Issuu on Google+

Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

30 MEI 2013

Fokus

Kroegman staan uit bl. 7

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Gemeenskap

Gemeenskap

Oes ’n grote

Skool verwelkom nuwe hoof

bl. 9

bl. 5

Swak diens eis glo lewe Joanie Berg DIE vroue wat pas geboorte geskenk het, sit die gange vol, oorblyfsels van die nageboorte lê in oop dromme in die openbaar en pasiënte moet op lakens vol bloedspatsels lê. Dit is van die bewerings wat lede van die publiek teen die staatshospitaal op Kuruman maak. Yomari Moruti (15) van Deben is een van dié wat glo die swak diens wat sy by die hospitaal gekry het, het tot die dood van haar vyf weke oue babadogtertjie bygedra. Moruti het haar dogtertjie, Lerike, na die kliniek op Deben geneem nadat sy erg begin hoes het. Die kliniek het haar na die hospitaal gestuur. Sy moes vyf uur wag voordat haar baba opgeneem is en op suurstof gesit is. “Dit was seker so teen 16:00,” sê sy. Hulle het vir Moruti gesê die baba het longontsteking. Teen 21:00 het ’n dokter eers opgedaag en vir haar medisyne gegee en haar ontslaan. Moruti sê sy kon teen daardie tyd in die aand nie ’n rygeleentheid terug huis toe kry nie en het in die hospitaal met haar baba gewag. Ná 23:00 het ’n verbyganger haar oornagplek in Mothibistad aangebied. Die baba het deur die nag onophoudelik geskree. Die volgende oggend om 06:00 was sy dood. “Ek het gesien sy haal nie meer

YOMARI MORUTI (15) wat haar vyf weke oue babadogtertjie aan die dood moes afstaan. Sy glo die dok­ ter was nalatig.

PASCALIEN DE WEE (21) sê sy het met die geboorte van haar dogtertjie gesukkel met uiters swak diens by die Kuruman­hospitaal. Foto’s: Joanie Bergh

asem nie, maar dit was te laat,” sê sy. Moruti se ma, Katriena, is woedend. “Dit is poging tot moord om ’n siek babatjie in die middel van die nag uit die hospitaal te ontslaan.”

’n Verpleegkundige in primêre gesondheidsorg het aan Kalahari Bulletin gesê ’n baba van vyf weke wat gediagnoseer is met pneumonie (longontsteking) moes opgeneem word en dat ’n mens nie anders kan nie as om te wonder of die

staat net koste wou bespaar. Pascalien de Wee (21), ook van Deben, was egter gelukkiger met die geboorte van haar baba, maar sy sê die diens wat sy daar gekry het, is onaanvaarbaar. Die ambulans het haar onlangs

na die hospitaal geneem nadat sy kraampyne ervaar het. “Toe ons daar gekom het, het vroue wat pas geboorte geskenk het in die voorportaal gesit,” sê De Wee se ma, Judy Smith. “Daar was nie eens ’n stoel vir my dogter nie. Sy moes in die gang op en af loop, want dit pyn was te erg vir haar.” Sy beweer iets wat soos nageboorte lyk, lê openlik in dromme nie ver van waar die pasiënte sit nie. Nadat daar eindelik ’n bed beskikbaar was, was die beddegoed, volgens Smith, vol bloedspatsels van die vorige pasiënt. “Dit is die swakste en morsigste hospitaal in die Noord-Kaap,” sê sy. Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het haar simpatie met Moruti uitgespreek en gesê elke babasterfte is ’n sterfte te veel. Sy sê as hulle ’n klag teen die dokter of hospitaal wil indien, sal die hospitaal dit ondersoek. Verder sê sy die hospitaal beskik oor 20 beddens in die kraamsaal en dat met tye ekstra beddens van ander sale ingedra word om almal by te staan. Sy het verseker dat van nageboorte volgens die infeksiebeheerbeleid ontslae geraak word en dat dit in mediese afvalbokse verseël word. ) Mense met soortgelyke ervarings kan Kalahari Bulletin meer vertel op sy Facebook-blad by www.facebook.com/kbulletin of op www.kalaharibulletin.com.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Mediese afval nog nie verwyder Charné Kemp MEDIESE AFVAL wat meer as drie jaar gelede onwettig op Kuruman se stortingsterrein gestort is, is nog nie verwyder nie en die terrein is nooit gerehabiliteer soos voorheen deur die departement van gesondheid belowe is nie. Boonop is daar nie kennisgewingborde van die kontrakteur opgerig of ’n wettige permit by die stortingsterrein opgesit nie. Lulu Mxekezo, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die mediese afval is nog nie verwyder nie omdat hulle al vreeslik lank vir toestemming van die departement van omgewingsake wag. Die kwotasies het verval en moet nou oorgedoen word. “Dit is vreeslik duur om die afval te verwyder en ons het verskeie nasionale departemente gevra om ons by te staan. Ons wag vir hul terugvoer. Ons maak nie verskoning vir die vertraging nie. “Die stortingsterrein is onder goeie bestuur en die munisipaliteit tree verantwoordelik op. “Ons het nie die moontlike besoedeling van grondwater getoets nie, want die boorgate (wat die nabygeleë Wrenchville-buurt voorsien) is baie ver van daar. “Alle drinkwater word deur die munisipaliteit behandel. “Die afval op die terrein is nie boop isolasiemateriaal nie. “Dit is onprakties en onredelik om grondwater op of naby die terrein te toets.

DIE mediese afval wat drie jaar gelede onwettig op die stortingsterrein gestort is, is nog nie verwyder nie. Dit is in die middel van die terrein. Omdat niks hier gestort mag word nie, het dit nou al ’n gat gevorm wat inwoners meen ’n tregter vorm waar reënwater ’n dam vorm. Foto: Charné Kemp “Daar is in elk geval lekkasies van alle afval, medies of nie, op die terrein. Hoe sal enigiemand weet van waar die spoorelemente in monsters kom? “Daar word ander afval soos babadoeke, vrot vleis en ou kos ook op die terrein gestort. Die lekkasie hiervan kan gevaarliker wees as van ou ‘drips’,” sê sy. Angie Fotheringham, onafhanklike omgewingskonsultant, sê die

departement se reaksie sonder enige wetenskaplike bewyse is onaanvaarbaar. “Dit was ’n noodsituasie toe dit gebeur het en moes so gehanteer word. “Ongeag uitdagings moet die wet toegepas word en so ook spesifieke en relevante prosesse wat binne ’n sekere tydperk gevolg moet word. Dit raak tog die gesondheid en veiligheid van ons mense.

