Page 1

Doringtak

Die Nr. 34

Julie 2003 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Redaksioneel vanjaar. Moenie wag dat iemand in

Huiwerig en bewus van my tekortkominge, neem ek die redakteurskap van Die Doringtak oor. Om 'n uitsonderlike persoon soos Lieselore Steynberg se spore te vul, is 'n groot eer, maar ook 'n besondere uitdaging. Haar kaliber mens is skaars. Haar meelewing met en kennis van hierdie familie, sal niemand ewenaar nie. Sulke toewyding, volharding, ywer en mens-vaardighede, is yl gesaai. Ek gaan nog so lank as moontlik van haar kennis en ervaring gebruik maak. Die Doringtak mòèt die hoë standaard handhaaf wat sy oor die jare gestel het. Die Familiebond met sy mondstuk, Die Doringtak, is vir my baie spesiaal, vervul my met trots, voeg waarde aan my lewe toe en laat my besef ek hòòrt iewers en is nie sommer toevallig hier op aarde nie. Dit is 'n skakel tussen die verlede en die toekoms. Kleiner familiebyeenkomste word beoog vir bv. Erfenisdag, 24 September

jou area die inisiatief neem nie. Doen jý dit! As jy vind dat so iets reeds beplan word, gooi jou gewig heelhartig daarby in. Dit hoef nie 'n spoggerige affêre te wees nie. Begin klein. 'n Bring-en-braai by iemand se huis of iewers kan aangenaam wees. Leer mekaar ken. Laat jou verwantskap soos die Britse “old school tie” 'n rol in jou lewe speel. Dan sal jy lus kry om die groter familiebyeenkomste ook by te woon – en dit geniet. Laat my weet hoe dit gaan! Ron 

NUWE BESTUUR Tydens die ledevergadering gehou by die onlangse Familiefees te Graaff Reinet is die nuwe Familiebondbestuur as volg verkies: Voorsitter: Ds. Nico Steenberg, Pretoria O/voorsitter:Ds Hendrik Steenberg, Pretoria Sekretaris: Ron Steynberg, Pietersburg Tesourier: Johann Steynberg, Pietersburg

Notule (verkort) van Bestuursvergadering gehou 26 Mei te

Emmarentia Geldenhuys Sendingsentrum, Warmbad 1. Graaff Reinet Fees Die fees het puik verloop. Dankbriewe is geskryf aan alle betrokkenes vir hulle aandeel in die aanbieding van die Fees. Hendrik Steenberg doen vollediger verslag elders in hierdie uitgawe, ter inligting van familie wat die Fees misgeloop het. 2. DORINGTAK Ron Steynberg van Pietersburg neem die redakteurskap van Die Doringtak oor by Lieselore. Hy sal voortaan Die Doringtak op 'n Risograph masjien druk. Waar nodig mag 'n swart-en-wit of volkleur fotoinsetsel by 'n kommersiële drukker gedoen word. Die Bond sal die papier voorsien. 3. LIESELORE STEYNBERG Sy word as Lewenslange Ere-President aanvaar, met groot dank en waardering vir haar jarelange onvermoeide ywer en navorsing. Sy word ook versoek om steeds aktief mee te help met Die Doringtak deur verdere navorsing en haar uitgebreide kontak met die familie, asook die skryf van artikels en nuuusbrokkies. 4. VOORTREKKERMONUMENT – Graaff Reinet Besoedeling van die omgewing van die monument en vandalisme wek kommer. Ds. Nico (Voorsitter) sal intree en kyk of die monument van 'n veiligheidsheining voorsien kan word; asook 'n bord met die geskiedenis daarvan en die beeldhouer, Coert Steynberg. Verskuiwing na 'n meer geskikte terrein is nog 'n moontlikheid. 5. TESOURIER Twee persone is as Tesourier voorgestel. Die Bestuur vind dat Johann Steynberg van Pietersburg die pos doeltreffender kan behartig weens die afstand-faktor. Die bankrekening van die Bond sal oorgeplaas word na Pietersburg en die Voorsitter, die Ondervoorsitter, Sekretaris en Tesourier word tekenregte verleen, waarvan enige twee tesame geldiglik tjeks kan teken.

Ledegeld bly R20 per gesin per jaar en R15 per pensioenaris-egpaar en is voortaan jaarliks voor of op 31 Januarie betaalbaar. 6. DIE PAD VORENTOE Die Bestuur meen dat Streeksaamtrekke in die groot sentra gehou kan word op bv. Erfenisdag (24 September), en dat in elke stad of groot dorp 'n Steynberg-Fees gehou kan word soos onderling deur die familie ooreengekom. By sulke geleenthede moet jongmense aangemoedig word om aktief betrokke te raak sodat die leierskap vorentoe deur jonger mense oorgeneem kan word. 'n Landswye Fees word vir oor 5 jaar in die vooruitsig gestel wanneer die Bond 25 jaar oud is. 

  

Familielede, ook aangetroudes, word aangemoedig om hulle insette via Die Doringtak te lewer. Stuur gerus bydraes, voorstelle en kommentaar per E-pos aan bogemelde faks of e-pos adres. Alle Familienuus is altyd welkom. By voorbaat dank. Bydraes van Engelssprekende familie is ewe welkom. Die Bestuur onderneem om die belange van die Familiebond so goed as moontlik te dien. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings van medewerkers nie en die redakteur behou hom die reg voor om alle artikels en briewe te verkort en redaksioneel te versorg. Nuus oor enige familielede van waar ookal is altyd welkom. Ons hoor ook graag van familie uit die buiteland. – Ron. 

 My moeder het my geleer van … AFWAGTING: kom!"

"Wag jy net tot jou pa by die huis 

VAN HEINDE EN VERRE FRED STEYNBERG (b7.c6.d3.e6.f2.g1. h2) of Rhodes fell in love with angling and the outdoors during fishing and hunting excursions with his dad, Dirk Steynberg.

When he was 13, Fred's family moved to Rhodes where he first became acquainted with trout, wild trout. His love for fly-tying was sparked by Dr


Willie van Niekerk, M.P., who one day pulled Fred aside and taught him to tie a fly. Fred took to this facet of fly fishing like a duck to water, and today he is one of South Africa's most accomplished fly-tyers, having several original, effective imitations to his credit. He and his father got to know and love the rivers with their trout, the Wild Coast, the sea and its inhabitants. After two years of military service followed by studies in Marketing and Nature Conservation, he returned to Rhodes with its angling in the clear mountain streams. He met Tony Gibbs who brought a group of overseas tourists to Rhodes. This led to his seriously considering angling as a career. After twelve years of observing trout and game in their habitat, Fred is a self-taught professional hunter and flyfisherman of note, also in salt water. He regularly writes articles on fishing and hunting for various magazines. See below a condensed version of one of his articles iin “The Complete Fly Fishemanr” from the April 2000 edition. Fred is a Field Editor for "The Complete Fly Fisherman" – and regularly contributes factual articles on flyfishing techniques, fly tying, fishing tackle, flyfishing resorts and destinations. In 2001 Fred was selected as one of six fly-fishermen to represent South Africa at the World Championships in Sweden. Since October 1993 he is a qualified professional hunter. He breeds his own English Pointers and has won several National trophies. Fred and his family live in Rhodes, a rare, unspoilt rustic hamlet high up in the mountains of the NorthEastern Cape boasting only about 25 permanent residents. Wild roses and willows line the untarred streets, not street lights. Most houses are over 100 years old and built in the Victorian style. The town itself is a National Heritage and several buildings are National Monuments. Rhodes offers complete peace and tranquillity with mainly pleasant weather and clean bracing air.

Majoor Abraham Jacobus (Jaco) Steynberg – is getroud met Adèle. Hulle het twee jong seuns, Reinhard and A.J. Majoor Steynberg het meer as 3200 vlieg-ure tot sy krediet in Harvard-, Impala-, Alouette III-, Oryx- en Astra

tipes vliegtuie. Gebore en getoë in Bloemfontein, het hy 'n droomdebuut gemaak met die Silwer Valke gedurende die Maart 2000 Lugskou te Stellenbosch. Hy is 'n geesdriftige sport toeskouer en hou daarvan om te vlieg. Hierdie populêre vlieginstrukteur lei ander vlieginstrukteurs op by die Vliegskool te Langebaanweg. Hy is die langste lid van die Silwer Valke. Hy het onlangs geleer om branderplank te ry. Sy vader is is Reinhard Petrus ( b11.c10.d 4.e 2.f 5.g 1.) , gebore in Windhoek, en sy moeder was die verpleegster wat die Leeuvrou van Kamanjab eerstehulp verleen het ( sien DD Bl. 306.) Lieselore het jare lank na haar gesoek en talle briewe geskryf - sonder sukses, totdat sy eendag met 'n toergroep in die nabyheid van Kamanjab was en self daar navraag gedoen het en suksesvol was. Hy wil glo graag loods word vir S.A.L. na Hong Kong. LOUIS JEREMIAS Steenberg werk al drie jaar in Botswana as boukontrakteur. Sy werk is baie interessant en op die oomblik bou hy in Gaborones 'n huis vir die Franse Ambassadeur. Sy dogter RENÈ Steenberg (b11.c11.d 5.e11.f1.g2.h2.) doen sendingwerk in Mosambiek. JULIE MOSTERT, kleindogter van Frikkie Steynberg (b7.c6.d3.e9.f1), Professor aan Princeton Universiteit, V.S.A., het nog 'n boek geskryf, “Wintertyd”, uitgewer Lux Verbi. Haar eerste boek was “Sonnekind, meisie van die nag.” (Sien Ds Nico se resensie hieroor in DD 3) FREDERIK JOHANNES “Frikkie” Steynberg, (b7.c6.d3.e9.f1.g4.h1),is in Edenburg, Skotland, waar hy sy studies in hotelwese voltooi.

HESTER Steynberg (getroud met JP Steynberg - (b7.c6.d7.e5.f8.g1) wou van kindsbeen af 'n verpleegster word. Min het sy geweet sy sou vandag 'n verpleegster wees, én 'n boervrou, moeder, onderwyseres, eiendomsagent, toergids, gasvrou en – saam met manlief JP – 'n toegewyde bewaker van Suid-Afrika se erfenis. Hulle Karooplaas, Ganora, 8 kilometers vanaf Nieu Bethesda, is besaai met pre-dinosaurus fossiele, 'n klompie Boesmantekeninge waarvan een absoluut uniek is, en 'n pynlike herinnering aan die futiliteit van oorlog – en hier spesifiek die Anglo-Boereoorlog.

Maar, toe sy en JP vyf jaar gelede hulle 4000hektaar plaas oorgeneem het, wis hulle niks hiervan nie. Sy had ook slegs geringe aanduiding van haar eie kwaliteite en talente. Na haar verpleegstersopleiding en 'n rugsakvakansie oorsee, het sy gehoop op 'n verpleeg-pos in 'n stadshospitaal. Instede daarvan lei haar pad toe verbasend terug na haar wortels in die Karoo en na 'n man met wie sy saam skoolgegaan het. Sy kon nooit droom sy sou weer hier beland en met JP trou nie. Nog minder dat sy haar twee seuns tuis sou onderrig nie, en huise sou verkoop aan nuwe intrekkers in Nieu Bethesda nie, of dat sy 'n briljante toerisme besigheid sou bedryf nie. Dis egter haar lot sedert die familie hulle derdegeslag plaas naby Graaff Reinet verlaat het om op Ganora te vestig, 'n plaas wat aan hulle 'n tweede inkomste uit toerisme sou besorg. Sy sê boere in die omgewing moet 'n tweede inkomste vind. Hulle het geen idee gehad dat hierdie plaas JP se gunsteling tydverdryf gehuisves het nie – fossiele. Inderwaarheid is die plaas 'n fossiel-paradys na 'n reuse modderstorting ongeveer 240 miljoen jaar gelede toe die Sneeuberg 'n meer was. Skielik was die mees nuttelose deel van die plaas die waardevolste, sê JP wat besoekers veld toe neem nadat hulle die fossiele in die privaat museum besigtig het. Hester doen dieselfde met die boesmantekeninge in grotte nie ver van hulle huis af nie. Oorblysels uit 'n meer onlangse era kom ook hier voor – woorde gegraveer in Hoog-Hollands deur 'n man wat in 'n grot geskuil het om die Engelse te ontwyk gedurende die Anglo-Boereoorlog. Die ontdekking van hierdie tekeninge en gravures was pure geluk. 'n Vorige eienaar het hulle gemeld, maar kon nie onthou presies waar hulle was nie. 'n Soektog het drie grotte opgelewer instede van een; waarvan twee vir honderde jare noooit betree was nie. Daar is ook 'n tekening van 'n skilpad – die enigste een in Suid-Afrika. Met geen opleiding maar baie geesdrif het Hester op versoek 'n toergids se groep vir 'n middag vermaak met 'n toertjie deur die grotte. Die groep was so beïndruk dat Hester dadelik die moontlikheid begin ondersoek om nie net die oudhede te deel nie, maar om besoekers 'n smakie van die plaaslewe te gee.

