Issuu on Google+

Aalwurms in Kernvrugte Praktiese riglyne vir die kort- en langtermyn beheer van aalwurms Saamgestel vir die Sagtevrugtebedryf Sheila Storey www.nemlab.co.za

INLEIDING

Appelkose

Appels

Pere

Wingerd

Tabel I: Die gasheer-aalwurmverwantskap van die belangrikste aalwurms op vrugte

Pruime

Kernvrugte word hoofsaaklik deur letsel-, dolk- en stompwortelaalwurms aangeval. Knopwortel-aalwurm wat die kenmerkende galle op wortels veroorsaak val nie kernvrugte aan nie. Weens die afwesigheid van hierdie galle word daar dikwels geglo dat kernvrugte nie deur aalwurms aangeval word nie. Die galle veroorsaak deur appelbloedluis word ook dikwels verwar met die knopwortelaalwurm. Dit is veral die stompwortelaalwurm wat in baie sanderige gronde dikwels die oorsaak is van erg verpotte peerbome.

Verskeie aalwurms val verskillende vrugte aan (Tabel I).

Perskes

Aalwurms is mikroskopiese, wurmagtige organismes wat die wortels van plante aanval. Beskadigde wortels veroorsaak dat min voedingstowwe en water opgeneem word.

Letselaalwurm*

xx

xх?

х

хx

x

х

Dolkaalwurm***

xx

хх

х

хxx

xx

хxx

Spiraalaalwurm Stompwortelaalwurm

x

Speldaalwurm

х

х

x

хx

xxx

х

х

Knopwortelaalwurm*(**)

ххх

хxx

х?

хxx

Ringaalwurm***

ххx

ххх

хxx

хxx

Sitrusaalwurm

Sleutel: Tabel I xxx

Baie belangrik, kan erge skade aanrig, kom redelik algemeen voor

xx

Belangrik, kan soms erge skade aanrig wanneer getalle hoog is, kom redelik algemeen voor

x

Veroorsaak selde ‘n probleem, min bekend oor hoeveel skade hulle aanrig

*

Endoparasiete

**

Behalwe vir knopwortelaalwurm weerstandbiedende onderstamme

***

Ring- en dolkaalwurms kan weens hul lang stekels aan die wortels vasklou

?

Genoegsame kennis ontbreek om die gasheerstatus te bevestig

Fig 1. Xiphinema spp. (Dolkaalwurm)

Daar is verskeie redes vir die toename in aalwurmprobleme oor die afgelope paar jaar. Die eerste rede is die groter bewuswording van aalwurmskade. ‘n Tweede rede is die toenemende druk om grond te hergebruik. Die feit dat daar binne vier maande na die uithaal van kern-, steenvrugte of selfs wingerd weer kernvrugte op dieselfde gronde gevestig word, is die grootste oorsaak. Gepaardgaande hiermee is die feit dat min produsente dit oorweeg om hierdie gronde te berook of besef hoe noodsaaklik dit soms is.

Bladsy 1 van 4

x


Aalwurms word in twee groepe verdeel volgens hulle voedingsgewoontes, nl endo- en ektoparasiete (Tabel II). Tabel II: Endo- en ektoparasitiese aalwurms op kernvrugte

Endoparasiete

Ektoparasiete

(voed binne in wortel)

(voed buite op wortel)

Letselaalwurm

Dolkaalwurm

baie vinnig onder die kernvrug toeneem en sodoende skade aanrig.

MONITERING Neem altyd beide grond- en wortelmonsters om die besmetting in die boord te bepaal. Voor vestiging Die monsters moet geneem word terwyl daar nog ‘n gewas aanwesig is, dws voordat die bome, stokke of ander gewas van die grond verwyder word. Sodra die gasheer verwyder word gaan die aalwurms oor in ‘n eierstadium wat onmoontlik is om op ‘n kommersiële skaal te bepaal.

Stompwortelaalwurm Spiraalaalwurm Speldaalwurm

BESMETTINGSBRONNE Daar is drie moontlike besmettingsbronne nl water, plantmateriaal en grond. Water Water afkomstig vanaf veral vinnig-vloeiende riviere met heelwat landbou aktiwiteite (veral groenteverbouing) kan as ‘n besmettingsbron vir aalwurms dien. Die water is egter ‘n baie klein bron van besmetting vergeleke met die ander twee bronne. Die persentasie aalwurms wat uit die water gepomp word is minimaal. Die opbou in die grond is dan stadig. As daar goed (skoon) begin word, sal die bome hierdie opbou oor tyd kan ‘weerstaan’. Plantmateriaal Slegs gewortelde plantmateriaal kan ‘n moontlike bron van besmetting wees. Dié besmetting geld veral vir die migrerende endoparasiet, letselaalwurm en die sedentêre endoparasiet, knopwortelaalwurm. Beide aalwurmsoorte leef binne in die wortel. Dit is egter ook so dat ring- en dolkaalwurms met hulle lang stekels geneig is om aan die wortels “vas te klou” en kan dan saam met plantwortels vervoer word. Die huidige sertifiseringskema vereis dat plantmateriaal visueel skoon moet wees. Nie een van die aalwurmsoorte wat kernvrugte aanval se simptome is maklik sigbaar nie. Afgesien van die huidige sertifiseringskema is daar wel riglyne in plek wat probeer verseker dat kwekerye redelike skoon plantmateriaal verskaf. Die plantmateriaal is dus nie die oorsaak van die aalwurmprobleme in die kernvrugbedryf nie. Inlê gronde by produsente Inlê gronde by beide die kwekery EN die produsent moet gemonitor word en indien nodig moet daar dienooreenkomstig opgetree word. Dieselfde reëls geld hier soos vir alle gronde waar vestiging gaan plaasvind (sien Beheer: Voor vestiging). Grond Die grond is die belangrikste besmettingsbron. Die besmetting in die grond word bepaal deur die vorige gewas, dekgewasse, onkruide of natuurlike veld (fynbos) wat op die grond teenwoordig was.

