Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Postmasburg

16 MEI 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Koue meer blaf as byt Upingtonners kan hulle op ’n matige winter voorberei Lizette Slabber DIT lyk asof swaar jasse en dik baadjies nog die res van Mei in die kas kan bly en dalk sal die dikste jasse dié winter nie eens uitgehaal hoef te word nie. Ongeag dat die oggende lekker koud is en die eerste ligte ryp al op Upington geval het, gaan Upingtonners ’n baie lekker Mei beleef. Volgens Tonie Rossouw van die Bloemfonteinse weersentrum gaan die temperature in Mei bo normaal hoog wees, wat beteken dat Upingtonners tot aan die einde van Mei het om hulle vir die winter gereed te maak. “Daar is wel koue fronte wat ’n invloed gaan hê en reën sal van vandag tot aan die einde van die naweek voorspel word, maar van volgende week af sal lekker temperature daar heers,” het hy gesê. Teen die einde van die naweek vervaag die kanse op reën en sal die sonnige weer tot einde Mei voortduur, maar “diegene wat teen Junie nog nie die wintersklere uitgepak het nie, gaan dan pak kry”. Rossouw voorspel dat Upingtonners vanjaar nie ’n besonderse koue winter gaan beleef nie. “Op die oomblik lyk dit asof Upingtonners ’n baie matige winter gaan beleef. Dit sal nie ’n besonder koue winter wees nie, maar die gebruiklike lekker winter,” het hy gesê. Tog het hy laggend bygevoeg: “Met die warm somers daar voel elke winter maar seker koud.”

DIÉ foto wat deur Wollie Burger van Grootdrink geneem is, vang die mis wat amper elke oggend in die winterkoue oor die Oranjerivier hang, vas. Hoewel die oggende redelik koud is, sal die winter volgens die Bloemfonteinse weersentrum eers in Junie sy verskyning op Upington maak. Foto: Wollie Burger


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Wees te alle tye waaksaam DIE speurtak van die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington ondersoek verskeie klagte van inbraak by huise in veral die Rand-gebied. Daar is die afgelope week na bewering by verskeie van dié huise ingebreek. Daarom wil die SAPD ’n beroep op huiseienaars doen om nie geleenthede vir inbrekers te skep nie. Daar moet seker gemaak word dat alle vensters en deure behoorlik gesluit word wanneer niemand tuis is nie. Motorhuise moet ook altyd toegesluit word en alle tuingereedskap moet weggebêre wees sodat dit nie deur inbrekers gebruik kan word om toegang tot die huis te verkry nie. Mense wat doelloos in woonbuurte ronddrentel se

teenwoordigheid moet by die polisie aangemeld word. Enigeen met inligting aangaande die inbrake word versoek om die speurtak so gou moontlik by 054-337-3400 te kontak. ) Die speurtak van die SAPD op Upington ondersoek ’n saak van bedrog nadat ’n koper sy deposito in ’n bedenklike verkooptransaksie verloor het. Die koper het op ’n advertensie gereageer en ’n deposito van R3 677 vir ’n Volkswagen Polo betaal. Nadat die geld betaal is, het die verkoper nie weer sy selfoon beantwoord nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die speurtak se ondersoek duur voort. Enigeen met inligting oor dié saak moet die speurtak kontak.

Besoek www.kalaharibulletin.co.za vir meer nuus en foto’s.

Fotokompetisie nader einde 9/27

8/27

8/25

NO-10

NO-10

NO-10

DIE Jogebéd-babafotokompetisie loop Saterdag 18 Mei ten einde met die kroningsgeselligheid wat by die Waterfront-gastehuis plaasvind. Ingangskaartjies kan teen R20 by die deur gekoop word. Dit sluit verversings in. Alle geld wat ingesamel word, sal aan die Jogebéd-babahuis geskenk word. Rig navrae aan Francolien du Plessis by 082-472-2377. Hier is Ree Botha, een van vele inskrywings wat vir die babafotokompetisie ontvang is. Foto: Verskaf

Radio Riverside het nou meeste ore nog VOLGENS die nuutste navorsing het Radio Riverside se luisteraars tot amper 90 000 per week gestyg. Die Suid-Afrikaanse Gehoornavorsingstigting (SAARF) het op Donderdag 9 Mei die nuutste Rams (Radio Audience Measurement Survey) uitgereik wat aandui dat Radio Riverside 87 000 luisteraars per week het. SAARF is ’n onafhanklike maatskappy wat daarvoor verantwoordelik is om die gehore van tradisionele media soos koerante, tydskrifte, radio, televisie en film te meet. Dit is die hoogste luisteraarsyfers wat Radio Riverside nog in sy 13 bestaansjare bereik het en ook die hoogste sprong tussen navorsingperiodes. In die vorige tydperk het die stasie 54 000 luisteraars per week gehad, wat

beteken het dat die stasie se luisteraars met 33 000 luisteraars per week toegeneem het. Dit is ’n persentasietoename van meer as 61%. Die luisteraarnavorsing is vir die tydperk van Oktober 2012 tot Maart 2013. Tebogo Monyo, die bemarking- en advertensiebestuurder van Radio Riverside, sê wanneer Statistieke SuidAfrika se Sensus 2011-verslag in ag geneem word, wat daarop dui dat die // Khara Hais-munisipaliteit 93 494 mense binne sy grense het, ongeveer 93% van die inwoners in //Khara Hais na Radio Riverside luister. Radio Riverside bied ’n groot verskeidenheid van programme aan wat handel oor die bemagtiging van vroue, jeug-aangeleenthede, mense

met gestremdhede en ’n wye verskeidenheid van opvoedkundige en vermaaklikheidsprogramme wat op die gemeenskap gerig is. Die stasie is in Oktober 1999 gestig en die hoogste luisteraartal was in November 2011 toe die stasie 80 000 luisteraars per week bereik het. Monyo sê dat, behalwe die programme wat op die lug uitgesaai word, die stasie luisteraars betrek deur promosies en projekte wat daarop gemik is om ’n impak op die lewe van mense in die gemeenskap te maak. Monyo sê dit is ’n gesamentlike poging van die span van Radio Riverside en, bo alles, die lojale luisteraars uit alle gemeenskappe in die luisteraarsgebied wat vir dié prestasie verantwoordelik is.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

JAN LOUW, voormalige skoolhoof van die Laerskool Seodin, vir oulaas saam met ’n gr. 1-klas.

