Page 1

VANDAAN

Die Doringtak Nr. 38

Junie 2005 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: ibron@mweb.co.za

Die jaar begin nou al die afdraande vat en dis weer tyd om te gesels. Dankie vir die flink reaksie op DD37. Die ledegelde (en donasies) wat ingekom het (asook vele blyke van waardering en tevredenheid met die nuusbrief), word baie waardeer. Ek blameer maar die drukkersduiwel vir die fout op die tweede bladsy waar ek beweer het die ledegeld is R20.00 per maand. Bok Steinberg van Levubu het glo reeds die tjek uitgeskryf gehad vir hom en Annette en twee kinders se

gesinne, voordat sy verstand hom ingehaal het en hy besef het R20 X 12 X 3 gesinne klink ‘n bietjie rof— selfs vir ‘n kwaliteit publikasie soos Die Doringtak. Toe skeur hy die tjek op en maak ‘n ander een! Dink net wat dit aan die Bond se finansies kon gedoen het as ‘n honderd of wat lede dieselfde fout gemaak het en dit nie agtergekom het nie. (Dalk kon ons dan ‘n stewige bydrae gemaak het om die Andries Pretorius-monument op Graaff Reinet na ‘n meer geskikte plek te verskuif.) Kan ons reël dat die Bond slegs kwitansies uitstuur as daar spesifiek voor gevra word? Dit het min sin om R20.00 in te kry en dan R2.65 plus ‘n koevert te verkwis net om die kwitansie te stuur. Ek onthou dat Lieselore dit altyd saam met die volgende Doringtak uitgestuur het. Enkele lede het geskryf dat hulle meen die ledegeld moet verhoog word. Die bestuur sal weer hieroor besin.

669

ORALS

Peter Steynberg (b7.c6.d7.e5.f1.g1. h1) van Vredenburg skryf dat hy in die kerk op Aberdeen gedoop is as Jan Petrus Steynberg, maar dat sy ID boek hom bloot as Peter aandui. Hy verkies die amptelike weergawe omdat hy dit sy lewe lank so gebruik. Peter is Bestuurder van die Koöperasie op Vredenburg. Dis interessant dat Potgietersrus (sedert 2002 Mokopane) hier in Limpopo, ook aanvanklik Vredenburg dorp van vrede - geheet het, om die versoening of “vrede” tussen Voortrekkerleiers Hendrik Potgieter en Andries Pretorius te gedenk. Mens wonder waar die Weskus se Vredenburg se naam vandaan kom. Johannes Adriaan “Basie” Steenberg (b11.c5.d2.e8.f2.g2) skryf: “Mag die Bond voortdurend groei! Die kinders sal ek ook bearbei om aan te sluit. Ons is nou amper sewe jaar in die Baai nadat ek afgetree het. Glo my, daar is maar net een plek en dit is die Karoo. Alhoewel ek van oorsprong ‘n Baaienaar is, het ons 34 jaar in die Karoo geswerf en gewerk; op plekke soos Rietbron, Steytlerville, Hofmeyr en Noupoort—dieselfde Noupoort wat nou so in die nuus is oor die Sentrum vir Verslaafdes. Cobie Steinberg (neé Jooste, vrou van Dr Jan Steinberg van Lydenburg,) bly bedrywig. Self altyd topfiks, het sy het nou ‘n projek geloods waar 20 van dié pragtige dorp se bejaardes tussen die ouderdomme van 60 en 83 jaar tweemaal ‘n week gratis spin-klasse (ry op oefenfietse) by die Lydenburgse Gesondheid-sentrum bywoon. Lede van die groep sê toe hulle kinders was, het hulle fiets gery, daarna agter ‘n motor se stuur ingeskuif en nooit kon droom dat hulle

op hulle oudag weer sou fiets ry nie—en dit so baie geniet nie. 'n Medies opgeleide persoon is altyd teenwoordig tydens die klasse. Bloeddruk word gekontroleer en ‘n hartmonitor is ook byderhand. Die groep kan die sauna gratis gebruik. Kobie sê: “Musiek en oefening saam kan net ‘n wenner wees. Die oefening bevorder geestesgesondheid en verhoog energievlakke. Die projek het al ons verwagtings oorskry.” Oom Coert Erasmus van Mooiplaas daar langs die Hennopsrivier suidwes van Pretoria, se pa, wyle oom Louw Erasmus, was ‘n broer van Louisa Catharina Steynberg (geb. Erasmus, getroud met Willem Frederik Steynberg - b7.c6.d6.e6) - wat op Sybrandskraal geboer het. Sy was my Oom Ulrich Steynberg, tans van die Paarl, se moeder, en my (Ron) se grootmoeder. Oom Coert vertel daar het langs sy pragtige plaas ‘n plakkerskamp met tussen 15000 en 20000 siele ontstaan. Boer en woon het daar heel onaanvaarbaar geword en die verkoopmoontlikhede van sy grond is ernstig geknou. Hulle het gevolglik lank gesukkel om die grond verkoop te kry. Eindelik kon hulle darem teen ‘n belaglik lae prys verkoop en sedert Junie verlede jaar woon hulle in Heuwelsig, ‘n aangename aftree-oord in Lyttelton. Oom Coert sê hy is besig om iets te skryf oor hulle Mooiplaas/Erasmia gemeenskap. Op Mooiplaas is ‘n familiekerkhof en 'n ouer broer van my Oom Ulrich, genaamd Coert Erasmus Steynberg (b7.c6.d6.e6.f3 - geb. 7 Nov. 1910),

670


wat jonk oorlede is, lê daar begrawe. Om watter rede hy, wie se ouers op Sybrandskraal gewoon het, daar begrawe is, is nie meer bekend nie. Lee Steynberg van Colleen Glen, Port Elizabeth, skryf sy is Maria Elizabeth (b7.c6.d3. e6.f2.g1.h3) gedoop, haar ouers noem haar Lizelle, maar haar vriende noem haar sommer Lee. Sy en haar ouers, Dirk en Marie, woon op twee 9 ha hoewes ongeveer 25 km van Port Elizabeth af. Albei eiendomme het ‘n pragtige uitsig tot by Kaap St Francis. Haar pa, sê sy, kan egter die Karoo nou eenmaal nie uit sy bloed kry nie en hy jeuk om weer terug te trek daarheen. Sy glo as hy ‘n goeie prys vir sy stukkie paradys kry, sal haar ouers weer hulle goedjies pak en iewers op die hoekkant van ‘n woestyn gaan integreer. Dit gaan baie goed met Dirk en Marie. Hulle het onlangs teruggekeer van ‘n maandlange strawwe 4X4 toer deur Angola. Lee is baie trots op haar ouers, hoewel sy vermoed haar moeder het heimlik gehoop die ebola-virus sou die toer afgestel kry. Niks kon egter haar pa se entoesiasme demp nie en hy beplan alweer vir ‘n volgende toer. Sy en haar vriend Gary, ‘n regte stadsjapie, is geseënd om haar ouers so naby hulle te hê. Toe Lee-hulle daarheen getrek het, het hulle besluit om al wat gedierte is, daar aan te hou. So het hulle alles van skape, bokke, varke, eende, eende, poue en perde tot emu’s. Lee se eie “baba” is ‘n jaaroud rooikat, “Chui” (Swahili vir luiperd) wat sy grootmaak sedert sy ‘n paar dae oud is. Hulle woon langs ‘n natuurreservaat en

Chui kan bedags vir ure verdwyn tot Lee huis toe kom en haar roep om te kom eet. Chui eet sowat drie hoenders per week, met bietjie ander vleis en vis tussenin. Chui is onlangs gesteriliseer en die veearts sê sy is eintlik ‘n bietjie vet! Sy slaap snags in Lee se arms. Lee is ‘n kunstenaar wat haar siel aan die finansiële wêreld verkoop het, maar sy hoop om binnekort op haar lappie paradys naby die see te kan aftree en dan wonderlike dinge te kan verf. As sy die Lotto kan wen, sal dit glo baie help! Leonie Viljoen (geb. Steynberg b7.c6.d6.e6.f1.g2.) en haar man Dawid het op 3 Julie 2005 hulle 40ste huweliksherdenking gevier. Prof. Leonie Viljoen is die skryfster van die artikel oor pendelhuwelike wat in DD 37 verskyn het. Verdere goeie nuus is dat hulle omstandighede so verander het dat Dawie nou weer in Pretoria kan woon en dat hulle pendeldae van 13 jaar verby is. Dit gaan met hulle baie goed. Dit lyk asof dit makliker is om 40 jaar se huwelikslewe te verduur as jy meer as ‘n kwart daarvan afslag gekry het. Hartlike gelukwense aan hulle met die bereiking van hierdie mylpaal. Hulle het nou ses kleinkinders wat vir hulle baie vreugde - en heelwat werk - verskaf. Leonie is steeds Professor aan UNISA en Dawie het deesdae genoeg vrye tyd om te doen wat hy wil, mits daar nie ‘n kleinkind op daardie stadium toesig of aandag verlang nie.

‘n Besoek aan Windhoek se Steynbergs.

Lieselore Steynberg, ons lewenslange ere-president en goeie vriendin, skryf: “Die foongids van Namibië is maar dun en die Steynbergs min. Op die laaste dag van ons reis na Swakopmund en Etosha, was ons nog ‘n dag in 671

Windhoek en het ek elke Steynberg gelui. Almal het my aangeraai om met Martha te praat. Ek maak toe so en word genooi. By die koopsentrum waarvandaan ek geskakel het, moes ons wag. Martha sou ons kom haal. Ek en my suster Barbara wag toe op ‘n bank en wonder of ons mekaar sou vind want ek het vir Martha nog nooit gesien nie. Om nie met leë hande daar aan te kom nie, koop ons gou ‘n paar blomme. Toe kom ‘n aantreklike dame, met ‘n lang jong man aan haar sy, reguit na ons aangestap. Dit was Martha en haar seun Ernst. Martha se huis is nie modern nie, dit herinner aan ‘n plaashuis. Groot bome gooi koel skaduwees oor die voortuin. Die stoep is toe onder sifdraad en die voorhuis se meubels en ornamente lyk soos erfstukke. Dit lyk lekker om daar te woon. In ‘n japtrap was tee en koek gereed en kon ons oor familie gesels. Martha se man, Ernst Mielman (b11.c10. d4.e2.f1.g1.) is al in 1998 oorlede en hulle vier seuns is almal in Windhoek gebore en woon nog daar. Die jongste, Ernst, is nog ongetroud en is ‘n klankman by die Uitsaaiwese. Marius werk by ‘n sekuriteitsfirma en Francois Johannes is in diens van die Munisipaliteit. Hy en sy vroutjie, Elize (Snyman) het een seun Francois Ernst op hoërskool, en ‘n dogter, Elisma. Die oudste seun, Reynard Petrus, is getroud met Elma Burger en hulle het nog nie kinders nie. Die naam Reynard Petrus kom gereeld in die geslagte voor. Ernst Mielman het ‘n broer (g6.) met dié naam, sy vader (f1.) was Reynard Petrus, sy oupagrootjie was Reynard Petrus (d4.) en ‘n hele aantal

ooms en neefs is met dié name gedoop, maar die spelwyse verskil effens. Ernst Mielman Steynberg se groot-grootoupa, Abraham Jacobus (b11.c10.), gebore in 1818, het op Cradock met Johanna Catharina de Winnaar getrou en daar het die name Reynard Petrus hulle plek in die nageslagte ingeneem. Een kind is gedoop Reinard Petrus, maar sy is ‘n meisie en word Rynie genoem. Die uitlê van familie was ons hoof gesprektema en ek kon baie leemtes in die geslagsregister invul. Martha se vader was Jacobus Wilhelmus la Cock en haar moeder, Cornelia Francina Wessels was 21 jaar by S.W. Uitsaaikoöperasie in beheer van nuusuitsendings in die Hererotaal. Laat die middag, na werk, het die seuns by Martha kom inloer en kon ons foto’s van die familie neem, maar ongelukkig het hulle verlore geraak - kameras maak partykeer so. Met skemer was dit tyd om na ons herberg, Chameleon Packpackers, terug te keer. Martha en Elisma het vir ons die heerlikste toebroodjies ingepak en Francois het aangebied om ons terug te neem. Dit was al donker, ons ken Windhoek nie en het verdwaal! Gelukkig was die kinders saam en kon ons die regte rigting vind na die doodloopstraat waar die herberg is. Dankie vir jou gasvryheid, Martha! En dank aan jou seuns vir hulle bereidheid om vir ons taxi te speel!

STERFTES Louis Botha Steynberg (b11.c1.d4. e5.f11) is op 21.01.’77 oorlede. Na hy as rangeerder vir die Spoorweë te Middelburg, K.P. gewerk het, is hy na die kopermyne by Mufulira in Zambië. By sy terugkeer het hy by ‘n kragstasie

672


in Sasolburg gewerk. Sy weduwee, Debora Jacoba Johanna (neé Annandale) woon nog in Davies Court, Secunda. Op 23.08.2005 sal sy 86 jaar oud wees. Catharina Maria Steynberg (geb. Ferreira - b11.c5.d2.e8.f2), moeder van Hendrik Jacobus “Bokkie” Steynberg van Pentagonpark, is oorlede op 30 Julie 2003 in die ouderdom van 89 jaar. Willem Hendrick “Willie” Steenberg (b11.c2.d10.e4.f7) van Birchleigh het op 26.08.2004 met mooi herinneringe afskeid geneem van sy eggenote Isabella. Sy het ongeveer ‘n jaar tevore ‘n ligte beroerte gehad, maar daarna weer mooi aangesterk, hoewel die geheue nie meer so betroubaar was nie. In Augustus verlede jaar het sy geval en 'n heupbeen gekraak. Na ‘n heupoperasie het sy ‘n week in intensiewe sorg beland waar sy oorlede is. Willie woon nou in die Lenitas Rusoord in Kempton Park. Sy dogter Susanna staan hom mooi by deur een of twee maal per week sy yskas vol geregte te maak sodat hy nie self hoef te kook nie.

