Nuus vir die Kleinfonteiner Somer 2020

Page 1

Desember 2020

Geloftefees Desember is vakansiemaand, maar ook ‘n maand om in te besin! 182 jaar gelede, is ‘n Gelofte afgelê en ons sal aan ons kinders sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Ten spyte van die Covid-19 regulasies, maar ook met inagneming daarvan, word daar op 16 Desember 2020 weer teruggedink aan die Here se genade vir Sy volk op daardie dag en word Geloftefeeste regoor die land gehou. Ook in Kleinfontein word ‘n program aangebied waarvan die inligting ook in hierdie uitgawe verskyn. Neem u gesin, u kinders en kleinkinders en woon ‘n Geloftefees by! “My kinders, bly die grond behou; Onthou julle afkoms; wees getrou! Laat vreemde sedes staan! Al bars die swaarste onweerswolk Oor ons, tog bly ons nog 'n volk En sal ons voortbestaan.” Gedeelte uit AG Visser se gedig: Die ou Voortrekker Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n

plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1


Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus Met die afgelope jaar se gebeure, voel daar behoorlik of daar ‘n gaping in jou lewe is. In Kleinfontein, het die lewe egter steeds aangegaan. In hierdie uitgawe berig ons oor verskeie projekte en interessanthede wat gebeur het na die verskyning van die vorige uitgawe.

Wie hou nie van ‘n troue nie … Ja, daar was ‘n troue! Een van ons redaksiespanlede, ons grafiese ontwerper, Carine, het in die huwelik getree met Nick Miller! Dan is daar ‘n interessante stukkie kunstigheid, by name Bewolkkuns waarvan ons u ook meer vertel. Ons Volksmuseum, vorder sigbaar stuk-

kie vir stukkie en daar was ‘n gesellige boomplantdag om die museum se terrein te verfraai met inheemse bome! Baie dankie aan ou en nuwe adverteerders asook elke medewerker (inwoners wat beriggies en foto’s deurstuur) wat gedurende die jaar mee gewerk het om die kwartaalblad vol nuus te hou.

Seënwense en voorspoed vir 2021!

TROUE, TROUE, TROUE

REDAKTEUR: Álet Erasmus ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: Carine Miller FOTO’S: Álet Erasmus, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

‘n Groot dankie aan Mev Elisabeth Malan vir die werf en afrond van advertensies en aan Carine wat al die beriggies, foto’s en advertensies kunstig saamvoeg sodat ons vir u die leser, ‘n keurige blad kan gee! Vir die van u wat met vakansie gaan, veilige reis en vir die tuisblyers, geniet die mooi in jou omgewing!

REDAKSIESPAN:

Advertensietariewe vir 2020

Nuus vir die Kleinfonteiner is bedoel om kwartaalliks te berig oor alledaagse en positiewe gebeurlikhede in Kleinfontein.

Baie geluk en seënwense aan Nicholas en Carine Miller wat op Saterdag, 3 Oktober 2020 in die huwelik getree het!

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hulle inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het. 2


Oordenking: Ds Marius Hartzenberg

Geen groter liefde nie. Lees 1 Korinthiërs 13:1-13. Ons lees in Joh. 15:13: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

was hulle baie ingestel op hulle verhoudings. Hulle het wel getrou, maar egskeiding was baie algemeen.

dings in ons land vandag? Nie beter as by die Korintiërs nie. Ons is tog ʼn land wat bekend is as ʼn Christenland!

Hoe waar, maar Kersfees is die herinnering aan die geboorte van Christus Jesus, nie sy sterwe nie. Ook waar, maar as Hy nie gebore is nie kon Hy nie gesterf het nie.

Paulus probeer vir die Korintiërs skets dat Jesus Christus na die wêreld gekom het nie om “liefgehê” te word nie, maar om lief te hê. Hy het kom gee, nie kom vra nie.

Dan verstaan ons liefde net so verkeerd soos die Korintiërs.

Hy is gebore om hierdie groot daad van liefde vir ons te doen.

Hoe gaan dit met verhou-

Die oplossing is by Christus Jesus. Hy is liefde. In Hom het ons ook werklik lief. Mag Kersfees 2020 ons nader aan Christus Jesus bring.