“Ek verstaan die terrein wat nou gebruik word se permit het twee jaar gelede reeds verval.” Daar is geen kennisgewingborde by die stortingsterrein nie. Die departement se minimum vereistes van ’n stortingsterrein bepaal dat daar amptelike kennisgewings in die amptelike landstale moet wees. Die terrein se kontrakteur, Uhuru Environmental Consultants, is verlede jaar deur die Ga-Segonya-

na-munisipaliteit aangestel. Volgens omstanders wat gister daar was, het die nuwe kontrakteur van Mafikeng die terrein in Desember oorgeneem. Die eienaar is Brian Tladi, maar hy kon gister nie op twee landlynnommers, ’n selfoon of op Facebook bereik word nie. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit het gesê hy sal vandag op navrae reageer.

1 JUNIE: Die NG Moedergemeente hou basaar. Bel die kerkkantoor by 053-712-0657. 1 Junie: Die Hervormde kerk op Kathu bied die Kameeldoringkarna-

val aan. Pieter Koen is een van die kunstenaars en daar is heerlike kos. Hekke open om 09:00. Toegang is R20 vir volwassenes, R10 vir leerlinge en dis gratis vir voorskoolse kinders.

Bel ds. Annalize Rossouw by 073-2724018. 3 Junie: Sonja en die Tjokkers tree om 08:30 by die Laerskool Seodin op. R15 per persoon. Kontak die

kantoor. 8 Junie: Steve Hofmeyr in die Red Sands Country Lodge. Stalletjies en vermaak vir die hele gesin. Bel Aretha by 082-879-9155.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Regstelling DIE Kalahari Bulletin het verlede week verkeerdelik berig dat Elanie Brand ’n leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan is. Sy is ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas.

DIE Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie gemeenskapskoerante in die land aangewys. Hier is al die finaliste van die Volksblad­groep se plaaslike koerante op Sanlam se MDDA­toekenningsgeleentheid. Van links is Christo van Staden (assistent­redakteur: Volksblad), Susan Maré (Vrystaat), Lynda Greyling (Maluti) en Lizette Slabber (Kalahari Bulletin). Foto: Verskaf

‘Bulletin’ een van voorste drie DIE Kalahari Bulletin is Vrydagaand op ’n glansgeleentheid in Johannesburg as een van die drie voorste plaaslike koerante in Suid-Afrika aangewys. Die Sanlam MDDA Awards gee reeds die afgelope 22 jaar erkenning aan uitnemendheid in plaaslike koerante en radiostasies. Dit sluit klein kommersiële koerante en radiostasies in sowel as koerante en radiostasies wat

deur groot maatskappye besit word. Die Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie koerante in die kategorie vir gratis koerante aangewys. Die kriteria waarvolgens koerante in dié kategorie beoordeel is, sluit in die verskeidenheid en gehalte van plaaslike stories, die gehalte van foto’s, sowel as tipografie, uitleg, drukwerk, produksie en die gehalte van die adverten-

sies. Daar was meer as 150 inskrywings in die kategorie beste koerant. Ainsley Moos, hoof van kommunikasie: Sanlam-groep, sê dit is wonderlik om te sien dat ongeag die moeiliker omstandighede waarin plaaslike koerante werk, baie goeie werk deur alle sektore gedoen word. Volksblad besit 13 plaaslike koerante waarvan die Kalahari Bulletin, Vrystaat en Maluti onder die topdrie in hul

Paar weke oor tot Spontaan DAAR is nog net ’n paar weke oor vir alle sangers om nader te staan om aan Spontaan, Volksblad se Plaaslike Koerante-groep se groot sangkompetisie, deel te neem. Vanjaar vind die Kalahari Bulletin se uitdunrondes vir die Spontaan-kompetisie op 20 Junie op Kuruman plaas. Daar is weer heerlike pryse wat gewen kan word: SpecSavers: Agt Infinitysonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die totale waarde is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n

CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Totale waarde vir al die finaliste is R40 000. PwC: gee vir die wenner: R1000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2000. Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. PCB Productions: ’n

Fotografie-sessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke deelnemer. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathukantoor by 079-831-5579.

onderskeie afdelings geëindig het. Susan Maré van Vrystaat het een van die drie topmensestories geskryf en Lynda Greyling van Maluti is as een van die drie topfotograwe vereer. ) Radio Riverside is as die beste gemeenskapsradiostasie op Sanlam se MDDA-toekenningsgeleentheid aangewys en het ’n tweede plek behaal in die kategorie vir indiepte-dekking van aktuele sake.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Op spoed om by te bly GLOBALISERING is ’n werklikheid wat elke mens op hierdie aarde raak. Dit is ’n verskynsel wat voor die 20ste eeu as byna onmoontlik beskou is. Maar, namate tegnologie gegroei het en die grense van kommunikasie verval het, het die wêreld as’t ware kleiner geword. Kleiner in dié sin dat alles vir enige mens oor die wêreld heen maklik bekombaar is, ongeag waar hy homself bevind. Handel van een land met ’n ander verloop seepglad, produksiebane oor die wêreld heen is gevestig, internasionale betrekkinge word aangeknoop, kommunikasie tussen kontinente vind onmiddellik plaas en die wêreld word ’n “global village.” Sommige meen dié verskynsel maak van die individu nie meer ’n landsburger van sy eie tuisland as sodanig nie, maar verander hom in ’n wêreldburger. En met die ontwikkeling van die internet en die koms van sosiale media soos Facebook en Twitter word nuus in ’n enkele sekonde oor die wêreld heen versprei en woed globalisering onverpoos voort. Maar is globalisering so voordelig soos die skyn wat dit voorsit? Of loop elke kultuur die gevaar om ’n nabootsing van die Westerse lande te word en alle individue ge-

sigloos en eenvormig? Almal dink tog af en toe terug toe die wêreld nog eenvoud geken het. Toe gesinne om ’n tafel kon sit en eet sonder ’n selfoon of iPad naby. Die tyd toe poskaarte en briewe aan elke familielid gestuur is wanneer vakansies kaalvoet op die strand deurgebring is. Toe ’n oproep van twee minute gou van ’n tiekieboks na geliefdes gemaak is. Die tyd toe daar meer stilte was. Hierdie nuwe era is egter onvermydelik en hoewel dit in baie opsigte ’n persoon se doen en late baie makliker maak, soos om ’n tou in die bank vry te spring deur gebruik te maak van internet-bankdienste, wonder ’n mens soms of die resies wat almal geforseer word om te hardloop, die moeite werd is. Want ’n gesprek met ’n geliefde word nou maklik vir ’n virtuele gesprek verruil. Daar is wel ’n tydelike oplossing voordat dié resies die wêreld weer in ’n heel ander rigting stuur. Dat die individu bewustelik, vrywillig en versigtig in ’n verhouding met globalisering staan – op eie terme. Sodat die mens self beheer daaroor kan uitoefen en self die uitkoms daarvan bepaal. En intussen hou almal net aan hardloop – net om by te bly.

