Issuu on Google+

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

26 SEPTEMBER 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS


Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

26 SEPTEMBER 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Grafsteen maak opslae Anena Burger GROOT ontevredenheid heers oor die grafsteen van Dawid Kruiper, legendariese oudleier van die Khomani-san. Dit is die naweek op Andriesvale in die Noord-Kaap onthul. Op Kruiper en sy vrou, Sannah, se grafstene pryk die ANC-embleem neffens die skild van die Noord-Kaap. Paul Swartbooi, kulturele leier van die Bondelswarts op Steinkopf – wat ook die Boesmans en Khoi in kulturele en erfenissake verteenwoordig – sê die regering en departement van sport, kuns en kultuur het die gemeenskap nie in die ontwerp van die grafsteen geken nie. Hy meen die aanbring van die ANC-embleem is “goedkoop politiek” om stemme vir die verkiesing in 2014 te werf. “Oupa Dawid was nie aan enige politieke party verbind nie, omdat hy homself as die leier van die Boesmans beskou het. “Hy het hom beywer vir die ontwikkeling en vooruitgang van sy mense,” het Swartbooi Maandag hoogs ontsteld op Upington gesê. “Om ’n politieke party se embleem op sy grafsteen te sit is net nie reg nie. “Hy was nie eens ’n lid van die ANC nie.” Nie een van Kruiper se seuns was op die onthullingsgeleentheid teenwoordig nie. Hulle kon ook nie vir kommentaar bereik word nie. Volgens Helena Steenkamp, bestuurder van die Boesmanraad, was dit wel op ’n vergadering bespreek en besluit om die kop van ’n leeu op die steen aan te bring. Swartbooi sê ’n eeue oue tradisie van waar klippe en hande vol sand deur roubeklaers op die oorledene se graf geplaas is as ’n teken van respek en waardering is nou geskend. “Die klippe waarvoor mense honderde kilometers gery of geryloop het om ná die begrafnis op Oupa se graf te kom sit is nou verwyder om vir ’n plat steen op sy graf plek te maak,” sê Swartbooi. Hy meen die departement het geensins navorsing gedoen om dié faktore in ag te neem nie. “ ’n Mens kan dit grafskending noem. “Daardie stapel klippe het meer waarde as

Groet skool glansryk

NÁ 12 jaar se swoeg en sweet het die matrikulante van die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld hul skoolloopbaan met glans en swier afgesluit. Hier is Michelle Visagie van die Hoërskool Upington en Jan Louis Basson van die Hoërskool Duineveld. Foto: Anena Burger dié steen en goedkoop politiek gehad. “Oupa Dawid was ’n tradisionele mens en daardie reg is tot in sy graf geskend,” sê Swartbooi. Hy beskuldig die regering dat hy op ’n “siek en afstootlike wyse” die onderhandeling gehanteer het. “Selfs met sy (Kruiper se) begrafnis het hulle

dit gedoen deur sy mense, die Boesmans en die Khoi, uit te sluit.” Luidens ’n verklaring wat Maandag deur die departement van sport, kuns en kultuur uitgereik is, het tradisionele leiers, buitelanders van België en gemeenskapslede van Askham en Mier die grafsteen se onthullingsgeleentheid bygewoon.

Die departement het erkenning aan Kruiper en die Khomani-san se strewe na die behoud van hul kultuur en erfenis uitgespreek. Morapedi Sekhoane, verteenwoordiger vir die departement van sport, kuns en kultuur, het Donderdag in ’n verklaring namens die departement verskoning gevra. Hy het gesê die aanbring van die embleem was ’n fout deur die diensverskaffer wat die steen gemaak het. “Die departement sal met die verskaffer in verbinding tree om dit reg te stel. Ons vra verskoning aan die Kruiper-familie vir die fout,” het hy gesê.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Munisipaliteit gee huise water

Premier vier Boomplantdag OP Vrydag 6 September is die Noord-Kaap se Boomplantdag op Upington gevier. Sylvia Lucas, premier van die provinsie, het die beleidsrede gelewer en amptelik die eerste boom geplant. Foto: Verskaf

DIE //Khara Hais-munisipaliteit het op Maandag 9 September ’n projek begin waardeur 520 erwe in Paballelo van water voorsien sal word. Die doel van die projek is om ’n volledige waternetwerk aan die 520 erwe te verskaf met individuele erfaansluitings en voorafbetaalde watermeters. Die installering van die watermeters is om waterverliese te bekamp deur te meet hoeveel water gebruik word. Die raad van //Khara Hais wil aan elke erf ’n gemeterde wateraansluiting voorsien. BVI- Raadgewende Ingenieurs is as die konsultante van die projek aangestel en Averrox Trading 55 CC sal as kontrakteurs vir dié projek van 36 weke optree. Die munisipaliteit finansier dié projek wat sowat R6 miljoen sal kos.

