Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 11 JUNIE 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

FRANK JAFTHA, hoofman van die Khoi­San, Griekwa­tak, en Sydney Matjie van die Koranna­Khoi­San by die groot kennisgewingbord wat by Brentpark opgerig is.

Foto: Tharine Geldenhuys

‘Draadsittery’ betreur

Khoisan-leiers vra mense moet nie van hul herkoms wegskram Tharine Geldenhuys I X LABÁ OIP – Khoisan-herlewing. Omkhá kháts – Saam sal ons oorwin. “Ons vra erkenning as die eerste inheemse nasie van dié land. Baie Griekwa-Khoisan skram weg van hul herkoms. “Aan jou naelstring sal jy herken word en dít sal bepaal waar jy vandaan kom. Die Khoisan mag nie draadsitters wees nie,” sê Frank Jaftha, hoofman van die Griekwa-Khoisan op Kroonstad. Die Korannaberg-Khoisan én die Griekwa-

Khoisan van dié streek het onlangs terugvoering van die nasionale dialoog vir die Khoisan in Kimberley aan lede van die twee Khoisangroepe in Brentpark gegee. Die doel van die vergadering was om die mense van die gemeenskap van die heropening van die 1913-grondonteieningswet bewus te maak, sê Robert Ortman, voorsitter van die Koranna-tak. “Ons kinders is in die ou tyd weggevoer. Ons (die bruin bevolking) kinders ken nie hul geskiedenis nie. Hulle het van die ossewa geleer voor demokrasie, nou van Nelson Mandela,

maar niks van die eerste nasie wat hier voorgekom het nie,” sê Jaftha. Hy spreek sy teleurstelling uit omdat die regering so maklik vir China omhels om hier te belê, maar in dieselfde asem nie noodwendig die inheemse Khoisan erken nie. “Ons moet dit ’n geloofsaak maak om ons mense se bestaan te erken. Ons land se probleme kom by die aarde-pa’s (leiers) wat nie leiding gee nie. “Dit is nie die Khoisan se kultuur om gewelddadig dromme om te stamp en uitlanders se ondernemings te plunder en te beroof nie.

Ons is ’n vreedsame volk,” sê Jaftha. Hy meen die Khoisan-mense kan saamstaan en hul draadsittery los. Grondhervorming word nou op die voorkeurlys vir die Khoisan geplaas. “As jy weet jy het ’n Griekwa- of Korannaberg-voorvader of -moeder is dit ter wille van jou kinders jou plig om by die plaaslike takke van die Khoisan betrokke te raak,” sê Jaftha. Mense wat in die Khoisan van onderskeidelik die Griekwa en Koranna se bedrywighede op Kroonstad belang stel, kan Jaftha by 071963-0586 of Ortman by 076-152-4948 bel.


2

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Speaker ignoreer glo mosie Marlene Jordaan AANTYGINGS dat die munisipale bestuurder bykans nooit vergaderings bywoon nie, inslui-

tend die begrotingsvergadering van die munisipaliteit, en sy weiering om enigsins met DAraadslede te kommunikeer is van die redes waarom die DA ’n mosie van wantroue teen die dorp se munisipale bestuurder ingedien het. Dit lyk egter asof die speaker, Disebo Nakedi, die mosie ignoreer en dit stem die DA tot groot kommer, sê die DA se koukusleier, Mariëtte Pittaway. Dié mosie is volgens staande munisipale regulasies betyds voor die jongste vergadering ingedien. Die mosie was egter nie op die vergadering se sakelys nie. Die vergadering het op 29 Mei plaasgevind. Pittaway sê daar was ook geen reaksie op navrae hieroor van die kantoor van die speaker nie.

FOUTE/KORREKSIES/KANSELLASIES Die verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak dat sy advertensies reg verskyn en om foute voor 10:00 op dag van 1ste publikasie onder die aandag van Volksblad te bring. Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir meer as een foutiewe plasing nie. Krediet en gratis plasings sal nie gegee word vir tipografiese foute wat nie die impak van die advertensie beïnvloed nie. In die geval van ‘n kansellasie moet u op ‘n stakingsnommer aandring as bewys. Volksblad verifieer sover moontlik die identiteit van die adverteerders, maar kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud en die geldigheid van aansprake in die advertensies nie. * Sodra ‘n advertensie teruggelees word en deur adverteerder as korrek bevestig is (inhoud/hofie/datum), kan daar nie aangedring word op ‘n gratis plasing nie. * Indien daar per faks met Volksblad Netads24 gekommunikeer word, moet die adverteerder die ontvangs daarvan telefonies bevestig met Volksblad by 051 404 7757. * Volksblad aanvaar nie verantwoordelikheid vir posisionering van advertensies nie. * Die onus berus op die adverteerder om hom/haar te vergewis van sluitingstyd. * Geen advertensie sal geplaas word indien adverteerder nie die korrekte bedrag inbetaal nie. * Advertensies kan slegs in Engels óf Afrikaans geplaas word. Geen woorde sal in aanhalingstekens geplaas word nie. * Advertensies mag nie met syfers of “AAA” begin nie. Hofie 48 mag met telefoonnommers begin. * Lewende hawe mag met syfers begin.

