Issuu on Google+

Kroonnuus Rock vir ’n vale in klub

TEL (056) 212 3171

DINSDAG 8 APRIL 2014

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

WWW.KROONNUUS.MOBI

GRATIS

SAARKIE, die girl band van Suid­Afrika, het behoorlik Vrydagaand in 8steLaan, ’n private klub in die nywerheidsgebied in Kroonstad, gekook. Kyk wie was daar deur www.kroonnuus.co.za se fotogalery te besoek. Foto: Tharine Hurter

Grond wek emosie Tharine Hurter

OP 7 Mei gaan Suid-Afrikaners ná 20 jaar van demokrasie weer na die stembus. Grond- en plaas-aangeleenthede is vir alle bevolkingsgroepe in die land ’n emosionele onderwerp wat die hartsnare roer of die gemoedere omkrap. Minister Gugile Nkwinti en die departement van landelike ontwikkeling en grondsake het ’n voorstel ter tafel gelê dat kommersiële boere

die helfte van hul plase vir hul werkers gee. Dít kan eiendomsreg beïnvloed, glo kenners. Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, sê dié voorstel is “onwerkbaar en ondeurdag”. Hy reken om 50% van boere se plase aan werkers af te staan gaan nie die grondhervormingsprobleme in Suid-Afrika oplos nie en gaan beslis voedselsekerheid in SuidAfrika vernietig. “Dit is duidelik dit kom van ’n

minister en ’n departement wat geen begrip het vir die ingewikkeldhede van moderne, kommersiële landbou nie. Swart en wit kommersiële landbouers het sekerheid en eiendomsreg op hul grond nodig om lenings te kan kry

ten einde winsgewend te kan boer. Dié plan neem sekerheid weg.” Hy sê op die oomblik is die betrokke departement se voorstel “ ’n vlieër wat opgestuur word ten einde die reaksie van kommersiële landbou daaroor te toets”. “Ek is nie bewus daarvan dat dit op enige regeringsforum of struktuur waarin ek dien, bespreek of goedgekeur is nie,” sê Mulder. Mulder, ook die adjunkminister van landbou, sê Suid-Afrika kort

meer suksesvolle swart kommersiële boere. “Dit gaan egter nie deur dié voorstel bewerkstellig word nie. Die suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel, is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan om suksesvol op hul eie grond te boer.” ) Intussen het Agri SA die voorstel verwerp, is gisteroggend op die program Dagbreek op kykNET gesê.


2

KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Chapman performs in town NATALIE CHAPMAN, singer and songwriter, has embarked on an epic journey to give a voice to victims of violent and sexual crimes in South Africa. Her performance will be held

on Saturday at 18:00 at the Skokiaan-jaart, Kroonstad. Tickets can be bought at E3 Solutions, corner of Reitz and Bukes Street, at R175 per person.

NATALIE CHAPMAN

Motorfietsryers byeen vir naweek KROONPARK het dié mekka vir motorfietssaamtrekke geword. Die jaarlikse Fox Rally is die naweek in die oord aangebied. Elaine Riggien, motorfietsentoesias van die dorp en organiseerder van motorfietsbyeenkomste, het haar kamera saamgeneem en dié aksie van die motorfietsryers digitaal vasgelê. Nog foto’s is by www.kroonnuus.co.za te sien.

’n ANDER manier om waterpret op Kroonpark te geniet. Hier is van die Speed Freaks se motorfietsryers in die kleuterswembad. Foto: Elaine Riggien

NFSCG bied praatjie aan DIE Northern Free State Care Givers (NFSCG) nooi belangstellendes om vandag van 17:30 tot 19:00 na ’n praatjie te kom luister. Die praatjie word deur Estelle Graaff in die ouditorium van die biblioteek in Steynstraat, Kroonstad, aangebied. Die aanbieding sal oor Alzheimer se siekte handel, en onder meer die sorggewers se rol sal bespreek word. Graaff werk sedert 1996 as ’n voedingskundige by ’n maatskappy in Pretoria en het ’n reeks produkte ontwikkel.

Sy het onder meer navorsing gedoen oor nuwe produk-ontwikkeling, produkte reeds op die mark, siektes en toestande wat Alzheimer se siekte aanpak, vitamiene, minerale, newe-effekte van genoemde en vele meer. Sy doen ook produkregistrasies by die Medisynebeheerraad, individuele ontledings en opleiding. Sy het noue bande met aptekers, medici en werk ook saam met gesondheidsorgwerkers. Rig navrae aan Felicity Combrinck by 084-206-8912 of Susan Tinkler by 082-553-6429.

Bid elke dag vir verkiesing HOE om elke dag vir 40 dae vir die verkiesing op 7 Mei te bid. Om sinvol minstens 15 minute per dag vir die komende verkiesing te bid gee aan die volgende aandag: Lofprysing is ’n daad van toewyding aan God, dit is om God te verhoog en te vereer. Dit is om te God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak. Alle gebed behoort met lofprysing te begin. Sondebelydenis is die voorwaarde vir vrye toegang tot God. Dit is ’n tyd van selfondersoek en om die Heilige Gees toe te laat om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys. In hierdie tyd erken ek my sonde en sondigheid voor die Here. Bid die Skrif. Om gebalanseerd te bid moet ek tyd met die Bybel bestee. Ek moet God se beloftes leer ken en hulle tot God bid. Die beloftes van God wek geloof. Voorbidding: om in te tree vir ander, om te bid vir ander. In voorbidding konsentreer ek op ander se behoeftes en nood, tree ek vir

ander in die bres. Danksegging is om aan die Here jou waardering uit te spreek dat jy in die vertroue van Markus 11: 24 (Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.) in elke gebed kan bid. Dank Hom dat jy mag weet dat Hy die Verhoorder van opregte gebede is. Lofprysing, om God groot te maak en aan Hom te sê dat jy weet tot Wie jy gebid het en dat jy Hom vertrou met jou gebede. Dit is ’n tyd van jubel voor die Here. Maak jou amen aan die einde sterk en bevestig daarmee dat jy glo dat God jou sal verhoor. Indien jy sowat 2½ minute aan elke element bestee, het jy 15 minute gebid. Oor die vas van die laaste drie dae: Vas is nie net om jou van kos te weerhou nie, maar om enigiets op te offer om daardie tyd eerder in gebed voor die Here deur te bring: Dit kan dus wees dat jy vir een dag sê dat jy nie TV sal kyk nie, maar eerder daardie tyd in gebed sal deurbring. – Bron: Facebook

Boere uitgenooi om te kom dankie sê Tharine Hurter DIE gras staan geil en bied gemoedsrus om vee oor die winter deur te kan sien. Puik somergewas-oeste staan op die lande. Een boer merk op: “Die Vrystaat is vanjaar so mooi, ek wil nêrens anders wees vir die Paasvakansie nie. Die mooiste sonsopkomste en grasvelde wat in die bries hoog staan, maak dat ek net hier wil bly.” Boere kan dankie sê aan die Skepper vir dié pragtige somerseisoen wat belofte van ’n mooi oes en mooi jaar inhou.

