Issuu on Google+

Nuusblad van HoĂŤrskool Brandwag Volume 16 Uitgawe 1

7 April 2014

Kruger wen Alles Sangers oor weer, maar wie oor die die het die gees? Matriekafskeid Anibrandfees

Wat? snuffel? Muffel?

Kruger kraai koning

Foto's en grafika: Alycia Jacobs


BLADSY 2

7 April 2014

’n Slang ... het swanger geval ... in die gras ons 'n nuwe dimensie van kreatiwiteit toe. Ene Dorette Prinsloo is van mening Elke tydskrif waardeur (ja, waardeur!) jy blaai het 'n alombekende dat ons idiome ook soms onder ons eie “kreatiwiteit” deurloop. 'n “Brief van die redakteur”. Ek is nie 'n persoon wat deurgaans tradisies Bekommerde buurvrou vertel haar van 'n kommerwekkende aktiwiteit in die probeer skep – of ooit slag daarin nie – maar ek het nogal bedrewe gevoel om buurt: “Ek sê jou, daar is 'n slang in die drinkwater!” Is dit Dorette se plig om dié keer 'n kans te waag! aan haar te verduidelik wat dan in die gras is? Mense gee dikwels geen jota of tittel om oor die redakteur se Afrikaans is eenvoudig. As iemand agter jou kyk is daar iets agter vervelige woorde nie. Veral nie as die “local is lekker”-afdeling propvol foto's jou wat hulle aandag trek. 'n Toets wat hard is, is waarskynlik van ongelooflike van 'n moorddadige paralimpiese atleet se nuwe nooi is nie. Die sensasie goeie materiaal gemaak. En dan: hoe poseer 'n brein wat fotogenies is? oordonder dít wat soms meer sinvol is; kyk 'n bietjie hoeveel tydskrifte is oop Ons moet ons hardverdiende taal versorg. As 'n predikant die kat by MufFeL sE geSnuFfEL teenoor dié wat my brief lees. die bel wou aanbind toentertyd het hy Ek lees die ander dag 'n artikel God se woord in Afrikaans verkondig. in die Taalgenoot wat handel oor Brief van die Redakteur Maar na 'n geween en 'n gekners van jongmense wat klaarblyklik Afrikaans tande is Afrikaans in 1925 eindelik, onder die invloed van Engels en naas Engels, tot 'n amptelike taal ongesonde taalgebruik verfonkfaai. verklaar. Ten spyte van die harde Eerstens, dit ís hartseer om te klippe wat toegewyde taalstryders dink hoe ons moedertaal al meer geskoei moes kou, bly ons onverskillig word op verafrikaansing en onversorgde teenoor ons taal staan. Dit is nou juis taalgebruik. die tyd om ons Afrikaans aan te Tweedens, hoekom moet ons suiwer. jongmense vir die gebrek van suiwer Kom ons staan die invloed van Afrikaans blameer word? In Afrikaans Engels teë. Kom ons lees meer noem ons dit “veralgemening”. (Neem boeke om verdere taalglipsies te ook asseblief in ag deur watter generasie vermy. Jongmense, ek is seker ons ons grootgemaak is …) sal die 'ou mense' ore kan aansit as Jy hoor elke nou en dan van jou ons hard probeer. As ek iemand was vriendin se suster wat swanger geval het. wat veralgemeen, sou ek sê ons is Ek weet nie van jou nie, liewe leser, maar per slot van rekening vinniger as die persoon wie haar gepootjie het, moes hulle … beslis 'n verskuilde agenda gehad het. Dit was glo vir hulle ouers 'n groot verassing. Ek weet nie hoekom nie, maar ek is Anandi skepties oor dié storie … Anandi Botha Miskien laat die taalmisbruik

Dis meer as net 'n stoep Louise van Wyk Die versengende hitte tref my sodra ek my koelste klas vir die dag verlaat. Ek vind 'n koelte kolletjie op die plek wat ek vir vier jaar gewag het om te bereik. Die matriekstoep is 'n stoep-en-trap-paradys wat kan transformeer na enige iets wat 'n matriekleerder nodig het. 'n Studiesaal vol Einstein's wat jou kan help met daardie een wiskundesom wat jy net nie kon baasraak nie. 'n Sopkombuis waar daar altyd 'n broodjie is om te deel of 'n slukkie coke is om te steel. As jy in matriek is en jy is op soek na enige iets van 'n stukkie kougom tot die towerstaf van die goeie fee, kan jy dit by een van jou mede-matrieks kry.

Die aantrekkingskrag van die matriekstoep veroorsaak oorpopulasie, maar dit bind al 185 matrieks tot 'n eenheid. 'n Eenheid wat Brandwag verlede jaar soos 'n Zombie Apocalypse getref het en dié stoep op 'n gechoreografeerde wyse ingeneem het. Van buite mag die matriekstoep dalk soos al die ander stoepe by Brandwag lyk, maar as jy vier jaar wag, sal jy net soos al die ander matrieks voor en dié wat nog ná jou moet kom, weet dis meer as 'n stoep, dis die matriekstoep.

Sêma’so op Internet Brandwag het onlangs grootskaalse veranderinge aan die skool se webtuiste aangebring. Die webtuiste is nou baie meer doeltreffend en bied 'n verskeidenheid van handige nuwe funksies. Onder meer kan 'n mens nou die skool se dagboek deur middel van 'n Google kalender-app. aflaai. Om dit te doen, gaan na die Kalender-skakel onder aan die tuisblad. Dit Google kalender kan gesinchroniseer word met jou selfoon of rekenaar. (As jy nie weet hoe nie, Google dit!) Almal kan nou Sêma'so op die internet lees. Volg die ISSUU-skakel onder aan die tuisblad. Dit neem jou na Brandwag se publikasies waar die skool se dagboek, skoolkoerante, jaarverslag en matriekblad beskikbaar is. Die webtuiste bevat ook skakels na die skool se Facebook-blad en You Tubekanaal. Besoek Brandwag se webtuiste by www.brandwag.co.za.

