Page 1

Í2’È-A-SOS-FG01zÎ

1

8

0

7

-

A

-

S

O

S

-

F

G

0

1

SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GESKIEDENIS

Graad 7

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

1807-A-SOS-FG01

Í2’È-A-SOS-FG01zÎ

Graad 7

Aangepas vir KABV

T van Vollenhoven


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARPLAN ........................................................................................................................ 7 STUDIEWENKE .................................................................................................................. 8 EENHEID 1: Die Mali-ryk en die stad Timboektoe ......................................................... 11 1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn (2 uur) ................................................. 12 AKTIWITEIT 1 ...................................................................................... 12 1.2. Les 2: Die Mali-ryk (3 uur) ............................................................................... 13 AKTIWITEIT 2 ...................................................................................... 13 1.3. Les 3: Die stad Timboektoe ............................................................................ 14 AKTIWITEIT 3 ...................................................................................... 15 EENHEID 2: Transatlantiese slawehandel ..................................................................... 18 2.1. Les 6: Wes-Afrika voor die Europese slawehandel (30 minute) ...................... 19 AKTIWITEIT 4 ...................................................................................... 21 2.2. Les 7: Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die koms van Europeërs .... 22 AKTIWITEIT 5 ...................................................................................... 24 2.3. Les 8: Slawerny in die suide van Amerika....................................................... 25 AKTIWITEIT 6 ...................................................................................... 29 2.4. Les 9: Die impak van die Transatlantiese slawehandel op slawe ................... 30 AKTIWITEIT 7 ...................................................................................... 33 2.5. Les 10: Die impak van die Transatlantiese slawehandel op die ekonomieë van Wes-Afrika, die VSA en Brittanje (2 uur) .............................................. 34 AKTIWITEIT 8 ...................................................................................... 36 EENHEID 3: Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu.................................. 40 3.1. Les 11: Inleiding ................................................................................................ 41 3.2. Les 12: Hersiening van graad 6 (2 uur) ............................................................. 41 AKTIWITEIT 9 ...................................................................................... 42 3.3. Les 13: Nederlandse nedersetting (10 uur) ....................................................... 43 AKTIWITEIT 10 .................................................................................... 44 3.4. Les 14: Vryburgers, immigrasie van die Nederlanders en Franse Hugenote na die Kaap ............................................................................................... 45 AKTIWITEIT 11 .................................................................................... 47 EENHEID 4: Samewerking en konflik op die grens van die Kaapkolonie in die vroeë 19de eeu ...................................................................................................... 50 4.1. Les 15: Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van die Europese nedersettings (2 uur) ............................................................ 51 AKTIWITEIT 12 .................................................................................... 53 4.2. Les 16: Die oostelike grens van die Europese nedersettings (5 uur) ................ 54 AKTIWITEIT 13 .................................................................................... 56 4.3. Les 17: Die noordelike grens van die Europese nedersettings (5 uur) . 57 AKTIWITEIT 14 .................................................................................... 58

© Impaq

1


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Š Impaq

2


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK Verduidelik misverstande en moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE Enige inligting anders as die inhoud om leerders deur middel van die leerproses te begelei.

Š Impaq

3


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

VIR DIE NUUSKIERIGES Uitdagings van in-diepte-navorsing tot die inhoud. Brei die aktiwiteit en oefening in só ʼn mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge asook Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die behoefte om die basiese vrae te voltooi om ʼn slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud en in-diepte-verduideliking van ʼn spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING Tyd wat bestee word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Impaq

4


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

VOORWOORD INLEIDING In Geskiedenis word daar gepoog om leerders krities aan hulle eie wêreld bloot te stel en die grense na die wêreld buite die bekende en alledaagse kontak te verbreed. Leerders word in staat gestel om met vars oë na hulle geskiedenis te kyk en om met nuwe kennis in aanraking te kom. Die fokus is op in-diepte-kennis en dit blyk uit die hoeveelheid tyd toegeken aan ʼn bepaalde onderwerp. Die lesse is kort met aktiwiteite aangesien ons geneig is om soms leerders met feite te oorlaai. Die ontwikkeling van die volgende vaardighede in Geskiedenis word aangemoedig:  Bespiegeling  Die vermoë om te debatteer  Lê van verbande  Om te kan kies  Maak van projeksies  Om te kan volhard met die aanpak van werklike probleme en belangrike vrae. Kernvrae wat jy in Geskiedenis in gedagte moet hou:  Wie?  Wat?  Wanneer?  Waar?  Hoe?  Hoekom?  Indien?  Kon?  Is/word? Taal bly ʼn belangrike komponent van enige vak, ook in Geskiedenis. Dit is van groot belang dat leerders steeds reg spel en in volsinne antwoord. Om in volsinne te antwoord, stel leerders in staat om langer vrae se antwoorde logies en taalkundig korrek te kan formuleer. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat verskillende vorme van teks soos mondeling, geskrewe en visueel sentraal is tot die dissipline. Skrif is ook ʼn vaardigheid en daar word gepoog in die dissipline daaromheen te ontwikkel. Leerders moet gereeld skryf en met duidelike progressie in lengte en kompleksiteit soos in die KABV-taaldokumente aangedui. Die taaldokumente spesifiseer die vlakke van vereiste vir die verskillende grade. Bewyse van leerders se werk, insluitende geskrewe werk, moet bygehou word.