“Staande regulasies van die stadsraad bepaal dat ’n mosie meer as 48 uur voor ’n vergadering ingedien moet word. Die DA het in ’n brief aan die speaker dit duidelik uiteengesit dat die mosie van die sakelys weggelaat is. Sy het ons nie geantwoord nie.” Die mosie van wantroue wat teen Mqwathi ingedien is, bevat die volgende aantygings: ) Hy woon bykans geen vergaderings by nie. ) Hy was nie op die raad se begrotingsvergadering nie. ) Hy weier om met DA-raadslede oor diensleweringsprobleme te kommunikeer. ) Hy weier om DA-raadslede toegang tot die tenderregister te gee. Die DA vra nou dat ’n spesiale vergadering dié week gehou word sodat die mosie ter tafel

gelê kan word. “Indien dit nie gedoen word nie, gaan ons ’n klag by die relevante owerhede indien en regstappe doen,” sê Pittaway. Mqwathi is al sedert sy aanstelling ses jaar gelede ’n omstrede figuur op Moqhaka se politieke toneel. Sy heraanstelling verlede jaar vir ’n tweede termyn was in omstredenheid gehul weens sekere prosedures wat glo nie gevolg is nie. In ’n stadium het munisipale vakbonde verlede jaar ook gestaak en sy bedanking geëis. Kroonnuus het navraag gedoen by die munisipaliteit se woordvoerder of die mosie van wantroue teen die bestuurder ter tafel gelê gaan word, maar teen druktyd is geen antwoord nog ontvang nie.

Projek moet jonges laat lees Tharine Geldenhuys DIE Sakekamer van Viljoenskroon het die biblioteek op Viljoenskroon gebruik vir ’n projek om kinders weer daar te laat speel en leer. Die matte is vervang, deure herstel en die binnehof opgeruim. Boonop is die swaaie ook vir buitespelery reggemaak. Dít vorm alles deel van die samewerking wat die sakekamer met die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) het om kleuters aan te spoor om te lees. ’n Plakkaatkompetisie oor Ons wil lees is aangebied en die uitvoerende hoof van die AHI, Christo van der Rheede van Pretoria, het spesiaal na Viljoenskroon gereis om die pryse te oorhandig.

LIZA RADEBE (agter links) met haar klas by ’n skildery in olieverf om die koperplaat wat buite die biblioteek was, en lank reeks verdwyn het, te vervang. Dit is 11 handjies in verskillende kleure wat uitreik na die boeke bokant hulle, simbolies van die 11 landstale wat streef na kennis. Regs agter is Puleng Motshoneng, Ntataise­kleuterskoolprojek in Ram­ mulotsi, Viljoenskroon. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) en Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se dramaleerlinge het ge­ help om vir die Teaterbystandsfonds geld in te samel. Die fietsryers wat vir dié doel die land deur toer, het verlede Sondag op Kroonstad oornag. Van links is Stefan Lötter (hoofseun van die Bloues), Chrizanda van Wyk (bemarkingsbestuurder), Sunet van der Merwe, Maritsa Do Ca­ beco (oud­Kroonstadter), Andries Vrey (uitvoerende hoof van die Clover­Aardklop­ Nasionale Kunstefees) en Hanlie Claassen (hoofmeisie van die Rooies). Die dramaleerlinge van albei skole ontvang onderrig van Kobus Strydom van Kroonstad. Foto: Kobus Strydom

Fietstoer help TBV ’n SPAN van die Clover-Aardklop- Nasionale Kunstefees het van 2 tot 6 Junie die speke laat sing vir die Teaterbystandsfonds (TBF). ’n Aardklop-span van 17 personeellede het op 2 Junie uit Potchefstroom die groot tog per fiets na die ATKV-Natalia-oord aan die Suidkus van KwaZulu-Natal aangepak. Hulle het op Kroonstad, Bethlehem, Ladysmith en in Pietermaritzburg oorgeslaap en op 6 Junie in Durban aangekom. Andries Vrey, uitvoerende hoof van Clover-Aardklop, sê die fietstoer is enersyds ’n bewusmakingsveldtog vir die TBF en andersyds om geld in te samel vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen. “Sonder kunstenaars sal feeste nie bestaan nie. Net soos ons vir jong kunstenaars op Aardklop die geleentheid gee om tot die bedryf toe te tree, kan ons nie vergeet van kunstenaars wat dekades lank die bedryf gevoed het nie,” sê Vrey. Die TBF is 50 jaar gelede gestig. Dit is ’n liefdadigheidsorganisasie wat deur vrywilligers bestuur en geadministreer word – sonder enige hulp van die staat of korporatiewe skenkings.

Daar is meer as 20 afhanklikes wat elke maand ’n toelae ontvang. Die TBF kry ook gereeld versoeke om met mediese en hospitaalkoste te help. Die TBF se kapitaalfonds is egter nie groot genoeg om aan al die versoeke te voldoen nie. Op die lang duur wil die TBF ’n huis bekom waarin mense van die bedryf (ingesluit diegene wat al die jare agter die skerms gewerk het) met waardigheid versorg kan word en wat ook vir mediese geriewe voorsiening sal maak. Clover-Aardklop as fees maak jaarliks ’n skenking aan die TBF wat verlede jaar uitgebrei is deur borge en kunstenaars in hul persoonlike hoedanigheid te betrek. Nou word die net nog wyer gespan deur ook by die publiek aan te klop ter erkenning van en uit waardering vir die betrokkenes by die uitvoerendekunste-bedryf wat gehore en kykers se lewe daagliks verryk. Mense wat ’n bydrae wil maak, kan “TBF” na 40770 SMS. ’n SMS kos R20. Lede van die publiek is ook welkom om op die onderskeie dorpe die Aardklop-fietsryspan te ontmoet en meer oor die TBF te wete te kom. Vir meer inligting bel Chrizanda van Wyk by 084-831-3142.


KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

3

Bloues boer nou ook op die kassie Tharine Geldenhuys DIT is 2013 en tyd om die kasdeure wyd oop te gooi – want in elke kas skuil daar ’n boer of tien – van die yskas en kombuiskas tot die klerekas en linnekas. Grond tot Mond is ’n nuwe kykNET-reeks wat landbou se ekonomiese waardeketting volg – van dit wat die boer nodig het om kommersieel te produseer tot by die eindverbruiker. ’n Programinsetsel oor die landboubedrywighede aan die Hoërskool Kroonstad (Bloues) is verlede week vir dié reeks op die landbouterrein van die skool vervaardig. Blacky Swart van Protecta Media en die uitvoerende vervaardiger van die reeks sê kykers kan op die televisieskerm ’n indiepteblik op die plaas kry oor hoe grondinsette hul daaglikse lewe beïnvloed. “Dit is van groot belang dat die verbruiker ingelig word oor wat dit van boere verg om kos op mense se tafels te sit. As dit nie vir ons boere en landbou was nie, kon ons werklik nie eens in die oggend opstaan nie,” sê Swart. Op die lang pad tussen die plaas en die winkelrak word talle vrae beantwoord: Hoekom word kos al hoe duurder? Wat is die werklike prys wat ons vir “goedkoop” invoerprodukte betaal? Hoe volhoubaar is dit alles? “By die Bloues is ons bevoorreg om nie net die agtergrond vir landbou te kan hê nie, maar beslis die grond ook. “Met 614 hektaar op Fraaiuitzicht by die landbouterrein en 214 hektaar by Rustpan langs die Valsrivier in die naam van die skool het ons ’n voorsprong in die kweek van boere vir die toekoms,” sê William Drinkwater, skoolhoof

MET die vervaardiging van die inset­ sel vir die nuwe kykNET­program Grond tot mond is van links Johann Herbst (Protecta Media), Jolet Köhler (veekunde­graadstudent in Kanada) en Alan Hayward (Protecta Media). Köhler doen navorsing oor die voe­ dingsprogram vir skape by die skool. Foto: Tharine Geldenhuys

FLIP VAN DER MERWE,’n Bloues­ ouer, en Chandré Saaiman, ’n gr. 12­ landbouleerling, tel mieliepitte om ’n oesskatting te bepaal. Van der Merwe pas die geenbewerkingskonsep by die skool op saaiery toe en lewer in­ sette hieromtrent. Op die agtergrond is Alan Hayward agter die kamera met William Drinkwater, skoolhoof. Foto: Frikkie van Zyl

van die Blouskool. Hy sê vanjaar het die skool sy eie oeste geplant. Dit sluit mielies, sojabone en voergewasse in. Nie net het die skool ’n puik merinokudde nie, maar ook vleisbeeste van hoogstaande gehalte. Die regisseur en aanbieder van die program is Martie Willemse, ’n TV-programvervaardiger wat bykans 26 jaar se ervaring en

kennis van landbousake het. “Stedelinge moet wakker skrik en besef dat aspekte wat die boer raak, eindelik ’n invloed op elke Suid-Afrikaner se sak het – van internasionaal bepaalde pryse vir plaaslike produkte tot gebrekkige infrastruktuur op die platteland,” sê Willemse. ) Grond tot Mond begin op Dinsdag 2 Julie om 17:30 en sal

NISSAN NP200 1.6 + A/C

6 Year / 150 000km Warranty

R126 900

TERMS & CONDITIONS APPLY. ADMIN COSTS & METAL PAINT NOT INCLUDED.

Skakel ons vandag vir meer besonderhede of om 'n toetsrit te reel.

WELKOM NISSAN Jan Hofmeyrweg 178 Tel. 057 355 7272 Terme en voorwaardes geld, solank voorraad hou.

LANDBOULEERLINGE aan die Blouskool is besonder trots op die merino­ kudde. Hier word toegesien dat die voerprogram met die beste voer, waarvan die skool self verbou, die beste opbrengs lewer. Van links is Jaundrém van der Sandt (gr. 12), Jan Olivier (BKB), Nelis de Kock (landbou­onderwyser), Rico Coetzee en Michael Terblanche. Foto: Tharine Geldenhuys daarna weekliks elke Dinsdag in dieselfde tydgleuf uitgesaai word. Daar is ook heruitsendings die volgende tye:

Donderdae: 11:30 tot 12:00 en 00:00 tot 00:30 Vrydae: 16:30 tot 17:00 Sondae: 22:00 tot 22:30.


4

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Herkoms en die bewaring daarvan kritiek ROOI, oranje, geel, groen, blou, indigo, violet. Dit is opmerklik hoe gediversifiseer die reënboognasie eintlik is. Dit is ook opmerklik hoe die nasietrots van die bevolkingsgroepe al hoe meer na vore tree. Luister na Afrikaanse musiek en die lirieke begin al hoe meer Afrikanertrots en die regering wat mense se plase wil vat, verwoord. Of dit vlam gevat het met die gewilde De la Rey-lied of selfs die naamsverandering van Pretoria met Steve Hofmeyr en andere sal net die tyd kan leer. Dit is ook nie verrassend nie dat die Khoisan nou, byna twee dekades ná demokrasie, met die herinstelling van die grondhervormingswet by die nasionale dialoog vir die Khoisan in Kimberley op hul nasietrots en beloning vir die wegneem van hul grond aandring. Die reënboog se kleure is pragtig. Wanneer die kleure egter aan ’n muur geverf word en terwyl die verf nog nat is, iemand sy hand vat en die kleure meng, sal die kleurespel in ’n aaklige mengelmoes onbruikbare kleur verander.