Foto’s: Joanie Bergh

Louw groet Kuruman Joanie Bergh

NÁ 36 jaar in die onderwys en 13 jaar as die Laerskool Seodin se skoolhoof lê Jan Louw (59) die tuig neer. “Die onderwys het vir my wonderlike jare gegee, veral dié by Seodin. “En ek het hier verander wat ek wou,” sê hy. Die trane het oor onderwysers en kinders se wange geloop toe Louw sy laaste skof by die skool gewerk het. “Ek is tevrede met my besluit om nou uit die onderwys te tree. Nou gaan ek rus.” Rus gaan egter nie maklik vir die voormalige skoolhoof kom wat bykans sy hele lewe aan die onderwys gewy het nie. “Ons gesin het onderwys geëet, geslaap en gedrink.” Die besluit om die onderwys ’n kans te gee is aan sy destydse kamermaat van die weermag te danke. “Nadat ons militêre diensplig voltooi was, het ek nie eintlik geweet waarheen ek moes

gaan nie. Ek het my kamermaat gevra wat hy op Wellington gaan doen, en dié het gesê hy gaan onderwys studeer. “Ek het gedink dit is ’n goeie idee en het saam met hom gegaan,” vertel Louw laggend. Dié seun van die droë Van Wyksvlei in die hartjie van die Karoo wou sy loopbaan begin op ’n dorp waar water volop is, vertel hy. “Ek het van Die Oog gehoor en ek het my goedjies gevat en hierheen getrek.” En dit is nêrens anders as hier op Kuruman waar hy sy vrou, Annerie, ontmoet het nie. Die Louw-gesin kén van rondtrek. Jan het by skole op Kakamas, Montagu, Upington en Lockston gewerk. Dit was vir hom uitsonderlike jare. Totdat hy eindelik in 1999 as skoolhoof van die Laerskool Seodin aangestel is en sy vrou en hul drie kinders teruggetrek het Kuruman toe. Dié skooltjie van 325 leerlinge het voor sy

oë oor die jare heen na ’n skool van meer as 700 leerlinge gegroei. “Kinders het ’n ongelooflike eerlikheid en spontaneïteit aan hulle – iets wat vir my nog altyd kosbaar was.” Dit is ook by kinders wat Louw die meeste lewenslesse geleer het. Die kinders van die skool is ook ooglopend mal oor Louw, want met ’n skoolhoof wat geglo het ’n kind moet min huiswerk kry en meer speel, hoe dan anders? “Ek het al die jare geglo ’n onderwyser moet die klastyd ten volle benut sonder om ’n kind met huiswerk te oorlaai.” Met ’n uitsonderlike personeelkorps soos dié by Seodin het die skool onder Louw se leiding net van krag tot krag gegaan. “Seodin is net anders.” Nou, met die nuwe fase in Jan en Annerie se lewe, gaan hulle op Mosselbaai nes skop en daar alles doen wat hy nog altyd wou. “Ek is gelukkig. God was goed vir my. “Maar ek gaan die onderwys beslis mis.”

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Kans waag nie ’n lewe werd STOP almal wérklik by ’n stopteken? Dood. Terug na eerste rat en trek dan weg. Soos wat aan ’n motoris geleer is toe hy sy rybewystoets moes slaag. En as motoriste sien die verkeerslig slaan oor na oranje, stop hulle of gee hulle dan eers vet net om oor die kruising te kom? Kuruman se verkeer bly ’n voortslepende probleem. Maar die probleem is ’n landwye probleem en verkeersbeamptes probeer tevergeefs strenger padmaatreëls vir almal se veiligheid toepas. Want, daar sal altyd daardie één padvark wees wat ’n stopteken soos ’n toegeeteken ag. Oral in die media sien mense boodskappe wat die publiek aanhits om veiliger op die pad te wees en padreëls te gehoorsaam. Moenie drink en bestuur nie,

ry binne die spoedperk, stop by ’n rooi verkeerslig en stop by ’n stopteken. Almal ken dit. Min mense pas dit werklik toe. Verlede week was daar ook ’n man wat besluit het om nie op ’n stopteken ag te slaan nie. Om vinnig oor te jaag en om ’n “onnodige stop” te verhoed. Aan die ander kant van die stopteken was ’n 77-jarige vrou wat pas van die poskantoor af gekom het. Sy het glo gestop, terwyl hy het glo aangehou ry het. Ouma Gerrie van Wyk is op slag dood. En ’n familie is in rou gedompel. Natuurlik het die man die ongeluk nie sien kom nie. Hy het net ’n kans gewaag, want hy wou glo vinniger by sy bestemming uitkom. Een stopteken het ’n lewe geëis oor ’n motoris wat net ’n kans gewaag het.

Kyk op dat Jesus met jou kan praat Roelf Spies Skrif: Lukas 24:13-33 MOEG, verslae, teleurgesteld, kwaad, verwese, verlore, rigtingloos. Dit is sekerlik van die emosies wat in hierdie twee manne se hart rondgaan en wat sekerlik in hul gesprek met mekaar deurgeslaan het, hulle het immers in Jerusalem die skok van hul lewe gekry. Die afgelope drie jaar het hulle alles prysgegee om Jesus te volg, drome en ideale het verander, nuwe hoop is gebore en ’n nuwe, beter toekoms wag as die Messias doen wat hulle droom Hy gaan doen. Vir drie jaar hoor hulle Hom praat, leer en sien hulle telkens wonderwerke wat nog nooit gesien is nie, hoor hulle hoe Hy vir Johannes se dissipels sê dat hulle aan Johannes moet gaan vertel wat hulle gesien het en hy sal weet dat Jesus is wie Johannes dink Hy is. Hulle deel sy hartseer en vreugde, sy lewe, maar tog . . . Op pad na Emmaus kom loop daar ’n vreemdeling saam met hulle en so erg is hulle gefokus op hul eie dilemma dat hulle Hom aanvanklik nie opmerk nie. Die oomblik toe hulle Hom opmerk, het hulle Hom nie herken nie. “Is Jy dan die enigste vreemdeling in Jerusalem?” Weet Hy dan nie van al die verskrikking wat plaasgevind het nie? Jesus het toe al die woord en profesie wat op Hom van toepassing was, begin uitlê en daar het ’n nuwe vuur in hul

hart begin brand, want hulle het begin verstaan. Eindelik is hul oë ook geopen en het hulle Hom herken. Hoeveel keer bevind ons ons nie op dieselfde plek as wat Kleopas en sy vriend hulle bevind het nie? Jy het soveel verwagtinge en drome oor die lewe gehad en boonop dien jy nog die Here, so alles moet voor die wind gaan. Soms draai die wind en kom die teleurstellings, die vrae: Hoekom ek? of hoekom straf die Here my? en ons raak so vasgevang in die maalkolk van die lewe wat ons insluk dat ons nie opmerk wanneer Jesus langs ons kom loop nie. Een van die struikelblokke is dat ons vir Jesus kwaad is, want Hy het nie vir ons deurgekom nie, tog verhinder dit Hom nie om langs ons te loop nie, om ons uit die maalkolk te haal en weer op vaste grond te sit nie. Jesus wil vandag langs jou kom loop, Hy wil aan jou Sy drome en ideale vir jou aan jou vertel sodat jy weer ’n vuur in jou eie hart kan ervaar, dat daar weer vir jou hoop kan wees, ’n lewe wat die moeite werd is om te leef. Sal jy vandag jou oë van jou probleem afhaal en net ’n oomblik opkyk sodat Jesus met jou kan praat? ) Ps. Roelf Spies is ’n leraar aan die Kuruman Christian Church.

KALAHARI BULLETIN is nou ook op Facebook. Gaan na www.face­ book.com/kbulletin. Like die blad om jou opinie te lug en vir meer nuus wat saak maak.

HERFS is hier!

Skielike dood ’n groot skok DS. GRAHAM KUMM, Kuruman: TANNIE GERRIE VAN WYK is Vrydagoggend in ’n motorongeluk oorlede. Ons kan nou kies of ons met haatgedagtes teenoor die mens wat haar dood veroorsaak het, wil rondloop, en of ons eerder haar nagedagtenis wil eer

en haar lewe wil vier. Vir ons almal wat vir haar lief was, is dit net te skielik en ons kan dit nog nie glo nie. As ek aan haar dink, dan dink ek aan ’n statige en vriendelike tannie. Sy was altyd dieselfde, altyd bereid om oor jou eie geliefdes uit te vra. Sy was vir ons ’n voorbeeld in lewe en wandel.