Alle boere en sakelui word uitgenooi om Vrydag om 07:00 by die Kroonstad-selgemeente, Reitzstraat 2, dankie te kom sê. Die vorige twee seisoene was besonder droog en het boere se uithouvermoë beproef. Boere van die Noordwes-Vrystaat word ook op die geleentheid verwag om na ’n inspirerende boodskap te luister en hul dankbaarheid te betuig. Boeretroos en beskuit sal ná die verrigtinge bedien word en dan kan boere en sakelui gesellig verkeer. Skakel 082-808-8381 vir meer inligting oor dié interkerklike geleentheid.


KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

3

Krag steeds onder druk Tharine Hurter

Stel ondersoek na lekkende pyp in ’n WATERGORDYN het onder die Sarel Cilliers­brug ontstaan. ’n Groot waterpyp wat water na en van die middedorp en die suidelike woonbuurte lei, het gebars. Lede van die Genieskool in Kroonstad het met ’n rubberboot die lekplek van onder af bekyk. Die herstel van die lekplek sal beslis ’n groot uitdaging wees. Dié water spuit al die afgelope twee weke onverstoord. Navraag is by die Moqhaka­munisipaliteit gedoen om uit te vind hoe en wanneer die pyp herstel sal word, maar teen druktyd is ’n antwoord nog nie ontvang nie. Foto: Tharine Hurter

ESKOM se kraglewering sal nog die volgende twee maande onder druk bly. Meer as R10 miljard word aan diesel bestee om kragtekorte deur kragopwekkers aan te vul wat Eskom met ’n kontantvloeikrisis laat. Gebeurlikheidsbeplanning bly in die rooi en munisipaliteite onderhou nie hul verspreidingsnetwerke na behore nie. Eskom sukkel ook om ’n volhoubare reserwe-marge van 2 000 megawatt vir noodsituasies te verseker. So sê Christo Owen van der Rheede, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI). Hy sê in ’n nuusverklaring enkele ligpunte vir ondernemings is dat hulle nie verder in kragopwekkers hoef te belê nie. Hidro-kragopwekking by Ingula, groot aanlegte soos Kusile en van die onafhanklike kragvoorsieners begin eersdaags om krag aan die nasionale netwerk te lewer. “Verder is Eskom ook beter voorbereid daarop om krisisse van die aard te hanteer as ’n mens in ag neem dat 2008 ’n nagmerrie-jaar was. Eskom handhaaf sowat 45 dae se steenkoolreserwes. “Omvattende kommunikasiestelsels is ook in werking gestel deur die verbruik van Eskom se grootste kragverbruikers en munisipaliteite drasties in te kort as ’n krisis op hande is,” sê Owen van Der Rheede. Die AHI en Eskom het ooreengekom om lede aan te moedig om krag spaarsamig te gebruik en om

hul kragverbruik met minstens 10% te besnoei. Die AHI sal ook as kommunikasiekanaal dien om lede tydig in te lig van beurtkrag wat nie nou voorsien word nie en sal ook skedules aan lede voorsien sou dit weer blyk nodig te wees. Die AHI het baie klem op deurlopende kommunikasie gelê aangesien dit sy lede die geleentheid bied om te beplan en om die situasie na behore te bestuur. Eskom sal ook aan alle aangeleenthede, wat deur AHI-lede aan hom via die AHI-kantoor gerig is, aandag gee en sy reaksie spoedig deurgee. Van die kwessies behels die terugvoer van krag deur groot fabrieke na die Eskom-netwerk en watter voordele dit vir besighede kan inhou. Eskom het onderneem om inligting wat hiermee verband hou ook aan die AHI te gee. “Munisipale wanbetaling is ’n groot probleem in die Vrystaat en Mpumalanga. ’n Ooreenkoms met tesourie stel Eskom egter in staat om sy skuld te verhaal voordat geld aan munisipaliteite oorbetaal word. “Eskom is egter van mening dat AHI-sakekamers ook ’n waghondfunksie kan vervul wat die instandhouding van distribusienetwerke deur munisipaliteite betref. “Verdere samewerking en gesprekke hieroor word tussen die AHI en Eskom vir die nabye toekoms beplan.” ) Kroonnuus het betroubaar verneem dat die Moqhaka-munisipaliteit se kragrekening van Eskom “slegs een maand agterstallig is”.


4

KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

‘Uitdagings’ nie opgelos MODEWOORDE loop saam met dekades. Suid-Afrika is nou twee dekades ’n demokratiese land. Dit wil voorkom asof die regerende party se leiers die woord “probleem” met ’n sagter weergawe, “uitdaging”, wil vervang. Vroeër is eradicate poverty gebruik, vandag is die fokus sagter en dieselfde beginsel fokus nou op werkskepping. Dit blyk egter ’n probleem te wees om enigsins die uitdagende waterprobleme in Kroonstad aan te pak. ’n Mens moet eintlik die min werkers by die wateraanleg jammer kry, omdat die uitdaging om oral te wees en die gate weer toe te stop ’n reuse-taak is. Om die watergordyn van skoon water, wat letterlik onder die Sarel Cilliers-brug deurvloei, te stop is ’n uitdaging en verg waaghalse. Om so onder ’n brug te moet hang om ’n waterpyp te lap kan net vreesaanjaend wees. Nadat die plesierboot weggespoel het, is toue en harnasse die enigste uitweg om met menslike bronne dié waterpyp te kan heg. Toegegee: Dié betrokke waterpyp moes al etlike dekades getrou die watertoevoer na en van die middedorp en die suidelike woonbuurte lei. Dié brug is in 1935 voltooi.

So gepraat van brûe. Lida Venter, ’n eiendomsagent van Kroonstad, het op Kroonnuus se Facebook-blad haar kommer uitgespreek oor kinders wat in die skoolvakansie van die Alexandria-brug, beter bekend as die Robotbrug oor die Valsrivier by die Barend Wesselsdam se keerwal, in die rivier spring. Sy het instinktief die kinders aangespreek om dié gevaarlike speletjie te staak. Weet ouers waar hul kinders bedags is? Brentpark se gemeenskap is uiters bekommerd oor die toename in dwelmmisbruik onder die jeug in die buurt. Hulle het onlangs op Menseregtedag ’n optog in dié woonbuurt gehou om bewuswording van dwelmverspreiding en -gebruik te skep. Indien die gemeenskap hande vat, kan die brug na ’n veilige, plattelandse omgewing – waarin kinders met morele waardes en ’n skoon omgewing kan grootword – gebou word. Soms is dit ook nodig om stil te staan en te besluit watter brûe moet oorgesteek en dan verbrand word en watter moet gebou word. Dít kan net gedoen word as jy ’n pad met jou Skepper stap en glo dat Hy die regte brug wat jy moet oorsteek in jou lewe sal aandui.

