Issuu on Google+

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 15 APRIL 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

GRATIS

KROONSTAD se Passiespel sal op Goeie Vrydag in die NG Moederkerk in Cross-straat opgevoer word. Hier is, voor: Robbie Swart (Jesus), van links, agter: Marthinus van der Walt (Petrus), RenĂŠ Combrinck (Andreas), Smiley Liebenberg (dissipel), AndrĂŠ Bekker (dissipel), Boris Armoed (dissipel) en past. Jurie Swart (Judas). Foto: Hazel Dell

Beleef Passiespel Tharine Hurter

CHRISTENE van Kroonstad en die omgewing mag op Goeie Vrydag nie die Passiespel om 17:30 in die NG Moederkerk in die dorp misloop nie. Plaaslike inwoners van al die

Christen-kerke gaan die verskillende rolle vertolk. Die afgelope paar maande word hard geoefen om alles so werklik moontlik te maak rondom dit wat met die kruisiging van Jesus Christus gebeur het. Kostuums en dekor word gebruik

om die toeskouer terug te neem na daardie nag toe Jesus die hoogste prys betaal het om ons van ons sonde te bevry. Deelnemers getuig selfs met die oefening van die verskillende gebeure word hulle weer diep geraak deur dit

wat Christus vir mense moes deurmaak. Toegang is gratis en almal word hierheen genooi. Raak kreatief en kom geklee in jou Bybelse uitrusting. Skakel 082-976-8419 of 082-5715472 vir meer inligting.


2

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Posman bring e-toll-nuus Tharine Hurter EDENVILLE. – “Ek moes al my beltyd na die e-toll-nommer uitbel en hulle kon nie eens hul telefoon beantwoord nie. Ek was nog nooit met my motorfiets in Gauteng nie en hier kry ek ’n stapel korrespondensie van e-toll vir ’n vragmotor wat met mý motorfiets se registrasieplate in Gauteng gery het,” vertel ’n duidelik vies John Gouws (67) van dié dorp. Op een van die papiere van e-toll is ’n foto van ’n groot vragmotor wat op een van die paaie in Gauteng gery het. Dié pryk met sy 125 cc-Cagiva-motorfiets se nommerplate op. Gouws het verlede Vrydag die stapel dokumente in sy posbus gekry. Daar is een faktuur, twee wat as korrespondensie gemerk is, een transaksieverslag en een rekeningstaat. Hy herstel en verkoop motorfietse. Die verste wat hy nog met sy motorfiets gery het, was na Heilbron waar sy dogter woon. Hy het aan Kroonnuus die wettige registrasiesertifikaat van die motorfiets gewys. “Daar is nie ’n manier hoe ek dié R97 gaan betaal vir die vragmotor wat onwettig met my motorfiets se nommerplate rondry nie,” sê hy. Hy het die tolvrye Sanral-nommer geskakel om dit onder Sanral se aandag te bring. ) Het jy al ’n e-toll-rekening vir jou Vrystaatse voertuig ontvang? Is daar nog sulke gevalle soos Gouws s’n? Vertel jou storie by www.kroonnuus.co.za.

JOHN GOUWS het nog nooit met dié motorfiets op die e­toll­paaie in Gauteng gery nie. Tog is hy met twee briewe van e­toll, ’n rekeningstaat en ’n transaksiestaat vir ’n groot vragmotor, in die posbus by sy woning in Edenville verras. Foto: Tharine Hurter

Bespreek vroeër DIT is die Paasfees-langnaweek en Kroonnuus se uitgawe vir die aanstaande week moet vroeër as gewoonlik by die drukkery wees. Adverteerders word versoek om blokvertoon-

advertensies voor môre (Woensdag) om 10:00 by Elaine Herbst of Bongiwe Sethole vir die uitgawe van 22 April te bespreek. Besprekings vir die geklassifiseerde advertensies sluit môre om 17:00.

OP die Fox­motorfietssaamtrek in Kroonpark in Kroonstad is geld vir die Northern Free State Care Givers (NFSCG) ingesamel. Ka­ rin Dennis (heel links) van Kroonstad het namens Dennis Casten altesaam R5 230 aan sr. Adri van Heerden (NFSCG) en Felicity Combrinck (voorsitter, NFSCG) oorhandig. Foto: Tharine Hurter

’n Paasfees om te onthou Tharine Hurter “KRUISIG HOM!” Met Jesus se bloed word ons sondes skoon gewas. Dit is Paasnaweek en Kroonstadters word genooi om gratis aan die Paaskonferensie deel te neem. Die Paaskonferensie, wat jaarliks in Kroonstad deur die Ring van Kroonstad aangebied word, word vanjaar toegankliker vir inwoners van Kroonstad by die NG kerk Kroonstad-Suid se gemeentesentrum aangebied. ’n Opwindende program wat Christene dié Paasfees nooit sal vergeet nie, word aangebied. Alle verrigtinge is gratis. Donderdag, 18:30: Nagmaal gelei deur ds. Marius de Beer. Goeie Vrydag, 09:00: Goeie Vrydagdiens gelei deur dr. Izak Burger, president van die AGS-kerk Suid-Afrika. 17:30: Passiespel in die NG Moederkerk. Saterdag, 07:00: Ontbytpraatjie deur dr. Jan Bothma, ’n pastorale terapeut. Die tema van Bothma se praatjie is Die graf van pornografie. 18:30: Lofprysingsdiens onder leiding van ds. André Peasley, leier van die gemeenskapsfokus by die Moreletafamilie. Sondag, 09:00: Opstandingsdiens met ds. André Peasley, gevolg deur oorwinningslewe om 18:30.

DR. JAN BOTHMA sal oor Die graf van por­ nografie op die Paaskonferensie praat.

DS. MARIUS DE BEER sal Donderdag om 18:30 by die NG kerk Kroonstad­Suid ’n Nagmaaldiens lei.

DR. IZAK BURGER lei die Goeie Vrydag­ diens by die NG kerk Kroonstad­Suid as deel van die jaarlikse Paaskonferensie. Alle Christene is welkom om die verrigtinge by te woon.

