Page 1

Die Doringtak Nr. 40

November 2006

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: ibron@mweb.co.za

Familiebond-kennis Gesprekke met jonger familielede het aan die lig gebring dat die ontstaan en ontwikkeling van die Familiebond nie aan alle familielede bekend is nie. Diegene wat nog nie so lank intekenaars op Die Doringtak is nie, het ook heelwat inligting misgeloop. Daarom het ons besluit om sekere agtergrond-inligting weer aan te bied. So sal sekere vroeëre artikels en beriggies uit Die Doringtak weer aangebied word, soms in verwerkte vorm en soms in geheel. Ontstaan van Bond Tydens ‘n familiesaamtrek te GraaffReinet op 30 September 1983 is die Johan Jost Steinberg Familiebond gestig. By daardie geleentheid is die

indrukwekkende boek “Een Familie— Steenberg, Steinberg, Steynberg” bekendgestel. Hierdie stamregister was die resultaat van 32 jaar van intensiewe studie en navorsing in Suid -Afrika en ook ‘n besoek aan en uitgebreide korrespondensie met ons stamland, Duitsland, deur Lieselore Steynberg (gebore Wildner). Lieselore en haar oorlede man, Ulrich (b7.c6.d3.e9.f3) was die dryfkrag agter die stigting van die Familiebond. Sy was ook van die begin af die sekretaresse van die Bond en ook die redaktrise van Die Doringtak waarvan die eerste uitgawe in April 1984 verskyn het. Die formidabele Lieselore is by haar uittrede as sekretaresse en Doringtakredakteur in 2003 te GraaffReinet aangewys as Lewenslange Ere-President van die Familiebond. Sy is nog steeds ‘n steunpilaar met ‘n lewendige belangstelling in die doen en late van die Bond en sy lewer nog steeds waardevolle bydraes en advies waar nodig. Nuusbrief ‘n Interessante kenmerk van Die Doringtak is dat sy bladsynommers vanaf uitgawe no. 1 se bladsy 1 numeries voortgaan tot by hierdie uitgawe—Nommer 40. (Lede wat al

753

die Doringtakke versamel het, sal gemerk het dat daar in DD12 verkeerde bladsynommers ingesluip het. Instede van bladsye 37 tot 48, moes dit gelees het - 137 tot 148. Dit kan reggestel word deur eenvoudig ‘n 1 voor elke nommer in te voeg.) Stamvader Uitgawe No. 1 was ingelei met ‘n beknopte vertelling oor ons onverskrokke en avontuurlustige stamvader, Johan Jost Steinberg, wat op 24-jarige leeftyd sy familie en vaderland, Duitsland, agtergelaat het en in 1748 voet aan wal gesit het aan die Suidpunt van onbekende Afrika. Johan Jost se boeiende geskiedenis word op treffende wyse in “Een Familie” weergegee. Johan Jost was geseënd met 11 kinders, naamlik vyf seuns en ses dogters. Ons sou vandag ‘n veel groter familie gewees het as dit nie was dat net twee van sy seuns, nl. b7, en b11, die stamnaam kon voortsit nie. Johannes (b3) het net dogters gehad en kon dus nie die stamnaam voortsit nie. Teen 1983 was daar, sover vasgestel kon word, reeds 217 seuns en 176 dogters as nakomelinge van Johan Jost se tweede oudste seun, Petrus (b7), gebore, waarvan destyds nog 123 mans en 121 vroue gelewe het. Die jongste seun, Willem Frederik (b11), was heelwat voorspoediger en vrugbaarder. Ten tye van die stigting van die Familiebond het sy nageslag reeds 1225 seuns en 1098 dogters getel. Hierby is nie die dogters wat getrou het, se kinders bygetel nie, want hulle dra nie meer die stamnaam 754

nie. Naam vir nuusbrief Die familie is destyds geraadpleeg oor ‘n naam vir die nuusbrief en ‘n hele aantal familielede het gereageer met voorstelle. Daar was verskeie treffende name voorgestel wat per brief aan al die destyds bekende familielede voorgelê is. 75% van die lede wat gereageer het, was ten gunste van die naam Die Doringtak en so het dit die naam geword. Spelling van vanne Aanvanklik het talle familielede geweier om te aanvaar dat die Steenbergs, Steinbergs en Steynbergs almal lede van dieselfde familie is. Ek (Ron Steynberg) was omgekrap toe Mnr van der Vyver, ons skoolhoof op Carolina waar ek gematrikuleer het, my konsekwent Steenberg genoem het. (Hy het alle seuns op hulle vanne aangespreek.) Daar was ‘n Steenberg (van Chrissiesmeer) ook in die skool en hoewel hy ‘n gawe en netjiese kêrel was, het ek my nie as familie van hom beskou nie. So ‘n verskeidenheid van spellings (Steenberg, Steinberg, Steynberg, Steijnberg en Steynbergh) is nie ongewoon in genealogiese kringe nie. Dit kom nie net by ons familie voor nie. Vanmelewe se mense was nie baie geletterd nie en gevolglik nie baie gesteld op die manier wat hulle name geskryf is nie. Die skriba, of hy van Hollandse, Duitse, Franse of Engelse afkoms was, het name geskryf soos hy gedink het dit moet wees. In kerkregisters het dit dikwels gebeur dat dieselfde ouers se van by die doop


van hulle onderskeie kinders tot drie spelveranderings ondergaan het. Verder is daar ook by die registrasiekantoor heelwat foute gemaak. Een voorbeeld was toe Abraham Francois (b7.c6.d9.e1.f3) se geboorte geregistreer is en daar ‘n fout met die spelling van die van voorgekom het. Hy het sy van toe maar as Steynsburg aanvaar en behou. Frederik Taute (Frikkie) Steijnberg (b7.c6.d6.e5.f3.g2) het destyds laat weet dat die registrasiebeampte by die kantoor waar sy oorlede vader se geboorte opgegee was, ‘n egte Nederlander was wat in ‘n netjiese lopende sierskrif (waarskynlik nog met ‘n veerpen) “op echt Hollandse wijze zijn pen opgenomen heeft en als die regte wijze heeft hy dan ook Steijnberg geschreiven.” Dit is so in drukskrif opgeneem en Frikkie het dit goed gevind om, soos sy vader voor hom, sy kinders ook so te registreer. In Die Doringtak No. 7 van Maart 1987 het Frikkie weer verwys na familielede se traagheid om die verskillende skryfwyses van hulle vanne te aanvaar soos dit is, sonder om te glo dat hulle aan dieselfde familie behoort. Hy het die stamregister Een Familie deeglik bestudeer en het weer gemerk hoe ons voorouers se vanne veranderings ondergaan het. Ons stammoeder, Aletta Catharina, se van het op verskillende dokumente onderskeidelik as Verrein, Ferreyn, Verreyn en Verryn voorgekom. Hy merk op dat selfs die vier seuns van ons stamvader dit nie eens was oor die korrekte spelling van hulle van nie. Hy gaan dan voort om uit die

stamregister te toon hoe die oudste seun, Johannes (b3—wat net dogters gehad het) se van as Steenbergh geskryf was. Petrus Steenberg (of Pieter, b7) se nakomelinge het almal hulle van as Steynberg geskryf. Johan Jurgen Steenberg (b8.) het eers op sy oudag getrou en was kinderloos. Sy dokumente het hy met ‘n kruisie onderteken. Willem Frederik (b11.) se nageslagte is menigvuldig en het hulle van op al die denkbare spelwyses geskryf. So, jy kan gerus besitlik voel oor die manier waarop jou van geskryf word, en dit is reg so, maar jy moet weet dat jy met 99,9% sekerheid van Johan Jost Steinberg afstam. As jy moontlik nog hieroor twyfel, kan jy gerus kennis neem van die feit dat in sy eie leeftyd aan die Kaap, ons stamvader Johan Jost se van in dokumente en indekse op elke moontlik variasie van die van geskryf was waar daar na hom verwys word. Jost self het sy van op die oorspronklike Duitse wyse Steinberg - geskryf. In gevalle waar die familienaam mondelings oorgedra is, bv. vir huweliksregisters, verskyn hy as Steenbergh in 1751, Steynberg in 1756, Steinberg in 1762 en 1773; en onder die Burgereed in 1753 as Steynberg; op dokumente in verband met die opstand van smede in 1752 en ‘n latere hofsaak in 1775 as Steenberg; in ‘n opgaafrol in 1764 Steenberg; en op verskillende lyste tussen 1750 en 1774 as Steenbergh, Steenberg, Steynberg, Steinberg en Steenbergen; op sy transportakte in 1754 - Steenbergen en Steenberg; en op ‘n inventaris in 1772 -

755

Steenberg. Die Steinbergs kan dus trots wees dat hulle deur die eeue die oorspronklike Duitse skryfwyse behou het. Alle ander familielede kan daarmee spog dat hulle van se skryfwyse deur ‘n proses van ontwikkeling ‘n spelverandering ondergaan het wat dit eie aan Suid-Afrika maak. Maar ons bly EEN FAMILIE! “Vreemde” Steinbergs Daar is slegs enkele van-genote waarvan ons weet in die land wat op ‘n ander wyse as deur direkte afstamming van Johan Jost, in SuidAfrika beland het. Eienaardig genoeg, is een van hulle lid van die Bond. Hy is Rudolf Steinberg van Garstfontein wat in 1984 by ‘n banket vir die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs ‘n Steinberg raakgeloop het en oor hulle eenderse vanne begin gesels het. So het hy van die boek “Een Familie” gehoor en begin belangstel. Hulle het adresse uitgeruil en kort daarna toe hy in Kaapstad met sake was, het hy vir Lieselore opgesoek. Daar het hy besluit om by die Bond aan te sluit en hy is vandag nog lid. Hy het ‘n swaer gehad wat die geskiedenis van sy Steinberg-familie in Duitsland nagevors het tot by Johann vom Steinberg, gebore in 1644 naby Hueckeswagen, Duitsland. Hulle pogings om ‘n verband te vind tussen sy voorsate en dié van Johan Jost wat van nabygeleë Niederaula gekom het, was egter nie suksesvol nie. Franse Hugenote In die Steinberg-are vloei nie baie Hugenote-bloed nie. Ons stamvader het eers 60 jaar na hulle hier geland, maar twee van sy dogters het met agterkleinseuns van die Franse vlugtelinge getrou: Aletta Catarina (b10.) met Pieter Carel Theron.

Anna Elizabeth (b4.) met Pieter Hendrik Roux, en sy kleindogter: Catharina Elizabeth (b3.c4.) met Evert Bastiaan le Roux. In geslagte daarna was daar nog menige huwelik met nasate van die Franse vlugtelinge. Ons familie-stamregister Die Genealogiese Genootskap van S.A. het in 1986 ‘n tak in die WesKaap gestig. By maandelikse vergaderings van hierdie tak, is vir familienavorsers baie interessante lesings gelewer. Op 15 Maart 1988 het Mnr Willem de Villiers gepraat oor sisteme wat gebruik word om genealogiese data, of gegewens oor familie-navorsing, te rangskik. Onder andere het hy die Steynberg-sisteem bespreek en hieroor die volgende gesê: “Sonder twyfel een van die mees aantreklike Suid-Afrikaanse genealogieë ooit gepubliseer, is nagevors, geskryf, geïllustreer en gepubliseer deur ons tak-sekretaresse, Lieselore Steynberg, onder die titel EEN FAMILIE. Die boek het in 1983 verskyn. Hierdie boek, terwyl dit die de Villiers-stelsel respekteer, breek weg van die tradisionele styl van aanbieding. Eers beskryf die skryfster die Lieselore en wyle Ulrich by Lacia Steynberg se goue bruilof in 1993. Hy is later dieselfde jaar oorlede. ________________________________ bekende benadering, naamlik - ‘die stamvader is A. By hom eindig die oorsese vertakking en begin ons stamboom. Die eerste geslag word gekodifiseer met b. die tweede met c., ens.’ Maar dan gaan sy voort - ‘Om ‘n beter oorsig

756


oor geslagte te kry, word elke familie as ‘n geheel geplaas. Die name van seuns wat die familie-van in hulle nageslag voortsit, is onderstreep. Hulle gesinne word dan chronologies opgenoem - met ander woorde, presies soos die kode alfabeties en numeries voortgaan. Dogters se plek in die register eindig na verandering van hulle vanne, m.a.w. sodra hulle trou. Mev. Steynberg het daarin geslaag om die probleem van krimpende perspektiewe, so algemeen in die de Villiers-raamwerk, aan te pak deur ‘n opsomming van elke Steynberg wat afstammelinge gehad het, en dan elke nakomeling wat tot die stamboom bygedra het, op sy eie te behandel”. Van hierdie kosbare boek is daar nog ‘n klompie eksemplare beskikbaar. Skakel Ron as u graag een wil besit.

