Issuu on Google+

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

16 JANUARIE 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Goeie nuus gekry...

HIERDIE vier oudleerlinge van die Hoërskool Upington het baie lekker geskryf aan die Engels­vraestel, maar die tweede wiskundevraestel was moeilik. Hulle het goeie nuus gekry, want hulle het hard gewerk, hoewel hul “huiswerk dalk nie elke dag gedoen was nie”. Van links is Immaculate Vundisa, Nicolé Vos, Ambi Jansen en Yanick Otto. Foto: Lizette Slabber

Pragt Pr agtig, Karien! Lizette Slabber “MOENIE bang wees mense gaan dink jy is ’n nerd net omdat jy hard werk nie. En moet nooit, ooit uitstel nie.” Dié wyse raad het Karien Janse van Vuuren van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas gevolg om te verseker dat sy agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Sy is ook sewende onder die 20 topleerlinge in die Noord-Kaap. Sy het A-simbole vir Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, wiskunde (derde vraestel) en

lewensoriëntering ontvang. Karien, die dogter van Almarie en Dawid Janse van Vuuren, het agt onderskeidings verwag, maar was bang sy gaan teleurgesteld wees en sê sy het die hele tyd vir haarself gesê sy gaan net sewe kry. “Ek het ’n bietjie oor lewenswetenskap getwyfel.” Sy verkies wiskunde en fisiese wetenskap bo Afrikaans en Engels. Ek hou van leer en neerskryf, nie die geraaiery met die begripstoetse nie.” Karien is gekeur om medies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te studeer en gaan in 2014 in die Roosmaryn-kampuskoshuis tuisgaan. “Ek het eers verlede jaar besluit om medies te studeer. Ek is baie lief vir mense

en wil graag ander help. Dis belangrik om eers aan ander mense te dink en nie net vir jouself belangrik te wees nie.” Sy was die hoofmeisie en het ook provinsiaal netbal gespeel. “Ek is baie lief vir netbal, maar ek het ook aan tennis en atletiek deelgeneem. Ek het aan al die aktiwiteite wat HMO aangebied het, deelgeneem. Dis my raad aan 2014 se matrieks: Hulle moet alles doen, alles geniet en onthou waaroor alles gaan. Kies wat jy wil doen en moet nooit moed opgee nie.” Dié slimkop het ook die Twee Oseane-halfmarathon voltooi. As haar mediese studie haar nie so besig gaan hou nie, wil sy graag eendag ’n Comrades-marathon ook voltooi.

KARIEN JANSE VAN VUUREN van die Hoër­ skool Martin Oosthuizen op Kakamas is die enigste leerling van die ZF Mgcawu­distrik wat agt onderskeidings behaal het. Foto: Verskaf


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

MATRIEKUITSLAE

NIKI KOTZE

Foto’s: Verskaf

ANDRI OOSTHUIZEN

MARZANNE JANSE VAN RENS­ BURG

MARLI STRYDOM

LISMARI HANSEN

HMO-matrieks ryg simbole in DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se 2013-matriekklas van 39 leerlinge het ses gemiddelde A’s opgelewer. Daarby het 11 leerlinge gemiddelde B’s en 13 leerlinge gemiddelde C’s behaal – 82% van dié matriekklas het met graadtoelating geslaag. HMO se topses-presteerders is: ) Karien Janse van Vuuren is sewende onder die top20 in die Noord-Kaap. Sy het A’s in al agt haar vakke behaal: Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde (derde vraestel), rekeningkunde, fisiese wetenskap, lewensoriëntering en lewenswetenskap. ) Lismari Hansen het onderskeidings in Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, wiskundige geletterdheid, landboube-

stuur en landboutegnologie behaal. ) Marli Strydom het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, wiskunde en rekeningkunde behaal. ) Andri Oosthuizen het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, lewenswetenskap en rekenaartoepassingstegnologie. ) Niki Kotze het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, verbruikerstudie en rekeningkunde behaal. ) Marzanne Janse van Rensburg het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering en verbruikerstudie behaal.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

MATRIEKUITSLAE

LOUISE­MARIE PIETERSE

Foto’s: Megan Loots

MADELEIN VAN DER MERWE

Duineveld weer topskool DIE Hoërskool Duineveld is weer as die topskool in die ZF Mgcawu-distrik aangewys. Die 2013-matrieks het ses gemiddelde A’s en 29 gemiddelde B’s ontvang. Daarby het 96 leerlinge met graadtoelating geslaag. Die ses toppresteerders is: Christel Smit met onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en rekenaartoepassingstegnologie. Liezel de Waal het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap behaal.

Louise-Marie Pieterse het onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie en lewenswetenskap behaal. Nicole Coetzee het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudie en lewenswetenskap behaal. Madelein van der Merwe het onderskeidings in Engels (eerste addisionele taal), wiskundige geletterdheid, lewensoriëntering en toerisme behaal. Jan-Hendrik van Wyk het onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde en fisiese wetenskap behaal.

Regte besluite bring sukses Lizette Slabber LIEZEL DE WAAL van die Hoërskool Duineveld het net vyf onderskeidings verwag, maar is met sewe onderskeidings verras. “Ek het gehoop op lewenswetenskap, fisiese wetenskap, wiskunde en lewensorientering, maar het ’n bietjie oor Afrikaans (huistaal) en Engels (eerste addisionele taal) getwyfel. “Oor rekeningkunde was ek glad nie seker nie, want dit was nog altyd vir my moeilik.” Dit was dus ’n groot verrasing toe sy op Dinsdag 7 Januarie hoor sy het onderskeidings in al sewe dié vakke behaal. Dié dogter van Johan en Joana de Waal was nog altyd lief vir wiskunde en fisiese wetenskap. “Die tale hou ek niks van nie, dis vervelig.”

LIEZEL DE WAAL van die Hoërskool Duineveld het sewe onderskeidings behaal.

Foto: Megan Loots

Dit is dan juis haar groot liefdes wat haar vanjaar ’n tree nader aan ’n loopbaan in die aptekerswese laat gee. Sy gaan aan die Noordwes-

universiteit op Potchefstroom studeer en gaan Huis Republiek haar tuiste maak. Liezel was prefek van haar skoolkoshuis en het graag netbal gespeel, maar haar buitemuurse aktiwiteite is ook deur haar liefde vir wetenskap beïnvloed. “Ek het aan die wetenskapekspo en wiskunde- en wetenskap-olimpiades deelgeneem. Dit was vir my die lekkerste.” Dié slimkop glo daaraan om goeie besluite te neem. “Jy moet vooraf besluit wat belangrik is. Moenie afwyk van dit wat jy besluit het nie. Bestuur jou tyd reg, besluit wat vir jou voorkeur geniet en moet nooit goed opsy sit nie.” Haar raad aan die matrieks van 2014 is om ook hul tyd reg te bestuur. “Jy dink nog jy het baie tyd en dan is die jaar klaar verby.”