© Impaq

5


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Die aktiwiteite aan die einde van elke les moet voltooi word om die nodige vaardighede in te oefen. ʼn Oopboektoets word aan die einde van elke eenheid voltooi as ʼn eenheidpunt. Tydens die tweede en vierde kwartale word ʼn eksamen afgelê. Dit is belangrik dat leerders ook addisionele bronne soos tydskrifte, koerante, die internet en kaarte moet raadpleeg om visuele perspektief aangaande die inhoud te verleen.

© Impaq

6


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

JAARPLAN EENHEID/

LES

KWARTAAL 1

1

Handel oor die Saharawoestyn

2

Die Mali-ryk

3

Die stad Timboektoe

4

Timboektoe as handelsentrum op die Trans-Sahara-karavaanroetes Timboektoe as opvoedkundige sentrum Wes-Afrika voor die Europese slawehandel Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die Europeërs Slawerny in die suide van Amerika

5 2

6 7 8 9

12

Die impak van die Transatlantiese slawehandel op slawe Die impak van die Transatlantiese slawehandel op die ekonomieë van Wes-Afrika, Amerika en Brittanje Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu: Inleiding Hersiening van graad 6

13

Nederlandse nedersetting

14

Vryburgers, immigrasie van die Nederlanders en Franse Hugenote na die Kaap Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van die Europese nedersetting Die oostelike grens van Europese nedersettings Die noordelike grens van Europese nedersettings

10

3

4

11

15

16 17

© Impaq

7

DATUM

DATUM

BEGIN

VOLTOOI


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

STUDIEWENKE In die handleiding is daar dikwels vrae wat vereis dat leerders ʼn tydlyn moet opstel of ʼn venn-diagram moet opstel vir vergelykings. Die vereistes vir die opstel van die twee vaardighede word hier uiteengesit.

1. Tydlyn 1.

ʼn Tydlyn kan óf vertikaal óf horisontaal getrek word.

OF

2.

Die tydlyn het ook pylpunte op beide punte om aan te dui dat daar tyd voorafgegaan het en dat tyd nog tot in die toekoms strek.

3.

Die tye v.C. (voor Christus) en n.C. (ná Christus) of VHJ (Voor Huidige Jaartelling) en HJ (Huidige Jaartelling) moet ook op die tydlyn aangedui word.

4. v.C./VHJ

n.C./HJ

0

5.

Elke tydlyn moet ook voorsien word van beide die gebeurtenis en die datum, anders is dit nie volledig nie.

0

1652

1658

Jan van Riebeeck land aan Kaap

© Impaq

8

Eerste slawe aan Kaap


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

2. Venn-diagram 1. 2.

Die Venn-diagram word gebruik om vergelykings te tref. Trek twee sirkels wat mekaar in die middel sny.

A B 3. 4.

In sirkel A skryf jy die sleutelwoorde neer van die eienskappe wat betrekking het op die onderwerp en in sirkel B die sleutelwoorde met betrekking tot daardie onderwerp. Waar die sirkels sny, word die gemeenskaplike eienskappe neergeskryf.

Š Impaq

9


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Š Impaq

10


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

EENHEID 1: Die Mali-ryk en die 1

stad Timboektoe LEERDOELWITTE Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:   

Begrip toon vir belangrikheid van erfenis en bewaring. Verduidelik hoe en waarom mense en gebeure in ʼn gemeenskap, dorp of stad, provinsie en die land op ʼn openbare wyse herdenk moet word. Ondersoek kan instel oor hoe mense en gebeure uit die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING Basislynassessering Beantwoord die volgende vrae volledig (in volsinne): 1. Noem een kommoditeit waarmee daar langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika handelgedryf is. Daar is langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika met sout handelgedryf. 2. Watter godsdiens is deur die Arabiere versprei? Waaraan kan dit gesien word? Die Islam is deur die Arabiere versprei en dit kan gesien word in die argitektuur van die gebied en die regeringstyl. 3. Stel ʼn tydlyn op waarop die datums en die ontstaan van bespreekte ryke in suidelike en Wes-Afrika aangedui word. 4. Waarom dink jy was goud so ʼn belangrike metaal vir handel? (Doen navorsing indien nodig.) Die leerstof wat in die eerste eenheid in Geskiedenis aangebied word, gaan hoofsaaklik oor Afrika-ryke wat ʼn hoë beskawingspeil gehandhaaf het voor, gedurende en ná die Middeleeue. Die inhoud hiervan is so omvattend dat alles nie in die studiemateriaal opgeteken kan word nie. Om die opeenvolging van die ryke en die invloed wat hulle op mekaar en hulle buurryke gehad het, te omskryf is net nie moontlik nie. Dit is daarom van kardinale belang dat beide die fasiliteerder en leerders wyer sal lees as net die inligting wat hier verskaf word.

