Issuu on Google+

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 17 JUNIE 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Dorp in pienk getooi Tharine Hurter DIE bome en lamppale in Kroonstad sal in September en Oktober in pienk getooi word. Sheila Fick en Annerees Weber, twee kankeroorwinnaars, het saam die pad na herstel van kanker aangepak. Om hul dankbaarheid vir hul gesondheid te beklemtoon het die vroue besluit om vanjaar geld met die nasionale Pink Trees for Pauline (PT4P) ten bate van die Northern Free State Care Givers (NFSCG) in Kroonstad in te samel. Die NFSCG is ’n nie-winsgewende organisasie wat terminaal siek pasiënte, van wie talle kankerlyers is, versorg. Verlede jaar is sowat 70 000 bome oor Suid-Afrika en Namibië heen met lap toegedraai om kankerbewustheid te skep. “Ons doelwit is om Hillstraat en Cross-straat in Kroonstad se lamppale en bome met pienk lap teen R20 per meter toe te draai. Al die wins met die verkope van die lap sal aan die NFSCG geskenk word,” vertel Fick. Geen geld wat ingesamel word, sal aan nasionale of provinsiale instansies wat kankerbewusmakingsveldtogte het, gegee word nie. Weber glo dat ondernemings eienaarskap van die lamppale en bome voor hul sakepersele sal neem. “Deur ’n meter of twee of soveel moontlik lap by Riaan-juweliers in Cross-straat of Honey se kantoor in Hillstraat te koop sal die NFSCG bemagtig word om terminaal siek pasiënte te versorg, om die nodige prostese te koop, vervoer vir versorgers te gee, kospakkies en ’n meer onbaatsugtige diens aan pasiënte te lewer. Die sukses van die projek hang uitsluitlik af van inwoners se entoesiasme om betrokke te raak. Felicity Combrinck, voorsitter van die NFSCG, sê ’n kankerbewusmakingstap sal op 4 Oktober aangebied word. Dié maand is tradisioneel Borskankermaand. Hoewel die organiseerders Hill- en Cross-straat gekies het om eerste getooi te word word inwoners genooi om hul straat se bome voor hul huise ook gedurende die laaste week van September toe te draai. Die nodige aansoek is reeds by die Moqhaka-munisipaliteit ingedien en inwoners kan nou reeds ’n skenking doen. Bel Weber of Fick by onderskeidelik 072-671-1096 of 082-377-5104.

OM bewusmaking vir kanker te skep gaan Kroonstad die eerste keer aan die Pink Trees for Pauline (PT4P) deelneem. Alle geld wat met die projek ingesamel word, bly in die dorp en sal aan die Northern Free State Care Givers (NFSCG) geskenk word. Helder pienk lap sal teen September om bome en lamppale gedraai word. Dié vroue wys hoe die bome toegedraai kan word. Van links is Felicity Combrinck (voorsitter: Northern Free State Care Givers), Annerees Weber en Sheila Fick (albei kankeroorwinnaars en organiseerders van die projek). Foto: Tharine Hurter


2

KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

’n Raaisel TOKKIE LUES het dié seëlboekie van die destydse Unie van Suid-Afrika tussen sy oorlede pa se aandenkings gevind. Hy is nie seker uit watter jaar dié seëls, wat in ’n perfekte toestand is, dateer nie. Is daar filateliste wat inligting hieroor kan verskaf? Bel Tharine Hurter by 056-212-3171.

UNIESEËLS

WYLE TIENIE SWART van Kroonstad.

Foto: Tharine Hurter

Tawwe Tienie sterf Jana Smit

TIENIE SWART (76), in murg en been ’n Kroonstadter, is verlede week in die Boitumelo-hospitaal oorlede. Swart het die afgelope ses jaar in die Fronekroon-aftreeoord in die dorp gewoon. Haar seun, Hannes van den Heever, sê sy ma was bekend vir haar omgee-hart. “My ma het meubels gegee aan mense wat swaar gekry het en het ook omgesien na verskeie kinders wie se ouers finansieel gesukkel het.” Volgens Van den Heever was sy ma by baie dinge betrokke, daarom was sy bekend as “Tawwe Tienie”.