Liefde is so ʼn groot begrip dat ons, of te veel of te min, van die betekenis van hierdie woord verstaan of hoor of gee; of dat ons soms mekaar glad nie verstaan nie, omdat ons twee verskillende begrippe van dieselfde woord in gedagte het. Die apostel skryf sy brief aan die gemeente in Korinte, want hy het verneem dat daar onder hulle misverstand is oor wat liefde werklik beteken. Dit lyk of daar mense is wat reken dat liefde beteken dat iemand sonder my nie kan klaarkom nie, daardie persoon altyd na my behoeftes sal omsien, my sal troos as ek hartseer of moedeloos is, my sal komplimenteer as ek goed vaar. ʼn Baie selfgesentreerde siening en as gevolg daarvan 3


Ter Nagedagtenis Willem van der Merwe 29/12/1952 tot 17/08/2020

Thys Adams 29/07/1941 tot 26/08/2020

Thys en sy vrou Hester het hulle goed gevestig na hul inFrancois Malan

Kleinfontein se slangvanger! Hy moes noodgedwonge ook

Altyd ‘n glimlag en ‘n interessante storie om te vertel. Hy het ook ‘n liefde vir Italiaanse motors gehad. Willem is verskeie keer in sy lewe beproef deur ernstige siektes wat hy met geloof deurleef het. Net voor sy laaste siekbed, het hy ‘n ernstige studie gemaak van Ds WJA van Schalkwyk se boekie, “God

werk met my”, wat ook ‘n rustigheid in sy gemoed gebring het. In sy begrafnisbrief is die getuienis van sy blye herontdekking van die uitverkiesing en die sekerheid van Jes 43:1 in sy hart: “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep: jy is myne!” Carina en familie, mag julle ook daarin vertroosting vind. -Álet Erasmus

trek in die Kleinfontein gemeenskaap. Thys het ingeskakel in die gemeenskap. Hy was gekies as ouderling in sy kerk en was ook lid van die kultuurkomitee. Hy was deel van die jukskeigroep en aktief in die volkspelelaer.

werk. So het hy vir sy seun vir die plaas verskeie items gebou soos skaaphokke, selfvoerders, ens. Dit was 'n plesier om te sien hoe hy met sy twee hande yster kon omvorm tot pragtige werkstukke.

Thys het 'n sagte geaardheid gehad en kon 'n goeie gesprek voer. Sy stokperdjie was egter om met ysters te

Ons groet jou. Dit was goed om jou te ken.

een oggend ‘n groot pofadder kom verwyder wat voor die saal se deur gelê het. Ewe rustig het hy met ‘n emmer en nodige gereedskap die slang kom verwyder! Oom Francois Malan het jy gereeld gekry waar hy stap van die admin kantoor na sy huis toe. ‘n Man met interessante staaltjies en ervarings oor sy lewe voordat hy in Kleinfontein kom woon het. Hier was hy betrokke in die gemeenskap as bou in-

spekteur en het ook op verskeie komitees gedien waaronder ‘n geruime tyd voorsitter van die bemarkingskomitee. Sy gesondheid het hom ‘n tyd gelede in die steek gelaat en na ‘n beroerte aanval het hy stelselmatig agteruitgegaan. Op 2 November 2020 het hy (‘n maand voor sy 92ste verjaarsdag), tot ruste gekom en na sy Vaderhuis gegaan. Ons innige meegevoel met Linda en familie met jul verlies.

-Louis en Jean Peens

4


Ellie Hanekom

Ellie Hanekom het op 23 Oktober 2020, in die ouderdom van 83 jaar, haar aardse woning verlaat om tot in ewigheid saam met haar Hemelse Vader te wees.

Tannie Ellie het die laaste ses jaar van haar lewe op Kleinfontein gewoon waar sy by verskeie bedrywighede ingeskakel het, onder andere as leidster van die APK-koor en aflos-orelliste tydens eredienste. Haar liefde vir musiek het haar tot die bitter einde vreugde en kalmte verskaf. Die laaste paar weke van haar lewe het sy in die Kleinfontein Sorgsentrum deurgebring waar sy net die beste versorging gekry het. As familie wil ons elke personeeellid uit ons harte uit bedank vir

julle onbaatsugtige liefde en omgee. Ons weet julle het die ekstra myl geloop, dit selfs singend gedoen, ons waardeer dit. Ma-Ellie was ‘n geliefde en liefdevolle moeder, ouma en vriendin. Haar kinders, kleinkinders en familie was haar lewe. Ons sal haar altyd onthou as die biddende, dankbare en liefdevolle mens wat sy vir ons was. Moeder se aardse plekkie is nou leeg, maar in ons harte koester ons die mooi herinneringe. -Cornelia Hanekom

5


6


Nini se Kos -Carine Miller Kleinfontein het ‘n nuwe koffiewinkel! En dit is glad nie waar jy verwag het om een te vind nie. In die rustige, natuurskone Wildpark, Swartwitpens nommer 3, is daar ‘n bordjie wat roep: “Nini’s OOP”. Hier kan ‘n mens gerus ‘n draai maak om saam met die rooihartbeeste en blesbokke ‘n heerlike koppie koffie te drink en een van Lucia Greyling, bekend aan haar kleinkinders as Nini, se ligte etes te eet. Lucia bly nou al 4 jaar lank op Kleinfontein en is al bekend vir haar heerlike gebakte geregte wat mens gevries kan koop

om later by die huis te gaan warm maak. Sy het voorheen ‘n restaurant in Bronkhorstspruit gehad en het al baie funksies onthaal in haar lewe. Dis hoe sy haar passie ontdek het: Sy maak kos wat lekker is want sy is lief daarvoor. Kontak haar ook gerus as u nie lus is om kos te maak vir Kersdag nie – sy werk aan ‘n hele Kersetespyskaart. In die toekoms is Nini van plan om groot funksies te reël vir die kinders in die omgewing vir skoolfunksies of verjaarsdagpartytjies en speletjiesaande saam met die bejaardes op

