Upington bulletin 15 jan 2014

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

16 JANUARIE 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Goeie nuus gekry...

HIERDIE vier oudleerlinge van die Hoërskool Upington het baie lekker geskryf aan die Engels­vraestel, maar die tweede wiskundevraestel was moeilik. Hulle het goeie nuus gekry, want hulle het hard gewerk, hoewel hul “huiswerk dalk nie elke dag gedoen was nie”. Van links is Immaculate Vundisa, Nicolé Vos, Ambi Jansen en Yanick Otto. Foto: Lizette Slabber

Pragt Pr agtig, Karien! Lizette Slabber “MOENIE bang wees mense gaan dink jy is ’n nerd net omdat jy hard werk nie. En moet nooit, ooit uitstel nie.” Dié wyse raad het Karien Janse van Vuuren van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas gevolg om te verseker dat sy agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy is ook sewende onder die 20 topleerlinge in die Noord-Kaap. Sy het A-simbole vir Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, wiskunde (derde vraestel) en

lewensoriëntering ontvang. Karien, die dogter van Almarie en Dawid Janse van Vuuren, het agt onderskeidings verwag, maar was bang sy gaan teleurgesteld wees en sê sy het die hele tyd vir haarself gesê sy gaan net sewe kry. “Ek het ’n bietjie oor lewenswetenskap getwyfel.” Sy verkies wiskunde en fisiese wetenskap bo Afrikaans en Engels. Ek hou van leer en neerskryf, nie die geraaiery met die begripstoetse nie.” Karien is gekeur om medies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te studeer en gaan in 2014 in die Roosmaryn-kampuskoshuis tuisgaan. “Ek het eers verlede jaar besluit om medies te studeer. Ek is baie lief vir mense

en wil graag ander help. Dis belangrik om eers aan ander mense te dink en nie net vir jouself belangrik te wees nie.” Sy was die hoofmeisie en het ook provinsiaal netbal gespeel. “Ek is baie lief vir netbal, maar ek het ook aan tennis en atletiek deelgeneem. Ek het aan al die aktiwiteite wat HMO aangebied het, deelgeneem. Dis my raad aan 2014 se matrieks: Hulle moet alles doen, alles geniet en onthou waaroor alles gaan. Kies wat jy wil doen en moet nooit moed opgee nie.” Dié slimkop het ook die Twee Oseane-halfmarathon voltooi. As haar mediese studie haar nie so besig gaan hou nie, wil sy graag eendag ’n Comrades-marathon ook voltooi.

KARIEN JANSE VAN VUUREN van die Hoër­ skool Martin Oosthuizen op Kakamas is die enigste leerling van die ZF Mgcawu­distrik wat agt onderskeidings behaal het. Foto: Verskaf


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.