Elke seisoen het doel Christo Jonck SES dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus. Eksodus 34:21 Ons lewe, soos alle lewe, is onderhewig aan seisoene. Tans is die herfs omtrent verby en is die winter besig om al nader te kom. Buite is die mooiste herfskleure sigbaar. So weet ons watter seisoen dit is. Maar in watter seisoen is jou lewe? As jy die fase of seisoen waarin jou lewe is, kan raaksien, word ons lewe meer betekenisvol en kan ons met groter doelgerigtheid leef. Daar is sekerlik ook ’n stuk wysheid in die begrip vir hoe seisoene werk. Dit help ons dikwels om ons lewe beter te begryp. In die natuur is daar: Lente – die seisoen van verandering en voorbereiding vanweë verbeterende omstandighede. Somer – die seisoen van voordelige omstandighede lei tot produktiwiteit en groei. Herfs – die seisoen van inkrimping en verlies weens omstandighede wat verswak. Winter – die seisoen van lae pro-

duktiwiteit weens moeilike omstandighede en min geleenthede. Kan jy ’n gevoel kry van jou huidige seisoen of fase in jou lewe en dalk daarvoor ’n naam gee? Onthou, elke seisoen het sy doel. In die natuur is daar ’n seisoen vir groei en produksie, maar daar is ook ’n seisoen van rus. Tog is elke seisoen nodig, want die een dra tot die volgende by. Ons kan nie net produseer nie. Grond moet dikwels rus om weer goed te kan produseer. Werk en produksie moet afgewissel word met meer rus en herstel as wat jy dink. Jy sal heel waarskynlik stadiger moet leef. Kan jy glo dat die Here met jou in jou seisoen is? Hy het ’n doel met jou. Hy is besig met jou, al voel jy ook jy is tussen seisoene. Leef die seisoen waarin jy is. Doen wat dit van jou vra. En as die seisoen niks van jou vra nie, los dan die doenery. Laat gaan. ) Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG Oog-gemeente.

DIÉ pragtige sonsondergang is sowat 30 km uit Kuruman op die Vryburgpad vasgevang.

Foto: Vincent Ward

Derduisende plaatjies ontvang DUIWEL EN RIEN BARNARD, Kuruman: DANKIE. Dit is ’n klein woordjie, maar kan so baie sê en beteken net soos ons dankbaarheid teenoor al die mense op Kuruman, in Wrenchville en op Kathu vir die bymekaarmaak

van broodplaatjies (breadtags). Dit klink ’n onbegonne taak te wees, maar ons is nader aan ’n byna onmoontlike taak, naamlik

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per epos ontvang word, sal voorkeur geniet.

dat ons nou reeds 70 kg broodplaatjies weggestuur het. Sou u wonder hoeveel is 70 kg se plaatjies? Dit is ongeveer 231 000 plaatjies wat die gemeenskap van Kuruman bymekaargemaak het. Nogmaals dankie vir almal se ondersteuning en geesdrif.

Kuier saam in die kuberruim KALAHARI BULLETIN is nou ook op Facebook. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Li­ ke die blad om jou opinie te lug en vir meer nuus wat saak maak.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Amsterdammers begin al bekend lyk Annerie Louw MY kuier raak nou so lank dat die mense al vir my bekend begin lyk. En die kuier is so kort dat ek nie weet waar ek genoeg tyd sal kry vir als wat ek nog hier wou doen nie. Die lank en die kort is dat ek nog ’n wonderlike tyd in Amsterdam beleef. Dierbaarste en ek kom nou terug van ’n staptog van so 3 km na die Amstelpark al met die Amstelrivier langs. Ons kon die interessante boothuise op die rivier bekyk wat gesellig in die middagson lyk

en oral stap of draf mense om die lekker weer te geniet. Besoeke aan die parke is altyd ’n geestelike verkwikking wanneer jy die groen grasperke, bome en pragtige blomakkers kan indrink. Daar is voetpaaie, fietspaaie, kunsuitstallings, speelparke, restaurante en baie mense wat dit geniet. Die groen van nuwe groei lyk byna onnatuurlik mooi. Ons geniet dit, want ons weet in die Kalahari sal die groen al plek gemaak het vir die winter se wit. Ek en Dierbaarste het verlede week die trem na Museumplein gevat om die bekende Rijksmuseum

te besoek. Ons was so nuuskierig om te sien waarvoor die R4 miljard wat op verbeterings aan dié museum bestee is, aangewend is dat ons kans gesien het vir alleen reis op openbare vervoer. Mooiste het mooi verduidelik watter trem ons waar moet kry en waar ons moet afklim, maar soos alle mense wat ’n pad verduidelik, het sy ’n klein din-

getjie uitgelaat en ons klim toe twee stoppe te ver af. Die probleem was darem nie so groot soos die skrik en die onsekerheid nie. Dit het maar net ’n entjie se stap gekos en ons kán die oefening bekostig. Maar die reënweer met een sambreel was nie pret nie. Dit was op dié tog, langs ’n eksklusiewe kunswinkel, dat ek dog ek vir George Clooney sien. Ek merk teenoor Dierbaarste op die ou met die “attitude” dink natuurlik hy is Clooney. Tuis reken Mooiste dit kón hy gewees het, want dele van die fliek Oceans 12 is in Amsterdam geskiet.

Toe Mooiste sien ons kom reg met die trems, koop sy vir ons geskenkbewyse vir ’n spa-behandeling by ’n salon by die Rembrandtplein. Die behandeling behels toe ’n geknibbel van vissies aan die dooie velle van ons voete en enkels – wat ’n ervaring. Ons hande en voete is behandel en ons kon 20 minute in ’n masseerstoel sit om die spasmas uit die rug, nek en bene te verwyder – spasmas wat ontstaan het van baba sus, peuter in die speelpark laat swaai en gly en jou lyf gereeld moet oprol om tee in Prinses se klein tentjie te drink.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

‘Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom.’ – Floyd Turner, nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman.

