Page 1

Kroonnuus TEL TEL(056) (056)212 2123171 3171

DINSDAGDINSDAG 5 NOVEMBER 5 NOVEMBER 2013 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Jagter stel sy saak oor skorsing Jana Bekker

DRIE gr. 4­leerlinge van die Sentrale Volkskool pak hul munte tydens die muntlegging uit om geld vir Huis Edelkroon in te samel. Van links is DW Staal, Ben Jacobs en Johann Fourie.

Hulp aan tehuis uitmuntend Jana Bekker HUIS EDELKROON het verlede week ’n stewige kontanthupstoot gekry ná ’n muntlegging by die Sentrale Volkskool. Altesaam R5 150 is ingesamel. Die muntlegging was die geesteskind van Cheree van der Walt (32) van Kroonheuwel, ’n finalejaarstudent in BA Kriminologie. Sy moes ’n werkstuk oor gemeenskapsielkunde inhandig, waarvoor sy by Huis Edelkroon betrokke geraak het. “Ek het die nood by die mense gesien en besluit om te help,” sê Van der Walt. Sy sê die staat subsidieer R2 400

per bed vir staatspasiënte by die huis, terwyl die koste daarvan R5 070 beloop. “Om daardie geld op te maak moet hulle van iewers af geld kry,” sê sy. Volgens Cheree is die geld wat die tehuis te kort skiet tot soveel as R40 000 per maand. “Ek het die Sentrale Volkskool genader en die kinders was gaaf en opgewonde genoeg om betrokke te raak.” Kinders het met silwermunte en note by die skool opgedaag. Die geld is in die vorm van ’n appelboom, wat op die plaveisel geteken is, gepak. Twee kinders, ’n seun en meisie,

wie se name in ’n trekking gekies sal word, sal vandag die geld aan Huis Edelkroon oorhandig. Mnr. Leonard Welthagen, skoolhoof, is opgewonde oor die projek. “Ons skool hou daarvan om vir die ou mense iets te gee,” sê hy. Sanet Williamson, verpleegdiensbestuurder by Huis Edelkroon, sê hulle is geweldig opgewonde oor die projek. “Dit is vir ons verskriklik lekker.” Sy sê personeel by die ouetehuis het al self projekte aangebied om geld vir die huis in te samel. Die geld word vir hulpbehoewende inwoners in die ouetehuis aangewend.

DIE vuurwapenkundige wat onlangs uit die Suid-Afrikaanse Jagters-enwildbewaringsvereniging (SAJWV) geskors is, het dié week teruggekap dat alle inligting in die onlangse berig in Kroonnuus nie waar is nie. Kroonnuus het op Dinsdag 22 Oktober berig (“Pa, seun geskors”) dat die man en sy seun uit die vereniging geskors is nadat hulle deur ’n tugkomitee van die SAJWV aan onwettige jag en nagskiet skuldig bevind is. In ’n brief aan Kroonnuus sê Johan Klopper nie al die inligting in die berig is waar nie. “Ek het die sogenaamde skietongeluk dieselfde dag as wat dit plaasgevind het, aangemeld. Hulle het dit as ’n fratsongeluk beskou en wou dit nie ondersoek nie.” Hy sê nadat iemand aangehou is, is dit wel ondersoek. Hy brei nie uit oor wie die mens is nie. Klopper sê die uitslag van die ondersoek was dat niemand verantwoordelik gehou kan word nie. Hy sê die staatsaanklaer was onwillig om die saak te vervolg (nolle prosequi). Klopper sê die SAJWV het wel ’n interne verhoor gehou, maar hy is nie die geleentheid gegun om sy getuies te roep nie en sy kant van die saak is dus nooit aangehoor nie. “Die ongeluk het nie op ’n SA Jagters-skietdag plaasgevind nie en het eintlik niks met hulle te doen nie. Wie is hulle dan nou om, ná die hof se beslissing, dit te veto en aansoek te doen dat ek onbevoeg verklaar word?” Hy sê wat sy seun se saak betref,

was hy nie skuldig aan onwettige jag of nagjag soos beweer word nie. “Hy het wel ’n koedoe vervoer wat deur ’n boer op sy eie plaas geskiet is en het dit vir die boer na ons koelkamer op die dorp vervoer, want hulle het nie een op die plaas nie.” Klopper sê sy seun is skuldig bevind vir die vervoer van die bok sonder ’n permit of brief van die plaaseienaar. “Hy het ’n boete van R2 000, opgeskort vir drie jaar, of ses maande tronkstraf gekry vir die vervoer van die bok,” sê hy. Klopper sê sy seun kon nie die dag van die SAJWV se interne verhoor daar wees nie. “Hulle het geweier om die datum te skuif sodat hy teenwoordig kon wees om hom te verdedig.” Volgens Klopper het sy seun nadat die uitstel geweier is skriftelik bedank. “Hulle het hom ná die bedanking steeds verhoor en geskors.” Klopper sê die boer, wat ook lid van die SAJWV is, wat erken het hy het die koedoe geskiet, se lidmaatskap is vir drie maande opgeskort. “Maar my seun wat slegs die bok vervoer het, word geskors.” Nou vra Klopper hoe regverdig die SA Jagters optree deur uitsprake te lewer sonder dat lede hulself kan verdedig. “Is dit hoe ’n billike en regverdige instansie moet optree?” Hy sê sy siening is ’n vereniging moet sy lede beskerm en indien iets sou gebeur, hulle bystaan – “beslis nie om eerste klippe op te tel nie”. Klopper sê eindelik maak dit seer, maar wat mense sê en dink, is nie belangrik nie. “ . . .God weet wat die waarheid is,” sê hy in sy brief.