Net so is elke kleur, ras, volk en nasie geregtig om in hul eie kleur te blom waar hul geplant is. Wie die saadjie vir nasiebou en -trots plant, berus by die leier van die huis. Dit is nie die president van die land se taak om kultuur te onderhou en te laat herleef nie, dit lê by die vaderhuis. Die geskiedenis is baie belangrik om die jeug se fondament vir nasietrots in goeie sement te giet en op te bou. As jy die geskiedenis van tradisies in jou familie ken, sal jy dieselfde tradisies aan jou kinders oordra. Niemand kan ’n ma se plek volstaan nie. Niemand kan ’n pa se plek volstaan nie. Met Vadersdag wat Sondag gevier word, kan kinders gerus die kiekiealbum nader trek en vra wie is van waar en waar is wie se grafte geleë. As jou stamboek uitgelê is, sal jy kan weet waarheen jy op pad is. As jy nie weet waarvandaan jy regtig kom nie, laat DNS-toetse doen. Jy sal dalk aangenaam verras wees oor jou herkoms. Gelukkige Vadersdag.

Warm up vocal chords for Spontaan auditions SPONTAAN, Central South Africa’s favourite and biggest singing competition, is back. Come and pit your singing talents against the best in Central South Africa at the Kroonnuus auditions at the Round Table clubhouse next to Kroonpark on Tuesday, 18 June, from 14:00. Once again amazing prizes are up for grabs, so warm up those vocal chords in the meantime. Rules ) You must be 16 years or older on 1 July to register. ) For the regional competitions in

Bloemfontein, Welkom, Kimberley, Kuruman and Bethlehem you can sing any song. However, the song has to be contemporary music (no rappers or hip-hop artists). ) You are allowed to accompany yourself or use a backtrack. ) The competition is for soloists only. ) You must supply your own soundtracks and other equipment for the regional auditions yourself. Spontaan will supply the sound equipment for the final. ) The winner of each regional audition will be announced immediately after the audition. ) Judges reserve the right not to choose a regional winner. ) Should you be chosen as a regional finalist, you must prepare five songs for the final held in Bloemfontein at the Vryfestival. ) Finalists must supply their own backtracks or accompaniment for the final. ) The final is on Saturday, 13 July, in Bloemfontein and if you are a finalist you must organise your own transport (if necessary) and your own accommodation if you are a finalist from outside Bloemfontein. ) No pre-registration is required. Simply arrive, pay R20 and register.

Help leerlinge deur skoenskenking CHANGE ADAPT BUILD BRENTPARK (CAB) het kragte saamgesnoer om vir 44 leerlinge van die Laerskool Brentvale nuwe skoolskoene te skenk. Pick n Pay Clothing, Thandi Klaas, Dephney Lyte, Ricardo Basson, Kroonnuus en Pep het gehelp om die skoene te skenk. Op die oorhandigingsgeleentheid Donderdag is van links CAB­lede met van die kinders op hul skouers, Warren Jordaan met Ashley Booysen, Millecent Bloem met Melone Lemmetjies, Francis Phooko (leerkrag aan die skool), Luan Armoed met Shaiim Motsetse, Teboho Lekitlane met Angel Johnson, Theodore Weerwal met Zainike van Zyl, Adriaan Botha met Natasja Ntudi, Salwin Bornman met Samuel Mosoenyane en Charlene Mantsion met Nthabiseng Pietersen. Foto: Tharine Geldenhuys

Eierlose koekresep ’n wenner JY maak die yskas oop . . . geen eiers en jy moet ’n koek bak. Probeer gerus dié eierlose koekresep. Bestanddele: 500 ml bruismeel 10 ml bakpoeier 3 ml koeksoda 125 g botter, gesmelt 1 blik kondensmelk ongeveer 150 ml water 5 ml vanieljegeursel Metode: Sif die droë bestanddele saam. Laat die botter effens afkoel, voeg saam met die kondensmelk, water en vanieljegeursel by die droë bestanddele en klop dit tot glad. Skep die deeg in twee gesmeerde en gevoerde 20 cm-koekpanne. Bak 20 minute in ’n voorverhitte

oond van 180 °C. Laat staan dit ’n paar minute in die panne en keer op ’n draadrak uit om af te koel.

Versier met suurlemoen- of grenadellaversiersel. Kuku (hona mahe) 500 ml self raising 10 ml bakpoeir 3 ml baking soda 125 g bottoro, futumetsa hanyane 1 koti koti kondens 150 ml metsi 5 ml vanilla. Mokgwa: Sifa selfraising, bakpoeir le baking soda. Tshela botoro, kondens, metsi le vanilla. Fodilwe hantle. Tshela ka pan tsa kuku (20 cm) baka ka onto metsotso 20 minutes. Beha ka raka tsa drateng. Etsa ising tsa suurlemunu kapa grenadella.

Goue aand danksy steun

Goeie diens van SAPD beïndruk

HENTIE VAN RENSBURG, bestuurder: Arboretum-sentrum vir bejaardes, Kroonstad:

INWONERS van die Villa Louisemeenthuiskompleks, Elandia, Kroonstad:

HIERMEE wil ek die gemeenskap van Kroonstad en omliggende dorpe van harte bedank vir die ondersteuning met ons afgelope Golden Oldies-konsert. Jul samewerking was ongelooflik. Dit word opreg gewaardeer. Baie dankie dat u met ons hande gevat het en daartoe bygedra het om van die spesiale aand ’n reuse-sukses te maak. Dankie aan ons “Golden Oldies” en personeellede vir jul ywer, toewyding en harde werk. Aanvanklik was die gedagte van ’n konsert oorweldigend, maar ’n groot uitdaging en eindelik ’n heerlike avontuur. Dankie vir jul pragtige samewerking, kameraadskap, liefde en omgee.