Spontaan ontgin ander talente HET jy ’n spesiale talent? Die Volksbladgroep se gewilde jaarlikse sangkompetisie, Spontaan, trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Kroonstadters kan nou wys die dorp skitter nie net met sangers nie, maar ook met mense met vele ander talente. Die gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigiemand wat ’n besonderse talent het, kan dus daaraan deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. Deelnemers moet alles wat hulle vir die optrede nodig het, self verskaf.

Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die datum en plek van die oudisies en die pryse wat vanjaar op die spel is, sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.


KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

3

Helder water nie altyd gesonder nie Tharine Hurter DIE boorgat wat Brett en Yvonne England by hul woning in Davisstraat, Môrewag, het, vloei sterk en die water lyk in ’n glas baie skoon en helder. “Die afgelope tyd is daar baie watertekorte in ons woonbuurt en ons het dit goedgedink om onafhanklik te word deur ons huis se watertoevoer aan die boorgatwatertoevoer te koppel,” vertel Brett. Yvonne het daarop aangedring dat die boorgat se water wetenskaplik getoets word voordat hulle dié water vir huishoudelike gebruik en veral drinkwater aanwend. ’n Algemene klagte wat inwoners van Kroonstad het, is die gehalte en veral die reuk van die munisipale water. Winkels wat gesuiwerde water verkoop, gedy in die dorp. Nadat die uitslag van die wetenskaplike toetse gekry is, het die Englands in ongeloof die uitslag bestudeer. Dié boorgatwater se bakteriële telling kan nie eens getel geword nie. Dié telling moet <+1 000 per ml volgens die SANS 241-toets vir menslike gebruik wees. Die coliform-telling (Colilert) van die monster wat van die boorgat getoets is, is >201 per 100 ml. Die riglyne dui aan dat die coliform <10 per 100 ml mag wees. E.coli is die ergste virus wat in drinkwater kan voorkom en siektes kan veroorsaak. Die SANS 241-toets beveel aan dat die e.coli-telling in drinkwater afwesig moet wees. In die Englands se boorgatwater is 4 per 100 ml gevind. “Ons wil nie mense afraai om boorgatwater vir huishoudelike gebruik te gebruik nie, maar hulle moet seker maak dat die water nie met bakterieë

DR. NEHEMIA PHOOKO en dr. Frances Phooko is in Brentpark, Kroonstad. Hulle is die leier­op­ voedkundiges in die woonbuurt. Foto: Tharine Hurter

Geleerde paar dien Brentpark DIE linkerkantste glas water wat Brett Eng­ land vashou, is Kroonstad se munisipale kraanwater. Dit lyk ietwat vuil. Regs is ’n glas water uit die boorgat op sy erf in Davisstraat. Dit lyk helder, maar ’n wetenskaplike toets het bewys die boorgatwater is nie vir drink­ water geskik nie. Foto: Tharine Hurter besmet is wat skadelik kan wees nie. Ons gaan ’n filter by die omskakelingstelsel van die boorgatwater vir ons huis aanbring,” sê Brett. E.coli kom van menslike en dierlike afval en kan waarskynlik uit rioolpypleidings wat lek in die grond uitsypel en sodoende die grondwater/boorgatwater besoedel. Hoewel e.coli onskadelik is en lewend in die spysverteringstelsel van mense en diere voorkom, kan dit in groot hoeveelhede toksies raak en siektes veroorsaak. Drinkwater kan met chloor, ultravioletlig of osoon behandel word. Dié behandeling maak die e.coli onaktief.

Tharine Hurter TWEE opvoedkundiges in murg en been woon, leef, leer en dien die gemeenskap van Brentpark. Die egpaar is ook albei doktore. Klop aan die deur van dr. Nehemia Phooko en sy vrou, dr. Frances Phooko, en gesonde plante verwelkom jou. Talle kinders hardloop in die straat. “Dit is al die tweede en derde geslag kinders wat ons voor ons sien grootword,” sê Nehemia. Hy ontvang eersdaags ’n doktorale graad op die herfsgradeplegtigheid van die Noordwes-Universiteit (Puk-kampus) vir ’n tesis wat handel oor die aard en impak van psigologiese geweld op hoërskoolonderwysers met riglyne vir ondersteuning. Hy het onder meer navorsing oor sielkundige afpersing, teistering, seksuele geweld, verbale en nie-verbale geweld en liggaamlike én sielkundige aanranding gedoen. Hy sê onderwysers word veral geraak deur bogenoemde weens die departement, medeonderwysers, leerlinge, ouers en kollegas se rol. “Die oplossing begin by die bewusmaking van die gevalle en bekendmaking van

teikenmense. ’n Groot probleem is dat onderwysers wat onder dié druk geplaas word, te bang is om na vore te tree omdat hulle dan as swakkelinge of klakouse beskou sal word. Eie trots speel ook ’n rol.” Altesaam 82 hoërskole en 727 respondente het deelgeneem. Met dr. Tiaan Kirsten as studieleier is dié behaling van ’n doktorale graad ’n vervulling van sy wenslys (bucket list). Hy het vier jaar opsy gesit om ná sy aftrede as skoolhoof dié tesis te voltooi. Frances het reeds in 2005 haar doktorsgraad in opvoedkundige sielkunde behaal. Haar tesis het oor kinderdepressie en die ondersteuning daarvan gehandel. Sy het dié graad ook aan die Noordwes-Universiteit (Puk-kampus) behaal. Haar lewenspad is vervleg met onderwys en liefdadigheid. Haar liefde bly by kinders. “Ek kry my bevrediging uit dit wat ek vir die kind kan doen,” benadruk sy. Die geleerde egpaar se kinders, Lillis en Gaylin, studeer albei ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat en Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), terwyl Sylvester ’n rekeningkundige is en Delia by die Landbank werk.


