Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 24 JUNIE 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Klub wys hy het nog skop Martin Venter

DIE Kroonstad-rugbyklub se eerste span het die eerste keer in vyf jaar na die eindstryd van die Griffons-liga deurgedring deur Hennenman in hul halfeindstryd Vrydag met 27-17 te troef. Wat hierdie prestasie merkwaardiger maak, is dat die tweede span van Kroonstad ook die eerste keer in vyf jaar in ’n eindstryd sal wees. Hennenman het met ’n barshou weggespring en die Kroonstadters onder druk gehou wat tot ongedwonge foute gelei het. Ná agt minute se speeltyd het hy Kroonstad se halfhartige verdediging geklop en sy eerste drie gedruk. Die doelskop was onsuksesvol. Slegs drie minute later het Kroonstad met ’n strafskop van losskakel Tiaan van Wyk se skopskoen die agterstand na twee punte laat krimp. Hennenman het Kroonstad steeds onder druk bly hou en die Kroonstadters kon nie werklik aan die gang kom nie. Nog ’n drie het vir Hennenman gevolg. Kort voor rustyd het die Kroonstadters ná vele probeerslae ’n goeie aanval met ’n drie van Nelis de Kock afgerond. Van Wyk het die uiters moeilike doelskop sekuur tussen die pale deurgejaag om die telling teen rustyd gelykop op tien punte elk te laat staan. In die tweede helfte kon Kroonstad ná twee minute die eerste keer met ’n tweede strafskop van Van Wyk voorloop. Daarna het Kroonstad stelselmatig begin beheer neem oor die wedstryd en Lucas Boucher, wat aanvanklik behoorlik opgepas is, het deur Hennenman se agterlyn gebreek en ’n drie gedruk. Van Wyk het ook hierdie drie verdoel om Kroonstad veilig met tien punte te laat voorloop met die telling op 20-10.

DINK jy die sentraliteit van Kroonstad moet meer benut word om provinsiale spanne in die dorp kragte te laat meet? Wat dink jy van die Kroonstad-rugbyklub se prestasies die afgelope twee jaar, veral nadat die klub uit die niet weer kop opgetel het? Lug jou mening op Facebook by Kroonnuus. Christiaan Cornelissen het met nog net nege minute oor die span van Hennenman se stert met sy drie geknoop. Van Wyk was egter onsuksesvol met die doelskop. Kroonstad se konsentrasie het toe ’n bietjie verslap en Hennenman het ’n troosdrie gedruk en verdoel om die wedstryd met die telling op 27-17 te eindig. Voorlangs het Gerhard Klopper behoorlik in die los ingeklim met goeie ondersteuning van die lostrio, Hendré van Zyl, Luan Kleyngeld en Johann Botes. Agterlangs het Tiaan van Wyk, Lucas Boucher en Nelis de Kock uitgeblink. Die tweede span het regstreeks na sy eindstryd deurgedring deurdat die Welkom-klub uit sy halfeindstryd onttrek het. Kroonstad kom nou Vrydag of Saterdag in Welkom in die Noordwes-stadion teen die Welkom-Rovers in albei die spanne se eindstryde te staan. ) Punte en Puntemakers: Kroonstad 27 (10). Drieë: Nelis de Kock, Lucas Boucher, Christiaan Cornelissen. Doelskoppe: Tiaan van Wyk (2). Strafskoppe: Van Wyk (2). Hennenman 17 (10).

DIE Cheetahs se o.19­ en o.21­rugbyspan het Donderdag op die rugbyveld van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) teen die Lions kragte gemeet. Inwoners van Kroonstad het spel deur die room van die twee unies se jong provinsiale spelers aanskou. Voor is oom Engel Engelbrecht; van links is, middel: Edgar en Elize Schultz van Kroonstad; agter: Ivan Coetzee van Bloemfontein. Coetzee se seun Carel­Jan draf as nommer 11 van die Cheetahs se o.21­span uit. Besoek www.kroonnuus.co.za vir aksiefoto’s van die wedstryde. Foto: Tharine Hurter


2

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

DBV bedank dorp Tharine Hurter DIE onvoorwaardelike liefde van ’n viervoetige vriend is een van die wonderlikste dinge wat ’n mens kan ervaar. Elsa Hansen van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kroonstad kry trane in die oë as sy vertel van die gemeenskap van Kroonstad wat hande gevat het om die DBV in Kroonstad van ondergang te red. “Ons wil die inwoners hartlik bedank vir die ongelooflike bydraes en hulp wat hulle gebied het om die DBV se hokke te kon herstel en om die diere in nood te versorg. “Julle moet net kom kyk hoe pragtig dit nou op die perseel (by die Kraalkop-hoewes) lyk.” Hoewel daar nog baie gedoen moet word, sal die personeel alles in hul vermoë doen om die lot van diere te verlig. Mense wat ook ’n liefde vir diere het, kan ’n

hok teen R500 borg of ’n maandelikse debietorder teken om die deure van die DBV oop te hou. Talle mense is nie bewus daarvan dat hulle hul eie troeteldiere by die DBV kan laat loseer as hulle byvoorbeeld met vakansie gaan nie. “Die losiesgeriewe is juis opgeknap en die personeel is op ’n kursus gestuur om diere beter te kan hanteer,” vertel Hansen. Doep du Plessis het ná nege jaar as inspekteur by die DBV afgetree. “Sy volgehoue lojaliteit teenoor die DBV word opreg waardeer.” Sy bedank ook die plaaslike veeartse vir die wyse waarop hulle die DBV ondersteun. Diereliefhebbers mag die jaarvergadering môre om 18:00 by die Kroonstad-Rotary-klubhuis nie misloop nie. “Doen gerus die moeite om te kom luister na wat alles met die diere in ons dorp en die hele Moqhaka gebeur,” nooi Hansen.

