Page 1

Í2)È-A-EMS-SG014Î

1

8

0

9

-

A

-

E

M

S

-

S

G

0

1

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE HANDLEIDING Graad 9

A member of the FUTURELEARN group


Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Handleiding

1809-A-EMS-SG01

Í2)È-A-EMS-SG014Î

Graad 9

Aangepas vir KABV

JVW Earle SM Earle


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

INHOUDSOPGAWE Bladsy in werkboek

Bladsy in handleiding

1

5 7 8 10

LESELEMENTE VOORWOORD JAARPLAN

EENHEID 1 Week 1

Hersiening van graad 8-werk FINANSIËLE GELETTERDHEID: KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL EN KONTANTBETALINGSJOERNAAL Week 2 Kontanttransaksies van ʼn handelsonderneming Les 1 − 2 Aktiwiteit 1 Week 3 Les 3 Effek van kontanttransaksies op die rekeningkundige vergelyking 1 Aktiwiteit 2 Aktiwiteit 3 DIE EKONOMIE: EKONOMIESE STELSELS Week 4 Les 4 Die drie belangrikste ekonomiese stelsels Les 5 Oorsprong van die verskillende ekonomiese stelsels Les 6 Voordele, nadele en kenmerke van ‘n ekonomiese stelsel Aktiwiteit 4 Aktiwiteit 5 Aktiwiteit 6 FINANSIËLE GELETTERDHEID: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS (ALLEENHANDELAAR) Week 5 – 6 Oorboeking van kontanttransaksies Les 7 − 10 4 Aktiwiteit 7 Week 7 Voorbereiding van ʼn Proefbalans van ʼn Les 11 − 12 handelsonderneming 9 Aktiwiteit 8 DIE EKONOMIE: DIE EKONOMIESE KRINGLOOP Week 8 Die deelnemers in die ekonomiese kringloop van ʼn Les 13 − 14 geslote ekonomie Aktiwiteit 9 Week 9 Les 15 Vloei van goedere en dienste Les 16 Geld- en produksiefaktore in die kringloop van ʼn geslote ekonomie Week 10 Vloeidiagram van ʼn ekonomiese kringloop Les 17 − 18 Aktiwiteit 10

© Impaq

1

10 12 15 16 19

20 22 23 25 25 26

26 31 35 37

39 41 41 43 43 44


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

EENHEID 2

15

46

Week 1

Hersiening van die werk in die eerste kwartaal en ʼn oorsig van wat in die tweede kwartaal gedoen gaan word. FINANSIËLE GELETTERDHEID: Krediettransaksies – Debiteure Week 2 Les 19 Kredietverkope en debiteure Les 20 Nasionale Kredietwet Week 3 Les 21 Debiteure-afslag Les 22 Rekeningkundige siklus Week 4 Les 23 Optekening van transaksies na die Debiteurejoernaal Aktiwiteit 11 Aanteken van ontvangste van debiteure in die Les 24 Kontantontvangstejoernaal (KOJ) Aktiwiteit 12 DIE EKONOMIE: PRYSTEORIE Week 5 Die Wet van Vraag en grafiese voorstelling van die Les 25 vraagkurwe Aktiwiteit 13 Aktiwiteit 14 Die Wet van Aanbod, aanbodskedule en grafiese Les 26 voorstelling van die aanbodkurwe Aktiwiteit 15 Week 6 Les 27 Ewewigsprys en -hoeveelheid Aktiwiteit 16 Les 28 Verandering in die hoeveelheid aangevra en aangebied Week 7 Les 29 Toename en afname in vraag en aanbod Grafiese voorstelling van die verandering in vraag en die Les 30 verandering in aanbod ENTREPRENEURSKAP: SEKTORE IN DIE EKONOMIE Week 8 Les 31 Ekonomiese sektore Les 32 Volhoubare gebruik van hulpbronne in die drie sektore Aktiwiteit 17 Aktiwiteit 18

EENHEID 3

48 48 49 51

15

51 56 56

16

59

62 64 64 65 68 69 70 71 73 75

18

76 79 80 83 85

Week 1

Hersiening van die werk in die tweede kwartaal en ʼn oorsig van wat in die derde kwartaal gedoen word. DIE EKONOMIE: VAKBONDE Week 2 Les 33 Begrip van vakbonde en hul historiese ontwikkeling Aktiwiteit 19 Les 34 Rolle en verantwoordelikhede van vakbonde in SuidAfrika Week 3 Les 35 Effek van vakbonde op ondernemings Les 36 Bydrae van vakbonde tot volhoubare groei en ontwikkeling Aktiwiteit 20

