Upingtonbulletinub 20140305

Page 4

4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 MAART 2014

Geregtigheid moet geskied

DIE afgelope week het die opspraakwekkendste strafregstryd nog in Suid-Afrika begin. Oscar Pistorius, die Paralimpiese held, sal die hof daarvan moet oortuig dat hy Reeva Steenkamp nie met opset doodgeskiet het nie, maar dat hy haar vir ’n inbreker aangesien het en geskiet het om homself te beskerm. Die aanklaer is egter vasbeslote om aan die hof te verduidelik dat Pistorius aan koelbloedige moord skuldig is. Sou Pistorius gevra word om te getuig sal dit ongetwyfeld die hoogtepunt van die verhoor wees. Daar is ook genoem dat Pistorius nie gevra sal word om te getuig nie. Wat het in sy gedagtes aangegaan? Wat het verkeerd geloop? Enigiemand wat in die nag wakker word en sy verloofde, eggenoot of geliefde nie langs hom sien nie, sal eerder gaan ondersoek instel. Dalk is die mens kombuis toe vir iets om te drink – dit is ook moontlik dat jou geliefde in die badkamer kan wees. Enigiemand wat ’n geluid in die badkamer hoor, sal eers vra of sy

geliefde daar is. Die omstandighede is verdag, want as ’n mens in ’n veilige behuisingskompleks woon, is die kans skraler dat daar ’n inbreker in jou huis sal wees. Wat is reg en wat is verkeerd? Is dit die regte ding om ’n inbreker in jou huis te konfronteer? Wat is die regte ding om te doen sou die inbreker jou lewe bedreig? As ’n mens ’n alarmstelsel het, sal dit goed wees om die paniekknoppie te druk om sodoende hulp te ontbied. Om na ’n wapen te gryp en die persoon agter ’n toe deur te skiet is verdag en nie die korrekte optrede nie. Pistorius is ongetwyfeld ontsteld en hartseer oor die hele voorval – hy toon berou. Natuurlik is só ’n gebeurtenis vir enigeen traumaties. Of jy nou iemand per ongeluk doodgeskiet het en of dit nou ’n inbreker was wat jou lewe in gevaar gestel het, dit is en bly ’n traumatiese ervaring. Suid-Afrikaners hoop dat die hofsaak die waarheid sal uitwys en wil helderheid verkry oor wat presies gebeur het. Die reg sal geskied.

Pad na God altyd oop Ds. Schalk Theart DIT is goed wanneer ’n naam betekenis het. In sekere kulture sal die behoefte van ’n gesin bepaal wat die naam van die nuwe aankomeling gaan wees. Die doel wat hy moet vervul, sal regstreeks aan sy naam gekoppel word. In die Bybel vind ons naamgewing was ’n baie betekenisvolle geleentheid. Simson beteken sonskyn. Deel van Simson se roeping was om as instrument in God se hand te dien om die Fillistyne te straf. In Rigters 16 lees ’n mens Simson word deur sy vrou verlei om die geheim van sy krag bloot te lê. Die sonskynseun van Israel beland in volslae duisternis, omdat sy oë uitgesteek word. Simson het sy naam oneer aangedoen. Hy het daardeur sy roeping versaak. En Israel het die spot van die nasies geword. In die tronk waarin Simson met bronskettings geboei is, het sy hare weer begin groei. God wil hom verseker die pad na Hom toe bly altyd oop. Simson het gebid soos nog nooit vantevore nie: “Here, my God, dink tog aan my. Maak my tog net die een keer sterk, o God!” Dié een oomblik in Simson se lewe was bepalend vir hom en sy volk. Hy kon maklik as ’n swakkeling gesterf het wat sy volk in die steek gelaat het.

Maar hy kon ook sterf as rigter wat in sy dood hul redder kon wees. In een beslissende oomblik in Simson se lewe gaan soek hy by God hulp en skuiling. Sy belydenis van “My God” dra geweldig baie gewig, want dit veronderstel ’n persoonlike verhouding met God. Simson se versoek dat God aan hom moet dink, is ook al genoeg. Psalm 40 sê God dink altyd aan ons. Dit beteken vir ons beskerming en die lewe. Simson vra ook nie meer as die een keer nie. Dit ontsluit die poorte van die hemel vir hom. Tydens Jesus se bediening op aarde lees ’n mens Hy het soms net een keer iemand se lewenspad gekruis. Saggeus sit en wag vir Jesus in die wilde vyeboom, want Hy moet daar verbygaan. Die blindgebore Bartimeus het net een keer Jesus se pad gekruis. Toe die omstanders hom wou stilmaak, het hy net harder geroep. Hy is genees en gered. Jesus het ook net een keer vir alle sondaars kom sterwe sodat ons deel kan kry aan die een naam Christus. Ons word Christen genoem op grond van wat Christus kom doen het.

Son trek water DIE son sak oor die Oranjerivier. Dié foto is van die motorbrug af geneem.

Foto: Anena Burger

Kinders nie net speletjies Benneli Olivier Van der Walt

KINDERS. Die van ons wat hulle het, sal weet dit is nie noodwendig ’n maklike ervaring nie. Veral nie as die kinders so siek word dat hulle in die hospitaal opgeneem moet word nie. So gebeur dit dat my eerste en enigste op ’n Vrydag in die Mediclinic Kimberley vir breinvliesontsteking opgeneem moet word. Die skok van so ’n ernstige diagnose laat ’n mens so skrik dat al waaraan jy kan dink, is om so gou moontlik by die hospitaal uit te kom. So tussen die geskarrel om alles gepak te kry, en natuurlik die leë petroltenk vol te maak, vergeet ek die hele gesin se tandeborsels en sommer nog die sjampoe ook. En daar gaan ons. Aangesien ons eers omstreeks 16:00 uit Kathu vertrek het, kom

17/31 NO-5

17/30

17/29

NNO-5 NNO-10

ons in die donker by die hospitaal aan. Tussen die administratiewe pligte wat nagekom moet word, vat Pa ons seun na die ongevalle toe. Nie te lank daarna nie hoor ek hoe die mannetjie sy ontevredenheid met die dokter se prosedures hard verkondig. Nadat alles ingevul, gespuit, gepleister en ge-pajama is, sit ek en Pa in die saal en probeer vir Seun verduidelik “Pappa kan nie ook die nag by hom bly nie”. Pa is toe vort om ná 22:00 ’n gastehuis te probeer opspoor, wat hy gelukkig toe reggekry het danksy ’n baie hulpvaardige

17/33

17/33

17/32

NNO-10 NNO-10 NNO-10

hospitaal-ontvangsdame. Ek neem aan ons laataand-herbergsoekery gebeur nogal gereeld. By die gastehuis het hy natuurlik uitgevind van die vergete tandeborsels. Die sjampoe het darem in ’n klein botteltjie vir hom op sy gehuurde kussing gewag. Ek het natuurlik by Seun in die hospitaal agtergebly. Én geleer hospitaalbeddens is regtig net vir een mens gemaak – ’n baie maer mens. Dit was ’n delikate proses om so onderdeur die aarvoedingpypie ’n plekkie op die een kussing vir my kop te kry. Maar, deur al die drama, ongemak en afgeskeepte mondhigiene, bly ek dankbaar dat ons kind vier dae later gesond uit die hospitaal kon stap. En Ma en Pa met seer lywe en nuwe waardering vir die bed in ons huis.

21/37

21/37

NW-5

NW-5 WNW-5

20/36


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.