Andries Pretorius Monument

Graaff-Reinet Die probleemsituasie rondom hierdie monument in Graaff-Reinet - deur ons geëerde familielid, Coert Steynberg is nog nie opgelos nie. Lesers sal onthou dat ‘n nabygeleë plakkersdorp reeds in 2003 tot teen die monument uitgebrei het en die terrein was onooglik besaai met bottels, blikke en plastieksakke en ander vullis. Die saak geniet steeds aandag en die familie voel sterk dat die monument na ‘n geskikter plek binne die dorp verskuif moet word. Lieselore Steynberg, ons lewenslange ere-President, is nog onvermoeid besig om ‘n oplossing te probeer vind. Sy berig dat die Graaff-Reinet munisipaliteit vanjaar reeds twee vergaderings gehou het waartydens die Pretorius Monument bespreek is. Ermie Baartman by die museum in Graaff-Reinett is baie behulpsaam. Sy het ons ingelig dat die Stadsraad ongelukkig nie bereid is om die koste

757

van verskuiwing van die monument te dra nie. Die Graaff-Reinet Museum is gewillig om die monument op hulle grond oorkant die Anton Rupert-Museum te huisves. Ermie het reeds toestemming van die Departement Paaie gekry om die blokke van die monument gratis te verskuif. Dit val onder Mnr Langbooi, van die Dorpsbestuur, Kamdeboo Munisipaliteit. Lieselore voel sterk dat die Familiebond ‘n aandeel moet neem om die saak verder te voer. Sy meen ook dat as die Stadsraad nie beweeg kan word om die koste te dra nie, die Familiebond ‘n beweging aan die gang behoort te sit om die fondse vir hierdie doel in te samel. Ons voorsitter, Ds Nico Steenberg, het reeds korrespondensie gevoer met Gen. Maj. Gert Opperman, die Hoof Uitvoerende beampte van die Erfenisstigting. Mnr Opperman skryf op 9 Oktober ‘06 dat die woord “spoedeisend” nie bestaan in die woordeboek van owerheids-amptenare nie. Ten spyte van die feit dat die GraaffReinet museum toestemming verleen het dat die beeld daar kan staan, moet daar nog eers toestemming van die SA Erfenishulpbron-Agentskap verkry word. Die Oos-Kaap kantoor is in OosLonden en sekere Mnr Lungile wat vir die toestemming verantwoordelik sou wees, was tot onlangs met verlof. Ons vertrou dat by sy terugkeer, hierdie saak spoedig sy aandag sal geniet. Mnr Opperman was ook met Mev Baartman van die Graaff-Reinet

museum in verbinding en berig dat sy van mening is dat hulle nie op provinsiale vlak bevoeg is om toestemming vir so ‘n skuif te mag gee nie. Hy is egter besig om die saak op te volg en vertrou dat hy spoedig vir ons goeie nuus kan gee. Enige idees van u kant oor maniere om die nodige fondse te bekom vir die verskuiwing, sal verwelkom word. Skryf gerus aan Die Doringtak.

OOR GELD, NUUS, EN SO AAN Goeie voornemens het ‘n manier om hulle eie loop te neem. Ek wou graag in mid-Oktober Die Doringtak No. 40 uitgestuur het, maar dit het nie so verloop nie. Om te wag vir beloofde bydraes bly maar steeds deel van my lewe. Dit het nou weer tyd geword om aandag aan ledegeld te gee. Lede

758


vergeet nogal maklik om hulle ledegeld te betaal. Ons oorleef darem met donasies wat heelwat lede vir ons saamstuur. Ons het reeds in die verlede gepoog om fondse aan te vul deur die plaas van advertensies in Die Doringtak. Daar is egter min voordeel vir ‘n sakeman om te adverteer in ‘n blaadjie met so ‘n beperkte oplaag en so ‘n yl verspreiding dwarsoor Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe, en dan nog ‘n yler verspreiding per e-pos aan lede in plekke soos Korea, Kanada, Kuweit, die VSA, Australië en Nieu Zeeland. Die advertensie-idee het nie juis aftrek gekry nie. Die Bestuur waak steeds teen styging van die intekengeld. Dis in 25 jaar net eenmaal verhoog - en dit 12 gelede. Ledegelde is einde Januarie jaarliks betaalbaar. Ons doen ‘n beroep op lede om dit nie te vergeet nie. Stuur sommer dadelik u tjek of poswissel aan die: JJ Steinberg Bond Posbus 3501 PIETERSBURG 0700 Of, as dit u beter pas, deponeer u geld direk in die Bond se rekening in: J J Steinberg Bond ABSA Spaarrekening Rek. No. 38065851803 Tak 632005 (Pos of faks dan asb. u betalingsbewys na die adres of faksnommer bo-aan hierdie nuusbrief. Skryf ook asseblief in elke geval u volle voorletters, van en posadres daarby. Anders weet ons nie altyd wie se geld ons ontvang het nie.) Ons maak staat op u samewerking. 'n Opdateringstrokie word ingesluit. As u oor u geslagsregisterverwysing

beskik, skryf dit asseblief daarop. Dit spaar vir ons heelwat kosbare tyd.

VAN ORALS VANDAAN Lee Steynberg van Colleen Glen, Port Elizabeth, met wie ons laas in DD38 kennis gemaak het, is eintlik Maria Elizabeth (b7.c6.d3.e6.f2.g1.h3), haar ouers noem haar Lizelle, maar haar vriende noem haar sommer Lee. Ek (Ron) het onlangs tydens ‘n besoek aan Port Elizabeth impulsief moeite gedoen om by haar en haar ouers, Dirk en Marie op die naburige plaas, te gaan kuier. Ek het gevorder tot by Colleen Glen, ‘n klipgooi van waar hulle woon, maar kon om de dood nie hulle plek vind nie. By die poskantoortjie het ek Dirk se foonnommer verkry, maar kon tot my teleurstelling geen antwoord kry nie. Ek het toe by my tuiskoms dadelik vir Lee en haar ouers geskryf—en Lee het onmiddellik op haar kenmerkende lewendige wyse geantwoord. (Miskien sal lesers haar pragtige gedigte “BARTOLOMEU DIAS”, “EWIGHEID” en “'n MINNELIED AAN MY LOSLOPER” onthou wat onderskeidelik in Doringtakke 10, 11 en 13 verskyn het.) Hulle is jammer ons het mekaar misgeloop. Haar ouers was toe op nog ‘n maandlange 4X4 toer êrens in Namibië. Dit lyk vir haar hulle wil maar nie grasievol oud word nie! Groot nuus! Lee is intussen getroud met Gary Hensberg. Sy stuur ‘n pragtige troufoto saam wat op die strand geneem is! Van l.n.r. verskyn haar broer, Frederik Steynberg, pa Dirk Arnoldus; strooijonker; haar eggenoot Gary; dan Lee in ‘n pragtige lang trourok; haar suster Suzaan Steynberg; haar moeder, Marie; en

759

heel regs haar suster, Mariaan Havenga, wat ook die huwelik voltrek het. Gary, skryf sy, is ‘n ywerige versamelaar, eintlik ‘n “bargain hunter”. Hy is mal oor vendusies. In hulle yslike ses-motor motorhuis kan net Lee se motor staan. Verder is dit van bo tot onder gepak met bargains—soos haar ma sou sê: van ‘n dooie Jood tot ‘n nat sambreel! Amper al die diere op hulle plaas is op vendusies gekoop. Gary kom maklik tuis met 30 kalkoene—nie oor hy hulle nodig het nie, maar oor die transaksie ‘n BARGAIN was. So is daar melkbokke, varke, Nguni-beeste (Gary se trots), hoenders, makoue, hase (eintlik vir Chui, haar rooikat gekoop, maar gelukkig of ongelukkig nooit as maaltyd opgedien nie), perde en emu’s—daardie groot voëls wat bietjie soos volstruise lyk, maar wat so diep uit hulle mae uit geluide maak soos die rol van dromme. Hulle eiers is diep groen, amper swart. As jy die boonste lagie afkrap, skyn dit eers blou en dan wit deur. Chui is al maande dood. Sy het eendag net nie huis toe gekom nie. Lee glo sy het in ‘n strik beland van plaaswerkers of plakkers wat in die omgewing woon ... of bes moontlik ‘n slang? Dit was ‘n groot hartseer. Net die huiskat was bly. Sy was ‘n konstante senuweewrak gewees en het niks van Chui gehou nie wat gereeld met haar gestoei dat jy net sien hare waai. Nou is sy weer koningin van die plaas en stap lang ente saam met Lee en die honde. Sy grom ook nie meer as Lee haar optel nie. Hulle boerboel het onlangs hulle poumannetjie gevang en opgevreet. Die wyfie het vir dae haar keel hees geroep

na hom. Lee hoop ons kom weer daardie kant toe sodat ons in lewende lywe kan ontmoet. Anna “Ann” Jennings (neé Steynberg—

b11.c1.d4.e11.g8) of Tokai, married to Roland Mathew Jennings, writes: “We have a son and a daughter who each has a son and daughter, so we have two grandsons and two granddaughters. The eldest, Mathew, and his father enter the Argus cycle race each year and this year did quite well. Out of 35 000 cyclists Mathew came in 113th with a time of 2 hours 44 minutes and 46 seconds. (The winner’s time was 2 hours 13 minutes and 28 seconds.) Mathew’s dad finished in 3 hours 13 minutes and 2 seconds. Ann says there were two Steinbergs and five Steynbergs in the race this year: E & P Steinberg (whom DD believes to be Peet and Elria Steinberg from Hendrina), and D Steynberg, F Steynberg, J Steynberg, M Steynberg and T Steynberg. On page 111 of “Een Familie” we learn that Roland’s grandfather came to South Africa before 1886 with the Iniskilling Dragons out of Northern Ireland.

760

Jan en Louise Steynberg (b7.c6.d7.e5.f2.g1) skryf ‘n paar woorde van waardering vir Die Doringtak 39. Hulle het dit geniet en vind dit die moeite werd. Dankie daarvoor! Hulle stuur ‘n interessante brokkie nuus oor die Lavender Boerdery in hulle


omgewing. Sien berig elders in hierdie uitgawe. Dan bring hulle hulle kinders se besonderhede as volg op datum: 1. Elmarie, getroud met Marinus Meyer, het twee dogters, Marlise Meyer, gebore 10-12-1994, en Janien Meyer, gebore op 912-1988. Elmarie en haar gesin woon op Oesterbaai en sy is saam met haar ouers in die eiendomsbedryf. 2. Isak Jacobus Steynberg, getroud met Sanet (gebore Wait) - hulle het ‘n tweeling, Jan Petrus en ‘n dogtertjie genaamd Rease. Hulle is gebore op 08-01-2001. Isak en sy gesin boer op die plaas “The Burns” tussen Humansdorp en Jeffreysbaai. Hulle kinders is in die kleuterskool op Humansdorp. 3. Elna is getroud met Mark Tennant en hulle het ‘n dogtertjie, Jenna, gebore 09-05-2003, en ‘n seuntjie, Kyler, gebore op 23-02-2005. Hulle woon in Somerset-Wes en Elna is tans voltyds moeder en tuisteskepper. Vic Steenberg van Homestead, Germiston, skryf ‘n lekker geselsbrief—met ook ‘n goeie snapsie waardering vir Die Doringtak en veral die taalgehalte daarin. Dankie, Vic, sulke kommentaar maak dit vir my nog meer die moeite werd. Sy dogter Elizabeth en haar man, Gert Grobler, het in Februarie vanjaar na Suid-Korea vertrek waar hulle in die “Pajo English Village” digby Seoel die jong Koreaners Engels leer. Hulle is per Internet gewerf. Hulle vind die Koreane uiters vriendelik en gasvry. Sy seun, Victor, werk as tegniese tekenaar by Metso, Jetpark, en woon nog by sy ouers in. Vic onthou ‘n aantal interessante staaltjies uit sy jare in die polisiediens. Sien berig elders.

Lizette Basson (neé Steynberg— b7.c6.d3.e9.f4.) skryf uit Marble Hall dat dit met haar en Christo goed gaan. Hulle het ‘n goeie oes gehad en die Rand se swak vertoning bevoordeel hulle uitvoerpryse baie gunstig. Christo het weer ‘n aarvervanging in sy been gehad, maar dit gaan nou weer goed. Prof Leonie Viljoen (neé Steynberg b7.c6.d6.e6.f1.g2) is onlangs deur UNISA vereer vir haar bydrae en vêrsiendheid om die UNISA Language Festival te inisieer. Die Language Festival is bestempel as “a celebration of languages” ter viering van UNISA se ryke taal-erfenis. In Maart vanjaar het die Unisa Medieval Association, waarvan Leonie die afgelope 12 jaar voorsitter is, sy 25 -jarige bestaan herdenk. Leonie se bydrae oor dié tydperk is merkwaardig—en veral haar jaarverslae, waarvan sommiges in Chauceriaanse, Ou Engelse en OuNoorse Eddiese digvorm geskryf is. Hendrik Coenraad Ulrich Steynberg “Coert” (b7.c6.d6.e6.f1.g1.h1) van Middelburg, Mpumalanga, werk nog deeltyds as tandtegnikus, maar bestee deesdae die meeste van sy tyd aan sy skilderwerk. Van sy werk kan besigtig word op: http://www.southafricanartists.com Rita Ribbens (Rita se ouma, Anna Susanna Steynberg—b7.c6.d6.e3. was ‘n suster van Ron se oupa, Willem Frederick Steynberg (b7.c6.d6.e6.) Haar ouma was getroud met ‘n Hollander, Marthinus Ribbens. Een van hulle seuns was Hendrik Coenraad Steynberg Ribbens, later hoof van die destydse Nu Muckleneuk

761

Laerskool in Pretoria. Haar pa was die jongste broer, Leendert Ribbens. Rita maak verskoning dat sy nie eerder aan Die Doringtak geskryf het nie, maar haar lewe is ‘n bietjie soos ‘n video op “fast forward” met tye. Sy vermoed sy probeer te veel dinge aanpak (sekerlik dan eie familie!) Sy het altyd baie dinge op haar “om te doen” lysie. Sy het onlangs aan die Wêreld Meestersswemkampioenskappe by Stanford Universiteit in Kalifornië deelgeneem. Sy beskou haarself en haar man (Francois Burger) as baie gemiddeld en sê haar beste nommer is die 100m rugslag — waar sy 21ste gekom het. Vir haar is die deelname die belangrikste en groot pret. Hulle doen dit om fiks te bly Hier in Suid-Afrika kom sy soms 3de—so half verskonend! Sy swem in die 60—64 ouderdomsklas. Daar was vanjaar 62 “ewe mal” vrouens wat in Amerika deelgeneem het, vroue van Meksiko, Australië, Duitsland. Japan, Amerika en Frankryk in een uitdun saam met haar. Sodra sy 65 word, dan skuif sy op en behoort dan, teoreties, vinniger as die swemmer van 69 te wees. Let op die teoreties, sê sy. Dit is dus anders as op skool waar die o14’s nie so goed as die o16’s is nie en die ope ouens die regte presteerders is. Sy en haar man het eintlik die kampioenskappe gebruik as verskoning om Amerika toe te gaan en om dan ook vir ‘n doelwit te oefen. Hulle het op ‘n stadium gewonder hoekom hulle nie maar Amerika toe kon gaan sonder om deel te neem nie, maar toe hulle eers

daar was, het sy al begin wonder wat hulle kon verkoop om oor twee jaar na die Wêreldspele in Perth te gaan. Sy het ‘n klavier en Francois het ‘n MG ... Another relative André Peter Steynberg (b7.c6.d12. e2.f2.g2.h1.) also partici-pated in the World Masters Swimming Championships in San Francisco in August. He won one gold medal (backstroke) and also broke three SA Masters records although he did not win medals in those events at the world games. André is the eldest son of Claudius and Wendy Steynberg of Greyton, who passed on this news to us an hour before they left for the Far East where they will be visiting their middle son Pierre Hamman Steynberg. Their youngest son is Advocate Anton Leonard John Steynberg, who is played such a prominent role in the Shaik trial. Shaik’s appeal was recently turned down and he hadto start serving a long prison sentence.

