Issuu on Google+

7 FEBRUARIE 2013

VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Spog met sewe tweelinge DIE Hoërskool Upington spog vanjaar met sewe tweelinge waarvan drie in matriek is en twee se vanne Steenkamp is. Van links is, voor: Kaira en Kaleb MacZali; tweede ry: Francois Joubert, Monique en Morné Dlephu en Christine en Jana Becker; der­ de ry: Johann Joubert, Johnathan en Alvin Steenkamp en Spannie en Jan­Hendrik Boshoff; agter: Jandré en Derik Steen­ kamp. Foto: Anena BUrger

Aantygings ontken Anena Burger ONTEVREDENHEID heers in die Khoisan-gemeenskap op Upington weens die inhegtenisneming van twee hoofmanne en nog ’n leier nadat twee winkels van Somaliërs aan die brand gesteek is. Hoofman Johannes May van die Korannas, hoofman Lawrence Maasdorp van die Khoisan en Hamilton Pretorius, ’n Khoisan-gemeenskapsleier, is verlede Dinsdag in hegtenis geneem en het Woensdag op aanklagte van brandstigting, intimidasie, openbare geweld, oorlaspleging en die aanhit-

sing van xenofobie in die hof verskyn. ’n Groepie Khoisan-inwoners het gister na die hof opgeruk om hul ontevredenheid met die inhegtenisnemings te wys. Barry Bosman, ’n Khoisan-hoofman, het by die hof gesê: “Ons is vandag onwettig hier. Ons het aansoek gedoen om hier te kon optree, maar kon nie toestemming kry om ’n optog te hou nie. “Ons moet drie dae voor die tyd al aansoek doen, maar dit is ’n noodgeval.” Volgens Bosman en die ander betogers word die drie Khoisan-lei-

ers vals deur Somaliese winkeleienaars beskuldig. Dié beskuldigings kom nadat twee winkels van Somaliërs op die dorp Maandagaand aan die brand gesteek is. Spanning heers al geruime tyd tussen inwoners en buitelandse winkeliers. Verlede jaar is hier teen “onwettige winkeleienaars” betoog. Buitelandse winkeliers word beskuldig dat hulle dwelms aan kinders smous en jong meisies seksueel misbruik. Maasdorp, wat gistermiddag laat saam met die ander twee leiers op

borgtog van R300 elk vrygelaat is, bestempel buitelanders se winkels as die “wortel van kwaad hier”, maar ontken dat hy en die ander twee leiers by die brandstigting betrokke was. “Ons het niks hiermee te doen gehad nie. Hoewel ons nie die winkels goedkeur wat in ons gemeenskap dwelms verkoop nie, sal ons nié mense se eiendomme beskadig nie. “Ons as hoofmanne verteenwoordig die gemeenskap en die gemeenskap is ontevrede oor die tik (dwelm) wat aan onse kinders verkoop word.

“Onse meisiekinders word ook deur die buitelanders mishandel.” Bosman het ook gesê hier is groot ontevredenheid en woede weens buitelanders wat dwelms aan kinders van al die gemeenskappe hier verkoop. Ná hul vrylating gister het die drie leiers met Limikatso Koloi, burgemeester van die //Khara Hais-munisipaliteit, brig. Paul Cengcane, gebiedsbevelvoerder van die polisie, en kol. Gerhard Smit, hoof van die Rosedale-polisiekantoor, vergader. Die drie mans moet weer op 22 Februarie in die hof verskyn.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Tussenverkiesing se dag nog onseker André Botha OF en wanneer ’n tussenverkiesing wel in wyk 3 in die !Kheis-munisipaliteit gehou sal word, sal eers later duidelik wees. Die tussenverkiesing wat vir 6 Maart beplan is, is te midde van ’n politieke drama in die munisipaliteit eers gekanselleer. Dit was nadat die munisipale bestuurder die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) eers in kennis gestel het Paul Vries is nie meer lid van die ANC en daarom ook nie meer ’n raadslid nie, en toe weer laat weet het Vries is steeds ’n raadslid. Elkin Topkin, bestuurder vir verkiesingsake van die OVK, sê as daar weer ’n vakature in wyk 3 ontstaan (sou Vries as raadslid bedank of opnuut deur die ANC geskors word), het die munisipale bestuurder sewe dae tyd om die OVK daaroor in te lig. ’n Aankondiging daaroor moet dan in die Staatskoerant (wat Vrydae verskyn) gedoen word. As dit nie betyds vir die komende Vrydag is nie, kan die tussenverkiesing nie op 6 Maart gehou word nie. Dit sal dan waarskynlik in April

wees. Na verneem word, is die provinsiale ANC en die ANC op streekvlak in die !Kheis-gebied oorhoeks oor Vries se skorsing as ANC-lid. Vries is deur die streek geskors, glo tot die ontsteltenis van die provinsiale bestuur. Vrydag se heftige ontkenning deur die ANC dat Vries geskors is en dat daar wel ’n tussenverkiesing sou wees, is ’n klaarblyklike poging om skadebeheer toe te pas. ’n Nederlaag vir die ANC teen Vries as onafhanklike kandidaat sal ’n verpletterende slag vir hom wees. Dit sal dan die vyfde munisipaliteit in die provinsie word wat onder opposisiebeheer is. Karen de Kock, DA-wetgewerlid, het gister gesê sy is vol vertroue dat Vries ’n tussenverkiesing met opposisiesteun sal wen. In 2011 se munisipale verkiesing het Vries as ANCkandidaat met 51% van die stemme gewen. Dit is wyk 3, wat grootliks uit Groblershoop bestaan. Wen Vries, swaai die beheer oor die munisipaliteit na die opposisie. Die ANC het vier setels (met Vries ingesluit), Cope twee en die DA een.

Drama duur voort André Botha ’n ANC-RAADSLID wat geskors is en toe nie meer geskors is nie, ’n tussenverkiesing wat op die nippertjie nie meer gaan plaasvind nie, of dalk wel, en ’n burgemeester wat vir ’n dag geregeer het, toe sy amp kwyt was, en nou weer burgemeester is. Dit is alles deel van die politieke drama wat in die !Kheis-munisipaliteit (Groblershoop) ontvou sedert Paul Vries, ANC-raadslid, glo deur kollegas in ’n kantoor toegesluit is. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moes verlede Vrydag alle reëlings vir die tussenverkiesing op 6 Maart staak nadat hy deur die munisipale bestuurder ingelig is die tussenverkiesing is nie meer nodig nie. Alles was reeds gereed om die naweek kiesers te registreer.

DIE drama rondom Paul Vries, ANC-raadslid in die !Kheis-munisipaliteit (Groblershoop), het só verloop:

4 Oktober 2012:

23 November 2012:

19/38

18/39

NW­20

NW­25

W­15

kiesingsake van die OVK, het gister bevestig ’n brief is op 14 Desember van die munisipale bestuurder ontvang waarin aangedui is ’n vakature het in Vries se wyk ontstaan. Donderdag is ’n brief van die munisipale bestuurder ontvang om te sê daar is nie meer ’n vakature nie en ’n tussenverkiesing is nie meer nodig nie. Topkin het gesê alles was gereed vir die tussenverkiesing toe die munisipale bestuurder se brief Donderdag ontvang is. Kiesers sou die naweek geregistreer word. Karen de Kock, DA-wetgewerlid, het gesê die opposisie gaan voort om stemme te werf. “Die ANC speel vir tyd. Hulle kan nie bekostig om die munisipaliteit te verloor nie. Ons gaan nie nou terugsit nie.” Die opposisie sal met Vries as burgemeester saamwerk.

Só het die Vries-saak verloop

Vries word glo in die burgemeesterskantoor “aangehou”, omdat hy geweier het om vir die ANC se kandidaat vir die pos van munisipale bestuurder te stem. In sy afwesigheid gebruik die burgemeester sy beslissende stem om die aanstelling goed te keur. Die opposisie stem daarteen.