Dit is so hartseer dat sy op so ’n manier oorlede is. Sy is altyd die een wat so vol lewe was, diensbaar en bereid om spesiale moeite te doen. Ons het geen twyfel waar sy haar bevind nie, want sy het haar Christenskap, sonder enige kompromie, uitgeleef. Ons gaan haar baie mis, maar ons weet dat sy nie met ons sal wil plekke ruil nie en dat sy nou saam met haar geliefdes wat haar vooruitgegaan het, kuier. Tot ons weer ontmoet.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Moedersdag nog nooit só mooi Annerie Louw DIT was vanjaar die negende jaar van moederskap vir my eersgeborene. Agt jaar het verloop sedert ek en Mooiste die geleentheid gehad het om saam Moedersdag te vier. Daarom was dit vir ons twee ’n baie besonderse dag en ’n voorreg om bymekaar te wees. Om dit te vier het ons oor ’n langnaweek die Swartwoude in Duitsland besoek. Die Swartwoude was nog altyd vir my ’n droombestemming en Vrydagoggend het ons in ’n sewesitplek-Renault die ses uur lange rit aangepak. Die kinders het ons met hul goeie gedrag en hoe goed hulle die rit gehanteer het, verstom, maar ek moet darem vir Mooiste die eer gee dat sy meer as voorbereid was op elke gril van ’n baba en ’n peuter en sy kon hulle weerskante van haar die hele tyd tevrede hou. Ek het ’n klein sitplekkie heel agter in die motor beman, maar helaas ’n sitplek van vrede. Dit was nie nodig dat ek vir iemand

enigiets aangee nie en almal het vir my jammer gevoel omdat ek so opeengedruk gesit het. Intussen het ek dit baie geniet om die natuurskoon so op my eie te bewonder. Toe ons van die snelweg af gaan, het ons die eerste groen weivelde met blokke geel blommetjies en die Duitse padtekens begin kry. Daarna het die mooi nooit opgehou nie. Ons verblyf was in Gutach, ’n sprokiesdorpie naby Triberg waar Duitsland se hoogste waterval te sien was. Ook naby die grootste horlosie en ’n verskeidenheid van koekoekhorlosies. Ons almal het Prinses se opgewondenheid gedeel by die huisgrootte koekoekhorlosie met die 12 bewegings nadat jy een Euro ingegooi het. Tussen lowergroen heuwels en plantasies van donker dennebome kronkel helderskoon bergwater in sterk stroompies met ’n stroom-

versnelling elke keer as die landskap effens val. Ek weet nou waarvan die Psalmdigter in Psalm 23 praat as ek lees: “Hy laat my neerlê in groen weivelde, na waters waar rus is, lei Hy my heen, Hy verkwik my siel . . .” Ek dink dit is die skoonste omgewing waarin ek my nog bevind het. Dierbaarste en ek het ver ente berg op en berg af gestap terwyl ons die groen geniet en die berglug ingeasem het. Ons het ’n baie gerieflike huis net buite die dorpie gehad en kon met ’n klein bietjie inspanning dorp toe en terug stap. Orals langs die pad was bankies waarop jy kon sit en rus en sommer jou net aan die omgewing verlustig. Gutach het storieboekhuise en prentjiemooi tuintjies. Ek het selfs gewonder hoe dit sou wees om daar te bly en my verroeste matriek-Duits te probeer praat. Vanjaar se besonderse Moedersdag sal ek nooit vergeet nie. Is dit dalk omdat my voorsate uit Duitsland kom?


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

5

VAN links is Jo-Ann en Cronjé Els, Tanya en Lianie Hanekom en Alichia en Alichia Titus.. Foto’s: Verskaf

Fraaistes gekroon DIE wenners van die babakompetisie wat op die Upington-landbou-ekspo aangebied is, is: ) In die 0 tot 6 maande-kategorie was André Dylan Leach tweede, Leané van Tonder derde en Shanika Steenkamp eerste. ) In die 6 tot 12 maande-kategorie was Cronjé Els eerste, Alichia Titus derde en Liané Barnard tweede. ) In die 1 tot 2 jaar-kategorie was Jessica van Heerden eerste, Jané van Zyl tweede en Eldri Licha Venter derde. ) In die 2 tot 3 jaar-kategorie was Chelsea Crunschloss eerste, Mekyla Lindeque tweede en Driaan Loots derde.

CHELSEA CRUNSCHLOSS baljaar reeds met haar trekkertjie wat sy gewen het.

JESSICA VAN HEERDEN het die kategorie 1 tot 2 jaar gewen. Hier is sy saam met haar ma, Nadia.

ELFRIEDA EN DRIAAN LOOTS.

NICOLE EN JANÉ VAN ZYL.

VAN links is Ansie en André Dylan Leach, Ellaine en Leané van Tonder en Marna en Shanika Steenkamp.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Gemeenskap dankbaar vir bystand DIE Magobing-gemeenskap net buite Hotazel is die Vryheidsmaand bederf met dienslewering van staatsdepartemente, sowel as om Vryheidsdag te vier. Gemeenskapslede van die omliggende dorpies kon ook deel uitmaak van die program aangesien vervoer is vir almal beskikbaar gemaak. Magobing is ’n baie landelike gebied en hoewel sommige departemente dit gereeld besoek, word dit nogtans nie deur alle departemente bedien nie. In Vryheidsmaand het die GCIS, die departement van gesondheid, departement van binnelandse sake, SASSA, die departement van justisie, Love Life, die provinsiale verkeer en talle munisipaliteite Magobing en omliggende dorpies

bedien. Die dienste sluit ondersoeke soos MIV-toetse en bloeddruktoetse van gesondheid, aansoeke vir maatskaplike toelaes deur SASSA, aansoek vir geboorte- en identiteitsboekies en die afhaal van identiteitsdokumente, geboortesertifikate, paspoorte deur binnelandse sake in, en die bepaling van verdere behoeftes vir regeringsdienste en inligting deur die GCIS. Richard Kilelo van Kanana, ’n plaaslike leier in sy gemeenskap, sê hy voel baie tevrede dat dienste gedurende Vryheidsmaand na sy gemeenskap gebring kon word. Hy sê mense het nou die mag om self hul lewe te verander en dat die dienste van die regering na

landelike gebiede mense help omdat dit moeilik is vir hulle om Kuruman toe te ry vir hierdie dienste. Die Vryheidsdagviering wat ook in Magobing gehou is, het belangrike gaste soos die LUR vir koöperatiewe dienste, behuising en tradisionele aangeleenthede, Kenny Moiemang, en ander lede van die parlement, burgemeester van plaaslike regerings en raadslede in die distrik na die klein dorpie gebring. Moiemang het die mense ingelig oor die program van die regering en ook saam met ander amptenare sewe ander huise besoek om hul behoeftes te bepaal. Die departement van sport, kuns en kultuur het die dag gereël.