GEBOORTES Johannes Cornelius Riaan Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g5.h1) en Hayley van Bloemfontein het op 21.09.04 ‘n dogtertjie genaamd Kyleigh ryker geword. Nicolaas Jaco Steynberg (b11.c5.d1.e6.f5.g3.h2) en vroutjie Heleen van Edenglen, het op 5 Februarie 2003 die trotse ouers van ‘n dogtertjie genaamd Marlie geword. Jaco is ‘n Elektriese Ingenieur.

Annamarie Grové (geb. Steynberg b11.c5.d1.e6.f5.g3.h1) en eggenoot Jannie Grové, wat sedert Februarie 1999 in Gladstone, Australië woon, het twee seuns: Ivan (geb. 18/01/’94)) en Rynhardt (geb. 13/10/’95.) Jannie is ‘n Chemiese Ingenieur. Vir Leonie Viljoen (geb. Steynberg b7.c6.d6.e6.f1) se dogter Leonie en haar man Lou Greyling het hulle tweede seun, Sascha Lawrence Greyling, op 12 April 2005 perdfris sy opwagting gemaak. __________ Jufrou: Willie, noem vir my twee voornaamwoorde. Willie: Wie, ek? Juffrou: Pragtig, Willie! _____________

OORLEWERING Tannie S J (Fienie) Meiring (geb. Steynberg—b11.c10.d5.e6) skryf in haar pragtige handskrif dat sy eersdaags tagtig word, maar in haar hart voel sy nog soos agttien. Sy is dankbaar vir Die Doringtak wat sy baie interessant vind. Haar vader het op 12 jaar ‘n interessante ondervinding gehad. Toe die Engelse soldate op haar oupa se plaas aanland, het hulle reguit na die vrugteboord en turksvylaning gepyl op soek na vrugte, vergesél van haar pa wat blykbaar vir hulle die pad moes aanwys. Hulle het nie turksvye geken nie en die onnutsige klein Stefanus Steynberg besluit om hulle ‘n poets te bak. Hy vertel hulle toe van dié

673

heerlike vrugte wat ‘n mens met skil en al moet eet. Hulle het hom gehoorsaam en gou het elkeen van hulle ‘n snorbaard van turksvydorings gehad. Teen daardie tyd het die klein rakker al stilweg verdwyn en gaan wegkruip! Haar vader en sy jonger broertjie, Willem Frederik, was saam met hulle siek moeder, Stefina Josina Steynberg, van hulle plaas in die Rouxville-distrik geneem na die Konsentrasiekamp te Aliwal-Noord terwyl hulle vader op Kommando was. Haar ouma is later in die kamp oorlede en die twee jong seuns het alleen agtergebly. Haar oupa, ‘n welgestelde man, het bomskok opgedoen en kon na die oorlog nie meer suksesvol boer nie. So moes hy van twee van sy drie plase ontslae raak. Haar vader het na ‘n paar jaar van baie harde werk die plaas by haar oupa gekoop en getrou, maar sy vrou is oorlede. Daarna het hy weer met Tannie Fienie se moeder, Maria Elizabeth Cruywagen, getrou. Daardie pragplaas met sy wye verskeidenheid vrugte, behalwe tropies natuurlik, sy groen grasperke en die drie damme waarin hulle as kinders baljaar het, is nou in vreemde hande, maar die mooi herinneringe kan nie vervreem nie.

AARDBEWING TE STILFONTEIN. Johannes Steenberg (b11.cl.d.5.e5.f3.g4)

Sulke rampe vind mos altyd net op ander plekke plaas! Of hoe sê ek?

Hoekom is Pofadder, Keetmanshoop of Rustenburg nou eintlik veiliger om in te bly as Stilfontein? Verskeie inwoners van Stilfontein het glo sommer dadelik hulle eiendomme in die mark gesit? Hoe dink hulle waarheen gaan hulle nou vlug om rampe vry te spring ? Ongeveer veertig jaar gelede het ‘n soortgelyke ramp die Ceres-WolseleyTulbagh gebied getref, maar met groter verlies as wat die geval op Stilfontein was. Ons moet net dankbaar wees teenoor ons Hemelse Vader dat dit nie erger gewees het nie. Toe die ramp daardie gebied getref het, het iemand die stelling gemaak: “As ek daar gebly het, sou ek dadelik my eiendom verkoop het en na ‘n ‘veiliger’ plek verkas het.” Toe sê ek: “Watter prys sou jy vir jou eiendom gekry het na die aardbewing en waar sou jy weer met die geldjie wat jy vir jou eiendom gekry het, ‘n veiliger plek kon bekom?” Hoeveel aardbewings het sedertdien daardie gebied getref? ‘n Tyd gelede is hier, in Stilfontein, ‘n dame in haar tuin vermoor? Na watter dorp moet ons trek om ‘n moontlike moord vry te spring ? Is daar dalk so ‘n plek in ons mooi Suid-Afrika? As die vooruitkyk duister is, moet ons liewer begin opkyk na Bo! Wat sê die Skrif omtrent hierdie gebeure? Ons lees in Amos 3:17: “Maar die Here wat die seggenskap oor alles het, doen niks sonder om vooraf vir Sy diensknegte, die profete, daarvan te sê nie.” Mattheus 24:6-8: “Moenie paniekerig word as daar oorlog uitbreek of as julle hoor van oorloë ver van julle af nie. Dit is alles dinge wat moet gebeur, maar dit sal nog nie die

674


einde wees nie. Die nasies sal teen mekaar veg en die een volk sal teen die ander te staan kom. Daar sal orals hongersnood en aardbewings wees. Maar dit sal alles net die begin van die swaarkry wees.” Mattheus 24: 6 tot 8; geneem uit Die Lewende Bybel. Aardbewings is maar EEN van van die tekens van die laaste dae (tye) op die aarde. Ja, maar aardbewings is al jare aan die orde van die dag! Dis waar, maar kyk bietjie na hierdie statistiek: Omtrent 100 jaar gelede was ‘n aardbewing ‘n seldsame verskynsel. In die eerste eeu na Christus was daar slegs 15 verwoestende aardbewings bekend; neem kennis, 15 in honderd jaar! In die tiende eeu was daar 32 sulke aardbewings. In die 18de eeu 640, in die 19de eeu 2,119. Deesdae is daar jaarliks , nie per 100 jaar nie, maar jaarliks, gemiddeld 30,000 aardbewings, dit is gemiddeld 82 per dag! Dit laat mens dink, nie waar nie? Die laaste aanduiding wat ons in die Woord kry wat die nabyheid van Sy koms aankondig, vind ons in Mattheus 24:14: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” (Die Bybel, ou vertaling). Op hierdie oomblik weet ek van ten minste ses godsdienstige satellietstasies wat in ons land die Woord oor die hele aarde uitsaai. Hoe lank gaan dit die moderne tegnologie neem om Sy verlossingsplan aan elke nasie, stam en taal te verkondig ? Oordeel vir uself. Soek gerus op u televisiestel, dalk is u gelukkig om so ‘n stasie op te vang, al het u nie ‘n satellietskottel nie. Op hierdie ou aardbodem van ons is daar nêrens ‘n veiliger plek om in te woon as die plek waar jy jou nou bevind nie. ____________________

While visiting a country school, the chairman of the Board of Education became provoked at the noise the unruly students were making in the next room. Angrily, he opened the door and grabbed one of the taller boys who seemed to be doing most of the talking. He dragged the boy to the next room and stood him in the corner. A few minutes later, a small boy stuck his head in the room and pleaded, "Please, sir, may we have our teacher back?"

___________________

VAN ALLES EN NOG WAT Anne

Jennings (b11.c1. d4.e11.g8—neé Steynberg) writes that she would like to know if any family member might have a photograph of her grandfather, Johannes Joost Steynberg — (b11.c1.d4). She would greatly appreciate obtaining a copy of such a photo and also one of her grandmother, Susanna Catharina Zinn. You can contact Ron, our editor, who will pass on the information. Tom Edwards nuus

In

Die Doringtak 37 het ons berig oor die vier geslagte Christoffel Steynbergs wat nog in Witbank woon. Dit het Tom Edwards van Vereeniging (getroud met Felicity Agnes—geb. Steynberg — b11.c11.d9.e.f1.g1) laat dink oor hulle eie situasie. Hulle is vier geslagte wat op EEN ERF woon! Dit wil darem gedoen wees. Dit werk so: 12 jaar gelede het Felicity se ouers, Nico en Rowena Steynberg,

675

in ‘n woonstel gewoon waar omstandighede nie heeltemal ideaal was nie, terwyl hy en Felicity op ‘n baie groot erf gewoon het. Tom-hulle besluit toe om hulle ouers te help deur ‘n tweede woning op hulle erf te bou waarin Nico en Rowena steeds woon. Toe Tom 6 jaar gelede afgetree het, verkoop hy die groot huis aan sy skoonseun, Kallie Venzke en sy vrou Shirley. Vir hom en Felicity bou hy toe ‘n woonstel agter op die erf. Nou is dit sy skoonouers, Felicity en hyself, sy dogter Shirley en Kallie en hulle kinders, Natasha en Reinhardt wat almal saam op een erf woon. Is daar iewers nog so ‘n situasie? Tom sê dat met die regte gesindheid en baie genade van Bo, hulle vandag kan terugkyk met die oortuiging dat hulle die regte ding gedoen het. Ulena Groenewald (geb. Steynberg b11. ) van Grabouw skryf sy sien ons redakteur (Ron) is ‘n man van sy woord - hy antwoord regtig briewe baie gou. (Die res van die familie kan dit gerus beproef!) Toe sy my brief lees, kry sy so ‘n warm gevoel en besef bloed is dikker as water. Sy het op Klaserie (Hoedspruit) grootgeword en die Laeveld lê haar nog na aan die hart. Daar by hulle is die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp die leegste ooit sedert hy gebou is. Dit het die afgelope twee jaar nie juis gesneeu in die berge wat die dam se opvangsgebied insluit nie. Hulle het ‘n baie bedrywige oestyd appels en pere - beleef. Die vrugte was mooi maar hulle het gedurende Desember ‘n paar baie warm dae beleef en die vrugte het groot sonbrandskade opgedoen sodat oesskattings afwaarts aangepas moes word. Hulle het egter darem ‘n oes en die R/$ verhouding het hopelik in hulle guns verander.

Haar skoonouers het besluit om semi af te tree en nie meer op die “werf” te woon met sy vroegoggendlawaai van trekkers en lorries nie. Hulle het gevolglik ‘n ander huis op die plaas vir hulle gerestoureer sodat Johan en Ulena pas na die “opstal” kon verhuis. Die opstal is in 1885 gebou en in 1989 ten volle gerestoureer. Johan is die sesde geslag Groenewald op die plaas. Haar suster, Charlotte, woon nou al twaalf jaar in die VSA. Ulena-hulle het pas vertrek vir ‘n maandlange besoek by Charlottehulle. Sy het hulle vier jaar laas gesien en hou maar gereeld kontak d.m.v. die internet. Ulena se dogter Hanli het op 18 Maart haar 9de verjaardag gevier, terwyl Anél op 5 Julie haar 12de verjaardag by haar tannie oorkant die water sal vier. Altwee gaan op Grabouw skool. Anél hou van sport en het op die Boland Kampioenskappe ‘n 3de plek met gewigstoot verower. Tans is hulle baie besig met netbal. Hulle spannetjie is al vir twee jaar onoorwonne. The family have noted and taken great pride in the excellent work done by Advocate Anton Steynberg as member of the prosecution team during the Schabir Shaik court case and congratulate him on the outcome. We will also follow with great interest the progress in the case against the dismissed ex-Deputy State President, Jacob Zuma. This is a truly historic event in South African legal history. We trust that justice will prevail and that our beloved country will send out an unequivocal message to our citizens and the rest of the world that corruption will not be tolerated. Johanna Catharina (Babs) Botma (neé Steynberg - (b7.c6.d7.e6.f1.g1.) van Centurion was 25 jaar in diens van Voersentrale totdat die firma uit be-

676


sigheid gegaan het. Nou werk sy as boekhoudster vir haar seun, Jan Petrus, wat in die rekenaarbedryf sake doen. Haar man, Petrus Johannes (Peet) Botma, het by Yskor gewerk tot hy met ver-vroegde pensioen gegaan het. Daarna het hy by MacSteel gewerk tot hy finaal afgetree het. Hulle gim 3X per week, fliek eenkeer per week en geniet die lewe. Albei haar ouers en haar vader se enigste broer is al oorlede. Sy wil graag ‘n geslagregister hê en sy hou van Die Doringtak! Veral die prentjies!

positief oor enige saak te verander, sal dit permanent wees. (Tensy jy natuurlik ‘n ander 21 dae neem om die proses om te keer!) Doen dit net! Jy kan byvoorbeeld vir 21 dae gereeld aan jou familie dink, hulle bel of besoek en, belangrikste van alles, nuus of inligting oor jou vertakking van die familie vergader en dit dan van tyd tot tyd vir my stuur! Dit sal vir my baie geluk bring! Ron

