkeen se toekomstige shows te ontvang. Die gehoor is ook deurentyd naarstigtelik versoek om hande te klap en te cheer. Selfs terwyl daar gesing is. Weer die skoolsaal-gevoel. ’n Mens wil amper dink hierdie vertoning is aan die einde van ’n lang sessie in ’n biertent uitgedink. ­ Jaco du Plessis

Anna Davel se sjokoladestem was gisteraand die hoofdis op Die Boer se spyskaart. Haar vertoning bied ’n speelse mengsel van jazz en blues – die perfekte kombinasie saam met kos en ’n glasie wyn. Davel het hoofsaaklik nuwe liedjies, wat “in die volgende maand of twee opgeneem gaan word”, gesing. Hoogtepunte sluit in haar weergawe van Simon and Garfunkel se “Scarborough Fair”. Sy sing ook ’n weergawe van “When you wish upon a star.” Volgens Davel het ’n

Anna Davel Foto: LERATO MADUNA vroeë Disney-fliek so ’n indruk op haar gemaak dat “steeds, as ek dié temalied hoor, dan vermurwe my hart”. Hoewel Davel se musiek beindruk, is daar min verrassings. Dit is die perfekte agtergrondmusiek vir ’n gesellige kuier saam met vriende. – Nielen de Klerk . Lees op bladsy 9 oor Die Boer-restaurantteater se tydelike skuif na Oudtshoorn vir die fees.

RESENSIE: David Kramer

Kramer is ’n ou hand Small fries. Dís wat David Kramer, tong-in-die-kies, die Absa KKNK se 20ste herdenking noem. “Ek sing al 40 jaar professioneel,” het Kramer eergisteraand op die Al Capone-verhoog gesê. Vroeg in die vertoning het hy met die gehoor onderhandel oor wat gesing gaan word. “Ek weet julle soek al die ou songs en ek wil dit nie sing nie, so

ek sal afwissel.” Daar was min bekende liedjies in die vertoning, buiten “Biscuits en Biltong” en “Botteltjie Blou”. Dit was my eerste Kramer vertoning en ’n mens verstaan hoekom mense wat hom reeds gesien het, steeds daaroor praat. Dis die reis waarop hy jou met sy storie-liedjies neem wat jou altyd bybly. – Nico Gous

17_