DOEP DU PLESSIS het ná nege jaar as inspekteur by die Kroonstaddierebeskermingsvereniging afgetree. Foto: Tharine Hurter

Beurse bied opsies Tharine Hurter

beurs in orde. Dít sluit die verblyf in woonstelle op die kampus in.” ONDANKS ses onderskeidings in 2012 en al Die universiteit het sowat 33 000 studente. was sy net 3% weg van agt onderskeidings in Die meeste van hulle werk ook ná ure. haar matriekjaar, kon Marelize Snyman, ’n “Dit is verstommend hoeveel meer onafoudleerling van die Afrikaanse Hoërskool hanklik dié studente vergeleke met Suid-Afri(Rooies), nie toelating tot die Universiteit kaners is,” merk Isabel op. van die Vrystaat kry om haar roeping as ’n Marelize het ook ’n deeltydse werk by die mediese dokter te volg nie. administrasie-afdeling van die universiteit Marelize is die dogter van Rudolf en Isabel gekry en kan aspirantstudente wat om Snyman van Kroonstad. beurse wil aansoek doen, maklik bystaan. ’n Advertensie in Volksblad, die moederDie belangrikste is om die toelatingstoets koerant van Kroonnuus, van Karien Bennet van die universiteit te slaag en ’n punt van van San Diego, Kalifornië in Amerika, het bó 1 300 gesamentlik vir die begripstoets, die Snymans se aandag getrek. Bennet het wiskunde en skryf te behaal. beurse vir veral Suid-AfrikaSy het in die eerste jaar ners geadministreer om by tien vakke, onder meer Amerikaanse universiteite te biologie, algebra, calculus, studeer. pre-calculus, geskiedenis, “As jou matriekpunte en kommunikasie, politieke jou dokumentasie reg is, is wetenskap en Engels aansoek om beurse wat jy geneem en in al haar vakke nie noodwendig hoef terug te bo 90% behaal. betaal nie, maklik,” sê Elke jaar met die lenteMarelize. breek in Amerika word ope Hoewel sy as tweede opsie dae by die universiteit keuring vir farmakologie gehou en werkgewers, “voer aan die Noordwes-Universinet daar en dan onderhoude teit gekry het, wou sy steeds met studente”. ’n Werkgedokter word. wer kan jou aanstel as jy ’n Om oor die groot water na buitelander is en dan kan jy die ryk olievelde van Texas vir ’n H1B1-visum kwalifite gaan, het nie dié Kroonseer, waarna jy om ’n stadter van stryk gebring groenkaart aansoek doen. MARELIZE SNYMAN studeer nie. Al is haar moedertaal Die studiejaar in Amerika aan die Universiteit van Texas begin in Augustus en eindig Afrikaans, is sy met die in Amerika en presteer beson­ in Junie of Julie van die uitslae van vanjaar se studie ders goed. Foto: Tharine Hurter volgende jaar. Aspirantin Pre-Med op die dekaanslys vir studente met uitnemendbeursaansoekers moet voor heid geplaas. Boonop is sy as Februarie van elke jaar hul die beste student in gevorderde Engels aansoeke indien. aangewys. Marelize kuier nou vir sowat drie maande “Dít wil gedoen wees,” sê Isabel trots. in Kroonstad. Sy kan net een keer per jaar “Verseker dat jy hart en siel insit om op na haar tuisdorp kom. As deel van haar skool die heel beste punte in al jou vakke te studie moet sy praktiese ondervinding behaal. Dán is die pad na ’n beurs oorsee vir opdoen. Dit sal haar agt jaar neem om haar jou so te sê geteer,” sê Marelize. studie as mediese dokter te voltooi. Enkele weke voordat Marelize in Augustus Sy sê byna alle studente wat skouer aan verlede jaar by die Universiteit van Texas by die wiel sit, kan die hoogste kwalifikasie kry Arlington in die suide van Amerika begin en hoef nie te betaal nie – beurse vir studeer het, is Bennet oorlede. presteerders is volop. Sy is bereid om aan “Gelukkig was al die dokumentasie vir my skoolverlaters riglyne te stuur. Kontak haar toelating tot die Texas-universiteit met volle per e-pos by snyman.marelize@gmail.com.

DIE immergewilde sanger en oud­Kroon­ stadter Robbie Wes­ sels tree op 14 Au­ gustus ten bate van die Northern Free State Care Givers in die Kroonstad­skou­ burg op. Kaartjies kos R100 per persoon en is by Rellings in Cross­straat beskik­ baar. Vir inligting bel Wollie van Schalkwyk by 076­044­1686. ) Luister na Robbie se lied All Blacks teen die All Blacks by www.kroonnuus.co.za.


KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

3

Groot skade vir Rooies Tharine Hurter BYNA R400 000 se skade is deur die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) gely toe daar verlede naweek by dié skool ingebreek is. Volgens Anton Janse van Rensburg, die skoolhoof, is toegang deur die dak van die administrasieblok by die skool verkry, waarna die alarmstelsel gedeaktiveer is. “Die administratiewe kantore, laboratorium en bemarkingskantoor is deur die vermeende diewe ‘gestroop’, ” sê hy in die skool se nuusbrief.

Hy sê die skool deponeer elke dag kontant en gelukkig was daar dus nie ’n groot bedrag om te buit nie. Die groot kluis is oopgesny en selfs die kleingeldtrommel het ook deurgeloop, sê hy. Janse van Rensburg sê heelwat rekenaars en ander elektriese toerusting is gesteel en groot skade is aan die skool se hekke en deure aangerig. Teen Vrydag was onderhandelings met die versekeraars van die skool nog nie afgehandel nie.

Rotary-mark troef die koue MOENIE dat die winterkoue jou Saterdag van die Kroonstadse Rotary-klub se mark weghou nie. Gaan geniet iets warms om te drink, koop tuisgebak, soek mooi plantjies uit of koop daardie lekker roman teen ’n appel en ’n ei.

