Issuu on Google+

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

DA wil hof toe oor raad

GRATIS

Mosie van wantroue in Mqwathi steeds geïgnoreer

DIE DA in die Moqhaka-munisipaliteit het verlede naweek met sy regspan gekonsulteer oor die moontlikheid om die hooggeregshof te vra om in te gryp oor die haglike stand van sake by dié munisipaliteit. ’n Mosie van wantroue in Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, word ná vier maande steeds geïgnoreer. Dokumente wat die DA geëis het, is steeds nie aan hom beskikbaar gestel nie. Mariette Pittaway, die DA se koukusleier, sê die ratte van administrasie in die munisipaliteit het tot stilstand geknars. Sy sê die onvermoë om die munisipaliteit te bestuur strek veel verder as Mqwathi wat nie vergaderings bywoon nie. Die speaker, Disibo Nakedi, is ook nooit op kantoor nie en werf glo heeldag met haar groot span personeellede stemme vir die ANC. Gereelde betogings word gehou weens ontevredenheid oor Jihad Mohapi, die burgemeester. “Dit is duidelik Mqwathi regeer en dat dit vir Nakedi en Mohapi onmoontlik is om teen hom op te tree.” Pittaway sê Mqwathi is deur Ace Magashule, Vrystaatse premier, van Sasolburg, waar Cosatu sy bedanking geëis het, na Kroonstad gebring. Die mosie van wantroue in Mqwathi is reeds op 4 April ingedien. Dit is geïgnoreer en op 26 April weer ingedien. Steeds was dit nie op die agenda vir die raadsvergadering van 29 Mei nie. Die DA se versoek om dit op die agenda te plaas is deur die speaker geïgnoreer en so ook sy versoek vir ’n spesiale raadsvergadering. Die DA se aansoek om sekere dokumente, soos die tender-register, onder oë te kry is ook geïgnoreer ondanks dat dit ingevolge regulasies binne 30 dae ná die aansoek beskikbaar moes wees. Die mosie van wantroue wat teen Mqwathi ingedien is, behels ook die meer as R3 miljoen wat as skadevergoeding betaal moes word weens die onwettige skorsing van personeellede, sy weiering om sy aanstellingskontrak te toon en dat hy nie die nodige kwalifikasies het om sy werk te doen nie. Sy heraanstelling verlede jaar vir ’n tweede termyn was in omstredenheid gehul weens sekere prosedures wat glo nie gevolg is nie. Hy verdien R1 318 000 per jaar. Munisipale vakbonde het gestaak en sy bedanking geëis. Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, se pogings om antwoorde oor dié bewerings by die munisipaliteit se woordvoerder te kry was onsuksesvol.

Windmaker­motors vuur en vlam in Brandstraat VRYDAG het die adrenalien behoorlik in Brandstraat gepomp. Daar is op Vrouedag ’n regte drifting­byeenkoms vir petrolkoppe in die straat aangebied. Daar is ook ’n potjiekoskompetisie gehou. Volgens die organiseerder, Wallis Ackerman van Maxi Prest Tyres, beplan hulle om volgende jaar weer so ’n dag aan te bied. Foto: Jacques Geldenhuys


2

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Poskantoor op Kroonstad is beste in VS, NK TYDENS ’n onlangse geselligheid in Bloemfontein is die Kroonheuwel-poskantoor op Kroonstad as die beste poskantoor in die Vrystaat en Noord-Kaap aangewys. Volgens Johan Kruger, woordvoerder, doen die SuidAfrikaanse Poskantoor jaarliks ’n oudit wat raakpunte tussen elke poskantoor en sy kliënte ondersoek. Daar word onder meer na die gehalte van kliëntediens, netheid, kennisgewings en wagtyd in kantore gekyk. “Kroonheuwel het 89,9% behaal. ’n Telling van bykans 100% maak Kroonheuwel duidelik die beste kantoor in die streek,” se Ndala Mnisi, hoof van die poskantoor se kleinhandelafdeling. Marlene Hamilton, takbestuurder van dié poskantoor, sê: “Ons is net twee by die tak, ek en Yolande van der Vyver. Die prestasie is te danke aan samewerking en doodgewone harde werk. “Ons weet dit is net ons wat dit kan maak werk. Baie van ons kliënte is ook ons vriende. Ons ken hulle en weet die poskantoor lewer ’n belangrike

ESMÉ NAUDÉ (links) en haar kunstenaar­ma, Eunice Cronjé, by van Esmé se pragtige kunswerke. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren MARLENE HAMILTON en Yolande van der Vyver van die Kroonheuwel­poskantoor op Kroonstad. Foto: Verskaf diens.” Die Kroonheuwel-poskantoor bedien ongeveer 170 kliënte per dag. Die poskantoor het ook eerbewyse verower vir volge-

houe prestasie. Sy hoofkantoor het blykbaar deur die jaar ’n hele aantal komplimente van die Kroonheuwel-poskantoor se kliënte gekry.

Ma en dogter deel passie Anne-Lize Jansen van Vuuren

maar in haar geval is die omgekeerde waar. Haar dogter, Esmé Naudé, maak reeds die afgelope 13 jaar naam as een van die land se voorste Impressionistiese kunstenaars. Eunice, self ’n boorling van Kroonstad, was ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) en het in 1984 gematrikuleer. “Ek geniet die kunsklasse wat ek by Penny Bredenkamp neem ongelooflik.

NÁ meer as 30 jaar het ’n bekende inwoner van die omgewing haar houtsneegereedskap vir skilderdoeke, olieverf en paletmesse verruil. Eunice Cronjé het jare haar kundigheid met ander gedeel en haar leerlinge het spogwerke geskep nadat hulle haar houtsneeklasse bygewoon het. Kinders volg gewoonlik in hul ouers se voetspore,

“So af en toe gaan kuier ek by Esmé en haar man, Frikkie, op hul pragtige plaas by die Watervalsrivierpas, tussen Burgersfort en Lydenburg. “Ons twee skilder dan heerlik saam en ek leer dan ook baie by haar,” vertel Eunice. Ma en dogter het al saam ’n uitstalling aangepak, maar kon nog nooit die droom verwesenlik om hul werk met Kroonstad se kunsliefhebbers te deel nie.

Kom luister na Nianell in kerk LOUIS LOOCK en Nianell tree op 18 Oktober ten bate van Kroonstad Care Givers in die NG kerk Kroonstad-Noord op. Die vertoning kos R100 per

volwassene en R50 vir skoolgaande kinders. Die vertoning begin om 18:30 en gratis sjerrie word vooraf bedien.

Daar sal ook ’n snoepie met verversings beskikbaar wees. Vir meer inligting kontak Wollie by 076-044-1686 of die kerkkantoor by 056-212-4632.