19/40

Die ANC het bolmakiesie geslaan oor of Vries geskors is of nie en gesê daar was nooit sprake van ’n tussenverkiesing nie. Dít twee dae nadat die party aangedui het ’n proses is aan die gang om ’n kandidaat vir die tussenverkiesing aan te wys. Die DA het nou die ANC daarvan beskuldig dat hy “probeer tyd koop” omdat hy nie die munisipaliteit wil verloor nie. Alvin Botes, provinsiale adjunksekretaris van die ANC, het in ’n verklaring gesê die ANC het met ’n “mate van geamuseerdheid” kennis geneem dat Cope en die DA beweer dat ’n tussenverkiesing in ’n ANC-wyk gehou gaan word, en ook gesê hy hoop Volksblad en die Diamond Fields Advertiser sal in die toekoms “eers seker maak van hul feite”, veral in die geval. Elkin Topkin, bestuurder vir ver-

Die hooggeregshof in Kimberley beslis die aanstelling van die munisipale bestuurder sal op 7 Maart hersien word nadat Vries saam met die drie opposisielede ’n aansoek hiervoor ingedien het.

14 Desember 2012:

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) word skriftelik deur die munisipale bestuurder ingelig dat ’n vakature in wyk 3 (Vries se wyk) ontstaan het. Die OVK bepaal 6 Maart as die datum vir die tussenverkiesing.

16 Januarie 2013:

twis. Sowel die DA as Cope sê hul steun aan hom toe.

30 Januarie 2013:

Parker sê by navraag bepaalde prosesse moet deur die ANC-tak in die wyk gevolg word om ’n kandidaat aan te wys. Dié prosesse is nog aan die gang.

31 Januarie 2013:

Vries word in die afwesigheid van die drie ANC-raadslede met die steun van die opposisie tot burgemeester verkies.

Die munisipale bestuurder stel die OVK in kennis dat hy sy vorige brief terugtrek en dat ’n tussenverkiesing nie meer nodig is nie.

Gail Parker, ANC-woordvoerder, sê die vergadering was nie geldig nie, omdat Vries deur die ANC geskors is. Hy is daarom nie meer ’n raadslid nie. Vries kondig aan dat hy die tussenverkiesing as ’n onafhanklike kandidaat gaan be-

Alvin Botes, provinsiale adjunk-sekretaris van die ANC, ontken dat daar ooit enige sprake van ’n tussenverkiesing was. Hy sê Vries is ’n ANC-lid met aansien en sal nooit daartoe instem om die ANC te verraai nie.

17 Januarie 2013:

1 Februarie 2013:


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Welkom geheet Annerie Louw DIE tradisionele Mnr. en Mej. Groentjie-geselligheid van die Hoërskool Wrenchville het verlede Vrydag in die gemeenskapsaal op Wrenchville plaasgevind. Die doel van die jaarlikse geselligheid is om die nuwe gr. 8-leerlinge welkom te heet. Dit word deur die gr. 12-leerlinge en die onderwysers gereël. Die Groentjies het met sang en dans die ge-

3

Besoek Oog ter viering van Wêreldvleilanddag

hoor vermaak waarna die hoofnommer van die aand, ’n modeparade, plaasgevind het. “Goeie ondersteuning van die ouergemeenskap het van die verrigtinge ’n groot sukses gemaak,” sê die mediawoordvoerder van die skool, LV Ludick. Mnr. Persoonlikheid is deur Renaldo Pietersen gewen en Mej. Persoonlikheid deur Omphile Seretse. Elvericha Tsikwe was Mej. Fotogenies.

LES ABRAHAMS (regs), direkteur: omgewingsbemagtigingsdienste, en Bianca Botes, per­ soonlike assistent vir die hoof van die departement van omgewing­ en natuurbewaring van Kimberley, het Die Oog op Kuruman vir die viering van Wêreldvleilanddag (World Wetlands Day) besigtig. Foto: Annerie Louw

VAN links is, voor: Lochencia van Wyk (eerste prinses), Khilwe Motlhabane (Mej. Groentjie) en Micheala Strauss (tweede prinses); agter: Remofilwe Segopolo (naaswenner), Ayanda Jo­ nathan (Mnr. Groentjie) en Tlotlo Saul (derde plek). Foto: Verskaf

Maak onderneming sigbaar Annerie Louw KURUMAN, Kathu en Daniëlskuil is drie van die 22 dorpe wat dié week en volgende week deur die Noord-Kaapse Toerisme-agentskap besoek gaan word om gastehuise en ander toerisme-ondernemings se besonderhede na te gaan. Die doel is om alle inligting oor besienswaardighede op die Noord-Kaapse toerismewebwerf by te werk. Ondernemings word genooi om afsprake met die agentskap te maak.

“Bring asseblief soveel moontlik inligting, brosjures en drie hoëgehaltefoto’s saam,” sê Dianna Martin, bemarkingsbestuurder. “Produkeienaars kan hulle reeds vir hul eie gratis bladsy op ons webwerf by www.experiencenortherncape.com registreer. Daar is verskeie kategorieë: verblyf, motorhuur, konferensiesentrums, private en ander wildreservate, restaurante en toeroperateurs,” sê sy. Die toerplan is op die webwerf en belangstellendes kan bel om ’n afspraak te maak of hulle by http://tourismblueprint.co.za/ncta_new/ users/ registreer en ’n vorm invul.

Soek na liefdevolle huise

HIERDIE hondjie by die Dieresorgvereni­ ging op Kuruman soek ’n huis. Bel vir Ro­ nel de Bruyn by 073­256­2059. Foto’s: Sonja Grobler

DIE hondjie is gereed vir aanneming. Bel vir Ronel de Bruyn van die Dieresorgver­ eniging op Kuruman by 073­256­2059.

DIE kindersaal van die Kuruman­ Provinsiale Hospitaal het ’n skenking van die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) ontvang. Die skenking sluit gordyne, lakens en kussingslope ter waarde van R3 000 in. Van links is, voor: Janine Harmse en Althea van Wyk; agter: Virginia Mokhothu (eenheidbestuurder), Stafford Slambert (heeltydse vakbondverteenwoordiger), Priscilla Molema­Diemang (verpleegdiensbestuurder), Michael Brink (DA­raadslid), Rejoice Kelokilwe (assistentverpleegster) en Elma Canovi. Foto: Annerie Louw


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Onderwysers verdien lof DIE onderwysstelsel in Suid-Afrika is in ’n warboel. Die aantal kere dat negatiewe berigte in die media oor probleme in die onderwys geplubliseer is, is seker teen dié tyd oneindig. Daar was verlede jaar ’n erge krisis rondom handboeklewering. Dit is nou al Februarie en weer is daar skole wat slegs ’n gedeelte van hul handboeke ontvang het. Sedert 1994 gaan Suid-Afrikaanse skoolkinders al deur die derde kurrikulumverandering en mor ouers kliphard oor die skooltake, huiswerk en vreemde vakke waaraan hul kinders blootgestel word. Selfs die groot styging in die matriekslaagsyfers word as verdag beskou en as sub-standaard afgemaak, want mense glo vas standaarde is verlaag om dié syfers op te stoot. Te midde van al die negatiwiteit, klagtes en werklading is daar nog duisende onderwysers wat ’n wesenlike verskil in duisende kinders se lewe maak. As ouers is ons nie altyd bewus van die ure wat ongesiens ingesit word om kinders persoonlik te leer

ken, hul probleme te probeer verstaan, hulle maniere te leer en nog boonop te leer lees, skryf en somme maak nie. Rian van der Vyver, skoolhoof aan die Hoërskool Duineveld wat die vierde keer as topskool in die Noord-Kaap aangewys is, het gesê sy onderwysers gee vir meer as net die akademiese prestasies van die kinders om. Dit is die algemene neiging by skole wat goed doen, waar die kinders sukses behaal en waar jaarliks gesonde slaagsyfers behaal word. Maar hoe lank gaan onderwysers bly omgee en steeds meer gee as wat van hulle verwag word as ouers, kinders en die media hulle gereeld afkraak en sleg sê? Ouers kraak deesdae so maklik onderwysers voor hul kinders af en sien nie die spesiale moeite raak wat die onderwyser vir sy of haar kind doen nie. Thomas Basson, speaker van die //Khara Hais, het op ’n onlangse raadsvergadering gesê raadslede het die ondankbaarste werk. Nee, onderwysers het en dit moet verander.