TWEE raadslede van die //Khara Hais-munisipaliteit, Elliot Lebitsa (links) en Zilindile Ntlanganiso, spit die sooie om amptelik die projek te begin waardeur 520 erwe in Paballelo van water voorsien sal word. By hulle is lede van die gemeenskap, die konsultante en kontrakteurs. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

3

MATRIEKAFSKEID

RAYNO NEL en Santie de Waal, albei van die Hoërskool Duineveld, het geskitter in hul pragtige uitrustings. Foto’s: Anena Burger

BO: Lizanne Hugo en NJ De Kock van die Hoërskool Duineveld ontspan ’n bietjie voor die groot glansaand.

BO: Vone Heyns en Robert Young, albei van die Hoërskool Duineveld, het ook hul aand terdeë geniet.

elegance comes to town DILLON VORSTER van die Hoërskool Duineveld het vir sy matriekafskeidsgeselligheid omtrent alles laat invoer. Van sy bloedrooi pak wat spesiaal vir hom in Singapoer ontwerp en gemaak is tot sy fraaie nooientjie, Charlene Vermeulen, wat al die pad uit Kriel, Mpumalanga gekom het.

The wait is over – Upington finally has its own Queenspark store! Come and visit us at Queenspark, Kalahari Mall, Upington to see why so many love our classic fashion must-haves for men and women.

Now Open

SJ BECKER en Amor Lambrechts van die Hoerskool Duineveld het hul aand by die matriekafskeidsgeselligheid met ’n tikkie ou-Hollywood-glans opgetower.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Politieke sirkus begin MET 2014 en die verkiesing om die draai begin ’n mens weer bewus raak van die politieke spel rondom jou. Ons nader weer die tyd waarin elke politieke party berigte in die koerant wil plaas van die werk wat hulle gedoen het, steeds doen en nog wil doen. Skole, paaie, huise, universiteite, hospitale en nog vele ander instansies se sooispitplegtighede word gehou. Minderbevoorregtes word gehelp en alles moet gepubliseer word sodat alle partye soveel stemme as moontlik kan werf. Dit kan egter ook nadelig wees. Nou is die tyd dat elke opposisieparty ou koeie uit die sloot wil grawe. Elke amptenaar, politikus en raadslid se doen en late is onder die vergrootglas en elke fout word aan die groot klok gehang.

Albei pogings om in die media te verskyn het tog meriete. Maak dit werklik saak wat die beweegrede agter die bou van die skool, pad of hospitaal is, of is die feit dat dit tog gebou word, belangriker? Die foute, korrupsie en oneerlikheid moet uitgewys word en as dit ’n paar stemme in die sak bring, is dit tog twee vlieë met een klap. Wat egter geweldig pla, is die vraag wat tussen verkiesingstye gevra word: Gebeur daar iets of tel elke politikus, amptenaar en raadslid net geld en bou kontakte op? Word huise, paaie en hospitale se sooispit-geleenthede tussen verkiesings gehou? Word amptenare, politici en raadslede se minderwaardige optredes dan aan die groot klok gehang of lewe almal dan net te lekker?

Laat jou geloof jou dryf Philip van Vuuren IN Markus 5:25-34 is ’n gebeurtenis in die bediening van Jesus waarby ons goeie lesse kan leer. Dit handel oor die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het en haar poging wat sy aangewend het sodat Jesus haar kon genees, is prysenswaardig. Weens haar siekte hoort sy nie eintlik daar nie, want volgens die wet was sy onrein en mag sy nie naby mense gekom het nie. Die Skrif vertel ook sy het erg onder die geneeshere gely. Sy het al haar besittings uitgegee sonder dat hulle haar gesond gemaak het. Sy was daarom bankkrot en het niks gehad nie. Al wie haar kon help, was Jesus. Dit is nogal eie aan ons tyd. Ek wonder hoeveel mense ly vandag omdat hulle nie toeganklike mediese sorg het nie. Jesus was so verdring deur die skare dat sy letterlik in die stof moes kruip. Haar geloof was só sterk. Sy het geglo dat as sy net aan sy klere kon raak, sou sy gesond word. Dit wys dat sy nie heeltemal handdoek ingegooi het nie, maar dat sy eerder op haar geloof staat gemaak het.

