Page 1

18 Oktober

2013

Uitgawe 6

MATRIEKBLAD

Foto: E. Roux


Natalie Abrahams Iets wat ek altyd sal onthou van Brandwag is hoe opwindend dit was om hier te begin. Ek sal nooit die “moet my nie teleurstel nie” -uitdrukking op die onderwysers se gesigte voor die begin van ʼn toetsreeks of die “ek is trots op julle” of “julle kon beter doen” daarna vergeet nie. Die ongelooflike matriekafskeid op die berg Olimpus was ook onvergeetlik. My droom vir die toekoms is om ʼn beroemde mode-ontwerper te word, so watch this space. Die band van grys en groen het die grootste indruk op my gemaak. Dit het my waardes, respek en liefde vir ander geleer. Dit is wat ons as ʼn skool tot ʼn eenheid bind. Dit is ongelooflik hoe ons as ʼn skool saam staan en mekaar ondersteun. Ons bure kan beslis ʼn ding of twee by ons leer. My boodskap aan die leerders is geniet elke oomblik, die tyd vlieg verby. Maak herinneringe en soos juf. Duvenhage sê alles het ʼn tyd, beplan net goed. Aan die personeel, julle was wonderlike raadgewers en het ʼn groot impak op my lewe gehad. Moet nooit verander nie.

Curtly Adams Iets wat ek nooit van Brandwag sal vergeet nie is Timy en Bobos se stemme en die grappies wat ons gemaak het. Ek sal altyd my vriende en die “Great Escape” onthou. Die sokker op die B-veld in gr.8 asook my vriende wat voor matriek klaar gemaak het of na ander skole toe is, sal nooit vergeet word nie. Ek gaan volgende jaar ingenieurswese by ’n kollege studeer. My drome vir die toekoms is om sukses te behaal in alles wat ek aanpak en gelukkig te wees. Ek wil skatryk wees en elke dag van die week ’n ander motor ry. Die onderwysers hier het almal hulle spesiale kenmerke wat ’n groot indruk op my gemaak het. Juf. Goosen was soos ’n ma vir almal en mnr. M. Meyer het my baie van die lewe en geskiedenis geleer. Mnr. Koekemoer se woorde sal nooit vergeet word nie: “Hou matigheid voor oë” en mnr. De Vos wat alles in sy vermoë gedoen het vir almal om te slaag. Aan almal wat agterbly, wil ek sê: waardeer die skool, daar is nie ’n beter een nie. Moet nooit van die “Great Escape” vergeet nie en laat die onderwysers dit saam met julle doen. Werk hard, want dit kan baie deure vir jou oopmaak en onthou ook altyd om respek te betoon.

Nats

Cubbe Zani Alberts

Ek sal altyd my vriende, die vreemde gesprekke in die kunsklas en skelm gegiggel in die skeinatklas onthou. Ek sal ook nooit die matrieks se breek met tradisies en die Brandwag-gees vergeet nie. Ek gaan volgende jaar argitektuur by NMMU studeer. Ek wil graag gelukkig wees en hoop om eendag die wêreld te sien. Ek is selfs bereid om al my geld op ’n vliegtuigkaartjie Italië toe te spandeer en nooit weer terug te kom nie. Juf. Roux se omgee en motivering het my deur die jaar gekry en die filosofeer in die kunsklas het my geleer om met ander oë na die wêreld te kyk. Dankie aan die onderwysers vir die moeite met die matrieks en aan die Brandwagters: geniet elke oomblik. Wees wie jy wil wees en moenie bang wees om voluit te gaan vir wat jy wil bereik nie. Zaantjie

Simoné Barkhuizen Ek sal al my mal vriende en die koshuis onthou. Die koshuis het my geleer om selfstandig te wees en die geleentheid gegee om alle funksies by te woon. Ek sal nooit die band van grys en groen of sokkies, koffiekroeë en atletiek vergeet nie Die dag toe ons almal stom was in juf. Meyer se klas was ook onvergeetlik. My drome vir die toekoms is om suksesvol te wees en om alles te bereik wat ek graag wil. Ek wil ook graag gelukkig wees saam met die mense wat die meeste vir my beteken. My vriende, Lizinda, Deidie en Beanca, het die grootste indruk op my gemaak. Juf. Roux waa altyd daar om te luister of om iets reg te maak. Die ander onderwysers het ook elkeen ’n belangrike rol gespeel. My boodskap aan almal wat agterbly, is net om elke oomblik te geniet. As jy jou oë uitvee, is dit verby. Moet ook nie gou tou opgooi nie, hou vas tot die einde. Ek wens ook sterkte toe aan julle almal. Zillo.

Petro Badenhorst Ek sal altyd my mal pêlle onthou en hoe die seuns ’n gewone pouse vinnig interessant kon maak. Ek sal die stoep-oorneming, wat van ’n flop na pret verander het, altyd onthou en ons matriekafskeid waar al die meisies hulle blom-oomblikke gehad het. Die 40days se bont PJs en mnr. Meyer se grappies by vierkantopening is onvergeetlik. Volgende jaar gaan ek grondslagfase onderwys by Stellenbosch studeer of ’n fotografiekursus by NMMU doen. Ek vat elke dag soos dit is en droom nie te veel, maar net soos almal wil ek ook suksesvol wees, met mense wat vir my omgee en lief is. Juf. Roux het ’n groot indruk op my gemaak omdat sy altyd daar was vir my en soveel moeite gedoen het. Sy's wonderlik en het ons altyd laat lag in die klas. As dit nie oor die rekenaar was nie, was dit oor die "pillow”. “Love you, Ms Roux.” My vriende was altyd daar vir my. Mnr. von Willigh was altyd daar vir hulp met probleme en was ’n wonderlike hokkieafrigter. Al was hy nie my afrigter nie. Sy goeie raad en impak op my hokkie het baie beteken. Moenie van jou ware vriende vergeet nie, hulle dra jou. Moenie dat jou vriende jou verander nie, jy is perfek net soos jy is. “Rather be hated for what you are than be loved for what you are not.” Vlam Chantel Barnard Ek sal die mense en hul dramas definitief die meeste onthou. Die matrieks van 2013 was nou wel 'bad luck' maar dit was op die ou einde een van my beste jare. Die stoepoorneming, 40 days en die Classic Clash is die dinge wat my gaan laat verlang na Brandwag. Ek gaan volgende jaar B.Ed. grondslagfase onderwys by NMMU studeer. Ek droom om met goeie uitslae my graad te kry en om dan 'n suksesvolle, 'fun' juffrou te wees. Terwyl ek onderwys studeer wil ek deur UNISA vir binnenshuise ontwerp studeer. Daarna sal ek maar sien wat die toekoms vir my inhou. Juf. Roux het die grootste indruk op my gemaak. Sy sê altyd: “As die emosie styg, daal die IK”. Dit is die reine waarheid en ek wens ek het dit vroeër in my skoolloopbaan geweet, maar ten minste kan ek dit nou in die toekoms toepas. My raad aan dié wat agterbly, is om alles te geniet terwyl jy kan. 'n Mens is so gefokus op ander dinge dat 'n mens nie agterkom hoe tyd vlieg nie. Ek hoop dat geeneen van die onderwysers ooit sal verander nie, want hulle karakters het ons oor die jare so gefassineer. Tella

Nandie Bartman Ek sal die dramas en gebeurtenisse tesame met die harde werk en pouses se kuier altyd onthou. Dit is alles deel van skoolkind wees en ek sal altyd die wonderlike herinneringe in my hart koester. My droom is om ’n narkotiseur te wees. Ek wil dan graag mediese hulp bied aan dié wat dit nie kan bekostig nie. Ek wil as't ware 'n seën wees daar waar ek gaan werk. My besonderse vriende het die grootste indruk op my gemaak. Hulle het my bygestaan deur dik en dun en ek sal altyd dankbaar wees vir sulke goeie vriende. Juf. van der Walt het ook ’n groot indruk op my gemaak. Ek het baie by haar geleer en sien haar as 'n uitstaande onderwyser. Juf. Koekemoer en juf. Roux se moederlikheid het ook baie vir my beteken. My boodskap aan dié wat agterbly, is om elke oomblik te geniet, jou beste te gee en te gaan vir goud! Wees geseënd, sodat jy kan seën. Onthou ook: jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee.

Lindie Basson Ek sal altyd my vriendinne se lekker geselsies, saam lag en huil onthou. Juf. Hattingh se gestres voor restaurant-aande sal ek ook nooit vergeet nie. Ek gaan volgende jaar verder studeer vir event management, maar deur die dag gaan ek werk. My droom is om 'n sukses van my lewe te maak, 'n goeie werk te hê en vir altyd met my vriendinne in kontak te bly. Juf. Hattingh was een van die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, aangesien sy ons altyd gemotiveer het om 'n sukses van ons lewe te maak en alles perfek te doen. Juf. Basson is ook baie na aan my hart. Sy is soos 'n tweede moeder wat my altyd moed inpraat en daar is vir my. My vriendinne is ook altyd daar vir my as ek hartseer is. Love you, girls. My raad aan die wat agterbly, is om hard te leer om ten uiteinde die vrugte daarvan te pluk. Die onderwysers se liefde en aandag sal altyd in my gedagtes bly. Ek is baie lief vir juf. Hattingh, juf. Basson en juf. Roux.

Chantelle Basson Ek sal altyd die band van grys en groen onthou die trots wat daarmee saamgaan om te kan spog en erken dat jy deel is van die Brandwag-band. Die dinge wat ek ook sal onthou, is toe ons die DVD gemaak het om die skool se 75ste verjaarsdag te vier, die rugbywedstryde, die gees by die Classic Clash asook my hoogtepunt die jaar, die matriekafskeid. Ek wil volgende jaar grondslagfase onderwys studeer aan Kovsies. My droom is om suksesvol te wees in my werk en alles tot die beste van my vermoë aan te pak. Ek wil 'n goeie, gesonde lewe hê met 'n huwelik waarin ek 'n goeie vrou vir my man en ma vir my kinders kan wees. Die onderwysers wat 'n indruk op my gemaak het, is te veel om te noem. Almal is wonderlik, maar wie vir my uitstaan, is mnr. Koekemoer. Ek was gaande oor my geskiedenisklasse by hom. Hy was altyd sarkasties en snaaks, maar op 'n ernstige manier. Mnr. von Willig het altyd mooi woorde en raad gegee en geselsies aangeknoop. Juf. Roux gee baie om en is lief vir die gr.12's. My vriende het natuurlik ook 'n indruk op my gemaak: Annie en Mila het gesorg dat daar nooit 'n "dull" oomblik was nie. My boodskap: Stof jouself af as jy val, want die lewe gaan aan. Maak foute en leer daaruit. Chanelle Beauzec Ek sal altyd tweede pouses se biduur saam met mnr. Von Willigh onthou. 'n Mens kon altyd met hom praat oor jou probleme en hy sou luister. Pouses se lag en gesels saam met vriende sal ek ook nooit vergeet nie. My geskiedenis-periode by mnr. Meyer het my dae gemaak. Ek wil graag volgende jaar onderwys deur UNISA studeer. Ek gaan ook saam met my kerk reis na Indië. Ek glo ek moet nog God se plan vir my lewe ontdek. Die onderwysers wat vir ons gepreek het om hard te werk om 'n goeie toekoms te bou, het die grootste indruk op my gemaak. Ek kan opreg sê dit het vasgesteek.

Linds

My raad aan die wat agter bly, is om die tyd wat jy in die skool het, te geniet en die beste daarvan te maak. Ek het my hoërskooljare om gewens, maar toe kom die einde vinniger as wat ek kon glo. Ek wil die personeel aanmoedig om aan te hou met die harde werk. Dit is immers deur julle werk dat ek nou in matriek is. Dankie!

Nicole Beckett Ek gaan al my goeie tye, herinneringe saam met my vriende en die onderwysers onthou. Ek sal ook nooit die skool se band van grys en groen vergeet nie. Ek gaan onderwys vir laerskool kinders deur UNISA studeer.

Ek sal definitief nooit gasvryheidstudies se restaurantaande, die goeie onderwysers en my vriendinne se liefde en ondersteuning vergeet nie.

Chené Bester

Ek gaan volgende jaar grondslagfase onderwys by NMMU studeer. My droom is om eendag kinders te onderrig tot die beste van my vermoë, altyd nuwe dinge te leer asook respek te verdien. Ek sal ook graag eendag 'n skoolhoof wil wees. Juf. Roux, juf. Hattingh en mnr. Du Plessis het die grootste indruk op my gemaak. Ek sal juf. Hattingh altyd onthou vir die restaurantaande, juf. Roux se ondersteuning, geduld en liefde en mnr. Du Plessis as die beste Afrikaansonderwyser.

My drome vir die toekoms is om 'n suksesvolle laerskoolonderwyser te wees en ek wil 'n verskil maak in die kinders se lewens deur hulle goed op te voed. Juf. Conradie het die grootste indruk op my gemaak, want van die eerste dag af het sy my altyd aangemoedig om altyd die beste van my vermoë te gee. Ma'am, soos almal haar ken, was altyd daar vir my toe ek deur moeilike tye gegaan het. Sy was soos 'n tweede ma vir my en het dit altyd reggekry om 'n glimlag op my gesig te sit, maak nie saak hoe sleg my dag was nie. Ma'am het my ook baie geïnspireer gedurende my loopbaan in Brandwag. My boodskap aan leerders is om altyd Brandwag se band van grys en groen te versterk en ook om jou onderwysers te respekteer, want hulle loop altyd die ekstra myl.

My boodskap aan die leerders is om jou tyd te geniet by Brandwag en maak die beste van elke oomblik, want voor jy jou oë uitvee, is dit verby.