Selfbehoud pas nie by die Christen nie André de Villiers ROM. 12:1: Gee jouself as ’n lewende offer wat vir God aanneemlik is. As sommige mense bid “Bewaar my, o God” bedoel hulle eintlik “preserveer my”. Om kos te preserveer is om dit tot die vervaldatum op die verpakking vars te hou. Sommige mense wil hê die Here moet dieselfde met hulle doen. Hy moet hulle ongebruik en ongetoets die lewe deur laat gaan. Hulle moet ongeskonde by Hom aankom wanneer hul aardse rakleeftyd verstryk het. Die eerste Christene was nooit in die geestelike preserveringsbedryf nie. Neem maar vir Paulus. Toe ’n profeet genaamd Agabus in Handelinge 21 aankondig dat hy in Jerusalem gevange geneem gaan word, het Paulus se helpers besluit hy moenie soontoe gaan nie. Paulus het dadelik geantwoord dat hulle hom nie met hul trane sag moet maak nie. Hy was nie net bereid om gevange geneem te word ter wille van die evangelie wat hy verkondig het nie, maar om ook hiervoor te sterf. Paulus het verkies dat die Here hom kan “opgebruik”. Dit het nooit oor selfbehoud gegaan nie. Hy wou nie sy lewe deurbring deur heeltyd net te dreig dat hy nog eendag groot dinge vir die Here gaan doen nie. Hy het dit sommer elke dag gedoen. Hy wou ook nie gedurig hoor hy het potensiaal in die Here se diens nie. Teen slaaptyd het hy sy daaglikse porsie potensiaal tot eer van

die Here opgebruik. Baie mense plaas Sondae in die kerk “alles” op die altaar vir die Here. Ons teken die beheer oor ons lewe aan God af in al wat ’n aanbiddingslied is, net om dit haastig terug te vat as ons in die “normale” lewe aanland. George L Fox het begryp wat dit beteken dat die Here hom kan opgebruik. Hy was ’n kapelaan aan boord van die USAT Dorchester toe ’n torpedo van ’n Duitse U-boot dit op 3 Februarie 1943 getref het. Matrose het in die see gespring en met reddingsbootjies probeer vlug. Toe kom vertel een van die soldate vir Fox hy het nie ’n reddingsbaadjie nie. Net daar gee Fox toe syne vir die soldaat. Die drie ander kapelane het Fox se voorbeeld gevolg. Terwyl matrose van die skip weggeswem het, het die oorlewendes gehoor hoe die vier kapelane sing en hardop vir die veiligheid van die soldate in die see bid. Self het hulle geen kans gehad sonder hul reddingsbaadjies nie. Jesus se woorde dat daar geen groter liefde is as wanneer mense hul lewe vir ander aflê nie, kry in sulke tye nuwe betekenis. Navolging van Christus gaan oor die onselfsugtige weggee van jouself aan Hom en ander, nie oor selfbehoud nie. (Ds. André de Villiers is leraar aan die NG kerk op Kathu.)

’n JANFISKAALKUIKEN wat net uit die nes geskop is

Dankie vir die flinke optrede A. ESTERHUIZEN, Wrenchville: MET die groot aantal inbrake in Suid-Afrika het ons gedink nog ’n huisbraak hier op Kuruman sal net nog ’n statistiek bly. Op Dinsdag 29 Januarie is by ons huis in Wrenchville, Kuruman, ingebreek. Met die flinke optrede van raadslid Michael Brink, die Wrenchvillepolisie, ’n lid van die Kuruman-polisie se honde-eenheid en lede van die gemeenskap van Wrenchville het dit verander. Die verdagtes, drie minderjariges, is aangekeer en in hegtenis geneem. Ons wil ons opregte dank betuig aan almal se flinke optrede en onbaatsugtige diens. As dit nie vir hulle was nie, was die saak nooit opgelos nie. Ons het mense soos hulle nodig om ’n verskil te maak in die land waar misdaad en korrupsie hoogty vier.

Red Mier se munisipaliteit MERIS KOCKS, Mier: OOR die jare heen al staan die Mier-munisipaliteitbestuur onder ’n wolk van swak dienslewering,

wanadministrasie, slegte skuld, talle hofsake, negatiewe ouditverslae, negatiewe publisiteit in die media en arrogansie. Ek as belastingbetaler is nou moeg vir die Mier-munisipaliteit se onvermoë om van sy kerntake op ’n volhoubare grondslag te lewer. In Januarie 2013 was daar geen vullisverwydering in die Rietfontein-gemeenskappe nie en inwoners en instansies moes maar self ’n plan maak. Weer begroet ’n jammerlike kennisgewing die inwoners dat die vullisvragmotor stukkend is, maar geen alternatiewe plan word gestel nie. Ek moes weer by ’n vriend ’n bakkie leen om my huishouding se vullis te verwyder. Ander keuses wat inwoners het in dié verband is om die vullis te verbrand of om dit in die gemeenskap te stort. Aan die einde van die maand gaan van jou verwag word om die heffing vir vullisverwydering volledig te betaal. Geen wonder nie die inwoners is so traag om vir dienste te betaal. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie daadwerklike ingryping was nie; dít nadat die Mier-munisipaliteit se onvermoë om dienste aan die inwoners te

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé

. Foto: Chris Vermeulen

lewer uitgewys is en ook dat dié instansie nie oor die regte personeel beskik nie (Volksblad 22/8/2005). In stilte wonder ek hoe die komende hofsake waarin die munisipaliteit betrokke is dienslewering verder gaan beïnvloed en hoe die moontlike optrede van die nasionale tesourie die instansie en gebied gaan beïnvloed. Verder is dit net onverklaarbaar waarom wetgewing nog in Suid-Afrika bestaan, maar so futiel is dat dit geen doel dien nie. Met verwysing na Wet 32 van 2000 is dit duidelik hoe met munisipaliteite gehandel moet word wat onderpresteer en waar wanadministrasie hoogty vier. Dit sal gewaardeer word indien die Siyanda-distriksmunisipaliteit, wat ’n oorhoofse taak in die provinsie het, kan aandui hoe hy die Mier-munisipaliteit nou in die chaos gaan ondersteun. Dit word ook onder die moeilike omstandighede verwag dat die Mier-munisipaliteit of Siyanda-distriksmunisipaliteit die ordentlikheid sal hê om met die Mier-belastingbetalers en -inwoners in gesprek te tree om die gerugte en swak dienslewering te verduidelik. Projek Konsolideer het klaaglik misluk. Sal dit die redding van die plaaslike munisipaliteit wees as dit onder administrasie geplaas word?

Foto:

Ware liefde is wanneer sy woorde verlange stil Annerie Louw IEMAND vra my mening oor ware liefde. Die vraag spesifiek aan my is seker geoorloof, aangesien ek darem al lank genoeg in die land van die lewendes is. Sonder om Kahlil Gibran se antwoord oor die liefde te gaan naslaan, het dit my aan die dink gesit. (Die boekie van Gibran was destyds ’n geskenk van Dierbaarste aan my voordat hy grens toe is). Toe

maak ek solank ’n paar aantekeninge in my kop oor die liefde. Ek weet die vraag gaan oor Valentynsdag waaroor vroue kweel en mans geïrriteerd mor, want hulle moet nou, ná soveel jare van saamwees, iets romanties uitdink. Aan die een kant wil ek saam met die mans stem dat so ’n gedwonge romantiese stap nie aan my verkoop nie, maar aan die ander kant het die dag beslis meriete. As ’n mens nie

soms tot stilstand geroep word oor die liefde nie, gaan jy nooit daaroor nadink nie. Ook, as ’n mens nie soms daaraan herinner word dat jy en jou dierbaarste mekaar sigbaar en met woorde moet waardeer nie, sal julle dit nie weet nie en ’n groot vaalte sal

oor jul verhouding kom. So sit ek en Dierbaarste gisteraand laat op die koel stoep buite die huis en gesels terwyl die kinders inpak. Hulle gaan vandag ná ’n lekker lang kuier terug Amsterdam toe. Ons het al so deurmekaar begin leef dat ek wonder watter goed is myne en watter Mooiste s’n. ’n Groot hartseer oorval my, want Belangrikste het in dié tyd so deel van ons lewe geword – ek gaan baie

na haar stemmetjie en haar warm lyfie op my skoot verlang. Wat my toe troos is die antwoord op die wareliefde-vraag: Gelukkig het ek en Dierbaarste mekaar nog. Elke keer wanneer een van die kinders kom kuier, is dit maar hartseer wanneer hulle ry. Ware liefde is wanneer al die kinders uit die huis uit is en jy nog so baie dinge het om vir mekaar te sê dat dit die plek van die groot verlang na die kinders kan vul.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