Diegene wat van hul wit olifante ontslae wil raak, kan dit gerus by die mark uitstal en verkoop. Bel Hazel Dell by 082-976-8419 om ’n stalletjie te bespreek of daag sommer vroeg langs die Rotary-klubhuis in Kroonparkweg op.

Klub bied karaoke aan KOM sing Vrydag karaoke by die Kroonstad-klub. Toegang is gratis en shooters sal teen ’n bekostigbare prys te koop wees. ’n Gelukstrekking sal plaasvind en groot pryse is op die

spel. Dié klub, die tweede oudste in die land, is op die hoek van Steynstraat en Presidentstraat geleë. ) Bel BA van Zyl by 076-5516432 vir meer inligting.

DEUR die moue op te rol en bloed te skenk kan ’n lewe gered word. Op Wêreldbloedskenkerdag by die bloedskenkkliniek van die Suid­Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Kroonstad is van links sr. Tshegofatso Molwane (personeellid van die SANBD), Tersia Kachelhoffer, Francois Kachelhoffer en Phillemon Magashoa (SANBD). Foto: Bronwyn Peterson

Kroonstad-SANBD deel in vieringe OP 14 Junie is Wêreldbloedskenkerdag oor die wêreld heen gevier. Die Kroonstad-tak van die SuidAfrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het die dag saam met Radio Panorama gevier en 71 eenhede bloed is ingesamel. Bronwyn Petersen, die skakelbeampte van die SANBD, sê sonder gereelde skenkers kan eenhede bloed nie vir mense in nood beskikbaar gestel word nie. “Die dag se sukses is te danke aan ons gereelde skenkers en ook Heaven@Hand wat die SANBD

bygestaan het. Dit is voorwaar ’n waardevolle geskenk van bloed wat ons aan dié in nood kan gee,” sê Petersen. Bloed word gebruik om pasiënte te behandel wat weens ongelukke aan bloedverlies ly, dié wat roetine-operasies moet ondergaan en ook om pasiënte te help wat ernstige siektes soos leukemie en ander gevalle van kanker, hartkwale, bloedarmoede en hemofilie ly. Die SANBD spits hom in Junie toe op groter bewusmaking van die kritiese behoefte vir die tydige

beskikbaarheid van bloed as deel van ’n alomvattende benadering tot die voorkoming van die sterfte van moeders. Petersen sê ’n bloedoortapping is geïdentifiseer as een van die nege lewensreddende ingrypings vir die bestuur van swangerskapverwante komplikasies. As jy ouer as 16 jaar is, meer as 50 kg weeg en ’n veilige seksuele lewenstyl handhaaf, kan jy ’n bloedskenker word. Besoek die bloedskenkkliniek by die Checkers-sentrum in Kroonstad.


4

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

Diere altyd Hart eis makelaar daar vir ons IEWERS is dié staaltjie oor die skepping neergepen. ’n Hond het orals saam met God tydens die skepping gestap. Hulle sê nie verniet ’n hond is jou beste vriend nie. Nadat God alles geskep het en name gegee het, het die hond met tipiese smekende ogies “gevra” wat sy naam dan sal wees. Daarop het God gesê dat die hond so spesiaal is dat hy net die letters van sy eie naam omgedraai het en die hond sal in Engels “dog” genoem word. Niks klop die liefde van ’n viervoetige vriend nie. Niks laat die hart meer pyn as wanneer ’n troeteldier sterf nie. Al sê mense wat, die hartseer om ’n geliefde troeteldier te verloor, laat ’n leemte in diereliefhebbers se hart. ’n Vlaag van hondesterftes weens gif wat vir honde uitgeplaas word, word ervaar. Die redakteur se liefling-skimmel-worshond is verlede Dinsdag ook vergiftig. Die tranedal van ’n gesin wat in rou gedompel is en ’n onskuldige dier moes begrawe, kan nie in woorde omskryf word nie. Gelukkig kan ’n troeteldier met ’n bietjie soekwerk vervang word. Die leemte word so ’n bietjie kleiner gemaak en die plassies

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

word met ’n kopskud opgedroog. Dit is verblydend om te kon berig dat die Kroonstadse Dierebeskermingsvereniging (DBV) se deure oop bly en dat noodsaaklike herstelwerk aan die hokke gedoen kon word. Dit is diereliefhebbers van Kroonstad wat hande gevat het om die DBV van ondergang te red. Met mense soos Elsa Hansen en die knap personeel van die DBV kan die lot van die viervoetiges net verlig word. ’n Groot dankie aan Doep du Plessis wat met soveel passie die soms onaangename taak moes doen om honde en katte van mishandeling te red deur hulle te moes uitsit. Dankie aan die veeartse wat die DBV-diere met dieselfde liefde en sorg as mense behandel. Doen jou deel vir jou beste vriend wat geen oordeel oor jou fel nie en woon die DBV-vergadering môre by. ’n Mens weet nooit wanneer die mensdom sy rug op jou draai en jou enigste geselskap jou diere is nie.

WYLE Chris Booysen.