‘n Geur van ‘n ander Kleur Vier ondernemende inwoners van die Kouga streek net buite Jeffreysbaai het vanjaar hulle eerste oes ingesamel van lavendine abrialis, ‘n nabye verwant van die bekende laventelplant van Europa. Uit hierdie kruid word dikwels die sogenaamde laventel-olie vervaardig. Dit was die grootste kommersiële laventel-oes ooit in die OosKaap en een van die tien grootstes in die land. Die vennote is Sanet,

762


eggenote van Isak Jacobus Steynberg - (b7.c6.d7. e5.f2.g1.h2) en skepper van die konsertlokaal “The Burns” buite Jeffreysbaai, Nap Heyns, en Jannie en Lindie Lötter. Wêreldwyd is die vraag na laventelolie tans ongeveer 10 miljoen liter per jaar en dit vergroot jaarliks met 1.5% tot 2%. Lindie en Sanet het hierdie droom gehad en vir Jannie begeester wat na twee jaar van navorsing gehelp het om die eerste saad te plant. Om die regte grond te vind was moeilik totdat Nap ingestem het dat hulle drie hektaar van sy plaas Leeuwbos wat al ses geslagte in die Heyns familie is, kon gebruik. Jannie sê dat een hektaar tot R4000 per hektaar per maand kan oplewer as dit korrek bemark word. Die plante blom jaarliks en hulle vermoë om olie te produseer verbeter soos die plante ouer word. Nap het geglo hulle is van hulle wysie af — regte boere kweek mos nie blomme nie! Hy het egter besluit om minder skepties te wees en hulle ‘n kans te gee. Vandag is hy baie beïndruk met wat hulle vermag het. Die saad is twee jaar gelede geplant en die eerste blomme kon verlede jaar geoes word. Die plante was egter nog te jonk om olie te lewer. . Hierdie jaar was die plante gereed en het sowat 180 liter opgelewer, wat uitstekend was vir ‘n eerste oes. Die oeswerk is arbeids-intensief en 21 mense was gebruik daarvoor. Die olie is gedistilleer deur Werner Bester wat in die Wes-Kaap met laventel boer en wat ook distilleertoerusting vervaardig. Hy sê hy doen normaalweg nie huisbesoek met sy toerusting nie,

maar hierdie was ‘n uitsonderlike geval. Hy vind dit opwindend dat laventel nou op ‘n groot skaal in die Oos-Kaap verbou kan word. Die vennote wil die olie plaaslik bemark en wil graag die aromaterapiemark betree. Werner sê daar is aanvraag vir die Suid-Afrikaanse olie in die uitvoermark, maar dit betaal beter om dit in klein hoeveelhede plaaslik te verkoop. Sanet-hulle beplan reeds om die aanplanting op Nap se plaas tot sewe hektaar uit te brei. Hulle ondersoek ook tans die moontlkheid om roosmaryn te kweek. Sanet, die familie volg julle vordering met groot belangstelling!

Huwelike Maria Elizabeth (Lee) Steynberg (b7.c6.d3.e6.f2.g1.h3), van Colleen Glen, Port Elizabeth, dogter van Dirk Arnoldus en Marie, is onlangs getroud met Gary Hensberg. Sien vollediger berig elders. Cornelius Johannes (Johann) Steynberg (b7.c6.d3.e6.f1.g1.h3), jongste seun van Ron en Issie Steynberg van Pietersburg, is op 4 November 2006 in die eg verbind met Nerina Maree, dogter van Marina Maree van Kestell. Die besonder treffende seremonie en ook die heerlike onthaal het by die Ysterberg Natuur-Oord plaasgevind halfpad tussen Mokopane en Polokwane - dis nou Potgietersrus en Pietersburg van destyds! Die egpaar het hulle wittebrood-vakansie in Kenya

763

deurgebring.

laat vier kinders, twee skoonkinders en ses kleinkinders na wat haar baie sal mis.

Geboortes Hendrik Frederick (b11.c5. d2.e3.f7.g5.h1) en Brenda Blunden Steynberg is die gelukkige ouers van: Suné - geb. 20 November 1997, en Hendrik Frederick - geb. 8 April 1999. Dean Michael Steynberg (b11.c1.d4. e11.f2.g1.h1.i1.) en sy vroutjie Coreene Elripha (neé Zeelie) se eersteling is vanjaar gebore en gedoop: Sonneke Devan Benjamin

Magdalena Susanna Margaretha Badenhorst (neé Steynberg b11.c1.d2.e2.f3.g8) is op 27 Junie 2006 in Turffontein, Johannesburg oorlede na ‘n beroerte. Sy was ‘n jonger suster van Oom Coert Lourens Erasmus Steynberg van Hennopsrivier. Oom Coert was vroeër ‘n ywerige bydraer tot Die Doringtak.

Dís nou kook!

Sterftes Benjamin Steynberg (b7.c6.d7.e9. f3.g3.) laat weet dat sy moeder, Doris Steynberg op 20 Oktober ‘06 onverwags oorlede is. Sy het die laaste 15 jaar voor haar afsterwe baie gelukkig gewoon in Serenitas, ‘n aftreeoord in die Strand. Dit was haar ware goue jare—waarin sy nuwe vriende leer ken het en nuwe lewensvreugdes kon ontdek. Sy het in die laaste paar jaar haar sig gaandeweg verloor, maar het altyd positief gebly en nie toegelaat dat omstandighede haar onder kry nie. Sy

Sommige vroue kook maklik vir ‘n gesin van agt; ander skrik nie vir ‘n gastelys van 30 en meer nie. Die meeste sal egter kleinkoppie trek as dit by 3 000 en meer kom. Nie Ané Steinberg van Chrissies-meer nie. Toe ‘n nasionale spysenierings-firma spyseniering benodig vir 7 000 mense, was dit vir haar geen probleem nie, maar ‘n geleentheid. Toe sy die tender kry om potjiekos vir dié skare te maak, het sy met kenmerkende deeglikheid en 100% steun van haar man, Nico, begin voorberei op ‘n skaal soos nooit tevore nie. Die koste om 60 driepoot-potte te huur, het haar laat besluit om

764


eerder nuwes vir haarself aan te koop. ‘n Gas-tegnoloog is geraadpleeg oor die aanleg van die gasbranders wat nodig sou wees. Omdat die baie reën plaasbedrywighede gekortwiek het, was daar plaasarbeiders beskikbaar om met die groot kook te help. Vyftig van hulle is uitgesoek en fleurig vir die groot dag uitgerus met kleurvolle Afrika-voorskote, wat Ané se ma gemaak het, oranje kopdoeke en wit hemde. Die resepte vir die vier verskillende potjies, bees met tamatie en basiliekruid, skaap met appelkoos en roosmaryn, hoender met kerrie en gemmer en wild met appel en tiemie, het Ané deeglik getoets met twee kilogram vleis op ‘n slag. Geen kanse kon gevat word met die kook van die een-en-'n-half ton vleis wat sy op twee geleenthede sou moes gaarmaak nie. Tevrede met die toetsresultaat, het sy twee dae voor die groot dag, die bestanddele vir elk van die 60 potte sorgvuldig afgemeet, van die olie en botter tot by die speserye, in sakkies opgemaak, met die pot se nommer gemerk en in die koelkas bewaar. Intussen is ‘n markiestent deur die firma opgeslaan en twee dae voor die groot dag is die kookgerei netjies in gelid opgestel. Twee-uur die oggend van die “veldslag” het die optog vanaf Chrissiesmeer vertrek en by die tent aangekom, het dit twee ure geduur om die hele vrag af te laai. Daarna kon die ses

uur lange kookproses begin. Die gaste is op twee Woensdae onthaal, 3 500 op ‘n keer. Die atmosfeer in die tent was feestelik en na die onthaal was almal dit eens dat hulle lanklaas so lekker geëet het: vrugte, vetkoek, rys en pap en veral die heerlike potjiekos. Ané sê dat sy al die benodigdhede vir hierdie omvangryke onderneming plaaslik aangekoop het. “Dis ‘n pluimpie vir Ermelo. Dit was nie vir my nodig om een keer stad toe te ry nie,” sê sy. Dis waarom Suid-Afrikaners Vrouedag vier. Dis om hulde te bring aan vroue soos Ané Steinberg wat nie terugdeins vir ‘n uitdaging van hierdie omvang nie. ___________________________

GEREGTIGHEID In Die Doringtak 39 het ek vertel van my en Issie se onderonsie met ‘n gewetenlose motorhandelaar. Ek het gemeen ons moet dit ‘n familie-veldtog maak om swak en/of gewetenlose diens te beveg - en in Die Doringtak vir mekaar daarvan te vertel. Intussen het ek en Issie weer met ‘n boelie te doene gekry en hom die stryd aangesê om hom ‘n les te leer - en terloops ‘n klomp skade te verhaal. Of hy wel iets geleer het wat sy

Sport Aan die Twee Oseane Marathon op 14 April het die volgende familielede vanjaar deelgeneem. Ongelukkig is die volle name nie gepubliseer nie. E Steinberg D Steynberg P Steinberg F Steynberg J Steynberg M Steynberg P Steynberg

Grade Ontvang In April vanjaar het Ernest Cornelius van Rooyen Steinberg (b11.c7.d2. e4.f6.g1.h3.) die graad BscAgric (Landbou-ekonomie met Veekunde) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. By dieselfde geleentheid het Paula de Villiers die graad BScAric (Agronomie en Landbou-ekonomie) ontvang. Ernest en Paula is verloof en beplan om volgende jaar te trou.

765

toekomstige optrede sal verbeter, is nie seker nie. Wat dink julle? Laat ons hoor as julle soortgelyke ervarings gehad het. Op 5 November 2005 geniet ek en Issie middagete in 'n restaurant in Pietersburg. Issie se mooi blink Honda staan op die sypaadjie reg voor die venster waarby ons sit. So halfpad deur ons ete sien ek uit die hoek van my oog iets uit die lug val. Ek dog dis 'n takkie of iets wat uit ‘n boom geval het, maar Issie sê sy het iets soos weerlig in die boom gesien en ‘n knettergeluid gehoor.

Die volgende oomblik is daar uitroepe en ‘n klompie mense storm na buite. Dit blyk toe dat ‘n vinger-dikte oorhoofse elektriese kabel afgebrand het en oor die Honda en twee ander voertuie geval het. Die Honda is die ergste getref en taamlik beskadig booor die dak en albei voordeure. Almal is onseker of die kabel nog lewendig is en of dit veilig is om aan die voertuie te raak. Iemand bel ‘n munisipale beampte wat hy ken en binne minute is die man daar. Hy verklaar die kabel veilig. Hy stel ons gerus dat die munisipaliteit versekering het teen hierdie tipe gebeure. Ons moes net drie kwotasies vir die herstelwerk kry en dit met ‘n brief aan die munisipaliteit stuur. Dié doen ons sommer die volgende dag met redelik voorspelbare gevolge — geen antwoord nie vir weke. Navrae blyk vrugteloos te wees. Niemand weet waarvan ons praat nie. Die gemiddelde herstelkoste op die drie kwotasies is amper R8000 maar ons het aangedui dat ons bereid is om die laagste kwotasie, naamlik R7,737-96 te aanvaar! Toe volg ons maar weer die veilige en beproefde prosedure — waarteen groot gevoellose instansies feitlik magteloos is: die Hof vir Klein Eise. Jy kan wel slegs ‘n maksimum van R7000 eis, maar jy weet dat geen gesoute regsverteenwoordiger van die gevoellose instansie kan jou saak nimmereindigend

