Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 9 APRIL 2013

GRATIS WENNERS. Die Kroonstad­rugbyklub is die oorkruisliga­ wenner vir 2013. Hier vier die span die sege met die antieke uit­ daagbeker wat sedert 1902 bestaan. Dié be­ ker is deur die Wan­ derers­rugbyklub aan die Griffons geskenk, nadat die klub ontbind het. Lees bl.12 vir die aksieberig en besoek www.kroonnuus.co. za vir aksiefoto’s. Die spelers en belang­ hebbendes is van links, voor: John­Ver­ non Masuret, Corné Cronjé en Jacques Labuschagne; eerste ry: Jan du Toit, CJ Schlebush, DJ Cor­ nelissen, Lucas Bou­ cher, DH Botha, Pe­ trie Kunz en Nelis de Kock; tweede ry: Al­ wyn Hugo, Christiaan Cornelissen, Fran­ cois de Jonge, Kobus Klopper en Theo Erasmus; agter: Coe­ nie Westraadt, Nico Posthumus, Ruan Gagiano, Hannes van Schalkwyk, Bryan Meyer, Deon Slab­ bert, Luan Kleyngeld en Tiaan van Wyk; heel agter: Pieter Cockeran.

Kroonstad bo!

Foto: Martin Venter

DA dik vir oop toilette Tharine Geldenhuys en Marlene Jordaan

MOQHAKA se uitvoerende burgemeester het Donderdag weer nie gesig gewys om ’n versoekskrif van die DA tydens ’n protesoptog oor die oop toilette in Rammulotsi, Viljoenskroon, te ontvang nie. Donald Colbert, voormalige DAlid en nou ANC-lid in die uitvoerende burgemeesterskomitee van Moqhaka, moes instaan om die versoekskrif te ontvang. Die Menseregtekommissie (MRK) het sy misnoeë te kenne gegee omdat Moqhaka nie sy opdrag uitgevoer

het om die oop toilette in Rammulotsi toe te bou en ’n sesmaandelikse vorderingsverslag in te dien nie. “Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit nie verslae oor die toilette aan die MRK verskaf het soos hulle moes nie. “Hulle het dit net nie gedoen nie. Die gemeenskap van Viljoenskroon voel dit is nou genoeg. Die burgemeester moet aan die mense gaan verduidelik hoekom dit so lank duur,” het Patricia Kopane, DA-leier van die Vrystaat, aan Kroonnuus gesê. “Ons (die DA) tree nou namens die mense van Viljoenskroon teen die

munisipaliteit op.” Inwoners van Viljoenskroon is verder verneder omdat ’n nuwe uitbreiding, Northleigh, die emmerstelsel moet gebruik omdat beloftes om toilette aan die rioolstelsel te koppel nie nagekom is nie. Sowat 750 sinkstrukture is toegelaat om op die Northleigh-gebied opgerig te word met die belofte dat toilette hier spoedig opgerig sou word. Dit is nie gedoen nie. Inwoners van Viljoenskroon is keelvol vir die herhaaldelike skending van menseregte om basiese dienste en waardigheid te herstel ingevolge die MRK se beslissing dat

die nagenoeg 2 300 oop toilette toegebou moet word. Verlede week het die DA minister Tokyo Sexwale en die LUR Olly Mlamleni selfs gedagvaar om oor die oop toilette voor die parlement te verskyn. Verder eis die DA amptenare wat nie hul werk met die toilette se toebou gedoen het nie, moet aangetree word. “Die munisipaliteit gee nie vir die mense om nie en het geen respek vir die gemeenskap nie.” Sy het ook gesê die toestand van die paaie is ’n gemors. “Die munisipaliteit moet sakege-

leenthede deur ’n goeie infrastruktuur skep, maar dit word nie gedoen nie. Die munisipaliteit doen nie sy werk nie.” Voorts wil die DA Mohapi dwing om ’n forum te begin om inwoners se probleme aan te hoor en op te los. “Ons wil binne 14 dae ’n verslag oor die toilette op ’n spesiale raadsvergadering ter tafel sien,” eis Kopane. Colbert het gesê hy gaan die memorandum aan die burgemeester oorhandig, wat dan later daarop sal reageer. ) Kyk na ’n video van die optog by www.volksblad.com.

Kroonnuus


2

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Fox Rally really hot

Duma en Moloto wel vervolg DIE eerstydse munisipale bestuurder van Moqhaka, Victor Duma, en ’n direkteur van die maatskappy Fire and Emergency Vehicles van Edenvale, Gauteng, Desmond Moloto, gaan beslis vervolg word. Die departement van openbare vervolging (DOV) het gister in die streekhof op Kroonstad dié besluit geneem. Dié aanklag spruit uit vermeende geldwassery waarby glo meer as R2,8 miljoen betrokke is. Dit spruit uit die beweerde transaksie om vir die munisipaliteit ’n padskraper en ’n kompakteermasjien vir ’n stortingsterrein van altesaam R2 892 180 van Fire and Emergency Vehicles te koop. Duma en Moloto moet weer op 27 Augustus in die streekhof op die dorp verskyn. Die staat beweer kort nadat Duma by die munisipaliteit weg is en ’n nuwe munisipale bestuurder by hom oorgeneem het, het ’n ondersoek getoon die masjiene is nooit afgelewer nie en is dus ook nie in gebruik nie. Die kontrakte is gekanselleer en Absa het die paaiemente wat die munisipaliteit al betaal het, terugbetaal. Absa het ’n verlies van meer as R2,8 miljoen gely. Die staat beweer Duma het ’n lening vir die koop van die twee masjiene sonder die goedkeuring van die Moqhaka-stadsraad aangegaan en namens die munisipaliteit die kontrakte geteken toe die transaksies op 29 Julie 2009 beklink is. Die padskraper het R1,3 miljoen en die kompakteerder R1,4 miljoen gekos. Die maandelikse paaiement wat die munisipaliteit betaal het vir die finansiering van die masjiene was onderskeidelik R47 404 en R50 509.