Sedertdien kan besoekers wat lus het, inklim en deel in die plaaswerk, en nog beter, egte Karoogeregte proe. Hester wat 'n groot arbeidershuis in akkommodasie omskep het, lag as sy vertel hoe sy moes leer kook het ook. Haar seuns, Louis 12, en Renier 10, help ook graag. Hulle tuisonderrig is lekker aanpasbaar. Hester het deur persoonlike gesondheidsprobleme verskeie alternatiewe terapieë geleer wat sy ook met belangstellendes deel. Haar talente skyn eindeloos te wees. 

 My moeder het my geleer van … ONTVANG: "Jy gaan dit krý as ons by die huis kom!" 

Saagwesp–Manie van Vlieë en Knope deur Fred Steynberg Vir die vlegwerkbedryf is Wilgerbome in 1919 langs riviere in die Oos-Kaap en Vrystaat aangeplant. Dié nuttige bome keer erosie, verskaf hout en skaduwee, en die blare is voeding vir vee. Die treurwilger kan op rivieroewers beheer word, maar die ‘crack willow’ is by boere ongewild omdat dit geneig is om spruite te verstop. Laasgenoemde huisves egter 'n magdom bewoners, lekkernye waarop forelle floreer. Een van hierdie insekte, die saagwesp, bestaan uit meer as 100 000 spesies van verskillende groottes, kleure en lewensduur, en sy siklus bestaan uit vier fases, nl. eier, papie, larwe en volwassse wespe. Die wyfie ‘saag’ 'n gleufie aan die onderkant van die wilgerblaar en lê haar eiers daarin. Na 12 dae broei hulle uit en vreet die blare, met die gevolg dat baie wilgerbome in die Rhodes en Barkley-Oos omgewing van Oktober tot April kwalik blare het. As die wind waai en die olyfgroen, wurmagtige larwes in die water val, is dit 'n feesmaal vir forelle. Soms kom 'n forel op en verraai sy skuilplek aan die vlieghengelaar. Fred vertel van 'n forel wat hy by Bokspruit gevang het met 'n saagwesp nabootsing. Toe hy dit aan die onderkaak vashou om sy vlieg te verwyder, sien hy


dat larwes by die forel se keel uitkruip – so vol was Harry, 'n ingenieur van beroep, het 'n blink idee die vis se pens. gekry. Een hoek het hy deur die lip van die stompie  se kop gehaak, langs die spartelende sandhaai gaan kniel en die ander hoek vlak deur die rugvin  My moeder het my geleer om 'n van die sandhaai gehaak. Toe toets hy versigtig KONFRONTASIE in die oë te kyk: hoeveel spanning nodig sou wees om die hoek uit "Waar was jou gedagtes! Antwoord as ek met te trek. Ek was heeltemal ingenome met die jou praat! Moenie met my teëpraat nie!” moontlikhede, hoewel die ander getwyfel het of dit sou werk. Ons het die sandhaai in die water teruggesit en hom aangemoedig om weg te kom. Harry se Blink Idee Die groot houtkatrol het gesing soos die sandhaai deur Dirk Arnoldus Steynberg teen bestendige spoed uitswem. Die tegniek werk (Uit 'n hengeltydskrif, met Dirk se toestemming uit Engels vertaal deur bo verwagting en in my verbeelding kon ek sien hoe Barbara Wildner. die sandhaai oor sy skouer loer en sien hoe die 'n Visterman word stompie se kop hom steeds agtervolg. Met 300m gekenmerk deur het Harry briek aangedraai en die sandhaai het die ewige hoop maklik losgekom. Die lang wag het begin. om eendag die Na 'n uur begin Harry moed verloor. Hy dag sy GRÓTE te vang. briljante plan het misluk en begin stadig As hy dromend vir inkatrol.Toe gebeur dit. Die vis moes die aas ure na die water staar, wens hy dat sy lyn 50 gesluk en strandwaarts beweeg het. Toe dit Harry of 100 meter verder uit was. Met lewende aas voel trek, het dit op vlug geslaan en amper die soos elf en klein koningklip is dit moontlik, of visstok saamgevat. Harry was onkant gevang, die slinger is uit sy hand geruk en voor hy sy leer anders moet 'n vlieër ingespan word. beskerming daaroor kon kry, was daar 'n Hoor net wat ek belewe het. allemintige kraaines rondom die twee slingers. Die Ons kamp 'n slag tussen Kaap Vidal en Sodwana, vis was nou in beheer want sonder slinger was dit swem, lees, slaap tussen ons voertuie, hengel. Vis onmoontlik om lyn in te katrol. Na sowat 400 tot 500 was hoofgereg op ons spyskaart en die vis wat ons meter het die vis eindelik opgehou swem. Nou nie kon gebruik nie, het ons terugggegooi. moes Harry landwaarts loop, dan terughardloop Oudergewoonte het ek alle gerei die vorige aand terwyl hy met sy plat hand die katrol draai om lyn gereedgemaak sodat ek vieruur kon opstaan om terug te wen. Dit was vermoeiende werk. Toe haak met die eerste lig op die strand te wees. Dié die lyn vas aan rotse ongeveer 150 meter ver, netoggend het ek twee stompies van ±10 pond elk net sigbaar onder die water. Die lyn het nog geland. My kampmaat Harry maak die twee visse beweeg, en kon deurskaaf. Harry het laat slap lê. skoon en neem hulle kamp toe sodat die dames dit Eers dag ons dis 'n haai, maar noudat die lyn aan vir ete kon voorberei. Die twee koppe het hy gehou die rotse vas was, het ons van gedagte verander. vir aas. Koningklip hou van diep water en pyl graag rotse Ons het elk drie stokke gehad; 'n normale rots- en toe. Kon dit 'n koningklip, die mees begeerde vangs branderstok met 30 pond lyn, 'n ligter een met lyn van die Natalse kus wees? nie swaarder as 15 pond nie, en dan die lewende Dit was reeds laagwater en die baai waar die aas stokke met groot Scarborough katrolle, 600 tot sandhaai gelos is, was taamlik vlak. Johnny, 'n 800 meter 40-pond lyn en 'n staalhouer met twee ywerige hengelaar en kenner van die see, het 8/0 hoeke, waarvan een aan die die voorpunt van aangebied om uit te swem en die lyn van die rotse die aas se rugvin gehaak word en die ander aan sy te probeer loskry. Waarskuwings en besware was stert. 'n Gaffel was altyd by. vergeefs – die kans dat dit 'n groot koningklip kon Na ontbyt kap Harry eerste vas en terwyl hy spook wees het die deurslag gegee. om 'n sandhaai van omtrent 15 pond uit te trek, vra Met gaffel en paddapote is Johnny uit en slaag hy my om die gaffel te bring. Wat kon sy plan daarin om die lyn van die rotse te lig. Terwyl hierdie wees? Ek dog hy het van sy kop af geraak. Wou hy dapper dwaasheid gebeur, het ons gou stokke 'n walvis vang?

geruil, Harry se lyn afgesny en dit aan 'n spaarkatrol geknoop. Nou kon Harry beheer oorneem en was die geveg die eerste keer in sy guns. 'n Halfuur later was die vis naby genoeg om te sien – 'n ‘Blacktip shark’ van omtrent 200 pond! Alles het dié dag reg verloop en HARRY se blink idee het pragtig gewerk. Om een of ander rede het ons dit nooit weer probeer nie, maar wie weet? Miskien kom daar eendag, êrens, 'n geleentheid om dit weer te probeer en dalk dan 'n mooi koningklip uit te haal. 

TOER deur die KAROO – Nov‘02 Lieselore Steynberg

Omdat dit vir 'n vrou gewaagd is om alleen op die land se paaie te ry, het Barbara voorgestel dat ons saamspan en al die Steynbergs wat ek in die foongids kon opspoor, sonder kennisgewing gaan opsoek. Ons besoeke was orals 'n verrassing en ons is baie vriendelik ontvang. Ons was 14 dae op pad en het families besoek in Mosselbaai, Klein Brakrivier, Sedgefield, Willowmore, Steytlerville, Jansenville, Aberdeen, Graaff Reinet, Cradock, Uitenhage, Jeffreysbaai, Knysna, Oudtshoorn, Prins Albert, en Calitzdorp, en toe terug Kaap toe. Lank gelede, toe Dirk Arnoldus Steynberg (b7.c6.d3. e6.f2.g1) nog op Rhodes was, het hy my genooi om te kom kuier maar, ek het te lank uitgestel. Toe verkoop Dirk sy hotel en koop 'n plaas naby Willowmore. Hulle het ons genooi om daar oor te bly en ons op Karoo skaapboud en gasvryheid getrakteer en ons kon die geur van doringbome, die nagstilte en die oggendgeluide van voëls op 'n Karooplaas geniet. Dirk se vrou kom uit Kenia – haar ouers het in 1911 daarheen getrek. By Tukkies waar Dirk 'n Landbougraad behaal het, het hy Aletta van Deventer ontmoet, verlief geraak en besluit met dié meisie gaan hy trou. Desember gaan Dirk toe met 'n paar maats in Sinoia in Kenia kuier. By 'n gesellige Kersfees piekniek in die bos verdwyn almal eensklaps! Daar sit Dirk skrikkerig en alleen voor Aletta se vader. Die oubaas praat eerste, “Wil

jy met my dogter trou?” “Kan jy haar gee wat sy gewoond is? “Sy is baie bederf.” ens. Dirk se antwoord was kort: “Ek kan probeer.” Dirk wil graag van sy oupa Dirk Arnoldus Steynberg, meer weet en sal dit waardeer as familielede hom van sy oupa kan vertel. Toe sy oupa in 1942 oorlede is, was Dirk net twee jaar oud., maar hy kan onthou dat sy oupa na ete 'n sigaret aangesteek het en dan gemaklik agteroor gesit het en ingesluimer het. Wanneer die sigaret dan sy vinger brand, het hy opgestaan en weer gaan werk. In Mosselbaai woon twee families wat hulle van met 'n “gh” skryf. CHRISTOFFEL JOHANNES Steynbergh en sy vrou Brigit en hulle seun ANDRÉ STEPHANUS en Jacoba. Chris, afgetrede bankbestuurder uit Gauteng, het in Mosselbaai 'n besigheid begin. Hulle woon langs die gholfbaan en geniet die skoon lug en heerlike klimaat. Hulle seun André het die baie bedrywige boubenodighede besigheid oorgeneem. Chris het ons vertel van sy vader Stephanus wat by die Spoorweë trokke gebou en herstel het. Daardie dae was sweiswerk nog sonder beskermende bril gedoen en dit het hom feitlik blind gemaak. Boonop het die walms wat hy ingeasem het en die hitte sy gesondheid benadeel. Natgesweet het hy na werk op sy fiets geklim en huis toe gery. Toe hy in 1962 oorlede is, was hy maar 57 jaar oud. Chris meen die “h” agter aan hulle van het by die registrasie van geboorte ontstaan. Sy oupa se swierige handtekening op die dokument met 'n spoggerige swaai aan die einde is later ontsyfer as STEYNBERGH en dit word vandag nog so geskryf. Op die rustige kusdorpie SEDGEFIELD naby Knysna het PIET en TRIENIE Steynberg (b7.c6. d3.e1.f1.g1) afgetree. Piet is in 2001 oorlede en nou woon Trienie alleen. Haar swaer, Petrus Jacobus van der Schyff, se vroutjie ‘Riem’ (b7. c6.d3.e1.d1.g3) , is net 'n paar maande tevore ook oorlede en Trienie het hom juis die volgende dag verwag. Ons het heerlik gesels, want jare gelede het Ulrich en ek hulle hele familie goed leer ken. Intussen is Lucius en sy suster Maria Ritzhaupt ook oorlede. Hier het ons die kus verlaat, deur pragtige bergpasse na UNIONDALE gery en 'n gawe


herberg gevind. Soos orals waar ons gekuier het, was ons beïndruk deur die pragtige ou meubels, veral die groot eetkamertafels en botterkarringbalies. Die herbergier het ons vertel dat hy 'n afstammeling is van 'n Britse soldaat wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het, 'n Suid-Afrikaanse meisie getrou het en in die land aangebly het – 'n Engelsman wat Boer geword het! In WILLOWMORE wou ons 'n foongids bekom, maar die posmeester deel ons mee dat die boeke almal gesteel is. Hy beweer dat die volkies die papier gebruik om ‘zolle’ te draai. Van hier het ons die grondpad gevat na DIRK ARNOLDUS se plaas waar die grond, die klippe en die berge rooi is, vandaar die plaasnaam “Rooikoppies”. Ons het twee dae heerlik op die rustige plaas gekuier, soos reeds vermeld. Op STEYTLERVILLE moes ons verneem dat Steynberg nie meer daar woon nie en dat die gerug van 'n Steenberg op 'n plaas daar iewers vals is. Dit was Sondag en alles was toe. In 'n winkeltjie wat na kerk 'n paar uur oop is, was almal baie vriendelik en het hulle vir ons 'n potjie tee gebrou. Warm, moeg, stowwerig en dors kom ons op JANSENVILLE aan waar Antoinette – weduwee van Julius Steynberg (b11.c1.d1.e6. f6.g4) – vir ons 'n ligte middagete bedien. Sy vertel dat daar op JANSENVILLE nou 'n Steenberg polisieman is. Nadat ons 'n bietjie gerus het, het sy ons die dorp gaan wys en ons na die Polisiekantoor geneem om te verneem na dié Steenberg. Hy staan toe ewe voor ons en sê, “Dis ek.” Die man van wie ons verneem het dat hy op 'n plaas by Steytlerville werk, was speurder WILLEM FREDERICK Steenberg (b11.c8.d5.e7.f2.g5.h3) se seun ETIËNNE. Hy is maar 'n paar maande daar en dus nog nie in die dorp bekend nie. Antoinette se seun ANTON WOUTER Steynberg (b11.c1.d1.e6.f6.g4.h1) was die middag in die Baai, het die aand 'n afspraak gehad en sou ons die volgende oggend vroeg voor sy moeder se huis ontmoet. Ons het daar gewag. 'n Bakkie met twee honde het by ons verbygejaag en 'n paar sekondes

