Issuu on Google+

@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 4 • Maart 2012

Kosteknyptang het SA boere in stywe greep GroenBoer: Jou antwoord op bekostigbare voer heeljaar

Veldgrootgemaakte ramme baie gewild onder kopers

Paasfees – gee jou kreatiwiteit vlerke


Safari's na Afrika sonder baie kostes en duur benodigdhede. 2 x 4 voertuie ook welkom. 'n Kans van 'n leeftyd teen bekostigbare prys. Gidse, begeleiding, kos en slaapplek is alles ingesluit. Toere na Botswana, Zimbabwe en Namibië. Vir meer besonderhede skakel Christo van Vuuren by 082 670 6588.

Professionele fotograaf vir alle geleenthede. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Sportron. It's time to start your own business now! Supplement your income or work full time, work with products and people that support good health, financial security and personal development. Interested? Sms your name and number to 072 3511 258 and we will phone you!

Kindervermaak by partytjies: gesigverf, ballonne vou, nar en Minnie Muis en ander lekker pret. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Tupperware – jou lewenslange kombuisvriend. Baie voorraad beskikbaar. Skakel Tania Wiid by Plooysburg by 082 457 2708.

Gholfafrigting in Jan Kempdorp vir leerders van Graad 1 tot 7. Aanleer van vaardighede en jongste tegnieke. Nie nodig om toerusting aan te koop. Afrigting vir seniors ook aangebied. Skakel Nico Schmahl by 072 179 1570.

Vanderkloofdam en omliggende gebied: eiendomme, inligting of besprekings vir akkommodasie of ander geleenthede. Skakel Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Lavender Landscaping – garden design, maintenance, water features and irrigation. No job too far to travel for. Contact Irma Müller at Modder River on 083 633 0133 or send an email to albie@douglas.co.za.

Kayak op die Vanderkloofdam of die Oranjerivier. Groot pret! Ideaal vir familiefees of spanbou. Kontak Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Garsonhein Rottweilers. Opreg geregistreerde Rottweilerhondjies. Ingeënt, ontwurm en gemicrochip. Skakel Mariëtte Swanepoel van Jacobsdal by 082 437 0659.

Anoesjka Botes Fotografie - vir die neem van troufoto's, baba-, kinder- en gesinsfotos. Skakel 082 316 2092 of stuur e-pos na anoesjka@albieswireless.co.za. Britstown/De Aar/Vosburg-distrikte.

Kleiner advertensies soos hierde in die “Dit-en-dat”-afdeling kos R60. Stuur u inligting na agriclive@mweb.co.za.

Louis Botha Fotografie. Kimberley. Skakel Louis vir enige foto's troues, kinders, familie, sport of gesellighede by 082 494 6783. Stuur 'n e-pos na lbf@vodamail.co.za.

Skakel Clivé by 053 591 0761 / 083 708 3974 of stuur e-pos aan agriclive@mweb.co.za.

Laat my toe om jou mooiste dag se herinneringe met 'n kamera vas te lê.

livé urger

CB

Wil u graag hier adverteer?

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974


Uitgawe 4: Maart 2012

2

Redaksie

3

@agri Dagboek

4

Alfa & Omega

4

Uit my Inbox

6

Geadministreerde pryse druk SA produsente se kele toe

7

Besproeiingsektor word uitgewys as sondebok

Foto: Clivé Burger

8

Promosie: GroenBoer jou antwoord vir dierevoer heeljaar deur

11

Renosterstropers loop hul rieme styf

12

Produksieskatting vir mielies word steeds groter

14

Kleiner katoenaanplantings word wêreldwyd verwag

15

Diamantveld se atlete presteer op Top 20

16

Agri SA in konstitusionele hof oor mynbou se invloed op reg tot voedsel

18

Hanslammers moet dalk 'n waarskuwingsteken wees

22

Vertroue in veldramme neem steeds toe

23

Landboubegroting is teleurstellend

24

Beste garsprodusente van Noord-Kaap binnekort aangewys

28

Erns van SA plaasmoorde word onder internasionale gemeenskap se aandag gebring

29

Internasionale seminaar in Potchefstroom aangebied

30

Knap (boer)vrou se besige hande staan vir niks verkeerd nie

33

'n Tikkie Paasfees-kreatiwiteit

@agri Clivé Burger - Redakteur 083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper spmads@iburst.co.za

Maart 2012

1


Elkeen van ons leef soos wat ons grootgemaak is – met spesifieke waardes en norme. En al raak party soms die pad byster, is dit wonderlik hoe mense tog vasklou aan hul wortels, aan hul herkoms. En terugkeer na wat bekend en kosbaar is.

M

y vierjarige seuntjie, wat nog nie Engels magtig is nie, sing baie graag (en tot vervelens toe) Jingle Bells. Woord vir woord (korrek) sonder om te weet wat die betekenis daarvan is, maar tog met so veel lewenslus dat ek soms lus kry om saam te sing. 'n Paar dae gelede stel ek voor dat hy eerder bietjie Hansie Slim sing net om ure later te hoor hoe hy 'n nuwe verwerking, alles-in-een liedjie van beide gemaak het.

En so is dit ook met Suid-Afrikaanse boere. Hulle moes aanpassings maak. Leer om self te bemark, met 'n rekenaar te werk. Besef dat net ploeg en saai nie vandag meer sin maak nie, maar dat slim tegnologie ingespan moet word om winsgewendheid en volhoubaarheid op die plaas te verseker. Leer om met selfone te werk – en dit te verstaan. Dat produkpryse daagliks daarop beskikbaar is.

Ná 'n lang gekerm en stap van een winkel na 'n volgende kon ek, hoewel 'n paar dae ná Kersfees, vir hom 'n klein CD-speler iewers opspoor. Die blydskap op sy gesiggie oor sy eie “musieksentrum” was oor en oor die moeite werd. Deesdae sing Bruce Springsteen kliphard vanuit sy kamer: Born in the USA. Nodeloos om te sê en elke keer wanneer die “musieksentrum” weer aangeskakel word, begin die liedjie van voor af. Soms neurie ek maar saam vanuit my kantoor en ander kere wens ek iemand wil net die tyd vat om 'n ander CD in te sit. Ek weet dit sal seker ek moet wees.

By kongresse en boeredae kyk ek altyd met heimwee na die ouer boere. Hulle moes groot aanpassings maak. Dinge was baie anders jare gelede toe hulle nog jonk was. Maar dit is verblydend hoe hulle ook nou “moderne” boere genoem kan word. Ek wonder altyd oor hulle – al die stories wat hulle te vertelle het. En dan luister ek weer vir die soveelste keer na my oupa se stories vanmelee. Dit gaan ook eendag stil raak. Die stories gaan opraak en gaan ons jonger mense dit (kan) oorvertel? Nee, want elkeen se lewe vertel sy eie storie. Dit is eintlik hartseer dat ons hierdie stories nie gaan kan oorvertel nie. Nie presies soos wat dit was nie.

Vanmiddag in 'n inkopiesentrum se badkamers sê hy vir my ewe plegtig: Ek gaan van nou af vir Pappa Daddy sê. Sonder om sy opwinding oor die nuutgevonde Engelse woord te blus, probeer ek vir hom verduidelik dat Engelse kinders hul pappas só noem. En in my agterkop onthou ek die storie wat my man graag vertel van toe hy in die hoërskool was en besluit het om ook sy pa voortaan Dad te noem. Vir iemand wat onder dwang nog moes Volkspele doen tot in standerd 7, kan ek nie dink dat hy nie van beter geweet het nie. My skoonpa, 'n trotse Afrikaanssprekende, se gesig verskyn voor my as ek hieraan dink. Niks verkeerd met Engels nie. Verstaan my mooi. Ekself is eintlik 'n gebore (maar nie getoë) Engelsman(vrou). My nooiensvan was Montgomery, en ek is steeds baie trots daarop. My pa was 'n Engelsman. Maar so Engels soos wat die Karoo-boere maar kan wees. Hulle het mos 'n anderste uitspraak. Praat sommer Engels en Afrikaans deurmekaar – Afrikaanse Engelsman of is dit nou Engelse Afrikaanssprekende?

Ons kinders ken nie meer FAK-liedjies nie. Baie dankie vir die kleuterskool- en grondslagfasejuffrouens wat dit wel vir ons kleingoed leer. Want ook hulle speel 'n groot rol in die opvoeding van ons kleintjies wat betref die geskiedenis van vervloë dae. Al is dit net liedjies en rympies. Nie meer lank die toekoms in nie, sal geen kind meer die liedjies, Oom Jan sny koring op die land, Boetie sy's 'n perskeblom, Waar is my Dina? en diesulkes ken nie. En dit sal 'n hartseerdag wees. Nou ja, Paasfees lê voor die deur. Laat ons opnuut weer besef wat die dieper betekenis daarvan is en dat onse Vader sy Seun gestuur het om vir ons sondes te sterf. Laat ons weer mooi nadink oor God se Groot Genade! Tot volgende keer wanneer ons weer ná Paasnaweek gesels. Paasgroete

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

Maart 2012


Maart 13 Maart Griekwastad. VLV. Landbou en tuinbou. 10:30. Praatjie: Landbousake. Demonstrasie: Gebruik olywe. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 13 en 14 Maart Douglas. VLV. Sirkelkonferensie 2012. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326. 21 Maart Hopetown. 20 ton Challenge Boeredag op die plaas Boland van Joël le Roux. Registrasie begin 08:00. Koste is R75 / persoon. 31 Maart Jacobsdal. Markdag by Authentic Roots Kruie-kwekery by 4-6 Sarel Cilliersstraat. Wil jy iets koop of kom uitstal? Daar is hope plante, kruie, tuinversierings, teetuin, geskenkstalletjies, klerestalletjies (D'ffrent Clothing van Kimberley) en kosstalletjies. Vir die kinders is daar 'n trampoline, sprinkasteel, tafeltennis en 'n Slip n Slide. Kontak Lucille Bruwer by 082 889 2920.

April 10 April Douglas. VLV. Landbou en opvoeding en kultuur. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

@agri 15 Mei Griekwastad. VLV. Leefstyl. 10:30. Praatjie: Plant jou eie kruietuin en gebruik dit. Hoekom moet ek my vel versorg? Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821. 21 tot 24 Mei Griekwastad. Pinksterdienste in NG Kerk. 18:00. 31 Mei Kimberley. Jeneka Vroue-organisasie bied aan: Lizz Meiring met Jou geheime bedrading, wat jy nie oor jouself geweet het nie. Vir kaartjies kontak Marian van der Westhuizen by 083 633 6446 minstens twee weke voor die tyd.

Junie 12 Junie Griekwastad. VLV. Kuns en handvlyt. 10:30. Demonstrasie en werkswinkel: blitskuns. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083 650 2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083 391 8821.

17 April Griekwastad. VLV. Gesondheid. 10:30. Praatjie: Middelafhanklikheid. Demonstrasie: Pak 'n eenvoudige, gesonde kosblik. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083-650-2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083-391-8821.