4

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Die beste nuus ooit gepubliseer SUSAN MARÉ, bekroonde redakteur van Kroonnuus se susterskoerant Vrystaat, het verlede jaar dié “Sandsteenpraatjie” in Vrystaat geskryf: Koerante kry dikwels slae oor die nuus wat gepubliseer word – nuus wat deur die wêreld gemaak word. Mense sê dikwels: “Ons lees nie meer koerant nie. Dis net moord en doodslag waar jy kyk. Plaasaanvalle, swak munisipale bestuur, korrupsie, rampe. Vir wat moet ons dit lees?” As dit egter nie vir die grootste “koerant” van alle tye was waarin oor van Genesis tot Openbaring verslag gedoen word nie, sou ons nooit geweet het hoe die omstrede rabbi Jesus Christus meer as 2 000 jaar gelede op Golgota saam met twee ander misdadigers gekruisig is nie. Die dagblaaie en straatplakkate van Jerusalem sou in swart, vet letters die omstredenheid van Jesus se teregstelling aangekondig het en volledig verslag gedoen het oor die klug van sy verhoor, die sonsverduistering wat die stad tot stilstand gedwing het, die voorhangsel wat geheimsinnig beskadig is, die Joodse Raad wat opdrag gegee het dat die drie gekruisigdes op Golgota se bene gebreek moet word en die grafskenders wat Jesus se liggaam in die nag gesteel en op ’n onbekende plek weer begrawe het. Opspraakwekkende, skokkende nuus. Daar sou ’n berig gewees het oor die volgeling van Jesus wat die nag van sy verraad in ’n binnehof – binne hoorafstand van die aangeklaagde – om ’n vuurtjie gesit het en ontken het hy Jesus ooit geken. Die verslaggewer sou opgemerk

het hy het later in trane uitgebars toe ’n haan begin kraai het om ’n nuwe dag aan te kondig. Daar sou ook ’n berig gewees het oor ’n man wat homself buite Jerusalem opgehang het. Sy naam was Judas Iskariot – ’n vertroueling van die rabbi wat gekruisig is. Die berig sou klem gelê het op die rol wat hy gespeel het in die owerhede se plan om Jesus gevange te neem. Die berig oor sy selfdood sou waarskynlik geëindig het met: “Die Romeinse weermag vermoed geen misdaad nie”. Ses weke later sou die dissipels van die oorlede rabbi op die voorblaaie vertel het hoe Hy hulle vir oulaas tot naby Betanië die stad uit gelei het. Daar het Hy skielik in die lug opgestyg totdat ’n wolk hom uit die sig laat verdwyn het. Weke daarna sou teoloë in Jerusalem steeds geskok en verontwaardig oor die geldigheid van die jongste bewerings gedebatteer het. Paasfees 2014. Danksy ’n baie betroubare “koerant” – die Bybel – waarin alles oor dié fees opgeteken is onder leiding van die grootste Redakteur van alle tye – die Heilige Gees – kan mense op Goeie Vrydag saam met miljoene geloofsgenote simbolies by die kruis van Golgota neerkniel. Drie dae later kan hulle die opstanding van Jesus Christus met sy verreikende goeie gevolge uitjubel en vier. Die Bybel se beriggewing oor die gekruisigde en opgestane Christus – soos ervaar deur verskeie verslaggewers – is ongetwyfeld die beste nuus wat ooit in enige koerant gepubliseer is.

Berig krap net gemoedere om MOENIE MET MY KULTUUR MORS NIE (e-pos), Kroonstad: APRILGEK of nie, dit is glad nie goed vir die behoud van die Afrikaner-kultuur om met Sarel Cilliers se standbeeld te spot nie. Kroonnuus het met die voorbladstorie (“Sarel Cilliers in volkleur”) probeer om lesers vir die gek te hou, maar het eintlik net daarmee gemoedere omgekrap. Die geskiedenis van ons dorp is, soos die Titanic, in die slaggate van die strate aan die sink. Dit is ons, die belastingbetalers, wat die standbeelde en monumente opgerig het en kyk net hoe verwaarloos ons dit. Wanneer laas het iemand die moeite gedoen om self by hul

familielede se grafte skoon te maak? Kyk net hoe verwaarloos is die ou begraafplaas langs die Netcare-Kroon-hospitaal. Dit is ons voorvaders wat die dorp gebou het wat daar lê. Dit is beslis nie ’n goeie ding om deur die hospitaalvenster in ’n verwaarloosde graf vas te kyk nie. Waar is die mense wie se familielede daar begrawe is? A nee a, dit is mos nie die rondloperbeeste se werk om die grafte se oorgroeide gras en onkruid te verwyder en dit dan uit te mis nie.

Moenie plante steel, vra net WIMPIE PRETORIUS, Kroonstad: DIT is vir my ’n tydverdryf om my woonsteltuin met aardighede te versier. Onlangs het ’n boef op my sypaadjie die toiletbak met pragtige vetplante daarin stukkend geslaan en my plante gesteel.

Is dit nou regtig nodig? Vra my, ek deel graag steggies uit. Dit is wat tuinmense doen. Ek hoop die vetplantjies groei nie lekker by jou nie en kry verskriklike siektes. Los my tuinversierings uit en dan kan almal kan ’n versorgde tuintjie in Du Toitstraat waardeer.

Buitenkantstraat 37 Posbus 309, Kroonstad 9500

Lees meters in Kroonstad MOQHAKA se elektrisiteit­ en watermeters word deur Boshoff­meterlesers gelees. In Kroonstad is sewe meter­ lesers wat dié taak verrig. Inwoners kan hulle aan die grys oorpakke met hul identifikasiekaartjies uitken. Diegene wat hul lesings telefonies wil indien, kan met Annalene Pienaar by 056­216­9176 in verbinding tree. Die meterlesers is, voor: Ariel Nicodemus; van links, middel: Piet Shonqulo, Sam Ncchoba en Naume Koeyan: agter: Thabo Koaho, Gert Martin en Lerato Sesele. Foto: Rene Wegner