later weer teruggejaag, sonder die honde. Moeg gewag, het ons vir Antoinette gaan groet. Dit was al die tyd haar seun Anton in die bakkie, maar hy het nie van ons geweet nie. ('n Paar dae later het ons hom wel in Graaff Reinet raakgeloop.) Ons is afgeraai om die grondpad na ABERDEEN te ry, maar na ons probleemlose rit op 'n dergelike pad van Willowmore af, neem ons toe tog die korter pad. Daar was feitlik geen verkeer nie en ons hou by 'n deftige wildplaas stil om te verneem na Steynberg se plaas Daglumier. 'n Vroutjie was alleen by die huis. Hulle is net twee maande tevore getroud en die omgewing was vir haar nog onbekend, maar sy het genoem dat haar man se suster met EDUAN Steynberg getroud is en dat hy hulle strooijonker was. Op Daglumier naby Aberdeen het STEPHANUS (Steve) en PAULINE Steynberg ons ingewag en met koeldrank gelawe. Die Fees 2003 op Graaf Reinet is bespreek en dit was duidelik dat dié twee baie bekwaam is, weet waarvan hulle praat en dat ons die reëlings gerus in hulle hande kon laat. GRAAFF REINET het niks verander nie. Dit is steeds die oudste en mooiste Karoodorp met breë strate, groot skadubome en historiese huise wat elkeen 'n stukkie geskiedenis vertel. By Kambroo, 'n aangename herberg met redelike pryse het ons oorgebly en saans by die ‘Kliphuis’ gaan eet. Tydens die Anglo-Boereoorlog was 'n Boeregesinde man uit die omgewing hier toegesluit en intussen is al die lewendehawe op sy plaas gesteel. In Graaff Reinet het ons die volgende familielede besoek:

RITA Steynberg (b7.c6.d7.e5.f2) se huis “Die Ark” in Cradockstraat is verkoop en sy woon nou langs die Stockenström Gastehuis in wyle Martha

Barnard se huis. My herinneringe het 20 jaar teruggegaan toe Martha die Steynberg families in Graaff Reinet genooi het om in haar woning die 1983 Fees te beplan. IDA Burger (b7.c6.d7.e5.f8), Stockenströmstraat, se huis is in die mark en sy kan Graaff Reinet enige dag verlaat en by haar dogter gaan bly. Dit was ''n bitter warm dag en Ida het ons vir middagete by die Spur genooi waar ons aan die slaaie weggeval het. LENA Steynberg (b7.c6.d7.e5.f8) woon in Cradockstraat. Op 'n bloedige warm dag is ons saam met haar na Ganora om haar seun JANPETRUS en HESTER te ontmoet. Hester het ons onversadigbare dors geles en 'n kykie in hulle privaat museum gegee. Ek kon nie glo dat soveel lewe miljoene jare gelede in die Karoo kon bestaan het nie. Die museum is ingerig in die plaas se oudste skuur, gebou van groot blokke natuurlike klip. MARIA MAGDALENA Mulder (b11.c5.d6.e3. f3.g1), Stockenströmstraat, was besig om appelkooskonfyt te kook. Ons was saam met Ida daar en het heerlik gesels. BETTIE Steynberg (b7.c6.d7.e5.f2) en haar dogter INA van der Merwe woon in Bourkestraat. Bettie het pas teruggekom van 'n paar dae vakansie en ons was gelukkig om haar tuis te vind. Op pad na die plaas Ganora ry mens verby die UILHUIS in Nieuw Bethesda waar ons natuurlik aangegaan het. Nadat ek so baie verskillende opinies oor die kunswerke daar gehoor het, moet ek sê dat ek baie beïndruk was. ANDRÈ Barnard, seun van Martha (b7.c6.d7. e5.f5) besit die deftige Stockenström Gastehuis en hulle is altyd vol bespreek en besig. BETTIE Vorster (b7.c6.d11.e5.f1) in Rothmanstraat se seun was in 'n motorongeluk en hulle lewe in spanning. Daarom wou sy haarself nie bind om vir ons Fees 2003 die spyseniering te doen nie. BEN RAUBENHEIMER Steynberg en Christine het ons ongelukkig nie gesien nie want hulle was besig om te trek. ELMA (b7.c6.d7.e9.f5) en haar man Johannes Venter woon ook in Stockenströmstraat. Toevallig is tydens ons gesprek 'n Merino Stoetramveiling genoem wat die volgende dag by die skougronde sou plaasvind en waar Anton die gradering moes doen. Dit het ons laat besluit om een dag langer op Graaff Reinet te bly en die veiling by te woon. Dit

was weer 'n warm dag, maar interessant. Ek het my verwonder aan die kragtig geboude boere en hulle sterk taal, die ramme met die lang krulle en die emosie van die plaaswerkers as hulle van hulle geliefde ramme by die vendusiehok moes afskeid neem. Anton, wat ons op Jansenville misgeloop het, het ons daar ontmoet. Die laaste Steynberg wat ons in Graaff Reinet opgesoek het, was MAGGIE, weduwee van CHARL DAVID (b7.c5.d6. e3.f5.g2) in Noordstraat. By die Vallei van Verlatenheid was ons, maar, ai tog, daar was vir jou toeriste! Ons sou graag langer in Graaff Reinet gebly het om sy geskiedkundige monumente en museums te besigtig, maar tyd was min en op my lys was nog 'n paar adresse om op te soek. Net buite Graaff Reinet op die pad na Middelburg, staan die Pretorius Voortrekkermonument – beeldhouer COERT STEYNBERG (sien beriggie elders). Die standbeeld is onbeskadig en vertoon mooi met twee peperbome en die Van Ryneveldpas-Dam met Spandaukop in die agtergrond, maar dis omring met die oorblysels van 'n omheining en is besoedel met glasskerwe, leë blikke en plastiek. Ongelukkig is die ligging nie ideaal nie. Oorkant die pad is 'n lokasie wat uitbrei en dit strek al tot teen die pad. 'n Mens wens dat die monument na 'n beter staanplek in Graaff Reinet verskuif kon word. As Barbara iets doen, doen sy dit deeglik en hitte ofte nie, die adres in Cradock kon ons nie oorslaan nie. Ek is bly dat ons soontoe gery het. CRADOCK. Plattelandse dorpe is wonderlik. Almal weet van mekaar en 'n paar navrae bring 'n mens 'n mens waar jy wil wees. By die huis van P.J. Steynberg in Hospitaalstraat was net een dogter tuis en sy het beduie waar haar pa werk. Maar soek nou iets in 'n vreemde dorp! Ons het heeltemal verdwaal, maar net een navraag het ons gelei na waar sy vrou werk. Magriet se man het dié dag op Elliot gewerk en sou miskien eers oor 'n dag of twee terug wees. MAGRIET het


nog nooit van die Familiebond of Die Doringtak gehoor nie en sy was verbaas toe ek die familieregister oopslaan en sy haar man se naam daar sien – PETRUS JACOBUS Steenberg (b11.c5.d2.e3.f9. g3). Die hitte was haas ondraaglik en ons wou weer terug na die kus. Die N2 tussen Cradock en P.E. word opgeknap. Dit is uitstekend en by padstalletjies word die lekkerste kaalperskes en nartjies verkoop. Teen die aand bereik ons DESPATCH en leer ons dat daar op dié dorp geen hotel of gastehuis is nie. In die donker verdwaal ons en beland binne-in die verlate strate van die lokasie. Raadop klop ons by 'n huis aan en 'n vriendelike man besef dadelik dat ons nie in die donker ons weg uit die lokasie sou vind nie. Hy het sy kar uitgetrek en ons beduie om agter hom aan te ry tot by 'n hotel. Ek dink dit het 'n minus aantal sterre, maar ons het dit oorleef! Die volgende oggend was dit weer 'n soekery, Ons was by HUMANSDORP op pad na ‘Sakkie’ IZAK JACOBUS Steynberg (b7.c6.d7. e5.f2.g1.h2) se plaas, soos hy beduie het, “met wildheining en die huis met wit pilare”. Sakkie was alleen by die huis en het ons aan sy tweeling kinders voorgestel – Jan Petrus en Rease – twee jaar oud, pragtig en skamerig. Op JEFFREYSBAAI het 'n paar volkies ons mooi beduie na Myrtlestraat. Na heelwat gesukkel het ons dit gevind, maar dit was die moeite werd. Met REINHARD PETRUS Steynberg (b11.c10.d4.e2. f5.g1) kon ons interessant gesels. Reinhard se ouma was die vrou wat by die afgeleë Kamanjab in Suidwes eerstehulp toegepas het op die “Leeuvrou van Kamanjab” en haar eggenoot nadat hulle deur 'n gekweste leeu erg vermink was. (sien berig in Die Doringtak 24 op bladsy 307). Deur die wonderlike natuurskoon en woude het ons verder gery en laatmiddag op Plettenbergbaai aangekom. Daar het Barbara 'n paleis van 'n herberg gevind en het ons in weelde oornag. Op KLEINBRAK was niemand tuis nie en het ek 'n nota gelaat. Na ons tuiskoms het RITA my gelui en dié sameloop van omstandighede beskryf ek 'n bietjie later.

Saterdag – OUDTSHOORN – weer in die hitte. Al die Steynbergs op die dorp was uithuisig en ons besluit om oor die Swartbergpas na PRINS ALBERT te ry. SUSAN (b7.c6.d3.e9.f2.g2) en haar man, Herman Perold, se huis het dik mure en is heerlik koel. Hulle woon op 'n groot erf in die dorp se hoofstraat. Herman het twee jaar gelede 'n klompie appelkoosbome uitgekap, wingerdstokke geplant, vanjaar die eerste druiwe gepluk, by Nederburg afgelewer en sy eie heerlike wyn gepars – smaak soos Muscadel. Deur Meiringspoort na Oudtshoorn was ons betyds vir ons afspraak met JOHAN ADAM Steynberg (b11.c10.d4.e4.f1.g3.h2) en Franzie. Negentien jaar gelede het ek en Ulrich in Bloemfontein met hulle kennis gemaak. Adam was hard aan studeer en hulle seun Joubert was toe net 'n paar maande oud. Op 28 Desember 2002 lees ek in Die Burger dat hierdie seun die Nommer Drie Matrikulant in die Kaapprovinsie is - voorwaar 'n skitterende prestasie! Adam kan baie stories vertel, o.a. hoe hy vir sy seun gehelp het om koerante af te lewer totdat die ewige stryd met kwaai honde hulle beweeg het om op te hou daarmee. Maandagoggend was ons by PIET en TILLY (b7.c6. d11.e1.f5.g2) Steynberg. Hulle woon in 'n stil buurt in Oudtshoorn met 'n lushof van 'n tuin waar Tilly na hartelus materiaal vir die mooiste rangskikkings kan pluk. Piet is trots op 'n aantal erfstukke van sy oupa – 'n lang wandelstok van swarthout, 'n paar boeie wat hy as veldkornet gebruik het, 'n ingewikkelde pyp wat hy in gevangenskap in St Helena uit hout gekerf het, nog 'n paar interessante oudhede en 'n hele tas vol dokumente waardeur ons geblaai het. Om al dié geskrifte te lees sal 'n dag of meer vat en so lank kon ons nie bly nie. Piet en Tilly het ons egter genooi om weer te kom kuier en die ou briewe te lees en dit sal ek baie graag doen. Op CALITZDORP loop 'n helder stroom leiwater aan die huis van WILLEM FREDERIK (b11.c10.d3. e4.f3.g1) verby. Hy was aan die lusern sny op die lande. Sy vroutjie was alleen tuis en het ons in hulle pragtige woning met heerlike verversings bederf. SUSAN is Willem se tweede vrou, en sy het vertel dat hy eintlik drie name moes gehad het, maar ‘Gerhardus’ is by sy doop weggelaat. Hy sou dan “Hardy” genoem gewees het. Willem was Kolonel by Korrektiewe Dienste voor hy afgetree het. Toe ons Susanna oor die meubilering uitvra, het sy ons deur die hele smaakvolle huis met die pragtigste gordyne geneem. Op elke bed is 'n mooi

aangetrekte pop en verskillende ornamente het sy self gemaak. In die kombuis hang 'n menigte blink koperpotte en gereedskap. Dit was die laaste adres op my lys. Terug Kaap toe het 'n lang ent pad voorgelê. Orals was mense besig met die appelkoos-oes en natuurlik het ons voor die versoeking geswig om 'n kissie vars vrugte te koop. 3200 km, uit en tuis, groot dele grondpad, sonder teëspoed. Ons was voorwaar gelukkig! By elke familielid op my lys het ons aangeklop. Niemand was voorbereid op ons koms nie. Die verrassing en ongeloof as hulle die deure oopmaak, was onbeskryflik. Ek is net spyt dat ek nie van Claudius Steynberg op Greyton geweet het nie. Ons kon daar ook 'n draai gemaak het. Die foto’s wat ons geneem het, sal 'n goeie aanwins vir die familie-album wees. Ons was skaars tuis toe ek 'n oproep ontvang. Dit was RITA Steynberg (b11.c1.d5.e6.f6.g2) van Kleinbrak by wie ek die nota gelos het. Rita se man David Hermanus is oorlede kort voor Ulrich en ek haar in Bloemfontein besoek het. Dis hulle seun DAVID EDUAN wat met die suster van wildplaaseienaar Barnard getroud is en in Botswana werk. Rita is nou getroud met Paul Malherbe en hulle woon in Grootbrak. BAIE DANKIE ! Dankie aan almal wat ons so hartlik ontvang het, ons waardeer julle vriendelikheid en lekker gesels. Ek het baie nuus oor familielede gehoor en kan die stamregister met heelwat besonderhede aanvul. Dit was warm, maar beslis die moeite werd en ons het dit baie geniet. 