LEFT: A splash in the kiddies pool with a bike.

BELOW: Thousands of bikers joined in the fun at the Fox Rally, held in Kroon Park this weekend. Take a spin on the web at www.kroonnuus. co.za for more bike action. Photos: Rian Odendaal

A DOUGHNUT without sugar.

FOKUS OP BRANDSTRAAT

Straat bied verskeidenheid Tharine Geldenhuys BRANDSTRAAT is waarskynlik die straat op Kroonstad met die minste slaggate. Dié straat is veral bekend vir die talle dokterspreekkamers wat hier te vinde is. Hier kan jy jou eerste skooltree by die Sentrale Volkskool gee en tersiêre opleiding

by die Flavius Mareka-kollege ontvang. As jy wil glimlag, besoek die tandartse wat etlike dekades hier praktiseer. Om nie eens te praat van die haarkappers wat hier jou haredos kan tooi nie. Lus vir ’n nuwe motor? Dan is ’n besoek aan die westekant van die straat ’n moet. Kommer oor jou diere op die plaas kan blitsig opgelos word deur die staatsveeartse wat kennis kan uitdeel. Jy sal nie spyt wees as jy jou spuittoerusting by waarskynlik die grootste spuittoerustingvervaardigers in die land te kry nie. Siek en sat vir net vier kanale op die

BRANDSTRAAT is na ’n Oranje­Vry­ staatse president, pres. J.H. Brand, ge­ noem.

DIE Presbeteriaanse sandsteenkerk op die hoek van Oranje­ en Brandstraat op Kroonstad is ná die Anglo­Boereoorlog voltooi. Lord Milner, hoë kommissaris, het die inwyding byge­ woon en het ook die hoeksteen op 13 Au­ gustus 1904 onthul. Die gemeente is in 1898 gestig. Foto’s: Tharine Geldenhuys

televisie? Maak ’n draai by die mense van DStv. Met gevestigde vleismarkte is plattelandse diens en vars vleis op rekening beskikbaar. Vul kantoorvoorraad by die gevestigde winkelier wat in dié ware spesialiseer aan. Onttrek of bank geld by die takkantore op die dorp. Stukkende radio? Loer in by die oudste winkel wat in herstel en verkoop van huisraad spesialiseer. Alte fyn leer meisies balletdans en ander dansvorme langs die Presbeteriaanse kerk.


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Rubriek in boek saamgevat Tharine Geldenhuys WAT ’n rubriek met verhale oor Dollie en Dirk se doen en late in Kroonnuus op Dinsdae was, het uitgebrei om vir Sus en Daan by die Sentrale Volkskool op Kroonstad met ’n leesreeks vir junior primêre leerlinge te vervang. Verder is die leesreeks ook op Overvaal Stereo voorgelees. Dit word selfs in Australië in ’n Afrikaanse tydskrif geplaas. Annelize Bester is ’n raakvatter om vir kinders verhale met ’n lessie te verwoord. Sy spog met talle eerbewyse vir haar kinderboeke wat onder meer ATKV-veertjies insluit. Volksblad het pas ’n kinderboekie, Vat 5 met Dollie en Dirk, uitgereik. Vat 5 met Dollie en Dirk word op Vrydag 12 April om 14:30 in Exclusive Books in die Mimosa Mall in Bloemfontein bekendgestel. Kinders kan hier KROKKIE KROKODIL na Annelize Bester se voorlesings kom luister. Heerlike eetgoed sal vir die kinders bedien word, terwyl hulle vir Dollie en Dirk se manewales kan kraai van die lag. Die boekie handel oor die avonture van ’n groep diere en dan veral Dollie en Dirk, twee vriendelike seekoeikinders wat die wêreld deur hul onskuldige kinderoë verken. Die

3

Mohapi tackles debt Tharine Geldenhuys “PAY your debt to the Moqhaka Municipality or I relieve you as a councillor.” Moqhaka councillors owe the municipality more than R1,2 million for services and taxes. Municipal officials owe more than R1,6 million in services and taxes. Jihad Mohapi, executive mayor, said in council that officials and councillors must make arangements for arrears or a deduction equal to the amount owed will be done from salaries. A list of the councillors have been submitted in an annexure to the agenda. The council resolved that a list of all councillors and officials in debt must be provided at the next council meeting in May. Some 36 of the 50 councillors are up to date with their municipal services and taxes. Regarding the 14 councillors in debt at the municipality, from as little as R72,30 to an astonishing R94 152,01 are owed by individuals. In the provitional budget for 2013-’14 the 50 councillors benefit in the annual expenditure of R15 799 678 for councillor salaries, contributions and allowances. Some 784 officials will benefit from the R179 984 000 provitional budget for salaries, allowances and benefits. Mncedisi Mqwathi’s salary package amounts to a staggering R1 318 750 per annum, whilst his directors of technical services, community services, corporate services and chief of finance will get a R1 107 750 package.

Councillors absent Tharine Geldenhuys op pad hospitaal toe. boekie bevat vyf kort stukkies: ) Huberta, die wandelende seekoei ) Dollie en die honger wesie ) Dirk se beste, beste baadjie ) Die waterkuilwedren ) Krokkie Krokodil se geheim Die stories leer kinders op ’n prettige manier waardevolle lewenslesse soos mededeel-

Illustrasie: Jurgens van Aswegen

saamheid, dankbaarheid, sportmanskap en vriendskap. Hoewel die stories kinders van alle ouderdomme sal vermaak, behoort leerlinge in gr. 2 en ouer dit self te kan lees. Die boekie word ook teen R40 by Volksblad se kantoor en al sy takkantore te koop aangebied. Bel Bianca Prins by 051-404-7721 om bestellings te plaas.

“WHAT are the Moqhaka councillors pushing for us at the district council meetings? Councillors must prioritize meetings and put Moqhaka first,” Disebo Nakedi, speaker of the Moqhaka Council, said at the council meeting on Tuesday. Of the 50 councillors, several leave of absence were submitted. Mncedisi Mqwathi, municipal manager, was also absent. Debbie Shahim, DA councillor, wanted to know how many meetings he has missed. She was silenced on a point of order by Jihad Mohapi, executive mayor.


