Issuu on Google+

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 10 JUNIE 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Moqhaka has new leaders Choice of Mareka as executive mayor comes as a surprise Tharine Hurter MOQHAKA has a new executive mayor, Justice Mareka. This former chief whip of the Moqhaka Council was inaugurated on Wednesday. Tshidi Koloi has been elected as the ANC chief whip. The choice of Mareka as mayor came as a surprise, since Koloi has been acting as mayor for several months in the absence of Jihad Mohapi, the former mayor. He is now a member of the National Council of Provinces. Mareka thanked the residents of Moqhaka for their loyal support: “Even when things seem hard, they are always there to give support to their beloved government.” He said that the youth of Moqhaka had made a significant contribution in the liberation of the country and that Moqhaka had to strive to be as inclusive as possible to fast-track youth development. “It is time to focus on work, work and work. Moqhaka deserves only the best efforts from everybody, whether they are in the political leadership, in management, in all positions within our administration and across the spectrum of our partners in business, labour, the faith-based community or civil society,” said Mareka. “I want to express, at the outset of my tenure as executive mayor, my willingness to work together with all political parties and stakeholders. This will enable us to find workable solutions for the diverse range of developmental challenges facing Moqhaka as we work cooperatively to change the image of our municipality.” He thanked the leadership of the ANC “for the confidence they expressed in me by pointing their fingers at me to be the captain of this ship. My appreciation also goes to this council for their vote of confidence displayed

THE new executive mayor of Kroonstad is Justice Mareka (left). Tshidi Koloi (right) has been appointed the new ANC chief whip.

Photo: Tharine Hurter

today.” Koloi accepted her new position as a great honour and not a priviledge. “There is no unity without the guidance of the Almighty God,” she said.

She vowed to do her best for Moqhaka. André Masuret, DA councillor, said he was delighted that Mareka wants to work with opposition parties. “The main purpose is to

deliver better services to the community,” said Masuret. Thys Vermeulen, Freedom Front + councillor, gave his commitment to work together to better the services of Moqhaka. Vermeulen was the former town

engineer of Kroonstad. Abram Mokoetsi, Cope councillor, said the newly appointed mayor and whip should not forget where they come from and give recognition to the leaders of the past.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za


2

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Vlakvark kuier in dorp Tharine Hurter DIS net op die platteland waar die wilde diere in die strate kom kuier. Donderdagmiddag kon Annemarie Röll haar oë nie glo toe sy ’n vlakvark doodluiters op ’n drafstappie in Sampie Fronemanstraat, Elandia, Kroonstad, sien nie. “Ek het met my motor gestop en die dier dopgehou. “Hy het van Sampie Fronemanstraat verby Willie Viljoen se huis gedraf, ’n vinnige tuinskrop by musiekjuffrou Esteé de Lange gemaak en toe die pad in Amund Weeberstraat gevat,” vertel Annemarie. “Ek het my motor omgedraai en wou hom agtervolg, maar voor Yvonne Heckroodt se huis in Amund Weeberstraat het hy in Maraisstraat in die rigting van die weermagbasis tussen die gras verdwyn.” By haar huis in Hans van Rensburgstraat

aangekom, het haar man in ongeloof na haar storie geluister. “Of die vlakvark mak was, kan ek nie sê nie,” sê sy. Kroonnuus het Soon Taljaard, wildboer van die plaas Chimoio langs die Bloemhoekdam, gekontak om uit te vind of hy dalk ’n vlakvark vermis. “Jong, so ’n dier kan nogal gevaarlik raak as hy in ’n hoek gedruk word. Ek vermis nie ’n vlakvark nie, maar mense moet maar versigtig wees as hulle die dier teëkom,” sê Soon. ) Dis nie ongewoon dat wilde diere in die woonbuurt Elandia in die dorp ’n draai maak nie. In Junie 2009 het “amperse biltong” op die voorstoep van Tharine Hurter, redakteur, in Hartbeesstraat beland. Verlede jaar, ook in die winter, het ’n koedoe met ’n beseerde horing by Chris Cornelissen in Klasie Havengastraat, ook in Elandia, kom kuier.

CAREL COMBRINCK spog met sy mampoer wat pryse ontvang het.

Foto: Verskaf

Stook dat dit kook DIE Kultuurstokersgilde van Suid-Afrika het Saterdag 1 Junie sy jaarlikse kampioenskappe gehou. Dié kampioenskappe neem die vorm van ’n fees aan wat by die Willem Prinsloo-landboumuseum, net suid van Cullinan op die ou Witbankpad, aangebied word. Benewens die mampoer- en witblitskampioenskappe waar almal (behalwe minderjariges) kon proe en koop, was daar kosstalletjies, ’n vlooimark, twee biertuine en vertonings van ou trekkers en ou plaasmasjinerie. Besoekers kon ook koeie melk, ganse pluk, kaiings braai, kerse maak, koffiebone rooster en varsgebakte brood koop. Daar was ook ’n boerboelkampioenskap. Daar was meer as 5 500 besoekers en die Mampoerfees het 484 inskrywings ontvang wat in 27 klasse ingedeel is. Witblits (van druiwe gemaak) en mampoer (van alle vrugte, behalwe druiwe gemaak) het 15 klasse gehad en dan was daar nog 12 klasse vir likeur. Die hoofbeoordelaar was Loftie Ellis, vroeër van Nietvoorbij in die Wes-Kaap. Hy is nou ’n onafhanklike konsultant en deeltydse lektor aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Hy en sy hulpbeoordelaars het al 484 inskrywings beoordeel. ’n Mens kan seker nie verwag een man moet alleen aan soveel inskrywings proe nie. Pryse is vir die gehalte en standaard van elke bottel in rangorde van goue, silwer- en bronsmedaljes toegeken.

