Page 1

10

503

17 Mei / May 2019

DA wen dorp en Meyerville

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die DA meer as ’n 1 000 stemme by een stemlokaal in Standerton verwerf. Die DA wen die dorp en Meyerville wyke in Standerton.

STANDERTON - Rosier de Ville, DA raadslid van Wyk 10 in Standerton, bedank graag al die lojale kiesers wat die DA ondersteun het tydens die afgelope verkiesing. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die DA meer as ’n 1 000 stemme by een stemlokaal in Standerton verwerf. Die Provinsiale uitslae vir stemme wat by Standerton Stadsaal uitgebring is, is as volg: ACDP verower 68 stemme (3.32%), ANC verower 449 stemme (21.9%), DA verower 1 038 stemme (50.63%), EFF verower 130 stemme (6.34%), VF Plus verower 339 stemme (16.54%). In totaal is 2 050 stemme uitgebring met 13 bedorwe stembriewe, wat dan ’n totaal van 2 063 erkende stemme gee. Die Nasionale uitslae vir stemme by Standerton Stadsaal is as volg: ACDP met 68 stemme (3.03%), ANC met 594 stemme (26.47%), DA met 980 stemme (43.67%), EFF met 139 stemme (6.19%), VF Plus met 398 stemme (17.74%). ’n Totaal van 2 244 nasionale stemme is ingedien waarvan 16 bedorwe stembriewe was. ’n Totaal van 2 260 geldige stemme is getel. Soortgelyke resultate is

by die Kalie de Haas stemlokaal uitgebring. ACDP met 98 stemme (6.66%), ANC met 224 stemme (15.22%), DA met 713 stemme (48.44%), EFF met 53 stemme (3.60%), VF Plus met 369 stemme (25.07%). ’n Totaal van 1 472 stemme is uitgebring met slegs drie bedorwe stembriewe. Op nasionale vlak by Laerskool Kalie de Haas was die uitslae as volg: ACDP met 87 stemme (5.64), ANC met 265 stemme (17.19%), DA met 674 stemme (43.71%), EFF met 48 stemme (3.11%), VF Plus met 425 stemme (27.56%). ’n Totaal van 1 542 nasionale stemme is uitgebring met slegs een enkele bedorwe stembrief. Daar is 15 wyke in Lekwa met 52 781 geregistreerde kiesers. Die uitslae vir al 15 wyke is as volg: ACDP 264 nasionaal, 310 provinsiaal, 574 totaal (0.84%), ANC 24 007 nasionaal, 22 329 provinsiaal, 46 336 totaal (67.76%), DA 4 267 nasionaal, 4 696 provinsiaal, 8 963 totaal (13.11%), EFF 3 325 nasionaal, 3 694 provinsiaal, 7 019 totaal (10.26%), VF Plus 1 516 nasionaal, 1 351 provinsiaal, 2 867 totaal (4.19%). In die 15 wyke was daar 34 808 nasionale stemme, 33 575 provinsiale stemme wat dan ‘n totaal van 68 383 stemme gee. JD


2

Kosmosnuus / Cosmos News

17 Mei / May 2019

Prokureur steeds agter tralies

Award Recipient Reg no: 2009/019454/23

Adres / Address: H/v Beyers Naudé en Krugerstraat C/o Beyers Naudé & Kruger Street Webadres/ Web address www.kosmosnuus.wix.com/kosmosnuus E-pos/E-mail: standerton@cosmosn.co.za Kantoor/Office: Faks/Fax:

017 712 6165 017 712 1708

Redakteur/Editor: Teresa Dinkelmann- 082 417 0171 TO marketing@cosmosn.co.za Sub-redakteur / Sub editor Jannie Degenaar- 082 608 7219 JD subeditor@cosmosn.co.za Admin/Finansies adverts2@cosmosn.co.za - 017 712 6165 Joernaliste / Reporters: David Maretlane - 071 715 2793 DM reporter1@cosmosn.co.za Danie Kruger - 082 824 7188 DK daniekruger@hotmail.co.za Bemarking/Marketing: Teresa Dinkelmann - 082 417 0171 marketing@cosmosn.co.za standerton@cosmosn.co.za Geklassifiseerde ads/ Classified ads Irene Do O’Faustino 017 712 6165 - standerton@cosmosn.co.za Grafiese Ontwerpers/ Grapic Designers: Hannes van Oudtshoorn design@cosmosn.co.za Digital/ Digitaal: Proof reader / Proefleser Hannes van Oudtshoorn Bankbesonderhede: Banking details: Standard Bank, Cosmos News Rek/Acc no: 330 230 042 Takkode/Branch code: 05 2943 44 Cosmos News is printed by Paarl Coldset Printers. Kosmosnuus word deur Paarl Coldset Printers gedruk.