Foto: Verskaf

‘Cleansed’ councillors all play dirty MUNICIPAL WORKER, Moqhaka: WHEN the former executive mayor of Moqhaka, Mantebu Mokgosi, was elected as mayor, Jihad Mohapi was the speaker, whilst Justice Mareka, the newly elected executive mayor, was an ANC council whip. Mokgosi had a slogan that officials would face the music if they failed to deliver to the people. She ended up being side-lined by the ANC after being exposed of corruption in her home town (Viljoenskroon). She was mixed up with the famous open toilet saga that President Jacob Zuma talked about in his State of the Nation Address on Tuesday. When the trio (Mokgosi, Mohapi and Mareka) took office, they gathered in Maokeng under what was called “councillors cleansing”. The cleansing in our African culture is a very important event where the affected people pray to their ancestors and to God to heal them and help them to do good things. On that occasion, a lot of people were invited to witness when councillors prayed for God’s divine intervention for

good service delivery, good accountability and transparency. People were very happy, they ate and drank traditional beer as this tradition is usually performed during cleansing. People thought it was the beginning of good things to come. Since then the rain that was supposed to fall in Moqhaka came in the form of a downpour; everything went from bad to worse. For example: The former municipal manager, Moses Moadira, resigned after leaving this council (Moqhaka) with a healthy budget. Under him, Reitz Street was resealed with own municipal funding and Smaldeel Road was also resealed with own funding. There was not a single pothole, and if any, they were very few and manageable. Sam Masisi, who had a degree in civil engineering, resigned to join Moadira in Matlosana (Klerksdorp). That municipality was good under those two managers. I challenge anyone to

visit Matlosana Municipality and ask about the two men. Then came Mokete (Victor) Duma. R8 million evaporated into thin air and miraculously found itself in the pockets of the few of the famous Moqhaka extravaganza. Duma cannot even show us what he did in his time as the municipal manager of Moqhaka. Moqhaka, Lebitso lebe ke seromo (the meaning of Moqhaka is exactly what it is – stupid). As if that was not enough, came the man in charge: Simon Mqwathi (current municipal manager), that glamorous boy from Gauteng whose car cannot touch the dusty roads of Maokeng. The “bush accountant” he claimed himself to be. Mqwathi does not hide that we are “ariers” (Dibarie), meaning we are stupid, we cannot think like Gauteng people. He does not hide that his car cannot touch Maokeng. The spirit of cleansing was supposed to guide the decision makers to think strategically so that people like Mqwathi must not be hired. The opposite happened. We saw a lot of educated individuals with good skills resigning at Moqhaka, for

example: Mr Mokoena, a qualified chartered accountant, resigned. He was an asset to this council. Jihad Mohapi did nothing to retain him. The question remains why he resigned. No exit interview was done. Three qualified internal audit individuals resigned and slowly the credibility was lost when it came to accountability. Why did they resign? Mike Lelaka (former technical manager) also resigned just to name but a few. Now, Sonnyboy Mokgatle (current technical manager) is serving a 30-days notice. He will be gone at the end of this month. Moqhaka is losing yet another qualified engineer. What exactly is happening in the council? Earlier, Mashudu Ghavi (head of parks) resigned and went away with his master. The big question remains: will the current chief of finance complete his five-year contract? It remains to be seen. I write this to inform the residents of Moqhaka, including the current executive mayor, Justice Mareka. Maybe, just maybe, he will do things differently.

Dié knap munisipale werkers kry 10 uit10 THARIA UNWIN, Kroonstad: DAAR word so baie oor die munisipaliteit gekla en gekerm, maar daar word selde pluimpies uitgedeel. Verlede week het ’n waterpyp op ons sypaadjie gebars wat ’n hele paar huishoudings sonder water gelaat het. Verlede Vrydag het die watervoorsieningsafdeling se manne die pypleiding oopge-

grawe en die kragtoevoerkabel na ons huis gebreek. Die elektriese afdeling was gou op die toneel en het die kabel herstel – toe hoef ons nie die eerste werklike koue aand van die jaar sonder krag deur te bring nie. Ons hele oprit was ’n groot krater en ons voertuie kon nie in ons erf kom nie. Laat Saterdagaand het die hekklokkie gelui en ek was aangenaam verras toe

Mzwandile Nkosi, ’n munisipale werker, om verskoning vra vir die groot gemors op ons drumpel en die gebrek aan water. Nkosi en sy span, een operateur van die watervoorsieningsafdeling en een graaf-operateur van die parke-afdeling, het in die ysige koue en die heel naweek gewerk om die watertoevoer te herstel. Ons het help lig maak waar ons kon en die bure het koffie en

eetgoed aangedra. Die krater is toegegooi met gruis wat die graaf-drywer êrens in die nag gaan haal het en ons motors kon van Saterdag-aand op die erf slaap. Kroonstad het nie nog witboordjie-werkers wat in knus kantore sit nodig nie. Ons het meer ouens soos Mzwandile en sy mede-werkers nodig. Dié ouens was puik en hulle kry by my tien uit tien.

’n MAKELAAR wat volgens sy familie na “uitnemendheid” in die versekeringsbedryf gestreef het, Chris Booysen, is Donderdag in die Kroon-hospitaal in Kroonstad aan ’n hartaanval oorlede. Booysen het hom in 1976 in Kroonstad kom vestig. Sy dogter, Corné Roets, sê haar pa was ’n suksesvolle sakeman wat talle mense met raad en daad bygestaan het om die beste beplanning vir hul finansiële en versekeringsbehoeftes te doen. “Hy was ’n aktiewe lid van die kerk waaraan hulle behoort het en het graag gehelp waar hy kon. “Sy waardestelsel was vir hom baie belangrik en hy het dit sterk verdedig. Hy het vir geen uitdaging gestuit nie en is geken as iemand wat opgestaan het vir wat hy glo reg was,” sê Roets. Ondanks sy uitsonderlike werketiek en hoë standaarde in die bedryf, was sy gesin vir hom die belangrikste in sy lewe. “Sy gelukkigste tye was as hy tyd saam met sy gesin kon deurbring,” sê Roets. “Hy laat ’n reuse-leemte in sy gesin se lewe, maar ook in dié van elkeen wat hom geken en liefgehad het. Ons gaan hom ontsettend baie mis en ons harte is stukkend oor sy onverwagse afsterwe.” Hy word oorleef deur sy vrou Tersa, sy kinders, Corné en haar man Jaco Roets, Christo en Lindy Booysen, Theo Booysen en aanstaande skoondogter Shimoné Webster, en ses kleinkinders. ’n Roudiens is gister in die NG kerk Kroonstad-Oos deur ds. Wicus Venter gehou.