Swakker bottels het geen pryse ontvang nie. In die geval van uitsonderlike produkte is ’n dubbelgoudprys toegeken. Verskeie skilde en wisseltrofeë is ook aan verdienstelike lede vir hul prestasies en bydraes tot die stookkultuur toegeken. Carel Combrinck van Kroonstad is die Vrystaat se verteenwoordiger in die gilde en is ’n geregistreerde artikel 116-lid volgens die betrokke Doeane-en-aksynswet. Hy het vanjaar net twee bottels perskemampoer ingeskryf. Hy sê dit was ’n swak vrugtejaar vir hom, want die plaas in Clocolan van waar hy altyd sy perskes kry, is verlede jaar verkoop en die nuwe eienaars verkoop nie hul “stroop” nie. Die druiweboorde van die ou Goudveldse Wynkelders is deur ’n veldbrand beskadig en die eienaar het vanjaar die boord uitgeploeg. Sy maroelaverskaffer, Chris Derksen (voorheen van Kroonstad), het swaar hael op sy plaas by Vaalwater gehad en die meeste maroelas is afgeslaan. Hy het egter ’n goue medalje vir sy verouderde vyfjaarperskemampoer en ’n silwermedalje vir die jonger een gekry. Combrinck sê die jaarlikse mampoerkampioenskappe van die Kultuurstokersgilde is ’n ware boerefees met só ’n verskeidenheid van aanbiedinge dat almal dit sal geniet – oues, middeljariges en kinders.

Kom smul saam PARTY gesoute skaapkopeters glo die geheim lê in ’n skerp knipmes om die sagte vleisies van die wange sorgvuldig af te sny en te verorber. Ander hou ’n byltjie skerp en gebruik dit op ’n plank om die skedel mee oop te kap. Ongeag hoe jy die skaapkop wil eet, maak gereed vir ’n groot skaapkopete op Vrydag 20 Junie van 19:00 af in die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se saal. Jacques Groenewald, bekende prokureur en konsertinaspeler van Kroonstad, en sy boereorkes, Plaasmelk, sal op die geleentheid optree terwyl mense lekker kan dans. Kaartjies kos R150 per persoon. Diegene wat nie kans sien vir die kopgedoente nie, kan aan skaapafval of heel hoender smul. Bel Santie van Niekerk by die skool by 056-212-3159.


KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Koerant se posisie ondersoek JOHANNA VAN EEDEN, redakteur van Volksblad, het hierdie verklaring uitgereik ná gerugte oor die voortbestaan van Volksblad: Media24, die JOHANNA VAN uitgewer van EEDEN Volksblad, ondersoek die sakemodel van al sy koerante om die volhoubaarheid daarvan op lang termyn te probeer verseker. Dit is teen dié agtergrond dat Volksblad se posisie in die Vrystaat en Noord-Kaap deur Media24 se hoofkantoor herbesoek word. Geen besluit is nog in die verband geneem nie en enige voorstelle sal eers deur Media24 se direksie goedgekeur moet word. Volksblad se personeel bly verbind tot ons kernbesigheid: uitnemende joernalistiek wat waarde voeg tot ons lesersgemeenskap en ’n geloofwaardige platform vir ons gewaardeerde adverteerders bied. Totdat daar ’n besluit geneem word, gaan sake vir ons by die Volksblad-familie normaal voort. Omstandighede is moeilik, maar ons het ’n koerant om uit te gee en ’n onderneming om te bedryf. Ek neem met waardering kennis van die ondersteuning uit ons lesersgemeenskap. ) Kroonnuus is een van 14 plaaslike koerante uit die Volksblad-stal.

3

Hartaanval eis stadsvader Tharine Hurter

’n STADSVADER van Kroonstad, Fanie Jacobs (77), is Vrydag in sy woonhuis in die dorp aan ’n hartaanval oorlede. Fanie was ’n skoolhoof vir die destydse Suidrand-volkskool. Hy het in 1991 hier afgetree. Dit is egter sy munisipale bestuursampte wat hy beklee het wat hom ’n merkwaardige man gemaak het wat hart en siel in die ontwikkeling van Kroonstad ingesit het. Sedert 1978 tot en met 1994 het hy in die destydse Kroonstadstadsraad gedien. Hy het vier termyne as burgemeester en vier as voorsitter van die bestuurskomitee gedien. Hy was besonder trots op die twee termyne as president van die Vrystaatse vereniging vir munisipaliteite (vandag Salga).

WYLE Fanie Jacobs.

Foto: Verskaf

Sy vrou, Emma, en sy dogter, Olga Badenhorst, was tuis toe hy ’n hartaanval gekry het. Olga is ’n verpleegkundige en het die nodige hartmassering toegepas, maar dit was vergeefs. In trane het Emma vertel hoe sy sy hand kon vashou en ’n

laaste soen vir hom kon gee, voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het. “Dit is juis my ouers se mooi huwelik wat vir my en my kinders ’n voorbeeld was,” sê Olga. Fanie het byna geen verjaardag, sportbyeenkoms en skoolgeleentheid van sy twee kleinkinders, Jeandré (22) en Estean (19), misgeloop nie. Hy was ’n kranige ondersteuner van sport en het met trots vertel dat hy die twee Springbokke, Jackie en Danie Snyman, leer rugby speel het. Die egpaar het mekaar as leerkragte in Springfontein in die Suid-Vrystaat leer ken en ’n huwelik het gou gevolg. Hulle het in 1959 in Kroonstad as onderwysers begin werk. In 1969 het hy die pos as skoolhoof aanvaar en met passie

