Issuu on Google+


8

14 Junie / June / Seêtêbosigo 2014 • KATHU GAZETTE KATHU

In geval van nood skakel nr

053 723 1626 In case of Emergency call

053 723 1626

BOOKKEEPER and must be competent in Pastel and MS Office (Excel, Word and Outlook). Working knowledge of Winlaw will be an advantage. Must be able to multi task. Key responsibilities: Payroll, income tax, trust transfers, month end procedures. Attending to trust and business accounts on a daily basis, overseeing and capturing of payments, recons for trust and business accounts, petty cash, receive invoices and effect payments, as well as general secretarial work. Submit abbreviated CV to: E-mail: albert@louwdasilva.co.za Closing date for submission of CV's: 27 June 2014

Ken jou SAPS-lede STAR silent protest Adjudant Offisier Gale Haai

G

LOUW & DA SILVA ING ATTORNEYS, KATHU requires the services of a

WRENCHVILLE

ale Haai werk as speurder by die Kathu polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS), waar sy dossiere ondersoek. Sy het in 2002 in Olifantshoek by die polisie aangesluit en het haar opleiding in Pretoria by die Polisiekollege voltooi. Terug in Olifantshoek het sy as speurder algemene navrae ondersoek. Sy het mettertyd gespesialiseer in verkragtingsake. In 2009 het sy by Kathu aansoek gedoen om by die GKS-eenheid aan te sluit, en is sy 'n laterale verplasing toegestaan. Sy voel, veral omdat sy self 'n vrou is, dat die regte van vroue beskerm moet word en as sy kan help en 'n verskil maak, sal sy graag wil. Sy hou ook daarvan om met kinders te werk. Sy voel dat haar hart in haar werk is en dat sy geestelik en verstandelik sterk genoeg is daarvoor. Gale kan nie 'n spesifieke hoogtepunt in haar loopbaan uitsonder nie, maar sê dat sy trots voel op haarself as sy

Adjudant Offisier Gale Haai. alles in 'n ondersoek ingesit het, en alles loop positief in die hof. Sy het byvoorbeeld onlangs 'n verkragting- en moordsaak hanteer waarin die beskuldige lewenslank plus 45 jaar tronkstraf gekry het. Haar werk het sy frustrasies, sê sy, soos byvoorbeeld DNAtoetse wat tot 'n jaar kan neem om af te handel. Die rede hiervoor is glo dat daar net twee polisielaboratoriums is (een in die Kaap en een in Pretoria). Aangesien mens nie 'n beskuldigde so lank kan aanhou nie moet hy vrygelaat word totdat daar DNA-uitslae is. Gale het twee seuns — Gordon (7) en Justin (10). Hulle is albei in Laerskool Kathu. Haar boodskap aan die gemeenskap is: “Vrouens moet versigtiger wees. Die meeste verkragtings vind plaas wanneer meisies in die vroeë oggendure van kuierplekke af huis toe stap. Moenie onnodig moeilikheid soek nie. Rapporteer geweld teen vrouens en kinders. As jy weet van geweld, rapporteer dit. Onthou jy kan anoniem bly.”

Learners from Wrenchville High School recently took part in a silent protest against rape. n Tuesday 3 June 2014 learners in 1080 South African learners from Wrench- schools to demonstrate what it ville High School parti- means to be empowered. cipated in a silent protest, cal- Wrenchville High School led Standing Together against learners subsequently launchRape (STAR) along the N14 in ed the STAR. The focus of the STAR camKuruman. The protest, which lasted for paign is to create awareness over an hour, aimed at showing about statutory rape and to solidarity with rape survivors encourage people from all who remain silenced by sexual ages to start talking more violence. The protest formed openly and freely about rape. part of the learners' Youth The silent protest was also held Citizen Action Programme in commemoration of National (YCAP) — a programme powe- Child Protection Week 1 to 7 red by the NPO Empowervate, June 2014. in partnership with the DeutThe tape over the young sche Bank Africa Foundation, protesters' mouths was worn to the Department of Basic Edu- symbolise the silenced voices of rape survivors. cation and Heartlines. YCAP challenged grade 10

O

UPINGTON

Polisie leer jonges oor hulle regte

POSTMASBURG

Raaiselmoord laat polisie gis

D

ie Postmasburg polisie ondersoek die raaiselagtige omstandighede rondom die dood van Eddie Visser (34) van Postdene op Saterdagaand 31 Mei 2014. Volgens polisiebeamptes is berig ontvang van 'n man wat by Postmasburg Hospitaal beswyk het aan 'n meswond. Die bewerings tans is dat Eddie en sy meisie 'n woning in die informele nedersetting Postdene Shanties besoek het. Blykbaar het die vrou by die woning ingegaan, terwyl die oorledene buite gewag het. Toe die vrou terugkeer het sy na bewering die oorledene op die grond aangetref met 'n ga-

pende steekwond aan sy nek. Niemand is in die omgewing van die slagoffer opgemerk nie. Hy is na Postmasburg Hospitaal geneem, waar hy aan sy beserings beswyk het. Die polisie vra die publiek se hulp met die oplos van hierdie saak, aangesien niemand tot dusver in hegtenis geneem is nie. Die saak word ondersoek deur Speursersant Serati van Postmasburg Speurtak. Hy kan gekontak word gedurende kantoorure by 053 313 9700. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Kathu Gazette wishes all our Fathers a lovely day with your loved ones on Father’s Day ! Aan al ons Vaders, mag u ‘n wonderlike Vadersdag geniet saam met u geliefdes ! Van Kathu Gazette

TE KOOP

Kolonel Goeiman saam met adjudant Titus (agter) en mnr Meris Kocks by die onlangse Kinderbeskermingsweekverrigtinge by die Rietfontein Gekombineerde Skool.

G

edurende die afgelope Kinderbeskermingsweek is daar landwyd spesifiek gefokus op kinders, wat allerweë as een van die kwesbaarste groepe in gemeenskappe geag word. Kolonel Goeiman van die gebiedskantoor op Upington

FOR SALE

Meat Saw

Meatmaster Vleissaag

079 232 7663 Kathu Ek soek die volgende om te koop vir kontant :

Vleissaag Vleismeul Worsstopper 079 232 7663 Kathu

het tyd afgeknyp om die graad 7 en 8-leerders van die Rietfontein Gekombineerde Skool toe te spreek oor die belangrikheid van Kinderbeskermingsweek. Op 'n baie informele en interaktiewe manier het kolonel Goeiman die leerders ingelig oor die betekenis en doel van Kinderbeskermingsweek, hulle regte en verantwoordelikhede en al die aspekte rondom kindermishandeling. Sy het veral klem gelê op die waarde van onderrig en 'n positiewe leefstyl. Terwyl die fokus tydens Kinderbeskermingsweek op die kind was, het die roekelose en geweldadige gedrag van sommige kinders ook na vore gekom. Op Donderdag 5 Junie 2014 is die Rietfonteingemeenskap geruk deur die mesdood van 'n man wat na bewering deur 'n 15-jarige leerder van die plaaslike hoërskool doodgesteek is. Op Vrydag 6 Junie 2014 het 'n graad 9-leerder, ook van die plaaslike hoërskool, in die hof verskyn nadat hy na bewering 'n mede-leerder met 'n skêr in die oog gesteek het.



Print edition 20140614