Nuus vir die Kleinfonteiner Somer 2019

Page 1

Desember 2019

Om trots te wees op ons eie Wanneer jy die dag besluit om Kleinfontein jou woonplek te maak, is selfwerksaamheid een van die punte wat jy vooraf moes ondersoek, deurtrap en dan jou eie maak. Hier werk ons “self”. Hoekom die woordjie in aanhaling geskryf? Vir sommige is dit as gevolg van ouderdom dalk nie meer moontlik om “self” alles in en om die huis te doen nie. In die vyftiger jare het ons

dinge nog “self” gedoen, maar mettertyd was daar ‘n nuwe neiging na goedkoper arbeid en die “self” het saggies verdwyn. In die latere negentigs, is daar weer besef wat die waarde van “self” is. Dit bring my teIngang van Kleinfontein – Ons rug by die besluit om God, ons Volk, Ons Eie Kleinfontein jou woonplek te maak. Inverrig deur volksgenote. Ons dien jy nie meer fisies eie ligte industriële geboue, in staat is om alles ons eie Uit en Tuis Winkelsen“self” te doen nie, kan trum, ons eie sportgeriewe en jy werk verskaf aan ‘n gemeenskapsaal, ons eie volksgenoot om jou Sorgsentrum, ons eie woongemet die taak te help. bied, wildpark en hoewes So is daar ook op ons asook ons eie laaste rusplek webblad ‘n lys van kon- teen die koppie naby die wildtrakteurs wat ons mispark. sie ondersteun. Deur trots te wees om “self” te Ry nou deur Kleinfonwerk, versterk ons ons mistein… van die ingang sie... ook met die oog op ons nageslag. Twee van De Wet se bouers wat af is werk verrig en word daar steeds werk trappie bou Missie van Kleinfontein

Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ’n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1


Uit die redakteur se pen -Álet Erasmus Die jaar het vinnig by ons verby gevlieg. ‘n Jaar met hartseer waar ons moes afskeid neem van geliefdes, maar ook ‘n jaar van vreugdes. In Nuus vir die Kleinfonteiner is dit oor die jare ook ons uitgangspunt om opbouende artikels te plaas asook foto’s van interessante geleenthede wat in Kleinfontein plaasgevind het. Sedert ons laaste publikasie was daar die Wilde Weste dag, die APK se oesfees en vele meer. By die Sorgsentrum wys Ans (een van die inwoners) nou die dag bolplante wat baie lanklaas geblom het, wat nou skielik na die eerste buie reën weer uitgroei en spog met hulle pragtige blomme. Ons as inwoners moet eintlik

elke dag met nuwe oë na ons omgewing kyk. Dit is maklik om so gewoond te raak aan dinge om jou dat jy dit nie meer raaksien nie. Dan kom daar ‘n besoeker en hulle sien dit raak!

Lekker lees aan alles en nog wat, wat ons vir u in hierdie uitgawe saamgestel het. Dankie vir lesers wat meewerk en inligting vir ons deurgee waar ons nie altyd van bewus is nie! Baie dankie ook aan my medewerkers, Marietjie Fourie (artikels), Elisabeth Malan (advertensies) en Carine Joubert (bladuitleg) wat elke keer soveel ure insit om vir u, die leser en die adverteerder, ‘n interessante blad te kan saamstel! Vir die wat met vakansie gaan, ry veilig en kom veilig terug en dié wat met Jan Tuisbly se karretjie gaan ry, mag dit vir u ook ‘n rustyd en vreugdevolle tyd wees.

REDAKSIESPAN: REDAKTEUR: Álet Erasmus MEDEWERKERS: Marietjie Fourie ADVERTENSIES: Elisabeth Malan (083 486 5040/eamalan@kleinfontein.net) BLADUITLEG: Carine Joubert FOTO’S: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Dannie de Beer Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein.net

Advertensietariewe vir 2019 Volblad — R300 1/2 blad — R150 1/4 blad — R80 1/8 blad — R50

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK

Ondersteun ons adverteerders en maak melding daarvan dat u hul inligting in die Nuus vir die Kleinfonteiner gekry het.

2


Oordenking: Ds. Nico Steenberg

Balans Efesiërs 4:14: Dan sal ons nie meer kinders wees nie, ons sal nie meer soos golwe op en af geslinger word nie. Die mooiste vorm van volwassenheid is om ‘n gebalanseerde mens te wees. Alle volgroeide mense is nie volwasse nie. Fisies mag hulle volwasse wees, maar geestelik, emosioneel en verstandelik is baie volgroeide mense nog nie mooi groot nie.

Elke mens ervaar hom- of haarself op drie maniere, naamlik:

‘n Volwassene wat gebalanseerd is in sy denke, sy emosies en wil, is groot van gees, verdraagsaam, liefdevol en ‘n sieraad vir die samelewing. ‘n Mens se denke, emosies en wil vorm jou persoonlikheid en bepaal of jy ‘n gebalanseerde mens is. As die een die ander oorheers is jy ongebalanseerd.

Om gebalanseerd te wees is om geestelik, verstandelik en emosioneel fiks te wees; om jou gees te oefen en onder beheer te hê.