Haar wil om te leef het haar laat optree. Hoeveel mense is daar wat kan leef, maar nie meer wil nie? Dan kry jy ook mense wat só siek is, dat hulle nog wil leef, maar nie meer kan nie. Lewe is ’n geskenk van God. Dié vrou se optrede, haar desperaatheid, het bygedra tot haar genesing. Jy, liewe leser, moet daarom dink en jouself vra: Hoe ernstig is ons om gehelp te word? Geloof vra egter van elkeen van ons om ook ons deel te doen. Ons moenie net agteroor sit en ons aan omstandighede oorgee nie. Ons moet soms ernstiger tot die Here roep en partykeer meer in geloof teruggee. Ons moet miskien ook meer eredienste in kerke bywoon. ’n Engelse gesegde lui: We are not the victim, but we are victorious. Geloof in Jesus Christus bring hoop. Die vrou se geloof het haar tot aksie gedryf. Wat is jy bereid om te doen om te kry wat jy nodig het? ) Philip van Vuuren is leraar van die AGS-kerk Oasis op Kuruman.

Eie aan die Kalahari DIE trots van die Kalahari – pragtige gemsbokke. Hierdie foto is op die Mattanu- private wildsplaas net buite Barkly-Wes geneem. Foto: Johan van Wyk

Hou jou oor op die grond DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Met Kalahari Bulletin se nuwe webontwerp bied dit jou die kans om ’n burgerjoernalis te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensovoorts, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat lesers se hart vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. En ons weet ook nie van alles wat

gebeur nie. Aan die web is egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings, ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is, eerste. Kalahari Bulletin se mobi-site gee jou toegang tot jou koerant op jou selfoon. Besoek die webwerf vandag by www.kalaharibulletin.co.za of op jou selfoon by kalaharibulletin.mobi. Onthou ook dat ons op Facebook is. Nuwe stories en foto’s word op ’n daaglikse grondslag gelaai. Gaan kyk gerus by www.facebook.com/kbulletin.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Oudword hou ook ander voordele in Annerie Louw AI, watter mooi herinneringe aan die kameeldoringbome so met die see in my ore. Die nuwe blyplek by die see is ook weer ’n ander aanpassing om nie eens van die nuwe status te praat nie. Ek en Dierbaarste moes in die tweede week van ons nuwe tuiste op verskillende dae elkeen ’n draai by verskillende vreemde dokters maak omdat ons in spasma was. Seker maar die baie trappe op en af of die rondskuif van meubels en

die gordyne ophang met arms bo jou kop dat jou rugbiltonge later pyn. Dit was op hierdie doktersbesoek dat ek die eerste keer “pensioentrekker” by “beroep” moes invul. Op daardie oomblik het dit vir my gevoel asof ons nou niks meer vir die gemeenskap kan

beteken nie, want ons is nou pensioentrekkers. Al die gespot vooraf het nou ’n werklikheid geword en watter wrede werklikheid. Geen volgende stap om voor te werk nie – ons is nou klaar voor in die bos, reg om gekap te word. Net voordat ek te veel daaroor hoef te tob, bel broer Stevie en vertel ons van die afslag wat pensioentrekkers op Donderdae by ’n eetplek kry. Wat ’n verrassing. Vir R72 vir ons twee oues van dae kan ek nie

eens een sak kruideniersware koop nie – wat nog te sê ’n verskeidenheid van geregte met nagereg maak. So vind ons ook uit dat daar in hierdie omgewing verskillende soorte afslag vir senior burgers is. “Maar dan moet jy 60 wees,” het ’n parmantige kassiere my gemaan toe ek probeer vir die afslag. Ons kort nog gordynrelings en maak ’n draai by Game. “Meneer, vandag is dit mos 10%-afslag op alle aankope vir pensioentrekkers.” Gelukkig het sy niks vir my gesê

nie. Ek dra in elk geval nie die beursie nie en is, ondanks die ydelheid, maar te dankbaar vir die afslag. “Dis die meeste klomp oumense wat ek nog bymekaar gesien het,” merk Dierbaarste op – vir daardie oomblik heeltemal onbewus van ons ouderdom. Dalk is dit die seelug wat hom so jonk laat voel. Om oud te word is nie vir sissies nie, is wel die algemene spreekwoord, maar om die voorregte van ouer wees te geniet, is weer ’n ander storie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