4

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Woorde sonder dade niks werd

’n Storie agter OM 7 DIE meegaande spotprent oor Kroonstad se haglike paaie met slaggate is op 3 April in Volksblad gepubliseer. Marlene Jordaan het Facebook in-

gespan en die spotprent ook gepubliseer. Jaap Grobbelaar vertel OM 7 het aan wyle dr. Dirk Klopper van Kroonstad behoort.

Hou gou dié truuk dop

Hy het al die 7’s gery: OM7; OM 77, OM 777, ensomeer. Toe hy oorlede is, het sy tuinwerker, Jerry, OM 7 by hom geërf. Dit was ’n tweedeur-Mazda.

ONGEAG verskonings wat oor swak dienslewering opduik, is dit noodsaaklik om die woord by die daad te voeg. Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester van Moqhaka, het op die raadsvergadering erken die dienslewering in Moqhaka is nie na wense nie. Om aan te beveel dat die finansiële afdeling van die munisipaliteit hergestruktureer word, kan dalk net woorde wees. Waarom het die hoof van finansies glo 24-uurkennis aan die einste munisipaliteit gegee? Waarom het die Moqhaka-munisipaliteit sedert 1994 nog geen skoon verslag van die ouditeur-generaal ontvang nie? Wie teken wild en wakker tjeks vir ongeoorloofde betalings wat vir vrugtelose projekte betaal moet word? Verlede week het Kroonnuus berig oor fakture wat vir die betaling van advertensiekoste deur Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, goedgekeur is. Wie kyk na diegene wat betalings forseer? Op voetsoolvlak moet munisipale werkers met die minimum oor die weg kom om noodsaaklike diens te lewer. ’n Mens kan die frustrasie van ’n munisipale amptenaar verstaan as hy of sy aanhoudend moet smeek

vir goedere om diens te kan lewer. Hoeveel vragmotors van Moqhaka is nie gelisensieer nie en hoeveel boetes word deur die verkeersbeamptes van Moqhaka vir ongeldige voertuiglisensies uitgereik? Hoeveel chloor het die watersuiweringsaanleg werklik beskikbaar om skoon drinkwater ingevolge gesondheidsregulasies toe te dien? Hoeveel teer is beskikbaar om die talle slaggate op die dorp te lap? Hoeveel bestuurders is verantwoordbaar as die “papaja die waaier tref”? Ek, meneer, en jy, meneer, en die wa is nie gesmeer? Volgens Mohapi is die verkeerde mense met die verkeerde verantwoordelikhede in poste. Hy is besorg oor inligting wat “uitlek”. Ingevolge wetgewing is munisipale inligting openbare inligting wat wetlik op ’n webtuiste gepubliseer moet word. Die munisipaliteit se webtuiste is 11 keer vir bespreking aan die stadsraad voorgelê. Besoek www.moqhaka.gov.za. ’n IT-afdeling word hoogs besoldig om dié webtuiste te hanteer. Feitlik niks tenders of wetlike dokumente word hier vir die publiek se insae geplaas nie.Die ITbestuurder verdien glo dieselfde salaris as ’n posvlak 1-bestuurder. Dit is nagenoeg R1,1 miljoen per jaar.

Skool se versorgde terrein ’n riem onder die hart KRIEK VAN NIEKERK, Kroonstad: AS ouers van leerlinge aan die Afrikaanse Hoërskool is ons gereeld betrokke by sportdae wat by die skool aangebied word. Hetsy dit in die somer of winter is, dit was vir my nog altyd ’n riem onder die hart om die terrein te betree en te sien hoe netjies en goed versorg die velde en geriewe altyd vertoon. Op die Yield-sportdag wat op 16 Maart plaasgevind het, het ons baie besoekers van ander skole en dorpe

op Kroonstad ontvang. Soos voorheen het vriende van ons van Bethlehem die terrein besoek en weer aan my oorgedra hoe besonder mooi en netjies die Rooiskool se terrein is. Dít is waarom ek die behoefte gehad het om die brief te skryf om die skool en die betrokke personeellede vir die terrein se voorkoms te bedank. Dit verg baie tyd en kennis om pal so ’n mooi Rooi Eiland te skep en daar te hou. Dae voordat die terrein benodig word, hardloop Danie van Wyk van

die Rooiskool al rond om alles vir die dag of sportweek wat voorlê, reg te kry. Dankie, julle, vir die mooie Rooi Eiland in die hartjie van Kroonstad.

Ondernemings nie reg vir diens teen oopmaaktyd LIZ, Kroonstad: NA aanleiding van die mens wat kla oor eetplekke op Kroonstad. Wat van die sakeondernemings wat deesdae nie eens betyds oopmaak nie? Personeel daag vyf minute voor

GEBRUIK ’n eierdop om ’n kleiner stukkie eierdop uit die eier wat jy oopgebreek het te skep. Dit het skynbaar ’n “magnetiese” krag en werk altyd goed.

Skrik nie vir koue pampoen KOUE pampoen? Gerasperde botterskorsie opgedollie met pynappel is ’n verrassende slaai. Maak dit vooraf, dan word dit net lekkerder. Bestanddele: 1 blikkie fyngemaakte pynappel sowat 4 koppies grofgerasperde rou botterskorsie sout na smaak 1 pakkie perskejelliepoeier Metode: Meng al die bestanddele. Strooi die jelliepoeier oor en

meng. Verkoel dit en bedien dan. Selae tsa mokopu (butternut) 1 kotikoti pynapole e kgabetsweng 4 kopi mokopu (butternut) tse rasperilweng 1 paki tsa peach jellie leswai Mokgwa: Paka pynapole, mokopu, leswai. Tshela peach jellie hodimo. Nolofatsa hantle. Kena ka fridge.

Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.