Klein reis

GELUK? Gary Player het eenmaal gesê: “Hoe meer ek oefen, hoe gelukkiger word ek.” Wonder jy ook soms hoekom sommige mense meestal geluk aan hulle kant het? Hoekom hulle net goeie geluk ervaar terwyl amper niks vir jou reg loop nie? Hoekom niks hulle skynbaar onder kry nie? In alles in hierdie lewe skyn daar twee kragte werksaam te wees - of dit nou goed en kwaad is, of positief en negatief. Swaartekrag het twee magte. Atome het twee kragte. Die hele lewe skyn te bestaan uit twee kragte. Wat gebeur wanneer mense ‘n positiewe benadering het? Kan dit wees dat ‘n positiewe lading hulle omgewe wat veroorsaak dat positiewe dinge met hulle gebeur? Rondom ons is die negatiewe altyd teenwoordig. Skakel die TV of die radio aan. Gou is daar ‘n ontstellende negatiewe nuusberig. Vergelyk hoe jy voel na ‘n aksie-fliek of ‘n besielende kerkdiens. Het jy geweet dit neem slegs 21 dae om ‘n gewoonte te verander? As jy dit regkry om vir 21 dae te doen wat nodig is om jou houding van negatief na

Dawie Steenberg b11.c11.d5.e6.f10 Gelukkig begin my klein reis ook, soos hopelik baie ander mense s’n, by Home Sweet Home. Net in my geval en vir ons hele Steenberg–gesin , sal daar altyd ‘n konkrete Sweet-home wees, mettertyd ook paslik aanmekaargeskryf, en ons eerste adres Sweet-home 126, Vredefort . Vredefort: Dit is T.T. Cloete, later een van my dosente en nog later my baas, wat die dorp op die kaart geplaas het met een van die mooiste gedigte in Afrikaans, naamlik “tuiskoms”, die slotgedig van sy vyfde digbundel, naamlik DRIEPAS (Tafelberg-uitgewers, 1989). Hy klee dit so in met ‘n beskrywende onderskrif:

677

tuiskoms Vredefort: this remarkable geological phenomenon SESA

ek het grootgeword op wat lyk na ‘n godverlate vredefort. ek moes van geboorte uit reeds weet wat ek later ontdek het, hoe ek op die koepel woon van ‘n wonder … dat iemand sou kon dink dit is sonder iets besonders, dat die rantjies net vir klim is en die vaalrivier net water vir lekker swem en geelvisvang … vergewe my die cliché: in die halfmaan rante wat soos waterrimpels om die granietporrel van wes na oos golf, daar is die skepper vandag nog sigbaar naby al het Hy vroeër as vroeg al daar rond met ‘n groot vinger geborrel. Tot sover die gedig. Opmerklik word alles wat lyk na menslike handeling in die gedig met kleinletters gespel teenoor die hoofletterverwysing na God om die kleinheid van die spreker teenoor die grootheid van God te beklemtoon. Die Vredefort-koepel is inderdaad ‘n interessante geologiese ‘wonder’, wat veroorsaak is deur ‘n meteoriet wat ‘n klein paar eeue gelede daar neergestort het soos ‘n “groot vinger” van God. Dit het enersyds ‘n “halfmaan rante” aan die weste veroorsaak en aan die ooste naby die dorp ‘n “golf” o.a. in die vorm van ‘n groot rotsplaat, wat volgens oorlewering/legende/wetenskaplike meedeling – wie sou sê – elke jaar nog by die 3cm styg. My klein reis het nie op die “golf” begin nie maar in die diepste kom van die “halfmaan rante”, waar nie groot lappe bewerkbare gelyk grond is soos bo-op

die golf nie. Teenoor die groot, tipiese Vrystaatse mielie- en skaapplase aan die ooste en suide van die dorp bied die weste en noordwestekant dikwels net kleiner klipperige lappies landbougrond, wat hoogstens geskik is vir beperkte gesaaides in ‘n gemengde boerdery. Maar dan bied hierdie ranteveld weer van die mooiste bosveld in ons land – iets wat in ‘n mens se bloed kom en altyd daar bly. Dit is familiegeskiedenis dat Ouma en Oupa ‘n groot genoeg plaas bo-op die “golf” besit het, maar om ‘n onbekende rede besluit het om dit te verkoop en elders in ‘n plaas te belê. Familielegende wil dit hê dat hulle uiteindelik ‘n keuse moes maak tussen ‘n Potchefstroomse vlakteplaas en Sweet-home. Of die woonhuise vergelykbaar was, is nie vir my vertel nie, maar die wind wat na my toe oorgewaai gekom het, het gefluister. Die rante en bome van Sweet-home was mooier, en buitendien Potchefstroom is dan buite die Vrystaat! En sestig, sewentig jaar was Sweethome in Steenberg-hande , en het dit ‘n gesin van nege help vorm en ‘n plek vir ‘n paar grafte geword. Vir ons almal wat daar grootgeword het, is dit meer as ‘n plek. Ons dra dit met ons saam as persoonlike ruimte van bome, bosse en rotse en hoogtes waarteen ons alles wat ons sien en ervaar, meet en pas. Wat ek veral met my saamdra, is die rustigheid en vastigheid en inspirasie van ‘n leunstoel van etlike tonne van ‘ouklip ‘ in die spruit, waarin ek as seun in die helderste blou lug lê en opkyk het en my drome en my eie oplossings en toekoms gedroom het.

678


Watching me on the bathroom scale the other morning, sucking in my stomach, Isabel thought I was trying to get a more flattering reading, and said, “Surely that won’t help.” “Sure, it will,” I replied, “I can see the numbers that way!”

NOGAL HARTSEER Ek wat Ron Steynberg is, was nooit ‘n danige jagter nie. Ek het nie goed genoeg geskiet nie en my hart is seker te sag. Tog het ek vier vuurwapens besit waaroor ek nogal erg was. Van my oorlede vader het ek drie gewere geërf. Die eerste was ‘n .303 weermagsurplus Lee-Metford wat my pa in die vroeë jare 50 deur die skietkommando aangekoop het vir £10. Min het ek besef dat om jou eie .303 te hê, die besit van ‘n stukkie wêreldgeskiedenis beteken het. Dit was die Merk 2 Lee-Metford wat in 1894 op die toneel verskyn het en wat die steunpilaar was van die Britse Weermag gedurende van die mees onstuimige tye in die geskiedenis. Hierdie gewere was staatmakers totdat die dryfmiddel-lading van swartkruit verander is na kordiet. Skielik was die Lee-Metford nie meer wel nie. Die veel hoër ontbrandingstemperatuur van kordiet was erg korrosief op die vlak groewe van die Metford loop. Na relatief min rondes was die loop erg beskadig.

Om dié probleem op te los was die loop verander na die Enfield styl met die kenmerkende vyf spiraalgroewe met ‘n linkse tol-aksie. Hierdie geweer is toe herdoop as die Lee-Enfield, een van die beroemdste name in die vuurwapengeskiedenis. Uiterlik was die Lee-Enfield identies met die Lee-Metford en talle LeeMetfords was omskep in Lee-Enfields deur eenvouding nuwe lope aan te sit. ‘n “E” gestamp op die kant van die loop was al waaraan jy die Enfield uiterlik kon uitken. Dit was die wapen van die Tommie infanteris teen die Mauserbewapende Boere tydens die BoereOorlog. Die Engelse het gou gevind dat die akkuraatheid van hulle gewere nie kon kers vashou vir die Mausers nie, en ook was die Boere baie beter skuts. Dit was een van hierdie Enfields, met ‘n splinternuwe loop, wat ek geërf het. Dit was my “jaggeweer” waarmee ek my heel eerste rooibok geskiet het en ook ‘n hele klompie ander wild. Ek sal nooit vergeet hoe ek en ‘n vriend in Thabazimbi se wêreld gaan jag het nie. Koos had ‘n splinternuwe moderne 30.06 kompleet met spoggerige teleskoop en al. Hy het half meewarig neergesien op my primitiewe skietding. Ons loop toe so ‘n paar honderd treë uitmekaar in ewewydige bane. Ek kry ‘n skoot in en daar lê rooibokram nommer een - ‘n bietjie laag agter die blad geskiet, maar deur die hart en op slag dood. Terwyl ek by die bok hurk, steek ‘n tweede mooi ram half verbaas vas in

679

'n oopte sommer naby my. Die skoot klap en daar lê die bok, perfek agter die blad getref. Dit was genoeg vir my en ek begin wonder hoe my maat vaar. Ek hoor verskeie skote klap en toe ons eindelik by mekaar uitkom, blyk dit dat hy twee bokke met sy spoggeweer gekwes het. Ons het tot sononder spoorgesny voor ons albei hierdie bokke opgespoor het. Koos was maar bek-af, maar ek het die situasie terdeë geniet. Gebou om te hou, is dit nie moeilik om ‘n Enfield vandag nog raak te loop nie. Dit word egter moeilik om een in ‘n goeie toestand te vind. As jy een kan vind, raap hom op. Dis nou as jy buite Suid-Afrika woon. Met die plaaslike wapensituasie het hulle hier feitlik alle waarde verloor. ‘n Bietjie soek op die internet dui aan dat hierdie ou wapens baie gesog is en in goeie toestand ongelooflik hoë pryse behaal. Ek het soms, wanneer ek hierdie ou geweer vashou, gewens hy kon praat. Waar sou hierdie ou artefakt al orals gewees het en wat het hy nie al alles meegemaak nie? Hy was groot respek en agting waardig. My volgende geweer was ‘n Remington .22 Model 572 BDL Deluxe Fieldmaster. Waar my pa hom gekry het, weet ek nie. Hy het hom ook nie nuut gekoop nie. Dit was ‘n droom van ‘n geweertjie, met ‘n pomp-aksie, ‘n buisvormige magasyn onder die loop waarin jy na keuse òf vyftien .22 Long rifle, òf sewentien .22 Long, òf een-en-twintig .22 Short rondes kon laai. My pa het op Sybrandskraal grootgeword en die natuur en plaaslewe was in sy bloed. Deur omstandighede kon hy nie gaan boer nie en het hy as klerk in die Landbank gaan werk.

Eindelik is hy verplaas na Ermelo waar hy weer die plattelandse lug kon inasem en hy eindelik vir hom ‘n naweekplasie anderkant Lothair, ‘n paar kilometer duskant die Swazilandse grens gekoop het. Ek het as hoërskoolleerling en student graag tyd daar deurgebring. Die Remington geweertjie was ‘n deel van my en my pa se lewens. Ek het heelwat fisante en tarentale huis toe gebring met behulp van die knap geweertjie, ook hase, springhase, en selfs nou en dan ‘n bokkie. Op ‘n dag het my pa en ‘n vriend ‘n naweek daar gaan deurbring en die aand het elkeen met ‘n koplamp ‘n draai geloop, my pa met die Remington in sy hand. Hulle het kwalik ‘n honderd meter gestap in verskillende rigtings, toe haal ou Jonas wat saam met Pa gestap het, die jong vriend van agter af in met die boodskap: “Die Oubaas het geval!” Dit was ‘n hartaanval en hy was reeds oorlede toe hulle by hom kom - met die Remington steeds in sy hand geklem. Hy was net twee-envyftig jaar oud. Ek het ‘n 12 boor haelgeweer ook by Pa geërf, ‘n Sauer & Son, ook nie nuut toe ons hom gekry het nie, maar ‘n staatmaker. Hy het vir my later groot plesier verskaf met kleiduifskiet en ook voëljag in Potgietersrus se omgewing waar ek later jare gewoon het. Laastens het ek self vir my ‘n Walther P38 Parabellum pistool gekoop. Nogal redelik daarmee gevaar op skietbane ook. ‘n Konserwatiewe vriend het daarvan gesê dat artillerie van dié grootte wat hy ken, gewoonlik wiele aan het! Dit was eindelik nogal ‘n stryd om te besluit wat om met hierdie wapens te

680


doen. Self het ek hulle vir baie jare nie meer gebruik nie. Kopers was moeilik om te vind en belangstellendes het belaglik lae pryse aangebied. In al die jare het ek nooit iemand daarmee gedreig of in gevaar gestel nie. Ek het die wapens streng wetlik bewaar en versorg. Tog het die dag gekom waarop ek die vier wapens moes gaan inhandig. Ek het weggeskram vir die toekomstige rompslomp wat met wapenbesit gepaard gaan en was nie seker of ek die vaardigheidstoetse sou slaag wat vereis gaan word nie. Ek verstaan nie juis die nuwe maatreëls nie. Duisende wettige wapens is ingehandig. Die dag wat ek my vier wapens ingehandig het, het ek talle ontstelde persone gesien wat in dieselfde situasie as ek was. Dit was aandoenlik om te sien hoe pragtig bewaarde ou “wettige” erfstukke ietwat weemoedig ingehandig word deur manne en vroue in soortgelyke omstandighede as ek. ‘n Mens wonder hoeveel kapers, bendelede en diesulkes hulle onwettige wapens ingelewer het ten bate van ‘n “gun-free society”. ‘n Mens wonder ook hoeveel van hierdie goedversorgde vuurwapens op korrupte wyse vernietiging sal vryspring en in die hande van misdadigers sal beland om hulle wandade mee te pleeg.

Ek was verstom om op die Internet die pryse te sien waarteen dergelike gebruikte wapens deesdae oorsee verkoop word. Wat ‘n verkwisting.