Kerrievis heerlik vir Paasfees KERRIEVIS word in die Kaap tradisioneel vir Paasfees voorberei. Kerrievis is heerlik koud en kan ook warm geëet word. Bestanddele: Sous 1 kg uie, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, fyngemaak 5 ml vars gemmer, gerasper 45 ml kerriepoeier 30 ml borrie 5 ml komyn 6 heel kruinaeltjies 6 wonderpeperkorrels 2 lourierblare 2 suurlemoenblare, gekneus 1 ml fyn anys 15 ml koekmeelblom 1 liter wit asyn 500 ml water 125 ml tamatiesous 5 ml sout 125 ml suiker Metode: Meng al die sousbestanddele in ’n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Roer gedurig en kook 5 tot 10 minute oor matige hitte totdat die sous effens verdik het. Die uie moet nog stewig wees. Verwyder van die hitte en hou dit eenkant. Bestanddele vir vis: 2 kg stokvis, in porsies sout en peper na smaak

Thlapi ya keri-moru Moru: 1 kg eie 2 konofolo 5 ml gemere 45 ml koto (rajah) 30 ml bori 5 ml komyn 6 heel naeltjies 6 wonderpeperkorrels 2 bay leaves 2 diblara yasirilamunu 1 ml anys 15 ml flouru 1 wit asyne 500 ml metsi 125 ml moru ya tamati 5 ml letswai 125 ml tswekere koekmeelblom om mee te bedek kookolie vir braai Metode: Geur die visporsies met die sout en peper en rol dit dan in die meel. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die vis tot gaar en bruin aan albei kante. Plaas die vis en sous in alternatiewe lae in ’n glasbak met ’n deksel op. Bedek en laat minstens drie dae in die yskas staan. Bedien met rys en sambals (mengsel van gekapte tamatie, rissie en ui).

Redakteur: THARINE HURTER

Verkoopsbestuurder: ELRINA DE BEER

Tel.: 056-212-3171 Faks: 056-215-1700 E-pos: thurter@volksblad.com

Tel.: 057-357-1304 E-pos: edebeer@volksblad.com

Mokgwa: Kopanya ka pitsa. Etsa moro. Peha metsotso 5-10. Thlapi: 2 kg hake letswai le pepere flouru oli Mokgwa: Theteha thlapi ka flouru le letswai/pepere. Fhutumetsa pane. Peha thlapi. Beha thalpi ka pitsa. Kopanya moro hodimo. Beha ka fridge letsatsi tse tharo.

www www.kroonnuus.co.za

kroonnuus.mobi Kroonnuus SMS - 45533 (begin met KN)

Kroonnuus verwelkom voorstelle en kommentaar. Stuur inligting oor die regstelling van foute aan George Claassen, ombudsman van Media24 se plaaslike koerante, by george.claassen@media24.com, of bel hom by 021-851-3232/083-543-2471. Klagtes kan ook gerig word aan die SA Persombudsman, tel. 011-484-3612/8, faks 011-484-3619, e-pos khanyim@ombudsman.org.za, of johanr@ombudsman.org.za. Kroonnuus, Kroonstad en omgewing se koerant, is in 1986 gestig. Die koerant word uitgegee deur die eienaar, Media24, en gedruk deur Paarl Coldset, Nelson Mandelarylaan 79, Bloemfontein.


KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Buurtwag in vooruitsig gestel ’n BUURTWAG word vir Kroonstad in die vooruitsig gestel. Inwoners word versoek om by die buurtwag betrokke te raak. Verlede week is ’n gemeenskapspolisiëringsforum begin en die doel is om inwoners meer paraat vir en bewus van misdaad te maak. Deur ’n buurtwagstelsel kan patrollies gedoen word en verdagte mense of voertuie of

aktiwiteite in ’n buurt kan by die polisie aangemeld word. Dit sal misdaad aansienlik kan help verminder. Die stigtingsvergadering sal môre om 17:30 in die Ou Stadsaal by Cross-straat gehou word. Mense wat belang stel om by so ’n buurtwag betrokke te raak kan Johan Roux by 082-319-1245 bel. ’n Facebook-blad, Kroonstadbuurtwag, is ook al opgestel.

Bêre dié feite oor sektore DEUR aktief betrokke te raak by sektorpolisiëring kan misdaad beveg word. Talle inwoners het gevra dat ’n uiteensetting van die sektore in Kroonstad gepubliseer word. Knip dit uit en bewaar die inligting as jy navraag oor polisiëring wil doen en om patrollies te versoek as verdagte mense of voertuie opgemerk word.

Sektor 3: Brentpark, Industria en Kroondustria. Sektorbestuurder: konst. M.A. Molatedi, 073-037-5902.

Sektor 1: Suidrand, Wilgenhof, Panorama, Goedgedacht, Gunhill, sentrale sakekern (SSK), sentrale dorp, Tuinhof, Jordania en Uitsig. Sektorbestuurder: konst.

Sektor 4: Alle plase en kleinhoewes by Kroonstad. Sektorbestuurder: ao. Nico de Beer, 078-273-0325. Die kantoornommer vir alle sektorbestuurders is 056-216-5612.

S.K. Nyareli, 078-734-6864. Sektor 2: Noordhoek, Kroonheuwel, Presidentia, Elandia, korrektiewe dienste, Môrewag en Wespark. Sektorbestuurder: konst. W.E. Filita, 079-424-2608.

Son follows in his father’s footsteps Tharine Hurter LIKE father, like son. Wayne Norval (29) has been following in his dad’s footsteps since he was a little boy. Tony Norval is one of Kroonstad’s famous and reputable chartered accountants. Wayne has completed his B Comm degree at the University of the Free State (UFS) and then furthered his studies by completing an honours degree in Accounting. He was a learner of the St Andrew’s School in Bloemfontein. After some ten years of serious studying he finally obtained the chartered account board’s okay. He is now a registered chartered accountant and he recently joined Norval and Co as a director. Tony says he is delighted that his company will have a reputable director who can take charge when he retires or if something happens to him. “I am proud of my son who has been working at Norval & Co since November 2007. “He is capable and has the integrity required by an accountant,” Tony said.