12 Junie Douglas. VLV. Leefstyl en landbou en tuinbou. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326.

19 April Kimberley. VLV. Inligtingseminaar. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

17 Julie Griekwastad. VLV. 10:30. Potpourri. Oppersaal, NG Kerkgebou. Navrae: Christel Steenkamp (bemarker) 083 650 2460 / dcsteenkamp@wsinet.co.za of Hanna van der Linde (voorsitter) 083 391 8821.

19 April Kimberley. Jeneka Vroue-organisasie bied aan: Ansie Fourie met 'n Koei wat gat lê – VREK. Vir kaartjies kontak Marian van der Westhuizen by 083 633 6446 minstens twee weke voor die tyd.

Mei 4 Mei Prieska. Jannie Moolman in konsert met Die son sal weer skyn in stadsaal. Ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis. Navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354. 8 Mei Griekwastad. Griekwastad-Grootrivier boereverenigingvergadering. 15:00. Navrae: Deon Steenkamp by 083-263-4276. 8 Mei Douglas. VLV. Kunste en handvlyt en gesondheid. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053-298-1203 of 082-338-7326.

Julie

17 Julie Douglas. VLV. Opvoeding en kultuur en leefstyl. NG Kerksaal. 15:00. Navrae: Linzetta Smit by 053 298 1203 of 082 338 7326. 27 Julie Prieska. Kuiermark en fees ten bate van Huis Frank du Toit-ouetehuis. Van 09:00 tot 17:00 by ouetehuis. Mariëtte Crafford is die gasbesoeker. Navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354. 28 Julie Prieska. Sonskynkafee met Mariëtte Crafford. 11:00 tot 13:00 – Inspirasie met omgewingsprodukte. 14:30 tot 16:30 – Betowering met sjokolade. Plek: Likkewaanwerf. Uitstallers welkom. Ten bate van Huis Frank du Toitouetehuis. Besprekings en navrae: Rina Coetzee by 082 948 2354.

9 Mei Koegas. Agri Hay landbou-unievergadering. 14:30. Navrae: Joe Scholtz by 082-324-9600. 15 tot 18 Mei Bothaville. Nampo Oesdag. Navrae: Wim Venter by 056-515-2145.

Benodig u 'n eerlike, lojale en hardwerkende plaasbestuurder met jarelange ondervinding van graanverbouing (droëland en besproeiing), groenteverbouing, skaap en bees (vleisbees en melkery)? Skakel gerus Petrus van der Walt by 083 601 3494.

Sluitingsdatum vir die April 2012-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 25 Maart 2012.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

Maart 2012

3


Wanneer dinge begin skeef loop

What a lovely little story to remind us that life really can be beautiful. It is not known who replied, but there is a beautiful soul working in the dead letter office of the US postal service.

Ps. 32:8 – Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Die lewe is onvoorspelbaar. Vir 'n tyd lank mag alles

ur 14 year old dog, Abbey, died last month. The day after she died, my 4 year old daughter, Meredith, was crying and talking about how much she missed Abbey. She asked if we could write a letter to God so that when Abbey got to heaven, God would recognize her. I told her that I thought we could so. She dictated these words:

O

voorspoedig verloop en alles wat jy aanpak op sukses uitloop. Dan skielik, om geen verklaarbare rede nie,

Dear God

begin alles verkeerd loop. Hoe hard jy ook al probeer, jou mikpunte kan jy nie bereik nie; sukses wat jy verwag het, ontwyk jou gedurig en dit lyk of mislukking jou vooruitloop. Dit mag moeilik wees om dit te aanvaar, maar die oorsaak daarvan lê binne-in jouself. Jy mag ontdek dat jou denke van die positiewe na die negatiewe oorgeskakel het; jou gebedslewe mag sy element van vertroue verloor het; kla en murmureer het

Will you please take care of my dog? She died yesterday and is with you in heaven. I miss her very much. I am happy that you let me have her as my dog even though she got sick. I hope you will play with her. She likes to play with balls and to swim. I am sending a picture of her so when you see her You will know that she is my dog. I really miss her.

skielik jou gesindheid teenoor die lewe geword. Jy trek onbewus elke onaangename invloed na jou toe aan.

Love Meredith

Wanneer dinge begin skeef loop, is dit tyd dat jy jou by

xxx

God afsonder. Staak alle klaery en murmerering en gaan die teenwoordigheid van God in nederigheid binne, met die oortuiging dat niks buite Sy beheer is nie. Gee jou by vernuwing aan Hom oor en Hy sal jou uitlei uit die donker land. Voor sy aangesig sal jy 'n God-geïnspireerde pad vind en dinge sal weer begin reg loop. Indien jou wêreld dreig om in duie te stort, omsoom dit met gebed om te voorkom dat dit uitrafel. Deur Christus en die Heilige Gees sal God jou die moed en leiding gee in jou verwarring en onsekerheid.

We put the letter in an envelope with a picture of Abbey and Meredith and addressed it to God/Heaven. We put our return address on it. Then Meredith pasted several stamps on the front of the envelope because she said it would take lots of stamps to get the letter all the way to heaven. That afternoon she dropped it into the letter box at the post office. A few days later, she asked if God had gotten the letter yet. I told her that I thought He had. Yesterday, there was a package wrapped in gold paper on our front porch addressed, 'To Meredith' in an unfamiliar hand. Meredith opened it. Inside was a book by Mr Rogers called When a Pet Dies... Taped to the inside front cover was the letter we had written to God in its opened envelope. On the opposite page was the picture of Abbey and Meredith and this note:

Gee my wysheid, O Here, om op U te wag in gebed en bepeinsing wanneer dinge in my lewe begin skeef

Dear Meredith

loop. Amen

Abbey arrived safely in heaven.

Hy wat op homself vertrou, is verlore; hy wat op God vertrou, kan alle dinge doen. – Alphonsus Liguori –

(Bron: Elke Môre Nuut – Solly Ozrovech)

4

Maart 2012

Having the picture was a big help. I recognized Abbey right away. Abbey isn't sick anymore. Her spirit is here with me just like it stays in your heart. Abbey loved being your dog. Since we don't need our bodies in heaven, I don't have any pockets to keep your picture in, so I am sending it back to you in this little book for you to keep and have something to remember Abbey by. Thank you for the beautiful letter and thank your mother for helping you write it and sending it to me. What a wonderful mother you have. I picked her especially for you. I send my blessings every day and remember that I love you very much. By the way, I'm easy to find, I am wherever there is love. Love God xxx


Dit neem geslagte om ’n naam te maak!

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

uppe marketing A06375

Besproeiing

Jou familie boer al vir geslagte, en jy weet dis nie kinderspeletjies nie. By Monsanto weet ons dit ook. Ons reputasie is, soos joune, ook nie oornag gebou nie. Dis die resultaat van jare se harde werk saam met jou, die boer. In die laboratorium en op die land. Daarom ondersteun ons ons tegnologie, navorsing en ontwikkeling met spanwerk, steun en professionele advies. Dis immers die kombinasie hiervan wat jou help om jaar na jaar volgehoue prestasie te handhaaf. En geslagte lank sukses te behaal.

DEKALB® – Dis mos mielies™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. ®

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus® , SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l . Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

van BASF


Geadministreerde pryse druk SA produsente se kele toe Clivé Burger, redakteur

D

ie invloed van geadministreerde landboupryse is in diepte bespreek vanjaar op Agri SA se konferensie wat verlede maand in Stellenbosch gehou is. Dit is kommerwekkend om te sien die syfers en statistieke wat prof. André Jooste van die Nasionale Landboubemarkingsraad aan konferensiegangers voorgehou het. Dit is duidelik dat produsente in SuidAfrika in 'n wurggreep is wat betref pryse wat die bedryf lamlê. 'n Mens besef nie aldag wat die stygende kostes se gevolge is nie. Dit is skrikwekkend om te sien wat party kostes 'n paar jaar gelede was teenoor nou. Volgens Jooste het hierdie geadministreerde pryse 'n geweldige invloed op die winsgewendheid van die landbou-waardeketting. Só ook op die volhoubaarheid van voedselproduksie. Potensiële investeerders word die skrik op die lyf gejaag en verder het dit 'n negatiewe invloed op werkskepping en inkomstegenerering. Vanaf Januarie 2008 tot Desember 2011 het water en ander dienste se kostes met 36,6% gestyg. Elektrisiteit en ander brandstowwe het 'n allemintige 109,3% die hoogte in geskiet. Geprosesseerde voedselproduksie het met 38,1% opwaarts beweeg, terwyl ongeprosesseerde voedselproduksie met 27,7% op is. In die tydperk tussen 2010 en 2010/11 het masjinerie en implemente se kostes met 6,7% gestyg, kunsmis is 11% duurder en het dierevoeding se kostes met 6,2% gestyg. “Die gaping tussen bruto en netto plaasinkomste raak net al hoe groter weens die kostedruk”, het Jooste gesê. In die voedselvervaardigingsektor was die stygings vanaf November 2005 tot November 2011 as volg: ! plastiekbottels 77,8% ! blik 62,6% ! handwerkpapier 31,2% ! kartondose 37,2% ! gas en water 72%

6

Maart 2012

! elektrisiteit 176,3% ! petroleum en steenkoolprodukte 60,2%

Tussen 2010 en 2011 het minimum lone met 4,5% gestyg en 'n verdere styging van 9,3% is vir 2012/13 aangekondig. Jooste het gesê in 2009 was die totale koste van elektrisiteit vir primêre landbou en bosbousektore bereken op sowat R1,8 biljoen. Indien die beplande elektrisiteitskostes vir die volgende drie jaar in berekening gebring word, staan dié bedrag op R3 biljoen huidige vlakke. 'n Verdere verhoging van 25,9% is in die vooruitsig vir vanjaar. Die kostes (naastenby) van vragmotors vanaf 2004 tot 2011 lyk so: 2-as: vanaf R950 000 tot R1,3 miljoen 6-as: vanaf R2,6 miljoen tot R4,25 miljoen. Die prys van olie het vanaf Januarie 2010 tot Januarie 2011 met 26,8% gestyg en vanaf Januarie 2011 tot Januarie 2012 met 15,6%. In die ooreenstemmende tydperke was die styging van petrol onderskeidelik 11,1 en 21,5%, en dié van diesel 13,7 en 31,1%.

Olie Petrol Diesel R/$-wisselkoers

2010 $79,44 R8,26 R7,39 R7,34

2011 $110,79 R9,98 R9,26 R7,24

Tolpadkostes het vanaf 2006 tot 2011 gemiddeld sowat 40% gestyg vir vragmotors. Vir 'n vragmotor om vanaf Polokwane na Johannesburg Varsproduktemark sy produkte te vervoer en terug, kos alleenlik die tolgeld sowat R775. Daar is 'n groot nood om 'n nuwe navorsingsagenda vir geadministreerde pryse in Suid-Afrika saam te stel en dit behoort te fokus op huidige regulatoriese raamwerke. Die ekonomiese impak van stygende kostes moet besef word en dat investering in die bedryf sowel as in die land as sulks beïnvloed. 'n Alternatiewe benadering vir geadministreerde pryse behoort gevolg te word, was Jooste van mening.