SêMA’SO REDAKSIE 2014 Redakteur: Anandi Botha Nuusredakteur: Alana-Lee Daniell Assistentredakteur: Caro Swanepoel Assistentredakteur: Franco Meiring

Redaksie: Danell Bester Jodie de Vos Kelly Dowling Daniel du Plessis Erin Ferreira

Lauren Hayward Alycia Jacobs Llewellyn Janse van Rensburg Natasha Kovacs Jamie-Lee McCarthy Mikyla Mcloed Lurica Pasques Candice Pearce René Schonken Chandré Swanepoel Maryke Terblanche Nadine Truter Nadene van der Mescht Elmé van de Vyver Louise van Wyk Liezl van Wyk


7 April 2014

Die man agter die skoolhoof

Candice Pierce, Liezl van Wyk & Llewellyn Janse van Rensburg Hier aan die begin van die tweede kwartaal is net dae oor wat Brandwagters nog vir mnr. Wilhelm Meyer in die skoolhoof se kantoor sal sien. Sêma'so sal in die volgende uitgawe behoorlik van mnr. Meyer afskeid neem, maar intussen het die redaksie 'n paar vrae aan die man aan die stuur gestel om Brandwag 'n vollediger prentjie van hom te gee. Hoe lank is Meneer al by Brandwag? Sedert 1986 met ander woorde 28 jaar (7 jaar as skoolhoof). Wat, volgens Meneer is die beste deel van in Brandwag wees? Die Brandwaggees, omgee vir mekaar en goeie onderwysers, ouers en kinders. Voltooi die volgende: Sedert 1937... Gaan Brandwag nog steeds van krag tot krag (en kanselleer ons nooit). Wat is Meneer se gunsteling movie? "Silence of the Lambs" Wat is Meneer se gunsteling Bybelversie? Filippense 4:6 “Moet oor niks bekommerd wees nie...” Beskryf Brandwag in vier woorde: Absoluut 'n fantastiese skool! Na wat by Brandwag sal Meneer die meeste verlang? Vriendelike en lojale kinders, onderwysers en ouers. Gunsteling Afrikaanse liedjie? "Gee jou hart vir Hillbrow" van Johannes Kerkorrel Beskryf hoe dit sal voel as Meneer Mnr. Meyer in sy ingeroep word na die nuwe skoolhoof om hom te spreek oor iets wat Meneer se seun gedoen het? Daar sal moeilikheid wees vir Wilhelm junior! Ek sal baie verleë voel! Wie het die grootste indruk op Meneer gemaak tydens Meneer se tyd saam met ons en hoekom? Dit is moeilik om een persoon uit te sonder. Ek sou eerder die personeel én kinders wil uitsonder. Wat het Meneer laat besluit om ''n onderwyser te word? My pa was ''n onderwyser en het ook vir my klas gegee. Terloops ook vir mnr. en mev. Koekemoer. Hy het my inspireer as rolmodel. Hy is vandag 87 jaar oud en woon nog Brandwagfunksies by. Waar was Meneer se eerste pos en wat het Meneer gegee? Hoërskool Pearson in Port Elizabeth, Geskiedenis, 1982. Wat is die stoutste ding wat Meneer ooit op skool aangevang het? Stoei met iemand agter in die Wiskundeklas! Dit was darem met 'n seun. Is Meneer romanties? Ek kan soms romanties raak. Het Meneer al ooit 'n meisie se hart gebreek? Nee, maar 'n meisie het al my hart gebreek. Het Meneer al ooit 'n verkeersboete gekry? Nog nooit! Ek hou by die padreëls. Het Meneer al ooit Meneer se humeur verloor?

BLADSY 3

Ja, veral as jong onderwyser toe ek nog sterk en fiks was. Ek het egter met die jare baie rustig geraak. Wat gaan Meneer doen as Meneer nou afgetree het? Net rustig wees en as ouer vir Brandwag ondersteun. As Meneer vir 'n vakansie met drie vriende na enige bestemming wen, wie sal Meneer saamvat en waarheen? My vrou en haar universiteitsvriendin, Zelda Koekemoer. Ook my skool en koshuismaat op universiteit, Thinus Koekemoer. Iewers by die see. Is Meneer 'n hond of kat persoon? Hond. Wat is Meneer se gunsteling uit-eet plek? Port Captain in Port Elizabeth.

natuurlike habitat. Foto: Elmé van der Vyver Wat is Meneer se gunsteling sport, om te kyk en om af te rig? Rugby is my gunsteling. Ek het egter aan baie sportsoorte deelgeneem: rugby, krieket, atletiek en stoei. Hoekom kanselleer Meneer nooit 'n wedstryd nie? Sportprogramme word lank voor die tyd vasgestel. Wanneer wedstryde kanselleer word, benadeel dit die kinders wat hard oefen. Ons moet ons verpligtinge nakom. Het Meneer ooit gaan dobbel? Het Meneer gewen of verloor? Hoeveel?

Ek het baie jare gelede eenkeer probeer. Gelukkig het ek nie verloor nie, ek is nie 'n dobbelaar nie. Watter goeie herinneringe van Brandwag sal Meneer saamdra? Talentvolle kinders, toegewyde onderwysers, goeie akademiese, kultuur- en sportprestasies. VCSV, pawiljoenoptrede en Anibrandfees.


BLADSY 4

7 April 2014

ATKV skop 2014 dinamies af Franco Meiring Brandwag se ATKV-Jeugtak is nog nie eers 'n jaar oud nie, maar is reeds behoorlik aan die gang. Die eerste projek was 'n vasvra tussen 2013- en 2014-matrieks. Op 1 Maart 2014 het Dinamika die Greysnare en Sweepslag (Grey en Framesby ATKV-Jeugtakke) in 'n vasvra uitgedaag in spelling, idiome en Afrikaanse musiekkennis. Dinamika het Grey se snare verpletter en die slag uit Sweep geneem deur met meer as 20 punte te wen – 'n behoorlike pak slae. Die ATKV-lede was ook baie bevoorreg om Emo Adams kortliks te ontmoet. Hy het ontspanne oor sy kinderjare gesels, die lede gemotiveer om hard te werk en gesels oor hoe om sukses te hanteer. Vir iemand met so baie prestasies, is hy beslis baie nederig. Dinamika beplan 'n klomp projekte vir 2014, byvoorbeeld “Sokkie in sokkies” en die ATKV-kultuuraand. Dinamika is 'n jeugtak omdop te hou.