Beswyk aan hartaanval

120x BANKTERUGGENEEMDE VOERTUIE OP VEILING Vir Finansiering kontak: Celestè 082 374 5078

www.aucor.com Vir Volledige Veilingslys & Fotos

Datum: Dinsdag 24 Junie om 10:30

|

Perseel: Krugerlaan 1 , Estoire, Bfn

• Voertuie • Bakkies • SNVs • Motorfietse • • Nie-Lopend/Ongeluksbeskadigde voertuie •

60x Voertuie & SNVs

- 2014 TATA Indica 1.4 LSi - 2013 Volvo S60 T4 Excel Powershift - 2012 BMW 335i Convertible Sport Outo - 2x 2012 Volkswagen Polo 1.6 & 1.4 Comfortline - 2012 Opel Corsa 1.4 Essentia - 2012 Kia Picanto 1.2 EX - 2011 Audi A5 2.0 TFSi Cabriolet - 2011 Ford Fiesta 1.4i Ambiente - 2011 BMW 320i Sport

- 2011 Volskwagen Polo Vivo 1.4 Trendline - 2011 Volkswagen Polo Vivo 1.4 - 2011 Volkswagen Jetta 1.4 TSi Comfortline - 2011 Toyota Yaris T3+ - 2011 Hyundai i20 1.4 - 2011 Chery Tiggo 2.0 TXE - 2010 Lexus RX 350XE

25x Bakkies & 4x4s

- 2013 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX - 2012 Volkswagen Amarok 2.0 BI-TDI Highline

- 2012 Mazda BT50 Drifter 3.0 CRDi SLE D/K - 2012 Isuzu KB 250D Fleetside - 2011 Nissan Hardbody NP300 2.4 Hi-Rider D/K - 2011 Nissan NP200 1.6 - 2011 Isuzu KB 250 LE D/K - 2011 Ford Bantam 1.3i - 2011 GWM Steed 2.4 - 2010 Opel Corsa Utility 1.4i Club

15x Nie-Lopende voertuie

Voorwaardes: Elke koper moet registreer om te bie. BEWYS VAN ADRES EN ID-DOKUMENT BENODIG VIR FICA-REGISTRASIE. Registrasiedeposito van R10 000 per banktjek, debiet/ kredietkaart of EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. Terme & Voorwaardes geld. “WesBank is ‘n afdeling van FirstRand Bank Bpk. ‘n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Gerigstreerder krediet. NCRCP20”. ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Afslaer: Jacques van der Linde

Besigtiging: Maandag, 23 Junie (08h30 - 16h30)

GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’

Jakoef: 083 780 0055

www.aucor.com

Besoek:

Sy het telkens tuinliefbebbers met plantjies uit haar tuin bederf en getrou by welsynsorganisasies gehelp. Benewens Van den Heever, word Swart oorleef deur nog vier kinders, Heila Brits, Hendrik van den Heever, Ronel Coetzee en Sanet Prinsloo, 13 kleinkinders en een agterkleinkind. Kroonnuus en Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, het onlangs ’n berig oor Swart, wat in die Boitumelo- provinsiale hospitaal vir ’n brandwond aan haar gesig behandel is. Weens ’n tekort aan pleister is gaas waarmee die wond bedek is, met grys plakband (duct tape) vasgeplak.

PIERRE NORTJÉ (57), ’n oud-Kroonstadter wat by die wateraanleg in Kroonstad gewerk het, is op 2 Junie aan ’n hartaanval oorlede. Hy was ’n ywerige motorfietsryer en was by die motorfietsklub in die dorp betrokke. Hy word deur sy vrou, Caroline, en drie seuns, Rewaldo, Renaldo en Juan, asook sy suster, Salomé Broodryk, oorleef. ’n Roudiens is op 5 Junie in Alberton vir hom gehou.


KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

Fun Run weer hier Tharine Hurter

Kroonnuus se ster vir Spontaan PETRONELLA BUFFEL (22) is Woensdag as Kroonnuus se streekswenner vir die Spontaan-talentkompetisie vir 2014 aangewys. Sy het die beoordelaars – Joy van Niekerk, Spaski Geldenhuis, Jana Smit en Elaine Herbst – met die liedjie When you close your ey­ es bekoor. Petronella gaan nou in die eindronde in die Blêrkas op die Vryfees om die Spontaan-titel vir 2014 meeding. Foto: Tharine Hurter

STOF die valhelms af, laat jou motorfiets versien en maak gereed vir die jaarlikse Kroonstad Fun Run, aangebied in samewerking met die AP kerk in Kroonstad. Dit vind vanjaar op Saterdag 21 Junie plaas. Die pretrit word deur Daan Grabe georganiseer en die inskryfgeld is R150 per motorfiets. Alle motorfietse is welkom, hetsy vierwielmotorfietse, motorfietse met sykarretjies of tweewielmotorfietse. ’n Biefstukete met wors, pap en sous is by die inskryfgeld ingesluit. Diegene wat nie aan die pretrit deelneem nie, kan teen R40 per persoon saam eet. Merkers sal op die Kroonstad-Vredefortpad geplaas word. Ondernemings kan stalletjies teen R500 huur of teen R100 ’n vlag of banier hier aanbring. Inskrywings sal van 08:00 tot 10:00 gedoen word. Diegene wat op die kerkterrein buite Kroonstad wil oorslaap, kan De Wet Pieters by 083-388-0265 bel. Rig navrae aan Grabe by 082-572-1522.

3


4

KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Armoede tref geensins onderskeid EENDAG as ons groot is, sal ons seker weet wie “hulle” is. Hulle is daardie geheimsinnige skim wat waarhede én mites verkoop wat “almal” vir soetkoek opeet. Hulle sê armoede het nie ’n size of adres nie, tref nie onderskeid tussen blouboordjie of witboordjie nie en hou nie ’n stophorlosie of kristalbal vir die toekoms vas nie. Armoede kan soos ’n dief in die nag aan jou deur klop. Dit het Rustenburg eensklaps in ongekende swaarkry gedompel. Kroonstad staan nie ver agter as dit by swaarkry onder inwoners kom nie. Dink net aan die styging in lewenskoste wat die besteebare inkomste van mense al hoe minder maak. Dit was nie ongewoon vir boere om tien of meer gesinne op hul plase werk te gee nie. Die talle plaaswerkershuisies wat egter nou op plase in die

wind en weer staan en verwaarloos, is ’n stille getuienis van ’n landbougemeenskap wat eens geblom het. Boere op kleiner plase kan nie meer die mas opkom om gediversifiseer en lewensvatbaar te oorleef nie. ’n Landbouwerktuig wat vir 2 000 ha gebruik word, kos presies dieselfde as die een wat vir 500 ha gebruik word. Nietemin, waarheen gaan almal wat eens op ’n plaas gewoon het? Dorp toe – of daar nou infrastruktuur is of nie. Armoede se adres is nie noodwendig ’n sinkhuisie nie. Dit kan ook oornag by paleise by die agterdeur insluip. Trots kan kinders honger skool toe stuur. As jy weet jy kan Vrydag ’n skenking aan die Tafelronde 42 doen, hetsy met ’n kombers, kos of kontant, doen dit. ’n Mens weet nooit wanneer die onvoorsiene aan jou deur kom klop nie.

Saam op skool se koorfees DIE jaarlikse koorfees van die Kroon- Primêre Skool in Kroonstad is in die skouburg in die dorp gehou. Die engelstemme van laerskoolkore en die revue-groep het teatergangers bekoor. By die geleentheid is van die koorleiers van links, voor: Christa Groenewald (Kroonheuwel- Primêre Skool), Benton Nortman (Ed-U-College Qwaqwa), Bernette Erasmus (Truida Kestell), Renette Pretorius (Laerskool Ficksburg) en Elsie Mofokeng (vakadviseur vir lewensoriëntering); agter: Erna Rademan (vakadviseur vir skeppende kuns), Marieta de Jager (Kroon- Primêre Skool) en Ineke Badenhorst (Sentrale Volkskool). Sien nog foto’s by www.kroonnuus.co.za. Foto: Beth Lordan