766


uitrek nie of jou tydens die verhoor kom intimideer, probeer verwar of boelie nie. So lewer ek, Ron, toe persoonlik ‘n Brief van Aanmaning van die Klein Eise Hof aan die Polokwane Munisipale bestuurder se ontvangsdame wat teken vir ontvangs daarvan. Ons eis die R7000 wat die hof ons toelaat. Die balans is ons bereid om af te skryf uit dankbaarheid vir die gerief en sekerheid van snelle afhandeling. Daar kom geen reaksie binne die 14 dae wat die Hof die verweerder toelaat om te betaal nie en ons gaan voort om ‘n Dagvaarding te laat uitreik en dit deur die Bulju aan die munisipale bestuurder te laat beteken. Die dagvaarding beveel die verweerder om die eisbedrag plus die baljukoste voor of op 23 Maart te betaal of anders op daardie dag om 6nm in die hof te verskyn om die eis teen te staan. Geen reaksie, en so is ons hof toe. Hier verskyn Mnr Manngo, ‘n regsadviseur van die munisipaliteit, langs Issie en probeer sommer haar lêer uit haar hand neem om te sien waaroor haar eis gaan. Sy weier natuurlik en eindelik beland ons toe voor die regbank. Aangesien die hof geen regsverteenwoordiging toelaat nie, maak Mnr Manngo beswaar teen my (Ron se) teenwoordigheid. Ek verduidelik dat ek nie Issie se raadsman is nie, maar haar eggenoot en mede-eienaar van die voertuig, hoewel dit op haar naam geregistreer is. Hy ignoreer die feit dat hy self geen reg daar het nie, en gaan voort om aan die hof te verduidelik dat die dagvaarding daardie selfde middag eers op sy tafel beland het — vier maande na die balju dit afgelewer het! Die afskrifte van die kwotasies het sindsdien onverklaarbaar verlore

geraak. Hy sê sy werkgewer het geen plan of selfs gronde om die eis teen te staan nie, maar hulle het versekering teen hierdie tipe van eise en hy sou toesien dat die versekeringseis ingedien en so spoedig moontlik betaal word. Uit ‘n oormaat van billikheid teenoor albei partye, stel die hof die saak vir ‘n verdere sewe weke uit — en beveel my en Issie om weer afskrifte van die drie kwotasies aan die verweerder te lewer. Die munisipaliteit moet dan voor 11 Mei betaal of daardie aand die saak kom verdedig. Teen 6 nm op 11 Mei het ons nog nie weer van die munisipaliteit verneem nie, hulle verskyn ook nie in die hof nie en die munisipaliteit word in sy afwesigheid gevonnis tot betaling van R7000 plus die baljukoste binne tien dae. Die volgende oggend lewer ek persoonlik ‘n kennisgewing tot dié effek by die betrokke kantoor af. Die tiende dag skakel ‘n persoon van die munisipaliteit vir Issie - in wie se naam die saak gevoer is - en vra haar om na sy kantoor te kom om ‘n ontslagvorm te kom teken. Ek vertrou nie die vrede nie en gaan besoek die man self om uit te vind waaroor dit gaan. Die man verduidelik dat die vorm benodig word vir hulle eis teen hulle versekering. Ek vra of sy dan onmiddellik ‘n tjek sal kry. Nee, verduidelik hy, die vorm sal na hulle versekeraars in Randburg gestuur word wat dan sal reël dat ons eis betaal word. Hy kan egter nie sê of betaling binne sewe dae of binne sewe maande sal geskied nie. Ek deel hom mee dat ons geen vorm sal teken nie. Die Hof het die Stadsraad van Polokwane reeds gevonnis tot betaling van R7000 plus die balju se koste binne tien dae. Die tiende dag het nou

767

aangebreek en ons verlang dieselfde dag nog betaling, so nie gaan ek die volgende oggend ‘n Lasbrief vir Eksekusie by die hof kry wat die Balju dieselfde dag sal aflewer en onmiddellik betaling kry, of anders gaan hy op voldoende bates beslag lê wat per veiling verkoop kan word om ons eis te betaal. Hy verduidelik vir my dat ek duidelik nie verstaan hoe dinge by die munisipaliteit werk nie. Hy kan nie vir ons ‘n spesifieke datum gee waarop betaling sal geskied nie. Dis in die hande van hulle versekeraars. My reaksie is dat ek baie duidelik verstaan dat dinge by hulle eenvoudig nie werk nie. Ek verduidelik op my beurt dat ek sy werkgewer se optrede, of eerder gebrek aan optrede, beskou as minagting van die hof en dat ek met die lasbrief voortgaan. Omtrent ‘n uur later skakel ‘n dame van die versekeringsmaatskappy en versoek dat Issie die ontslagvorm gaan teken sodat hulle die saak kan afhandel. Ek vra of sy enige aanduiding kan gee hoe vinnig betaling dan sal geskied, maar sy kan nie. Dit kan ‘n week wees, ‘n maand of maande. Dan stel ons nie belang nie, vertel ek haar. Ons het nou lank genoeg gewag. Die munisipaliteit moet dan maar in reaksie op die lasbrief betaal. Later dieselfde middag bel Mev Visagie, klerk van die Polokwane Hof vir Klein Eise my en sê sy verstaan ons weier om betaling te aanvaar. Dis glad nie so nie, sê ek. Voor ek nog verder kan verduidelik, maan sy my om nie my gewig met haar rond te gooi nie. As dit my houding is, sal sy beslis weier om die lasbrief uit te reik!

Ek is nie bereid om so mee gepraat te word nie en stap dadelik na haar kantoor toe. Van aangesig tot aangesig het haar houding aanmerklik verbeter en bel sy in my teenwoordigheid die versekeraar se dame. Dié onderneem om toe te sien dat die eis binne sewe dae betaal word as Issie dieselfde middag nog die ontslagvorm by die munisipaliteit gaan teken. As hulle dan nog nie betaal het nie, belowe Mev Visagie, sal sy onmiddellik die lasbrief uitreik en moet die reg maar sy gang gaan. Net vir die rekord kan ek meld dat betaling toe eers op die elfde dag daarna geskied het, maar dit was darem nie nodig om nog maande te wag nie. Wat ‘n mens natuurlik dronkslaan is dat wanneer ‘n gewone landsburger ‘n vonnis teen hom kry, dit sy naam op allerlei kredietrekords laat beland en sy kanse om weer iewers krediet te kry, ‘n ernstige jarelange knou gee. Hier is dit ons agbare plaaslike regering wat skynbaar straffeloos weens absoluut hopelose administratiewe optrede blykbaar redelik gereeld vonnisse teen hulle kry, sonder dat dit iemand hinder of hulle kredietwaardigheid affekteer. Ek glo nog dat ons almal konsekwent moet weier om swak of onbetroubare diens te aanvaar. Wat dink die familie?

IN GELYKE MUNT In 1966 was Vic Steenberg speurdersersant gestasioneer

768

as te


Ondangua in die plat en kliplose Ovamboland. In teenstelling hiermee is die Kaokoveld wat wes van Ovamboland lê, redelik bergagtig en klipperig. Sersant Boet Holtzhausen was destyds die stasiebevelvoerder te Ohopoho in die Kaokoveld. Hy is die ouer broer van Michiel Holtzhausen, beter bekend as Mike Holt, die opwindende bokskampioen van destyds, . Op ‘n dag daag daar ‘n groepie Ovahimba’s op by die Ohopoho polisiestasie. Die Ovahimba’s kom hoofsaaklik in die noord-oostelike deel van die Kaokoveld voor. Dat hulle so ver te voet gekom het, het gedui op die erns van hulle klagte. Die Ovahimba se beeste speel ‘n groot rol in hulle lewens en is ook hulle betaalmiddel. Omdat hulle gebied so afgeleë is, dryf hulle handel met hulle Portugese bure oorkant die Kunene in Angola. Om die naaste Portugese dorpie, Chitado, in Angola te bereik, moet hulle die Kunene-rivier by Swartbooisdrif oorsteek. Dit is hier waar die Dorslandtrekkers in 1880 dié rivier oorgesteek het na hulle nuwe tuiste in Angola. Hulle klagte was die volgende: Op ‘n dag het dié groepie Ovahimba’s met ‘n aantal beeste ‘n besoek aan Chitado gebring om onder meer negosieware te koop. Die Portugese handelaar het hulle mildelik van spys en drank voorsien, waarvan die besonder potente Portugese mampoer, genaamd Aquadente, deel uitgemaak het. Toe die fuifparty reeds geruime tyd geduur het, merk een van die gaste in

‘n helder oomblik hoe hulle vriendelike gasheer feitlik ongemerk leë bottels van agter die toonbank te voorskyn bring en en by die ander bottels voeg wat reeds deur hulle geledig was. So het hy dan die koste van hulle spys en drank opgejaag. Die Portugese gebruik was om die aantal leë bottels te tel wanneer betaal moet word. Toe die handelaar hulle die aantal leë bottels toon, was hulle verbyster. Hulle kon nie glo dat hulle soveel drank kon verbruik het nie. Proteste het niks gehelp nie en die handelaar eis al hulle beeste as betaling vir hulle gefuif. Hulle kon nie eers negosieware koop nie. Hierdie insident was die onderwerp van hulle klagte. Sersant Holtzhauzen het besef dat hulle gruwelik uitgebuit was. Indien hulle hul beeste in Suidwes kon verkoop (as hulle nie so ver van ‘n mark af was nie), sou die prys van een enkele bees meer as vergoed vir alles wat hulle nodig gehad het. Die onwrikbare vertroue wat die Ovahimba’s in die SA Polisie gestel het, het hom diep getref. Hy het hom egter in ‘n baie onbenydenswaardige posisie bevind: Hoe verduidelik mens nou vir ‘n baar Ovahimba dat die SA Polisie geen jurisdiksie in Angola het nie? Hulle verstaan nie die witman se wette nie. Hy het verstaan dat hoewel baar, die Ovahimba alles behalwe onnosel is. Hulle is manne wat mens liewer nie moet verneuk nie. Hy moes ‘n oplossing vir die probleem vind en gou ook. Soos Salomo van ouds vra hy hulle

769

toe d.m.v. ‘n tolk hoe hulle gewoonlik hulle beeste wat afgedwaal het, weer terugvind. Hy het die Ovahimba se gebruike en gewoontes goed geken en geweet wat die antwoord gaan wees. “Ons gaan soek hulle en blaas gedurig op ons beeshorings en as hulle dié geluide hoor, kom hulle self vanuit die bosse na ons toe.” (Weens die klipperige terrein is suksesvolle spoorsny nie altyd moontlik nie.) Sy raad aan hulle was: “Gaan nou terug na dieselfde Portugees. Neem genoeg beeste saam om om julle negosieware te koop. Hou ‘n ordentlike fuifparty, neem julle beeshorings en leierbeeste saam”. Selfs vir die Ovahimba het die spreekwoord gegeld: ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig. ‘n Maand later daag dieselfde groep Ovahimba’s weer by die Ohopoho polisiestasie op. Hierdie keer onbeswaard, selfs ingenome en baie tevrede. Hulle kom net vertel wat toe in Angola gebeur het. Die Portugese handelaar het dieselfde modus operandi gevolg. Hy was verbaas toe hulle met die betaalslag geen beswaar geopper het nie en gedwee afstand van hulle beeste gedoen het. Toe dit sterk skemer was, het hulle op hulle beeshorings geblaas en al hulle beeste het hulle gevolg. Toe hulle ‘n entjie verder weg was, het hulle op hulle gemak hulle beeste teruggejaag na hulle krale in Suidwes. Hulle het egter ‘n baie vies en ontnugterde kêrel agtergelaat in

Angola. Hy het egter deeglik sy les geleer en is in gelyke munt terugbtaal.

FIENIE VERTEL

VERDER Stefina Josina (Fienie) Meiring (geb. Steynberg—b11.c10.d5.e6) het laas in DD38 vertel van haar pa wat tydens die Boereoorlog so ‘n karnallie was wat o.a. die Tommies laat turksvye eet het met skil en al. Nou vertel sy van haar moeder wat destyds in die Kaapprovinsie naby Oos-Londen gewoon het. Die oorlog was mos beperk tot die Vrystaat en Transvaal, maar in die Kaap-Kolonie, soos dit destyds genoem was, was ook etlike kampe vir vrouens en kinders. Haar oupa het groente aan

770


een van die kampe gelewer en dan het haar moeder saam met haar oupa en ouma op die perdewaentjie gery waarop die groente vervoer was. Tant Fienie se moeder en grootmoeder het dan by die vrouens in die tente gekuier terwyl haar oupa die aflaai van die groente beheer het. Die vrouens in die kamp het toe vertel van die gruwelike mishandeling wat hulle moes verduur en dat self fyngemaalde glas in hulle kos gekry was. Die maer en verhongerde gesiggies van kindertjies het hulle aan die hart geruk. Saans moes alle ligte om negeuur uit wees, anders kom klap die soldate aan elke tent met die uitroep “Lights out!” Haar moeder het ook vertel dat in die skooltjie op hulle plaas ‘n Engelse juffrou met haar stokkie op ‘n wêreldkaart ewe trots gewys het hoe baie lande van die wêreld aan Engeland behoort. Verder moes elke kind wat dit durf waag het om Afrikaans/Hollands te praat ‘n karton om die nek gehang word waarop geskryf staan: “I am a donkey.” Tannie Fienie sê sy is nou 81 jaar jonk (op 25 Junie verjaar) en sy geniet dit om te lewe omdat sy saam met Paulus kan uitroep: “Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins.” Haar dogter, Kitty, by wie sy tans inwoon, het by ‘n swart skool onderwys gegee. Een middag het sy ‘n ruk na skool gebly om nog ‘n paar takies af te handel. Haar klaskamer was aan die agterkant van die skool geleë met die deur teenoor ‘n oop stuk veld. Terwyl sy met haar rug na die deur by die tafel staan en werk, hoor sy

voetstappe agter haar. Sy kyk om in die gesig van ‘n swart man wat ‘n mes omhoog hou en vir haar sê: “I am killing you!” Sy het groot geskrik, maar haar teenwoordigheid van gees behou en hom bestraf met hierdie woorde: “In die Naam van Jesus, val neer!” Hy het asof verlam bly staan en kon hom nie roer nie. Ironies genoeg het sy haar voet teen ‘n bank gestamp en neergeval, maar hy het steeds roerloos bly staan. Sy het opgespring en besef dat sy met outoriteit moes optree en het hard in Engels uitgeroep: “In Jesus’ Name, fall down!” Hy het toe omgespring en soos ‘n wafferse atleet die hasepad gekies. Tannie Fienie sê dat sy jare tevore vir ongeveer ses maande byna weekliks gedroom het dat sy deur ‘n groep swartes aangeval word en dan het sy in haar droom net uitgeroep: “In Jesus naam val neer!” en dan het dit gebeur. Sy het hierdie drome oor en oor aan haar kinders vertel en twee van hulle het dit met sukses toegepas. Sy verwys na Hosea 4:6 wat sê: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” Sy glo as ons volk die kennis gehad het van die krag wat in Jesus se Naam is en geweet het hoe om Spreuke 18:10 te gebruik, sou daar minder moorde, verkragtings en aanrandings gewees het. Kitty het intussen die onderwys verlaat en werk nou as ‘n bemarker in ‘n sakeonderneming van haar suster Jeanette. Haar oudste dogter Marietjie se eerste man, Klasie de Lange, is jare terug oorlede. Haar tweede huwelik met Hannes Uys het na ‘n huwelik van twaalf jaar op die rotse beland. Marietjie het vier volwasse dogters: Stefani, Carina, Juan en LizaMarie, waarvan twee reeds getroud is en sy is reeds ‘n ouma. Haar derde dogter, Fiena, is getroud met Ryno Blom wie se oupa ‘n goeie vriend van

771

Fienie se vader was. Hulle het vier kinders tussen die ouderdomme van agt en veertien jaar. Hulle woon in Kempton Park waar Ryno by die SAL werk.

sy agter dat haar seuntjie, Niel (geb. 22 Nov. 2005), nie meer by haar is nie. Na ‘n minuut of twee se soek in die huis, hardloop sy uit en vind hom drywend, gesiggie na onder, bewusteloos, in die swembad.