Kristie kry toe ’n dubbele verrassing Lizette Slabber KRISTIE SCHALEKAMP van die Hoërskool Upington skryf haar ses onderskeidings toe aan elke dag huiswerk doen, ou vraestelle uitwerk en baie harde werk. Kristie het op 7 Januarie ’n groot verrassing gekry deur dubbel die getal onderskeidings te kry as wat sy verwag het. “Ek het gehoop vir drie. Dit was ’n groot verrassing.” Sy het onderskeidings in lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskap, Afrikaans (huistaal) en wiskunde (derde vraestel) behaal. Volgens Kristie was die eksamen oor die algemeen moeilik, maar die tale en wiskunde (derde vraestel)

KRISTIE SCHALEKAMP van die Hoërskool Upington het ses onderskeidings behaal. Foto: Verskaf

was in besonder ’n groot uitdaging. “Ek het vir my ma gesê as ek vir wiskunde (derde vraestel) ’n onderskeiding kry, spring ek van die

brug af.” Ten spyte daarvan dat dié slimkopdogter van Fransie van Sittert en Bert Schalekamp niks van rekeningkunde en wiskunde (derde vraestel) hou nie, het sy in albei onderskeidings behaal. Haar liefde vir veral fisiese wetenskap het haar genoop om vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te begin studeer. “Met dié kursus kan ek my liefde vir wiskunde en wetenskap en my kreatiwiteit kombineer.” Haar raad aan die 2014-matrieks is om elke dag huiswerk te doen. Kristie was die tesourier van die skool se bestuurskomitee en het eerbewyse vir die beste kreatiewe skryfwerk in Afrikaans en Engels ontvang.

JAN­HENDRIK VAN WYK

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

Onderwys in die moeilikheid SOOS mense teen dié tyd al gewoond is, begin elke jaar met omstredenheid rondom die matriekuitslae. Die dag voor die bekendmaking van die uitslae het Helen Zille van die DA al laat weet as die slaagsyfer met meer as 2% styg, sal die DA daarop aandring dat ’n oudit plaasvind. Die ANC in die Noord-Kaap het dadelik ná die verswakking van die slaagsyfer in die Noord-Kaap aangekondig dat die fout voor die deur van die Frances Baard-skole en Afrikaans-onderwysers in die ZF Mgcawu-distrik gelê moet word. Volgens hulle is ’n gebrek aan genoeg en voldoende gekwalifiseerde onderwysers die grootste knelpunt. Dit is ’n baie geldige punt, maar hoe word dié gebrek aangepak en is dit die enigste redes vir die probleme in die onderwys? Onderwysers gee skool onder ál moeilikwordende omstandighede.

Die dissipline-probleme, gebrek aan ondersteuning van die departement, oorgroot klasse, onrealistiese leerling-onderwyser-verhoudingsgetalle en onrealistiese verwagtinge van die mense in beheer, maak dat die lewe van die onderwyser glad nie maanskyn en rose is nie. Die leerlinge wat voor die onderwyser sit, sien hoe sukkel hulle en dit teen ’n salarispakket wat glad nie goed is nie. Dié leerlinge moet nou so geïnspireer word deur hul onderwysers se omstandighede dat dit hulle aanspoor om ook onderwysers te word – wat beslis nie gaan gebeur nie. Hierdie is ’n groot rede vir die kwynende getal onderwysers. Die onderwys is tans in ’n sneeubal vasgeval waarin al die probleme vasvries en nóg probleme ingetrek word. Dié sneeubal kan die hele land in die toekoms platrol.

Vergeet van gister, die lewe gaan voort dit altyd donker gaan bly. Toe die dag begin breek, het sy besef die lewe gaan voort. Al het sy gedink die voëls gaan nie dié oggend sing nie, het hulle gesing. Die lewe gaan voort, dag vir dag. Die liefde van die Here en sy omgee, is weer, soos elke oggend, aangekondig. Dit het haar getroos en gehelp om met die lewe voort te gaan. Dit is noodsaaklik dat ons daagliks ons liefde vir mekaar verklaar, net soos God dit daagliks doen deur sy Seun, Jesus Christus. Elke dag is daar die versoeking om ’n klomp dinge van gister met jou saam te neem. Dit help jou nie. Leef lig. Vergewe en, as jy kan, vergeet. Leef nuut. Los dit wat jou verhoed om lief te hê by gister. Sy liefde vir jou is elke dag nuut. Daarom kan jy ook vandag met ’n nuwe liefde in jou hart leef. ’n Vriend vertel dat hy dit in sy lewe ervaar dat dit soms die laaste keer is wat jy ’n ding doen, sonder dat jy dit besef . . .

21/36

21/36

20/36

22/38

21/39

WS-5

WN-5

NW-10

WS-5

W-5

Aanrander dag later vasgetrek SAMUEL TITUS, Upington:

Ds. Christo Jonck “DEUR die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot,” lui Klaagliedere 3:22 en 23. Soggens vroeg, voordat die gewoel van die dag begin, is seker die wonderlikste tyd. Ons kon rus, slaap en herlaai om weer ’n nuwe dag te kan leef. Gister se gebeure is gesif en jy kan besluit wat jy vandag met jou saamneem en wat los jy by gister. Klaagliedere vertel wat ook al gister gebeur het, is verby. Jy begin vandag voor. Dit is die spreekwoordelike eerste dag van die res van jou lewe. Elke nuwe dag verseker ons weer en weer van God se liefde, sy omgee, sy sorg. Sy liefde vir ons is elke dag nuut. Daarom kan jy vandag weer nuut leef, voor begin. Gister is verby. ’n Man is een laatmiddag in ’n motorongeluk oorlede. Sy vrou se lewe het donker geword. Dit was letterlik nag. Sy vertel my later dat sy in daardie nag soms gedink het dat

O DIE DONKIE! Dié donkies het rustig by Skerpdraai op Olifantshoek in die hitte gestaan en wei. Donkies is ’n algemene gesig in die Noord­Kaap en speel ’n eko­vriendelike rol in die provinsie se vervoer. Dis nie sonder rede dat hulle in Chris Blignaut se liedjie besing word nie! Foto: Benneli Olivier Van der Walt

SATERDAG 4 Januarie is ’n 71-jarige ouma en oumagrootjie van Progress deur ’n 26-jarige man van Grootdrink aangerand. Die aanvaller is op Maandag 6 Januarie op waarskuwing in die gemeenskap vrygelaat waar hy die gruweldaad gepleeg het. Dit is net nadat ons die 16 Dae van Aktivisme gevier het. Hy is ook eers die Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie hom nie die Saterdag kon opspoor nie. Ek wil nietemin graag die Rosedale-polisie bedank vir goeie werk om seker te maak dat dat die aanvaller agter tralies beland.