© Impaq

2

18

87 91 91

92 92 93


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

FINANSIËLE GELETTERDHEID: KREDIETTRANSAKSIES – DEBITEURE Week 4 94 Les 37 – 39 Oorboeking na die Debiteuregrootboek en Algemene Grootboek Week 5 97 Les 40 Uitwerking op die rekeningkundige vergelyking 21 100 Aktiwiteit 21 KREDIETTRANSAKSIES: KREDITEURE Week 6 102 Les 41 Krediteure en krediteure-afslag 103 Les 42 Effek van krediteure op die rekeningkundige siklus 27 104 Aktiwiteit 22 Week 7 105 Les 43 Krediteure-afslagjoernaal (KAJ) 28 107 Aktiwiteit 23 ENTREPRENEURSKAP: FUNKSIES VAN ’N ONDERNEMING Week 8 108 Les 44 Funksies van ʼn onderneming 110 Les 45 – 46 Algemene bestuur 30 111 Aktiwiteit 24 118 Aktiwiteit 25 FINANSIËLE GELETTERDHEID: KREDIETTRANSAKSIES KREDITEURE (BETALINGS) Week 9 119 Les 47 Optekening van betalings aan krediteure in die Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) 128 Les 48 Plasing in die Krediteuregrootboek en die algemene Grootboek en die uitwerking van krediettransaksies op die rekeningkundige vergelyking. 130 Aktiwiteit 26 35 130 EENHEID 4 Week 1 130 Hersiening van die werk in die derde kwartaal en ʼn oorsig van wat in die vierde kwartaal gedoen word. FINANSIËLE GELETTERDHEIDTRANSAKSIES: KONTANT EN KREDIET Week 2 – 3 Les 49 – 51 Optekening van kontant- en krediettransaksies van ʼn 131 alleenhandelaar in die Hulpjoernale Week 3 – 4 133 Les 52 – 54 Voorbereiding van ʼn proefbalans 35 143 Aktiwiteit 27 ENTREPRENEURSKAP: SAKEPLAN 147 Les 55 Konsep van ʼn sakeplan 148 Aktiwiteit 28 Week 5 149 Les 56 Komponente van ʼn sakeplan 149 Aktiwiteit 29 150 Les 57 Formaat van ʼn sakeplan 150 Aktiwiteit 30 Week 6 152 Les 58 Produksieplan, bemarkingsplan, bestuursplan 156 Aktiwiteit 31 157 Les 59 SWOT-analise en samevatting 158 Aktiwiteit 32

© Impaq

3


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Week 7 Les 60 Week 8 – 9

158

Finansiële plan

Eksamenvoorbereiding: Studietegnieke WOORDELYS BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS

© Impaq

4

162 165 167


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

LESELEMENTE LEERDOELWITTE: Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER: Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK: ’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.

WENKE: Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.

© Impaq

5


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

VIR DIE NUUSKIERIGES: Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.

AKTIWITEIT: Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.

OEFENING: Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.

KERNINHOUD: Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.

STUDEER/HERSIENING: Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word.

Š Impaq

6


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

VOORWOORD Baie welkom by die vak Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Die handleiding is opgestel om te voldoen aan die KABV-vereistes soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Die vak behels die doeltreffende gebruik van verskillende soorte privaat en publieke of kollektiewe hulpbronne om menslike behoeftes te bevredig. Dit behels ook die effektiewe bestuur van skaars hulpbronne om wins te verhoog. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is ʼn praktiese vak wat leerders toerus met werklike lewensvaardighede vir persoonlike en gemeenskaplike ontwikkeling. Die onderrigtyd vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is twee ure per week. Aangesien hierdie vak die ontwikkeling van rekeningkundige vaardighede vir leerders in graad 9 insluit, moet een uur per week gebruik word vir finansiële geletterdheid in terme van die jaarlikse onderrigplan. Hier volg ʼn paar wenke oor hoe die handleiding gebruik moet word: • •

Dit is noodsaaklik dat jy deur al die eenhede in die handleiding werk. By elke les is daar gepaste aktiwiteite wat deur jou voltooi moet word om sodoende daardie les beter te kan verstaan. Jy word ook voorsien met ʼn werkboek wat al die nodige antwoordblaaie bevat wat jy sal benodig om die aktiwiteite wat verband hou met finansiële geletterdheid te voltooi. Dit is belangrik dat jy tydskrifte en koerante lees oor verskillende onderwerpe wat behandel word in die handleiding om sodoende ʼn meer in diepte kennis oor die onderwerpe op te bou. Jy moet ook weet wat in die ekonomie en finansies van die land gebeur.

• • •

Jy benodig die volgende • • •

© Impaq

Hierdie handleiding is noodsaaklik. ʼn Sakrekenaar om jou te help met die finansiële geletterdheidsaktiwiteite in die handleiding. Die gegewe werkboek om die finansiële geletterdheid aktiwiteite te voltooi.