Blikkies kan jou laat dans DIE jaarlikse blik- kiesdansparty vind op 31 Augustus plaas. Geen toegangsgeld word gevra nie, net drie blikkies nie-bederfbare kos per persoon. Die blik- kieskos word vir die kerke se sopkombuis geskenk. Diegene wat hulle deftig wil klee, is welkom. Informele drag is ook reg. ’n Das is nie verplig-

tend vir mans nie. Dit vind in die korrektiewe dienste se C.R. Swart-saal, Kroonstad, plaas en begin om 18:30. ’n Potjiekos-ete is teen R35 per volwas- sene en R15 per kind beskikbaar. Tafel- en kaartjie- besprekings moet vooraf by BA van Zyl by 056-213-2376 gedoen word.

Vir meer foto’s en nuus besoek www.kroonnuus.co.za


KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Radiostasie verskuif Anne-Lize Jansen van Vuuren DIE Panorama-radiostasie wat van Hennenman uitsaai, is besig met groot herstrukturering. Bekommerde bejaardes van Kroonstad kla dat hulle die afgelope tyd se interessante geselsprogramme, wat oor dié stasie uitgesaai word, mis. Volgens een van die trustees, Dirk Coetzee, is die stasie deur die Volkstemtrust oorgeneem. Deel van die veranderings bring mee dat die stasie na ’n ander perseel verskuif. Heelwat personeelveranderings gaan aangebring word. Intussen word meestal musiek uitgesaai en is hulle ook in vennootskap met Radio Overvaal Stereo. “Gereelde luisteraars wat nie na uitsendings kon luister nie, moet net kennis neem dat daar ook ’n probleem met die toring was,” sê Coetzee. Hy sê dit is intussen gehanteer. Na raming behoort die stasie binne die volgende twee na drie weke terug op die lug te wees. ) Luister Dinsdae op Overvaal Stereo na die radiogeselsie wat Johannie de Waal met Kroonnuus se redakteur, Tharine Geldenhuys, uitsaai. Kontreikletsies oor dit wat in die week se koerant gepubliseer word, word in ’n neutedop met luisteraars gedeel.

Kosbare water vermors Anne-Lize Jansen van Vuuren TERWYL die dorp die afgelope tien jaar gebuk gaan onder streng waterbeperkings is daar plekke op die dorp waar dieselfde skaars water vermors word. Volgens verskeie inwoners van Carel Prellerstraat probeer hulle al meer as twee jaar om lekkende pype in dié straat te laat herstel. Skoon water vloei in die straat. “Ons het die Moqhaka-munisipaliteit al meer as een keer gebel. Ons kry selfs verwysingsnommers wat niks werd is nie. Die betrokke amptenare verstaan blykbaar glad nie wat die probleem is nie. Een het selfs aan die hand gedoen dat ek welkom is om te proe, dit is skoon water en nie rioolwater nie,” vertel ’n ontstoke inwoner. Inwoners is nie net gekant teen die vermorsing van water nie, maar sê dat dit ook op die duur die

IN Carel Prellerstraat, Elandia, op Kroonstad vloei skoon munisipale water al meer as twee jaar vrylik in die straat af. Foto’s: Anne-Lize Jansen van Vuuren teeroppervlak gaan beskadig. ’n Paar meter van waar die water vrylik loop, is ’n groot, oop gat vol water. Dit wil voorkom asof ’n waterpyp vroeër jare hier herstel is en die gat om die pyp nie weer

’n GROOT, onooglike gat is rondom ’n waterpyp, wat glo herstel is, gelos.

toegegooi is nie. Huiseienaars is bekommerd oor die gat wat nie net ’n veiligheidsrisiko inhou nie, maar ook ’n gesondheidsrisiko. Dit het duidelik in ’n stortingsterrein ontaard en ’n ruk gelede

het daar selfs gebruikte weggooibabadoeke in die gat rondgedryf. ) Die Moqhaka-munisipaliteit het nie op ’n medianavraag oor dié waterverkwisting gereageer nie.

Nuwe ‘ingang’ nooi inbrekers na buurt

Steek kers op oor planne vir klerekas MET die lente om die draai is dit ’n moet vir elke vrou om op 7 September ’n klerekasbeplanningsessie van Francois Louw by te woon. Hy is ook ’n hare- en voorkomskonsultant. ’n Paar gelukstrekkings vir ’n oormaaksessie saam met Francois gaan gehou word. Alle geld wat ingesamel word, gaan aan die Kroonstad Care Givers. Dit vind in die NG kerk Noord se saal plaas en kos R120 per persoon. Bel Wollie by 076-0441686 of Nicky by 072-945-9966.

3

Anne-Lize Jansen van Vuuren

DIE vervalle muur waardeur inbrekers maklik toegang kan kry.

Foto: Verskaf

WAT moet dien as ’n muur om inwoners te beskerm het in ’n gerieflike deurgang vir inbrekers ontaard. Etlike blokke ontbreek al geruime tyd in die kitsbetonmuur wat die N1-hoofweg en Barnardstraat op Kroonstad skei. Stukke skroot wat rondlê waar ’n groot gat in die muur is, toon dat daar onlangs ’n ongeluk was. Volgens DA-raadslid Grace Wille is die instandhouding die ver-

pligting van Moqhaka-munisipaliteit. Wille, wat ook ’n eiendomsagent is, sê die vervalle toestand van die muur het ’n negatiewe invloed op die eiendomsmark in die gebied en veral Barnardstraat, waar daar opsigtelik baie huise leeg staan. Inbrekers dra glo hul buit maklik weg en klim in wagtende voertuie op die snelweg. Die woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit, Mandisa Titi, is om kommentaar gevra, maar geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.


4

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

‘Werk aan jou droom’– Natalie DIE Olimpiese swemmer Natalie du Toit het onlangs gepraat oor harde werk en hoe om terugslae in die lewe te oorkom. “Vind ’n droom wat jy wil bewaarheid en werk aan daardie droom. As dit ses uur per dag verg om jou doelwit te bereik dan is dit wat jy doen.” Du Toit vertel dat sy ’n sosiale lewe en vriende prysgegee het om haar doelwitte te kan bereik. Sy vertel dit het 22 jaar geduur om haar Olimpiese droom te bereik. Haar boodskap aan jong mense is dat die wêreld oop is vir hulle, dat daar baie geleenthede is en as ’n geleentheid oor jou pad kom jy dit moet aangryp. “Vrees vir die onbekende is nie ’n uitweg nie. Gryp die geleentheid aan, want as jy dit nie doen nie, gaan jy later spyt wees.” ’n Mens moet jouself gedurig “herontwerp”. In vandag se gejaagde wêreld is daar nie tyd vir stilsit nie. ’n Matrieksertifikaat of universiteitskwa-

lifikasie is nie meer voldoende nie. Dit is van kardinale belang om gedurig en aanhoudend verder te studeer, om kursusse te doen om jou kwalifikasies te verbeter en jouself te verryk. Nie almal is akademiese toppresteerders nie, maar elke mens het die vermoë om homself te dryf om na die beste van sy vermoë te presteer. Dit is ook belangrik om jouself ’n bietjie te druk. Daar is nie plek vir vrees nie. Mense moet hul vrese oorkom en daardie nuwe projek aanpak. Sien dit as ’n uitdaging. Weet vandag se jong mense egter hoe moeilik die grootmenswêreld regtig is? Besef hulle regtig watter harde werk dit is om bo uit te kom? Mense soos Du Toit se lewensverhale behoort enigiemand aan te spoor om harder te werk. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie; daar is altyd plek vir verbetering en groei. ’n Ouer mens kan steeds ’n nuwe loopbaan begin. Daar is altyd nog tyd om jou drome te verwesenlik.