Red die armes van hoë koste ZOLILE PRUSENTE, Upington: DAAR is ’n aanval op die lewenstandaarde van Suid-Afrikaners. Stygende pryse maak dit moeilik vir werkende en arm mense om ’n bestaan te kan maak. Die regering het geen maatreëls gereed om verligting te bring nie. Die regering moet dringend ingryp om die situasie te verbeter.

21/39

24/41

23/42

23/42

NW-10

SW-10

WS-5

WN-10

Die prys van basiese artikels soos brood, mieliemeel en kookolie moet gereguleer word. Subsidies moet verskaf word aan boere wat kos produseer sodat ons goedkoper kos kan koop. Duur kospryse lei tot ’n situasie waar die winkels vol kos staan en mense dit nie kan bekostig om dit te koop nie. Ons kort ’n voedselsekuriteitstelsel wat gemeenskappe aanmoedig om hul eie kos te produseer om ’n kultuur van selfstandigheid en onafhanklikheid te kweek. ’n Reserwe-fonds moet gestig word om die petrolprys te reguleer. Die petrolprys het in 2013 geweldig gestyg. Die vraag is waarheen gaan al die reserwes wat deur die aanhoudende styg van die petrolprys meegebring word. Onnodige geld word bestee op die ontplooiing van soldate in Afrikalande. Kan hierdie geld nie beter aangewend word om ons lewe te vergemakilik nie? Munisipaliteite moet hul prioriteite regkry. Die hoë salarisse van top- munispale amptenare en

onnodige uitgawes moet verminder word. Dienste moet op ’n glyskaal betaal word, waar die rykes meer as die werkende en arm mense betaal en sodoende die arm mense subsidieer. Tariewe vir grondbelasting, water, krag en vullisverwydering moet drasties verminder word. Die werklose en arm mense moet kwytgetsel word van die betaling van munispale dienste. Die munisipaliteite skend die grondwetlike reg van inwoners tot elektrisiteit deur krag te blokkeer en die arm mense van voorafbetaalmeters te voorsien. Hierdie ongrondwetlike praktye moet beëindig word. Water en krag is twee basiese lewensbehoeftes en moet dus onvoorwaardelik aan inwoners voorsien word. Met die Oranjerivier naby ons is dit moontlik om water teen ’n minimale prys aan inwoners te voorsien. In talle eerstewêreldlande voorsien die regerings hul inwoners gratis van basiese dienste soos vullisverwydering en water. Met deeglike beplanning kan dit gedoen word. Ons kort ’n radikale plan van aksie om Suid-afrika te red van self-vernietiging deur basiese behoeftes aan die inwoners teen billike pryse te verskaf.

Resep vir kookwater-toekoms Ilse Watson “EK moes ’n sjef geword het.” Só sê my dogter wat by my kuier. Sy kyk al die kookprogramme op televisie. “Hulle laat dit so maklik lyk.” Ja, ek wens ook ek kon soos dié sjefs kosmaak. Wat my vies maak, is dat al hierdie divas pragtig geklee, met grimering aan, daar voor die kospotte staan. Hulle sweet nie. Hul klere word nie vuil nie. Of hulle nou met ’n hoop meel werk of eiers wat deur hulle vingers geskei word, hulle bly skoon. Hulle glimlag gedurig en raak ekstaties oor kaneel of die een of ander krui.

Dan is daar dié wat droomkolwyntjies bak en dit met die fynste detail versier. Dít was nog altyd ’n droom van my: Ek wil ook sulke asemrowende koeke en fyn kolwyntjies bak. Dit moet kunswerke wees wat jy amper nie wil eet nie – dit is te mooi. Onse Nataniël doen dieselfde. Hy staan agter die stoof met ’n formele uitrusting aan en hy kóók. Nee, nie eens sy moue word vuil nie. Duisende matrikulante het hul uitslae ontvang. Hulle moet nou ’n besluit maak oor die toekoms. My motto is: Doen wat vir jou lekker is – en volg jou passie. Dit is belangrik om drome na te streef.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

Familie onthou Ben Niemand Ilse Watson ’n OUD-BURGERMEESTER van Kuruman, Ben Niemand, is ná ’n lang siekte op 4 Januarie oorlede. Hy was vir geruime in die hospitaal in Mosselbaai waar hy woonagtig was. Met sy roudiens in Mosselbaai is die volgende roerende familiebrief voorgelees: “Dit het die Hemelse Vader behaag om jou in die ouderom van 76 jaar van ons weg te neem, geliefde en beminde eggenoot, pa, oupa, broer en vriend. “Sy plek sal altyd leeg wees in die harte van elkeen wat hom geken het, maar ons berus ons in die wete dat God oor ons sal skyn.

“Vandag loop ons geliefde vir die eerste keer langs die strate van God se stad met blye verbasing oor alles wat nuut is, want nou kan hy sien wat hy altyd geglo het. “Nou kan hy vry en vol vreugde beweeg in die heerlikheid mooier as ’n menslike droom. “Hy is nou vry van siekte, swakheid en pyn en die liggaam se lyding op aarde. “Van die beker van smart sal hy daar nooit weer drink nie; vrede en rus het hy nou in die hemel. “Moenie sê hy is dood nie, want nou lewe hy werklik. “Hy het nou eers begin in die nuwe bestaan waaraan daar nooit weer ’n einde sal kom nie.

“Vol verwondering buig hy nou in aanbidding voor die Een wat hy altyd opreg liefgehad het, selfs toe hy Hom nog nie kon sien nie. “Hy voel nuut in die Hemelse stad, maar nie vreemd nie, want dit is die tuiste waarna hy verlang het. “Hy is nou by die huis, by sy Ewige woning.” Niemand was van September 1984 tot Oktober 1988 die burgemeester van Kuruman. Hy word oorleef deur sy vrou, Petro, kinders, Manus, Ronell, Thomas, Brenda en Japie, sy suster, Esther Kruger, en sy kleinkinders, Marénell, Carien, Zelmari en John-Henry.