KOPIEREGWAARSKUWING:

Alle materiaal wat in die Kosmosnuus geplaas word, hetsy dit redaksioneel, advertensies, uitleg, foto’s, illustrasies, ens. is, bly die uitsluitlike eiendom van die Kosmosnuus. Skriftelike toestemming moet verkry word indien enige afskrif of kopie daarvan gemaak wil word. Posbus 4202, Standerton 2430 of skakel Teresa Dinkelmann by 082 417 0171. Foute moet voor die volgende publikasie aangemeld word. Geen verantwoordelikheid vir foute op telefoniese advertensies word aanvaar nie. Geen herdruk van advertensies a.g.v. tipografiese foute, wat nie die waarde verminder nie. Indien ‘n advertensie opgestel word, en nie aanvaar word nie, sal daar ‘n heffing van 30% wees. Kosmosnuus word weekliks deur Paarl Coldset Printers gedruk.

Een van die drie vragmotors waarop gesteelde vee van R3,1 miljoen gelaai is. Een van die vyf verdagtes wat steeds agter tralies sit, is ’n prokureur van Pretoria. Al vyf verdagtes sal in aanhouding bly tot hulle na verwagting op 17 Mei om borgtog sal aansoek doen. (Foto: SAPD)

ERMELO - ’n Prokureur van Pretoria en sy vier medebeskuldigdes sal minstens nog ’n week agter tralies moet deurbring nadat hulle op 7 Mei op aanklag van veediefstal en besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem is. Jan-Spruyt Steenkamp (32), Cornelius van der Walt (55), Lucas Magagula (35), Sibusiso Mabese (43) en Vusi Mhlongo (34) het verlede week in die Breyten rondgaande hof verskyn Hulle word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die diefstal van 334 beeste ter waarde van R3,1 miljoen. Kol Mtsholi Bhembhe, woordvoerder van die polisie, sê die vyf sal in aanhouding bly tot 17 Mei wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Aanvanklik is 12 verdagtes in verband met dié saak in hegtenis geneem, maar nadat die verdagtes

in die Ermelo-landdroshof verskyn het, is die aanklagte teen sewe van hulle teruggetrek. Daar is vroeër berig dat die vyf beskuldigdes Dinsdagaand, 7 Mei, in die Breyten-omgewing in hegtenis geneem is nadat die polisie inligting gekry het oor ’n “ooreenkoms” wat glo aangegaan is. Lede van die Middelburgse veediefstaleenheid het ’n operasie van stapel gestuur met die bystand van ander eenhede en ’n private veiligheidsmaatskappy, AntiCrime Security Unit (ACSU). “Die lede het op twee vragmotors afgekom wat vol vee gelaai is en ’n derde vragmotor wat hulle nog besig was om te laai,” het brig Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê. Volgens Hlathi het die polisie op die drie vragmotors, ’n bakkie en R95 000 kontant beslag gelê. (Mariné Lourens) JD

Verbande vat vlam tydens voertuigbevryding

’n Ernstige botsing tussen twee bakkies op die R23 Johannesburgpad by die Cedarmont kruising, wat Vrydag, 10 Mei, om ongeveer 09:30 plaasgevind het, het ooggetuies en noodpersoneel rooi onder die kraag. Volgens inligting het nooddienswerkers van ’n hoekslyper gebruik gemaak om een van die pasiënte te bevry, maar hul het nagelaat om veiligheid eerste te plaas. Die vonke van die hoekslyper het die pasiënt se verbande, en ook sy suurstof masker, aan die brand laat slaan. Die vraag duik ook op of daar aandag geskenk is aan die feit dat beide wrakke erg beskadig is en dat brandstof die toneel vol gelek het. Genadiglik het geen verdere brande ontstaan nie, maar die bestuurder van een van die voertuie is oorlede terwyl die ander pasiënte bevry en afgevoer kon word vir verdere mediese behandeling.