Nixi

Ester Bester Daniël Bezuidenhout

Ek sal altyd die goeie tye saam met vriende onthou, asook al die moeite wat die onderwysers ingesit het om my te help suksesvol wees. Ek gaan volgende jaar vir 'n konstruksie-bestuurder by NMMU studeer. My droom is om my eie onderneming te begin en in Pretoria gehuisves te wees. Mnr. Hurter en mnr. Van Kampen het die grootste indruk op my gemaak. Hulle het altyd die feite van die lewe uitgehaal en het goeie raad gegee. My boodskap aan die leerders: geniet skool, ek het skool om gewens, maar soos ek die einde nader, besef ek dat ek dit gaan mis – behalwe die dom reël oor hare. Dano

Marand Blaauw Al die goeie en mal tye en die gr.8-sokkie waar ons moes aantrek volgens die letter waarmee jou naam begin, sal ek nooit vergeet nie. Ek sal die Brandwag-gees altyd onthou. Ek sal nooit die dag vergeet wat mnr. M. Meyer ons in gr.8 vertel het dat die wêreld in 2012 gaan eindig nie. My matriekjaar sal ek altyd onthou en ek wens elke matriek alle seën toe – Timmo, Mella, Lezo, Cubbe, Bra-V en Danny. Ek gaan by NMMU studeer. My drome vir die toekoms is om 'n groot sukses van my lewe te maak, 'n goeie werk te hê en onafhanklik te wees. Ek wil 'n suksesvolle prokureur word met my eie huis en kar en ek wil al my 12 kinders Brandwag toe stuur. Juf. Goosen het 'n groot indruk op my lewe gemaak alhoewel ek net in gr. 8 en 9 by haar klas gehad het. Sy was altyd 'n moederfiguur vir my (Mamma Gemorsie). Juf. Koekemoer het ook 'n baie groot indruk op my gemaak, sy het ons altyd gehelp en bygestaan in die wiskunde geletterdheidsklas en ons het ook op dae wat dit koud was 'n lekker koffie in haar klas geniet. Dis regtig 'n groot voorreg om in Brandwag te wees. Die skool sal jou vêr bring as jy jou beste gee. Leerders: gryp elke geleentheid, moenie opmors nie, werk hard tot die einde en wees 'n dienswillige dienaar. Mibo


Trudine Blaauw Ek sal altyd die wonderlike onderwysers, die goeie gees en natuurlik die band van grys en groen onthou. Ek sal my goeie tye in die wiskundeklas saam juf. Loock onthou: Ek is haar bruin broodjie of moet ek sê top-deck broodjie. Die wonderlike raad van my gunsteling onnie, mev. Scheepers sal ek nie vergeet nie, asook die beste geskiedenisonnies: mnr. Koekemoer en mnr. Meyer. Ek gaan volgende jaar maatskaplik by NMMU studeer of ek gaan dalk weermag toe en hulle 'n bietjie touwys maak. My droom is om klaar te studeer, 'n goeie beroep te betree en suksesvol daarin te wees. Ek wil ook graag die mense help wat my grootgemaak het en net 'n wonderlike lewe hê met Christus aan my kant. Juf. Scheepers is natuurlik die onnie wat die grootste rol in my lewe gespeel het omdat sy altyd raad vir my gehad het en my gehelp het waar sy kon. Sonder haar sou ek nie my skoolloopbaan kon voltooi nie. Juf. Loock het my altyd moed ingepraat en gesê dat ek kan. Dankie, Juffou, ek weet nou ek kan. Geniet julle skoolloopbaan ten volle, have fun, don't let anyone tell you that you can't. “Do your best and God will do the rest”. Trudi Popz Susan Botha Ek sal altyd die “awkward” oomblikke in Engels, die Vrydagtoets in Fisiese Wetenskappe, juf. Britz en haar kort periodetjies en die stoepoorname en al die dramas wat daarmee gepaard gegaan het (te veel om te noem) onthou. Ek gaan volgende jaar begin met 'n B.Sc.-graad en hoop om oor 4 jaar my B.Sc. Honneurs in Biochemie by NMMU te voltooi. My drome is om 'n doktersgraad te voltooi en betrokke te wees by top navorsingsprojekte rakende kanker of MIV/VIGS. Dit is moeilik om te kies wie die grootste indruk op my gemaak het. Al my onderwysers het 'n indruk op my gemaak, maar veral juf. Conradie, by wie ek vir 5 jaar Engels gehad het, asook mnr. Baxter wat my liefde vir chemie help vestig het. “There is a time and a place for everything.” My boodskap is dalk dieselfde as vorige jare, maar soos ek matriek ervaar het, het die raad waar geword: Gryp elke geleentheid aan, want hoërskool, veral gr. 12 vlieg.

Christo Boshoff Ek sal altyd die goeie tye saam met al my vriende gedurende pouses onthou en ook al die civviedae waarop ons altyd handuit geruk het. Ek gaan volgende jaar op 'n skip werk vir 'n paar maande en die jaar daarna begin studeer. Ek droom daarvan om eendag my eie huis, kar en werk te hê en ook 'n ongelooflike mooi vrou waarvoor ek wil sorg. Ek wil graag eendag op Plettenbergbaai woon. Mnr. von Willigh het 'n groot indruk op my lewe gemaak. Hy het my al meer as te veel kanse gegee met my PAT fase 2 en steeds my elke periode geïnspireer met sy Bybelversies. Juf. Conradie se klasse sal ek die meeste mis omdat ons haar totaal en al mal gemaak het, maar sy steeds 'n glimlag op haar gesig het. Ek sal altyd die band van grys en groen onthou en al my vriende. Die verhoudings wat ek oor die jare met die onderwysers opgebou het, sal ek baie mis. Een ding wat ek nie sal vergeet nie is al die meisies wat my hart gebreek het. Ek wil ook net sê dat ek nooit vir Logan Laas wil verloor nie. Stifler Tia Botha Ek sal onthou: Ma'am se muffins; Shakespeare, wat ek gehaat het; die klaspartytjies; Vis; die matriekafskeid; die ski en melk steel in die koshuis; my en Zani se brand-blusvermoë, die "uit my maag uit lag"; juf. Meyer wat my altyd van diefstal beskuldig het, die rokers se codename vir die raad; die amazing vriende; balle; weird name vir mekaar; die ongelooflike geleenthede; naweke by koshuismaats; die gr.12B-Engelsklas en dat ek al my doelwitte bereik het. Ek gaan volgende jaar B.Ed. intermediêr by US studeer. Ek wil suksesvol en gelukkig wees. 'n Walk-in closet met skoene en juwele kan ook werk! Ek wil in die Kaap bly en “Tia's Treats” in Stellenbosch oopmaak. Ek hoop dat ons koshuis-beloftes, oor mekaar se troues, waar sal word. Ek wil reis en trou. Baie mense het 'n indruk op my gemaak: Die 2de hokkiespan se oomblikke, Ma'am se speech in gr.8 en ons English HL-klas met al sy quotes, skinderstories en geselsies het my dae gemaak. Dankie aan al my onnies. Dankie ook vir Anja, Dané, my sot, Inge, Incke, Bekkie, Elandré, juf. Von Willigh, juf. Huisamen, die dae wat ons nagereg in die koshuis gekry het en my kjind: Carla Dodd. Neem baie foto's. Vertrou op die Here. Bly kalm en erken dat Hy God is.

Jo-Anne Bothma

Jolene Bothma

Die tyd wat ek in Brandwag deurgebring het, is seker die beste jare van my lewe. Ek sal altyd die mal tye saam met my mal vriendinne onthou, die vier Bothmas saam is onmoontlik! My drome vir die toekoms is net om eendag suksesvol en gelukkig te wees. Mnr. Van Kampen het die grootste indruk op my gemaak. Hy was altyd vir my 'n inspirasie. Hy het nog altyd lekker oor die weg gekom met die matriek LO-groep. Hy was altyd goed voorbereid en het altyd net goeie raad gegee. Ek het baie geleer uit die besprekings wat ons in sy klas gehad het. Dankie, mnr. Van Kampen. Aan julle wat agterbly in Brandwag, ek wil net vir julle sê: tyd vlieg. So doen alles tot die beste van jou vermoë en maak die beste van jou skooljare. Mnr. von Willigh, ek gaan Meneer baie mis, veral Meneer se grappies en sarkasme. Juf. Basson, Juffrou was nog altyd my gunsteling Dankie vir 'n wonderlike 2 jaar saam en dat Juffrou Engels altyd interessant en pret gemaak het. Ek gaan Juffrou en Juffrou se heerlike koffie baie mis!

Ek sal altyd ons vriendinne, 40 days, stoepoorneming, die rondlopery en die Bothmas en Botma onthou. Ek gaan volgende jaar boer. My drome is om suksesvol te wees en om business management te studeer. Mnr. van Kampen met die mooi arms het die grootste indruk op my gemaak. Ek sal hom en die bank-klas nooit vergeet nie. Hy het my gemotiveer vir die toekoms. Bly in gr.8, moenie oud word nie. Wanneer jy jou oë uitvee, is jy in matriek. Tyd vlieg so vinnig. Respekteer die onderwysers, hulle help jou baie deur die jaar, veral juf. Roux. Jola

Jojo

Corné Botma

Carlo Büchner

Ek het die beste keuse gemaak toe ek Brandwag gekies het. Ek het die beste vriendinne ooit ontmoet en ons is al deur dik en dun. Dit was fantasties om as matrieks iets saam te kan doen. Al die eer aan die onderwysers wat in my geglo het.

Wat ek altyd van Brandwag sal onthou, is die lekker gees, veral by die rugby op Saterdae. Ek sal ook die wonderlike vriende en vriendinne wat ek gemaak het, onthou.

Volgende jaar gaan ek by BUCO werk. Eendag wil ek 'n klere-ontwerper word, maar alles sal met tyd kom. Enige vrou se droom is 'n groot huis en 'n mooi kar.

Volgende jaar gaan ek op Kovsies B.Sc. veekunde doen. Ek wil graag eendag 'n veearts word en oorsee gaan werk om ondervinding op te doen.

Die onderwyser wat my inspireer het, was juf. Roux. Sy het vir my gevoel soos 'n ma. Sy het ons altyd aangemoedig om nie op te hou leer nie.

Almal was baie vriendelik en dit was lekker om in 'n skool soos Brandwag te wees. Dankie aan al die onderwysers wat my gehelp het om te kom waar ek nou is. Dankie ook aan al my vriende wat my deur die jaar bygestaan het.

My raad aan die leerders van Brandwag is: geniet skool, maar leer wanneer jy moet. Maak jou merk. Dankie aan die personeel dat julle met ons opgeskeep sit.

My boodskap aan Brandwag is Fil. 4:13 en: “Anything in the world is possible because God can do the impossible.” Doen net jou beste! Gymmie

Shanéad Camoetie

Cedlyn Christoffel

Ek sal die gelag van pouses wat deur die hele bomskuiling getrek het, onthou. Van gr.8 - 12 was dit altyd vir my 'n veilige vesting. Ek sal altyd die daaglikse stryery met Malcolm onthou. Nie een van ons wou verkeerd wees nie.

As daar iets van Brandwag is wat ek altyd sal onthou, is dit die band van groen en grys. Ek sal nooit my Engelse klas by ms Conradie vergeet nie. Die argumente tussen my klasmaats en die twee Kaylin's.

Volgende jaar wil ek as 'n au pair werk. Daarna wil ek 'n diploma in media studies by Boston House Media doen. My droom is om oor 6 jaar op televisie Hectic-nine-9 aan te bied.

Ek gaan volgende jaar verpleging studeer. Ek wil 'n verskil maak in mense se lewens en wil ander mense bystaan wanneer hulle iets nodig het.

Juf. Duvenhage het die grootste indruk op my gemaak. Behalwe al die uitskryfwerk wat sy gegee het, het ek ook 'n mentor gekry. Sy het my geleer dat goed genoeg, nie goed genoeg is nie, maar net die beste is goed genoeg.

Ek sal altyd mnr. Terblanche onthou, want daar was nooit 'n dag wat hy nie geglimlag het nie en hy het altyd alles vinnig gesê en gedoen. Hy sou my altyd roep en sê: “Julle moet kies.” Na die tyd vra hy: “Hoe stel sy nou weer op?” (Geheim tussen ons.)

My boodskap aan Brandwag is: ongeag hoe eenvoudig jou droom is, jaag dit na. Eendag sal jy besef hoeveel kanse jy gemis het. Nicki / Minaj / Naytjie

Cedta

Bly kalm, want jy is in Brandwag.

Mieke Conradie

Lizinda Cox

Wat ek die meeste sal onthou, is mnr. Morné Meyer se grappies en sy koue klas. Ek sal onthou hoe ek so lekker gelag het vir sy grappies. Ek sal ook 40 Days onthou toe al die matrieks pajamas aangetrek het. Die matriekafskeid was ook vir my 'n hoogtepunt.

Om in 'n skool soos Brandwag te kon wees, was 'n groot eer. Die band van groen en grys is 'n baie sterk tradisie en ek is Brandwag ewig dankbaar vir wonderlike vriende en onderwysers.

Ek wil volgende jaar in Wellington grondslagfase onderwys gaan studeer. My droom is om eendag oorsee te reis.

Ek gaan volgende jaar B.Com rekeningkunde by NMMU studeer en ter selfde tyd by 'n ouditfirma werk. Ek wil 'n geoktrooieerde rekenmeester wees.

Ek sal altyd juf. Goosen se baie mooi persoonlikheid en haar blikkieskos- en sente-insamelings onthou.

By 'n skool soos Brandwag is daar baie mense wat 'n indruk gemaak het, veral juff. Currie, Marais en Huisamen. Hulle was soos ma's en het my altyd gemotiveer om tot die beste van my vermoë te presteer.

Ek wil graag vir elke Brandwag-leerder sê: Leef voluit en geniet elke oomblik in jou skoolloopbaan.

Wees altyd trots om 'n Brandwagter te kan wees en hou die skool se naam hoog. Dit is nooit te laat om jou houding oor akademie te verander nie. Gee jou bes en God gee die res.

Mieks

Lizzy Elandré Crouse

Zenobia Cumberlege

My hoogtepunt in Brandwag was beslis die 3 jaar in die eerste span. Ek sal die band van grys en groen vir die res van my lewe onthou en ek dra my Brandwag-trui met trots. My vriende het elke oomblik vir my lekker gemaak.

Ek sal onthou hoe die onderwysers gestres het dat ek dit nie gaan maak nie omdat ek so stout was. Hulle het my gedruk sodat ek hier kan wees.

Ek gaan volgende jaar elektriese ingenieurswese studeer. Ek wil graag sukses behaal en eendag as ek terug kyk wil ek trots wees op hoe ek my lewe leef. Ek sal altyd mnr. Terblanche onthou. Hy is jonk van gees en altyd 'n grapjas.

Volgende jaar gaan ek 'n ruk op my pa se nek lê en elke dag die huis skoonmaak. Ek wil 'n lugwaardin word, plekke sien en mense ontmoet, want ek was nog nooit uit die Oos-Kaap nie. Wie ek sal onthou, is: mnr. Koekemoer, wat vir my soos 'n pa was en mnr. Van der Westhuizen omdat hy soos die cool broer is wat ek nooit gehad het nie. Ek sal ook onthou ek en Nadine kon elke pouse aaneen praat oor niks.

My boodskap aan Brandwag is geniet dit en moenie agter raak met jou werk nie. Crouse

Leerders, gedra julle van die 1ste dag af. Hou jou naam hoog, want dit kan maklik val. Onderwysers, moenie te hard wees op die stoutes nie. Hulle sal later self leer uit hul foute. Nobie


Marguerite Curtain Van al die wonderlike dinge en al die duisende goeie ervarings by Brandwag sal ek my verwelkoming hier nooit vergeet nie. Ek het voorheen daarvan gehoor, maar toe ek Junie 2011 hier kom, het die leerders die storie oor die warmte, liefde en die band by Brandwag bevestig. Ek het onmiddellik tuis gevoel. Tans lyk dit of ek akademies by Stellies gaan verkeer. My droom is om … is this a trick question? Wat ek sal onthou: juf. Roux se advies, liefde en manier om die kru feite en realiteite van die lewe op 'n mooi manier bekend te maak; juf. Basson en haar manier om my altyd te verstaan. Ek sal ook nooit enige van mede-matrieks vergeet nie, want by elkeen van julle het ek iets geleer, al was dit iets eenvoudig. Margie

Jillian Daniels Die naam Brandwag gee my nog altyd hoendervleis. My gr.11- jaar was vir my uiters besonders, want dit was die eerste jaar wat ek vir die eerste span hokkie gespeel het. Ek het ook my liefde gevind. Al die tye by die koshuis (Eike) en agter die paviljoen sal ek nooit vergeet nie. My vriende Cedlyn, Trudine, Shanead, Maris, Robin, dankie vir al die mal oomblikke in die bomskuiling. Brandwag se gees is prysloos! Volgende jaar wil ek weermag toe gaan, maar ook nog hokkie speel. My droom is om eendag baie geld, 'n mooi man en 'n goeie werk te hê. Ek wil ook graag my eie hokkieklub oopmaak om minder bevoorregte hokkiespelers ook 'n kans te gee in die lewe. Mnr. en juf. Meyer 'n groot indruk op my gemaak, want dit is by hulle wat ek geleer het om die hokkie speler te wees wat ek vandag is. Juf. Meyer het voor my eerste wedstryd vir die eerste span in my oor gefluister: “Doen jou ding en geniet dit.” Ek sal dit altyd onthou. Gryp elke geleentheid met albei jou hande en voete. Ons is nie net deel van die band van grys en groen vir niks nie, elkeen van ons het 'n spesifieke doel in die skool. Wees trots op ons skool en wees altyd 'n ware ambassadeur vir Brandwag, want dis die skool wat nooit kanselleer nie. Jill a.k.a. “Dumpie”

Devereux Davis

Anika de Beer

Ek sal my matriek jaar die meeste van alles onthou. Ons is die 2012 'survivors' met ons stoepoorneming eers in matriek, ons matriekafskeid in April en ons pajama-tema vir 40 days. Dan sal ek ook die pawiljoenoptrede en die 2013 Classic Clash teen DP (wat ons gewen het) onthou.