DIE nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman, Floyd Turner.

Foto: Joanie Bergh

Hoof tuis in NK Joanie Bergh

DIE Laerskool Kuruman het onlangs ’n nuwe skoolhoof aangestel om dié skool verder van krag tot krag te laat groei. Floyd Turner (49) is egter geen vreemdeling vir die meer as 800 kinders en die leerkragte nie. Verlede jaar is hy as die nuwe natuurwetenskaponderwyser aangestel. Dit is ’n vakgebied wat vir hom geweldig interessant en belangrik in die kurrikulum is. Met die intrapslag het 2013 vir hom ’n persoonlike hoogtepunt geword toe hy eers die pos as adjunkhoof beklee het en later eindelik as skoolhoof. “Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom,” sê hy. “Maar ek het altyd stilweg ver-

troue binne myself gehad dat ek eendag daartoe in staat sal wees om ’n pos as skoolhoof doeltreffend te kan uitvoer,” sê hy. Vir Turner en sy vrou, Irene, ’n leerareabestuurder in wetenskap aan die departement van onderwys, en hul seun, Luke (4), was die skuif Kuruman toe een wat beslis die moeite werd was. Nadat hy sy graad in onderwys behaal het, het Turner in 1985 sy eerste pos as leerkrag aan die Laerskool Roodepan begin waar hy sy liefde vir biologie met leerlinge kon begin deel. Ná 14 jaar was hy eers by die St. Patrick-kollege in Kimberley voordat hy in ’n noord-westelike rigting gemik het en Kuruman toe verhuis het. Hy is by die Hoërskool Wrenchville en daarna die Hoërskool Gamaga-

ra op Deben aangestel voordat hy by die Laerskool Kuruman wortel geskiet het. En die trots wat Turner vir dié skool het wat reeds 105 jaar ’n opvoeding vir duisende kinders op Kuruman bied, is duidelik sigbaar. “Die skool vaar baie goed op akademiese, sport- en kultuurgebied en ek gaan probeer om die prestasies saam met my personeel verder uit te bou,” sê hy. Die skool het in 1996 dubbelmedium-onderrig begin nastreef en bly danksy die volgehoue ondersteuning van sy borge en ouers ’n veilige hawe vir kinders van alle rasse. Turner glo met sterk Goddelike beginsels en sy toegewyde personeellede “wat altyd die ekstra myl sal loop vir ’n kind”, die skool nie anders sal kan as om verder uit te styg nie.

Building, Painting or DIY - with

Cashbuild you can!

QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE

197 stores and expanding throughout southern Africa Geyser

PAINT

TILING

DURAM WHITE ACRYLIC PVA

MELODY PVA

153.95

554.95

Burgundy 5 Litres

SKU: Various

43.95

SKU: 645057

136.95

5 Litres + Free Membrane

126.95

68.95 per m

PoWerTooLs from

1 330.70

6-PC BATH SUITE WITH PLASTIC CISTERN COMPRISING: WHITE SKU PRICE BATH 1,7 • With handles

5250

CISTERN PLASTIC ECOLUX

5328

P- PAN LL RAPIDO

5370

COURIER BASIN

5392

PEDESTAL FULL

5344

TOILET SEAT CONTRACT ELF 82

592101

569.95 186.95 118.95 188.95 208.95 56.95

2

MUKWA WOOD SKIL JIG SAW BOW HANDLE

6 PIECE BATH SUITE • White with Plastic Cistern

Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2 SKU: 301734

4003AA • 380W

69.95 per m

2

SKU: 972103

SKIL ANGLE GRINDER

267.95

9030AA • 600W

SKU: 972103

267.95

For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453) THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 23 JUNE 2013

Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2

FREE Membrane

SKU: Various

bAThroom SKU: Various

MARULA BROWN

MEDAL WATERPROOF

Various Colours 1 Litre

FREE Membrane

SKU: 301730

SKU: 301732

DURAM FLEXIKOTE

2 189.95 2 039.95

MOPANE PEACH

SKU: 300002

SKU: 301224

SKU: 512633

SKU: 301731

20 Litres

20 Litres

SKU: 512632

MARULA MARBLE

49.95

179.95

150 Litres

SKU: 301726

SKU: 301331

SKU: 301223

FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER

MOPANE MARBLE

White 5 Litres

White 5 Litres

100 Litres

www.cashbuild.co.za

57554 WK48 REDWORKS

SKIL IMPACT DRILL

SKIL 6002CA • 500W • Keyed Chuck ORBITAL SANDER 7003AA SKU: 972107 • 145W • Keyed Chuck

267.95

SKU: 972107

267.95

TYLON TILE ADHESIVE 20kg WB9

SKU: 628205

39.95

TYLON GROUT

5kg • White • Dove Grey & Light Grey SKU:628552/628560/628566

47.95

Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. RSA

E & O E. All prices include 14% VAT

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

SÓ moet ’n wen­muskadel smaak, sê Francois van Niekerk, depotbestuurder van Oranjerivier­wynkelders. Dié wyn het ’n platinum­ en ’n goue oorkonde vir sy wit en rooi muskadel op Muskadel SA se 11de prysuitdelingsaand in die Paarl verower. Foto: Emile Hendricks

Platinum vir NK-wyn Charné Kemp

DIE Oranjerivier-wynkelders in die Noord-Kaap het gisteraand twee oorkondes op die 11de prysuitdelingsaand van Muskadel Suid-Afrika vir sy muskadelwyn verower. Muskadel SA, geborg deur Enartis SA, het die gala-aand in die Paarl aangebied. Die Oranjerivier-wynkelders het uit 26 inskrywings die enigste platinumeerbewys ontvang vir sy Rooi Muskadel 2012, asook ’n goue eerbewys vir sy Wit Muskadel 2012. Yolandi de Wet van Yolandi de Wet PR sê in ’n verklaring die Breederiviervallei-streek het ook sy reputasie as muskadel-kontrei gestand gedoen en drie goue medaljes ingeoes met die Rooiberg-wynkelder se Rooi