DIE bestuurder van Alert Plumbing Supplies, Debby Loots, oorhandig die Xbox-prys aan Heinrich Olivier. Foto’s: Madri Scheepers

DIE wenner van die eerste prys, Monica Joubert (links), en Debby Loots van Alert Plumbing Supplies. AL die wenners van die verskeie kompetisies met hul pryse. Van links is Enzo Wadrif (Weberbraaier), Monica Joubert (42”-TV-stel), Katelynn Grobler (Canon-kamera), Milena van Zyl (Galaxy-tablet) en Heinrich Olivier.

Húlle wen groot pryse Ilse Watson

MET die opening van sy nuwe vertoonlokaal verlede week het Alert Plumbing Supplies op Kathu ’n groot kompetisie vir sy klante en ook vir laerskoolkinders aangebied. Die eerste prys was ’n LG 42” HD-televisiestel, die tweede prys was ’n Canon Complete Kitkamera en die derde prys ’n Samsung Galaxy 2-tablet. Die vierde prys was ’n Weberskottelbraaier. Die besigheid het ook ’n afsonderlike kompetisie gehou vir die Laerskool Kathu waarin die wenner ’n Xbox 360 kon wen. Hulle het ongelooflik baie inskrywings ontvang en hier is die wenners van die onderskeie kompetisies.

Glam Guru hier DIE Glam Guru, Hannon Botma, is op 12 Oktober op Kathu. Dié geleentheid is ’n spesiale oggend wat deur die Kathuapteek gereël is om geld vir Kansa Kathu in te samel. Met aankoms sal elke vrou ’n verwelkomingsdrankie en geskenkpak ontvang. Daar is sitplek vir 500 vroue. Koop jou kaartjies by Ria by die Kathuapteek (053-723-1101).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

DR. DAN GOUWS, Tiekie die tandmuis en Susan Gouws van Elite Dental op Kathu. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Tandmuis loer in Benneli Olivier Van der Walt TIEKIE DIE TANDMUIS het saam met dr. Dan Gouws van Elite Dental die Preprimêre Skool Pikkie Pret besoek. Susan Gouws het die kinders geleer hoe om na hul tande om te sien. Tiekie het ’n tandmuissakkie aan al die leerlinge gegee. Hulle kan hul wisseltande daarin bêre vir wanneer die tandmuis kom kuier.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

JUANITA DU PLESSIS tree Vrydag om 21:00 op die Eiland-hoofverhoog op.

FREDI NEST tree Vrydag om 19:00 en Saterdag om 19:30 op die Eiland-hoofverhoog op.

Foto’s: Verskaf

KARLIEN VAN JAARSVELD tree Donderdag om 21:00 op die Eiland-hoofverhoog op.

GERHARD STEYN tree Vrydag om 22:00 op die Eiland-hoofverhoog op.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

MATRIEKAFSKEID

Kathu-matrieks hou afskeid Ilse Watson DIE matrieks van die Hoërskool Kathu het verlede Donderdag in styl afskeid geneem. Explosive Functions van Olifantshoek het verseker dat met die tema, Winter in die Kalahari, die saal in ’n paradys van ligblou en wit omgeskep word. Feestelike boompies, wit voëlhokkies, fairy lights en wollerige skapies was alles oral te sien en het die saal mooi afgerond. Eddie Stevens het die heerlike kos, waaraan die matrieks weggelê het, voorsien. Hoewel dit ’n stormagtige, stowwerige dag in die Kalahari was, het dit beslis nie die matrieks se gees gedemp nie.

EILEEN CAMPRECHT en Drikus de Lange.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

MERVIN KLUI en Marlize Dercksen.

DIE saal.