Dit wat ander mense van jou dink; dit wat jy van jouself dink ... en dit wat jy in werklikheid is. Hoe nader hierdie drie aan mekaar is, hoe meer gebalanseerd is jy.

Beteuel jou vinnige humeur en sieklike liggeraaktheid. Vra vir jouself: Behoort ek só te voel? (emosies) en probeer om nie so bombasties te wees nie (wil). Kyk dan of jy nie ‘n gebalanseerder volwassene sal wees nie.

Só gee mens uitvoering aan die liefdesgebod van die Bybel. Só word die wêreld ‘n beter plek.

Geestelike fiksheid vereis volgehoue harde werk. Hou jou krasse veroordelings en kritiek in toom en dink voor jy praat.

Gebed: Here voed my gees, maar hou my nugter en prakties in my

doen en late. 3


4


Ter Nagedagtenis Aletta Elizabeth (Lizzy) Burger Nadat haar man Koos haar ontval het, het sy in haar huis in die Houthuispark aangebly. Sy was 'n netjiese en opregte mens met 'n sterk persoonlikheid. Ten spyte van artritis wat haar na 'n tyd in 'n rolstoel laat beland het, het sy nog op haar eie aangegaan en allerhande planne gemaak om dit vir haar

makliker te maak. Sy is op die 29ste Mei in die Kleinfontein Sorgsentrum opgeneem nadat haar gesondheid verswak het. Sy was gelukkig daar en het goeie versorging ontvang totdat sy op 2 September 2019 in rustigheid by die Sorgsentrum heengegaan het. - Sonika van der Schyff

Susan van Tonder Susan het op Saterdag 19 Oktober 2019 in die ouderdom van 77 jaar heengegaan. “Ons sal Ma altyd onthou vir haar standvastigheid in geloof met volle vertroue in ons Skepper. Selfs tydens haar laaste jare van siekte het sy altyd positief gebly en nooit gekla nie.” – Al-

dus, een van haar seuns. Kleinfontein sal haar onthou as die vrou met die sagte oë en sagte glimlag met Gert altyd aan haar sy. Mag julle, as die verlange kom, vrede vind in die mooi herinneringe wat sy so kwistig nagelaat het. -Marietjie Fourie

5


Briewe Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop – Laerskool katkisasie-afsluitingskamp 2019 te Kleinfontein. Ons en ons laerskoolkatkisasie-kinders van die Gereformeerde Kerk Pretoria -Meintjeskop weet al ‘n geruime tyd dat ons kerk se bussie vanaf Kleinfontein ry omdat ‘n aantal van ons lidmate daar woonagtig is. Meeste van ons was egter nog nooit daar nie en het dus nie ‘n prentjie van hoe dit daar lyk nie.

Wel, vir die 2019 katkisasieafsluiting het ons ‘n kampplek vir een aand nodig en Kleinfontein Afrikaner Kultuurgemeenskap se Kleinfontein Karavaanpark bied ons die vriendelike geleentheid aan om daar te kamp, Vrydagaand die 15de November. Na ‘n jaar waarin ons kinders omvattende katkisasie-onderrig rakende God Drie-Enig

ontvang het vanaf ons as ouers, en dan saamgevat deur die kategete, was dit ‘n wonderlike geleentheid om saam te ontspan. Die kinders het heerlik gespeel met die oorvloedige spasie tot hulle beskikking en kon vir ‘n verandering ook sien hoe dominee Ben in ‘gewone’ klere lyk! Ons het maar koud geslaap Vrydagaand weens die windjie wat gewaai het, maar weer heerlik gaan stap Saterdagoggend. Tydens die stap het die kinders (en ouers) die inligting rakende die Anglo-Boereoorlogskermutseling ontdek. Die kamp is afgesluit met ‘n lekker (dog effens koel) swem. Baie dankie aan Kleinfontein Karavaanpark vir die gasvryheid – ons waardeer dit! Zack Enslin (namens die katkisasie ouers en kinders)

Bankieprojek (opvolg) Vriende van Kleinfontein, in samewerking met Gemeenskapsorg, se Bankieprojek skop in alle erns af. Die projek behels dat bankies al langs ons bejaardes se staproete na ons winkelsentrum opgerig word. Ons sê dankie aan die skenker van die bankies asook elkeen wat vrywillig help met die oprig daarvan. Eersdaags kan daar rus-rus gestap word!

6


Oesfees: 28 September 2019 -Marietjie Fourie

Annie van Wyk en Marthie Joubert het fluks vetkoek gebak. Mens wonder op hoeveel plekke in ons land word Oesfees nog gevier...

Op Kleinfontein bly dit ‘n geleentheid om na uit te sien. Die gemeenskap, familie en vriende trek op daarheen. Wanneer jy instap, walm ‘n

Marie Venter en Frena Baumach saam hulle dogters, sorg vir genoeg pannekoek vir elkeen.

Miemie Bosch en Martie van Staden

Barbara en Ronel

mengelmoes van geure jou tegemoet.

bees geslag en wors gemaak. Die hoenderplaas het hoenders gebring, netjies geslag en verpak.