Die stoepoorneming, Classic Clash, sokkies en natuurlik die matriekafskeid het saam die jaar onvergeetlik gemaak. Deur hierdie tye het die matrieks se gees 'n permanente indruk op my gemaak.

Ek gaan volgende jaar by NMMU 'n B.Sc. geologie studeer. Ek wil graag 'n suksesvolle geoloog wees wat die hele wêreld vol toer. Ek wil ook met al my vriende in kontak bly en die 10 jaar reünie bywoon.

My rolmodelle het groot voetspore gelaat vir my om vol te staan. Mnr. Cilliers het 'n groot indruk op my gemaak. Hy is net een van daardie mense wat bedoel was om 'n onderwyser te word. Dit maak nie saak hoe hard hy op ons geskree het nie, daaronder lê 'n sagte hartjie wat net harde werk wou hê.

My vriende het die grootste indruk op my lewe gemaak. Ek moet vir Nandie uitsonder. Ek sal ook altyd juf. Goosen se wyse woorde onthou. As dit nie oor apartheid was nie, was dit oor die liefdesverhoudings en mnr. Anker – die lekkerste periode van my dag.

Ek gaan by NMMU joernalistiek studeer. Ek wil graag eendag 'n suksesvolle skrywer wees.

Die lewe gaan nie makliker raak nie. Die goue reël soos Ronnie gesê het, is om stil te wees en te erken dat God God is.

Ek wil net dankie sê vir al die onderwysers en my vriende wat 'n impak op my lewe gemaak het. Jadé, nou is jy op jou eie, né. Rock in matriek en jou ousus gaan jou mis.

Kayoleen de Boer Ek sal die band van grys en groen altyd onthou. Ek sal ook my besigheidstudiesklas onthou, daar waar ons gewerk en grappe gemaak het. Wat ek ook sal onthou: restaurantaande, die matriekafskeid, 40 days, die atletiek van hierdie jaar (dit was die beste nog ooit), die vars boeties in gr.12, die pawiljoenoptrede en die vroeg opstaan daarvoor. Die matrieks was die beste groep en ek sal hulle altyd onthou. Volgende jaar wil ek 'n gap jaar vat en dan in 2015 begin met my studies om 'n verpleegster te word. My drome vir die toekoms is om my eie spysenieringsbesigheid te begin. Ek wil ook my beste vir siek pasiënte doen. Juf. Roux het die grootste indruk gemaak, want sy het altyd gesê hoe belangrik akademie is en het ons geïnspireer. My vriendinne, Kaylen, Kaylin, Gretchen, Nicole Delport en Rencha sal ek altyd onthou. Mnr. Meyer is die beste hoof ooit. Hy laat 'n mens altyd beter voel met sy grappe in die vierkant. Juf. Basson sal ek ook onthou, want sy is 'n baie belangrike persoon en sy is altyd gelukkig. My boodskap: Werk hard, dit wat jy insit, sal jy uitkry. Wees altyd 'n ware Brandwagter in die straat en sowel as in die skool. Personeel: julle is die beste. Bly so. Hulle verduidelik altyd die beste wat hulle kan. Merice Delport Ek sal my hokkie jare saam met al my afrigters onthou. Hulle het my laat lag in tye van hartseer. Mnr. von Willigh sal ek onthou omdat hy die moed gehad het om my na oefentye te help en sy beroemde woorde: “Want jy is mos 'n kerkmens.” Ek gaan onderwys en sielkunde studeer by die universiteit van die Vrystaat. Eendag wil ek terug kyk oor my lewe sonder enige spyt. Ek wil kinders help met probleme waarin hulle beland deur die toedoen van ander. Die onderwysers wat die grootste indruk op my lewe gemaak het, is mnr. Von Willigh. Sy liefde vir leerders is onbeskryflik. Mnr. help altyd in moeilike tye. Mnr. is die rede hoekom ek onderwys gaan studeer. Mnr. van Kampen se praatjies in elke LO-klas het my geïnspireer om te wil help waar ek kan. Mnr. is die rede hoekom ek sielkunde gaan studeer. Hou moed, staan sterk, want God het jou sterker gemaak as wat jy dink. “Our deepest fear is not that we are inadequate, but that we are powerful beyond measure.”

Ruaan de Lange My matriek jaar sal ek definitief altyd onthou, want ek het omtrent aan alles deelgeneem en ek is nie spyt nie. Die jaar het ek my vriende vir die toekoms bymekaar gemaak, want dis tog hulle wat jou bou. Ek lag nou nog oor die pret wat ons as 'n groep gehad het met stoepoorneming en 40 days. Ek is gelukkig aanvaar vir LLB by NMMU volgende jaar sodat ek 'n suksesvolle advokaat kan word. Ek wil klaar studeer en my prakties in Johannesburg doen. Ek wil nog graag Europa toe gaan sodat ek 'n Britse aksent kan aanleer. Ek droom ook om eendag na Amerika te verhuis. Ons sal maar op die reünie-naweke sien wat het waar geword. Ek was 5 jaar in Brandwag en elke dag was daar verskillende mense wat 'n indruk gemaak het. Ek het geleer dat onderwysers jou kan help in moeilike omstandighede en dis alles te danke aan die moeder-figuur onderwysers soos juff. Roux, Goosen en Britz. My vriende het ook 'n groot indruk op my gemaak. Let op en doen huiswerk anders mag jy dalk in matriek spyt wees. Waardeer die onderwysers, want hier by Brandwag is hulle waarlik 'n geskenk van Jesus. Die belangrikste van alles : ken en vertrou God in alles wat jy doen en glo, dan sal jy 'n suksesvolle lewe hê. Nicole Delport Ek het die beste vriendinne hier in Brandwag ontmoet, om nie eers te praat van die onderwysers nie. Mnr. Morné Meyer is my gunsteling onderwyser, wat 'n manier het om my dag te maak sonder om eers te probeer. Dankie vir die ablusiefasiliteit-sleutel wat ek altyd uit Meneer kon kry. Ek gaan volgende jaar rus en 'n bietjie Ierland toe gaan, na my suster. Ek gaan daar my kop skoon kry en beplan wat ek met my lewe wil doen. My drome vir die toekoms is dat ek 'n groot sukses sal maak van my lewe en my ouers nie sal teleurstel nie en om net my beste volgens my vermoë te doen, my doelwitte en drome te bereik. Mnr. M. Meyer is my gunsteling onderwyser wat altyd grappies maak en my laat lag het, asook juf. Roux wat my al ver gebring het deur die jaar en my die moed gegee het om goeie punte te behaal vir die eindeksamen. My vriende het ook 'n groot invloed op my gehad. Hou die band van grys en groen altyd hoog met positiwiteit. Geniet elke oomblik en leer hard, want voor jy jou oë uitvee, is jy klaar met skool. Nicky D

Joni Dennis

Mandy Deyzel

Ek sal die band wat gevorm is in ons Engelsklas mis, want daar sal nooit weer so 'n groep blonde oomblikke wees nie. Ek sal ook Tascha se buie en ons almal se vreemde oomblikke saam nie vergeet nie. Ek gaan volgende jaar B.Com. Rek. studeer by NMMU. My drome vir die toekoms is om gelukkig en suksesvol te wees. Ek wil graag my graad en my honneurs ook kry. Ek wil 'n groot huis hê en 'n mooi kar!

Wat ek die meeste van Brandwag sal onthou, is die spangees. Die hele skool staan saam as 'n familie, die band van grys en groen. Dit gee my hoendervleis elke keer! Ek sal ook die pawiljoenoptrede onthou, dit was die mees onvergeetlike ervaring nog ooit. Ek gaan onderwys by NMMU studeer. My drome vir die toekoms is om die beste onderwyser te wees en slegs die beste te bereik in my lewe. Jy kry wat jy insit. Dit was eers vreemd vir my om in gr.11 by Brandwag te begin, maar nadat ek amper almal ontmoet het, het ek dadelik welkom gevoel. Hier is 'n trots in die skool wat 'n mens dadelik kan voel. Al die onderwysers is vriendelik en jy kan met hulle praat. Na 2 jaar kan ek sê ek is 'n trotse Brandwagter en daar was nog geen ander skool vir my nie. Dis die band van grys en groen. Baie dankie vir die wonderlike 2 jaar, ek het gevoel hoe 'n regte familie voel.

Juf. Conradie het die grootste indruk op my gemaak. Sy het ons al van gr.8 af geleer: “There is a time and place for everything” en dit is iets wat ons altyd sal onthou. Die vriendskappe wat ons in die klas gemaak het, gaan nie noodwendig vir altyd bly nie, maar terwyl ons saam was, kon ons enige iets met mekaar deel. Leerders, neem deel aan alles! Moenie laat oomblikke verby gaan nie. Dit is die dinge wat jy vir altyd gaan onthou. Luister na juf. Roux aan die begin van die jaar wanneer sy sê “make memories”. Personeel, dankie vir al die tyd wat julle spandeer het om ons te leer. Wynand Deyzel Ek sal altyd die IT-klas onthou, van my beste herinneringe het in die IT-periode plaasgevind en die vriende wat ek die afgelope 5 jaar bygekry het. Die Engelsklas by juf. Roux sal ek ook onthou, veral met die hulp van die rekenaar. Ek gaan software development studeer by CTU in Port Elizabeth. Ek wil sukses behaal in my lewe en wil terug kyk en weet ek het my beste gedoen. Ek wil gaan waar God my lei, my wedloop deur die lewe voltooi met die plan wat Hy vir my het. Juf. Marais het die grootste indruk op my gemaak. Sy het 'n spesiale verhouding met die IT-klas gehad. Sy was soos ons skoolmoeder wat altyd die beste vir ons wou hê. Jou tyd in hoërskool vlieg vinnig verby, maak die meeste van elke sekonde. Al wys die leerders dit nie altyd nie, waardeer ons die personeel baie. Sonder hulle sou hoërskool 'n nagmerrie gewees het.

Carla Dodd Ek sal onthou: die lang stap koshuis toe na sosiale funksies, poeding, elke rek-klas, mal koshuistye, botter-gevegte, rugbypraatjies in wiskunde, Tia wat sê: “Gee jou hand, ek het net my neus gekrap” as ons dans, sokkie in die vierkant, my mal vriende en hul sê-goed, die koffiekroeë en kampe, Vis, gevegte in skeinat, juf. Goosen se “moenie vir my lag nie,” diep gesprekke in biologie, Ulrich wat my mal maak, Tia se lag, Joni in register, klasse met Liezl, Jonél se stappies en die beste Engelsklas ooit! Ek gaan B.Sc. by NMMU studeer met geologie en dierkunde. Ek wil 'n dierkundige word, 'n meestersgraad kry, baie reis, gelukkig wees, Kilimanjaro klim voor 25, 'n plaas in Elandsrivier koop en my vlieglisensie kry (ek moet groot droom, okay). Ek wil met almal vriende bly en trots terugkeer na ons reünie. Juf. Conradie en mnr. Cilliers het die grootste indruk gemaak. Juf. Conradie het deur dik en dun by ons gestaan en my maagspiere laat seer word van die lag. Mnr. Cilliers het my inspireer met sy wye kennis, passie vir biologie en lewenslesse. Oor twee dae is môre gister, byt net so 'n bietjie vas. Baie bietjies is baie! Elke minuut wat jy insit, maak 'n verskil, akademie, sport, kultuur of sosiaal. Hou vas aan Joh.14:1.

Matrieks van 2014: geniet matriek, doen alles moontlik wat jy kan, want dit gebeur net eenkeer, maar sit alles, bloed en sweet in jou skoolwerk, want dit bepaal jou toekoms! Die belangrikste van als is, leer en beplan. Soos juf. Roux altyd sê: “Wanneer die emosie styg, daal die IK.” Donavan Diedericks Ek sal altyd die tye saam my vriende en waar kinders in my klas snaakse dinge aangevang het, onthou. In elke klas in Brandwag is daar altyd 'n grappie en iets om oor te lag. Dan sal ek ook die Brandwag-gees by die Classic Clash onthou, dit is die beste gevoel ooit, en ons Engelsklas se skype-sessie met die skool in Korea. Ek gaan volgende jaar 'n ruskans vat en dat wil ek verder gaan studeer by CTI. Ek wil sukses bereik en 'n normale lewe eendag hê, waar ek 'n werk het wat ek geniet en goeie tye sal hê saam met my vriende of selfs saam met nuwe vriende wat ek sal ontmoet. My vriende het 'n groot indruk op my gemaak. Stefan het altyd my gehelp waar hy kon met skoolwerk en ons het altyd grappies gemaak in die klas. In die IGO-klas het Dieter my ook altyd gehelp as ek sukkel en ons het altyd goeie tye in die klas gehad. Mnr. Hurter en juf. Roux het die grootste indruk op my gemaak, hulle het almal altyd goeie raad gegee en belangrike dinge gesê. Geniet die tyd in Brandwag en maak die beste van jouself. Maak Brandwag vir leerders om jou die beste en help mekaar, want ons is die skool waar almal mekaar help. Jy kry net een kans. Gebruik dit. Personeel: dankie vir al die hulp en goeie tye in die klas. Sponsie/Donsie Günther Dorfling Ek sal altyd al die af dae wat ons gekry het in my 5 jaar van Brandwag onthou. My geskiedenisonderwysers se grappe, al die lekker tye in die toerismeklas met die onderwyser. Juf. Roux is 'n interessante juffrou, maar die beste was toe ons ge-skype het met haar dogter se klas in SuidKorea. Dan is daar natuurlik haar “pillow moment”. Volgende jaar gaan ek heel moontlik in 'n tegnologiese rigting werk en my lewe in die “gaming” wêreld bevorder. My drome vir my toekoms is wel dat ek leef. Ek wil 'n naam vir myself maak in die tegnologiese wêreld. Daar is meer drome vir my toekoms, maar dit gaan julle net verveel. Mnr. Hurter is een van die onderwysers wat ek nooit sal vergeet nie. Hy is kalm en hy sal jou help so ver as wat hy kan. Mnr. von Willigh is 'n ander onderwyser. As jy enige raad kort oor enige iets kan jy die Meneer vra, hy sal sy bes probeer om jou te help. My boodskap aan dié wat agterbly: maak die regte keuses in die lewe. As jy 'n verkeerde keuse doen, kan dit jou op 'n ander pad plaas. Elke ding wat jy doen, elke woord wat jy sê, dra by tot hoe jou toekoms gaan lyk. 'n Lekke tyd nou by 'n partytjie kan miskien jare se probleme veroorsaak later.


Vincent Doubell Dit wat ek die meeste sal onthou, is al die mense wat ek ontmoet het. Almal is vriendelik … en die meisies. Brandwag het die mooiste meisies. Ek gaan volgende jaar by NMMU of anders bekend as NMMzoo (haha) gaan studeer. My drome is om lekker te swot en te begin werk en daarna oor die wêreld te toer. Ek sou sê my klasmaats en vriende het die grootste indruk op my lewe gemaak met al die grappies en “pranks”. Die onderwysers het ook 'n indruk op my lewe gemaak met al die huiswerk wat hulle ons gegee het. My boodskap aan die personeel, sal wees julle moet vasbyt, want daar is nog baie jare oor van agter kinders kyk. En aan die leerders, moenie laat enige iemand vir jou sê dat jy iets nie kan doen nie. Doen so veel as wat jy kan in Brandwag and don't regret anything.