2

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Slagting kos boer byna R40 000 Jana Bekker

FRED LEHMKUHL tussen skaapmae wat gelos is op die plek waar van sy gesteelde skape geslag is. Foto: Verskaf

DRAGTIGE ooie en ooie met klein lammertjies is onder die meer as honderd skape wat verlede naweek gesteel is. Sowat 70 van Fred Lehmkuhl se skape is teruggevind en daar is op ’n verdere 25 karkasse afgekom. Sewe skape is steeds soek. Dít is die vierde voorval waar skape die afgelope twee maande by boere in die omgewing gesteel is. Fred se boerdery is op die plaas Lehmkuhlsrus op die Edenville-pad. Sy dogter, Hesti, het verlede Vrydag omstreeks 23:30 skape hoor blêr. Sy het haar broer, Ken, gebel wat met sy terugkeer na die plaas ongeveer ’n uur later van die skape buite die kamp gesien het. Die volgende oggend het Fred die skape gaan tel en besef daar is minstens honderd skape weg. “Ons het oral gesoek, maar kon die skape nêrens kry nie. ’n Ent die land in het ons ’n klein groepie skape gekry,” sê hy. Die veediefstaleenheid op Heilbron, die honde-eenheid en Edenville-polisie is na die toneel ontbied. Hulle het begin soek en eindelik op 25 karkasse en 70 skape afgekom. “(Die diewe) het een skaap keelaf gesny, maar hom nie eens gevat nie,” sê Fred. Ná die voorval is sowat 14 lammertjies sonder ma’s. Hulle word hans grootgemaak. Fred sê die veediewe het oor drie plase drade geknip om op sy plaas te kom. Die skape is sowat 1 km van die teerpad en 100 m van die grondpad wat na sy plaas toe lei, geslag. Die skade is sowat R40 000.

Registreer jou om te kan stem Jana Bekker OM in die onafhanklike verkiesing in 2014 jou kruisie te trek is ’n besoek aan een van die stemlokale in Moqhaka oor die registrasienaweek in November ’n moet. Kiesers kan hulle oor die naweek van 9 en 10 November by een van 96 stemlokale in die munisipale gebied registreer. “Ons open tydelike ‘kantore’ in al die woongebiede vir mense om hulle te registreer,” sê Charmaine Mabala, die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se plaaslike toesighouer vir die Fezile Dabidistrik. Die lokale sal op albei dae van 08:00 tot 17:00 oop wees. “Ons verwag van mense om die stemlokale te besoek om twee goed te doen – om hul besonderhede na te gaan om te verseker dit is korrek; of om hulle te registreer as hulle nie op die kiesersrol is nie,” sê sy. Volgens Charmaine is haar teiken vir die naweek 11 700 registrasies. Op die oomblik is daar 78 380 geregistreerde kiesers in Moqhaka. Charmaine sê dit is belangrik

dat mense hulle registreer omdat dit hulle in staat stel om te stem. “Dit is belangrik om te stem, want dit is vir ons toekoms,” sê sy. Vanjaar is die eerste keer dat die vrygeborenes (’n troetelnaam vir diegene wat ná Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing gebore is) sal kan stem. “Soveel moontlik van hulle moet kom stem sodat hulle hul stemreg en ons demokrasie kan geniet deur aktiewe landsburgers te wees,” sê sy. Charmaine sê hulle hoop op die maksimum deelname van kiesers. Een van drie vorme van identifikasie word met registrasie of op stemdag aanvaar – ’n groen strepieskode-ID-boek; ’n geldige, tydelike identiteitsertifikaat en die eerste keer ooit word ’n slimkaart aanvaar. Dié kaart is in Julie deur die departement van binnelandse sake bekend gestel. Mense wat wil bevestig of hulle wel geregistreer is, kan hul IDnommer na 32810 SMS of die tolvrye nommer 080-011-8000 skakel. Kiesers kan ook die verkiesingskantoor langs die Kroonstadskouburg besoek.

MARTIE DE BEER

Geliefde inwoner oorlede ’n INWONER van Wespark wat 28 jaar by die verspreiding van Volksblad betrokke was, is verlede Woensdag aan hartversaking oorlede. Martie de Beer (72) se seun Wimpie sê sy ma het ’n ruk las van haar longe gehad en het twee jaar aan hartversaking gelei. Sy was in die Heilbron-hospitaal toe sy oorlede is. Ná 28 jaar as organiseerder van Volksblad se verspreidingsafdeling het sy ongeveer vier jaar gelede afgetree. Haar man, Willem, is in 2006 oorlede. In 2001 is haar jongste seun, Francois (24), aan limfoonkanker dood. Sy word oorleef deur haar seuns Wimpie de Beer (42) van Kroonstad, Jannie de Beer (45) van Bloemfontein, ’n dogter, Hester Kriel (40) van Senekal, haar skoonseun, Riaan Kriel, skoondogter, Heilie de Beer, en vier kleinkinders. De Beer word 8 November om 11:00 uit die NG kerk Wespark, Kroonstad, begrawe.


KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Botsing op N1 eis man se lewe Jana Bekker BEN ZAAIMAN (68), ’n inwoner van Kroonstad, is onlangs etlike meters van sy huis af in ’n botsing op die N1 oorlede. Die botsing het op 23 Oktober omstreeks 18:15 by die vierrigtingstop naby die Ultra City-vulstasie, minder as 500 m van sy huis op die Frishgewaagd-kleinhoewes, gebeur. Johnny McLachlan, eienaar van Mac’s Towing op Kroonstad, sê volgens omstanders op die toneel het ’n vragmotor reg voor Ben ingery. “Hy het glo uitgeswaai en ’n Isuzu-bakkie getref.” Ben was ’n bekende op die dorp en is hier gebore. Sy vrou, Elna, het hom as baie liefdevol beskryf en iemand “oor wie almal mal was”.