LUCINDA LIEBENBERG


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

11

DIE lede met hul pienk veiligheidshoede is van links Kapt. Roelf Mouton, ao. Cecil March, konst. Llewelyn Swartz, kapt. Jacques Buys, ao. Marcellis Rajap, Lt. kol. Abe Raff, kol. Henk van Heerden en kapt. AD Kella.

VAN links Ao. Marcellis Rajap, Frans Waters, skoolhoof van Leerkrans Primêr, en Karlien Kuhn. Foto’s: Verskaf

Polisie sien om na veiligheid by mall LEDE van die polisiediens op Upington is net so opgewonde oor die Kalahari Mall. Hulle het saam met die Kalahari Mall se bemarkingspan skole in die gebied besoek en Vrydag saam met die bestuurspan van die Kalahari Mall ’n toer deur die sentrum onderneem. Die toer wat net ’n halfuur sou duur, duur toe amper twee uur. Die polisie sal vandag op die openingsgeleentheid dienste verrig om almal se veiligheid te verseker om sodoende ’n genotvolle ondervinding vir almal te verseker.

Daar sal ook daagliks polisiëring soos normaalweg in die sentrale sakekern, by die Kalahari Mall, gedoen word. Karlien Kuhn, bemarkingsbestuurder, het sowat 26 skole in die omgewing besoek waartydens sy geskenkies aan skoolhoofde en onderhoofde uitgedeel het. Die bestuur van die Kalahari Mall het ook kaartjies, wat hy van die Kalahari Kuierfees gekoop het, aan mense oorhandig. Volgens Kuhn was dit ’n ongelooflike ondervinding om al die trotse skoolhoofde te ontmoet.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

15

Matrieks koninklik onthaal Lynn-Mari Olivier

JAPIE STEYN en Lolla Scheepers.

Foto:Verskaf

DIE matrieks van die Hoërskool Kalahari kon sowaar koninklik voel op hul matriekafskeidgeselligheid. Die tema was Koninklike troue. Talle motors het elke paartjie in styl aan die agterkant van Kameeldoringpark afgelaai. Dit het gelyk asof die manier van vervoer ’n belangrike rol gespeel het om die matrieks se uitrustings af te rond. Voordat die paartjies die saal ingestap het, moes hulle eers, soos dit ’n prins en prinses betaam, hul rokke en pakke aan die skare wys. Pers was duidelik die gewildste kleur onder die meisies. Die gr. 11-leerlinge, geklee in swart en wit, het in tipies koninklike styl die paartjies ingewag om die saal in te gaan. Massas liggies uit die dak en silwerkandelare op die tafels het die tema mooi afgerond. Kyk na nog foto’s van die geleentheid op die webblad www.kalaharibulletin.co.za.

VAN links is Zanri Snyman, Johan Jonker, Wilanry Greeff, AJ Le Roux, Sonja Bateman en Bolla Bester. Foto: Lynn-Mari Olivier


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

SE PT EM BE R2 01 3

16

8 Panel Door Michelle Basin MICB1TH • One tap hole • Excludes pedestal

29999 Lawnmower & Trimmer Combo 99-30123 • Lawnmower - 1000W Long-life ball bearing induction motor - 3 Position height adjustable (20/40/60mm) - 32cm Cutting width - 30L solid grass box - Lock-off safety switch • Trimmer - 350W bearing motor - 26cm Cutting diameter - Double 1.2mm cutting line - Automatic tap-to-feed cutting head for trouble-free line-feed - Easy-to-change cutting line spool - Wide-vision, impact-resistant safety guard

99999

per set

1 Year Domestic use warranty

0603340100 / PSS200AC • 200W • 92 x 182mm • Clean working due to micro-filter system

Masonite Hollowcore Interior Door HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges

Michelle Pedestal

Includes Carry Case

Orbital Sander

KYD8 • 813mm x 2032mm • Use under cover, must be sealed

MICPED • Excludes basin

1 Year

1 Year

Guarantee

Guarantee

69999

13999 14999

399

99

3 Bag Filter 180A Air Cooled Welder

Mist Fan

+

FS1619R • 40cm Stand mist fan • 90° Oscillation, 3 speed • Remote control • Humidity function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L • LCD display • Silver/black only

99999

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117

MAT9040 • Single phase 220V • Moveable core type transformer welder • Suitable for DIY applications • Thermal protection overload • No load voltage 47 to 50V • Output 60-180A • Duty cycle 30% • Weight 21Kg

Sunflo Pool Pump Sunflo 0.75kW

520-1006M • To be used with a 0.75kW pump

129999

179999

500-2010M • Reinforced clear lid fitt unions • Quick fi

Bull Shark Combi Pack

K0710 • 8 x 1m Durable hoses included • Low maintenance & easy set up

99999

119999

per kit

TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 24 September- 06 October 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

3 Year Warranty on Tank

A single moving part with lifetime warranty


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

VLV-lede leer rose snoei Petro Spangenberg

EON DE KLERK van die Tuinpaleis-kwekery het ’n uitstalling gehou en ’n praktiese roossnoeidemonstrasie aangebied.

