Page 3

3

Oktober 2013

SA beleef ‘n puik sitrusjaar Die verbruik van pomelo’s toon wêreldwyd ‘n geleidelike afname, terwyl sagte sitrus soos nartjies al gewilder word. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan ‘n toename in gemaksug by die verbruiker van sitrus wat dit geriefliker vind om ‘n nartjie se skil te verwyder as dié van ‘n lemoen of pomelo. Capespan, een van Suid-Afrika se grootste uitvoerders van vrugte na verskeie bestemmings in die buiteland, toon syfers wat dui op ‘n duidelike afname in die verkoopsyfers van pomelo’s. SA het vanjaar ‘n rekordoes van dié sitrus gelewer. Volgens mnr Jacobus Auret van Capespan in Tzaneen is 17,8 miljoen kartonne uitgevoer, wat tot ‘n ooraanbod gelei en pryse beinvloed het. Dit het die bedryf soms laat swaarkry. Oor die algemeen het SA ‘n goeie sitrusjaar agter die rug, hoewel groot hoeveelhede lemoene nog in die buiteland op kopers wag. Uit die totaal van 110 miljoen kartonne was 8,4

miljoen sagte sitrus, 10,5 miljoen suurlemoene, navels 25,4 miljoen en valencias 47,9 miljoen. Die opbrengs stem ooreen met die vooruitskattings wat vroeër vir die seisoen gemaak is. Die gehalte was swakker as die vorige seisoen, toe hoëgehalte vrugte ‘n kenmerk van die oesjaar was. Benewens swartvlek, wat verskeie produsente onkant gevang het, was gepokte skil vanjaar taamlik volop, met gevolglike swakker pryse. Die wisselkoers was nietemin aan die produsente se kant en het gesorg dat hulle minstens R10 meer per karton in hul sak kon steek. Auret sê verskeie probleme in die bedryf kortwiek nog die hantering van sitrus, veral aan regeringskant. Hy meen egter produsente en verspreiders moet self inspring en die probleme uitstryk voor die begin van die volgende uitvoerseisoen. Een van die kopsere is die uitreiking vasn fitosanitêre sertifikate vir versendings op skepe. Dit het dikwels

gebeur dat dié papierwerk nie volledig of korrek gedoen is nie en dat hele besendings die gevaar geloop het om in die buiteland afgekeur te word. Dit het ook vertragings meegebring, wat uiteindelik gelei het tot bottelnektoestande by die eindpunte. Die swartvlek-kwessie kry konstant aandag en hier is groter samewerking tussen die staat en sitruskwekers (die SGA) dringend nodig. “Produsente kan egter nie te veel kla nie. In ons gesprekke met finansiële instellings wat altyd nuwe besigheid soek, is dit duidelik dat boere minder geneig is om lenings aan te gaan. Dis ‘n aanduiding dat die kontantvloei onder hulle gesond is.” Die vooruitsigte vir volgende jaar se oes lyk in dié stadium belowend. Die blomstadium lyk goed en produsente is positief. Pomelo’s sal minder lewer, omdat dit ‘n “af jaar” is. Met vanjaar se ooraanbod en die verbruikersmark wat krimp is dit dalk goeie nuus vir die pomeloboere.

Mnre Faan Kruger, Wikus Swart, Frans van Zyl, Nick Human en Jan Nothnagel was deel van ‘n groot groep avoprodusente wat onlangs ‘n inligtingsvergadering by Westfalia bygewoon het. Mnre Kobus Verster en Pieter Botha van Dié toestel word ingespan teen ryp in boorde of landerye. Dit het Hulle het na spuittoestelle uit Suid-Amerika gekyk en ook ‘n Westfalia bedryf ‘n rypbestrydende masjien geen bewegende dele nie en word deur mnr Johan Stevens van demonstrasie van ‘n rypbestryder bygewoon. wat die maatskappy baie geld spaar. Johannesburg in Limpopo bemark.

4Ton

LPT 813

75 Ton TATA

8Ton

LPT 1518EX

10m3

Imperial Commercials Welcomes

TATA K5DEF

Fully Built 6x4 Tipper

Novus V3TXF ISX 480 HP ENGINE

to the family.

We’re here to take care of you & in addition to excellence customer service, we provide a 24hr parts line and breakdown service. Finance options available! Contact Andre Hanekom for further enquiries. General Manager: Ruben Render Sales Team: Herman Koelman, Mias van Vuuren Service Manager: Gert vd Merwe

TRUCKING,

PLAIN AND SIMPLE. 81 19th Ave, Industria Polokwane Tel: 015 297 7046, 24-HR Parts: 083 648 0677 Limpopo 24-HR Breakdown Service: 083 644 7223 Fax: 015 297 7045 Imperial Commercials is an accredited Financial Service Provider (FSP 25934)

Agribulletin_131101  
Agribulletin_131101  

Monthly Agricultural Publication

Advertisement