‘Boemelaars’ staan saam vir mense in nood

Dié slaai pas winter AARTAPPELSLAAI hoef nie koud voorgesit te word nie. Dié warm Duitse aartappelslaai is boonop ’n winterwenner. Bestanddele: 6 groot aartappels 6 spekrepies in stukkies gesny 1 groot rooi ui, in skywe gesny olyfolie Slaaisous: 2 eiers, liggies geklits 50 g suiker 65 ml koue water 30 ml witwynasyn sout en peper 125 ml gekapte pietersielie Metode: Kook die aartappels in soutwater tot sag. Skil die aartappels en sny dit in skywe. Hou dit warm. Braai die spek en ui in die olyfolie in ’n braaipan tot bros. Verwyder die spekmengsel en hou dit eenkant. Behou die panvet. Skep die aartappelskywe in ’n opdienbak. Skep die spekmengsel bo-oor. Vir die slaaisous, klits die eiers, suiker, water, asyn en sout en peper saam. Giet die mengsel in die panvet en klits aanhoudend totdat die sous verdik. Giet dit oor die aartappels en meng deur. Strooi die pietersielie bo-oor en sit warm saam met suurlemoenwiggies voor. Ditapole e futhumetse 6 ditapole e kholo

Huil lang trane oor ysige oggend DIE kwik het die afgelope tyd in Kroonstad onder vriespunt geboer. Maretha Harris het dié plante verlede week by die KroonheuwelPrimêre Skool afgeneem.

6 speke, ho seha 1 eie e kgubedu oli tsa olive

Baie geld in die water weens waterlekkasie MARLETTE stad:

Sousu: 2 mahe, 50 g twekere 65 ml metsi 30 ml asyne etsheweu letswai le pepere 125 ml pietersielie, ho seha Mokgwa: Peha ditapole ka metsi le letswai. Lekgapetla. Seha ditapole. Hadika speke ka pane. Tshela oli tsa olive. Tlosa speke. Kopanya ditapole ka baka ya onto. Thela speke hodimo. Sousu: Kopanya mahe, twekere, asyne, metsi, letswai le pepere. Tshela ka pane. Futhumetse tsaka hahulu. Tshela sousu hodimo ditapole. Tshela pietersielie hodimo.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

DIE winter het met mening in die binneland aangebreek en dit is bibberkoud. Dit is ’n werklikheid dat talle mense nie ’n skuiling, warm klere of kos het nie. Tafelronde 42 se lede in Kroonstad gaan Vrydag die koue trotseer om oorlog teen die koue te verklaar. Die jaarlikse Winter Knights of the Round Table neem vanjaar die vorm van ’n boemelaarsete aan. Met dié veldtog “bedel” die Tafelaars vir komberse en skenkings sodat hulle ridders kan wees vir diegene wat koud kry. Dit begin om 18:30 in die Ou Stadsaal in Cross-straat. “Gaan krap in jou kas en maak warm klere en komberse vir die arm inwoners van ons dorp bymekaar sodat hulle ’n bietjie warmer kan slaap,” vra Danie Swanepoel, ’n Tafelaar. Trek soos ’n boemelaar aan en kom geniet lekker geselskap en ’n bunny chow. Om ’n skenking te doen of betrokke te raak bel Francois Geldenhuis by 082-7732258 of besoek die projek op Facebook by https://www.facebook.com/RT42WinterKnights.

EKSTEEN,

Kroon-

EK het die waterlek, wat al vier maande by my huis is, getrou elke week by die Moqhaka-munisipaliteit aangemeld, maar niemand stel in my probleem belang nie. Toe kry ek in April ’n waterrekening van meer as R500. Dit is reggestel, maar dié maand se rekening beloop toe sommer R814,50. Ai, ai, ai – nog nooit in my lewe het

ek soveel vir water betaal nie, nie eens in Durban toe ek in ’n baie groter huis met ’n groot tuin gewoon het nie. Hulle sê die rekening is reg en ek móét dit betaal. Ek sal seker ’n loodgieter moet kry om die waterlek by die meter te herstel. Dié waterstorie begin my nou duur te staan kom. Die werkers het my meegedeel dat die waterlek beslis nie aan my kant van die meter is nie. Ek wonder net waarvoor betaal ek getrou elke maand my belasting.