7


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

JAARPLAN KWARTAAL 1

ONDERWERP 1 2

3 4

5 2

6 7

8 9

3

10 11 12 13

14

15

16

© Impaq

Hersiening Finansiële geletterdheid: Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal Die ekonomie: Ekonomiese stelsels Finansiële geletterdheid: Algemene Grootboek en Proefbalans Die ekonomie: Die ekonomiese kringloop Hersiening Finansiële geletterdheid: Krediettransaksies – debiteure Die ekonomie: Prysteorie Entrepreneurskap: Sektore in die ekonomie Junie-eksamen Hersiening Die ekonomie en vakbonde Finansiële geletterdheid: Krediettransaksies – debiteure Finansiële geletterdheid Krediettransaksies – krediteure Entrepreneurskap: Funksies van ʼn onderneming Finansiële geletterdheid: Krediettransaksies – krediteure

8

DATUM BEGIN

DATUM VOLTOOI


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

4

Š Impaq

17 Hersiening 18 FinansiÍle geletterdheid: Transaksies – kontant en krediet 19 Entrepreneurskap: Sakeplan 20 Eksamenvoorbereiding 21 Novembereksamen

9


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

EENHEID 1 STUDEER/HERSIENING Lees deur die onderstaande hersieningsgedeelte en beantwoord die vrae wat volg om jou geheue te verfris oor wat in graad 8 in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe behandel is.

Hersieningsaktiwiteit: Beantwoord die volgende vrae:

Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is 1 2 3 4 5 6 7

8 9 10

© Impaq

Huishoudings is produsente, want hulle koop die produkte wat ondernemings produseer. Die regering verskaf hulpbronne en dienste aan huishoudings en is ʼn produsent. Die Minister van Finansies besluit hoe om die geld wat die regering invorder te bestee. ʼn Moderne samelewing is geïndustrialiseer en gebruik wetenskap en denke om dinge te verduidelik. Finansiële markte is markte waar mense en maatskappye finansiële bates soos aandele en effekte verhandel. ʼn Demokrasie is ʼn stelsel waarvolgens al die mense van die land kan stem. Ondernemings is verbruikers, want hulle koop of gebruik huishoudings se arbeid om hul produkte te maak of dienste te lewer. Lewenstandaard beskryf die beskikbaarheid van dinge wat mense se lewe geriefliker maak. ʼn Mark is waar mense goedere en dienste koop en verkoop. Ondernemings is produsente, want hulle produseer goedere en dienste om te verkoop.

10

Waar Onwaar


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

FINANSIËLE GELETTERDHEID: KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL EN KONTANTBETALINGSJOERNAAL LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Kontantontvangstejoernaal Kontantbetalingsjoernaal Effek van kontanttransaksies op die rekeningkundige vergelyking

INLEIDING: Rekeningkunde ontstaan wanneer ʼn transaksie plaasvind of geld verwissel tussen die koper en verkoper. Dit kan wees vir goedere gekoop, goedere verkoop of vir dienste gelewer. Twee soorte ondernemings: 1. Handelsonderneming: Koop en verkoop van goedere (handelsvoorraad) bv. supermark 2. Diensonderneming: Lewer slegs ʼn diens bv. haarkapper of tandarts. Elke keer wanneer ʼn transaksie plaasvind, word ʼn brondokument uitgereik; ʼn oorspronklike met ʼn duplikaat. Die kliënt kry die oorspronklike en die onderneming gebruik die duplikaat om die transaksie te boekstaaf in verskillende joernale.

KONTANTTRANSAKSIES VAN ’N HANDELSONDERNEMING Handelsondernemings verkoop handelsvoorraad teen ʼn wins. Daar is altyd twee bedrae betrokke wanneer handelsvoorraad verkoop word, naamlik ʼn kosprys en ʼn verkoopprys. ʼn Handelaar voeg ʼn sekere winsgrens (persentasie) by die kosprys om die verkoopprys te bereken. Les 1 – 2 Kom ons kyk na die berekening van kosprys, winsgrens en die verkoopprys. KOSPRYS + WINSGRENS = VERKOOPPRYS V .P 100 Berekening van kosprys: Gebruik ’n formule: K= × .P 1 100 + %WINS Gegee : V .P = R600 Wins = 20% 600 100 K= × .P 1 120 (100 + 20) = R500

© Impaq

11


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Berekening van persentasie wins: Gebruik ’ formule: Winsgrens word bereken op die kosprys (geld belê) Verkoopprys – Kosprys = Wins Gegee:

V.P = R600

K.P = R500

Wins = R600 – R500 = R100 WINS 100 × 1 K .P 100 100 = × 500 1 = 20%

Winsgrens =

Berekening van verkoopprys: Gebruik ’ formule:

K .P 100 + %WINS × 1 100 Gegee : K .P = R500 Wins = 20% 500 120 (100 + 20) × V= .P 1 100 = R600 V= .P

AKTIWITEIT 1 Voltooi die volgende tabel: Kosprys (R) 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