Honour the righteous Karen Herbert UNASHAMEDLY ETHICAL is working hand in hand with Exposed 2013 on exposing corruption. Members of the community can nominate individuals or organisations known for an unashamedly ethical lifestyle before 26 August. Lynette Bezuidenhout of Unashamedly Ethical says this project, Exposing the Righteous, recognises people and organisations who make a stand for ethics, values and clean living on a provincial and national level. Anyone can nominate a person or organisation by writing a motivational story with referen-ces no longer than an A4-page. The categories are: ) youth; ) sport; ) health professionals;

) business; ) government; ) church/religious organisations; and ) non-profit organisations. Unashamedly Ethical Free State will be hosting an event on 15 October in the City Hall in Bloemfontein where five finalists from every category will be honoured and a winner in each category will be announced. The winner from each category will represent the Free State at a national event. This event will take place during February 2014 in Cape Town where an overall winner in each category will be announced. This will be an annual event. For more information call Bezuidenhout on 084-702-0310 between 08:00 and 16:00 or send an email to unashamedlyethicalfs@gmail.com.

Maak Maleisiese melkkos BOEBER is ’n variasie op outydse melkkos en is ’n Maleisiese gereg. Bestanddele: 100 g botter halwe koppie vermicelli, in stukkies gebreek 100 g amandelsplinters 1 tot 2 F langlewe-volroommelk 1 blik ingedampte volroommelk 1 blik kondensmelk knippie sout 6 gekneusde kardamomsade 7,5 ml rooswater halwe koppie sago, geweek in water Metode: Smelt botter oor matige hitte in swaarboomkastrol, voeg vermicelli en amandels by en braai. Voeg melk en ingedampte melk by en roer. Voeg rooswater, sout en kardamomsade by. Dreineer sago en voeg by. Roer. Roer totdat sago deurskynend en mengsel dikker is – sowat ’n uur. Wenk: Die mengsel brand vinnig aan. Moenie die stoofplaat te warm stel nie. Dijo tsa lebese 100g botoro 125 ml vermicili 100 g almond nuts

Legendariese Dot eie aan Kroonstad Anne-Lize Jansen van Vuuren AGT jaar gelede, op 80 jaar, het Dot Serfontein, onomwonde verklaar: “Neem ’n mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko’s – en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná 80 jaar met ’n mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het, want as jy dié mylpaal verbygesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil sonder dat dit teen jou aangeteken staan.” Sy draai geen doekies om nie en het ’n sterk mening oor sake waaraan bejaardes andersins nie aandag sal skenk nie. Nie tyd vir stilsit Dot Serfontein is moontlik een van Kroonstad se grootste intellektuele reuse nog. Nie net is haar boeke steeds in aanvraag nie, sommige van hulle word selfs herdruk. Vir stilsit en stories oor kwinte en kwale uitruil, is daar nie tyd nie. Daarvan getuig die groot aantal CD’s en verskeidenheid boeke wat oral in haar gesellige huisie in Arboretum lê, net reg vir optel en lees. Sy wys van haar kunswerke, vertel dat sy steeds gereeld skilder. “Dit is terapeuties vir die verstand en namate ’n mens ouer word, is dit ’n belangrike manier om te bepaal of jy nog kleure kan onderskei.” Haar heeltydse verpleegkundige, Regina Nqabathi, bring koffie en beskuit. Die gesprek vlot. Wysheid van 88 somers “Dit is snert om elke twee jaar die Bybel te vertaal. Waar wil jy nou mooier hê as die 1958-vertaling.” Sonder omhaal begin sy lees uit haar gunsteling-vertaling, 2 Samuel 1:17-27. Met die wysheid van 88 somers klink alles soveel mooier, soveel anders. Sy het die Bybel immers al 14 keer deurgelees. Haar kennis van Kroonstad is merkwaardig en sy verwys na haar boek Keurskrif vir Kroonstad wat sy in 1990 in opdrag van die voormalige stadsraad geskryf het. Net jammer die tweede deel oor die geskiedenis van die dorp ná 1955 is nooit uitgereik nie. Sy vertel van die oorlog tussen die Katolieke en die Metodiste, waarom die oorspronklike klooster ’n ent buite die dorp gebou is en hoe dit kort ná voltooiing deur die Metodiste afgebrand is en herbou moes word. Dot Serfontein is so deel van Kroonstad soos die Valsrivier en die mielielande wat die dorp om-

DOT SERFONTEIN soom. Sy is in 1925 gebore. Haar ma was ’n nooi Delport van die plaas Middenspruit suid van die dorp; haar pa van Erfdeel, ’n plaas noord van die dorp. Middenspruit is sedert 1860 in haar familie se besit. Albei haar ouers was kinders in die Anglo-Boereoorlog, maar hulle het die konsentrasiekampe vrygespring. Die kuier loop na haar skooldae en sy vertel sy het by haar ouma gebly en in Oranjestraat skoolgegaan. Menige staaltjie volg, selfs van ’n Engels-onderwyser wat verskriklik sarkasties was met die kinders wat hom nie kon verstaan nie, maar hy het nie ’n geleentheid laat verbygaan om met die skoolmeisies te lol nie. “Ek is bekommerd oor Afrikaans en is daarteen dat kinders nie meer die ABC geleer word nie. Met al vyf my kinders het ek geglo hulle kan nie skool toe gaan voordat hulle nie die ABC ken nie. Hulle moes nege maande lank Tromp van Dingelen se reeks oefeninge doen.” Studeer onderwys In 1943 het sy matriek aan die voormalige Milner-skool op Kroonstad geskryf. Die dubbelmediumonderrig sou haar handig te pas kom in haar studie aan die Universiteit van Pretoria (UP) waar sy onderwys gestudeer het. Sy het drie jaar in die studenteraad gedien en was ook ’n jaar die primaria van Damestehuis. Sy het ’n onderwyspos in Bloemfontein as tik- en liggaamsopvoe-