Dankie vir bedraes vir sukses van rodeo LINDY BOOYSEN, die sekretaresse van die Kroonstad-kindersorgaksie: BAIE dankie aan almal wat die rodeo so ’n groot sukses gemaak het. Dit sluit in die manne en vroue van Rough Stock, die vennote en personeel van Kroon-boma, Radio Panorama, ons borge en adverteerders, die perde- en bulruiters, uitstallers, mediese dienste, die

veeartse wat hul dienste beskikbaar gestel het, asook almal wat die dag en die dansparty so goed ondersteun het. Spesiale dank aan die drie kerke wat maandeliks tot die voedingsprojek bydra. Dit is die NG kerk Kroonstad-Oos, die NG Moedergemeente en die Metodistekerk. Dankie ook al die vrywilligers wat by die hek gehelp het en met kosverkope en die danssaal. Ons is min in die bestuur en sou dit

beslis nie sonder almal se hulp en bydraes kon doen nie. Nog 30 leerlinge sal vir die volgende 12 maande by die projek ingesluit word en ons is reeds besig met keuring in samewerking met maatskaplike dienste. Diegene wat die rodeo misgeloop het, kan ’n CD met foto’s van die dag se gebeure teen R50 by Johann Kruger by 083-629-4697 bestel. Hou die plaaslike media dop vir volgende jaar se datum.


KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

Partners’ movies entertain Maokeng WHEN the two partners of Fairytale Entertainment, Potlaki Mosoetsa and Papi Mahamba, meet it is time to write the storyline for yet another DVD set in Maokeng and with actors from the community. Kokoroto is their sixth movie on DVD. It is a comedy about a security guard who is trying to catch thieves who target learners in Maokeng. He lives with his dad and his arranged bride.

Mosoetsa is the producer of the movie and also acts in it. Chabedi Papashane is the cameraman. Although the movie is in Sotho, English subtitles are provided to reach a broader target market. At a mere R50 per DVD Kokoroto is a must for Mozolo (nickname for Maokeng) residents. To order your copy, call 073-920-4200 or 083-679-5704.

Tharine Hurter

Die OMNIA Groep, gestig in 1953, is ’n Suid-Afrikaans-genoteerde maatskappy met ’n markkapitalisasie van oor die R10 miljard. Die Groep is gediversifiseerd en het nasionale en internasionale sakebelange. Omnia Kunsmis, ’n afdeling van Omnia Groep, voorsien kunsmis en landboukundige dienste aan beide die plaaslike sowel as die internasionale mark. Omnia Kunsmis benodig die dienste van ‘n:

Skeduleerder

in Wesselsbron en Kroonstad benodig Vorige ondervinding in ‘n soortgelyke rol sal voordelig wees Die funksies van die rol sluit die ontvangs van grondstowwe, kommunikasie met interne en eksterne kliënte asook bestuur en organisering van alle vervoer- en logistieke benodigdhede in. Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek ons webwerf by http://omnia.erecruit.co.za Sluitingsdatum: 2 Julie 2014 www.humanjobs.co.za

WITH their sixth DVD are partners Potlaki Mosoetsa (left) and Papi Mahamba of Fairytale Entertainment. Human Communications 110022

Community aids arrests

Photo: Tharine Hurter

THE South African Police Service (SAPS) in Kroonstad has made a breakthrough after arresting suspects for various crimes committed in a period of two weeks. This success is a result of committed members working tirelessly through the help of community members who are tired of criminal activities taking place in their area. In two weeks 59 people were arrested for crimes committed in Kroonstad. Crimes included general theft, trespassing, common assault, assault, the possession of dagga, the possession of suspected stolen property, overloading, the possession of motor vehicle break-in tools, malicious damage to property, drunken driving, crimen injuria, copper theft, burglary business

and shoplifting. The community of Kroonstad, together with the Kroonstad SAPS, are working to fight crime in all spheres. Brig. Aphathia Modise, the cluster commander of Kroonstad, applauded all members who participated in these successes by ensuring that all criminals were removed from the community. ) The Kroonstad Neighbourhood Watch (KNW) is active and ordinary members of the community can act as the eyes and ears of the police. At a mere R30 per month, join at the Old Town Hall at the Kroonstad Business and Tourism office during office hours. KNW has a Facebook page where tips on how to stop crime are published. A warning that house breakings take place on Sundays during church times has been issued.


KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.