Ilze du Preez Wat ek die meeste sal onthou, is elke oomblik en geleentheid in Brandwag was iets spesiaal. My netbal-tye was definitief die hoogtepunt. Noudat ons netbalseisoen klaar is, voel 'n mense skoon leeg by die huis. Ek sal onthou hoe ek en Vissie elke keer na 'n doel mekaar se hande geklap het - het dit duisende kere gedoen die jaar en dit het ons “ding” geraak. Volgende jaar gaan ek vir 'n remediërende onderwyser studeer en netbal speel. My drome vir my toekoms is om 'n sukses te maak van my lewe. Om 'n groot impak in kinders met probleme se lewens te hê, ek wil graag ver gaan met netbal en oor wêreld rond toer. Vir die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, sal ek definitief vir juf. Kemp kies, my netbalonderwyser. Juffrou het altyd baie moeite met ons span gedoen en ons die beste span gemaak wat daar kan wees. Dankie vir al die omgee. My boodskap aan julle wat agterbly, is: geniet Brandwag solank jy kan want dis 'n skool om op trots te wees. Ons almal het die tyd om gewens om klaar te maak, maar nou dat die tyd nader gekom het, wens ons die tyd nou weer terug.

Dumbell/Leekmedeek Nicole du Preez Wat ek die meeste sal onthou van my tyd by Brandwag is die uitstekende spangees wat onder die Brandwagters gewees het. Die atmosfeer by Classic Clash-wedstryde asook by atletiek. Ek sal ook nooit hierdie laaste jaar van hoërskool vergeet nie en ons matriekafskeid. Ek sal ook my vriendinne Hope, Nats, Nadia en Amore onthou. Lief vir julle. Volgende jaar gaan ek op my ma se senuwees werk, maar nie so dat sy in die hospitaal beland nie. My drome vir die toekoms is om my eie haar- en skoonheidsalon te besit en my eie familie te hê. Juf. Duvenhage en juf. Hattingh is die 2 onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het. By juf. Duvenhage het ek geleer om altyd daardie ietsie ekstra in te sit, want dit sal 'n groot beloning vorentoe bring. Juf. Hattingh het 'n indruk op my gemaak omdat sy altyd teoretiese en praktiese kennis op 'n egte manier vir ons geleer het. My Boodskap aan die leerders is, geniet dit, maak die beste van die tyd in Brandwag en onthou: die grootste mislukking is om nie weer te probeer nie. Aan die personeel: hou vol met die wonderlike werk wat u doen. As ek weer moes gekies het vir beter onderwysers sou ek gesê het: Nee dankie, Brandwag besit alreeds die beste. Duppie

Ruan du Preez Ek sal altyd die dag onthou toe ek my hand opgesteek het en per ongeluk my hand in die waaier gesteek het, onthou. Dit was taamlik seer. Ek gaan volgende jaar na die WP-Rugby Instituut op Stellenbosch waar kenners van rugby 'n paar gekose spelers help om die beste van hulle vermoëns te bereik, op sowel as af van die rugbyveld. My droom is om suksesvol te wees in alles wat ek aanpak en om nie vasgevang te bly in die verlede nie, maar te fokus op my toekoms en al my doelwitte te bereik. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is definitief mnr. Anker. Ek het nog gedink ek is 'n breker in sy klas tot ek buite moes gaan wag vir hom. Van daardie dag af was ek 'n nederige, soet seuntjie. My boodskap aan julle: dink volgende jaar aan my as ek laat slaap en julle moet klaarmaak vir skool. Fokus op julle toekoms, hou matigheid voor oë en bly weg van vroumense en dwelms. Rohan

Kayleigh du Toit

Riandi Dunn

Die dag wat ek die meeste sal onthou, is die eerste dag wat ek in die skool gekom het, my hokkiewedstryde sal ek nooit vergeet nie en dan die lekker tye pouses wat ek saam met my vriende kon spandeer en natuurlik die af periodes.

Ek sal altyd Brandwag se gees voor elke groot game onthou. Al my onderwysers wat vir my klas gegee en ondersteun het, sal ek onthou.

Ek gaan volgende jaar onderwys studeer. My drome vir die toekoms is om eendag suksesvol te wees en gelukkig te wees en net voluit leef. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, was mnr. Von Willigh, hy gee altyd goeie raad, luister altyd na 'n mens en gee net om. Hy was soos my pappa in die skool.

Volgende jaar gaan ek by NMMU studeer vir 'n geoktrooieerde rekenmeester. My droom is om 'n suksesvolle geoktrooieerde rekenmeester te wees, by 'n groot besigheid te werk, baie geld te maak en 'n sukses van my eie lewe te maak. Rianaels

My boodskap sal wees, hou aan om jou beste te gee, geniet dit terwyl jy kan en neem orals die band van grys en groen met jou saam.

Wian Duvenhage Ek sal onthou: 3 vriende in Afrikaansklas, Wian, Nico en Dewan. Dewan slaap altyd, Nico vryf altyd agterkoppe en Wian met sy inspuiting wat tot sy nadeel was en op geëindig het voor die deur. Die sterk band met my vriende en onderwysers sal ek altyd onthou en vir julle altyd dankbaar wees. Onthou ook my en juf. Kleinhans se Thailand-grappies in die RTT-klas. Ek kan met trots sê dat Brandwag my afgerond en voorberei het vir die lewe daar buite. Die band van grys en groen en 'n sekere blou-oog meisie sal onthou en gemis word. Ek gaan B. Rek by Kovsies studeer. My droom is om 'n sukses van my lewe te maak, gelukkig te wees, my graad te voltooi as geoktrooieerde rekenmeester en my eie firma te stig in Toronto. Ek wil ook sendelingwerk doen in die klein dorpies in Suid-Amerika. Juf. Roux het 'n groot indruk op my gemaak. Sy’t my laat gemaklik voel en laat inpas. Ek sal haar altyd dankbaar wees vir haar tyd en die omgee met my probleme. Te danke aan Juffrou kan ek nou 'n paar woorde Frans praat. Die Engels E-klas sal ek altyd onthou. The recipe for success in life is determination, perspiration and dedication. “Our deepest fear is not that we are inadequate, our deepest fear is that we are powerful beyond measure”. WiWi Audrey Erasmus

Mark Enslin Wat ek altyd van Brandwag sal onthou, is my vriende en al die nonsens wat ons aangejaag het tydens pouses en op naweke by die rugby. Ek sal sommige onderwysers ook nooit vergeet nie. Ek beoog om volgende jaar in Amerika op 'n plaas te gaan werk. My drome vir die toekoms is om na Suid-Afrika toe terug te kom en my eie besigheid te begin. Alhoewel my vriende groot indrukke op my gemaak het, dink ek dat die onderwysers my die meeste beïnvloed het. Mnr. Anker wat net sê: “Hande!” dan haal jy jou hande uit jou sakke uit, voor hy dit doen! Juf. “Hare” wat altyd loer na ons hare, maar na alles raak 'n mens gewoond daaraan en begin jy by die reëls hou wat jou trots laat voel op jouself. Aan dié wat agterbly: Geniet julleself! Matriek is lekker (baie partytjies, ensovoorts). Die werk is baie, maar dis doenbaar.

Deidré Erasmus Engelsperiodes saam met die beste klas ooit, die Brandwag-gees, Classic Clashes en die pawiljoenoptrede is wat ek die meeste sal onthou. Daar's eintlik te veel om te noem. Al die klasse en gesprekke en mnr. Morné Meyer se stories was onvergeetlik.

Die ding wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is die grappies wat mnr. Morné Meyer maak en die stories wat hy vertel. Hoe juf. Roux ons groet op 'n Vrydagmiddag of as ons moet weggaan. Die matriekafskeid wat vroeër was en die slaapklere wat ons vir 40 days moes aantrek. Die tye saam met my vriende en veral my matriekjaar wat so innig verby gegaan het, sal ek onthou. My drome vir die toekoms is om 'n goeie werk te kry en 'n sukses van my lewe te maak. Niks is onmoontlik as jy hard werk nie. Die persone wat die grootste invloed op my gehad het, was mnr. Morné Meyer, want al is dit nie 'n lekker dag nie het hy altyd iets om te vertel wat jou laat lag. Juf. Landman het ook 'n groot indruk op my gemaak, want sy is altyd daar om te praat. Juf. Roux het my geleer dat as jy hard werk, enigiets moontlik is. 'n Boodskap aan die leerders en personeel van Brandwag: Geniet jou skooljare en moet dit nooit weg wens nie, want voor jy jou oë uitvee, is jy klaar met skool. Tyd loop vinnig, maak die beste daarvan en dankie vir die onderwysers wat Brandwag die skool maak wat dit is.

Die English Home Language-klas was altyd my versekering vir 'n lag vir die dag en ek sal dit nooit vergeet nie. Mnr. Koekemoer en juf. Currie het 'n groot indruk op my gemaak asook my vriende wat my bygestaan het deur alles. Brandwagters, soos juf. Roux altyd vir ons sê: “Make memories!” Daar's 'n tyd en 'n plek vir alles. Een belangrike ding wat ek in my 5 jaar by Brandwag geleer het, is dat jy nie net deel word van Brandwag nie, maar dat Brandwag 'n deel word van jou. Didi

Incke Erasmus Ek sal altyd die koshuistye saam met Bekkie, Hildene, Foxi, Simoné, Tia, Zani en Annika onthou, maar meestal die tye saam met Bekkie, veral ons tye van saam kos “steel” in die eetsaal, mattress surfing en laataand lê en flieks kyk. Ek sal nooit die vriendskap vergeet nie. Hoe almal saamgestaan het, sal my bybly. Ek sal ook nooit vergeet hoe juf. Du Toit ons in gr.8 met ons neuse teen die deur laat staan het nie. Ek wil Chemical Process Technology by NMMU studeer en dalk 'n lugwaardin-kursus doen. My drome is om daarna diere-fisioterapie te studeer en diere te rehabiliteer. Ek wil suksesvol wees en oor die wêreld te toer. Juf. Currie het die grootste indruk op my gemaak. Sy het my geleer dit maak nie saak in watter situasie jy is nie, jy sal aan die anderkant uitkom en steeds 'n pragtige, sterk vrou wees - indien nie nog mooier en sterker nie. Sy’t my geleer 'n mens moet altyd bereid wees om ander te help, begrip hê van wat jy glo en nie toelaat dat jou omstandighede jou bepaal nie, maar eerder self jou omstandighede moet bepaal. Leerders, dis soms moeilik om by te bly, maar wees opreg, wees jouself, hou vas aan jou drome en waardes! Moet nooit ophou droom nie en geniet elke oomblik! Raai

Jolené Erasmus Ek sal die vriende en vriendskappe onthou. Die af periodes en bloktye was die lekkerste. Ek sal ook juf. Hattingh onthou wat my altyd met Jolene Bothma verwar het, veral wanneer een van ons afwesig of nie in die klas was nie. Ek sal altyd onthou hoe spyt baie van ons was dat ons biologie geneem het. Ek't nog geen planne vir volgende jaar nie, maar ek hoop om te studeer vir onderwys of te gaan werk. My drome vir die toekoms is 'n goeie werk en om altyd naby aan my vriende en familie te wees en hulle te ondersteun. Ek wil eendag 'n gesin hê en in al hulle behoeftes voorsien. Juf. Basson het die merkwaardigste indruk op my gemaak. Sy het elke dag geglimlag en dit maak sommer die dag lekker. Mnr. Morné Meyer het nie een periode laat verbygaan sonder grappies nie. Ons het altyd uitgesien na sy klas. Juf. Hattingh het ook haar voetspore gelos, ek het niks van kosmaak geweet nie, maar sy het my baie geleer en dit sal baie waardevol wees in die toekoms. Leerders: Jou ouers is reg as hulle sê hoërskool gaan vinnig verby. Geniet elke oomblik, werk hard en vergeet van maats wat jou negatief beïnvloed. Onderwysers, baie dankie vir alles wat julle ons geleer het, ons sal dit toepas in die toekoms. Jojo

Stefan Erasmus Ek gaan die tye saam met al my rugbyvriende mis, veral die rugbytoere in gr.8 en 9 saam met ou vriende en in gr.10 en 11. Die eerste keer toe ek my grys en groen eerste span rugbytrui aangetrek en trots gevoel het, was 'n besondere gebeurtenis wat ek altyd sal onthou. Wat ek ook sal onthou, is die onderwysers van wie ek nie gehou het nie en dié by wie ek goeie tye gehad het en wat my gemotiveer het om goed te doen en alles te gee. Volgende jaar beplan ek om te gaan studeer by NMMU en ek wil 'n graad behaal in grondslagfase onderwys. My droom vir die toekoms is om suksesvol te wees en te kan sorg vir myself en my familie, maar om ook nie te vergeet wie ek is nie en altyd getrou aan myself te bly. My droom behels ook dat ek nooit soet wil raak nie en altyd alles as 'n grap wil opneem, want die lewe is te kort om ernstig te wees. My meisie, Mandy Deyzel, het die grootste indruk op my gemaak. Sy het my geleer om nie net te doen wat nodig is nie, maar ekstra. Sy het my gehelp deur my matriekjaar en my altyd aangemoedig. Bigfoot

Volgende jaar wil ek gaan studeer, maar is nog nie seker watter rigting nie. My drome vir die toekoms is om suksesvol te wees in alles wat ek doen, net die beste ék te wees wat ek moontlik kan wees en 'n verskil in mense se lewens te maak.

Tiaan Erasmus Ek sal altyd my groep vriende onthou, asook die woorde van Carla Dodd: “In twee dae is môre, gister.” Ek gaan al my onderwysers onthou, veral juf. Hattingh op restaurantaande en juf. Von Willigh wat altyd tyd het vir 'n lekker geselsie. Ek wil volgende jaar Johannesburg toe trek om werk te soek, hopelik op 'n myn waar ek op die rekenaars kan werk. My drome vir die toekoms is om 'n gelukkige familie te hê en miskien 'n dogter of twee en ten minste een goudvis.