5

Pittige strokies uit Cronjé se pen Lizette Slabber ’n LEKKERLAG-STROKIESPRENT oor Meester en sy leerling, Neelsie, wat week na week sy hare laat rys, verskyn van die begin van 2013 af in die Kalahari Bulletin. Neelsie, Meester en al hul vriende en familie is geskep deur Danie Cronjé, ’n wiskunde-onderwyser wat al die tipiese skoolinsidente in dié strokiesbeeld lewe gee. Die Kalahari Bulletin het by hom gaan hoor waar Meester en Neelsie vandaan kom. Vertel ons ’n bietjie van jou. Wat doen jy en wanneer het jy strokiesprente begin teken? Ek het op Heilbron grootgeword en het op laerskool begin om strokiesprente en spotprente van die onderwysers te teken. Ek wou graag ’n spotprenttekenaar word en Volksblad het my ’n beurs aangebied voordat ek Kovsies toe is. Ek was egter op daardie tydstip besig met grensdiens in die Caprivi toe Volksblad my laat weet het ek moes dadelik antwoord of ek die beurs aanvaar of nie. My peloton se offisier wou my nie help om ’n telegram te stuur nie en ek het toe die beurs verbeur. Ek het hierna onderwys gestudeer en is al die afgelope 34 jaar ’n wiskunde-onderwyser. Daarom handel ’n groot aantal strokies oor wiskunde. Watter tydskrifte of koerante het al van jou werk gepubliseer? Ek was baie opgewonde

toe Huisgenoot een van my strokies gepubliseer het toe ek 12 jaar oud was. Ek het egter menigmaal die teleurstelling beleef dat my strokies afgekeur is. Ek het op universiteit vir die joolblad en die studentekoerant geteken. Aan die begin van my onderwysloopbaan het Volksblad begin om van my strokies te plaas, waarop ek baie trots was. Beeld het my ook later genader om die strokies te plaas, maar omdat dit toe nog nie in kleur was nie, het dit nooit die drukkers gehaal nie. ’n Nederlandse tydskrif het ook eenmalig ’n paar daarvan geplaas en ’n paar uitgewers gebruik dit vanjaar in skoolhandboeke. Waar kom die liefde vir strokiesprente vandaan? Ek het op laerskool gereeld die tydskrif Jongspan gelees en was gek na die Tarzan- en Rakkertjie Rob-strokiesprente. Ek het Tarzan gereeld oorgeteken. Ek was ook versot op strokiesverhaalboeke en het baie van die karakters oorgeteken. My ouers was nie mal oor die strokiesverhaalboeke nie en het toegesien dat ek slegs dié lees wat hul goedkeuring wegdra . Ek is nie spyt daaroor nie, want vandag nog is ek as beginselsaak daarop gesteld dat my strokiesprente skoon humor moet wees. Dis een manier om my dankbaarheid vir my talent te toon. Waar kry jy die idees vir Meester vandaan? Aanvanklik het ek self die

grappies uitgedink, maar die Meester-strokies het eers begin gewild raak toe ek werklike insidente wat in die klaskamer gebeur het, begin gebruik het. Dit maak eintlik sin, want dis egte humor. Is jou karakters op regte mense gegrond? Dis moeilik om dit te beantwoord. Op ’n spontane manier het al die werklike sêgoed en insidente gekulmineer in een karakter, dié van Neelsie. Elke nuwe insident pas presies by sy karakter in. Hy is daardie skoolseun wat versot is op sport(s), stokkiesdraai, so min as moontlik huiswerk doen, vir wie wiskunde ’n nagmerrie is en wat ’n swakheid vir bikini-meisies het. En sy sterk punt is sy droë opmerkings wat wys hy is eintlik baie skerp. Die karakter van Meester moes eintlik “aanpas” by Neelsie, want omdat Neelsie so ’n droogmaker is, verloor Meester gereeld sy humeur en gil hy baie op hom. Watter strokiesprentkarakter lê jou die naaste aan die hart? Hoekom is die karakter vir jou so spesiaal? Ek probeer altyd tyd maak om Stoffel (Garfield) te lees. Sy karakter is in ’n sekere mate soos Neelsie s’n, want sy droë opmerkings slaan gereeld vir Jon met ’n plank. Soms kry ek nogal ’n idee vir my strokies by Garfield wat ek na ’n klaskamersituasie kan omskakel. . MEESTER verskyn elke week op bl. 4 van die Kalahari Bulletin.

DANIE CRONJE besig om Neelsie en Meester te skep.

Skets: verskaf

Building, Painting or DIY - with

Cashbuild QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE

195 stores and expanding throughout southern Africa CEMENT

you can!

www.cashbuild.co.za

PAINT

Big savings for Big spenders

DURAM WHITE ACRYLIC PVA White

Spend R90 000 over six months* and you qualify for a Cashbuild VIC card. Apply now at your nearest store and start saving!

5 Litres

SKU: 301223

20 Litres

SKU: 301224

169.95 529.95

DURAM ROOFKOTE

Red

5 Litres

SKU: 301362

20 Litres

SKU: 301363

179.95 684.95

* terms and conditions apply

www.cashbuild.co.za www.cashbuild.co.za MELODY PVA White

SKU: 301331

20 Litres

SKU: 300002

44.95 154.95

DEPENDABLE QUALITY FROM TRUSTED BRANDS CASHBUILD GUARANTEES LOWEST PRICES ON CEMENT! Check your local store for price and brands available.

White

5 Litres

SKU: 5002

20 Litres

SKU: 5001

67.95 204.95

FREE LOCAL DELIVERY

Handling fee applies to bricks and cement. Enquire in-store for details.

For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453) THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 24 FEBRUARY 2013

CHAMPION EXTRA THICK PVA

5 Litres

55652 WK32 REDWORKS

Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. RSA

E & O E. All prices include 14% VAT


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

DIE Griekwa­span van 1979 wat in die Curriebeker­halfeindstryd teen die WP gespeel het. Feitlik die hele span het uit Ammosal­spelers bestaan. Dié foto hang in die klubhuis se kroeg. Tweede van regs in die voorste ry is Gert Schutte. André Gerber is tweede van regs in die middelste ry. Vierde van links in die agterste ry is Gawie Visagie, die oud­Springbok Piet Visagie se jonger broer.

Jumbo die hartklop van klub André Botha JUMBO HARRIS se stoel staan nog gereed in die hoek van die reuse-kroeg van die Ammosalontspanningsklub by die Beeshoek-myn naby Postmasburg, die plek waar hy altyd gesit het ná een van Ammosal se groot rugbywedstryde. Maar die rugbyveld waar selfs Springbokke gespeel het, is nie meer bruikbaar nie. Op die einste plek waar menige beweging afgerond is met ’n drie, loop nou ’n mynpad. Maar die paviljoen staan steeds, die kleedkamers onberispelik skoon, asof gereed vir Saterdag se groot wedstryd. Harris sou trots gewees het. Dit was onder sy leiding dat die rugbyklub uitgebou is.

Die klubterrein is een van die slagoffers van die enorme mynuitbreidings in die omgewing. In die sierlike klubgebou se saal en die groot kroeg is ’n versameling rugby-aandenkings – ’n ode aan Suid-Afrikaanse, maar ook en veral Griekwa-rugby. Want Ammosal is sonder twyfel die rugbyklub wat oor dekades heen die grootste bydrae tot Griekwas gelewer het. In sy gloriejare was daar dikwels tot 13 Ammosal-spelers in Griekwa-truie op die veld. En drie Springbokke, al drie lede van die legendariese Griekwa-span wat in 1970 die Curriebeker verower het: Piet Visagie, Piet van Deventer en Joggie Viljoen. Visagie se jonger broer, Gawie, het later ook vir Ammosal en Griekwas gespeel. Ná die glorie van 1970 het die

DIE kroeg van die Ammosal­klubgebou by die Beeshoek­ myn is vol rugby­aandenkings, ’n klein rugbymuseum. Foto’s: Emile Hendricks