Besproeiingsektor word uitgewys as sondebok D

it is 'n groot jammerte dat die besproeiingsektor tydens die loodsing van Nasionale Waterweek as sondebok uitgesonder is, terwyl daar verskeie ander faktore is wat selfs 'n groter bedreiging vir die beskikbaarheid en gehalte van water vir die samelewing is. Só het Johannes Möller, president van Agri SA, gereageer. “Ons erken onwettige watergebruik deur sommige besproeiers is kommerwekkend en behoort aangespreek te word”, het hy gesê en in dieselfde asem bygevoeg dat die departement van waterwese sedert die inwerkingtreding van die Nasionale Waterwet in 1998 versuim het om artikels van die wetgewing met betrekking tot die institusionele kapasiteit wat benodig word om die land se waterhulpbronne te bestuur, te implementeer. “Ná 12 jaar het die departement eers in Junie 2010 begin met die verifiëring- en bevestigingsprosesse deur 'n professionele diensverskaffer aan te stel om daarmee in die Vaalrivierstelsel

behulpsaam te wees. Dit sal eers oor twee jaar afgehandel wees,” het hy gesê. “Agri SA se standpunte oor onwettige watergebruik waarin ons die departement se pogings om onwettige watergebruikspraktyke in die Vaalrivierstelsel asook ander aktiwiteite wat 'n negatiewe impak op die land se waterstelsels het, hok te slaan ten volle steun, is verlede jaar in 'n mediaverklaring saamgevat.

'n Nedlac-verslag oor watergehalte, wat in groot besonderhede na die stand van die land se waterhulpbronne verwys, is verlede jaar aan die minister van waterwese voorgelê. Verskeie waterstelsels in Suid-Afrika is in 'n swak toestand en verswak steeds weens besoedeling deur verskeie sektore in die ekonomie.

“Die beskikbaarheid van water vir ander sektore van die ekonomie is egter nie geraak deur die oortredings van besproeiers in die Vaalrivierstelsel nie danksy algemeen goeie reënval oor die afgelope paar jaar.

Watersuiweringswerke van munisipaliteite is nie op standaard nie en verskeie waterstelsels word nadelig geraak deur mynbou-aktiwiteite. Hierdie is 'n probleem vanuit 'n ekologiese, landbou- asook gesondheidsperspektief en vereis 'n holistiese benadering om die situasie te stabiliseer en reg te stel.

“Alhoewel die onwettige gebruik van surpluswater nie goedgekeur kan word nie, moet daar tog in ag geneem word dat dit wel produktief aangewend was en bygedra het tot voedselproduksie, werksverskaffing en die ekonomiese welvaart in landelike gebiede,” het hy teenargumente gelewer.

Agri SA is bereid om met die minister, haar departement en ander rolspelers in die watersektor saam te werk ten einde Suid-Afrika se skaars waterhulpbronne te beskerm en te ontwikkel tot die grootste voordeel van die land en sy mense, het Möller bevestig.

Maart 2012

7


Promosie

GroenBoer jou antwoord vir dierevoer heeljaar deur lke boer wil sy omstandighede op die plaas vergemaklik en daardeur maksimum wins verseker. Daarom is GroenBoer net die antwoord.

E

Die eenhede is 4m x 8m groot en het 'n in- en uitgang. Aan weerskante is sewe rakke van 8m elk. Altesaam 196 bakke kan in die rakke pas. Die grootte daarvan is 900mm x 750mm x 500mm.

Hierdie nuwe stelsel van organiese voeding vir diere kan groot besparings meebring: tyd, kostes, ruimte, diesel en elektrisiteit.

Die materiaal wat gebruik word, verseker optimale groei. Mikrobesproeiing word gebruik om die voer nat te maak en waterverbruik word bereken op tussen 500 en 1 000 liter water per dag per eenheid. Die besproeiingstelsel, waterpomp, watertenk en groeiligte vir optimale groei word ook verskaf. Die geskikte temperatuur binne die eenheid is tussen 25 en 30ÂşC. Ontkieming vind reeds vanaf 10ÂşC plaas.

GroenBoer is 'n hidroponiese voerstelsel wat daagliks sowat 500kg groenvoer lewer deur net 56kg saad te plant. Dit werk op 'n 7-dag siklus. 'n Eenheid, gemaak van spesiale materiaal, waarin hierdie voer verbou word, word op die plaas opgerig. Die basis van die eenheid is 'n sementblad van sowat 4m x 10m en 100mm dik.

8

Maart 2012

Etienne Surmon, bemarkingsbestuurder van GroenBoer in Kimberley, sĂŞ die stelsel het talle


Altesaam 2kg saad word in 'n bak gegooi en kan op dag 8 aan diere gevoer word.

voordele vir die boer. Die organiese verbouing van groenvoer kan sowat 50 beeste per dag voer – bereken teen 10kg per bees per dag. Dit kan egter gedoen word volgens die boer se voorkeure en kan dit verminder word as die beeste ook in die veld wei. Die boer kan dit self aanpas na gelang van sy omstandighede. U plaas kan dus nou droogtebestand wees deurdat daar vir 365 dae van die jaar groenvoer vir u diere beskikbaar is. Nog 'n voordeel van GroenBoer is dat diere, wat normaalweg in die veld net die plantjie bogronds afvreet, nou ook die wortels van die plant inneem. Sowat 40% van die voedingswaarde van die plant is in sy wortels.

Die groenvoer word organies verbou en geen ekstra nutriënte hoef bygevoeg te word nie. Tussen 500 en 1 000 liter water word per eenheid per dag gebruik – afhangend van die klimaatstoestande.

Dit beteken dat die drakrag van die plaas verhoog word en vind vertikale groei só plaas wat beteken dat meer diere aangehou kan word op 'n kleiner stuk grond. Waar 'n boer gewoonlik sy speenkalwers van die hand sit, kan hy dit nou nog langer hou en afrond teen 'n fraksie van die normale prys. Die eenheid kan indien dit reg bestuur word, selfs meer as 500kg voer per dag lewer. Sowat 250 skape kan per dag gevoer word. Die voordeel daarvan om skape só te voer, is dat die diere nie

Altesaam 50 beeste kan 10kg elk groenvoer per dag gevoer word met die voer wat een eenheid per dag produseer.

Maart 2012

9


Die eenheid waarin die groenvoer verbou word.

meer ver van die huis af hoef te wei nie, diefstal word verminder, die probleem met roofdiere word aangespreek en op die ou end kan die kudde se lampersentasie aansienlik verhoog. En natuurlik beteken dit meer geld in die boer se sak! Water word aansienlik bespaar met hierdie metode aangesien die hoeveelheid voer wat verkry word gelykstaande is aan dit wat mens op 'n 15ha spilpunt afhaal. Dit beteken dat sowat 70 000 liter water per uur vir só spilpunt gebruik word, terwyl die waterverbruik met GroenBoer tussen 500 en 1 000 liter per dag is – afhangend van die klimaatstoestande. Hierdie stelsel word ook baie suksesvol in Australië, Europa en Amerika gebruik. Jan Manser, besturende direkteur van GroenBoer, 'n boer van die Ulco-distrik in Noord-Kaap, en Surmon is tans besig om toetse te doen op die hoeveelheid gewig wat 'n dier aansit per dag om dit

10

Maart 2012

te kan vergelyk met dit wat in die veld gebeur. Die diere word weekliks geweeg. Enigeen wat belangstel om hierdie proewe te kom besigtig op die plaas, is baie welkom. Surmon sê hulle kan boere help met 'n basiese plan vir die oprigting van 'n eenheid en kan ook die materiaal vir die eenheid sowel as die bakke verskaf. Die “sheets” kos R120 per meter en die bakke R130 stuk.

GroenBoer is jou antwoord vir volhoubare dierevoeding dwarsdeur die jaar teen 'n bekostigbare prys. Skakel Etienne Surmon by 084 575 0322 of stuur ‘n e-pos na groenboer2000@gmail.com of skakel Jan Manser by 083 626 2696 of stuur 'n e-pos na groenboer2012@gmail.com vir verdere navrae.


Renosterstropers loop hul rieme styf

D

ie Christen-Demokratiese Party (CDP) het met afgryse gereageer op die nuus dat vier SANParke-beamptes in die Krugerwildtuin in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem is.

Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela, het gesê die wildbewaarders het vier mans gesien wat 'n rivier oorsteek en hulle beveel om te stop. Die verdagtes het op die wildbewaarders geskiet, wat terug geskiet het.

“Ons vertrou dat die probleem met hierdie vyfdekolonners nou heeltemal uitgeskakel is,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê. “Met die weermag wat die grenspatrolering by die polisie oorgeneem het, sou verwag word dat renosterstropery in die Krugerwildtuin sou afneem, maar 40 van die 80 renosters wat vanjaar gestroop is, was in dié wildtuin.

Een van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet en twee gewondes is in die hospitaal opgeneem. Die vierde is in hegtenis geneem. Polela het gesê hulle hoop dié verdagte kan hulle inligting oor ander wilddiewe gee. Daar is beslag gelê op 'n geweer en verskeie messe.

“Dit is hoog tyd dat die buitelandse sindikate wat agter die stropery sit, die boodskap duidelik kry om hul hande van Suid-Afrika se renosters te hou. Terselfdertyd is dit nodig dat 'n internasionale oplossing gevind sal word wat genoeg aansporings aan wildboere sal verskaf sodat hulle ook 'n belang daarby sal hê om nie net voort te gaan om met renosters te boer nie, maar die getalle ook uit te brei.” Vroeg vandeesmaand het wildbewaarders 'n vermeende renosterdief in die Krugerwildtuin doodgeskiet en twee ander gewond. 'n

venue@wintershoek.com

Die Polisie het ook intussen drie vermeende renosterstropers, onder wie 'n vlieënier en wildvanger van Pretoria, in die Sandveldnatuurreservaat by Hoopstad, in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die hof verskyn. Klagtes van poging tot verbode aktiwiteite met topspesies, poging om verbode aktiwiteite met gelyste spesies uit te voer, betreding met 'n wapen op grond waar wild aangehou word sonder die eienaar se toestemming, die besit van geskeduleerde medisyne en vervalsing en uitgifte word deur die Valke teen hulle ondersoek. (Bron: RSG en Volksblad)


Produksieskatting vir mielies word steeds groter olgens die eerste produksieskatting van die somergewasse vir 2012 is die oppervlakte onder mielies geplant 13,06% of 309 900 ha meer as die 2,372 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die aanplantings staan tans op 2,682 miljoen ha.

V

In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,902 miljoen ton, wat 13,78% meer is as die 4,308 miljoen ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 4,67 t/ha teenoor die 4,52t/ha van die vorige seisoen.

Luidens 'n verklaring van die Nasionale Oesskattingskomitee is die verwagte kommersiĂŤle mielieoes 11,705 miljoen ton wat 12,99% meer is as die 10,360 miljoen ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 4,36 t/ha teenoor die 4,37 t/ha die vorige seisoen.

Volgens die oesskattingskomitee is die hoofrede vir die hoĂŤr opbrengs vir geelmielies teenoor die vorige seisoen die groter oppervlakte beplant onder besproeiing.