Amoré Felkers Ek sal nooit gr.9 met mnr. De Vos vergeet nie. Dit was die malste Skeinat-klasse met Wynand, ons het altyd geslaap of grappies gemaak en Donderdagaande het ons ons dood gestres oor die volgende dag se toets. Ek sal juf. Britz se woorde onthou: “Watse ou klein periodetjie was dié? Sy's die vinnigste onderwyseres in die skool en ek sal haar nie vergeet nie. Ek sal altyd die onderwysers se goeie gesindheid teenoor my onthou. Ek wil volgende jaar by NMMU radiologie studeer. Ek wil in die toekoms suksesvol wees met 'n wonderlike man, 3 kinders en 4 honde. The more, the merrier. Juf. Goosen het die grootste indruk op my gemaak, haar pragtige glimlag alleen, kan jou dag opkikker en al haar preke! Ek is bly en bevoorreg dat ek in my laaste jaar by haar Afrikaans gehad het. Juf. Van der Walt het my lewe hel gemaak, maar dit was die moeite werd. Ek weet nou wat jy insit, is wat jy uitkry. Dankie aan juf. Koekemoer wat my geleer het om netjies te wees. Aan al die onderwysers, bly altyd so lieflik, vriendelik, streng en grapperig soos (van) julle is. Leerders: Neem deel aan alles, maar onthou akademie kom eerste in Brandwag. Skool is die beste tyd in jou lewe en voor jy jou oë uitvee is dit verby. Geniet dit. Ammy Lezo Fortuin Ek sal altyd ons kleedkamer onder agter die A-veld pawiljoen, my vriende, pouses en Timmy en Keenan se grappe en die rugbytoere onthou. Dis nog altyd die fun-deel van 'n rugbyspan. Die drama op skool sal ek altyd onthou en die Engelse stoep sal altyd in my gedagtes wees, want in 2012 het iets baie spesiaal daar gebeur, haar glimlag het my dag gemaak. Amper vergeet ek van my koshuis-buddies. Ek moet sê Brandwag het stadig maar seker in my hart gekruip en sal daar bly. Ek wil volgende jaar graag verder studeer en my doelwitte bereik. My drome vir die toekoms is om 'n suksesvolle entrepreneur te wees. Ek wil die kar ry waaroor ek droom en meer groei in God, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Brandwag se sport het 'n groot indruk op my gemaak, veral juf. Basson wat so baie geduld het. Die onnies by Brandwag is regtig geseënd en dit was vir my 'n groot eer om hier te wees. Brandwagters, daar kom dae wat ons voel ons wil of kan nie meer nie, maar onthou altyd “life always offers you a second chance and it's called tomorrow; never give up! Rather suffer and study now and live the rest of your life as a king or a queen.” Dankie Brandwag. Libo-G

Anja Ferreira Ek sal altyd die baie geleenthede wat Brandwag bied, onthou. Ek sal altyd die onbeskryflike gees, die trots en die saamstaan as Brandwagters onthou. Dis 'n gevoel wat ek altyd sal onthou. Ek wil volgende jaar grondslagfase onderwys by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer. Ek dink my toekoms hou vir my iets anders in. Ek wil suksesvol wees en terug kan kyk en opreg glimlag. Ek wil meer uitdagings aanpak en ek wil 70 jaar oud raak en nog steeds aktief en jonk van gees wees. My droom is om iemand te wees na wie mense opkyk. 'n Mens het net een lewe en ek wil dit reg lewe. J uf. Roux het die grootste indruk op my gemaak by Brandwag. Snaaks genoeg was ek altyd bang vir haar tot sy dié jaar vir my begin klasgee het. Wat sy doen, inspireer my. Sy is 'n sterk mens en het my baie geleer. Vandag is sy my rolmodel. My vriende en sussies het ook 'n groot bydrae gelewer. Ek is julle ewig dankbaar. Leerders, kry jou kop en hart reg. Vertrou volkome op God. 'n Mens is altyd onseker, maar Hy sal die regte deure oopmaak en die verkeerdes toe hou vir jou pad vorentoe. Waardeer jou lewe en leer voluit, sê vir mense hoe lief jy hulle het en sê elke dag dankie vir nog 'n kans. Carla Fourie Wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is definitief die sosiale geleenthede saam met my vriende. Niemand kan sokkie soos Brandwagters nie en niemand se koffiekroeë het so baie waarde soos ons s'n nie. My vriende het elke liewe een 'n spesiale plek in my hart. Ek sal nie een van hulle ooit vergeet nie. Ek gaan volgende jaar geesteswetenskappe in Stellenbosch studeer. My droom is om eendag 'n kriminoloog te word en ek wil net graag gelukkig leef en my vriendekring van nou verewig behou. Hulle het 'n groot impak op my lewe gehad. My vriende het die grootste indruk op my gemaak by Brandwag. Deur slegte en goeie tye was hulle altyd daar en as die skoolstres te erg raak, was daar altyd 'n vriendin by wie jy kan gaan tee drink en kla oor die lewe. My boodskap aan die Brandwag-leerders en personeel is: dit maak nie saak hoe sleg dit nou met jou gaan nie, dit sal weer goed gaan. Hou net moed. Wees jouself en moenie jou 'n oomblik steur aan wat ander mense van jou dink nie. Leef voluit en doen alles, goed of sleg, met goeie moed en 'n goeie hart.

Leandri Fox

Cobus Gerber

Wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is beslis die netbal en my vriende. Ek sal ook die matriekstoep met al sy skindernuus, die meeste van my klasonderwysers wat my jaar in die klas lekker gemaak het en natuurlik die ou geliefdes onthou. Ek gaan volgende jaar vir 'n plan-tekenaar studeer. My droom is om eendag uit Suid-Afrika te gaan en in Texas te gaan werk om vir die mense hulle droom huise te ontwerp en myne natuurlik op 'n plaas te hê.

Wat ek altyd sal onthou van my tyd in Brandwag is pouses wanneer ek en my vriende grappe gemaak het en nonsens gepraat het. Ek sal altyd vir juf. Goosen onthou, want sy het elke dag iets nuuts vir ons geleer en ek sal onthou dat ons altyd 'n lekker tyd gehad het. Ek sal altyd mnr. Cilliers se boodskappe en klasse onthou: “Jy loop stadig, werk stadig en al wat jy vinnig doen, is niks.”

My spanmaats het die grootste indruk op my gemaak, want hulle het my geleer hoe om in 'n span saam te werk en om oor die weg te kom met mekaar sonder om vas te sit. So is ons ook geleer om alleen sterk te staan. Dankie juf. Kemp. My boodskap aan al die Brandwag-leerders wat agterbly, is: Sterkte, julle is amper klaar so wees net kalm.

Ek sal mnr. De Vos altyd onthou, want al het ek hom geterg en nie na hom geluister nie, het hy my nog steeds oortuig ek kan verander in 'n beter persoon.

Foxi

Cobi

Billy Geyer Daar is 'n paar goed wat ek altyd sal onthou soos bv. hoe ek en my pelle skelm op Youtube gegaan het in die RTT-klas of hoe ons altyd kattekwaad aangejaag het met mekaar. Wat ek die meeste sal onthou is juf. Koekemoer se vermoë om my spierwit te laat skrik en my terselfdertyd te kry dat ek 'n 360 grade draai maak wanneer ek haar raakloop (my hare was altyd te lank), asook al die pouses wat ek met my liefie spandeer het. Ek kyk op die oomblik na 'n paar opsies, maar 'n opsie wat bo die ander uitstaan is dat ek 'n graad in regte of LL.B.-graad wil gaan doen. My drome vir die toekoms is maar net om 'n sukses van my lewe te maak en later van tyd my eie besigheid in Amerika te begin. Juf. Basson het werklik 'n groot indruk op my lewe gehad. Die juffrou het 'n hart van goud en almal wat in haar klas is, moet haar waardeer. Dankie Juffrou vir al die koppies tee en dat Juffrou altyd die beste in Juffrou se leerders kon sien, maak nie saak hoe stout hulle was nie. Aan die personeel by wie ek klas gehad het, wil ek net dankie sê vir al julle geduld met my. Vir die leerders wil ek net sê: onthou julle is net een keer op skool, so maak die meeste daarvan en weet net jy het net een lewe so geniet hom soveel as wat julle kan.

Willem Adriaan Giliomee Wat ek altyd sal onthou, is die pouses saam met my vriende en hoe ons chaos in die klasse veroorsaak het. Ek sal altyd mnr. Anker, mnr. Hurter asook juf. Schonken se klasse onthou en ek sal nooit al die sportbyeenkomste, toere en sokkies vergeet nie. Ek gaan volgende jaar verder studeer by NMMU en 'n graad in IT Software Development doen. My drome vir die toekoms is om 'n lekker goeie werk te hê waar ek baie betaal word sodat ek als kan koop wat ek wil hê en nie hoef te sukkel deur die lewe nie. Ek wil die beste van my lewe maak dat ek net goeie herinneringe vir almal los en dat hulle my altyd sal onthou. By Brandwag het my vriende die grootste indruk op my lewe gehad. Mark, Billy, Cobus, Brandon en Andrew het my altyd gehelp as ek iets nodig gehad het of met skoolwerk en hulle het die beste uit my gebring. My boodskap vir die Brandwag-leerders wat agterbly, is dat julle die dae hier in Brandwag moet geniet en hard werk, maar ook die onderwysers hel gee. Maak die beste van jou skoolloopbaan en gee almal 'n rede om jou te onthou. Julle kry die kans net eenkeer in jou lewe - gebruik dit.

Daar is verskillende opsies wat ek kon oorweeg het, maar ek gaan volgende jaar sportbestuur studeer. My droom is om eendag 'n duur kar te besit.

Gillo Chanté Greeff Dit wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is almal se hulpvaardigheid en al die vriendelike gesigte van meeste van die onderwysers en al die lekker pouses wat ons om gelag het. Brandwag sal onthou word as die skool wat my gehelp het om my doelwitte te bereik. Ek is aanvaar by NMMU en gaan onderwys studeer. Ek wil Engels en Afrikaans as vak gee. My drome vir die toekoms is om 'n sukses van my lewe te maak, my vier jaar klaar te studeer en dan sal ek graag 'n bietjie wil reis oor die wêreld om plekke te verken wat ek nog altyd wou. Daar is nie 'n spesifieke onderwyser wat 'n groot indruk op my gemaak het nie, want 'n mens leer maar daagliks iets by elke onderwyser wat jy teëkom. Vriende wat 'n mens bystaan en help deur moeilike tye sal altyd onthou word. My boodskap aan die Brandwag-leerders en personeel wat agterbly, is dat die dag aangebreek het waarop ons kan sê ons is uiteindelik klaar met skool. Doen altyd julle beste en onthou spyt kom altyd te laat. Tyki Jacques Hayward Wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is my pouses op die matriekstoep saam met al my vriende en van my beste tye in Brandwag was in die koshuis gewees. Rugbytoere saam met Elandré, Charl en Crouse was ook altyd 'n hoogtepunt. Ek gaan volgende jaar op 'n plaas in Amerika werk. My droom is om suksesvol te wees in wat ek na skool gaan doen en ek wil in 2015 landbou bestuur gaan studeer en 'n graad daarin verwerf. Ek wil ook graag eendag my eie plaas besit. Mnr. van Kampen het die grootste indruk op my gemaak. Hy sal jou altyd help waar hy kan en sal jou altyd aanmoedig. Die koshuis sou nooit dieselfde sonder hom gewees het nie. My boodskap aan die Brandwag-leerders en personeel wat agterbly, is geniet elke oomblik en maak dit tel. Werk hard en wees altyd positief, want matriek gaan vinnig verby so geniet elke oomblik daarvan. Jakes Ilze Hibbers Wat ek altyd sal onthou, is hoe ons pouses gesit en nonsens praat het. Uil wat ’n mens so geïrriteer het, Nadia wat nooit geweet het waarvan ons praat nie, Jonél se langdradige liefdesstories, Anie se val in gr. 9 en Ronnie wat gedink het hy is die nuwe player in Brandwag. Ek gaan volgende jaar B.Sc. in toegepaste wiskunde by NMMU studeer. My drome vir die toekoms is dat ek graag my studies wil klaarmaak in die volgende 4 jaar en daarna wil ek oorsee met 'n lang vakansie gaan. Ek wil eendag 'n gelukkige huisgesin hê, met 'n man en kinders en 'n gemaklike lewe sodat ek elke oomblik ten volle kan geniet. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, was juf. Britz. Sy was my gunsteling onderwyser. Sy was een van die onderwysers wat altyd 'n glimlag op haar gesig gehad het. Ek het wiskunde by haar gehad van gr. 10 af en al wat sy altyd gesê het, is wiskunde is pret. My boodskap aan die leerders wat agterbly, is dat Brandwag ons vorm in wat ons na skool sal wees en jy word geken aan jou vriende en hulle is ook belangrik om jou toekoms te bepaal. Daarom moet jy in hierdie tyd jouself leer ken, sodat jy die beste jy kan wees vir jou toekoms.

Gretchen Grobler Wat ek altyd sal onthou, is my eerste angstige dag hier toe ek nog met twee bollatjies rondgeloop het en die manier waarop mnr. Koekemoer met my “gewerk” het in gr. 10 en 11 - van 'n rebel tot 'n soet matrikulant. Ek gaan volgende jaar onderwys vir gr. 4-7 studeer by Unisa. My drome vir die toekoms is om vir die volgende 4 jaar 'n suksesvolle student te wees en dan hopelik 'n onderwyspos te kry. Mnr. Meyer se geskiedenisklas van matriek sal beslis onthou word, want daar het ons letterlik oor alles al gepraat en daar was never a dull moment. Dankie vir al die af periodes, Meneer is 'n legend. Dankie juf. Basson vir al die sweet en trane vir twee jaar. Juffrou is beslis die niceste onnie ooit. My boodskap aan die Brandwag-leerders en personeel wat agterbly, is dat 12 jaar van skool tot 'n einde gekom het. Moet dit nie verby wens nie en leef elke dag vir daardie oomblikke wat jy nie in woorde kan omsit nie. Die missions om weg te hardloop by die skool van my, Vio, Nicole, Mamma-ries en Tyki sal altyd onthou word. Girls, ons mag maar! Gretz Rozanne Heunis Wat ek altyd sal onthou, is die tyd net voor die eksamen wanneer 'n mens so knop op 'n mens se maag kry en besef die eksamen is oor 'n paar dae hier, die laaste naweek se ontspan en kuier saam met vriende voor die eksamen, asook die pawiljoenoptrede wat ons binne 'n week vroegoggend moes oefen. Ek gaan volgende jaar 'n B.Pharm.-graad in aptekerswese by NMMU studeer. My drome vir die toekoms is dat ek suksesvol wil wees in my werk en ek wil graag ook die wêreld gaan verken. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, was juf. Roux. Deur moeilike tye van eksamen wat voorlê het sy altyd gesê dis nooit te laat om te begin leer nie, dat dit wat jy insit, jy sal uitkry en wat altyd in my kop sal agterbly en wat ek altyd sal onthou is haar wyse woorde: “What you believe you will conceive and what you confess you will profess!” My boodskap aan die Brandwag-leerders wat agterbly: Kies jou vriende reg, want jy sal aan hulle geken word. Neem deel aan soveel aktiwiteite as wat jy kan. Aan die personeel, dankie vir al julle ondersteuning en vir juf. Meyer wat my altyd verskoon het vir die blonde oomblikke. Juf. Roux, dankie vir Juffrou se wyse woorde, dit sal my altyd bybly. Roxi Charl Higgs Dit wat ek die meeste van my tyd in Brandwag sal onthou, is mnr. Meyer se woorde: “Brandwag kanselleer nooit nie.” Ek sal al die rugbyoefening asook elke afrigter wat my afgerig het van o.14 af onthou. Pouses was onvergeetlik, want in ons vriendekring het ons 'n boek geskryf oor grappe. Die rugbytoere was ook die beste en ek sal elke oomblik onthou. Ek gaan volgende jaar 'n loodgieter-vakleerlingskap doen en wil 'n top gekwalifiseerde loodgieter word. My drome vir die toekoms is om baie gelukkig te wees. Ek wil my eie kar koop, 'n besigheid besit en 'n goeie diens lewer as loodgieter. Ek wil 'n gelukkige man en pa en 'n suksesvolle sakeman wees. Die onderwyser wat die grootste invloed op my gehad het, is mnr. Anker. Hy was die man wat my die eerste fiksheidsessie op o.14 gegee het. Hy het my gewys waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Mnr. Erasmus en mnr. Van der Merwe het my ook grootgemaak as leerder en mnr. Nolte het my die beste jaar van rugby gegee en gewys jy kort nie net krag nie, maar ook 'n hart. Juf. Schonken bly my skelmpie. Gebruik elke oomblik ten volle en weet Brandwag is 'n skool wat geleenthede maak. Daar is groot drome vir jou toekoms, maar konsentreer op vandag. Frikkie