5

You can be a citizen journalist DO you have a story to tell? Do you have your finger on the pulse of your community? Then we want you to write for us. Kalahari Bulletin is looking for volunteer citizen journalists to tell us about the events happening in their area. We want to know about the issues and the good news in your community. You may have a fascinating local story to share or a review you want to write. You could offer traffic reports on your way to work via the mobi-site or start your own blog. You may also be a keen gardener, offering tips via the website. As long as it is local and original, we are interested. Register at www.kalaharibulletin.co.za and join our team as a citizen journalist.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

Kollege oorval deur studente DIE Noord-Kaapse Landelike VOO-kollege (NCR FET) het op 6 Januarie sy deure vir registrasie oopgegooi. Met die ter perse gaan het 400 studente hulle reeds geregistreer en is waglyste vir sekere studierigtings geopen. Studente van so ver as Namibië het hier ingeskryf. Volgens Marlene Nel, kampushoof, is die kampus tevrede met

die aantal studente wat reeds geregistreer is en is die personeel slaggereed om met hul akademiese werksaamhede te begin. Vanjaar is studente tydens registrasie met ’n huldeblyk aan en foto-uitstalling van oudpres. Nelson Mandela in die voorportaal verras. Hier kon studente en hul ouers meer oor die merkwaardige staatsman te wete kom terwyl

DOSENTE aan die NCR FET op Upington help voornemende studente om te registreer.

hulle hul registrasiebeurt afgewag het. Die NCR FET bied jaarliks vier ambagte onder leiding van die afdeling ingenieurstudies (pas-endraai, ketelmakery, motorwerktuigkunde en elektries) as ’n kursus vir ’n Beroepsgerigte Nasionale Sertifikaat aan terwyl die afdeling sakestudies weer opleiding vir studente in kantooradministrasie en finansies bied.

Hierdie kursusse is beroepsgerig en fokus op leerlinge wat nog nie gr. 12-sertifikate verwerf het nie. Sakestudies bied egter ook N4tot N6-diplomas aan vir bestuursassistente en in finansiële en menslike-hulpbronbestuur. Hierdie studente ontvang ’n nasionale diploma ná ’n 18 maande internskap of met bewys van praktiese werkservaring.

BIANCA VAN WYK (links) en Annie Mouton verduidelik die verskillende stu­ dierigtings aan Bongani Faku van Upington.

OP die voorgrond help Corlia Boshoff vir José Cloete om in te skryf vir voertuigherstel en ­onderhoud terwyl sy ma, Rolene Cloete, toekyk. Agter is die ander dosente besig om studente met die registrasieproses te help. Foto’s: Amorine Strydom

Vrae oor water DIE inwoners van die plakkerskamp in Dakotaweg het kort voor Kersfees geen water gehad nie. Dit is luidens die DA wat in die snikhete dae voor Kersfees sy wykraadslid se eie voertuig en waterkar gebruik het om sowat 3 000 F water aan die ongeveer 160 huise te voorsien. Volgens Flip van der Steen, DA-wykraadslid, het Desi Ngxanga, munisipale bestuurder van die //Khara Hais-munisipaliteit, hulle genader en “gevra waarom ons in munisipale sake inmeng en ons daarvan beskuldig dat ons die saak verpolitiseer”. Volgens Van der Steen is DA-raadslede in die openbaar deur hooggeplaaste amptenare van die munisipaliteit gedreig. Van der Steen sê volgens wet moet mense binne 200 m van hul huise toegang tot water hê. Luidens die nuusverklaring moet dié inwoners daagliks tussen 400 m en 600 m loop om water te kry. Die wet sê verder dat indien inwoners sewe dae lank nie toegang tot water het nie, die munisipale raad nie die wet nakom nie. Die DA het reeds twee keer mosies ingedien en versoek dat water na dié plakkerskamp aangelê word, maar dit is albei kere afgekeur. Volgens Van der Steen bring dit opnuut vrae oor hoe ernstig die ANC is met dienslewering en of hy eerder net hierdie mense se guns wou wen deur hulle toestemming te gee om te plak sodat hulle vir die ANC sal stem. Watervoorsiening is intussen hervat. Volgens Nxganga het hy die reg om te alle tye navraag te doen oor enige diensleweringsprobleme wat in dié distrik opduik. Hy sê verder dat hulle die plakkerskamp in Dakotaweg van water voorsien sedert die eerste huise daar opgerig is. “Alle klagtes oor watervoorsiening wat onder ons aandag gebring word, word dadelik aangespreek. Water is ’n basiese behoefte en die munisipaliteit sal dit nooit van gemeenskappe weerhou nie.” Volgens hom is hulle besig om krane in Dakotaweg aan te bring en sal die mense dus nie meer van watertenks afhanklik wees nie. “Die raad is ’n raad wat omgee en daarom bring ons nou krane aan sodat die mense skoon drinkwater kan hê. Dit is nie net ’n belofte nie. Ons wil die DA uitdaag om eerder te fokus daarop om verandering te bring in die lewe van mense as om dié saak vir politiekery te gebruik,” het hy gesê.

Ouers se rol begin al in gr. 1 Carryn-Ann Nel GISTER het honderdduisende gr. 1’s hul skoolloopbaan onder die donker wolk van die land se onlangse omstrede matriekuitslae en vrae oor die hoë uitvalkoers begin. Die DA het reeds geëis dat die land se matriekuitslae onafhanklik getoets word. Daarby het byna die helfte van die kinders wat in 2013 veronderstel was om matriek te skryf, ná gr. 10 uit die skoolstelsel verdwyn. Onderwyskenners is genader oor hoe ouers hul kind se skoolloopbaan moet benader. “Lees elke aand vir jou kinders. Doen saam met jou kind huiswerk. Ouers moet weet dat hulle reeds nou in hul kind se opvoeding moet belê,” het die kenners gesê. Chris Kloppers, uitvoerende

hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), meen gr. 1 is dié belangrikste jaar waarop ouers bedag moet wees. “Oor geen ander stadium was ek ooit so bekommerd as oor dit wat met my kinders in gr. 1 gebeur het nie. Goed begin, is half gewin. As daai kleintjie in gr.1 goed presteer en gelukkig is, gee dit hom ’n goeie grondslag vir later in die lewe.”sê Kloppers Dit eindig egter nie daar nie en is inderwaarheid die begin van ouers se verhouding met die skool. “Daar waar ouers meeleef met die skool, waar die skool deel is van die gemeenskap, daardie skool presteer. Dit is wat ouers moet verstaan,” sê hy. Brad Brockman, hoofsekretaris van die onderwysdrukgroep Equal Education (EE), het gesê in die lig van die onlangse aantal leerlinge wat voor hul matriekjaar uit die

stelsel verdwyn het, moet ouers egter ook weet dat geletterdheids- en syfervaardighede reeds in die grondslagfase bemeester moet word. Brockman sê een van die grootste redes vir die groot getal leerlinge wat vroeg uitsak, is die lae gehalte van onderrig. Wat daarmee gepaardgaan, is dat kinders nie die basiese geletterdheids- en syfervaardighede baasraak nie. “Om dit te takel moet die gehalte van onderrig, veral in die grondslagfase, verbeter. Ouers moet bewus wees van die kwessies,” het hy gesê. Prof. Mary Metcalfe, onderwyskenner, voormalige direkteur-generaal van onderwys en oud-LUR van onderwys in Gauteng, het gesê die ondersteuning wat ouers aan hul kinders gee, maak ’n groot verskil in hul opvoeding.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

7

MATRIEKUITSLAE

Uitgelate oor hul matriekuitslae

DIÉ drie Duinevelders teken vir hul welverdiende matriekuitslae. Van links is Gideon Coetzee, Jan­Hendrik van Wyk en Amourie Becker. Gideon en Amourie is “so­so” tevrede met hul uitslae, terwyl Jan­Hendrik oorloop van opgewondenheid oor sy gemiddelde A en vier onderskeidings.