Drie seuns volg na Fiena; eerstens Albert wat getroud is met Hannetjie Botha en twee seuns van agtien en sestien jaar het; dan Gerhard wat in Australië woon sedert 1997 en getroud is met Carol Launspach. Hulle het vier kinders: Gerhard (19), Marco (18), Carli (15) en Tané (13). Dan het ‘n laatlam, Arnold, gevolg. Hy is in 1996 in ‘n motorongeluk oorlede. Uit sy huwelik met Tanya Riedmayer (van Duitse afkoms) is twee kinders gebore, Arnold (12) en Ané (9). Dan is daar nog ‘n laatlam, Jeanette, getroud met Dannhauser van der Merwe. Hulle het drie kindertjies, Stefani (8), Albert (5) en klein Dannhauser (1). Al die kinders het universiteitsgrade, behalwe Gerhard wat toegelaat het dat te veel na-uurse werk met goeie geld hom daarvan weerhou het om twee vakke te skryf wat hy nodig het vir sy ingenieursgraad. Hy bedryf egter baie suksesvol ‘n eie sakeonderneming in Australië waar hy sy talente as ongesertifiseerde meganiese ingenieur toepas en uitleef. Tannie Fienie het nou 19 kleinkiders en 2 agterkleinkinders en haar beker van geluk loop oor.

Dankie Here! Vroeg Vrydagoggend 17 November 2006, terwyl Anneke Smit (neé Steynberg - b7.c6.d6.e6.f1.g1.h2.— Ron se enigste dogter) besig was om haar twee dogtertjies Karla en Karmi gereed te maak vir kleuterskool, kom

‘n Dolle jaagtog het gevolg na die Montana Hospitaal wat genadiglik nie baie ver van haar huis af is nie en is die bewustelose seuntjie in die intensiewe sorgeenheid in die kinder-afdeling geplaas waar hy na ‘n rukkie byna wonderbaarlik self begin bykom het. Niemand weet presies hoe lank hy in die water was nie, maar dokters meen dat dit minstens tien minute moes gewees het. Hierna is hy vir meer as vier dae onder verdowing gehou terwyl sy liggaamstemperatuur geweldig verlaag is met yspakke. Sondagoggend 10 uur is ‘n breinskandering gedoen wat baie geringe skade getoon het. Deskundiges meen dat dit hom waarskynlik baie min sal affekteer en dat die funksies van daardie dele hoogs waarskynlik deur ander dele van die brein oorgeneem sal word. Om Dinsdagoggend 10 vm het hy wakker geword, baie honger en dors en lyk hy goed. Hy kan nou oorgeplaas word na die pediatriese saal en die vooruitsigte lyk baie positief. Ron en Issie dra hulle dank oor, eerstens aan die Here wat vir hulle so goed is, maar ook aan letterlik honderde vriende en familie wie se belangstelling, goeie wense en gebede vir hulle en Anneke en Martin

772


deur hierdie angsvolle paar dae gedra het d.m.v. die moderne tegnologie, SMS’e, e-pos en telefoon. Hulle dink aan die Pietersburgse Gideons, van wie Ron die president is, wat onverpoosd gebid en belanggestel het, drie Pietersburgse gemeentes en een Pretoriase gemeente waar voorbidding gedoen is, die Pietersburg Rolbalklub waar verrigtinge Saterdag 18 November spontaan vir ‘n wyle gestaak is om vir hierdie klein seuntjie te bid; ook aan vriende en familie landswyd en so ver weg as Dubai wat die gebedsaksie wyer en wyer laat uitkring het.

Mamma bring freugde na ander deur die goed wat Mamma doen en sê - geen wonder dat almal mamma so baie liefhet en wens ‘n liefdevolle dag toe. Welkom in die norty fowthy’s.

Van Pappa, Marko en Arno ____________________

Sulke onderskraging, geloof en vriendskap kan nie in woorde sinvol weergegee word nie.

Ernst (Fonnie) Frederick David Steynberg (b11.c1.d1.e14.f6.g2.) het op ‘n stadium weens omstandighede feitlik alle kontak met sy familie verloor. Hy skryf dat David (Dave) Johannes Steynberg (b11.c1.d1.e14. f5.g2.) hom geskakel het 40 jaar nadat hulle laas kontak gehad het. Dit was die gevolg van ‘n beriggie wat deur Ernst se vrou, Alise, se toedoen in Die Doringtak geplaas is. (Sien berig in DD39.)

Dank die Here daarvoor.

Norty! Norty! Elsie Ferreira (neé Steynberg b11.c1.d5.e5.f3.g3) se kleinseun, Marko (11) het vir sy moeder ‘n kostelike kaartjie gemaak vir haar 40ste verjaardag. Die woorde lui:

Mamma is ‘n baie spesiale Ma met baie warm liefde.

OPSPORING

In die daaropvolgende maande kon Ernst kontak maak met al die familie van die sewende geslag wat nog lewe. Die sewende geslag is die kinders van die broers en suster Johannes (Ernst ken hom as Oom John), Tannie Heeltjie, Oom David en dan Ernst se vader, Willem. Hulle was almal van Pietersburg (Polokwane) en Potgietersrus (Mokopane) se omgewing. Die geslag waarna hy verwys, se geslagregisternommer is (b11.c1.d1. e14.f ?)

773

Hulle was ses kinders waarvan die eerste twee seuns in konsentrasiekampe tydens die Boereoorlog oorlede is. Ernst se vader Willem was die sesde kind van daardie familie en daarom is die nommer f6. aan die einde van sy geslagsregisternommer. Ernst meen hy het alle betrokkenes se toestemming gevra om hulle persoonlike inligting wat hy versamel het, aan ander lede te versprei. Indien hy iemand oorgeslaan het, vra hy om verskoning en vertrou hy dat hulle geen beswaar sal hê nie. Dan heg hy ‘n dokument aan wat hy hoop vir ander lede waarde sal hê om verlore familie en geliefdes op te spoor. Sy oogmerk met hierdie inligting is om kontak te herstel tussen lede van hierdie vertakking van die familie wat skakeling verloor het. Ernst se eie begeerte om meer van sy eie agtergrond te wete te kom, lê hierdie poging ten grondslag. Nadat sy vrou, Alise, die EEN FAMILIE boek bestel het, het die gedagte by hom posgevat om die inligting in die boek ten opsigte van hierdie deel van die familie op te dateer. Korrespondensie en geselsies tussen Alise en Ron, en ‘n beriggie in Die Doringtak het veroorsaak dat talle ander Steynbergs hulle gekontak het en ontbrekende inligting verskaf het. Daar ontbreek egter nog heelwat inligting. Ernst onderneem om vir Ron en Die Doringtak op hoogte te hou van hulle vordering en suksesse. Hy gaan binnekort ‘n vraelys uitstuur aan almal wie se besonderhede hy

het. Almal gee natuurlik net dié inligting waarmee hulle gemaklik is. Indien u inligting, staaltjies insidente oor betrokke familielede kan opskryf en aan hom stuur, sal hy dit waardeer. Hy sal alle inligting ook aan Die Doringtak voorlê om soveel daarvan as wat prakties moontlik is, in die nuusbrief op te neem.

en

Ernst sê Arnold van die Paarl het gepraat van ‘n Steynberg wyn-reeks. Dit klink na ‘n lofwaardige gedagte! Wat ‘n wonderlike inisiatief van Ernst en Alise! Sal dit nie heerlik wees as nog talle familielede hulle voorbeeld volg nie. Dink net hoe waardevol hierdie inligting vir ‘n toekomstige Steynberg genealoog sal wees. Vir praktiese redes het ons besluit om die vrug van Ernst en Alise se harde werk as ‘n los insetsel saam met Die Doringtak 40 in te voeg. Lede van hierdie vertakking van die familie, en natuurlik ook alle ander wat belangstel, kan dit dan as ‘n bylaag in hulle eksemplare van Een Familie invoeg. Mag daar nog talle familielede reageer op hierdie mooi inisiatief.

DAVE ONTHOU Dieselfde David Johannes (Dave) Steynberg (b11.c1.d1.e14.f5.g2.) wat na 40 jaar met Ernst (sien vorige berig) kontak gemaak het, het onlangs ook ‘n Steynberg-familie oorkonde bestel. Hy bedank die Bond daarvoor en spreek mooi woorde van waardering oor Die Doringtak.

774


Hy vertel dat hy op “pay-day” 30.07.1929 - gebore is in Voorstraat 6, Potgietersus op ‘n ¾ bed om 8-uur die aand. Sy pa was ‘n stasie-voorman op die Spoorweë en was op die aflosgedeelte. Sy suster Constance is 18 maande na hom op Early gebore en sy broer Harold is 18 maande na haar op Messina gebore. In 1935 was hule in Witbank waar hy begin skoolgaan het. Aan die einde van 1935 was sy vader moeg van die rondtrekkery en het hy bedank en 5 myl van Naboomspruit af begin boer. Dave is in die koshuis op Naboomspruit geplaas. Die seunsgedeelte van die koshuis was ‘n ou motorhawe met gebreekte ruite en geen deure nie. Die haglike woon-omstandighede en ‘n ongenadige ontgroening het hom rebels gemaak sodat hy een middag weggeloop het huis toe. Die volgende dag is hy per fiets terug skool toe. Die prinsipaal was woedend. Aan die einde van sy Graad 2 jaar het dit vreeslik gereën. Die Tobias-loop was in vloed, met geen brug of moontlikheid van skool toe gaan nie en hy kon nie eksamen skryf nie. Die hoof het hom gestraf deur hom nog ‘n jaar in Graad 2 te hou. In 1938 het hulle Potgietersrus toe getrek. Boerdery het nie vir sy pa uitgewerk nie. Hy het Standerd 1 daar begin en einde 1947 matriek geslaag. Wiskunde was sy gunsteling-vak en sy plek was by Pretoria Universiteit bespreek om hom as landmeter te bekwaam. In Januarie 1948 open sy vader ‘n winkel, kafee en eethuis in Potgietersrus. Toe het hy vir Dave nodig om hom te help en ten spyte van sy moeder se heftige teenkanting word sy universiteitsplanne gekanselleer.

In 1949 begin hy egter by Yskor te werk. Met sy matriek-Wiskunde word hy as ‘n vakleerling “millwright” aangeneem - ‘n vakleerlingskap van vyf jaar. Eindelik het hy twee ambagte verkry - elektrisiën en passer.

Onverwags het sy ouers net een dag op die plaas opgedaag met meubels en besittings en al en by die jong egpaar ingetrek. Dit het gou tot ernstige spanning in die huis gelei, veral tussen die twee vrouens.

contribution in DD37 regarding several issues and especially with reference to the names of the flotilla of ships which sailed together and on one of which Johan Jost arrived in the Cape in 1748.

Toe hy sy vakleerlingskap voltooi het, sluit hy op 9 Januarie dadelik weer ‘n kontrak. Hierdie keer ‘n huwelikskontrak met ‘n pragtige rooinekkie genaamd Claudia Taylor, die tweede van vyf Taylor-kinders.

Teen einde 1963 het Dave sy vroutjie en driejarige seuntjie met al hulle besittings opgelaai en die plaas verlaat om tydelik by Claudia se ouers in Pretoria in te woon. Dave kon weer sy ou werk as elektrisiën by die munisipaliteit terugkry wat sou beteken dat hy enige uur van die nag tydens kragonderbrekings moes gaan werk. Claudia was nie hiermee gelukkig nie en Dave het besluit om ‘n “rep” te word.

He is still researching the background of JJS, taking notes almost all the time, getting pictures and maps and what not. He recently obtained a newly published book about the trials of slaves in the Cape between 1705 and 1794 - right in JJS’s period - with all the trial transcripts in Dutch and English. The book gives a wonder-ful insight into life at the Cape during his time. He seriously intends to affirm what he writes about JJS and his time and to that end he is studying and studying.

Hulle wittebrood was die beste wat enige van die nabye familie ooit gehad het. Na die troue en onthaal, is hulle per trein Durban toe waar hulle vyf dae in ‘n hotel gebly het. Daarna is hulle hawe toe om aan boord te gaan van die Carnarvon Castle en toe per see te reis na Oos-Londen, Port Elizabeth en Kaapstad en daarvandaan per trein na die Strand en daarvandaan nog vier myl verder na Gordonsbaai waar hulle verder hulle wittebroodsvakansie in ‘n hotel deurgebring het. Einde Januarie is hulle per trein terug Pretoria toe waar hulle albei vir Yskor gewerk het Claudia as snelskriftikster. Dave moes toe vir nog twee en ‘n half jaar skofte werk, wat nie vir die jong getroudes ‘n plesier was nie. Gelukkig bied die Pretoriase Munisipaliteit hom toe na drie maande ‘n pos aan as elektrisiën. Daar het hy gewerk tot einde Oktober 1962 toe sy vader ‘n plaas 8 myl buite Potgietersrus gekoop het. Hy het ‘n winkel op die plaas gebou en voorgestel dat Claudia die winkel sou bedryf en dat Dave die boerdery behartig. Hulle het die geleentheid aangegryp en Dave het vir hulle ‘n huis op die plaas gaan bou, kompleet met elektrisiteit en ‘n spoelriool binne in die huis.