talle Kroonstadters onderrig. Sy gunstelingvak was geskiedenis. Olga sê haar pa se grootste passie was die heropbou van die Kroonpark-vakansieoord nádat dit feitlik ná die 1988-vloed weggespoel het. “Natuurlik was sy tuin ook een van sy passies. Dit is veral sy aalwyne wat hier gedy het en hy het met sorg toegesien dat hy nie die waterbeperkings oorskry nie en die saailinge het winter en somer kleur by my ouerhuis verleen,” vertel Olga. ’n Roudiens word vandag om 11:00 in die NG kerk KroonstadSuid in die dorp gehou. Hy word deur sy vrou, Emma, sy dogter, Olga, kleinseuns, Jeandré en Estean Badenhorst, drie susters, Magda van Rensburg, Loorie Dicks en Rina Pienaar, en ’n broer, Klaas Jacobs, oorleef.

Kom wys jou slag op verhoog en wen pryse MÔRE om 17:00 kan voornemende sangers, dansers, dramaturge, grapvertellers en ander uitvoerende kunstenaars hul talent op die Spontaan-oudisie kom wys. Dié oudisie is die laaste geleentheid vir inwoners en sal by die Bronco’s-restaurant gehou word. Kroonstad is bekend vir sy talentvolle sangers, dramaturge, dansers en grapvertellers. Kom na die oudisie, wys jou talent en verteenwoordig Kroonnuus op die Vryfees op 19 Julie in die Blêrkas. Reëls: Nie net sangers nie, maar enigeen met ’n besonderse talent, kan nou deelneem. Deelnemers moet alles wat hulle vir die optrede nodig het, self

verskaf – ook as ’n CD-speler vir agtergrondmusiek benodig word. Deelnemers moet ouer as 16 jaar wees. Inskrywing is gratis. As jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie op die Vryfees wees om jou staal in die eindronde op die Blêrkasverhoog te toon. Die wenner van elke streek sal net ná die oudisie aangekondig word. As jy as een van die streekwenners gekies word, moet jy jou eie vervoer en verblyf na Bloemfontein reël. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie beskikbaar is nie. As jy nog vrae het, skryf aan

thurter@volksblad.com of skakel 083-627-7017. Die volgende pryse is op die spel: ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag, visitekaartjies, ’n professionele profiel, Facebookprofiel en vyf nuusverklarings. Die waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner wen elkeen twee

nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500. ) DV Village Music: Drie mikrofone ter waarde van R4 500.


4

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

’n Besonderse man soos my pa

NET#WORK BBDO 8017204/A

VADERSDAG word Sondag wêreldwyd gevier. Kroonnuus se personeel het gedagtes oor hul pa’s neergepen: Jana Bekker (Noord-Vrystaat se verslaggewer van Volksblad) se pa is wyle Peet Smit, nuusman: “Wat ek altyd van my pa sal onthou, is sy humorsin en spitsvondigheid. Hoewel hy ’n introvert was, kon hy die humor in enige situasie met ’n paar sinne opsom. Dít het goed te pas gekom in sy beroep as joernalis waar hy bekend was vir sy slag om koppe (opskrifte) te skryf. My pa was gesteld op goeie taalgebruik en het ons kinders gereeld reggehelp as jy verkeerd gepraat het of gedurf het om ’n Engelse woord tussenin te gooi. My pa was ’n goeie luisteraar. Hy het graag grappies met ander mense gemaak en het ook graag met homself gespot. Hy het aandagtig geluister wanneer enigeen met hom gepraat het. Die grootste geskenk wat hy ons ooit kon gee, was sy liefde vir my ma en ons kinders.” Tharine Hurter (redakteur) se pa is wyle Hayward Hurter, ’n lugbespuitingsvlieënier: “Sy ysterhande. Sy manier om ’n gepaste bynaam vir iemand uit te dink, sy geduld, sy waagmoed, sy ligte oë met lagplooie wat ’n barshou kon kyk. Sy vermoë om die laaste traan uit Jan van Riebeeck op die eensentstuk te druk en dit om en om te draai. ’n Storieverteller van formaat. Die gifreuk aan sy lyf het lekkerder as enige naskeermiddel geruik. Dara was ’n ware man. Sy woorde sal my altyd bybly: “Figure dit uit, Jammy (my troetelnaam).” Elrina de Beer (verkoopsbestuurder) se pa is wyle JC Maree (Jan) van Winburg: “As ek aan

Heerlike kors vir hoenderpastei ’n PASTEI moet ’n smaaklike kors bo-op hê. Maak gerus dié maklik sodawaterkors vir jou volgende hoenderpastei. Bestanddele: 5 x 250 ml koppies koekmeelblom 5 ml sout 5 ml kremetart 500 g goeie margarien 250 ml sodawater

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

my pa dink, dink ek aan Walter Matthau – sy looks en sy humor. Boerdery was my pa se lewe en sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Tot vandag toe kan ek nog kliphard vir sy grappies lag. Hy was nie juis die beste danser nie, maar het dit steeds met oorgawe gedoen. En nou met trane van verlange in my oë kan ek sê hy is die beste en ek mis hom elke dag.” Elaine Herbst (advertensiekonsultant) se pa is wyle Fanie Herbst, Telkom-tegnikus: “My pa was die ongelooflikste mens wat ek geken het, wat my bygestaan het al was hy hoé kwaad vir my. Sy onvoorwaardelike liefde vir sy gesin het uitgestaan. Hy het altyd gesê hy het nie geld nodig as hy sy gesin het nie. Sy rykdom is sy gesin.” Annetjie Cloete (Snuffelgidskonsultant) se pa, Piet Swart, afgetrede passer by die destydse Spoorweë: “My pa se nederigheid en liefde vir mense sal my altyd bybly. Hy is ’n omgeemens en sien altyd die goeie in ander raak. Hy het my geleer om die goeie dinge in die lewe te waardeer. Hy is ’n wonderlike pa.” Bongiwe Sethole’s (advertising consultant) dad is a retired miner who has a transport business: “He is a great man and so caring with so much wisdom. I can always count on him. I’ll never forget the way he prevented my mom from punishing us children. “We hardly got spanked at all.”