‘n Geroesemoes van stemme klink op. Dis ‘n vrolike weersien en kuier. Mense koop lustig eetgoed vir die naweek. Snuisterye is daar te kies en te keur. Daar is ‘n

Die twee Kruger-broers op hulle pos.

Aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het, baie dankie!

Nellie Grobbler maak slap skyfies.

Carli Wilcox, Theresa en Gerrit Myburg by die snuffeltafel.

7


Ons kinders presteer Onder: Daar was ‘n aantal laerskool presteerders by Kleinfontein Akademie tydens hulle prysuitdelingaand. Foto’s: Carl Breytenbach Links: Dihann van Stade sportseun van die jaar Bo: Driaan Beyers (jr) is verkies tot Hoofseun vir 2020 by CVO Skool Pretoria. Hier staan hy langs sy naamgenoot, Generaal Beyers.

Links: Lee-Ann Grobler, toppresteerder, graad 1

Regs: Morné Brand, Kleinfonteiner van die Jaar

Links: Victor Brits, Kleinfonteiner van die Jaar

Bo: Hugo van Stade, toppresteerder, graad 3 Links: Reuel de Bruyn, toppresteerder, graad 2

Bo: …en in ligter luim was daar ‘n Oupa- en Oumadag die 5de September.

Foto: Dannie de Beer 8


Drie van ons jongmense in Kleinfontein het ook onlangs Belydenis van Geloof afgelê.

Bo: Driaan Beyers en Sibella Genis het by APK Kleinfontein Belydenis van Geloof afgelê op 3 November. Ds. Hartzenberg staan hier by hulle. Links: Minke Bekker het 20 Oktober 2019 Belydenis van Geloof afgelê by die APKerk Pretoria Oos.

Perdrykompetisies Twee dames wat onder die vaandel van Kleinfontein Tuisskool aan die Sanesa Nasionale Kampioenskappe deelgeneem het, het met 'n handvol pryse weggestap. Core League (25 September). Geskryf deur: Dannie de Beer

Van Gauteng vir Gauteng - Mariolette Bekker Na baie harde werk en deursettingsvermoeë deur die afgelope jaar slaag Minke en Jurie Bekker, in samewerking met hulle twee perde, Chessa en Dandre daarin om deur te dring na die Nasionale kampioenskappe vir “Western Mounted Games”. Dit was gehou te Parys (Vrystaat) 21 - 23 September 2019. Oor hierdie tydperk was Minke en Jurie trots deel van 420 ruiters en hulle perde nasionaal.

Die Gautengspan was 70 ruiters met hulle perde. Goeie tye is gery en dit was vir hulle ‘n eer om deel van die span te kon wees.

Minke en Chessa (Speed Barrels); Jurie en Dandre (Speed Balls).

Deana op haar perd Sky en Ingrid en Storm het die 1ste plek nasionaal in Handy Hunter (80 cm) behaal. (Foto: Berdine Celliers) 9


- Ds. Lood v.d.Merwe

REËNVALVERSLAG

2012

2013

2014

2015

2016

2017

2018

2019

Jan.

90

78

95

105

150

130

93

196

Feb.

31

51

141

25

34

112

96

163

Mrt.

70

50

276

89

142

15

249

22

Apr.

100

96

10

58

18

107

50

82

Mei

0

28

0

0

70

29

24

4

Jun.

0

0

2

0

20

0

0

0

Jul.

0

0

0

6

4

0

0

0

Aug.

0

4

2

0

2

0

0

0

Sep.

118

11

1

78

2

16

20

2

Okt.

138

146

65

16

100

59

80

20

Nov.

112

128

139

87

293

80

86

187

Des.

208

156

256

94

107

115

110

867

748

987

565

942

663

808

TOT.

Maak en herstel van klere, gordyne, tafeldoeke, lappieskomberse, asook oortrek van stoele.

Koot Burger: 012 734 4633 / 083 672 3752

No. 17, h/v Prinsloo– en Jennerstraat 10


Peet sorg dat ou ambag voortleef – en hy geniet dit! -Betsie Steyn Danksy Sterns se bankrotskap destyds, het Peet Ferreira sy stokperdjie omskep in ‘n beroep. Hy het in die sewentigerjare by dié juweliersmaatskappy begin werk waar hy onder meer bestuurder en areahoof was – ook in Rustenburg – maar met die oorname van nuwe eienaars en daaropvolgende bankrotskap, het hy in 1991 bedank waar hy in Centurion werksaam was en toe volstoom sy eie dinge begin doen – waarmee hy tans nog doenig is die afgelope 30 jaar.

