Page 5

KOUGA EXPRESS | THURSDAY 19 JUNE 2014

NEWS 5

CITIZEN JOURNALIST

Speserye, klante lei na nuwe paaie JEFF MCCARTHY ’n Liefde vir speserye, ’n groeiende klante-basis en doldapper bestuurders het nie net tot ’n ompad gelei nie, maar tot die ontdekking van geheime vlieë, boerekos en blinklyf-forelle. Rondloper vee en slaggate wat eens ’n bekende gesig in die Transkei en Pondoland was, het nou plek gemaak vir onverskillige bestuurders wat teen nekbreek-spoed jaag. Hoewel die paaie die beste in die land is en vee deur polisielede te perd van die pad gehou word, neem jy jou lewe in eie hande om dié pad te ry. Ek is oortuig weinig van dié kamikaze-bestuurders het ’n geldige bestuurslisensie en die wat wel een het, moes dit seer sekerlik in ’n gelukspakkie gekry het. Weens dit, was ons genoodsaak om ’n alternatiewe roete vir ons jaarlikse pelgrimstog na Durban te vind, waar ons ons groeiende klante-basis diens en ons voorraad speserye aanvul. So eindig ons op die R56 - die nuwe pad na Durban. Dit is ongeveer ’n uur langer as die ou roete, maar baie veiliger en met minder verkeer. Op my ouderdom is 13 ure op te pad net te lank, en ons het besluit om op Matatiele by The Rest Haven Gastehuis oor te slaap. Wat ’n aangename verrassing. Matatiele spog met van die beste forelle in die land, en na David, die eienaars se seun en ’n forrel-kenner, ’n geheimsinnge vlieg aan my lyn gesit het, is ons 8km die berg in waar wilde reënboog- en bruin forele in die meer baljaar. Dit was nie lank voor ek my eerste 1.5kg reënboog forel, wat ’n waardige geveg opgesit het, gevang het nie. ’n Uur later het ek ’n forel van oor die 2kg uitgetrek. Toe word dit donker en koud, en moes ons na die gastehuis terugkeer. Hier het ons ’n heerlike tuisgemaakte maaltyd van lam, groente en heerlike malvapoeding geniet. Die oggend na ’n heerlike ontbyt het ons die pad na Durban aangepak, waar ons forel vir aandete geniet het. Ek raai die nuwe roete en gastehuis aan vir enige iemand wat na Durban reis.

Jeff McCarthy van Aqua Mac het ’n allemintige 2kg forel in Matatiele gevang. PHOTO:SUPPLIED

Opinions and views expressed in advertisements, news reports and columns are not necessarily those of the Kouga Express, its publishers and staff. Please note that all advertisements are exempt from error and omission.

W AT E R P U R I F I E R S of

repute

WHY PAY MORE?

We at AQUAMAC import R\Os Reverse Osmosis and all the relevant filters. We have minimal overheads and can do a full filter change for R380,00.We have 3 fulltime installers and guarantee the best product & service possible.

082 577 9075 www.aquamacwater.co.za

Available at the following SPAR stores SUPERSPARS: Bluewater Bay, Gelvandale, Hunters Rertreat, Jefferey’s Bay, Mount Pleasant, Newton Park, Walmer 9th Avenue, Summerbreezz, Sunridge, Waterfront. SPARS: Fig Tree, Humansdorp, Linton Grange, Sherwood. KWIKSPARS: Acres, Burt Drive, Kragga Kamma. Specials available at the listed SPAR, SUPERSPAR AND KWIKSPAR stores up to and including 22 June 2014, while stocks last. We reserve the right to limit quantities. No orders please. Prices include VAT.

Tel/Fax: 042 292 0161 aquamac@lantic.net X1NU5F3R-190614-KG-ebestr-aqua

X1NU5M2D-190614-KG-mfestr-spar

Kouga Express 19/06/2014  

Kouga Express 19/06/2014

Kouga Express 19/06/2014  

Kouga Express 19/06/2014

Advertisement