BEN ZAAIMAN Foto: Verskaf Hulle sou volgende maand hul 45ste huweliksherdenking vier. Die egpaar het drie dogters, Yulani (42), Anelda (38) en Benita (33).

3

Klein begin, groot herwin Jana Bekker LEERLINGE van die Sentrale Volkskool het Vrydag ’n hele hoop sakke met herwinbare artikels vir ’n projek van twee medeleerlinge skool toe gebring. Twee gr. 5’s, Nathan Greig en Lian de Winnaar, het vroeër vanjaar ’n bronsmedalje ontvang vir ’n natuurwetenskapprojek wat hulle vir die Eskomekspo vir jong wetenskaplikes ingeskryf het. Dít het die saadjie geplant om meer in die verband te doen en ’n herwinningsprojek is by die skool in werking gestel. By die skool is groot houers vir voorwerpe van glas, papier, karton, blikkies en metaal en plastiek aangebring. “Die langtermyndoelwit is om al die skole op die dorp betrokke te kry,” sê Chanta Greig, Nathan se ma. Sy sê hulle wil aanstaande jaar ander skole help om sulke projekte te begin. Thabong Waste Recyclers tree op as kontrakteur tussen die skool en die onderneming Remade Recycling wat die herwinbare artikels ontvang. Die geld wat vir die artikels ontvang word, sal vir ander skoolprojekte aangewend word.

NATHAN GREIG by die hoop sakke vol herwinbare materiaal wat sy maats Vrydag na die Sentrale Volkskool saamgebring het. Foto: Jana Bekker

Youth crime prevention dialogue was a great success TEEN PREGNANCY, life in prison and peer pressure were three subjects that were discussed during a youth dialogue that was held by the Viljoenskroon police recently. This police station has embarked on programmes that seek to promote youth crime prevention in Rammulotsi. Other issues that were discussed include youth and health, youth crime prevention and community

orientated policing. “After the establishment of the Youth Desk, many challenges that directly affect the youth in Rammulotsi were discussed to bring down the levels of criminal acts committed by young people,” says Captain Stephen Thakeng, police spokesperson. He says some of the challenges young people in the Viljoenskroon station precinct face, are robberies,

rapes, teen pregnancies and burglaries. “As a result they lose their moral direction.” According to Thakeng, a majority of them are young people that move in and out of a school environment. The first Youth Dialogue was held for girls on 16 October and one for boys was held on 23 October. Both sessions were facilitated by

the Viljoenskroon police under the leadership of the station commander, Lt Col Kolisang Sello. Both sessions were attended by educators, learners from the Mahlabathini Primary, Ntswanatsatsi Primary, Dr Sello Primary, Renyakalletse Primary, Kgolagano High and Kgabareng High Schools. Targeted audiences were learners between gr. 7 to gr. 11 and other youth forma-

tions in Rammulotsi. “The sessions were successful and a commitment was made by learners to support youth crime prevention programmes in Viljoenskroon and the Youth Desk with its endeavour to fight against crime,” said Sello. He said that these engagements should be held on a continuous basis, just to ensure young people come to a realisation that crime does not pay.


4

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Geloofspraatjies dien nie vir werwing OM die geloofskaart in ’n geskil te speel om stemme te werf is so oud soos die berge. Oor die naweek het die ANC op ’n groot byeenkoms na dié party as die Drie-Enige God verwys en die 12 dissipels as die 12 voorsitters van die party. Om voorts na oudpresident Nelson Mandela as Moses te verwys gaan darem ’n bietjie beter af. Wat van respek vir enige ander geloof? Net so is dit opmerklik hoe die mensdom geloof kan gebruik om aksies te verdoesel wat hulle aan misdrywe skuldig gemaak het. In dié lesersgebied is wel sulke mense wat ’n ander masker opsit wanneer dit by sake kom en die regte pad stap. Reëls is reëls en moet nagekom word. Die enigste manier om ’n verskil te maak oor hoe jou wêreld waarin jy leef, woon en werk,

moet lyk, is om jou as kieser te registreer. Dít kan jy die naweek doen. Jou kruisie kan die verskil maak. ’n Kollega, Jana Bekker, het dié uitgawe van Kroonnuus redaksioneel versorg. Sy is nou sowat twee maande op Kroonstad. Almal het haar al gevra waarom sy die mooiste Kaap vir die Vrystaat verruil het: “Die mense op Kroonstad is só vriendelik,” sê sy. Aanvanklik het sy gedink die Sotho-sprekendes mompel wanneer hulle hul koerant by Volksblad en Kroonnuus se kantoor kom haal. Hulle groet beleef enigeen ongeag of hulle die mens ken of nie. Dit is wat die Vrystaat besonders maak. Nie net is die omgewing om ons plat nie, maar ook die mense is plat op die aarde.