Lees Kosmosnuus elke week aanlyn


17 Mei / May 2019

Kosmosnuus / Cosmos News

Miljoene liter drinkwater vermors

STANDERTON - Inwoners in Sablelaan sit met hul hande in hul hare. Dit weens ’n waterlek wat menigmaal reeds aan die munisipaliteit rapporteer is, en selfs een keer aandag geniet het, maar wat steeds miljoene liter water daagliks tot vermorsing laat gaan. Die hooflek is in Badgerstraat, maar die

water vloei deur erwe tot in Sablelaan. Dit het tot gevolg dat hierdie erwe so diep onder water is dat dit onbegaanbaar is en inwoners moes noodgedwonge afvoerslote grawe in ’n poging om die water uit hule erwe te kry. Die water het reeds onderdeur ván die huise

gesyfer wat die strukturele veiligheid daarvan nou bekommerenswaardig maak. Teen druktyd was daar nog geen poging aangewend om hierdie lek te herstel nie, en dit binne sien-afstand van gedeeltes van die uitbreidings wat reeds maande sonder drinkwater sit. JD

Dit is hoe een van die erwe in Sablelaan vertoon nadat die plaaslike munisipaliteit nie aandag gee aan ’n waterlek wat reeds maande aan die gang is en miljoene liter skoon drinkwater vermors word. Inwoners was genoodsaak om afvoerslote te grawe in ’n poging om die water uit hul erwe te lei, maar tevergeefs.

3


4

Kosmosnuus / Cosmos News

17 Mei / May 2019

Cansa hou ‘gooi rooi jelly’ damestee Give yourself a Gift “The Holy Spirit of God has sealed you in Jesus Christ until you experience your full salvation. So never grieve the Spirit of God or take for granted His Holy influence in your life. Lay aside bitter words, temper tantrums, revenge, profanity, and insults. But instead be kind and affectionate toward one another. Has God graciously forgiven you? Then graciously forgive one another in the depths of Christ’s love.” (Ephesians 4: 30-32TPT) Not forgiving, bitterness, resentment, or offense of any kind can render us unable to hear from God. The Word of God is very clear on this subject. If we want God to forgive our sins and offenses against Him, we must forgive others their sins and offenses against us. Ephesians 4:30–32, the passage that contains our verse for this

week, teaches that we grieve the Holy Spirit when we harbour negative emotions such as anger, resentment, and animosity in our hearts. When we hold an unforgiving attitude against anyone for any reason, it hardens our hearts and prevents us from being sensitive to God’s leading in our lives. I once heard someone say that holding on to being unforgiving is like drinking poison and hoping your enemy will die. Why spend your life being angry and bitter toward someone who is probably enjoying his or her life and does not even care that you are upset? Do yourself a favour—forgive those who hurt you! Give yourself the gift of forgiveness. It will bring peace to your heart and enable you to hear God’s voice and follow His leading in your life.

STANDERTON - Op 11 Mei het die Cuppa For Cansa Moedersdagtee afgespeel by die Waterfront in Standerton en die nagenoeg 140 gaste is vermaak deur Giséle Bosman, Sonell Van Niekerk en Marchél Kruger. Díe dinamiese sprekers het verskeie invalshoeke gebruik om klem te lê op die tema, Gooi Rooi Jelly (wat beteken dat mens probeer positief bly in baie ongemaklike of slegte omstandighede). Giséle Bosman het gefokus op kanker en die mens se mortaliteit en genoem dat “as jy Christelik van geloof is moet jy besef dat mense wie volgens die Here hul doel bereik, dan sterf. Dan kom haal Hy sy blomme en lê klem op dit wat die res van ons nog moet afhandel en hanteer en leer. So as jy vandag hier sit en jy is in remissie en jy het ’n ‘tweede kans’ ontvang moet jý en jou gesin besef dat julle doel op aarde nog nie bereik is nie... jy moet nog deel of leer of siele red, maar jou werk vir die Here is nog nie klaar nie. Daarom moet