Flynn Hill Dit wat ek die meeste van my tyd in Brandwag sal onthou, is die gees. Die band van grys en groen sal altyd in my bloed bly. Na 8 jaar se 'service' hoe sal ek kan vergeet? Mnr. Anker sal ek ook nooit vergeet nie. Ek wil volgende jaar eintlik animasie gaan studeer, maar my ma wil hê ek moet regte studeer, so regte sal dit wees. Vir my toekoms het ek niks groots in gedagte nie. Ek wil oor 15 jaar 2 kinders, 'n seun en 'n dogter, hê sodat ek vir 10 jaar vir my ma kan sorg, as die Vader se genade by ons is. My klasmaat, Ronnie, is die een wat die grootste indruk op my gemaak het. Hy is die een wat altyd vir my sê: "As ek dit kan doen, kan jy ook. Onthou Flynn, ons is mense." Sonder Tia Botha sou ek nie in matriek gewees het nie, want sy't my baie moed ingepraat deur te sê: “Flynn, jy kan dit doen.” My boodskap vir al my “ysters” wat agterbly: Jy dink dalk om te bunk is cool, jy's net die ou en jy voel die beste, maar laat Flynn jou iets sê: Dit gaan jou nêrens bring nie, my ou maat. Wat dit jou in die sak bring … is nog 'n jaar in dieselfde graad, glo my. Werk hard en luister, asseblief. Luister na die onderwysers, dit is die moeite werd. Sukses! Fly-F Kaelin Hoffmann My first day in Brandwag was something I'll never forget, because it seemed all the teachers were speaking Greek. I will never forget: the friendships that we formed over the years; suffering in a wiskunde test because Megan and I had bunked maths; and my first EBW class, because I didn't even know what "skryfbehoeftes" was. Next year I plan to study marine biology and environmental law at Stellenbosch. My dream is to take all the opportunities I can and make a success of each one. I want to be proud and happy when looking back on my life. I want to travel the world because it is such a beautiful place. My friends have made a huge impact. They welcomed me to Brandwag, they always had food and never hesitated to share. The teacher who made the biggest impact is Ma'am, because she always shared her life stories with us. Her period never felt like class at all. My message: It's impossible to be on a diet in matric. Souti Wadia Janse Van Vuuren Dit wat ek altyd sal onthou, is die tye saam met my ware vriendinne. Die hoogtepunte was sokkies, "In die Hemel is die Heer" en al die matriek ekstras. Ek gaan Saterdae se hokkie en rugby baie mis. Liezl, Kaelin en Megan = Groepsdruk. Vir volgende jaar wag ek om te hoor of ek aanvaar is vir fisioterapie, maar ek is voorlopig aanvaar vir my 2de keuse by Stellenbosch. My drome vir die toekoms is om die wêreld vol te toer en soveel as moontlik verskillende ervarings te beleef. As ek terugdink, wil ek nie spyt wees oor geleenthede wat ek nie gebruik het nie. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is Ma'am met haar woorde: “Life has a way of figuring itself out.” Dit het my deur die jaar baie gehelp. Gr.11's, matriek vlieg verby! Geniet dit. Sterkte aan Stefan en Cuyler.

Jean-Paul Hoffman Daar's te veel dinge wat ek sal onthou: my vriende, die huis, mnr. Anker se klas en André, Keenan en Miggels wat my jaar gemaak het. Dan is daar ook die rugbytoer na Oudtshoorn toe ek 'n drie druk teen hulle en die hoof vir my gesê het ek speel soos Gio Aplon. Mnr. Anker se woorde: “Jy is alreeds stil. Flynn Hill, jy's alreeds uit.” Volgende jaar gaan ek in Johannesburg bly en studeer om 'n polisieman te word. My drome vir die toekoms is om te slaag en 'n goeie meisie te ontmoet en 'n lewe saam met haar te begin. Ek wil 'n goeie polisieman wees en dalk 'n kaptein word. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is mnr. Anker en die manier hoe hy alles net vinnig wil afhandel by die oefening en in die klaskamer. Die grootste indruk is juf. Roux se woorde: “Wat jy insit, sal jy uitkry” en “time management is most important.” Onthou altyd Brandwag se gees en die band van grys en groen. "Ons is die skool, ons is die skool, ons is die Brandwag van die Oos-Kaap. Ons is die hart van die skole. Ons is die Brandwag van die Oos-Kaap.” Geniet elke dag van jou hoërskoolloopbaan, want as jy in matriek kom en jy besef dat daar net 40 dae oor is, weet jy jou tyd as leerder is verby. Pompies Malcolm Jaer Dit wat ek die meeste sal onthou en die meeste gaan mis: die rugby, die ongelooflike gees en die harde oefeninge op die veld. Ek gaan al my vriende, ons goeie tye en al ons grappies ook mis. Wat ek die res van my lewe sal onthou, is ons eie kleedkamer agter die pawiljoen waar ek, Timmy, Lezo en Papa Son aangetrek het. Volgende jaar gaan ek by NMMU studeer en rugby speel vir die Kings. My drome vir die toekoms is om eendag professioneel rugby te speel. Ek wil graag eers sewes speel. Ek wil geld verdien, sodat ek kan teruggee aan my ouers vir al hul opofferings. Al my rugbyafrigters het 'n groot indruk op my gemaak: mnr. Anker, mnr. Erasmus, oom Wikus en mnr. Van Schalkwyk. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is mnr. Erasmus, hy het my soos goud behandel toe ek vir hom gespeel het en het my altyd bygestaan en aangemoedig in moeilike tye. Hy het vir my 'n boodskap gestuur wat ek nooit sal vergeet nie: “Sterkte Mella. Doen net jou beste. Jou talent het jou waar jy vandag is. Wees altyd dankbaar vir jou ouers en moenie van God vergeet nie.” Brandwagters: gee altyd net jou beste, want jy sal die vrugte daarvan pluk. Harde werk bring sukses. Mella Gretchen Jantjies Wat ek altyd sal onthou, is die band van grys en groen. Die pawiljoenoptrede was die hoogtepunt van my skoolloopbaan. Mnr. M. Meyer se grappies en sy stories sal ek onthou, asook die manier waarop mnr. Koekemoer ons gegroet het op Vrydagmiddae: “Hou matigheid voor oë.” My vriende en hul skinderstories pouses, die spangees by atletiek en die mal grappe in die besigheidstudies wanneer juf. Currie nie in die klas was nie, sal ek onthou. Volgende jaar gaan ek 'n gap jaar neem. Die jaar daarop wil ek gaan studeer en al my drome bereik as 'n maatskaplike werker. My drome vir die toekoms is om ''n suksesvolle maatskaplike werker te wees sodat ek 'n verskil kan maak in die lewens van minder bevoorregte kinders. Die persoon wat die grootse indruk op my gemaak het, is juf. Roux, want sy het altyd gedurende klastyd 'n boodskap aan die klas gegee, wat 'n lewensles was. Ek sal altyd my vriende mis: Sikki, Rencha, Nicole, Mentha en Kaylen en veral die gr.12-badkamer. My boodskap aan Brandwagters: Hou by die band van grys en groen. Wees 'n voorbeeld vir ander skole, doen net jou beste en luister na jou onderwysers, want onthou harde werk word beloon. En vir die personeel: keep up the good work. Greshy

Sikelelwa Johnson Dit wat ek die meeste sal onthou van my tyd in Brandwag is my laaste jaar. Dit was die beste jaar in my hele skoolloopbaan. Ek sal altyd onthou hoe juf. Roux ons op 'n Vrydag gegroet het. Die atletiekdae se opwindende gees en die Classic Clash sal ek ook altyd onthou. Volgende jaar wil ek graag verder studeer by die Universiteit van Johannesburg. My drome vir die toekoms is om 'n sukses van my lewe te maak en by gemeenskapsdiens betrokke te wees. Juf. Roux het altyd 'n groot indruk op my gemaak omdat sy altyd vir my gesê het dat ek na beter moet streef. Juf. Currie het altyd in my geglo. Juf. Basson en juf. Landman het baie liefde aan my bewys. Mnr. Koekemoer en mnr. Meyer het geskiedenis vir my lekker gemaak met hulle flou grappe en stories. My vriende, Nicole, Rencha en Grecthen, het skool vir my Ayoba gemaak - foto toilet moments. Ek gaan jou mis, Kayla. Brandwagters, niks is onmoontlik nie. Glo in jouself en jou drome. Reach for the top, because the bottom is overcrowded. The person I have become is a reflection of the input you have bestowed on my life. I wouldn't have asked anything different from anyone else. Appreciate it a lot. Will definitely miss you and keep all your teachings. God bless you. Sikki

Liezl Joubert Ma'am se klasse van gr.8 af sal altyd my grootste herinnering van Brandwag wees. Ons gees by sport, sokkies en die 4de hokkiespan sal my bybly. My unieke, spesiale, weird, cool en pragtige vriendinne sal ek altyd onthou. Die vriendskappe was die grootste geskenk wat Brandwag my gegee het … en Wadz se sarkasme! Julle ook, Megan en Kaelin. Volgende jaar gaan ek B.Com. by US studeer en hopelik in Minerva tuisgaan. My drome vir die toekoms is om 'n geoktrooieerde rekenmeester by 'n groot maatskappy in Kaapstad te wees en in 'n woonstel op Bloubergstrand te woon. Bo alles wil ek gelukkig wees en oor niks in my lewe spyt wees nie. Ek wil nooit my rede vir glimlag verloor nie. Ma'am het definitief die grootste indruk op my gemaak. Sy't ons geleer jy is altyd reg. Na 5 jaar in haar klas kan ek uiteindelik Engels praat. Ek't ook geleer daar's 'n tyd en 'n plek vir alles. Juf. Huisamen se liefde vir wiskunde was aansteeklik. My vriende en die goeie herinneringe saam met hulle het hoërskool gemaak. Soos Ma'am altyd sê, “There's a time and place for everything.” Hou jou hoërskoolloopbaan gebalanseerd sodat jy kan terugkyk en met 'n glimlag kan sê dat jy deel was van die band van grys en groen.

Timothy Kayter Dit wat ek altyd sal onthou, is elke pouse wat ek en my vriende bymekaar was. Die gesprekke wat ons gehad het en die grapmakery. Ek sal altyd my vriende, Pika, Mella, Lezo, Vesto, Danny, Cubbe en Marand, onthou. Ek sal ook vir altyd die band van grys en groen, vierkantopeninge en saalbyeenkomste onthou. Ek gaan volgende jaar regte by NMMU studeer. My droom vir die toekoms is om 'n prokureur te word. Ek wil ook 'n voorbeeldige jong man word wat 'n impak op ander jongmense se lewens het. Dis mos hoe Brandwag my geleer het. Ek wil ook suksesvol wees in wat ek doen en wil 'n groot gelowige word. Al die onderwysers by Brandwag wat vir my klas gegee het, het 'n groot indruk op my gemaak en ek het by elkeen van my onderwysers iets geleer. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, was juf. Roux, want sy het baie opofferings gemaak vir ons en sy het almal lief gehad. My boodskap aan die Brandwagters: Dink positief en kanselleer alle negatiewe dinge in die lewe. Sit alles in met alles wat jy doen en onthou wat jy insit, sal jy uitkry.

Hendrik Kleinhans Ek sal eerstens my koshuisbroers nooit vergeet nie, die tyd in Hanekam was onvergeetlik, al het die 2 jaar vinnig verby gegaan. Dan sal ek geografie onthou. Mnr. Anker het ons altyd laat werk. Sy eerste woorde elke periode: “Jy is alreeds stil,” is onvergeetlik. Net aan een van my naaste koshuisbroers, Jacques A.K.A. Drommetjie: Jy sal gemis word volgende jaar.

Timmy Melissa Kleinhans Van 'n klomp onvergeetlike tye, sal ek beslis nooit die tye saam met my vriende vergeet nie en hoe opgewonde ek soms kon raak om veral met Chante-hassie te kan gesels nie. My grootste droom is bloot net om gelukkig te wees in dit wat ek gaan doen en nog meer dinge te vind om te doen wat my gelukkig maak. Leerders: Alhoewel jy onvergeetlike herinneringe sal en moet maak, maak die beste van jou tyd hier en wees bly wanneer dit verby is. Soms is dit die beste om dinge net te aanvaar en die beste daarvan te maak.

Volgende jaar gaan ek boer tot ek besluit het wat ek wil doen, maar waarskynlik sal ek tog besluit om aan te hou boer. My drome vir die toekoms is om 'n baie suksesvolle wildboer te wees en ook om eendag te sê ek is 'n suksesvolle Brandwag-leerder. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, was mnr. Van Kampen. Ek onthou die eerste dag toe ek by Hanekam ingestap het, het ons dadelik ge-click. Hy gee altyd goeie raad en is altyd vriendelik. Ek weet mnr. Van Kampen sal nooit die Dinsdagaande braai voor Hanekam vergeet nie. Leerders, vriende en koshuisbroers onthou: Een maal 'n Brandwagter, altyd 'n Brandwagter. Jollies Micaelá Kleu Wat ek die meeste van Brandwag sal onthou, is die wonderlike gees wat onder ons almal was, veral by die Classic Clashes, die wonderlike vriende wat altyd in my hart sal bly en veral my en my vriende se “wat kyk jy?” -kyke in die wiskundeklas, maar meeste van als die netbaloefeninge en kosbare vriendinne met al ons mal tye saam. Ek gaan by NMMU B.Com. Business Management studeer en ook netbal speel. Ek wil eers net my studentelewe ten volle geniet. Ek wil klaarmaak met my studies en in 'n vaste werk wees. Daarna wil ek ook 'n gelukkige gesin hê en hulle dan na Brandwag stuur sodat hulle nét so 'n lekker hoërskoolloopbaan sal hê. Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is my netbalafrigters. Hulle was elke jaar soos ma’s vir my en ek kon enige iets met hulle deel. Juf. Roux het ons soos haar eie kinders lief en het ons rustig deur die rowwe jaar gelei. My baie goeie vriendin, Chanté van Rensburg, het geduldig tot laat met my gesit met wiskunde-vraestelle. Dankie vir als vriendin, jy beteken baie. Brandwagters kanselleer nooit nie en moet dit nie vergeet nie. Geniet elke oomblik soveel as wat jy kan, want voordat jy jou oë uitvee, is dit verby. Werk hard en jy sal beloon word. Vissi

Jonél Knickelbein Ek sal altyd my musiek- en English Home Language-klasse onthou. Daar was nie een dag wat ek uit die klas geloop het sonder dat ek in die periode gelag het nie. Pouses saam met my vriende was spesiaal. Ek sal ook nooit daai stappies saam met Marla vergeet nie. Ek gaan volgende jaar grafiese ontwerp by NMMU studeer. Ek wil graag my kursus voltooi en eendag my eie design studio oopmaak, maar die belangrikste van als: ek wil net omring wees met vriende, familie en goeie tye.