Blatjang vir enige gereg TAMATIEBLATJANG is heerlik saam met enige gereg, hetsy ’n worsrol of ’n deftige maaltyd. Dié resep van Isabel Lamprecht is maklik en vinnig om te bottel. Bestanddele: 1 kg ryp tamaties (ontvel indien verkies) 1 pynappel (geskil en in klein blokkies gesny) 2 medium-uie 125 tot 200 ml bruin suiker 5 ml rooipeper 5 ml fyn sout 2,5 ml fyn gemmer 2 groen soetrissies (ontpit indien verkies) 375 ml wit druiweasyn Metode: Kap die tamaties, pynappel, uie en rissies fyn. Plaas in swaarboomkastrol op stoofplaat op medium-hitte. Voeg res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Roer gereeld. Verlaag hitte sodat die blatjang net prut en dik word. Bottel warm in gesteriliseerde flesse. Chutney ya tamati 1 kg tamati (Tlosa makgapetla) 1 pynapole (Tlosa makgapetla, seha ka diboloko tse nyane) 2 medium eie 125 – 200 ml tswekere e tshweu 5 ml pepere kgubedu 5 ml letswai 2,5 ml gemere 2 tala chilli 375 ml asyne e tshweu Mokgwa: Tshela tamati, pynapole, eie le chilli ka pitso. Peha ka stofo ka medium. Tshela tswekere, pepere e kgubedu, letswai, gemere le asyne. Peha e be chutney. Tshela ka botlolong ha e futhumetse.


KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014


KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

Eiendomme

Lug hul mening in kompetisie REDENAARS van die Kroonheuwel­ Primêre Skool het aan die Super 8­redenaarskompetisie by die Laerskool Emfulenipark, Vanderbijlpark, in Gauteng, deelgeneem. Lienqe Douglas was eerste in die gr. 4­afde­ ling. Van links is, voor: Jessé Jordaan, Lienqe, Carla Schagen en HJ Knepscheld; agter: Daniel Botha, Charlotte Doubell, Annabella Zitske, Zahn Fullard en Callie Hancke. Foto: Verskaf

Kry nuwe uitrustings vir landloop DIE landloopspan van die Johan Slabbert­skool vir leerlinge met spesia­ le onderwysbehoeftes spog met nuwe uitrustings waarin hulle op die Winterspele vir verstandelik erg gestremdes in Potchefstroom gaan deelneem. JP Botha, handelaarshoof van Kroonstad Volkswagen, het dié span van kop tot tone uitgerus en boonop die span se etes op die spele betaal. Die span is van links, voor: Lucky Qhekoana, Tshediso Matseka, Sello Makhenewe en Amé Meyer (leerkrag); agter: Marna de Wet (leerkrag), Junior Ramatisa, Bereng Ramatsoso, Thata Tau, Samuel Mofokeng, Nkosinathi Masaka, Quinton Makau, Lehlohnolo Malakoane, André Jonker (skoolhoof) en Botha. Foto: Tharine Hurter

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814

10-STUK "QUEEN ANN" SITKAMERSTEL "BEUKENHOUT" gemaak deur Vegter en Vegter van Knysna. Puik toestand. Skakel Peet 082 257 0348 3JR 6MNDE OUE GEREGISTREERDE SAALPERD Hings te koop @ R 5 000 Skakel 072 081 4000

EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. HOUSE OF DÉCOR Kontak Cherryl Hillstraat 20 Hill Street Tel:056 515 3963 Nuwe adres! Sel 076 246 1414 Oorkant Paint Shop E-Pos: Verhuring van cherylgebrands@gmail.com dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of GESIFTE BEESMIS 056 212 2517 SPESIAAL VOORBEREI vir u beddings en grasperk. KINDERVERMAAK Onkruidvry, skoon. Lewer gratis af. R 50 vir 80kg 1405 Johan 082 294 7542 SPRINGKASTELE TE HUUR Nuwe voorraad ingekry. Skakel 076 530 8447 GESONDHEID & SKOONHEID 1430

KOM BESOEK ONS NUWE UITSTALRUIMTE Mosaïek, los matte, mosaïek teëls, kaggels ens. Top Carpets 056 212 5507

ALLERLEI 1845

AATJIES MATTE Vir die lê van volvloer matte, Viniel en Gelamineerde vloerbedekkings. Kontak Johan Hattingh 082 893 3673

1615

HOT SPOT: (oorkant Clicks). Stylvolle nuwe reeks wintersklere ontvang Jeep, Fox, Quicksilver ens.. Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555

1655

'n Warm Winter, Ondervloerse Verwarmers- Vol Vloer of Los matte Kontak Top Carpets 056 212 5507

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.

KARAVANE TE KOOP/HUUR

TE KOOP: 1 X VOL GROOTTE SNOEKER TAFEL 1 X 5 VOET SLEEPWA Skakel 082 747 8779 TROETELDIERE MALTESE POEDELS TE KOOP 3 Reune @ R 750 elk. Skakel Sarie 082 552 3349 ALGEMENE & HUISDIENSTE

ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555. NETJIESE RUIM 2 SLP Woonstel. Onmiddelik beskik. Dubbel afdak. Privaat en veilig "Devilsfork" omheining en diefwering. Binnehof met braaiplek. Water ingesl. Plesseymeter. R 2 700 pm. Geen troeteldiere. Deposito betaalbaar. Skakel 082 337 3102 2 SLP W/S - RUIM, NETJIES, VEILIG met balkon. Baie ingeboude kaste, kaggel. R 2 900 pm - 076 900 9868

BETREKKINGS

ECHO CHOBE OFFROAD KARAVAAN TE KOOP ± R 70 000 Skakel 082 498 2944

GBK CONSTRUCTION Verf, Seël van dakke, Bouwerk, Teëlwerk, Houtvloere, Plaveisel, Gideon Koertze 072 333 9693

BETREKKINGS GESOEK 3670

VOERTUIE TE KOOP ONDER R50 000 3065

FOR SALE 1977 VW BEETLE Red Mag wheels. Good sound system. Good all round condition. R 35 000 Contact 083 543 0477 EIENDOMME

SAKEPERSELE 3215

BESIGHEIDS PERSEEL TE HUUR 7m x 10m Koopkrag. Baie parkering R 3 200 pm VAT Ingesl Skakel 061 433 9095 PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555.

WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke Top Carpets 056 212 5507 VERFWERK 1872

PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555. TE HUUR BESIGHEIDSPERSEEL 143 VKM Hoek van Blignaut en Truterstr Huidiglik Armature Winders. 2 Kantore en toilet geriewe en 90 vkm oop spasie. Beskikbaar 1 Julie 2014. Skakel Babs Steyl 082 923 8834 WOONSTELLE TE HUUR

TE HUUR 3205

KROONSTAD VERTOONLOKAAL OP BESIGE HOEK - Volop parkering op hoofroete Onmiddelik beskikbaar Groot vertoonvensters, geskik vir: Motorverkope of Bande besigheid 250 vk meter - binne 300 vk meter - buite NAVRAE: CORRIE 056 212 3111 Stoor – 160 v/m R 3 000,00 pm Warehouse – 1200 v/m R 12 000,00 pm Eerste twee maande is gratis Skakel 083 635 3372 TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265

1-Slk ruim gemeubileerde woonstel naby Rooiskool vir enkelpersoon vanaf 1 Jul. R 2 500 pm 083 4572 077 HUISE TE KOOP 3275

HOUSE FOR SALE Panorama, Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555

BOEDELKENNISGEWINGS

3600

3020

TRITAN ELEKTRIESE HOUTSAAG te koop met sy eie staaltafel. Skakel 074 5077 626

1660

ALLERLEI

1871

VOERTUIE

ANNIQUE HEALTH AND BEAUTY KROON ALGEMENE Gratis aflewering in HANDELAAR - SCHALK Kroonstad BURGERSTRAAT, Kredietkaart betalings Kroonheuwel welkom. Alle Annique Hardeware, Goeie tweedeaankope bo R 500 handse klere mans, vroue, kwalifiseer vir 'n verdere babas, kinders. Skoolklere, 10% afslag vanaf 17 Junie "Suits" Kom loer gerus tot 31 Julie 2014 ons het iets van als. Epos andrea@vitalc.co.za Tel: 072 210 6102 SHADOW VAPING Andrea Esterhuizen Kroonstad Stop smoking today!!! Start vaping its healthier TE KOOP and wealthier. Stockist of Electronic cigarettes and E-Juices. Twisp coils also available. Kangertech BOUMATERIAAL Products - Tanks and 1610 batteries also in stock. KLEIBAKSTENE Power Banks also available IS BETER Contact Dirk 082 928 4242 BERTS BRICKS (Potchefstroom) SHOETIQUE: Kleipleisterstene, (langs ou Cyril Smiedt) Kleisierstene, GROOT REEKS Kleiplaveiselstene, WINTERSKOENE Sement maxi stene, INGEKRY!! Sementpleisterstene, Gesondheidskoene & Sementplaveiselstene, "Boots" beskikbaar. Minimum vragte in Rock Spring ens.. Kroonstad en omgewing Kom loer gerus!! 10 000 bakstene. Vir meer besonderhede 018 292 1615 skakel www.bertsbricks.co.za Sylvia 082 908 9555 KLERASIE

JEF'S ALGEMENE MAAK EN VERVOER & NUTSMAN RESTOUREER Verwydering van van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE bourommel, takke en enige SKAAFLEMME (HOUT) iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322 > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan BOME 082 573 9927

BETROUBARE HUISWERKER SOEK WERK - Vir verwysing skakel Danie Jacobs 082 747 8779

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

ALGEMEEN 3680

Boekhouer verlang Kroonstad omgewing Kennis van pastel tot proefbalans. Faks CV 086 610 4019 of epos manie@gcs.co.za Produksie-Assistent By gevestigde hoender lê-eenheid naby Kroonstad. Die persoon moet oor die nodige kennis, ondervinding en vaardighede beskik om die eenheid effektief en produktief te bestuur. Hy moet eerlik, pligsgetrou, verantwoordelik en standvastig wees met sober gewoontes. Vorige ondervinding met lê-henne in ‘n eier produksie omgewing sal ‘n sterk aanbeveling wees. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. E-pos volledige cv na eiko.accounts@ joubertgroup.co.za

BOEDEL WYLE K MOHANOE BOEDEL NO: 021271/2014 KENNISGEWING In die boedel van wyle KAPOKO MOHANOE, Identiteitsnommer 410423 5255 086 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere Gebore op 23 April 1941, en wie se laaste adres 3806 Constantia, Maokeng Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 1 Mei 2014 Boedelnommer: 021271/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf 27 JUNIE 2014 hul eise in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal. q.q EKSEKUTEUR NAUDÉ - THOMPSON ING Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no: 056 212 2477 Faks no: 056 212 3288

HOUSE FOR SALE Malherbe street 9A 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 082 908 9555

3250

KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396. LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052 VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

SOEK, KOOP, VERKOOP

VERVOER & BERGING 1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248.