TONY NORVAL wishes his son, Wayne, well as a chartered accountant and newly appointed director at Norval & Co. Photo: Tharine Hurter

Help voorkom diere se vergifting Tharine Hurter NET twee treë, dan val ’n dier in sy vier spore neer en vrek onmiddellik. Inbrekers gooi ’n stukkie vleis wat met Aldikarb, of in die omgangstaal two-step, bestrooi is. As die hond of kat dit vreet, duur dit letterlik sekondes en die dier vrek. Diewe breek dan onverstoord by huise en persele in. Charlotte van der Westhuizen van Kroonstad se trane rol vrylik oor haar wange, omdat haar twee Jack Russells en die basterhond Zoë vergiftig is en diewe haar seun se motorfiets gesteel het. “Dit is ’n nare dood. Ek het net vir Zoë onder die tuintafel in gesien hardloop en toe het sy neergeval en gevrek. My hart is baie seer. Ek kan nie glo mense kan so gewetenloos wees nie,” sê sy. Die twee Jack Russells het sy reeds dood aangetref. Die polisie ondersoek die inbraak en die toename in die vergifting van diere om toegang tot persele te verkry. Two-step is ’n plaagdoder. Talle handelsname vir die gifstof bestaan en dit word onwettig verhandel.

DIE insekdoder Aldikarb, beter bekend as two­step, word gebruik om gewasse te beskerm. Ongelukkig word dié gif gebruik om troeteldiere mee te ver­ giftig om sodoende vinniger toegang tot persele vir diefstal te verkry. Foto: Pro Agri

As ’n mens of dier vergiftig is, is dit belangrik om op die simptome te let. Aanvanklik raak die hond bewerig, sy pupille trek heeltemal toe, dan is daar erge naarheid, vomering, asemnood en dan tree die dood vinnig in, sê dr. Gerhard Verdoorn aan Pro Agri, ’n tydskrif vir die landbou.

’n Dier het net sowat 20 minute om gered te word as hy two-step ingekry het. Probeer om die hond te laat vomeer. Rol ’n bolletjie waspoeier in jou hande en gooi dit in die hond se keel af. Dit sal die dier onmiddellik laat vomeer sodat soveel moontlik van die gif uit die dier se gestel kan kom. Daarna moet die hond binnespiers met atropiensulfaat ingespuit word. ’n Veearts sal kan verduidelik wat die dosis per kilogram is. Dieselfde noodhulp vir kleiner honderasse word toegepas, maar vir Jack Russell-soorte en kleiner is dit noodsaaklik om die hond onmiddellik met atropiensulfaat in te spuit. Volgens Verdoorn is daar nie werklik voorkomende maatreëls wat getref kan word om te verhoed dat jou troeteldiere vergiftig word nie. Die hond se natuur is om kos te vreet. Al probeer honde-eienaars om hul diere te leer om nie vreemde kos te vreet nie bly dit steeds ’n risiko en veroorsaak dit soveel hartseer vir die mens en sy beste vriend. Meld gevalle van vergifting van diere by die polisie by 10111 aan.

Word deel van Kroonnuus se Facebook-familie. Gaan na Kroonnuus se blad.


KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Vakansiedae: Só staan sake met vullisverwydering Tharine Hurter

HYKIE BERG gaan eersdaags in Kroon­ stad praatjies oor dwelm­ en drankmis­ bruik kom lewer.

Hykie kom gesels hier Tharine Hurter DIE Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) het Hykie Berg, akteur en die wenner van ’n vorige reeks van Survivor SA, vir motiveringsoptredes na Kroonstad genooi. Die geleenthede vind op 9 en 10 Mei plaas. Hykie sal op die Vrydag leerlinge van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) oor keuses oor drank en dwelms toespreek. Op ’n ontbyt die Saterdag sal hy ouers oor dwelm- en drankmisbruik inlig. Die CAD bied dié geleentheid ook as ’n geldinsamelingsprojek aan. Kaartjies kos R80 en dit sal by die NG kerk Kroonstad-Oos aangebied word. Bel René Combrinck by 082-5715472 of 083-951-5205 vir inligting.

LEERLINGE van die Afrikaanse Hoërskool (Bloues) het Bothma Marx, wat ten bate van die Kroon­ dagsorgsentrum per fiets van Kroonstad na Durban gery het, verlede week afgesien. Van links is Ruben Saunders, Ivor Eden, Jacques van Biljon, KJ Binedell, Brendan de Ru, Hennie Engel­ brecht, Vincent McPherson, Marx, Shandré van der Sandt, Jacques Noeth en Pierre Greyling. Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren

Trap tot in KZN vir sentrum Tharine Hurter en Anne-Lizé Jansen van Vuuren BOTHMA MARX het dit gemaak. Hy, sy fiets en twee assistente het die lang pad van Kroonstad na Durban in KwaZulu-Natal per fiets aangedurf en nagenoeg R35 000 vir die Kroon-dagsorgsentrum ingesamel. Marx het sy fietsrit na Durban in drie dae voltooi. Hy het Woensdagoggend by die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se hek weggespring. ’n Klompie Bloues, wat ook fietsry-entoesiaste is, het die tog tot by die Shell

BOTHMA MARX het veilig in Durban aangekom. Hier is hy deur sy niggie Linda Schu­ bert ontvang. Foto: Verskaf Ultra City saam aangepak. Daarna het sy twee bestuurders, John Mokgoetsi en Jerry Nako, in ’n motor met ’n lig op die dak

agter hom aangery. Volgens Marx is dit noodsaaklik om soggens ’n goeie ontbyt te eet voordat ’n mens die volgende 200 km se trap aanpak. Hy het ook kort-kort gepeusel, ’n hoëkoolhidraatmiddagete genuttig en aandete waar hy oornag het. Kort ná sy aankoms in Durban het hy drie van sy vriende in Kroonstad uitgedaag om ook iets vir welwillendheid aan te pak. Hy daag leerlinge ook uit om hul deel te doen. “Doen iets positiefs met dit wat jy tot jou beskikking het. Ons moet almal iets vir die mense van Kroonstad doen,” sê Marx.