Kleinfontein. Die klein koffiewinkel is die perfekte plek om ‘n oggendtee saam vriendinne te geniet, ‘n rustige ooievaarstee, huweliksherdenking of verjaarsdagpartytjie te vier op bespreking, of soos ek, net te sit en werk in ‘n stil omgewing met ‘n pragtige uitsig. Sy het selfs internet.

7


KLEINFONTEIN SORGSENTRUM INKLEURTYD EN KREATIEWE KUIERTYD Álet Erasmus In die bekwame hande van Hettie Kühn, word daar Dinsdae middae net voor teetyd ingekleur by die Sorgsentrum. Die inkleuraksie help met fyn motoriese beweging van die vingers, hande en polsgewrigte wat met die ouderdom saam, soms begin stram word. Dit is ook lekker om ‘n vaal omlynde

prentjie te sien lewe kry met die inkleur daarvan! Sommige van die inkleurboeke het selfs ‘n voorbeeld van die kleure wat vir die spesifieke prent gebruik moet word. Terwyl daar ingekleur word, word daar ook lekker gesels.

Jongmense verbreed hul kennis

Kleinfontein Sorgsentrum se kokke bak hulle eie boerebrood!

Ronel Naude en Jacky Rudolph agter die pragtige boerebrode Die twee jonge dames, Sibella Genis en Solize de Bruin, (CVO Skool Pretoria) het vir 3 dae in September ervaring opgedoen by Kleinfontein se Sorgsentrum. En al die Ooms en Tannies kan nie wag om 'n storie te vertel en so nou en dan weer te vertel nie.

Lees meer oor ons eie sorgsentrum op www.kleinfontein.net. 8


Tuisversorging met liefde Ina en Danie is twee boere in murg en been. Altwee het op plase grootgeword waar hulle baie geleer het. Danie in Warmbad en Ina in Rust der Winter waarna beide skool gegaan het in Warmbad hoërskool. Na skool het Danie elektries gestudeer en Ina verpleging. Danie het sy diensplig gedoen en jare in myne gewerk en later geboer ook. Die laaste 20 jaar het hulle in Grootfontein Country Estate, Garsfontein verlegging, Preto-

ria gewoon. Danie het vir 20 jaar konstruksie werk vir B+T Staalkonstruksies gedoen en gevolglik het hulle die hele land vol getoer en hard gewerk. Met verloop van tyd het dit vir Ina te moeilik en ongerieflik geraak en sy het tuis haar toegewy om met honde, katte en selfs ape te teël. Beskuit is ook uitgebak en voete (pedikuur) gedoen. Nadat werk en arbeid ‘n probleem begin raak het, het Danie begin lusern en teff plant, totdat die boorgat begin opdroog het en inbrake begin het. Hulle het hul hoewe in die mark gesit en met genade van Bo, betyds verkoop en 1 September 2019 te Kareepark 44, Kleinfontein ingetrek.

Danie besig by sy werksbank

Hulle het dadelik ingeskakel waar Danie nutswerk doen en Ina haar verpleging weer kon inspan deur tuis

Ina in haar tuin verpleging en voetsorg te doen.

Die twee bedrywige inwoners het ook nog tyd vir stokperdjies soos kamp, jag, toer, braai en tuinmaak. Alhoewel Ina nie nou baie tyd kry daarvoor nie, sal sy ook weer wil skilder.

Oom André van der Walt en Ina op hul twee weeklikse koffiedrink uitstappie in Kleinfontein Ina en Oom André

9


Ontmoet vir: Johan en Mariet Steyn

Johan en Mariet Steyn het albei op die plaas groot geword en was in Plaasskool de Hoop en Plaasskool Vlakpan. Hoërskool jare was in Lichtenburg. Johan het na skool opleiding ontvang by SAW Voortrekkerhoogte en Mariet by HF Verwoerdhospitaal. Hulle is getroud in 1969 en is geseën met twee seuns en ‘n Ester Rall