SAKELUI is keelvol vir die talle slaggate in die dorp se paaie. Hier maak Johannes Jama van ’n motorherstelplek ’n slag­ gat in Reitzstraat toe.

oopmaaktyd op (soos in ’n bekende apteek). Dan moet jy as kliënt wag totdat hulle reg is, of jy nou haastig is of nie. Dit is ongelukkig hoe ondernemings op die dorp sake doen. Wie is verleë oor wie? Dan word gevra hoekom mense in naburige dorpe gaan inkopies

doen. Waar is die dae toe personeellede betyds opgedaag het om alles reg te kry sodat die onderneming betyds oopmaak en kliënte nie verontrief word nie? Mense praat van die munisipaliteit, maar ondernemings lewer ook ál swakker diens.


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

5

Rybewys hernu nie pret Tharine Geldenhuys

Verniel verkeerstekens WOENSDAGNAG is talle verkeerstekens op Kroonstad deur ver­ meende kwajongens beskadig. Sowat vier stoptekens is in Marais­ straat omgestoot. Foto’s: Tharine Geldenhuys

ELSA ODENDAAL van Kroonstad sit met haar hande in haar hare. Wanneer sy eendag haar wettige rybewys gaan kry, bly ’n ope vraag. “Ek het nie vingerafdrukke nie. Dit is nou maar so. Ek is ’n wettige landsburger met ’n wettige identiteit. Ek voel kwaad en teleurgestel in die provinsiale verkeerskantoor op Kroonstad omdat ek ná byna 11 maande nie my hernude rybewys het nie. “Ek moes drie keer nuwe foto’s laat neem en al die toetse oor doen. Dit is onregver-

BYNA 11 maande al wag Elsa Odendaal vir haar nuwe rybewys. Sy moes al drie keer in die plaaslike provinsiale verkeerskantoor in lang rye staan en is steeds sonder haar wettige ry­ bewys. Foto: Tharine Geldenhuys

DIESELFDE is met die stoptekens in Klompstraat gedoen.

Dít is steel A GROBLER, Ringerstraat 47, Heilbron:

KROONNUUS is ’n hoogtepunt in my vaal lewetjie. Vergun my die geleentheid om kommentaar te lewer op Cogta in diep water van 26 Maart 2013. As dit jou tweede taal is, is dit nie maklik om die regte woord te gebruik nie. Olly Mlamleli, die Vrystaatse Cogta-LUR, sê ons voorouers het op die Drommedaris hier aangekom en die land gesteel. As ek Sondag van die kerk af kom en my televisie is uit die huis, dan is dit gesteel. ’n Paar weke gelede het ek ses arbeiders voor Heilbron Spar opgelaai. Toe ek hulle wou betaal, vind ek uit iemand het my beursie gevat. In albei gevalle was die goed weg. Dit is steel. Wat mev. Olly wou gesê het, is ontwikkel. Al die grond wat ons voorouers hier gekry het, is nog hier. Dit is ontwikkel. Dit is nie gesteel nie. Apartheid het vir julle ’n erfporsie nagelaat. Julle steel daardie erfporsie by jul nageslag omdat julle sulke groot salarisse vat.

Gholfdag

ten bate van van Liefdadigheid Liefdadigheid

ING K K E R T GELUKS1 VAN 2 WEN MPERS A DRANKIEHS @ R10 elk KAARTJ

Besprekings: B esprekings:

K orrektiewe Korrektiewe Dienste G holfklub Dienste Gholfklub

K offie N el Koffie Nel (0 5 6 ) 2 15 1 714 (056) 215 1714

dig,” sê Odendaal. Toe sy Woensdag weer onverrigter sake omdraai, het sy besluit: “Genoeg is genoeg. Ek sal nie weer die foto’s en lang rye aandurf vir ’n fout wat nie myne is nie.” Sy het al verlede jaar in Mei haar rybewys in die Kroonstadse verkeerskantoor hernu. Die tydelike rybewys is net ses maande geldig. “Die verkeersbeampte aan die hoof daar belowe my elke keer my rybewys sal as “teruggaan om dit af te haal” beskikbaar wees. Dit is lyk my net leë beloftes. Ek weier om nou enigsins ’n sent te betaal en tyd af

Korrektiewe Dienste Gholfbaan, Kroonstad

Saterdag, 27 April 2013

GROOT G ROOT PRYSE!!! PRYSE!!!

BAIE B AIE

PS Kompetisie: K ompetisie: IIPS Afslaantye: Afslaantye: 07:30 07:30 - 13:00 13:00 Inskrywings: Inskrywings: R120.00 R120.00 per per speler speler (plus (plus 1 nie-bederfbare nie-bederfbare produk) produk)

Inskrywing sluit sluit in: in: Inskrywing Halfweg-huis ligte-ete ligte-ete kaartjie, kaartjie, Halfweg-huis inskrywingsgeskenkie, Natgat Natgat op op baan baan inskrywingsgeskenkie,

KOM KYK DIE RUGBY OP DIE GROOT SKERM!

te vra by die skool waaraan ek ’n onderwyser is,” sê sy. Om kommentaar van die kantoor oor

die geval te kry blyk onmoontlik te wees. ) Watter probleme ervaar jy by die plaaslike verkeerskantoor?

Laat weet ons by www.kroonnuus.co. za of laat ’n boodskap op Kroonnuus se Facebook-blad.


6

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Help red ouvolk met jou bydrae Tharine Geldenhuys PROJEK OUVOLK is ’n projek van HART (Helping Animals Recover from Trauma) om ’n stem vir die ouvolk (Smaug giganteus) te wees. Dié reptiel is die stille slagoffer van onwettige handel vir moetie en die troeteldierhandel, asook habitatverlies weens mielie-, koring- en sonneblomboerdery, mynbou en stedelike uitbreiding, sê dr. Yvette Pozyn van HART. Projek Ouvolk hou op 16 April ’n stigtingsvergadering in die Willem Pretorius-natuurreservaat (net buite Ventersburg). Dit sal om 10:00 begin en belangstellendes word genooi om hier hul insette in die voortbestaan en beskerming van die ouvolk te verseker. Die projek se doelwitte is om inligting te bied oor die ouvolk, faktore wat hul voortbestaan bedreig en pogings

B uy

MONDAY

(smaug

giganteus).