Muskadel 2012, Mooiuitsig-wynkelder se Oude Rust Rooi Muskadel 2012 en Du Toitskloof-kelder se Rooi Muskadel 2012. Volgens Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA en wynmaker in die Breederiviervallei, verkies muskadelwyne droë en warm weerstoestande, maar ook genoeg water. “Dit lei tot ’n hoë suikerinhoud en lae pH-vlakke wat die sukses van ’n muskadel bepaal. Suid-Afrikaanse produsente is baie toegewyd en probeer altyd om die beste gehalte te lewer.” Die wyne word blind geproe en volgens ’n beproefde puntestelsel beoordeel. Die uniekheid van die verpakking speel ook ’n rol in die puntetoekenning. Die wenwyne kan in

winkels uitgeken word aan die Muskadel SA-plakker wat op die bottel aangebring word. “Vanjaar se inskrywings is besonder goed, met goeie kompleksiteit en diepte van geur,” sê Dave Biggs, beoordelaar en wynkenner. Enartis SA is reeds ses jaar by dié muskadelvereniging betrokke. “Muskadel is een van die beste wyne wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf jaarliks oplewer en die beste oor die wêreld heen. Die stigma dat muskadel net ’n soetwyn en ’n winterwyn is, is iets van die verlede. Enartis SA, in samewerking met Muskadel SA, het dit verander en sal in die toekoms daarop voortbou,” sê Steven Baard, verkoopsbestuurder van Enartis SA.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

7

Kroegman ‘Niemand het reg om ander te veroordeel’ Joanie Bergh

JOHN–LOUIS WHITEHEAD

Foto’s: Joanie Bergh

‘Mense pak af by jou met hul familieprobleme of ’n ander wil ’n nuwe bakkie koop en hy wil weet wat jý daarvan dink.’ – John­Louis Whitehead

WHITEHEAD se tatoeëermerk op sy regterarm – ’n beginsel waarvolgens hy lewe.

DINK jy aan ’n kroegman, dan dink jy dadelik aan die Savanna Dry-advertensie. Die barman agter die toonbank sit nie net ’n glas met ys en ietsie vir die lippe aan sy kliënte voor nie, maar luister ook aandagtig na elkeen se storie en stem onomwonde saam met alles wat hulle sê. Dit is duidelik: ’n Kroegman is nie nét ’n gewone ou wat ’n koue bier bedien nie, maar ook ’n bekostigbare raadgewer, getroue vriend, die slimste boekhouer én ’n sielkundige wat tot laataand beskikbaar is. “Jy is ’n Jack of all trades, master of none!” sê John-Louis Whitehead. “Maar dit is nie altyd maklik nie.” Whitehead (28) is sedert verlede jaar die alleen-eienaar van die Barrel op Kuruman en hy is gereeld agter die toonbank te sien. “Mense pak af by jou met hul familieprobleme of ’n ander wil ’n nuwe bakkie koop en hy wil weet wat jý daarvan dink.” Hoewel ’n mens na ’n kuierplek sal gaan om juis te kuier en van die wêreld se sorge te vergeet, is dit soms moeilik om die kroegman as meer as net ’n kroegman te sien. “Mense dink om agter die toonbank te wees en om in die bedryf te wees is ’n minderwaardige beroep. “En hulle sien maklik neer op ’n ou.” Want, sê Whitehead, “enige ou kan mos ’n dop gooi!” Dié eggenoot en pa van ’n tweejarige seuntjie se groot droom was egter nog altyd om ’n loopbaan in natuurbewaring te volg. Maar weens die lang ure weg van die huis, het hy ’n ander koers ingeslaan. Ondanks die ongereelde en laat ure wat Whitehead ook soms by die Barrel besig is, sien hy darem sy gesin gereeld.

“ ’n Kroegman het ook ’n persoonlike lewe,” sê hy. “En soms is dit moeilik om eers 02:00 huis toe te gaan, maar dit is die moeite werd.” Whitehead sê benewens die geduld wat jy moet aanleer om mense wat net te veel gedrink het, te hanteer, leer jy ook om te lag. “En jy lag behoorlik baie!” Die bedryf het natuurlik ook sy nadele. Een daarvan is dat hy gereeld ervaar dat mense hom vanweë sy beroep veroordeel. “Mense dink maklik as ek aan dié kant van die kroeg staan, kan ek nie ’n verhouding met God hê nie. “Dit was nog altyd bitter sleg vir my.” Juis daaroor is daar een rotsvaste beginsel waarvolgens Whitehead leef: Dat die mens nie ’n reg het om oor ’n ander te oordeel nie. “Ek sal alleen voor God vir my lewe op aarde verantwoording doen.” Whitehead voel so sterk oor dié beginsel dat hy onlangs ’n tatoeëermerk met daardie boodskap op sy arm laat aanbring het. “My vrou, Leandri, het ons seuntjie se geboortejaar in Chinees op haar pols laat tatoeëer. “Ek het besluit om ook iets wat vir my van waarde is te laat skryf,” sê hy. En al is dit hoogs ongewoon vir ’n kroegman, het hy op sy regterarm ’n tatoeëermerk wat lui: Only God can judge me. En hoe bring Whitehead drank en geloof saam? “Die Bybel sê nêrens dat jy nie mag drink nie. Jy mag dit nie misbruik nie. “Daar is ’n groot verskil,” sê hy. “En dit is ook nie my plek om die wat dit misbruik te oordeel nie. “As mense die tatoeëermerk sien en dit sit hulle ’n bietjie aan die dink, hoekom nie?”


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Goeie nuus vir leerkrag Lecrecia Prins

DIE onderwyser wat deur ’n skoolhoof per SMS onreëlmatig afgedank is omdat sy nie met sy seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie, sê sy is bly oor die beslissing dat die onderwysdepartement haar nou moet vergoed. Arlene Nel was wiskunde-en-wetenskaponderwyser aan die Hoërskool Kakamas. Nel is in Januarie, ná haar Desember-verlof en terwyl sy hoog-swanger was, per SMS deur die skoolhoof ingelig dat haar dienste by die skool oorbodig is. “Ek is baie bly oor die uitspraak. Die beslissing het bewys geen instansie is bo die wet verhewe nie. Dié voorval het my weer laat besef hoe mense in magsposisies hul mag misbruik. “Dit het wel nie my mening oor die onderwys verander nie, maar dit laat my wonder wat in die res van Suid-Afrika se onderwys aangaan as iets soos dié op Kakamas gebeur het.” Die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) het gister beslis die departement moet vergoeding aan Nel betaal. Moira-Marie Kloppers, woordvoerder van Solidariteit, sê die vakbond is verheug oor die uitspraak aangesien dit ’n sterk boodskap stuur dat werkgewers wat hul werknemers vir eerlike optrede wil straf, nie geduld sal word nie. “Ons lid het reg opgetree deur te weier om die leerling se punte aan te pas. Ravo het beveel dat Nel vergoeding moet ontvang aangesien daar ’n redelike verwagting gewek is dat