mens ook besef dat as jou vader of kind of vriendin of moeder sterf aan kanker, het jy nie verkeerd gebid of te ‘min’ geglo nie! Glad nie. Inteendeel! Dit was die persoon se tyd en jý sal die Here nie kan vra vir meer dae as Hy eers besluit het oor watter dag om jou lyntjie te trek nie. Die enigste positiewe vanuit lyding en die vreeslike kankertog is - jy kan regmaak wat jy moet regmaak en groet. Jy kan seker maak jou testament is reg en jou gades is voor gesorg. Jy kan jou lewe opnuut vir die Here gee en nie onkant gevang word nie. Jy kan waardige lewenslesse met jou kinders bespreek en liefde betoon waar dit nog ’n tekortkoming was. Maar daarna sal jy jou Here ontmoet. Maak nie saak wat nie. Ek daag die res van ons uit om nie te wag om kanker te kry om reg te leef nie. Woeker met jou talente. Dis die ‘tools’ wat jy gekry het om jou doel mee te bereik.” Die vroue is bederf met ’n geskenk

vanaf Standerton Spar en ook deur Annemarie en haar span met heerlike verversings vanaf Waterfront. Die gasvroue het elke tafel uniek gedek om klem te lê daarop dat ons elkeen ons unieke manier het om ‘Rooi Jelly te Gooi’ met ander woorde, elkeen bly op haar eie manier positief en inspireer ander dan ook so op haar unieke manier en met haar unieke talente, soos Janelize Roux, die dag mee ge-open het. Spreker Sonell Van Niekerk het in haar afwesigheid haar graad ontvang en standpunt ingeneem deur haar blog te gebruik as platform vir haar boodskap. Sien die volle blog op haar blad - Sonell Van Niekerk Motivering op Facebook. Baie dankie vanaf die Cansabestuur aan Waterfront, Standerton Superspar, Sapphire Productions, Why Pink Creations, elke gasvrou, Giséle Bosman en Vrywilligerskomitee, Marchél Kruger Motiveringspreker en Carpe Diem Groep Finesse. JD

(Hooffoto) Die kanker ‘survivors and –warriors’ wat die ‘Gooi rooi jelly’ damestee bygewoon het, is van links na regs, Jeanette Cilliers, Irene Do O’ Faustino, Anette Froneman, Raaitjie Brits, Hannelie Van Der Linde, Ria Mulke, Irna Botha, Marchél Kruger en Leana Boshoff. (Links) Die Cansa Standerton vrywilligerskomitee is van links na regs, Eda Janse Van Rensburg, Annarie Jacobs, Giséle Bosman (CANSA Kosmos GM), Debbie Rautenbach, Annelie Van Niekerk, Janelize Roux en Marchél Kruger (CANSA Kosmos GM). Sonell Van Niekerk was nie teenwoordig ten tye van die fotosessie nie.


17 Mei / May 2019

Kosmosnuus / Cosmos News

Vang meer vis met ’n drywende degie Winterhengel is soms heelwat moeiliker as hengel in warmer weer, aangesien baie visspesies minder aktief in die kouer water is. Dit kan handig te pas kom as jy weet hoe om ’n degie te maak wat kan dryf, soos by baie sagte silt bodems waarin aas maklik kan wegsink. Verder kom hierdie degie ook handig te pas wanneer jy ’n neutraaldrywende hoekaas wil bewerkstellig. Jy gaan die volgende bestanddele benodig: Koekmeel, bakpoeier, water, suiker, twee mengbakkies, ’n teelepel en ’n deegsakkie. Voeg ongeveer 25 ml water in een van die mengbakkies en los ’n halwe teelepel suiker in die water op. In die ander mengbakkie, meng vyf hoogvol teelepels koekmeel en een teelepel bakpoeier met mekaar. Nou word die koekmeel en bakpoeier mengsel bietjie vir bietjie by die water gevoeg en geroer totdat ’n stywe deegbeslag begin vorm. Hou aan om klein