HUISE TE HUUR GROOT SONNIGE 3270 2 SLPK 3 SLAAPKAMER, enkel WOONSTEL motorhuis, Noordhoek, Nuut oorgedoen. Sitkamer, Krd. R 3 400 pm Eetkamer, toegeboude Deposito betaalbaar. stoep. Eie tuin. Omhein. Kontak 082 578 8987 Onderdak parkering. Gemeenskaplike swembad. HUIS TE HUUR DSTV & Wi-Fi beskikbaar. 2 Slp huis. Nou beskikbaar Deposito. Water & ligte Huur R2 600, huur en dep ingesluit. Geen kinders & vooruit betaalbaar. Geen troeteldiere . R 3 300 pm kredietburo - 056 212 6681 Beskikbaar einde Junie Môrewag naby Skakel 082 850 9867 Rooiskool, 3-slk LARGE 1 BEDROOM netjiese huis met ruim tuin, FLAT - BIC on suite belasting & water Open plan Lounge, ingesluit. R 4 750 pm Diningroom, Kitchen, Opsie om gemeubileerde Seperate driveway. woonstel by te huur. Plesseymeter. Available 083 457 2077 1st July - 082 773 8680

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014 GEREGTELIKE VEILING

AANDAG

4501

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

G E K L A S S I F I S E E R D BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

ABSA BANK BEPERK/ KA & DE MACALA SAAKNOMMER: 3727/2013 VEILING GEREGTELIKE VERKOPING

SMALLS NOTICE

In die Hoë Hof van Suid Afrika Vrystaat Afdeling, Bloemfontein Saak nr: 3727/2013 In die saak tussen: ABSA BANK BEPERK en

Eiser

KHAMBULE ALFRED MACALA ID NR: 700103 5346 080 1 ste Verweerder DIEKETSENG ELIZABETH MACALA ID NR: 720729 0548 084 2de Verweerderes Ten uitvoering van 'n vonnis van die Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA, VRYSTAAT AFDELING,BLOEMFONTEIN sal 'n verkoping sonder voorbehoud van die volgende eiendom van bogenoemde Verweerders, plaasvind te BALJU KANTOOR, Murraystraat 41, Kroonstad om 10:00 op 10 JULIE 2014, naamlik: Erf 5164 Maokeng, distrik Kroonstad, Vrystaat Provinsie GROOT 257 vierkante meter GEHOU kragtens Transportakte nr. T20454/2006 en beter bekend as 5146 Kalanestraat, KROONSTAD sonering vir woondoeleindes Die volgende inligting word verstrek maar in hierdie opsig word niks gewaarborg nie: Verbeterings bestaan uit Teëldak woonhuis bestaande uit 3 slaapkamers, 1 badkamer, 1 sitkamer, 1 eetkamer, 1 kombuis, 1 stoor, erf omhein met muur

4205

BOEDEL WYLE: ALETTA CATHARINA STIMIE BOEDEL NO: 20811/2014 KENNISGEWING In die boedel van wyle ALETTA CATHARINA STIMIE Identiteitsnommer: 291101 0016 083 wie ongetroud was Gebore op 1 November 1929, en wie se laaste adres Palms Versorgingssentrum, Stasiestraat, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 12 April 2014 Boedelnommer: 20811/2014 Meesterskantoor, Bloemfontein. Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie-en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê vir persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, vanaf 27 JUNIE 2014, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en te kantore van die Landdros, Kroonstad. q.q. Eksekuteur p/a NAUDè - THOMPSON ING. Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no.: 056 212 3280/9

TERME: die Koper sal 10% van die koopsom in kontant aan die Balju betaal onmiddelik na die verkoping. Die balans moet verseker word deur 'n bank-of bougenootskapswaarborg wat binne veertien (14) dae na die datum van verkoping aan die Balju gelewer moet word. Indien die eiendom deur die eerste verbandhouer gekoop word, hoef die 10% kontantbetaling nie gemaak te word nie. Neem verder kennis dat 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van Die Balju, Murraystraat 41, Kroonstad. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes o.a 3.1 voorskrifte van die Verbruikers- Beskermingswet 68 van 2008. (URLhttp://www.info.gov.za/view/ DownloadFileAction?id=99961) 3.2 Fica- wetgewing mbt identiteit & adres besonderhede 3.3 betaling van registrasiegelde 3.4 registrasievoorwaardes Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju, Murraystraat 41, Kroonstad met afslaer Joy van Niekerk. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe & verkopingkoste volgens Hofreëls, geld. Adverteerder: MNR. J P SMIT/ D DE JONGH/LP EISER SE PROKUREUR P/a PHATSHOANE HENNEY ING MARKGRAAF STRAAT 35 POSBUS 153 BLOEMFONTEIN TEL: 051 400 4000

SOEK, KOOP, VERKOOP

B E T R E K K I N G S

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

LIKWIDASIEGPS: S 27°43.396’ O 023°05.865’

Behoorlik gelas deur die likwidateurs in die sake van: Volucept (Edms) Bpk. (In Likwidasie) & Volufon (Edms) Bpk. (In Likwidasie) - Meestersverwysings nrs.: T527/2014 & T3135/13, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop:

Datum: Woensdag, 2 Julie om 10h30 Perseel: Reitzhof Plot no. 15, Kathu, NK LAATMODEL VOERTUIE EN BAKKIE

• 5x 2012 Toyota Etios 1.5 Xi & Xs

• 2012Toyota Hilux 2.5 4x2 E/kajuit Bakkie

TOESTELLE, KANTOOR- & HUISMEUBELS • Kantoor- & Besoekerstoele • Drukkers & Faksmasjiene • Skandeerders • Versenders & Modems

• Rekenaars • Skootrekenaars • Sellulêre Telefone • Wiskundestelle

SLAGHUIS-,BAKKERY-&SPYSENIERINGSTOERUSTING • Vleis- & Beensae • Vleis- & Biltongsnyers • Vleismeule • Worsstoppers & Vleiskoekiedrukkers

• Roosteroonde & Braaiers • Konveksieoonde • Draaispitte • Bain-Maries & Kooktafels • Mengers & Versappers

• Vlekvryestaalafels- & Wasbakke • Weegskale • Vakuum- & Impulsseëlers • Verpakkingsmasjiene