Foto: Tharine Geldenhuys

van individue en groepe om ouvolk te bewaar. Pozyn sê bewusmaking van die onwettige handel in ouvolk en bespre-

2 x Monster Energy Drinks 473ml R .90

2

28

s ffin mur R12 l fo 0m a 30 get d n a i Sip Yog R6

MUFFIN

OUVOLK

kings tussen belanghebbendes in bewaring, navorsing en besigheid deur tegnieke, toerusting, sagteware en die uitruil van inligting is noodsaaklik. “Projek Ouvolk wil ’n gesamentlike projek met wildorganisasies, regeringinstansies, die private sakesektor, boere en die algemene publiek wees. Ons wil ook potensiële gevaargebiede identifiseer wat die voortbestaan van ouvolk bedreig. Ontwikkeling striem die habitat van die ouvolk,” sê Pozyn. Met die nodige toestemming en permitte sal die ouvolk in veilige gebiede hervestig word. HART hou ’n sensusopname van waar ouvolk voorkom, hoeveel op spesifieke plase is, in watter grondsoort hul gate is en of die gate in gevaar is. Inligting oor die projek is op www.projectsungazer.co.za. te kry. Rig navrae aan Pozyn by 082-448-7860.

for

SMS THE WORD ‘BP’ AND THE LAST FOUR DIGITSOFTHEBARCODETO45075TOENTER SMS charged at R1.00, free SMS’s do not apply. Terms and conditions apply.

473ml

Promotion includes 2 x Monster Energy Drinks (473ml) can at R28.90. Win instant Monster prizes each day (bags, t-shirts, caps and many more). SMS: Monster to 45048 to enter. Please retain your till slip for redemption purposes on all POS. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last.Terms and conditions apply.

Promotion consists of any 2 regular muffins and get a 300ml Yogi Sip for R6. Product may differ from image shown. This promotion cannot be used in conjunction with any other promotion. While stocks last. Terms and conditions apply.

500ml Coke & Takis Biltong

26

R

.50

FREE Buy a Takis Snack Pack

+ = 40/50g

Biltong and a 500ml Coke for R26.50 and get a FREE 40g Willards Big 40g Korn Bites.

500ml

Promotion includes a 500ml Coke and 40/50g Takis biltong for R26.50 and get a free 40g packet of Willards Big Korn Bites. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013.While stocks last. Terms and conditions apply.

CROISSANT

t s s an C ro i i t h o w m at d to l n a se 0m chee nd a 25 t for a ui r F i Li q u 50

R

KICK START

.

18

Promotion consists of a croissant with cheese and tomato and a 250ml Liqui-Fruit for R18.50. Product may differ from image shown. This promotion cannot be used in conjunction with any other promotion. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Terms and conditions apply.

2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g

FEELING

HUNGRY?

27

ek Vetkio ce n &m with a a Tropik 500ml r fo

R

R

.50

17

.50

72595B/E

200g

Promotion consists of a Vetkoek with mince and 500ml Tropika for R17.50. Product may differ from image shown.This promotion cannot be used in conjunction with any other promotion. This promotion is only available to Gauteng and Western Cape sites. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Terms and conditions apply.

It’s what we do 24/7

Spend R49.90 d or more in-store an . ey at get a free Sea-M

250g

Promotion includes 2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g for R27.50. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Terms and conditions apply.


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Mans kan hul geloof deur manne-aand uitleef SY e-posadres begin met die woord pietpriester. Manne wat saam bid en God loof, kan gerus op Dinsdag 16 April om 18:30 ’n gratis manne-aand

met Piet Jacobs van Welkom as gasprediker bywoon. Jacobs het onlangs ’n landwye mannebyeenkoms saam met Angus Bu-

chan aangebied. Toegang is gratis. Bel die Selkerk by Reitzstraat 6, Kroonstad, in kantoorure by 056-212-4308.

7


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

PLUS EARN POINTS

WEEKLY WINNERS Producst have been styled for photography

32

31

56

Nescafé Ricoffy in Tin 750g

75

99

Olof Bergh Brandy 750ml

per kg

Bulk Pork Pack (Consists of Roast, Chops, Rashers & Stew Cuts)

PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipak 2kg

99

49

99

99

99

34

99 Each

Nescafé Cappuccino Assorted 12s, 10s, 8s or 6s

CASE PRICE

136

99

per case

Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

49

15

89

79

Each

EverFresh Full Cream, Low Fat or Fat Free Long Life Milk 6 x 1 litre

17

99

Tastic Rice 2kg

per kg

Bulk Beef Mince

Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg

NOW ONLY

8

9995

per pack

SAVE 25.00

Huggies Dry Comfort Bulk Pack Mini 66s, Midi 58s, Maxi 50s or Junior 44s

Always there for you PRICES VALID 9 - 14 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177049B_E


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

HOT SPOT: (oorkant Clicks) GROOT UITVERKOPING!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555

1989 JURGENS CLASSIC WOONWA te koop - R 35 000 Skakel 082 575 3455 MATHEMATICS & PHYSICAL SCIENCE PRIVATE LESSONS. Individual and specialized Contact Marthinus van der Walt at 072 300 4831 GESPESIALISEERDE INDIVIDUELE WISKUNDE & FISIESE WETENSKAP PRIVAAT LESSE. Skakel Marthinus van der Walt by 072 300 4831

KAPPIE TE KOOP vir langbak Isuzu KB 250 2002 model R 5 000 Skakel 079 692 4433

30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507 KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

KROONHEUWEL BAZAARS 056 212 7222 Is u opsoek na yskaste, hardeware, speserye (Freddy Hirsch) kombuistoebehore. Kom kyk gerus. SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT UITVERKOPING!! Gesondheid & sommerskoene asook "Crocs & Aerosoft" nou beskikbaar Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555