AL die vakansiedae in April en Mei beïnvloed die Moqhaka-munisipaliteit se vullisverwyderingsprogram by inwoners se huise en sakeondernemings. Vullis sal nie op Vrydag 18 April, Maandag 21 April en Maandag 28 April in die onderskeie gebiede wat beïnvloed word, verwyder word nie. Vullis sal ook nie op Werkersdag, 1 Mei, verwyder word nie. Inwoners word versoek om vullis tot die volgende week terug te hou.

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

VROUE wat hulle met bootcamp fiks kry, is van links, voor: Jodine Ryan, Paulina Radebe, Daleen Mienie, Darelle van der Westhuizen en Madelein Andrews (afrigter); agter: Nicole Reynekce, Chantelle Coetzee, Tanya Danielle, Reinette Barkhuizen, Ilana van Heerden, Regina Haasbroek, Marna de Wet, Sarna Olivier en Sanette Smith. Foto: Verskaf

Bootcamp by die dag gewilder BOOTCAMP in Kroonstad word net ál gewilder. Deur jou lyf betyds fiks te kry, kan jy die winter se koue met al die souserige verleidings en lui dae trotseer sonder om gewig aan te

sit. Die H24 Fit Club and Bootcamp gaan voortaan op Maandae, Woensdae en Vrydae van 17:15 tot 18:15 by die JSM Setiloane-skool in Hillstraat aangebied word.

’n Oggendklas sal ook Maandae, Woensdae en Vrydae van 07:30 tot 08:30 in die weermag se sportsentrum aangebied word. Vir meer inligting skakel 076-645-1277.

EKSKLUSIEWE BANK- & VLOOTVOERTUIGVEILING BESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Veilingslys & Fotos

Datum: Woensdag 23 April om 10:30

|

Perseel: Krugerlaan 1 , Estoire, Bloemfontein

• Bakkies • SNVs • Mini-Busse • Motorfiets • 120x • Voertuie • Nie-Lopend- & Ongeluksbekadigdevoertuie •

Voorwaardes: Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres en ID-Dokument benodig vir FICA-registrasie. Registrasiedeposito van R10 000 per banktjek, debiet/kredietkaart of EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. Terme & Voorwaardes geld. WesBank,‘n divisie van FirstRand Bank Ltd.‘n Goedgekeurde finasiële diens- en kredietverskaffer. NCRCP20. Afslaer: Jacques van der Linde

Besigtiging: Dinsdag, 22 April (08h30 - 16h30)

GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’

Jakoef: 083 780 0055

www.aucor.com

Vir Finansiering kontak: Celestè 082 374 5078


KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Excelled in athletics MVULA THABALALA of the Moepeng Pri­ mary School in Mao­ keng, Kroonstad, par­ ticipated in the Free State athletics cham­ pionships in Bloem­ fontein and in the South African athle­ tics championships for primary schools in Paarl. In Paarl he ran in the boys u.11­ 4x100 m relay and re­ ceived a silver medal. In Bloemfontein he bagged a silver and bronze medal for 100 m and long­jump. Photo: Tharine Hurter

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014 EIENDOMME

HUISE TE KOOP 3275

BESIGHEID TE KOOP 3212

Sadler Properties / Eiendomme SURGERY FOR SALE – Doctor relocating. Situated in Constantia. Operational for the past 20 years It consist of Reception, 2 Consulting rooms, Dispensary, Store room. Office, Kitchen, Patients/staff toilet, Doctors private room. Call Matsoso – 076 162 2571 or (056) 213-4376

GESOEK OM TE KOOP 1675

EK IS OPSOEK NA 'N WAPEN 308 OF 3006 Skakel 072 100 8731 ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

ALGEMENE KENNISGEWINGS

OPLEIDING & OPVOEDING 1480

GV STAALWERKE Staalwerk, Heinings, Afdakke, Diefwering, Staalhekke, Staalstore Alg. bou en herstelwerk. Plaveisel en betonmure Gerhard 082 829 8345

VERLORE/VERMIS 1225

VERMIS: SWART LANGBEEN ENGELSE JACK RUSSEL REUN Bruin voete en gesig met wit vlekkies op die toontjies. Naam: Joeye Skakel 082 224 2222

JABA KONSTRUKSIE Verf, Bou van afdakke, Seël van dakke, Teëlwerk, Bouwerk - Gideon Koertze 076 230 8364 of Jacques du Plessis 082 828 5896

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 KINDERVERMAAK 1405

SPRINGKASTELE EN GLYBANE TE HUUR (Nog in baie goeie toestand) Splinternuut Skakel 082 889 5392 GESONDHEID & SKOONHEID 1430

EXQUISITE NAILS Gel or Acrylic with Tips R 150 - New Stylish Nail Art Selection. Also travel Contact 072 064 1309 PERSOONLIK 1460

KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396. LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

TE KOOP

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS 25% Afslag. Top Carpets 056 212 5507

1655

VINIEL PLAKKERS vir elke soort bewoording, windpomp, kombuis, stort & glas deure. Allerlei beskikbaar. Top Carpets 056 212 5507

ENKELLOPENDE MAN 50 JAAR OUD van Kroonstad dames tussen 35 - 55 kan my skakel by nommer 079 342 8267 of sms.