DEESDAE kry ’n mens soveel slegte nuus dat goeie nuus nou kan nuus maak. Dinsdag omstreeks 23:45 het ons meenthuiskompleks se veiligheidshek weens tegniese probleme oop gestaan. Tydens die SAPD se patrolliediens in die buurt, het ’n polisielid, by name konst. M.E. Rossouw, die probleem gesien en moeite gedoen om die inwoners daarop attent te maak. Mooi so! Welgedaan. Met die afgelope ruk se negatiewe nuus is dit ’n riem onder die hart om te ervaar daar is nog SAPD-lede wat na die gemeenskap omsien. Doen so voort en nogmaals baie, baie dankie vir u bedagsaamheid en oplettendheid.

PAST. LOUIS DOWNIE, woonagtig in die Arboretum­sentrum vir bejaardes, in aksie op die verhoog in die Golden Oldies­konsert. Hier vertolk hy ’n lied van Al Jolson, Sonny Boy. Foto: Buks Kruger


KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Bring só hulde aan jou pa SONDAG is Vadersdag. Dis ’n dag wanneer kinders so ’n bietjie kan dink aan dit wat ’n pa vir hom/haar doen. Like Kroonnuus se Facebook-

blad en skryf ’n kort boodskappie spesiaal vir jou pa. Dis verniet. Die persoon wat die mooiste boodskappie of hulde aan sy/haar pa bring, sal ’n Kroonnuus-bederf wen.

LYDIA RADEBE, De Beers Voorspoed public and corporate affairs manager, congratulates Pule Mokitlane of Rammulotsi, Viljoenskroon. Photo: Supplied

Opportunity for all Tharine Geldenhuys THERE has recently been a lot of talk about poverty eradication and the creation of sustainable jobs. In the midst of all the debate, De Beers Zimele Hub, based in Kroonstad at the Checkers Centre, has been on the forefront of assisting small and medium entrepreneurs with finance, business coaching and mentoring to achieve their dreams of creating sustainable jobs. Since its inception in 2010, the De Beers Zimele Hub has assisted 43 entrepreneurs in the Fezile Dabi District Municipality to initiate, build and strengthen their businesses. During this period, 544 jobs were created and sustained by these entrepreneurs. The businesses funded range from hair salons, construction companies and beading organisations to driving schools. One of the businesses funded was the Mokitla Driving School based in Rammulotsi Township, Viljoenskroon. Mokitla Driving School was establis-

hed in 2011 by Pule Mokitlane. In November 2012, Pule approached the De Beers Zimele Voorspoed Business Hub to assist him financially as his last attempt to salvage his driving school, after the only vehicle he was using for driving lessons became unsafe for use. A few discussions took place and business guidance was provided. In January 2013, his patience paid off when the Mokitla Driving School became the proud owner of a new vehicle which will help community members to obtain heavy duty driver’s licences. The vehicle is used to prepare learners for the C1 driver’s licence and provides them with the necessary skills needed not just to be on the road, but also to obtain employment. The vehicle was handed over to Mokitlane by the general manager of the Voorspoed Mine, Benford Mokoatle, on 3 May. “The support from De Beers will greatly assist me in providing much needed driving skills within my community, as well as expanding my business,”

said Mokitlane on the day of the handover. Mokitlane established the driving school after seeing a need for local residents to acquire driver’s licences for work purposes. Job vacancies often require applicants to have a driver’s licence, which in a community as poor as Rammulotsi, may be a difficult accomplishment. “De Beers is honoured to assist local residents to achieve sustainable businesses in the area in which the mine operates,” said Mokoatle. The De Beers Zimele Voorspoed Business Hub is an initiative aimed at assisting local businesses to develop and create sustainable employment within the Fezile Dabi District. The Hub provides local business with funding, coaching, and skills to sustain themselves. De Beers encourages local entrepreneurs to continue using the De Beers Zimele Hub to get the financial, mentoring and coaching assistance that they might need to initiate and strengthen their business.


KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Donate food, blankets PLEDGE AND PRAYER is a network of Christians connected through prayer. Pledge and Prayer will hold a soup kitchen on Sunday from 09:00 at the former Ann Phillip Crèche, Krelling Street, Brent Park. The

dress-code is school uniform. The community is urged to donate blankets, food parcels and clothing. Contact Pastor Brian Barends on 071-353-0285. Facebook: http:// www.facebook.com/PledgeAndPrayer.

Vir nog nuus en foto’s besoek www.kroonnuus.co.za

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Leer oor wonder van lewe; wen ’n boek Elretha Britz BEHALWE besprekings oor verskeie romans en godsdienstige boeke op vanjaar se boekefees kry die wetenskap en geskiedenis ook ’n “spreekbeurt”. Dié leesfees is geborg deur Van Rensburg-patoloë en is deel van die Vryfees

van 9 tot 14 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV). As deel van die eeufeesviering van die Vrouemonument het die Oorlogsmuseum Nuwe perspektiewe op die Anglo-Boereoorlog met essays oor gebeure in die AngloBoereoorlog saamgestel.

Die bekende prof. Fransjohan Pretorius sal die gesprek oor dié boek lei. In Julie word die Afrikaanse weergawe van ’n insiggewende publikasie waarin die wonderwerk van lewe op aarde beskryf word, uitgereik. The Story of life & the Environment – an African perspective

vertel ook van die natuur se vermoë om te oorleef en die verskeidenheid lewe op ons ondermaanse. Prof. Linda Basson sal die skrywers Jo van As, Johan du Preez, Nico Smit en Leslie Brown, almal professore, oor dié merkwaardige werk aan die gesels sit.