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

ding-onderwyser gekry en erken sy het van die een so min geweet het soos van die ander. In 1948 het die Nasionale Party die verkiesing gewen. Dit het nie net ’n invloed op die land se geskiedenis nie, maar ook op die pad wat haar loopbaan sou volg, gehad. Dit het meegebring dat sy moes oorneem by die vroueredakteur van Die Volksblad toe dié Kaapstad toe moes gaan om die tydskrif Sarie Marais te begin. Skryf vir ‘Sarie Marais’ Sy het ook vir die tydskrif geskryf en elke Saterdag moes sy troues in Bloemfontein bywoon. Die foto’s en kopie is met groot moeite Kaap toe gestuur. Die uiteinde was Bloemfontein het ’n baie gewilde troubestemming geword, aangesien bruide graag hul foto in die Sarie Marais wou sien. In dié tyd het sy haar latere eggenoot, Willem Krog, ontmoet. Hulle na Kroonstad teruggekeer waar hulle later getroud is. Met hul goue huweliksherdenking het hulle steeds op Erfdeel gewoon waar hy geboer en sy steeds artikels en kortverhale vir Sarie geskryf het. Willem is onverwags in 2002 oorlede. “Ek was bevoorreg om saam met groot name in die bedryf soos Audrey Blignault en Alba Bouwer te werk.” Sy het steeds vrypas om te sê wat sy wil, haar boek Vertel Vertel word herdruk en met ’n besoek aan die lewende legende kan ’n mens nie anders nie as om te sê, vertel, vertel . . .

Tears no solution for failing Moqhaka 1 -2 l long life lebese 1 koti Ideal lebese 1 koti kondensmelk Letswai 6 dipeo tsa kardomom 7,5 ml rose water 125 ml sago- kena ka metsi Mokgwa Futhumetsa stofu hanyani. Tshela botoro ka pitseng. Qibidisa botoro. Tshela vermicelli, almonds ka pitseng. tshela lebese le Ideal milk. Tshela rose water, letswai le dipeo tsa kardemon. Sefa (arola) metsi a sago. Tshela ka pitseng. Pheha hape sa nako e la bang 60 min.

M.G. NDWENI LENGAU, Maokeng: LOCAL GOVERNMENT as a third tier of governance must be nearest to the people. Elected public representatives must make decisions which enhance the provision of quality and sustainable services. The municipal council has the right to decide who to appoint as municipal manager for a fixed term. In the case of the Moqhaka Municipality, the constitutional right to appoint a municipal manager has been taken by Premier Ace Magashule. When the contract of the incumbent municipal manager expired, the council was uncontested that it was time for Mncedisi Mqwathi to pack

and go. In an about-turn scenario, Magashule instructed council to appoint Mqwathi for another five years. For our municipality to be functional and effective, councillors and officials must work as a team. Our municipality is characterised by tensions and divisions, hence the decay of our area and total neglect of the provision of basic services. Senior managers are deployees and come from outside our municipality and they are here to drain our municipality of money and upgrade their CVs; while we, the ratepayers, do nothing about our pathetic state of affairs. As long as this continues, our area will be ruined. We cannot just sit and cry, we are a constitutional democracy. We

B riewe/Letters Kroonnuus Buitekantstr. 37/37 Buitekant Street Kroonstad, 9499

must exhaust the democratic avenues available to us which will at the end of the day compel councillors and officials to live up to their constitutional mandate and provide quality and sustainable services. The municipality must be making a lot of money by blocking the electricity of ratepayers, even the indigents. Mqwathi, where is all this money going to, because the municipality is falling apart?


KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Rina tree by kerk op RINO HUGO en Jammies Jamneck tree op Sondag 25 Augustus tydens die erediens om 09:00 in die NG kerk Kroonstad-Wes in Fouriestraat 28 op.

Toegang is gratis, maar daar sal ’n sagte kollekte opgeneem word. Dit geld wat ingesamel word, is ten bate van die Christen-seemansorganisasie. Skakel 056-212-7751.

Voorspel nog bibberweer

GROOT dele van Kroonstad het Sondagaand winterreën gehad. Volgens die Meteorologiese Instituut se webwerf kan inwoners vir die grootste deel van die week ligte windtoestande te wagte wees. Die minimum temperatuur vir vandag is 6 °C en teen laatmiddag sal die kwik tot 18 °C styg. Môreoggend kan inwoners ’n temperatuur van 10 °C verwag en teen laatmiddag gaan dit koel bly as die kwik tot net 14 °C styg. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Snoei nou jou rose vir lente DIE meeste mense plant glad nie rose nie omdat hulle dink dit is baie werk om rose te snoei. Gelukkig het moderne roostelers die tegniek van rose snoei oor die jare heen aansienlik makliker gemaak. Snoei heel eerste die bos ’n derde of die helfte korter – dit hang af hoe hoog jy dit uiteindelik wil hê. Vir ’n hoer bos, sny net ’n derde korter. As jy dit graag korter en digter wil hê, snoei dit korter. Sny die bos se takke almal ewe hoog af – jy kan die takke sommer so saam groe-

peer en ’n klomp gelyk afsny. Vorm die boom: Sny die ou hout so ver as moontlik uit – die dik, houtagtige takke kan heel onder met ’n langsteel-takskêr afgesny word. Rose blom beter en maak mooier en sterker nuwe groei op die nuwer takke. Sny ook lang takke wat teen mekaar skuur of mekaar oorkruis, uit. Die vorm van die boom as dit klaar gesnoei is, moet soos ’n reusesopkom wees – takke aan die buitekant en binnekant moet min of meer ewe ver

uitmekaar wees sodat die boom ’n eweredige, ronde voorkoms het wanneer dit in die lente blom. Sny alle dooie hout uit – maak seker jy sny tot waar die hout weer lewendig is. Dooie hout sal nie weer groen word nie. Sny alle sylote van die lang hooftakke af. Die boom sal self weer nuwe sylote by die ogies uitstoot. Stroop alle groen en bruin blare van die takke af – jy kan dit afsny of met die hand aftrek. Só lyk die klaar gesnoeide

boom. Maak die grond diep los om die roos en werk kompos, grondboontjiedoppe en roosvoedsel soos Vigorosa by die grond in. Bedek die roosbedding met ’n dik laag grondboontjiedoppe of fyn droë blare – dit hou die vog binne.


KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Man sterf ná eie verjaardagparty Anne-Lize Jansen van Vuuren ETLIKE ure nadat hy saam met vriende op

WYLE JACQUES CRONJE

Foto: Facebook

sy verjaardagpartytjie gekuier het, is Jacques Cronje (30) in ’n motorongeluk dood. Volgens sy pa, André, het hulle nog Saterdagaand sy verjaardag saam met vriende gevier. Hy was op pad terug na ’n luukse vyfster-lodge naby Parys toe hy vermoedelik op die Kroonstad-Vredefort-pad beheer oor sy voertuig verloor het. Motoriste op dié pad het later die dag gesien hoe sy suster, Chavonne van der Westhuizen, in die mielieland naby die ongelukstoneel na van sy besittings geloop en soek het. Wat

hulle egter nie geweet het nie, is dat dit dié dag haar verjaardag was.