“DIT het redelik goed gegaan, maar ons het beter verwag,” was dié Duinevelders se gevoelens oor hul uitslae. Van links is Caro Uys, Abrie Visagie, Ciské Nel, Louisa Bothma en André Nel. André gaan vanjaar BComm aktuariële wetenskap studeer, Caro besigheidstudies, Abrie inge­ nieurswese en Ciské geologie, terwyl Louisa eers ’n brugjaar gaan neem. Foto’s: Lizette Slabber

“ONS sal altyd ons vriende, pouses en kwaai onderwysers wat jou laat stres, onthou.” Dié vier oud­Uppies is baie tevrede met hul uitslae en opgewonde oor 2014 met al sy uitdagings wat voorlê. Van links is Therusha Kella, Tasha­Ree Kella, Darryl de Wee en Jaydin Josephs.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

MATRIEKUITSLAE

Nicole slaan ses, nie vier Lizette Slabber NICOLE COETZEE van die Hoërskool Duineveld het slegs vier onderskeidings verwag, maar is met ’n fantastiese ses verras. “Ek het gedink ek kan dalk onderskeidings kry in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), besigheidstudies en lewensoriëntering, maar het glad nie die onderskeidings in lewenswetenskap en rekeningkunde verwag nie.” Nicole, dogter van Peter en Esmé Coetzee, gaan vanjaar B. Rek. aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom studeer. Sy gaan in Klawerhof-koshuis tuis. Haar liefde vir rekeningkunde, wiskunde, somme en syfers het haar toekomsplanne geïnspireer. Haar gunstelingvakke is “rekeningkunde en die tale, maar eintlik hou ek sommer van alles”. Sy het baie lekker aan besigheidstudies geskryf, maar die wiskunde-vraestelle was moeilik. Haar raad aan 2014 se matrieks is om alles te doen wat die skool aanbied. “Neem deel aan alles, want die jaar gaan so gou verby. Matriek is moeilik en daarom moet ’n mens vroeg al begin leer,” sê sy. Die raad het sy self suksesvol toegepas deur al lank voor die tyd te begin leer.

Harde werk, geloof bring ses van bestes Lizette Slabber

NICOLE COETZEE van die Hoërskool Dui­ neveld het ses onderskeidings behaal. Foto: Megan Loots

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Process Plant Control Room Operator (Technical and Operational) (Ref. PPCRO 114836) Patterson Grade C Lower based on previous experience The Process Plant Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control and monitoring of the Process Plant through the control room control and management systems and to coordinate the general Mine situation as may be required. Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of production circuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/or Operators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects by allocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Room area • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintain and operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilisation of relevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area match the requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoring it within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct procedures are followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify and communicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safety awareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at the end of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents, instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur • Changing tasks and machine settings on the shift to minimise the effect of unexpected problems • Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment • Enter job requests into the “KARABO” maintenance system. Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimum of 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specific computer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degree of numeracy. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and application of relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge • Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge of relevant legislation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 31 January 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 116296

ROHAN COREEJES van die Hoërskool Upington is om 6:00 die oggend van die matriekuitslae met ses onderskeidings verras. “Ek het van vroegoggend die internet dopgehou en net drie onderskeidings verras. Die ses onderskeidings het my heeltemal verras.” Hy het net onderskeidings in besigheidsstudies, toerisme en lewensoriëntering verwag en is met onderskeidings in Afrikaans (huistaal), informasietegnologie en rekeningkunde beloon. Dié rekenaarfoendi van Gert en Annamarie Coreejes gaan vanjaar aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom met sy B. Sc.-graadstudie in informasietegnologie begin. Vir hom was wiskunde moeilik, maar ’n lekker uitdaging. Sy wenresep is om hard deur die jaar te werk en soveel as moontlik materiaal in die hande te kry om jou goed voor te berei op enige tipe vrae wat gevra kan word. Hy sal altyd sy matriekjaar onthou aan die wonderlike lewenslange vriende wat hy gemaak het en ’n wonderlike matriekafskeid. Sy raad aan die volgende Uppie-matriekklas is om vas te byt. “ ’n Mens raak maar baie moeg so na die einde van die jaar se kant toe. Werk hard en staan sterk in jou geloof.”

ROHAN COREEJES van die Hoërskool Uping­ ton het ses onderskeidings behaal. Foto: Verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

Soeter wyn toe nie meer uit mode AAN die begin van elke nuwe jaar val die voornemens en voorspellings soos haelkorrels uit die lug. Die lekkerleef-wêreld van kos en wyn is geen uitsondering nie, en dis heerlik om te sien dat die Oranjerivier-streek en Orange River Cellars by hierdie deel van die voorspellings betrek word! . Vleis Hoe verander die voorskrifte van diegene wat vir mens sê wat om te eet dan nie. Nog onlangs is mens gemaan om nie te veel vleis te eet nie, want die vet gaan jou are toestop soos wat slik in ’n kanaal maak. Wel, tans meen die gesonfheidsghoeroe’s dat vleis, en veral vetterige vleis, gesond is vir ’n mens en dat jy maar kan weglê aan skaaptjops en biefstuk, daardie lekker repie vet ingesluit, solank jy brood, meel, pasta, suiker en aartappels uit jou eetprogram uitsny. Dis goeie nuus vir ons streek se mense wat nog altyd gedink het hoender is ’n slaai, en die beste is dat die vleislus gedemp kan word met goeie rooiwyn, wat ook goed is vir die gesondheid. Orange River Cellars se Cabernet Sauvignon en Shiraz is nommerpas hiervoor. . Ys by wyn Dis nou maar waar dat daar ’n paar brokkies etiket aan wyngenieting verbonde is. Sekere soorte glas vir elke wyn, die regte temperatuur vir die skinkslag, ensovoorts. Maar die jongste gier is om jou nie aan hierdie reëls te stuur nie, en wyn te geniet soos wat jy daarvan hou. Dit beteken dat dit al hoe meer die aanvaarde ding – die “inding” – raak om ys saam met jou wyn te geniet. Wat is lekkerder as ’n glas Orange River Cellars Colombard, yskoud, met ’n paar blokkies daarin? Die ys sorg nie net dat die wyn heerlik en verfrissend koud bly nie, maar bring die alkoholvlak ook af. En ja, ys kan ook saam met rooiwyn geniet word, presies om dieselfde rede. Probeer dus gerus Orange River Shiraz met ’n blokkie of twee ys, en jy sal daarvan oortuig wees dat rooiwyn ook regdeur die jaar gedrink kan word en dat ’n mens nie net vir die winter moet wag nie. . Soet is Lekker Die dae van neerkyk op “soetwyn” as ’n mindere voorbeeld van die druif se produk is lank verby. Die wêreld kyk tans met nuwe oë na die soeter wyne van lande soos Duitsland, Australië en Frankryk, hoewel almal behoort te weet dat Suid-Afrika van die aardbol se begeerlikste soet-nommers maak, aangesien son nie vir ons ’n rariteit is nie. Daarom gaan ’n mens vanjaar sien hoe al hoe meer wynliefhebbers hulle na Orange River Cellars se heerlike Muskadelwyne wend wat die sappige, sonbelaaide vrug van die stok in elke glas weerspieël. Orange River Cellars se heerlike Nouveau-wyne het die laaste ruk omtrent die smaakknoppies geprikkel en gaan vanjaar veral onder die modieuse groep wyndrinkers in hul twintigs ontdek word. . By die Boks In dié ekonomies uitdagende tye speel die prys van wyn ook ’n groot rol as dit by die maak van ’n wynkeuse kom. Orange River Cellars se reputasie is grootliks gebou rondom sy vermoë om die beste kwaliteit teen die beste prys te bied, en is verlede jaar as Suid-Afrika se Waarde-virgeld-wynkelder aangewys. Om die produk nog meer aanloklik te maak, word die gehalte-wyne ook in mooi verpakte bokswyn-vorm aangebied, wat die rande strek terwyl die wyngenot voortduur. Mag almal ’n voorspoedige en lekker wynjaar hê!