Alkantpan, a division of the Research and Development Department, located in the Northern Cape, 300 km away from Kimberley, has the following vacancies for which applications are invited from people meeting the qualification and experience requirements below. Alkantpan is an all-purpose ballistic test range in the central part of South Africa and is involved in the testing of gun systems, etc. Qualified personnel form a multidisciplinary team, a factor that contributes to the success of the Division.

Senior Technician (Workshop) The successful candidate will lead the workshop team in preparing, fabricating, maintaining and transporting test support items. He/she will also be responsible for maintaining infrastructure, building, and water reticulation systems according to procedures, regulatory requirements and client requirements. Resposibilities: • Supervise the preparation, maintenance and fabrication of test support items, ie test target frames and structures from technical drawings and free-hand sketches • Supervise and conduct workshop activities as per operational requirements • Ensure the safe operation of workshop, earthmoving and lifting equipment • Control the preventive maintenance schedule of infrastructure, equipment and vehicles to reduce downtime, especially of single resource equipment • Control, coordinate and administer operational and safety risk in the workshop • Initiate, generate and update procedures that reduce the occurrence of risks • Prepare submissions and orders, and present them for approval to the appropriate Authorisation Committees • Supervise and control the technical and financial schedule of workshop projects • Provide assistance for the preparation of quotations as and when required • Provide training of personnel in the safe handling of equipment, plant and machinery • Perform other related duties as required • Operate within the Occupational, Health and Safety Act and Regulations • Operate within the Environmental Act and Regulations • Act in the capacity of Manager: Support Services and Maintenance when so designated. Requirements: • NTC 6/T3 Mechanical • 3-5 years’ relevant work experience • Experience in Management at a Supervisory level • Ability to identify and mitigate risk occurrence • Technical thinker with problem-solving and analytical abilities • Experience in and knowledge of test items and steel structure fabrication (target frames) • Good interpersonal, communication, planning and organising skills • Computer literacy • Valid driver’s licence. (Ref. 9911779)

Technical Officer: Explosives Driver The successful candidate will convey dangerous goods, weapons, ammunition and client-furnished items by road safely, and in accordance with procedures, regulatory requirements and to the client’s satisfaction. He/she will also operate workshop, material handling and lifting equipment to provide test support during fabrication of test-required material and provide general support. Responsibilities: • Safely convey dangerous goods, weapons, ammunition and clientfurnished items • Transport personnel and clients safely • Operate workshop tools safely during the fabrication of items required for tests • Operate material handling equipment safely • Operate lifting equipment safely • Provide the necessary support when preparing and erecting test support items • Provide assistance during the maintenance of infrastructure, water reticulation systems, buildings, vehicles and equipment • Conduct preventive maintenance on equipment, vehicles and the facility • Supervise limited-hour labourers during infrastructure maintenance and test support • Operate vehicles and equipment transporting sewage within safety regulations • Collect and deliver domestic waste to landfill site • Assist clients with test equipment requirements. Requirements: • Grade 12 or equivalent • 3-5 years’ relevant work experience • Time and work management skills • Ability to identify and report risk • Knowledge of SANDF depot locations • Good interpersonal and communication skills • Valid Code C or EC driver’s licence • Valid PRDP recommended for conveyance of dangerous goods by road. (Ref. 9911765) Please e-mail a detailed CV, clearly stating the reference number and position you are applying for in the subject heading, to careers@armscor.co.za by no later than 24 May 2013. Do not enclose copies of your Identity Document or qualifications with your application. Late applications will not be considered. Correspondence will be limited to short-listed candidates only. Short-listed candidates will be subjected to psychometric assessment, an appropriate reference check, verification of personal data and security clearance as part of the selection process. Should you not hear from us within a month of forwarding your CV, consider your application to be unsuccessful. Please note that appointment to these positions is subject to obtaining/maintaining a positive security clearance. In line with Armscor’s commitment to complying with the Employment Equity Act, preference will be given to suitable candidates from designated groups. People with disabilities are encouraged to apply. www.humanjobs.co.za

Human Communications 98911

DIENSTE word aan die gemeenskap gelewer deur onder meer die departement van gesondheid.

KENNY MOIEMANG, LUR vir plaaslike regering, behuising en tradisionele aangeleenthede, saam met ander politieke besoekers en regeringsamptenare tydens die besoeke aan huisgesinne. Kospakkies is aan hulle oorhandig.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

7

Bome ‘bloos’ bloos vir kanker OP 18 Oktober gaan boomstamme op Upington met pienk materiaal toegedraai word vir kankerbewustheid en om geld in te samel om kankerpasiënte op Upington te help. Upington is een van 40 dorpe oor Suid-Afrika en Namibië heen wat die Pienk Bome vir Paulineprojek ondersteun. Pienk Bome vir Pauline is ’n nie-winsgewende instansie wat geld vir hulp aan kankerpa-siënte insamel. Van die geld wat ingesamel word, bly 80% op Upington om pasiënte met hul behandeling met pruike, prosteses, rolstoele, vervoer, tuisverpleging, voedingsprojekte en verblyf te help. Die Pienk Bome-komitee op Upington bestaan uit mense wat regstreeks met kankerpasiënte werk, diensorganisasies op Upington en Die Dameskring. Die komitee wil borge kry vir 10 000 m pienk materiaal om op 18 Oktober om bome te draai. Die komitee het al 2 000 m gekoop en het borge nodig om die res van die materiaal aan te koop. Die materiaal moet voor einde Mei bestel word. Enige onderneming of instansie wat die projek wil borg, kan Helet van den Berg by 082-9250406 bel. ) Die projek is op Graaff-Reinet begin nadat Carol-Ann van Jaarsveld haar ma en ouma aan kanker verloor het. Albei vroue het Pauline geheet. Duisende meters pienk materiaal is gekoop, bome is toegedraai en die boodskap Oorwin kanker en koester die lewe is gevier. Van ’n klein begin op GraaffReinet gaan 40 dorpe vanjaar deel van die projek wees en in Johannesburg het City Parks toestem-

ANDRIES VERMEULEN tree ten bate van die Oasis-vaardigheidsontwikkelingsentrum in die Desert Palace-casino op. Foto: Verskaf

Andries in casino

DIE Pienk Bome-komitee op Upington het die Pienk Bome vir Pauline-projek met dié laning “Pienk Bome” op die Upington-landbou-ekspo bekend gestel. Foto: Verskaf ming gegee dat 350 000 bome in pienk materiaal toegedraai mag word. ’n Dorp in Kanada en ’n dorp in Ierland is ook betrokke. Wat die projek so besonders

maak, is dat dit ’n prettige en toeganklike manier is om almal te betrek en ’n verskil te maak. ’n Blywende indruk word geskep en geld word só ingesamel.

Die plan is om duisende meters materiaal teen R20 per meter te verkoop waarmee die bome op 18 Oktober toegedraai gaan word.

