Issuu on Google+

9:00 – Doop Ds. Willem Strauss

01 Junie 2014

09h00 LOFTJOKKERS 09h00

10h15

Pinkster week begin vanaand 18h30

Besoekers en nuwe intrekkers Baie welkom! Ons wil graag met jou in verbinding tree. Vul asb. die intrekkersboek in die voorportaal in of kry in die rakkies by die ingange lidmaatregistrasievorms, ook op ons webwerf www.albertonsuid.com wat jy na voltooiing by die kerkkantoor kan inhandig of faks dit vir ons na 086 243 5887 in die kerkkantoor. Familietuisblad – Teken in gratis! Die Familietuisblad is riglyne op een A4 bladsy om jou en jou gesin te help om gedurende die week vir Jesus al beter te volg na aanleiding van die week se fokusteks waaroor op Sondag gepreek is. Kry jou kopie in die voorportaal, of nog beter, teken in en kry dit weekliks in jou e-pos. Stuur ’n e-pos aan corneil@albertonsuid.com met “Familie Tuisblad” in die opskriflyn. Doop vandag Karli van der Merwe babadogtertjie van Jaco en Lize-Marie van der Merwe. Philip van Rensburg babaseuntjie van Karen en Philip van Rensburg. Lidmaatskap Ontvang: Belydende lidmaat Leonard Hough vanaf NG Dinwiddie.


Vergaderings: FBK vergadering: Maandag 09 Junie om 18h30 in die Raadsaal. Kerkraad: Dinsdag 17 Junie om 19h00 in die Raadsaal. KidsGames 2014 Dis weer tyd vir KidsGames komende Junie/Julie skoolvakansie Alle laerskool leerlinge welkom! 1ste week NGK Alberton-Suid, 2de week Brackendal. Kostes: R350 vir een week, R650 vir twee weke. Leiers vir KidsGames benodig. R650 per leier. Alle hoërskoolleerlinge welkom. Pinkster 2014: Ons hou vanjaar Pinkster van 1-5 Junie met die Tema: “Die Kerk in beweging!” Sien pamflet vir verdere inligting of skakel die Kerkkantoor. Ons begin vanaand 1 Junie met ’n Pinksterdiens hier in die kerk om 18:30. Die week se aktiwiteite waar ons as gemeente gaan uitreik soos op die pamflet. Merk asb. daarop waar u kan help. U kan help met besoeke of met maak van dinge of hulp iewers. Daar is ’n verskeidenheid en u hoef nie by alles te wees nie, maar kom help ons om te verseker dat hierdie Pinkster regtig staan onder die uitsturende krag van die Heilige Gees. Sondagoggend 8 Junie Pinksterfees om 9:00. Daar sal ook elke aand vanaf vanaand kinder Pinkster wees. Vanaand om 18h30 en Maandag 02 Junie to Donderdag 05 Junie om 19h00 in die kerk. Daar sal ‘'n Gas Aanbieder met hope pret vir die kinders. Almal is baie welkom!

Doopvoorbereiding: Neem asseblief kennis dat daar van alle ouers wat ’n eersteling wil laat doop verwag word om ’n Doopvoorbereidingkursus by te woon, voor die doopgeleentheid. Die kursus strek oor vier sessies wat op Dinsdagaande gehou word. Kontak asseblief die kerkkantoor om aan te meld. Datums volgende kursus: 22 en 29 Julie en 5 en 19 Aug.

JAHWE RAPHA Beradingsentrum Kantoorure elke Woensdag 10h00 tot 12h00 in ons kantoor in Die Dak. U is welkom om te kom gesels, want almal het 'n behoefte om soms gehoor te word. Sopkombuis Op 6 Maart 2006 het die Sopkombuis heropen met die samewerking van CMR Alberton en NG Alberton-Suid. Daar word daagliks (Maandag tot Vrydag) vanaf 11h00 tot 11h30 sop en brood aan gemiddeld 40 werklose persone bedien. Sop word deur Rose voorberei en ongeveer 5 lidmate van Alberton-Suid verskaf 1 x per week sop. Daar is ook slegs ongeveer 5 lidmate betrokke by die bediening. Die projek funksioneer op die perseel van NG Alberton-Suid. CMR Alberton voorsien so 40 brode elke Vrydag, maar met vakansiedae en vir watter onbekende redes, gebeur dit in die laaste tyd gereeld dat ons nie brood ontvang nie en self moet aankoop. Ongeveer 10 brode word daagliks gebruik. Indien enige lidmaat by hierdie projek wil betrokke raak, skakel asb. met Ilva Strauss, 083 557 8087. Lidmate kan finansieel bydra of sop verskaf of bedien of bydraes van bestanddele soos Soup Mix, lensies/gort, droë ertjies ens. of brood! Baie dankie vir u hulp en ondersteuning! Dit word voorwaar opreg waardeer.