© Impaq

Winsopslag%

200 500 (c) (d) 800 1 750 4 450 3 000 (i) 2 800

Verkoopprys (R) 25% 30% 40% 20% (e) (f) 60% (h) 25%

(j)

12

(a) (b) 420 2 400 1 200 2 625 (g) 4 050 2 000 3 430


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

BRONDOKUMENTE: Kontant word op ʼn daaglikse basis ontvang of uitbetaal. ʼn Brondokument word uitgereik as bewys dat die transaksie plaasgevind het. Die oorspronklike word aan die kliënt uitgereik. Die handelaar gebruik die duplikaat om hierdie transaksies op ʼn daaglikse basis in die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal aan te teken. KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL: BRONDOKUMENT Kasregisterrol (KRR) Duplikaatkwitansie Bankdepositostrokie

TRANSAKSIE Kontantverkope Kontant ontvang Geld in die bankrekening gedeponeer (ontleding van ontvangste kolom) Kontant wat direk in die onderneming se bankrekening gedeponeer word. Elektroniese inbetalings.

Bankstaat

Voorbeeld: S. Stevens is die eienaar van Stevens Handelaars. Teken die volgende transaksies in die Kontantontvangstejoernaal aan. Transaksies vir Maart 2013 1. S. Stevens deponeer R100 000 as kapitaalbydrae. Die rekenmeester het kwitansie 01 uitgereik. 5. Kontantverkope R3 500. Kosprys R2 800. Ontvang ʼn tjek van B. Bouwer wat ʼn gedeelte van die gebou huur, R7 200 Die rekenmeester het kwitansie 02 uitgereik. 10. Kontant verkope R2 400. Winsgrens 20% op kosprys.

© Impaq

13


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Oplossing: KONTANTONTVANGSTEJOERNAAL VAN STEVENS HANDELAARS VIR MAART 20.3 KOJ 01 Dok. Nr. 01 KRR 02 KRR

Dag 1 5 10

Besonderhede S. Stevens Verkope B. Bouwer Verkope

Ontleding van Ontvangste

Bank 100 000

3 500 00 7 200 00 2 400 00

Verkope

Koste van Verkope

00 00

2 800 00

10 700 00 2 400 00

3 500

2 400 00

2 000 00

113 100 00

5 900 00

4 800 00

Diverse Rekeninge Bedrag Fol. Besonderhede 100 000 00 Kapitaal 7 200 00

Huurinkomste

10 720 00

Die kolom vir die ontleding van ontvangste het nie ʼn totaal nie. Al die kontant is in die bank gedeponeer. Op 5 Maart is twee transaksies aangeteken. Die twee bedrae is bymekaar getel en die totaal is in die Bankkolom aangeteken.

Š Impaq

14


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

EFFEK VAN KONTANTTRANSAKSIES OP DIE REKENINGKUNDIGE VERGELYKING Les 3 Effek op Rekeningkundige Vergelyking:

1.

5.

10.

BATES

EIENAARSBELANG

+ R100 000

+ R100 000

+ R3 500

+ R700

– R2 800

=

LASTE

+

+ R7 200

+ R7 200

+ R2 400

+ R400

– R2 000 R108 300

R108 300

REDE Kontant vermeerder en kapitaal vermeerder Kontant vermeerder Handelsvoorraad verminder en R700 wins (eienaarsbelang) Kontant vermeerder en eienaarsbelang vermeerder Kontant vermeerder; handelsvoorraad verminder Wins op verkope = R400

Kontanttransaksies van ʼn handelsonderneming en die effek op die bates en die eienaarsbelang: ʼn Handelsonderneming koop handelsware (goedere) met die doel om dit teen ʼn wins te verkoop. Hierdie handelsware of goedere staan as handelsvoorraad bekend. Handelsvoorraad is vir ʼn handelsonderneming ʼn bate, meer spesifiek ʼn bedryfsbate, omdat dit binne ʼn kort tydperk (gewoonlik binne een jaar) in kontant omskep sal word. Aankoop van handelsvoorraad Wanneer ʼn handelsonderneming handelsvoorraad aankoop en per tjek daarvoor betaal, sal die transaksie die invloed hê om die bate kontant te verminder en die bate handelsvoorraad te vermeerder. Verkoop van handelsvoorraad Wanneer ʼn handelsonderneming handelsvoorraad kontant verkoop, sal die transaksie die invloed hê om die bate kontant met die verkoopprys te vermeerder en die bate handelsvoorraad met die oorspronklike kosprys te verminder. Die verkoopprys is normaalweg groter as die oorspronklike kosprys, gevolglik vermeerder die eienaarsbelang met die verskil, dit wil sê die wins.

© Impaq

15

Handelsvoorraad word gekoop om met ʼn wins verkoop te word. Handelsvoorraad is ʼn bedryfsbate.