BYEBOERDERY in 'n GROOT STAD Lieselore Steynberg

wat al nader kom. Ons gewaar toe die wonderwerk van 'n swerm wat uit die lug neerdaal en reguit na die leë korf koers vat en intrek. Dít het Ulrich se belangstelling geprikkel. Hy bestel dadelik vir hom alle toebehore vir 'n nuwe byekorf en sit geduldig alles volgens instruksies aanmekaar. Gou het 'n nuwe swerm ingetrek. Ulrich het met groot genot dopgehou hoe ywerig sy bye werk. Na 'n jaar het ons ons eie heuning geniet. Maar Ulrich het net eenmaal heuning geoes. Hy kon dit nie oor sy hart kry om die bye van al hulle harde werk te beroof nie. Vir hom was dit net 'n stokperdjie en hy het gesê die bye is nodig om sy groente en vrugtebome te bestuif. Dikwels het hy voor die korf gesit, sy bye dopgehou en gewonder hoe ver hulle moes vlieg om soveel nektar en stuifmeel te versamel. En toe gebeur die tragedie. Eendag was daar geen aktiwiteit nie. Ons vind toe dat al die bye dood op 'n hoop lê. Twee byekenners kon net raai wat dit kon veroorsaak het. Hulle het gemeen dat sommige bye 'n gifstof kon ingedra het wat almal vergiftig het. Die korf is mooi skoongemaak, weer opgestel en sedertdien is 'n korf met bye 'n instelling in ons tuin. Nou het Barbara oorgeneem en 'n mens kan amper sê dat 'n byeboerdery in 'n groot stad begin is. Daar staan nou al vier aktiewe korwe en sy oes jaarliks sowat veertig kilogram heuning. Maar sy pla die bye. Kort-kort trek sy haar beskermende klere aan, lig die deksels op, kyk wat aangaan en kyk of die gevreesde byemot nie ingetrek het nie. Dan moet ek handlanger speel en rook maak. Die bye pla my gelukkig nie. Slegs 'n enkele by wat agter my bril tussen die hare verstrengel geraak het, het my nog gesteek. Nou die dag het 'n paar bye onder Barbara se klere ingekom en haar gesteek. Sy het met swaaiende arms die huis ingevlug met 'n swerm woedende bye agter haar aan. 'n Rukkie later het sy geduldig een vir een by uit die huis verwyder. Sy bevry ook altyd liefdevol enkele verdwaalde bye wat teen ruite vasvlieg. By haar is dit meer as 'n stokperdjie.

Jare gelede is Ulrich deur Jan Spies – nie die baasverteller van Namibië nie, maar die man wat by Nasionale Pers gewerk het – genader om vir hom 'n guns te doen. Jan wou toestemming hê om 'n leë byekorf in ons tuin te plaas om te sien of  daar 'n swerm bye sou intrek. Die korf was skaars daar of 'n swerm trek in en Ulrich  My moeder het my van LOGIKA het sy vriend laat weet om die korf te kom haal. Jan het dadelik nog 'n korf gebring geleer: “As jy van daardie swaai af val en en so het dit 'n paar jaar gegaan. Eendag jou nek breek, gaan jy nie saam met my hoor ons in die tuin 'n vreemde gebrom winkel toe nie!”


Silwer jare

Sesjarige Santjie sit in die kombuis en kyk hoe Ma kosmaak. Skielik merk sy dat 'n paar wit hare tussen Ma se pragtige bruin hare loer. Nuuskierig vra sy: “Hoekom is party van Mamma se hare wit?” “Wel,” verduidelik Ma, “elke keer as jy stout is of my hartseer of ongelukkig maak, word een van my hare wit.” Santjie dink 'n bietjie oor hierdie openbaring en sê dan, “Mamma, is dit hoekom al Ouma se hare spierwit is?”

HERINNERINGE van COERT LOURENS ERASMUS STEYNBERG (b11.c1.d2.e2.f3.g6)

(Laaste deel. Die vorige episode het geëindig met 'n hofsaak.) In 1952 is ek weer verplaas na Vervoer as Hoof van Inkomste. Na jare is ek terug na Tesouriersafdeling, Kosterekeninge, waar ek alle rekeninge, uitgawes en lyste van alle afdelings van die Raad hanteer het. Hier het ek periodiek in Posteafdeling gewerk om insae te kry in hulle werksaamhede en om behoorlike tydstate op te stel. Net so het ek later gewerk in Vervoer-Afdeling Werkswinkel en Algemene Onderhoud, en later by die Elektriese Afdeling. In 1960 is ek aangestel in die ou Stadsaal in bevel van Inkomste. Daar het ek die Desimalisasie beleef, nuwe geld, nuwe masjiene met nuwe probleme, dikwels lang toue ongeduldige mense gehanteer wat wil betaal en die masjiene is onklaar. Ook hulle wat die masjiene moes herstel. Op 'n druk Saterdagoggend stap die stadsingenieur daar in – en ek vra hòm kortaf wie hierdie gemors masjiene aanbeveel het! Ek het ook 'n paar ‘eerstes' beleef. Die eerste parkeermeter het ek ingesit en die bussie ook eerste leeggemaak. Destyds het ons ook daagliks gelde ontvang van buite-insamelpunte, biersale, Lady Selborne, Nie-Blankesake en Swembaddens. Om al hierdie geld in te bring en te tel, was moeilik aangesien ek ook alle kassiere se geld moes tel en hul masjienstate kontroleer. Eindelik het ek die tesourie oortuig dat dit haas onmoontlik raak, en koop hulle op my aanbeveling 'n voertuig en stel twee persone aan om daagliks die geld in te samel, bankstate uit te maak en die geld bank toe te stuur. Later het die bank binne-in die saal 'n kantoor ingerig waar die geld direk ontvang is.

In ’63 is ek weer na Kosteberekening, samestelling van finale inkomste en uitgawes waarvan maandeliks rekeningstate vir elke afdeling gedruk moes word. In ’67 is ek na die lisensieafdeling in bevel van voertuigregisters en inkomste. Met geen kennis van motorvoertuie en lisensies nie was dit die moeilikste afdeling waar ek ooit gewerk het. Lisensieafdeling het destyds nog eie kassiere gehad. Toe ek daar begin, sê die lisensiehoof vir die persoon tweede in bevel om my bietjie touwys te maak. Dit was vir hom suur druiwe – hy het verwag om die pos te kry. Hy gee toe net vir my die ordonnansie en sê, “Werk volgens die wet.” Ek had geen benul wat van my verwag word nie, en het vir die eerste drie dae in die kantoor gesit en hy moes die publiek hanteer, terwyl ek die ordonnansie bestudeer en luister. Tot my verbasing vertrek dié kêrel Vrydag twaalfuur met 14 dae verlof. Gelukkig kon ek met die adjunk-lisensiehoof se hulp en die ordonnansie binne 'n week op dreef kom. Eindelik het ek lekker met die personeel gewerk, selfs met die 30 dames wat so kon skinder ...! Met die publiek het ek goed klaargekom – ten spyte van die enkele versoekings van mense wat wou betaal vir gunste onder die tafel deur. Ek kon egter altyd skuil agter die beskerming van die ordonnansie. ‘Gunsies’ sou nooit vergoed vir die verlies van my werk nie. 1971 kry ek 'n bevorderingspos in die Klerk van die Raad se afdeling ten spyte van die Lisensiehoof se pogings om my te behou; opdrag instandhouding van alle Raadsgeboue en ongeveer 90 subekonomiese huise en sale. Die werk was ideaal vir my aangesien ek sedert my kosteberekeningdae reeds op 'n goeie voet was met die onderhoudspersoneel van die werkswinkel, waterwerke, elektriese afdeling en ook die hoofde van hierdie afdelings. Ek moes elke gebou besoek wat die Raad besit en bepaal wie – die Raad of die bewoner – vir die onderhoud verantwoordelik was. Ek moes 'n instandhoudingsprogram opstel met instruksies van wat gedoen moes word en wanneer. Daarop was my Begroting gebaseer. Ek was reeds ervare met die opstel van begrotings en het die werk geniet. Rakende die sub-ekonomiese huise het ek ten nouste saamgewerk met die welsynswerkster. Dis vir my vandag nog lekker om verbeterings waar te neem wat ek laat doen het in sale. Later het ek

die Klerk van die Raad se hele begroting oorgeneem. 1978 word ek bevorder terug na die Tesourieafdeling in bevel van alle tjek-uitbetalings. Ek moes self alle state ondersoek en dan tjeks uitmaak. Tydens my oorname het my voorganger nog 'n massa opgehoopte kontrak-uitbetalings gehad wat ek geweier het om te hanteer en ek het net nuwe werk aanvaar. Dit het hom 143 dae geneem om sy agterstallige werk af te handel. Ek was baie gelukkig in hierdie pos tot my aftrede in 1979. My opvolger het binne 14 dae 'n senuweeinstorting gehad. Die tweede een het na 'n maand bedank. Hoewel hulle my beter voordele aangebied het om terug te gaan, het ek dit van die hand gewys. (Oom Coert en sy vrou Hannie het onlangs in 'n versorgingsoord in Brits gaan woon. Sy gesondheid het aansienlik verswak en hy vind dit moeilik om te loop.) 

Sterftes

CATHARINA ALETHA Steynberg (geb. Loggenberg) is in 1993 oorlede en op Randfontein begrawe. Catharina het haar eggenoot David Johan George Steynberg (b11.c10.d3.e4.f3.g2) en twee dogters, Adéle en Linda agtergelaat. ANNA MARGARETHA Steynberg (gebore Hall) is op 22 Januarie 2002 in die Kaap oorlede. Anna se eggenoot, Barend Hendrik Josefus Steynberg (b11.c1.d1.e5. f7.g1) het haar reeds in 1977 ontval en toe was hulle jongste seun Willem net elf maande oud.

JOHANNES VAN EEDEN Steynberg (b7.c6.d3. e5.f2.g1. – geb. 29/8/34) is op 29/5/03 oorlede aan hart- en nier-versaking. Hy het die laaste 8 jaar by sy broer Koert gewoon naby Nylstroom. Hy laat 2 dogters Lenette en Lezette en 2 kleindogters agter. YVONNE STEYNBERG ( b11.c1.d4.e3. f7.g1. ) gebore Boshoff is op 1 Junie 2003 op Oudtshoorn oorlede. Haar eggenoot, Johann George, het haar 'n paar jaar gelede ontval en hulle het geen kinders gehad nie. Yvonne het 'n groot skat van skilderkuns nagelaat.

LOUISA Steenberg ( b11.c11.d5.e11.f1.g2.) gebore Broodryk, is op 18 Aug 2002 oorlede en in Johannesburg begrawe. Haar eggenoot Louis Jeremias Steenberg is al drie jaar besig met konstruksiewerk in Botswana en hulle twee seuns werk in Johannesburg. NICOLAAS JACOBUS Steynberg geb. 2 Okt. 1937 - (b11.c5.d1.e6.f5.g2) van Monumentpark, Pretoria, is op 25 Mei ’03 oorlede aan longontsteking. Hy was etlike jare reeds verswak deur diabetes. Hy laat agter sy vrou, Gwendoline, sy dogter Nerissa – getroud met Christian Posratschnig – en hulle twee-jarige kleindogter Kayla. 

 My moeder het my geleer oor my HERKOMS: “Dink jy miskien jy’s in 'n grot gebore?”

Huwelike

DAVID EDUAN STEYNBERG (b11.c1.d5. f6.g2.h1) is ook getroud. Hy en Suzette Bennita Steynberg (geb. Barnard) woon in Gaborone, Botswana, waar Eduan bestuurder is van die Spar Groep. ELZANE, oudste dogter van Elzane Verster, (geb. Steynberg – b7.c6.d3.e9.f2.g1) se eggenoot is Martin Brooks en hulle woon in Australië. Suretha, die ander dogter van Elzane Verster is met le Grange getroud en hulle het drie kinders – Elsje, Gustav en Nicolas. JOHANNES LUDOVIKUS Steynberg (b11.c5.d6. 3.f5.g2) is getroud met Emmarentia Trail. CHARLET VALTURA Steynberg (b11.c5.d6. e3.f5.g3) se eggenoot is Michael Passmore. Hulle dogter, Michaela, is gebore in 1994. ROSE ALETTA (geb. Steynberg – b11.c5.d6. e3.f5.g1) se eerste man, Eckhard Senekal, is in 'n motorongeluk oorlede. Rosa is weer getroud met Everleigh Borchards. Hulle het drie kinders – Johan, Albert en Adri. JOHAN COETZER Steynberg ((b7.c6.d7.e5. f9.g2) is getroud met Elmarie du Preez. PETRUS JOHANNES Steynberg, “Petri”, (b7.c6.d7.e5.f9.g3) tevore getroud met Aletta, is nou met Rensia Stafford getroud.