Griekwas deur ’n vlakte gegaan, maar in 1979 het Ammosal ’n enorme rol gespeel om Griekwa-rugby te laat herleef. Daardie jaar het die Griekwas weer Curriebeker-rugby gespeel ná jare in die destydse Sport Pienaar-bekerreeks en toe sommer ook die halfeindstryd teen die Westelike Provinsie. Met ’n span wat feitlik geheel en al uit Ammosal-spelers bestaan het. André Gerber, een van die uitblinkers van daardie jare, vertel die spelers het groot opofferings gemaak. Om in Kimberley te gaan oefen was ’n rit van 400 km heen en weer. “Al ons Griekwa-wedstryde was eintlik vir ons wegwedstryde. Dit was ’n groot voorreg om vir Ammosal te speel. “Ons het skitterende afrigters gehad, Calvyn Fourie, en ná hom Gert Schutte (wat ook die Griekwas afge-

rig het).” Ammosal het in 1978 en 1980 aan die nasionale klubkampioenskap deelgeneem. Sterk klubs het op Ammosal se veld teen die klub kom speel. Hulle is op die myn se koste aangery en weer teruggevat. Gerber, destyds die myn se bestuurder vir sport en ontspanning, beklemtoon dat ’n verkeerde indruk bestaan dat die klub spelers “gekoop” het. “Die spelers is nie betaal om rugby te speel nie, hulle het vir die myn gewerk. Gratis huisvesting en bonustjeks, net soos vir die ander werknemers, het hulle gelok.” Die Curriebeker-halfeindstryd van 1979, met feitlik ’n volle Ammosal-span, is een van sy herinneringe. “Dit was ’n wedstryd wat ons moes gewen het,” sê hy. Die Griekwas het die WP daardie dag harde

’n GEDEELTE van Ammosal se rugbyveld moes reeds plek maak vir mynbedrywighede.

bene laat kou en was teen rustyd met 15-3 voor. Maar die eindtelling was 20-15. Schutte sê wat dit besonders gemaak het om vir Ammosal te speel was die rugbykultuur en atmosfeer wat Harris geskep het. Hy het van 1972 tot 1978 vir Ammosal gespeel en ook vir die Griekwas. Van 1979 af tot in die 1980’s het hy albei spanne afgerig. Hy bestempel die 1979-span as een van die beste spanne van sowel die Griekwas as Ammosal. ) Die rugbyklub is nou die Postmasburg-rugbyklub. ’n Reünie vir oudspelers word die naweek van 21 en 22 September by die klub gehou. Oudspelers kan Gerber by 073636-4763 of andregerber.ang@vodamail.co.za kontak.

KOL. JUMBO HARRIS se naam leef voort by die Ammosal­klub, lank ná sy dood. Dit was onder sy leiding, terwyl hy mynbestuur­ der was, dat Ammosal uitgebou is tot waar dit in ’n stadium een van die sterkste rugbyklubs en hoofvoedingsbron vir die Grie­ kwas was.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

FOKUS OP VALENTYNSDAG

Long-lasting plants remind you of love “FEBRUARY is the month when we unleash our inner romantic and shower loving gifts on that someone special in our lives,” says Candice Neethling, Roots SA. It’s a time to indulge in candle-lit trysts, schmaltzy verse and beribboned offerings of red, red roses. Living gifts are the perfect way to celebrate lasting love and a red rose bush will continue to give pleasure for many Valentine’s Days to come. Visit your closest accredited garden centre to browse through the variety of other plants such as Salvia splendens, Phormium tenax and some of the proteas that flower in many hot-blooded, shades of red at this time of year. Leafy plants, like Cordyline australis, Cordyline banksii, and Solenostemon coleus

Maak Valentynsdag maklik spesiaal Lynn-Mari Olivier

with their amazing purple and red patterned foliage make long-lasting plants for your love to keep nearby as a constant reminder of your devotion. Indoor beauties like amaryllis and anthurium are also sure winners, every time, no exceptions. For more information on bringing life to your garden visit the website www.lifeisagarden.co.za or join the conversation on the facebook page: www.facebook.com/lifeisagardensa.

DO you love me or do you not? You told me once, but I forgot. Dit is die maand van die liefde, harte pomp weer “tjoklits” en Kupido staan reg met sy pyl en boog, gereed om sy pyltjies te skiet. Intussen bly die ideale geskenk ’n raaisel en ’n maalkolk van idees vreet jou van binne af op. Moenie verder bekommerd wees nie, want ons het ’n paar idees. Hoewel blomme en sjokolade altyd ’n wenner is, sal jy haar beïndruk as jy haar dié jaar met iets meer persoonliks bederf. Die perfekte geskenk vir haar sal afhang van haar persoonlikheid en voorkeure. Vir die tuis-foendi sal jy die ideale geskenk op www.yuppiechef.co.za vind. Die webtuiste het alles waaroor die tuisfoendi sal droom. Silikon-eierposjeerhouertjies is moet-hê

artikels en is boonop bekostigbaar. Vir die sportfanatikus het ons gedink aan ’n pedometer. Die pedometer is ’n klein, elektroniese toestel wat ’n mens se treë afmeet met elke beweging wat die heupe maak. Die produk se pryse wissel, maar is ook baie bekostigbaar. Dié dag sal op geen stadium perfek en afgerond wees sonder die veelbesproke romanse nie. Mans, steek nou jul trots in jul sakke en dek die romantiesste tafel nog. Dit hoef jou nie ’n plaas se geld te kos nie; gebruik artikels in die huis. ’n Kleurryke tafel is hoogmode. Stook die vlam van die liefde met kleurryke eetgerei en servette, gekleurde blomme en wynglase. Nog ’n oulike idee is om verskillende soorte harte aan jou voorhek vas te maak; of hang dit aan ’n boom. Sit ’n liefdesnota daaraan. Vroue, voordat julle dink die dag gaan

’n TAFEL romanties gedek vir Valentynsdag met artikels in die huis. Foto’s: Internet

net oor Skoonlief, onthou, Ondier het ook ’n rol in die sprokiesverhaal vertolk. Jou ondier het ook ’n sagte plekkie, hoewel die plekkie by sommige mans nie sommer op die oppervlak te siene is nie. Geskenke vir hom wat by sy persoonlikheid sal pas, sal jou ewigdurende liefde aan hom bewys. Hier volg ’n paar idees vir julle. Vir die man in die kombuis het ons op www.yuppiechef.co.za ’n muurgemonteerde botteloopmaker gevind. Die geskenk is besonder bekostigbaar en sal hom baie plesier verskaf. Vir die sportfanatikus het ons op www.gmsports.co.za ’n kompakte gimnasuimsak gevind. Die sak is ideaal vir slegs die nodigste. Omdat die meeste Skoonliefies reeds redelik behendig in die kombuis is, het hulle geen instruksies nodig oor hoe om ’n mooi tafel te dek nie. Sou jy in die kategorie val van nie so behendig in die kombuis nie is ons enigste raad dat julle maar ’n vleisie op die kole sal gooi en ’n koue bier sal aandra.

VIR die korporatiewe man het ons op www.meekel.co.za ’n Ipad­sakkie gekry wat van breistof gemaak is. Die sakkie lyk nie net professioneel nie, maar is ook sag op die oog.

VIR die glinstermeisie het ons op www.mee­ kel.co.za die allermooiste turkoois oorbelle uitgesnuffel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

9

‘Ons’ boerbok wêreldwyd gesog Lizette Slabber WIE sou kon raai dat Kalahari-boere met ’n produk boer wat ’n groter uitvoerproduk as Charlize Theron en Oscar Pistorius saam is, en waarvoor die respek en waardering daagliks styg?

Dié produk word voorgesit in top-restaurante in New York en Londen en kan selfs in Harrod’s, die bekende winkel in Londen, gekoop word. En nee, daar word nie nou na die wyne van ons sondeurdrenkte Groen Kalahari verwys nie, maar na die geharde, pragtige ou boer-

bok. Dié bok, wat in die vroeë 1900’s in SuidAfrika geteel is en uiters geskik vir dié harde wêreld is, oorrompel die wêreld. Die American Boer Goat Association beskryf homself op sy webtuiste as die grootste boerbokvereniging ter wêreld met ’n ledetal van oor die 7 000 per jaar. Hulle registreer jaarliks 45 000 bokke en die algehele boerbokvleismark word op tussen 150 miljoen en 400 miljoen dollar per jaar gereken. Hulle gee selfs elke twee maande ’n tydskrif, The Boer Goat, uit. Volgens dié webtuiste is “boer the Dutch name for farmer”. Maar dit is nie net die Amerikaners wat die waarde van die boerbok erken nie. Volgens die Boer Goat Profit Guide is boerbok-embrio’s uit Suid-Afrika na Nieu-Seeland gesmokkel. Van daar af het dit, in vandag se terme, “viraal gegaan”. Vandag is die grootste boerbok-lande Amerika, Nieu-Seeland, Australië en SuidoosChina. BOERBOK-EMBRIO’S is in die jare tagtig deur Nieu-Seelandse en Australiese maatskappye via Zimbabwe uit die land gesmokkel. Dít is luidens die webtuiste hoeggerfarmyard.com. Volgens die webtuiste is boerbokke in Suid-Afrika geteel, maar het die wêreldwye verspreiding van die bok vanaf Nieu-Seeland plaasgevind weens dié gesmokkelde embrio’s. Die smokkelaars het glo meer belang gestel daarin om angora-embrio’s uit die land te smokkel en die boerbok-embrio’s was dus net ’n nagedagte. Boerboklammers is in 1994 vir tussen $7 000 en $10 000 in Amerika verkoop. Die hoogste prys wat nog vir ’n uitgegroeide boerbokram in Amerika betaal is, was $80 000.