OM die Kalahari-kuierfees se 21ste verjaardag te vier en om mense ’n voorsmakie te gee van wat die kuierfees alles in September gaan bied, tree Andries Vermeulen in die Desert Palace-casino op. Andries tree jaarliks op die kuierfees as seremoniemeester op en is al ’n ou bekende vir feesgangers. Die geld wat met die vertoning ingesamel gaan word, gaan aan die Oasis-vaardigheidsontwikkelingsentrum geskenk word. In die Oasis word fisiek en verstandelik gestremde mense waardevolle lewensvaardighede geleer waarmee hulle vir hulle ’n inkomste kan verseker. Andries tree op 17 Mei om 19:00 in die Desert Palace-casino op. Kaartjies kos R100 per volwassene en R50 per kind. Kaartjies is by die Desert Palace-casino te koop. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Rig navrae aan Andritt Steenkamp by 054-332-1100.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Uitstalling vier ‘variasies’

ESMÉ DU TOIT

Foto’s: Verskaf

ESMÉ DU TOIT se solo-uitstalling Variasies hang in Maud’s Place in Schröderstraat en kan tot Saterdag 8 Junie besigtig word. Dié tema is baie gepas vir die uitstalling waarin Esmé onderwerpe, tegnieke en benaderings ten opsigte van haar kuns vanuit verskeie oogpunte benader. Die tema van haar uitstalling sê ook iets van Esmé. Sy hou van die gedurige verandering in die temas, mediums en tekstuur waarmee sy werk. Sy is tuisteskepper en kunstenaar en haar mense en haar kuns lê haar albei na aan die hart. Haar man, Willem, is ’n afgetrede ouditeur, sakeman en boer. Hulle is met vier kinders en twee skoonkinders geseën. Sy skilder al baie jare “so af en aan”, soos sy dit stel, maar die afgelope 20 plus jare meer gereeld. Esmé het geen formele kunsopleiding ontvang nie, maar haar kunssinnige gees is van haar jeug af reeds

deur mentors soos Yettie Lenhoff en Lida Eksteen, wat haar steeds aanmoedig en leiding gee, gevoed en gevorm. Aanvanklik het Esmé in waterverf gewerk, maar haar werk het drasties verander toe sy met akrielverf begin werk het. “Dit is ’n moderne verf, word gou droog en dit pas my en my geaardheid om op my impulse te reageer,” verduidelik sy. Soms werk sy wel in olieverf. Die medium waarmee sy werk, word op die doek met sterk, los kwashale, impasto hale met ’n paletmes en soms sommer met haar hande aangewend. Esmé gee haarself algeheel aan die skeppingsproses oor wanneer sy skilder. Haar keuse van kleurgebruik is intuïtief. Sy sal eerder ’n kleur kies wat die karakter, aard en siel van ’n onderwerp vasvang as die verwagte natuurlike kleur van dit wat sy verbeeld. Hierdeur verleen sy ’n sterk emo-

siegehalte en teenwoordigheid aan haar kunswerke. Haar portretstudies verbeeld mense sterk, maar broos; selfversekerd, maar skugter; laggend, maar stil. Sy vang die paradoksale aard van menswees suksesvol op doekvas danksy die invloed wat haar kleurgebruik op die tema het. Die “regte” kleurgebruik is vir haar opwindend, altyd ’n uitdaging en sy eksperimenteer deurlopend daarmee. Hoewel Esmé tans oorwegend gesigstudies uitstal, waag sy ook haar hand aan diere, abstrakte landskappe en blomme. Sy glo daaraan om te verf waarvan sy hou en waarmee sy identifiseer en oorweeg nie noodwendig ander se menings nie. Tog beproef sy deurgaans ander se kunsbehoeftes wanneer sy skilder soos dit weer uit die verskeidenheid van temas op die uitstalling blyk. Kontak Maud’s Place deur 054-332-1089 te skakel of Amanda Reyneke van den Berg by 072-210-8640 te bel.

JONG VROU deur Esmé du Toit.

DBV soek nuwe lede DIE bestuurskomiteelede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington het bedank en hul verpligtinge is tydelik deur die nasionale DBV oorgeneem. Die dag-tot-dag take van die DBV sal onder beheer van Cornel Daries, inspekteur van die DBV, voortgaan. Hy sal steeds hulp aan mense kan verleen ten opsigte van wreedheid- en dieremishandelingsklagtes, welsyngevalle en waar rondloperdiere beserings opgedoen het. Omdat die Upingtonse DBV nie oor hokke of ’n perseel om diere te huisves beskik nie en ook nie ’n ooreenkoms het met die //Khara Hais-munisipaliteit om hul skut te gebruik nie kan geen rondloperdiere ontvang word nie. Dus moet alle klagtes oor rondloperdiere tot verdere kennisgewing aan die munisipaliteit gerig word. ’n Nuwe DBV-komitee vir Upington sal so gou moontlik aangewys word. Indien enigiemand belangstel om as komiteelid te dien kontak Johan van Zyl by 083-685-4351 of 078-8537096 of stuur ’n epos aan liaison4@nspca.co.za. ) Cornel Daries is nou ’n gesertifiseerde DBV-inspekteur wat op Upington, Keimoes, Kakamas en Springbok sal werk.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

9

Neem aan kompetisie deel

VAN links is Alex Meyer, Jan Louis Basson en Jan-Hendrik Opperman met hul brug wat 120 kg kon dra. Foto: Megan Loots

Duinevelders kan brûe bou

DIE Hoërskool Duineveld het op 8 Mei aan die SAICE-streekbrugboukompetisie wat by die Hoërskool Upington aangebied is, deelgeneem. Duineveld het vyftien spanne vir die kompetisie ingeskryf en met die eerste, tweede en vyfde plek weggestap. In die eerste plek was Jan-Hendrik Opperman, Jan Louis Basson en Alex Meyer. Hul brug kon 120 kg dra.

In die tweede plek was Gerhard Jacobs, NJ de Kock en Jacques van Zyl. Hul brug kon 107 kg dra. In die vyfde plek was Amourie Becker, Hanneri Compion en Dilene Fokkens. Hul brug kon 85 kg dra. Jan-Hendrik, Jan Louis en Alex gaan in September Duineveld en die streek in die SAICEnasionale brugboukompetisie in Pretoria verteenwoordig.

KRISTIE SCHALENKAMP, SZ Minnaar en Magdelie Kühn, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het op 8 Mei aan die Mintek-Anglo American- provinsiale Minquiz-kompetisie deelgeneem. Die eerste ronde het uit ’n individuele geskrewe vraestel bestaan en 33 spanne van die Noord-Kaap het deelgeneem. Van links is Magdelie, SZ en Kristie. Foto: Verskaf

Vreemde resies vir kanker gehou

ALMAL moes mooi konsentreer om die eier in die lepel te hou.

Foto: Verskaf

DIE Kalahari Relay for Life-span het op 1 Mei ’n vreemde kompetisie, ’n vinnige stap op hoëhakskoene, aangebied. Die Rietfonteiners het geskaterlag om die vroue op hul hoë hakke te sien stap. Daarna is ’n eier-en-lepelresies gehou wat tot nog opgewondenheid bygedra het. Die kompetisie is gehou om geld vir die Kalahari Relay for Life op 9 November op Philandersbron in te samel en spanne vir die relay te kry en kankerbewusmaking te bevorder. In die 10 tot 15 jaar-kategorie het Lanielle Snyders gewen. In die 16 tot 30 jaar-kategorie het Dean Steenkamp gewen en die 31 tot 60 jaar-kategorie het Martie Vilander gewen.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

‘Ek ken mense, ek stel belang’ André Botha DIE nuwe waarnemende premier van die Noord-Kaap is net ’n haarbreedte van ’n heeltydse aanstelling in dié pos af. Nietemin het sy nooit gedink sy sou so iets in haar lewe bereik nie, het sy in haar eerste formele onderhoud as premier gesê.