Leer saam meer oor erfenis DIE Dameskring van Kroonstad het op die maandvergadering in Oktober meer oor erfenis geleer. Vroue het pienk gedra ter viering van Kankermaand. Die nuwe streekverteenwoor­ diger, Marichen Barkhuizen van Welkom, het die geleentheid bygewoon. Sy het die vroue geïnspireer om meer by die samelewing betrokke te raak. Van die lede wat die vergadering bygewoon het, is van links Wilma Botha, Lorraine Snyman, Thea Steenekamp, Susan van Niekerk, Gertruida Gryffenberg, Barkhuizen en Ina Jagga. Foto: Verskaf

Respekteer verkeersreëls CAREL VENTER, Kroonstad:

MATRIEKLEERLINGE landwyd het verlede Maandag die eindeksamen met hul eerste En­ gels­ vraestel begin. D’atra Hicks, ’n leerling aan die Hoërskool Zenith, en haar medema­ trieks lê die nasionale senior sertifikaat­eksamen in ’n kerksaal oorkant die skool af. Die laaste vraestel word op 29 November geskryf. Foto: Jana Bekker

Koop op mark DIE PolkadotKerskothuismark word môre tot Vrydag by die ou Stadsaal op Kroonstad gehou. Die mark vind daagliks tussen 09:00 en 18:00 plaas. ’n Teetuin, geskenke, dekor en kuns vorm deel van dié mark. Vir meer besonderhede bel Friedsie de Jonge by 076-563-3488.

EK is nou 33 jaar in die korttermynversekeringsbedryf. Die wanorde wat nou daagliks in ons strate plaasvind, is heeltemal onaanvaarbaar. Padtekens en veral stopstrate het ’n baie ernstige doel. Dan sit ons daarby verkeersligte en voetgangers op Kroonstad, U-draai in die Duikweg en motoriste wat oor rooi verkeersligte ry. Elkeen in die wêreld moet self besluit, maar wat nie uit die oog verloor moet word nie is dat u die gevolge van daardie besluit gaan dra. Dit is maklik om te besluit ek ry teen ’n spoed vantussen 60 km/h en 100 km/h oor ’n stop straat. Wat die mense nie besef nie, is daar kan mense sterf in daardie ongeluk. Benewens dat die mens dalk in die ongeluk dood is, kan die een verantwoordelik gehou word vir aanspreeklikheid en dit kan derduisende rande beloop. Dit kan ’n mens geldelik uitroei. Moet nie van die veronderstelling uitgaan “maar ek het versekering, my versekering sal betaal nie”. Daar kan klagte ingedien word van roekelose en nalatige bestuur wat die eis dan kan beïnvloed. Wat van kinders met fietse in die strate? Hoe gaan dit ’n mens se lewe beïnvloed indien so ’n kind in die ongeluk dood is? Padtekens is daar met ’n doel. Dit is om

die verkeer reg te laat vloei. Dit is om ons paaie veiliger te maak en ons almal moet mekaar in ag neem. Ons is almal volwasse mense en ’n onverantwoordelike bestuurder in ’n voertuig is ’n dodelike wapen net so erg soos ’n vuurwapen. Baie mense ry sonder derdepartyversekering. Dit gaan nie net oor die ander party se voertuig nie, maar oor aanspreeklikheid ook. Dit kan iemand wees wat byvoorbeeld internasionale rugby beoefen wat in so ’n ongeluk omkom en hy is die broodwinner. Mense, dit kan baie lelik raak met so ’n eis. Asseblief, ek vra vandag baie mooi: Respekteer die verkeersreëls. Moenie as u die berig sou lees, sê ag, ek gaan ry soos dit my pas nie. Dit is met baie goeie bedoelings dat ek die brief skryf. Veilig en lekker ry.

Raad moet sy plig doen DIRK DE HART, raadslid: Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit, Kroonstad: COPE vind dit onaanvaarbaar dat ’n raadsvergadering van die Moqhaka-munisipaliteit wat vir Donderdag 31 Oktober belê is sonder enige kennisgewing gekanselleer is. Dit is duidelik dat die raad van Moqhaka en die ANC nie die pligte en aktiwiteit tussen die twee kan skei nie. Dit het aan die lig gekom dat die raadsvergadering gekanselleer is sodat lede van die raad ANC-partypolitieke werk kon verrig. Dit is ’n duidelike misbruik van die posisie van die raad en ook die lede daarvan. Nieteenstaande dat die staande reëls en orders geensins gevolg is met die kansellering van die raadsvergadering nie. Die speaker van die munisipaliteit het ’n verpligting teenoor die mense van Moqhaka en dus kan ’n geskeduleerde raadsvergadering nie summier gekanselleer word vir partypolitiek nie – die raad en sy lede moet hul verpligtinge nakom.

Maak Xhosa-stamp

THE birthday celebrations of the Brent Park Secondary School ended with the crowning of Mr and Miss Brent Park 2013. With almost 30 models ‘owning’ the catwalk and showcasing their abilities, the judges had a really hard time choosing the winners. Performances and entertainment from talent show stoppers, student rappers and DJ’s kept the audien­ ce glued to their seats. Shubaica Jantjies and Davien Daniels were crow­ ned Miss and Mr Brent Park. The first princess is Keshia Jonker and the second Lucia Hankane. Koos Mogorosi and Betty Maishoane were crowned Mr and Miss Personality. Photo: Supplied

STAMPMIELIES met gespikkelde suikerbone is so tradisioneel en hoogs voedsaam. Mandisa Titi, die kommunikasiebestuurder van die Moqhaka-munisipaliteit, het aan Kroonnuus vertel hoe sy dié gereg, wat in die Xhosa-gemeenskap gemaak word, voorberei. Bestanddele: 1 koppie stampmielies 3 koppies gespikkelde suikerbone een blokkie biefaftreksel Margarien na smaak Metode: Laat die stampmielies en bone oornag in koue water week. Spoel af. Plaas die stampmielies en bone in ’n prutpot en vul met koue water aan. Dít kan nou sommer ’n hele dag op matige of selfs lae

hitte kook. Voeg die opgeloste biefaftrekselblokkie so ’n uur voordat die gereg gaar is, by. Roer die margarien voor opdiening by. Samp le dinawa 1 kopi stamp 3 kopi dinawa kgubedu 1 bief stock boloko Nnuka ka botoro Mokgwa: Beha stamp le dinawa ka hara sekotolo sa metsi a batang. Tshola metsi stamp le dinawa tsatsi lehlamang. Beha stamp le dinawa ka slow cooker. Tshela metsi a batang. Peha hantle (4 to 8 hours), tshela beef stock. Kopanya hantle. Peha hape. Fuduwa botoro ka hare.


KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013


KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Oorskotplante vir wyk gevra Jana Bekker DIE DA-raadslid vir wyk 16 versoek inwoners om oorskotplante en -bome wat hulle nie benut nie, te skenk. Grace Wille sê hulle wil dié plante

gebruik, veral in dele waar inwoners nie die versiering van die wyk kan bekostig nie. “Ongebruikte swaaie, klimrame en speelgoed sal ook gewaardeer word,” sê Wille. “Ons wil graag vir hulle bome

en plantgoed gee om hulle mee besig te hou,” sê sy. Enige speelgoed, soos ou poppe of ou karretjies, sal verwelkom word. Inwoners kan Wille by 082-375-9069 bel.

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 KUNSWERKE van Ceciel du Toit en Nicky Ja­ cobs, kunsleerlinge van Mari Leonard, is on­ langs vir die landwye Santam­kinderkunskom­ petisie gekies. Die tema vir vanjaar se kompeti­ sie was My gunsteling­herinnering. Altesaam 4 773 kunswerke is ontvang, waarvan 306 vir die kompetisie gekies is. Hiervan sal 13 in ’n kalender ingesluit word. Die meeste inskry­ wings is in die afdeling vir kinders van ses tot sewe jaar ontvang. Die meeste kunswerke is deur meisies. Foto: Verskaf

Fees van Liggies wink al DIE twaalde Rotaryfees van Liggies word op Woensdag 27 November om 18:00 met ’n gospel-musiekaand in die NG Moederkerk ingelui. Dit is ’n belewenis wat nie misgeloop mag word nie. Kroonstadters kan weer hul vere, of liewer, liggies begin regskud vir die jaarlikse Rotary-fees van Liggies. Op Saterdag 7 Desember van 16:30 af vind die Fees van Liggies-aandmark by Crossstraat plaas waar verskeie vlooimarkhandelaars hul ware sal uitstal. Dit is ook ’n geleentheid vir onder meer kerke, skole en instansies om kos- of ander stalletjies te beman en sodoende geld vir hul projekte in te samel. ’n Verhoog en toerusting sal beskikbaar gestel word. Jong plaaslike kunstenaars sal hul talente hier ten toon kan stel. Deelnemers en luisteraars word genooi om hieraan deel te neem. Die feesliggies word op die mark aangeskakel. Ondernemings op die dorp kan hulle teen R220 inskryf om hul winkels te versier. Wisseltrofeë vir die inskrywings is op die spel. Daar is ook nog tyd vir ondernemings om hulle in te skryf om ’n lamppaal te versier. Lamppale word aan ondernemings “verkoop” wat dan hul eie Kersfees-liggieversierings aanbring. Ondernemings is vir hul eie versierings verantwoordelik. Inskrywingsgeld van R475 kan vir die huur van ’n paal by Rellings, Crossstraat, gedoen word. Die elektrisiteitsafdeling van die dorp verrig hier ’n groot taak om al die versierings betyds op te rig. Die Rotary-klub is dankbaar daaroor. Huis- en woonstelbewoners word aangemoedig om hul wonings te versier. Huisbewoners neem deel aan ’n kompetisie vir onder meer die oorspronklikste Kersuitbeelding en skouspelagtigste versiering. Inskrywings kan teen R20 by Rellings gedoen word. Bel Hazel Dell by 082976-8419.


KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

ALGEMENE KENNISGEWINGS

VERLORE/VERMIS 1225

FORD-SLEUTEL MET BOTTELOOPMAKER VERLOOR tussen Rowanstraat en Steynsrus-pad. Beloning aangebied. Skakel At 082 850 1739.

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels en stoele, stoeloortreksels, kandelare, 'underplates', breekware, tafeldoeke, rooitapyt, ens. Skakel 079 515 8814.

TE KOOP

BOUMATERIAAL 1610

KLEIBAKSTENE IS BETER BERTS BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene, Kleisierstene, Kleiplaveiselstene, Sement maxi stene, Sementpleisterstene, Sementplaveiselstene, Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

TE KOOP GEVRA: Enige elektriese en handgereedskap asook houtwerkgereedskap en -toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921.

BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

BOUWERK: Aanbouings, herstel en opknapping - kraakvry gewaarborg. Verf en teël. Afdakke. Waterdigting vir dakke. 072 396 8231.

TUIN & BESPROEIING 1825

OM GRASSNYDIENSTE: Gratis kwotasie. Skakel Orton 082 729 6000. INSTANT LAWN/ KIKUYU-KITSGRAS: Middenspruit-kitsgrasplaas, 10 km buite Kroonstad op Viljoenskroon-pad. Gras gelaai op plaas: R9 per rol R11 per rol afgelewer in Kroonstad. Skakel Louwna 083 285 1065. GESIFTE, ONKRUIDVRYE kraalmis: R40 vir 50 kg. Skakel 083 923 3642 om reëlings te tref vir bestellings. VRUGBARE ROOI TUINGROND: Afgelewer per kubieke meter/5-kubieke meter-vragte ook beskikbaar. Kompos per 60-d/m-sak. Uitstekend vir grasdeklaag. Skakel Louwna 083 285 1065.