‘Dié voorval het my weer laat besef hoe mense in magsposisies hul mag misbruik.’ – Arlene Nel haar kontrak hernu sou word. “Weens die ernstige vertrouensbreuk wat tussen Nel en die skoolhoof ontstaan het, het Nel intussen besluit om nie haar loopbaan by die skool voort te sit nie. “Ravo sê in sy bevinding die skoolhoof het dit duidelik gemaak dat hy Nel nie in die departement se diens wou gehad het nie omdat hy nie daarby sou baat vind nie.” Kloppers sê volgens Ravo is die leerlinge se welstand nie in ag geneem toe besluit is dat Nel se kontrak nie hernu sou word nie. “Daar is verder bevind die hoof het vyandig geraak teenoor Nel nadat sy geweier het om met sy seun se punte te knoei. “Ravo het voorts bevind die voorval het wel ’n impak daarop gehad dat Nel se kontrak met die skool nie hernu is nie en dat die besluit nie op grond van meriete geneem is nie, maar weens die hoof se vete teen Nel.” Sydney Stander, woordvoerder van die departement, sê die departement het gister eers Ravo se beslissing ontvang. “Die departement sal dit bestudeer om te sien hoe Ravo tot sy beslissing gekom het. Daarna sal ons besluit of ons dit gaan betwis of nie.”

Leer meer oor versorging van honde SONJA GROBLER van die Dieresorgvereniging op Kuruman het onlangs die gr. 1­ tot gr. 3­klasse by die Hotazel­kollege besoek om hulle meer oor die versorging van honde te leer. Ná die sessie het die kinders geweet hoe om mooi na ’n hond om te sien en wat die eienaar se verantwoordelikhede is wanneer ’n hondjie aangeneem word. Op die foto is van die leerlinge wat die praatjie bygewoon het saam met twee klein brakkies, Blertsie en Blapsie, van die DSV. Van links is, voor: Zee Dhlamini, Olorato Shupu, Zuh­ rah Kester en Koketso Lebogang; agter: Amoholeng Msweli.

Power interruption on Sunday GA-SEGONYANA MUNICIPALITY, Kuruman: Due to emergency maintenance that has to be undertaken by Eskom, a power interruption will occur on Sunday, 2 June, from 05:00 until 08:00 that will affect Kuruman and Wrenchville. As from 03:00

until 19:00, only one transformer will be in use and therefore customers are advised not to utilise heavily consuming electrical appliances to avoid a total blackout. A total power interruption will occur on the same day from 03:30 until 19:00 in Mo-

thibistad, Seodin, Magobe, Manyeding, Kagung, Gantatelang, Ncwelengwe, Magagwe, Metsotswaneng, Ganghaai and Maketlele. Customers are advised to treat all power points as live and dangerous during the interruption.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

9

Makataan toe heeltyd ’n reuse-waatlemoen Joanie Bergh

“EK het in my lewe nog nooit ’n waatlemoen só groot gesien nie.” Só het oom Gert Joubert (83) van Mimosahof gesê nadat hy dié enorme waatlemoen van 21 kg in sy agterplaas gekweek het. “Ons het eers gedink dit is ’n makataan,” het hy gesê. “Ek het planne gehad om die lekkerste konfyt daarmee te kook.” Maar tot sy teleurstelling het oom Gert sommer gou gesien dié makataan word ’n waatlemoen. En hy hou aan groei. Sommerso, by sy agterdeur op ’n klein stukkie grond. Hy het sowat drie maande gelede ’n paar pitte so lukraak by sy deur uitgegooi. Niks wetend dat daar ’n waatlemoenpitjie sou groei

DANIE LÖTTER (links) en Gert Jou­ bert met die waatle­ moen wat 21 kg weeg. Foto: Joanie Bergh

‘Ons het eers gedink dit is ’n makataan. Ek het planne gehad om die lekkerste konfyt daarmee te kook.’ – Gert Joubert

wat een van die grootste vrugte wat hy nog gesien het, by hom sou oplewer. Danie Lötter van die oord se tuindienste het die plant gedurig gepamperlang om seker te maak niks gebeur met die oes nie. Hy het die kroon van die waatlemoen met gras toegepak, net soos ’n “hoendernes”, want hy glo dit is dan wanneer die plant éérs sal groei. En of dit die gras was of net geluk, ’n mens kan maar net raai, maar, sê oom Gert, hy moes iéts reggedoen het. Hoewel oom Gert en sy vrou, Babsie (82), wel nie binnekort makataankonfyt gaan kook nie, het hulle besluit om dié waatlemoen vir eers te koester, te aanskou en eindelik vir almal wat wil ’n stukkie af te sny om dit saam met hulle te eet.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Pantser jou teen verkoue Lynn-Mari Olivier

DIE kleuters van die Miekie en Mienie­kleuterskool.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Gewapen teen siektes Lynn-Mari Olivier

DIE winter het reeds sy kloue om ons begin vou en daarmee saam het verkoue en griep ook ’n paar slagoffers geëis. Maniere om die kieme weg te hou is reeds sedert kleintyd by ons ingeprent en tog kan ons nie altyd die kieme vryspring nie. Dr. Linda Friedland skryf in haar boek, Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid, dat daar geen bewyse is dat verkoue deur koue weer veroorsaak word nie, maar dat die virus makliker onder kinders versprei omdat hulle meer tyd binnenshuis deurbring. Verder sê sy dat die koue weer moontlik die klam slymvliese van jou neus en neusgange uitdroog en jou dus meer vatbaar vir virusse maak. Verder vermenigvuldig verkouevirusse