775

In Mei 1964 het hy by Gestetner begin opleiding kry in die diens en herstel van afrol-masjiene. Teen Julie was hy volleerd en is hy aangestel in Springs waarvandaan hy Nigel, Heidelberg, Standerton, Volksrust, Vrede, Piet Retief, Ermelo, Bethal, Delmas en Evander bedien het. Na agtien maande was hy so suksesvol dat hulle hom as takbestuurder op Witbank aangestel het, waar hy vandag nog woon op 76jarige ouderdom as wewenaar.

Richard has promised himself that the work on JJS will be completed one day. But to get the time to stitch it all together will be a project in itself. He is aiming at a sabbatical year (which will be in 2008) to do a lot of writing. Furthermore he has a major interest in science and the interface between it and religion. So he is constantly reading and note-taking on that subject as well. It will depend on his Order and his health which does leave somewhat to be desired

___________

Richard Reese’s Research Father Richard Reese OFM Cap, (b11.c10.d7.e10.f1.g1.) has a lively interest in the history of Johan Jost Steynberg, our South African forebear. Readers will remember his

He plans to write something worthwhile, not quite something for “You” magazine, but definitely also not a magnum opus either. It must not be an academic work, but something readable and worth keeping — not a showing off work, but a tribute to the

776


man who had the guts to come here in 1748 and be our forebear. He recently also worked through a book based on a recent doctorate in Dutch; a study of Germans working for the VOC. Although it took him a long time because of the language, he garnered lots of exciting information from it. Just as an example of the type of research he is involved in, he has sent Die Doringtak a copy of the entry into the baptismal book of JJS which was obtained for him by someone in Germany. It is page 31 of the church register of 1723. On the fifth line down it records that Johannes Steinberg’s son, ‘Joh. Jost” was baptised on 14 May. His godfather was Jost Wepler of Niederaula, which might explain why he was named Jost. It doesn’t say if JJS was Johannes or Johan. The abbreviation hides that but Richard supposes that he was named Johannes, after his father. This is quite interesting, because his date of birth is known to us as 14 May 1724. Strangely, he was then baptised on the same day as his birth. It might be that he was a weak, sickly baby (nut unusual) and was therefore baptised hurriedly. After all, Niederaula is a tiny place, even today. At that time it must have hardly more than a few houses. Perhaps it was the custom in those days - baptism on the day of birth, but that hardly seems likely. A further possibility is that JJS was born sometime earlier.

Notice, too, how patriarchal the society was - absolutely no mention of his mother or even a godmother - only the men mattered! The record is kept at Bad Hersfeld, the chief administrative town in that area. Niederaula is/was too small to have its own civil/church records. The same applies to another town on the page Niederjossen. One cannot make out the names of the other towns, but they will be little dorps in the area. Richard, we appreciate your continued interest and efforts. Please put my name down for a copy when your work is published. I can hardly wait Ron.

Anne Jennings Anne Jennings (neé Steynberg b11.c1.d4.e11.g8) points out a few errors in her family details as they appear on page 111 of Een Familie. Just for the record, for those who like to update their copies, her late father’s first name was Michael Zinn and not Michiel. She says she still has her father’s discharge document which is in a bad condition. Her husband’s first name is Ronald, and not Roland as shown. Her late sister, Johanna Maria Henrietta was born on 20th October and not on the 26th. Anne doesn’t really remember her father as she was only four years old

777

when he died, but people who knew him always remarked that he was a

very good-looking man with black hair and deep blue eyes. Her mother was

778


17 and her dad 31 when they got married. When people used to ask him when he was going to get married, he replied that he was waiting for Anne’s mother to grow up.

Na al hierdie wedervaringe wat vir die meeste van ons al amper genoeg sou gewees het, het hulle toer amptelik eers begin.

DIRK TOER NOG

Daar was 20 mense in die groep, uitgesonder die toerleier en die bestuurders van die bystandsvoertuie wat die kos gebring het.

Dirk Arnoldus Steynberg (b7.c6. d3.e6.f2.g1.) vader van Lee elders hierin genoem, bly bedrywig. Hy en Marie lewe meestal rustig daar waar hulle van hulle voorstoep af oor Jeffreysbaai uitkyk. Dirk is oor jare bekend vir die skryf van jag– en visvangstories vir Magnum tydskrif en ander jag– en hengeltydskrifte.

Daar was ‘n verskeidenheid van 4X4 voertuie en Dirk vertel onderhoudend van hulle onderskeie vertonings en brandstofverbruik en hy het besliste sieninge oor die verskillende make en modelle se voortreflikhede al dan nie, maar omdat Die Doringtak heel onpartydig is en dispute wil vermy, wei ons nie verder daaroor uit nie.

Maar telkens pak die rusteloosheid hom nog en dan vat hulle die pad, meestal op 4X4 toere.

Hulle is deur die vlaktes by Kolmanskop die woestyn in waar die agdaegras lowergroen gestaan het na die beste reëns in 30 jaar. Hulle het stilgehou by Suzie, ‘n ou Ford-lorrie wat nog net so staan met die sleeptoue aan hom, waar hy gaan staan het meer as 50 jaar gelede. Hier naby het hulle die nag in die woestyn geslaap, baie koud. Hiervandaan is hulle op en af oor woeste sandduine verder die woestyn in waar omtrent elke 4X4 op ‘n stadium vasgesit het. Middagete kon hulle langs die see nuttig en die aand by Meobbaai slaap. Daar lê nog twee van die ou ‘longboats’ wat toendertyd voorrade van groter skepe in die see na die diamantwerkery in die woestyn gebring het. Ou koekepanne, ‘n ou spoorlyn, werkswinkel en ‘n klompie ou huise getuig stom van vroeëre bedrywigheid. Toe Dirk die oggend by die tent uitloer, was daar vyf jakkalse onder die Land Rover - en al wat los lê was rondgesleep, gekou of opgevreet.

Onlangs het hulle teruggekeer van ‘n toer oor Calvinia (die eerste oornagstop), Springbok en Oranjemund, Port Nolloth (tweede nagstop), dan kuslangs by Alexanderbaai en verder na Oranjemund met sy ryke verskeidenheid voëlsoorte. Hiervandaan is hulle deur uiters ruwe wêreld oor Brandkaros deur die berge tot in die Richtersveld, (derde oornagstop). Vanaf die Richtersveld is hulle na Eksteenfontein en verder oor die berge tot by Vioolsdrif in Namibië in. Daarvandaan is hulle dieper Namibië in oor Grünau. Hierlangs het dit so gereën dat hulle soveel ompaaie moes ry dat hulle Seeheim skoon misgery het. So het hulle onbepland by Klein Aus beland waar hulle in ‘n peperduur selfsorgeenheid moes oornag. Daarvandaan is hulle verder na Lüderitz waar nog ‘n selfsorgeenheid vir hulle nagrus gebied het.

Daarvandaan is hulle verder die woestyn in waar oorblysels van die ou diamant-ontginningswerkery nog

779

sigbaar is. Hulle het gehoor hoe 600 Ovambo’s te voet die 100 kilometer van Walvisbaai af gekom het om daar te werk. Die dorpies wat daar gebou is, het ‘n hospitaal gehad, werkswinkels en slaaplek vir al die arbeiders. Hier en daar is die kombuisies nog sigbaar met geroeste stowe waarop potte nog staan, presies soos dit baie jare gelede agtergelaat is.

G'n wonder sy dogter Lee sê hy en Marie het skynbaar geen plan om rustig en waardig oud te word nie!

Graaff-Reinet! Waarom? Rita Steynberg (neé Coetzer b7.c6.d7.e5.f9) verduidelik waarom sy nog steeds in Graaff-Reinet woon terwyl alvier haar seuns in die

Die volgende aand het hulle naby Sandwich-hawe geslaap, by die Steenbokskeerkring (m.a.w. min of in lyn met Pietersburg op die landkaart!) Daarvandaan het hulle die volgende dag die laaste 40 kilometer afgelê tot in Walvisbaai waar die georganiseerde roer geëindig het en die groep uitmekaargegaan het. Dirk self het 725 liter diesel gebruik oor die 5730 kilometer, ‘n gemiddeld van 8 km/l, wat goed is as mens verstaan dat hulle in die woestyn ‘n gemiddeld van 5 km/l gekry het. Sekere van die voertuie het in die woestyn ± 2km/l behaal en sommige op die oop pad in die omgewing van 3 km/l. Die toer was ‘n reuse sukses. Die bystandvoertuie het kos saamgery en drie etes per dag aan almal voorsien. Daarvandaan is Dirk en Marie alleen verder na die Kalahari Gemsbokpark waar hulle die volgende dag elke denkbare wildsoort kon besigtig: vier leeus, hartbeeste, springbokke, gemsbokke, blou-wildebeeste, volstruise, poue, jakkalse en ‘n wilde kat. Toe eers huis toe, tot die toergogga weer byt.

‘Transvaal’ woon. Sy het op ‘n plaas in die Cradockdistrik grootgeword en op Cradock skoolgegaan. Op 17 jaar het sy na die destydse Graaf Reinet Onderwyskollege gekom om haar as kindertuinonderwyseres te bekwaam. In haar tweede jaar het sy vir Piet Steynberg (b7.c6.d7.e5.f9.) ontmoet omdat sy by Martha Barnard, sy suster, musiek geneem het. Nadat sy in 1950 klaar studeer het, het sy vir twee jaar op Aliwal Noord skoolgehou. Toe daar egter in 1953 ‘n pos oopval in Graaff-Reinet, het sy

780


baie vinnig teruggekom daarheen, en sy is vandag nog daar. Sy het nog vier jaar onderwys gegee totdat sy en Piet in 1957 getroud is. Hulle het op ‘n plaas noord van GraaffReinet in die Sneeuberge gewoon. Piet is in 1997 oorlede. Sy woon nou alweer vir vyf jaar op die dorp. Kan ‘n mens nou wonder hoekom sy so verknog is aan hierdie warm, droë Karoodorp? Min van die eens talryke Steynbergfamilie woon nog hier. Hulle is darem nog altyd drie skoonsusters: syself, Lena (Louis se vrou), en Bettie (Izak se vrou). Bettie is nou in Middelburg (Kaap) in ‘n aftreeoord, en Lena is by haar seun, Jan-Petrus en sy gesin op die plaas Ganora. 'n Paar gesinne van die jonger geslag is nog oor - Steve en Pauline, JanPetrus en Hester (Ganora), Ina van der Merwe (Bettie en Isak se dogter), en André en Beatrice Barnard wat die bekende Andries Stockenström Gastehuis bedryf. André se moeder was Rita se man Piet se suster. Rita het ook gunstige kommentaar en waardering vir Die Doringtak. Dankie, Rita, dis vir my heerlik om hom te maak en positiewe terugvoering - en veral bydraes - te kry.

FAMILIETREKKE

Tannie Lacia Steynberg het deesdae sekere probleme met haar oë en, hoewel sy nog redelik goed kan sien, kan sy nie lank stip kyk nie. Hoewel sy baie lief is vir lees, kan sy nie meer boeke lees nie. Die inspanning is te groot. Gelukkig kry sy al vir jare haar leesstof by :Bandhulp vir Blindes” en dit beteken vir haar lewe op haar oudag. Sy kan nog skryf maar nie meer as een velletjie op ‘n keer nie. Om daardie rede waardeer ons soveel te meer die lekker geselsbrief wat sy aan Die Doringtak geskryf het. Deur ‘n bietjie op ‘n keer te werk, kan sy darem nog haar eie klere maak. Ons het vir haar ‘n bandopname gestuur van Ron se eenman voordrag oor die lewe van ons stamvader Johan Jost en sy het dit baie geniet, veral omdat sy die gevoel kry dat daardie voorouer netsowel haar man kon gewees het - ook genaamd Johannes Joost. Dieselfde geld ook vir haar seun met dieselfde name. Hulle liefde vir hulle amp, hulle behendigheid met hulle hande en goeie verstand was so eie aan aldrie. Haar

seun, John, (voormalige tesourier van die Familiebond) is ‘n geöktrooieerde rekenmeester, maar sy stokperdjie is houtwerk. Selfs as kind was hy lief om sy hande te gebruik en was hy baie vaardig om radio’s en 781

karre te herstel. Sy was baie lief vir haar Steynberg skoonfamilie. Haar skoonvader – ook JJS, was ‘n groot swaar man, hardwerkend, maar stil en

rustig en ‘n verbasende ‘klein eter’. Sy het hom nooit ‘n tweede porsie kos of selfs nagereg gesien eet nie. Hy het ook baie gesond gebly, maar is op 73 oorlede aan ‘n vergrote hart - seker vergroot omdat dit so hard moes werk. Tot met sy afsterwe het hy nog ‘n twaalfverdieping besigheidsperseel versorg en net om sy ses voet vier duim liggaam te beweeg was al ‘n aansienlike las vir sy hart om te dra. Hy was streng op sy seuns en baie liefdevol teenoor Lacia se skoonmoeder. Hoewel sy geleerd was en hy nie, het niemand dit ooit agtergekom nie omdat hy so intelligent en goed ingelig was. Net so was dit met Lacia en haar man (ook JJS). Sy glo hulle geslag manne was slim genoeg, maar nie lief vir leer nie. Haar oorlede man, net soos haar pa, was baie lief vir jag en visvang. Sy en haar skoonmoeder was geesgenote, maar hulle mans, hoewel nie ligsinnig nie, het geen erg gehad aan filosofeer of diep godsdienstige gesprekke nie. Dit het sekerlik ‘n leemte in hulle huwelike gelaat, maar omdat hulle sterk persoonlikhede gehad het en oortuigde Christene was, het hulle dit nooit ‘n knelpunt laat word nie. Haar man, sy twee broers en twee susters was almal bekwame gerespekteerde individue, maar,

hoewel kuns algemeen in die Steynberg-bloed voorkom, en haar baie kunstige skoonmoeder, ‘n Botha, self uit ‘n kunstige familie gekom het, het nie een van haar skoonfamilie se nageslagte dié gawe geërf nie, behalwe haar dogter, Elizabeth. Sy is ‘n gebore kunstenaar en skilder baie goed. Elizabeth en hulle gesin het ook Zimbabwe verlaat en woon nou in Somerset-Wes waar sy tans kunslesse gee om die begroting te laat klop. Lacia en haar man het Zimbabwe verlaat en op Gansbaai afgetree waar hulle goed met Lieselore en wyle Ulrich Steynberg bevriend geraak het. Die mooi foto van hulle twee op bladsy 757, is juis geneem by haar en haar man se goue bruilof in 1993 toe Ulrich alreeds nie meer gesond was nie. Lacia maak verskoning vir haar Afrikaans, wat sy as swak beskou (heel onnodiglik, haar briewe is keurig en foutloos - Ron ) In Zimbabwe het hulle destyds Laer Afrikaans vir matriek geskryf. Haar ouers en skoonouers het egter hulle gesinne streng in Afrikaans grootgemaak. Haar seun John en vroutjie Myfanwy het net twee dogters en so sterf die name Johannes Joost Steynberg ongelukkig uit in hulle lyn van die familie. John moes ‘n paar jaar gelede ‘n keuse maak: om òf te verhuis na Johannesburg òf die firma waar hy al nege jaar as finansiële direkteur gedien het, te verlaat. Hy het toe ‘n besigheid gekoop wat vlekvrye staalpype maak en is vandag geweldig besig. John se vrou, Myfanwy, is hoof van die Engelse afdeling van ‘n groot skool in Kaapstad en werk ook onhebbellike ure.

