KSM Desember

Page 5

Christusfees

Desember vakansie Colin Smith Hi daar! Desembertyd is vakansietyd. Winkels word versier. Daar is liggies in die strate; liggies in huise; liggies om die boom. Al die kampeerplekke, winkels en selfs kerke - die hele wêreld - is opgetooi en reg vir die groot fees. Vir Christene beteken dít 'n Christusfees. Nie dat die geboorteverhaal van Jesus lekker by hierdie wêreld met sy mooi liggies en moderne kersfeesliedere inpas nie. Jesus se geboorteverhaal gaan oor 'n verhaal wat te midde van `n morsige omgewing plaasvind. Waar die engelekoor saam met die plaaslike skaapwagters die lof van die Messias besing. Dit is `n wonderverhaal, want dit vertel iets van God se betrokkenheid by `n morsige wêreld; God se herskepping van `n gebroke wêreld. Mag jy daarom in die vakansie - waar jy ookal mag wees - steeds in hart en siel by die stukkende, morsige wêreld betrokke wees. Mag jy Christus se hoop bring waar jy ookal uitspan. Mag elke liggie, elke klank en elke gesiggie jou herinner aan God se liefde vir `n stukkende wêreld. Vanaf Tienerbediening wens ons vir julle `n wonderlike Jesusfees toe. •

'n Boodskap van die Uitreikbediening:

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie Sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh.3:16+17 NV) God het ons elkeen só lief gehad dat Hy self deel kom word het van ons wêreld. God het met mensevoete die stofstrate van ons wêreld deurkruis en die hemelse wêreld `n aardse realiteit gemaak. Jesus het die hemel op aarde kom vestig, God se Koninkryk kom aankondig en ons wêreld vir altyd kom verander. Uitreikbediening sal voortaan bekend staan as die Voete-bediening (waar jou omgee in aksie oorgaan). Ons wil voetspore van genade, God se liefde en Sy nuwe wêreld in hierdie wêreld afdruk. Kersfees is `n wonderlike geleentheid om hiermee af te skop. Wanneer jy jou voetspore op die sand, op die strand, in jou tuin of in die wandelgange van die winkelsentrum of hospitaal neersit, bring jy die Goeie Nuus en daarmee saam die wonderlikste klanke. Jesaja 52 vers 7 herinner ons: "Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God is Koning!'." Mag jy die wonderlike klanke beleef wat jou voete in hierdie Christusfeestyd maak. Mag die Goeie Nuus uit jou straal en jou lewe verryk. Geseënde Christusfees Colin

www.kerksondermure.org

4

ksm Des'11/Jan'12


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.