Voetspore

Selfsorg Vakansiewoonstel in Blue Horizon Bay

• Een slaapkamer met slaapplek vir 6 mense • Mooi uitsig & braai geriewe • 35km van Port Elizabeth • 4km van Van Stadensoord • Naby Maitlands • Ideale wegbreekplek vir hengelaars en/of natuurliefhebbers

R350 per nag

P.O. Box 293 Uitenhage 6230 Tel No: (041) 992 5694 Fax No: (041) 992 5836 E-mail: dgm1@telkomsa.net

Skakel: 041 776 1960

E-pos: zelda.pienaar@absa.co.za

Foto:

s n io d t o a o e W r C of

Woorde en meer met laser masjien uit hout gesny

Vir meer inligting kontak Carmin Kilian by: 071 470 9240 creationsofwood@yahoo.com Like ons Facebook page!


7 April 2014

BLADSY 5

Señorita de baile Caro Swanepoel

Die tradisionele Spaanse danspassies het die voete laat jeuk vir 'n behoorlike Afrikaanse sokkie soos net Brandwagters dit kan doen. Die langverwagte matriekafskeid het uiteindelik ook vir 2014 se matrieks aangebreek en die eerste kwartaal is afgesluit met 'n praggeleentheid waarby die matrieks besef het: Dit is die begin van die einde van hulle hoërskoolloopbaan. Die gasheer en gasvrou, Erich Deysel en Jodie de Vos, het die Señors en Señoritas en hulle metgeselle hartlik welkom geheet voordat hulle aan 'n heerlike driegangmaaltyd begin smul het. Die gr.11-kelners, wat soos Spaanse meisies en seuns gekleed was, het die geregte die een na die ander begin aandra nadat die aand amptelik begin het. Die rokke en aandpakke was elegant, spoggerig en sag op die oog en het, soos gewoontlik, nie teleur gestel nie. Moeite met hare, naels en grimering is nie misgekyk nie en het almal laat skitter. Die gesellige en opwindende atmosfeer in die saal is geskep deur die versiering en drapering wat die Spaanse tema uitgebeeld het. Hierdie wonderlike aand het seepglad verloop en sal as 'n onvergeetlike herinnering in elke matriek se gedagtes voortleef.

Charra en Wena op die dansvloer. Foto: K. Pienaar Anandi Botha wil names die matrieks van 2014 baie dankie sê vir Señoritas Currie, Shonken, Conradie, Marais en al die ander wat gehelp het. Die matrieks besef hoeveel energie en moeite dié suksesvolle aand moes verg. Muchas gracias, señora.

Matriekafskeid Toekennings Elke jaar is daar n paar mense wat uitstaan by 'n geleentheid soos die matriekafskeid. Ons het 'n paar toekennings om te gee vir van die matrieks, gebaseer op 'n algemene meningspeiling. 1. Mees Asemrowende Meisie: Abongile Phesiza 2. Mees Asemrowende Seun: Gavin Hiscock 3. Mooiste Rok: Lune-Mari Bezuidenhout 4. Mooiste Pak: Jack Thomas 5. Elegantste Meisie: Victoria Daniels 6. Elegantste Seun: Rio Kriel 7. Die Beste Haarstyl: Cleo George 8. Die Reëlbreker: Erich Deysel (ja, ons het jou gesien dans) 9. Die Gewildste Fotohoekie: die bul agtergrond 10. Beste Algehele Voorkoms (onderwysers): Juf. Duvenhage 11. Kleurvolste Rok: Lené Delport 12. Mooiste Kelner en Kelnerin: Anthony Bouwer en Chandré Swanepoel 13. Skitterendste Paartjie: Emma Hayward en Omri Jacobsz 14. Beste Temaverwante Paartjie: Wessel Horak en Deané Greeff 15. Beste Aantog: Chrisly Herselman en Willem met 'n koets en

perde 16. Beste Voertuig: Carla Moolman en Heinrich van Tonder met 'n rooi Ferrari 17. Beste Danspassies (seun): Llewellyn Janse van Rensburg 18. Beste Danspassies (meisies): Nicole Allison 19. Ontwerper van die Aand: André Cloete 20. Gunsteling Gereg: Hoofgereg 21. Beste tafel om by te wees en te bedien: Tafel 31 22. Tafel wat die meeste geraas het : Tafel 31 23. Mees Algemene Kleur: Rooi & Blou 24. Die Beste Groep: Jaco Wagner, Corné en Randriek Heunis 25. Gasvrou van die Gewildste After Party: Melissa Rautenbach 26. Die Beste Date: Louise van Wyk se date, Geryan Stoltz 27. Beste plek waar foto's geneem is: Bayworld (Lizelle Pienaar en Dewan Lombard) 28. Die onderwyser wat alles moontlik gemaak het: Juf. Currie 29. Die hoogtepunt van die aand: Die Spaanse dansers se item 30.Die persoon na wie die matrieks die meeste verlang het: Ruan Strydom

Cupid stof weer sy gereedskap af Candice Pearce

Die Valentynsbal skep die perfekte geleentheid vir ons

Die liefde blom in Brandwag, veral as die jaar mooi

jong liefdesduifies om by mekaar te wees in 'n atmosfeer waar

afgeskop word met 'n romantiese Valentynsbal vir jong paartjies

die liefde se kers so sterk brand dat 'n tornado dit nie sal kan

en die al die enkellopendes wat al lank iemand in die oog het.

doodblaas nie. Die een groot vraag wat almal in hul harte dra op

Wat dié jaar se Valentynsbal baie besonders gemaak het, was dat die leiers van die karakterbou-span ook daar kom kuier het.

die 14de Februarie is: “Wat is liefde?” 1 Korinthiërs 13:7 sê: “Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles …”


BLADSY 6

7 April 2014

Dis 'n (Anibrand)fees om in Brandwag te wees! Elmé van de Vyver & Nadene van der Mescht Die sesde Anibrandfees was vuur en vlam en weereens 'n reuse sukses. 'n Totaal van sowat 14 000 mense het die fees bygewoon. 'n Paar kunstenaars het hul opinies oor die fees met die Sêma'so gedeel: Willem Botha: “Dit is my derde jaar hier en dit raak net elke jaar beter en lekkerder. Ek geniet dit verskriklik baie en sê weereens dat die Oos-Kaap se mense die beste gees het.” Monique: “Hier is 'n gees wat ek by geen ander

fees ervaar nie en ek sien elke jaar uit om hier op te tree. Dit is aan die brand - die naam sê alles!” Lianie May: “Karen Basson is 'n wonderlike organiseerder.” Steve Hofmeyr: “Ek het 'n spesiale liefde vir 'n veldtog soos die Anibrandfees. Dit is iets wat klein begin het en elke jaar groei en wat nou 'n enorme fees is.” DJ Ossewa: “Ons word gewoonlik nie meer as een keer genooi na partytjies of plekke nie. So, Anibrandfees is “awesome” om ons elke jaar terug te nooi.”