Eiendomme

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014 PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814

ALLERLEI 1655

'n Warm Winter, HOUSE OF DÉCOR Ondervloerse Hillstraat 20 Hill Street Verwarmers- Vol Vloer Nuwe adres! of Los matte Oorkant Paint Shop Kontak Top Carpets Verhuring van 056 212 5507 dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 2 x MOTORFIETSWIELE 056 212 2517 MET BUITEBANDE 21 x 2.25 - Goeie toestand. R 450 ona KINDERVERMAAK Skakel 056 7771740 1405 082 566 2750 SPRINGKASTELE EKSOTIESE TE HUUR SIEREENDE TE KOOP Nuwe voorraad ingekry. Broeigereed Pare asook los Skakel 076 530 8447 eende. Goeie Bloedlyne. FINANSIEEL 1420

KONTANT LENINGS Onmiddelik beskikbaar. Skakel 056 212 6434 GESONDHEID & SKOONHEID 1430

ANNIQUE HEALTH AND BEAUTY Gratis aflewering in Kroonstad Kredietkaart betalings welkom. Alle Annique aankope bo R 500 kwalifiseer vir 'n verdere 10% afslag vanaf 17 Junie tot 31 Julie 2014 Epos andrea@vitalc.co.za Tel: 072 210 6102 Andrea Esterhuizen PERSOONLIK 1460

MRS LEA MOTSEKI is looking for MR PIETER GERHARDUS VAN NIEKERK in connecting with vehicle documents of a Toyota Bakkie Regnr: BFW 315 NW Any person with any information please contact 078 204 8866 TE KOOP

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za KLERASIE 1615

HOT SPOT: (oorkant Clicks). Stylvolle nuwe reeks wintersklere ontvang Jeep, Fox, Quicksilver ens.. Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555

GBK CONSTRUCTION Verf, Seël van dakke, Bouwerk, Teëlwerk, Houtvloere, Plaveisel, Gideon Koertze 076 230 8364

Kontak Cherryl Tel:056 515 3963 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com

SWEMBAD SEILE - 200% veilig vir kinders, spaar 100% krag, chloor, suur, arbeid en frustrasie. KRD 084 411 6694 - Johan TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 20 min voor die tyd Skakel 076 215 2914

KOM BESOEK ONS NUWE UITSTALRUIMTE Mosaïek, los matte, mosaïek teëls, kaggels ens. Top Carpets 056 212 5507 SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" beskikbaar. Rock Spring ens.. Kom loer gerus!! Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555

WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke Top Carpets 056 212 5507

SOYA BALE TE KOOP 1.2m - R 130 per baal Skakel 082 263 5729 of 072 471 4126

VERFWERK

TROETELDIERE

1872

1660

OPREGTE LABRADOR HONDJIES - 4 Wit, 4 Swart. 9 weke oud 3 Tefies, 5 Reuntjies. R 1 000 - 082 572 2601 YORKSHIRE TERRIER reuntjies & tefies te koop. 6 weke oud Klein tipe - kort beentjies. Geregistreer, ingeënt en ontwurm - 078 572 3036 GESOEK OM TE KOOP 1675

OPSOEK NA GROOT HONDEHUIS ASBES/HOUT Skakel 082 708 2660

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248.

TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322

ALGEMENE & HUISDIENSTE VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

ALLERLEI 1845

AATJIES MATTE Vir die lê van volvloer matte, Viniel en Gelamineerde vloerbedekkings. Kontak Johan Hattingh 082 893 3673

VERVOER & BERGING

MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 270 0311

SOEK, KOOP, VERKOOP

BOME 1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.


KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014 WOONSTELLE TE HUUR

VOERTUIE

TE HUUR

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

GROOT SONNIGE 2 SLPK WOONSTEL - Sitkamer, Eetkamer, toegeboude stoep. Eie tuin. Omhein. Onderdak parkering. Gemeenskaplike swembad. DSTV & Wi-Fi beskikbaar. Deposito Water & ligte ingesluit Geen kinders & troeteldiere . R 3 300 pm Beskikbaar einde Junie Skakel 082 850 9867 LARGE 1 BEDROOM FLAT - BIC on suite Open plan Lounge, Diningroom, Kitchen, Seperate driveway. Plesseymeter. Available 1st July - 082 773 8680

EIENDOMME

SAKEPERSELE 3215

PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555. PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555. TE HUUR BESIGHEIDSPERSEEL 143 VKM Hoek van Blignaut en Truterstr Huidiglik Armature Winders. 2 Kantore en toilet geriewe en 90 vkm oop spasie. Beskikbaar 1 Julie 2014. Skakel Babs Steyl 082 923 8834