PASGEBORE en reeds vreeslik oulik.

Foto: Lizette Slabber

DIE geharde en geliefde boerbok, wat so eie aan ons wêreld is, kan Suid­Afrika se grootste uitvoerproduk wees. Foto: Lizette Slabber

DIE eerste Chinese gekloonde boerboklam (die tweede wat nog gekloon is) is in April 2007 in Tianjin gebore. Foto: www.people.com.cn

Daar is ook boerbok-boere in Duitsland, Kanada, Mexiko, Argentinië, Indië en Noorweë. Die Chinese en Amerikaners het selfs al so ver gegaan as om boerbokke te kloon. Megan is op 29 Maart 2001 in Texas gebore en die Chinees gekloonde boerbok is in April 2007 gebore. Reuben Prins, wie se ma in Kanada met boerbokke boer, het in sy skoolmondeling gesê: “Dis nie waar dat boerbokke alles sal eet nie. “Op ’n skou het ’n man ’n sigaret vir een van ons boerbokke aangebied en die bok wou dít nie eet nie.” Volgens Reuben se mondeling op die gesin se webtuiste is boklammetjies pret. Hulle speel nes kinders, hulle spring op alles van hooibale tot hul ma’s se rûe.” So die volgende keer as jy moeg raak vir die Kalahari en ’n bietjie Londen toe gaan, dink hieraan: Harrod’s het in 2010 boerbokvleis wat van die Stoke Mill plaas in Dorset verkry is vir net £19,95 per kg verkoop.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Eienaars kan honde hier kom oplei Lizette Slabber DIE Dierebeskermingsvereniging

(DBV) op Upington bied vanjaar ’n reeks honde-opleidingsklasse aan.

Dié klasse strek oor vier lesse wat op Saterdae van 14:00 af by die Laerskool

Oranje-Noord aangebied sal word. Volgens Sharon Minders, voorsitter van die DBV, word die klasse deur Jaco Arnon aangebied en sal hy mense kan help om hul honde beter te kan hanteer. “Hy volg die bena-

dering van mense oplei sodat hulle hul honde kan oplei,” het Minders gesê. Honde ouer as 16 maande is ideaal vir opleiding, maar Minders sê as jonger honde probleme toon soos om tuinslange of skoene op

te vreet kan dié klasse ook daarvoor help. Enige soort hond is welkom. Die klasse gaan fokus op die aanleer van gehoorsaamheid, uitvoering van opdragte, die beskerming van die eienaar en om aanvalle

veral op kinders te verhoed. Die opleiding word op ’n vriendelike manier gedoen. Dit beteken dat die hond graag sy eienaar wil tevrede stel. Alle honde moet te alle tye ’n halsband

dra. Tien honde sal per les gehanteer word en die kursus kos R100 vir vier klasse. Rig navrae aan Minders by 072-2297392 of stuur ’n e-pos na upingtonspca.chair@gma il.com.

DBV beplan groot aktiwiteite Lizette Slabber DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington beplan ’n reeks opwindende aktiwiteite vir die volgende paar maande. . Op 16 Maart vind ’n DBV-markdag van 10:00 tot 18:00 plaas. Verskeie stalletjies waar heerlike lekkernye en pragtige goed gekoop kan word, sal in Kwessiestraat, af oor die kanaal tot by die ou Heynsboerdery aan die linkerkant, besoek kan word. Daar sal vermaak vir kinders wees en pragtige handgemaakte produkte vir Ma en Pa sal te koop aangebied word. Vir dié wat Saterdae lui is om kos te maak sal daar souse, speserye, ingelegte vrugte, konfyte, brode, braaivleis, kerrie, pasteie, pannekoek, worsbroodjies, spookasem, gemmerbier en nog vele meer wees. Rig algemene navrae aan Mary-Anne Miskey by 082-783-

9472 of Sharon Minders by 072-229-7392. Vir stalletjie-besprekings bel Maritsa van der Merwe by 083-542-0556. . Op 26 Februarie word Nasionale Sterilisasiedag gevier. Die DBV wil alle troeteldiereienaars versoek om op dié dag die verantwoordelikheid te neem en afsprake te maak om hul katte en honde te laat steriliseer. Keer dat ongewenste babakatte en -honde gebore word deur toe te sien dat troeteldiere gesteriliseer word. . Die DBV gaan in Februarie en Maart dip-jou-hond-dae op verskeie plekke in en om Upington aanbied. Saterdag is honde in Morning Glory gedip. Op 16 Februarie kry die honde van Paballelo hul dipbeurt. Op 16 Maart gaan die DBV Louisvaleweg besoek en op 30 Maart word honde in Leseding gedip.

Spog met nog ’n A ENRIKE LE ROUX van die Hoërskool Duineveld het ná die eerste ronde van hernasien ’n A vir lewensoriëntering gekry en sy kan nou met ’n gemiddelde A vir matriek spog. Met die bykomende gemiddelde A spog Duineveld nou met agt gemiddelde A’s vir 2012. Foto: Megan Loots


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

11

Die finaliste van Engo se Vir Ons Kinders­kompetisie waarin een mens ’n nuwe motor kon wen, is van links, voor: René du Plessis (Bloemfon­ tein), Helen Jacobs (Bloemfontein), Karina van Zyl (Upington) en Het­ tie Griessel (Riebeeckstad); agter: Deo Botha (Bloemfontein), Deon Bronkhorst (Imperial GM Bloemfontein, borg), Frank Pitout (Bethle­ hem), Pula van Niekerk (Bethlehem), Jaco Breytenbach (Fouries­ burg), Liné de Villiers (Frontier Inn & Casino, borg), Freddie Higgs (Frontier Inn Dihlabeng Community Trust), Jona Choane, Frikkie Bru­ wer (Blue Chip Loans, borg), Etienne van Niekerk en Mike Kgwathela (Frontier Inn Dihlabeng Community Trust, borg).

Wenner gee kar aan sus Lynda Greyling HAAR suster het belowe indien sy die Chevrolet Spark Lite wen, sou sy die kar vir haar gee. Kort nadat Pula van Niekerk, ’n onderwyser aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem, een van die tien finaliste in Engo se Vir Ons Kinders-kompetisie, die motor gewen het, het sy dit aan haar suster Jannet gegee. Jannet het in trane uitgebars toe Pula vir haar sê die motor is hare. “Pula het haar kaartjie op die Kersiefees gekoop en in Desember gehoor sy is een van die finaliste. Sy het toe al beloof om vir my die motor te gee sou sy wen.” Jannet is sowat twee jaar gelede die tweede keer geskei en moes weer van voor af begin. Haar stokou Toyota Corolla het ook gebreek en het haar R6 000 gekos om te laat regmaak.