Sotte en Matrieks gesels Jodie de Vos & Jamie-Lee McCarthy

gesê het dat ek dit maar mag afhaal. Wat was 'n verleentheid as sot wat jy nie maklik sal vergeet nie? Abby Lemmer (Feebie) In my NW klas by mnr. Terblanche. Barry het langs my gesit en Wat was jou eerste reaksie toe jy in Brandwag in gestap daar het 'n matriek seun die klas ingekom. Ons het gesels en het? toe ek wou sit, trek Barry die stoel onder my uit. Dit is 'n mooi skool en ek was vreeslik opgewonde. Almal het Is daar enige sot wat vir jou uitstaan en hoekom? ons as sotte gespot, wat 'n aanpassing was, maar dit was Ja, Margaux Burger. Sy is vir my ongelooflik oulik, 'n mooi snaaks. meisie en sy is altyd vriendelik. Hoe is hoërskool anders as laerskool? Is daar enige sot wat jy aantreklik vind? Daar is soveel kinders, meer volwasse, die klaswisseling en die Daniёl L?tter, beter bekend as groter terrein. Goliat word as mnr. Sot gekroon. Noddy. Hy's 'n regte towenaar. Watter geleenthede sou jy Het jy enige raad vir die sotte uitsonder en hoekom? Foto: Elmé van de Vyver vir die res van hulle Die atletiek. Dit was opwindend hoërskoolloopbaan? en 'n groot byeenkoms. Die optog Geniet elke oomblik. Neem was iets besonders. aan alles deel, woon alles by, Is daar enige van die matrieks maak nuwe vriende en moet waarna jy opkyk en as 'n goeie oor niks spyt wees nie. Onthou voorbeeld beskou? net om soms ook akademies te Marelize Clasen, beter bekend as verkeer! Charra, my matriek. Sy beteken baie vir my en ek wil graag soos sy Franco Meiring wees. Kan jy nog jou eerste dag as Het jy enige matriek-“crush”? 'n sot onthou? Ja, Brandon Fouché. Hy het baie Baie vaagweg, ja. Gelukkig mooi hare en oë en hy is was Heino in die skool en ek verskriklik mooi gebou! het hom maar rondgevolg. Ek kan ook onthou hoe Tyron Koen (Goliat) oorweldigend dit gevoel het om in 'n skool saam 950 ander Wat was jou eerste reaksie toe jy in Brandwag in gestap kinders te wees. het? Wat was 'n verleentheid as sot wat jy nie maklik sal vergeet Ek was baie opgewonde oor die skool, maar ek was redelik nie? skaam. Daar is net soveel meer kinders. My naam is Franco Meiring, NIKS stel my in die verleentheid Hoe is hoërskool anders as laerskool? nie. Daar is baie meer kinders. Daar is soveel meer geleenthede vir Is daar enige sot wat vir jou uitstaan en hoekom? 'n mens beskikbaar. Ja, Margaux Burger. Sy het 'n baie mooi persoonlikheid en Wat sal jy graag wil bereik op hoërskool? Ferdinand, haar broer, is my “homeboy”. As ek in matriek is, wil ek graag hoofseun word, want ek wil 'n Is daar enige sot wat jy aantreklik vind? voorbeeld stel vir al die ander kinders. Ja, Uys Conradie … Daar is 'n hele paar mooi gr.8's, maar ek Is daar enige van die matrieks waarna jy opkyk en as 'n het my grense (glo dit of nie). Almal is mooi op hul eie unieke goeie voorbeeld beskou? manier, ons almal kan tog nie supermodelle wees nie. Ja, my oom, Kaden Prince. Daar's nie 'n beter matriek as my Het jy enige raad vir die sotte vir die res van hulle oom nie! hoërskoolloopbaan? Het jy enige matriek-“crush”? Dis 'n cliché, maar geniet elke oomblik. Voor jy jou oë uitvee is jy Nee, maar Lisa Horn is vir my die mooiste matriekmeisie. in matriek en dan is alles verby. Probeer positief bly, al is dit soms moeilik, want negatiwiteit kry jou nêrens in die lewe nie – Marelize Clasen (Charra) inteendeel, niemand gaan met jou vriende wees as jy 'n "affer" Kan jy nog jou eerste dag as 'n sot onthou? is nie. Ja, die groot skool, al die mense en soveel klasse. Ek het die hele dag met my tas op my rug rondgeloop, totdat my broer


7 April 2014

Sêma’so gesels met nuwe onnies Juf. Smith Erin Ferreira

Som die ervaring wat Juffrou sovêr hier by Brandwag ervaar het in een woord op. Fantasties Wie het die grootste indruk op juffrou gemaak vandat juffrou by Brandwag is? Die kinders en onderwysers wat almal so vriendelik is. Dink juffrou Brandwag se sisteem werk en hoekom? Ja, absoluut. Brandwagters word verantwoordbaar gehou vir hul aksies. Daar is passie in die klasse en by die onderwysers. Almal gee om vir mekaar en mens kan sien dat die liefde hier uitstraal en dat dit 'n omgee-skool is. Watter van die vakke/klasse wat Juffrou gee, geniet juffrou die meeste? Ek geniet Engels omdat ek dit al vir jare gee, maar my passie vir Afrikaans is van vooraf opgewakker en ek geniet dit verskriklik om Afrikaans te gee. Waar het Juffrou studeer en in watter hoërskool was Juffrou? By die Universiteit van Johannesburg en ek was in Hoërskool Stoffberg in Brakpan. Wat is juffrou se stokperdjies? Ek hou daarvan om te hekel en ek is mal daaroor om te koop. Dis vir my lekker om te gaan stap en ek geniet dit vreeslik om tyd saam met my man en gesin te spandeer. Ek hou ook daarvan om by die wildtuin te wees. Noem een van Juffrou se sterkpunte en een swakpunt. Sterkpunt: Positief Swakpunt: Perfeksionisties

Juf. Nel Mikyla Mcleod

Som Juffrou se ervaring van Brandwag sovêr in een woord op. Glimlag Wie het die grootste indruk op juffrou gemaak vandat juffrou by Brandwag is? Ons goeie hoof Waar het Juffrou studeer en in watter hoërskool was Juffrou? Ek was op PUK in Potchefstroom en in Nico Malan hier agter die bult. Wat doen juffrou gewoonlik in Juffrou se vrye tyd? Ek vrek daaroor om in kwekerye rond te loop. Ek weet niks van plante af nie, maar ek weet wel hulle maak my gelukkig. Noem een van Juffrou se sterkpunte en een swakpunt. Sterk: Ek's ALTYD positief, of probeer. Swak: Ek's soms net te deurmekaar en ek stamp ten minste twee keer per dag 'n toon Hoe voel dit om getroud te wees? Dis so LEKKER om jou beste vriend die HEELTYD by jou te hê – en al is jy deurmekaar, is hy verplig om jou lief te hê. Noem een ding van Juffrou wat niemand hier by Brandwag sal weet nie.