SOEK, KOOP, VERKOOP

POOLWELL SPECIAL!! (GROEN SWEMBADDENS) 4 kg "Two Ten" Chloor + "Two Ten" Algeacide vir R 240 - Aanbod geldig tot 12 April - 056 215 2144

9


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

ComFizone PLAFONINSULASIE

BESPAAR OP JOU VERHITTINGSKOSTES

• Eko-vriendelik • Brandbestand • Knaagdier- en insekweerstandig • Nie-toksies • Nie-allergies • Alle dak tipes • Puik insulasie waardes

Tel. 056 212 9880

LOODGIETER

EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Ek besoek u tuis Skakel Jenny 083 290 0255 TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921

Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680

24-UUR-DIENS

VIR HOUTMEUBELS Kontak Dave Jordaan 082 573 9927

14 JAAR ONDERVINDING GEBARSTE PYPE GEISERS VERSTOPTE RIOLE RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248

KDP DIENSTE 056 215 1515 078 383 8897

jacques@comfizone.co.za

Trendy Wendy

VIR ENIGE NAALDWERK Skakel 084 595 2820

AFSAAG EN VERWYDERING van bome en "clean-ups" (huishoudelike/ industriële) erwe. Skakel 083 465 9018

Ondergrondse elektriese kabelfout opsporing

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 21 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052 ROCK STEADY TRADING (Pty) Ltd - 084 714 8925 Seal leaking roof, devils fork, maintenance, restoration of houses , tiling, paint jobs, drains, carports. Lightning Conductor. Guarantee given

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322

TIP TOP Professionele skoonmaak van matte, meubels en motors.

tiptop/kn/17maart2009/jurg

10

Gratis kwotasies. Navrae: Louis Keyser by 056 215 2306 a/u of 083 282 8184

24 HOURS SERVICE

38 President Street, Kroonstad

VIR ALLE: BOUWERK, DUIWELSVURK, STAALWERK, AFDAKKE, TEËLWERK, DREINERING, LOODGIETERSWERK, VERFWERK GOEIE VERWYSINGS

RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

RESTOUREER EN HERSTEL van houtmeubels Skakel Tertius 073 2700 311 RE-ENAMEL EXPERT Heremalje van ou staalbaddens. Ons gebruik egte emalje. Werk gewaarborg. 071 196 2953. www.jgexpert.co.za VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773. TAXI DIENSTE: Vir u en u pakkies ( Skakel 076 215 2914

HOUSE OF DÉCOR Vir die huur van uitsonderlike items: Tafeldoeke, servette, silwer kandelare groot en klein, gekleurde glase, onderborde, silwer bakke ens. Skakel 082 554 5852

WAS VAN VOLVLOERlos matte en SITKAMERSTELLE Top Carpets 056 212 5507

056 215 1515 of 078 383 8897

MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 2700 311 a/u

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels & stoele, stoelcovers kandelare,"underplates", breekware, tafeldoeke, Rooimat,ens. Skakel 079 515 8814.

KAMERS TE HUUR AAN KONTRAKWERKERS Skakel 082 556 6869 ROOMS TO LET Contact 082 908 9555

WINSKOOP!!!! 50cc YAMAHA JOG (SCOOTER) met bagasie tassie agterop. Goeie toestand. Padvaardig en gelisensieer. R 2 000 Skakel 083 7611 236

1989 JURGENS CLASSIC WOONWA te koop - R 35 000 Skakel 082 575 3455

Ek koop byna alle tweedehandse voertuie, bakkies, kombi’s en Ventures vir kontant. Ek is bereid om voertuie te gaan haal.

Skakel Unis 082 959 9120 of 072 203 1614.

VOERTUIE IN GOEIE TOESTAND TE KOOP GEVRA. Vir die beste kontantpryse, skakel Chris 082 800 3270 of 056 212 8328.

MÔREWAG: Ruim 3 slaapkamers,ingangsportaal sit, eet, komb, badk, stort, aparte toilet, baie ingeboude kaste, motorhuis, afdak vir 4 motors, plesseymeter, buitegebou met krag/ water, beton omhein. Onmiddelik beskikbaar. R 3 500 p m Skakel 078 446 6818

PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555 of 056 212 3561

HUIS TE HUUR IN TUINHOF: Moderne 3 slpk, 2 badk, dubbel motorhuis, elektriese omheining. Groot erf. Begin Mei. R 4 400 p m Steenbokstr. 26. Deposito betaalbaar. Skakel 083 337 3568 TE HUUR 3 SLPK WONING met dubbel afdak op Kraalkop hoewe - 1 Mei 2013 Kontak agent 082 264 6222

2 SLPK WOONSTEL te huur. Midde-dorp. R 1 800 p m. Veilige parkering. Skakel 078 446 6818


KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 KOPPIES 'N NUUTGEBOUDE 2 SLAAPKAMER WOONSTEL in kompleks by Opstal op Roodepoortdam Koppies. Baie veilig - sekuriteit. Slegs gesonde betroubare egpaar sonder kinders. Finansieël onafhanklik. R 2 200 p m. Krag en water ingesluit. Sel: 082 824 7263 TUINWOONSTEL: 1 Slaapkamer, Sitkamer, kombuis, badkamer, parkeerplek vir 1 motor vir sober enkellopende persoon. Beskikbaar 1 Mei. R 1 700 Skakel 078 446 6818 TWEE SLAAPKAMER woonstel te huur vanaf 1 Mei - R 3 000/ maand Skakel 079 692 4433

HOEWE TE KOOP 5 Ha hoewe, grens aan Edenville pad met boorgat sonder verdere verbeterings R 230 000.00 Skakel 083 262 0511 (S.A)

HUIS TE KOOP 3 Slaapkamer huis. Suidrand Skakel 082 908 9555 HUIS TE KOOP OF TE HUUR - Dadelik beskikbaar. Versfeldstr. 31, Wilgenhof. 4 Slaapkamers, 2 badkamers. Groot leefareas + spa. Kontak Johan 083 379 8734