Cronje het sy matriek in 2001 aan die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) vol-

tooi. Hy word deur sy ouers, André en Denise, en suster, Chavonne, oorleef.

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

Herrie oor rook in klerewinkel INWONERS is Woensdagaand on­ kant betrap toe dit ge­ lyk het asof daar ’n brand in die Markham­ klerewinkel in Cross­ straat is. Op Facebook het dit gegons oor die rook wat glo al die kle­ re sou beskadig. Som­ mige mense beweer dit was verhoogrook en net vir die pret. Die polisie en brandweer was vinnig op die to­ neel.

Wen kaartjies na Bonnie Tyler-konsert EEN gelukkige leser van Kroonnuus kan ’n dubbelkaartjie na Bonnie Tyler se konsert in Bloemfontein wen. Dié pop-rock-diva met die hees stem en treffers soos Lost in France, It’s a heartache en Holding out for a hero is op Sondag 1 September om 18:00 in die Callie Human-sentrum te sien.

Die Walliese sanger toer in September in Suid-Afrika met haar vertoning Total eclipse of the heart. Dit is haar lang verwagte terugkeer na Suid-Afrikaanse verhoë ná 20 jaar. Sy het steeds ’n spesiale plek in die hart van Suid-Afrikaners nadat sy in die 1970’s en 1980’s ’n onweerstaanbare reeks klassieke liedjies uitge-

reik het. Kaartjies van R400 vir die eenmalige vertoning is by Computicket beskikbaar. As jy graag die dubbelkaartjies wil wen, moet jy na Kroonnuus se webwerf by www.kroonnuus.co.za gaan. (Sien berig elders op blad wat die gratis eenmalige registrasieproses verduidelik).

Foto: Tharine Geldenhuys

BONNIE TYLER

Foto: Verskaf

Registreer jou maklik Nico Gous LESERS wat Kroonnuus se kompetisies op die mobi site of op die webwerf wil wen, moet eers die gratis, eenmalige registrasieproses voltooi. Lesers kan hulle registreer met hul e-posadres of Facebook-rekening. Hoe registreer jy jou met jou e-posadres? ) Gaan na kroonnuus.co.za. ) Regs van Kroonnuus se mashoof, klik op “Login”. ) Onderaan die blad klik op “Register”. ) Vul in die nodige inligting en klik op “Submit”. ) Kroonnuus sal ’n e-pos stuur na die e-posadres wat jy verskaf het om jou rekeningbesonderhede te bevestig. ) Maak die e-pos oop en klik op “click here” om jou inligting te bevestig en die regi-

strasieproses te voltooi. (As jy nie die e-pos ontvang nie, maak seker hy lê nie in jou gemorspos-lêer nie.) ) Gaan terug na jou webblaaier en klik “Register now” om die registrasieproses te voltooi. Hoe registreer jy jou met jou Facebook-rekening? ) Gaan na kroonnuus.co.za. ) Regs van Kroonnuus se mashoof, klik op “Login”. ) Bo-aan die blad klik op “Login with Facebook”. Die skakel vat jou na Facebook. ) Klik op “OK” wanneer Facebook jou toestemming versoek om die registrasieproses te voltooi. Hoe skryf jy jou in? ) Teken in met jou nuutgeregistreerde verbruikersnaam en wagwoord. ) Gaan na kroonnuus.co.za.

) Klik bo-aan die blad op die onderafdeling “Competitions”. ) Soek die kompetisie genaamd “Bonnie Tyler” en klik op “Enter Now”. ) Beantwoord die veelkeusevraag. ) Klik op “Enter Now”.

Jy is koerant se oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Met Kroonnuus se nuwe webontwerp bied dit jou die kans om ’n burgerjoernalis (citizen journalist) te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensovoorts, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat le-

Wanted: Actresses ARE you an actress with Sesotho as your mother tongue? Seleke Botsime needs four actresses for a Sesotho play, Maqeba Maokeng. This means “wounds of Maokeng”. Call Botsime on 073-500-6326 if you can act or are willing to audition.

sers se harte vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. En ons weet ook nie van alles wat daarbuite gebeur nie. Aan die web is daar egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings, ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is eer-

ste. Jy sal nie hoef te soek vir die nuutste nuus uit jou kontrei nie. Soek jy eiendom? Wil jy huur of koop? Die nuwe webontwerp bevat ’n eiendomsafdeling waarin jy ’n woonplekkie in jou gebied kan soek. Onthou Kroonnuus se mobi site gee jou toegang tot jou koerant op jou selfoon. Besoek die webwerf vandag by www.kroonnuus.co.za of op jou selfoon by kroonnuus.mobi.

Make day possible MATSHEDISO MAILANGOE and Maleshoane Mat­ laule organised the Maokeng Phe­ nomenal Young Women’s Day that was held at the Civic Centre in Kroonstad. Photo: Supplied


KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

DANKBETUIGING CASH CRUSADERS KROONSTAD would like to offer you CASH for the following goods (to sell or pawn): Fridges, freezers, washing machines, laptops and gold. All goods must be in working condition. Terms and conditions apply. Contact Claudia or Luvian 056 212 7471. TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921

MEMORIAM Trendy Wendy Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680

CROSS WELSH PONY FOR SALE 9 Years old. Showjumping horse, jump 80cm. Well school trained Contact 076 9420 794

GOLDEN RETRIEVER Babas te koop 7 weke. Geregistreerd, ontwurm en ingeënt Skakel 078 572 3036

KOOP VIR R 7 000 EN MEER & kry gratis Leër mat Top Tile 056 213 1387 30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

NUWE MOSAÏEK IN VOORRAAD Kom kyk gerus Top Tile 056 213 1387

BELLO MIA EN HOUSE OF DÉCOR Hillstraat 20 Hill Street Nuwe adres! Oorkant Paint Shop Kom kyk na al die silwerbakke, kandelare, glase ens. vir jou huis. Lekker geskenke vir elke geleentheid. Verhuring van dècor vir funksies ook hier. Die mooiste kindergeskenke en klere vir kleuters, babas en kinders. Tandekrale, snoesige langoor hasies vir troostye, ook hier beskikbaar Skakel 082 554 5852

ONDERVLOERSE VERHITTING Volvloer en los matte. 10% Afslag Top Carpets 056 212 5507

HOT SPOT: (oorkant Clicks) GROOT WINTERUITVERKOPING!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555 KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT WINTERUITVERKOPING! Gesondheidskoene & "Boots" asook "Crocs & Aerosoft" beskikbaar. Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555

LABRADOR- HONDJIES TE KOOP Teen R800/ hondjie. Room-wit kleur. Agt weke oud. Ingeënt en ontwurm. Vir navrae skakel Anelda 083 289 5612

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

SPLINTERNUWE KOPIEERMASJIEN

Veranderde omstandighede het meegebring dat die masjien nie nodig was nie. 13 maande se paaiement is reeds betaal. U kan die kontrak oorneem by Nashua Kroonstad. Dit is 'n hoëspoed kopieermasjien, netwerk drukker, faks en kleur skandeerder. Ricoh MP201 SPF. Volledige diens met talle voordele. Shaun 056 216 7667 WINTERUITVERKOPING: 15% afslag op uitgesoekte leër en los matte. Top Carpets 056 212 5507.