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

MATRIEKS

Presteerder gee raad Lizette Slabber “DIE tye saam met my vriende, wat ek alles by hulle geleer het en die lekker lag in die klas – dít sal ek altyd onthou.” Dié lekker herinneringe is nie al wat Christel Smit van die Hoërskool Duineveld saam met haar neem aan die einde van haar skoolloopbaan nie. Sy het ook ses onderskeidings behaal. Christel, dogter van Elsa en Christo Smit, het onderskeidings in wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap behaal. Sy het gemik vir vyf onderskeidings en is heeltemal deur die onderskeiding in rekeningkunde verras. “Rekeningkunde was nog altyd vir my moeilik. Ek wou dit al in gr. 11 gelos het.” Dit was ook die vak waarin sy die moeilikste geskryf het. “Dit is maar altyd vir my ’n moeilike vak, maar die eindeksamen was tog nie só erg nie. Sy geniet wiskunde, lewenswetenskap en fisiese wetenskap die meeste en gaan daarom aptekerswese aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom studeer. Sy gaan in Huis Republiek tuisgaan. Dié hoofmeisie van Duieneveld het netbal gespeel en koor gesing. Sy wil matrieks aanraai om op hul akademie te konsentreer, maar om ook ’n balans te handhaaf.

CHRISTEL SMIT van die Hoërskool Duineveld het ses onderskeidings behaal. Foto: Megan Loots “Doen sport en ’n verskeidenheid aktiwiteite, want dit help ook dat ’n mens die eksamenspanning beter hanteer.” Haar suksesresep was om vanaf die begin van haar hoërskoolloopbaan hard te werk. “ ’n Mens kan nie eers in matriek begin leer nie, dan moet jy al gewoond wees aan hard werk.”

Vereer as die beste skole in die distrik DIE drie topskole in die ZF Mgcawu­distrik is die Hoërskool Duineveld in die eerste plek, die Hoërskool Upington in die tweede plek en die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas in die derde plek. Hier ontvang verteenwoordigers van die onderskeie skole hul eerbewyse op die prysuitdeling in Kimberley. Van links is George Berends (distiksbestuurder), Jacques Kotze (skoolhoof: HMO), Riaan Kotze (skoolhoof: Upington), Stoney Steenkamp (onderwyser: Duine­ veld) en Henry Esau (hoofdirekteur: distrikte van die departement). Foto: Emile Hendricks

Begin ’n nuwe lewe saam OP Saterdag 28 Desember het Nickey Matthys, seun van wyle Jaap en Lys Matthys, ewige trou aan Cherona van Wyk, dogter van Piet en Ellie van Wyk, gesweer. Die huwelikseremonie het in die Evangelies Lutherse kerk Rietfontein plaasge­ vind. Deken Bezui­ denhout het die huwelikseremonie waargeneem. Familie en vriende het van heinde en ver gekom om in dié vreugde­ volle dag te deel. Foto: Meris Kocks

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE SOSIAAL & ONTSPANNING

YOUR PROBLEM. Our problem. Vehicles in bad condition - bring, we fix, deduct cost and sell. 071 967 0285.

RUIM 3-SLAAPKAMER-woonstel te huur, Seodin area, naby skool, teen R6 500 p.m., koopkrag. Skakel 076 520 8670.

EIENDOMME

LOSIES AANGEBIED

1475

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

3280

WOONSTELLE TE HUUR

3 KAMERS BESKIKBAAR. Kamers met stort, kombuis, DStv en skoonmaak: R4 500 p.m. Skakel 071 625 0804. Onmiddellik beskikbaar of kamers kan per dag gehuur word. R450 per dag.

3250

TE KOOP

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL: Onmiddellik beskikbaar. Water en krag ingesluit. Skakel 073 331 2626.

ALLERLEI 1655

WESKUSBAAI-SNOEK vanaf R38 per snoek en soutsnoek vanaf R35 per kg. Skakel 082 774 0298.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991.

1825

L & J TUINDIENSTE: Ons doen alles, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie. Almal welkom, ons sê nooit nee nie. Kontrakte welkom! Skakel my - 072 061 6772.

LANDBOU

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219. VOERTUIE

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010

COLT 2.2 16V, long base, 2003: R34 500. 1994 Bantam 1.6, canopy: R33 500. Phone 071 967 0285. CORSA 1.7D, 2002: R33 500. 1992 Caddy 1.8, canopy: R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP 3025

ASTRA 160i, 2002, fullhouse, R39 500. 1998 Jetta 3 1.8, R29 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. COROLLA 160i, 1996, R30 000. 1994 Corolla 1.3, fullhouse, R24 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. CRESSIDA 2.8: 1991. R23 500. 1992 Opel 1.6: R19 500. 1980 Cressida: R12 500. Phone 071 967 0285.

SLEEPWAENS 3040

NATIONAL TRAILER RENTAL: For one-way and local hire world wide and over some borders to Namibia and Botswana. V-Tech Trailers & National Trailer Rentals have moved to 12 Cilliers Avenue 12, Kuruman. Phone 083 310 0272. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

SELL OR TRADE your car or bakkie. SMS WhatsApp 071 967 0285.