Sien stuk op Kathu GROET DIE GROTMAN is op 3 Oktober op Kathu. Alle geld wat ingesamel gaan word, is ten bate van Kansa Kathu. Hierdie is ’n optrede wat nie gemis moet word nie. Dit vind by die Hoërskool Kathu plaas en dit begin om 18:30. Die koste van die kaartjies is R100 per persoon. Kry jou kaartjies by Carolene 082-449-7707, Carin 083-554-7707 en by Kansa Kathu by 082226-1239.

OP die vergadering van die Vroue-Landbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak het Ansie Cilliers, die sameroeper, Eon de Klerk oor die nuutste tuinboumodes uitgevra. De Klerk is van die Tuinpaleis-kwekery en het ’n uitstalling, asook ’n praktiese roossnoeidemonstrasie, gehou. Die VLV-lede het geleer die binnekant van die roosboom moet heeltemal uitgesnoei word sodat

dit soos ’n teekoppie lyk en dan moet die buitenste takke verminder word sodat dit nie oor mekaar groei nie. Bykans twee derdes van die plant moet weggesny word. Rose groei egter nou al welig en moet goeie bemesting kry. De Klerk het gesê die nuwe meerjarige petunias is pragtig en veral geskik vir hangmandjies. Kamelias ryp glad nie dood nie en groei in die koelte. Die lewe raak net makliker – daarom is groentesaailinge nou

te koop en tuiniers hoef nie meer so lank te wag voordat die groente op die tafel is nie. Ansie Venter het haar vanjaar by die VLV aangesluit en vertel van haar opdraande stryd ná haar man se dood toe sy met ’n paar plase en vier seuns die mas moes opkom. Al wat sy geweet het, is dat dit moet reen. Die Glen-landboukollege by Bloemfontein moes haar van weiding, bulle en veevoer leer. Sy het nie op haar

laat wag nie en het in 2000 die boervrou van die jaar-kompetisie as top-uitvoerder van rooi vleis in die Noord-Kaap gewen. Sy is nou heeltyds

aan die boer op vier Kalahari-plase en dit wys ’n vrou hoef nie terug te staan vir beroepe wat oorheersend deur mans beoefen word nie.

17

Boere het ondersteuning nodig, veral deesdae met hoë insetkoste en arbeidsaangeleenthede, terwyl die natuur nie altyd saamspeel nie.


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

MF MOKUBUNG

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

Industriële vensterlose, hoë BAKKIEKAPPIE wat booor kajuit gaan, te koop. Pas op Mazda, Ford, ens. R5 000. 082 551 6622.

YORKSHIRE TERRIëRS te koop. Kuruman. 3 tefies en 1 reun. 6 weke oud. Gespuit en ontwurm. Skakel 082 559 9455.

053 712 1961 053 712 2068

RUIM 1-SLK-woonstel in veilige omgewing. Skakel Hannes: 083 267 0003. R4500 W en l uigesl. Kuruman.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

In die boedel van wyle Monty Frank Mokubung, identiteitsnommer 250419 5162 085, met nagelate eggenote Leratoeng Wilhelmina Mokubung, identiteitsnommer 320212 0261 085, in lewe van Leratongstraat 355, Magojaneng-distrik, Kuruman, boedel-nommer: 2706/2011. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kanttor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) DAE VANAF 27 SEPTEMBER 2013. Prokureurs: Duvenhage & Van der Merwe Posbus 63 Kuruman 8460

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir Proffesionele geakrediteerde installasies. Francios 072 156 4035 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker:082 829 0292 Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705

HILUX 1.8, 1980, running, papers in order - R18 500. Christiana 071 967 0285 ISUZU 2.5D, 1995, R27 000. Hilux 1.8, 1995, R39 500. Phone 072 472 8686.