782


Hulle oudste dogter, Hilary, is met ‘n Ier getroud en so het John vandag ‘n seun soos hy altyd begeer het. Die tweede dogter, Jeanette, is tans ‘n vyfdejaar mediese student in Kaapstad.

RIETBRON Wat ‘n verrassing en ‘n plesier, sê Arnolda van Zyl, was dit om Basie Steynberg se vertelling oor Rietbron in DD39 te lees. Rietbron is haar geboortedorp en sy vertelling oor bekendes het haar ver laat terugdink. Oom Piet Jonker was baie jare burgemeester en het die poslorrie besit. Sekere dae is pos en passasiers Willowmore toe vervoer en die volgende dag weer terug Rietbron toe. Oom Piet Coerie (Coertze) was die skoolopsigter, ‘n groot man met ‘n groot snor en hartlike lag. Haar ouers se plaas was so ‘n 20 myl in Aberdeen se rigting van Rietbron af. Oupa Dirk Steynberg (b7.c6.d3.e6.) se plaas Kalkdam het amper aan haar ouers se plaas gegrens. Aanvanklik moes haar oupa en sy gesin Willowmore toe gaan vir kerk, maar is 1910 is besluit om die Rietbron-gemeente te stig. In die boekie “Rietbron 1913 - 1963” word Oupa Dirk as een van die eerste ouderlinge in die gemeente aangedui. Hy was op die Boukommissie van die

kerk en die pastorie. Hy was ook een van die twee ouderlinge wat verantwoordelik was vir die eerste groep katkisante se opleiding. In 1914 was Oupa, secundus, saam met ‘n ander ouderling, primarius, die eerste afgevaardfgdes na die ringsitting in Mosselbaai. In 1915 was Oupa weer een van die eerste twee wat Rietbron by die sinodesitting in Kaapstad moes verteenwoordig. Hy het duidelik ‘n prominente rol in die Rietbrongemeente vervul. Soos baie ander boere, het Oupahulle ook ‘n tuishuis op Rietbron gehad. Naweke was hulle dan almal daar. Daardie jare was die winkels Woensdagmiddae gesluit en Saterdagmiddae oop. Een Saterdagmiddag gee haar ouma Sankie vir haar en haar niggietjie, Susan Moore, elkeen ‘n sikspens. Hulle was so vyf jaar oud en hulle besluit om “dorp toe” te stap. Sy het dadelik aangekondig dat sy by Oom Klasie se winkel gaan koop, terwyl Susan die ander winkel verkies het. By Oom Klasie vra sy toe “'n Tiekie se halfpond monkey-nuts asseblief”. Hy gee haar toe ‘n tiekie kleingeld en ‘n groot pak grondbone - natuurlik met doppe! Susan was egter baie vies toe sy by die ander winkel net die helfte soveel grondbone vir ‘n tiekie kry. Arnolda is jare gespot oor die “tiekie se halfpond

783

monkey-nuts” en sy het dit glad nie snaaks gevind nie. Sy onthou dat Oupa ‘n kerkbank vir die familie gehad het waarvoor hy huur betaal het, met die familie se naam op ‘n plaatjie teen die kant. ‘n Mens het altyd in dieselfde bank gesit. Oupa Dirk was getroud met Ouma Sankie (Susanna Catharina Cornelia, geb. Swanepoel) van Stofkraal. Hulle was alom bekend as die Stoffies. Haar ouma-hulle was twaalf kinders en oupagrootjie Jan het vir elke kind ‘n plaas as trougeskenk gegee. So het Oupa Dirk en Ouma Sankie vir Kalkdam gekry, ‘n spogplaas met baie riviergrond. Haar een broerskind, ook ‘n Jan Swanepoel, het op ‘n buurplaas geboer. In die vroeë 1900’s het Oupa en Oom Jan elkeen ‘n motor gekoop ‘n Rugby. Hulle het glo elke dag oor en weer gekuier en hulle motors bewonder. Ouma Sankie en haar broer, Oom Willem Swanepoel was later jare al oorlewendes van die gesin. Oom Willem het Stofkraal geërf. Hy was ‘n regte terggees en het altyd vir Ouma gesë: “Hoe lyk dit ou Sankie? Dis nog net ons twee, maar hulle sê mos, “Ladies First”, so ek kwel my nie!” Hy is egter ‘n paar jaar voor ouma Sankie oorlede. Dié Oom Willem was die vader van Oom Job Stoffie saam met wie Basie so musiek gemaak het. Hulle was ‘n baie musikale familie. Vroeër dae het Oupa ‘n onderwyseres gehuur om die skool op Kalkdam te behartig. Kinders van die omgewing, meestal familie, het dan gedurende die week by Ouma-hulle tuisgegaan. Daar was glo gebak en geslag vir die vale. Haar moeder het vertel dat sy die eerste dag wat sy skool toe is, Psalm

23 in Engels moes lees. Gelukkig het sy stukkies geken, maar vir die res ‘n paar goeie rapse oor die arm gekry. Haar oudste suster, Tant Lenie, het dit vir Ouma vertel en die onderwyseres het terstond kennis gekry om die einde van die maand ‘n ander pos te soek. Later is haar moeder-hulle toe kosskool toe op Willowmore. Daar was baie staaltjies vertel van die Donkieplakkaat wat hulle moes dra as hulle “Dutch” gepraat het. Toe Arnolda se ma haar verwag het, so lui die oorlewering, was haar plek bespreek in ‘n hospitaal in GraaffReinet. Tydens geweldige stormagtige reënweer daag die baba egter ‘n maand te vroeg op. Gelukkig het Oupa -hulle ‘n telefoon gehad. ‘n Vriendin van haar moeder wat pas haar kraamopleiding in die Kaap voltooi het, was tuis by haar ouers op ‘n plaas anderkant Rietbron. Na ‘n oor-en-weer bellery, het iemand die kraamsuster gaan haal en na hulle tuishuis in Rietbron gebring. By elke rivier moes haar pa, Hendrik van der Vyver, eers deur loop sodat haar oupa kon sien of die drif begaanbaar was. So is sy toe in 1936 op Rietbron gebore op ‘n reëndag. Sy moes eintlik Ouma Sankie se naam gekry het, maar Ouma het glo vir haar moeder gesê dat daar al drie niggies was met haar naam, en aangesien haar ma Oupa Dirk se ‘witbroodjie’ was en haar enigste broer, Frikkie, nog nie eers getroud was nie, het hulle gedink sy moet liewer haar oupa se naam kry. So is sy Arnolda gedoop. Sy kan nog onthou hoe haar oupa haar ge-abba het met ‘n muskietnet oor hulle koppe gegooi. Dan het hulle lang ente gestap en land en sand gesels. Op ‘n dag het klein Arnolda glo vir Oupa gevra, as haar oom nou ‘n seun sou hê wat sy volle name kry, of hy

784


dan nie van hom meer sou maak as van haar nie. Oupa het haar egter verseker dat sy altyd sy nommer een sou wees.

onthou hoe hy altyd, oor styf teen die “draadloos”, gesit en nuus luister het. Dit was in die jare 1939 - 40 en die oorlog was nuus No. 1.

Kort daarna is Oom Boet (Frikkie) en Tannie Bessa se seun, Dirk Arnoldus (Dirkie) gebore en as kinders was sy en hy groot maats.

Hy was ook baie lief vir stoei en het gereeld na sulke uitsendings geluister. Veral Johannes van der Walt was sy held.

Oupa het ‘n lessenaartjie in hulle kamer gehad. Sy was altyd ingeroep en dan het Oupa die laai oopgesluit en dan kon sy kies watter lekkers sy wou hê.

Haar moeder het vertel hoe hy op ‘n dag in ‘n koerant gelees het van ‘n stoeier , ene McCorkindale. Hy lees toe vir haar die berig hardop maar sukkel met die naam. Tioe hy weer ‘n slag vashaak sê hy, “McChronicle sal ek nou maar sê!”

Oupa kon lekker lag en het gehou van poetse bak en stories vertel. Destyds moes die boere hul vee laat aanjaag na die vandisies in Willowmore. Die skaapwagters het so drie of vier dae geneem tot in Willowmore en snags moes hulle by ‘n “uitspanning” oorslaap. Daar by die uitspannijng op Perdepoort, net duskant Willowmore, het daar saans ‘n geheimsinnige kleurlingvrou met haar kind op die rug by hulle kom sit. Sy het nooit gepraat nie en net so stil weer verdwyn. Die algemene gevoel was dat sy ‘n spook was en almal was maar kriewelrig om laat deur Perdepoort te ry. So kom Oupa Dirk en haar pa een skemeraand van Willowmore af en daar in Perdepoort stap ‘n vrou met ‘n kind op die rug langs die pad. Oupa het glo net ‘n benoude “Henne..r..i..i..i..k!” geuiter en haar pa het glo die ou seiltent-Chevvy se petrol weggetrrap. Oupa het op ‘n stadium ‘n windlaaier en elektriese ligte op Kalkdam laat installeer. Arnolda onthou hy het ‘n groot regop “draadloos” gekoop. Hulle het baie oor en weer gekuier en sy

Haar oupa is oorlede die jaar voor sy skooltoe is en Kalkdam is mettertyd verkoop. Sy is na Rietbron se laerskool en later na Willowmore se hoërskool. In 1957 is Arnolda op Rietbron getroud met Christo van Zyl van Cradock. Haar vader is in 1958 oorlede en op Rietbron begrawe. Hulle plaas is toe ook later verkoop. Haar moeder het baie jare in Beaufort-Wes gebly en later na Pretoria verhuis waar sy in 1986 oorlede is. ____________________

COERT ERASMUS BESIN EN ONTHOU Coert Erasmus berig uit Centurion dat die verhuising van die plaas af met al sy aktiwiteite na die aftreeoord in Centurion groot aanpassings gebring

785

het. Hy glo dat dames dit makliker vind as mans. Hulle kan brei, hekel, naaldwerk doen en kuier. 90% van die inwoners is dames, so daar is maar min mans.

Lieselore by te staan met die taalkundige versorging van enkele bydraes vir Die Doringtak, en is bundel Nommer 2 aan hom geskenk - en is vandag een van sy kosbaarste b e s i t t in g s . ( E n h y onderneem om vir Oom Coert die inhoud te fotostateer en aan hom te stuur as ‘n Kersgeskenk vir 2006.)