© Impaq

11


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

1 Lees veral oor die ryke van Ghana en Songhai, Marokko en die Franse heerskappye oor Mali, wat hier in meer besonderhede behandel is. Hierdie voorkennis is veral nodig om die betrekkinge wat deur die regering met veral NigeriĂŤ gesluit word, beter te verstaan.

Skenk ook aandag aan die verarming van die Afrikastate as gevolg van kolonisasie en die agteruitgang van geletterdheid as gevolg daarvan. 1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn (2 uur) Die dryf van handel word in die geheel beskryf. Leerders moet weet watter metodes gebruik is, wat die handelsprodukte was, hoe goedere vervoer is en wat Islam se invloed was. Kaarte en figure word as bydraende media in die teks geplaas sodat leerders die konteks kan visualiseer en beter begrip van die inligting sal toon. Dit moet dus intensief bestudeer word. Dit is ook van uiterste belang dat leerders omskrywings van definisies ken en verstaan sodat hulle sin kan maak van die begrippe en feite wat hulle in Geskiedenis leer. AKTIWITEIT 1

1.

2.

3. 4.

Watter dier is uiters geskik vir die handelsroetes in die Saharawoestyn? (1) Die kameel. Verduidelik waarom die togte deur die woestyn so gevaarlik was. (6) Reisigers kon maklik verdwaal, van honger of dors omkom of deur rowers aangeval word. Noem die handelsartikel wat skaars was in Mali. (1) Sout. Noem enige drie handelsgoedere wat vanaf Noord-Afrika na Wes-Afrika gebring is. (3) tekstiel gebruiksgoedere sy keramiek krale ornamentele wapens (enige 3)

Š Impaq

12


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

5.

Eenheid

1

Vergelyk die verspreiding van die Islam en Christenskap in Afrika met mekaar. Noem drie verskille en drie ooreenkomste. Maak van die Venn-diagram gebruik om die vraag te beantwoord. (6)

1

Christenskap

Godsdiens is gewelddadig afgedwing

Beskou Christenskap as superieur/beter as ander gelowe Breek Islamitiese intellektuele instellings en moskees af

6.

Albei ’n godsdiens Word versprei in koloniale lande

Verspreiding verloop vreedsaam

Stig moskees en universiteite

Islam

Gaan hand aan hand gepaard met opvoeding Tegemoetkomend teenoor plaaslike gelowe

Tot watter voordeel was die Islam vir die Wes-Afrikane? (3) Dit het noue internasionale betrekkinge gehad, geleerdheid gegee en hulle argitektuur en regeringstelsels beïnvloed. [20]

1.2. Les 2: Die Mali-ryk (3 uur) Mali se hoogtepunt as magtige ryk onder Mansa Musa word bespreek en ná afhandeling van hierdie les moet leerders deeglike kennis hê oor die gebeure rakende Mansa Musa, sy regeringstyl en hoe Mali daardeur geraak is. Leerders moet ook weet van sy pelgrimstog na Mekka, asook besoeke aan en van ander state en lande. Daar word ook geleer hoe handelsbetrekkinge gebou is en hoe Mali se rykdom ten toon gestel is, hoe Noord-Afrika en Europa kennis geneem het van Mali en hoe Mali kennis gemaak het met ander kulture. AKTIWITEIT 2

1. 2.

Was Mali van die begin af ʼn groot ryk? Hoe weet jy dit? Nee, Mali was eers ʼn provinsie van die Ghana-ryk gewees. Wat beteken Mansa? Mansa beteken koning of keiser.

© Impaq

13

(2) (1)


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

1

3. 4. 5.

6.

7. 8.

Wie was die bekendste heerser van die Mali-ryk? (1) Musa I/Mansa Musa. Van wanneer af en tot wanneer was hy die heerser? (1) 1307 tot 1332. Waarom dink jy was hy ʼn goeie en suksesvolle heerser? (2) Hy het Mali deur middel van sy regeringstyl verder uitgebrei, die rykdom vermeerder en ʼn vreedsame ryk bewerkstellig. Wat is die verskil tussen ʼn moskee en ʼn madrassa? (2) ʼn Moskee is ʼn plek van aanbidding. ʼn Madrassa is ʼn universiteit of skool. Noem twee bekende geboue wat deur Mansa Musa laat bou is. (2) Die Djinguereber-moskee en die Sankoré-madrassa. Stel ʼn tydlyn op wat Mansa Musa se geboorte en afsterwe, heerskappy, pelgrimstog (vertrek en terugkeer) en bouprojekte (twee belangrikste geboue) aandui. (7) 0

1307

Gebore

9.