Metode: Vryf die margarien in die droë bestanddele. Voeg sodawater by. Meng deeglik. Rol uit en gebruik. Hoe koeler die kors is, hoe beter is die eindresultaat. Koroso 5 x 250 ml flouru 5 ml letswai 5 ml cream of tartar 500 g rama margarine 250 ml soda water

Dankie vir flink optrede met huisbraak LOUSANNE VAN HEERDEN, Kroonstad: MY opregte dank aan die Kroonstad-polisie wat blitsig opgetree het toe daar verlede week by my woonhuis in Kroonheuwel ingebreek is. Die publiek is so vinnig om die polisie te kritiseer as misdaad wel plaasvind. Binne ’n ommesientjie was die polisie op die toneel om verklarings af te neem en die speurders het vinnig die forensiese afdeling op die spoor van vingerafdrukke geplaas.

Gee bloed vir dié wie lewe gee. Skenk veilige bloed om moeders te red. Dié Bloedskenkermaand, moenie dat die lewe in die pad van lewe staan nie.

www.facebook.com/SANBS www.twitter.com/theSANBS

Tolvry: 0800 11 9031 www.sanbs.org.za

Mokgwa: Sefa flouru, letswai le cream of tartar. Pikitla margarine ka flouru, letswai le cream of tartar. Tshela soda water. Kopanya hantle. Rolo koroso.

Dis belangrik dat mense wat in moeilike omstandighede die publiek dien, se diens gewaardeer word. Dis nie aldag lekker om in die polisie te wees nie. Dié manne en vroue in blou moet die koue ook trotseer om ons veilig te hou. Bravo! Kroonstad se mag in blou.


KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Youth Day celebrated at library YOUTH DAY will be commemorated on Friday, 13 June, from 12:00 at the Tswelopele Library, Maokeng. This event is organised by the Moqha-

ka Department of Community and Emergency Services: Library Section. For additional information, call 076-813-0459.

Tax workshops presented in Kroonstad FREE tax workshops will be held tomorrow from 10:00 at the South African Revenue Service (SARS) in Kroonstad at the corner of Steyn and Hill Street. Starting at 10:00 small business corporations and compliance will be discussed and

at 12:00 income tax intermediate. On 25 June at 10:00 public benefit organisations (PBOs) will be discussed, followed by corporate income tax (IT14 completion) at 12:00. For more information call 056-215-1141.

Sluit jou by kantien aan DIE Kroonstad-polisiekantien nooi inwoners om lid van die kantien te word en saam met polisiebeamptes ’n Country Meat-braaipak op die kole te gooi. Tapmeesters a.o. Louis Saaiman en kapt. Herman Hattingh nooi mense om die tappryse van die kantien met dié van ander kuierplekke in die dorp te vergelyk. Die kantien is nie uitsluitlik vir polisiemanne of -vroue nie, maar vir enigeen wat gesellig wil verkeer. Die geriewe by die kantien is modern en pynlik netjies. Diegene wat hulle op Vrydag 27 Junie van 18:00 af as lede van die kantien aansluit, kwalifiseer vir 50% afslag op ledegeld. Dit beteken ledegeld is ’n geringe R60 per jaar. Bel Marna Koen by 083-541-2374 of Saaiman by 082-707-7595 vir inligting.


KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Betaal geld terug, sê hof Jana Bekker DIE DA het beswaar gemaak toe geld in 2009 aan politieke partye betaal is om hulle te help met verkiesingsuitgawes. Só het Chris Steyl, navorsings- en kommunikasiebeampte van die DA, Dinsdag gesê nadat die Vrystaatse hooggeregshof gelas het die Moqhaka-munisipaliteit moet die geld wat destyds aan politieke partye gegee is, verhaal. Die ANC het R380 000 ontvang, die DA R70 000, die APC R20 000, die VF+ R20 000 en die ACDP R10 000. Steyl het gesê die DA het die saak na die openbare beskermer (OB) gestuur vir ondersoek. “Die bevinding was dat die hele proses onreëlmatig was.” Hy het gesê die geld wat die DA ontvang het, word in ’n trust by ’n Kroonstadse prokureursfirma gehou totdat al die partye wat geld ontvang het, dit aan die munisipaliteit terugbetaal het. Paseka Moshoadiba van die

APC het gesê dit is jammer dat die party se raadslede buite orde was. “Ons sal ondersoek instel en wie ook al verantwoordelik was daarvoor om die geld te ontvang sal dit moet terugbetaal. Openbare geld kan nie onwettig gebruik word nie.” Thabo Meeko, ANC-woordvoerder in die Vrystaat, het gesê hy is nie bewus van die geval of die hofuitspraak nie, maar dat partyprokureurs die aangeleentheid sal hanteer. Thys Vermeulen, VF+-raadslid van Moqhaka, het gesê dié party is sover die enigste een wat die geld wat hulle ontvang het, terugbetaal het. Hy het gesê dit lyk asof die OB se bevindings nie meer afdwingbaar is nie. “Die OB het dit ’n bevel gemaak dat die geld terugbetaal moes word, maar niemand steur hulle daaraan nie.” Tommie Lessing, ACDPwoordvoerder, het gesê hy volg die inligting op en sal daarop reageer sodra hul ondersoek afgehandel is. Dié party het nie meer ’n setel in Moqhaka nie.

Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

DIE vriendelike personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se tak in Kroonstad spog met nuwe uniforms. Van links is, voor: Phillemon Mogashoa, Bronwyn Petersen en Jonas Mosikili; agter: Chantal Liebenberg, Anneke Britz, sr. Magda Stoltz, sr. Tshegofatso Molwane, sr. Bukiwe Ndabambi en Alta Goosen. Foto: Verskaf

Bloed red lewens

OP Saterdag 14 Junie word Wêreldbloedskenkerdag deur lande oor die wêreld heen gevier. Wêreldbloedskenkerdag skep bewusmaking vir die behoefte aan veilige, gehaltebloed en -bloedprodukte en eer talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers vir hul lewensreddende geskenk van bloed. Dit het ook ten doel om breë bewusmaking oor die wêreld heen te skep oor die beskikbaarheid, asook die gepaste gebruik, van veilige bloed en bloedprodukte. Dit beklemtoon ook die behoefte aan toegewyde bloedskenkers wat nie vergoeding ontvang nie. Wêreldbloedskenkerdag wat in 2004 ontstaan het, is op die verjaardag van Karl Landsteiner. Landsteiner het die ABO-bloedgroepstelsel, wat vandag gebruik word om veilige bloedoortappings te verseker, ontdek. Wêreldbloedskenkerdag is ’n jaarlikse gebeurtenis wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) geborg word. Dit is een van slegs agt amptelike internasionale gesondheidsveldtogte wat deur die WHO

gemerk word. Vanjaar se tema is Veilige bloed vir die redding van moeders en fokus op die ontwikkeling van ’n strategie om te verseker daar is altyd toegang tot veilige bloed om die dood van moeders te voorkom. Die dood van vroue weens komplikasies tydens geboorte bly ’n ernstige probleem wêreldwyd. Sowat 800 vroue sterf daagliks weens swangerskap of geboortekomplikasies. Omtrent al dié sterftes gebeur in ontwikkelende lande. Meer as die helfte van die gevalle vind in Afrika suid van die Sahara en ’n derde in Suid-Asië plaas. E Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wy Junie aan die groter bewusmaking vir die tydige beskikbaarheid van bloed as deel van ’n alomvattende benadering tot die voorkoming van moedersterftes. Bloedoortapping is geïdentifiseer as een van die nege lewensreddende ingrypings vir die bestuur van swangerskapverwante komplikasies.

Ontvang nuwe oorpakke vir leerlinge

LEERLINGE van die Johan Slabbert-skool spog met nuwe oorpakke in die metaaltegnologieklas. Van links is JP Jansen (leerling), Simon Lues (ROFF Industries) en Jan Jordaan (Roff Industries).

DIE leerlinge van die Johan Slabbert-skool wat metaaltegnologie, duikklop en spuitverf en siviele tegnologie as praktiese vakke neem, het almal onlangs nuwe oorpakke ontvang. Marius Enslin, die metaaltegnologie-onderwyser, is ingenome met die nuwe oorpakke wat die leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes onlangs ontvang het. Die goedgesindheid van Senwes, Roff Industries, Bearing International en Manny’s Saverite word opreg waardeer. Op die oorhandiging is van links André Jonker (skoolhoof), Louis Lingenfelder (Senwes-bestuurder) en Justin Cappazorio (Saverite Manny’s). Foto: Verskaf


KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

ALGEMENE KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

MAOKENG CRUSHERS & MINING (PTY) LTD MCM is tans besig met 'n aansoek vir 'n mynpermit vir sand op die plaas Gelukwaarts, Kroonstad Alle geaffekteerde en belanghebbende persone moet registreer voor 12 Junie 2014 om 12:00 vir 'n vergadering wat gehou gaan word op 13 Junie 2014 U word gevra om te registreer per epos: probou@mtnloaded.co.za en ook aangeheg u belange rakende die vergadering.

PERSOONLIKE DIENSTE

MCM is currently applying for a mining permit regarding sand on the Farm Gelukwaarts, Kroonstad. All affected and concerned parties must register before 12 June 2014, 12:00 for a meeting that will be held 13 June 2014

TE KOOP

ALLERLEI 1655

SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 KINDERVERMAAK 1405

MAOKENG CRUSHERS & MINING (PTY) LTD

KONTANT LENINGS Onmiddelik beskikbaar. Skakel 056 212 6434

SPRINGKASTELE TE HUUR Nuwe voorraad ingekry. Skakel 076 530 8447 FINANSIEEL 1420

A " BLACKLISTED" "ITC" "DEPREWIEV" WE CAN HELP. We finance you. Cars, Bakkies, D/Cubs available. 076 309 You must register per email: probou@mtnloaded.co.za 9909 or 076 752 7446. and please attach your concern email: martie.benecke regarding the meeting @gmail.com

GESONDHEID & SKOONHEID

BOUMATERIAAL 1610

1430

OPENINGS AANBOD!!! SALON ESTETICA Akriel volstel naels R 180 OF Akriel Overlay Kry gratis manikuur Gel Overlay Tone R 120 Kry gratis pedikuur Brow Wax & Tint R 50 Kontak Tersia 072 3113 858 vir 'n afspraak SALON MANJIFIEK Goeie Diens Gemaklike atmosfeer Doen "Brazilian straightner" Is ook opsoek na skoonheids terapeut wat naels doen Skakel 083 461 1618

REGSDIENSTE 1440

Word u gepla deur u skuldeisers. Is u kontantvloei daarmee heen - Ons kan u help met skuld berading. Skakel 083 635 3372.