Gert Knoetze Ek sal altyd die koshuis en die vele stories wat daarmee gepaard gaan onthou. Die uitstappies saam met mnr. Anker om sy geweer te gaan instel en die sekspraatjie in die Afrikaansklas saam met my koshuisbroers en juf. Goosen. Volgende jaar gaan ek op Wellington studeer om 'n onderwyser te word. My droom vir die toekoms: Ek sal 'n miljoenêr word, punt! My vriende het my gemaak wie ek is - goed of sleg - en ek moet bieg, die een of twee houe wat geval het, het ook gehelp. My boodskap: Moenie toelaat dat juf. Goosen weggaan nie! Die skool sal nooit weer dieselfde wees sonder haar nie. Geen drank mag verkoop word aan enige iemand onder die ouderdom van 18 jaar nie. Oom Gert


Leanne Koekemoer Ek sal definitief die amazing vriende wat ek van gr. 8 - 12 ontmoet het, onthou en die spesiale funksies wat ek kon bywoon as 'n Brandwag-leerder. Ek sal beslis altyd terugdink aan die vele herinneringe wat ek van my skoolloopbaan het. Die skindersessies saam met my vriende op die matriekstoep sal ek ook onthou. Ek gaan volgende jaar studeer, hopelik regte by die Universiteit van die Vrystaat. My drome is om eendag goeie geleenthede te hê. Ek wil graag eendag 'n prokureur wees met 'n suksesvolle loopbaan. Ek glo dat jou vriende 'n groot rol speel in wie jy is en ek is dankbaar vir hulle, want hulle het definitief die grootste indruk op my gemaak. Ilze, Chantelle, Carla, Mila, Ronnie, Ulrich en Jonél: Dankie vir alles. Ons goeie vriendskap sal altyd onthou word. Personeel: Baie dankie vir al julle geduld en hulp. Brandwag se onderwysers is tops en is beslis die beste. Aan die leerders wat agterbly: Geniet elke oomblik en maak die beste daarvan. Hou jou skool se naam hoog en onthou die band van grys en groen. Alle sterkte vorentoe vir julle.

Bianca Korkie Daar is te veel wat ek sal onthou van Brandwag. Ek sal met trots die skool se naam hoog hou. Ek gaan volgende jaar skoonheidskunde by Total Concept studeer. My drome vir die toekoms is om suksesvol te wees in my beroep en gelukkig te wees. Juf. Roux se woorde: “As die emosies styg, daal die IK,” sal my altyd bybly. Ek het dit al 'n paar keer die jaar beleef. My boodskap: Dra Brandwag se naam met trots. Julle is bevoorreg om deel te wees van die band. Moenie skool om wens nie, dit gaan hopeloos te vinnig verby. As jy jou oë uitvee, skryf jy eindeksamen. Binx

Anie Jessi Kotzé Ek sal altyd onthou: die atletiekdae en ons vroeg opstaan om ons blou te verf; die blik-skud by die gala en hoe ons amper verdrink het vir punte; my netbal en elke keer se lag en huil saam met die meisies; die Anibrandfees 2013 ('nough said); skindersessies tussen D en E; mnr. De Vos se klas (of eerder sy stoep); al die inside jokes; R2 bedel vir pouses; balle; sokkies en al Brandwag se lekker dinge. Ek wil graag volgende jaar by Wellington onderwys studeer. My drome: Ek wil 'n suksesvolle onderwyser wees eendag wat 'n goeie voorbeeld vir die leerders kan stel. Ek wil trou met my droomman soos wat ek hom hier in my kop het en ons moet op ons gelukkigste wees met baie liefde, baie geld en baie kinders. Alhoewel Brandwag-onnies almal besonders is, het mnr. Du Plessis 'n groot indruk op my gemaak. Sy droë sin vir humor of net 'n vriendelike “Waar Jessi is, is daar altyd moeilikheid,” het my baie dae opgetel, al weet hy dit nie eers nie. Dankie, Meneer. Brandwagters: geniet elke oomblik soveel as wat jy kan en sing 'n Ram-tam-tam so hard as wat jy kan, want jy mag. Om deel te wees van die band van grys en groen is 'n groot eer. Onthou dit.

Vionné Kukkuk Die Brandwag-gees het 'n blywende indruk op my gemaak. Die vryheid wat ons as leerders het om dinge te reël, uit te voer en 'n sukses daarvan te maak, het my geleer hoe belangrik dit is om saam te werk. Ek gaan volgende jaar web design by NMMU studeer. My drome: Ek wil 'n suksesvolle loopbaan as ontwerpkunstenaar hê, wat al die wêreldbekende besighede en organisasies se logos en websites opstel en ontwerp. Meer as alles wil ek net gelukkig kan lewe. Juf. Basson het 'n groot indruk op my gemaak. Sy is die liefdevolste persoon wat kan multitask soos niemand anders nie. Die vriendelikheid wat sy uitstraal, maak 'n slegte dag weer lekker. Juf. Roux het ook 'n groot indruk op my gemaak en haar bydra tot wie ek is, sal die res van my lewe 'n verskil maak. Baie dankie vir al die persoonlike aandag en omgee wat al die onnies gegee het deur die jare, julle is een uit 'n miljoen. Brandwagters: laat elke oomblik tel en geniet elke ondervinding. Skool vlieg verby en dan begin die harde dinge in die lewe! Vio

Megan Tamryn Lake Wat ek sal onthou: muffins in kamer 38; skindersessies tussen D en E; netbaloefenininge; atletiekoefeninge; wiskunde bunk saam met Kaelin; Wadia se sarkasme; Liezl se blonde oomblikke; Ma3 se planne; Carla F. se liefde; 3 jaar se sing van die 1ste netbalspan se kreet; rugbywedstryde; die geheime keuse B; mnr. Baxter se geel lucky das; die kos-deel-pouses; pienk Steri Stumpies; sokkies en die belangrikste: die band van grys en groen. Ek gaan hopelik fisioterapie studeer, maar as dit nie uitwerk nie is my 2de opsie B.Sc. sportwetenskap by US. Ek hoop ook om verder netbal te speel. Ek hoop om 'n verskil te maak met my beroep. Die grootste indruk: definitief ons gr.12B Engels Huistaalklas, insluitend juf. Conradie. Dis die klas waar ons die meeste geheime gedeel het, die meeste gehuil het, die meeste fights gehad het en die meeste geëet het. Die 5 jaar het beslis 'n besonderse band van grys en groen geskep. My netbalafrigters, juff. Goosen, Duvenhage en Kemp se leiding, ondersteuning en wyse woorde het my die speler gemaak wat ek is. Vir my vriende: 5 jaar is die begin van 'n leeftyd saam. Kies die regte vriende, hulle bepaal jou herinneringe. 1 Tim. 6:12 Megzi Marizaan Lemmer Ek sal definitief, sonder enige twyfel, die koshuis onthou. My tyd in die koshuis was vol opwinding en pret. My matriekjaar in die koshuis was beslis die beste en lekkerste. Ek sal altyd my koshuissussies onthou en al juf. Kleinhans se wyse woorde. Ek het dit geniet om te weet dat daar altyd 'n klomp sussies agter my staan. Ons is een vir almal en almal vir een. Ek gaan volgende jaar studeer om 'n radioloog te word. Ek wil graag gelukkig wees in die toekoms. Ek weet met harde werk en deursettingsvermoë sal ek beslis 'n reuse sukses van my loopbaan maak. Ek wil graag eendag op my eie beesplaas woon omdat die natuur nog altyd 'n groot rol in my lewe gespeel het. Juf. Goosen, my gunsteling Afrikaansonderwyser, het beslis die grootse indruk op my gemaak. Sy het nie net 'n liefde vir Afrikaans by my gekweek nie, maar het my gehelp om op ander maniere na die wêreld te kyk. Ek sal ook altyd vir juf. Van der Walt onthou en alles wat sy in die biologieklas vir my beteken het. Juf. Roux was beslis soos 'n ma vir my by die skool en ek kon gerus voel om enige tyd met haar te gesels. My boodskap aan elke leerder in Brandwag: “Beproef alles, maar behou die goeie!” Aan elke personeellid: Hou aan met dit wat julle doen, sodat Brandwag in die toekoms nog meer innoverend sal wees. Twiggy Nicholas Lourens Die beste span van dink en doen, is die span met die band van grys en groen! Ek sal daardie kringetjie en kreet voor 'n wedstryd vir ewig onthou asook die span wat vanjaar Brandwag se naam hoog gehou het. Ek sal nooit my koshuisbroers vergeet nie, met hulle is ek al deur dik en dun. Ek moet nog besluit of ek volgende jaar in Chicago wil gaan studeer of regte by NMMU. My droom is om eendag in Nieu-Seeland te bly. As ek my LL.B.-graad kry, sal hierdie droom kan realiseer deur die reëlings wat reeds getref is. Mnr. Van Schalkwyk en juf. Goosen het die grootse indruk op my gemaak. Mnr. van Schalkwyk was die mees inspirerende afrigter en juf. Goosen is die swagmeister van die skool! Laastens, die Chief … What a guy! My boodskap aan almal is: Time management! En as jy ooit kla oor te veel werk, wat doen jy tussen 00:00 en 02:00? Uil Kaylin Magawu Wat ek altyd sal onthou: die wonderlike gees van die band van grys en groen; rugby teen DP; koor-optredes; die matriekafskeid wat beslis 'n hoogtepunt was; Engels by ma'am saam met Kayly en Cedty; die mal praatjies met Michael in die skeinat; en veral mnr. Anker se keuse E met die boeties en die girls (Lucy, Hope en Kayly). Ek gaan volgende jaar deeltyds werk en verpleging studeer. My drome is om selfstandig en onafhanklik te wees. Ek wil eendag op my eie twee voete staan en 'n voorbeeld vir ander wees. My droom is om eendag my eie haarsalon oop te maak. Juf. du Toit en juf. Goosen was albei moederfigure vir my. Hulle het regtig 'n groot indruk op my gemaak. Juf. Conradie se lewenslesse en juf. Meyer se beste stukkies sarkasme het ook 'n groot indruk op my gemaak. Skeinat by mnr. Baxter het my met nuwe oë na die lewe laat kyk. Mnr. W. Meyer het ook 'n groot indruk op my gemaak, hy het alles altyd so sag hanteer. Brandwagters: geniet elke oomblik op skool. Maak die beste daarvan en doen soveel as wat jy kan. Respekteer en waardeer die onderwysers, julle sal verbaas wees oor hoeveel hulle vir ons insit. Aan die onderwysers: Dankie vir die 5 jaar, veral aan juf. Du Toit en juf. Goosen, julle het albei help bou aan my persoonlikheid. En onthou: Bly kalm, jy's in Brandwag! Kyandra Lizelle Marais Ek sal altyd my vriende en al ons mal tye saam onthou. Julle is die beste. Ek sal ook altyd ons geselsies in ma'am se klas onthou en die band wat ons HL-kinders saam gevorm het en natuurlik F-Jay se liefde vir juf. Schonken. Ek gaan volgende jaar studeer vir 'n fisioterapeut. My drome vir die toekoms is om 'n suksesvolle fisioterapeut te wees met my eie praktyk en om eendag 'n gesin te begin. Juf. Conradie het die grootse indruk op my lewe gemaak. Sy het vir ons waardevolle lesse van die lewe geleer en ons geleer om altyd ons kop hoog te hou, maak nie saak hoe swaar dinge gaan nie. Aan al die Brandwag-leerders wat agterbly: Maak die beste van jou hoërskoolloopbaan. Tyd vlieg vinnig en voor jy jou oë uitvee, is hoërskool verby. Geniet elke oomblik van jou lewe en onthou: " There is a time and a place for everything." Zella

Kaylen le Kay Wat ek sal onthou: Classic Clashes, 40 days, my Engelsklas by Ma'am, pouses op die B-veld saam met Mentha, Lucy en Kaylie en my geografieklas by mnr. Anker saam met die boeties, Keen en Nienke. Ek wil graag volgende jaar onderwys by NNMU gaan studeer, as dit die Here se wil is. My drome vir die toekoms is om alles wat ek hier by Brandwag gekry en geleer het terug te gee. Ek wil graag 'n baie goeie onderwyser wees en eendag soos mnr. Cilliers aftree. Mense wat 'n groot indruk op my gemaak het, is juf. Roux by wie ek my hart kon uitpraat, juf. Schonken wat ons met gedigte 'n dieper insig in die lewe gegee het, juf. Von Willigh wat my altyd vir my toerisme-take aangejaag het en juf. Landman, "my ma". Ek het net die beste by Brandwag gekry, al die onderwysers het harte van goud. My boodskap aan al die Brandwagters wat agterbly: Almal wil graag "in" en "cool" wees, maar dit werk nie altyd uit nie . Wees net jouself en wees gehoorsaam aan die hoër gesag. Dit is wel lekker om stout te wees, maar onthou wat jy nou doen, bepaal jou toekoms. Ons sal baie na julle verlang en hoop dat daar na ons verlang sal word. Die band van grys en groen. Ons is die hart van die skole. Bly kalm, want jy's mos in Brandwag! Kaylyandra Dewan Lombard Ek sal die glimlag op elkeen se gesig in matriek onthou nadat ons skeinat geskryf het en hoe ek, Nico en Wian altyd, maar altyd, iets besonders in elke klas ervaar het en dan ook my broer, F-Jay. Ek gaan volgende jaar B.Tech. paramedici studeer by die Universiteit van Kaapstad of by NMMU. My droom vir die toekoms is om eendag tevrede te wees met my lewe en dat dit wat ek bereik het God se plan vir my lewe was en dat ek voluit vir Hom geleef het. Tussen juf. Huisamen, juf. Koekemoer, juf. Meyer en juf. Goosen is dit regtig moeilik om te kies wie die grootse indruk op my gemaak het. Almal het altyd pragtig gelyk, maar almal het êrens 'n aandeel gehad om my te vorm tot wie ek is. My boodskap aan almal wat agterbly: Moet nooit 'n dag afsluit terwyl jy vir iemand kwaad is nie. Die lewe is kort, maar onthou jy maak die verskil. Doen alles tot die eer van God, gee net jou beste! Beertjie Ruvern Louw Ek sal die band van grys en groen altyd onthou, want ons het elke Saterdag as broers op die rugbyveld opgestap en saam baklei om te wen. My eerste capping vir die 1ste rugbyspan was baie groot en spesiaal. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ons Marlow vir die eerste keer in 11 jaar op hulle tuisveld gewen het nie. Ek sal nooit die mooi meisies, vriende en kennisse vergeet nie. Ek sal nooit die dag vergeet toe 'n onderwyser van die departement vir my gesê het dat ek 'n netjiese seun is nie. Ek wil volgende jaar B.Com. gaan studeer. As ek nie aanvaar word nie, wil ek graag as 'n vakleerling by Transnet aansluit om elektriese ingenieurswese te studeer. My droom vir die toekoms is om 'n sukses van my lewe te maak en 'n indruk op ander mense se lewens te maak, jonk of oud. Ek wil my eie besigheid besit en 'n verandering in ons gemeenskap maak en by liefdadigheid betrokke wees. Juf. Roux het die grootste indruk op my gemaak. Sy was soos 'n mamma vir ons matrieks. Sy het ons gedwing om iets te doen sodat ons die beste resultate kon kry. My rugbyafrigters het my geleer as jou hart groot is op die veld, gaan niks in jou pad staan nie. My boodskap: “You don't really lose until you quit trying” en “dinamiet kom in klein pakkies.” Papa Son Lucille Mapoe Gr.9 is die jaar wat ek nooit sal vergeet nie. Ek het by mnr. De Vos biologie gehad. Hy was 'n cool meneer. Ek sal my mal vriende wat my elke dag laat lag het altyd onthou. Ek sal nooit die tweede laaste koorkamp vergeet nie, dit het werklik soos the Wrong Turn gevoel. En laastens: ek sal nooit gees bou vergeet nie, die skool is ongelooflik! Ek gaan volgende jaar by die weermag aansluit, waar ek 'n kursus gaan doen en daarna wil ek medies studeer. Om 'n man en kinders te hê, is beslis nie een van my drome nie. My toekoms is so helder, ek moet 'n sonbril dra! Ek sal werk op die dae wat ek moet. By my gaan dit heeltyd speeltyd wees, die show moet aangaan. Ek sal altyd vir juf. Goosen onthou. Juffrou kon altyd my donkerste dag ophelder. Juf. Van der Walt , juf. Scheepers en juf. Du Toit, jammer vir die jare wat ek julle grief gegee het, maar ek het groot geword en besef dat daar 'n tyd vir alles is. Liefies julle almal. Aan al die leerders: Kies julle vriende reg, weet dat daar 'n tyd vir alles is en as julle wil slaag beter julle jul basse af werk. Aan al die onnies: As hulle nie wil luister nie, gee hulle dan ore met 'n sweep. Lu-Lu Gaynor Matebe Ek gaan altyd die restaurantaande, Dinsdae se kringe en al die ander goeie tye op skool onthou. Ek gaan definitief vir mnr. Von Willigh onthou, want hy is altyd daar vir ons en laat my altyd goed voel oor myself. Brandwag het my baie geleer - dinge wat ek nooit sou geweet het nie - daarom sal ek die skool altyd onthou. Ek gaan volgende jaar hotelbestuur by George NMMU studeer. Ek wil 'n sukses van my lewe maak en die beste hotelbestuurder ooit wees. Mnr. von Willigh het die grootse indruk op my gemaak, hy stel 'n goeie voorbeeld vir die leerders. Hy praat nooit lelik met ons nie, hy praat ons altyd moed in en sê altyd die mooiste dinge. Ek het die wêreld se respek vir hom, want hy het my gerespekteer. Meneer is die beste en ek gaan Meneer en Meneer se grappies verskriklik baie mis. My boodskap aan die leerders: Never settle for less, doen alles tot die beste van julle vermoë. Respekteer altyd die onderwysers. Geniet julle skoolloopbaan terwyl julle kan. Personeel, bly altyd so lojaal en genadig, moet nooit verander nie. Ek kon nie vir beter onderwysers vra nie, want julle is die beste. Gaya