1324

Begin van pelgrimstog

1326

Einde van pelgrimstog

Waarvan is die geboue hoofsaaklik gebou? Grond, strooi, gras en hout.

1327

1332 0

1440

Universiteit van Timboektoe

Sterf

Voltooi Sidi Yabya Universiteit

(2) [20]

1.3. Les 3: Die stad Timboektoe Die totstandkoming en die agteruitgang van die stad Timboektoe en die direkte gevolg wat die invloed van die handelsroetes daarop gehad het, word intensief bespreek. Ná afloop van die les moet leerders verstaan hoe handelsroetes die voortbestaan van ʼn stad asook die goedere wat verhandel word, bepaal. Die voorkeurmiddels van vervoer word bespreek asook die metode van stille handel. Daar word ook gefokus op Timboektoe as ʼn opvoedkundige sentrum en die verval van geleerdheid tot die uiteindelike ineenstoring van hierdie en soortgelyke ryke.

© Impaq

14


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

AKTIWITEIT 3

1. 2. 3.

4.

5.

6.

7.

1

Waarvandaan het Leo Africanus gekom? (1) Marokko Wat was sy beroep? (1) Hy was ʼn diplomaat. Noem twee goed wat Leo Africanus in Timboektoe waargeneem het. (2) Koring/beeste en melk/botter, maar geen noemenswaardige tuine of boorde nie. Die baie goue borde en septers van die keiser/die 3 000 ruiters van die keiser/die baie dokters, regters, priesters en ander geleerdes wat die keiser onderhou/die inwoners se rykdom//tekort aan sout/die prys van sout/die keiser se skatte/huise van modder gebou/groot tempel in middel van stad van klip en teer/keiser se paleis in middel van stad/volop winkels/vroue gesluierd/volop putte/vars water met kanale na stad gelei. In watter goedere is daar hoofsaaklik tussen Noord- en Wes-Afrika handelgedryf? (2) Daar is hoofsaaklik met goud en sout tussen Noord- en Wes-Afrika handelgedryf. Hoe is die goedere na en van Timboektoe vervoer? (2) Die goedere is per bote op die rivier of per kamele na en van Timboektoe vervoer. Beskryf die term “stille handel” en verduidelik hoe dit in Mali toegepas is. (3) Handelaars het goud naby die rivier geplaas en dan weggegaan en gewag. Die southandelaars het dan die sout vir goud verruil indien die goud genoeg was. Indien dit nie genoeg was nie, het die goud daar gebly en moes die goudhandelaars dit vermeerder. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf die onwaar stellings oor sodat dit waar sal wees. (4) a. Die Islam het geletterdheid bevorder. Waar b. Kuns en kultuur was die enigste vakke wat onderrig is. Onwaar: Studente het ook onderrig ontvang in sterrekunde, musiek, botanie en wiskunde. c. Die manuskripte was altyd in ʼn biblioteek gehou. Onwaar: Manuskripte was meestal in die besit van families in Timboektoe en is oorgedra van een geslag aan die ander. d. Die boekhandel was ʼn groot besigheid. Waar [15]

© Impaq

1

15


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

OEFENING 1: OOPBOEKTOETS 3 uur Ter afsluiting van Eenheid 1. Formatiewe assessering. 1. 2.

3.

4.

5.

6.

Noem die Afrika-ryk en sy hoofstad wat in Eenheid 1 bespreek is. (2) Mali en Timboektoe. Waarmee is daar in beide Suidelike en Wes-Afrika handelgedryf? (1) Goud Sout Waarom is kamele as hoofvervoermiddel in die Saharawoestyn gebruik? Gee drie redes. (3) Hulle is geskik vir die toestande in ʼn woestyn. Die vel kan die hitte verduur, hulle sweet nie en kan vog berg, hulle oë is beskerm teen sand en hulle pote is aangepas om op die sand te loop. Beskryf kortliks wat ʼn nomade is. (2) Nomades is groepe mense wat rondtrek agter kos en water aan en dus nie op een plek bly nie. Wie was Leo Africanus, en waarom is hy belangrik vir Mali se geskiedenis? (2) Leo Africanus was ʼn Moorse diplomaat en hy is belangrik omdat hy in sy boeke in besonderhede beskrywings gee oor Timboektoe en die handel van daardie tyd. Kyk na die volgende kaart en antwoord die vrae volledig:

a. b.

© Impaq

Watter kontinent verteenwoordig die kaart? (1) Afrika. Dink jy daar was skakeling tussen Wes-Afrika en Europa en Asië? Hoe weet jy dit? (2) Ja, daar is tussen die kontinente handelgedryf, met veral slawe.