hoeveelhede meel by die beslag te voeg totdat dit later te moeilik is om behoorlik met die teelepel te meng. Die degie behoort nou styf genoeg te wees om met die hand te hanteer. Rol dit tussen die handpalms en werk meer van die meelmengsel in die degie in totdat dit nie meer aan die vingers of hande vassit nie. Die degie kan nou sorgvuldig in die deegsakkie geplaas word – gereed vir gebruik. Indien die degie gekleur of gegeur moet word, kan die geur-of kleurmiddel met die water en suiker in Stap 1 gemeng word. Wenwenke: Indien jy die degie die aand voor jy gaan hengel maak, kan dit in die yskas geplaas word om dit so vars as moontlik te hou tot die volgende dag. Maak altyd genoeg deeg vir twee deegsakkies. Gebruik die een degie tot so 12:00 en haal dan die tweede vars degie uit die koeler vir gebruik vir die res van die dag. (Johan Marx) JD ’n Degie wat dryf kom handig te pas in kouer winter maande of wanneer daar op sagte silt bodems gehengel word. Maak altyd genoeg deeg aan vir twee sakkies, sodat jy die oggend die een mengsel kan gebruik en dan namiddag na die tweede, vars sakkie deeg kan skuif.

5

Shop-to-Win winners announced

The winners of the monthly Shop to Win competition at Standerton SuperSpar is Christina (R4 000) and Petro Vermeulen (R2 000) The other winners, Nomvusa, Nompi Ndlebe, Eva Khumalo, Hermina de Wet, Anita du Preez, Yvonne Coetzee, Jeanette Robertz and Tiana Holtzhausen all received their R500 shopping vouchers. (Photo supplied) STANDERTON - Standerton SuperSpar is running a Shop to Win competition where patrons stand a chance to win one of 10 monthly Spar shopping vouchers. Customers must spend R150 or more at Standerton SuperSpar and then write their information on the back of their till slip and place it at the entry box provided.

The first prize is a R4 000 shopping voucher with the second prize a R2 000 shopping voucher. The third to tenth place winners each receive a R500 shopping voucher. This competition will run from April to December 2019. Buy at Spar, save on your purchase and as an added bonus, you may well receive a massive shopping voucher. JD


6

Kosmosnuus / Cosmos News

17 Mei / May 2019

Vier beseer toe voertuig pad byster raak

Neem asb kennis: Alle geklassifiseerde advertensies moet asb per faks, per e-pos of per hand gelewer word. Geen telefoniese advertensies word geplaas nie. Die spertyd vir geklassifiseerde advertensies is Maandae 14:00. GEEN ADVERTEN­ SIE SAL GEPLAAS WOR D S ON D E R BETALING NIE! _______________ Please take note: All classified adverts must be submitted by fax, e-mail or by hand. No telephonic adverts will be published. The deadline for classified adverts are Mondays 14:00. NO ADVERTISE­ MENT WILL BE PLACED WITH­ OUT PAYMENT!

Klavierstem en repa rasies. Koop en verkoop van tweedehandse klaviere. Skakel Kobus by 082 893 4099/ 013 243 0702. _______________ Hidro Kleen. Skoon­ maak van matte, los matte, blinders, sitstelle en hardevloere. Diepreiniging van huise. Valet van voer­ tuie. Skakel ons vir spesiale aanbiedinge. Tel: 017 712 2499. Sel: 082 406 3190 / 084 299 3654 ________________ A M Cooling (Pty) Ltd, spesialiseer in alle verkoeling, koelkamers, vrieskamers, afdakke en hekmotors. Industriële wasma­ sjiene en industriële tuimeldroërs. Nuwe lugreëlings, en algemene herstelwerk. Skakel gerus vir Gerhard of Martin 079 897 5192/ 081 529 7150. ________________ Awesome Wendy’s at a very low price. Log cabin, Knotty Pine and Pallet wood. Prices for Pallet wood, 2m x 2m R4 000, 3m x 3m R5 000, 3m x 4m R5 700. We move Wendy houses from point A to B. 5 Year quarantee. Phone Sam 073 091 6680. ________________ A A B C D Wendy’s: Quality and affordable Wendy’s made from pallet wood. All sizes availible. Treated for ants, rats, termites and waterproof. Pallet wood prices ; 2m x 2m R4 000, 3m x 3m R5 000, 3m x 4m R5 700. Phone Joe 073 283 5945 / 072 928 1724.