Sout-bederf vir ’n ligte ete Bestanddele: sonneblomolie 1 ui, gekap 250 g spek, gekap 200 ml koekmeelblom, gesif 5 ml bakpoeier 2 eiers, liggies geklits 45 ml melk 250 ml gerasperde Cheddarkaas 30 ml pietersielie

Spekek le kasekuku oli 1 eie, rema 250 g speke, rema 200 ml flouru a sefa 5 ml bakpoiri 2 mahe, hlola

Engo bedank almal vir bydraes

ENGO, ’n nie-winsgewende organisasie, se werksaamhede in Kroonstad het op 27 Februarie gesamentlik ’n jaargeselligheid gehou. Op hierdie geleentheid is verslag gedoen aan verteenwoordigers van beheerrade, kerke, besighede, skenkers en leweransiers oor die werksaamhede van veral die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD), aannemings, die Kroonstad-sentrum vir Bejaardes, Gesins- en

SPEK-EN-KAASKOEKIES is ideaal vir ’n skemerkelkie of ligte middagete met aartappelwiggies en ’n slaai.

Metode: Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui totdat dit sag is. Voeg die spek by en braai vir ’n paar minute tot gaar. Meng die meel en bakpoeier en geur dit met sout en peper. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel. Gooi die eiers en melk in die holte en roer dit kante toe totdat die droë bestanddele net-net ingemeng is. Voeg die kaas, pietersielie en spekmengsel by en meng dit net in. Verhit nog ’n bietjie olie. Braai lepels vol van die beslag vir ’n minuut aan ’n kant oor matige hitte tot gaar.

OP die geselligheid wat Engo gehou het, is talle mense vir hul bydrae tot die welsynsinstansie bedank. Van links is Sannie Schnetler (vrywilliger by die Kroonstad­sentrum vir Bejaardes), Ruben Danjanie (inwoner van die Presidensia­jeugsorgsentrum vir sy prestasie op sport­ en akademiese gebied), Esta Delport (sekretaresse van die CAD), Wynand Smith, (voorsitter die afgelope tien jaar van die Presidensia­jeugsorgsentrum en lid van die hoofbestuur van die Vrystaat­jeugsorgsentrums), Magda van Niekerk (direkteur: vakkundige dienste, Engo), Marie Shaw (vrywilliger by Gesinsorg) en dr. Koos Robb (voorsitter van Engo­provinsiaal en die Kroon­ stad­sentrum vir Bejaardes onderskeidelik). Foto: Minnie Burger

Só sê lesers 45 ml lebese 250 ml kase tsa Cheddar, kifo 30 ml pietersielie Mokgwa: Fhutamesa oli ka pane. Dibeso eie. Tshela speke hodimo eie. Hadika. Kopanya flouru, bakpoiri. Tshela letsawi le pepere. Etsa mokoti ka flouru. Tswaka mahe le lebese. Tseha mahe le lebese ka flouru. Kopanya hanyane. Tshela kase, pietersielie le speke hodimo. Kopanya. Futhumetsa oli. Tshela hlama ka digaba ka oli. Hadika dikuku metsotso 1, fapoha. Hadika hape. Etsa selae le ditapole.

Buitenkantstraat 37 Posbus 309, Kroonstad 9500

BEN WHEELER: Waar Britzstraat by die Viljoenskroonpad aansluit, is ’n varkhok in wording, die nuwe ashoop van Kroonstad. Waar is die lamsakke wat daarna moet oplet? ’n Gemors net 120 m van my huis, skaam julle. ANONIEM: Wat doen die klomp spietkops? Hulle drentel elke dag in groepies van twee of drie in die straat in die rigting van die wateraanleg en terug. Werk hulle? Loop hulle net rond uit verveeldheid? Hoeveel word hulle betaal om niks te doen nie? Het hulle ’n doel?

Gemeenskapsdiens (voorheen KMD), die Presidensia-jeugsorgsentrum en die Kroon-dagsorgsentrum. Engo wil die liefde van die Here Jesus ’n lewende werklikheid maak sodat mense nie net daarvan hoor nie, maar dit in hul nood beleef en met hoop, veral ewige hoop, kan lewe. Engo bedank die Hemelse Vader vir Sy seën en genade, gemeentes en kerke wat na die organisasie uitreik, bid en help,

die departement van maatskaplike ontwikkeling en die nasionale lotery wat Engo geldelik ondersteun. “Sonder die sakelui, instansies, organisasies en individue wat met ons saamwerk, ons aanmoedig en ondersteun, sal ons die welsynswerk nie kan doen nie. “Ons gebed is dat God deur elkeen wat betrokke is, hoop gee,” sê Minnie Burger, bestuurder van Engo.

Hulp vir veterane Deon Bester DIE SA Legioen wil steeds veterane wat in diens van die Suid-Afrikaanse Weermag was en ook ander afdelings van die destyds militêre dissiplines terugvoer gee oor die registrasieproses van veterane wat sedert Junie 2012 plaasvind. Volgens rekords is daar geen duidelikheid oor hoeveel mense al wel op die veterane-datastelsel geregistreer is nie en waar die proses trek nie, maar met oorlegpleging met Alettie van Eeden van die veterane-registrasie en met brig.genl (afgetree) N. Pretorius, sekretaris van die RMVO, moet veterane wat in die ou SAW gedien het die volgende doen om te verseker dat hulle wel geregistreer word: Stuur ’n e-pos aan brig.genl (afgetree) N. Pretorius met jou identiteitsnommer, voorletters en van, asook magsnommer, na cmilvetorg@gmail.com. Pretorius sal kyk of die persoon wel geregistreer is. Daar kan ook met

Redakteur: THARINE HURTER

Verkoopsbestuurder: ELRINA DE BEER

Tel.: 056-212-3171 Faks: 056-215-1700 E-pos: thurter@volksblad.com

Tel.: 057-357-1304 E-pos: edebeer@volksblad.com

Van Eeden in verbinding getree word by 012-765-9375, of stuur ’n faks na 086-518-9718 of ’n e-pos na avaneeden1974@gmail.com. Lede wat in MK, Apla, Azanla en die TBVC- (voormalige tuislande) lande gedien het, moet deur hul veterane-organisasies navraag doen. In die Staatskoerant 37355 van 19 Februarie 2014 is die hele veteranewet vervat, asook die aansoekvorms wat voltooi moet word indien ’n persoon se naam nie op die datalys verskyn nie. Die regeringswebwerf is by www.gpwonline.co.za. DMV het die datalyste aan die RMVO beskikbaar gestel en dit is waarom Pretorius eers vir inligting oor die datalyste genader moet word. Die SA Legioen bly steeds verbind om die veterane op die hoogte te hou en wil graag waar moontlik die oudgediendes ondersteun. Indien veterane nog inligting benodig, kan hulle die webwerf www.dmv.gov.za besoek. ) Deon Bester is die nasionale vise-president van die SA Legioen.

www www.kroonnuus.co.za

kroonnuus.mobi Kroonnuus SMS - 45533 (begin met KN)

Kroonnuus verwelkom voorstelle en kommentaar. Stuur inligting oor die regstelling van foute aan George Claassen, ombudsman van Media24 se plaaslike koerante, by george.claassen@media24.com, of bel hom by 021-851-3232/083-543-2471. Klagtes kan ook gerig word aan die SA Persombudsman, tel. 011-484-3612/8, faks 011-484-3619, e-pos khanyim@ombudsman.org.za, of johanr@ombudsman.org.za. Kroonnuus, Kroonstad en omgewing se koerant, is in 1986 gestig. Die koerant word uitgegee deur die eienaar, Media24, en gedruk deur Paarl Coldset, Nelson Mandelarylaan 79, Bloemfontein.


KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Herfs ook vol kleur Tharine Hurter

Leer met behulp van die kuberruim DIE Hoërskool Kroonstad (Blouskool) het onlangs Skype by die skool gekry om ’n nuwe manier van onderrig aan leerlinge bekend te stel. Hier kan leerlinge interaktief in die kuberruim onderrig ontvang. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Schools to face off in tournament

JACO PIENAAR as Barabbas in die Kroonstadse Passiespel wat op Goeie Vrydag in die NG Moederkerk deur inwo­ ners opgevoer gaan word.

Foto: Tharia Unwin

Passiespel gehou KROONSTAD bied op Goeie Vrydag om 17:30 ’n Passiespel in die NG Moederkerk, Kroonstad, aan. Hazel Dell, organiseerder van dié opvoering, nooi inwoners om dié geleentheid gratis by te woon. Sy sê inwoners wat graag Bybelse klere wil aantrek, sal ’n besonderse atmosfeer aan die spel verleen.

THE Thabang Schools Tournament will be held on Saturday, 16 August, at the Brentpark Secondary School. Eight schools will participate in soccer, netball and volleyball. All schools are from Kroonstad. The event starts at 08:00 and will continue until late. Participating secondary schools are Dr Reginald Cingo, Pepetso, Kananelo, Bodibeng, Brentpark, Calculus, Thakamiso and Motswela. It is the third year the tournament is held. The purpose of the tournament is to bring children back to what is important in life and teach them to stay on the straight and narrow road. It is also held to eradicate crime, drug use and sex amongst children. Trophies will be given for best players, best coach of the tournament and best teams. Anyone interested in sponsoring the tournament – in the form of food for children, water, cooldrink and first aid – can phone Thabang Elias Temokhobo (project founder) on 071-510-2931 or Principal Armoed on 083-337-5688. Visit www.kroonnuus.co.za for photos of the previous events.

LAERSKOLE-ATLETIEK

Presteer in atletiek TYDENS die Vrystaat­atletiekbyeenkoms op 8 Maart in Bloemfontein het atlete van die Sentrale Volkskool baie goed gepresteer. Hulle is van links Michiel Heyns (vyfde: 70 m­hekkies, seuns o.10), Dendré Aucamp (derde: 70 m­hekkies, seuns o.11), Ilani Klopper (derde: verspring, meisies o.10), Tineke O’Niel (eerste: 100 m en derde 75 m­hekkies, meisies o.13), Chantelle Kruger (vier­ de: diskusgooi, meisies o.12), Emma Schutte (vierde in 80 m en sesde in 100 m, meisies o.10) en Margarete Zietsman (sesde: 70 m­hekkies, meisies o.10). Tydens die Vrystaat­atletiekbyeen­ koms het Ilani Klopper (verspring, meisies o.10, bronsmedalje), Tineke o’Neil (100 m, goue medal­ je, en 75 m­hekkies, silwermedalje, en aflos meisies o.13) en Dendré Aucamp (70 m­hekkies, bronsmedalje, seuns o.11) van die Sentrale Volkskool uitstekend gepresteer. Hulle is in die Vry­ staatspan opgeneem wat van 20 tot 22 Maart aan die Suid­Afrikaanse kampioenskappe in die Paarl deelgeneem het. Foto: Verskaf

DIE tuinier wat sy/haar deel gedoen het, kan nou met die verandering van die seisoen die pragtige handewerk en kleureprag van die herfs geniet. Onthou om al die blare wat jy ophark op die komposhoop te gooi en om dié hoop gereeld in die droër maande ’n lagie goeie tuingrond te gee en te benat. ’n Kompos-aktiveerder kan ook by die naaste tuinsentrum of supermark gekry word om die ontbindingsproses te versnel. Onthou egter geen sitrus, bene of vleis hoort op die komposhoop nie. Muise en miere is dié tyd van die jaar ’n groot plaag, omdat albei die soorte diere vir die kouer maande skuiling én kos soek. Om lukraak sterk muisgif uit te plaas is nie wys nie. Maak seker die muisdoder is nie giftig vir die krimpende uilbevolking nie. Uile is beslis dié beste muis- en rotplaagbeheerder ter wêreld. As ’n uil ’n vergiftigde muis of rot vreet, kan dit die uil ook vergiftig of hul kaak en bek vernietig. April is die tyd om bolle vir die winter en lente in die grond te kry. Haal dahliabolle nou uit, maar moenie vergeet om die kleure en soorte te merk nie. Verdeel vuurpyle, daglelies en agapante indien dit mekaar begin verdring. Meerjariges kan teruggesny word en dié wat mekaar verdring, kan in goed voorbereide beddings opgebreek en herplant word. Bemes rose vir oulaas met ’n geskikte organiese kunsmis. Sny enige laaste herfsblomme met lang stele af. So word die stingels versterk. As jy nog nie pronkertjies geplant het nie, maak gerus ’n draai by jou naaste tuinsentrum om dié geurige, gewillige blom in Augustus te kan pluk. Maak voorsiening vir oorgenoeg klimplek vir die ranksoort. Pronkertjies hou van oorgenoeg voeding en water. Bemes jou grasperk die laaste keer.

GENIET die adel van jou arbeid. Kosmosse blom lieflik langs die pad en gee die herfs ’n wit, pienk en maroen baadjie. Kosmos is egter uitheems en is destyds in die Anglo­ Boereoorlog saam met die Britte met perde­ voer die land ingebring. Foto: Tharine Hurter

Maak seker die kunsmis bevat baie kalium, maar min stikstof. ’n Gesoute tuinier het eendag gesê die beste tyd om ’n grasperk te vestig is voor die winter. Dit maak dat die wortels goed kan vestig. Verskaf egter voldoende water as jy sooie geplant het. As die seisoen stadiger word, gee nou gerus aandag aan die waterfokuspunte wat skoongemaak kan word. Maak soveel moontlik steggies van laventel, madeliefiebosse, krismisrose en fuschia-plante. Gebruik ’n geskikte hormoonpoeier vir dié proses. Maak seker die steggies word nooit droog nie. Die beste tyd om bome en struike te verplant is in die laat herfs. Moenie van ’n deklaag vergeet om plante teen uitdroging en onverwagse ryp of koue te beskerm nie.