PETRUS JACOBUS Steenberg (b11.c5.d2.e3.f9. g3) se eggenote is Magriet Johanna Cecilia (geb. Fuller) PETRUS se suster, SUSANNA SOPHIA Steenberg (b11.c5.d2.e3.f9.g2), is met Kitching getroud en die jongste suster, MARIA CATHARINA ELIZABETH Steenberg , (b11.c5.d2.e3.f9.g4), met Lottering. BRAAM PHILLIP Steynbergh (b11.c10.d5.e11.f1. g1) het met Petro Venter in die huwelik getree. ANDRé STEPHANUS Steynbergh (b11.c10. d5. e11.f2.g1) se eggenote is Brigette Sendra Turner, en sy suster, KARIN Steynbergh (b11.c10.d5. e11.f2 .g1) is met Coert Nittendorf getroud en hulle het twee kinders – Nicole, geb. 19 Feb. 1998 en Tanja, geb. 1 Okt.1999. WILLEM FREDERICK Steenberg (b11.c8.d5. e7.f2.g5.h3) is getroud met Catharina Willemina Adriana Isabella Potgieter. SARIEN GERRITJIE Steynberg (b11.c5.d1. e7.f1.g4.h1) het op 4 Mei 2000 met Dennis Hibbert in die huwelik getree. Hulle woon in Namibië en verwag hulle eerste baba einde Junie 2003. WILLEM FREDERIK Steynberg “Hardy” (b11. c10.d3.e4. f3.g1) is weer getroud en woon met sy vroutjie Susanna Franzina (geb. Lourens) in Calitzdorp. Susanna het twee kinders – Leana en Mathys, uit haar vorige huwelik. Johan Steynberg (b11.c1.d1.e5.f7.g1.h3) en Karina Wellen is getroud. CHARLOTTE HESTER Steenberg (b11.c1. d5.e4.f3.g7.h2) is sedert 1980 met “Kobus” Koekemoer getroud. CATHARINA ADRIANA Steynberg (b11.c1. d5.e4.f3.g13.h5) is in 1999 met Neels Cochrane getroud. “Rita” MARGARETHA JOHANNA PETRO-NELLA, weduwee van David Hermanus Steynberg (b11.c1.d5. e6.f6.g2), is getroud met Paul Malherbe en hulle woon in Kleinbrak aan die Oos-Kaapse kus. FREDERIK JOHANNES “Frikkie” Steenberg (b11.c11.d4.e1.f3.g2.h1) het 'n derde keer getrou. Sy vrou is Johanna Helena “Joyce”. Frikkie se kinders: Melinda (geb. Steenberg b11.c11.d4.e1.f3.g2. h1) se eggenoot is Jan Pienaar. Hulle woon in

Bloemendal, Kaap, en het drie kinders: George, Marius en Dewald; en PETRO (suster van Melina b11.c11.d4.e1.f3.g2.h2) is getroud met Flip van Niekerk, en woon in Triomf. Hulle kinders is Martin, Flip en Monique. RIAAN Steenberg (b11.c11.d5. e11.f 1.g 2.h 1.) is onlangs getroud met Lea van Domselaar en bly in Rosebank, Johannesburg. En sy broer MIAS Steenberg (b11.c11.d 5.e11.f1.g 2.h 3.) is ook al getroud. Sy vroutjie is Hele en hulle woon in Ferndale. STEPHANUS “Fanie” Lombard is in November 2002 getroud met Elsa (geb. Bezuidenhout, weduwee Lindeque) en hulle woon nou in Somerset-Wes. ANETTE Mostert, kleindogter van Frikkie Steynberg (b7.c6.d3.e9.f1), gebore op Tulbagh, is op 13 Julie 2002 getroud met Renier van der Merwe, Kaptein in die Weermag op Oudtshoorn. Anette gee onderwys aan die Hoërskool Oudtshoorn. 

 My moeder het my van MEDIESE WETENSKAP geleer: “As jy nie ophou om so oormekaar te kyk nie, gaan jou oë so vas vries!” 

Geboortes

EDUAN (b11.c1.d5.e6.f6.g2.h1.i1) is gebore in Botswana in 2002 as eersteling vir David Eduan Steynberg en vroutjie Suzette Bennita (geb, Barnard). Johanna Hendrina (geb. Steynberg (b7.c6.d3.e1.f1.g1.h2) en Willem van Heerden is die ouers van ADRIAAN (een van tweeling geb. 10 November 1985) en MELINDA (geb. 14 November 1989). CHARL, geb. 23 Oktober 1979, en Bret, geb. 28 Junie 1979, is seuns van Johannes Ludovikus Steynberg (b11. c5.d6.e3.f5.g2) en Elizabeth Emmarentia (geb. Trail). LIEZEL geb. 24 Feb. 1992 en PETRUS JOHANNES “Ruan” geb. 2 Okt. 1994, is kinders van Jan Petrus “Jannie” Steynberg (b7.c6.d7.e5.f9. g1) en Karin (geb. Grobler).

ANNIKA geb. 8 Junie 1997 se ouers is Johan Coetzer Steynberg (b7.c6.d7. e5.f9.g2) en Elmarie (geb. Du Preex) PETRUS JOHANNES “Pierre” is op 17 November 19992 gebore aan die ouers Petrus Johannes “Petri” Steynberg (b7.c6.d7.e5.f9.g3) en Rensia (geb. Stafford). AMA NICO geb. 13 Mei 1990, MARELIZE geb. 19 Nov. 1994 is kinders van Petrus Jacobus Steynberg (b11.c5.d2.e3.f9.g3) en Magriet Johanna Cecilia (geb. Fuller). BRETT geb. 11 Okt. 1994; BRADLEY geb. 6 Aug. 1996; DANIMIQUE geb. 12 Maart 2002, is almal kinders van Andrê Stephanus Steynbergh (b11.c10.d5.e11. f2.g1) en Brigitte Sendra (geb. Turner). MARINDA geb. 27 Maart 1993; en Braam Johan geb. 9 April 1995, is kinders van Braam Phillip Steynbergh (b11.c10.d5. e11.f1.g1) en Petro (geb. Venter). ETTIENE RIAN geb. 16 Junie 1983; JUAN JOHAN geb. 16 Nov. 1984, en RIANA PETRONELLA MARINDA JULIE geb. 9 Jan. 1994, is kinders van Willem Frederick Steenberg (b11.c8.d5.e7.f2.g3) en Catharina Willemina Adriana Isabella (geb. Potgieter). GALYA geb. 31 Julie 2002 (Hebreeus vir “God has redeemed”) is die naam van 'n dogtertjie vir Willem Frederik Steynberg (b11.c5.d1.f7.e1.f7.g4.h2) en Hayley (geb. Palmer) en sustertjie vir Angel. MAELENE geb. 9 Nov. 2002, is 'n sussie vir Henco, geb. 28 Aug. 1998, en die gelukkige ouers is Werner Diederick Steenberg (b11.c8.d5.e7.f2.g1.h1) en Mabeth (geb. Smit)

GELUKWENSE

BAIE GELUK aan Oupa en Oumagrootjie; Oupa en Ouma; Vader en Moeder van 'n fris seuntjie, gebore op Sondag 13 April 2003 en gedoop Steyn. Die ouers is Ulrich Steynberg Enslin en Danene, oupa en ouma is Christiaan Andreas Enslin en Maria Petronella (b7.c6.d6.e6.f6.g1 - geb. Steynberg van Paarl, en die grootouers is Willem Frederik Ulrich Steynberg (b7.c6.d6.e6. f6) en Bettie van Cullinan. 88 JAAR OUD. Ouma “RUBY” Madge Elizabeth Steenberg (geb. Campbell) het oor die Paasnaweek 2003 haar 88ste verjaardag gevier. Om hierdie pragtige ouderdom te bereik is 'n groot voorreg en haar kinders Errol en Agnes van George het die gedenkwaardige dag by haar deurgebring in Vanderbijlpark en het sodoende die Fees op Graaff Reinet misgeloop. Hulle hoop om in die toekoms die voorreg te hê om so 'n Fees by te woon. ELZANE (oudste dogter van Roelof Jooste Steynberg (b7.c6.d3.e9.f2.g1) het in Stanford naby Hermanus afgetree. Sy het drie kinders. Haar oudste dogter ELZANE is getroud met Martin Brooks en woon in Australié. Haar seun Philip is in Londen en haar jongste dogter Suretha is met le Grange getroud en het drie kinders: Elsje, Gustav en Nicolas. Jacoba Johanna (geb. Steynberg – b7.c6.d3.e6.f2.g2) lektrise aan die Zululand Universiteit, is ook koorleier en dirigent van die Empangeni Koor. Saam met die Richardsbaai Koor het sy in Pretoria “King of Love” opgevoer – hulle was 700 stemme – en Jacoba het versoek Op 19 Junie 2003 is Karmi gebore, 'n dat geen straalvliegtuie gedurende die sussie vir 2-jarige Karla en dogtertjie vir vertoning oor hulle vlieg nie. Martin en Anneke Smit (geb. Steynberg Helena Mara, oudste dogter van Dirk b7.c6.d6. e6.f1.g1.h2) Steynberg (b7.c6.d3.e6.f2.g2) en Maria Willowmore, het saam met haar  My moeder het my van HUMOR van eggenoot Mark Havenga na Ierland geleer: “As die grassnyer jou tone geëmigreer. afsny, moet jy nie na my toe hardloop Baie geluk!! Joubert Casper Steynberg nie!” van die Langenhoven Gimnasium is die


derde beste Matrikulant van 2002 in die Wes-Kaap. Om hierdie soort nuus in die koerant te lees, maak 'n mens bly. Die nuus van sy sukses was vir hom 'n verrrassing en dit moes nog insink. Sy vakke was: Afrikaans Eerste Taal HG, Engels EersteTaal HG, Natuur- en Skeikunde HG, Wiskunde HG, Biologie HG, Tegniese Tekene HG, en Technika Elektries HG. Joubert gaan Medies studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Die geskiedenis herhaal homself! By die eerste Graaff Reinet Fees in 1983 was Lieselore se seun, Ulrich (b7.c6.d3.e9. f3.g1.) en Leonie pas verloof. By Fees 2003 het Stephan, seun van Stephanus Petrus (Steve) Steynberg (b7.c6.d7.e5. f1.g4.) en Pauline van Aberdeen, verloof geraak aan Elise Jooste van Graaff Reinet! Baie hartlik geluk. Laat weet verdere nuus! Die Steynberg tweeling BRAAM en JOHAN (b11.c10.d5.e5.f3.g4.h2 & h3) het albei sport laat vaar en is onderwysers op Vredenburg.

KOERT NICOLAAS Steynberg (b7.c6. d3.e5.f2.g2) het kort na sy tuiskoms vanaf die Graaff Reinet Fees skielik moeg gevoel met 'n brandpyn in die bors. Sy vroutjie Rina is dadelik met hom dokter toe in Nylstroom vanwaar hy oorgeplaas is na die Wilgers Hospitaal in Pretoria. 'n Paar dae later is 'n suksesvolle vier-vat hart-omleiding op hom gedoen. Hy is nou weer tuis en sterk mooi aan.

GRADE BEHAAL STELLENBOSCH

IN

2002:

Unetsie Steenberg – (b11.c1.d5. e6.f5. g2.h1) - B.Sc. Diëetk. Heidi Agnesia Steenberg – LL.B Petrus Willem Steinberg (b11.c7.d2. e4.f6.g1.h1) – B.Agric.Admin

SLAAG

MATRIEK

TRANSVAAL

Leone Steenberg

In

die

OU

Nicolene Johanna Hendrina Steenberg Phillip Adriaan Steenberg Pieter Josephus Steenberg René Steenberg Hester Johanna Steinberg André Steynberg Catharina Anna Steynberg Johanna Maria Steynberg Melissa Steynberg Nicolaas Emile Steynberg Petrus Johannes Steynberg Veruschka Shantel Steynberg Yolandi Steynberg In die KAAP: Suné Steynberg

 My moeder het my van die WYSHEID VAN DIE GRYSHEID geleer: “As jy eendag so oud soos ek is, sal jy verstaan.”