SOEK, KOOP, VERKOOP

SMALLS NOTICE

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013 HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwydering van bome Kaggelhout te koop.

JJ STAALWERKE Vervaardiger van: Staalhekke; Diefwering; Afdakke; Heinings en sleepwaens.Jack 082 466 9158

KINGS BLINDS

Alle tipes blinders asook was en herstelwerk. 082 783 1396 kings/kn/16april2013/jurg

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052 LOODGIETERSWERK: Vir Gebarste geysers en herstel van geysers, gebarste pype en seël van daklekke teen billike pryse. Skakel 083 255 6773 MAAK EN RESTOURASIE van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927 WE CONVERT BETATAPES AND VHS TAPES to DVD's LPS and four track tapes to CD's also video camera tape's to DVD's. Contactno: 083 861 8117 or 082 505 8210 SWEMBADHERSTELWERK - krake en alge. Glasveselvoelings. Herstelwerk aan glasveselbaddens. Cecile 082 970 2247 VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773.

Ondergrondse elektriese kabelfout opsporing

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

GESIFTE BEESMIS VIR U TUIN (Onkruidvry) beskikbaar in 60kg sakke vir R 50 - Lewer gratis af. Skakel Johan 082 294 7542 GESIFTE ONKRUIDVRYE kraalmis - R40 vir 50 Kg. Skakel 078 886 6404 om reëlings te tref vir bestellings. INSTANT LAWN / KIKUYU-KITSGRAS Middenspruit kitsgras plaas 10km buite Kroonstad op Viljoenskroon pad. Gras gelaai op plaas @ R9 per rol R11 per rol afgelewer in Kroonstad. Skakel Louwna 083 285 1065 SKAAPMIS/ GESIFTE BEESMIS R 25 vir 25kg sakke Lewer af in Kroonstad. Skakel 072 294 6815

ROOMS & FLATS TO LET Contact 082 908 9555

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels & stoele, stoelcovers kandelare,"underplates", breekware, tafeldoeke, Rooimat,ens. Skakel 079 515 8814. VEILIGE STOORPLEK te huur SAFE STORAGE for hire R 350 p m 082 826 3323

VOLKSWAGEN BEETLES te koop. Koop een, kry die ander een gratis. Enjins in werkende toestand. Geregistreerd tot 2014. Bakwerk kort aandag. R19 500 (083 625 9962.

BLANKE DAME dringend opsoek na kassierwerk. Skakel 072 913 5227

VOERTUIE IN GOEIE TOESTAND TE KOOP GEVRA. Vir die beste kontantpryse, skakel Chris 082 800 3270 of 056 212 8328. PERSEEL oorkant CC Chicken in Industria te huur. R 1 000-00 "Voetstoots" Skakel 082 263 5729

3 SLAAPK WONING te Plot Kraalkop. R 2 500 p m. Dringend beskikbaar 1 September Kontak agent 082 264 6222 3 SLAAPKAMER HUIS in Wilgenhof te huur. R 4 500 Skakel 082 928 1236

HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248 JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322

IF YOU WOULD LIKE TO SELL YOUR HOUSE for under R 300 000-00 Please contact 072 634 2111 Cash Buyer

DRIE SLAAPKAMER huis 2 Badkamers te huur. Senekalstraat 18. Naby skole. R 4 500 083 625 9962

PERSEEL NABY TAXI RANK IN ARKADE te huur. Skakel 082 908 9555

PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555

1SLP WOONSTEL BESKIKBAAR - 1 Sept Onderdak parkering. R 1 500 p m. Louise 072 410 7719 NETJIESE GEDEELTELIK gemeubileerde tuin w/stel W & K ingesluit. Parkering vir voertuig. Onmiddelik beskikbaar - 056 2125686 WOONSTEL NOU BESKIKBAAR R1200 p.m water ingesluit. 67 Allan straat.Skakel 083 435 0374/ 072 237 5567

PRAGTIGE DUPLEKS te koop by Meenthuiskompleks: Die Oewer, Murraystraat Kroonstad. 3 Slaapkamers, 2 badkamers, gastetoilet onder, sit- eetkamervertrek, kombuis, toesluit motorhuis. toesluitafdak. Kontakpersoon: Sakkie by 083 289 0660

CUMBERLAND 225 HEKTAAR SAAIGROND. Viljoenskroon/Kroonstad distrik ± 50km vanaf Kroonstad en ± 25km vanaf Viljoenskroon. Skakel eienaar - 082 773 4724 of skakel Magriet by Basson Prokureurs, Tel (056) 215 2346

BETREKKING BESKIKBAAR BY REKENINGKUNDIGE PRAKTYK!!! Posisie: Snr. Klerk/ Rekeningkundige tegnikus/ Gekwalifiseerde Rekenmeester wat kan: * Finansiële State opstel * BTW, EMP, Bank, Lenings rekonsilliasies/ balanserings, * Belasting en Voorlopige belasting berekeninge doen. * E-filing, Pastel en Rekenaar geletterd is. Let wel, indien u nie ten minste 3 jr ondervinding het in bogenoemde nie, moet asb nie aansoek doen nie. Salaris sal afhang van ondervinding, kwalifikasies en vaardighede. E-pos CV na admin@besven.co.za of faks na 086 549 7609 DOEN ADMIN WERK VANAF JOU HUIS of epos, SMS naam/adres vir volledige inligting na (071 511 6597. GYM ASSISTENT Benodig te Genesis Gym (Kroonstad Hoërskool) Skakel 078 606 0632 of handig CV in te Genesis Gym ontvangs JOIN A LEGITIMATE REGISTERED COPY & PASTE COMPANY. Earn R800 from home. Guaranteed success! SMS name & full address to: (084 254 1653. NEW COPY & PASTE SYSTEM Now in S.A! Earn R800 per day by just submitting forms. Everyone accepted! Own hours, Income guaranteed, with or without P.C. SMS name & address for a full brochure to: 076 177 2570 SWEISER met "Handy man" ondervinding en vir algemene werk Skakel 076 1557 601 VERKOELINGSTEGNIKUS, (27 - 35 jaar) se dienste word benodig. Ondervinding van Koelkamers/Lugversorgers 'n vereiste. Om na Lichtenburg te verhuis. Salaris onderhandelbaar. RHINO COLD ROOMS: (018-632 5186 of (084 556 2633. VLAKVLEI ODENDAAL BK is opsoek na 'n VRAGKONTROLEERDER, (persoon wat ons vragte kan kontroleer) asook 'n DIESELWERKTUIG KUNDIGE wat ons Scania Transport vloot kan diens en herstel. Skakel Edward Odendaal by 082 559 8883 of kantoor 056 212 4099 vir 'n onderhoud.