2004 CONDOR, 2.4D, R70 000. 2002 Toyota KZTE 3.0D, R75 000. Phone 072 472 8686. 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336. MERCEDES 300E, 1990 R17 500. 1990 Jetta 1.8 R18 500. 1985 Cortina 3.0 R11 500. Phone 072 472 8686.

AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888. TEGNIESE VERTEENWOORDIGER: Agtergrond van omliggende myne in die Kuruman/Hotazel-omgewing. Tegniese agtergrond. Goeie menseverhoudings. Afrikaans- en Engels- sprekend. Permanente aanstelling. Stuur asseblief CV na accounts@dvdeng.co.za of faks na 086 243 5850.

POLO 1.6, 2001 - R33 500. 2001 Sentra 1.6 R33 500. 1997 Astra 1.6 R27 500. Phone 072 472 8686. POLO 2.0 1999 R29 500. 2001 Mazda 1.6 R24 500. 1995 Sentra 1.6 R22 500. Phone 072 472 8686.

MF 65 TRACTOR, R27 000. 8-ton truck, rails, R58 000. 072 472 8686.

CASH FOR CARS, bakkies, caravans, trucks and tractors. Phone 072 472 8686.

J STEYN In die boedel van wyle Johannes Steyn, boedelnommer: 291/2013, voorheen woonagtig te Thompsonlaan 32, Kuruman. Skuldeisers en skuldenaars in boegemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 September 2013. Jordaan & Mans Ing Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 sumari@jorman.co.za

SOEK, KOOP, VERKOOP

PJ DE NYSSCHEN In die boedel van wyle Petrus Jacobus De Nysschen van Kameellaan 11, Kuruman 8460, boedelnr: 2099/2013, geboortedatum: 23/04/1953, identiteits-nommer: 530423 5094 084, datum oorlede 18/10/2012 en nagelate gade Getruida Johanna Magdalena de Nysschen, geboortedatum 09/02/1955. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 27 September 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 13 dag van September 2013. KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

FRESH PERSPECTIVES Our diversity makes a world of difference.

CONVEYOR BELT REPAIRER: DMS PLANT, KUMBA IRON ORE,

SISHEN MINE, NORTHERN CAPE BAND 8

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will take charge of the splicing and lagging functions, where duties will include splicing on all sizes of steelcord conveyor belts and pylon conveyor belts in the plant, making old splices on the pylon conveyor belts, lagging of pulleys in the workshop, as well as in the plant, and lagging of all other items in the plant (excluding chutes and pipes). You must ensure all items are coated with ceramic, and will be expected to roll up and remove worn-out conveyor belts and conduct extensive conveyor belt inspections on a regular basis. Apply today with your Grade 12/N3, strong technical skills and 5 years’ relevant experience, as well as a valid Code 08 driver’s licence. You must be declared competent as a Conveyor Belt Repairer (certificates to be shown). If you can work in a team and comfortably at heights as well as work overtime during breakdowns, you could be our ideal candidate. Ref. S706762 See your career dreams grow at Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by forwarding your application to sishen1@angloamerican.com before 4 October 2013. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 102585

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

23

DIE span van die Hoërskool Duineveld wat vyfde in die AECOM-SAICE- Internasionale Brugboukompetisie was, is van links Alex Meyer, Jan-Hendrik Opperman en Jan Louis Basson. Foto: Verskaf

Velties wys hul slag in brugboustryd ’n BRUGBOUSPAN van die Hoërskool Duineveld was algeheel vyfde in die AECOM-SAICE- Internasionale Brugboukompetisie. Die span bestaande uit Jan-Hendrik Opperman, Jan Louis Basson en Alex Meyer het ’n brug gebou wat

73,5 kg kon dra voordat dit gebreek het. Meer as 600 skole in Suid-Afrika en Namibië het aan die brugboukompetisie deelgeneem wat jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAICE) aangebied word.