Handelsvoorraad per tjek gekoop, R500. Bates – R500 (kontant verminder) + R500 (handelsvoorraad vermeerder) Handelsvoorraad (kosprys R500) kontant verkoop, R800 Bates + R800 (kontant vermeerder) – R500 (handelsvoorraad verminder) Hieruit volg eienaarsbelang + R300 (wins)


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

AKTIWITEIT 2 Die aktiwiteit moet in jou werkboek voltooi word Dui aan wat die invloed van elkeen van die onderstaande transaksies op die bates en/of die eienaarsbelang is. Gebruik ʼn “+” om ʼn vermeerdering en ʼn “–” om ʼn vermindering aan te dui. Gee deurgaans die betrokke bedrag en rede. Transaksies van Brown Handelaars, eienaar D. Brown. Julie 20.11 1.

2. 3. 4. 5. 6. 7.

D. Brown begin ʼn onderneming, Brown Handelaars, deur sy kapitaalbydrae van R90 000 in die onderneming se lopende bankrekening te betaal, kwitansie 001 word aan hom uitgereik. Koop ʼn motorvoertuig van Nel Motors en betaal per tjek 001, R35 000. Betaal R28 000 aan Office Suppliers vir toerusting per tjek 002 gekoop. Koop handelsvoorraad by Makro en betaal per tjek 003, R17 500. Betaal die munisipaliteit R1 000 per tjek 004 vir ʼn handelslisensie. Lone per tjek 005 betaal, R500. Handelsvoorraad (kosprys R3 500) kontant verkoop, R5 600.

TOTALE BESITTINGS = TOTALE SKULD BATES = EIENAARSBELANG + LASTE EIENAARSBELANG = BATES – LASTE LASTE = BATES – EIENAARSBELANG Waar: Bates (B)

= Besittings van die onderneming wat ʼn geldwaarde het.

Eienaarsbelang (E) = Die belang van die eienaar in die bates van die onderneming Laste (L)

= Belange van instansies aan wie die onderneming geld skuld.

KONTANTBETALINGSJOERNAAL: Vir die rekeningkunde op skoolvlak neem ons aan dat die meeste betalings per tjek gedoen word, alhoewel die meeste ondernemings deesdae internetbankdienste gebruik om betalings te maak. Die tjek teenblad word as brondokument gebruik. Aan die einde van die maand ontvang die onderneming ʼn bankstaat vanaf die bank wat direkte betalings toon wat uit die bankrekening gemaak is, bv. bankkoste, rente op oortrokke rekening, ens.

© Impaq

16


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Voorbeeld: S. Stevens is die eienaar van Stevens Handelaars. Teken die volgende transaksies in die Kontantbetalingsjoernaal aan. Transaksies vir Maart 20.1 2. 3. 4. 16. 22. 28.

Š Impaq

Reik tjek 01 uit aan ABC Handelaars vir handelsvoorraad gekoop, R12 800. Betaal die handelslisensie per tjek 02 aan stadsraad, R900. Reik ʼn tjek uit aan ANP Stationers van R650 vir skryfbehoeftes aangekoop. Betaal die huur van die pakkamer aan N. Nkosi, R2 500. Bankkoste soos per bankstaat van ABC Bank, R210. Wissel tjek vir lone, R6 000.

17


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

KONTANTBETALINGSJOERNAAL VAN STEVENS HANDELAARS VIR MAART 20.1 KBJ 01 Doknr

Dag

Begunstigde

T01 T02 T03 T04 B/S T05

2 3 4 16 22 28

ABC Handelaars Stadsraad ANP Skryfbehoeftes N Nkosi ABC Bank Kontant

Bank

Lone

12 800 900 650 2 500 210 6 000 23 060

Handelsvoorraad

Verbruiksgoedere

Diverse Rekeninge Bedrag Fol Besonderhede

12 800 900 650 2 500 210 6 000 6 000

12 800

Handelslisensie Skryfbehoeftes Huuruitgawe Bankkoste

Tjeknommers moet op mekaar volg. Indien ʼn kolom nie voorsien is nie, gebruik die diverse rekeninge kolom. Naam van begunstigde kolom dui aan “wie” die tjek uitgemaak is. Wissel tjek beteken kontant. Huur word aangedui as huuruitgawe, nie net huur nie. In die KOJ – Huurinkomste. Dieselfde met rente. Totale van kolomme sal oorgedra word na Algemene Grootboek.

© Impaq

18

1


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Effek op rekeningkundige vergelyking: EIENAARSBELANG

BATES

LASTE

– R12 800 2. 3. 4. 16. 22. 28.

+ R12 800 – R900 – R650 – R2 500 – R210 – R6 000

=

– R900 – R650 – R2 500 – R210 – R6 000

+

REDE Kontant verminder – bate Handelsvoorraad vermeerder – bate Kontant verminder Uitgawes verminder Eienaarsbelang

AKTIWITEIT 3 Die aktiwiteit moet in jou werkboek voltooi word.