Ester het opgegroei in Muldersdrift. Sy studeer later aan Tuks Biblioteekkunde HOD. Sy ontmoet later haar man Francois Rall, ‘n Kolonel in die weermag. Hulle is in 1971 getroud, en is geseën met vier kinders en later drie kleinkinders. In 1980

dogter en vier kleinkinders! Alhoewel Johan vir agt jaar by SAW was, begin hy boer in die Ventersdorpdistrik, later Hazyview, ook by Lisbon Landgoed en laterlik in Rustenburg as ‘n stoorman en trokbestuurder tot en met sy aftrede in 2016. Mariet se verplegingsberoep het haar geneem van Hf Verwoerd na Ventersdorphospitaal en Ferncresthospitaal waar sy afgetree het einde 2019. Tussendeur het sy ook afloswerk gedoen by ouetehuise. Op 31 Julie 2020 het die twee hul nuwe tuiste hier in Kleinfontein kom maak waar Johan sy liefde vir tuinwerk

kan uitleef en Mariet die binnekant van hul huis verfraai. Hulle was in 2007 amper inwoners hier in Kleinfontein, maar vroeg in 2020 het die geleentheid hom weer voorgedoen om hul lang gekoesterde droom te laat verwesenlik! “En HIER IS ONS! Ons is dol gelukkig en voel baie tuis in ons nuwe tuiste, wat – terloops – meer as 3 maal so groot is as die aftreehuis in Rustenburg. Ook in ons nuwe gemeente is ons besig om ons voete te vind en volgende jaar kry ons DV ‘n loseerder in die vorm van ons oudste kleinkind, wat beplan om sy opleiding by Soltec te kom doen.” Baie welkom Johan en Mariet!

is hulle na Switserland waar hy militêre attache vir SuidAfrika was. In 1984 kom hulle terug na Suid-Afrika en vestig hulle in Faerie Glenn. Ongelukkig het Francois haar ontval waarna sy ‘n tyd in Stilbaai gewoon het. Haar kinders woon egter almal in Pretoria en die geleentheid het hom voorgedoen dat sy haar intrek kon neem in Wag ‘n Bietjie. Ester is natuurlik baie lief vir lees en maak reeds gebruik van ons plaaslike Kleinfontein biblioteek, sy speel graag klavier en met die heerlike reën wat die afgelope tyd geval het, sien sy daarna uit om te kan begin tuin maak. Baie welkom aan Ester.

Vir interessantheid ... Dr Francois Rall was die stigter en eerste eienaar van ProAgri. Sy droom was om nuus oor landboutegnologie by elke boer uit te kry, sodat boere kan sien watter opsies beskikbaar is en beter kan boer. 10


Briewe Dankie! – 'n klein woordjie wat uit ses letters bestaan maar met 'n groot betekenis. Graag wil ons hierdie geleentheid gebruik om vir Álet en haar span, Lou ingesluit, te bedank vir die puik werk wat hulle verrig met die saamstel, proeflees, druk en die bind van die Kleinfonteiner. Wie van ons wat nog nie self by 'n publikasie betrokke was, weet nie hoeveel werk is daar aan verbonde? In die onlangse verlede is daar 'n anelise gedoen van die Bemarkingskomitee en

die volgende wyse woorde het daarin verskyn: “'n Groep wat uit vrywilligers bestaan, wat sonder vergoeding, hulle tyd spandeer om take te verrig, ens.”! Bogenoemde is ook van toepassing op Álet en haar span. Vir ons as relatiewe nuwe inwoners van Kleinfontein is dit 'n GROOT voorreg om dit te kan lees, te kan oordink en te geniet.

Dankie vir die saamry! Baie dankie aan Rita Bornman wat ons help met vervoer wanneer ons nie meer self oor die weg kan kom nie! Dit beteken vir ons so baie! Die briefie is kort, maar die dankie is GROOT! -Kotie Asher, Marie Mans en mede Kleinfonteiners

Doen so voort – ons is trots op julle! -Theo en Rina Kruger

Skryfgeleentheid vir Nuus vir die Kleinfonteiner Die Kleinfonteiner is op soek na nog skrywers en mense wat kan bydrae tot die tydskrif. As u lief is vir skryf, betrokke is by die gemeenskap en bekend is met ‘n kamera (selfs ‘n slimfoonkamera) stuur gerus ‘n e-pos na alete@kleinfontein.net. Ons sien uit daarna om nog skrywers deel te maak van die Nuus vir die Kleinfonteiner! Ek woon in Kleinfontein en verkoop Annique Produkte. Ek het voorraad beskikbaar of kan ‘n spesiale bestelling binne 3 dae lewer. Almal is welkom om my te kontak vir meer inligting oor die Annique Produkte.

KLEINFONTEIN 9 kg

R180.00

19 kg

R380.00

48 kg

R950.00

HERVUL VAN GASSILINDERS

Vir inligting en bestellings kontak Marlene: 082 550 2852 11


JAV van Kleinfontein gehou op Saterdag 21 November 2020

Die volgende lede is verkies tot die direksie om sodoende die ses vakante poste te vul:

Louis Berrington

DeWet Cillier

Dannie de Beer

Tinus Myburgh

Jean du Plessis

Henk Stander 12


Ons wens die nuwe direksielede, saam met die bestaande direksielede, voorspoed vir hulle groot taak tot die uitbreiding van Kleinfontein en handhawing van ons Missie. Na afloop van die vergadering is ‘n geskenk oorhandig aan die uittredende Voorsitter, Mnr. Jan Groenewald deur Chris Els en Marietjie Nell. Foto: Wicus Creamer Die verrigtinge is afgesluit met die sing van die eerste strofe van Die Stem.