Besoek gerus

www.kalaharibulletin.co.za

DIE winter is om die draai en dit is nou die tyd om jouself teen verkoues en griep te pantser. Aanhangers van die griepinspuiting sweer daarby, waar ander redelike skugter daarvoor is. My raad is dat geen oordeel gevel mag word totdat jy albei opsies getoets het nie. Marisa Olivier, ’n plaaslike suster op Kuruman, beveel aan dat elkeen die griepinspuiting sal oorweeg. Dit berei jou liggaam voor vir dié verkoues en griepvirusse wat moontlik hul verskyning sal maak en nie sal skroom om die liggaam ’n knou toe te dien nie. Olivier bevestig wel dat daar sekere groepe individue is wat meer vatbaar vir kieme en virusse is, met die gevolg dat die persone sterk aangeraai word om die griepinspuiting te neem. Dit is mense ouer as 60 jaar, swanger vroue, diabete, asmalyers en diegene wat aan chroniese hart- en lewersiektes ly. Dit word ook aanbeveel dat mense wat as versorgers geklassifiseer word die griepinspuiting sal kry. Die groep mense is iemand wat ’n primêre versorger van ’n ander persoon is wat nie in staat is om na homself om te sien sou sy versorger siek raak nie. Volgens Karin Bain van die e-tydskrif www.jouwêreld.co.za is daar ’n paar riglyne om te volg wat sal voorkom dat ’n persoon siek raak: 1. Was jou hande gereeld en minstens vyf keer ’n dag. As jy by die supermark of enige ander openbare plek was, was onmiddellik jou hande. 2. As jy vermoed dat jy besig is om siek te raak begin dadelik vitamien C drink. Sy beveel aan dat jy 2 000 mg drink. Jou liggaam sal gebruik wat hy nodig het en die res uitskei. Dit is ook raadsaam om vol te hou met vitamien C net soos jy sal volhou met antibiotika. 3. Drink 6 tot 8 glase water ’n dag en rus genoeg. 4. Sou jy nie die griep kan vryspring nie en jou neus met jou weghardloop, is dit raadsaam om sneesdoekies oral in jou huis te plaas. Gooi gebruikte sneesdoekies dadelik weg en was onmiddellik jou hande ten einde te vermy dat kieme verder versprei. Voorkoming is beter as genesing. Hou voorraadopname van al die vitamine en medisyne in jou medisynekabinet en vul aan waar nodig. As dit agter die rug is, is die griepinspuiting die volgende stap. Die griepinspuiting is reeds beskikbaar en dit is nou die regte tyd om jou mou op te rol en die inspuiting te kry.

in die winter wanneer die humiditeit laer is. Kalahari Bulletin het die Miekie en Mienie-kleuterskool besoek en by die kleuters gaan uitvind wat hulle dié winter gaan doen om die verkoue weg te hou. Die kleuters was in serpe en musse, want die besoek is immers op ’n ysige dag afgelê. Susan Marais, onderwyser van die gr. O-klas en ook hoof van die kleuterskool, sê die kleuters het beslis die regte antwoorde gereed gehad. Jonel Jones, ’n 5-jarige, was eerste om te antwoord dat warm slaapklere ’n “moet-hê-artikel” in elke kas behoort te wees. Megan Viljoen en Monique Nortje was op die regte spoor en is duidelik liefhebbers van gesonde kos.

Volgens hulle is vitamiene en groente die regte skietgoed om die hardnekkige kieme ’n doodskoot toe te dien. Ons mag natuurlik nie van die goeie vitamien C vergeet nie en PG van Zyl en Mia Ekkerd het telkemale beklemtoon dat lemoene en nartjies dié winter in groot hoeveelhede geëet moet word. Elmarie van Zyl het die vraag-en-antwoord-sessie met ’n wen-antwoord afgesluit: “Jy moet jou hand voor jou mond sit as jy hoes of nies,” het sy gesê. Die kleuters het beslis ’n paar waarhede van Friedland herhaal en bevestig dat verkoue voorkom kan word deur gereeld jou hande te was en jou neus en mond te bedek wanneer jy hoes of nies. Friedland beklemtoon ook dat ’n mens liefs nie aan jou oë of neus moet raak nie, want dit veroorsaak dat die virusse makliker versprei.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

1,2-m-MIELIERESTEBALE beskikbaar. R120 per baal. Schweizer-Reneke-/ Wolmaransstad-distrik. Louis 083 225 8815/Tom 083 656 2330.

NUTSMAN: Alle herstelwerke in en om die huis. Loodgieters-, staal-, elektriese en houtwerk, teëls, plaveisel, ens. Skakel 082 752 1600.

BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

PARKERING TE HUUR: Vervoer u personeel van Kuruman na hul werksplekke en is op soek na parkering vir hul voertuie? Ons bied 'n oplaai-/aflaaipunt met veilige parkering en sekuriteit. Skakel 082 948 2017.

KAMER BESKIKBAAR IN meenthuis: R3 000 p.m. Skakel Francois 072 156 8035. VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

CORSA 1700, 2001: R25 500. 1997 Hilux 2400, rails: R48 500. Phone 071 967 0285.

ASTRA 1400, 1995: R21 500. 1987 Conquest: R16 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. FORD FIESTA: 1998. R22 500. Uno 2000: Excellent. R19 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. JETTA 1.6: 1988. R9 500. 1980 Ford Granada 2.0: R13 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. JETTA 3 1600, 1996: R22 000. 1988 Corolla 1300: R20 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TAZZ 1600i 16V, 2002 Twin Cam, mags, CD: R28 500. NOT neg. Phone 072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

2-SLAAPKAMER-HUIS te huur, R9 000. Skakel 082 376 1091. KURUMAN: 3 slk, badk, sitk, eetk, kombuis, toegeboude stoep met wasarea, garage, buitek met toilet en 'n afdak. Koopkrag en waterheffing uitgesluit, teen R9 000. 084 209 5536.

KURUMAN Te huur Meenthuis 2 slaapkamers Enkelbadkamer R6 600 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 – R11 500 Baie netjies Huise 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 3 slaapkamers 3 badkamers Dubbelmotorhuis R14 850 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

1-SLAAPKAMER- WOONSTEL met kombuis en badkamer. R3 500 p.m. W en l ingesluit, met DStv. Skakel 083 784 7629. BACHELOR FLAT, brand new. R3 500 p.m. No smokers and kids, please! Phone 072 492 4144. EENMANWOONSTEL: Gemeubileerd, DStv, lugreĂŤling, onderdak-parkering, koopkrag. Beskikbaar 1 Junie 2013. Skakel 072 634 6880 EENMANWOONSTEL te huur. Krag en water ingesluit. R2 500 p.m. Tel. 084 651 3000. WENDY-HUIS TE HUUR in Wrenchville, krag en water ingesluit, R2 500 p.m. Skakel Penny 083 366 9473 of Brian 084 245 1782. WOONSTEL TE HUUR vanaf 1/06/2013. Kuruman. Skakel Nico 072 537 2449.