Marzanne LerouxVan der Boon se boek Kavod Adonai, die vrese van die Here word op 9 Julie in Diakonaallokaal 1 in die Van der Merwe Scholtz-saal op die kampus bespreek. Een leser kan ’n eksemplaar van dié boek wen as hy die regte antwoord op die onderstaande vraag na die bespreking bring: Van watter bekende reeks deur Marzanne LerouxVan der Boon is Kavod Adonai die sesde boek? Inligting is in die programboek en op die fees se amptelike webtuiste by www.vryfees.co.za. Hou Volksblad dop vir meer vrae waarmee ’n verskeidenheid boeke gewen kan word.

Help with tax Tharine Geldenhuys

IT’S law to pay tax. All citizens falling in the tax bracket to submit tax returns can get assistance from trained personnel members of the South African Revenue Service (Sars). Help is offered on how to submit income tax returns, eFiling, income tax registration and to provide information at free tax workshops. Workshops will be held as follows: Tweeling – 8 July at 10:00; Cornelia – 9 July at 09:00; Heilbron – 10 July at 09:00; Koppies – 16 July at 09:00; Viljoenskroon – 17 July at 09:00; Steynsrus – 18 July at 09:00; Edenville – 23 July at 10:00; and Petrus Steyn – 23 July at 09:00. For more information, contact 056-2151141 or send an email to EngagementKrn@sars.gov.za.


KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

WINTERUITVERKOPING: 15% afslag op uitgesoekte leër en los matte. Top Carpets 056 212 5507. HACIENDA HOTEL SUNDAY BUFFET For bookings contact 056 212 5111 BULL-KRUISING - reeds ingeënt en ontwurm. R350. Skakel 076 392 0640

KROONSTAD

ALGEMENE JAARVERGADERING - DBV. Annual General meeting SPCA Kroonstad. Woensdag 26 Junie 2013/Wednesday 26 June 2013. Rotary Senrum/Centre 17:45 vir 18:00. Publiek baie welkom

BRANDSTRAAT 52 sd 056 212 2118 • 072 519 0691 LOUSANNE en WILLEM

Met elke sny en blaas ontvang u ‘n GRATIS grimeerles! HEATWAVE KAGGELS beskikbaar (Gas & kole) Top Tiles 056 213 1387 HOT SPOT: (oorkant Clicks) MOOI REEKS WINTERKLERE INGEKRY!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555 KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za KROONHEUWEL BAZAARS 056 212 7222 Is u opsoek na yskaste, hardeware, speserye (Freddy Hirsch) kombuistoebehore. Kom kyk gerus. ONDERVLOERSE VERHITTING Volvloer en los matte. 10% Afslag Top Carpets 056 212 5507 PLANTS GALORE & DECOR 078 988 0715 - 20% Discount in assorted garden pots & fountains until 25th of June 2013. SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT REEKS WINTERSKOENE INGEKRY!! Gesondheidskoene & "Boots" asook "Crocs & Aerosoft" beskikbaar. Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555

Trendy Wendy Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680

ADENDORFF ELEKTRIESE Dienste - Fs 00100 (IE) vir elektriese en loodgieterswerk. Cameron 071 531 1497 ALGEMENE BOUWERK Skakel 079 225 5759 HOUTKAPPERTJIE: 083 568 1568 Afsaag, 'trim' en verwydering van bome Kaggelhout te koop.

REKENAAR TE KOOP HP Rekenaar met windows XP - staander ingesluit. R1200 onhb. Skakel 082 683 5267

30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

LOODGIETER

Is op soek na gebreekte of heel GOUD. Verkoop of verpand. Beste pryse gewaarborg! 18 ct - R220 per gram 9 ct - R110 per gram

Skakel Luvian 056 212 7471

EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Ek besoek u tuis Skakel Jenny 083 290 0255 TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921

INSTALLEER SWEMBAD seile - 100% veilig vir kinders, spaar 100% krag, chloor, suur, arbeid en frustrasie. 0844116694 -Johan

KINGS BLINDS

Alle tipes blinders asook was en herstelwerk. 082 783 1396 kings/kn/16april2013/jurg

LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 21 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

24-UUR-DIENS

14 JAAR ONDERVINDING GEBARSTE PYPE GEISERS VERSTOPTE RIOLE RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

KDP DIENSTE 056 215 1515 078 383 8897

MAAK EN RESTOURASIE van houtmeubels, boekrakke, biltongkaste, koffietafels, bedkassies, bedkopstukke ens. Skakel Dave Jordaan 082 573 9927

Ondergrondse elektriese kabelfout opsporing

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248

MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552 MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 2700 311 a/u SWEMBADHERSTELWERK - krake en alge. Glasveselvoelings. Herstelwerk aan glasveselbaddens. Skakel Cecile 082 970 2247 RE-ENAMEL EXPERT Heremalje van ou staalbaddens. Ons gebruik egte emalje. Werk gewaarborg. 071 196 2953. www.jgexpert.co.za VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773.