16

1

1


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Sou jy Timboektoe as die middelpunt van die handel beskou? Motiveer jou antwoord. (2) Ja, die handel vanaf alle rigtings het deur Timboektoe gegaan as gevolg van die gebruik van handel op riviere wat hulle daargestel het. Dui die ooreenkoms tussen die handel en geletterdheid in Timboektoe aan. (4) Timboektoe was die hart van ʼn besige handelsroete. Die stad het verskeie universiteite of madrassas opgelewer en studente het hierheen gestroom. Sowat 25 000 studente het aan die madrassas Djinguereber, Sidi Yahya en Sankoré gestudeer. Die verskillende studierigtings het ʼn aanvraag na boeke en die gepaardgaande boekbedryf laat ontstaan. Die aanvraag het die boekhandel en die skryf van manuskripte gestimuleer en groot getalle geleerdes het van Walata (vandag Mauritanië) na Timboektoe verhuis. Dus het die handel direk bygedra tot die stimulering van geleerdheid in Timboektoe. Verduidelik waarom sout belangrik vir die inwoners van Timboektoe was. (1) Dit was hulle hoof-invoerproduk. Herrangskik die volgende gebeure en datums in die regte chronologiese volgorde. Dui die gebeure en datums dan op die tydlyn aan. (5) 1270 Groot Zimbabwe 1324 Mansa Musa vertrek na Mekka 1327 Bou van die Groot Moskee 1513 Leo Africanus besoek Timboektoe 1893 Frankryk koloniseer Mali

1

c.

7.

8.

9.

v.C.

0 n.C.

1300

1400

1270 Groot Zimbabwe

1500

1327 Bou van die Groot Moskee

1324 Mansa Musa vertrek na Mekka

1600

1700

1800

1513 Leo Africanus besoek Timboektoe

1893 Frankryk koloniseer Mali [25]

© Impaq

17


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

EENHEID 2: Transatlantiese

2

1

slawehandel LEERDOELWITTE Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:   

Onderskei hoe inligting vanuit verskillende sienswyses beskou en gebruik kan word. Oor die vermoë beskik om twee of meer verskillende oogpunte oor dieselfde persoon of gebeurtenis te kan vergelyk. Sien hoe historici, handboekskrywers, joernaliste en ander tot verskillende gevolgtrekkings kom en in staat wees om ʼn rede(s) te verskaf waarom dit so is in ʼn besondere onderwerp van die geskiedenis.

INLEIDING Sluit aan en verwys terug na die vooruitstrewende Mali-ryk en hoe dit deur handel beïnvloed is. Leerders moet ook verstaan dat mensehandel en slawehandel deel hiervan gevorm het. ʼn Kort geskiedenis en agtergrond oor slawe moet aan leerders verskaf word deur te verwys na antieke slawehandel aan die hand van die Romeine en die Antieke Grieke, maar dan klem te plaas op die meer moderne slawehandel van die 15de eeu tot en met die vroeë 19de eeu en hoe die moderne slawehandel vanuit Afrika geskied het. Die leerder moet ook bewus wees dat daar verkillende tipes slawe was en dit hoofsaaklik afgehang het van hoe en waar die slawe bekom is. Slawe was ʼn bate waaraan rykdom gemeet kon word, alhoewel daar tog ook state en ryke was wat nie van slawe gebruik gemaak het nie. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Slawe as eiendom: slawe behoort as eiendom/bate aan ʼn eienaar en kan deur die eienaar gekoop en verkoop word. Huisslaaf: werk hoofsaaklik in die huis en is die eiendom van die huiseienaar en kan verkoop word, maar dit het baie selde gebeur. Pandslaaf: ʼn persoon wat ʼn slaaf is totdat die skuld afgewerk is. Militêre slawe: slawe wat as soldate opgelei word en diens doen.

© Impaq

18


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

Die leerinhoud in hierdie eenheid sluit aan by Eenheid 1, maar fokus veral op 1die slawehandel vanuit eens ontwikkelde en geletterde gemeenskappe. Dit is belangrik om te fokus op die vergrype van menseregte van gemeenskappe ten koste van ander. 2.1. Les 6: Wes-Afrika voor die Europese slawehandel (30 minute) Gee ʼn kort oorsig oor die slawehandel van antieke Afrika – die soorte slawehandel en die gebiede waar dit geskied het. Brei uit oor die ryke van Wes-Afrika en veral Mali, Ghana en Songhai – hulle rykdom en gevorderdheid asook totstandkoming en val. 2.1.1 Ghana-ryk DEFINIEER Soninke en Mande: inwoners wat die Ghana-ryk gestig het. Stadstate: stede wat hulle eie regering het. Goedere: klaarvervaardigde produkte. Bespreek hoe die Ghana-ryk gevorm is, handel en uitbreiding en ook hoe dit later tot ʼn val gekom het en binnegedring is. 2.1.2 Mali-ryk KERNINHOUD Die groot ryke van Wes-Afrika. Die verskillende tipes slawerny wat in Afrika voorgekom het voor die Transatlantiese slawehandel. Handel, tegnologie en kultuur in Wes-Afrika. Kort oorsig van die geskiedenis van Mali – hoe dit tot stand gekom het, die hoogtepunt bereik het en ʼn middelpunt vir studente geraak het omdat die Universiteit van Timboektoe gebou is.