3600

STUDENTEeenmanwoonstel te huur 1.5km vanaf Potchefstroomkampus. Goeie sekuriteit en toegangsbeheer, parkering, wasgeriewe, eie kragmeter, braaigeriewe en swembad. R3 200 p.m. Skakel Walter 082 460 1621.

ADMINISTRATIEF 3605

ADMIN-POS/ONTVANGSDAME: Kuruman. Ons is op soek na jong enkellopende persoon. Vereistes: Rybewys en eie vervoer Rekenaarvaardig Moet met mense kan werk Bereid wees om oortyd te werk Faks CV na: 086 699 8743.

WOONSTEL: Nuut, ruim. 2 slaapkamers, privaat, met elekt. heining, elekt. hek, 1 badk, kombuis, koopkrag, afdak, lugreëling in 2 slk. R7 000 p.m. Beskikbaar einde Januarie of vroeër. Skakel Ronnie 076 443 2377.

TE HUUR 3205

HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

TUIN & BESPROEIING

BETREKKINGS

KURUMAN: 1-slk-woonstel met DStv, water en krag ingesluit. R4 800 p.m. Skakel 072 381 4311.

HUISE TE HUUR

ADMINISTRATION CLERK urgently required to work for a scaffolding company based in Kathu. Must be able to do debtors/creditors and general office duties. Salary negotiable according to experience. Please fax CV to 086 677 4760 or 086 678 8430 for attention Nishi.

3270

TE KOOP 3201

3-SLAAPKAMER-/2-badkamerhuis, groot sit-/eetkamer, toesluitgarage, veilige omheining. Erf kan nog 4 motors huisves. R6 600 per maand. Skakel mnr. Steenkamp 082 908 1857.

INGENIEURSWESE 3655

BENODIG DIESELWERKTUIGKUNDIGE. Verkieslik BBE. Stuur CV na francois@4am.co.za

11

BOEDELKENNISGEWINGS

ALGEMEEN 3680

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

ADMIN. DATA ENTRY and survey clerks needs. For info SMS full name/address to 074 927 5124 or email: d.workforce7@gmail.com.

AVON REPRESENTATIVES NEEDED. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell nr. to 083 721 5888.

4205

SG du Plooy logo

In die saamgevoegde boedel van wyle Susara Gertruida du Plooy, datum van afsterwe 29 April 2013, boedelnommer 1319/2013 en wyle Johannes Jurie Antonie du Plooy, datum van afsterwe 24 Augustus 2013, boedelnommer HUISWERKER BENODIG: R4 000 2397/2013, wat getroud was binne gemeenskap van goedere, beide wooper maand. Moet inslaap. Moet nagtig op die plaas Kammaskroon, goed kan kos kook, stryk en skoonKuruman-distrik. maak. Moet goed Afrikaans kan praat. Verwysings noodsaaklik. Ska- Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribukel 071 361 2527. sierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 17 Januarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

BETREKKINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

SOME of the orphans who received gifts from Santa.

Khumani gives back to children

THE SED Department of the Khumani Mine treated 30 orphans from Deben to a Christmas party in December. The aim of the party was to provide a supportive environment for the children and to make them feel loved and wanted during the festive season. They were entertained by Khumani employees and given Christmas gifts by Santa which were delivered in a fire truck. Among them was their mother, granny and guardian, aunt Bokkie. During the party, a general health screening was done on all the children to ensure that they enjoy good health. Their eyes, ears, throats and mouths were checked by professional nurses of Khumani, UGM and LIFE, and the dental team of Dr Kgoa’s practice, led by Lebo

Photo: Supplied

Mothusi. Referrals were given for those who needed a bit more attention. The children spent the day at the Kalahari Rock Face Guesthouse participating in activities such as swimming, a jumping castle, riding a donkey cart, the trampoline and musical entertainment by Santa himself. The day ended with a braai and each child took home a food parcel and his very own Christmas gift. The progress of the children who were referred for treatment will be checked followed up. The Khumani Mine would like to thank everyone who was involved in making this event a memorable occasion for the less fortunate.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

15

Raak só lief vir lees Meris Kocks OP 7 Desember is die eerste Run-to-Readaktiwiteit deur die departement van sport, kuns en kultuur op Rietfontein aangebied. Die doel van die aktiwiteit was om ’n liefde vir biblioteke en lees onder die jeug te bevorder. Andersyds het dit ook verband gehou met die slagspreuk A child in sport is a child out of court en aan sportaktiwiteite was daar geen tekort nie. Run-to-Read is in 2009 deur die direktoraat biblioteek-en-argiefdienste en die departement van sport en rekreasie begin. Dit val juis in die tydperk wanneer

daar op belangrike brandpunte gefokus word soos die 16 Dae van Aktivisme van Geen Geweld teen Vroue en Kinders, Dag vir die Gestremde en die internasionale Vigsdag. Jonk en oud het van oor die hele Miergebied heen gekom om te kom stap, of om te draf of fiets te ry. Die organiseerders kan hulle op die skouer klop vir die gladde verloop van die aktiwiteit. Ten spyte van die inspanning was daar ’n tevredenheid op die gesig van die deelnemers te lees. Die versugting is uitgespreek dat hierdie aktiwiteit meer moet plaasvind om die doelwit van lees te bevorder en momentum te gee.

VAN links is Joshua Basson (Laerskool Oranje­Noord), Kiara Leite (Voorbereidingskool Fanie Malan), Pieter Malan (afrigter) en Anell Maasdorp (Laerskool Fanie Malan). Foto: Lizette Slabber

Spelers ken hul skuiwe in toernooi

’n TOTAAL van 15 skaakspelers van Upington het in Desember in Durban aan die Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskappe deelgeneem. HE Olivier, Kiara Leite, Hanro Blom, Kyla Smith, Donrique Joseph, Anell Maasdorp, Abigail Basson, Dirk Kidson, Justin Feris, Joshua Basson, Willers Venter, Mason Adams, Gustav Schonborn, Willemien Bester en Francois Slabber het saam met meer as 2 100 skaakspelers van oor die land heen aan die grootste skaaktoernooi in Suid-Afrika deelgeneem. Drie van dié skaakspelers het die uitsonderlike prestasie behaal om vyf uit ’n moontlike sewe punte te verkry. Kiara het vir die o.8B-span gespeel. Hulle

het nie net teen ander B-spanne gespeel nie, maar ook teen verskeie A-spanne te staan gekom. Sy was die speler wat die beste in haar span gevaar het en sy het ’n bordprys vir die beste bord 2-speler in haar kategorie ontvang. Anell Maasdorp het vir die eerste jaar o.10 gespeel. Die meeste van haar teenstanders was al vir ’n tweede jaar in die o.10-span. Sy was gesamentlik met ’n ander speler die beste speler in haar span. Joshua was een van die verrassings van dié skaaktoernooi. Hy is aanvanklik nie vir die o.14-span gekies nie en is op die nippertjie weens onttrekkings in die span ingesluit. Hy was met sy vyf punte die beste speler in sy span.