AIDA KURUMAN: HUISE 1. 3 slk, 2 badk, 1-slk- woonstel en swembad. R2 505 000. 2. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TVkamer, kantoor. R1 350 000. TE HUUR 4 slk, 2 badk. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422.

KURUMAN: 2-slaapkamermeenthuis. Oopplan, 2 badk, ingeboude braai. Enkelm/h. Slegs 4 eenhede in kompleks. Eie tuin. Alarmstelsel en outomatiese sprinkelbesproeiing. Skakel 082 923 8165.

RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0612 now to arrange a personal interview. SOEK NA EERLIKE EN BETROUBARE kantoordame met glas- en windskermondervinding. Faks CV na 086 524 8534. Teach English in Thailand.Relocation cost apply.linda@teachnet.co.za TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life.

M.J.P. Louwrens

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Matines Jacobus Petrus Louwrens, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2615/2011 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 31 Mei 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8300 S.R. Oats

In the estate of the late SR Oats, identity number 410423 0261 089 of House G338, Itereleng Street, Magojaneng Village. Estate number: 3461/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 31 May 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and

the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

FYNGESLYP met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse top­kunstenaars onder hande ge­ neem is, is een van vele kontemporêre musiekkonserte wat op die Vryfees aangebied gaan word. Foto: Verskaf

Fees bied iets vir elke kunssmaak Braam Muller

DIE Vryfees vind vanjaar van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaas en bied weer ’n verskeidenheid van toptoneel- en -musiekproduksies aan. Onder die 12 kabaret-, musiekteater en klassieke musiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania wat gehore gaan bekend stel aan die muse met die mes: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot klank aan die musiek van Andrew Lloyd Webber verleen; en vir die manne is daar ware burlesk-poppies wat in Big Top Burlesque sing en dans. Luister jy fyner is daar Zorada Temmingh se orrelspel, André van Daalen se hobo, Magdalene Minnaar en Zanne Stapelberg se sopraanstemme en Charl du Plessis se Bachjazz. Heeltemal anders – in die trant van mu-

sikale, pittige Victor Borge – skerts die Australiese pianis David Scheel. Die kontemporêre musiekprogram bied nuutjies soos Chris Chameleon saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor, Fyngeslyp met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse top-kunstenaars onder hande geneem is vir ’n konsert aan, die feestreffer en gala-openingskonsert Liedjie vir jou met onder andere Laurika Rauch, die 78-jarige Dorothy Masuka en Karen Zoid, Steve Hofmeyr kom vier 25 jaar op die verhoog in die Callie Humansentrum en Dana Snyman kom saam met musiek stories vertel. Bekendes wat weer terug is, is Mathys Roetz, Lize Beekman, Jak de Priester, Kurt Darren, Romanz en Nianell saam, Ses Snare, Sarah Theron, Radio Kalahari Orkes, Koos Kombuis en Piet Botha.

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks a specialist to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Maintenance Fitter (Ref. MF 112614)

The incumbent will be responsible for executing maintenance activities within the Engineering Maintenance section. Responsibilities: • Maintaining conveyors, crushers, vibrating screens and feeders and slurry pumps • Performing any other reasonable ad hoc duties as and when requested from time to time • Adhering to SHEQ and legal standards and procedures within the relevant section and assisting line management in the maintenance and improvement thereof • Managing spares and performing cleaning and good housekeeping duties in the department • Conducting root cause analysis, identifying corrective action, implementing corrective action within span of control and reporting appropriate corrective and/or improvement actions ��� Managing the performance of the work team to achieve specific asset care objectives, including effective communication of job status and team needs • Operating and maintaining fixed and mobile maintenance equipment and tools, according to procedures and standards • Applicants for this position must be prepared to work shifts, overtime and be on standby as and when required. Minimum requirements: • Grade 12/Matric • Trade certificate as Fitter and Turner • A minimum of NTC2 • Three to five years’ relevant post-qualifying operational experience in plant maintenance • A high sense of responsibility • A valid Code B/EB driver’s licence • A certificate in Basic Rigging will be an added advantage • System orientated (procedures, etc.) • Fit and healthy – prepared to undergo physical examination by medical practitioner. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHEQ knowledge • Administration skills • Statutory knowledge of relevant legislation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 14 June 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 112614


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

In spanne ingesluit

LINKS: ANDRÉ WESSELS (links) en Athole Olifant (o.16­Valkeweek).

DIÉ leerlinge van die Hoërskool Daniëlskuil het tydens die provinsiale proewe uitgeblink en is ingesluit in die onderskeie spanne wat in Junie in verskeie toernooie gaan deelneem.

DIE rugbyspelers is in die streekspan in­ gesluit wat eers­ daags aan die GWK­ week gaan deel­ neem. Van links is, voor: Clinton van Wyk, Christo Jor­ daan en Marcus Karelse; agter: By­ ron van Wyk, Joseph Beaton, Morné Voster en JP Slab­ bert.

JAYSON PIETERSON (o.16­Grand Khomoweek)

NICOLAS MAKINANA (o.18­Akade­ mieweek)

ROMARIO VAN ROOYEN (o.18­Cra­ venweek)

Vind Kalahari Bulletin op Facebook by Kalahari Bulletin

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013

Voluit doellyn toe DIE o.13A­rugbyspan van die Laerskool Seodin het die eerste span van die Laerskool Post­ masburg met ’n stewige 72­0 geklop. Hier is Riaan de Klerk in aksie op pad om een van sy drie drieë te druk. Riaan is ná ’n onlangse oefenkamp in Kimberley in die o.13A­Quriqua­ span ingesluit.

Klop span in kragmeting op netbalbaan DIE o.13A­netbalspan van die Laerskool Seodin het tydens ’n kragmeting die Laerskool Post­ masburg met 21­9 geklop. Die span is van links, voor: Lauwmari Lambrecht en Junel Odendal; middel: Marjohandi Espach en Rose Kgamo; agter: Stefani Louw, Chanel Burger en Bianca Brits. Foto: Mariete Strauss

DIE netbalspanne van die Laerskool Seodin het weer hul vernuf op die baan gewys. Die o.12A­netbalspan van Seodin het Postmas­ burg met 9­3 geklop. Die o.12B­span het die Laerskool Kuruman met ’n naelskraapse 7­6 gewen en die skool se o.13­netbalspan het Kuruman met 12­3 geklop. Hier is Rianette Moller (links) in aksie. Foto: Mariete Strauss


Kuruman bulletin 30 mei 2013