Die afgelope twee jaar het die oud-Bethlehemiet geestelik baie gegroei. “Ek het altyd geglo, maar het nou die Here werklik leer ken. Sedertdien is ek ’n ander mens.” Jannet, wat deesdae in Bloemfontein woon, sê sy het die Donderdagaand voor die trekking voor haar klerekas gestaan en kon nie besluit wat om aan te trek nie. Sy het haar hand ingedruk en ’n rok uitgehaal. “Dit is toe die Kersrok wat ek spesiaal gekoop het om Kersfees in Botswana te dra. Vanaand voel soos Kersfees. Ek kan nie vir Pula genoeg dankie sê dat sy die motor vir my gegee het nie.” Pula en drie ander Oos-Vrystaters, Roleen Schwim, Frank Pitout en Jaco Breytenbach, was van die finaliste. Die ander was Jonas Choane, Deo Botha, René du Plessis en Helen Jacobs van Bloemfontein, Hettie Griessel van

Riebeeckstad en Karina van Zyl van Upington. Die tien finaliste het die trekkingsgeleentheid in die Charlotte Theron-kinderen-jeugsorgsentrum op Bethlehem bygewoon. Die Vir Ons Kinders-projek ten bate van die Vrystaat-jeugsorgsentrums, vroeër bekend as die kinderhuise, is vanjaar die vierde keer aangepak. Vanjaar se borge was die Frontier Inn Dihlabeng Community Trust, Imperial GM Bloemfontein, Radio Rosestad en Volksblad Plaaslike Media, waaronder Kalahari Bulletin. Vanjaar is meer as 14 000 kaartjies verkoop. Benewens die motor het die ander finaliste elkeen ’n troosprys ontvang. Met staatsubsidies wat net in sowat 50% van die begrote behoefte voorsien om die meer as 800 kinders in jeugsorgsentrums ’n kans in die lewe te bied is die soort projekte al hoe belangriker.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Polisie soek na pasiënt DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington soek na Fransina Smith (49). Sy het op Vrydag 25 Januarie van haar huis in Louisvaleweg vermis geraak. Sy het van Desember 2012 in Trooibybelstraat, Louisvaleweg, gewoon, maar is oorspronklik van Ritchie. Sy is ’n psigiatriese pasiënt en die vermoede bestaan dat sy

dalk na Ritchie teruggekeer het, maar alle navrae in dié verband was tot dusver onsuksesvol. Sy het glo ’n swartbont kortmourok en tekkies aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Enige persoon wat oor inligting beskik moet die SAPD op Upington by 054-337-3400 of die ondersoekbeampte, sers. Conlee Koopman, by 076-8577-338 bel.

Rasielyers van Oranje­Noord het groot pret DIE rasieleiers van die Laerskool Oranje­Noord se Eland­span is van links Carli Thomas, Marí Slabber, Salomé Tall, Teshané Manuel, Pieter Nel, WH van Staden, Christo Simpson en Jannie Visser. Foto’s: Lizette Slabber

DIE rasieleiers van die Laerskool Oran­ je­Noord se Gems­ bok­span is van links, voor: Chané Ave­ nant, Ané Jonas en An’Mari Liebenberg; middel: Arrie Hu­ man, Eswe de Waal, Derik Human en Zani du Plessis; agter: Benré Engelbrecht en Handré Bruwer.

Wys slag in musiek DIE musiekleerlinge van die Hoërskool Duineveld het baie goed in die Unisa-musiekteorie-eksamen van 2012 gepresteer. Carlo Kuhn het gr. 5 met lof geslaag. Danielle Nel het ook gr. 5 geslaag. Chrisna Opperman en Johanni Victor het albei gr. 4 met lof geslaag. Floris Thirion het gr. 3 met lof geslaag.

VAN links is Chrisna Opperman, Floris Thirion, Danielle Nel, Carlo Kuhn en Johanni Victor. Foto: Megan Loots

Kinders leer om sonslim te wees DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) op Upington het tydens die Hoërskool Upington se kleure-atletiekbyeenkoms pamflette en sonroom uitgedeel om die atlete en toeskouers sonslim te maak. Kansa het met dié sonslim-veldtog gevra dat mense al vroegoggend sonskerm moet aansmeer, ’n sonroom met ’n SPF van minstens 20 moet dra en die sonroom elke twee uur moet heraanwend. Dra daarby ’n beskermende breërandhoed en sonbril.

LIZELLE GOOI (links) en Merinda Esau, twee van Kansa se vrywilli­ gers, het sonroom en pamflette op die Hoërskool Upington se kleure­ atletiekbyeenkoms uitgedeel om mense sonslim te maak. Foto: verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

M.S.F.C. Marshall H.W.J. Pienaar LITTLE MIRACLES DAYCARE/Babies from 3 months to 4 years. R650 monthly. Phone Melanie 073 342 7152.

KLANKOPNAMES ('studio recordings'). Bands, choirs or individuals, contact Barry for a free quotation to record on CD as well as packaging. Ek skakel ou plate/musiekbande oor na CD en video's na CD of DVD. Tel. 071 206 6511. SONKRAGBENODIGDHEDE: Sonpanele, omsetters ('invertors'), reguleerders, sonpompe, waterverwarmers. Alles wat jy nodig het om krag te bespaar. Skakel Jaco 082 893 3624. STRIPPING FORD SAPHIRE GLE 2L. Engine overhauled. New pressure plate. Phone 053 712 1461 Mannie Motors.

2 BEDROOMS, BATHROOM. Open-plan sitting-room and kitchen and open-plan garage in Kathu for R9 500 p.m. Phone Patrick 072 590 8728 or 072 180 7849/Carol 083 287 5101.

In the estate late of Hester Wilhelmina Johanna Pienaar, identity number 471120 0174 082 and surviving spouse Sarel Johannes Pienaar, identity number 460528 5143 089 of 9 O'Donovan Street, Kuruman. Estate number: 1249/2012 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 8 February 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

5-BEDROOM HOUSE to let at R25 000 plus deposit (with contract), excluding water and electricity. Every room has an air-conditioner, microwave, bar fridge, bed, DStv, bathroom, own entrance. Phone Christine 082 440 7701. RUIM 5-SLAAPKAMERhuis te huur. Lugreëling, badkamer, yskas, mikrogolfoond, bed, DStv in elke kamer. Tuin, braaiplekke, baie netjies. R25 000 p.m. plus deposito (met kontrak), water en ligte uitgesluit. Skakel 082 440 7701. Onmiddellik beskikbaar.

M.M. Kampfer

Big Save Pools and Lapa: Januarie special. 5x3 Pool R30 000 6x4 Pool R35 000 6x4 Lapa R15 000 8x3 Pool R40 000 Bennett:079 124 7713

PLASE TE KOOP PER TENDER NOORDKAAP HOTAZEL OMGEWING

In die boedel van wyle Martha Sussana Fransina Christina Marshall, voorheen woonagtig te Seodinweg 60, Kuruman. Boedelnommer: 2994/2012 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 7 Febru-arie 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 anneli@jorman.co.za

S.R. Oats

In die boedel van wyle Martha Maria Kampfer, voorheen woonagtig te H e u w e l s i g J 2 , Dolomietstraat, Kuruman. Boedelnommer 3549/2011 Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 7 Februarie 2013. JORDAAN & MANS ING PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR Posbsu 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991 HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991.

CORSA UTILITY 140i, 2008, MAGS, CD, CANOPY, R69 500. PHONE THINUS 072 472 8686. FORD COURIER 2.5 diesel, 1999, long base, R31 500. Phone Thinus, SchweizerReneke 072 472 8686.

In the estate late of Seneo Ronnie Oats, identity number 410423 0161 089 of House No. G338, Itereleng Street, Magojaneng Village. Estate number: 3461/2012 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 8 February 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

Tenders word ingewag vir die verkoop van die plase bekend as: 1. GEDEELTE 1 (EAST) van plaas 270 GELEË in die Afdeling Kuruman GROOT 856,5320 hektaar 2. DIE PLAAS RHODES 269 GELEË in die Afdeling Kuruman GROOT 1819,8314 hektaar Die eiendom is geleë ongeveer 5 km noord van Hotazel. Die eiendomme kan gesamentlik of afsonderllik gekoop word. Verbeterings bestaan uit kampe, krale, boorgate, damme en Eskomkrag. Daar is 'n netjiese woonhuis en buitegeboue op die gedeelte bekend as East. Tenders moet in Rand per hektaar plus BTW gedoen word en moet in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & Van der Merwe Ingelyf, Prokmedsentrum Hoofstraat, Kuruman, ingehandig word voor of op Vrydag 1 MAART 2013 om 12:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word nie later as 5 MAART 2013 nie. Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is beskikbaar by Duvenhage & Van der Merwe Ingelyf op Kuruman.

NAVRAE: Fanie van Zyl: 053 712 1064/5/6 of selfoon 072 376 3143 E-pos-adres: dvdm@dvdmprok.co.z a Posbus 63 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

HILUX, 1996, new tyres and seats, 2.4 long base, excellent, R59 500. Phone 072 472 8686. TOYOTA HILUX 2.2 petrol, 1997 long base, canopy, R44 500. Phone Thinus 072 472 8686.