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Skenk bloed hierdie Paastyd ONTHOU om tydens Paastyd bloed te skenk. Hierdie Paasfees word daar nie net na Paaseiers gesoek nie, maar ook na toegewyde bloedskenkers. Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk omdat talle ongelukke tydens die baie openbare vakansiedae en langnaweke plaasvind.

Dit is moeilik om gereelde klinieke by skole, tersiêre instellings en besighede te hê, en dit het ’n ernstige impak op pasiënte. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Die Bloeddiens sal sy jaarlikse Paasfeesbloei op Saterdag 12 April by die bloedskenksentrum by Checkers aanbied. Verrassings en pretaktiwiteite sal vir die hele gesin beskikbaar wees. Die doelwit vir die dag is 50 eenhede bloed. Bloedskenkers word aangemoedig om veral tydens dié maand bloed te skenk:

Having fun at crèche THE Kroonstad Rotary Club received a mat­ ching grant from the District Rotary to have a play pen made and erected at the Presby­ terian Community Hall in Brentpark. A crèche, Toddlers, is situated here. At the handing­over of the play pen are from the left Anita Schoeman (crèche manager), Riaan Oelofse (president: Kroonstad Rota­ ry Club) and Father Stephan Gilles (Rotari­ an). Gilles is assisting Kuwasi Reilo in clim­ bing the ladder, while other toddlers play on the structure. Photo: Tharine Hurter

Maandae en Donderdae: 10:00 tot 18:00. Dinsdae, Woensdae en Vrydae: 09:00 tot 16:00. Saterdae: 09:00 tot 13:00. Help die Bloeddiens om ’n bloedtekort te voorkom deur bloed te skenk. Moenie dat die lewe in die pad van lewe staan nie – skenk bloed en red vandag ’n lewe.


KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Paaskonferensie by Kroonstad-Suid gehou Tharine Hurter DIE jaarlikse Paaskonferensie, wat gewoonlik by die Lechwe Lodge buite Kroonstad aangebied is, sal vanjaar by die

NG kerk Kroonstad-Suid aangebied word. Dié konferensie begin reeds op Donderdag 17 April om 18:30 by die kerk in Theronstraat, Suidrand.

Kerk bied unieke Paaservaring Tharine Hurter DIE AGS-kerk Koningstad in Kroonstad bied van 13 tot 17 April die geleentheid aan inwoners om by 12 kruisstasies by die kerk, Bothastraat 35, deur hul sintuie die passie van Jesus te beleef. Dit vind van 15:00 tot 20:00 plaas. Die doel van die 12 stasies

(punte met uitbeeldings) is om besoekers deel van die kruisstasies te laat voel. Dit is deel van Paasfees-aktiwiteite by die kerk. Na wat verneem word, kan die besoeker ’n reis deurloop en soos ’n nuwe mens ná ’n besoek aan die 12 stasies daar uitstap. Vir meer inligting, bel Denver Zealand by 082-425-4437.

Hier sal dr. Marius de Beer ’n Nagmaaldiens lei. Belangstellendes kan die Suidrand-kerkkantoor se Elize Greyling by 056-212-3527 of 083-478-1522 vir meer inligting bel.

www.kroonnuus.co.za

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, spyseniering, dekor, tafels, stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt - 079 515 8814 HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Verhuring van dècor vir alle funksies Skakel 082 554 5852 of 056 212 2517 KINDERVERMAAK 1405

SPRINGKASTELE EN GLYBANE TE HUUR (Nog in baie goeie toestand) Splinternuut Skakel 082 889 5392 DAGSORG & CRÈCHES 1410

DAGSORG VIR BABA, PEUTER EN SKOOLKIND - Vir omsien na baba en peuters asook hulp met huiswerk vir laerskool kinders - 071 095 3378 FINANSIEEL 1420

Dink jy, jy betaal te veel vir jou kort termyn versekering? Wanneer is jou kort termyn portfeulje laas hersien? Weet jy waarvoor jy betaal? Weet jy wat is jou bybetaling? Kontak my gerus vir gratis kwotasie en bespaar geld. Kwotasies word gedoen by die vier grootste versekeringshuise in Suid Afrika, en dis nie “telefoon of tv maatskappye” nie. Kontak my, Andrika by 076 225 0547. Vir verdere inligting, wat kan jy verloor? Wat kan jy spaar? GESONDHEID & SKOONHEID 1430

Rent~A~Promo Just R190 you can rent a Win and Spin wheel for a day. Full training given. Dep R200 refundable + I.D. Req Rob 083 476 8291 HEAVEN@HAND Aromatherapy can assist with: * P.M.S * Menstrual issues *Weight Loss * Menopause. Rob 056 215 2025

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TE KOOP

BOUMATERIAAL

ALLERLEI

1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za ALLERLEI 1655

5 % AFSLAG OP MOSAIEK Bring advertensie as bewys. Top tile 056 212 5507

1845

JABA KONSTRUKSIE Verf, Bou van afdakke, Seël van dakke, Teëlwerk, Bouwerk - Gideon Koertze 076 230 8364 of Jacques du Plessis 082 828 5896

BEEKMAN "CANOPY" vir Chev/Corsa Skakel 079 526 2263 VINIEL PLAKKERS vir elke soort bewoording, windpomp, kombuis, stort & glas deure. Allerlei beskikbaar. Top Carpets 056 212 5507 TROETELDIERE

VIR ENIGE NAALDWERK Skakel 084 595 2820

1660

GRATIS PRAGTIGE BABAKATJIES Wit met swartgrys en bruin. Skakel 082 908 4630 na ure

VOORSIEN & INSTALLEER VAN ALLE BLINDERS 25% Afslag. Top Carpets 056 212 5507

2 OPREGTE SKAAPHONDJIES te koop. Ingeënt en ontwurm. R 350 - 073 281 9769 of 082 592 4488

WAS VAN VOLVLOER-/ LOS MATTE, banke & motorsitplekke Top Carpets 056 212 5507

ST BERNARD HONDJIES te koop 2 reune, 2 tewe. Ingeënt en ontwurm. 8 weke oud R 1 500 - 076 876 8990

VERVOER & BERGING 1870

2 WORSHONDJIES te koop. Tefies, 8 weke oud. Eet self. R 350 elk Skakel 079 230 4552 of 083 248 6628

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk - 073 157 7248.

GESOEK OM TE KOOP 1675

PERSOONLIK 1460

ENKELLOPENDE MAN 50 JAAR OUD van Kroonstad dames tussen 35 - 55 kan my skakel by nommer 079 342 8267 of sms.

MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552. Email: danielntholengda @gmail.com

TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

SOEK, KOOP, VERKOOP

JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056-212 1322 TROK TE HUUR 8 TON Trok te huur (met flappe) en drywer Meubels, Bourommel ens. Skakel Cindy 083 509 4374


KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

GEKLASSIFISEERD

VOERTUIE

BOME 1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.

MOTORS TE KOOP 3025

1994 VW JETTA 1,6 Baie goeie kondisie Skakel 056 212 6681

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

BETREKKINGS

RUIM 2 SLAAPKAMER WOONSTEL sitkamer, eetkamer, kombuis, badkamer, aparte stort in middedorp. Parkering in kompleks vir 1 motor. DSTV fasiliteit. Plesseymeter. Geen troeteldiere. Beskikbaar 1 Mei R 3 100 pm. Skakel 078 446 6818 TE HUUR 3205

SADLER INGELYF Stoor te Huur R 3 000 plus BTW "Warehouse" te huur R 14 000,00 plus BTW (1200v/m) Kontak (056) 213-4376

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

FEMNET HUIS Boomryke tuine 24 uur sekuriteit Werkende of afgetrede persone 5 Dae middag ete Wasgoed word een maal 'n week gewas 1 x per week skoonmaak dienste Plaas atmosfeer Rustige en ontspannend Kontak: Femnet huis no: 056 268 2311 of Louis no: 082 844 6379

MEENTHUISE TE KOOP

BETREKKINGS GESOEK 3330

GELEENTHEID WAT BETROUBARE JONG SELDE VOORKOM DAME IS DRINGEND INDIEN OOIT! OPSOEK NA ENIGE TOSKAANSE BOUSTYL: WERK. Bereid om hard te 3-slk-meenthuis, werk. Skakel 076 029 0640 2,5 badk, oopplanwoonarea, moderne ingerigte kombuis. Dubbelmotorh + onderdak parkering, veiligheidsmure, klein ontwerpte tuin. MAAR DIE BESTE, DIE EIENDOM KAN GEHUUR WORD MET OPSIE OM TE KOOP. SKAKEL 056 213 3024/ 082 922 6165 ALLE URE

BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

KGA LEWENS ‘n gevestigde versekeringsfirma is op soek na ‘n Administrasie Klerk om hulle kantoor in Kroonstad te bestuur. EENSLAAPKAMER Die suksesvolle kandidaat WOONSTEL Vir 'n moet: enkelpersoon. Huur •Beskik oor sterk R 2 000 pm. Deposito administratiewe en HUISE TE KOOP R 2 000 betaalbaar. toesighoudende Onderdak parkering vir een vaardighede 3275 voertuig, Afstandbeheerde •Matriek-sertifikaat hê 2 SLP HUIS TE KOOP motorhek, Plesseymeter, •Vlot tweetalig Werthstraat 26 A Water ingesluit. •100% Rekenaarvaardig R 305 000 Beskikbaar 30 April 2014. (Word, Excel, Outlook) Skakel 082 468 5650 Skakel 083 446 7295 •Ten minste drie jaar soortgelyke ondervinding •Kliënt-georiënteerd HUISE TE HUUR ENKEL WOONSTEL TE •Hoë vlak van 3270 HUUR vanaf 1 Mei. akkuraatheid handhaaf Krag uitgesluit. Water 3 SLPK HUIS TE HUUR •Bereidwillig om oortyd te ingesluit. Naby skole. Klompstr. 38A werk wanneer benodig Skakel 056 212 2636 of Verkieslik geen kinders nie •In staat wees om 072 237 5567 Skakel Annatjie onmiddelik te begin. 073 3376 838 • Voertuig sal 'n pluspunt wees. Epos aansoek na recruitment@kga.co.za of faks na 086 218 2851 voor of op 23 April 2014. Indien u nie ‘n antwoord binne 14 dae van die indien van u aansoek ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. 2 SLP WOONSTEL te huur. Nuut, Plesseymeter. Water ingesluit. R 3 000 pm Skakel 083 4000 719

B E T R E K K I N G S

3670

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.

BOEDELKENNISGEWINGS

G E K L A S S I F I S E E R D

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BETREKKINGS

BOEDEL WYLE JOHAN HENDRIK JANSEN VAN RENSBURG BOEDEL NOMMER 8358/2010

BOEDEL WYLE ENGELA CATHARINA JANSEN VAN RENSBURG BOEDEL NOMMER 10624/2013

LADY IS LOOKING FOR CASHIER OR DOMESTIC WORK. Hard worker. Good references - 082 064 2598 HUISWERKER SOEK DRINGEND WERK Betroubare harde werker Maandag tot Vrydag (Nie inslaap nie) 083 992 5430 ALGEMEEN 3680

BENODIG VERTEENWOORDIGER om opgelei te word in die Lekkergoed Bedryf Skakel 083 590 9910 DATA ENTRY WORK... Extra income SMS name and postal address to 079 856 7764 Kantoor Administrateur Die geskikte kandidaat moet goed wees met syfers en vaardig wees op MS Excel, MS Word, MS Outlook en Afriklok. Sy sal verantwoordelik wees om die daaglikse statistieke en skedules op datum te hou, voorraad beheer en kontrole, hantering van die kleinkas en die hantering van alle loon aangeleenthede. Sy sal ook verantwoordelik wees vir die handhawing van voedselveiligheid standaarde asook algemene kantoor en administratiewe werk. Die volle omvang van die pos sal in die onderhoud bespreek word. Die besigheid is op ‘n plaas, sowat 15km van Kroonstad af, geleë. Stuur asseblief u CV per epos aan accounts@ joubertgroup.co.za Elektriese kontrakteur op soek na manspersoon met geldige bestuurslisensie en vorige ondervinding in die Elektriese bedryf. Faks CV na 086 293 3588 VAKANTE POS beskikbaar vir dames/manspersoon by Mikro Lenings Instansie. Geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen: Matriek, Kode 08 rybewys, rekenaarvaardig. Salaris onderhandelbaar. Sluitingsdatum: 11/04/2014. Faks CV na 086 650 3687 We are looking for a energetic Afrikaans speaking lady for a cashier/admin position. Salary R3 500 pm. Please fax CV to 086 274 1225

In die boedel van wyle: Engela Catharina Jansen van Rensburg Gebore op: 2 Maart 1944 Identiteitsnommer: 440302 0050 086 In lewe: Pensionaris Datum van dood: 26-07-2013 Adres: Kahtstraat 2, Kroonstad Boedelnommer: 10624/2013 KREDITEURE en DEBITEURE in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf datum van publikasie hiervan hul eise teen die boedel in te stel en hulle skulde aan dieboedel te betaal.

In die boedel van wyle: Johan Hendrik Jansen van Rensburg Gebore op: 24 Mei 1937 Identiteitsnommer: 370524 5052 080 In lewe: Pensionaris Datum van dood: 08-05-2010 Adres: Kahtstraat 2, Kroonstad Boedelnommer: 8358/2010 KREDITEURE en DEBITEURE in bogemelde boedel word hiermee aangesê om binne 'n tydperk van DERTIG (30) DAE vanaf datum van publikasie hiervan hul eise teen die boedel in te stel en hulle skulde aan dieboedel te betaal.