BLADSY 7

Wat is die oulikste ding wat Juffrou se man al vir Juffrou gedoen het? Met my 40ste verjaarsdag het hy 'n week-lange wegbreek vir ons twee na die wildtuin gereël, sonder die kinders natuurlik. Op die dag van my verjaardag het 'n luiperd 'n rooibok langs ons kar gevang. Noem een ding van Juffrou wat niemand hier by Brandwag sal weet nie. Ek is verslaaf aan Earl Grey tee. Wat is juffrou se mikpunte en doelstellings vir juffrou se tyd hier by Brandwag? Om die beste te wees in dit wat ek doen en dat ek niks halfpad sal doen nie. Ek het 'n passie vir dit wat ek doen. Watter raad het Juffrou aan Brandwagters? Wees altyd positief, pak elke taak wat jy doen met passie aan en moet niks halfhartig doen nie. Wat is Juffrou se gunsteling Bybelvers en hoekom? Die hele Psalm 139. Dis fantasties om te weet dat God ons nooit alleen laat nie en dat Hy ons geken het nog voordat ons gebore is. Noem een van Juffrou se grootste drome. Om 'n Pina Colada uit 'n pynappel, onder 'n palmboom iewers op 'n tropiese eiland te drink. Volgens Juffrou wat is 'n goeie onderwyser? Iemand wat bereid is om te leer, wat 'n passie het vir wat hy of sy doen, wat bereid is om te erken as hy/sy verkeerd is, wat 'n deernis het vir probleme en iemand wat liefde vir mense het. Wat is Juffrou se gunsteling gereg? Sushi en enige Chinese kos.

Ek kon altyd sing, maar van te veel sing en my stem ooreis, kan ek nou glad nie meer nie. O ja, en ek hou baie min van diere, behalwe dalk 'n mooi perdjie. By watter sport gaan Juffrou betrokke wees en hoekom? Netbal, want 'n mens kan nie heeldag in kwekerye rondloop nie! Wat is juffrou se mikpunte en doelstellings vir juffrou se tyd hier by Brandwag? Om elke dag so vriendelik as moontlik te wees en almal 'n tweede kans te gee. En ek wil so graag hê kinders moet weer droom en nie net met tweede beste tevrede wees nie. God het almal gemaak met die doel om 'n verskil te maak. Wat is Juffrou se gunsteling Bybelvers en hoekom? Romeine 15:13. Dit staan in my ring wat my sussie vir my gegee het. Noem een van Juffrou se grootste drome. Ek wil graag eendag in 'n plekkie bly waar daar altyd seemeeue is. Dis my gunsteling ding om na te luister.


BLADSY 8

7 April 2014


7 April 2014

BLADSY 9


BLADSY 10

COUPLES OF THE TERM

7 April 2014

Die couple wat almal graag bymekaar wil sien ...


7 April 2014

VCSV is WARM Maryke Terblanche

Die VCSV was weer besig hierdie kwartaal. Sosiale geleenthede soos 'n piekniek, koffiekroeg en kamp, waar die Here se naam hoog gehou is, was hoogtepunte. 'Omgee' was hierdie kwartaal die tema by die VCSV. Brandwag se VSCV-lede het saamgewerk om die Anibrandfees se voedelprojek 'n reuse-sukses te maak. Blikkieskos en ander niebederfbare voedsel word elke jaar ingesamel om nood in die Uitenhage-omgewing te verlig. Die VCSV, onder leiding van juf. Landman, is ook betrokke by die verspreiding van die voedsel na waar daar nood is. By die VCSV-Kringleierskamp, einde Januarie, was die tema 'vrugte van die gees'. Gr.11's en Gr.12's het saam gaan kamp.

BLADSY 11

Eldi van Wyk het Sêma'so meer van die kamp vertel. "Ons is in spanne verdeel en elke span het 'n vrug van die gees verteenwoordig, byvoorbeeld liefde of vreugde. Ons het ook groepaktiwiteite gedoen soos huisies bou en vuur maak. Die praise and worship was ongelooflik. Dit het begin reën en almal het alles vir God gegee. Dit was 'n aand wat ons nooit sal vergeet nie.” Die piekniek wat begin Februarie op die B-veld gehou is, het die jaar se VCSV-bedrywighede vir die res van die leerders laat vlam vat. Al die VCSV-kringe het saam kom piekniek hou. Om die aand af te sluit, het elke kring 'n papierlantern, met hul name op, die sterre ingestuur. By die koffiekroeg, ook vroeg in Februarie gehou, kon Brandwagters die Here se naam prys met sang. Die seniors het 'n klein konsert opgevoer. 'n Sterk boodskap van naasteliefde en dat jy die Here in alles wat jy doen, moet ken, is uitgebeeld.