BRILJANT! Vier studente kuier ‘n keer tot baie laat en kon toe nie studeer vir ‘n toets wat hulle die volgende dag moes skryf nie. Die volgende oggend bedink hulle ‘n plan. Hulle besmeer hulself met grond en olie en gaan soek die professor op. Die aand tevore, verduidelik hulle, moes hulle ‘n onthaal bywoon op ‘n buurdorp en op pad terug bars ‘n band en toe eers vind hulle dat die noodwiel gesteel was. Hulle het die hele nag gesukkel en nou eers hier aangekom. Hulle was in geen toestand om die toets af te lê nie. Die begrypende professor reël toe dat hulle die toets oor drie dae kon skryf. Hulle leer toe regtig hard en meld stiptelik betyds aan. Die professor sê daar is ‘n spesiale voorwaarde - hulle moes in afsonderlike lokale sit vir die toets. Hulle stem in, want hulle het goed voorberei. Die toets bestaan toe uit twee vrae wat gesamentlik 100 punte tel. 1. Skryf jou naam neer. (2 punte) 2. Watter band het gebars? (98 punte)

681

Sandversameling Mavis Steenberg skryf van ‘n besondere belangstelling wat by haar en wyle Hendrik (b11.c1.-d5.e5.f3.g2) ontwikkel het. Terwyl sy besig was om aantekeninge vir jeugaktiwiteite van hulle kerk op te stel, trek SAND haar aandag. ‘n Ver-sameling uit die natuur moes getoon word. Sy en Hendrik het ‘n speelgrafie en ‘n klompie plastiese sakkies in die motor gehad—en siedaar, ‘n idee is gebore. Die versameling is begin. Die monstertjies is later in geskikte glasbotteltjies met proppies oorge-plaas wat die kleur en tekstuur van die sand pragtig vertoon het. Die botteltjies is met behulp van ‘n tregtertjie gevul en dadelik van ‘n etiket met die plek se naam en die datum voorsien. Grootpaaie is vermy, hulle moes afdraai na ‘n plaas, ‘n straat, ‘n sloot, onder ‘n boom, mierneste, rivieroewer, seestrand of verder landin, landswyd van Upington tot in die Strand by Somerset-Wes; van Musina tot Vereeniging; van Oos-Londen tot in die Baai (P.E.), Durban en die kus van KZN, noord en suid. Dusver het hulle 283 botteltjies. Daar is sand van Kalifornië, Switzerland, Wallis, Duitsland, Nederland, Oostenryk, Italië, Luxenburg, België, Engeland, Loch Lomond in Skotland, Denemarke, Noorweë, Swede, Griekeland, Nu Zeeland en Australië. Sand is nie maar sand nie. Korea se sand is wit, Nu

Zeeland se vulkaniese sand is grys tot pikswart. Op Stradbroke eiland het hulle die rare brulsand aangetref. Elke botteltjie sand bevat ‘n herinnering aan ‘n plek, ‘n geleentheid, ‘n persoon. Die wye verskeidenheid teksture, grade van grofheid en ryke kleure, van Pretoria se roesbruin tot beige tot spierwit, praat met jou, vertel jou iets van die Skepper en Sy Skepping, van Sy omvattende liefde vir ons. ____________________

GELUKWENSE Die Doringtak het vasgestel dat die volgende familielede verlede jaar aan UNISA gegradueer het. (Vanjaar was daar geen St**nbergs nie.) STEENBERG ETIENNE LAWRENCE Hons BA in Penology—2004-0503

STEENBERG LEANNE JANE BEd (ECD, Foundation Phase)—2004-06-02

STEYNBERG FRANCOIS Bachelor of Laws (LLB)—2004-0923

Van harte geluk aan julle drie! Ons is trots op julle. Wil julle, (of dalk julle trotse ouers), ons nie asseblief ‘n bietjie meer oor

682


julleself vertel nie. Ons hoor graag wat julle nou doen en wat julle verdere planne is.  Mev. Elsje Steynberg, eggenote van wyle Joost Steynberg van Mosselbaai, het op 9 Mei haar 90ste verjaardag herdenk. Sy is op 9 Mei 1915 as ‘n nooi de Witt op Ladismith gebore en is die trotse moeder van drie dogters (Elzane Steynberg van Stanford, Susan Perold van Prince Albert en Ena Enslin van Pretoria), een seun (Jooste Steynberg van Johannesburg), sewe kleinkinders en 15 agterkleinkinders Sy woon in Santos Haven waar sy haar verjaardag saam met twee van haar dogters en 'n aantal vriende gevier het. Die hele familie wens haar van harte geluk met die bereiking van hierdie geseënde mylpaal. 

ONS LEWE IN DIE

TOEKOMS Enkele jare gelede het ek gelees van ‘n kerkraad iewers in ons land—ek wil nou nie sê in die Karoo nie, want ek is maar lugtig vir moeilikheid—wat na ernstige bespreking en oordenking, formeel ‘n besluit genotuleer het dat die aarde plat is! Mense voel steeds bedreig deur nuwighede en nuwe sieninge. Soms is dit moeilik om vir jou die

toekoms voor te stel of te dink hoe jy kan baat wanneer nuwe tegnologie jou lewe binnekom. Maar diegene wat hulle die toekoms kan indink, het ongelooflike geleenthede om by sulke veranderinge te baat. Sommige van die skranderste, mees geleerde mense van hulle dag kon egter nie insien hoe die nuwe tegnologieë van hulle tyd die wêreld sou verander nie. Die Internet en digitale tegnologie het reeds, en sal ook nog, ons lewens ver-ander op maniere wat tot onlangs feitlik ondenkbaar was. ‘n Onrusbarende persentasaie van die kennis en vaardighede wat die meeste van ons van jonks af geleer en ervaar het, is deesdae nie meer relevant nie. Vir diegene wat byhou, is daar egter geleenthede wat tot onlangs vergesog was. Elkeen wat nuut leer dink kan voordeel uit 'n legio geleenthede trek wat ons lewens totaal kan verander. Moenie die risiko loop om tien of twintig jaar vorentoe teleurgesteld terug te kyk omdat jy gedink het “Dit kan nie gedoen word nie!” Dit klink mos nes mense wat jy ken? Geslote, weet reeds alles, geen ruimte vir nuwe inligting of verandering nie. Moenie deur hierdie geslote mense ont-stel word nie. Hulle is normaal! Hulle is groot-gemaak om veilig te speel, risiko te vermy, en vervelige lewens te lei. Ons is dié wat abnormaal is. Ons beweeg mense om te droom, vorentoe te beweeg en iets met hulle lewens te doen anders as om te vegeteer en TV te kyk. Of hoe? As jy steeds nie glo dat breingeslote mense orals voorkom nie, en net wag

683

vir ons om hulle lewens te verander nie, lees die volgende aanhalings van mense wat so was: “I have travelled the length and breadth of this country and talked with the best people, and I can assure you that data processing is a fad that won’t last out the year.” The editor in charge of business books for Prentice Hall, 1957 “This ‘telephone’ has too many shortcomings to be seriously considered as a means of communication. The device is inherently of no value to us.” Western Union internal memo, 1876 “We don’t like their sound, and guitar music is on the way out.” Decca Recording Co. rejecting the Beatles, 1962. “Ingeligte persone weet goed dat dit onmoontlik is om die mens se stem oor 'n draad verder te dra en, al sou dit wel moontlik blyk te wees, sou die affêre van geen praktiese waarde wees nie.” Hoofartikel in die Boston Post, 1865. "Ek dink ek kan sonder vrees van teenspraak sê dat, wanneer die Paryse Skou sluit, elektriese lig daarmee saam sal afsluit en dat daar nie weer van gehoor sal word nie." Erasmus Wilson, Professor by Oxford Universiteit, 1878 "Daar sal nooit 'n massa-mark vir motorkarre wees omtrent 1000 in Europa – want dit is die perk van die

aantal chauffeurs beskikbaar.” Segsman vir Daimler Benz "Die gemiddelde Amerikaanse gesin het nie tyd vir televisie nie.” The New York Times, 1939 "Ek dink daar is 'n wêreldmark vir moontlik vyf rekenaars.” Thomas Watson, Voorsitter, IBM, 1949 "Die mens sal nooit die maan bereik nie, ongeag alle toekoms-tige wetenskaplike vooruitgang.” Dr. Lee De Forest (uitvinder van die vakuumbuis), 1957 "Die potensiële wêreldmark vir kopieermasjiene is hoogstens 5000." IBM aan the stigters van Xerox,1959 Jy kan sekerlik uit jou eie kring van vriende en kennisse of jou eie opmerkings oor die jare, hierdie lysie van voorbeelde uitbrei.

Bok Steinberg skryf: Net ‘n paar woorde van dank en groot waardering van die Steinberg familie b11.c7.d2.f3.g3.h1.2&3 - vir jou ongelooflike groot taak met Die Doringtak wat jy so professioneel en gesofistikeerd saamstel en aan al die Bondslede versprei. Ek glo dis ‘n roeping, anders sou dit onmoontlik gewees het. Ek wil nie eers vra hoeveel van jou tyd dit in beslag neem nie, om nie eers te praat van die persoonlike finansiële las nie - ek glo dit kos jou heelwat. (Kan jy dalk hierop

684


antwoord?) Ek het altyd gedink as Lieselore uittree niemand ooit in staat sou wees om haar skoene vol te staan nie en dat alles dan sou doodloop. En kyk net wat ‘n sukses! Baie geluk, Ron, en moet jou nie steur aan negatiewe kommentaar wat jy ontvang nie! Ek weet persoonlik van geen ander familie in SA en wyd buite ons landsgrense, wat so gereeld wye familienuus ontvang, saamtrekke hou en ‘n geslagsregister van 1723 tot 1985 en verder het nie. Na my beskeie mening is ledegeld van R20/jaar/gesin belaglik min. (Ek behoort aan verskeie studiegroepe waar ledegeld R100/lid/ jaar beloop - (met boonop groot chemiese maatskappye as borge.) Daarom wil ek voorstel dat ledegeld opgeskuif word na R50/gesin/ jaar (steeds n “bargain”). Dink net wat jy nie alles daarvoor kry nie. Baie dankie Ron, hou so aan. Hier in die Verre Noorde reën dit vanjaar baie swak, meestal net beloftes - miskien is dit wat ons verdien! (Amos 4) Dan is daar nog al die grondeise, maar ek glo die Here het met alles ‘n plan! Soos die Woord sê “Alles werk ten goede mee vir hulle wat Hom liefhet.” Gelukkig lyk die macadamia oes belowend en bly die boorgate sterk. Daarmee ook ons boere se geloof! As uittredende boer het ek en Annette genoeg tyd om dikwels noordwaarts te reis, soms via Botswana, soms via Zim, na Zambië (Barotseland) waar ons ‘n vakansiehuis op die walle van

die Zambezi gebou het. Ons plaaslike gemeente neem gereeld lewensmiddele (by die tonne) en geld oor die Limpopo na ses tehuise in Bulawayo, Zimbabwe. Die mense daar krepeer eenvoudig van ellende sonder die basiese lewensmiddele. Die bedankingsbriewe wat gewoonlik volg is hartverskeurend en dit dikwels vir kleinighede soos ‘n paar lemoene, ‘n pakkie koekmeel of ‘n bietjie suurdeeg. Deur die Genade slaag ons nog elke keer daarin om sonder konfiskering of groot invoerbelasting deur die Beitbrug doeanepos te kom. Die padblokkades - met omkopery - is nooit lekker nie en soms nogal skrikwekkend, want almal soek iets verniet. Brandstof is dikwels nie beskikbaar nie, maar goeie vriende wel. By geleentheid is ons voertuig se bande in Bulawayo met messe stukkend gesteek. Geen bande in Bulawayo beskikbaar nie. Ek onthou dit soos gister: 10 jaar nadat Mugabe aan bewind gekom het was ek beskaam omdat my doem-voorspellings nie bewaarheid is nie. Die land het steeds gefloreer met ‘n regverdige regstelsel. Toe moes ek my kleingelowige woorde terugtrek. Vandag, nog 10 jaar later, is Zimbabwe nie meer dieselfde nie. Alles gaan tot niet. Daar het min van die eertydse ordelike infrastruktuur oorgebly. Veral op landbougebied waar die florerendste plase met alles daarop eenvoudig “gekonfiskeer” is. Baie voormalige ryk mense is nou brandarm. Maandelikse ouderdomspensioene wat 5 - 10 jaar gelede vir ‘n bestaan kon sorg, is nou nie eers genoeg om ‘n brood te koop nie. (± $4000 Zim/brood) Na raming het daar minder as 10 000 blankes in die land oorgebly. Levubu (naby Louis Trichardt in Soutpansberg) waar ons met macadamias boer, vorm ‘n deel van ons land se 3% uitsoekgrond en word al 3 jaar bedreig deur grondeise. Met ‘n beleid van “Maybe,

685

and that’s final!” het niemand nog eers 1c ontvang nie. Dis sal so hartseer wees as ons hierdie gronde moet verloor - selfs teen vergoeding. Wat ek eintlik probeer sê is: kom ons wees dankbaar in alles. Kom ons lewe soos die Zimbabweërs - van dag tot dag, en sien die geringste meevallertjie as ‘n geskenk uit die hand van God, want Hy het sekerlik ‘n plan met alles, al kan ons dit nie altyd verstaan nie.