Toe hy in Rustenburg was, het ‘n man wat horlosies reggemaak het, hom ‘n bietjie touwys gemaak met die regmaak van onder meer klokhorlosies (oupastaanhorlosies, koekoeken kaggelhorlosies) wat hy dan in sy vryetyd gedoen het. Met sy bedanking het hy sy werksplek in die huis ingerig –

soos wat hy nou hier op Kleinfontein doen. Het hy formele opleiding gehad? “Nee, daar was ‘n skool vir horlosiemakers in Suid-Afrika wat in Mamelodi was, maar dit het doodgeloop weens verskeie redes,” vertel hy. Hy het die basiese dinge wat hy geleer het, verder toegepas, maar toe kwartshorlosies begin oorneem het, het die fynere detail van horlosieherstelwerk afgeneem, maar het intussen weer begin gewild raak, sê hy – alles het verander, baie dinge is nou plasties. “Die bedryf is besig om uit te sterf met die nuwe, ‘nagemaakte’ horlosies. Jy kan vir die nuwe elektroniese horlosies onderdele kry en dit vervang en enige ou sal dit kan doen. Met die tradisionele manier moet jy self die ratte en assies maak en dis ‘n fyn kuns ... dit is ‘n ambag. Die woord horlosiemaker het uitgesterf, veral met die nuwe soort horlosies, want dit word nou vervang, nie meer herstel nie. Hy kan nie rof werk met mense se kosbaarhede nie, bang dit breek en hy is baie versigtig. “Mense heg baie sentimentele waarde aan horlosies en wil dit reggemaak hê – en dis waar ek inkom en help en baie fyntjies daarmee werk. Goedkoop horlosies is nie die moeite werd om reg te maak nie,” sê hy.

Peet hier in sy werksplek omring van allerlei soort horlosies – ja, dié man het baie tyd en weet hoe om dit gebruik! Hy bly op hoogte met veral die nuutste elektroniese horlosies en verbeterings. Hy sê die ouer garde doen nog herstelwerk, die jongeres ken dit glad nie en dis jammer dat die kuns – die ambag – uitsterf. Sy oë hou nog en hy gebruik ‘n goeie oogglas wat alles redelik goed vergroot vir sy werk. Dis nie vermoeiend nie, hy moet net baie konsentreer. Hy sal aanhou solank hy kan en wil veral vir Kleinfonteiners van nut wees. Hy lag as hy sê mense dink as jy van die huis af werk, het jy baie tyd en is maar altyd daar, maar almal is welkom. Solank hy ook die onderdele vir herstelwerk kan kry, sal hy dit doen – die nuwes is maklik verkrygbaar. Dit behels allerlei soorte horlosies, klokwerke, meganiese tot die fynste vroulike polshorlosie. 11


12


Kersete Wag ’n Bietjie -Marietjie Fourie Woensdag 31 November het bewolk en nat aangebreek. Daar was groot dankbaarheid oor die kosbare reën wat geval het. Maar ‘n ander ding het oor Wag ‘n Bietjie gehang, sien dit was die dag van ons Kersete en die krag was al van vyf uur die oggend af.

Hoe kook jy rys vir 30 mense, hoe maak jy sewe hoenders gaar? Hoe bak jy die gebakte poeding? Smelt die roomys nie in die vrieskas nie? Die voedeselverwerker werk nie en hoe gemaak met die brokkoli en wortelslaai? Wat van die aartappel en beetslaai? As dit nou nie Wag ‘n Bietjie was nie, was dit maklik. Steek ‘n braaivleis vuur aan of sleep die Weber nader. Maar bejaardes braai nie meer nie en het hulle Webers lankal aan die kinders gegee.

stowe/gebraai ... heerlik sag sappig, goudbruin en gerook. Die poeding was Ria se eie verrassing. Gelukkig het sy ook die basis die vorige dag gebak, maar die vulsel en room is die oggend met die handklitser geklits en het vir ‘n ware kerspoeding verrassing gesorg. Willemien en Isabel se roomys het nie gesmelt nie en Helena se vla was heerlik! So was die Kersete weereens ‘n heerlike samesyn en vrolikheid.

Die gasstoof en stoompot wat gesorg het vir gaar rys. Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om dit so lekker te maak.

Kom elfuur is ons almal knus en vrolik bymekaar! Die tafel kreun onder die eetgoed. Toe kom die stories! Rita moes die wortels maar een vir een met die hand rasper. Elizabeth het haar brokkolislaai die vorige dag gemaak. Die beet is ook die vorige dag gemaak. Suzie het die aartappels die vorige aand gekook. Nellie het die rys in haar tamaai stoompot op die gasstofie gekook ... pragtig wit en los en lekker. Die sous het Annetjie op die gasstofie gemaak. En die hoenders is in porsies gesny in kasserolle gepak en ook op die gas ge-

Weeksdae 5vm-6nm Sondae gesluit Bankkaartgeriewe 24-31 Des. Oop tot 2nm. Gesluit 24, 25 Des. en 1 Jan.

13


Ontmoet Marianne Breytenbach - Marietjie Fourie

Die meeste van ons ken haar stem – aan die begindae oor Radio Pretoria en later oor Pretoria FM. Die noem van haar naam oor die lug, skep ‘n verwagting: Wat ook al die onderwerp, dit sal deeglik nagevors wees en tot die behoefte van die luisteraar spreek. Jy kan jouself regskud vir ‘n goeie luisterervaring. Maar behalwe vir die Sondagoggendprogram, Intermezzo, en so dan en wan ‘n hoorbeeld, is die radioprogramme nou eers iets van die verlede. Na 24 jaar se veelsydige radiowerk, kom Marianne voor ‘n splinternuwe uitdaging te staan – nie verniet nie, sê die Here: “Want ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester ... gedagtes van vrede om julle ’n hoopvolle toekoms te gee” – Jeremia 29:11. Marianne is ‘n gebore Pretorianer. Sy het grootgeword in een van die eerste huise wat in Constatiapark gebou is en as kleuter het sy deur die vensters dopgehou hoe die stofstrate voor hulle huis geteer word. Sy en haar ouers het gaan kyk toe die fondasies vir Laerskool Constantiapark

