Page 10

10

Oktober 2013

Groblers vier veertig jaar Grobler’s Auto van Mooketsi spog met ‘n yslike veer in die hoed. Ten spyte van doemprofete wat voorspel het dat hierdie poging net ‘n paar maande sou duur, vier die maatskappy nou sy veertigste bestaansjaar. Mnr Dirk Grobler, die eienaar, het as jong werktuigkundige vir Dirk Grobler vier jaar by ZZ2 gewerk, maar in 1973 besluit om sy eie potjie te krap. Hy moes sy motor verkoop om ‘n bakkie en toerusting te finansier, sodat hy velddienste aan boere in die omgewing kon lewer. Dit was moeilike tye, sê Grobler, want hy moes na plase ry en die werk op boere se persele verrig. Na twee jaar het mnr Klein Ferreira, eienaar van die motorhawe in Mooketsi, die besigheid teen billike voorwaardes vir hom aangebied en hy het die kans gegryp. Sake het begin uitbrei. Hulle het algemene herstelwerk aan voertuie gedoen en steeds die velddienste hanteer. Later het bakherstelwerk ook bygekom, maar die perseel was beperk en hulle moes netjies meet en pas om al die afdelings van die bedryf aan die gang te hou.

Sedert 1980 het die maatskappy al meer ombouings op voertuie gedoen en moes nog personeel aanstel om die werk te hanteer. Hulle het voertuie regstreeks van fabrieke of handelaars gekry vir ombouings, soos VW kombi’s, Toyota en Nissan bakkies en bussies, wat dan weer aan die handelaars terug besorg is. Aan die einde van die tagtigerjare het langdurige droogtetoestande baie van Groblers se klante (hoofsaaklik boere) laat tou opgooi en die maatskappy ernstig geknou. Honderde duisende rande moes afgeskryf word en hulle was op die randjie van toemaak. Maar, sê Grobler, harde werk en die toewyding van sy personeel het die wa deur die drif getrek. Die reddingsboei was die verkoop van motors, vragmotors en trekkers en sake het weer geklim. Weens die beperkte ruimte het hulle ‘n perseel ‘n entjie verder langs die R81 na Giyani gekoop en uitgrawings gedoen om ‘n groot werkswinkel op te rig. Met die verskuiwing na die nuwe perseel het nog uitbreidings gevolg. Insleepdienste het onder meer bygekom en vandag is die maatskappy kerngesond. Terwyl hy so oor sy voorkop vryf, sê Grobler dis alles te danke aan sy klante wat die vertroue gehad het om te bly ondersteun. Hy het ook groot waardering vir sy personeel wat ondanks moeilike tye hul kant gebring het.

Head Office: + 27 (0)11 306 6000 0800 HFR HFR (437 437) www.hfr.co.za Jacques Mollentze

Marketing - Limpopo, Mpumalanga, Swaziland and Mozambique jacquesm@hfr.co.za Cell: 082 523 9143

Anthony Delport Scheduler anthonyd@hfr.co.za Office: 011 - 306 6025 Cell: 083 605 4172

Chad Serra

Controller chads@hfr.co.za Office: 011 - 306 6048 Cell: 083 845 1040

The leaders in temperature controlled transport.

Agribulletin_131101  
Agribulletin_131101  

Monthly Agricultural Publication

Advertisement