Suksesvolle Familiefees 18 - 20/4/03 Ds Hendrik Steenberg

Van vroeg af op Vrydag, 18 April 2003, het lede van die J.J.Steinberg-familiebond, by Rita Steynberg se huis, Cradockstraat 102, in Graaff Reinet begin aanmeld. Na heerlike tee en verversings is elkeen met 'n kaart gewapen weg om in sy afsonderlike blyplek in die skadu van die Spandauberg te gaan nes skrop. Lank voor die openingsfunksie om 19:00 het die pragtig versierde Kewertjiesaal van die Laer Volkskool reeds gegons soos feesgangers opgeruimd dag gesê en gesels het. Na Ds. Nico Steenberg, voorsittier van die Bond, se gulle verwelkoming en tafelgebed word daar by keurige tafels aangesit vir 'n onvergeetlike vinger-ete. Min mense kan by Steve en Pauline Steynberg van Graaff Reinet kers vashou as dit by onthaal kom! Na ete neem Ron Steynberg van Pietersburg verrassend die karakter aan van Johan Jost Steinberg, ons stamvader. Hy vermaak ons met Jost se onderhoudende

en geesdriftige gesprek met ‘n denkbeeldige besoeker waarin land en sand gesels word oor Jost se herinneringe oor sy lewe aan die Kaap sedert sy landing in Tafelbaai op 6 September 1748 vanaf Niederaula, Duitsland, na ‘n reis van vier maande. Sy ervaringe as smid in diens van die Kompanjie en later as onafhanklike sakeman word interessant en onderhoudend beskryf, asook sy ervarings as burger, sy probleme en huwelikslewe en sy kinders. Uit sy eerste huwelik is net twee dogters gebore en die tweede huwelik was kinderloos. Uit sy derde huwelik is een seun en drie dogters gebore, maar dié seun het self slegs dogters gehad. Uit sy vierde huwelik met "Aaltjie" Verrein is vyf kinders gebore en met hierdie huwelik begin die stamboom van die familie Steenberg, Steinberg, Steynberg in Suid-Afrika – met nog enkele spelling variante. Geluk, Ron, met hierdie puik aanbieding! Saterdagoggend ontmoet ons by die Voortrekkermonument buite Graaff Reinet. Die beeld van Andries Pretorius is Coert Steynberg se handewerk. Ulrich Steynberg van Roodepoort spreek 'n paar gepaste woorde waarna elkeen met sy eie vervoer na Nieu-Bethesda vertrek. Ons besoek die Uilhuis met sy aangrypende beelde, en mure en plafonne versier met fyngemaalde veelkleurige glas. 'n Rare belewenis! Daarvandaan verder na Jan-Peet en Hester Steynberg se plaas Ganora waar ons in twee groepe beurtelings JP en Hester se interessante private museum met verstommende fossiele en artefakte uit vervloeë dae besigtig het, asook 'n holkrans met talle rotstekeninge en gravures, boeiend en kundig toegelig deur Hester. Hierna het 'n fees van smullekker boerekos gewag in JP en Hester se ruim plaashuis.

Saterdagaand begin met ‘n Bondvergadering in die Kewertjie. Voorsitter, Ds. Nico Steenberg, verwelkom en bedank almal wat o.a. van so ver as Transvaal en die Skiereiland gekom het. Besondere en hartlike dank gaan aan Lieselore Steynberg vir ‘n leeftyd van toewyding en ywer wat sy aan hierdie familiesaak bestee het. Sonder haar was daar beslis nie ‘n Familiebond nie en het Die Doringtak seker nie meer bestaan nie. Haar kunswerke in Die Doringtak word hoog aangeprys asook die mooi, oorspronklike skildery wat in die Kewertjiesaal gepryk het. Lieselore wou nie weer in die bestuur dien nie, maar ons sal beslis nog baie van haar kennis, ervaring en vaardigheid gebruik maak. Die voorsitter handig ook ‘n geskenkie aan haar. Lieselore, ons sal altyd dankbaar teenoor jou wees! Die nuwe bestuur is verkies soos vermeld bo aan hierdie Nuusbrief. Vir die pos van Tesourier is Arnold Steynberg van die Paarl in sy afwesigheid benoem, met Johann Steynberg van Pietersburg as alternatiewe keuse, ingeval Arrie nie sy weg oopsien nie. Arnold het egter laat weet dat weens die afstand betrokke hy meen dit meer prakties sou wees as Johann die amp beklee. Dan is die hele bestuur uit die noorde en is vergaderings makliker om te reël. Ons dank hom vir sy gewilligheid om dit te oorweeg en vir sy advies in hierdie verband. Dan volg smaaklike Karoo braaivleis met smullekker bygeregte soos slegs Steve en Pauline Steynberg dit kan doen! Oom Ulrich Steynberg van Cullinan vertel 'n paar kostelike grappies, o.a. die volgende: Jannie kom tuis met 'n netjiese verniste vistrommeltjie wat hy self k het en wys dit vir sy pa. “Dis pragtig, my kind. Ek is trots op jou. Maar waar kry jy die vernis?”


Jannie vertel hy het by Kosie se huiis gespeel en in dié oom se motorhuis het hulle 'n blik vernis gekry en daarvan gebruik. Dit blyk toe hulle het die oom nie gevra nie. “My kind! Dis baie lelik,” sê sy pa geskok. “Jy weet, dit is eintlik steel. Jy moet my belowe jy sal nooit weer so iets doen nie! As jy ooit weer so iets nodig kry, kom vra my net. Dan bring ek vir jou 'n bietjie van die werk af saam!” Die program is afgesluit met 'n interessante vasvra behartig deur Prof. Dawie Steenberg en sy gade Flo. Die wenners het as pryse bottels Steenberg landgoedwyn ontvang wat deur die Landgoed spesiaal vir die Fees geskenk is. Sondagoggend is 'n treffende erediens in die imposante NG Groot Kerk gehou deur ds. Nico Steenberg. Daarna is top gehalte verversings in die Kewertjiesaal geniet. Die Karoo-dames ken kosmaak! Ds. Hendrik Steenberg het afgesluit met besondere vermelding van die belangrikheid van die gesin in familie-verband. Hy het gemeld dat die leeftyd van ‘n familiebond normaalweg glo 20 jaar is en het almal uitgedaag om ons Bond vir nog baie jare te laat voortbestaan en hiervoor sal ons die ondersteuning van ons jeug nodig hê. ‘n Laaste oproep vind ons is in Jeremia 31: 21:

"Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop" Kom ons ondersteun die Familiebond en die Bond-aktiwiteite, betaal ons jaarlikse lidmaatskapgeld en gee flink terugvoering aan versoeke. Het u al ‘n familielid genader om by die Bond aan te sluit? Stuur asseblief nuus van u gesin of familie se lief en leed, prestasies, ondervindinge en vertellinge na Die Doringtak! Dankie vir u samewerking. Ons vertrou u sal die volgende saamtrek bywoon!

Kontak inligting: Ds. Nico Steenberg Tel. (012) 333 8539 Ron Steynberg. Tel. 083 377 7402 of foon en faks: (015) 291 1421 Ds. Hendrik Steenberg (012) 547 1508 

‘n Besoek aan die Vreemde – Deel 2 – deur Hendrik & Mavis Steenberg Vanaf Suid-Korea is ons na die VSA waar ons jongste seun, Pierre Francois, predikant is van ‘n Sewendedag-Adventistegemeente in Hollister in die aardbewing-geteisterde Kalifornië. San Francisco, 120 km. noordwes daarvandaan, is in 1906 feitlik tot op grond verwoes in 'n aardbewing. Tydens ons besoek was daar ‘n aardbewing van ± 5 op die Richterskaal. Terwyl ons op ons beddens sit en gesels, begin alles te skommel! Gelukkig was daar nie skade nie. Aardbewings word daar baie goed dopgehou. Binne drie minute skakel Pierre sy rekenaar aan en daar is al die besonderhede van die betrokke aardbewing op die skerm; waar die middelpunt was, hoe sterk dit was, hoe diep dit onder die aardkors was, ens! Woonhuise is feitlik almal op vlotfondasies gebou soos ons hier in SA op turfgrond bou; dit beweeg saam met die aardkors in aardbewings en word meestal heeltemal van hout gebou. In Hollister kom die meeste aardbewings in die VSA voor. Die inwoners noem so 'n “aardbewinkie” 'n "vriendelike en welkome" aardbewing! Seismoloë glo dat dié aardbewinkies die grotes verhoed! Hollister lê in ‘n vallei tussen vrugbare plase. Pierre woon op die rand van die dorp langs oop velde waar beeste wei. Teenaan die dorp lê netjies bewerkte kleurvolle akkers slaai en spinasie, lang rye beet en ander groente sover jy kan sien. Alles is so gemeganiseer dat jy feitlik geen arbeiders op die lande sien nie. Verder noordwes strek aarbeilande so wyd soos mielielande op die Transvaalse hoëveld. ‘n Sewendedag-Adventisteskool lê op so 'n plaas waarvandaan elke week of so ‘n appelkas vol groot aarbeie by Pierre se huis afgelewer word, sommige so groot soos kleinerige nartjies! My oorlede vader sou gesê het: ons het aarbeie geëet tot dit by "ons ore uitgehang het." En dit was uitskot-aarbeie wat afgekeur is vir die mark! Wingerde lê selfs tot bo op die heuweltoppe! Ons het ook die asemrowende Yosemite ["Jo-séme-tie"] Nasionale Natuurreservaat besoek met sy

pragtige koepelberge, watervalle en mere. Bere klouter snags bo-op jou woonwa of motor se dak en breek jou koelkas oop vir iets te ete. Jy kan tronkstraf kry as jy dit waag om hierdie gevaarlike diere te voer. Nie ver daarvandaan nie toring reuse sequoiabome tot 100 meter die blou lug in met meeste takke en blare doer bo. Volgens die nuutste tegnieke is bepaal dat sommiges honderde jare voor Christus al daar gestaan het. Nòg insekte, nòg vuur kan hulle doodmaak. Hulle gaan dood slegs wanneer hulle in storms omwaai. Enkele bome is meer as 8 meter in deursnit. ‘n Tonnel is reg deur een van hierdie bome gemaak waardeur jy met jou motor kan ry. Dit laat mens werklik nietig voel. Daarvandaan is ons bergaf terug huis toe met ‘n kronkelende dubbele en driedubbele S-draai bergpas. 0ns skoonsuster, Susie Lewis wat saam was, het later glad met toe oë gesit! Dit was waarlik ‘n nagmerrie rit! Die Bon Fanta botaniese tuine het beïndruk met die verskillende vorme waarin sekere bome gesnoei is: mensfigure, diere, voëls, spiraal-, sirkel-. en ovaalvorme ... ware kunswerke. Die massiewe kweekhuis met uitstaande en kleurvolle orgideë, en terrasse met blomme in verskillende kleurge georganiseer; was waarlik ‘n lus vir die oog en medisyne vir die hart! In Pierre se gemeente was een middag ‘n voedselkermis gehou met kossoorte van tien verskillende lande. Daar was natuurlik ook melktert, koeksisters en gemmermier van Suid-Afrika op die tafel. Hiervoor het Susie Lewis gesorg, en raai wat? Suid-Afrika se tafel was gou-gou leeg! Almal wou net resepte hê. Sekere lande se kossoorte was so warm dat dit jou mangels kon verskroei! Kalifornië is ‘n pragtige en onvergeetlike toeristeparadys, mits ‘n mens genoeg rande het vir elke dollar wat jy daar uitgee! Gelukkig het Pierre se beursie hoofsaaklik gepraat! Daarvoor was ons baie dankbaar. 

 My moeder het my geleer hoe om VOLWASSE te word: “As jy nie jou groente eet nie, gaan jy nooit groot word nie.”



OMKOOPGELD

Die bestuurder sê, “As jy in die kar klim, gee ek jou R20 en 'n lekker.” Die seun weier en hou aan met loop. Die man wil nie nee vir 'n antwoord aanvaar nie en stop oomblikke later weer langs die seun. “Wat van R20 en 'n pak lekkers?” Die seun sê vir die man om hom uit te los en hy hou aan met stap. Nog 'n ent verder stop die man weer langs die seun. “Goed,” sê hy, “hierdie is my finale aanbod. Ek sal jou R50 gee en soveel lekkers as wat jy kan eet.” Die seun steek vas, loop na die motor en leun by die venster in. “Kyk Pa,” sê hy, “Pa het hierdie Ford gekoop, en Pa moet nou maar daarmee saamleef!” 

JONG STEMME

Gedig :

Aan Adam

Ek die begeerte ek die wens ek die tuiste ek die mens Ek eva sit onder 'n boom waar ek rus en droom: oor die vrug van begeertes, beginsels en wense oor verdeelde huise en verplaaste grense Ek is naak.......... Vader help my om nie te luister na 'n gesis en 'n gefluister - want adam slaap! van eva deur Marika Steynberg

'n Agtjarige seuntjie loop langs die pad toe (Dis Marika se eerste gedig. Dankie, dis pragtig. Ron)  'n motor langs hom stilhou.


Trane op my Kerkbroek deur Freek Steenberg (Mer dank en erkenning aan Die Kerkbode wat hierdie bydrae eerste gepubliseer het.)