13


Entrepreneurskap in die grendelstaat Gedurende die grendelstaat het ‘n paar entrepreneurs nuwe inspirasie gekry en één van hierdie ondernemings het ontstaan hier op Kleinfontein. Die Anglo-Boereoorlog en die oorwinning, braafheid en natuurlik die tragiese gebeure wat gevolg het, het as hoof inspirasie gedien. “Soveel beelde en geskiedenis van mans en jong seuns wat geveg het vir hulle onafhanklikheid teen die Britte sowel as die lewens van soveel kinders en vroue wat geneem is deur Kitchener se geskroeide aarde-beleid en die genadelose konsentrasiekampe, het tot ‘n verantwoordelikheid gelei dat hierdie

mense, ons mense, se verhaal vertel moet word”: aldus die kunsternaar Qumé Erasmus. Bewolkkuns het so ontstaan, met oorspronklike sketse van die verhale wat met fyn borduurwerk verwerk word as muurkunsbehangsels. Die borduurwerk is swart en wit, klassiek en eerlik, met emosie en respek vir die gewone mense wat alles opgeoffer het in elke steek vasgevang. Bewolkkuns stal ook uit by Die Buitemark wat maan- Hierdie muurkunsbehangsels is deliks plaasvind in Tieger- ook bekikbaar deur Qumé Eraspoort, Pretoria. mus direk te kontak by 082 847 8483, of op Facebook, Instagram of die aanlynwinkel www.bewolkkuns.co.za.

Rooibos is ‘n eg Suid Afrikaanse plant en so ook is Annique ‘n trots Suid Afrikaanse produk. Gemaak vir Suid Afrikaners deur Suid Afrikaners. Kyk gerus na die voordele wat Rooibos inhou!

Kontak my Marlene: 082 550 2852 14


BOOMPLANT DAG 24 OKTOBER 2020 Negeuur die Saterdagoggend het die Kleinfonteiners kom aanmeld met grawe, emmers en bome. Alhoewel daar reeds ‘n paar bome was wat geskenk was, het die boomplanters hul eie inheemse bome ook gebring om te plant.

Snippie van Oom Willie, het ewe geduldig toesig gehou oor die klompie wat so ywerig gearbei het! Louis Berrington het die gate gegrawe met die nodige masjinerie en die boomplanters het toe die kompos en grond wat weer terug gewerk kon word, in die gate geskep en die bome geplant.

Die Calvinistiese Aliansie besig om hul boom te plant Dit was ‘n spanpoging duisend! Baie dankie aan almal wat hierin gedeel het op watter wyse ook al! Die bome is met liefde geplant en ons nageslag sal spreekwoordelik die vrugte daarvan kan pluk.

Jonk (die jongste was maar twee jaar oud!) en oud het deelgeneem. Daar is gesels, gesweet (want dit was lekker warm dié dag), blase op die hande vergelyk en toe water gegee.

Aan die einde van die oggend kon almal met ‘n goeie gemoed terugstaan en hul handewerk geniet. Die museum se terrein gaan met verloop van tyd ‘n lushof wees met soveel liefde wat saam met elke boom geplant is.

Kleinfontein akademie en ‘n paar maats het ook kom hand bysit

15


16


- Ds. Lood v.d.Merwe

REËNVALVERSLAG

2013

2014

2015

2016

2017

2018

2019

2020

Jan.

78

95

105

150

130

93

196

181

Feb.

51

141

25

34

112

96

163

73

Mrt.

50

276

89

142

15

249

22

117

Apr.

96

10

58

18

107

50

82

145

Mei

28

0

0

70

29

24

4

0

Jun.

0

2

0

20

0

0

0

20

Jul.

0

0

6

4

0

0

0

0

Aug.

4

2

0

2

0

0

0

0

Sep.

11

1

78

2

16

20

2

0

Okt.

146

65

16

100

59

80

20

58

Nov.

128

139

87

293

80

86

187

197

Des.

156

256

94

107

115

110

375

TOT.

748

987

565

942

663

808

1 051

ALIDA SE NAALDWERK PLEKKIE (Langs Raaniep Spicy, Kleinfontein) Maak en herstel van klere, gordyne, tafeldoeke, lappieskomberse, asook oortrek van stoele. Enige tipe naaldwerk waarvoor gevra word. Maandae tot Vrydae: 06:00 - 16:00 Nommer: 079 979 2552

Alida se naaldwerkhoekie bly besig!

Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752

No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat

Alida besig met ‘n kliënt se kledingstuk. 17


Ons Volksmuseum Andries Breytenbach Wanneer mens Kleinfontein deur die hoofpoort binnery, vang die gebou skuins-regs voor jou dadelik die oog. Eersdaags sal die naam Volksmuseum groot langs die gebou se hoofingang pryk, en wanneer dit in bedryf is, sal dit méér huisves as net ʼn museum. Dit sal ʼn kultuursentrum wees wat die hart moet vorm van ʼn kultuurpark wat die geskiedenis, ontwikkeling en strewe van óns volk uitbeeld. Die gedagte om ʼn bewaarplek vir ons erfenisgoedere te

skep, het reeds twintig jaar gelede tydens die 100-jarige herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog ontstaan. Volksgenote het na vore gekom met items van kultuurhistoriese waarde wat in hul private besit was. Omdat dit deel uitmaak van ons volk se erfenisgoedere wou hulle dat dit vir die nageslag bewaar word, maar sulke items kon nie meer aan die tradisionele bewaarplekke soos universiteite en museums waarin die staat ‘n hand het, toevertrou word nie, want die aanslag op ons

volk se erfenis was toe al sigbaar. ʼn Volkseie Museumraad is toe in die lewe geroep om ʼn eie bewaarplek te skep. Dit was nog lank voordat ons gehoor het van liedjies en veldtogte soos “ons sal self”. Die historiese terrein op Kleinfontein waar die Boeremag van die ZAR aan die Britse ryk getoon het dat ons nog lank nie verslaan was nie, en waar ons in 1988 daardie grootse Groot Trek 150-fees gehou het, was die aan-gewese terrein vir so ʼn bewaarplek. Uiteindelik was dit die Kleinfontein Museumkomitee — nou herdoop tot die Volksmuseumkomitee — wat die bul by die horings gepak en met die konstruksie daarvan begin het, en ook nie ʼn dag te vroeg nie. Twee weke gelede, op Erfenisdag, het ons kennis geneem van die ANCpresident Ramaphosa se standpunt dat alle “koloniale-” of “apartheid-” simbole uit die

Materiaalwinkel Hannetjie 071 533 6267 Winkel 8 Rayton Park Plaza

18


openbaar verwyder moet word. Daarmee bedoel hy alle simbole en kultuurgoedere wat getuig dat dit die blankes — en meer spesifiek die Boere, die Afrikaners, is wat hierdie land aan die wildernis ontruk en dit tot ʼn beskaafde, ontwikkelde land opgebou het. Inderwaarheid is die regering al ‘n geruime tyd in die stilte met die verwydering van ons erfenisgoedere besig. Talle van ons kultuurhistoriese museums en biblioteke is reeds vernietig en ons artefakte is van die uitstalkaste en -lokale verwyder. Dié proses gaan onverpoosd voort. Ons antwoord op hulle vernietiging is om sélf ons erfenisgoedere te bewaar en die fasiliteite daarvoor te skep. Daarvoor bou ons hierdie Volksmuseum. Die oprigtingskoste van die Volksmuseum soos dit tans daar uitsien, het R1 500 640 bedra. Nagenoeg nog soveel is nodig om dit te

voltooi. Onder God se seënende hand het hierdie hele bedrag uit die sakke van goedgesinde volksgenote — hoofsaaklik van buite Kleinfontein — gekom: individue, markdagverkope, enkele besighede, trustfondse en die voorgenoemde Museumraad. KA het nie daarvoor betaal nie. Daar is egter Kleinfonteiners wat ook bydraes gemaak het: party het hulle tyd en kragte gegee; ander het geld geskenk, sommige kleiner bedrae en ander groot bedrae. Saam het dit alles die oprigting van hierdie gebou moontlik gemaak. Elke sent wat ontvang is, staan daar in staal, steen en

beton, en as ʼn getuienis van God se seën. Aan ieder en elk van u wat geroer is om ʼn bydrae te lewer: BAIE DANKIE, en net so ʼn GROOT DANKIE aan De Wet en die bouspan wat onvermoeid gewerk het om ʼn struktuur op te rig waarop ons trots is en nog trotser sal wees wanneer dit voltooi is. Volksgenote binne en buite Kleinfontein, maak dit julle trots om in hierdie tyd van druk en verdrukking met groot dade te antwoord. Ek sal persoonlik eenhonderdduisend Rand skenk. As nog tien persone elk ʼn gelyke bedrag borg (skenk, kollekteer, insamel) is ons oor die hond se rug. Wat gaan jou bydrae wees?

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: KSK Finansiële Koöperatief Beperk ABSA Bank, Takkode 632005 Tjekekeningnommer: 406 009 2627 NB: Verwysing: 168G

19


20


21


GeseĂŤnde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar. Baie dankie vir u ondersteuning die afgelope jaar.