Wag voor die mond

“Ek sal nou my mond moet hou,” skaterlag Sylvia Lucas toe sy gevra word oor haar gereelde tussenwerpsels wanneer opposisiesprekers in die wetgewer praat. Sy is nou die premier, nog waar-

nemend tot die administratiewe kwessies rondom haar formele aanstelling afgehandel word. Lucas is bekend daarvoor dat sy saamgesels wanneer ’n opposisielid in die wetgewer aan die woord is – tot groot vermaak van die besoekers op die galery en groot irritasie van die opposisie.

Pos ’n verrassing

Haar aanwysing as premier het vir haar onverwags gekom. Verlede jaar op ’n Vryheidsdagbyeenkoms het sy nog vir die mense gesê sy het nooit gedink sy sal so ver kom nie. ’n Opmerking wat ’n mens laat dink aan Margaret

Thatcher wat gesê het ’n vrou sal nie in haar leeftyd eerste minister van Brittanje word nie. Nou sit Lucas in die premierstoel. “Ek het nie gedroom ek sal só ’n pos kry nie. Maar dis die ANC, enigiets is moontlik.” Haar naam was een van drie wat deur die ANC se provinsiale uitvoerende komitee aan die nasionale uitvoerende komitee gegee is om by Hazel Jenkins as premier oor te neem. ’n Ander was dié van Grizelda Cjiekella, wat die afgelope jaar as premier waargeneem het. “Ons het almal ’n gelyke kans gehad. Ek het dalk ’n breër gemeenskapsprofiel as Grizelda, omdat ek

SYLVIA LUCAS, aangewese premier van die Noord-Kaap, aan die gesels in die premierskantoor in Kimberley.

ouer is. “Ek het my nie klaargemaak vir die pos nie. Ek was gereed vir teleurstelling. Toe die sekretaris (van die ANC, Zamani Saul) bel, was ek nie geskok nie, maar dit was ’n groot verrassing.”

Upington haar hartsplek

Dit was inderdaad ’n lang pad wat sy van Progress, toe bekend as Blikkies, op Upington gekom het. Upington, haar hartsplek. “Ek is lief vir my dorp. As ek daar is, dan weet ek ek is by die huis.” Dit was as leerling aan die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington waar haar politieke bewuswording begin het, met onder meer klasboikotte in 1979 en 1980. In die eerste jare nadat sy in 1981 gematrikuleer het, was sy nie baie by politiek betrokke nie, maar omstreeks 1985 het haar gemeenskapsbetrokkenheid begin. Sy het onder meer gehelp om huurboikotte te organiseer. Sy het ook met ’n suksesvolle gemeenskapsaksie in Rosedale, waar sy toe gewoon het, om kitskrag vir die inwoners te kry gehelp. Haar gemeenskapsbetrokkenheid het nie daar geëindig nie. Sy het onder meer in die skoolbeheerliggaam van die Laerskool Westerkim gedien, waar haar kinders op skool was. En die kerk: Sy sing steeds in die Katolieke kerk op Upington se koor wanneer sy daar is. “Ek hou van sing,” sê sy. Haar politieke betrokkenheid het groter geword en in 1992 was sy betrokke by die stigting van die ANC-Vroueliga se tak in Rosedale en het sy in die takbestuur gedien. Daarna het sy, soos sy self sê, deur die range gevorder – lid van die ANC se uitvoerende komitee in Siyanda en in 2001 voorsitter van die komi-

Foto: Emile Hendricks

tee geword. In 2004 het sy lid van die provinsiale uitvoerende komitee geword. Intussen het sy in 1995 raadslid op Upington geword, en in 2000 wetgewerlid, wat haar een van die langsdienende wetgewerlede maak.

Nooit ophou leer nie

In die wetgewer het sy in verskeie komitees gedien totdat sy LUR vir omgewingsake en natuurbewaring geword het. Sy het nog nooit opgehou leer nie en is voortdurend met kursusse besig. As premier is dit veral die jeug en vroue aan wie sy aandag wil gee. “Ek glo baie sterk dat as jy vroue bemagtig, bemagtig jy ’n nasie.” Ook jeugbemagtiging is noodsaaklik. “Min jong mense in die Noord-Kaap studeer verder. Ons het meer internskappe en beurse nodig.” Sy meen die talle myne in die provinsie, veral in die John Toalo Gaetsewe-distrik, doen nie genoeg om vaardighede te ontwikkel nie. Groen ontwikkeling is ook iets wat sy wil bevorder. “Klimaatsverandering is ’n werklikheid. Groen ontwikkeling moet meer aandag in die Noord-Kaap kry.” As premier wil sy luister na mense. “Ek het die gawe om te luister. Ek ken mense, ek stel belang. Soms is iemand kwaad, maar wil net praat. Soos ons op Upington sê, hy wil net sy bek uitspoel. Mense is dikwels oningelig omdat ons nie vir hulle inligting gee nie. My ma het altyd gesê sy het nie rykdom om aan ons na te laat nie, maar sy kan vriendskap van vriende nalaat.” Haar familie is trots op haar. Nie net haar man, Job, hul kinders en drie kleinkinders nie. Die mense op Upington ook. “Swart en wit, hulle ken my almal, hulle is lief vir my,” sê sy. Soos wat sy lief vir Upington is.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

NISSAN HARDBODY 3.0 L TDi. Complete rear diff. Phone 083 232 1603. AANDAG: TOOL BAR KLIËNTE - Alle goedere wat by Tool Bar ingehandig is vir herstel moet binne 30 dae afgehaal word. Indien nie, sal goedere verkoop word om kostes te verhaal (16/05/2013).

VENTURE, 1998: R48 500. 2002 Hilux 2400: R48 500. 1997 Isuzu 250: R39 500. Phone 072 472 8686.

ASTRA, 1994: R22 500. 2001 Uno: R16 600. 1990 BMW: R16 500. Phone 072 472 8686. A LEGEND WAS BURRIED on 14/5/2013, aged 92. Fighter Pilot in World War II. Rest in peace, Stan Matthews, we will always love you!

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

SABRE, 1998: R39 500. 1996 Jetta: R24 000. 1994 Sting: R24 000. 072 472 8686 or 053 963 1409.

GEMEUBILEERDE eenmanwoonsel: Koopkrag, veilige onderdakparkering. Beskikbaar 1 Junie 2013. Skakel 083 737 8773.

UNO 2001: R17 500. 1996 Uno: R16 000. 1990 BMW: R17 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

KURUMAN- BACHELOR FLAT, brand new, stunning. R3 800 p.m. Phone 072 492 4144.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

GRYS WHIPPET- HONDJIES te koop teen R600. Skakel 076 126 2699. OPREGTE LABRADORS: 1 jaar oud. Reun en teef. R380 elk. Skakel 082 444 8241.

TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors en bakkies. Skakel 072 472 8686 of 053 963 1409.

1,2-m-MIELIERESTEBALE beskikbaar. R120 per baal. Schweizer-Reneke-/ Wolmaransstad-distrik. Louis 083 225 8815/Tom 083 656 2330.

STOOR: INDUSTRIëLE gebied, Kuruman. 42 vierkante meter groot. Huur R1 600 p.m. Skakel 083 524 4995.