Sêma’so gesels met oom Frans en oom Henry Lauren Hayward en René Schonken

Loodgieterswerk is my gunsteling en ek hou ook baie daarvan om Die Sêma'so het 'n op die sportvelde onderhoud gevoer te werk. met oom Frans en Waar het Oom oom Henry om 'n v o o r h e e n bietjie meer uit te gewerk? vind oor wat hulle Ek was voorheen werk behels en wat in die weermag hulle vir Brandwag en na dit het ek vir doen. As julle nie die Brandweer geweet het nie, dié gewerk. Een dag twee is die kom ek op 'n nutsmanne en advertensie in die opsigters van koerant af vir 'n Brandwag en werk busbestuurder by altyd agter die Brandwag. Ek vat skerms om alles toe die werk en vlot te laat verloop. hier sit ek nou, Oom Frans heel gelukkig. Hoe lank werk Oom Frans Swanepoel en oom Henry Hayward. Foto: Lauren By watter Oom al hier? kattekwaadHayward Ek werk al kaskenades ongeveer 11 jaar by was Oom al Brandwag. betrokke? Wat is Oom se gunsteling werk? Eendag lank-lank gelede het ek in juf. Britz se klas se Om op die trekker te ry, want dit is altyd 'n 007-oomblik. dak gewerk, bo in die dak was daar 'n gat en ek het klein Waar het Oom gewerk voor Brandwag? stof-stukkies deur die gat begin gooi. Die kinders het Ek het 35 jaar by Telkom gewerk (nadat Alexander gou begin woel en juf. Britz het vinnig uitgeroep: Graham Bell die telefoon ontwerp het). "Watse klein papiertjies is dié?” Sy het geweier om die Sêma'so wil weet, as Oom die keuse gehad het om kinders te laat verdaag voordat die moeilikheidmaker Brandwag toe te kom , sou Oom? uitgekom het. Ja, daar is definitief genoeg meisies. Ek het ook al in die dak in juf. Du Toit se klas gewerk en Tokkelossie-geluide gemaak. Party kinders het baie Oom Henry bang geword en verskriklik begin skree. Hoe lank werk Oom al by die skool? Ek werk al omtrent 8 en 'n halfjaar hier. Wat is Oom se gunsteling werk?


BLADSY 12

Boodskap aan Brandwag Louise van Wyk

Oor die afgelope paar weke het Brandwag se netbalbane opknappings ondergaan en gevolglik gereeld buite perke. Alles goed en wel, behalwe dat dit heeltyd 'n massa-mens-verkeersknoop veroorsaak. Die gange word kleiner, mense weet nie meer die verskil tussen links en regs nie en die ergste van alles is as jy nie 'n voorsprong-aanval maak vir jou klas nie is daar geen manier hoe jy betyds gaan wees nie. Usain Bolt se vinnige voete kan nie eens hierdie rowwe roete baasraak nie. Hier's 'n paar wenke - of liewer, u word vriendelik verplig om die volgende reëls na te kom: 1. Hou links, gaan regs verby. Dis die goue reël al is

7 April 2014

Brandwag se spoedbeperking veel minder as 120km/h en die teer vervang met teëls is. Dié reël is steeds goudgeel en geldig. 2. As die klok lui, is die gange van Brandwag nie meer 'n rustige kuierplek nie, maar eerder 'n besige snelweg, dus moet die verkeer nooit tot stilstand kom nie. 3. Kyk voor jou en drafstap na jou klas. 4. Doen jou deel en kamoefleer. As jy voor jou klas staan, moet jy jou bes probeer om een te word met die muur. Gangspasie is beperk. 5. Neem jou mede Brandwagters in ag. Die dag sal kom wanneer jy ook met die spoed van lig by jou klas moet kom en op daardie dag sal jy dit baie waardeer as die verkeer vlot en vinnig beweeg.

#MUFFEL#SNUFFEL wees gewaarskie. muffel is nie vir sensitive readers nie. blaai dadlik om as j faynthearted is. exi mos nog nooit hie om gelike te wordi, exs hie omi dinge te se sosit is. kongrats met alml wati paal gehaal het. muffel se scandaalpaal nhe,, ni die ene wat sekere leerdirs uiti skoolbanke uit heti. viewer discression is adviced nha? lat ons begin deur te sé heppie newyears!? eke het djulle lekke gvang. dink eks weg, en dan isit #scandels4days. lyk vimy of ek yt gemis het to ek nie hier wasi. mufel sien juffrou goosen is weg en nou twak dat die chief ook waai? toe kom ek terug. djule kan mossi 3 trophys in a matter of a year verloor nie. di rededaksie het my darm back gewelcum met leke nuus? muffel het n tier opi skoolground gespot. welcom frank. sien net kwyl by vani ouer girls se mondhoeke as djy veby loop. aishhhh.jnsnvrnsbrg + vndr5r????? n single 1netjie die keer? ooooooooo jittekie! ons sien kruger heti neti interhouse gewen ni mar ook n blueharisonbaaiharkie. muffie wonder ofi graad9s + 10s dit approve? truthbetold muffel warry nie. Dan sien muffie 'n verliefde uzo ook.os is tog te bly uzokie.Wian en charisa is oek still going strong, mooi julle.p0ena het i gurl! Aaawww djy & @lana is tog te oulikies as jile so vroeg ini mori al begin vry! #p0ena#is#@lana#se#k0n!ng Dan is da ook n paar mensies wat sad2say gewai het afi branwageilandjie.which reasons ever// lyk vimy bio skrik die kinerjkies af..Die gras issi altyd groener nie. di 4kant kani groenr ni. Dit is oek die eerste keer in n lang tyd dat n transfer vanaf branwag na dp toe gemaak word, ma ons glo ons sal djou wee sien as djy graad 11 toe kom . baroness chara hukom is djy so tong ini kies? is oki jou eie kiesie, mayb mister cheetah sin byi 1st sokkikiki. die eike galas ravel uit hi na die einde se knt to. nedine jow rrt hwerk kan ma 4 wekies vodi tyd klaar is, mar jou manners tenor outhority loep agteryt. omTe se somma die onnies kani merki is lelik whu. Enii sotte? Hoe lykit jule vebaas ons.te oulik vi jille skoene. Muffie is ecxited om julekies te leer ken en skandalmakers te identify. Jile ruik nogals na potensial.fresh meat. Miffie likes. geliefte raadmaaitjies.oomonomnomnom julle maak my mant altyd xtra prowd.jha, gwoonlik mak julle ees %$% hier in agustus se koerse ma ekt altydgweet julles #overachevers. as muffi n stywe dop gehad het vi elke keer as n slvrin n kuierpplekie waswas eke nou al in my $%#^ in.haha leke in moelikheide. lyk my die vrydagogend vegaderings is nou some aa-konferences..na die uit%&#ery het di svrl somme n dop darop ook gedrink. gepraat vni vegaderingies. liewe srl ons vestaan die NB-heid is : senraad-personeel-junraad-janiterskakerotte-rommldromme-resvandiskool. ma tewyl julle so geselag is leewe di res vn ons matrieks ook.ons kan ook braais reel.oh en jule isi genooi nie. muffie sien arme neelsa en berrie se jakkets is noit mee hie ni.vgeet hule dit byi koshuis ? #lol Die tyd het oek nou gekom om te hoor hoe die raadjie bler oor ose blasers ini gange. Onthou maikies , dra tog die goed. Behalwe die afgeskoptte raads van lede,, jullekies is excxused. dit conclude muffel se gsnufel.muFEL het ook plekies om te wees mense om te sien en skannes om te maak! Tot n vlgene keer. wees stout.en gn naarakens oor muffie se revelasions nie.jule is mos nou moi groot. muffie hoop die kort vekansiekie was lekke. Muffie kan nie wag omi newse vani matriekse se agterna partykies te hoori! ontdou nou: You can run you ca hide but you cant escape da muffel.