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

KLERASIE

'n Warm Winter, Ondervloerse Verwarmers- Vol Vloer of Los matte Kontak Top Carpets 056 212 5507 EKSOTIESE SIEREENDE TE KOOP Broeigereed Pare asook los eende. Goeie Bloedlyne. Kontak Cherryl Tel:056 515 3963 Sel 076 246 1414 E-Pos: cherylgebrands@gmail.com KOM BESOEK ONS NUWE UITSTALRUIMTE Mosaïek, los matte, mosaïek teëls, kaggels ens. Top Carpets 056 212 5507

1615

HOT SPOT: (oorkant Clicks). Stylvolle nuwe reeks wintersklere ontvang Jeep, Fox, Quicksilver ens.. Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555

SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" beskikbaar. Rock Spring ens.. Kom loer gerus!! Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555

9

SOYA BALE TE KOOP 1.2m - R 130 per baal Skakel 082 263 5729 of 072 471 4126 TROETELDIERE 1660

OPREGTE LABRADOR HONDJIES - 4 Wit, 4 Swart. 9 weke oud 3 Tefies, 5 Reuntjies. R 1 000 - 082 572 2601 YORKSHIRE TERRIER reuntjies & tefies te koop. 6 weke oud Klein tipe - kort beentjies. Geregistreer, ingeënt en ontwurm - 078 572 3036

GBK CONSTRUCTION Verf, Seël van dakke, Bouwerk, Teëlwerk, Houtvloere, Plaveisel, Gideon Koertze 076 230 8364

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

AATJIES MATTE Vir die lê van volvloer matte, Viniel en Gelamineerde vloerbedekkings. Kontak Johan Hattingh 082 893 3673 LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396. VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 270 0311


10

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014 VERVOER & BERGING

SAKEPERSELE 1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248. JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322 BOME 1871

3215

PERSEEL TE HUUR BY TAXI RANK Skakel 082 908 9555. PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555. TE HUUR WINKELPERSEEL in besige blok, Presidenthof, Oranjestraat. R 3 300 pm plus Deposito. Opsigter - 056 215 1897 of 084 2737 385

HOUTKAPPERTJIE: PLASE TE 083 568 1568 KOOP Afsaag, 'trim' en verwyder 3245 van bome. KLEIN PLASIE TE KOOP Kaggelhout te koop. 23.2 hekt. Groot woonhuis Intrek en boer. Naby dorp VOLWASSENES baie water. R 1.2 m Skakel 072 471 4126 of 082 263 5729 PRIVAAT WOONSTELLE 2015 TE HUUR 3250

2 GEMEUBILEERDE "Bachelor" woonstelle te huur. Water & ligte ingesluit. R2 400 pm. Deposito - 082 202 5940 ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke Top Carpets 056 212 5507

EIENDOMME

TE HUUR 3205

KROONSTAD VERTOONLOKAAL OP BESIGE HOEK - Volop parkering op hoofroete Onmiddelik beskikbaar Groot vertoonvensters, geskik vir: Motorverkope of Bande besigheid 250 vk meter - binne 300 vk meter - buite NAVRAE: CORRIE 056 212 3111 Te Huur (CBD) Stoor – 160 v/m Warehouse – 1200 v/m Onmiddelik beskikbaar – Skakel 083 635 3372 TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265

1-Slk ruim gemeubileerde woonstel naby Rooiskool vir enkelpersoon vanaf 1 Julie R2500 pm Skakel 083 457 2077 TUINWOONSTEL TE HUUR Plesseymeter. Water ingesl. R 1 800 pm. R 500 Deposito Huur vooruitbetaalbaar Geen kinders & diere Geen kansvatters nie. Skakel 083 3200 232 HUISE TE KOOP 3275

RUIM 2 SLAAPKAMER Woonstel op hoewe. Beskik 1 Julie. R 2 700 pm. Geen troeteldiere. Skakel 082 337 3102

2 SLAAPKAMER HUIS TE KOOP Skakel 056 212 6681

2 SLP W/S - RUIM, NETJIES, VEILIG met balkon. Baie ingeboude kaste, kaggel. R 2 900 pm - 076 900 9868

HOUSE FOR SALE Malherbe street 9A 3 Bedrooms and 3 Bathrooms. Contact 082 908 9555

HOUSE FOR SALE Panorama, Fleckstreet. House is in good condition and is very neat. 3 Bedrooms and 2 Bathrooms. Contact 082 908 9555