Datum

Tyd

02 Junie Maandag

19:00

Kinder Pinkster(Navrae Theunis 083 762 7833) Gas Aanbieder

03 Junie Dinsdag

19:00

Kinder Pinkster(Navrae Theunis 083 762 7833) Gas Aanbieder

04 Junie Woensdag

19:00

10:00

Kinder Pinkster(Navrae Theunis 083 762 7833) Gas Aanbieder Kinder Pinkster(Navrae Theunis 083 762 7833) Gas Aanbieder Senior Selgroep

08:00 09:00 09:00 09:00 10:15 10:00

Gebedsgroep (Gebedskamer) Pinksterfees (Nagmaal) – Ds. Werner Schroeder Lofland Loftjokkers Pelgroep Byeenkoms Teeskink – Abie en Cecile Bruwer

19:00 05 Junie Donderdag

08 Junie Sondag

Gebeurtenis

Susan van Zyl 011 869 1787, Tommie Dijzel 011 907-4009, Hannes Jooste 082 412 2072, Lynette Harman 082 544 0980, Jacinda van Zyl, Rina Süpra.   

Oom Tienie Herbst is tuis en sterk aan. Tel No.: 011 864-6796 Christo en Gerty Phyffer se seun Jan Phyffer is toe Dinsdag geopereer. Dit was toe kwaadaardig en hy gaan met chemo moet begin. Tannie Sue Roos is tans in die hospitaal nadat sy ophou asemhaal het. Hulle is nog besig met toetse om die oorsaak te probeer vasstel. Tel No.: 011 907-4540 Tannie Ina Human is in die hospitaal. Dit gaan nie te goed met haar gesondheid nie. Die dokters is besig met toetse.

Ralphy Swanepoel se kanker is terminaal en sy en oom Anton het ook verhuis na 'n seun in Port Elizabeth

Tannie Anna Snyman is in die hospitaal nadat sy 'n hartaanval gehad het. Sy is nog baie siek.

Tannie Anna Smit se been is in gips. Ons bid vir haar dat sy vinnig sal aansterk.

Rina Supra – Kanker is weer na 10 jaar by haar gediagnoseer. Ons dink aan haar

Werner en Susan se seuntjie Alexander is Vrydag geopereer om sy mangels te verwyder. Als het goed verloop Ons dink aan hom dat hy sommer gou sal herstel.


01 Junie

Edith Bezuidenhout, Nicolene du Plessis, Hennie van der Walt, Danicka van

Sondag

Tonder.

02 Junie Maandag

Engela Aucamp, Liezl Carr, Justin Colyn, Migné Ehrke, Leo Gerber, Marie Mare, Dewan Mentz, Branley Odendaal, Wylma Smalle, Ivan Smith, Ruben Stock, Nadia van der Merwe, Tyron Volbrecht.

03 Junie

Liah Becker, Tania Bezuidenhout, Karin de Kock, Albertus Engelbrecht, Joe

Dinsdag

Mittan, Hannetjie Snyman, Vanessa Sutton, Marisa Wilken.

04 Junie

Tommy de Wet, Riaan le Roux, Peter Stock, Willie van den Berg.

Woensdag 05 Junie

Suzette Botes, Dihan de Klerk, Charlene Hefer, Charl Jordaan.

Donderdag 06 Junie

Elize Berg, Terence Buitendag, Marizelle Coertze, Jacques Jansen van Rensburg,

Vrydag

Anita Kotzé, Theodore Krouse, Daniëlla Strydom, Marizelle Theron.

07 Junie

Rene Alblas, Morné Basson, Chris Jansen, Jackie Jooste, Hennie La Grange, Anru

Saterdag

Pienaar, Dylan Roux, Jo-Anne Swart.


Afkondiging 01 Junie 2014