MERCHANDISER KATHU/KURUMAN: On the Dot Media is looking for a self-motivated person for Merchandising Supermarkets in Kathu and Kuruman areas. Key responsibility: *Packing of magazines in categories * Maximise customer interest and sales * Analysing every aspect of bestsellers and monitoring slow sellers * Gathering information on customers' reactions to products. REQUIREMENTS * Code 8 with own transport * Cellphone * Retail experience 1 year Please fax details CV to 086 667 1838.

Standard Bank/Mr N.E. Mostert t/a Lime Civils

NOTICE OF SALE IN EXECUTION

In the High Court of South Africa (South Gauteng High Court, Johannesburg) Case No: 27158/09 In the matter between:STANDARD BANK OF SA LTD Plaintiff and MR NICOLAAS EVERHARDUS MOSTERT T/A LIME CIVILS Defendant Be pleased to take notice

11

that pursuant to a judgment obtained in the above Honourable Court on the 11th day of September 2009, the following will be sold in execution by Sheriff Postmasburg at Lime Civils Bo Plaas at 10:00 on 4 June 2013. Mercedes-Benz Actros truck, registration No: BSG 825 NC Dated at Benoni on this the 30th day of April 2013. BHAM & DAHYA ATTORNEYS No. 9 Lakeview Place Kleinfontein Office Park Pioneer Drive, Benoni Ref: Mr D. Dahya Tel. 011 422 5380 C/o BRAM FISHER TOWERS 14th Floor, Suite 1402 20 Albert Street Marshalltown Johannesburg

AIDA KURUMAN HUISE TE KOOP 1. 3 slk, 2 badk, 1-slk- woonstel, swembad. R2 050 000. 2. 3 slk, 2 badk, dam vir swem, 1-slk-woonstel. R960 000. 3. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TVkamer/kantoor. R1 380 000 . TE HUUR Huis te huur. R15 000 p.m. 1-slk-woonstel, R4 600 p.m. 1-slk-woonstel, R4 100 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422.

KURUMAN: 3 slk, badk, sitk, eetk, kombuis, toegeboude stoep met wasarea, garage, buitek met toilet en 'n afdak. Koopkrag en waterheffing uitgesluit, teen R9 000. 084 209 5536. KURUMAN: 3-bedroom house, 2 bathrooms, 1 garage, 3 carports and an established garden with automated sprinkling system to let for R10 000. Please phone me on 082 776 4945 or 082 332 4788.

Building a world-class diamond group

MEENTHUIS: 3 slk, 2 badk, kombuis, sit-/eetk, braaikamer, R9 000 p.m. Skakel 084 646 4750.

Finsch Diamond Mine ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse.Aubrey 072 747 1991 HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035. Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991 NUTSMAN: Alle herstelwerke in en om die huis. Loodgieters-, staal-, elektriese en houtwerk, teëls, plaveisel, ens. Skakel 082 752 1600.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

ISUZU 280 D/C, 2003: R59 500. 2005 Tata 2.0 TDi, d/cab: R32 500. Phone 072 472 8686.

Finsch Diamond Mine is located in the town Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.

KURUMAN

Winder Technician

TE HUUR Meenthuise

2 slaapkamers, 1 badkamer, enkelmotorhuis. R8 800 3 slaapkamers, 1 badkamer, enkelmotorhuis. R9 550 3 slaapkamers, 2 badkamers, enkelmotorhuis, baie veilig. R9 900 – R11 000

The successful candidate will be required to investigate, diagnose and perform maintenance and repairs on equipment and machinery for the Mining Department in accordance with the maintenance requirements.

BLANKE MANLIKE SJEF soek pos in Kuruman. +-10 jaar ondervinding. Skakel 079 662 1377. EK IS 'N hardwerkende vrou en soek werk. Ek kan goed skoonmaak en lekker kook. Ek is ook baie lief vir kinders. My gesondheid is goed en bly al my hele lewe in Mapoteng (Kuruman). Sal dit baie waardeer as u my 'n kans wil gee. Het verwysings. Skakel 078 913 6599.

Huise

3 slaapkamers. R9 900

TE KOOP Huis: Mothibistad. R430 000

Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123

SOEK, KOOP, VERKOOP

GRAFIESE ONTWERPER: Moet CorelDraw ken, met grootformaatdrukker en Vinyl Cutter kan werk. Weet hoe om Vinyl te plak en ook installasies kan doen. Minumum kwalifikasies: Graad 12, geldige rybewys en 3 jaar ondervinding. Epos CV na papa@telkomsa.net of skakel 082 826 1429. MEISIES GESOEK VIR PRIVATE GESELLINKLUB ASOOK KROEGMEISIES EN DANSERS Gratis verblyf. Salaris tot R 20 000 Rene BFN: 071 914 4234

Tasks and responsibilities: • Be responsible for winder control and electrical systems • Be responsible for compressor control and electrical systems • Be responsible for shaft and shaft station control and electrical systems • Update all electrical documentation (drawings, equipment database and datasheets) • Perform switching and preventative maintenance tasks on HT equipment • Adhere to policies and procedures, safety, health and environmental standards • Must be prepared to be on standby, perform callout duties and work overtime when required. Minimum requirements: • Electrician Trade Test Certificate (with recognised apprenticeship) • N4, minimum Heavy Current • General Electronics course • Code 08 driver’s licence • Advanced Siemens PLC Course will be an advantage • Thyristor Drive course will be an advantage • 5 years’ experience as Electrician/Technician, of which 2 years must have been winder-related. Other skills/competencies: • Working knowledge of PLCs, instrumentation and winders will be an advantage • HT experience • Familiar with 11KV system, ie drawings, protection, faultfinding, switching • Exceptional faultfinding abilities on complex electrical and instrumentation circuits • Working knowledge of large compressors and compressor controls will be an advantage • Good written and verbal communication skills in English • Good decision-making and problem-solving skills • Ability to work in a team • Ability to work at heights and in confined spaces. (Ref. FINSCH071) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334 before or on 24 May 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 98834

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

VEILINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism The Department has received nominations for the appointment of a Board Member to serve on the North West Gambling Board. The MEC responsible for Economic Development, Environment, Conservation and Tourism has considered all the nominations and short-listed the following nominees for appointment, subject to the outcome of public objections:

No

Name and Surname

1

Rene Aloise Kenosi

2

Alicia Tjale

Members of the public are requested in terms of Section 5(5) of the North West Gambling Board Act, 2001 (Act No 2 of 2001), to submit objections, in writing, detailing the grounds on which any of the short-listed nominees should be disqualified from being appointed as a Board Member of the North West Gambling Board. Copies of CVs are available on request from the Office of the Head of Department. Written objections must be submitted to the Office of the Head of Department: Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, Private Bag X15, Mmabatho 2735 on or before 16:00 on 29 May 2013.

Kone Solutions K20481

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

SPORT

Gewildste fees bied selfs meer

Alicé neem in Lusaka deel ALICÉ MARITZ, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Upington, het van 25 tot 28 April in Zambië aan die CANA-sone 3- en 4-swemkampioenskappe deelgeneem. Sy was die enigste Noord-Kapenaar wat vir die Suid-Afrikaanse span gekies is wat hier geswem het. Alicé het aan ses individuele nommers in die afdeling vir 13 en 14 jaar deelgeneem. Sy het een vierde plek, vier vyfde plekke en een agtste plek behaal. In die aflos het sy aan drie nommers deelgeneem en drie silwermedaljes ontvang.