GEREGTELIKE VEILING 4501

KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE TEEN MAGDALENA PETRONELLA TRYSTSMAN SAAKNOMMER: 415/2013

DU PLESSIS LE ROUX ING POSBUS 1136 KROONSTAD 9500 TEL: 056-2126541 MNR LE ROUX/Marlize

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

DU PLESSIS LE ROUX ING POSBUS 1136 KROONSTAD 9500 TEL: 056-2126541 MNR LE ROUX/Marlize

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Viljoenskroon gehou te Viljoenskroon Saaknommer: 415/2013 In die saak tussen:

4205

KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Eksekusieskuldeiser BOEDEL WYLE: KARL WALTER BOEDEL NO: 1969/2014 KENNISGEWING

BOEDEL WYLE EO BURGER BOEDEL NR 001949/2014 BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle ETIENNE OELSEN BURGER (Identiteitsnommer 260426 5037 082), in lewe woonagtig te Schonbornstraat 26, Kroonstad, Vrystaat, Boedelnommer 001949/2014 Datum van afsterwe 14/02/2014 Krediteure en debiteure in bogemelde word hiermee versoek om hulle eise in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae vanaf 11 April 2014 GC ENGELBRECHT Eksekuteur Testamentêr Posbus 1606 KROONSTAD 9500

BOEDEL WYLE GTD BOOKER BOEDELKENNISGEWING In die boedel van wyle GEORGE THOMAS DAVID BOOKER, identiteitsnommer 420106 5009 086, 'n pensioenaris, woonagtig te Dykmanstraat 5, Kroonstad Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 11 APRIL 2014 WJ BOTHA Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 KROONSTAD

BOEDEL WYLE AJ BADENHORST BOEDELNOMMER: 3239/2013 KENNISGEWING Boedel wyle: AJ Badenhorst Gebore: 1933-05-28 Identiteitsnommer: 330528 0042 086 Oorlede: 2013/03/22 Provinsie: Vrystaat Boedelnr: 3239/2013 Laaste adres: 9 Powriestraat, Viljoenskroon Ingevolge Artikel 35 (5) van die Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie-en Distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, gereken vanaf datum van publikasie hiervan, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN en te kantore van die Landdros, KROONSTAD. PROKUREUR VIR EISER/VERWEERDER SADLER INGELYF 23A MARKSTRAAT, KROONSTAD, 9499 POSBUS 2483, KROONSTAD, 9500 TEL: 056 213 4376 FAKS: 086 610 8299 VERW: ZP VENTER/Madrè/V00225 LEÊR NOMMER: V00225

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

SOEK, KOOP, VERKOOP

SMALLS NOTICE

In die boedel van wyle KARL WALTER Identiteitsnommer: 300314 5060 183 wie ongetroud was Gebore op 14 Maart 1930, en wie se laaste adres Derksenstraat 21, Kroonstad, Provinsie Vrystaat was en wie oorlede is op 12 Januarie 2014 Boedelnommer: 1969/2014, Meesterskantoor, Bloemfontein. Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie-en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê vir persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, vanaf 11 April 2014, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en te kantore van die Landdros, Kroonstad. q.q. Eksekuteur p/a NAUDè - THOMPSON ING. Cross-straat 98 Posbus 932 KROONSTAD 9500 Tel no.: 056 212 3280/9

V E I L I N G S

En MAGDALENA PETRONELLA TRYSTSMAN Eksekusieskuldenaar TEN UITVOERLEGGING van 'n vonnis van die Landdros, VILJOENSKROON gedateer 9de dag van APRIL 2013 sal ondervermelde goedere om 12h00 op 8ste dag van MEI 2014 per publieke veiling te PLAAS VERGENOEG, VILJOENSKROON deur die BALJU vir die Landdroshof van VILJOENSKROON aan die hoogste bieër vir kontant verkoop word, naamlik: 1 X SLATTERY COMBINE HARVESTER 1 X ISUZU BAKKIE (REG NO: CWY 825 FS) 1 X JOHN DEERE 7000 PLANTER 1 X 5 TOL RAKE 1 X SAYER/ KNEUSER Geteken te Bloemfontein op hierdie 25ste dag van Maart 2014 Staatsprokureur, Bloemfontein P/A SARS C/O GRAAFF & TULBACH WELKOM, 9459 POSADRES: PRIVAATSAK X3 WELKOM, 9460 TEL: (057) 910 1367 VERW: 4070222981 NAVRAE: M NICHOLSON

VEILINGS


KROONNUUS, DINSDAG 8 APRIL 2014

11

B O Y U A S D BIRTHcky vouchers to N be found. 1M lu illion . Check your till slip

smart shoppers o nly. **Terms and

Conditions

Apply.

Selected products on this page have been styled for photography

79

R

Laat skeie spat

SAVER10

ETTIENNE GERBER (42) het verlede week op die Suid­Afrikaanse senior juk­ skeikampioenskapsbyeenkoms op Juk­ skeipark, Kroonstad, as gestremde vir die Suidwestelike Distrikte gespeel. Omdat hy ’n T12­parapleeg is, mag hy 9 m van die put sy skei gooi. Ander lede van die span moet 16 m van die put staan om hul skeie te gooi. Besoek www.kroonnuus.co.za vir ’n fotogalery van die byeenkoms. Foto: Tharine Hurter

Skeie klap op toernooi DIE Suid-Afrikaanse senior jukskeikampioenskapsbyeenkoms het verlede week op Jukskeipark in Kroonstad plaasgevind. Die spanne van Namibië het ook op die byeenkoms die skeie laat klap. Ná die toernooi is die internasionale wedstryde se uitslae soos volg: Senior vroue: Ronel le Roux (Noord-Kaap) – eerste; Louise le Roux (Wes-Kaap) – tweede; Charisma de Bruin (Gauteng) – derde. Kaptein: Elna van den Berg (Gauteng). Afrigter: Buks van den Berg (Gauteng). Bestuurder: Karien Marais. Senior mans: Thomas Venter (Gauteng) – eerste; Riaan van der Walt (Wes-Kaap) – tweede; Johan Booyens (Wes-Kaap) – derde. Kaptein: Christie Behr (Gauteng). Reserwe: De Wet Boshoff (Wes-Kaap). Afrigter: Tinus Barnard (Gauteng). Bestuurder: Karien Marais. Junior mans: Roedolf van Jaarsveld (Wes-Kaap) – eerste; Anton de Kock (Gauteng) – tweede; JP Wirths (Gauteng) – derde. Kaptein: Francois van Zyl. Reserwe: Janneman Els (Gauteng). Afrigter: Dirkie Fourie. Bestuurder: Karien Marais. Junior vroue: Christelle Bloem – eerste; Melanie Dippenaar (Vrystaat) – tweede; Marica Els (Gauteng) – derde. Kaptein: Tarina-Marie Marais (Gauteng). Reserwe: Jo-Ann van Schalkwyk (Vrystaat). Afrigter: Dawie le Roux (Noord-Kaap). Bestuurder: Karien Marais.