© Impaq

19


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2.1.3 Songhai

2

1

VIR DIE NUUSKIERIGES Kies enige twee soorte van slawerny wat reeds bespreek is. Vergelyk die twee soorte in die vorm van ʼn Venn-diagram (50 – 60 woorde). 1

2

3

4

Verskaf voldoende opskrifte Definisies van die soorte slawehandel Kort verduideliking van hoe dit gefunksioneer het Verskaf verskille en ooreenkomste Netheid en korrektheid van die Venn-diagram (20) of 1

2

3

4

Korrekte formaat van dagboekinskrywing Beskrywing van eienaar se optrede Relevansie van die inhoud Gebruik van datums en die relevansie daarvan Toepaslikheid en netheid van sketse (20) of 1

2

3

4

5

Gebruik dieselfde ontwerp vir replika wat gebruik is vir die oorspronklike kwartiere Voldoende byskrifte Materiaal is dieselfde of simboliseer die oorspronklike materiaal wat vir die oprigting van slawekwartiere gebruik is Netheid en algemene uitstalling van replika (20) Bespreek die val van Mali en hoe dit handel en die dominasie van ander ryke in WesAfrika beïnvloed het. Die totstandkoming van die Songhai-ryk, wat tot die val daarvan aanleiding gegee het en veroorsaak het dat die oorheersing van Wes-Afrika in alle gebied tot ʼn einde gekom het.

© Impaq

20


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

1

AKTIWITEIT 4

1.

2.

3.

4.

5.

6.

Aan die einde van watter eeu was die Songhai-ryk die dominante ryk in Wes-Afrika? (1) 15de eeu Identifiseer twee redes waarom mense as slawe verkoop is. (2) Krygsgevangenes is as slawe verkoop aangesien hulle in elk geval doodgemaak sou word en sommige wetsoortreders is eerder verkoop as om weer in die gemeenskap vrygelaat te word. (Of enige twee ander redes soos verskaf in die leerderinhoud.) Dink jy slawerny was baie winsgewend in die eertydse Wes-Afrika-ryke? Motiveer jou antwoord. (2) Nee, dit is aanvanklik net gebruik sodat mense hulle skuld kon aflos en nie om mense te verryk en die ekonomie te bevorder nie. Dui die verwantskap tussen die Ghana-, Mali- en Songhai-ryke aan. (1) Ghana, Mali en Songhai was almal ryke in Wes-Afrika, wat opgebou is en hoogtepunte in handel en ander gebiede bereik het. Al drie ryke was op ʼn gegewe tyd handelsmiddelpunte, maar al drie hierdie ryke het ook mettertyd tot ʼn val gekom. Klassifiseer die soorte slawe aan die hand van definisies. 5.1. Pandslawe (½) Mense met slegte skuld of wat bankrot is. 5.2. Militêre slawe (½) Is aangehou as verpligte krygers/soldate. 5.3. Huisslawe/slawe as eiendom (½) Moes as krygsgevangenes in huise werk. 5.4. Misdadigerslawe (½) Diewe, moordenaars en ander oortreders wat as slawe aangehou is. Bestudeer die kaart aandagtig en beskryf die proses van uitbreiding van die Wes-Afrika-ryke soos bespreek in Les 6. Illustreer die uitbreiding aan die hand van datums. (5)  8ste eeu: Ghana word gestig.  Ná 880 n.C.: sluit die Soedan in.  11de eeu: Kom tot ‘n val.  1240: Mali word gestig en vervang Ghana. Dit sluit die grootste deel van Wes-Afrika in.  Mali vergaan en word vervang deur Songhai.  Einde 15de eeu is Songhai die dominante ryk.  1591: Songhai word deur Marokko ingeval en Wes-Afrika word in kleiner state verdeel.

© Impaq

21


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

7.

8.

9.

Eenheid

Verduidelik waarom slawerny nie ʼn lewensvatbare kommoditeit in WesAfrika was nie. (3) Sodra ʼn ryk welvarend was, het nuwe leiers nie die land reg bestuur nie, wat invalle van buite makliker gemaak het en veroorsaak het dat die ryk vergaan. Som in een sin op wanneer die groot Wes-Afrika-ryke tot ʼn val gekom het. (2) Die groot Wes-Afrika-ryke het tot ’n val gekom met die inval van Marokko in 1591, en die burgeroorloë om te bepaal wie die regmatige opvolger moet wees. Ontwerp ʼn wet wat handel in mense sou verbied. (2) Enige wetsontwerp wat lyk of dit uitvoerbaar kan wees om slawehandel te verbied. [20]

2

1

2.2. Les 7: Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die koms van Europeërs Gee ʼn kort oorsig oor die gebruik van slawe en die plaaslike slawestelsel van Wes-Afrika en waarom die aard daarvan verander het met die toename van Arabiese en Atlantiese slawehandel. Bespreek die verskillende soorte slawerny wat in die wêreld toegepas is en hoe dit van Wes-Afrika verskil het, asook die impak en invloed wat die toetrede van die Arabiese en Atlantiese handel tot die mark gehad het. 2.2.1 Slawe as eiendom Bespreek slawe as eiendom en dat daar met slawe handelgedryf kon word. 2.2.2 Huisslawe KERNINHOUD Die aard van slawerny moet begryp word. Die verskillende soorte slawerny moet onderskei word. Die onderskeid in behandeling moet verstaan word. Die aantasting van menseregte moet in ag geneem word. Bespreek die aard van huisslawe, wat hulle doel was en hoe hulle meer vryheid as ander soorte slawe gehad het.