Braam Muller VANJAAR vier Vryfees ’n gelukkige 13de verjaardag. Die fees is vanjaar in die kykNET-Fiëstas as een van die vier gewildste feeste in Suid-Afrika aangewys. Volgens die 2012-feesnavorsing beskou die respondente dit as hul gunstelingfees om by te woon. Die meeste respondente het die fees reeds meer as vier keer die afgelope 12 jaar besoek en bykans al die respondente meen die fees bied goeie waarde vir geld. Vanjaar word alle opvoerings en konserte op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied – jy kan dus brandstof spaar deur op een plek te parkeer en voet te slaan na die lokale waar jou programkeuses plaasvind. Toegang tot die feesterrein en kunstemark bly gratis. Die slagspreuk van vanjaar se fees is Hartelus. Almal kan vanjaar op die Vryfees na hartelus baljaar, want die kunstespyskaart bied waarlik iets vir almal: toneel van alle soorte; kwaai drama; klugtige komedie; alternatiewe andersheid; ’n eerste met ’n simfonieorkes; prikkelpoppies vir die manne; fyn musisering; opskopkonserte met onder andere

Atlete kan winterreeks pak

STEVE HOFMEYR is een van vele kunstenaars wat vanjaar van 9 tot 14 Julie op die Vryfees gaan optree. Foto: Verskaf

Steve Hofmeyr; gewilde gunsteling-kunstenaars; maar ook vars, nuwe

gesigte. Die Vryfees vind vanjaar van 9 tot 14 Julie plaas.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Artisan Millwright Mamatwan Mine

Ref. 758441 In this role, you will be expected to inspect, replace and maintain mechanical and electrical equipment in a safe and efficient manner. You’ll provide technical support, perform maintenance planning, undertake plant inspections and take part in mechanical installation work. Mechanical and equipment maintenance (including the conveyor), general rigging, electrical construction, installations, faultfinding and repair, and maintenance and inspection on lifting machinery and equipment are further focuses. You’ll also undertake welding and work with mobile equipment. Business improvement will be an important aspect of the role. To apply, you need a Grade 12 or equivalent qualification, a valid Trade Certificate (Millwright – Electrical/Fitting) and 3-5 years’ work experience, preferably in an underground mining environment. SAP experience would be advantageous. A valid Code 08/EB driver’s licence is essential. The role furthermore requires technical knowledge, planning and organising as well as familiarity with task reporting. We will expect you to pass the preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to: Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 24 May 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

ALICÉ MARITZ in aksie in die rugslag in Lusaka, Zambië. Foto: Verskaf

Human Communications 98777

DIE duathlon-winterreekswedlope wat jaarliks deur die Upington Crusaders aangebied word, sal vanjaar van Junie tot Augustus plaasvind. Die formaat van die reeks bly dieselfde, met een of twee veranderinge. Die reeks leen hom daartoe om drawwers en fietsryers in die winter aan die oefen te hou. Kobus Liebenberg, organiseerder, nooi almal om deel te neem. “Die fikses, minder fikses en die beginners sal almal by dié lekker winterreeks baat vind. Die gees en kameradie

onder deelnemers is fantasties.” Soos verlede jaar kan individueel of in spanverband deelgeneem word. Deelnemers draf eers 5 km, ry dan 25 km bergfiets en draf daarna weer 2 km. Vanjaar gaan daar van elke individu en span se wedlope tyd gehou word en ’n algehele tyd vir die reeks gaan gegee word. Elke deelnemer sal met die voltooiing van elke wedloop van die reeks ’n medalje ontvang. ’n Vertoonbord sal aan die einde van die reeks oorhandig word aan die individue of spanne wat al drie wedlope

voltooi het. Die eerste wedloop van die reeks is die BVI- raadgewende ingenieurs-duathlon op Saterdag 8 Junie by die Riva Resort op Louisvale. Die tweede wedloop is op Kakamas en word op 20 Julie deur en by die Vergelegenrestaurant en -gastehuis aangebied. Die derde wedloop is op Saterdag 10 Augustus op die Keimoes-wildsfees by Kalahari Water op Keimoes. Teken die datums in jou dagboek aan en besoek die blog www.upingtoncrusaders.blogspot.com vir meer inligting.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Bekoor met sang DIE Hoërskool Upington Camerata het ’n goue eerbewys in die ATKV-Applous-koorkompetisie verwerf. Dit is ’n landwye kompetisie wat daarna streef om koorsang in SuidAfrika te bevorder. Die Uppie Camerata is ’n kamerkoor wat uit 36 meisies bestaan. Die doel van die koor is om ’n liefde vir koorsang te kweek en koorsang in die algemeen te bevorder. Daarom tree die koor op verskeie plaaslike geleenthede op. Op 25 April het hy op die gradeplegtigheid van die Vaal-Universiteit van Tegnologie op Upington opgetree en op 28 April in die Paassangdiens van die Upington-moedergemeente.

DIE Hoërskool Upington se Camerata-kamerkoor. Foto: Verskaf

Glad met die mond LEEMÉ JANSEN VAN RENSBURG en Hesna Theron, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het na die halfeindronde van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring. Leemé, Alyssa Ekkerd en Salomé Hanekom het aan die senior afdeling van dié kompetisie deelgeneem. In die afdeling tel voorbereide toesprake slegs 20% en die onvoorbereide HESNA THERON (links) en Leemé Janse van Rensburg. Foto: Verskaf toespraak 80%. Hesna en Jana Becker het aan die junior afdevoorbereide toespraak 70%. ling deelgeneem. Leemé en Hesna gaan weer op In dié afdeling tel die voorbe25 Mei op Kakamas aan die komreide toespraak 30% en die onpetisie deelneem.

Uppies kuier by Kovsies DRIE leerlinge van die Hoërskool Upington se bestuurskomitee het van 5 tot 7 April ’n leiersberaad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein bygewoon. FJ Janse van Rensburg, Julio Jantjies en Carlin Harper het op die beraad, wat deur Pieter van Jaarsveld aangebied is, meer oor emosionele intelligensie geleer en die kampus verken. Volgens hulle was die beraad ’n baie leersame ervaring en die besoek ’n geleentheid van ’n leeftyd.

VAN links is FJ Janse van Rensburg, Carlin Harper en Julio Jantjies.

Foto: Verskaf

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 16 MEI 2013

Ingesluit in Robyne-span

Verteenwoordig span DIE volgende netbalspelers van die Hoërskool Kalahari is in die Robyne-span (Griekwa-Platteland) ingesluit wat die provinsie in die Junie-skoolvakansie gaan verteenwoordig. Hulle is van links, voor: Sharon Melamu (o.15), Lezaan van Rooyen (o.15) en Lesedi Kaotsane (o.15); agter: Jonelle Mohr (o.14), Leone van Rooyen (o.19), Kyla Horn (o.17), Wourine Jones (o.17), Grete Ellis (o.16), Lerisa-lee van Rooyen (o.16) en Abigail Barnes (o.17). Foto’s: Dalene Coetzee

ANRI VAN ROOYEN, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, gaan die o.18-Griekwaspan in die Junie–skoolvakansie in hokkie verteenwoordig.

Kalahari Bulletin 16 Mei 2013  

Kalahari Bulletin 16 Mei 2013