1845

1615

1872

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI

KLERASIE

VERFWERK

AIR ENGINEERING CC Company Reg number: CK 2013/063/8468/4 Refrigeration and Airconditioning Contractors Repairs, Installations & Services. John: 071 803 6192

HOT SPOT: (oorkant Clicks). GROOT WINTERUITVERKOPING! Kom loer gerus. Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555.

SKUUR EN HERSTEL VAN HOUTVLOERE. Dawie 082 558 8741. TAXIDIENSTE: Vir u en u pakkies. Skakel 076 215 2914.

PLAVEISEL 1873

Trendy Wendy

Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680 WAS VAN MATTE, sitkamerstelle en kantoorstoele. Top Carpets. 056 212 5507.

VERVOER & BERGING 1870

HARNO VERVOER 4- en 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk. Skakel 073 157 7248.

ALLERLEI 1655

30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS: Top Carpets 056 212 5507.

BELLO MIA EN HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Kom kyk na al die silwerbakke, kandelare, glase, ens. vir jou huis. Lekker geskenke vir elke geleentheid. Verhuring van dekor vir funksies ook. Die mooiste kindergeskenke en klere vir kleuters, babas en kinders. Tandekrale en snoesige langoorhasies vir troostye ook hier beskikbaar. Skakel 082 554 5852. MUURDEKOR in 'n oogwink. Verskeie muurplakkers vir kinderkamers, skuifdeure, kombuis, ens. Top Carpets. 056 212 5507. SHOES: Green Cross, Crocs, Aerosoft, Rock Spring, Tsonga, Paradise, Young Clinic, Pierre Cardin, health shoes, fashion shoes, etc. Available at Shoetique (langs ou Cyril Smiedt). Vir meer besonderhede Sylvia 082 908 9555.

HERSTEL VAN STOWE, YSKASTE, VRIESKASTE, WASMASJIENE. Skakel Hendrik 072 806 4421. JJ STAALWERKE Vervaardiger van: Staalhekke, diefwering, afdakke, heinings en sleepwaens. Jack 082 466 9158. KINGS BLINDS: Alle tipes blinders ook wasen herstelwerk Skakel 082 783 1396. LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10-jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052. MAAK EN RESTOUREER van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927.

Aqua Transport & Plant Hire QUALIFIED DIESEL MECHANIC -

NUWE 'WACKER' te koop teen 'n lae prys. Skakel 082 203 1717.

TROETELDIERE 1660

DIERELIEFHEBBERS ALLEENLIK: 2 pragtige langhaarkatjies GRATIS vir goeie huise. Skakel 083 332 6622.

GESOEK OM TE KOOP 1675

BANTAMS (HOENDERTJIES) TE KOOP GEVRA: Verskillende kleure, asb. Moet opreg wees. Skakel 082 257 0348. EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Soek Royal Albert-teestel. Skakel Jenny 083 290 0255.

URGENT!!!

PLUMBING

Geyser Burst pipes Block Sewerage 082 452 2458 056 212 7842

info@naudeconstruction.co.za

·3 Years' experience in earthmoving equipment ·Previous experience in mine environment can be to your advantage ·Must be prepared to work afternoon shifts ·Must have red seal certificate e.g. Merseta ·Security check will be done

Package: Marked related (Negotiable)

Email CV to: gadendorff@lantic.net or andrep@aquatransport.co.za or Fax to: 086 274 3124 or call Gerhard at 078 993 2975

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

JEF'S ALGEMENE VERVOER EN NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe, ens. Skakel 083 494 5877. Faks: 056 212 1322.

WERK

Aardjie na sy vaartjie

VERKOPE & BEMARKING

BOME

3760

1871

HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwyder van bome. Kaggelhout te koop.

VOLWASSENES

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

PRIVAAT 2015

----------------------------------------BEMARKER: BANKPRODUKTE * 6-maande-kontrak, mag permanent word. * 1 - 2 j verkoops-, bank-, kliëntediensonderv. * Opleiding word verskaf, FAIS- eksamen sal later afgelê word * R7 000 p.m. E-pos CV: hanchen@fokuspersonnel. co.za Slegs kortlys word gekontak. -------------------------------------------VERKOOPSPERSOON word benodig by besigheid in Kroonstad. Moet dadelik kan begin. Ondervinding van loodgietersprodukte en hardeware en Pastel sal tot voordeel wees. Minimum kwalifikasie: Matriek. Handig CV in by K.T.P. Reitzstr. 8 of stuur verkorte CV na 086 652 7087.

SAKEPERSELE 3215

PERSELE TE HUUR: Skakel 082 908 9555.

3250

WOONSTEL TE HUUR ONMIDDELIK BESKIKBAAR

- FLAT TO LET

2635

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BOEDEL WYLE: MJJ STEYN - BOEDELNOMMER: 12594/2012 KENNISGEWING

WOONSTELLE TE HUUR

AKKOMMODASIE

Een slaapkamer met ingeboude kaste en balkon. Sentraal geleë.

In die boedel van wyle MARIA JACOBA JOHANNA STEYN, gebore op 1 Junie 1934, identiteitsnommer 340601 0057 087, in lewe 'n huisvrou van Arboretum Aftreeoord, Kroonstad. Datum van dood 25 Oktober 2012, boedelnommer: 12594/2012, weduwee. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê vir 'n tydperk van een en twintig dae gereken vanaf 8 November 2013 ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Bloemfontein en die Landdros te Kroonstad. HJ LABUSCHAGNE EKSEKUTEUR TESTAMENTÊR LABUSCHAGNE & DE LANGE POSBUS 272, ORANJESTRAAT 40 KROONSTAD 9500

REGRET - NO PETS AND CHILDREN. R2 300 per maand

Skakel 056 213 2094 werksure.