© Impaq

22


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2.2.3 Pandslaaf

1

VIR DIE NUUSKIERIGES Kies enige van die volgende opdragte en voltooi dit volgens die instruksies verskaf. 1.

Skryf kort aantekeninge (sleutelwoorde) oor die verskillende slawe in die tabel. Gebruik die opskrifte soos verskaf. Huisslaaf Kenmerke Voordele Hoe het hulle slawe geword? Teken of plak ʼn prent wat elk van die slaafsoorte uitbeeld.

Pandslaaf

Militêre slaaf

(6) (6) (3) (3) (20)

2.

3.

of Kon ʼn slaaf sy/haar eie vryheid koop/bekom? Illustreer jou antwoord aan die hand van ʼn gevallestudie. Jy kan inligting bekom deur van Wikipedia, National Geographic of Brittanica Online gebruik te maak. Duidelikheid van soort slaaf voorgestel 1 Verduideliking hoe vryheid bekom kon word 5 Beskrywing van die duur van die vryheidsproses 5 Verduideliking of vryheid algemene praktyk was of nie 4 Verskaf ʼn toepaslike opskrif 1 Skryf in paragraafvorm (100 – 120 woorde) 2 Algemene standaard van taalgebruik 2 /20 TOTAAL of Skryf ʼn brief aan die koning/keiser van jou land waarin jy kritiek uitspreek teen slawerny en maak aanbevelings van hoe dit tot ʼn einde gebring kan word. (Dit is ʼn formele brief.) Adres, aanhef en einde van die brief Inleiding, inhoud en slot Inhoud bestaan uit 3 – 4 paragrawe Kritiek is sinvol en bevat ten minste 3 punte Aanbevelings is sinvol en bevat ten minste 3 – 4 punte Algemene standaard van taalgebruik TOTAAL

© Impaq

2

23

4 3 3 4 4 2 /20


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

Bespreek kortliks wat ʼn pandslaaf was en watter beperkings daar op pandslawe was 1en ook dat dit die algemene praktyk in Wes-Afrika was voor die koms van die Europeërs. 2.2.4 Militêre slawe Verduidelik kortliks wat die aard van hierdie slawe was, waarvoor en deur wie hulle gebruik is. AKTIWITEIT 5

1.

2. 3.

4.

Voltooi die volgende sinne: (3) a. In historiese Wes-Afrika was slawerny aanvanklik eerder ʼn soort skuldvereffening as ʼn persoonlike eiendom. Wat het die plaaslike slawestelsel permanent verander? (1) Die toename in Arabiese en Atlantiese slawehandel. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is, en skryf die onwaar stellings oor sodat dit waar sal wees: (2) a. Een van die invloede op slawegebruike was dié van Christene. Waar. b. Slawe is in historiese Wes-Afrika en Europa as dieselfde beskou. Onwaar: Slawe in historiese Wes-Afrika en Europa is verskillend beskou. Som die inhoud onder die opskrifte Slawe as eiendom, Huisslawe en Pandslawe op deur gebruik te maak van ʼn breinkaart. (10) Gebruik gegewe opskrifte Netheid van breinkaart Voldoende opsomming van feite TOTAAL

5.

3 1 6 /10

Identifiseer die illustrasies en voorsien dit van gepaste opskrifte. a. Slawe word gevang. b. Slaweskip c. Huisslaaf

(4)

[20]

© Impaq

24


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2.3. Les 8: Slawerny in die suide van Amerika