VUKA SCOOTER, 2009: Good condition. R6 000. Phone 083 564 3960.

COROLLA 1.3 12V, 1996, good condition, R24 500. Phone Thinus 072 472 8686. COROLLA 130 GLS, 2001, mags, CD, air-con, 172 000 km, R42 500. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409. CORSA 1.3, 1998, mags, CD. 140 000 km, R27 500. Phone Thinus 072 472 8686. TOYOTA TAZZ 1.3: 2005. R39 500. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409 Schweizer-Reneke. WANT TO SELL YOUR CAR? Please whats app 071 967 0285 or SMS info 072 472 8686.

FORD DIESEL TRUCK, 1980, 16 tons, dropsides: R39 500. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke.

ASSISTENT- BESTUURDER benodig vir gastehuis. Moet geen afhanklikes hê nie. Goeie menseverhoudings, onder druk kan werk. Fleksi-ure kan werk. Moet kan inwoon. Rybewys 'n vereiste. Kompeterende salaris. Stuur CV na amaziahbb@yahoo.co.uk Sluitingsdatum 4 Maart 2013. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

V E I L I N G S

VEILINGS

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Swemmers ryg die medaljes in VAN links is, voor: Duncan McGregor, Nicholas McGregor en Thinus Opperman; agter: Connie Conradie, JayD van Zyl, Edgar Zealand en Jan­Louis Basson. Foto’s: Megan Loots

DIE Hoërskool Upington se swemmers het in Desember en Januarie aan twee byeenkomste deelgeneem en baie goed gevaar. Op die Sprints, wat van 7 tot 8 Desember in Kimberley aangebied is, het Alice Maritz (gr. 8) vyf goue medaljes, drie silwer- en een bronsmedalje gewen. Derik Steenkamp het twee bronsmedaljes, Jandré Steenkamp een bronsmedalje en Suezette Steenkamp ook een bronsmedalje gewen. Tydens die Noord-Kaap-kampioenskappe, wat van 9 tot 12 Januarie aangebied

is, het Alice tien goue medaljes en een silwermedalje gewen. Derik het een goue, drie silwer- en een bronsmedalje gewen. Jandré het twee silwer- en een bronsmedalje gewen. Suezette het agt goue en ses silwermedaljes gewen. Lize-Marie Groenewald (gr. 8) het ook aan die kampioenskappe deelgeneem en baie goed gepresteer. Alice het die ouderdomsbeker vir meisies 12 en 13 jaar en Suezette die ouderdomsbeker vir meisies 14 en 15 jaar gewen.

VAN links is Danielle Nel, Ané Dippenaar en Elmoné Botha.

Presteer op proewe

NIE net is ’n groot getal Velties gekies om aan die Noord-Kaapse skoletennisproewe deel te neem nie, maar tien van hulle was in die topagt plekke in hul ouderdomsgroep en agt is vir die Noord-Kaapse span gekies. Die tennisspelers van die Hoërskool Duineveld wat vir die Noord-Kaapse span gekies is, is: ) JayD van Zyl was eerste in die seuns se o.17groep. ) Duncan McGregor was tweede in die seuns se o.15-groep. ) Ané Dippenaar was derde in die meisies se o.16-groep. ) Thinus Opperman was vierde in die seuns

se o.14-groep. ) Nicholas McGregor was vyfde in die seuns se o.19-groep. ) Connie Conradie was vyfde in die seuns se o.15-groep. ) Jan Louis Basson was sesde in die seuns se o.19-groep. ) Danielle Nel was sesde in die meisies se o.16-groep. ) Edgar Zealand en Elmoné Botha was agtste op die ranglys in hul ouderdomsgroepe. Duncan is ook gekies vir die Noord-Kaapse hoërskoletennisspan wat van 20 tot 24 Maart aan die Suid-Afrikaanse hoërskoletennistoernooi in Pretoria gaan deelneem.

VAN links is, voor: Alice Maritz, Suezette Steenkamp en Lize­Marie Groenewald; agter: Jandré Steenkamp en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

19

Uppies slaan ’n kishou op proewe ALTESAAM 12 van die Hoërskool Upington se tennisspelers het aan die Noord-Kaap-tennisproewe van 24 tot 25 Januarie deelgeneem. Ongeag die erge hitte het drie Uppies die nommereen-plek in die Noord-Kaap in hul ouderdomsgroepe behaal en agt tennisspelers was onder die topses in hul ouderdomsgroepe. Loupie Nieuwoudt, Franco Swart en Johan Joubert is in die

interprovinsiale span, wat die Noord-Kaap gaan verteenwoordig, ingesluit. Die 12 spelers het soos volg op die ranglys geëindig: In die seuns se o.14-groep was Johan Joubert eerste en Francois Joubert derde. In die meisies se o.16-groep was Liané van Niekerk eerste. In die meisies se o.15-groep was Christine Becker 9de en Jana

Becker 11de. In die seuns se o.16-groep was Gustav Loots vyfde. In die meisies se o.17-groep was Esmarie Ferreira derde en Salomé Hanekom sewende. In die seuns se o.17-groep was Gert Rupping vierde en Eduard Kilian negende. In die seuns se o.19-groep was Loupie Nieuwoudt eerste en Franco Swart tweede.

DIE Hoërskool Upington se tennisspelers wat in die Noord­Kaap­span ingesluit is, is van links Johan Joubert, Loupie Nieuwoudt en Liané van Niekerk. Foto: Verskaf

DIE spelers wat aan die Noord­Kaap­tennisproewe deelgeneem het, is van links, voor: Salomé Hanekom, Francois Joubert, Johan Joubert en Liané van Niekerk; middel: Gustav Loots, Esmarie Ferreira en Gert Rupping; agter: Franco Swart, Loupie Nieuwoudt en JB Giliomee. Foto: Verskaf


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Atleet se talent verras Lizette Slabber

JOE-LYTHEN WILLEMSE, ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Upington, het in Desember op die jeugspele in Pretoria twee goue medaljes gewen deur twee rekords te breek. Joe-Lythen het as deel van die NoordKaap-span aan die byeenkoms deelgeneem en goue medaljes in die 200 m en die verspring behaal. Hy het die 200 m in ’n tyd van 22,4 s. gehardloop en 6,74 m ver gespring. Glad nie sleg vir ’n o.15-atleet nie. Volgens Joe-Lythen is die 200 m sy gunsteling-nommer: “Soos ek hardloop, tel ek spoed op en gaan ek al vinniger.” Hy het nog nooit juis voor die jeugspele aan verspring deelgeneem nie. Joe-Lythen sê hy het op die kleure-atletiek aan die verspring deelgeneem, maar het nooit na verdere byeenkomste deurgedring nie. “Maar ’n tannie van Kuruman het op die jeugspele gesê ek moet verspring, want ek het die spoed daarvoor.” En toe breek hy ’n rekord om die goue medalje te wen. Joe-Lythen is van kleins af lief vir atletiek en sê hy kom al van sy gr. 1-dae in die Laerskool Franciscus eerste of tweede. “As ek hardloop, kry ek so ’n lekker gevoel. Ek hou van kompetisies en uitdagings.”

JOE­LYTHEN WILLEMSE in aksie op die atletiekbaan.

Foto: Verskaf

‘Maar ’n tannie van Kuruman het op die jeugspele gesê ek moet verspring, want ek het die spoed daarvoor.’ – Joe-Lythen

Vanjaar het hy ook ’n beroering op Uppies se kleure-atletiekbyeenkoms veroorsaak. Hy het hier vir die eerste keer hekkies gehardloop en stof in sy kompetisie se oë geskop. Ongelukkig sukkel Joe-Lythen met ’n besering en sal hy nie verder aan vanjaar se atletiekseisoen kan deel neem nie, maar vir hom is dit geen probleem nie, want nou kan hy vir die rugbyseisoen rus en herstel. Hoewel hy baie graag eendag vir die Suid-Afrikaanse sewesspan wil uitdraf, bly atletiek sy groot liefde en Carl Lewis sy atletiekheld. “Ek kyk op na hom, want hy is nederig en nie grootpraterig nie. Daarby het hy in die 100 m, 200 m, 400 m en verspring gepresteer en dit is presies wat ek graag sal wil doen,” het hy gesê.


Kalahari Bulletin 7 Feb 2013