gegrawe word. In 1978 is die skool voltooi en in 1979 het sy haar skoolloopbaan onder hoofskap van mnr Senekal daar begin. Sy was hoofdogter aan die skool. Sy matrikuleer vyf jaar later aan die Hoërskool Waterkloof waar sy in murg en been ‘n Klofie was. Sy beskryf haar jaar as hoofdogter aan die skool as van die verrykkendste in haar lewe. Die skool se pragleuse word ‘n lewensleuse: “Ons bou in geloof”. Aan die Universiteit van Pretoria slaag sy haar BAgraad met lof met hoofvakke Afrikaans, sielkunde en sosiologie. Sy voltooi haar honeursgraad met spesialisering in sielkunde terwyl sy voltyds as subredakteur by ‘n uitgewery werksaam is, en kry dan ‘n aanstelling by Radio Pretoria/Pretoria FM waar sy tot Augustus vanjaar as aanbieder, bestuurslid en programspesialis gewerk het.

Om haar beroepsmoontlikhede te verbreed, het Marianne in aanvulling tot haar honeursgraad, 2018/19 ‘n sertifikaatkursus in praktiese berading cum laude geslaag. Sy is as berader/ pastorale berader geregistreer en bedryf haar praktyk sedert November 2019 vanaf die HB Forumgebou in Val de Grace. “Die radiojare was baie besonders,” vertel sy. “Dit was ‘n werk, ‘n stokperdjie en ‘n leefwyse. Die program Net Medies het my kontak met die sielkunde laat behou. Dalk daarom dat ek my nou na die veld wend,” sê sy. Vir persone met chroniese 14


toestande, het sy ‘n boodskap: “Lei ‘n vol lewe. Ek het tipe 1 diabetes vandat ek 11 jaar oud is. Ek is as jong ma gediagnoseer met meervoudige sklerose.” Haar werk sluit onderwerpe in soos egskeiding, enkelouerskap, emosionele mishandeling, verlies, sterwensbegeleiding, rouberaad, depressie en viktimisasie in die werkplek. Wanneer sy genooi word, en haar gesondheid dit toelaat, tree sy as spreker op.

Marianne lees wyd en skryf graag. Sy is lief vir die see – veral in die George-omgewing. Die frase “Ons sal antwoord op jou roepstem” spreek tot haar. Vanjaar tree sy op by die Geloftefees naby Hendrina. Paul, Marianne en haar 13-jarige dogter, ook Marianne, woon in die Wildpark op Kleinfontein. Te midde van

al die ander vakspesialiste waarmee Kleinfontein toebedeel is het ons ook nou ons eie Berader/Pastorale berader om ons op maatskaplike terrein te verryk. Wat ‘n voorreg!

Die Salon

Haarsalon nou oop in Kleinfontein! Langs die kitsbank, Uit&Tuis Sentrum Sny, kleur, blaas en meer! Mans R50 p sny Dames

R100 p sny

Kinders

R50 p sny

15


Hoendervleis teen ‘n sakpas prys Bestel en word afgelewer Verpakking vanaf 1 kg per produk

Pryse vanaf slegs R42 Marike: 071 145 8300 Rayton en Cullinan omgewing

16


‘n Beskuit of ‘n koekie vir teetyd - Álet Erasmus Die vier susterskerke se lidmate wat in Kleinfontein woon, het ‘n paar jaar gelede begin om gedurende ‘n maand lidmate van ‘n kerkgenootskap geleentheid te gee om koekies en/of beskuit aan die Klein- Mina Stander en Liz Snyman het van dié koekies wat hulle versier het, vir die Sorgsenfontein Sorgsentrum trum geskenk. Dit was deel van hulle demonstrasie by die Kleinfontein Kreatiewe Omgeete skenk vir teetyd. groep wat een keer 'n maand bymekaar kom om 'n interessante tuisbedryf te deel met Isabella du Plessis mede lede in die groep. herinner gewoonlik Daar is ook ander kerkgewie se beurt dit is. Elkeen inwoners voorsien word. nootskappe en vriende van gaan lewer sy bederfpakkie die Kleinfontein Sorgsentrum, koekies of beskuit by die Telefoonnommer van die wat tussendeur eetgoed, Sorgsentrum se kombuis af Kleinfontein Sorgsentrum: 087 groente en vrugte skenk wat waarna dit in die skenkers940 3636 met groot waardering aan die boek geskryf word.