7 April 2014

FOTOBLAD

BLADSY 13


BLADSY 14

7 April 2014

Kruger kraai koning Daniel du Plessis. Vanjaar se Interlaer Atletiek was nes al die vorige jare 'n groot sukses met baie pret! Die dirigente van elke laer het almal opgewonde gemaak met hulle interessante optogte. De Wet was die Griekse Gode. Retief het die skool behoorlik anibrand gedans en Kruger was oorspronklik met hulle nog-nooit-tevore taxi's en gumbootdanse. Brandwagters was behoorlik op hol en dirigente het als uitgehaal om te wys wie koning van die dag is. Tydens die twee dae van atletiek het sommige leerders die rekords laat spat, hulle is: Levert Pieterse (Kruger) het die seuns o.16 driesprong (13,46 m) asook die 110 meter hekkies (15:3) rekords verbeter. Lizandré Mulder (Kruger) het die meisies o.17 rekord in 3000 meter tot 12:34,2 verbeter. Yolandi Willemse (Retief) het die

meisies o.17-gewigstoot rekord tot 13,29 meter verbeter. Die meeste van die 2014-matrieks het weer vir byna elke item ingeskryf, maar nie met doel om rekords te breek nie. Eerder om te kyk hoe lekker hulle hulself kon geniet terwyl hulle die 100 meter stap, alles om hul laaste Brandwag atletiekbyeenkoms een te maak, wat onthou sal word. Deur die dag het atlete uitgestaan. Leerders wat nog nooit voorheen deelgeneem het nie, het selfs 'n nuwe passie ontdek. Die item wat vir die meeste opwinding gesorg het was verseker die verskeie aflos-items aan die einde van die dag omdat dit die laer wat wen, sou bepaal. Kruger het uiteindelik as oorwinnaars weggestap met De Wet kort op hulle hakke. Retief het dalk derde geëindig as dit by punte kom, tog het hulle in terme van spangees die titel as wenners verower.

Retief se spangees was aan die brand. Foto: K. Pienaar

Brandwagters is soos visse in die water Daniel du Plessis en Danell Bester Die jaarlikse swemgala wat vanjaar op 6 Februarie plaasgevind het, het nogmaals gewys dat Brandwagters soos visse in die water is. Dié dekade-lange tradisie het weereens vanjaar, nes die interlaer-atletiek tot vele genot en plesier onder deelnemende leerders gelei terwyl talle ander die aand as toeskouers geniet het. Die tellings was inderdaad naelskraap, maar De Wet het, soos in 2013, met die beker in die hand huis toe gestap. Talle het gedink dat die reënerige weer op die dag, die swemgala sou beïnvloed, maar die waterdruppels het geen ware Brandwagter weggehou nie. Water het behoorlik gespat soos wat vele leerders hulle swemtalent en soms dié gebrek daaraan, ten toon gestel het. Die swemgala was nie vir almal oor wen nie, vir baie leerders,

veral die matrieks was dit 'n geleentheid om nes 'n kind in die water te baljaar met hulle “tubes” en swemvlerkies, maar dis als die moeite werd aangesien dit hulle laaste swemgala by Brandwag was. 'n Mens leer elke dag iets nuuts en vir sommige leerders was die geleentheid soom 'n swemles ook. Soos gewoonlik is daar ook altyd gekroonde wenners. Die beste senior swemmers was Anike Grobbelaar en Erich Deysel. Die tweede beste senior swemmers was Marelé Stadler en Marcel Rademeyer. Die derde plekke het behoort aan Kayla-Lee McGregor en Gavin Hiscock. Die beste junior meisie was Mieke van den Bosch. Chanté Swanepoel was tweede en Margaux Burger derde. Die beste junior seun was De Wit Stadler. Damien Koopman was tweede en Karlo Pretorius derde. Die koshuis se swemmers het die aflos gewen.


7 April 2014

Koshuisklets

BLADSY 15

Alle hane op hok HANEKAM Llewellyn Janse van Rensburg Koshuislewe begin gewoonlik in Januarie met 'n “BANG”! Van die kospotte van Egipte, land 'n mens regtig in realiteit. Die Hane meet weer mekaar goed op die werf. Daar word op die werf gepronk om te kyk wie se spiertjies oor die Desembervakansie gegroei het, wie se hakskene rooi geword het en wie se kuifies regop staan. Die gepronkery was skaars klaar toe hoor ons 'n gepiep. Dis toe wraggies die jongeling-haantjies! Die aankoms vertel toe hulle eie storie: Goofie, Batman, Noddie, Barney en Chico the Clown, die karikature uit flieks loop toe heel voor, opgedress and nowhere to go! Onder elkeen se

arm dra hy toe 'n bydrae vir die koskas. Dit was 'n Mol, 'n sjieling en 'n Paal. Grote Goliat loop toe heelagter met 'n baksteen in sy sak, net ingeval daar moeilikheid êrens kom. Titan en Steve reël toe sommer op die grasperk voor Jakaranda 'n reuse "orgie" en toe eet almal lekker KFC! So is al die haantjies toe baie tuis. Na die lang vakansie het die drie neefs, Heinie, Pietie en Kwarra definitief die huis gemis en help hulle toe self aan 'n Playstation game. Ai, ai, ai, manne, maar nou lyk die studietafeltjies weer mooi. Verder is daar nie 'n groot geraas in die hoenderhok nie. Almal neem woes deel aan al die aktiwiteite en die koshuishaantjies swem toe die dorp se hoenders weg. Ons kraai nou nog van plesier. Die eerste toetsreeks is agter die rug en ons sal maar sien of die hane akademies goed gevaar het. Dat ons wel agter ons nuwe lessenaartjies sit, is 'n besliste, JA.