DIE BOKAAP Lieselore Steynberg Ek woon al so lank in Kaapstad en nou het ek eers die Bo-Kaap regtig leer ken. ‘n Besoeker uit Duitsland het by my gekuier en wou graag Kaapstad se besienswaardighede ervaar. Toe sluit ons aan by ‘n begeleide toergroep deur die Maleierbuurt. Die gebied is net onder Seinheuwel geleë, grens aan Buitengragtstraat en word BoKaap genoem. Ons gids was Tayga Arend, ‘n mooi sierlike vrou, aantreklik geklee in wit met ‘n bont Oosterse sluier. Sy is ‘n weduwee en sover sy kan onthou, het haar voorouers in die Bo-Kaap gewoon. Sy praat baie goed Engels. Tayga het ons eers met haar motor bergop na Seinheuwel geneem waar die twee kanonne is wat elke dag stiptelik om 12 uur ‘n skoot afvuur waarvolgens Kapenaars hulle horlosies stel. In die dae van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie is inwoners van die Kaap hierdeur meegedeel dat skepe in aantog was sodat hulle hul produkte, hoofsaaklik groente, vrugte en vleis, na die mark kon bring. Deur ‘n stelsel van

kanonskote op verskil-lende afstande was die inligting ook oorgedra aan boere in verafgeleë distrikte sodat hulle ook kon klaarmaak vir die lang pad Kaap toe. Die twaalfuur skoot van deesdae is simbolies van daardie dae, maar met die jaarlikse opening van die Parlement; wanneer buite-landse besoekers en oorlogskepe die Kaap besoek; met die begrafnis van ‘n Staatspresident of dergelike geleent-hede, word ‘n sekere aantal skote afgevuur. Net onderkant die kanonne is ‘n groot huis wat Tayga se oupa jare gelede gekoop het en waar haar Moeder nou die restaurant “Noon Gun” bestuur. Daarvandaan het mens ‘n wye uitsig oor die hele Kaap, Tafelberg, Duiwelspiek, die hawe en ver oor die Vlakte tot by die Hottentotshollandberge. Barbara het al meermale daar gaste met ‘n Maleise ete getrakteer. Vroeër was dié woonbuurt bekend as Skotsekloof, waar sedert die sewentiende eeu burgers en slawe gewoon het. Vandag is dit die Maleierbuurt met twee skole en ‘n paar Madresas (Koranskole) waar kinders na skool religieuse onderrig ontvang en die Koran in Arabiese skrif leer lees. Hulle hou streng by die Islamse geloof, hoewel hulle eienaardig genoeg, nie Arabies praat nie, maar Maleis. Slamse vroue (afgelei van Islam) van Oosterse afkoms is baie aantreklik en het ‘n slag om ‘n ligte tjalie of sluier kunstig oor hulle kop en skouer te drapeer. Dele van die Bo-Kaap is tot Historiese Monumen-te verklaar. In sommige strate is die huise taamlik eenders, enkel-verdieping met plat dak en tot

686


teen die straat gebou. Elke huis is in ‘n ander pastelkleur geverf en dit maak ‘n aantreklike prent. ‘n Paar trappies op en jy staan op ‘n stoep by die groot voordeur en weerskante is groot vensters met klein ruite soos die ou Kaap-Hollandse huise gehad het. Daar is gewoonlik ‘n gemesselde bank; of ‘n paar plante in potte; soms ook wasgoed wat in die son hang om droog te word; of ‘n vrou wat deur die oop bo-deur gesels met verbygangers en in die lug hang die geur van gekruide kos in voorbereiding. In een van die ou huise is die Bo-Kaap Museum. Stap by die voorportaal in en groot, blink terracotta teëls maak dadelik ‘n indruk van netheid. Weerskante is kamers en in die binnehof staan ‘n tafel met stoele onder ‘n skaduboom. ‘n Ou perdekar is in ‘n hoek gestoot. Daar is ook ‘n kombuis, ‘n pakkamer en toilette. Agter is nog ‘n verdieping waar ‘n interessante versameling ou foto’s en prente die geskiedenis van die Maleierbuurt uitbeeld. Ek stel my voor dat ‘n mens daar baie lekker kan lewe. Gelukkig het Tayga ons met haar motor geneem, want die strate is ongelooflik steil en met ronde klippe uitgelê. Dit is onmoontlik om daar te voet af te loop. By die oudste Moskee in Suider-Afrika, die ou W1 Moskee, het ons verby gery. Net op sekere feesdae mag gelowige vroue daar ingaan, sonder skoene en kop bedek, en dan kan hulle net op die boonste galery sit. Ongelukkig is sommige huise bouvallig en met onkruid oorgroei. Tayga het verduidelik dat die eiendomsbelasting so hoog geword het dat die inwoners nie meer kan bekostig om daar te woon nie. Een huis wat sy vir ons

gewys het, pas glad nie by die 18de Eeuse omgewing nie. Dis supermodern, karakterloos met groot vensters en in skokkend helder kleure geverf. ‘n Duitser het die erf teen ‘n ontsaglike prys gekoop en die huis laat bou, maar hy woon nie daarin nie. Ons was bevoorreg om by die huis van ‘n vriendin van Tayga te kon inloer. Soos in die Museum is die voorportaal ook uitgelê met groot rooi spieëlblink terracotta teëls. Ons was verstom oor die pragtige kroonkande-laar, deftige meubels en ornamente. Bokant die steengroef waar stene vir die bou van die Kasteel uitgehaal was, is die ou Slamse begraafplaas. Dit het ‘n mooi portaal maar binne is dit erg verwaarloos. Enkele grafstene is versteek onder onkruid. Een Kramat (graf van ‘n Moslem heilige) het goed behoue gebly. Ons as ongelowiges mag nie daar ingaan nie en kon slegs deur die oop deur kyk. Binne is alles netjies en skoon. Die sarkofaag is bedek met ‘n wit kleed en ‘n paar heilige boeke en kussings op tapyte is vir aanbidders beskikbaar. Daar rus Guru Truan Said, Oupa Skapie genoem. ‘n Ander Kramat is vervalle en dis onseker wie daar sy ewige rus gevind het, maar Sayga meen dis Tuan Nurman. Nog ‘n heilige, Guru Khardi Abdusalem, lê ook daar, maar niemand kan sy graf uitken nie. Ongelukkig word die begraafplaas nie meer ge-bruik nie omdat ‘n begrafnisstoet te voet die steil pad moet op loop. Tog bly dit heilige grond en mag dit nie bebou word nie. Toe het Tayga ons in haar eie woning met tradisionele Slamse lekker-nye getrakteer. Samoesas (klein driekige

687

vleispasteitjies met ‘n baie bros deegomhulsel), koesisters met ‘n effense kruiesmaak en ‘n klein, goed gekruide deegbal, met heerlike vrugteslaai van pynappel, appel en lemoene daarby, met ‘n joghurtsous daaroor en koue water met suurlemoen en tee om te drink. Tayga se drieverdiepingwoning is teen die berghang gebou met ‘n wye uitsig oor Kaapstad. In die boonste verdieping het sy ‘n groot vertrek waar sy tot 20 mense kan onthaal. Een groot tafel, omring met bont kussings en bankies maak ‘n Oosterse indruk en lyk baie deftig. Tayga het al ons vrae beantwoord. Sy het in die Bo-Kaap grootgeword, ken die mense en hulle probleme, hou streng by haar geloof, het saam met haar man as pelgrim Mekka en Medina besoek en sy het vier seuns wat nog op skool is. Dele van die Bo-Kaap is Nasionale Monumente, maar Tayga kla dat die owerhede nie die inwoners tegemoetkom nie en dat die gebied gevolglik verwaarloos. Ek glo dat ons toergids ‘n setel in die Stadsraad verdien en dat sy haar saak goed sou kon stel om die opbou van die Bo-Kaap te bevorder. Op die ou end is dit tog in belang van toerisme. Toe ons groet sê Tayga vir my “Nou kan ek vir jou sê dat jy soos my ouma lyk.” ‘n Paar weke later was ek in ‘n koopsentrum en my aandag val op die manier waarop ‘n sekere dame haar tjalie gedrapeer het. Haar rok was maroen en die geborduurde tjalie dieselfde kleur. Ek kon nie anders as om te staar nie. Toe kom sy na my toe en vra “Waar het ons mekaar gesien?” Ek het haar herken en geantwoord “Jy het vir my gesê dat ...” en toe val sy by

my in “...dat ek (jy) na jou (my) ouma lyk!”

HUWELIKE Victor Emanuel Steenberg (b11. c6.d1.e2.f1.g3) en Hester se dogter, Elizabeth is op 31 Desember 2003 getroud met Gert Grobler. Elizabeth hou skool by die Laerskool Hamilton in Pretoria. Gert is besig met sy doktorsgraad in Chemie. ‘n Stralende Madeleine Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g5.h3) is op 23 April 2005 te Bloemfontein getroud met Neil Kruger. Madeleine is die dogter van Johannes Cornelius (Hannes) en Ebeth Steynberg. Hannes se oudste broer, Johan Joost en sy vrou Zelda van Durban het ook die huwelik bygewoon.

688

Pretoria: In Memoriam (digter onbekend) Vandag voel ek ontwortel, verskuif en vervreem, Want my stad se naam is mos weggeneem: Pretoria word glo nou voortaan Tshwane, Maar ek wil regtig nie daarheen gaan nie! In die middestad waar immigrante saamkoek Sal ons nog na "Pretoria" op die kaart kan soek, Maar in die woonbuurte waar ons Afrikaners bly Is die naam net mooi nêrens op die kaart te kry!?! Wat sê Oom Paul daar op die Plein? Bly hy ook maar stil, bang om te verdwyn? Gaan die jakarandablomme nog dieselfde lyk As hulle nou op Tshwane-sypaadjies pryk? En die Bulle, hoe moet hulle ooit weer wen As hulle nie meer hulle tuisdorp ken? MAAR WAG


Daar is tog iets goeds wat nou aangaan: Selfs die lelikste Pretorianer word voortaan

'n Tshwaan!

Let’s laugh……… A Sunday School teacher asked her class, “What was Jesus’ mother’s name?” One child answered, “Mary.” The teacher then asked, “Who knows what Jesus’ father’s name was?” A little kid said, “Verge.” Confused, the teacher asked, “Where did you get that?” The kid said, “Well, you know that people are always talking about Verge ‘n Mary.”

_________________________

DIE ROEP VAN RUS-EN-VREDE Machiel Christoffel Steynberg en Betsie het aan die begin van die jaar die korporatiewe wêreld vaarwel toegeroep en met min kennis maar baie entoesiasme die onontwikkelde plaas Beatrix naby Rosendal (tussen Ficksburg en Senekal) gekoop om ‘n volgende loopbaan te begin. Die rusen-vrede was egter nie onvermengd nie.

Verveeldheid het verdwyn. Drade regmaak, gate in die pad herstel, beeste dip of spuit, ‘n mastitis-geval hier en ‘n arbeidsverhouding daar, sorg daarvoor. Die gemaksone is vergete. Die werking van ‘n gaswaterverwarmer, die spuit van ‘n bees of skaap, ‘n glibberige pad, letterlike koeitjies en kalfies, koeie wat bul soek (of andersom), geute en sementvloere, koperloodgieterswerk en oorvloeiende oorhoofse watertenks wat die skuur oorstroom, regkom sonder elektrisiteit, reënwater opvang (om nie ‘n paar turksvydorings te vergeet nie!) sorg daarvoor. Die bewuswording soggens van die droomskone plaas Beatrix bly moeilik om te glo. Moeilike tye word ongelooflike avonture. ‘n Lou bier in die hand (omdat die gasyskas nie kan voorbly nie) op ‘n wit plastiekstoel met ‘n ongelooflike sonsondergang wat die sandsteenkranse van minuut tot minuut verkleur, word ‘n ‘n eiesoortige 5-ster weelde.

689

Rosendal en sy mense, waarvan 70% werkloos is, is uniek. Die waarheid in Covey se stelling: “Die probleem is hoe jy na die probleem kyk,” en nie noodwendig die probleem self nie, word hier glashelder. Vriende se reaksies op hulle besluit loop wyd uiteen. Sommige verdedig en regverdig hulle rolle in hulle huidige organisasies. Andere suggereer dat boerdery die “maklike uitweg” is—en dat die werklike uitdagings lê in Gauteng. Nuwe insigte verdring ou idees. Die dae is verby dat geboer kan word met ‘n tang en ‘n stuk bloudraad. Dieselfde vaardighede word nou benodig as by toesig oor ‘n industriële produksielyn of bestuur in enige organisasie. Dit lei ook tot die besef dat, ongeag waarheen jy skuif, die pyn bly dieselfde - dis net die naam, ligging en mense wat verander. Die gras groei woes op Beatrix. Die wind beweeg ‘n see van blou, groen en goue golwe oor die veld. In Februarie daag ‘n splinternuwe kalfie op met ‘n belofte van nog dertig in Maart. Die grondeekhorinkies en muishonde raak gewoond aan die wit bakkie en die tarentaalwyfies moet wakker wees om hulle kuikens teen roofvoëls en jakkalse te bewaar. Intussen verwerf Machiel ‘n nuwe vaardigheid—sweiswerk! Nog nie perfek nie, maar aanhou probeer sal leer! Daar is so baie om te leer. Die reënmeter word van sentrale belang. Millimeters reën word aanvaar as ‘n bekendstelling in antwoord op ‘n terloopse “Dagsê” in die middel van ‘n straat. Nog belangriker, reën (water) is

die mees basiese van alle behoeftes. G'n wonder hulle wat soek na lewe in die buitenste ruimte, soek eers na tekens van water nie. Machiel en Betsie leer gou om baie oordeelkundig met nie net water nie, maar ook met energie te werk. Water wat op die gasstoof gekook word, en nie dadelik gebruik word nie, word in warmwaterflesse gegooi vir latere gebruik. Slegs die toiletwater word na ‘n biologiese drein weggevoer – alle ander water word weer gebruik vir die gras, groentetuin en bome. Hulle “ontdek” dat elke bietjie elektriese krag wat opgewek word, gestoor moet word. As die bakkie ry, word die selfoonbatterye en die groot los battery ook gelaai. As die kragopwekker loop, word al wat ‘n battery is gelaai. Nou besef hulle werklik hoeveel hulle in Gauteng gemors het en hoe gewoontes moet verander om die natuurlike hulpbronne effektief te benut. They miss everybody they left behind (but not the corporate world and Gauteng!) and eagerly watch the computer screen for new emails. They appreciate all the inspirational words and the sharing of what is happening “back there”. They would welcome being visited. They have hot water, one shower, one toilet, a kitchen, a storeroom with a bed and a combined dining-, sitting-, bedroom / office. Begin Maart beleef hulle die geleidelike verkleuring van die peer- en wilgerbome se blare. Die gras verruil ook die verskillende skakerings van groen vir rooikoper en witgoud. Die veranderinge in die natuur bevestig die ou korporatiewe wêreld se waarheid, “Al waarvan jy seker kan wees is verandering.” Die uitdaging is