FORD BANTAM 2007 1.6 met 52 000 km. Te koop vir R69 900. Skakel 079 883 0462

SUIDRAND 3 Slaapkamers, badkamer,oopplansitkamer. Kombuis. Motorhuis Swembad. Veilig omhein. Beskikbaar 1 Junie 2013. Herman 082 057 3236

JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322 TAXI DIENSTE: Vir u en u pakkies ( Skakel 076 215 2914

24 HOURS SERVICE

38 President Street, Kroonstad

056 215 1515 of 078 383 8897

VIR ALLE: BOUWERK, DUIWELSVURK, STAALWERK, AFDAKKE, TEËLWERK, DREINERING, LOODGIETERSWERK, VERFWERK GOEIE VERWYSINGS

RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels & stoele, stoelcovers kandelare,"underplates", breekware, tafeldoeke, Rooimat,ens. Skakel 079 515 8814. VEILIGE STOORPLEK te huur SAFE STORAGE for hire R 350 p m 082 826 3323

4 SLKP HUIS + woonstel met swembad en groot tuin beskikbaar 1 Julie - R3700 p.m 083 533 2717

Ek koop byna alle tweedehandse voertuie, bakkies, kombi’s en Ventures vir kontant. Ek is bereid om voertuie te gaan haal.

Skakel Mohammed 072 178 5409 of 072 203 1614

PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555

HUIS TE KOOP 3 Slaapkamer huis. Suidrand Skakel 082 908 9555 REEBOK, MOSSELBAAI SONNIGE "NU-TECH" WONING met asemrowende berg uitsig. 3 Slaapkamers, 2 badkamers, oopplan leefarea, kombuis met 'n opwas, dubbel motorhuis met elektriese deure. Omhein met "vibrecrete" en 'n elektriese hek. Ekstras: Alarmstelsel, Dstv skottel, reënwater tenk, blinders op dek en baie meer. Winskoop! Geen agente. Prys: R 995 000 Skakel eienaar 072 966 5149

ENKEL MANLIKE pensioenaris soek eenkamer woonstel sentraal geleë te huur. Skakelo Rudolph de Bruyn 076 080 1911 NETJIESE GEDEELTELIK gemeubileerde tuin w/stel - veilige parkering vir voertuig - W&L ing. Skakel 056-2125686 in die oggend

ROOMS TO LET Contact 082 908 9555

2 SLAAPKAMER WONING - Oulike kombuis met teëlvloer - mooi kombuiskaste, sitk, badkamer. Kontak eienaar 082 264 6222

WOONSTEL TE HUUR 3 Slaapkamer dupleks, 1 Toesluit parkering. Swembad. R 3 700 p m Skakel 082 411 1272

IF YOU ARE urgently looking to sell your house for under R300 000 Contact 072 634 2111 - cash buyer Indien u dringend u huis wil verkoop vir onder R300 000, skakel 072 634 2111 kontantkoper

EKONOMIES ERVARE, gesonde pensioenaris soek administratiewe kantoorwerk om pensioen aan te vul. Skakel Rudolph de Bruyn 076 080 1911 HARDWERKENDE HUISWERKER is dringend opsoek na werk. Maan - Son. Inslaap of nie inslaap Skakel 074 7203 789 HUISWERKER is opsoek na werk vir 3 dae 'n week. Gewillig & behulpsaam. Beskik oor verwysings - 082 733 8390 HUISWERKER BESKIKBAAR vier keer per week. Kan alle take verrig. Skakel 071 948 1774 INSTALLASIE-ELEKTRISIëN dringend opsoek na werk. Skakel Cameron Adendorff 071 531 1497

DEKOR 2000 HET 'n vakature vir 'n manspersoon: Sober gewoontes, netjies, in sy twintigs, vir toonbank verkope, voorraad hantering, voorkeur aan verf meng en kleur kennis. Rekenaarvaardig, pligsgetrou, geldige rybewys. Geen kansvatters! Ons sal u kontak. CV met foto en Id na info@dekor2000.co.za OPSOEK NA VAKLEERLINGE Kroon Paneelkloppers Skakel 056 212 8197 REKENMEESTERSKLERK - vereistes: Graad 12 met rekeningkunde en wiskunde. Salaris R2500 p/m. Faks CV 0866280256 VAKANTE BETREKKING Rekenmeestersklerk - Moet die volgende kan doen: BTW, Finansiële State, Sars e-filing, LBS/UIF, Pastel. Salaris onderhandelbaar Faks CV na 086 544 5346 VERKOOPSPERSOON/ ALGEMENE WINKELASSISTENT Pos u CV na: Posbus 1165, Kroonstad, 9500

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Speel vir Griffons DRIE van die Sentra­ le Volkskool (Senties) se rugbyspelers is in die Griffons­rugby­ spanne ingesluit. Hul­ le is van links Heinrich Boshoff (Griffons se o.13­XV­tal), Wian Viljoen (Griffons se Cravenweek­o.13A­ span) en Morné du Plessis (Griffons se o.12A­span). Foto: Verskaf

DIE o.13A­netbalspan van die Sentrale Volkskool is die Kroon­ligawenner. Die spelers is van links, voor: Lejanca Steyn, Misa van Niekerk, Janet van Niekerk en Anneli Snyman (afrigter); agter: Shannon Behrends, Marlené Vorster, Lirischka Strydom en Anneri Wessels. Foto: Verskaf TSHEPANG THABE and Boipelo Tshaba­ lala of the Kroon Pri­ mary School in Kroonstad were na­ med the category winners at the Goud­ veld Eisteddfod. Boi­ pelo, a gr. 7 learner, received an A++ and three A certificates for piano at the Goud­ veld­Hoërskool Taal­ en Kunstefees held in Welkom and Tshe­ pang, a gr. 5 learner received 2x A++ and 1 x A+ for piano. Both learners were catego­ ry winners and were invited to perform at the prize­giving con­ cert. Photo: Supplied