Kontantontvangstejoernaal:

Som al die kontantontvangstetransaksies op.

Kontantbetalingsjoernaal:

Som al die kontantbetalingstransaksies op.

Kontantontvangstejoernaal:

Duplikate van kwitansies Duplikate van kontantfakture Duplikate van depositostrokies Kasregisterrol

Kontantbetalingsjoernaal:

Tjekteenblaaie

Teken die transaksies vir Julie 2013 in die kontantontvangstejoernaal en kontantbetalingsjoernaal van Chiva Handelaars aan. Nota: Die onderneming gebruik ʼn winsopslag van 25% op kosprys. Alle betalings per tjek. Transaksies: 1. 2. 4. 5. 7.

© Impaq

Die eienaar, S. Chiva, deponeer R120 000 as kapitaalbydrae. Kwitansie 101 is uitgereik. Reik tjek 01 aan Makro vir handelsvoorraad gekoop, R16 500. Koop ʼn tweedehandse afleweringsvoertuig by Mac Motors vir R65 000. Betaal die bedrag per tjek (tjek 02). Kontantverkope R8 600. Kosprys R6 880. Betaal die Handelslisensie per tjek aan stadsraad R900. Betaal weeklikse lone R2 100.

19


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

9. 11. 12. 14. 15. 16. 17. 18. 20. 21. 23. 28. 30. 31.

Eenheid

Kontantverkope R11 200. Koop verdere voorraad van Makro R22 500. Betaal ANP Skryfbehoeftes – reik ʼn tjek uit R650 vir skryfbehoeftes. Betaal lone R2 100. Betaal per tjek vir verpakkingsmateriaal van Flora Verskaffers R750. Eienaar verhoog kapitaalbydrae met 10%. Die water en elektrisiteit bedrag R1 900, betaal per tjek aan stadsraad. Verkope met kosprys R10 080. Huur ontvang van J. Pillay R4 500. Eienaar gebruik ʼn besigheidstjek om sy vrou se motor deur Mac Motors. te laat herstel, R3 100. Betaal weeklikse lone. Bankkoste soos per bankstaat, R185 van ABC Bank. Betaal weeklikse lone. Verkope R25 800. Kosprys R20 640. Koop papier vir rekenaar, faktuur en kwitansieboek, ens. van ANP Skryfbehoeftes R725.

DIE EKONOMIE: EKONOMIESE STELSELS LEERDOELWITTE In hierdie les sal jy oor DIE EKONOMIE leer. Ons gaan die volgende ondersoek: Die drie belangrikste ekonomiese stelsels • beplande ekonomie • markekonomie • gemengde ekonomie Oorsprong van elke ekonomiese stelsel. Voordele en nadele van elke ekonomiese stelsel. Kenmerke van elke ekonomiese stelsel. Die globale (wêreld-)ekonomie.

Les 4

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Beplande ekonomie Markekonomie Gemengde ekonomie

© Impaq

20

1


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

DIE DRIE BELANGRIKSTE EKONOMIESE STELSELS Markekonomie

Beplande ekonomie

* Eienskappe * Voordele * Nadele * Bv. Amerika

* Eienskappe * Voordele * Nadele * Bv. Sjina

Ekonomiese Stelsels

Gemengde ekonomie * Eienskappe * Voordele * Nadele * Bv. Suid-Afrika BELANGRIK Wat word bedoel met ʼn ekonomiese stelsel? Wie neem die besluite? Voordele van die verskillende stelsels Produksiefaktore 1.

Wat is ʼn ekonomiese stelsel? Versameling van

idees instansies wette organisasies

gerig op die probleem van skaarsheid

Dit is die regering se reaksie op Aan wie behoort die Produksiefaktore?

© Impaq

Wie neem die ekonomiese besluite?

21

Distribusie/verspreiding van goedere en dienste

1


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

2.

Eenheid

1

Soorte stelsels

BEPLANDE EKONOMIE

MARKEKONOMIE

GEMENGDE EKONOMIE

Definisie

Definisie

Definisie

Die staat bestuur/beheer die ekonomie.

Ekonomiese besluite word Produksiefaktore is in die beheer van beide die deur individue geneem. staat en individue.