Gesoek persoon met EC1 of EC Lisensie met PDP, om graan in te ry tydens strooptyd. Skakel 082 337 3419.

Khosi’s Kidz / Teens Party hire: We offer themed party packages for 20 kids or more. Package includes: 5 kiddies tables, 20 kiddies chairs, 20 themed paper plates, cups, serviettes and tablecloths. 10 Heliumballoons, 20 hats, 20 party packs and a jumping castle. We also do decor for baby showers and hire out equipment. Phone 073 158 5176 / 082 554 2822. ________________ Khosi Hiring Ser­ vices: We hire out mattresses / sponges for events such as funerals, camps, conferences, sleepovers etc. We also hire out stretch tents and catering equipments such as big pots, gas stoves,food warmers, table clothes, cutlery and more. Contact numbers 082 554 2822 / 073 158 5176

4 U Fine Fragrance: Get the best for less. Do not settle for anything less. Get your 4 U Fine Fragrance today. Call 083 3773 379.

________________

Aranda kom­ berse te koop. Skakel 017 712 6165. ________________ Die Plaasmeule: 50 kg Heel Mielies R150 en 50kg “crushed” mielies R170. Kantoorure Maandae tot Saterdae vanaf 14:00 tot 18:00. Skakel 082 301 2518. ________________ Meenthuis te koop, geleë te Standerton dorp area. Regoor Laerskool Standerton. Skakel 073 341 2999 vir meer inligting.

Shotokan Karate­ klasse word Maandae en Woensdae by Robertstraat 46 aangebied. Die Tiny Tigers (3­6 jaar) oefen van 16:45 tot 17:15. Normale klasse vanaf 17:15. Skakel Jannie by 082 6087 219. Lid van MPU Karate en Karate S A.

Veilige omheinde 3 Slaapkamer plaashuis te huur. Het alarm en is naby ander huise. 2 Badkamers. Diervriendelik. 15 km uit dorp op die Ermelo pad. Motorhek met dubbel afdak. Water en ligte ingesluit. R4 000 huur per maand. Skakel 083 623 1367. ________________ 2 Slaapkamer woon­ stel beskikbaar 15 km vanaf dorp. Voorafbetaalde kragboks. Water is ingesluit. Beskikbaar middel Junie. R3 000 huur per maand. R1 500 deposito. Skakel Bianca kantoorure 083 399 5959 en Rita na ure 082 856 2471.

Klopper Meubelver­ voer. Groot en klein meubelvragmotors beskikbaar vir enige meubelvervoer. Eie­ naartoesig en drywer met vriendelike diens. Skakel Conrad Klopper by 082 774 6952. hcklopper@ gmail.com

STANDERTON ­ Vier mense is Sondag, 12 Mei, om 16:35 beseer toe die Nissan Qashqai waarin hulle gereis het die pad byster geraak en etlike meter verder die veld in gerol het. Volgens ’n ooggetuie het die wit Qashqai drie voertuie ongeveer 25 km buite Standerton op die Vrede­pad verbygesteek en het toe ’n entjie verder links van die pad af beweeg. Die bestuurder het vermoedelik die voertuig na regs geruk waarna sy beheer verloor het. Die voertuig het teen ’n helling aan die teenoorgestelde kant van die ryvlak gebots en in die lug bo­oor ’n draad heining gerol. Al vier insittendes is uit die voertuig geslinger. Een van die insittendes, die enigste man in die voertuig, was onder die passasierskant van die voertuig vasgeklem en omstanders

het die voertuig terug op sy wiele gerol om die beseerde te bevry. ’n Mediese dokter was in een van die drie voertuie wat verbygegaan is, en het dadelik gestop en hulp verleen. Die bestuurder van die voertuig het ’n ernstige gebreekte been opgedoen en daar word vermoed dat die man wat onder die voertuig te lande gekom het, hoofbeserings asook interne beserings opgedoen het. Die ander twee beseerdes is op die toneel vir onder andere hoofbeserings en snye behandel. Vrede SAPD en ambulansdiens was binne 25 minute op die toneel, met Standerton se polisie wat bykans ’n uur later eers op die toneel opgedaag het. Standerton ambulansdienste het nie die toneel bygewoon nie. JD