Die oppervlakte onder witmielies is 1,632 miljoen ha, wat 'n toename van 15,08% of 213 900 ha verteenwoordig vergeleke met die 1,418 miljoen ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1,050 miljoen ha, wat 10,06% of 96 000 ha meer is as die 954 000 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van witmielies is 6,804 miljoen ton, 12,42% meer as die 6,052 miljoen ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 4,17 t/ha teenoor die 4,27 t/ha van die vorige seisoen.

12

Maart 2012

Sonneblomsaad: Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 443 300 ha, wat 31,03% minder is as die 642 700 ha aangeplant die vorige seisoen. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 540 820 ton, wat 37,11% minder is as die 860 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,22 t/ha teenoor die 1,34 t/ha die vorige seisoen. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 472 000 ha, wat 'n toename van 12,92% verteenwoordig vergeleke met die 418 000 ha geplant die vorige seisoen. Die produksieskatting van sojabone is 755 950 ton, wat 6,47% meer is as die 710 000 ton van die vorige seisoen.


Die verwagte opbrengs is 1,60 t/ha teenoor die 1,70 t/ha die vorige seisoen.

Die tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2012 sal op 27 Maart 2012 vrygestel word.

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 45 450 ha, wat 17,59% minder is as die 55 150 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 67 165 ton – 4,54% meer as die 64 250 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,48 t/ha teenoor die 1,17 t/ha die vorige seisoen.

Intussen is die produksieskatting vir koring in die 2011produksieseisoen opwaarts aangepas met 55 350 ton tot 1,905 miljoen ton. Dit is 2,99% hoër as die 1,85 miljoen ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met koring is onveranderd gelaat op 604 700 ha. Die gemiddelde opbrengs vir koring is 3,15 t/ha.

Die oppervlakteskatting vir sorghum het gedaal met 29,84%, van 69 200 ha tot 48 550 ha teenoor die vorige seisoen. Die produksieskatting van sorghum is 145 150 ton – 6,35% laer as die 155 000 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 2,99 t/ha teenoor die 2,24 t/ha die vorige seisoen.

Die toename in die verwagte produksie van koring kan hoofsaaklik toegeskryf word aan beter as verwagte opbrengste, sowel as dat produsente lewerings, soos gemonitor deur Sagis, hoër is as die geskatte oes.

Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 39 750 ha, wat 5,13% minder is as die 41 900 ha geplant vir die vorige seisoen. In die geval van droëbone is die produksieskatting 50 530 ton, wat 20,37% meer is as die 41 980 ton van die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,27 t/ha teenoor die 1,00 t/ha die vorige seisoen.

Die verwagte produksie van koring is onder andere opwaarts aangepas vir die Wes-Kaap met 26 500 ton of 4,08%, vir die Vrystaat met 11 250 ton of 2,08%, en vir die Noord-Kaap met 6 300 ton of 2,29%. Aanpassings is ook in sommige van die ander provinsies gemaak. Die voorneme om wintergewasse te plant vir 2012 sal bekendgemaak word op 24 April.

Maart 2012

13


Kleiner katoenaanplantings word wêreldwyd verwag aer katoenpryse wat tans wêreldwyd die norm is, maak kompeterende gewasse meer aantreklik vir boere met die gevolg is dat kleiner aanplantings in die meeste lande verwag word.

L

markaandeel teenoor mensgemaakte vesels die afgelope twee jaar te herwin nie. In China byvoorbeeld, die wêreld se grootste katoenverbruiker, word verwag dat katoenpryse steeds hoër as poliësterpryse sal bly.

Sowat 'n jaar gelede het die Cotlook A-indeks ('n aanwysing van wêreldkatoenpryse) 'n rekordvlak van $2.44/lb bereik. Sedertdien het pryse konstant afgeneem maar het die afgelope drie maande redelik stabiel gebly. Gebaseer op die huidige markfaktore voorspel die International Cotton Advisory Committee (ICAC) 'n gemiddelde Cotlook A-indeks van 106 VSA c/lb vir 2011/12 (Augustus 2011 tot Julie 2012), luidens 'n verklaring van Katoen SA.

Weens 'n groot oorskot in 2011/12 verwag die ICAC dat wêreldkatoenvoorrade met 40% tot 13,1 miljoen ton op 31 Julie 2012 sal toeneem. Aangesien produksie na verwagting verbruik weer in 2012/13 sal oorskry, kan wêreldkatoenvoorrade met 'n verdere 11% tot 14,5 miljoen ton teen 31 Julie 2013 toeneem, die hoogste vlak ooit. Dit sal 60% van wêreldkatoenverbruik verteenwoordig wat ook die hoogste voorraadtot-verbruik-verhouding in meer as 12 jaar sal wees. Dit sal na verwagting 'n neerdrukkende effek op internasionale pryse in 2012/13 hê.

Katoenaanplantings sal binnekort in die noordelike halfrond 'n aanvang neem. Hoewel die ICAC nie verwag dat wêreldkatoenoppervlakte drasties sal afneem nie omdat katoenpryse nog steeds heelwat hoër is as die gemiddeld van 60 VSA c/lb vir die afgelope dekade (2000/01 tot 2009/10), word daar tog verwag dat wêreldkatoenhektare met sowat 4% in 2012/13 sal afneem. Gebaseer op gemiddelde opbrengste beteken dit 'n afname van sowat 5% in wêreldproduksie wat op naastenby 25,7 miljoen ton vir 2012/13 geraam word.

Die afname is hoofsaaklik te wyte aan laer katoenpryse en die meer gunstiger pryse van mededingende gewasse soos mielies.

Nadat dit vir twee jaar geen groei getoon het nie, verwag die ICAC dat wêreldkatoenverbruik in 2012/13 met sowat 4% tot 24,3 miljoen ton sal styg, aangevuur deur verbeterde ekonomiese groei en laer katoenpryse. Volgens die ICAC sal dit nie vir katoen maklik wees om sy groot verlies aan

Na skatting sal 67 875 bale vesel geproduseer word van SA geproduseerde katoenpluksel, 'n afname van 21% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 2 250 bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swaziland pluismeule gepluis sal word.

14

Maart 2012

Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die tweede skatting vir die 2011/12- produksiejaar op 'n totale katoenoes van sowat 70 125 bale vesel. Dit is 'n styging van 5% teenoor die vorige maand se skatting, maar 'n daling van 22% teenoor die oes van die vorige seisoen.


Diamantveld se atlete presteer op Top 20

T

ydens 'n Top 20 atletiekbyeenkoms onlangs in Hartswater het Hoërskool Diamantveld in Kimberley se atlete goed presteer – 'n algehele tweede plek behaal en drie byeenkomsrekords is verbeter.

Bethanie du Raan het die beste individuele prestasie by die byeenkoms gelewer met haar prestasie in die diskus. Sy het 932 punte behaal. Sy was ook die victrix ludorum dogtersatleet o.15. Sy is ook aangewys as die beste veldatleet.

Diamantveld se goue atlete was: Karike Botha (100m), Mar-Mari Pienaar (200m), Bethanie du Raan (gewigstoot en diskus - rekord), Alwina Malherbe (verspring rekord), Mariska du Raan (diskus), Gerco Nortjé (spiesgooi), Granville Adams (200m) en Ruan Gagiano (gewigstoot). Die 4 x 100m dogtersaflosspan het die nuwe rekord wat Diamantveld verlede jaar opgestel het, weer verbeter. Die aflosspan was Karike Botha, Mar-Marie Pienaar, Jean-Marie Vermeulen en Johané Janse van Rensburg.

Alwina Malherbe het tydens die Top 20 atletiekbyeenkoms in Hartswater die verspringrekord verbeter.

Ter nagedagtenis

T

jaart Erasmus van Jacobsdal, 'n man wat diep spore in landbou in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat getrap het, is onverwags op 6 Maart aan 'n hartaanval oorlede. Tjaart was vroeër jare 'n direkteur van KOLK en toe later van OVK. Hy was ook destyds voorsitter van Luckhoff Boerevereniging. Hy was sedert 2008 tot en met sy dood voorsitter van die Rietrivier Boerevereniging by Jacobsdal en ook hooforganiseerder van die Rietrivier Ekspo 2010 en 2011. Sy vrou, Festa, 'n bekende kunstenaar, is einde Desember 2011 oorlede. Die egpaar word oorleef deur hul twee dogters, Franlise en Christine. Franlise trou op 17 Maart met Flippie van den Berg van Dewetsdorp. Tjaart sal onthou word as die stil, sagmoedige mens wat vriende gemaak het waar hy ookal gegaan het.

Maart 2012

15


Agri SA in konstitusionele hof oor mynbou se invloed op reg tot voedsel

A

gri SA het bekendgemaak dat die organisasie toegetree het as vriend van die hof in die geding in die konstitusionele hof tussen die ministers van minerale hulpbronne en dié van water- en omgewingsake asook die provinsiale wetgewer van die Wes-Kaap oor wie 'n bepalende sê moet hê met die toestaan van mynlisensies. “Ons meen dat die Minerale- en Petroleumhulpbronne Ontwikkelingswet nie genoegsaam ag slaan op die effek van mynbou op voedselproduksie en voedselsekerheid wanneer die toestaan van mynlisensies oorweeg word nie”, het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê. Volgens Möller is dié organisasie se belang by die geding meer as om net landboubelange te beskerm. “Voedselgebruikers is die kliënte van die landboubedryf en daar moet verseker word dat die natuurlike hulpbronne waarmee voedsel tot in die verre toekoms geproduseer moet word, nie weens kortsigtige optrede vernietig word nie. Daarom moet regulerende wetgewing ag slaan op die bevolking se reg tot voldoende voedsel en water, soos dit in artikels 27 en 28 van die Grondwet verskans word.” “Dié ekonomiese en ander bydraes van mynbou-ontwikkeling, wat gewoonlik van 'n beperkte tydsduur is, moet gebalanseer word met die noodsaak om natuurlike hulpbronne vir doeleindes van langtermyn volhoubare landbouproduksie toereikend te beskerm. Voedselsekerheid en -veiligheid kan nie sonder meer vir korttermyn ekonomiese gewin opgeoffer word nie. Só 'n beoordeling van wat in die bevolking se beste belang is, kan nie toereikend binne die raamwerk van mynbouwetgewing alleen gedoen word nie. Die departement van minerale hulpbronne kan nie die uitsluitlike reg hê om 'n oordeel te fel oor

16

Maart 2012

krities belangrike, oorhoofse nasionale kwessies soos die bydraende faktore tot voedselsekerheid, wat buite sy kundigheidsveld is nie. Hiervoor is volledige impakstudies, onder andere in terme van algemene omgewingswetgewing, nodig”, aldus Möller. Hy het gesê Agri SA het reeds voorheen sy kommer oor die agteruitgang van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne gelug. Mynbou maar ook verskeie ander ongewensde ontwikkelings en gebreke met dienslewering op plaaslike regeringsvlak is as bydraende faktore uitgewys. Nogtans kan mynbou-ontwikkeling, veral indien dit omvattend in 'n streek soos die Mpumalanga Hoëveld beoefen word, uitgesonder word as 'n groot bydraer tot hulpbronagteruitgang. “Die kollektiewe invloed wat 'n groot aantal mynbouprojekte in 'n streek op die omgewing, samelewing, infrastruktuur, die landbou en ekonomie het, word nie na behore met mynbouwetgewing enontwikkeling in ag geneem nie. “'n Omvattende studie oor waterkwaliteit wat verlede jaar deur Nedlac onderneem is, is tans op die tafel van die minister van water- en omgewingsake. Daarin word die omvang van waterbesoedeling uitgewys en ook voorstelle gemaak oor hoe om die probleme te oorbrug. “Dié studie toon onder andere aan dat die dreinering van suurmynwater 'n hoë risiko vir die omgewing en die sosio- ekonomiese belange inhou”, het Möller gesê. “Agri SA betreur die feit dat ministers mekaar nou die stryd in die hoogste hof moes aansê , terwyl die betrokke departemente deur die tydige harmoniëring van wetgewing en behoorlike koördinering tussen staatsdepartemente, sodanige konflik kon vermy het.”