VAN links is Jenny Maritz (tweede prinses), Baby Blaauw (koningin van Oranjehof) en May Snyman (eerste prinses). Foto: Verskaf

Koningin gekroon

DIE nuwe koningin van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes is met die hulp van die Hoërskool Upington gekroon. Danksy ’n bietjie oorreding het tannie Wessie de Jager besluit ’n mens is net so oud soos ’n mens voel en sy en haar mede-inwoners het die kroning van die koningin van Oranjehof aangepak. Deelnemers moes ouer as 70 jaar

wees, vol lewe wees en nog die ligter kant van die lewe waardeer. Altesaam 16 inwoners van die tehuis het hulle ingeskryf. Uppie-meisies het elkeen ’n “ouma” gekry om in die nuutste modes wys te maak. Om die speelveld gelyk te maak moes alle deelnemers in ’n rolstoel opdaag. Uppie-seuns het die finaliste ingebring en vir DJ van den Hee-

ver, TC Lamprecht en Connie de Jager was dit ’n voorreg om die finaliste aan die gehoor bekend te stel. Ná ’n Michael Jackson-vertoning en ’n optrede deur die sangpaar Gielie en Yolande is tannie Baby Blaauw as die koningin van Oranjehof gekroon. Alle geld wat ingesamel is, het aan Oranjehof gegaan.

DIE Uppie-Camarata, die skoolkoor van die Hoërskool Upington.

Foto: Verskaf

Uppies bekoor gehore op koorfees DIE jaarlikse Uppie-koorfees van die Hoërskool Upington het op 20 Augustus plaasgevind. Sewe kore het aan die koorfees deelgeneem en die aand is met ’n massakoor bestaande uit al sewe kore se lede afgesluit. Vanjaar se koorfees is opgedra aan Johan Engelbrecht ter erkenning van die bydrae wat hy gelewer het om koormusiek op Upington te bevorder. Engelbrecht is vroeër vanjaar oorlede. Die Uppie-koorfees was die perfekte afsluiting vir die Uppie-Ca-

marata, die Hoërskool Upington se skoolkoor, wat vanjaar ’n wonderlike jaar beleef het. Die Camarata het na die WesKaap getoer waar die koorlede ’n draai by die Kunstekaap gemaak het en ’n meestersklas van Acama Fick (voormalige dirigent van die Stellenbosse Universiteitskoor) ontvang het. Hulle het in ’n erediens op Malmesbury opgetree en aan die WesBolandse Eisteddfod deelgeneem waar hulle ’n silwerdiploma verwerf het.

J ELL SLABBERT, een van die Hoërskool Upington se onderwysers, sing onder die boom in die vierkant op een van die kultuurweek-byeenkomste. Foto: Verskaf

Kultuurweek suksesvol DIE Hoërskool Upington het die week van 19 Augustus ’n kultuurweek aangebied. Die week is met ’n heerlike kultuuraand begin, waarna ’n musiekfees die Dinsdag aangebied is. Pouses het kultuuraktiwiteite in

die vierkant plaasgevind. Man en muis het na JB Gilliomee, een van die Uppie-onderwyser, en Riaan Kotze, skoolhoof, se gedigvoorlesings kom luister. J Ell Slabbert, een van die onderwysers, het ook onder die boom in

die vierkant die skare soos ’n wafferse Jack Parow met sy kitaar en sang vermaak. Die Uppies het gesing en gedans en Neville Schubach se Amperse Kabaret pousetyd het ’n vol saal getrek.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2013

Jongspan leer tennis speel ’n BEGINNERS-TENNISTOERNOOI is die naweek van 13 en 14 September deur Helene van den Berg aangebied. Al die klein tennisspelers was tussen vyf en nege jaar oud.

’n Mens kon sien dat hulle dit regtig baie geniet het. Spelers is in vyf groepe ingedeel en ouers kon saam met hul kleingoed aan roltennis deelneem.

JJ JANSE VAN RENSBURG rek vir ’n moeilike bal. Foto’s: verskaf

“WAARHEEN moet ek die bal rol?” Evan Janse van Rensburg speel roltennis.

Van den Berg rig al van die begin van die derde kwartaal aan die Laerskool Oranje-Noord tennis vir beginners af. Sy probeer om ’n liefde vir tennis by die klein spelers te

kweek en leer ’n groot verskeidenheid basiese balvaardighede vir hulle aan. Sy is ook deel van Living Ball waar die Evangelie deur middel van sportballe versprei word.

CARLA KUHN stap doelgerig op die tennisbaan rond. Foto: verskaf

AJ BURGER geniet elke oomblik van dié tennistoernooi.


Upington bulletin 25 sept 2013