Huur R 2 800 pm Kontak Eienaar: 083 632 8880

AANDAG

ALLERLEI 5 % AFSLAG OP MOSAIEK Bring advertensie as bewys. Top tile 056 212 5507

Kantoor Administrateur Die geskikte kandidaat moet goed wees met syfers en vaardig wees op MS Excel, MS Word, MS Outlook en Afriklok. Sy sal verantwoordelik wees om die daaglikse statistieke VIR ENIGE en skedules op datum te NAALDWERK hou, voorraad beheer en Skakel kontrole, hantering van die 084 595 2820 kleinkas en die hantering van alle loon WAS VAN VOLVLOER-/ aangeleenthede. Sy sal ook LOS MATTE, verantwoordelik wees vir banke & motorsitplekke die handhawing van Top Carpets voedselveiligheid HUISE TE HUUR 056 212 5507 WOONSTELLE standaarde asook 3270 TE HUUR algemene kantoor en VERVOER & 3250 administratiewe werk. HUIS TE HUUR BERGING 2 Slp huis. Nou beskikbaar Die volle omvang van die EENSLAAPKAMER 1870 pos sal in die onderhoud Huur R2 600, huur en dep WOONSTEL HARNO VERVOER bespreek word. Die vooruit betaalbaar. Geen Huur R 2 000 pm. 4- en 8-ton-trok besigheid is op ‘n plaas, kredietburo - 056 212 6681 Deposito R 2 000 beskikbaar vir die verwysowat 15km van betaalbaar. dering van bourommel 1 SLPKAMER HUIS Kroonstad af, geleë. Stuur Onderdak parkering vir een en algemene vervoerTE HUUR asseblief u CV per epos voertuig, Afstandbeheerde werk - 073 157 7248. Werthstraat 13C aan accounts@ motorhek, Plesseymeter, R 1 900. Beskikbaar 1 Mei joubertgroup.co.za Water ingesluit. JEF'S ALGEMENE Skakel 076 1389 778 VERVOER & NUTSMAN Beskikbaar 30 April 2014. Skakel 083 446 7295 Verwydering van BOEDELKENNISbourommel, takke en enige GEWINGS BETREKKINGS WOONSTEL TE HUUR: iets uit erwe ens. 083 494 Beskikbaar 1 Mei 2014 3600 5877 Faks 056-212 1322 Goed beveiligde, ruim BOEDELS: TROK TE HUUR 2 slaapkamer woonstel KREDITEURE EN LANDBOU met kaste. 8 TON Trok te huur (met DEBITEURE Hoofslaapkamer het flappe) en drywer 4201 3610 Meubels, Bourommel ens. ruimte vir studeerhoekie/ BETROUBARE BOEDEL WYLE Skakel Cindy 083 509 4374 naaldwerkhoekie, loop uit PLAASBESTUURDER MAY ESTELLE op klein balkon vir GELDENHUYS gesoek vir gemengde wasgoedarea. 1 Badkamer BOEDELNOMMER: BOME boerdery, wat melkery (wasbak, bad/ingeboude 002754/2014 1871 insluit in Kroonstad stort en toilet) Kombuis distrik. Faks aansoek na KENNISGEWING AAN met stoof en kaste, loop HOUTKAPPERTJIE: 057 651 4768 of epos na KREDITEURE EN uit op klein balkon voor. 083 568 1568 DEBITEURE mooidam@gcs.co.za Oopplan sit/eetkamer, Afsaag, 'trim' en verwyder loop uit op klein balkon Boedel van wyle van bome. MAY ESTELLE GELDENHUYS voor. Plesseymeter. Kaggelhout te koop. BETREKKINGS Geleë op 1ste vloer. GESOEK In die boedel van wyle MAY 1 Onderdakparkering agter 3670 ESTELLE GELDENHUYS VOLWASSENES elektroniese motorhek. Nommer 002754/2014 HUISWERKER IS Woonstel is beskikbaar in Identiteitsnommer: OPSOEK NA WERK. 300217 0061 082, Klaradyn woonstelle 3 Dae per week wat gewoonlik te Suidrand. PRIVAAT woonagtig was te Skakel 073 1151 442 Deposito R 2 800 pm. 2015

TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Bel net 45 min voor die tyd Skakel 076 215 2914

DOMESTIC NEED WORK URGENT 3 to 5 DAYS PER WEEK Contact 078 740 8908

ALLE ADVERTEERDERS

OPSOEK NA INSLAAPWERK vir 3 tot 5 dae per week. Skakel 073 207 8642

"A", leestekens soos "!"

ALGEMEEN

Die gebruik van die letter

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels. SLYP VAN ELEKTRIESE SKAAFLEMME (HOUT) > BRAAIHOENDERS BESKIKBAAR. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927

FOTOGRAFIE & VIDEO’S 1465

VIR PROFESSIONELE FOTOGRAFIE TROU, BABA, GESIN/FAMILIE FOTO'S - Enige spesiale geleentheid skakel Jana 079 017 4129

SOEK, KOOP, VERKOOP

Sadler Properties / Eiendomme PROPERTY FOR SALE (URGENT) Giveaway residential property in Wilgenhof. 5 bedrooms, 4 bathrooms, 2 toilets, dining, lounge, TV room, Borehole, Outbuildings with shower/toilet, 3 car parking. Owner relocation. Selling for R 980 000,00 (negotiable) Call Matsoso – 076 162 2571 or (056) 213-4376

MEISIES GESOEK VIR Privaat "escort agency" asook kroegdames, dansers. Salaris tot R 20 000. Gratis verblyf, vervoer. Skakel of sms 084 363 9399

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

3680

ADMIN POS BESKIKBAAR Faks CV na: 086 620 4906

Huis Arboretum, Keeveystraat 2, KROONSTAD en wat te Kroonstad op 5 Maart 2014 gesterf het.

Enigeen wat 'n eis het teen bogenoemde boedel word hiermeeversoek om sodanige eis by ondergetekende in te dien en enige bedrae verskuldig aan die boedel te betaal binne 30 dae van die datum van publikasie hiervan. Gedateer te Kroonstad op hierdie 8ste dag van April 2014 Eksekuteur Testamentêr HSL DU PLESSIS PROKUREURS (Prokureur van Eksekuteur) Adres: KERKSTRAAT 16B KROONSTAD 9500


KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

G E K L A S S I F I S E E R D

11

Wen binnenshuise toernooi DIE Hoërskool Kroonstad (Blouskool) se eerste binnenshuise­hokkiespan is die wenner van die Goudveld­skole se binnenshuise­hokkietoernooi. “Die reëls van binnenshuise hokkie verskil van gewone hokkie. Die oppervlak waarop dié sport beoefen word, is veel kleiner en binnenshuise hokkie se spel verloop vinniger. Daar is vyf spelers in ’n span en ’n doelwagter,” verduidelik Martin Botha, die span se afrigter. Die spelers in die Bloues se binnenshuise hokkiespan is van links Thabang Phakoe, Thabiso Phakoe, Bryton Abdool, Botha (afrigter), Tshepo Matsheg, Tshepong Khunyeli en Mohau Oliphant. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

MADA OOSTHUIZEN en Jaco Keizer.