Kleinfontein Hardeware & Buitelewe Handelspos Besoek ons by die Uit en Tuis Winkelsentrum Kontak: Johan Welthagen 082 411 3074

welbou@telkomsa.net 17


18


Oues Terug Skool Toe... -Betsie Steyn Die tafels was pragtig versier en selfs die eetgoed was besonders: ‘n gepakte “kosblik” met eetgoed soos vir ‘n skolier! Die deelnemers is as Meester en Juffrou aangespreek en gaste het heerlik meegedoen om die atmosfeer verder op te vrolik. Meester Marius Bosch (die hoofouderling met ‘n lat in die hand!) het die kort program gepas geopen, waarna Marianne Breytenbach as die “skoolhoof” oorgeneem het. Die 7-jarige Christian Groenewald – volledig geklee in ‘n lugmaguniform – het vol selfvertroue sy voordrag geDie jaarlikse onthaal van die doen: “Mik hoog my seun”. AP Kerk op Kleinfontein se Daarna het kleinboet Daniel seniors het – soos altyd – vir (5 jaar), uitgedos in Weer‘n aangename verrassing magklere, “Soldaat” opgesê – gesorg: die tema was “skool”. alles tot groot vermaak van Marié Venter en Irene Groealmal. newald het die mense na jare gelede teruggevoer met die Juffrouens Marianne en Betsie Steyn het elk voorprogram waar alles oor skoolsake gegaan het. Dit het lesings gedoen (natuurlik begin toe Marié, ‘n oud-onderoor “ou” skoolsake) en wyseres, ‘n regte handskoolMeester Bezuidenhout (Ds. klok gelui het en almal hulle Attie) het met sy optredes plekke moes inneem. (‘n kostelike voordrag en sangitem) groot plesierigheid verskaf! Irene het ‘n kort Christian in sy video vertoon van vroeëre skoliere hier Lugmaguniform en Daniel en hulle bedrywighede wat ‘n mens ver in sy Weermagklere salu- laat terugdink het. Al die gaste en deelnemers is vooraf aangetree vir 'n “amptelike grade-foto”volledig met toga en “daghabord” (soos studente dit altyd genoem het). Hier is Danie en Adrie du Preez in volle mondering.

“skool” ‘n nuwe naam te kies en daarna het Irene met ‘n

Ds. Attie Bezuidenhout (as Meester) het vir groot vermaak gesorg en sy optrede en die skoolpetjie het ook bygedra tot die tema. kindertafelgebed afgesluit. Die skoolklok het die einde van die skool aangedui, waarna die gaste lekker gesellig saam gekuier het. Skool was nog nooit so lekker nie!

Die tafels was feestelik gedek volgens die skooltema en Harriet van Jaarsveld, Gerty Harmse en Ansofie geniet van die eetgoed. Gerty het uitgetree as leidster van die vroue wat altyd die funksies met groot sukses hanteer het. eer ewe statig Die gehoor het lustig Anneke Winkel het by haar meegedoen en “Soos hier. ou vriende” saamge- oorgeneem. Foto deur Han- sing. Daar was ‘n Foto's: Anneke Winkel lie Groenewald. geleentheid om vir die 19


Leserskring 25 September Lig in die donker... ’n roman oor die lewe van Rembrant Bespreek deur Silja van der Merwe.

museums dwars oor die wêreld. Ons eer sy nagedagtenis. 30 Oktober Wit Oemfaan, geskryf deur F. A. Venter, bekendgestel deur Minnie Opperman. ‘n Verhaal gegrond op die verhaal van die Voortrekkerseun, Ferdinant Paulus van Gass soos aangeteken deur dr. Gustuv S. Preller. Vroeg September 1838 staan Kommandant Koos Potgieter se laer langs die Klein Tugela rivier in Natalia. Die Trekkers ontvang berig van ‘n Zoeloeleër wat al langs die Umgenirivier op pad is vir ‘n aanval.

Karel Schoeman vertel die lewensverhaal van Rembrant Harmenz van Ryn, die Nederlanse skilder wat wêreldberoemd was. Hy het van 1606 tot 1669 geleef en hoofsaaklik in Amsterdam gewoon en gewerk. Hy is veral bekend vir sy portretstudies en werke met ‘n Bybelse inslag. Drie van sy kinders sterf as babas. Sy huwelik kom onverwags tot ‘n einde toe ook sy vrou, Saskia, wat nog nie dertig jaar oud was nie, skielik te sterwe kom. Titus, die oorblywende seun, sterf ook in sy twintiger jare. Maar sy kuns het bly voortleef en is tot vandag toe te sien in

Potgieter stuur ‘n patrollie verkenners onder leiding van Hans de Lange met 25 mans om te gaan verken. Die jong seun Paulus gaan saam as agterryer vir sy stiefpa, Tobias Potgieter. Onderwyl Paulus weg was om vir die veldkornet heuning te gaan soek, kry die patrollie berig dat die laers deur Zoeloe impi’s aangeval word. Hulle draai inderhaas terug en laat die seun agter. By sy terugkoms op die staanplek, wag hy tevergeefs dat hulle hom sal kom haal en is vir weke op homself aangewys vir oorlewing.

Mettertyd kom hy op ‘n groep Zoeloes af .Oud, afgeleef en verwaarloos met moeders en jong kinders by hulle, vlug hulle voor Dingaan se impi’s, wat hulle wil uitwis, uit. Paulus sluit by hulle aan en word deel van die groep. Algaande kom hy voor die keuse te staan of hy ‘n “wit oemfaan” wil word of Trekkerkind wil bly. Sy kentering kom toe hy voor hulle bygelowe van voorvadergeeste, toordokters, ens. te staan kom. Toe besef hy dat “jy is wat jy is”. Die Zoeloes het hom toe gehelp om by ‘n jaggeselskap aan te sluit wat hom weer by die laers sou besorg.