Kort na vestiging Aangesien die meeste aalwurms slegs uitbroei in die teenwoordigheid van wortel-uitskeidings neem dit ongeveer 8 maande voordat aalwurmgetalle hoog genoeg is om in monsters waargeneem te word. Bestaande boorde Monsters kan dwarsdeur die jaar geneem word. Die getalle is op hulle hoogste in die somermaande en daal namate die grond kouer word. Die aanbevelings van die resultate word aangepas volgens die tyd van die monsterneming. Gronde wat uitermatig droog of nat is moet verkieslik nie gemonster word nie. Water Die monitering van water is onprakties en word nie aanbeveel nie.

BEHEER VOORKOMING IS BETER AS BEHEER! Die resultaat van die aalwurmontleding bepaal watter beheermaatreëls toegepas word. Voor plant/vestiging van nuwe bome Dit is van uiterste belang om die aantal aalwurms tot ‘n minimum te beperk voor die aanplant van die nuwe bome. Identifiseer minstens een (of meer) jaar vooruit watter blokke hervestig gaan word. Bepaal dan die risiko van die grond tov die aalwurmbesmetting deur die grond te laat ontleed (sien Monitering). Dit is veral ou kern-, steenvrug- en wingerdgronde wat probleme skep omdat dieselfde reeks aalwurms hierdie gewasse aanval (Tabel I). Ander gewasse wat moontlike risikos inhou sluit in die meeste groentes en rankgewasse en rog. Meeste van hierdie gewasse is uitstekende gashere vir letselaalwurm. Verwyder altyd soveel as moontlik van die ou wortels van die vorige gewas. Dit is veral die endoparasitiese, letselaalwurm wat skuiling in die wortels vind.

Indien enige van lg. gewasse ‘n gasheer was vir die reeks aalwurms wat op kernvrugte voorkom sal die bevolking

Bladsy 2 van 4


Daar is drie beheer opsies wat op hierdie stadium oorweeg kan word en hulle word grootliks bepaal deur die besmetting in die grond en die tydsverloop tussen aanplantings: •

Die bestaande gewas kan behandel word om sodoende die getalle van die aalwurms in die grond af te bring. Dikwels is meer as een behandeling nodig en daar moet vroegtydig op hierdie opsie besluit word (ongeveer 2 jaar voor die nuwe aanplanting). Hierdie opsie moet sterk oorweeg word indien daar in dieselfde jaar hervestig word.

‘n Rusperiode van een jaar maar verkieslik meer (3 jaar) met die vestiging van swak- of nie-gashere in ‘n rotasiestelsel kan oorweeg word. Nie-gashere sluit in Tagetes en Crotalaria spp asook Eragrostis vir langtermyn vestiging. Gewasse wat as swak gashere beskou word sluit in hawer, korog en koring. Waar letselaalwurm teenwoordig is moet rog vermy word. Heelwat navorsing word benodig om die presiese omvang van hierdie dekgewasse se vatbaarheid vir die verskeie aalwurms te bepaal. Hierdie is een van die groot leemtes in ons kennis. Dit is belangrik om weer ‘n bepaling te doen van die aalwurmbesmetting net voordat die dekgewas dood gaan of ingeploeg word.

Indien die populasie uitermatig hoog is en daar nie ‘n braak periode gaan wees nie is dit soms noodsaaklik om die grond te berook voordat die nuwe bome gevestig word. Sommige produsente glo dat chemiese behandeling na vestiging dieselfde resultate as beroking bied. Dit is egter nie waar nie. Beroking kan slegs voor vestiging plaasvind. Die volgende berokingsmiddels kan oorweeg word: 1,3-D + chloropicrin (Telopic); etileendibromied (EDB); furfural (Protect) en metham natrium (Herbifume). Elkeen van hierdie berokingsmiddels het baie spesifieke voorvereistes om suksesvolle werking te waarborg. Die vereistes sluit in temperatuur, grondsoort, vog, organiese materiaal inhoud ens. Die vereistes is by Nemlab of die landbou-chemiese maatskappye beskikbaar.