2

1

2.3.1 Plantasies: tabak, rys, suikerriet en katoen (3 uur) DEFINIEER Massaproduksie: wanneer ʼn produk op groot skaal geproduseer word. Kontantbasis: produkte is verruil vir kontant. Arbeidsintensief: baie mensehande is benodig om die bedryf aan die gang te hou en byna geen masjinerie is gebruik nie. Mannekrag: mense se hande-arbeid. £: Britse pond, Brittanje se geldeenheid. Stapelvoedsel: hoofbestanddeel in daaglikse kos, byvoorbeeld mielies vir pap. Verduidelik die werking van plantasies aan die hand van die ekonomie wat arbeidsintensief was en op ʼn kontantbasis oeste gelewer het. Bespreek die verskillende soorte plantasies en waar dit voorgekom het. Die ekonomie en die impak van slawe moet duidelik wees en daar moet bespreek word wat die aanvanklike aard van slawearbeid op plantasies was en wat die oorsaak was vir die uitbreiding en verandering daarvan. Leerders moet verstaan dat daar ʼn nou verband tussen die ekonomie, plantasies en slawe-arbeid was en tot hoe ʼn mate elke aspek die ander uitgebou en vergroot het en hoe dit elke afsonderlike staat en land beïnvloed het. 2.3.2 Redes vir die gebruik van slawe-arbeid KERNINHOUD Die verskillende soorte boerderyplantasies. Waarom slawe op plantasies gebruik is. Hoe en waar die slawe bekom is en na Amerika vervoer is. Die behandeling van slawe vanaf gevangenskap tot eiendom. Die produksie van die gewasse op die plantasies. Bespreek en verskaf agtergrond oor die gebruik van slawe in Amerika aan die hand van die verskillende soorte slawe. Vestig die aandag daarop dat die eerste slawe vanuit Engeland gekom het as bannelinge en misdadigerslawe en bespreek waarom hulle juis na Amerika geneem is en wat met hulle gebeur het nadat hulle vonnisse uitgedien en skulde afbetaal is, asook waarom hierdie praktyk later gestaak is. Verduidelik waarom swart slawe die ander slawe vervang het en aanvanklik via Engeland ingevoer is en hoe dit dan veroorsaak het dat hierdie slawe in groot aanvraag geraak het.

© Impaq

25


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

1 2.3.3 Hoe slawe gevange geneem, verkoop en vervoer is van Wes-Afrika

VIR DIE NUUSKIERIGES Kies enige van die volgende drie vrae en beantwoord dit aan die hand van die instruksies. 1.

Maak ʼn collage van die vier soorte plantasies wat in die afgelope onderopskrifte bespreek is. In jou collage moet die volgende aandag kry: 1

2

3

4

5

Duidelike illustrasies van soorte boerderye op die verskillende plantasies Duidelike illustrasies van slawe-arbeid op die plantasies Gepaste opskrif vir die collage Gepaste byskrifte om die collage mee te illustreer

2.

(20) of Demonstreer aan die hand van die volgende illustrasies die proses van verbouing van rys in die vorm van ʼn vloeidiagram: Benoem elke proses Beskrywing van elke proses TOTAAL

Š Impaq

5 15 /20

26


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

1

(20) of 3.

Maak ʼn model van ʼn slaweskip. Die model moet volgens skaal wees en die volgende uitbeeld: 1

2

3

4

5

Model volgens skaal gebou Deursnee gemaak wat die verskillende dekke uitbeeld Voorsiening gemaak vir die slaweruim, insluitend die geriewe Uitbeelding van slawe op die skip (20) Bespreek hoe die Transatlantiese handel tot stand gekom het en hoe Europeërs die slawehandel, wat eers deur die state van Wes-Afrika beheer is, oorgeneem het. Die uitbreiding van die handel in slawe vanuit Afrika deur Europeërs moet intensief behandel word. Leerders moet bewus gemaak word van die omvang daarvan. Bespreek hoeveel slawe daar mee handel gedryf is, waarheen die slawe geneem is en wat hulle gekos het, die vervoer van slawe en die toestande waarin hulle vervoer is, asook die roetes wat gebruik is. Gevolglik moet die aankoms by die bestemming, die koop en

© Impaq

27


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

1 verkoop van slawe op die nuwe vasteland en omstandighede waarin dit geskied het, ook deeglik bespreek word.

2.3.4 Slawemarkte Aan die hand van die gegewe kaart kan leerders op ʼn visuele en interaktiewe wyse verder bewus gemaak word van die omvang en die grootte van die slawehandel en die impak wat dit op die relevante groepe in Wes-Afrika gehad het. Lig uit dat sowat 10,24 miljoen slawe die Amerikas tussen 1650 en 1900 vanaf Wes-Afrika bereik het, asook dat daar ongeveer 82 000 slawe dood is nog voor hulle verskeep kon word. Bespreek die roetes en hawens wat gebruik is vandat die slawe in die binneland van WesAfrika gevang is en waar die besige markte was. 2.3.5 Getalle van slawe wat na Amerika geneem is Gee deeglike inligting oor die getalle slawe wat na Amerika geneem is. Leerders moet bewus wees daarvan dat daar al sedert die 1500’s met slawe handelgedryf is. Alhoewel ongeveer 10,24 miljoen slawe tussen 1650 – 1900 verskeep is, word beraam dat die totaal tussen die 15de en 18de eeu ongeveer 12 miljoen is. As gevolg van die haglike toestande is tussen 10 – 20% van die slawe dood voor hulle hul bestemmings bereik het. William Rubenstein beweer ook dat daar ongeveer 10 miljoen slawe dood is nog voor hulle die vasteland kon verlaat.

© Impaq

28

Gr 7 sosiale wetenskappe fasiliteerdersgids geskiedenis  
Gr 7 sosiale wetenskappe fasiliteerdersgids geskiedenis