20


27 November Gedigte, bekendgestel deur Marietjie Fourie Wat is ‘n gedig? Is dit ‘n woordprentjie? Is dit ‘n hartsopenbaring? Dit is skoonheid en intensiteit van emosie in taal. Dit is ‘n voëlvlug in taal. Dit is die gebeitelde marmer van taal. Daar is sewe-en-twintig gedigte voorgelees verteenwoordigend van al ons digters. Soet het dit in ons harte kom lê. Elke gedig ‘n stuk herinnering. ‘n Brokstuk lewe in taal gegiet om immergroen te bly. Hiermee ‘n saluut aan elke digter vir haar/sy nalatenskap.

Sê ja vir die lewe met Woord, Lied en Daad Vanmore se as was gister se vuur Net waar ons kyk word lyding verduur. Is daar tog nie êrens vir die mensdom net raad. Sê ja vir die lewe met Woord, Lied en Daad... -Hettie Kock

As die dood ons geskei het en jy wandel alleen Moet geen roukleed oor my dra nie moet geen trane oor my ween Dink aan my... maar As ‘n siel wat lag en lewe moet jy liefste dink aan my Een wat net een stappie verder in die paadjie staan as Jy!! -Anoniem.

21


Kleinfontein en Orania se jaarlikse kragmeting: 4, 5 Oktober 2019 -Álet Erasmus Soos die gebruik is, word dié besonderse sportbyeenkoms jaarliks gehou. Hierdie jaar het dit in Orania plaasgevind.

Die Kiewiete en Vuurvinke het mekaar die stryd aangesê 4 Oktober en die Krygers en Rebelle het kragte gemeet 5 Oktober.

Beide Orania Vuurvinke en Rebelle stap met die trofee en Volkstaatbeker weg. Baie geluk aan die wenspanne ... tot volgende jaar!

Die Vuurvinke wen die Kiewiete met 29 - 16

Die Orania Rebelle wen die Volkstaatbeker met 45 - 7 Foto’s Dannie De Beer 22


Kleinfontein se Kersgeskenk Kerssangaand, 24 November, ds. Lood v d Merwe

“Kyk jou koning kom na jou...” Sagaria 9:9 500 jaar later “en die Woord het vlees geword en onder ons kom woon” Lukas 2:1-7

Jesus Christus moes kom om aan God se geregtigheid te voldoen en aan die mens die ewige lewe te gee.

Deelnemers v.l.n.r.: Chris Els, Frena Baumach, Lou Erasmus, ds. Lood van der Merwe en Silja van der Merwe (orrelis)

Jesus Christus kom in die volheid van die tyd Want so het God dit bepaal en die wêreld omstandighede daarvolgens geskik en gerig.

Jesus Christus kom weer. Sal ons gereed wees om Hom te ontvang?

Die gehoor het ook deelgeneem aan samesang van Kersliedere

Want so het God dit bepaal.

Dinsdae gesluit

23


Taalaand en Krugerdag “Afrikaans is in Suid-Afrika gebore. Dit dra die spore van ons lief en leed, van alles wat ons voorgeslagte hier deurleef en deurworstel en deurgetriomfeer het. Dis die een band wat ons nasie aanmekaar heg; Dit is die uitgedrukte wil van ons volk. “ -Langenhoven. Met hierdie woorde is Afrikaners dit roerend eens! Laat ons hierdie kosbare skat wat aan ons toevertrou is koester en suiwer hou. Dankie aan ds. Lood van der Merwe vir sy

weldeurdagte praatjie oor die geskiedenis van Afrikaans. Die skerpsinnigheid van President Kruger staan vandag nog soos ‘n ligbaken. “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is en bou daarop die toekoms.”

“Hoe sag gly ons bootjie” het heelwat nostalgie opgetower: Marizaan, Gerrit, Ben en Elsie met Betsie by die klavier.

Nog ‘n beproefde waarheid waaraan Afrikaners deurentyd kan vashou. Dankie aan Theuns de Wet vir sy praatjie oor Oom Paul. Die skoolkoor onder leiding

van Elsie Kieser, Ben Moolman met sy saksofoon, die sangitems deur die sanggroep, die voorlesing deur Betsie Steyn en die bekoorlike dansie deur Gerrit en Theresa Myburg het almal bygedra om dit ‘n goeie aand te maak. Baie dankie vir elkeen se bydrae. Bo: 'n Geliefde strydros bring hulde aan Afrikaans. Ds. Lood van der Merwe

Ons historikus: Theuns de Wet Die skoolkoortjie o.l.v. Elsie Kieser het “Dankie” pragtig gesing.

Gerrit en Theresa dans, Afrikaners is plesierig. 24


Taalaand en Krugerdag

vervolg...