Absa Bank Beperk / P Mlambo Saaknommer: 4454/2012

EG COOPER MAJIEDT ATTORNEYS • NOTARIES • CONVEYANCERS • ADMINISTRATORS OF ESTATES • LABOUR LAWYERS PROKUREURS • NOTARISSE • AKTEBESORGERS • BOEDELBEREDDERAARS • ARBEIDSPROKUREURS

VEILING KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING Vystaat Hoë Hof, BLOEMFONTEIN, Republiek van Suid-Afrika, Saaknommer: 4454/2012, in die saak tussen: ABSA BANK BEPERK Eiser en PETER MLAMBO (IDENTITEITSNOMMER: 660901 5674 080) Verweerder UIT HOOFDE van 'n vonnis van die Vrystaat Hoë Hof, BLOEMFONTEIN, Republiek van Suid-Afrika, en kragtens 'n Lasbrief vir uitwinning teen onroerende eiendom, sal die volgende eiendom per publieke veiling verkoop word op:

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

11

GEKLASSIFISEERD DONDERDAG, DIE 29STE DAG VAN AUGUSTUS 2013 om 10:00 deur DIE BALJU, VAN DIE HOË HOF, KROONSTAD gehou te die BALJUKANTORE, MURRAYSTRAAT 41, KROONSTAD, aan die hoogste bieër verkoop word naamlik: EIENDOMSBESKRYWING: SEKERE: ERF 7788 KROONSTAD, UITBREIDING 50, DISTRIK KROONSTAD, VRYSTAAT PROVINSIE; GELEË TE: RAS VAN NIEKERKSTRAAT 63, WESPARK, KROONSTAD; GROOT: 2 400 (TWEE DUISEND VIERHONDERD) VIERKANTE METER; GEHOU: KRAGTENS AKTE VAN TRANSPORT NO T32942/2000; ONDERHEWIG AAN DIE VOORWAARDES SOOS DAARIN VERMELD; DIE EIENDOM IS GESONEER VIR WOONDOELEINDES EN BESTAAN UIT DIE VOLGENDE: VERBETERINGS: (NIKS GEWAARBORG NIE); 1 INGANGSPORTAAL, 1 SITKAMER, 1 EETKAMER, 1 STUDEERKAMER 1 FAMILIE KAMER 1 KOMBUIS 2 BADKAMERS 4 SLAAPKAMERS 1 SPENS 1 OPWAS 1 WASKAMER BUITEGEBOUE 2 MOTORHUISE 2 BEDIENDE KWARTIERE Die volle en volledige verkoopsvoorwaardes sal net voor die verkoping deur die BALJU uitgelees word en lê ter insae by die kantoor van die BALJU van die Hoë Hof, KROONSTAD of by die eksekusie-skuldeiser se prokureurs en kan tydens kantoorure besigtig word. NEEM VERDER KENNIS: Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof; Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die BALJU, KROONSTAD TE MURRAYSTRAAT 41, KROONSTAD; Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan die bepaalde voorwaardes, onder andere: 1. Voorskrifte van die VERBRUIKERSBESKERMINGSWET 68 VAN 2008; (URL http://www.iknfo.gov.za/vi ew/DownloadFileAction?id =99961); 2. Fica wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede; 3. Betaling van registrasiegelde; 4. Registrasievoorwaardes; Verkoping sal geskied deur die kantoor van die BALJU, KROONSTAD met Afslaers JOY VAN NIEKERK; Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingskoste volgens hofreëls geld; GETEKEN te BLOEMFONTEIN op hierdie 28STE dag van JUNIE 2013 NC OOSTHUIZEN PROKUREUR VIR EISER P/a EG COOPER MAJIEDT INGELYF KELLNERSTRAAT 77 WESTDENE BLOEMFONTEIN 9301 (VERW: G KOTZE/AK3478) BALJU-VRYSTAAT HOË HOF KROONSTAD TEL NO 056 212 7444

Naudé-Thompson 122 BOEDEL WYLE F VAN DEVENTER BOEDELNOMMER: 6226/2013 KENNISGEWING

DRIE leerlinge van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) op Kroonstad is vir die Suid­Afrikaanse o.16­Bokkieweek­rugbyspan gekies. Hulle gaan in September in Kenia aan ’n rugbytoernooi deelneem. Van links is Louis Steyn, Johan Steyn en Stephan du Plessis. Foto: Tinkie Hattingh

TWEE leerlinge van Rooies (Afrikaanse Hoërskool), Duncan Horak en Erian Badenhorst, is ná die nasionale binnelandse o.16B­ rugby­bonde­ week (sluit kusprovinsies uit) in die Noord­Vaal­rugbyspan ingesluit wat in September na Frankryk toer. Foto: Tinkie Hattingh

In die boedel van wyle FRANK VAN DEVENTER (Identiteitsnommer: 320613 5019 081) ongetroud Gebore op 13 Junie 1932 en wie se laaste adres Huis Onze Rust Ouetehuis, Steynsrus, Provinsie Vrystaat was. En wie oorlede is op 3 Junie 2013 Boedelnommer: 6226/2013 Meesterskantoor, Bloemfontein Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasieen Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê vir persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, vanaf 16 Augustus 2013, te kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein en te kantore van die Landdros, Kroonstad. q.q Eksekuteur p/a NAUDè-THOMPSON ING. Cross-straat 98 Posbus 932 Kroonstad 9500 Telno: 056 212 3280/9

Du Randt & Louw Ingelyf/Incorporated (Reg No 1997/11218/21) BOEDEL WYLE: MP MALEFANE BOEDELNR: 2301/2012 KENNISGEWING In die boedel van wyle MAHLEPHE PHILLIP MALEFANE, Identiteitsnommer: 571207 5812 086, woonagtig te 1405 GELUKWAARTS, MAOKENG KROONSTAD, 9499 Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 16 Augustus 2013. I MALHERBE-NORVAL Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Posbus 26 Kroonstad

TWEE leerlinge van die Sentrale Volkskool is albei in die Noord­Vrystaatse tennisspan inge­ sluit. Burger Marais is vir die o.10A­span gekies en sy sussie, Leane, vir die o.12B­span.

Foto: Verskaf

Take a chance to be a cricket umpire IF you have a passion for cricket and want to do more than just play cricket, starting a career as a cricket umpire is an ideal option for you.

Balke toe vir herstelwerk aan dak DIE Kroonstad-buiteklub se vrouegholfspan het onlangs in samewerking met van die mansgholfspelers ’n dansparty gehou om geld in te samel vir die klubhuis se dak wat dringende herstelwerk benodig. Volgens Bianca la Cock is die dak 25 jaar oud en lek dit erg. Al die gholfspelers werk hard om die dak te herstel en die klubhuis in stand te hou. Na raming sal hulle die dakteëls binne die volgende twee maande kan vervang.