690


nou om gereed te wees vir hierdie veranderinge. Die briesie na sononder begin al ‘n bietjie byt. Hulle geniet ‘n week se besoek aan Gauteng en waardeer alle vriendelike woorde en gedagtes. Die swak selfoonsein op Beatrix word met ‘n klomp sogenaamde deskundiges bespreek sonder om ‘n oplossing te vind. Eindelik, te danke aan twee nondeskundiges, het hulle ‘n antenne en kabels en Machiel se selfoon WERK! ‘n Boereverenigingvergadering op Rosendal verskil maar min van vergaderings in die korporatiewe wêreld. Sake soos veiligheid, arbeidsverhoudinge en bestuurspraktyke is bespreek – soms met baie emosie. It was also disappointing to hear that the majority of the South African consumers will select meat on price alone. Last year 40 000 tons of mutton, 40 000 tons of beef and 140 000 tons of chicken were imported and preferred by the consumer while more and more farmers are liquidated – some of them selling their cattle at a loss due to an oversupply on the market. How can this be allowed? Meanwhile thousands are dying of hunger in Africa. This, while South African farms (in the Karoo, Limpopo and Western Cape) are being sold for millions! Not to South Africans. Will the agricultural land eventually belong to “outsiders”? Life is not only difficult, but also complex. Scott Peck said “I hope you will abandon the urge to simplify everything, to look for formulas and easy answers, and begin to think, multi -dimensionally, to glory in the mystery and paradoxes of life, not to be

dismayed by the multitude of causes and consequences that are inherent in each experience – to appreciate the fact that life is complex”. Machiel and Betsy are grateful to have the opportunity to choose how they will react to the complexity. They know now that whatever they open themselves to will occupy their thoughts and will be the only things they will observe. They are therefore constantly opening themselves to positive words, scenes, conversations, sounds ... This opens their senses for more positive truths in the complex reality. Daarom is dit vir hulle wonderlik om nuwe grasse net voor die winter te ontdek, albei sekretarisvoëls in hulle nes te sien omgee vir mekaar, om ‘n familie meerkatte te sien stof uithardloop. In Maart het dit goed gereën. Hulle het nog nie intussen nodig gehad om van die boorgatwater vir die huis en groentetuin te gebruik nie. Die reën wat van die dak opgevang word was dusver genoeg. As deel van hulle steil leerkurwe, besluit hulle om 5 van die 18-maande oue ossies op die Rosendal vendusie te verkoop. Wat ‘n belewenis! ‘n Kunstenares (met haar kamera) en ‘n vriend beweeg die afslaer om die Rosendal vendusie te beskryf as een van die interessantse vendusies wat hy ooit bygewoon het. Oom Japie vind die korrekte terapie vir sy rug, nl. om die kunstenaar se vriend van die gras af op te help. Selfs die afslaer verwys hierna. Die plaaslike dominee was ook daar om, soos hy dit stel, sy entrepreneursvaardigheid te oefen. Die polisie-inspekteur het worsbroodjies en sous verkoop ten bate van die kerk. Wat ‘n kombinasie van bedrywighede! Then there were also the more

691

important people i.e. the Buyers (only 2 of them). The auction community treated them with the necessary respect. This, however only lasted until the auction started. All kinds of compliments then flew between the auctioneer and the two important buyers. “Moet nou nie maak asof ek familie is nie; Hierdie beeste is vir die kerk – jy kan gerus meer betaal”. At the end of the auction the auctioneer borrowed money from the buyer for a worsbroodjie (because it was for the church) and everybody enjoyed the jokes and worsbroodjies together. Alhoewel hulle wel hulle prys vir die ossies gekry het (en wel met die eerste oogopslag ‘n wins gemaak het), sal Machiel en Betsie seker nie gou weer beeste op ‘n veiling verkoop nie. Die boer kry deesdae net R8.00/ kg (lewendige gewig) of as hy gelukkig is R13.00/kg geslag aan die haak. Dit terwyl slaghuise die vleis vir heelwat meer verkoop (Fillet = R58.00+/kg; stowevleis = R22.00+/ kg, heel skaap = R25.00+/kg). Die boer sowel as die verbruiker ly skade. Het enige Doring-taklesers dalk enige voorstelle oor hoe om meer geld in die boer se sak te kry en om die verbruiker minder te laat betaal? Laat weet gerus. Volgens berekening moet die boer ten minste R11.00/kg op die hoef kry om enigsins ekonomies gelyk te breek. Ons praat dan nie eers van ‘n bietjie wins nie. Die groot oplossing is sekerlik geleë in samewerking vir ‘n groter doel – en nie net vir die “eie ek” nie. In April is Machiel Pretoria toe vir ‘n opknappings-kursus—oor

hoe die brein werk en hoe om ‘n breinprofiel te doen. Op pad het Betsie ernstig siek geword en moes sy ‘n spesialis spreek wat ‘n ernstige virusinfeksie in die auditoriese neuro-sentra van haar oor en brein gediagnoseer het. Sy het nou beduidend herstel met slegs nou en dan ‘n bietjie “motion sickness” en hoofpyn. ‘n Ou rugbesering van Machiel het ook skielik herleef—sodat hy nou ‘n geldige verskoning het om nie te hard te werk nie. Hulle het ook hulle eerste veeverlies gehad. Een van hulle 50 koeie het in ‘n modderdam beland (gebou vir erosiebestryding). Na 3 uur se gespook tot na donker het hulle haar uitgekry—bloot om haar die volgende oggend te sien vrek net toe die veearts by die hek inry. The floors of the barn (our home, office, workshop, store) had to be redone as something was wrong with the original cement used. Therefore the Colt bakkie had to sleep outside temporarily. That night a fierce hail-storm occurred—leaving the bakkie suffering from cellulite! Beatrix has gradually changed from shades of green to a mixture of light green to yellow with spots of orange. Then the gnomes (dwergies) began busily painting all die different Rhus species (Karee) on the farm. They first started with light yellow satin colours followed by shades of orange. The bright sunbeams are now slowly baking these colours into warm reds. These warm red leaves will soon change into a winter blanket to protect the roots of the plants. This colour festival will reach its peak within the next two weeks.

692


They still cannot believe that Beatrix is theirs. The first frost fell on a Wednesday night – the white sparkling grass fleetingly revealing its crystal beauty as the morning sunlight exposed the work of the frost queen. Unstable weather patterns bring the most beautiful rolling cloud formations in gold, silver, red and copper with super white hail curtains moving into the sunset, changing colour to light yellow, bright yellow, gold to copper. Early mornings the lazy clouds roll over the mountains, leaving their shining tracks on the bright sandstone and contributing to all the beautiful small trickling streams that hide away below the ericas and ou-hout plants. They have discovered that with the sad, negative things come the uplifting positive things – one must just be receptive for them. After the “cellulite” hailstorm, the air was filled with aromatic oils – from the bruised kakiebos and ou-hout. The previous evening the clouds hid the spectacle of the moon moving in in front of Jupiter. They were later allowed the opportunity to see Jupiter re-appearing from behind the moon – small and round in the “halo” of the moon - an unforgettable experience – short, sweet and full of positive energy. Hulle het die afgelope tyd begin om die talle miershope in die veld op te breek. Die Witgatspreeus geniet hierdie aktiwiteit. In die proses het die trekkertjie se voorwiel sy wind verloor en moes herstel word. Hulle buurman De la Harp het ‘n stoetbul as gevolg van ‘n abses op die long verloor – groot skade.

Hulle plak nog lekker in hulle “skuur”huis. ‘n 12 volt drukpompie voorsien nou meer as genoeg warm water by die stort. Dit is nou net ‘n ander prosedure wat gevolg moet word. Vir dié wat reeds daar was en koud gestort het – dit is nou baie makliker. Met Betsie gaan dit nog so draaierig. Die virusinfeksie in haar balans- en gehoor-sentrums het nog nie opgeklaar nie. Sy vertrou dat die tweede reeks medikasie die werk sal doen. Met haar draaierige kop ry sy nie soveel as wat sy graag sou wou saam met Machiel op die plaas rond nie. Sy ry, om die waarheid te sê, so min moontlik. Nou kom die mooi maar na haar toe – ‘n duikerooitjie wat haar ontmoet as sy in die oggend die hoenders (ja, stadshoenders) gaan oopmaak. In die middag koop sy hulle met mielies om om weer in hul hok te gaan slaap. Tot die twee rooibruin plaashoenders wat Willy vir haar afgestaan het (wat het sy reg gedoen?) hardloop al ewe agter haar en die houertjie mielies aan. Machiel-hulle sê dankie vir al die e-pos wat hulle ontvang. Hou asseblief aan om dit te stuur. Wanneer kom julle kuier? Hulle Baron (kaggeltjie) met sy skewe skoorsteen is geïnstalleer – nou kort nog net vriende, familie, rooi wyn en biltong. ______________________

693

SEEKOEIE terug in

SEEKOEVLEI Vir die eerste setlaars was die Kaap nog wild, met die Kaapse leeu (intussen uitgesterf), olifante en ‘n menigte ander wildsoorte. Die vleie van die Vlakte was die tuiste van seekoeie soos die naam Seekoevlei getuig. Vanweë hulle smaaklike vleis en vet, wat vir kerse gebruik was, was seekoeie graag gejag en so het hulle eindelik uit die gebied verdwyn. Seekoevlei en die aangrensende vleiland is as wildreservaat verklaar en Natuurbewaring het twee seekoeie hervestig en gehoop dat hulle sou aanpas en vermeerder. Dit het ook so gebeur en binne enkele jare was daar ‘n hele aantal meer in die vleigebied. In 2003 het een jong seekoei ‘n opening in die heining gevind wat deur ‘n bende gemaak is om onwettig in die vlei vis te vang. Die seekoei het maande in die omgewing rondgeswerf, vreedsaam op die groen gras gewei en die inwoners die skrik op die lyf gejaag. Vir Natuurbewaring was dit ‘n groot probleem, want skiet hulle die dier met verdowingsmiddels kon hy nog in ‘n bedwelmde toestand die water in vlug en verdrink voordat die swaar lyf gered kon word. Dae lank het een ervare man die dier se spoor deur digte riete gevolg. Hy ken dié diere se gedrag en streke want dit is sy werk om diere te verdoof. Elke dag was daar in koerante berigte van waar die seekoei opgemerk is. Na vier maande is die seekoei deur ‘n aantal bewaarders en helpers omsingel, verdoof, op ‘n vragwa gelaai en in die Oos-Kaap in ‘n ander reservaat vrygelaat.

Ons kan net dankbaar wees dat Natuurbewaring so baie moeite doen met ons wild, waarvan die getalle sterk aan die afneem is. Na die swerftog van die Seekoevlei seekoei, het die volgende artikel op 4 Oktober 2004 in Die Burger verskyn wat die wanderlust van ‘n ander seekoei van 75 jaar gelede beskryf. Almal het vir haar lief geword en sy het die naam HUBERTA gekry. “HUBERTA: ‘n Seekoei, gebore in Noord Kwa-Zulu ca. 1927, was ‘n paar maande oud toe kies sy die wye wêreld om al swerwende nuwe plekke te ontdek en ‘n jaar later deur plaaslike inwoners opgemerk is. Sy het aggressie teenoor mense getoon toe sy ‘n groep Indiërs wat doodluiters gesit en eet het, op loop gejaag het. Sy is in een van Durban se hoofstrate opgemerk waar sy doodrustig die woelige wêreld beskou het. Die Provinsiale Raad van die ou Natal het met haar kennis gemaak en sy het die lede amper vir ewig uitmekaar laat spaander. Die Indiërs van Anerley het haar tot ‘n godheid verhef en die Pondo’s het verklaar sy is ‘n grootse toordokter. Groepe is opgekommandeer om haar te soek, te vang en na ‘n dieretuin te neem maar sy het almal se planne gefnuik. Toe sy in 1930 oor die Umtamvumarivier geswem het, het sy haar voete op Kaapse grond neergesit. Vir die eerste keer in 61 jaar kon dié provinsie met ‘n seekoei spog. Sy was soos die Skarlaken Pimpernel hier gesien en daar gesien maar nottedem laat sy haar vang. Haar pad het uiteindelik oor die Buffelsrivier tot by Oos-Londen en toe na die Keiskammarivier gelei. Dit was die laaste skof van haar uitstappie. Op ‘n dag in 1931 het sy rustig in die Keiskamma gedryf, wolkies bekyk, die lyf ontspanne na al die stappery. Daar is sy doodgeskiet. So omgekrap was die wêreld dat op ‘n geregtelike ondersoek

694


aangedring is. ‘n Maand later het vier mans in King William’s Town skuld beken. Hulle is eindelik met R25 elk beboet. Haar swerftog was eintlik ongelooflik. Binne drie jaar het sy 1500 km afgelê genoeg om die hele land se belangstelling te wek. Tot waar sou sy gedwaal het as

die onbesonne vier mans haar nie doodgemaak het nie? Miskien ... tot by ons Seekoevlei? Astrante seekoeie maak steeds moles in hulle gebiede - daarby is hulle die dier wat in Afrika vir die meeste sterfgevalle onder mense verantwoordelik is.” (As kind kan ek onthou dat, toe ons in Durban gewoon het, my ouers met belangstelling van Huberta se swerwery in Durban se hoofstrate en verder suidwaarts, gepraat het. Ek onthou ook dat ek ‘n paar jaar later Huberta opgestop in ‘n Durbanse museum gesien het. Tot my verbasing het ek ook ‘n pragtige kinderboek gesien waarin Huberta se swerwe baie puik met illustrasies vertel word.) L.S.