20 ton Mielies per hektaar Biologiese benadering Koste effektiewe insette Tydens die Puricare 20 Ton Challenge het 16 insetverskaffers die uitdaging aanvaar om komersieel 20 Ton mielies per hektaar op 'n biologiese en koste effektiewe manier te produseer. Elke insetverskaffer is verantwoordelik vir sy veld van kundigheid en kon binne die doelstellings van die projek sy eie aanbevelings maak en toepas. Die projek sal deur GWK gemeet word teenoor hul studiegroep om koste effektiwiteit te bepaal. Die aanplanting in die Hopetown distrik is gedoen op 15 November 2011 en die mielies het middel Februarie 2012 groot belofte ingehou.

Tydens die Boeredag gaan elke deelnemende insetverskaffer u kortliks toelig aangaande sy betrokkenheid en produkte gebruik in die Puricare 20 Ton Challenge. Hul produkte en dienste sal ook uitgestal word met geleentheid vir privaat gesprekke. Die besoekers is welkom om die 10 kultivars, in proef stroke op die land, te besigtig.

Boeredag 21 Maart 2012 Boland (Joël le Roux) Hopetown distrik 08:00 - Registrasie 09:00 - Verrigtinge begin Koste - R75 / persoon (middagete ingesluit)

Johannesburg N12 Hopetown •

Petrusburg Kimberley • Koffiefontein 20 Ton Challenge • Boland Luckhoff • JD le Roux Havengabrug • Orania GPS koördinate : S 29º 44' 48.2" E 24º 20' 41.1"

Kaapstad

Johannesburg Bloemfontein N1

Petusville • Philipstown •

Hanover

Kaapstad


Hanslammers moet dalk 'n waarskuwingsteken wees Dr. Jasper Coetzee, tegniese direkteur: Voermol Voere Wanneer is hanslammers toelaatbaar? · Waar ooie vrek, uier- of speenprobleme het, ernstig siek is, ooie beseer is weens 'n aanval van honde of ongediertes of tydens veediefstal. · Waar ooie geboorte skenk aan drie of meer lammers. Kan 'n ooi terselfdertyd meer as twee lammers suksesvol grootmaak? · Ja, mits sy minstens 10 dae in 'n lamhok aangehou word, 'n hoë gehalte volledige Lammerooirantsoen tot speentyd gevoer word en die lammers 'n kruipvoer tot speen gevoer word. · Freddie Schmidt, Skaapboer van die Jaar in 2006, het bewys dat indien genoemde riglyne gevolg word, ooie drie en selfs vier lammers suksesvol kan grootmaak. Een van sy ooie het 'n vierling grootgemaak en op 100 dae 134kg lewende lam gespeen.

voldoende bies en melk produseer nie. Onvoldoende biesinname kan tot lamvrektes aanleiding gee weens verkluiming of hitte-uitputting en ontwatering, lae weerstand teen siektes of ooie wat hul lammers weggooi (Holst, 1997). Indien die lam nie binne die eerste drie uur ná geboorte suip nie, neem sy speensoekaktiwiteit af asook die ooi se belangstelling in die lam (Cottle, 1987 & Holst, 1997).

Wanneer is hanslammers 'n waarskuwingsteken? · Wanneer 'n ooi die lam weggegooi het of weier om haar te laat suip. · Wanneer meer as 10 % van die lammers wat gebore word, hansgrootgemaak word.

Laatdragtige ooie wat geen of te min deurvloeiproteïen inneem, toon nie net swak uierontwikkeling nie, maar produseer ook abnormale taai en dik bies. Abnormale taai en dik bies hou verband met lae biesproduksie (Banchero, 2004), is moeilik om uit te suig (Holst, 1997), vertraag die aanvang van laktasie (Holst et al., 1996) en die lammers drink nie binne drie uur ná geboorte nie (McCance & Alexander, 1959). Suiging (suip) en die inname van bies gedurende die eerste ses uur ná geboorte speel 'n wesenlike rol in die binding van die lam aan die ooi (Nowak et al., 1997; Goursaud & Nowak, 1999) en die handhawing van die moederlike gedrag deur die ooi (Rosenblatt & Siegel, 1981).

Wanneer gooi ooie lammers weg? · Die belangrikste rede is wanneer ooie geen of nie

Hierdie bindingsproses asook die handhawing van die moederlike gedrag word benadeel in die geval van ooie

18

Maart 2012

met 'n lae melkproduksie (Dwyer et al., 2003). Hoe taaier die bies, hoe groter die kans dat een van 'n tweeling kan vrek (Holst et al., 1996). · Wanneer ooie hulle lamplek binne een uur ná geboorte verlaat, op soek na kos en water. Ooie wat ondervoed is, sal kort ná geboorte haar lamplek verlaat op soek na kos, wat die bindingproses nadelig sal beïnvloed (Putu et al., 1988). Die voorkoms van skeiding tussen 'n ooi en een of meer van haar lammers gedurende die eerste dag ná geboorte, word beïnvloed deur die tydperk wat die ooi binne 20m van die geboorteplek deurbring. Die skeiding neem toe soos die tydperk wat op die geboorteplek spandeer word, afneem. Ooie wat korter as 2 tot 5 uur op die lamplek bly, het 'n groter kans om permanent van een of meer lammers geskei te word. Die eerste 4 tot 6 uur ná geboorte is van kardinale belang om die ooilamband te vorm, wat uiters noodsaaklik is vir oorlewing onder veldtoestande. Volledige bind duur minstens 48 tot 60 uur. Volgens Nowak (1996) kan tussen 40 tot 50% van tweelinge van hul moeders binne die eerste 48 uur ná geboorte geskei word omdat hulle haar nie volg as sy wegstap nie. Voorspeense lamvrektes is baie hoog by lammers wat op dié manier van


Freddie Schmidt, Skaapboer van die Jaar in 2006, het bewys dat ooie terselfdertyd drie en selfs vier lammers suksesvol kan grootmaak, mits hulle die regte Lammerooi-rantsoen ontvang. Een van sy ooie het 'n vierling grootgemaak en op 100 dae 134 kg hulle moeders geskei word. Net sowat 32% van sulke lammers oorleef in die praktyk (Anderson, 1984). · Wanneer die ooi en haar lam(mers) binne die eerste ses uur ná geboorte geskei word as gevolg van die inmenging van nabylam-ooie en mense of as gevolg van honde, ongediertes en veediewe. Indien 'n pasgebore lam van sy ma geskei word voordat hy gesuip het, kwyn die ooi se moederlike instink en kan dit veroorsaak dat die ooi binne drie uur belangstelling in haar lam(mers) verloor (Cottle, 1987). Veelading en tropgrootte het 'n definitiewe invloed op die oorlewing van lammers. In die Bredasdorp-omgewing is gevind dat die persentasie

lammers gespeen per ooi gepaar met 7,5% afgeneem het vir elke 50 ooie waarmee die tropgrootte vermeerder is (Fourie, 1990). Die rede hiervoor is 'n toename in die aantal lammers wat permanent van hulle moeders geskei word namate die getal ooie wat daagliks lam per eenheidsoppervlakte toeneem. Die hoofoorsaak van die skeidings is inmenging deur ooie wat op die punt is om te lam met die lammers van ooie wat besig is om te lam of wat pas gelam het. Voorspeense vrektes is baie hoog by lammers wat op dié manier van hul moeders geskei word. Tot 20% van ooie in 'n trop is geneig om in te meng (Arnold & Morgan, 1975). · As gevolg van swak moedereienskappe. Hoewel dit geneties is, bly swak

voeding- en bestuurspraktyke die grootste oorsake te wees van ooie wat lammers weggooi. Wat is nodig vir 'n ooi om suksesvol met haar lammers te bind? · Afsondering van die ooi en haar lam(mers) van die res van die trop en voldoende bies (20% van liggaamsmassa), want 'n volpens stimuleer binding (Val-Laillet, 2004). 'n Ooi wat geboorte skenk aan twee lammers moet dus 1 600ml bies per dag produseer (Shubber & Doxey, 1979). Hoe kan die voorkoms van hanslammers beperk word? · Om maksimum uierontwikkeling vir optimale biesproduksie te verseker, moet laatdragtige ooie op enige tipe weiding altyd 'n hoë

Maart 2012

19


deurvloeiproteïenaanvulling vanaf minstens vier weke voor lam kry. Hoe swakker die gehalte van die weidings, hoe meer die lammers die ooi verwag en hoe skraler die ooie voor lam is, hoe hoër moet die voedingspeil van die aanvulling wees en hoe langer voor lam moet dit voorsien word. · Om te verhoed dat ooie en hul pasgebore lammers kort na geboorte geskei word, moet die lamhokstelsel gebruik word. 'n Ooi met haar pasgebore lam(mers) moet haar van die res van die trop afsonder om suksesvol te kan bind en gevolglik moet die inmenging deur ander ooie en/of mense voorkom word. Lamhokke boots hierdie natuurlike afsondering na en verhoed die inmenging van nabylam-ooie en sal dus binding en gevolglik lamoorlewing bevorder. In lamstelsels waar ooie tot 10 dae ná lam in lamhokke aangehou word, is lamvrektes laer as 2%. Wenke om lamoorlewing te bevorder · Om op byvoeding te spaar, moet ooie met hoogs aktiewe koggelramme (bv. Afrino) vir 9 dae gekoggel word en net vir 28 dae gepaar word. Meer en meer produsente verkort hul paartyd na 21 dae en skot alle ooie, volwasse en jongooie wat oorgeslaan het, uit. · Ooie met pasgebore lammers moet vir minstens 6 ure alleen gelaat word sodat die bindingsproses suksesvol kan verloop. Voorkom die inmenging van mense en ander ooie. · Die gebruik van lamhokke word hoogs aanbeveel omdat dit die natuurlike afsondering naboots en sal dus binding en gevolglik lamoorlewing