Die Nissan Qashqai sekondes nadat dit die pad byster geraak en die veld ingerol het. Vier mense is tydens hierdie ongeluk beseer, waaronder twee ernstig. ’n Mediese dokter en sy eggenote was die eerste persone op die toneel en het dadelik met noodbehandeling begin.

ID card found

The national Identity Card of Noxolo Vanggia Buthelezi, was handed in at the offices of Cosmos News. If it belongs to you, please collect it during normal business hours.


17 Mei / May 2019

Kosmosnuus / Cosmos News

7

Stannies haas na Pumas (Links) Laerskool Standerton is trots om aan te kondig dat twee van hul kranige rugbyspelers – Marius Jordaan (links) en Xander Fourie – pas in die o-13-Mpumalangaspan van 2019 opgeneem is. Die proewe is Saterdag, 11 Mei, by HTS Middelburg gehou waar hulle die keurders met hul spel beïndruk het en verskeie van die provinsie se topspelers vir die gesogte Pumagroep uitoorlê het. Die seuns is hárd aan die werk en gaan eersdaags aan verskeie toernooie en oefenkampe deelneem wat as voorbereiding vir die jaarlikse Cravenweek- en XV-Taltoernooi sal dien.

EHS sorg weer vir uitstekende opedag

Ván die leerlinge wat die Erries opedag bygewoon het. Nie net was dit vir hulle insiggewend nie, maar daar is ook vir die ouers ’n inligtingsessie aangebied. EHS sien daarna uit om die leerlinge as volwaardige Erries te verwelkom. ERMELO - Op Vrydag 10 Mei het die Erries hul jaarlikse opedag gehou. Dit was ’n dag gevul met opwinding en interessante aktiwiteite vir die Graad 7’s en ’n baie insiggewende inligtingsessie vir die ouers in die laatmiddag. Die onderskeie huise se opedae sal later die jaar plaasvind. Die span Errie-onnies, -leerlinge en -ouers, asook Ermelo-gemeenskap, het almal agteroor gebuig om van dié dag ’n sukses te maak. Alles wat Vrydag plaasgevind het, het gewys dat die verskil by EHS is nie nét in wat die Erries doen nie, maar hóé die Erries dit doen. EHS bedank graag die instansies en persone wat betrokke was om van dié dag ’n sukses te maak: Agri Benodigdhede, mnr Jan Grey van Jan Vos Landgoed, Claas, Afgri, Rothman Motors, Nooitverwag Beefmasters, me Lydia Boersema, mnr Molie Mentz van BKB Ermelo, Ma Bett’s, mnr Oubaas de Jager en mnr Stefan Arnoldi. Die Erries is besonder dankbaar vir elkeen se deelwees by die EHS. EHS sien uit om die nuwe leerlinge in die Erries se midde te verwelkom. JD

(Bo) Kosmosnuus het in die vorige uitgawe oor drie van Laerskool Standerton se B-netbalspanne berig gelewer wat, ná afloop van hul prestasie tydens die streekliga, deurgedring het om later hierdie maand aan die uitspele vir die Mpumalanga-kampioenskap deel te neem. Die A-spanne het Saterdag, 11 Mei, hul streekliga afgesluit en ook drie spanne opgelewer wat hul weg tot die provinsiale stryd oopgespeel het – die o-11’s wat algeheel derde in die streek is, die o-12’s wat die vierdeplek volstaan, en die o-13’s (soos gesien in die foto) wat in die algehele tweedeplek pronk. Agter, van links na regs, is Elsie Hamman (hooforganiseerder en -afrigter), Aneske Ferreira, Anika Lategan, Juané Stuart, Prosperity Shabalala en Charlotte Gouws (afrigter). Voor is Thando Mfusi, Esmé van der Merwe, Rudi Hamman (hoof), Teninke van Niekerk en Danika Steyn. Juné Lombard was afwesig toe die foto geneem is. Hierdie meisies sal op 31 Mei en 1 Junie in Witrivier tydens die uitspeelwedstryde vir die Mpumalanga-kampioenskap in aksie te sien wees.