______________________

OP ONTHOU SE SPOOR (Ron) Die van julle onder 50 sal waarskynlik die volgende onbenullighede met ‘n mate van irritasie, moontlik darem met ‘n bietjie meewarige verdraag-

saamheid lees. Maar hoe verder jy in jare aanstap, hoe meer sal jy daarby aanklank vind. Hoe ookal, my Oom Ulrich (b7.c6. d6.e6.f6) en Tant Bettie, vroeër van Sybrandskraal, bereik toe die punt waar hulle finaal hulle reeds afgeskaalde boerderytjie tot niet maak en verhuis Paarl toe waar hulle enigste kind al jare woon. (Ek praat ook nou soos sekere mense wat hulle self in die rede val - maar dit was juis tydens die Steynbergfees in Graaf Reinet in 2003 dat hulle dogter Marie vir hulle die advertensie van die blyplek in die Paarl gewys het en die proses van die verhuising aan die gang gesit het!) Oom Ulrich had so ‘n deurwinterde wit Isuzu bakkie wat ek nuttig kon gebruik en ek maak toe ‘n aanbod om hom uit vreemde hande te hou. (Dis nie my eintlike storie nie, maar ingeval u belangstel, die Isuzu’tjie bring nog sy kant en dwing steeds respek af.) Toe hulle op vertrek staan Paarl toe, ry ek en Issie om die Isuzu’tjie te gaan haal. Feitlik alles was toe reeds ingepak en die meubelwa sou binne ‘n dag of wat die trek kom haal. Soos dit maar gaan, was daar items wat ‘n mens nie meer wil hou nie, maar wat jy ook nie wil weggooi nie. Allerlei goeters is uitgedeel vir vriende en familie. So kry ek toe ‘n vammeleë se bruin leerbeursie. Hy’t nie ‘n naam of ‘n fabrikaat nie, maar hy’s duidelik gemaak in die dae toe dinge nog gemaak was om te hou. Ek is nie ‘n man wat ooit ‘n beursie dra nie, en die ding het al beter dae geken. Ek sê toe maar hoflik/verleë dankie soos ‘n mens maar maak.

695

Toe sê Tannie Bettie “Dit was jou oupa s’n. Ons wil graag hê jy moet dit hê.” Dit verander toe die saak en ek bedank vir haar en Oom Ulrich met heelwat meer entoesiasme, hoewel ek weet ek gaan die beursie nie regtig gebruik nie. Terug by die huis, maak ek toe uit nuuskierigheid die beursie oop om te sien wat daarin was. En dit is wat ek graag met julle wil deel. In die beursie was daar die volgende, vergeel en verslete, ontelbare male oop en toe gevou:  ‘n Aandelesertifikaat wat sertifiseer dat Willem Frederik Steynberg van Sybrandskraal, my oupa, die geregistreerde eienaar was van EEN aandeel - te wete Nommer 68 - in die Bronkhorstspruit Ko-operatiewe Vereniging Beperk, gegee op Erasmus (die destydse naam van Bronkhorstspruit, soos die naam van die Hoërskool Erasmus vandag nog getuig) op die 16de dag van Februarie 1932. Die sertifikaat bevestig dat aan elke aandeel die voorwaardelike aanspreeklikheid van £5-0-0 verbonde is. Dit is geteken deur direkteure J G Prinsloo, M J v d Westhuyzen en W B Prinsloo, asook die sekretaris, C J Howell. Ek wonder wat hierdie aandeel ooit werd was? Agter op die dokument bevestig die nimlike C J Howell dat oupa Steynberg reeds op 22 Oktober 1920 Tien Sielings in kontant vir hierdie aandeel betaal het. Blykbaar was papierwerk in daardie dae ook maar nie flink gedoen nie.  Vervolgens is daar die Registratiecertifikaat vir ‘n Chevrolet, Registrasienommer TP3729 gedateer 8/10/25. Hier verskyn die paardekracht

as 21, wat verskil van die “licentie” van dieselfde voertuig hieronder genoem. Onnoukeurigheid onder die amptenary is skynbaar ook niks nuuts nie.  BESTUURDERSLICENTIE No. 8442 (uitgereik onder Artikel 4 (2) van die Motorrijtuigen Ordonnantie, 1915), wat lui: “Een licentie wordt hierbij verleend aan W F Steynberg van Sybrandskraal voor het besturen van een Motorrijtuig binnen de grenzen van de Provincie Transvaal.” Datum van Uitreiking: 14-11-’25 Betaalde Fooi: ten shillings Nommer van Certifikaat van Bevoegtheid: 1758 Plaats: PRETORIA  Dan volg die ORIGINEEL van LICENTIE VOOR MOTORRIJTUIG No. 6601 t.o.v. “het Motorrijtuig hieronder omschreven voor het tijdperk van January tot 31.12.28. Fabrikaat: Chevrolet used Gewicht: 1950 lbs. Paardekracht: 19 Merk en nummer: TP3729 De som van Vier Ponden Negentien Shillings zijn daarvoor betaald. Datum: 16.1.28  Op 13/7/28 is aan Oupa ‘n kwitansie gegee vir 12 sjielings en ses pennies deur Schultis, Schwar & Co., LTD., Watch-makers, Jewellers, Silversmiths, Etc. van Pretoria. Ek het opgemerk dat dié firmanaam staan binne-in die ou horlosie met die volronde musikale slae op elke kwartier, halfuur en uur, wat nou nog in Oom Ulrich se huis in die Paarl hang (en waarna ek snags met heimweë en verlange na ou Sybrandskraal gelê en luister het toe

696


ek vroeg in Junie by Oom Ulrich en Tannie Bettie gekuier het.)  Interessant was ‘n kwitansie, gedateer 3 Nov. 1930 vir betaling van £7-1-0 aan die Bronkhorstspruit Kooperatiewe Vereniging Beperk vir twee ton kunsmis.  Op 6 Julie 1931 het Oupa £7 gedeponeer by Barclays Bank, Erasmus (later Bronkhorstspruit). Mens wonder wat sewe pond van daardie tyd in vandag se Rande werd sou wees.  Ook interessant was ‘n kwitansie, gedateer 25.6.31, sommer uit ‘n gekoopte kwitansieboekie, met ‘n stempel van R. G. Coetzee, Prokureur en Notaris van Premier Myn vir Drie Shillings en Nege Pennies ontvang van Mnr W F Steynberg vir “rekening Glass Bros.” Die prokureur het persoonlik die kwitansie uitgeskryf en onderteken, nie ‘n ontvangsdame nie!  Op 24.10.1931 is ‘n kwitansie vir £1:1:9 gegee aan W Steynberg deur Stanley’s Garage, P.K. Erasmus, met ‘n 1 d seël daarop . Mens wonder of dit betaling was vir die diens van sy voertuig?  Daarby was die Origineel van ‘n LISENSIE VIR DIE BESIT VAN 'n MOTORVOERTUIG, verleen aan W F Steynberg van Sybrandskraal, om binne die grense van die Provinsie Transvaal, Motorkar geregistreer onder TP7624 te besit. Lisensiegeld £5-15s-0d. Maak: Chevrolet Toermodel Sedan, Enjin No. 521312, land van herkoms: VSA; gewig 2445 lb.; P.K. 26; Aantal Silinders - 6; reeds gebruik. Onder die pers stempel van stad Pinetown, datum 7 Februarie

1934 is twee 1d seëls (een effens beskadig. Ek het gewonder of die twee seëls nie moontlik vandag meer werd kon wees as wat oupa Steynberg, wat ek nooit geken het nie, vir daardie “reeds gebruikte” ou Chevy betaal het.  Daar is ook ‘n faktuur van Roadmaster Retreading & Ty-Re-Pair Co van Ladysmith, Natal, datum 19 Julie 1934, vir die aankoop van een “29X450 Michelin Tyre & Tube” teen £3:4:6. Bande was toe al lekker duur!  ‘n Getikte brief van die

Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens Assuransie Maatskappy, Beperk S.A.N.L.A.M.

aan Mnr. W.F. Steynberg, op 16 Okt., 1934 waarin hulle ontvangs erken van sy aansoek gegee aan hulle verteenwoordiger Mnr A.J.Lombard. Die aansoek word aan hulle Hoofkantoor gestuur vir verdere aandag en hy sal eersdaags van die uitslag verwittig word. Besonderhede: Bedrag Geassureer: £200. Termyn: Hele lewe Premie: £11. 8. 6. Jaarliks Seels: 2. –. Ek wonder of die polis nog van krag was toe hy op 7 Maart 1935 oorlede is en of die £200 aan Ouma uitbetaal is.  Volgende is ‘n handgeskrewe brief op ‘n gedrukte briefhoof van Prokureurs De Villiers & De Kock, van Central Chambers, Kerkplein, Pretoria, gedateer 5 Junie 1935 aan Mevrou L C Steynberg, Pk Sybrandskraal, via Premier Myn, as volg: Waarde Mevrou In sake Boedel Wyle W F Steynberg

697

Ons is in besit van u brief van die 3de deser en noteer die inhoud daarvan, waarvoor ons u dank. Hoogagtend De Villiers & De Kock Om die inhoud van hierdie beursie deur te soek, was soos om deur ‘n venster te loer na episodes uit die lewe van ‘n gesin van weleer, die gesin waarin my vader, sy broer en twee susters grootgeword het. Rondom elke item kon ek my verbeelding teuels gee en droom oor die dae waarin hulle gelewe het. Dit het half gevoel asof ek iemand se privaatheid skend, maar toe besef ek dat ek bevoorreg is om onverwags enkele insae te kry in die lewe van my oupa Willem, wat ek nooit geken het nie. Die beursie lê sedertdien op my lessenaar. Ek gebruik hom nie, maar hy word nie gebêre nie. Hy voer my terug, sommer ver. Voor die 2003 Familiefees in Graaff Reinet het ek volkleurkopieë gemaak van elke papiertjie in oupa se beursie, dit op ‘n A1 grootte plakkaat geplak en laat lamineer. Daar in die skoolsaaltjie waar ons fees gehou het, het ek gesien hoe van die feesgangers die vreemde dokument teen die muur half aangedaan staan en bestudeer, duidelik onder die besef dat tyd verbygaan ... _______________________

Jannie kom tuis na sy eerste dag in die skool. Ma vra, "Wat het jy vandag alles geleer?” Jannie antwoord, “Nie genoeg nie. Ek moet môre weer gaan!”

DANKIE EN ASSEBLIEF AAN LEDE Die bestuur is baie bly oor die mooi klomp nuwe lede wat aangesluit het sedert die vorige Doringtak verskyn het. Die meeste van hulle was al lank van voorneme om aan te sluit, maar het net nie daarby uitgekom nie. Enkeles het onlangs eers bewus geword van die bestaan van die Familiebond en dadelik die behoefte gevoel om lid te word. Ons is ook dankbaar vir almal wat hulle ledegeld betaal het. Mense meen dikwels om dit een of ander tyd te doen, maar kom net nie sover nie. Dit is so ‘n onbenullige bedraggie, en omdat daar nie rekenings en aanmanings uitgestuur word nie, word dit maklik vergeet. Ons sou graag dat meer jonger familielede by die Bond aansluit. Ervaring leer egter dat dit nie juis cool is vir die jongklomp om hulle met sulke sake besig te hou nie. Ons weet dis normaalweg eers hier wanneer ‘n mens soos goeie wyn meer beleë begin raak, dat dit begin belangrik raak om oor jou herkoms te besin en jou bande te verstewig. Ons doen dus ‘n beroep op lede om met familie van ‘n ryper ouderdom te praat en hùlle te beweeg om aan te sluit. Dit sal die voortbestaan van ons Familiebond en die hegtheid van ons familiebande bevorder. En, as jy dalk nog van plan was om jou ledegeld te betaal, maar nog net

698


nie daarby uitgekom het nie - stuur dit asseblief maar. Jou naam is nog op die lys! J J Steinberg Bond ABSA Spaarrekening : 38065851803 Tak: 632 005

There are 336 dimples on a regulation golf ball. ‘Stewardesses” is the longest word that is typed with only the left hand. Winston Churchill was born in a ladies’ room during a dance. _______________________

Interesting, but who cares that ...