MEENTHUISE TE KOOP 3330

GEKLASSIFISEERD

GELEENTHEID WAT SELDE VOORKOM Produksie-Assistent INDIEN OOIT! By gevestigde hoender TOSKAANSE BOUSTYL: lê-eenheid naby 3-slk-meenthuis, HUISE TE HUUR Kroonstad. 2,5 badk, Die persoon moet oor die 3270 oopplanwoonarea, nodige kennis, moderne ingerigte GROOT ondervinding en kombuis. Dubbelmotorh 4 SLAAPKAMER vaardighede beskik om die + onderdak parkering, Woonhuis met eenheid effektief en veiligheidsmure, 2 badkamers en afdak vir SMIT KRUGER produktief te bestuur. klein ontwerpte tuin. 4 motors met weiding JUNIOR BOEKHOUER Hy moet eerlik, MAAR DIE BESTE, (32 ha) buite Kroonstad Ons benodig die dienste pligsgetrou, DIE EIENDOM KAN Skakel 083 2944 812 van persone wat as verantwoordelik en GEHUUR WORD MET boekhouers opgelei standvastig wees met HUIS TE HUUR OPSIE OM TE KOOP. kan word. sober gewoontes. 2 Slp huis. Nou beskikbaar SKAKEL 056 213 3024/ Die vereistes vir die pos is: Huur R2 600, huur en dep 082 922 6165 ALLE URE Vorige ondervinding met - Matriek met Wiskunde of lê-henne in vooruit betaalbaar. Geen Rekeningkunde ‘n eier produksie kredietburo - 056 212 6681 - Die persone sal omgewing sal ‘n sterk BETREKKINGS NETJIESE 3-slk huis indiensopleiding kry aanbeveling wees. - Die persone met in Môrewag naby 3600 ‘n Mededingende rekenaarvaardigheid Rooiskool met ruim tuin, vergoedingspakket word (Excel) sal voorkeur belasting & water aangebied. ALGEMEEN geniet ingesluit. R 4 750 pm E-pos volledige cv na SENIOR BOEKHOUER/ Opsie om 3680 eiko.accounts@ REKENMEESTER gemeubileerde joubertgroup.co.za BENODIG KROEGDAME Ons benodig ook die woonstel by te huur. IN STEYNSRUS dienste van iemand wat Skakel 083 457 2077 Rellings Inwoning beskikbaar. reeds oor vaardighede Outfitters & Sport Ouderdom bo 25jr beskik. Vakante pos beskikbaar vir AFTREEOORDE Skakel 083 291 4629 Kontak vir Wanda/ Adèle dames/mans by 056 212 3184 vir 3309 verkoopspersoon. HALDAGPOS VIR 'N aansoekvorms of kry die PALMS Geskikte kandidaat moet VOLWASSE DAME vorms by ons kantore voldoen aan volgende TUISVERPLEGING vanaf 1 Julie 2014 te Presidentstraat 41, vereistes: SENTRUM bied aan Rekenaarvaardigheid, Kroonstad * Matriek, Semi-en Totale tweetaligheid en goeie * Kode 8 rybewys, versorging SURVEY ASSISTANTS gesondheid 'n vereiste. * Rekenaarvaardig Self-versorgend. Skakel 056 216 6506 vir IN YOUR AREA * Afrikaans & Engels " Stepdown" Geregistreer navrae ivm No experience or magtig. by Mediese fondse met die inhandiging van u CV qualifications needed. Sluitings datum: Praktyk no. R 4 000 advance + 20 Junie 2014 KOERANT Dag- naweek en vakansie commission. For more CV kan ingehandig word AFLEWERAARS fasiliteite. information: Email your by Rellings DRINGEND GESOEK Rustige, liefdevolle, name and contact details Indien u geen terugvoer Vir Môrewag & geduldige en omgee to: thephilljames26@ ontvang het teen die omgewing word geskep vir Wespark area gmail.com OR whatsapp 23ste Junie, aanvaar u ons inwoners. Om dadelik te begin. your email, name & aansoek was onsuksesvol Sel: 082 536 0558 Annemarie contact details to: alle ure 081 854 0585 072 317 2008


KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Klub sukkel teen Rovers Martin Venter DIE Kroonstad-rugbyklub het weer oor die hekkie teen die Welkom-Rovers hier op hul tuisveld gestruikel. Soos met die wegwedstryd het Kroonstad ook ’n loslootjie die week voor die wedstryd teen Rovers gehad. Die Kroonstadters het weer ná dié loslootjie verroes met ’n futlose vertoning vorendag gekom. Rovers het eerste hul rekening vroeg in die eerste helfte met ’n strafskop geopen. Hulle het dit ’n paar minute later met ’n drie opgevolg. Die drie was die gevolg van swak verdediging aan Kroonstad se kant. Rovers se losskakel het die drie verdoel om hulle in daardie stadium ’n voorsprong van 10-0 te gee. Kroonstad het eers later deur Tiaan van Wyk se skopskoen sy rekening met ’n strafskop geopen en daarmee die agterstand na 7 punte laat krimp. Die Kroonstadters was teen rustyd by ’n paar geleenthede goed op die aanval, maar kon net nie afrond nie. Die meeste van die spel het in Rovers se gebied plaasgevind.

Met die draaislag was die telling op 10-3 in Rovers se guns. Hulle het weer eerste punte in die tweede helfte aangeteken deur hul tweede drie te druk. Die doelskop was onsuksesvol en die telling 15-3 in Rovers se guns. Kroonstad het toe ’n bietjie beter spel gelewer en met ’n goeie aanval die verdediging van Rovers geklop en Doppies du Plessis het vir Kroonstad se eerste en enigste drie oorgeduik. Van Wyk, wat die heel aand nie gefokus was nie, het ook hierdie doelskop verbrou. Ná nog ’n strafskop vir Rovers het die telbord op 18-8 in hul guns gestaan en dit was ook die eindtelling. Vir Kroonstad het Hendré van Zyl en Luan Kleyngeld voorlangs moedig probeer en ’n paar keer die bal goed vorentoe gedra; Albert Human het ook in die losskrums gewoel. Agterlangs het Bobby Marais en Du Plessis goed op die aanval gelyk. Lucas Boucher is egter goed opgepas en kon daarom nie sy stempel behoorlik op die wedstryd afdruk nie. ’n Ligte puntjie was die tweede span wat sy onoorwonne status in

SKOLENUUS / SCHOOL NEWS NETBALSPELERS van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) is in die Kiewiete-netbalspan (o.19) ingesluit en sal in Julie aan ’n netbaltoernooi in Hennenman deelneem. Hulle is van links, voor: Junelda Gunter en Izel Cilliers; agter: Lené van der Watt.