20

Maart 2012

·

·

·

·

bevorder. Lammers moet die geleentheid gegun of geskep word om die eerste dag ná geboorte onbeperk (Goursaud & Nowak, 1999) en ongestoord te kan suip. Ooie wat in 'n goeie toestand (3 tot 3,5 kondisiepunt) met lam is en ook byvoeding gedurende laatdragtigheid ontvang het, is meer geneig om op die geboorteplek te bly om met hulle lam(mers) te bind as skraal (2 tot 2,5 kondisietelling) ooie. Indien die ooie op volop, goeie gehalte weiding lam, voldoende byvoeding ontvang en die lamkampe voldoende skuiling en skaduwee het, sal die ooie vir 'n langer periode op die geboorteplek bly (Pollard & Littlejohn, 1999). Om te voorkom dat ooie wat pas gelam het van hul lamplek weggelok word deur die voertuie wat die byvoeding bring en sodoende van hulle lammers geskei word, word aanbeveel dat ooie vanaf sewe dae voor lam totdat al die ooie klaar gelam het ad lib. gevoer word en te sorg dat die voer- of lekbakke nooit leeg is nie. Sodra al die ooie klaar gelam het, kan weer na beperkte voeding oorgeskakel word. Daar moenie op die gehalte van die lek of volledige rantsoen van laatdragtige en lakterende ooie ingeboet word om koste te bespaar nie, want dit kan produsente duur te staan kom omdat dit tot hoë lamvrektes aanleiding gee. Gebruik 'n hoë deurvloeiproteïen Maxiwollek (250kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200kg gemaalde mielies + 50kg sout) of 'n volledige Lammerooirantsoen (375kg gemaalde lusern + 350kg gemaalde mielies + 100kg

Voermol Maxiwolkonsentraat + 100kg Voermol Procon + 80kg Voermol Melassemeel). · Lammers moet vanaf 10 dae ouderdom 'n kruipvoer (550kg fyngemaalde mielies + 150kg Voermol SS 200 + 150kg Voermol Procon + 40kg Voermol Melassemeel) ad lib. gevoer word. Om die inname van die kruipvoer aan te moedig, kan 75kg fyngemaalde lusern (± 10mm) baie deeglik met die aanbevole kruipvoer gemeng word. Samevatting · Die vorming van 'n suksesvolle ooi-lamband hang daarvan af of die lam se eerste suippogings, binne die eerste ses uur ná geboorte, suksesvol was en of die lam voldoende bies gedurende hierdie periode ingeneem het (Val-Laillet et al., 2004). Navorsing toon dat die voorsiening van voldoende deurvloeiproteïen aan laatdragtige en lakterende ooie tot gevolg het dat 5,1kg (Brand, 2000) tot 5,9 kg (Hoon, 2004) meer kilogram lam per ooi gepaar, gespeen word, wat dit 'n kostedoeltreffende aanvulling maak. Daarbenewens verminder deurvloeiproteïenaanvulling die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van diere het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere, veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid, lam-, en speentyd), verhoog. Volgens Knox (2003) verminder deurvloeiproteïenaanvulling die miseiertellings. Vir enige verdere navrae kan dr. Jasper Coetzee by 083 386 8382 of jasperco@iafrica.com gekontak word.


Landbou- en gemeenskapstydskrif vir die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat

@agri

Noord-Kaap Suid-Vrystaat

Weet jy dalk van iemand of iets in jou gemeenskap wat nuuswaardig is? Stuur asseblief vir ons nuus aan oor jou dorp of 'n interessante gebeurtenis. Foto's van skolepresteerders en skoue gehou, is ook welkom. Ons wil graag oor die mense en dinge van jou dorp skryf!

Adverteer gerus ook jou besigheid in ons tydskrif. Dienste, produkte en enigiets onder die son. Dit is dalk net dit wat iemand anders benodig! Besoek gerus @agri se webwerf by www.leesagri.spmdesigns.co.za vir die tariewe of stuur 'n e-pos aan agriclive@mweb.co.za.

Die nuwe Koop en Verkoop-afdeling is net die plek waar jy implemente of toerusting teen sakpaspryse kan adverteer – of gaan kyk na iets wat dalk te koop aangebied word. Dit is ook op die webwerf beskikbaar.

R60

Wil jy nie baie geld spandeer op advertensies nie – gaan loer dan by Dit en Dat waar jy enigiets onder die son kan adverteer – net vir R60!

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by 053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na 086 502 3941 of e-pos na agriclive@mweb.co.za.


Vertroue in veldramme neem steeds toe

Van links by die Dorper-ram, Tempo, wat vir R55 000 verkoop is, is Jaco van Rensburg, sy seun, Louis, Christo van Deventer, verkoper, en Johannes Human. Almal is van Prieska. Jaco en Johannes is die seuns van Louis van Rensburg en HG Human, kopers van die ram.

V

eldgrootgemaakte en prestasiegetoetste ramme kry jaar na jaar al hoe meer aftrek by telers en slaglamprodusente. Dit is weer eens vanjaar tydens die 10de veldramveiling in Prieska gesien. Terugvoering van telers en hul kliĂŤnte is ook baie positief en pluk hulle reeds die vrugte van vorige aankope. Altesaam 61 Dorper-ramme is aangebied en teen 'n gemiddelde prys van R6 086 verkoop. 'n Besonderse ram van Christo van Deventer van Prieska is vir R55 000 aan HG Human en Louis van Rensburg van Prieska verkoop. Die ram se Blup-waarde vir speen en na-speen direk is in die top 10% van die land. Verder het die ram 'n relatiewe ekonomiese waarde (REW) van 10,79 en 'n seleksie-indeks (SI) van 123. Wat die ram verder uitsonderlik maak, is dat sy ma vyf lamkanse gehad het en 10 lammers gespeen het met 'n gemiddelde speenindeks van 103. Die kopers het vertel dat verskeie stoettelers reeds navraag gedoen het oor die moontlike aankoop van bevrore saad. Die kopers hoop ook om Tempo se lammers op dieselfde veiling in 2014 aan te bied. Altesaam 30 Witdorpers is verkoop teen 'n gemiddelde prys van R7 090. Toni Cahi van Prieska het R23 000 vir 'n T5-ram met baie

22

Maart 2012

goeie Blup-teelwaardes betaal. Die koper was Louis van Rensburg. Die Savanna-ramme van Joe Scholtz van Griekwastad was goed in aanvraag en is vir gemiddeld R7 710 stuk verkoop. Welma CC van Lydenburg moes R14 000 opdok vir 'n ram. Veertig Savannaooitjies is verkoop vir 'n gemiddelde prys van R1 840. Heleen Homan van Secunda het R15 000 vir 'n Van Rooy-ram van Louis van Rensburg betaal. Die vraag na Van Rooys was ook baie goed. Die gemiddelde prys van 19 ramme was R5 500. Boerbok-ramme is verkoop vir gemiddeld R8 212 stuk. Die duurste ram van R13 500 is gekoop deur Leon Vorster van Ghanzi in Botswana. Vorster het ook die meeste van die Kalahari Red-ooie gekoop. Eben van Eck van Beaufort-Wes het R7 000 vir 'n Kalahari Redram betaal. Die Boerbokke sowel as die Kalahari Reds is deur Louis van Rensburg aangebied. Die veiling is behartig deur GWK met Deon Klopper as afslaer.


Landboubegroting is teleurstellend V

erskeie landbou-organisasies en politieke partye het hul misnoeë uitgespreek oor die landboubedryf wat min aandag van president Jacob Zuma in sy staatsrede ontvang het. Die president van TLU SA, Louis Meintjes, het in 'n verklaring gesê in 'n tyd dat daar internasionale kommer is oor voedselsekerheid en voedselpryse, betreur dié organisasie dit dat landbou afgeskeep word in die begroting en dat boere eenvoudig in die groot ekonomiese massa verdwyn terwyl 'n ander speelveld ter sprake is vir die landbou. “Landbou gaan die nuwe finansiële jaar met 'n swaar hart in. Die aanslag op die boere se grond gaan voort met die aankondiging dat 4 000 grondeise afgehandel gaan word. Die gevaar bestaan dat teen tyd gehaas gaan word om politieke doelwitte te bereik terwyl die ervaring oor jare al geleer het dat baie eise nie bona fide eise was nie.”

Buitendien staar boere geweldige verhogings in die gesig. Van dit wat boere tot kommer stem, is:

! Die brandstofheffing se verhoging met 28 sent per liter. Boere se trekkers, stropers en ander implemente sien nooit eers 'n openbare pad nie, maar hulle moet kruissubsidiëring toepas vir ander nie-landbou verwante projekte; ! Die tolgelde wat einde April in werking tree. Taxi's word vrygestel maar boere wat teen groot koste van ver af voedsel vir die markte moet voorsien, sal die volle pond in tolgeld moet betaal. Die alternatiewe roetes wat herstel gaan word, gaan helaas nog lank neem en is nie eens 'n troosprys nie; ! Die styging van kapitaalwinsbelasting vir maatskappye na 66% kan rampspoedig wees. Meeste boerderye is om ekonomiese redes in maatskappye gestruktureer. As die staat nou druk plaas in terme van grondhervorming op boere om hulle

grond te verkoop, moet hulle dan nog 'n geweldige bedrag aan kapitaalwinsbelasting betaal wat dit onmoontlik maak om 'n nuwe bedryf aan te koop. TLU het gesê van die R1,9 miljard wat vir die departement van landbou en die Landbank toegestaan is, gaan waarskynlik baie min by kommersiële boere uitkom en waarskynlik vir opkomende boere gegee word. Landbou het dus in wese niks om opgewonde oor te wees nie, behalwe die vooruitsig dat infrastruktuur opgeknap gaan word, maar dit gaan helaas nog lank neem om te realiseer, en gaan boere intussen nog baie skade aan voertuie en bande kos,” het Meintjes gesê. “Daarbenewens bestaan daar altyd die twyfel of die prosesse reg bestuur kan word, of tenders behoorlik toegeken gaan word sonder bedrog en korrupsie en dat fondse op die mees produktiewe wyse aangewend gaan word.”

Nuwe direkteur by Omnia

A

driaan de Lange (36) is aangestel as besturende direkteur van Omnia Kunsmis (RSA), 'n afdeling van Omnia Groep (Edms) Bpk, wat gelys is op die JSE. Hy is reeds sedert 2003 by Omnia werksaam.

Maart 2012

23


Beste garsprodusente van Noord-Kaap binnekort aangewys

S

AB Miller wys eersdaags sy garsprodusente van die jaar in verskillende kategorieë aan. Dit word gedoen tydens 'n glansgeselligheid wat by die Kalahari Lodge in Kimberley op 17 Maart gehou word. Frikkie Lubbe, landboukundige van SAB Miller in Kimberley, sê daar is ses finaliste in die GWK-gebied – drie in die groot kontrak kategorie en drie in die klein kontrak kategorie. Die skeidslyn vir hierdie twee kategorieë is 500 ton. Daar is ook ses finaliste vir die Vaalharts-streek – drie in die klein en drie in die groot kategorie. Hier is 250 ton die skeidslyn. Dan is daar ook nege finaliste vir die Taung-streek wat weer in drie afsonderlike gebiede verdeel is. Die finaliste is: GWK Groot - Frank Lawrence, Leonard Louw en Schalk Human (jnr.); GWK Klein Jacques Faber, Michael Jacobs en Willem Mülke;

Vaalharts Groot - Josias Delport, Piet van Niekerk en André van der Merwe; Vaalharts Klein - Des Ellen

Puttick, Johannes Goussard en Collin Schubach; Taung Pumimoe - Joseph Sedumedi, Pateletso Phemelo en Morgan Bonnanye; Taung Bosele Singleboy Moshwunyane, Solomon Jabang en Nicodemus Mateise; en Taung Tsediso - Vivian Pico, Elizabeth Lechuti en Alfred Galodikwe. Volgens Lubbe word die produsente gekies op grond van hul kwatiteitspremies per ton (vog uitgesluit) asook hul opbrengs. Kwaliteit tel 70% en opbrengs 30%. Die wenner van die Droëlandprodusent van die Jaar gaan ook teenwoordig wees, terwyl die Nasionale Produsent van die Jaar ook tydens hierdie geselligheid aangekondig sal word.