KAAPSE KUIER

Barbie’s measurements if she were life size, would be 39-23-33. No word in the English language rhymes with month, orange, silver or purple. “Dreamt” is the only English word that ends in the letters “mt”. Almonds are members of the peach family. There are only four words in the English language which end in “-dous”: tremendous, horrendous, stupendous, and hazardous. A cat has 32 muscles in each ear. An ostrich’s eye is larger than its brain. Tigers have striped skin, not just striped fur. The Ramses brand of condom is named after the great pharaoh Ramses II who fathered over 160 children. It’s impossible to sneeze with your eyes open. In England, the Speaker of the House is not allowed to speak. The name for Oz in the “Wizard of Oz” was thought up when the creator, Frank Baum, looked at his filing cabinet and saw A-N and O-Z, hence Oz. The micro-wave oven was invented after a researcher walked by a radar tube and a chocolate bar melted in his pocket. The average person falls asleep in seven minutes.

Ek was bevoorreg om aan die begin van Junie saam met my seun Coert in Kaapstad en omgewing te kuier. Coert wat nou reeds jare lank deeltyds skilder, het hom nou voltyds aan hierdie eerste liefde van hom gewy. Hy oorweeg dit om hom mettertyd in die Kaap te vestig en met hierdie doel het ons daardie wêreld gaan verken. So het ons feitlik elke kunsgalery in die Kaap besoek. Die wispelturige Kaapse weer het ons bederf met ‘n klompie ongelooflike sonskyndae, wat sommer oornag triestig kon word met reën en wind. Die Hexriviervallei se wingerde het hulself oortref met ‘n verstommende blokkiespatroon van herfskleure in die verskillende variëteite. Ons het ook ‘n bietjie sneeu op ‘n paar bergspitse gesien - iets wat vir ons Transvalers (mag ‘n mens nog so sê?) altyd iets besonders is. ‘n Teleurstelling was dat ons tyd te min was om elke familielid te besoek wat daar rond woon en met wie ons al kontak gehad het. Ek dink veral aan Johan en Ulena Groenewald van Grabouw, Claude en Wendy Steynberg van Greyton, en Jan Steenberg van Somerset-Wes met wie ek onlangs nog gekorrespondeer het

699

en wat ek graag persoonlik sou ontmoet. Hopelik kom daar weer ‘n geleentheid. Die eerste naweek het ons by Oom Ulrich en Tant Bettie Steynberg in die Paarl gekuier. Dit was heerlik om ook hulle dogter Marie en haar man Chris Enslin, met húlle dogters Chrismarie en Lizeth met haar man Philip van Wyk, hulle seun Ulrich en sy vroutjie Dannine en dié twee se woelwater klein Steyn daar aan te tref en oor ‘n luilekker Sondag-middagete saam met hulle ook te kuier. Marie en Chris se ander seun, Alfred en sy vroutjie Michelle, woon reeds jare in Skotland waar hulle onlangs burgerskap verkry het. Chris, Marie en Chrismarie het juis kort daarna vertrek vir ‘n lekker kuiertjie by die Enslins in Skotland. Daarna het Coert en ek in ‘n knus hotelletjie in Tamboerskloof tuisgegaan vanwaar ons daagliks in elke moontlike rigting verkenningstogte onderneem het. Die hotel is maar drie blokke van Lieselore Steynberg se huis af in Tamboerskloof. Ons loer toe op ‘n reënerige middag daar in vir koffie en oudergewoonte nooi Lieselore ons om een aand behoorlik by haar te gaan kuier en van haar en haar suster Barbara se bobaas onthaal– en kookkuns te geniet. Om die aand nog meer spesiaal te maak, het sy vir Prof. Dawie en Flo Steenberg genooi om saam te kuier. Verder het ons al die mooi plekkies om Tafelbaai en Valsbaai verken. Een Saterdag het Coert op die skilderagtige, maar bedrieglike Clovelly gholfbaan in ‘n kompetisie gespeel. En was dit vir jou 'n gesukkel om ‘n spel gereël te kry. Op Saterdae

kry lede voorkeur. Slegs omdat een speler beseer was, kon Coert as ‘n plaasvervanger saamspeel. Ek het net saamgestap en die skilderagtige baan en die ongelooflike sonskyndag geniet. Die lede van die klub het ons aangeraai om die beste van die sjampanjeweer te maak want die Kaap sou die volgende dag ‘n minder vriendelike bui vertoon - en hulle was reg! Op ‘n stadium merk ons op ‘n gholfkarretjie vir Raymond Ackerman, die grootbaas van Pick-'n-Pay, wat in ‘n vierbal kort agter ons speel. Toe hoor ons dat die baan sy persoonlike eiendom is! Na ‘n paar dae van onplesierige reën en wind, het die Kaap se bui verbeter en kon ons plekke soos Grabouw, Villiersdorp, Robertson, Bonnievale, McGregor, en dan weer Kalkbaai, Vishoek, Simonstad en Steenberg in heerlike sonskynweer geniet. Ek dink Coert het ‘n probleem omdat hier soveel karaktervolle plekkies is waar ‘n kunstenaar hom graag sou vestig. Om ‘n besluit te neem sal nie maklik wees nie. Voorlopig gaan hy in Mpumalanga aanbly totdat hy meer helderheid oor ’n moontlike verhuising kry. Ron

LAAT BERIGTE Die Doringtak het met leedwese kennis geneem dat Tant Magdalena Susanna Margaretha Badenhorst (neé Steynberg - b11.c1.d2.e2.f3.g8) op Maandag 27 Junie 2005 oorlede is. Sy het saam met haar dogter in haar huis in Turffontein gewoon. Haar dogter, Magdalena, het ons meegedeel dat sy

700


‘n week tevore twee redelik ligte beroertes gehad het waardeur sy nie ernstig aangetas is nie. Op Maandag die 27ste het sy na ‘n kwaai aanval in ‘n koma verval en is later dieselfde dag stil heen. Sy is op 26 Februarie 1926 te Hennopsrivier gebore waar sy ook grootgeword het. Sy was ‘n suster van Oom Coert Lourens Erasmus Steynberg (b11.c1.d2.e2.f3.g6), getroue Doringtak medewerker, wat tans in ‘n aftree-oord op Brits woon. Hy en Tant Hannie het die begrafnis bygewoon. Met Oom Coert gaan dit goed, maar sy bene gee hom heelwat las. From Ernst Steynberg (b11.c1. d1.e5.f1.g2) and Alise in Potchefstroom came the sad news that their grandson, Dahlen Norman Steynberg (born 10.04.2001) passed away in his sleep on 2 March 2005. Then they also lost young Dahlen’s father, Norman Louis Steynberg (b11.c1.d1.e5.f1.g2.h1 born 17.08.1972) on the 2nd of May 2005. Please accept our deepest sympathy with this double blow. All the family share in your sadness. Antony Steynberg (b11.c10.d7.e3. f2.g3.h2) sê dit gaan goed met hom en Heleen. Hulle het pas verhuis vanaf Die Bluff, Durban, na Inchanga tussen Pietermaritzburg en Durban waar hy ‘n hoewe gekoop het langs die Inchanga hotel. Heleen verwag in September ‘n dogtertjie - wat reeds die naam Nina gekry het - en hulle is baie opgewonde daaroor. Die gesin gaan teen die einde van die jaar vir ses tot twaalf maande na Newcastle in Australië waar Antony aan ‘n projek moet werk. Hy wil net seker maak dat hulle op die Bond se adreslys is. Hulle wil nie Die Doringtak misloop nie.

Nico Steinberg (b11.c7.d2.e4.f6.g4) en Ané stuur ‘n bietjie goeie nuus vanaf Florence Gasteplaas. Hulle jongste dogter Jana het met haar perd Ghalawa die Nasionale skouspring B span gehaal vir die skole liga, Sy kry dan ook Junior Springbok kleure, (dit is eintlik die Protea B span maar Junior Springbok klink mos net beter!) Perdesport is vanaf verlede jaar ook 'n skolesport en dit is die skole-liga wat 'n A en B span gekies het om teen oorsese spanne deel te neem op 23 Julie. Helene het weer die Mpumalanga span gehaal in die skou afdeling. Verder gaan dit goed met hulle. Hulle was ‘n week op Bloubank vir 'n heerrrlike vakansie weg van die hoëveldse winter wat nou met mening toegeslaan het. UITTREKSEL UIT:

EEN FAMILIE Kroniek en Geslagsregister van die familie STEENBERG STEINBERG STEIJNBERG STEYNBERG STEYNBERGH STEYNSBURG (By die skryf van die artikeltjie “Op onthou se spoor” (Bl. 696) het ek ‘n slag na Lieselore se aantekeninge op bl. 21 van haar boek gekyk om die geskiedenis van Willem Frederik Steynberg na te gaan. Toe val my oog op bl. 20 op WF se vader, Hendrik Coenraad Steynberg, se geskiedenis soos opgeteken in hierdie Geslagregister. Ek herhaal dit hier vir die inligting van lede wat nog nie hulle eie eksemplaar van hierdie boek besit nie.)

“HENDRIK COENRAAD Steynberg (b7.c6.d6.) was nie ‘n sterk man nie.

701

Sinkkoors op 13-jarige leeftyd was die oorsaak van sy minkstap. Die plaas Witgatboom in die Kamdeboo, waar hy geboer het, het in die jaar 1879 begin geldelike probleme oplewer. (Die kwaai droogte van 1860, slegte wolpryse en die vyfjarige wingerdsiekte het baie Graaff Reinetters in armoede en insolvensie gedompel.) Hendrik is meermale gedagvaar om sy skulde te betaal. In 1874 is hy Transvaal toe om ‘n beesplaas te gaan soek. Cullinan, naby Pretoria, was baie geskik, maar dis hom afgeraai weens die baie gifplante daar. Toe koop hy Sybrandskraal en Leeufontein, waarvan hy in 1884 oordrag geneem het. Hierdie grond (ongeveer 3000 hektaar) het Hendrik vir een legger wyn en 13 boerbokke geruil. Hendrik was in Transvaal gou ‘n boer van aansien. Hy is benoem as lid van die Bakenkommissie, wyk Elandsrivier, en het na tien jaar diens bedank. Rede — die onkoste was meer as sy vergoeding. Hy is gevra om iemand anders in sy plek aan te stel. Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek, was Hendrik 65 jaar oud. Hy het nie daaraan deelgeneem nie. In September 1900 het die Britte op Sybrandskraal laer opgeslaan en is Hendrik, terwyl hy te perd sy beeste geïnspekteer het, deur hulle as verdagte spioen gevang. Tevergeefs op sy tuiskoms wagtend, het sy vrou en dogter Anna met ‘n wit laken op die spaaider uitgery om te verneem wat aan die gang was, maar kon die Engelse nie oortuig dat hulle nie burgers huisves nie. Vrou en kinders is toe op ‘n kooltrok Pretoria toe gestuur waar Hendrik in die tronk was. Die soldate het dan die meubels uitgedra, hoenders en beeste geslag, die sluise oopgegooi en die lemoenboord oorstroom. By sy terugkoms op die plaas na die oorlog, het Hendrik groot verwoesting aangetref. Die mure van die huis was gedeeltelik ingetuimel en hy moes van voor af alles opbou.

In 1903 doen Hendrik aansoek om ‘n lening om Leeufontein te omhein. Die plaas se waarde het intussen van £300 tot £6000 gestyg. Hendrik se gesondheid het egter ‘n knak gekry en hy is in 1906 oorlede. 40 jaar later het Generaal J C Smuts, na ‘n besoek aan Engeland, ‘n ou Bybel saamgebring en in die “Sunday Times” het die volgende berig verskyn: “OWNER SOUGHT FOR OLD BIBLE” “One of the two books which Gen. Smuts brought back from Britain last year is still unclaimed in the State Information Office, Pretoria, although the name of the probable owner is known. It is an old Bible printed in Dordrecht by Pieter and Jacob Keur in 1736. The Bible came into the possession of Mrs Mildred Tyndall of Westmeath, Eire, together with other effects of her uncle, the late Brig. Gen. H a c k e t Thompson, who had salvaged it from a ruined farmhouse during the South African War. Col. Hacket-Thompson, as he was then, commanded the 2nd. Cameron Highlanders in 1901. At Sybrandskraal lived old Mr. Hendrik Steynberg with his family who were moved from their farm by Thompson’s column at that time. This gives a clue to the ownership of the Bible because, although it carries no marks, the names J.J. Steynberg and J.L.S. Steynberg are inscribed on the loose flyleaf of another Bible which

702


was found among the pages. Mrs Tyndall has stipulated that if the owner cannot be traced, the Bible is to be sold and the money given to the S.A. Red Cross Society.” So het die Bybel weer in die Steynbergfamilie se besit gekom.” (‘n Mens wonder wat van hierdie spesifieke Bybel geword het. Is hy dalk vandag nog een of ander familielid se kosbare besitting? Is daar dalk iemand wat weet.?) As hierdie uittreksel uit “EEN FAMILIE” jou geïnteresseer het, moet jy weet dat daar talle sulke vertellinge in die boek skuil. Ons kan sekerlik sonder gevaar van teëspraak sê dat hierdie boek met sy 271 inligtingbelaaide bladsye sekerlik een van die heel kosbaarste besittings van die familie STEYNBERG STEENBERG STEINBERG is. Ons het nog ‘n aantal eksemplare beskikbaar teen ‘n skamele R45.00 stuk. As jy nog nie een het nie, kontak ons redakteur om een in die hande te kry. Hierdie boek gaan sekerlik ‘n versamelaars-item van groot waarde word. As hierdie boek vandag sou moes herdruk word, wat baie onwaarskynlik lyk, sou dit moes verkoop vir meer as vyf maal die huidige prys. Speel dus gou. ______________________

Dankie aan elkeen wat nuus of inligting bygedra het. Hartlike groete tot volgende keer. Skryf asseblief vir my!

Ron

Dis al waarvoor ons hierdie keer tyd en plek het. 703

704

Die Doringtak 38  

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you