MAN MET vorige koerier ondervinding is dringend opsoek na werk. Kan onmiddelik diens aanvaar. Skakel 073 199 0564

ARBORETUM SENTRUM VIR BEJAARDES Vakature vir INGESKREWE VERPLEEGSTER Posvereistes: * S.A.V.R Registrasie * Minstens 5 jaar toepaslike ondervinding * Bejaardesorg ervaring * Goeie leierseienskappe * Goeie kommunikasie en menseverhoudinge * Afrikaans magtig Stuur u CV aan: Die Bestuurder Faks: 056 215 1930 Epos: arboretum@residentia.co.za Sluitingsdatum: 26 April 2013 - 12:00 Indien u nie binne 30 dae na sluiting 'n antwoord ontvang het nie, aanvaar dat u onsuksesvol was. BEMARKER MET bewese ondervinding in landboubedryf, verkieslik melkerye, gesoek met vorige verwysings. Moet doelwit gedrewe en goeie menseverhoudinge handhaaf. Woonagtig te Kroonstad. Vergoeding op kommissiebasis gekoppel aan prestasie. Faks CV na 086 666 6153 DOEN ADMIN WERK vanaf jou huis. SMS naam/ Adres vir volledige info na 071 511 6597 OPSOEK NA ELEKTRISIËN Moet elektriese planne kan lees. Bereid wees om in Afrika te werk op kontrak basis. Skakel 082 097 4794 REKENMEESTERS PRAKTYK verlang die dienste van data invoer klerk. Kennis van Pastel en Excel sal voorkeur geniet. Faks CV na 086 628 0256. Sluitingsdatum 12 April 2013. Meld salaris verlang.

THE BED SHOP is opsoek na 'n drywer met geldige rybewys en PDP sertifikaat. Handig CV in by The Bed Shop te H/V Reitz & Murraystraat.

122 MAGDALENA JOHANNA BERGH Boedelnommer: 2821/2013

GvR KENNISGEWING

In die boedel van wyle MAGDALENA JOHANNA BERGH, gebore 16 Augustus 1928, identiteitsnommer 280816 0008 086 datum van afsterwe 6 Maart 2013 Huwelikstatus: ongetroud Adres: Huis Edelkroon woonstel no. 6, Meyerstraat, Kroonstad Boedelnommer: 2821/2013 Kennis geskied hiermee aan krediteure en debiteure in die bogemelde boedel om hul eise in te dien en skulde te vereffen ten kantore van die ondergemelde binne dertig (30) dae vanaf datum van publikasie. EKSEKUTEUR Grimbeek, Van Rooyen & Vennote Ing Posbus 1282 Kroonstad 9500. Tel. 056 212 5197 Verwysing: Rachelle Minnie

MALE EXTRA VIAGRA

NOU IN KROONSTAD BESKIKBAAR VERBETER LIBIDO 100% STERKER, LANGER EREKSIE 100% VEILIG WERK BINNE 30 MIN. SPLINTERNUUT OP DIE MARK R150 VIR 10 100% DISKREET African Herbal Store Reitzstraat 12A Kroonstad

056 212 7448

WARRIOR VIAGRA Steeds in Kroonstad beskikbaar R150 vir 6 Supersterk pille 100% veilig, medies getoets. 100%-geld-terugwaarborg

Beskikbaar by: African Herbal Shop Reitzstraat 12a Welkom 072 182 2937 Gepos word, skakel Jandre 073 894 5273

11

Victor(y) kry brons SY naam is Victor vir Victory. Die polisieman Victor Malejoane (48) het werklik getriomfeer deur ná ’n operasie in Oktober 2012 om ’n pasaangeër vir sy hart te kry sy tweede medalje in die jaarlikse Twee Oseane-ultramarathon verwerf. Hy het dié ultramarathon in 5:16.00 voltooi. Dit is ’n bietjie stadiger as die 4:35 wat hy verlede jaar gehardloop het. Hy is ’n bekende marathonatleet van die Kroonstadse polisie en het al begin om vir die Comrades-ultramarathon oor sowat twee maande te oefen. Dit sal die seVICTOR MALEJOA­ wende keer wees dat NE van die polisie op hy daaraan sal deelKroonstad met sy neem. bronsmedalje wat hy Hy het in Januarie vanjaar in die Twee begin oefen, omdat hy Oseane­ultramara­ hom ná die hartopethon verwerf het. rasie vir drie maande Foto: Tharine Geldenhuys stil moes gedra.

THE 2012 Workers League netball winner is the SAPS team in Kroonstad. Receiving the trophy on 23 March are, front: Pulane Motsapole (team manager); from the left, first row: Anna Motsoari, Tseleng Msibi, Tshidi Sekonyela, Cinah Shale, Tshidi Nala, Mase Letsabo, Nono Letsoenyo (secretary), Lucia Rodgers and Betty Moqhae; back: Pricilia Mokoteli. Transnet’s netbal team is the runner­up. SHOPRITE’S soccer team is the winner of the Workers League for 2012. From the left are, front: Tlanyane Neo, Mzankwa Bongani, Tsoeu Malei, Tsoeu Katleho and Monokoane Serame; first row: Rakhetsi Philip, Thabi­ so Platlane, Moroenyane Tsholofelo, Nala Sello and Montsioa Modise; back: Mo­ nyobo Jimmy, Mophoso Sentle, Rantheti Buti, Mbe­ se Papi and Mogoje Modupi. The Moqhaka Municipality’s soccer team is the runner­ up.