RUIM 1-SLK-WOONSTEL, KROONHEUWEL: R1 930 p.m. Deposito word verlang. Skakel James de Witt by 082 579 2761. VRYGESELW/STEL vir enkelpersoon. Huur R1 600 p.m Water en ligte ingesluit. Skakel 078 700 9592 1-SLK-W/S: Grondvloer. Ingeboude kaste, Plessey-meter. Huur: R1 900 p.m. Geskik vir pensioenaris. Beskikbaar 1 Desember. 083 459 7494.

2630

5 HOLIDAY CLUBPUNTE te koop teen aankoopprys in 2001. Skakel 082 405 1773.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

WIT MERCEDES te koop. Model 250D - 300000 kilos Elegance: 1996. Leër sitplek Goeie toestand. Prys R 32000 Skakel 072 856 1536 VOLKSWAGEN BEETLE te koop: In lopende toestand, R12 500. 083 625 9962.

AANDAG

"A", leestekens soos "!"

NETJIESE UITGEVERFDE 3-slk-huis te koop. Fowlerstraat 26. Ruim woonhuis. Prys verlaag. Skakel 082 908 9555.

HUISE TE HUUR 3270

DRIE-SLAAPKAMERhuis met 2 badkamers te huur. Senekalstraat 18. Presidensia. Naby skole. R4 500 p.m. 083 625 9962.

EIENDOMME GESOEK OM TE KOOP 3301

TYDDEEL

IN DIE BOEDEL VAN WYLE: HENRY FRANK BASSON GEBORE: 10 NOVEMBER 1927 IDENTITEITSNOMMER: 271110 5094 080 DATUM VAN AFSTERWE: 5 JANUARIE 2012 HUWELIKSTATUS: GETROUD BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET JOHANNA MARGARETHA BASSON ADRES: ENSLINSTRAAT 25, KROONSTAD BOEDELNOMMER: 7216/2012 KENNIS geskied hiermee aan krediteure en debiteure in die bogemelde boedel om hul eise in te dien en skulde te vereffen by die kantoor van die ondergemelde binne dertig (30) dae vanaf datum van publikasie. EKSEKUTEUR GRIMBEEK VAN ROOYEN & VENNOTE ING. POSBUS 1282 KROONSTAD 9500 TEL: 056 212 5197 VERWYSING: RACHELLE MINNIE.

3260

3275

2626

122. BOEDEL WYLE: HENRY FRANK BASSON BOEDELNOMMER: 7216/2012

TE HUUR: 2 X KAMERS/STOORPLEK, Middedorp. Skakel 079 731 0291.

HUISE TE KOOP

PE BEACHFRONT Self-catering accommodation. Fully equiped two-bedroom apartments. R650 per night. Lillian 079 982 2979 or 041 581 0623.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

IF YOU WOULD LIKE TO SELL YOUR HOUSE for under R300 000, please contact 072 634 2111. Cash buyer. EK IS OP SOEK NA 'N 3-SLAAPKAMER-HUIS. Verkieslik met motorhuis of woonstel in erf. ± R400 000. Privaat verkopers. Skakel 072 776 1595.

DORPSHUISE TE HUUR 3325

MEENTHUIS TE HUUR: Die Oewer 9. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 082 773 2250 of 082 808 8381. PRAGTIGE MEENTHUIS: 2 slaapkamers, oopplansitkamer, kombuis. Nuwe Suidrand. Skakel 082 789 2389.

122. DAVID JACOBUS STRAUSS BOEDELNOMMER: 1631/2011 _ KENNISGEWING In die boedel van wyle DAVID JACOBUS STRAUSS, gebore 11 September 1938, identiteitsnommer 380911 5027 089, datum van afsterwe 30 Junie 2010, getroud buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling. Adres: Hoewe 13 Frischgewaagd, Kroonstad. Boedelnommer: 1631/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en die Landdros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 8 November 2013 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word binne die gemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uitbetaling daarvolgens oorgaan. EKSEKUTEUR Grimbeek van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 5197 Verwysing: R. Minnie

NIC DE JAGER en sy seun, Zian.

Die gebruik van die letter

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

In die boedel van wyle JOHANNES GEORGE DU PREEZ, gebore 29 Augustus 1975, identiteitsnommer 750829 5068 089, datum van afsterwe 18 Oktober 2010, ongetroud, adres Arabellahof 202, Reitzstraat, Kroonstad. Boedelnommer: 13911/2010. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en die Landdros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een en twintig (21) dae vanaf 8 November 2013 ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien geen beswaar daarteen by die Meester van die Hooggeregshof ingedien word binne die gemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uitbetaling daarvolgens oorgaan. EKSEKUTEUR Grimbeek van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 5197 Verwysing: R. Minnie

Foto: Verskaf

Presteer in wiskunde­olimpiade

_ KENNISGEWING

ALLE ADVERTEERDERS

MOTORHUISE/ BERGING

SELF CATERING

In die boedel van wyle JACOBUS FREDERICK VISSER, identiteitsnommer 370828 5012 089 en nagelate eggenote CHRISTINA CAROLINA VISSER (Gebore Riekert), identiteitsnommer 390122 0034 082, getroud binne gemeenskap van goedere, in lewe woonagtig in Dongesstraat 20, Kroonstad, Vrystaat, boedelnommer 8639/2013, datum van afsterwe 12/08/2013. Krediteure en debiteure in bogemelde word hiermee versoek om hul eise in te lewer en hul skulde te betaal by ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae vanaf 8 November 2013. Eksekuteur Testamentêr GC ENGELBRECHT Posbus 1606 Kroonstad 9500

kolwer en draaier vir Gauteng gekies. Die jaarlikse krieketweek word van 6 tot 10 Desember in Bloemfontein gehou. Pa Nic is deesdae by ArcelorMittal SuidAfrika bestuurder van produk- en markontwikkeling, Platstaal, in Vanderbijlpark. Hy is met Kroonstadter, Ronel, getroud. Die egpaar het ook ’n dogter, Micaela (10) .