Anchus Buchan besoek Karoo

D

ie Karoo Mighty Men konferensie saam met Angus Buchan word van 27 tot 29 April op die plaas Renosterfontein, Middelburg in die Oos-Kaap, beplan. Dit is op die plaas van Jannie Moolman, sowat 15km uit die dorp.

Buiten Buchan sal daar ook ander interessante sprekers tydens die konferensie optree.

Die koste is R200 per persoon en daar is geen ekstra kostes vir kampering nie. Sondag kan vrouens en kinders teen geen koste ook besoek aflê. Voornemende besoekers word gevra om so gou

Meer inligting kan verkry word op die webwerf www.karoommc.co.za of skakel die sekretaris, Ruthi van der Merwe, by 049 842 1384, 079 947 3566 of stuur 'n e-pos na info@karoommc.co.za.

24

Maart 2012

moontlik hul kaartjies te betaal – ook ten einde die beplanning vir die naweek te vergemaklik.


Koop en Verkoop CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”, “chaff spreader”, GPS – R1 596 000. CLAAS C900 koringtafel – R228 000. GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000. (Pryse sluit BTW in.) Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

Klein advertensies soos hierde grootte in die “Koop-en-Verkoop”-afdeling kos R100 en verskyn ook op @agri se webwerf. Stuur u inligting en foto na agriclive@mweb.co.za.

FJS 7M3 Tipper Bin complete with 2 cylinders: R25 000 + VAT Contact Frans 082 803 3217

Esse Fairy 4 Oond te koop. Baie goeie toestand. R18 000. Kontak 082 491 3765 of 082 339 7764.

Wil u graag hier adverteer? Skakel Clivé by 053 591 0761 / 083 708 3974 of stuur e-pos aan agriclive@mweb.co.za.

FJS 40Ton Silo with Cluger: R90 000 + VAT Contact Frans 082 803 3217

FJS Michigan Loader. Front Wheel drive only: R35 000 + VAT Contact Frans 082 803 3217

Terex Loader. Ready to work: R 95 000 + VAT Contact Frans 082 803 3217

*TE KOOP* Ÿ CLAAS 570 LEXION (2007) 1500 enjinure, “straw chopper”,

“chaff spreader”, GPS – R1 596 000. Ÿ CLAAS C900 koringtafel – R228 000. Ÿ GERINGHOFF 8-ry, 75 plukkerkop – R456 000. (Pryse sluit BTW in.)

Skakel Wimpie Swanepoel by Jacobsdal by 082 373 2178.

Maart 2012

25


Ons lesers se nuus... Kakamas-brug Evelin Thirion van Upington het hierdie foto's vroeĂŤr in Februarie ingestuur van die Kakamasbrug. Dit is die hoofroete vanuit die Groen Kalahari na Kaapstad. Die brug was aanvanklik gesluit vir alle vervoer nadat die brug in twee gebreek het! Een van die pilare het begin verkrummel en die brug laat sak. Die pad is tans met 'n enkelbaan vir verkeer oop maar motoriste word gewaarsku om stadig oor die brug te ry.

As die weer dit nie toelaat om met 'n trekker die druiwe te spuit nie, dan spuit ons dit met 'n vliegtuig.

26

Maart 2012


Parstyd op Oranje Landgoed

André van Niekerk van Prieska het hierdie pragtige foto's van druiwe in parstyd die begin van die jaar ingestuur.

Stuur gerus julle interessante nuus en foto’s aan @agri vir Clivé by agriclive@mweb.co.za.

Maart 2012

27


Erns van SA plaasmoorde word onder internasionale gemeenskap se aandag gebring

D

ie internasionale gemeenskap neem toenemend kennis van die plaasmoorde wat steeds in SuidAfrika voortwoed. Op Facebook en die internet is daar verskeie groepe en “blogs” begin om die wêreld bewus te maak van presies wat in Suid-Afrika aangaan. TLU SA het in 'n verklaring gesê hulle ontvang al hoe meer navrae vanaf internasionale instellings oor plaasmoorde in Suid-Afrika. “Dit is hoofsaaklik te danke aan 'n besoek wat TLU SA se assistent-hoofbestuurder: kommunikasie, Henk van de Graaf, aan Europa gebring het. Van de Graaf het onlangs 'n weeklange inligtingsbesoek aan Europa gebring waarin hoofsaaklik klem gelê is op plaasmoorde in SuidAfrika. “Die hoogtepunt van sy toer was 'n besoek aan die Europese Parlement waar hy die hoofspreker was by 'n openbare vergadering van Europese parlementslede. In sy toespraak het hy daarop gewys dat toestande in Suid-Afrika

28

Maart 2012

selfs slegter is as in Zimbabwe. In Suid-Afrika is tot dusver reeds meer as 1 550 boere vermoor, teenoor die 24 in Zimbabwe. “Instellings soos die EU was bereid om persoonlike sanksies teen Robert Mugabe en sy kabinetslede op te lê. In die lig daarvan dat sake in Suid-Afrika selfs slegter verloop as in Zimbabwe, behoort die EU dalk ook oorweging te skenk aan die moontlikheid om soortgelyke persoonlike sanksies teen Zuma en sy kabinetslede in te stel, omdat hulle ook blatant weier om genoeg aan hierdie probleem te doen. Bowendien behoort plaasmoorde internasionaal verklaar te word tot 'n Misdaad teen die Mensdom,” het Van de Graaf gesê. 'n Kort uittreksel uit die dokumentêre rolprent War of the Flea is ook aan die EUparlementslede gewys. Veral die sanger Steve Hoffmeyr se stelling daarop dat daar in

Suid-Afrika sprake is van volksmoord, het baie gewis gevoeg tot TLU SA se standpunt hieroor. Na die besoek aan die Europese Parlement, asook die inhandiging van 'n klagte van Volksmoord teen die SuidAfrikaanse Regering by die Internasionale Strafhof in Den Haag, het internasionale media sowel as die sosiale media deeglik begin kennis neem van die situasie in SuidAfrika rakende veral plaasmoorde. Sedertdien ontvang TLU SA se hoofkantoor al hoe meer inligting van beoogde aksies oor plaasmoorde en volksmoord, nie net in Europa nie, maar ook in Amerika, Kanada en Australië. TLU SA se SMS-lyn vir ondersteuning aan die slagoffers van plaasaanvalle lok groot reaksie. U kan 'n klein bydrae van R10 maak deur die woord TLUSTOP na 48716 te stuur.

Kyk gerus ook na die webwerf www.dienuwesuidafrika.blogspot.com wat handel oor plaasmoorde in Suid-Afrika.


Internasionale seminaar in Potchefstroom aangebied 'n Daglange internasionale seminaar word op 19 Maart aangebied met die tema Hoe kan sosiale entrepreneurskap bydra tot volhoubare landbou in Suid(elike)-Afrika? Me. Kiewiet Scheppel, mediaskakelbeampte van die Noordwes Universiteit (Potchefstroom), sê die Internasionale Instituut vir Ontwikkeling en Etiek (IIDE) is 'n Christelik-gefundeerde organisasie met Suid-Afrikaanse en Nederlandse bande wat sedert 2003 navorsing doen oor die omvang, aard en normatiewe aspekte van armoede, die ongelyke verdeling van welvaart en onregmatige praktyke wat daarmee verband hou. Tydens die seminaar sal 'n nuwe boek, wat onder die vaandel van die IIDE gepubliseer is, getiteld From Technology Transfer to Intercultural Development, vrygestel word. Enkele van die outeurs (Carools Reinecke, Attie van Niekerk, Debra Meyer en Sytse Strijbos) sal onderwerpe aanspreek wat verband hou met die missie van die IIDE, naamlik hoe eerstewêreldtegnologie aan agtergeblewe gemeenskappe oorgedra kan en behoort te word tot voordeel van almal. Enkele ander organisasies wat aktiewe deelnemers is op die terrein van ontwikkelings-

Alle vervoer (18m links) asook uitverhuring van 6m tippers.

hulp is ook genooi om hul perspektiewe voor te dra, soos onder meer Prisma (Nederland) en Touching Africa (SA). Die praktiese toepassing van die besprekings sal hanteer word deur die rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes Universiteit, prof. Herman van Schalkwyk. Hy sal sy sienings rondom sosiale entrepreneurskap en landboupraktyke weergee, waarna die adjunkminister van landbou, visserye en bosbou, dr. Pieter Mulder, 'n politieke perspektief op die onderwerp sal verskaf. Dr. Henk Jochemsen van Prisma sal daarna die etiese en normatiewe aspekte van landbou in Suid-Afrika verken. Die dag sal afgesluit word met 'n paneelbespreking oor moontlike samewerkingstrategieë tussen Suid-Afrika en Nederland om die sosiale verantwoordelikhede teenoor die landbousektor in Suid-Afrika te fasiliteer.

Die seminaar sal plaasvind in die raadsaal van die NWU institusionele kantore (Gebou C1). Verversings sal bedien word. RSVP voor 15 Maart 2012 by kobus.vanderwalt@nwu.ac.za.

Jonel

TRANSPORT EN VOERE

Bemarking

van voer, lusern en mielies.