22


Welkom by ons eie biblioteek! Álet Erasmus

Jacomien Freyer is bibliotekaresse en Mien Bezuidenhout die vriendelike aflosdame. Kom snuffel rond in ons versameling Afrikaanse en Engelse storieboeke, literêre werke, biografieë en outobiografieë, of kry inligting oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. Kleinfontein se biblioteek is toeganklik vir enige iemand in die omgewing van Kleinfontein. Hoe registreer jy om boeke

uit te neem? Kom maak ‘n draai by die biblioteek, vul ‘n vorm in en begin dadelik boeke uitneem. Lidmaatskap is R50 per jaar per biblioteekgebruiker, betaalbaar by KA se kantoor. Die biblioteek is gehuisves in die gebou wat deel uitmaak van die Sorgsentrum se Noordekant. Indien jy wonder watter

Was van vensters

Lewer jou los matte by my huis af

(Rayton, Cullinan, Kleinfontein, Pretoria)

soort boeke verkrygbaar is by die biblioteek: Grootdruk en gewone skrif, kinder- en jeugboeke, enige ouderdom fiksie, nie-fiksie (Godsdiens, handwerk, kookboeke) – amper enige onderwerp. Hier word gebruikers in Afrikaans bedien! Kom besoek ons gerus.

Biblioteektye: Dinsdae en Vrydae: 10:00 tot 12:00 14:00 tot 16:00

23


Rayton Dierekliniek · Animal Clinic Dr. Frans Malan SC 19/16142

Eendag Winkelsentrum/Shopping Centre Naudéstraat/Street, Rayton 081 822 3660 raytondierekliniek@gmail.com Konsultasie-ure Maandae—Vrydae Saterdae Sondae & Vakansiedae

08h30—12h00 16h00—17h00 09h00—12h00 Gesluit/Closed

Konsultasie per afspraak/Consultation per appointment 24


Hier staan ons voor een heilige God van hemel en aarde! – KRUGERDAG 2020 -Álet Erasmus Terwyl die tarentale mekaar aanhelp met 'n "skuif-op-skuifop", open ds Marius Hartzenberg die Krugerdag viering in die gemeenskapsaal met die lees van Ps. 103. Daarna volg samesang van volksliedere onder leiding van Theuns de Wet (klavierbegeleiding, Elsie Kieser).

Hannes Noeth (voorsitter van die Kruger Genootskap), tree

op as gasspreker en neem ons deur die geskiedenis van 16 Desember 1891 tot by Paardekraal waar Paul Kruger aan die woord is en sê: “God is alom teenwoordig.” Die vraag word gevra ”Waar staan ons vandag?” Die antwoord: Ons staan steeds voor Hom, God van hemel en aarde!

Die vlae is gehys op Krugerdag.

Ons moet God se dade verkondig van geslag tot geslag, om God se goedertierenheid te behou. Andries Breytenbach, voorsitter van die Kultuurkomitee, vertoon ‘n interessante DVD oor die lewe van Paul Kruger. Soos gebruiklik, sluit die verrigtinge af met die sing van DIE STEM.

“Soek uit die verlede en bou daarop jou toekoms.” -Paul Kruger

25


Die Salon Skoonheidsalon het bygekom Sny, kleur, blaas en meer! Mans: R90 Dames: R150 Kinders: R70 Pensioenarisse: Mans R60 per sny en Dames R110 per sny Zelda: 082 5641866

26


Bedrywigheid in Kleinfontein, vir Kleinfontein! Een van die drie hoekstene van Kleinfontein is selfwerksaamheid. Ons doen dit self. Eie arbeid. Afrikaner arbeid.

SEKURITEIT SIERLIKE WILDPARKPOORT VOLTOOI

Afronding word gedoen aan die nuwe sekuriteitspoort in die wildpark. Die sierlike wildpark poort is pas voltooi en vroeg in Oktober in gebruik geneem.

Werkedepartement het die siviele werk hanteer en Kleinfontein Boubestuur het die elektriese valhekke geĂŻnstaleer. Vriende van Kleinfontein het hulle deel gedoen en die gras geplant.

Waterlek! En 7 minute later is 'n Afrikanerspan daar om herstelwerk aan te bring. Elders is die siviele span besig om 'n sinkdam op te rig vir voldoende waterstoorkapasiteit. So bou Afrikaners 'n reservoir kompleet met damsak en gesofistikeerde elektroniese monitoring.

Dit is hoe Afrikaners van Kleinfontein bou aan ons dorp. Hierdie siviele span is besig om ‘n fontein wat vir jare oor die pad loop, nuwe rigting te gee sodat die water nie die pad-oppvervlakte uitkalwe nie.