Moderne, nuutgeboude, ruim, 2 slaapkamer woonstel, veilige area met ander huisies, elektriese hek en heining, eie tuin. Plesseymeter, gratis skoon drink en tuin water. Onderdak parkering Geen honde. Kraalkop Hoewe. Pragtige visvang plek by rivier. R 2000.00 pm 073 146 2819 of 082 786 8011 ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555. RUIM EEN SLAAPKAMER SANDIRI HOF Kroonheuwel - R 2 060 pm Deposito R 2060 vereiste James 082 579 2761

KAMERS TE HUUR 3205

3315

KROONSTAD VERTOONLOKAAL OP BESIGE HOEK - Volop parkering op hoofroete Onmiddelik beskikbaar Groot vertoonvensters, geskik vir: Motorverkope of Bande besigheid 250 vk meter - binne 300 vk meter - buite NAVRAE: CORRIE 056 212 3111

PANORAMA kamer te huur - Nie gemeubileerd met toesluit motorhuis. Mans (nie regstellend) R 1 000 pm. Geen kinders Skakel 072 783 6715 of 056 212 7169

3250

Stoor – 160 v/m R 3 000,00 pm Warehouse – 1200 v/m R 12 000,00 pm Eerste twee maande is gratis Skakel 083 635 3372 HUISE TE KOOP 3275

HOUSE FOR SALE Panorama, Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HOUSE FOR SALE Malherbe street 9A 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 082 908 9555 HUISE TE HUUR 3270

GROOT 4 SLAAPKAMER Woonhuis met 2 badkamers en afdak vir 4 motors met weiding (32 ha) buite Kroonstad Skakel 083 2944 812

SOEK, KOOP, VERKOOP

MEENTHUISE TE KOOP 3330

AANDAG

ALGEMEEN 3680

MAKELAARS ASSISTENT Vir Korttermynversekering makelaar in Kroonstad Ondervinding noodsaaklik Epos CV na nhurter@telkomsa.net MEISIES GESOEK VIR Private gesellinklub, asook kroegdames. Salaris tot R 15 000 Gratis verblyf en vervoer. 084 363 9399 - BFN

GELEENTHEID WAT SELDE VOORKOM INDIEN OOIT! TOSKAANSE BOUSTYL: 3-slk-meenthuis, 2,5 badk, oopplanwoonarea, moderne ingerigte kombuis. Dubbelmotorh + onderdak parkering, Produksie-Assistent veiligheidsmure, By gevestigde hoender klein ontwerpte tuin. lê-eenheid naby MAAR DIE BESTE, Kroonstad. DIE EIENDOM KAN Die persoon moet oor die GEHUUR WORD MET nodige kennis, OPSIE OM TE KOOP. ondervinding en SKAKEL 056 213 3024/ vaardighede beskik om die 082 922 6165 ALLE URE eenheid effektief en produktief te bestuur. MEENTHUISE Hy moet eerlik, TE HUUR pligsgetrou, 3325 verantwoordelik en standvastig wees met DIE OEWER NO. 9 sober gewoontes. 3 Slpk Meenthuis te Vorige ondervinding met huur - 2 Badkamers lê-henne in Dubbelmotorhuis ‘n eier produksie (2 vlakke) - 082 8088 381 omgewing sal ‘n sterk aanbeveling wees. BETREKKINGS ‘n Mededingende vergoedingspakket word 3600 aangebied. E-pos volledige cv na BETREKKINGS GESOEK eiko.accounts@ 3670 joubertgroup.co.za Betroubare huishulp wat kan kook soek werk. Oulik met kinders. BOEDELKENNISVerwysing beskikbaar. GEWINGS 072 820 9390

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BOEDEL WYLE JACQUES BASSON BOEDELNR: 21356/2014 In die boedel van wyle: JACQUES BASSON Identiteitsnommer: 700311 5055 086 En wie oorlede is op 12/05/2014 Boedelnommer: 21356/2014 KREDITEURE en DEBITEURE in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf datum van publikasie hiervan hul eise teen die boedel in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal. REZA DAY q.q EKSEKUTEUR p/a DU PLESSIS LE ROUX ING MARKSTRAAT 27 POSBUS 1136 KROONSTAD 9500 TEL: 056-2126541/2/3