DIE OORSPRONG VAN DIE VERSKILLENDE EKONOMIESE STELSELS Les 5 BEPLANDE EKONOMIE

MARKEKONOMIE

• Die idee het eers baie • Die konsep van ʼn aandag geniet voor die vryemarkekonomie Russiese Revolusie in oorheers sedert die einde 1917. van feodalisme in die 15de eeu. • Vladimir Lenin het voorgestel dat die Russiese • Feodalisme het die regering groter beheer het produksiefaktore beheer oor Rusland se deur welgestelde produksiefaktore om te edelmanne grondeienaars verseker dat selfs die te maak en aan hulle voor armste burgers toegang te skryf wat op hul grond tot goedere en dienste het. geproduseer moes word. • Na die Russiese revolusie • Era van verligting (>18e toe Lenin aan bewind was, eeu) het die beginsels van is sy idees vryheid gewild gemaak. geïmplementeer. • Steun vir ʼn vryemark en ’n • Joseph Stalin het die idees ideale markekonomie het verder ontwikkel tot dit wat toegeneem, wat die ons vandag ken as ’n oorheersende tradisie in sentraal beplande stelsel. Westerse lande is. • Teen die 1930’s was daar ʼn struktuur ingestel van gesentraliseerde beplanning wat die Russiese ekonomie vir die volgende 50 jaar sou koördineer.

© Impaq

22

GEMENGDE EKONOMIE • Gemengde ekonomieë is gevorm om die probleme wat verband hou met die vryemark en sentraal beplande ekonomiese stelsels op te los. • Gemengde ekonomiese stelsels is ʼn mengsel van die beste van beide vryemark- en beplande ekonomieë. • Kombinasie van die meeste moderne ekonomieë van beide mark- en beplande ekonomieë t.o.v. WAT, HOE en VIR WIE geproduseer word. • Die ekonomie van die Verenigde State van Amerika word beskou as ʼn vryemark- of kapitalistiese stelsel. • Die regering stel ook die volgende vas: - Minimumlone - Reëls en regulasies vir landbouproduksie. - Beperk uitvoer van sensitiewe uitsette.


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

- Voorsien openbare goedere – parkstelsels - Verskaf gesondheidsen pensioendienste. • Die meeste ekonomiese besluite word aan die vryemarkekonomie oorgelaat.

KENMERKE, VOORDELE EN NADELE VAN ’N EKONOMIESE STELSEL Les 6 BEPLANDE EKONOMIE

MARKEKONOMIE

GEMENGDE EKONOMIE

Kenmerke

Kenmerke

Kenmerke

• Die regering neem al die besluite rakende die produksie en verbruik van goedere en dienste. • Die regering besit en beheer al die ondernemings en neem dus ook al die winste. • Min mense is ryk terwyl die meeste mense arm is. • Hulpbronne is die eiendom van die regering.

• Produksiefaktore behoort aan individue. • Die regering is nie aktief betrokke in die voorsiening van goedere en dienste nie (meestal entrepreneurs)

• Die regering vervul ʼn belangrike rol in die oplossing van ekonomiese probleme. • Dienste (verwydering van afval, water en elektrisiteit) word deur die regering voorsien. • Sommige ondernemings/instansies word deur die regering besit, terwyl ander deur individue besit word.

Voordele

Voordele

Voordele

• Die regering het volle beheer oor die ekonomie, wat ʼn stabiele ekonomie tot gevolg het. • Eweredige verspreiding van goedere en dienste asook hulpbronne. • Die regering besit en beheer die produksiefaktore. • Pryse word deur die regering vasgestel. Minimale wins.

• Entrepreneurskap en innovering word aangemoedig en beloon. • Verhoging van mededinging tussen ondernemings. • Bied ʼn groot verskeidenheid goedere en dienste aan. • Individue kan hul lewenstandaard verbeter deur hul eie onderneming te begin. • Produktiwiteit is hoog. • Individue het vryheid van keuse.

• Die regering verleen aan individue toegang tot die land se infrastruktuur. • Innovering word aangemoedig en entrepreneurskap word beloon.

© Impaq

23


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

• Ly nie onder ekonomiese siklusse nie.

Eenheid

1

• Verhoging in vaardigheidsontwikkeling. • Innovering word aangemoedig om nuwe en beter produkte te ontwerp met mededingende pryse.

Nadele

Nadele

Nadele

• Entrepreneurskap word ontmoedig. • Die regering beheer die beskikbaarheid van hulpbronne. • Oneweredige verspreiding van hulpbronne. • Die regering het moontlik nie die tyd of kennis om al die staatseiendom te bestuur nie, m.a.w. as banke in Suid-Afrika genasionaliseer word, sal die regering in staat wees om dit teen ʼn wins te bestuur? • Werkers word uitgebuit. • Mense het nie die vryheid om hul ekonomiese posisie te verbeter nie, daar is min of geen aansporing om harder te werk nie. • Die regering, as vervaardiger, kan nie ʼn akkurate vooruitskatting van verbruikersgedrag maak nie.

• Nie almal kan die verskeidenheid goedere en dienste bekostig nie. • Werksverlies van ongeskooldes a.g.v. meganisasie. • ʼn Groot gaping tussen ryk en arm. • Werkers word uitgebuit. • Groot ondernemings het ʼn onregverdige voordeel bo kleiner ondernemings met minder kapitaal.