Ander moontlike opsies sluit in solarisasie en bioberoking. Solarisasie is ‘n metode om grondgedraagde organismes en patogene te beheer deur die gebruik van verhoogde grondtemperature (bo 50°C). Die temperatuur word verhoog deur dun, deursigtige poli-etileen plastiek oor ‘n vogtige grond-oppervlak te plaas. Solarisasie verlaag drasties die aalwurmbevolking maar sal dit nie totaal uitwis nie. Bioberoking of biologiese beroking is ‘n tegniek wat sommige plante se eie beskermingsfunksies gebruik om ‘n reeks organismes en patogene insluitende swamme, bakterieë, aalwurms, insekte en sekere onkruid te beheer. Die plante produseer spesiale vlugtige verbindings waarvan die belangrikste glukosinolate is. Plantsoorte wat veral geskik is vir bioberoking, is van die familie Brassicaceae (kopkool, blomkool, broccoli,

beeskool, kanola en mosterd) en van die familie Moringaceae (peperwortel en sekere soorte radyse). Die plante word groen geoes, fyngekap en onmiddelik in die grond ingewerk. Die land lê daarna 10 tot 14 dae voor die volgende gewas aangeplant word.

Fig 2. Paratrichodorus sp. (stompwortelaalwurm)

Daar is tans geen onderstamme wat weerstandbiedend is teen enige van die aalwurms wat kernvrugte aanval nie. Moenie probeer om die aalwurmprobleem na vestiging te probeer oplos met chemie nie. Dit is ‘n kortsigtige benadering. Kort na vestiging Dit is uiters belangrik dat die getalle op hierdie stadium tot ‘n minimum beperk word. Die jong wortels is nie in staat om hoë getalle aalwurms te trotseer nie. Wortels wat op hierdie jong stadium beskadig word herstel moeilik en sal nooit hul volle potensiaal bereik nie. Indien die resultaat van die aalwurmontleding chemiese behandeling na vestiging aanbeveel kan die eerste behandeling ongeveer 6 weke na plant toegedien word en 2 maande later opgevolg word met ‘n tweede behandeling indien nodig. Monitor hierna die getalle op ‘n gereelde basis. Tans (Junie 2013) is cadusafos (Rugby) en furfural (Crop Guard) op kernvrugte geregistreer. Dit is belangrik dat die aalwurmdoders met genoegsame water (10 – 20 mm) ingewas word. Dit is ook belangrik dat die bankies ten tye van die toediening skoon is van ‘n deklaag, enige onkruide of organiese materiaal. Bestaande boorde Bepaal altyd eers die vlak van besmetting voordat daar opgetree word teen aalwurms. Die resultaat van die aalwurmontleding sal die aantal behandelings aandui. Die optimum tyd vir toediening is by groenpunt opgevolg met ‘n behandeling (indien nodig) vanaf midDesember tot vroeg Januarie. Daar kan dwarsdeur die jaar behandel word maar bogenoemde tye gee die beste resultate. Dit is belangrik dat die opvolgbehandelings soos hierbo uiteengesit, gedoen word. Die jaar-op-jaar behandelings is nie suksesvol nie. Die dolkaalwurm is

Bladsy 3 van 4


moeiliker om te beheer en dit neem langer om ‘n daling in getalle te kry. Dit is onnodig om die aalwurms heeltemal uit te wis. Daar moet gepoog word om die getalle na ‘n aanvaarbare vlak af te bring. Tans (Junie 2013) is cadusafos (Rugby) en furfural (Crop Guard) op kernvrugte geregistreer. Dit is belangrik dat die aalwurmdoders met genoegsame water (10 – 20 mm) ingewas word. Dit is ook belangrik dat die bankies ten tye van die toediening skoon is van ‘n deklaag, enige onkruide of organiese materiaal. Weens die moontlikheid van versnelde mikrobiese afbraak, is dit belangrik om die middels met mekaar af te wissel. Water Water kan nie chemies behandel word nie. Dit kan egter dmv filters gefiltreer word. Enige filter, insluitende sandfilters, sal ‘n mate van beheer gee. Filters met 5 µm openinge word benodig om aalwurms heeltemal uit die water te filtreer, maar dit is onprakties in ‘n boordsituasie. Die besmetting uit riviere kan ook drasties verminder word deur die water in damme te pomp. Die water moet verkieslik vir 48 uur staan om die aalwurms tyd te gee om af te sak en moet dan vanaf die oppervlak onttrek word.

ALGEMENE WORTELGESONDHEID Die bevordering van wortelgesondheid is noodsaaklik. Aalwurms is strespatogene en gesonde wortels beteken dus minder aalwurm probleme. Verskeie wortelstimulante in ‘n biologiese of chemiese vorm kan tot die grond bygevoeg word. Enige fisiese stresfaktore in die grond moet ook aangespreek word. Die toediening van ‘n ‘mulch’ bo-op die grond of ‘n goeie kompos of enige ander vorm van organiese materiaal word sterk aanbeveel. Nie een van hierdie byvoegings sal hoë aalwurm bevolkings beheer nie, maar sal wortelgesondheid en natuurlike vyande (voordelige grondorganismes) bevorder. Sodoende word die aalwurm skade verminder en mettertyd sal die getalle afneem.

Bladsy 4 van 4


03 aalwurms in kernvrugte junie 2013