Nog 'n Vriende van Kleinfontein projek skop af. Die keer is dit die bou van Krieketnette. Om lid te word of 'n donasie te maak vir ons waardige projekte, besoek www.vriendevankleinfontein.net. 27


SKENKINGS

BEGRAFPLAAS

Baie dankie aan Sarel (dstv) vir die GROOT skenking, ons mense waardeer dit opreg.

Werkers van Fred Botha van Fremad Grafsteenmakery besig om hul netjiese werk af te rond in die Kleinfontein Begrafplaas. (Begrafplaas foto en inligting ontvang van Heleen van der Berg.)

Baie dankie ook aan ander skenkings wat na saktyd van hierdie uitgawe, ontvang is. Kyk gerus op Vriende van Kleinfontein se Facebookblad.

‘n Laaste rusplek

Die swembad is ook weer oop vir oud en jonk. Reëls en swemtye is by die ingang van die hek.

Nog 'n Vriende van Kleinfontein projek skop af. Die keer is dit die bou van Krieketnette. Om lid te word of 'n donasie te maak vir ons waardige projekte besoek www.vriendevankleinf ontein.net.

ONTSPANNING!

Links: Vir die perdry entoesiaste is daar ook geleentheid.

OMGEE

By die ingang van die Kleinfontein Sorgsentrum staan die afgelope paar weke ‘n krat met gratis suurlemoene wat gereeld aangevul word! Baie dankie aan die weldoener vir die heerlike growweskil suurlemoene.

NOG ONTSPANNING

Kleinfontein se bekende kliphuisdam is die perfekte plek vir 'n luilekker Saterdagmiddag.

Lekker visvang middag op Kleinfontein.

Die aanbied van professionele tennislesse het van Kleinfontein se tennisbaan die afgelope paar weke 'n miernes van bedrywigheid gemaak. Ouers en selfs oumas en oupas het die lemmetjiegroen bankie voor die tennisbaan volgesit. Professionele tennislesse is aan kinders so jonk as 3 jaar en so hier en daar 'n 50 jarige oom aangebied. Die projek is die inisiatief van Vriende van Kleinfontein en 'n aantal kinders word ook deur Vriende geborg. Vir navrae oor tennislesse en die koste daaraan verbonde stuur asseblief 'n Whatsapp na 012 942 8235. 28


Dit is vir my mooi ... Anita Meyer het hierdie interessante plant in haar tuin. Wie kan vir ons meer oor die plant vertel? Anita vertel ook dat sy elke plantjie in haar tuin ‘n naam gee – ‘n naam van die persoon by wie sy die steggie of plantjie gekry het!

Regs: Carli Wilcocks maak tuin op hul stoep. Sy geniet dié manier van tuinmaak.

29


30


Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Hoendersosaties Die afgelope tyd is dit opmerklik op die sosiale media, hoeveel mense nuwe resepte beproef en daarna foto’s daarvan geplaas het. Gevolglik inspireer hulle ander om ook

kreatief te raak in die kombuis! As gevolg van inspirasie wat ek ontvang het van ‘n mede tuissjef, het ek ‘n pakkie

hoenderborsies uitgehaal en dit omskep in pikante hoendersosaties wat ons op die kole gebraai het. Heerlik en maklik. Ek het dit nou al ‘n paar keer gemaak!

Bestanddele: Marinade: 1 ui in ringe gesny 125 ml water 5 ml sout 25 ml appelkooskonfyt 5 ml borrie

1 middelslag ui in kwarte gesny 125 ml bruin asyn 100 ml witsuiker 60 ml matige blatjang 15 ml geroosterde Marsala kerriepoeier

4 x hoenderborsies (ontbeen en ontvel) Kort sosatiesstokkies

Metode: Meng al die marinade bestanddele (uieringe ingesluit) en kook vir 5 minute. Hou die kerriesous eenkant om bietjie af te koel. Sny die hoenderborsies in blokkies (3 cm x 3 cm) asook die ui wat in kwarte gesny is (3 cm grootte). Plaas die hoenderblokkies in die voorbereide kerriesous en laat marineer vir 2 tot 3 ure.

hoendervleisblokkies). Plaas nou die gemarineerde droë vrugte, hoenderblokkies, rou skyfies ui en skyfies soetrissie afwisselend op die sosatiestokkies. (Ek het klein sosatiestokkies gebruik – vandaar die verwysing na “pikante sosaties”!) Skep die marinadesous oor die sosaties in ‘n mari-

nade bak en marineer vir ‘n verdere uur. Braai oor die kole tot gaar. Bedruip die sosaties so tussendeur ook met die marinadesous. Bedien saam met rys en verskeidenheid groente of slaai van jou keuse. Baie lekker ... geniet dit!

Wat kan nog tussen die uie en hoenderblokkies op die sosatiestokkie geplaas word? Soetrissie in 3 cm blokkies/ skyfies gesny. Gedroogde appelkosies/ perskes/pere/appels (ook vooraf gemarineer in die kerriesous saam met die 31


32