Gelukkig is hy lief vir lees, en doen ook op sy manier familienavorsing, maar ‘n man wil darem graag iets vir sy hande hê om te doen. Hy is besig om iets te skryf oor hulle familie erfgrond, Mooiplaas 335 JR. Hulle as nageslagte van Oupagrootjie Coert Erasmus (in 1827 getroud met Aletta Catharina Steenberg, geb. 13 April 1808 - b11.c4) wat in 1852 op Mooiplaas gekom het, vind dit tragies dat omtrent 90% van Erasmia, Mooiplaas en Hoekplaas se eiendomme reeds in die hande van Asiërs/Islam is en dat hulle steeds voortgaan om grond in daardie omgewing op te koop. Hy het waardering vir Die Doringtak en die Familiebond. Hy probeer sy eksemplaar van EEN FAMILIE op datum hou met inligting verkry uit Die Doringtak, maar ongelukkig het hy nie die eerste 18 eksemplare nie. Hy doen navraag oor die Doringtakbundels waarna op bladsye 416 en 417 (DD30) verwys word en verneem of daar nog eksemplare beskikbaar is. Hier kan ons verduidelik dat die betrokke bundels saamgestel is uit enkele surplus Doringtakke wat gedruk is meer as die getal intekenare en deur Lieselore veilig bewaar was. Vir die familiebyeenkoms wat in Maart 1994 naby Warmbad gehou was, was daar genoeg sulke oorskot-Doringtakke vanaf nommer 1 tot nommer 20 waaruit Michael Zinn 20 pragtige “Gedenkbundels” kon saamstel en bind. (In daardie dae het Ron Steynberg die voorreg gehad om vir Doringtak-redaktrise

Vir die familiefees wat in 2003 in Graaff-Reinet gehou is, was daar weer ‘n aantal surplus eksemplare van Nommers 21 tot 33 wat Lieselore met Michael Zinn se hulp laat saamstel en bind het as ‘n ewe pragtige “Feesbundel” ter herdenking van die 20-jarige bestaan van die Familiebond en 250 jaar van Steenberg - Steinberg - Steynberg teenwoordigheid in Suid Afrika. Dit is teen ‘n nominale bedrag aan die Feesgangers aangebied en is gou uitverkoop. Coert noem dat heelwat nommers wat familie aan hom verstrek, nie ooreenstem met die nommering in die boek nie. Hy doen aan die hand dat lede ook die bladsynommer sal verstrek waarop hulle besonderhede in die boek verskyn. As die registerverwysingnommer dan verskil, kan die regte plek dan uit ander inligting, soos datums en name bepaal word. Op bladsy 671 van Die Doringtak word verwys na Tant Lewiesa en Oom Willem se seun Coert wat op Mooiplaas (naby Pretoria) begrawe is. Hy is op 8.11.1911 oorlede, dus net ‘n jaar oud. Oom Coert verduidelik dat sy moeder waarskynlik met die kind se siekte na haar ma op Mooiplaas gegaan het om nader aan mediese behandeling in Pretoria te wees. Toe

786


hy sterf het hulle blykbaar besluit om hom op Mooiplaas saam tussen ander familielede te begrawe eerder as om die lyk na Sybrandskraal te vervoer. Op bladsy 729 gee Eksteen van Wyk inligting oor sy ouma, Tant Anna Malan, se nageslag. Oom Coert sê Eksteen het by Tant Anna se begrafnis met hom gepraat en belang gestel in die Erasmus-inligting wat hy het. Met sy onlangse verhuising, weet hy nie of Eksteen dit probeer opvolg het nie. Hy is welkom om by Ron Oom Coert se kontak-inligting te kry en met hom te skakel. Op bladsy 697 en 708 skryf Ron en Oom Ulrich van die Paarl van ou

Chevrolet motors. Dit herinner Oom Coert aan sy eie vader se ou 1927 Chev. Ongeveer 1935 het hy as jong seun saam met sy ouers op Sybrandskraal gaan kuier. Sondagaand teen sononder het hulle terug vertrek na hulle huis op Mooiplaas ten weste van Pretoria. Toe dit donker word vind hulle daar is fout met die ligte en moes hulle in die donker verder ry. Sy vader het ‘n flits in die motor gehad en sê toe die jonge Coert aan om voor op die modderskerm aan die linkerkant te gaan sit in op die kant van die pad te

lig. So het hulle op ‘n slakkepas laat daardie nag tuisgekom. Die insetsel op bladsy 632 i.v.m. matrasse van beddens in Shakespeare se tyd wat met toue styfgetrek was, het Oom Coert laat dink aan die staal katels/beddens van jare gelede. (Hy wonder of die woord “katels” nog vandag bekend is.) Die ‘mat’ waarop die matras gelê het, kon ook met twee boute stywer getrek word. Sy moeder se ou staalkatel met sy koper-koppe het hy vir sy oudste dogter gegee en sy het dit saam na Nieu Zeeland verskeep waar hulle nou in Auckland woon. As ou Skietkommando– en Bisley-skut het hy Die Doringtak artikel oor gewere terdeë geniet. Sy twee .303 skyfskietgewere kon hy ‘n paar jaar gelede teen ‘n redelike prys verkoop, maar sy twee .38-handwapens het hy onlangs gratis gegee vir ‘n firma wat in wapens handel dryf. Hy het verseg om dit by die polisie in te handig, want hy het geen versekering dat dit nie in die hande van misdadigers sal beland nie. Twee van sy moeder se en Coert Skinner, se Mooiplaas is in 1939 deur onteien en omskep in opleidingsgebied.

broers, Tief grond op die regering ‘n militêre

Die Tuli-blok langs die Limpoporivier in Betsjoeanaland/Botswana wat in besit was van African Ranches, was ‘n enorme gebied van duisende hektaar. Daar is toe in 1938/1939 besluit om die stuk grond al langs die rivier in afsonderlike plase op te deel en aan afsonderlike eienaars te verkoop. Oom Tief en Oom Coert het toe met hulle onteieningsgeld daar ‘n plaas gekoop. Hulle was die heel eerste kopers en hulle plaas was dan ook, heel gepas, Voortrekker gedoop. Oom Coert se vader het met sy vragmotor Oom Tief

787

se huisraad daarheen vervoer en hulle het elke wintervakansie as gesin daar gaan kamp. Die bakens van die plaasgrense was toe hulle daar aankom, nog nie presies bepaal nie.

het die boere/jagters van daardie omgewing nie meer geweerloopprobleme gehad nie en was hulle heel tevrede met die akkuraatheid van skote uit sulke lope.

Die landmeterfirma van Pretoria wat die opmetings moes doen, se personeel het toe by Oom Tief, wat reeds daar gewoon het, gekamp.

Hy meld egter dat dit tragies was om te sien - en hy het dit persoonlik ondervind - hoe van die Transvaalse boere die wild oorkant die rivier in Botswana feitlik uitgeroei het. Daar word vertel dat van die boere hulle plase met biltong-geld betaal het.

Die firma het toe in Pretoria by ‘n militêre vendusie ‘n paar duisend geskrotte .303-lope gekoop om as bakenpenne te gebruik. Elkeen van dié lope was effens gebuig. Dit was oorlogtyd - 1939-1945 - en geen nuwe geweerlope was te koop nie. Party van die boere se geweerlope was so geslyt dat dit moeilik was om daarmee ‘n akkurate skoot te skiet. Maar, ‘n boer maak ‘n plan. Vir sulke geslyte lope het hulle aan vier kante van die patrone se loodpunte, net waar dit in die dop ingaan, met ‘n tang of ‘n bytel, vier kepe in gemaak. Sodoende het die patrone stywer deur die geslyte loop gegaan en ‘n effens akkurater skoot verseker. Oom Coert Skinner was ‘n man wat altyd ‘n plan vir alles gehad het. Toe hy die landmeters se geweerlope sien, het hy summier met hulle gereël en toestemming gekry om die minder gebuigde lope uit te soek. Oom Coert (Erasmus) het hom nog daarmee gehelp. Hulle het elke loop teen die lug gehou en daardeur gekyk. As daar nog ‘n halfmaan lig aan die punt van die loop sigbaar was, is dit eenkant gesit. Daarna is elkeen van dié lope nagegaan en seker gemaak dat die groewe nog goed was en die binnekant nie te veel geroes was nie. Die lope wat na hulle mening geskik was, is toe op ‘n houtblok reguit geslaan en vir die res van die oorlog

Na aanleiding van Oom Ulrich se vertelling op bladsy 719 hoe sprinkane sy groenmielies verorber het, reken Oom Coert dat vandag se jongmense ons skepties aankyk as daar gepraat word van springkaanswerms wat so dig vlieg en so baie is dat dit sonlig verduister asof dit onweer is. Oom Ulrich het vertel van ‘n ”wolk” springkane en hy bevestig dat dit beslis nie oordrewe is nie. Sulke swerms het vroeër jare heel dikwels verskyn en alles wat groen is opgevreet. In 1993 was sy jongste dogter, Retha, in die sendingveld in Namibië se Kaokoveld. Hulle moes haar daar gaan haal en het toe sommer verskeie plekke in die land besoek. Op die pad van Keetmanshoop na Lüderitz merk hulle dat dit onverklaarbaar donkerder word. Sy eerste reaksie was om vir sy vrou en dogter te verduidelik dat dit ‘n swerm sprinkane kon wees. ‘n Paar kilometers verder het hulle egter in ‘n sandstorm ingery. Dit illustreer net hoedat massiewe swerms sprinkane in sy kinderjare in sy geheue ingeprent was. Die Doringtak-nota op bladsy 597 oor ‘n bokwa, herinner Oom Coert aan die nuwe wa wat sy vader omstreeks 1934 uit die Kaap bestel het. Al die houtwerk was pragtig geverf en op die

788


syplanke was mooi motiewe geverf. Die wakis was ook pragtig versier. Nadat sy vader sy been in ‘n perdekarongeluk verloor het, hety hy later die wa verkoop en sy boerdery gestaak en die lande verhuur. Hy het egter die wakis behou en Oom Coert het dit later aan sy jongste dogter gegee. Terwyl sy in die sendingveld is, is haar huisraad in ‘n vraghouer (“container”) gestoor en is dit staangemaak op sy ander dogter-hulle se gemeenteperseel. Nadat sy vader sy been verloor het, het hy nog vir ‘n paar jaar geboer. Hy het ‘n jong man, met ‘n stywe been gehuur, saam met wie die jonge Coert koringgerwe met die wa uit die land gery het. Nadat hulle ‘n vrag afgelaai het waardie miedens gepak word, het hulle nog ‘n vrag gaan haal. Hulle het dwars oor die land gery . Hy het voor op die bok van die wa gesit; die voorwiele het deur ‘n leivoor gegaan en toe die agterwiele gelyktydig in die leivoor val het dit die voorste deel van die wa effens opgeskiet en hom afgegooi. Hy het met sy gebuigde linkerbeen voor die wiel beland en dit het net bokant sy enkel en ook oos sy bobeen gery, d.w.s. Twee plekke oor dieselfde been. Hy kon darem net betyds uit die pad van die agterwiel beweeg. Piet die stywebeen jongman het hom huis toe gedra. Sy maermerrie was gesny en het gebloei, terwyl ‘n blou band van dooie bloed vir weke oor sy bobeen gelê het. Genadiglik was die grond redelik sag, niks was gebreek of ernstig beseer nie.

Vir hulle as ouers, sê hy, is dit nie lekker om twee van hulle kinders oorsee te hê nie, maar hulle berus daarby. Marié en haar man, Martin Wimmers, en hulle twee dogters is in Auckland, Nieu Zeeland en is baie gelukkig daar. Die oudste dogter is in haar tweede jaar op universiteit terloops, sy kon ten spyte van puik matriekuitslae, nie keuring by Tukkies kry nie - en die jonger dogter is vanjaar daar in matriek. Coert-hulle se jonger dogter, Retha, is al vyf jaar in die sendingveld in die midde-Ooste. Hy noem nie die land nie omdat Jesus nie daar openlik verkondig kan word nie. Hulle middelste dogter, Anlie, en haar man Johan van Dyk, is gelukkig nog hier. Sy is ‘n musiekonderwyseres en Johan is ‘n ingenieur. Hulle oudste kind, ‘n dogter, is in haar eerste jaar by Tukkies en die twee seuns is nog op hoërskool. Oom Coert beoog om ‘n kopieermasjien aan te skaf en sal dan moontlik die inligting wat hy oor die Erasmusfamilie saamgestel het, aan familie wat belangstel, kan voorsien.

Sarie is 90! Ons hartlike gelukwense gaan aan een van die bekendste inwoners van Stilfontein, Sarie Steenberg, wat in Mei haar 90ste verjaardag gevier het.

789

Sy is op 13 Mei 1916 op Heidelberg gebore. As jong meisie was sy ‘n kranige tennisspeelster. Sy het tot bekering gekom in haar twintigerjare en haar gewig ingegooi by haar kerk. Sy was getroud met Ben Steenberg, vroeër penningmeester van hulle kerk. Sy skryf haar hoë ouderdom toe aan ‘n gesonde dieet en die gebruik van haar “bossies” waaraan sy baie geheg is. ______________________

SERTIFISEERBAAR? Gydo-pas net buite die klein Karoodorpie, Prins Alfred Hamlet, is 'n moordende stuk teerpad met 27 wilde, woeste draaie waarvan sommige se helling sommer halfpad verander. Plek -plek is daar loodregte af-gronde aan die een kant langs jou en aan die ander kant duisel loodregte kranse die hoogtes in. Dis normaal-weg 'n publieke pad, maar eenmaal 'n jaar, met die hulp van die plaaslike verkeersowerheid, word Gydo vir 'n naweek gesluit vir verkeer sodat 'n aantal van die vinnigste pad- en renmotors in die land sake kan uitspook vir die titel Koning van die Berg. Ons het nie geweet daar is soveel sertifiseerbare maniakke met vinnige rygoed in die land nie, maar oor die naweek van 20 November 2006 was daar meer as 40 deelnemers met vreesaanjaend vinnige motors. Onder hulle was rally-jaer Enzo Kuun in 'n Porsche Carrera S, Ian George met sy Noble M400, Rob Beaumont in 'n Ferrari 360 Modena (nou nie juis

kompeterend nie, maar sy waansinnige huil-brul as hy oopketel in derde by jou verbystorm was op sigself die toegangsgeld werd!), gymkana spesialis Herman Mahnke se kletterend lawaaierige BMW M3, Nick Vernon se 300 kW, supercharged 1972 Chev Camaro (pragtige geluide, besete versnelling, nul remme), en Nataller Des Gutzeit in sy Chevy Lumina Ute met 'n 7.5 liter opgewarmde enjin wat meer as 550 kW uitkarring en net as “The Hammer” bekend staan. Dan was daar ook 'n halfdosyn motorfietsjaers, wat ingesluit het Danie Maritz op sy Seesa GSX-R1000 waarmee hy onlangs die Westelike Provinsie Streekstitel gewen het, Wynand Basson (Yamaha R1), Jacques Geldenhuys (Suzuki GSXR1000), Gerhard Gerber se Aprilia RSV Factory and dan Coert Steynberg op 'n Honda VTX1800 cruiser, wat heel naweek geen rekords opgestel het nie maar homself gate uit geniet het deur die groot V-twin vol oop te trek op die kort reguit stroke. Waar sou hy in die Familie inpas? Weet iemand dalk? ___________________ Warm familiegroete en mooi Feestydwense. Dankie vir nuus en inligting. Kom ons maak weer so - net meer so!. Vrolike groete tot volgende keer. Skryf ‘n bietjie!!

790

Ron

Die Doringtak 40  

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you