‘n Gedeelte van die program wat aangebied is in die Gemeenskapsaal, is herhaal vir die inwoners by die Sorgsentrum. (Foto’s deur Tokkie Ferreira)

Woordsoek: Kyk of jy al die woorde kan opspoor (antwoord hieronder)

FAMILIE

KERSFEES

SKAAPBOUD

VRUGTEKOEK

GESKENKE

LEKKERNYE

SWEMBAD

KERSBOOM

RUSTIG

VAKANSIE

25


Geskiedkundige gesigte begroet jou op die Uit en Tuis Winkelsentrum se deure. –à let Erasmus Gedurende die afgelope twee maande, het daar gesigte verskyn op sommige van die deure wat deur Kleinfontein Aandeleblok Edms Bpk gebruik word.

Emily Hobhouse by die administrasie kantoor, Danie Theron by Veiligheid, Pres Paul Kruger by Veiligheidsraadskamer en laastens die Den Hoop Raadskamer. Alles in Afrikaans!

26


Kleurryke Minimark! -Ă let Erasmus Gedurende die wintertyd het daar vrolikheid verskyn in die Uit en Tuis Winkelsentrum! Het u opgemerk dat daar fotoafdrukke van allerhande lekkernye (in Afrikaans) op die ruite van die minimark verskyn het?

Die kleurryke vensters van die Minimark

Die kleurryke vensters nooi jou in die winkel in ‌ en die kleur stop nie by die deur nie! Interessante metaal plakkate en ander ornamente vang jou oog! Die winkel is netjies, gevul met voorraad van vars tot gevriesde produkte, en ‘n Die nuwe uitstalyskas vol tuisgebak verskeidenheid kruideniersware op die rakke. Wanneer jy die draai na die Dankie Deon en Katinka vir koeldrankyskaste maak, julle kleurryke diens aan die vang jou oog die pragtige Kleinfontein gemeenskap! uitstalyskas gevul met heerlike tuisgebak!

27


28


Die nederige teesiffie word mooi opgetooi en word 'n vrolikheidjie teen 'n vaal kombuis muur.

Ja, self gebak en uitgestal reg om deur die volgende koper opgeraap te word.

Dit was ‘n stukkie lente vrolikheid wat op Kleinfontein nes geskop het. Afgesien van die vroliker musiek en stalletjies en Die geskiedenis het ook op Kleinfontein sy eetgoed, was die spore gelaat. Hier is 'n groepie perderuiters perderitte en ander by die oorlogsbegraafplaas waar Engelse, buiteligaktiwiteite ‘n Skotte, Nieu-Seelanders en Australiërs heerlike ondervinding. slagoffers van Engeland se grypsug Dankie vir elkeen wat geword het. ‘n bydrae gelewer het.

Vier fraai susters wat mooi goed maak, op hulle pos by hulle stalletjie.

So is vir die manne ook gesorg.

Kleinfontein se bome en veld en vlei met perderuiters daarby. Wat 'n heerlike kombinasie!

'n Fraai sangeressie om die dag op te vrolik.

Fanie se houtgoed is welbekend en mooi bly mooi. 29


30


Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Growwe Hawermoutblokkies (±1,5 kg koekies) Wanneer hierdie uitgawe u bereik, is dit Desembervakansie! Ek onthou dat my ma reeds in November begin koekies en beskuit bak het wanneer ons die Desember-

vakansie see toe sou gaan. ‘n Resep wat altyd ‘n wenner is, selfs gedurende die jaar, is hawermoutblokkies. Daardie karamelagtige growwe koekies waarmee ons

groot geword het. Wanneer die koekieblik nie behoorlik toegemaak is by die see nie, het hierdie hawermoutkoekies so klam geword!

Bestanddele:

750 ml klapper

250 ml koekmeelblom

5 ml fyn kaneel

250 ml botter

250 ml x 4 hawermout

2,5 ml fyn neut

45 ml goue stroop

374 ml witsuiker

2,5 ml sout

2,5 ml wonderpeper (allspice)

10 ml koeksoda opgelos in 60 ml melk

Metode: Meng al die droë bestanddele saam. Smelt vervolgens die botter en die stroop saam en voeg dit by die droë bestanddele. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit by die deegmengsel en meng weer sorgvuldig deur. (Die beslag is krummelrig.) Druk die mengsel in 2 voorbereide bakplate (37 cm x 25 cm x 2 cm) vas sodat dit so 1,5 cm dik is. (Ek gebruik ‘n koekroller wat mooi in die pan pas om die beslag egalig vas te rol.) Bak dit vir 12 minute in ‘n voorverhitte oond van 180ºC. Sny dit in blokkies sodra dit uit die oond kom, laat effens afkoel in die pan. Lig dit

dan uit m.b.v. ‘n slaplemmes en laat die blokkies verder afkoel op ‘n draadrakkie. Verpak dit in ‘n lugdigte houer en seel dig. ** Ek gebruik graag die growwe hawermout asook growwe klapper. Kyk gerus uit vir die growwer weergawe klapper en hou dit in die ys- of vrieskas. ** Proe altyd eers aan klapper voordat u dit gebruik sodat dit nie galsterig is en dan die koekies/gereg waarin u dit gebruik bederf nie. Geniet elke happie hiervan!

31


32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.