Jakkies-gees is groot JAKARANDA Elmé van de Vyver en Lurica Pasques

Wat 'n manier om die jaar op 'n hoë noot af te skop. Die rooi rebelle, groen kadette, blou brekers en purple people was op almal se lippe hierdie kwartaal, want gees en spanbou is een van Jakaranda se fokuspunte. Juf. Maritz het vir ons vermaak gesorg en 'n gala met 'n twist gereël by die dorpswembad. Daar het ons piekniek gehou en sosiaal verkeer. Die vure is aangesteek, tente opgeslaan en marshmallows gebraai, elkeen het gesorg vir 'n kampstoel en tent en heel aand het ons koshuisliedere gesing en avontuurlustig verkeer onder die sterre. Hierdie ervaring het almal 'n bietjie nader aan mekaar gebring. Ons is nie net avontuurlustig nie, maar ook sterk

akademies en sportief. Baie geluk aan Suné Hayward wat op die top 10 was asook aan Lisa wat gekwalifiseer het vir SA's, ook aan Jana, Morthira, Suzanne en Cayla wat net so goed presteer het tydens die atletiek seisoen! Ons is ook bevoorreg om vier sotte te verwelkom. Katot, Lammie, Bonkie en Coco. Baie welkom ook aan ander nuwelinge, Lizelle, Natasha, juf. du Preez en juf. AnneMari. Ons hoop julle voel sommer vinnig tuis hier by ons! Die liefde blom weer so vroeg in die jaar. Ons eie primaria, Leila, en Ollie lyk lekker verlief. Inge en Dévan het ook die skoot hoog deur, sowel as Erin en Kevin. Ons sien ook iets aan die broei tussen Lizelle en Ruan en Bronwyn en Dyllin staan nog sterk. Soos die matrieks se tyd min raak, begin die sotte met hul lang pad vorentoe. Sterkte aan hulle en al die ander. Mag dit 'n opwindende, avontuurlustige en besige jaar wees vol verrassings en nuwe uitdagings!

Koshuisreëls deur die oë van die Eike-Sotte EIKE Nadene van der Mescht en Lauren Hayward 1. Kom Woensdagmiddae altyd na vyf van die dorp af belangrike mense is nooit vroeg nie. 2. Trek voor die oop kamervensters uit - almal moet 'n uitsig hê. 3. Spring gerus op die beddens, metaal kan mos nie buig nie. 4. Vergader op mekaar se beddens na ligte-uit, hoe meer siele, hoe meer vreugde. 5. Lek jou bord uit, dis minder werk vir die kombuispersoneel. 6. Moet nooit jou mond met 'n servet afvee nie, die

tafeldoek is groter en hoef ook nie opgevou te word nie. 7. Sing kliphard in die stort tydens die toetsreeks, dit maak leer 'n fees! 8. Eet in die studiesaal, mense leer beter met die gefrommel van papiere! 9. Hou jou selfoon tydens studie, sê net jy doen 'n taak. 10. Jy hoef nie klere te bring nie, jy sal iets by iemand kan leen. 11. Moet nooit jou sportklere was nie - die reserwes s'n is altyd skoon. 12. As jy iets wil leen, sê dit is vir jou matriek – koffie is feitlik verseker. 13. Update jou status laat in die aand as jy een van die onderwysers op BBM het. 14. Vra onnodige vrae, dit wys dat jy darem ook af en toe dink.


PRIVATE ART COLLECTOR INTERESTED IN BUYING Anton OLD-MASTER Schonken OIL PAINTINGS PLEASE SEND A CLEAR PHOTO OF THE ARTWORK WITH DIMENSIONS TO: atsart1962@gmail.com

PLAY-SCHOOL AND AFTERCARE “Learning and Playing is Fun!”

39 North Street Uitenhage (Adjacent to College Hill Prep School) Tel. 041 922 5365

• Infants through pre-schoolers: • 4 months up to years & • aftercare for scholars up to 13 years • Planned Activities • Open from 7:05am – 17:30pm • Clean, Home-like setting • Fenced Yard • Balanced Meals and afternoon snack provided • Separate Play Area and Classrooms • Open during school holidays

Extra activities offered: Experibuddies Monkeynastics Weplay (Ball skills) Kindermuzik Aqua stars swimming

ENCOURAGING DEVELOPMENTAL GROWTH THROUGH A LOVING AND SAFE ENVIRONMENT

For more information contact Karen 0419225365

GRAZO

T/A VERNDETTE AIR TECHNOLOGY

Madelyn de Vos 082 735 7596 Tel: 041 991 1500 Fax: 041 991 0676 E-Mail: grazo@mweb.co.za Fax to E-mail: 086 211 77 28 P.O. Box 3130 Riebeeckheights 6230

1 Kruisrivier Road Uitenhage Industrial South Africa

RIVERSIDE CONSTRUCTION & MAINTENANCE

DAJEES Suppliers of:

Hardware - Engineering Tool - Paint - Electrical

VAT REG. NO: 4200161802

15 BELL STREET / P.O. BOX 1959 / 6230 CELL: 0825660199 - JOHAN PHONE: 041-9921171 FAX: 041-9926179 jgluiters@absamail.co.za

78 Durban Street, Uitenhage, 6229 Tel: 041 - 9958 300 / 9922 609 Fax: 041 - 9922 921

CODED WELDING, CONSTRUCTION WORK, PIPE INSTALLATION, MACHINE RELOCATION, ERECTION OF MASTS & TOWERS, CIVIL WORK AND PREPARATION FOR INSTALLATION OF MASTS TOWERS, PAINTING, FENCING, PALLET REPAIR, HIRE OF ARTISANS & LABOURERS, DUCTING, CONSTRUCTION OF NEW ROADS, MAINTENANCE AND REPAIR OF ACCESS ROADS

• We offer all Beauty

G P VAN RHYN MINNAAR & KIE

Barklystraat 23 041 922 0505

Treatments • Facials, Waxing, Tinting, Manicures, Paraffin Pedicure, Gel & Dip Acrylic Nails, Luxury Massages & Body Treats • Hair Colour Cut Blow Wave Beauty Treatments done by Cindy Victor & Talana Vosloo • Hair done by Lourika

Prokureurs prokureurs

*Prokureurs*Transportbesorgers* *Boedelberedderaars* Tel. Nr. 5 Lyne: Fax Nr: Docex:

041-9229124 041-9921941 5

Rhymin Gebou, Republiek Plein Posbus 192, Uitenhage, 6230


Sêma'so 2014 Kwt 1