BOEDEL WYLE JCM ERASMUS BOEDEL NO: 021285/2014 KENNISGEWING In die boedel van wyle JOHANNES CORNELIUS MICHIEL ERASMUS, Identiteitsnommer 471015 5035 082 Huwelikstatus: Getroud binne gemeenskap van goedere Gebore op 15 Oktober 1947, en wie se laaste adres Wiumstraat 5, Noordhoek, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 3 Mei 2014 Boedelnommer: 021285/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf 20 JUNIE 2014 hul eise in te stel en hulle skulde aan die boedel te betaal. q.q EKSEKUTEUR NAUDÉ - THOMPSON ING Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no: 056 212 2477 Faks no: 056 212 3288

BOEDEL WYLE LAO PIET SKALK BOEDELNOMMER: 4453/2009 BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle LAO PIET SKALK Identiteitsnommer: 45316 5460 089, woonagtig te 4432 Constantia, Maokeng, Kroonstad, 9499 Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekeningsin te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 20 JUNIE 2014 I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD

9


KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

11

SKOLENUUS / SCHOOLS NEWS

DIE Hokkiebokkies van die Kroonheuwel- Primêre Skool, wat in die o.13-Goudveldmeisieshokkiespan ingesluit is, is van links Amy van Biljon, Wilmari Crous, Lumé van der Merwe en Abi Rossouw. Foto: Verskaf

TYDENS die onlangse Griffonsproewe is vyf van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se rugbyspelers in verteenwoordigende spanne ingesluit. Van links is, voor: Gertjie Dippenaar en Wayne Engelbrecht, wat in die o.16-Grant Khomo-span ingesluit is; agter: Gerbrand de Bruin (o.18-Akademiespan), Reinhardt Kleynhans en Marnus Odendaal (albei vir die o.19-Flaminkespan gekies). Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

Winners of league THE u.10A netball team of the Voorwaarts GET School won the Kroon B Netball League. From the left are, front: Lerato Malieloa, Thuto Liphoko and Rethabile Mokhele; back: Dalene Geringer (coach), Onka Makhongoana, Pheletso Borole, Faith Mofokeng and Keke Mohoalali (coach). Absent: Mamello Ramasia. Photo: Supplied


12

KROONNUUS, DINSDAG 17 JUNIE 2014

Veg pad na medaljes oop

Wedstryde ’n moet-kyk RUGBYENTOESIASTE mag die o.19en o.21-rugbywedstryde tussen die Cheetahs en die Lions Donderdag om onderskeidelik 13:00 en 14:45 op die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se rugbyveld nie misloop nie. Toegang beloop slegs R5 per kind en R10 per volwassene. Die snoepie sal op hierdie geleentheid bedryf word.

Swem onder die loep ALLE swementoesiaste, voornemende swemmers van Kroonstad en omgewing, asook belangstellendes, word Donderdag om 18:00 na ’n vergadering by die Landbouterrein in Noordweg uitgenooi. Die doel van die vergadering is om besluite te neem rakende die toekoms van swem in Kroonstad en die betrokkenheid van belangstellende partye. Belangrike inligting oor veranderings in die swemhiërargie gaan ook bespreek word. Omdat die vergadering in belang van swem is, is dit noodsaaklik dat inwoners dit bywoon. Rig navrae aan Jeanne Loubser by 082-734-3642.

ALTESAAM 12 karatekas van die Kroonstadse JKA-karateklub het aan die Suid-Afrikaanse karatekampioenskappe deelgeneem. Dié deelnemers het met nege medaljes huis toe gekom, waarvan drie goud, een silwer en vyf brons. Die karatekas is van links, voor: Christopher Lues (brons vir gevegskuns), Marno Nortje (goud vir kata en brons vir gevegskuns) en Kevin Maritz (silwer vir kata); tweede ry: Hencoe Kriek (brons vir kata), derde ry: Hannes Human (deelname), Juandre Greyling (brons vir kata) en Jaderen du Plessis (deelname); agter: Dawid Smit (deelname), Marchelle Roux (brons vir kata en goud vir gevegskuns), Gideon Smit (goud vir gevegskuns), Hano Strydom (deelname) en Marco Saunderson (deelname). Foto: Verskaf

VIER karatekas van die Kroonstad-JKA-karateklub het die tafelbeampte-eksamen geslaag. Hulle is van links Hano Strydom, Marco Saunderson, Jeanne Human en Corné Saunders. Foto: Verskaf


Kroonnuuskn 20140617