Registrasiebenodighede: Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres & ID benodig vir FICA-registrasie. ‘n Terugbetaalbare Registrasiedeposito van R5 000 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet- of kredietkaart of EFO. Geen kontant word aanvaar! ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Terme & Voorwaardes geld. Vir reëls & volledige advertensies, besoek: www.aucor.com. Afslaer: Jacques vd Linde

Besigtiging: Dinsdag, 1 Julie (08h30 - 16h30)

Morné: 083 634 6476

www.aucor.com

• Ys- & Vrieskaskombinasies • Enkelbeddens • Liasseerkabinette • Lessenaars & Kredenskaste

property | wheels | movables

VEILING

MARNUS VAN HEERDEN

TIAAN BOTHA

Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

Bloues ken van skou Anne-Lizé Jansen van Vuuren

JOSSIE STEYN

LEERLINGE van verskeie Vrystaatse skole het onlangs aan die Vrystaat-jeugskoukampioenskapsbyeenkoms op die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se landbouterrein deelgeneem. Vir die oningeligte mag dit lyk of tot die beeste manikure ontvang, maar dit is ernstige sake en die beoordelaars kyk in elke gaatjie en voutjie vir ’n bosluis of vuilheid wat kan wegkruip. “Leerlinge moet aan drie skoue deelneem om vir die Vrystaatspan te kwalifiseer. Hierdie was een van die skoue. “Die doel van die jeugskou is om leerlinge te leer om diere wat vir skoudoeleindes geskik is te selekteer. Hulle leer om die diere korrek voor te berei en op te lei vir die ring, asook hoe om die dier tot die beste voordeel van die dier te vertoon. “Dié proses kweek uiteraard ’n omgee- en verantwoordelike houding by jong mense teenoor diere,” verduidelik Frikkie van Zyl, die Bloues se landbou-departementshoof. Hy beklemtoon dat dit geweldige harde werk is en dat dit daaglikse versorging van die diere verg. Die diere word in twee groepe verdeel. Die eerste groep is suiwel- en vleisbeeste, asook perde, vleisbokke, melkbokke en veselbokke. Vleis- en wolskape, asook varke, behoort tot die groep, omdat dié diere in die ring vertoon kan word. Die tweede kategorie is die statiese diere soos hoenders, konyne en sier- en wedvlugduiwe. Dié diere word in hokke gehou. Vir dié wat nie met diere wil skou nie, is daar ook kulinêre kuns, waar leerlinge ’n voorgeskrewe gereg vir ’n sekere aantal mense moet berei. Hulle word ook vir tafeldek in die afdeling beoordeel. Een van die skool se leerlinge, Michiel Nigrini, het ook aan suiwelbereiding deelgeneem. In dié afdeling kry leerlinge die kans om hul slag te wys met die maak van kaas en joghurt. Volgens Van Zyl word leerlinge voor skoue in opleidingsessies touwys gemaak waarna beoordelaars spesifiek oplet. Leerlinge moet ook voorgeskrewe materiaal leer wat betrekking op hul dier het. Hulle skryf ’n teoretiese eksamen en lê ’n mondelinge eksamen by die beoordelaars af. Die leerling se kennis aangaande sy of haar dier, soos die vorm van die kop, moontlike siektes en die toestand van die pels, is van die vrae wat beantwoord moet word. Die Bloues het verlede jaar 18 leerlinge in die Vrystaatspan gehad. “Dit is ’n baie stimulerende aktiwiteit vir leerlinge en is nie net tot plaasjapies beperk nie – enige leerling kan meeding. Ons jongste deelnemer is ’n gr. O-leerling,” beklemtoon Van Zyl. Die volgende jeuglandbouskou wat die skool aanbied, is op 5 en 6 September wat ook saam met die Bloues-Lantiesfees val. Bloues wat plekke behaal het, is: Kulinêre Kuns Junior: Hanke Swart (eerste plek); Suiwelbereiding Senior: Michiel Nigrini (eerste plek); Sierduiwe Junior: Eben Bezuidenhout (eerste plek); Sierduiwe Senior: Corrie Steyn (eerste plek); Hoenders: Danél Janse van Rensburg (derde plek), Joline Grobler; Konyne Senior: Hulét Janse van Rensburg (derde plek), Tayla Swanepoel (tweede plek); Jossie Steyn (eerste plek); Veselbokke Senior: Tiaan Botha (eerste plek); Wolskape Senior: Hennie Engelbrecht (tweede plek), Gideon Swart (eerste plek); Vleisbokke Senior: Marnus van Heerden (eerste plek); en Suiwelbeeste Senior: Human Wessels (eerste plek).


KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 24 JUNIE 2014

Spog met ses in span DIE Afrikaanse Hoërskool (Rooies) is vanjaar weer goed in verskeie Griffons­hoërskolerugbyspanne verteenwoordig. Vanjaar het die skool ses o.18­Cravenweekspelers (die meeste nog sedert 2003 toe die skool met sewe spelers gespog het). Hulle is van links Harold Hills, Kobus Kleyn, JP Kalp, Francois Stemmet, Henry Searle en Erik Knoetze. Foto: Tinkie Hattingh

VIER rugbyspelers van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) is in die Griffons­o.19­rug­ byspan ingesluit. Van links is Leon van der Westhuizen, Erian Badenhorst en Mechiel Bosman. Jeandré Uys was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Tinkie Hattingh

CORNÉ COOPER (links) en Ettiene O’Dono­ van, albei leerlinge aan die Afrikaanse Hoër­ skool Kroonstad (Rooies), is in die Griffons o.18­ Stedelike Akademie­rugbyspan ingesluit.

DIAN DE BEER (links) en Dylan Stiemmie van die Afrikaanse Hoërskool is in die Griffons se o.16­Grant Khomo­rugbyspan ingesluit.

Foto: Tinkie Hattingh

Kroonnuuskn 20140624  

Kroonnuuskn 20140624

Advertisement