8

Kosmosnuus / Cosmos News

17 Mei / May 2019

Eerste windbuksskiet-geleentheid gehou STANDERTON - Saterdag, 11 Mei, het 60 skuts die SA Jagtersvereniging Standerton-tak se skietdag bygewoon. Dit was die eerste keer dat windbuksskiet vir die juniors aangebied is en die klub bedank graag vir Hellen Ellis wat dit moontlik gemaak het. Daar sal voortaan by elke skietdag tussen 10:00 en 12:00 aan kinders tussen 6 en 13 jaar die geleentheid gebied word om met windbukse te skiet in ’n poging om ’n liefde vir skiet te kweek. Alle juniors, of hulle klublede is of nie, is welkom om hieraan deel te neem. Die uitslae vir die dag is as volg:

Springbok teiken: 1. JC Schoeman 270.4, 2. Jaco Booysen 260.7, 3. Callie Duminy 260.4 Vroue: 1. Annatjie Buys 220.4, 2. Hellen Ellis 220.1, 3. Elrí Bester 180.0 - Juniors: 1. Jaco Booysen 180.2, 2. Leo Bester 100.1, 3. Corrie Visagie 80.0 Bosveld: 1. Neil Grabe 270.8, 2. Jaco Booysen 260.7, 3. Stoffel Bester 260.4 Vroue: 1.Annatjie Buys 190.2, 2. Hellen Ellis 170.2, 3. Elrí Bester 140.1 - Juniors: 1. Jaco Booysen 200.2, 2. Corrie Visagie 190.2, 3. Leo Bester 20

.22 Posliga: 1. Stoffel Bester 138.2, 2. Corrie Visagie Jnr 134.2, 3. Jako Steenkamp 130.0 Vroue: 1. Elrí Bester 117.1, 2. Hellen Ellis 95.0, 3. Annatjie 72.0 - Juniors: 1. Corrie Visagie 134.2, 2. Jaco Booysen 116.1, 3. Janko de Klerk 101.0 Kleiduif: 1. Lourens Buys 18/20, 2. Johan Geldenhuys 17/20, 3. Jako Steenkamp 13/20 Die volgende takskiet sal op 15 Junie plaasvind, waar daar Rooibok-met-rus, Vlakvark, .22 bankrus en haelgeweer geskiet gaan word. JD

Die SA Jagtersvereniging in Standerton het Saterdag, 11 Mei, vir die eerste keer aan skuts tussen die ouderdom van ses en 13 jaar, die geleentheid gegee om met windbukse te skiet. Hier kan Hellen Ellis tussen twee ywerige juniorskuts gesien word waar hulle aanlê op hul teikens.

Kompetisie lok vasbythengelaars STANDERTON Standerton Hengel- en Bootklub het hul eerste oewerhengelkompetisie op Saterdag, 4 Mei, aangebied. Daar was dertien inskrywings en ’n totaal van 24.40 kg vis is genet. Die penkopwenner was Morné Grobler met 2.34 kg. Die juniorwenner was Lida Gerber met 0.84 kg met Sharon Harris wat as die vrouewenner met 3.42 kg aangekondig is. Die manswenner was Hein Stander met 6.10 kg en hy het ook die swaarte sak vis gehad. Die grootste modderbek van die kompetisie (0.60 kg) is gevang deur Sharon Harris. Die grootste karp, met ’n gewig van 1.54 kg, is deur Bianca Luus ingeweeg. JD

Die wenners van Standerton Hengelen Bootklub kompetisie wat op 4 Mei plaasgevind het, was Morné Grobler (penkop), Lida Gerber (junior), Sharon Harris (vroue), Hein Stander (mans) en Bianca Luus.

Profile for Kosmosnuus / Cosmos News

17 May 2019  

All the local news for the week of 17 May 2019.

17 May 2019  

All the local news for the week of 17 May 2019.

Advertisement