Soccer clinic held A SOCCER CLINIC will be held on 16 June (Youth Day) from 09:00 to 13:00 for boys and girls between the ages of 8 and 15 at the Seeisoville Stadium. Local community coaches will give training. Peter Mothibeli (professional soccer coach associated with Safa) will be one of the coaches. The clinic is aimed at the development of soccer at school level in the Moqhaka Municipality. All those interested can attend the clinic for which there is no charge. Anyone interested in sponsoring or donating equipment towards the clinic can call Mothibeli on 072230-2022.

vanjaar se kompetisie behou het. Hoewel hy sy eweknie van Rovers met 40-17 verslaan het, was die wedstryd nie so maklik as wat die telling weergee nie. Hy is verseker van ’n tuis-halfeindronde en moontlik ook ’n tuis-eindronde. Voorlangs het Saagie Janse van Rensburg die enjinkamer aan die brand gehou, terwyl Gert Martin van agter twee keer die doellyn van Rovers oorgesteek het. Janneman Kotze en Doppies du Plessis het hom goed bygestaan. Hierdie week is die laaste ronde van vanjaar se liga wanneer Kroonstad na Hennenman sal reis. Indien albei spanne wen, sal die halfeindronde tuis in Kroonstad gespeel word. Punte en puntemakers: Eerste span: Kroonstad 8 (3). Drie: Doppies du Plessis. Strafskop: Tiaan van Wyk. Rovers 18 (10). Tweede span: Kroonstad 40 (28). Drieë: Gert Martin (2), Janneman Kotze, JP Nel, Saagie Janse van Rensburg, Doppies du Plessis. Doelskoppe: Johan Boucher (2), Mindus Crous (2). Rovers 17 (0).

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS DORPSBEPLANNING 4025

MOQHAKA TOWN PLANNING SCHEME APPLICANT: Mr J Viviers duly authorised and on behalf of LMV Town Planners Notice is hereby given to all whom it may concern that, in terms of Section 7.2.2 of the Moqhaka Town Planning Scheme, Me A Nkuna intends to apply to the Moqhaka Local Municipality for permission to conduct a “Place of Instruction” (Nursing College) on Erf 735 (36 Malherbe Street, Kroonstad), zoned “single residential”. Any objection, together with the grounds thereof, must be lodged with the Municipal Manager, P O Box 302, Kroonstad, 9500, and the applicant at the under-mentioned address, within 14 days of the publication of the advertisement in the press. Particulars may be inspected during normal office hours, between 11:00 and 15:00 at the address of the applicant. APPLICANT: Mr J Viviers duly authorised and on behalf of LMV Town Planners Hill Street 74 / P O Box 61 KROONSTAD 9500

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 10 JUNIE 2014

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za

Gholfdag steun kinders DIE Vryburger-omgeemense bied op Jeugdag, Maandag 16 Junie, ’n gholfdag by die Kroonstad-buiteklub aan. Dit is ten bate van die Kos vir Kinders-projek. Die dag se spel sal volgens die individuele beterbal-Stableford-formaat (IBS) beslis word. Inskryfgeld is R120 per persoon. Die eerste bal kan om 11:00 afgeslaan word. Bel Stef Breytenbach by 072-058-9368 of Nico Hurter by 083-313-1063 om in te skryf.

DR. JACQUES JOUBERT (voor in aksie met die rooi pet) langs ’n rubberboot tydens die Freedom Swim van Robbeneiland na Big Bay (Bloubergstrand) in die Wes-Kaap. Die Freedom Swim is op Vryheidsdag aangepak. Inlas: Joubert met ’n warm mussie op sy kop by die oopwaterswembyeenkoms. Foto: Verskaf

Geen uitdaging te groot nie Tharine Hurter VAN kleins af was Jacques Joubert, vandag ’n geleerde met ’n doktorsgraad in farmakologie, lief vir die water. Met wyle Anna Venter van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) wat hom afgerig het en Beth Lordan, meesterswemmer, wat hom gemotiveer het om aan oopwaterswembyeenkomste deel te neem, kon dit nie anders nie.

Joubert het op Vryheidsdag (27 April) aan die Freedom Swim, van Robbeneiland na Bloubergstrand, in Kaapstad deelgeneem. Dit was die eerste keer dat hy aan die 7,5 km-oopwaterswem deelgeneem het. Hy het in die kategorie vir swemmers sonder ’n beskermende pak (wet suit) deelgeneem. Hy het ’n sesde plek behaal in dié swemuitdaging wat in die water van 13 °C aan die Kaapse Skiereiland plaasgevind het. Dit word

as een van die strafste in die wêreld gereken omdat die menslike liggaam tot die uiterste beproef word. In Junie 2013 het Joubert Kilimandjaro, die hoogste berg in Afrika, uitgeklim en die piek bereik. Hy is ook reeds hard aan die oefen om die 33 km in die Engelse kanaal in die Verenigde Koninkryk te swem. Hy is die seun van André en Leda Joubert van Kroonstad.

FRANCO FRONEMAN (regs), ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies), is die Vrystaat en Noord-Kaap se Sishen- junior ope gholfkampioen. Op dié kampioenskap is hy as algehele wenner van die toernooi aangewys. Met rondes van 74, 76 en ’n skitterende 69 het hy die toernooi met sewe houe gewen. Hy is nommer vier op die ranglys van die Vrystaat en Noord-Kaap en speel van ’n voorgee van twee. By hom is Rias Rabie van Kathu. Rabie dien in die junior gholfkomitee van die Vrystaat en NoordKaap. Foto: Marius Tolken


Kroonnuuskn 20140610