KSM Augustus

Page 5

betrokkenheid

CANSA

Busuitreik

Die dag het lekker koud begin en die busse het die oggend om 10:00 vertrek vanaf Hippolaan. Twee stampvol busse was oppad en ‘n derde bus het reeds vanaf Midstream vertrek.

Die busse het by die eerste stop gekom waar hul na Kids Paradise kleuterskool kon gaan kyk en sien hoe die kinders se klassies lyk, sien in watter omstandighede hul leer en kon hoor wat die behoefte daar is. Daarna het hulle die Life in Christ-kerk besoek en gesien dat dit verbeter het vanaf die vorige keer toe die kerk ‘n uitreik gehad het – hulle het nou ‘n staaldak waaronder hul in die koelte kan sit en kerk hou. Met ‘n erediens ook aan die gang by Badiramogo Ouetehuis kon die verskil ook raakgesien word sedert die vorige besoek Oktober verlede jaar.

Almal wat deur die bakkery geloop het kon ‘n blik kry op die daaglikse bak en ‘brou’ hier en ook sien dat hul ten spyte van die uitdagings die bedrywigheid geniet. Die toewyding waarmee hulle geleenthede aangryp wil ons graag aanvuur deur meer opleidingsgeleenthede vir hulle en ander in die omgewing te gee. Die basiese beginsels van besigheid, beplanning, begroting, bemarking en vele ander aspekte wat ‘n besigheid ‘n sukses maak, wil ons graag aan hulle oordra. Ons het jou vaardigheid en kennis nodig. Wil jy dit nie oorweeg om twee ure in ‘n maand jou kennis met hulle te kom deel nie?  •

h c s o b t u o h n e v Olie

By die terrein van Olievenhoutbosch Christian School het daar ‘n feestelike atmosfeer geheers. Stalletjies van die verskillende projekte wat van hier af bedryf word, het die prentjie van kerksondermure se betrokkenheid in Olievenhoutbosch beter ingekleur.

Kontak: Alan Rodgers 084 250 3828; of Yolandi Rodgers 079 893 7966.

Besoek aan BOKAMOSA BAKKERY: Tariro en Chantel, twee ware staatmakers, wat tans in die bakkery werk het van 02:30 (die oggend !!) af brood, muffins en koekies gebak vir die groot dag! Ons het koeldrank, skyfies en suiglekkers verkoop om ‘n ekstra geldjie te maak vir die Bakkery. Ons is dankbaar dat die verkope goed verloop het. Die besoekers het die brood, koekies en muffins so geniet, dat alles uitverkoop was teen die tyd dat die busse vertrek het.

www.kerksondermure.org   4   ksm Aug/ Sept 2011


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.