Check car in time THE Easter holidays are getting closer, which means now is a good time for motorists to have their cars checked to ensure safety on the road. Les Mc Master, chairman of the Motor Industry Workshop Association (Miwa), says every year workshops get bombarded with motorists wanting vehicle checks and needing repairs just days before they plan to leave on holiday in April. “Should maintenance be needed and spare parts are not in stock, these need to be ordered. This could take several days, if they are available at all. That’s why it is not a good idea to leave things to the last minute,” says Mc Master. He suggests that motorists make an appointment for a car check at an accredited Miwa workshop as soon as possible. If a problem is identified, the mechanic will advise the vehicle owner and provide a quote for repairs needed. No repairs will be done without the consent of the owner, he explains. For a list of Miwa workshops, vehicle owners can visit the Miwa site www.miwa.co.za.

Lamb Leg Roast Per kg

79

55

R

R

Bulk Lamb Braai Chops Per kg

Bulk Lean Beef Mince Per kg

6 Hot Cross Buns

12

R

32

R

BUY ALL 3 FOR

10x

BUY 2 FOR

37

R

WIN WITH CLOVER

Terms and Conditions apply.

Visit

www.clover co.za

38

R

points

on H Hot ot Cross Buns

Valid 24 March - 21 April

33

R

PnP Washed Potatoes 2kg

PnP Four Seasons Salad 200g, Salad Tomatoes 750g and English Cucumber

PnP Fresh Chicken Breasts, Thighs or Wings

Per kg

17

50

FRESH

SAVER11 Flora Gold Medium Fat Spread 500g

SAVER14

11

50

Clover Seal Fresh Milk Assorted 1 Litre Each

Clover Cheddar, Gouda or Tussers 450g Vacuum Pack Each

SAVE1.70

Cheapest C on shelf

PnP White Sugar 2.5kg

22

90

SAVE2.50

25

90

SAVER7

Kellogg’s All-Bran Flakes 500g

BUY A ANY 2 FOR

14

90

79

Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s 42.90 Per Pack

PnP NO NAMETM Parboiled Rice 2kg

Celebrate Easter

Buy any 6, get the cheapest 1 FREE

50 Buy Sunlight Auto Washing Powder 2kg and Get Sunlight Fabric Conditioner 500ml FREE

44

R

SAVE 30.90

2

Buy any kids’ clothing items and get

20% BACK

Buy any 6 Easter Eggs or Bunnies from PnP and get the Cheapest Free (Excluding all Mallow Eggs and all Hens’ Eggs) Terms and conditions apply visit www.picknpay.co.za VALID 24 MARCH - 21 APRIL

in smart shopper points

24 March - 21 April

online. Shop your way: In store or online

Get your voucher at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. One voucher per customer. T’s & C’s apply.

www.picknpay.co.za/shop

+

FREE

Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme

**Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 8 - 13 APRIL 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1184732


Trek die blinkes uit DIE DKD­hengelklub van Kroonstad het op 29 Maart sy derde hengelkompetisie by die Erfenisdam gehou. Daar is van 08:00 tot 16:00 gehengel. Altesaam 16 visse met ’n algehele gewig van 9,620 kg is uitgetrek. Voor: Juanley Hamel (een vis met ’n gewig van 1,190 kg); van links is, agter: Kobus Erasmus (eerste plek met vier visse met ’n gesamentlike gewig van 3,070 kg), Juan­Pierre Hamel (tweede plek) en Hennie van der Spuy (derde plek). Foto: Verskaf

NEGE tennisspelers van die Border­tennisklub is in die Noord­ Vrystaat­tennisspan ingesluit wat in Februarie aan ’n jaarlikse interprovinsiale wedstryd teen die Vaaldriehoek in Vanderbijl­ park deelgeneem het. Ná die wedstryd was die speltelling gelyk­ op, maar nadat wedstryde getel is, het die Vaaldriehoek die krag­ meting naelskraap met 45 wedstryde teenoor die 41 van Noord­ Vrystaat gewen. Van links is Anita Rautenbach, Marita Shone, Andrew Fletcher, Thea Relling, Wikus Venter, Ingrid Blomerus, Steve Shone, Morton Slabbert en Anton Janse van Rensburg.

Gholfspelers presteer Anne-Lize Jansen van Vuuren

TWEE jong gholfspelers van Kroonstad is dit eens dat net talent nie genoeg is om in gholf te presteer nie. Harde werk is elke goeie gholfspeler se voorland. Gé-Rico Muller en WJ Oosthuizen is twee leerlinge van die Hoërskool Kroonstad wat vir die Vrystaat en Noord-Kaap se o.15-gholfspan gekwalifiseer het. Gé-Rico Muller kon volgens sy ma, Wilmé, skaars loop toe hy reeds groot belangstelling in sy plastiekgholfstokke getoon het. Pa Sproete, wat self met ’n voorgee van vyf spog en al verskeie toernooie vir die Vrystaat gespeel

het, is ook sy afrigter. Gertjie Schoeman jr. is ook sy afrigter en dit verklaar moontlik waarom hy reeds op 10 jaar provinsiale gholf gespeel het. Gé-Rico was in die KroonheuwelPrimêre Skool. Hy het ’n voorgee van agt. Sy droom is om ná skool in Amerika te gaan gholf speel. Dié gr. 9-leerling van Bloues speel ook vir sy skool se eerste hokkiespan. Hoewel WJ Oosthuizen eers in gr. 4 in die Sentrale Volkskool sy gholftalent met die aanmoediging van sy oupa en broer Charl ontdek het, het hy met harde werk en lang oefensessies op die gholfbaan ook sy plek in die Vrystaat en Noord-Kaap se o.15-gholfspan oopgespeel.

Dié seun van Wimpie en Paulina Oosthuizen vertel hulle reis omtrent die land vol vir sy gholfspelery. Hy beplan om ná skool na die gholfskool in Centurion te gaan. WJ se voorgee is 15. Hy speel ook vir Bloues se eerste hokkiespan. Die twee het verder in gemeen dat albei se gunstelingvak op skool wiskunde is. Adam Scott van Australië is hulle albei se gholf-rolmodel. “Ons kan baie by hom leer. “Hy het ’n goeie temperament en wys nie as hy swak speel nie. Boonop het hy ’n baie mooi deurswaai,” verduidelik Gé-Rico en WJ. Hulle is ook albei lede van Kroonstad-buiteklub.

GÉ­RICO MULLER en WJ Oosthuizen

Foto: Anne-Lizé Jansen van Vuuren


Kroonnuus 20140408