Die trane drup op my kerkbroek. Ek hoop niemand sien nie. As kuiergas wil ek nie hier in 'n vreemde gemeente sit en huil nie. Maar tog, ek kan dit nie keer nie. Ek sit in die Namibiese gemeente Kalkrand. Voor my, op die preekstoel, staan Adolf – ook bekend as ou “Sleepspoor”. Hy preek uit Rom. 1. Dit gaan oor genade. Eers vertel hy van Luther se worsteling met hierdie gedeelte. Dan getuig hy oor sy lewe, ook oor sy gestremdheid. Hy vertel hoe mense sy vermoëns al van jongs af in twyfel trek. God het hom egter geroep om predikant te word. Hy ken God se genade. Dáárdie genade wat ek en my vrou vandag so nodig het, Here. Dit wat die trane op my broek laat val, gaan egter nie oor Adolf se gestremdheid of vasberadenheid nie. Dit gaan selfs nie oor God se genade om hom deur alles te help nie. Dit gaan oor Adolf se sleepspoor. Een van die Boere op Kalkrand het vir hom dié bynaam gegee. Wanneer Adolf loop, sleep-sleep sy een voet. Dan los hy 'n sleepspoor agterna. Dit is glad nie 'n spotnaam nie. Daarom is dit ook nie dít wat die trane op my broek laat val nie. Dis eintlik baie eenvoudig. As gevolg van Adolf se gebrek, loop hy stadig. Dit lyk egter of dit ook sy persoonlikheid beïnvloed. Jy sien, Adolf is nie haastig nie. Ry saam met hom kafee toe (sowat 2 km van die pastorie), duur dit maklik 45 minute voor jy weer tuis is. Gaan haal jy die huis se sleutel by die tuinier (ook omtrent twee kilometer daarvandaan), kos dit ook 45 minute. Ná kerk, vat dit jou maklik 'n uur om by die huis te kom, al is die pastorie minder as 50 meter van die kerkgebou af. Gaan kuier jy by Koeloes, Lorraine, Tanya en Janneman op hulle plaas, is dit 'n halwe dag voor jy jou ry kry. Kuier jy by Oom Frik en Tannie Johanna op hulle plaas, kom jy met 'n vol maag eers donkernag weer tuis. Jy sien, Adolf het tyd. Nie omdat hy so stadig loop nie, maar omdat hy tyd máák vir mense. By die kafee, die tuinier, die kerk, op die plaas ... Adolf drafstap nie verby mense nie – hy gaan staan stil en luister na hulle. Hy is lief vir hulle en bemoedig

hulle. Hy sien hulle raak. Hy weet wat genade beteken. Die boer was reg. Adolf los 'n sleepspoor ... maar veral op mense se lewens. Daardie Sondag het my trane gevloei. 'n Paar dae vroeër het ons nog by 'n oop graf gestaan. In die kerk het ons gehoor van God se genade. In die stofstrate van Kalkrand het ek beleef daar is genade. Dankie tog vir Adolf en die mense van Kalkrand wat 'n sleepspoor op ons lewe gelaat het. Here, leer my (en elke ander tokkelok) tog om 'n sleepspoor te wees! • Freek Steenberg is voorsitter van die studenteorganisasie Deo Gloria, Universiteit van Pretoria. 

 My moeder het my geleer om VOORUIT TE DINK: “As jy nie jou spellingtoets slaag nie, sal jy nooit 'n goeie werk kry nie.”  

LIESELORE STEYNBERG Seker ons heel bekendste familielid – uitgesonderd moontlik Coert Steynberg, ons beroemde beeldhouer – is die merkwaardige Lieselore Steynberg (gebore Wildner) van Kaapstad. Sy praat moeilik oor haarself. Dit het torring gekos om meer oor haar te wete te kom. Alhoewel sy Afrikaans uitstekend praat, verraai haar uitspraak, taalgebruik, sinsvorming en spelling haar Duitse afkoms. Juis dit maak haar meer spesiaal en uitsonderlik en gee aan die 33 Doringtak-uitgawes wat sy oor 20 jaar geskep het 'n fris, robuuste en unieke karakter. Mense vra gereeld of sy Hollands of Duits is. Haar Engels is beter want sy is in Engelse skole onderrig, maar eers nadat sy tot Standerd 4 op die plaas onderrig is deur 'n Oostenrykse onderwyser wat nòg Engels nòg Afrikaans kon praat.

Haar skooljare tydens die Tweede Wêreld-oorlog was minder aangenaam, want hulle huistaal was Duits. Haar vader was uit Tsjeggoslowakye (Sudetenland) en haar moeder van die Rhyn. Hulle het gedurende die depressiejare na die destydse Duitswes-Afrika geëmigreer, daar ontmoet en getrou. Haar vader het later by Maitland die Anchor suurdeegfabriek begin - dit was die begin van ‘gekoopte’ suurdeeg in Suid-Afrika. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog ontmoet sy vir Ulrich Steynberg. Sy familie was maar skepties oor haar Duitse herkoms maar het haar mettertyd aanvaar. By die begrafnis van haar skoonmoeder, is genoem dat dié tannie nou al die familie-kennis saam graf toe neem. Dit het vir Lieselore geïnspireer om 'n stamboom van die Steynbergs op te stel - al het sy nie Steynberg bloed in haar are nie. Haar ouers se stambome aan vadersen moederskant was 'n enorme papier wat kon oopvou en waarop tot in die 16de eeu alle vertakkings opgeteken is. Natuurlik was dit nie op datum gebring nie, want in die buiteland het kontakte verlore gegaan. Haar vader het vertel dat die opsteller van die stamboom van dorp tot dorp gereis het en die kerkboeke deurgeblaai het vir opsporing van sy familiebesonderhede. As kind het sy al gedink dat dit 'n wonderlike stokperdjie sou wees, maar nooit gedink dat sy eendag soortgelyke navorsing sou doen en dat dit so 'n omvang sou aanneem nie. Stamboomnavorsing was in Kaapstad maklik omdat hulle binne loopafstand van die Staats- en N.G. Kerk-argief asook die Nasionale Naslaanbiblioteek, gewoon het. (Die Argief is 'n paar jaar gelede na die ou Roelandstraat Tronk verskuif. Navorsers praat van "Ek gaan vandag in die tronk sit.") Vriendelike en behulpsame personeel het haar gou touwys gemaak. Destyds moes mens nog die oorspronklike, handgeskrewe dokumente raadpleeg - deesdae is dit met behulp van rekenaars en alfabetiese indekse baie vinniger, maar minder opwindend.

Die verskillende skryfwyses van die familie-van het haar opgeval, en familie wat by hulle gekuier het, het dikwels opgemerk, "Jy mors jou tyd. Dit is nie familie nie." Tog was hulle verkeerd. Die baie kinders wat met dieselfde voorname gedoop was het die ineenskakel van families bemoeilik en sy kon nie sommer aannames maak nie. Dikwels wou sy moed opgee, maar trots en koppigheid het haar laat verder soek na bewyse om alle twyfel uit te skakel. Dit was 'n interessante en leersame ‘loopbaan’. Provinsies se gebruike het verskil. By die Gereformeerde Kerk Pretoria moes sy eers 'n deurtastende ondervraging van Dr Rex deurstaan voordat sy toegelaat is om boeke in sy Argief te raadpleeg. In Potchefstroom was dit ewe moeilik om toegang tot die Kerkboeke te kry. Die Argivaris by die NG Kerk in Pretoria, Ds Schutte, was weer baie tegemoetkomend en het selfs toegelaat dat sy gedurende etensure, as die kantore gesluit word, met 'n voorraad lêers in die leeskamer kon bly. In Transvaal was daar soggens en smiddae altyd 'n welkome koppie tee of koffie en navorsers het in die RGN kantoor selfs 'n pakkie koekies in 'n laai weggesteek vir die verfrissende pouses. Toe sy eendag 'n gaping merk van ongeveer 10 jaar se inskrywings in die Kerkboeke, moes sy verneem dat dit in die ou N.G. Kerkkantoor is en dat hulle dit nie aan die argief wou afstaan nie. Die argivaris het het egter vir haar toestemming gekry en sy kon toe na die BosmanstraatKerk gaan waar sy uitgevind het dat daar 'n ook 'n lêer ontbreek. Die dame wat daar werk het skouerophalend gesê dat die boek uitgeleen is en nooit weer teruggebring is nie. Ds. Schutte was erg ontsteld oor hierdie nuus. Selfs in die Staats-Argief, destyds in die Uniegebou, het baie dokumente wat in die indeks genoteer was, in die boeke ontbreek – op hulle plekke was net kaal bladsye. Sou dit gesteel wees?


In die Kaapse argiewe is gevind dat bladsye ook uit leggers verwyder (gesteel?) is en daarna is kontrole streng opgeskerp. Tyd was vir haar so kosbaar dat sy altyd die leeskamers heel eerste betree het en met sluitenstyd moes sy altyd gevra word om af te sluit sodat die rekords kon terug kluis toe gaan. Ds Hopkins, hoofargivaris in Kaapstad, het haar skeef aangekyk omdat sy jaar na jaar elke dag in die leeskamer gesit het, maar hy het nooit 'n woord gesê nie. Wat hy gedink het weet sy nie, maar toe sy hom eindelik die voltooide Steynberg Geslags-register oorhandig, was hy baie vriendelik en het 'n hele uur vertel van sy eie navorsing en besoek aan die Mormone Argief met sy geweldige biblioteek en kluis in die ontsaglike grot by Salt Lake City, Amerika. Haar seun Ulrich onthou sedert sy seunsjare hoe sy moeder met elke vakansie landswyd familielede opgesoek het met haar dik boek met notas byderhand. Namate die maak van die stamboom gevorder het, het die gedagte by haar gegroei om al die families na 'n makietie te nooi, maar haar man, Ulrich, het getwyfel of dit gereël sou kon word. Na sy aftrede wou hy dat sy haar werk moes afrond, want klaar kon dit tog nooit kom nie. Hy het sy vriend Jan Spies gevra om die kroniek deur te lees. Sy was skaam oor die talle foute en veranderings wat hy met sy rooi pen gemerk het. Haar ou tikmasjien was nie meer te waffers nie – vir die oortik is toe die modernste Switserse super-tikmasjien gekoop. Aanvanklik was dit 'n beproewing en het sy by tye gedreig om hom deur die venster te gooi. Bekend maak egter bemind en later was sy bly oor al die voordele daarvan. Ulrich het die druk van die familieboek “Een Familie” ook gereël en dit was sy idee om in 1983 tydens 'n Familie-Fees in Graaff Reinet die stamregister aan die familie te oorhandig.

In 1993 is Ulrich oorlede. Hul seuns, Ulrich en Gustav, het intussen volwasse geword, getroud geraak met gesinne van hul eie. Ulrich woon tans in Gauteng en Gustav woon in Duitsland. Lieselore woon steeds in Kaapstad. Sy het al sinoniem geword met die FamilieBond en Die Doringtak. Sonder haar sou die Bond en Die Doringtak sekerlik nie vandag bestaan het nie. Aan hierdie merkwaardige vrou, gaan die ganse familie se dank en waardering. Daarom was dit feitlik vanselfsprekend dat sy met 'n lewenslange ere-Presidentskap van die Johan Jost Steinberg Familiebond vereer sou word. Ons sal nog so lank as moontlik put uit haar ryke ervaring en kennis. Dankie, Lieselore, ook daarvoor. 

 En dan GEREGTIGHEID, my groot gunsteling: “As jy eendag kinders het, hoop ek hulle is net soos jy. Dan sal jy agterkom hoe dit voel!” 

Frederik Taute Steijnberg (b7.c6.d6.e6.f3.g2) Lizette Retief (geb. Steijnberg) (b7.c6.d6.e6.f3.g2.h1) laat weet:

Op 5 Oktober 2002 is haar vader, Frikkie Steijnberg, eggenoot, vader en oupa, na 'n moedige stryd van 11 dae aan Serebrale Malaria oorlede. Op 8 Januarie 2003 sou hy 61 geword het. Sy mis hom vreeslik. Sy kleunseun Jacques (6) sê onlangs, “Mamma ek verlang baie na my Oupa Frikkie – hy was my heel heel beste Oupa!” Hy was meelewend ten opsigte van die Steinberg Familiebond en het ook by Lieselore en Ulrich in Kaapstad besoek afgelê. Hy het trots oor sy gesin se wel en weë berig in Die Doringtak. As natuurmens benut hy 'n sakebesoek aan Hoedspruit omgewing deur op sy eie 'n dagbesoek aan die Kruger Wildtuin te bring. Opgewonde bel hy sy dogter Lizette en vertel geesdriftig van 'n trop olifante wat hy gesien het en van die 13 leeus met 4 wyfies en klompie welpies wat op daardie oomblik deur 'n stroom water beweeg. Hy was in sy element! Veral omdat hy dit met sy gesin kon deel.