122. JOHANNES GEORGE DU PREEZ BOEDELNOMMER: 13911/2010

_ KENNISGEWING

ROOMS AND FLATS TO LET. Contact 082 908 9555.

Vakansieverblyf: Stellenbosch: Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal. 021 887 1583.

BOEDELKENNISGEWING

ZIAN DE JAGER, seun van oud-Kroonstadter Nic de Jager (43), gaan in Desember in die voetspore van sy pa volg en in die nasionale o.13-krieketweek in Bloemfontein in aksie wees. Pa Nic se eerste van twee o.13weke in 1982 was ook in Bloemfontein. Hy het die Vrystaat se o.13-span as kolwer en draaier verteenwoordig in ’n span wat daardie jaar spelers soos Hansie Cronjé en Kosie Venter ingesluit het. Zian van die Laerskool Emfuleni in Vanderbijlpark is vanjaar as

BOEDELKENNISGEWINGS

EIENDOMME

VAKANSIE & REIS

122. BOEDEL WYLE: JF VISSER BOEDELNOMMER: 8639/2013

TWEE leerlinge van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) op Kroon­ stad het weer op die Vrystaatse Nautilus­wiskunde­olimpiade puik gepresteer. Carli van Tonder (gr. 8) en JC Cor­dier (gr. 9) het elk ’n derde plek in hul onderskeie grade behaal. Foto: Tinkie Hattingh

HUMAN WESSELS het die Hoërskool Kroonstad se verdienstelikheidstrofee vir senior seuns ontvang vir sy prestasie as dux­leerling in gr. 10 met ’n gemiddeld van 91% oor die jaar heen. Foto: Verskaf

_ 122 BOEDEL WYLE MJ MOKHACHANE BOEDELNOMMER: 872/2013 KENNISGEWING In die boedel van wyle MALEFETSANE JACOB MOKHACHANE, identiteitsnommer 440310 5246 088, en langslewende eggenote, LIKA ELIZABETH MOKHACHANE, identiteitsnommer 500519 0709 083, EGLIEDE GEHUUD BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE, gebore op 10 Maart 1944 en wie se laaste adres 22516 Gelukwaarts, Maokeng, Kroonstad, provinsie Vrystaat was en wat oorlede is op 12 Januarie 2013, boedelnommer: 872/2013. Meesterskantoor, Bloemfontein. Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die tweede gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê vir persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, vanaf 8 November 2013, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en te kantore van die Landdros, Kroonstad q.q Eksekuteur p/a NAUDè-THOMPSON ING. Cross-straat 98 Posbus 932 Kroonstad 9500 Tel. 056 212 3280/9.

DIE gr. 8­ en gr. 9­leerlinge aan die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) het onlangs aan die Global­ wiskunde­olimpiade deelgeneem en besonder goed gepresteer. Die tien beste presteerders van die skool het ’n gemiddeld van 74,5% op die olimpiade behaal. Die slimkoppe is van links voor: Anne­Mari Behrens (brons), Entia van Tonder (brons), Rozanne MacDonald (silwer) en Carli van Tonder (goud); agter: Christiaan Doubell (goud), Waldo Wessels (goud), JC Cordier (goud) en Natalie Rosslee (silwer). Afwesig: Mia van Oudtshoorn (brons) en Christi Louw (brons). Foto: Tinkie Hattingh


KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 DRIE karatekas van die Kroon­JKA­kara­ teklub het onlangs op die nasionale swart­ gordel­gradering in Johannesburg hul graderings geslaag. Hulle is van links Christiaan Bredell (eerste dan), Minette Bornman (eerste dan) en Anton Bredell (tweede dan). Die klub se hoofafrigter, Michelle Goosen (vierde dan, nie op die foto nie), sê dit is ’n baie streng gradering wat almal nie die eer­ ste keer slaag nie.

Wys hul slag in karate

Foto: Verskaf

Die lewe mag wel oor die reis gaan... ...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word. Vir meer inligting kontak ons Kroonstad Tak Hillstraat 18 Kroonstad Tel: (056) 212 4129

Welkom Tak Muizenstraat 38 Welkom Tel: (057) 352 2307

Ons is hier vir jou

Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. AVB KROONNUUS 1

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Speel vir streek ringbal CLARISSA DE JONGE (links) en Ilené Fullard, leerlinge aan die Kroonheuwel­ Primêre Skool, is vir die presidentespan van Ringbal Suid­Afri­ ka gekies.

DIE seuns en meisies van die Kroonheuwel­ Primêre Skool het Fezile Dabi in die Septemberva­ kansie op die nasionale skole­ringbaltoernooi verteenwoordig. Van links is, voor: Miriam Nortman (afrigter), Marco Swart, Suné Kühn, Clarissa de Jonge (kaptein), Ilené Fullard, Esmie Rossouw en Johathan Nortman (afrigter); agter: Rudéne Weideman, Brian van Niekerk, Ané Bester en Johalize Steenkamp, inlas: Marx Steenkamp.

MONTÉ EKRON en Janike van Jaarsveld, leerlinge aan die Kroonheu­ wel­ Primêre Skool, het die Fezile Dabi­spanne (o.15) in die September­ vakansie op die nasionale skoleringbaltoernooi verteenwoordig. Van links is Monté, Johnny Nortman (afrigter) en Janike van Jaarsveld. Foto’s: Verskaf

Kroonnuus 20131105  

Kroonnuus 20131105