Fietsren verg vaardigheid Tharine Geldenhuys DIE eerste Rhino River-bergfietsren het onlangs by die Inloopplaas in die distrik Heilbron op die R34roete van Kroonstad af plaasgevind. Avontuurlustiges het aan die bergfietsren deelgeneem

waarvan die roete oor ruwe terrein en spesiaal ontwerpte paaie vir die doel van bergfietsrenne gestrek het. Uithouvermoë, fietsryvaardighede en selfvertroue was onder meer beslis hier getoets. Tegniese afdraandes en rivierbruggies het deel van die roete gevorm om dit interessant vir die bergfietsryers te maak. Die roete het agterpaaie, brandbane, bosse, bulte en veld ingesluit. Die renne is oor 5 km, 10 km, 30 km en 60 km aangebied. Peuters het ook ’n 1 km-ren gratis gery en ’n nutsgeskenkpakkie as beloning

gekry. Sowat 94 bergfietsryers het deelgeneem. Die bergfietsren het sy ontstaan te danke aan ’n plaaslike Christelike skool van Heilbron wat geldelik sukkel om kop bo water te hou. Die ren is geregistreer by Fietsry Suid-Afrika en die organisasie se reëls en regulasies word streng nagekom. Willie Stoman van Kroonstad, wat die ondervoorsitter van Fietsry Suid-Afrika se Vrystaatstreek is, het die ren gemonitor. Die algeheel eerste plek in die 30 km: 1) Tyd: 01:38:41 ;Cobus van den Berg (17);

junior klas. 2) Tyd: 01:50:41; Evert Kleynhans (17); junior klas. 3) Tyd: 01:53:38; Cornè Calitz (17); junior klas. Die algehele wenners op 60 km: 1) Tyd: 03:24:37; Cameron McNeil (34); sub-veteraneklas. 2) Tyd: 03:27:51; Derik Grobler (32); subveteraneklas. 3) Tyd: 03:43:51; Jaco Calitz (22); senior klas. Die volgende ren vind op 27 April plaas. Bergfietsryers spring al om 08:00 eerste vir die 60 km-ren weg. Vir meer inligting skakel 082-8378880.


12

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Kookwater-rugby gespeel Danie Swanepoel

SOZET NEL

Photos: Supplied

KROONSTAD en die Tjisas van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) van Bloemfontein het Saterdag kragte gemeet in die Uitdaagbeker-eindstryd tussen die Vrystaat-Cheetahs en Griffons se klubspanne waar Kroonstad as kampioen met ’n telling van 23-20 uitgetree het. In die uitspeelrondes het die Tjisas hul enigste nederlaag van 26-30 teen Kroonstad gely waar Kroonstad weer onoorwonne was en daardeur het albei spanne hulle verseker van ’n tuishalfeindstryd. Die Tjisas het deurgedring na die eindstryd deur met Bloemfontein-Weermag 60-6 af te reken. Kroonstad het vir ’n tuiseindstryd gekwalifiseer deur Hennenman met 52-10 te klop. Kroonstad, wat vanjaar steeds onoorwonne is, en die

Tjisas, wat ’n naby verloor teen Kroonstad gehad het en die bordjies graag wil verhang, het verseker dat die eindstryd ’n taai een sal wees. Die eindstryd was vol hoogtepunte aan albei kante. Die Tjisas het dadelik aangeval en in die vierde minuut ’n strafskop oorgeklits wat gevolg is deur ’n vervyfde drie om voor te loop met ’n telling van 10 punte teenoor die nul van Kroonstad wat geantwoord het met ’n drie en ’n suksesvolle doelskop en net voor rustyd weer ’n vervyfde drie om die rustydtelling op 14-10 te staan te bring. ’n Strafskop teen die Tjisas het Kroonstad die kans gegee om sy voorloopkussing met 3 punte te vergroot. Die besoekers het geantwoord en twee strafskoppe in die gebied van Kroonstad oorgeklits om weer die voorlopers met ’n telling van 20-17 te wees. Kroonstad se doelskopper, Ti-

BARBARA FRAATZ in action.

Master wins 11 medals A TOTAL of 11 medals in the bag. Barbara Fraatz, master swimmer from Kroonstad, participated in the South African National Masters Swimming Championships held in Port Elizabeth, Eastern Cape, from 12 to 17 March. She bagged 11 medals – three gold, in the 200 m intermediate, 100 m butterfly and 1 km open water swim; five silver, in 100 m freestyle, 50 m butterfly, 200 m freestyle and two relays; and three bronze, in 50 m freestyle and two relays. Sozet Nel clinched a silver medal for the 200 m breast stroke and a bronze in the 100 m breast stroke. Sozet swims for the Free State Masters Swimming Club in Bloemfontein in the age group 25 to 29 years. Barbara swims for the Coelecaths Swimming Club in Pretoria in the age group 45 to 49 years.

HARRY PIENAAR (hoof van afrigting by die Griffons) oorhandig die uitdaagbeker aan Luan Kleyn­ geld, kaptein van die Kroonstad­rugbyklub. Foto: Martin Venter

aan van Wyk, het in die laaste kwartier van die wedstryd twee strafskoppe suksesvol oorgejaag om so die eindtelling vir Kroonstad op 23-20 te staan te bring. Kroonstad-puntemakers vir die wedstryd was Francios de Jonge met al twee drieë en Tiaan van Wyk met twee suksesvolle doelskoppe en drie strafskoppe. Met die wen van die eindstryd bly Kroonstad dus onoorwonne in die 2013-seisoen en vermeerder sy trofeë na twee bekers nadat Kroonstad die sewestoernooi op Hennenman vroeër vanjaar gewen het, asook die Uitdaagbeker reeds Saterdag. Die Tjisas speel in die Stad- en Rowanbekerklubrugbyliga van die Vrystaat wat op 13 April begin. Vanjaar sal die Shimlas die Stadsbeker teen die Ixias, Irawas, Crusaders, Tjisas en Bloemfontein-Polisie verdedig. Kroonstad se Griffonliga begin Vrydag teen Welkom-Rovers in Welkom op die teenstanders se veld. Twee spanne van Kroonstad sal die dorp se nuwe rugbynaam teen Hennenman, WelkomRovers en Welkom-klub in die liga verdedig. ) Besoek www.kroonnuus.co.za vir aksiefoto’s.

Kroonnuus 9 April 2013  

Kroonnuus 9 April 2013