• Inkomstebelastingkoerse is redelik hoog. • Ekonomiese groei kan beperk word omdat die regering baie hulpbronne aan landsburgers se welsyn toeken. • Groot regeringsbetrokkenheid in die ekonomie d.m.v. regulering maak die regering burokraties en vatbaar vir korrupsie.

© Impaq

24


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

AKTIWITEIT 4 Bestudeer jou notas wat handel oor ekonomiese stelsels en beantwoord die volgende vrae: 4.1 Identifiseer die DRIE belangrikste ekonomiese stelsels. 4.2 Teken die volgende tabel oor en voltooi: a) Markekonomie Kenmerke

b) Beplande ekonomie Kenmerke

c) Gemengde ekonomie Kenmerke

Voordele

Voordele

Voordele

Nadele

Nadele

Nadele

AKTIWITEIT 5 5.1

Bevestig of die volgende eienskappe van ʼn beplande ekonomie, ʼn markekonomie of ʼn gemengde ekonomie is:

5.1.1 Produksiefaktore behoort aan individue. 5.1.2 Sommige ondernemings/instansies word deur die regering besit, terwyl ander deur individue besit word. 5.1.3 Die regering maak al die besluite wat betrekking het op die produksie en verbruik van goedere en dienste. 5.1.4 ʼn Klein groep mense is geweldig ryk, terwyl die meerderheid van die bevolking baie arm is. 5.1.5 Alle hulpbronne behoort aan die regering.

© Impaq

25


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die volgende vrae: Die lewe in die platteland, met ʼn beplande ekonomie, kan baie moeilik wees. Kyk na die volgende voorbeelde wat ʼn aanduiding van sulke lande gee. • Niemand word toegelaat om ondernemings te besit nie. Dit beteken dat niemand rykdom vir hom/haar kan skep nie. • Alle ondernemings behoort aan die regering. Hierdie ondernemings bied gewoonik baie min verskeidenheid. ʼn Mens moet tevrede wees met een soort waspoeier, koeldrank, ens. • Daar is dikwels min verskil tussen die salarisse van ongeskoolde arbeiders, bv. • mynwerkers en geskoolde arbeiders, bv. ingenieurs. 6.1 Dink jy dat entrepreneurskap aangemoedig moet word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. 6.2 Dink jy dat ʼn beplande ekonomie ʼn regverdige stelsel is? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

FINANSIËLE GELETTERDHEID: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS (ALLEENHANDELAAR) Les 7 – 10 LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Oorboeking van die kontanttransaksies van ʼn onderneming vanuit die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) en Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) na die Algemene Grootboek. Voorbereiding van ʼn proefbalans van ʼn handelsonderneming.

© Impaq

26


Handleiding G09 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Algemene Grootboek: Aan die einde van die maand word alle kolomme van die joernale opgetel. Hiermee word die joernale afgesluit vir die maand en na die Algemene Grootboek oorgeboek. Die Algemene Grootboek is ʼn opsomming van elke rekening. Die rekening is in die vorm van ʼn hoofletter “T”. Die naam van die rekening word bo aan die horisontale lyn van die “T” geskryf. Die vertikale lyn deel die rekening in twee. Die linkerkant word die debietkant (Dt.) genoem en die regterkant noem ons die kredietkant (Kt.) van die rekening. As ons aan die debietkant van ʼn rekening skryf, sê ons die rekening word gedebiteer. As ons aan die kredietkant van die rekening skryf, sê ons die rekening word gekrediteer. Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn Algemene Grootboekrekening: Naam van rekening Debietkant

Kredietkant

In plaas daarvan om ʼn “+” en “–” te gebruik om onderskeidelik toenames en afnames in items aan te toon, word alle toenames aan die een kant van die rekening aangeteken en alle afnames aan die ander kant. Die rekeninge in die Algemene Grootboek word as volg gegroepeer: Balansstaatafdeling (B): Direkte eienaarsbelang bv. kapitaal en onttrekkings. Bates, grond en geboue, voertuie en toerusting (langtermyn). Lopende bates (bedryfsbates) in likiede volgorde, bv. handelsvoorraad, debiteurekontrole, bank, kleinkas en kontantvloei (korttermyn). Nie-lopende laste (nie-bedryfslaste) bv. ʼn lening by ABSA-bank. Lopende laste (bedryfslaste) bv. krediteurekontrole. Nominale rekeninge-afdeling (N) Inkomstes bv. lopende inkomstes, huurinkomste, verkope, ens. Uitgawes bv. telefoon, water en elektrisiteit, huuruitgawes, advertensies, lone, koste van verkope, ens.

© Impaq

27

Gr 9 ekonomiese en bestuurswetenskappe handleiding  
Gr 9 ekonomiese en bestuurswetenskappe handleiding