So was hy – sy gesin was vir hom allles en sy kleinkinders sy trots en grootste vreugde. Ironies dat hy juis in sy geliefde Kruger Wildtuin die gevreesde siekte moes opdoen ... 10 dae later voel hy verkouerig en kry by 'n apteek verkouemedisyne. Vir Lizette bel hy en sê dat die medisyne hom beter laat voel. Vir Anne-Gret, sy ander dogter, vertel hy 'n paar dae later dat hy nog nie lekker voel nie. Tog ag hy dit onnodig om 'n dokter te spreek. 'n Dag later begin hy deurmekaar raak en is hy inderhaas hospitaal toe geneem. Daar is sy toestand vir die eerste maal in verband gebring met sy besoek aan die Wildtuin en is met behandeling vir malaria begin. Gou was sy toestand kritiek en is hy aan 'n longmasjien gekoppel en nieren lewerversaking tree in. Sterk verdoof en in 'n koma is hy na Pretoria oorgeplaas. Honderde vriende het vir hom gebid terwyl sy toestand wipplank gery het. Donderdag 2 Oktober 2002 was sy toestand sorgwekkend. Selfs in 'n koma, was dit asof hy bewus was sy gesin is by hom. Hoewel kritiek siek, het sy toestand effens gestabiliseer, maar om 17:10 Saterdag het sy vermoeide liggaam die moedige stryd verloor ... Die gemis is nog erg pynlik. Lizette wil nie tob oor die detail van sy einde nie, maar glo dis belangrik om die wrede werklikheid van die siekte onder die aandag van ander niksvermoedende mense te bring. Wees bedag op die gevare. Al neem jy ingeligte voorsorgmaatreëls, moet jy waaksaam bly, selfs na 'n kortstondige besoek aan 'n malariagebied. Die geringste olikheid daarna moet onmiddellik lei tot 'n mediese ondersoek met vermelding van die besoek aan 'n malaria-gebied. Die familie berus met geloof in Frikkie se dood, maar sou graag dat dit andere se waaksaamheid sal opskerp. Frikkie was 'n mens-mens en veral lief vir kinders. Vir Lizette se seuntjie, Jacques, was die verdrinking van 'n maatjie se boetie kort na sy oupa se dood, 'n groot skok. 'n Paar dae later kom troos hy sy moeder egter met, “Mamma moenie worry nie. Werner se boetie speel nou verskriklik lekker met Oupa Frikkie daar in die hemel by Liewe Jesus. Hy is nou nie meer alleen nie!” So word Frikkie onthou. 'n Liefdevolle man wat almal om hom se lewens positief aangeraak het – en veral dié van die kinders. 

REDAKTEUR VRA MOOI Vier-en-dertig jaar terug op die 20ste Julie het die mens sy eerste tree geneem op die oppervlakte van die maan. Daardie een tree het die aarde skielik nie meer so groot laat lyk nie. Vandag, na die betreklik onlangse skepping van die Internet, het dit nog verder gekrimp. Jy en ek kan binne oomblikke met mekaar kommunikeer en my in staat stel om jou nuus met die hele familie te deel. Ons is net 'n klik ver van kontak of hereniging met familielede waar hulle ookal op ons planeet is. Laat ons die tegnologie ten volle benut en die voordele en vreugde van lidmaatskap van ons Familiebond volkome geniet. Alle familie en vriende wat e-pos adresse het, stuur asseblief vir my na ibron@mweb.co.za 'n e-pos met u besonderhede: naam, posadres, en foonnommer. Ek sal graag vinniger en doeltreffender met familie kommunikeer om die verkryging en opdatering van familienuus te bespoedig en vergemaklik. Persone sonder e-pos adresse kan gerus reël met kinders, familie of vriende om van hùlle e-pos gebruik te maak vir instuur van nuus, familie-verwikkelinge en interessante inligting. Ek is van u insette afhanklik. Ons wil graag Die Doringtak 'n nuttige, praktiese familienuusmedium hou. 

DIE ERFGENAAM

Twee vriende loop mekaar raak. Die een lyk terneergedruk en op die rand van trane. Die ander sê, “Haai, wat lyk jy of jou wêreld ineengestort het?” Die treurige een antwoord, “Laat ek jou vertel. Drie weke gelede is 'n oom van my oorlede en hy laat vir my R100 000 na. “Dis nie sleg nie.” “Wag, ek begin nou eers. 'n Neef wat ek nie eers geken het nie, steek twee weke terug lepel in die dak en laat vir my R85 000 agter. “Ag mens! Kon so iets mý tog tref!” “Laas week sterf my oupa. Ek het amper 'n kwartmiljoen geërf.”


“Nou wat lyk jy dan so treurig?” “Hierdie week - nog niks nie!” 

 My moeder het my van GENETIKA geleer: “Jy’s nes jou pa!”

Oom Ulrich en Tant Bettie verhuis Willem Frederik Ulrich Steynberg ((b7.c6.d6. e6.f6) is op 22 April 1922 te Sybrandskraal naby Cullinan gebore. Sy grootvader, Hendrik Coenraad Steynberg het sy plaas Kamdeboo by Graaff Reinet verlaat en die plaas Sybrandskraal in 1874 vir een legger wyn en 13 boerbokke geruil van sekere Sybrand Bronkhorst – na wie die plaas vernoem is. In Standerd 8 moes die jong Ulrich die skool verlaat om die boerdery oor te neem na sy weduwee-moeder se afsterwe in 1938. Hy is links maar skiet regs. Hy het altyd beïndruk met sy handigheid en vindingrykheid. Hy hakkel, maar is 'n welsprekende verteller wat tallose gesprekke in die jagveld om kampvure en langs hengelwaters verlewendig en verryk het met sy kenmerkende ryk taal en spitsvondige beeldspraak. Sy kennis van en liefde vir die natuur is uit eie waarneming gebore en oor 'n leeftyd ontwikkel. As tuinier kan hy moeilik geklop word. Van kindsbeen af ent en okuleer hy vrugtebome, rose en wat nog. Sy kennis kom nie uit boeke nie. Op die kleinhoewe Siesta waarheen hulle in 1985 verhuis het nadat Sybrandskraal onteien is, is daar nie 'n soort vrug, groente of blom wat hoegenaamd daar aard, wat ontbreek nie. Sy duiwe, voeltjies, hoenders, ganse, eende, pragtige Koi-visse, ens., ens. ken hy individueel – soos ook ou Speedy, die skilpad. Sedert my vroegste kinderjare, toe hy nog as vrygesel lank alleen op Sybrandskraal gewoon het, tot vandag, vind geslagte van kinders 'n besoek aan Oom Ulrich 'n ryke, leersame en avontuurlike belewenis. Menige jong familielid se liefde vir die natuur, jag en hengel is daar gebore. Sy huwelik met Bettie Bezuidenhout het sake net verbeter. 'n Beter en gasvryer tuisteskepper, kok en gasvrou sal jy ver moet gaan soek. Gou het sy haar eie kwekery aangelê waarvandaan pragplante hulle weg na talle ander tuine gevind het. Onlangs is die laaste van haar geliefde plante verkoop.

In 1972 het Oom Ulrich en Tant Bettie alle familie genooi vir 'n onvergeetlike fees op Sybrandskraal om die Steynbergs se 100 jaar op die plaas te gedenk. Dit het nou, in 2003, tyd geword om die afgesonderde woonplek, met sy arbeid en verantwoordelikhede te verruil vir 'n rustiger bestaan in 'n veiliger oord by Oude Renbaan in die Paarl, binne loopafstand van hulle enigste kind, Marie Enslin en skoonseun Chris, om nie te praat van kleinseun Ulrich en vroutjie Danene, en splinternuwe agterkleinseun Steyn nie. Op Sondag 6 Julie 2003 het broerskind Ron (en Issie) Steynberg, hulle kinders Coert en Anneke (met manlief Martin Smit en dogtertjies Karla en Karmi) en susterskinders Louise (weduwee) Murray, Frikkie Malan (en Baby), Elize van Wyk (en Prof. Helgaard) met hulle kinders Eksteen en Louise (met vriend Dalton Dinglestadt ), Annette van Zyl (en Jan) en hul seun Wilhelm en sy vroutjie Carina, Helene (weduwee) van der Merwe, en haar dogter Anneke vir oulaas op Siesta saam gekuier en afskeid geneem. Die hondjies Strepie en Snippie het nuwe tuistes gevind. Marie, Oom Ulrich en Tant Bettie se enigste kind, en haar man Chris Enslin met hulle dogter ChrisMarie was ook daar om vir 'n week met die inpakkery te help. Goeie vriende, Chris en Denise van Schalkwyk, het die eiendom gekoop en die huis, tuin, ou Speedy, die pluimvee, voëls en visse word in hulle goeie hande gelaat. Op 17 Julie het die meubelwa die trek gelaai en is 'n lang en interessante hoofstuk in die geskiedenis van dié vertakking van die Steynberg familie verby. Oom Ulrich en Tant Bettie, mag julle rustig en ryklik geseënd in die Paarl woon. Dààr wag 'n tuin en huis wat nooit weer dieselfde sal wees nie! En kyk uit vir ons – almal wat enigsens kan, gaan nog by julle 'n draai maak!

Ron 

GENERASIE-GAPING Tydens 'n “generasie-gaping” rusie met sy ouers roep jong Michiel uit, “Ek soek opwinding, avontuur, geld en pragtige vrouens. Ek sal dit nooit in hierdie gevrekte dorpie kry nie, so ek waai. En moet my nie probeer stop nie!”

Met dié maak hy vir die deur. Sy pa vlieg op en volg kort op sy hakke. “Het Pa nie gehoor wat ek sê nie. Niemand gaan my stop nie!” “Wie praat van keer?” antwoord sy pa. “Gee my net 'n paar minute, dan gaan ek saam met jou!” 

Video & Oudio-bande: Op versoek van etlike Feesgangers by Fees 2003 in Graaff Reinet, is video- en oudio-bande van Ron Steynberg se eenman optrede Johan Jost Steinberg – 'n Terugblik beskikbaar teen kosprys. Belangstellendes skakel asb. die Sekretaris vir besonderhede en bestellings.

'n Skoot in die Donker (Ek ontdek onlangs die e-pos adres van 'n familielid in die verre vreemde, en skryf vir haar 'n briefie. Kyk wat antwoord sy! – Ron)

Dis nou wonderlike nuus om hier in die vreemde iets van 'n Steynberg te hoor! Ons Steynbergs soek al jare vergeefs na ander Steynbergs. Ons is mos so skaars soos hoendertande. Ek is al vyf maande in Taiwan en probeer om die skreef-oog kindertjies Engels te leer. Twee SuidAfrikaanse mans bly in dieselfde woonstelblok as ek. Die een, Johann Rossouw, se ma se nooiensvan is ook Steynberg. Hulle is oorspronklik van Sannieshof se wêreld. Ek dink die tannie bly nou in Lichtenburg. Johann sê hy het ook al probeer uitvind waar al die Steynbergs hulle bevind, maar ook sonder sukses. My pa sal so bly wees om te hoor 'n Familiebond bestaan. My pa is Francois Steynberg en ook oorspronklik van Okahandja, Namibië Hy was enigste kind van Daniel Abraham Johannes Steynberg, 'n boer van Okahandja, getroud met Sussanna Lucia Venter. Oupa is dood toe my pa 5 jaar oud was. My pa is geskei van my ma, Betsie Crafford. Hy is nou getroud met Juliana Haasbroek. Hulle bly op 'n plaas naby Burhmansdrift, tussen Zeerust en Mafikeng. Ek is my pa se enigste dogter en soos jy kan sien, het ek sy naam gekry. Ek is nou 34. My

broer Daniel Abraham Johannes Steynberg is verlede September oorlede en sou November 43 gewees het. Hy was getroud met Annalies Buhr, oorspronklik van Walvisbaai. Hulle het 2 kinders. Francois (16) en Estelle (19). Annalies en die kinders bly in Rustenburg. Estelle is hoofdogter van Trans-Oranje Skool vir Dowes in Pretoria. Daar is nog steeds 'n paar Steynbergs in Namibië, o.a. in Karibib en Windhoek. By die munisipaliteit van Windhoek, werk 'n neef van my pa, Reinhard (Rynhardt?) Steynberg. Die naam, Reinhard is nogal 'n groot Steynberg familienaam in Namibië. Asook Ernst. 'n Ernst Steynberg werk in Windhoek by die Namibia Broadcasting Corporation (NBC). Dan ken ek ook wyle Coert Steynberg, die beeldhouer, se familie van Pretoria. Sy kleinseun, Coert Wiechers, was saam met my op die PUK. Laat weet gerus as jy meer inligting wil hê. Ek stuur dit met graagte en ek sal asb. ook graag jou nuusbrief wil ontvang, asook meer inligting oor ander Steynbergs. Vriendelike groete uit Taiwan. Francoise Steynberg (So glo ek is daar nog talle familielede wat graag aan die Familiebod sou wou behoort en Die Doringtak gereeld ontvang, maar wat nog nie daarvan weet, of net nog nie sover gekom het om aan te sluit nie. As u van diesulkes weet, lig hulle in en help hulle om met my kontak te maak sodat hulle op ons adreslys geplaas kan word. Ron) DANKIE

Baie dankie aan almal wat stof bygedra het om hierdie Nuusbrief saam te stel. Help ons asseblief om aanvullende familie-inligting te bekom sodat die Familieregister op datum gehou kan word. Wanneer u oor die heengaan van 'n familielid berig, stuur asseblief 'n kort lewensskets saam. Om net die naam en sterfdatum te publiseer vind ons 'n bietjie onpersoonlik. Spesiale dank gaan aan Lieselore wat die grootste deel van die inhoud van hierdie Doringtak versamel het en vir my aangestuur het. Besondere dank ook vir haar kenmerkende illustrasies wat sekere berigte ophelder. Dankie Lieselore dat jy beloof het om nog vorentoe ook te help.


'n Groot dankie gaan ook aan Michael Zinn Steynberg van H.L.D. Pers (Edms) Bpk, Kaapstad, vir die kostelose druk van die vorige 33 uitgawes van Die Doringtak . Mike, jy het meer as jou deel gedoen! Jou onbaatsugtigheid is 'n inspirasie.

Die Doringtak 34  

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you