AL die wenners met hul sertifikate.

Foto: Meris Kocks

FRESH PERSPECTIVES Our diversity makes a world of difference.

FOREMAN: JIG BOILERMAKER KUMBA IRON ORE, SISHEN MINE,

NORTHERN CAPE BAND 7

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. Keeping section safety and quality top of mind, you will control and plan daily maintenance, train and develop employees, coordinate and plan shutdowns with other maintenance sections and operations and plan for maintenance tasks (RWM). What will you need? In the first instance, a relevant Technical N4 Certificate, a valid trade test certificate (Plater/Boilermaker), some 5 years’ relevant plant experience, basic computer literacy and a valid driver’s licence. Add to that organising and supervisory skills and the ability to communicate, handle conflict and solve problems well, and you could be our ideal person. Ref: S707847 Incomplete applications and applications without valid copies of qualifications and/ or licences attached as indicated in the job requirements for this role will not be considered. Preference will be given to applicants from the designated groups defined in terms of the company’s Employment Equity policy. It’s your time to shine with Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by visiting www.angloamerican.com/careers Follow the links to Careers/Current Vacancies, enter the above reference number/job title and continue. Closing date: 27 January 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 105575


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 JANUARIE 2014

Kruistog vir plaaslui Lizette Slabber OP ’n snikhete Nuwejaarsdag het die Suiderkruisprojek-fietsryers Upington ingery nadat hulle reeds 3 600 km deur Suid-Afrika afgelê het. Leon en Johan van Dijkhorst, twee broers, het die Suiderkruisprojek op 30 November 2013 in Limpopo afgeskop. Die doel van die projek is om van die noordelikste punt van Suid-Afrika na Kaap Agulhas te ry en dan weer vanaf Kosibaai oor die dwarste van die land na Alexanderbaai. Só het hulle op ’n 4 200 km-lange Noord-Suid en Oos-Wes kruis die land platgery om geld in te samel vir die bewusmaking van plaasmoorde. Leon, Suiderkruisprojekbestuurder en Voermol se streekbestuurder vir die sentrale distrik, werk al 26 jaar saam met boere en wou met die projek geld insamel vir die veiligheid van boere op hul plase. “Ons doen dit omdat ons ’n passie het om boere op hul plase veilig te hou en om mense bewus te maak van plaasmoorde. Die mediadekking rondom plaasmoorde is nie genoeg nie en mense voel net te min vir mekaar,” sê Dijkhorst Die grootste gedeelte van die geld wat ingesamel gaan word, sal aan Agri Securitas geskenk word, maar 10% word aan die Gideons geskenk vir Bybelverspreiding en 10% aan Wildlife Ranching South Africa om renosterstroping te bekamp. Leon voel almal wat met boere werk en ’n inkomste uit hulle verdien behoort geld te gee vir boere se veiligheid. “Al my kollegas het elkeen net R500 gegee en so het ons vinnig heelwat ingesamel. Ek wil alle boerdery-maatskappye uitdaag om geld te gee om so die boere met wie ons daagliks werk te help,”sê hy Die Rooipad-, Kakamas-, Byna-Bo-, Groot Wilg- en Gariep-boereverenigings het almal geld aan die projek geskenk terwyl Leon-hulle deur die distrik gereis het. Johan Coetzee van die Byna-Bo-boerevereniging het gesê: “Dit is vir ons ’n groot voorreg om ’n bydrae te lewer vir die Suiderkruisprojek om geld in te samel om die lewens van plaasbewoners te beveilig en te beskerm.” Met die kwik wat op 46oC gaan lê het, was die rit deur Groblershoop, Upington en Kakamas glad nie maklik nie. Om die hitte te trot-

VAN links is Leon van Dijkhorts, Johannes Möller (president van Agri SA), Sakkie Theron (Rooipad­boerevereniging), Wian van Rensburg (Kaka­ mas­boerevereniging) en Johan van Dijkhorst. Foto: Sonja van Dijkhorst seer het die broers elke oggend omstreeks 3:00 weggespring om die ongeveer 140 km wat hulle daagliks ry, af te handel voordat dit te warm geraak het. Met hul aankoms in Upington het hulle nog net 600 km oorgehad na Alexanderbaai waar hulle op 8 Januarie die kruistog deur SuidAfrika voltooi het. Vir Leon was hoogtepunte van die epiese tog die wegspring langs die Limpoporivier, die aankoms in Kaap Agulhas en die rit deur Meiringspoort. “Om saam met my kollegas by Voermol langs die Limpoporivier weg te spring, vol afwagting vir die tog wat voorlê, sal ek altyd onthou. So ook die aankoms in Kaap Agulhas ter-

wyl ons weet die eerste helfte van die projek is suksesvol afgehandel was beslis ’n hoogtepunt,”se Leon verder Aanvanklik sou Leon, ’n gesoute driekampatleet, gedurende die projek hardloop, fietsry en roei, maar ná ’n botsing met ’n motor gedurende die Trans-Baviaans-bergfietswedren het Leon se spesialis besluit dat hy net fiets mag ry. Volgens Leon was een van die moeilikste dae tydens die projek die deel van Heidelberg na Kaap Agulhas. Hy sê: “Dit was op en af, maar op grondpad. Dit was moeilik. Die deel van Kosibaai na Jozini was net so erg. Ons moes oor die Lebomboberge gaan, maar jy tref eers die berge ná 120

km en dan is jy moeg en dis bloedig warm.” Die reënweer toe hulle die Drakensberge oorgesteek het, het volgens Leon beslis gehelp om die moeilike klim makliker te maak, maar nie een dag was maklik nie, want om daagliks rondom 140 km te ry, bly maar swaar op die boude. Hoewel die 4 200 km nou klaar gery is, is die projek nog nie verby nie. Dit sal voortduur tot nadat die mielie-oes af is en sal weer op Nampo in die kollig wees. Mense kan nog geld skenk deur na www.suiderkruisprojek.co.za te gaan en direk daarop geld te skenk. Die proses is dieselfde as wanneer iets op die internet aangekoop word – kliek net op die toepaslike hofies.

LEON VAN DIJKHORST (links) saam met sy vrou, Sonja, en Johan in ’n bloedige warm Upington nadat hulle van Groblershoop af tot hier gery het. Sonja het die twee broers bygestaan op hul Suiderkruis­tog. Foto: Lizette Slabber


Upington bulletin 15 jan 2014