VAN die medewerkers by die dansparty is van links Thys Claas­ sens, Bianca la Cock, Winnifred Venter, Antoinette De Crescenzo, Tiaan Fourie en Hugo Pretorius. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

AN UNEMPLOYED man from Edenville tries his level best to make a difference in the life of the youth. “I want to take the child­ ren from the streets. Therefore I have com­ piled a soccer team from boys from the community. We really appreciate the spon­ sorship from Yili Yan, a Chinese business­ man in town. He sponsored the u.13 team with a soccer kit,” says the coach and team manager, Taylor Maloka. Photo: Supplied

SOEK, KOOP, VERKOOP

DIE 2013­matrieks van die Afrikaanse Hoërskool op Kroonstad (Rooies) het deur die loop van hul hoërskoolloopbaan hard gewerk om genoeg geld vir die matriekafskeid en graadfonds in te samel – soveel so dat hulle ná ’n suksesvolle 2012­matriekafskeid genoeg geld oorgehou het om ’n splinternuwe bakkie aan die skool te skenk. Op die oorhandiging is van links Kosike Staal (ouervereniging: ondervoorsitter), Zandra Zandberg (ouervereniging: sekretaresse), Jerry Erasmus (onderwyser), Willem Hattingh (gr. 12­ouerkomiteevoorsitter), Pieter Burgers (hoof­ seun) en Hanlie Claassen (hoofmeisie). Foto: Tinkie Hattingh

Training courses for beginners and experienced umpires will be held from 26 to 28 August at the Afrikaans Hoërskool Kroonstad (Rooies). The cost is R100 per person to regis-

ter. For more information regarding the umpire training, contact Wimpy Kruger before 16 August on 073-765-5907.


12

KROONNUUS, DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

DIE vrouewenners van die Rhino River Run­bergfietsren is van links Gerda­Ma­ rie Oosthuizen (twee­ de), Guiliana Potgie­ ter (eerste) en Colette Els (derde). Pryse is deur die eienaar van die wildplaas Inloop, Theuns Fourie (regs), oorhandig. Foto: Verskaf

Speke sing in koue DIE Rhino River Run-bergfietsren het op 27 Julie op die wildplaas Inloop, 22 km buite Heilbron op die R34, plaasgevind. Die oggend was dit bitter koud – -4°C langs die rivier – maar baie gou kon ’n mens die warmte van die sonnetjie voel en dit was toe ’n mooi oggend. Altesaam 78 fietsryers het die koue op die 5 km-roete getrotseer – die jongste deelnemer net vier jaar oud. Die wenner van die 5 km-ren was Jacques Herbst (10) in 16:48. Tweede was Neels Vosloo (9) in 16:51 en derde Sanet Vosloo (11) in 16:55. Al drie dié fietsryers is van Heilbron. Die 10 km-ren is deur Kenshiro Muller (15) in 26:24 gewen. Tweede was Dieter Zietsman van Heilbron (37) in 30:46. In die derde plek was Arnoldus Jansen van Rensburg (14), ook van Heilbron, in 32:08. Die 30 km-mansafdeling is weer deur Hannes

Gouws (41) van die Vaaldriehoek in ’n verbeterde tyd van 01:18:39 gewen. Tweede was Nico Els (23) in 01:20:38 en derde Jaco Calitz (22), ook van Heilbron, in 01:21:30. Die 30 km-vroueafdeling is gewen deur Guiliana Potgieter (35), ook van die Vaaldriehoek, in 01:37:56 – ’n rekordtyd vir die Rhino River Run se vroueafdeling. Tweede was Gerda-Marie Oosthuizen (47) van Koppies in 01:50:49 en in die derde plek Colette Els (39) van Heilbron in 01:55:36. Die 60 km-uithouren is deur Juan van der Merwe (33) van Magaliesburg in 02:47:15 gewen. Tweede was Paul Botha (31) in 03:11:18. Die ander ryers het nie dié ren voltooi nie. Die Rhino River Run-bergfietsren is die ren van die maand in Oktober se uitgawe van Bicycle Magazine. Die ren word elke laaste Saterdag van ’n maand aangebied vir ’n Christelike Skool op Heilbron wat geldelik sukkel.

Skeie klap in VSA VIR sommige mense mag jukskei en Amerika dalk onversoenbaar klink, maar ’n droom om in Amerika te gaan jukskei speel het onlangs vir ’n Kroonstad-meisie waar geword. Charisma de Bruin, ’n Suid-Afrikaanse jukskeispeler en oudleerling van die Hoërskool Kroonstad, het DE pas van St. George in CHARISMA Foto: Verskaf Utah teruggekeer BRUIN waar sy as lid van die Suid-Afrikaanse jukskeispan aan ’n drieledige internasionale toernooi deelgeneem het. Charisma speel vir Gauteng-Wes, omdat sy in Potchefstroom studeer. Suid-Afrika, Namibië en Amerika het eers in hoefystergooi teen mekaar meegeding, waarna hulle jukskei teen mekaar gespeel het. Die Amerikaners het voorheen al hier kom jukskei speel – dit was die eerste keer dat SuidAfrika daar gaan deelneem het. Die Suid-Afrikaners het korte mette gemaak met die Namibiërs en Amerikaners en al die afdelings in die jukskei gewen. Oor hoefystergooi sê Charisma: “Dit is nogal moeilik, maar baie lekker. Die styl van gooi en hoe die punte werk, stem baie met jukskei ooreen. Hoe die mense mekaar hanteer, is ook baie dieselfde – die kameraadskap en dat dit ’n fgesinsportsoort is.” Die Suid-Afrikaners het in moeilike omstandighede gespeel met die kwik wat sommige dae op 44°C gestaan het.

Draf 24 uur OP 21 September word ’n Jog-around-the-clock op Kroonstad aangebied. Die wedloop begin om 07:00 by die Hoërskool Kroonstad (Bloues). Die daglig-wedloop van ongeveer 77 km strek om die dorp. Die tweede deel van die roete is ’n 3 km-sirkelroete om Bloues. Deelnemers wat minstens 100 km voltooi, ontvang ’n geborduurde sweetpakbaadjie, trofee en sertifikaat met die spesifieke afstand afgelê daarop aangebring. Hierdie artikels sal ná die wedloop op ’n ontbytgeselligheid uitgedeel word. Gemeentes, skole en ondernemings is welkom om vir eie geldinsameling spanne vir die laaste 12 uur van die wedloop in te skryf. Die inskryfgeld (sluit ontbyt in) is R700 per atleet (24 uur) en R50 per spanlid (12 uur-geldinsameling). Inskrywings sluit op 21 Augustus. Rig navrae aan Fonnie Froneman by 082438-3345 of Owen Keeve by 082-569-2410.


Kroonnuuskn 20130813