Johan 082 896 0051 • Elsabie 072 027 7908 Maart 2012

29


Knap (boer)vrou se besige hande staan vir niks verkeerd nie Clivé Burger, redakteur

H

ulle sê as jy iets gedoen wil hê, vra iemand wat 'n besige mens (lees: harde werker) is, en jy weet dit sal gedoen word. Dit is diegene wat nie veel het om te doen nie, wat ook nie gaan “tyd” hê om nóg iets te doen nie. Christelle Steenkamp van Griekwastad is 'n goeie voorbeeld van 'n besige vrou wat jy maar kan vra vir 'n guns. Sy gaan dit ook doen! Sy vertel sy het verlede jaar begin koekies bak om te help met die reiskostes aangesien haar seun en dogter in Bloemfontein skoolgaan. “Soos die meeste ma's wou ek al die geleenthede waarby my kinders betrokke is, bywoon, maar die kostes het net eenvoudig te hoog geword.” Aanvanklik het sy 'n “pakkiebakkie” oorweeg, maar ongelukkig het dit só baie tyd van haar in beslag geneem, dat

sy naderhand nie by haar eie draaie kon uitkom nie! En boonop is só bedryf op die platteland minder winsgewend. Ons almal op die platteland ken: “ag sal jy my 'n guns doen, sal jy vir my 'n pakkie...” En dan bly betaling in die slag. Christelle lag lekker hieroor. 'n Vriendin in Bloemfontein het met die “bemarking” van die koekies gehelp. Die bemarkers wat aanvanklik in Kimberley en Bloemfontein gehelp het met verkope, gaan steeds daarmee voort. Die vleiskamer op die plaas, Naauwhoek, is omskep in 'n bakkery met 'n industriële oond en menger. Die besigheid, Scrumptilicious, is vinnig besig om naam te maak en die produkte kan al in sekere Spar-supermarkte, by GWK en 'n tuisnywerheid wat die produkte self verpak, gekoop word. Christelle sê die besigheid het al só gegroei dat sy werk kon skep vir

werklose vroue van die dorp. Twee permanente en twee tydelike vrouewerkers, wat in die dorp op- en afgelaai word, is aangestel om te help bak. Hoewel sy nog die meeste van die bakwerk self doen, is hulle al redelik goed opgelei , maar daar is nog 'n paar dingetjies wat hulle onder die knie moet kry. Op hul eie en sonder toesig kan hulle reeds drie soorte soetbolletjies maak, dit weeg en pak. Sewe soorte kleinkoekies, drie soorte soetbolletjies, klapperys en hoenderpasteie is produkte wat verkoop word. In die wintermaande word biltong en droëwors gemaak en verpak. Dit was veral oor Kersfees wat Christelle en haar werkers net nie kon voorbly met die maak van koekies nie. Een van die boervroue het 'n afset vir haar pasteie gesoek, vandaar dat dit ook nou deur hulle bemark word.

Martha Watermon, Katriena Kruger en Hester Maarman plak vlakoekies.

30

Maart 2012

In die toekoms sal Christelle graag 'n vennoot wil inneem, maar dié persoon sal eers haarself moet bewys . Daar sal ook geleentheid wees om tot op 'n bestuursvlak deel van die besigheid te


die “kostannie van die klub” bekendstaan.

'n Hele besending watertand - lekker koekies – gereed vir verkope!

kan wees. 'n Bakkerybestuurder wat toesig hou oor die bakkery en iemand wat die administratiewe werk sal kan hanteer, word ook in die vooruitsig gestel. In Desember kon die besigheid reeds prestasiebonusse aan die werkers op grond van produksie betaal. Hul grootste mark is natuurlik besige ma's (soos Christelle) wat nie self tyd kry om te sorg dat die koekieblikke vol is nie. Dit is veral die gemmerkoekies en outydse vlakoekies wat groot byval onder kopers vind. Die growwe ChocChip is net 'n kortkop agter, terwyl klapperkoekies ook gewild is. Bakdae is gewoonlik van Dinsdag tot Donderdag afhangend van die hoeveelheid bestellings wat hulle het. As mens hoor hoe gewild die koekies is, is dit duidelik dat Christelle verseker 'n wenresep beet het. Dit is weer 'n duidelike bewys dat selfs al woon mens op die platteland, daar altyd maniere is waarmee vrouens hulle kan besig hou – en selfs geld maak.

Sy is baie lief vir tuinmaak, hoewel sy sê dit was nogal 'n groot uitdaging toe hulle destyds plaas toe getrek het. Sy is lid van die Griekwastad Tuinbouklub. “By hulle het ek al so baie oor tuinmaak geleer. Die groen om my huis is altyd vir my 'n lafenis. As gebore OosKaapenaar is die dorre vaalte soms vir my baie erg. Gelukkig bly ek in die mooiste vlei in die Noord-Kaap.

“Hier het ek egter al menige duur tuinles geleer. Die somers is uitermatig warm en die winternagte baie koud. Dit het al baie skade aangerig. Sowat twee jaar gelede het ek 'n paar roosbome geplant nadat ek eers net loof en struike gehad het. Die rose vaar baie goed en ek is baie trots daarop. Verlede jaar het ek 'n paar rooies bygevoeg en in Augustus vanjaar begin die wit jaar!” Sy vertel hulle het letterlik op 'n stuk veld besluit waar hulle hul huis wou bou – natuurlik teen alle raad, maar was nog nie 'n dag spyt nie – hoewel die tuin baie stadig gevorder het! Sy is ook betrokke by die toerismevereniging en vrouediens in die dorp. VLV is egter 'n groot prioriteit in haar lewe.

Ná die geboorte van my kinders, wat baie min verskil, het ek afgestomp gevoel. VLV het my weer inspireer om dinge te doen wat ek vir 'n klompie jare nie gedoen het nie. Ek het in my tak begin en later ook op sirkelvlak as VLVbemarker betrokke geraak. Sy is tans vise-voorsitter, tesourier en sameroeper vir opvoeding en kultuur van die Griekwastad VLV. Sy is sirkelpresident van Griekwaland-Wes VLV en geniet die uitdagings wat dit haar bied. “Ek leer elke dag by die vrouens van ons area. Hier is juwele weggesteek op die plase wat ongelooflike talent en vaardighede het.” Sy dien ook in die hoofbestuur van VLV Kaapland, wat opsigself 'n groot uitdaging is omdat sy so baie ysters in die vuur het. Vroeër jare as bemarker van die VLV het sy heelwat kontak met Volksblad gehad en is toe as korrespondent aangestel wat sagte nuus uit die omgewing ingestuur het. Sy het ook later vir GWK se maandtydskrif, Kommuniek, berigte gestuur en deesdae doen sy ook vryskutwerk vir Landbouweekblad. Dit is duidelik dat Christelle bykans geen tyd het vir niks doen of stilsit nie, maar met 'n huishouding op die plaas, kinders wat ver skoolgaan en aandag verg, skoolkar ry en die gemeenskap wat ook hul pond vleis eis, kan sy darem af en toe tyd maak vir haar stokperdjies - lees en naaldwerk. Sy geniet dit om met blomme te “speel” maar sal nou nie dit eintlik klassifiseer as blommerangskik nie, sê sy. Nietemin, hier is een knap vrou in Griekwastad wie se knoppie mens maar op kan druk. Dit is nou nie altemit nie.

Christelle is met haar universiteitsliefde, Deon, getroud wat sy in 1987 ontmoet het. Hul twee kinders is Don (Graad 10) en Marthella (Graad 9). Ons het eers in Griekwastad self gewoon, maar bly nou sowat 11 jaar al op Naauwhoek.

“Ek is nie eintlik 'n boervrou nie - meer die boer se vrou wat al sy 'admin' hanteer.” Die gesin neem graag aan “tentpegging” (perdesport) deel en natuurlik is Christelle die ewige toeskouer en broodjiemaker, wat al as

Industriële toerusting is aangekoop om die werkslading te vergemaklik.

Maart 2012

31


Sit 'n tikkie Paasfees-kreatiwiteit hierdie jaar in jou huis. Hieronder is oulike idees wat sommer maklik is om te doen om jou familie se Paasfees ekstra spesiaal te maak.

Beplan jy iets interessants hierdie Paastyd? Stuur asseblief jou foto's na agriclive@mweb.co.za sodat ons dit in die volgende uitgawe aan ons lesers kan wys.


D

it is binnekort Paasfees wat gewoonlik vir groot opwinding in huishoudings sorg. Dit beteken ‘n tyd van Paaseiers wegsteek in die tuin, keurig gedekte Paastafels, kreatiewe geskenkies maak vir familielede, maar ook natuurlik weer tyd vir heerlike smul aan al die lekkernye. Hier is vandeesmaand twee lekker resepte wat u gerus kan gaan probeer.

Bestanddele 500g Golden Cloud Scone Mix 15ml gemengde speserye 5ml gemaalde gemmer 55g botter 187ml melk 1 eier Verglansing 60ml melk 60ml strooisuiker 50g amandelvlokkies Versiersuiker om bo-oor te strooi

Gemengde speserye

Paasfees-vlegsels Bestanddele 500g Golden Cloud Chocolate Muffin Mix 20g koffie opgelos in 15ml kookwater 100g wit sjokolade, grof gekap 225ml water 150ml olie 2 eiers, liggies geklits 30g botter 60ml sagte bruinsuiker Metode 1. Voorverhit die oond tot 180˚C. 2. Sny vierkante uit bakpapier wat groter is as die holte van ‘n groot muffinpannetjie. Plaas dit binne-in. 3. Meng die sjokolade in die Golden Cloud Chocolate Muffin Mix in. Klits die water, olie, eiers en opgeloste koffie saam. Gooi dit by die droë mengsel en meng goed. Skep die mengsel in die muffinpannetjie se holtes. 4. Verhit die botter en bruinsuiker en roer dit totdat die botter gesmelt het. Gooi die mengsel bo-oor die muffins. 5. Bak vir 25 tot 30 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. 6. Haal dit uit die oond en laat dit afkoel. 7. Bind 'n mooi lint rondom elkeen in sy bakpapier en bedien! Die resep maak 8 muffins.

Metode 1. Voorverhit die oond tot 190°C. Smeer 'n groot of twee kleiner bakplate. 2. Sif die Golden Cloud Scone Mix, gemengde speserye en gemaalde gemmer saam. 3. Vryf die botter in die Golden Cloud Scone Mix mengsel met vingerpunte goed in totdat dit krummels maak. 4. Klits die melk en eier saam en sny dit in die mengsel in. 5. Rol 50ml deeg op 'n oppervlak besprinkel met meel, in 'n lang worsvorm van sowat 300mm in lengte. Vou die vorm in die helfte en gee dit 'n draai. Doen dit met die res van die deeg en plaas dit op die bakplaat. 6. Bak vlegsels vir 18 tot 20 minute of totdat dit 'n goue kleur het en die deeg binne gaar is. 7. Verglansing: Verhit die melk en strooisuiker in 'n souspan of in die mikrogolfoond. Roer totdat die suiker opgelos het. Moenie dat dit kook nie. Verf die melkmengsel oor die warm vlegsels en sprinkel die amandelvlokkies bo-oor. 8. Laat dit afkoel vir sowat 2 minute. Plaas dit dan op afkoelrak sodat dit heeltemal afkoel. 9. Gooi versiersuiker liggies oor. Die resep maak 12 vlegsels.

Cappucino en Wit Sjokolade

Paasfees-muffins

(Bron: Golden Cloud Paasfees Resepte) Maart 2012

Geniet dit! Geseënde Paasfees!

33


nuwe aanlyn

Tydskrif

Jou no.1 aanlyn-tydskrif Tariewe vir advertensies BTW nie betaalbaar. Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Volblad (21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk 2 maande: R1 850 elk

“Koop en Verkoop”-afdeling (word ook op webwerf geplaas) (9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

Horisontale Banner (19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk 2 maande: R550 elk

R100


Volblad (21 x 29,7cm)

1/8 Blad (9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk 2 maande: R400 elk

1/4 Blad (9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk 2 maande: R550 elk

SMALLS slegs R60 “Dit en dat”-afdeling

Smalls (9 x 2,0cm)

R60 vir 5 reëls


@agri - Maart 2012 - Uitgawe 4