THE Recorder Ensemble received an A++ for its performance at the Free State Arts Festival in Bloemfontein on 23 May. The learners in the ensemble received gold diplomas in recorder playing on this eisteddfod. From the left are, front: Karabo Khiba (two A+), Lerato Mokoena (A), Nkosana Twala (A), Nyakallo Sedikane (two A+), Bohlokoa Motsamai (two A++) and Oratile Letle­ oenyane (two A+); back: Bontle Monahadi (one A+ and A), Pulane Koalane (two A+), Tshepang Matsepe (A+ and A), Zoë Willemse (A+ and A), Boipelo Tshabalalla (A++ and A+) and Oratile Leloenyane (two A+). Photo: Supplied

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 11 JUNIE 2013

Kroonstad speel met Hennenman klaar

Besoek ons by www.kroonnuus.co.za vir nuus en foto’s.

Danie Swanepoel DIE Kroonstad-rugbyklub se eerste en tweede span het Vrydagaand teen die Hennenman-rugbyklub op die Afrikaanse Hoërskool van Kroonstad (Rooies) se velde oorwinnings met tellings van 37-19 en 20-17 onderskeidelik behaal. Kroonstad se tweede span het van die afskop gewys hy moet nie onderskat word nie. In die eerste vyf minute het Kroonstad-heelagter, Luan Jansen van Vuuren, onder die pale gaan kuier deur ’n uitstekende agterlynbeweging om so ’n vervyfde drie aan te teken. Tien minute voor rustyd het die losskakel, Mindus Crous, ’n uitstekende skepskop deur die pale gejaag om die voorlooppunte op 8 te staan te bring. Die eindtelling was 20 teen 17 vir die tuisspan. Spelers wat punte aangeteken het vir die tweede span was Luan Jansen van Rensburg en Johan Botes. Jacques Labuschagne het twee doelskoppe en een strafskop aangeteken, terwyl Mindus Crous met ’n skepskop geslaag het.

SPELERS en ondersteuners het Vrydagaand appels geswaai.

Foto: Ryno Prinsloo

Vuisgeveg vergal soet sege Danie Swanepoel RUGBY het ongelukkig nie Vrydagaand as die wenner uit die stryd getree nie toe ’n vuisgeveg tussen spelers en ondersteuners in die wedstryd tussen Kroonstad en Hennenman uitgebreek het. Die soet smaak van oorwinning het ’n bitter smaak geword in die monde van klubrugbyspelers en ondersteuners wat die wedstryd bygewoon het. Kroonstad se eerste span het in sy rugbywedstryd teen Hennenman van die afskop af duidelik sy voorneme om te wen gewys. In die tweede minuut is die eerste punte aangeteken deur twee goed saamgestelde agterlynbewegings wat aan die regtervleuel, Francois de Jonge, die kans gegee het om met spoed langs die kantlyn af vir die tuisspan se eerste vervyfde drie agter die pale te gaan kuier. Kroonstad het die voorsprong die grootste deel van die eerste helfte behou totdat Hennenman in die laaste minute uit gebroke spel in die doelgebied van die tuisspan gaan kuier het vir ’n vervyfde drie en die rustydtelling op 12 punte elk gebring is. Met

tien minute speelkans in die wedstryd oor is die besoekers gestraf en dit het die stelskopper, Tiaan van Wyk, die kans gegee om Kroonstad se neus die vierde keer voor te kry. Kroonstad het weer aangeval met ’n skop veld af en uit ’n stukkie gebroke spel en met goeie kontinuïteit tussen die Kroonstad-spelers het die binnesenter, Jaco Enslin, die kans benut om vir die tuisspan se vierde drie oor te duik. Die tuisspan het hierdeur ’n bonuspunt behaal en die telling na 27 teen 19 opgestoot. Hennenman is voor die afskop weer gestraf op die middellyn vir onsportiewe gedrag teenoor die skeidsregter van Hennenman en dit het weer vir Van Wyk die kans gegee om die puntekussing te vergroot. Die stelskopper het weer van 50 meter af die bal deur die pale gejaag om die telling op 30 punte teenoor 19 te staan te bring. In nóg ’n voorval van onsportiewe gedrag is Hennenman weer vir onsportiewe gedrag teenoor die skeidsregter gestraf. Die Hennenmanskrumskakel is ’n geelkaart gewys. Ontevredenheid tussen Hennenman en die

skeidsregter het daartoe gelei dat die afrigter die besoekende spelers met ongeveer vyf minute speeltyd oor van die veld gehaal het. Dít, terwyl Van Wyk pale toe aangelê het. Die Kroonstad-spelers het kop gehou en die bal liggies vorentoe geskop, hiermee die bal teruggewen en met so te sê geen teenstand nie het John-Vernon Masuret namens die span sy vyfde drie aangeteken. ’n Vinnige doelskop deur Corné Cronjé het die eindtelling op 37 punte teenoor 19 te staan gebring nadat die skeidsregter die wedstryd gestop het. Spelers wat punte aangeteken het van die eerste span was Francois de Jonge, Luan Kleyngeld, Deon Slabbert, Jaco Enslin en John-Vernon Masuret, elk met ’n drie. Tiaan van Wyk het met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag en Corné Cronjé met een doelskop van sy eie. ) Vrydag speel Kroonstad teen Welkom-Rovers op die Rooies se rugbyvelde. Die tweede span skop om 19:00 af, waarna die eerste spanne volg. Sien foto’s op Kroonnuus se webtuiste by www.kroonnuus.co.za.


Kroonnuus 11 junie 2013  

Kroonnuus 11 junie 2013

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you