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Anne-Lize Jansen van Vuuren

Senties hokkie speel, was die kliniek baie waardevol en het hulle baie ondervinding opgedoen. Sy draf vir die Bloues se o.14-span as middelvoorspeler uit. Jaco vertel hy het reeds in gr. 2 aan die Kroonheuwel-laerskool begin hokkie speel. Hy speel linkerskakel vir die Bloues se o.14-seunspan. “As ’n mens enigsins sukses in hokkie wil bereik, is daar nie kort paaie nie. Dit is harde werk en jy moet al die oefeninge bywoon en gebruik maak van al die geleenthede wat na jou kant toe kom om jou spel te verbeter,” stem die twee saam.

Twee Bloues beste OP ’n hokkietoer die afgelope April-skoolvakansie is twee van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se spelers as beste junior spelers aangewys. Op die H&H Adventures-hokkiekliniek wat by die Hoër Volkskool in Potchefstroom aangebied is, is Mada Oosthuizen as beste junior meisiespeler en Jaco Keyser as beste junior seunspeler aangewys. Nege spanne van verskeie skole het aan die kliniek deelgeneem. Volgens Mada, wat sedert gr. 5 vir die

DIE Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se boerevereniginglede kon in Arlington leer hoe om simbras te beoordeel. Op die geleentheid is van links, voor: Llewelynn Angus (bekende beesboer) en HW van Zyl; middel: Fabio Casilli, Janie Strauss, Suzaan Lombard, Joe Welman, Jan Heyns en Ivan Otto; agter: Zak van Niekerk, Erik de Jager, Louis Steyn, Anri Kasselman, At van den Berg, HJ le Roux, Wernich Strauss en Harold Hills. Foto: Verskaf


12

KROONNUUS, DINSDAG 15 APRIL 2014

Ál 7 Rooies in toptien Tinkie Hattingh

ALTESAAM sewe atlete van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) is vir die Vrystaatspan gekies wat aan die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Pietersburg deelgeneem het. Wat merkwaardig is, is ál sewe het onder die toptien in hul onderskeie nommers geëindig en drie medaljes huis toe gebring. Besonderse prestasies is deur Mia van Oudtshoorn behaal toe sy twee silwermedaljes in die meisies o.15-gewigstoot (14,07 m) en diskusgooi (38,88 m) gewen het. Mia word deur Duncan Dennis van Kroonstad afgerig. Nog ’n uitsonderlike prestasie is die van Dylan Stiemmie. Dié 16-jarige seun het in ’n ouer ouderdomsgroep deelgeneem en ’n bronsmedalje met ’n allemintige 7,07 m in die seuns o.17-verspring gewen. Hy word deur Hennie van der Spuy van Kroonstad afgerig. GJ Burger het ’n sesde plek in die seuns o.15-gewigstoot behaal met 15,38 m. Lené van der Watt het ’n sesde plek in die meisies o.17-spiesgooi met 41,09 m behaal. Lou-Ann Swart was sewende in die meisies o.15-spiesgooi met 36,74 m. Naudé Naudé het ’n negende plek in die seuns o.15-diskusgooinommer met 49,52 m behaal en Izel Cilliers ’n negende plek in die meisies o.17-spiesgooinommer met 37,49 m. Mia van Oudtshoorn het ook vir die Vrystaatspan aan die Suid-Afrikaanse junior en jeugatletiekkampioenskapsbyeenkoms in Stellenbosch gaan deelneem waar sy ’n vierde plek in diskusgooi en ’n sesde plek in gewigstoot behaal het.

DIE Rooiskool­atlete wat aan die Suid­Afri­ kaanse skole­atletiekkampioenskapsbyeen­ koms in Pietersburg deelgeneem het, het almal plekke onder die tien bestes in hul onderskeie nommers behaal. Van links is, voor: Lou­Ann Swart, Mia van Oudtshoorn, Izel Cilliers en Le­ né van der Watt; agter: Naudé Naudé, Dylan Stiemmie en GJ Burger.

OP die Vryheid­rugbyweek in KwaZulu­Natal het die eerste, tweede en o.16A­spanne van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad puik gepres­ teer. Ná die week is dié Rooies wat as uitblin­ kers aangewys is, van links, voor: Francois Stemmet (speler van die toernooi en beste agt­ steman) en Henry Searle (beste nr. 7­flank); agter: Kobus Kleyn (beste senter) en Ruben Aucamp (beste losskakel). Foto: Tinkie Hattingh

Beïndruk op toere Tinkie Hattingh MIA VAN OUDTSHOORN in aksie. Foto’s: Verskaf

DYLAN STIEMMIE in die verspringnommer.

DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se rugbyspanne het die afgelope vakansie verskeie toere onderneem en baie goed gevaar. Die eerste, tweede en o.16-spanne het die Vryheid-rugbyweek bygewoon. Die uitslae was soos volg: Die Rooies se eerste span het Affies XV met 7-5 geklop en Maritzburg College XV met 19-8, maar het met 12-15 teen Pionier van Vryheid verloor. Die Rooies se tweede span het die Pongola-akademie met 29-12 geklop, asook Frikkie Meyer met 27-7, en het teen die Michael House XV met 5-43 verloor. Die Rooiskool se o.16A-span het Benoni met 46-5 en Richardsbaai met 38-0 geklop, maar teen Pionier met 14-17 verloor. Die Rooies het Bela-Bela (Warmbad) ook besoek. Die o.14A- en o.15A-rugbyspanne het aan die Hoërskool Warmbad se rugbytoernooi deelgeneem. Die uitslae is: o.15A-span klop Warmbad met 55-0, Oosterlig met 17-10 en verloor met 0-48 teen Affies. Die o.14Aspan klop Warmbad met 67-0, verloor met 10-17 teen Oosterlig en verloor met 0-50 teen Oosterlig.


Kroonnuuskn 20140415