Tiffany Petrus Wat ek sal onthou: al die skinderstories (niks is 'n geheim in Brandwag nie); die Classic Clashes, Brandwag is tops en daar is nie beter rugby as Brandwag-rugby nie; toe ons op 40 days wou bunk en juf. Roux ons op die pawiljoen kom haal in haar slaapklere. Ag, my moeder. Ek gaan volgende jaar maatskaplik by NMMU studeer. My drome is om met kinders en jong mense te werk. Ek wil 'n verskil maak in hul lewens. Die onderwyseres wat die grootste indruk op my gemaak het, was juf. Roux. Sy is vir my die beste onderwyser. Sy is half soos 'n moeder, dwing jou om 'n ding te doen, maar jy sal nie later spyt wees nie. Sy wil graag die beste vir ons hê en dit laat my spesiaal voel. My boodskap aan dié wat agterbly: om 'n Brandwagter te wees, is die beste. Geniet jou jare, maar onthou lekkerte is net 'n vinger lank. Tiffy Monique Puren Die meeste wat ek gaan onthou is al die verskillende mense wat ek ontmoet het en die vriendskappe wat oor die jare gevorm is. Ek sal altyd soos 'n ware Brandwagter voel en deel wees van die band van grys en groen. Ek gaan definitief my matriekjaar vir altyd onthou: die laat stoepoorneming, die vroeë matriekafskeid, die Classic Clash en soveel meer. Matriek 2013 is die jaar om anders te wees. Ek gaan volgende jaar B.Com. besigheidsbestuur studeer. My drome is om eendag suksesvol te wees in alles wat ek doen en om eendag 'n baie groot, wêreldbekende besigheid te bestuur waarin dit moontlik kan wees om oor die wêreld rond te toer. Ek wil hê dat mense my voorbeeld sal volg, dus wil ek 'n baie hardwerkende persoon wees wat my drome nastreef. Elkeen het op hul eie manier 'n indruk op my gemaak. Juf. Roux het aan die begin van die jaar gesê die belangrikste ding in matriek en vir die toekoms is time management. Met daardie woorde het ek besluit om alles reg te beplan en die belangrikste ding eerste te sit en dit is op die oomblik skool, want dit is wat my toekoms gaan bepaal. Geniet elke oomblik. Jy mag dalk skool op die oomblik haat, maar dit vlieg verby. Onthou om nou alles in jou werk in te sit, anders gaan jy spyt wees. Nikki Dillen Roelfze Dames en here, die band van grys en groen, ons erekleure. Onthou dit, behou dit en vertrou dit. Wat ek sal onthou: my missie, hoekom ek in Brandwag was; die B-veld tye; die “huis” onder die skool se trappe, daar lê nou herinneringe, André Miggels en Flynn Hill; die 3 musketeers; en die stigters. Volgende jaar gaan ek nog steeds dans, maar net wanneer dit pay day is. Ek gaan volgende jaar werk, almal begin onder. Ek sal later verder studeer as ek genoeg geld het. My drome vir die toekoms is om my eie baas te wees. Ek luister nou al te lank na my baas, 2007-2013. Dit is baie lank, maar ek's nie vir een oomblik spyt nie, want ek het geleer Brandwag is baie kosbaar. Mnr. W. Meyer het 'n groot indruk op my gemaak. Hy was op my eerste dag die eerste oom wat ek gesien het. Hy het van dag een af vir ons gesê wat en hoe 'n Brandwagter is. Mnr. Van der Westhuizen het my toekoms ingekleur, hy het my talent vir my geopen. Ek leef kuns, ek glo sterk ek is kuns. Mnr. Anker: "Hande uit die sakke." Ek hoop hy sal die towenaar onthou soos ek hom sal onthou. Die George rugbytoer was my grootste en beste wat ek ooit beleef het. Ek wil dankie sê dat min mense nie van my gehou het nie. Baie dankie aan dié wat my dag gemaak het. Oombill Laurentia Sayster Wat ek altyd sal onthou, is die band van grys en groen. Die Oudtshoorn-toere saam met die hokkie. Die wonderlike spangees, Classic Clash-tye en die choreografie. Die lekker dae by die scooters saam met my vriende, Grechen, Nicole en Alushka. Die tye wat ons gebunk het in die badkamer, die laaste paar dae. Ek sal ook altyd mnr. Meyer se flou grappies onthou. Volgende jaar wil ek onderwys gaan studeer by NMMU. My drome vir die toekoms is om 'n sukses te maak van my lewe en om voluit te leef. Mnr. Koekemoer het 'n geweldige groot indruk op my gemaak, hy't altyd 'n goeie woord van bemoediging. Dan ons Ma by die skool, juf. Roux, baie dankie vir Juffrou se goeie woorde. Sy raai altyd mense aan om beter te doen. In my besigheidsklas by juf. Currie het ons elke dag gewerk, maar dis tog vir 'n goeie doel. Aan die leerders: kies jou vriende reg, spandeer jou tyd met positiewe mense. Al jou harde werk sal eendag beloon word. “If you fail to prepare, prepare to fail.” Rencha Michelle Scheepers Wat ek sal onthou: pouses as al die jongste nuus gedeel is; daardie trots wat jy kry as jy die skoollied saam met die res van die skool sing; om deel te kon wees van die groep op die pawiljoen met die Classic Clash; die skoolhoof wat met geleenthede sy statistiese kennis al te goed gebruik (hoeveel leerders is in Brandwag, hoe oud is Brandwag ens.); en juf. Goosen en haar “gemorsies” en “akkedissies” sê-goed. Ek gaan volgende jaar logistics studeer by NMMU. My drome is om 'n sukses te maak van wat ek aanpak in die toekoms, oorsee te toer en definitief Kaap toe te trek, hard te werk en seker te maak dat ek oor niks spyt is nie. Wie ek nooit sal vergeet nie is die onderwysers wat 'n indruk op my gemaak het. Mnr. Von Willigh het in gr.8 vir ons gesê ons moet nooit dat die duiwel 'n voet in die deur kry nie, want dan is hy daar. Mnr. Anker se klas was so deurmekaar, dit wys jy kan in deurmekaar funksioneer. As 'n mens juf. Koekemoer in die gange sien, draai jy so vinnig as moontlik om in die teenoorgestelde rigting. Vriende sal altyd 'n indruk op my maak, wonderlike vriende wat altyd daar is. Brandwag-leerders, geniet elke oomblik, want dit gaan regtig in 'n oogwink verby. Brandwag personeel, dankie vir 5 jaar van te veel huiswerk. Chelli

Divan Preston Ek sal al my vriende onthou wat so wil wegkruip vir juf. Koekemoer oor die hare. Ek sal ook al die tye wat ons nonsens aangevang het onthou en die pawiljoenoptrede. Ek gaan die krieket die meeste onthou en mis. Ek sal ook mnr. M. Meyer se grappies en stories en vir mnr. Anker onthou. Ek gaan volgende jaar verder studeer om 'n elektrisiën te word.My drome vir my toekoms is om my eie besigheid te begin. Ek gaan werk en dan verder leer terwyl ek werk en so my eie besigheid begin. Mense wat 'n indruk op my gemaak het in Brandwag is mnr. Von Willigh en al sy preke in gr. 10. Juf. Scheepers het ook 'n groot rol in my skoollewe gespeel. Mnr. Baxter het my geleer jy moet jou werk in die klas doen dan het jy nie nog stres oor 'n verskoning vir hoekom jy nie huiswerk gedoen het nie. Ek gaan julle nogal mis, maar ek sal al die lewenslesse toepas wat julle my geleer het. Aan die leerders wil ek net sê: 5 minute se beplanning spaar ure se spanning. So beplan eers iets voor jy dit doen en bly altyd nederig. Andrea Rautenbach Alhoewel my tyd hier in Brandwag van korte duur was ,sal ek altyd die kinders van Brandwag onthou. Julle het my dadelik laat tuis voel en my deel van julle gemaak. Ek gaan volgende jaar B.Sc. mikrobiologie by NMMU studeer. My drome vir my toekoms is om my studies te voltooi en 'n sukses daarvan te maak. Die persoon in Brandwag wat die grootste indruk op my gemaak het, was Nandie - haar glimlag, stres voor 'n biologietoets en handgebare in wiskunde klas, 8-nee, Nandie. My boodskap aan die res is om elke dag ten volle te benut en dankbaar te wees vir dit wat Brandwag aan julle bied. 3a

Caren Ruiters Ek sal altyd die pawiljoenoptrede van verlede jaar onthou en al my goeie vriende wat ek oor die 5 jaar by Brandwag gemaak het. Juf. Duvenhage se woorde sal altyd by my bly. Sy het altyd gesê: "Moenie na die glas as half leeg kyk nie, kyk na die glas as half vol en voeg net by.” Ek gaan volgende jaar verpleegkunde by Netcare studeer. Aan die personeel wat agterbly, bly die waardevolle en getroue onderwysers wat julle vir my was. Aan die Brandwag-leerders wat agterbly, Brandwag is soos een goot familie. Moet nooit die band van grys en groen vergeet nie. Jemma

Michael Nathan Scheepers Vir die 2 jaar wat ek in Brandwag was, sal ek altyd die vriende onthou wat ek gemaak het. Wat ek meestal sal onthou, is die Skype-sessie met die Koreane, die atletiek-byeenkomste en natuurlik die matriekafskeid en nog vele meer. Volgende jaar gaan ek meganiese ingenieurswese studeer en my persoonlike droom nastreef. My drome vir die toekoms is om groot te gaan en ek sal alles in my vermoë doen om dit te bereik. Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is juf. Goosen, juf. Britz en juf. Roux. Alhoewel ek nie veel van wiskunde hou nie, het juf. Britz dit altyd lekker gemaak met al die sarkastiese grappe. Juf. Roux het my laat besef dat ek regtig in staat is om my drome te bereik as ek hard werk en glo. Juf. Goosen se klasse was altyd lekker, die grappe en ernstige gesprekke het my nuwe uitsig in die lewe gegee. Vir die wat agterbly, ons is almal in staat om ons drome te bereik, maar dit sal nie gebeur as jy nie hard werk vir dit nie. Mike/Skippy/Lippe Madri Scherman Wat ek sal onthou: natuurlik die hokkie en al die dramas; die danse en die dates; juf. Goosen se duiwe wat besluit om op my af te vlieg; mnr. Baxter se moerkoffie en al die res … Ek gaan volgende jaar medies studeer. Ek wil eendag in die Kaap bly op 'n pragtige wynplaas. My vriende het 'n baie groot indruk op my gemaak, deur dik en dun het hulle al die kosbare herinneringe saam met my gedeel - enkele daarvan sal ons geheim sal bly. Vir Brandwagters wat ek agterlaat: tyd vlieg. Take every moment and make it count.

Liebe Schnetler Wat ek altyd sal onthou, is my vriendinne en al die mal tye wat ons saam gehad het. Ek sal ook pouses onder by die scooters altyd onthou en gaan dit definitief mis. Ek sal nooit my vier beste maatjies, Shellie, Nani, Joanzi en Milla, vergeet nie. Hulle het die vier jaar in Brandwag die beste jare van my lewe gemaak.

F-Jay Scholtz Wat ek sal onthou: my eerste keer in die koshuis; die goeie tye; die broederskap wat ons gevorm het; die vriende en vriendinne - “rokers” want “Scholtz” val mos in daardie register van gr.8-10 en al die ander vriende en vriendinne (nie-rokers); die familie, die band van grys en groen; en die matriek jaar vol eerstes. Als het verkeerd gevoel, maar tog is als perfek. Brandwag is perfek.

Volgende jaar gaan ek 'n gap jaar vat. Ek gaan 'n breek van leer af vat, gaan werk en net die lewe geniet. My drome is om gelukkig te wees met mense wat ek liefhet. Ek wil 'n werk kry waarvoor ek 'n passie het en dalk eendag wanneer ek groot en slim is iemand kry wat die lewe saam met my kan geniet. Juf. Roux en juf. Goosen het die grootste indruk op my gemaak met hulle moederlike liefde wat hulle vir elke matriek het. My vriendinne het ook 'n groot indruk gemaak op my en hulle het gehelp om my die person te maak wat ek vandag is. Aan almal wat agterbly, wil ek net sê hulle moet elke dag in Brandwag geniet, want die tyd is in 'n oogwink verby en dan besef jy eers hoe jy alles en almal gaan mis. Liebs

Wat gaan jy, leser, volgende jaar doen? Nog 'n paar jaar in Brandwag vir jou! Ek wil NMM-Zoo gaan studeer. I'm a dreamer, but I don't sleep. Ek soek 'n graad onder my belt, dalk twee! In die toekoms wil ek 'n goeie werk hê en gelukkig getroud wees. Brandwag is 'n skool vol verrassings, gebeurtenisse en onvergeetlike mense. Ek kan met trots sê Brandwag het die grootse indruk op my gemaak. As ek iets moet uitsonder sal dit oom Kobus Cronje wees. My matriek in 2009 en 'n “oom” waarna ek altyd sal opkyk. Hy is nederig en 'n man wat die Here liefhet, hy was ook die eerste rugbyspan se kaptein en het dieselfde posisie gespeel as ek in matriek. Baie dankie vir al die onderwysers se harde werk, maar onthou, “stuff happens to good people too.” Sterkte aan die leerders. Stifler

J.P. Schoultz

Ulrich Senekal Wat ek sal onthou: die pouses, al was hulle so kort; al die lekker tye saam met my vriende en al die nonsens pratery gedurende pouse; my klasonderwysers, veral juf. Britz se slagspreuk: “Wat is dit met hierdie kort periodetjies?” Ek sal ook juf. Meyer onthou. Wanneer sy jou aangluur, voel dit asof sy weet wat jy dink. Mnr. Erasmus, ons wag nog steeds vir daardie grappies. Ek gaan volgende jaar veearts en veekunde studeer by die Universiteit van Pretoria. My drome vir die toekoms is om eendag 'n praktyk te begin en te bestuur. Ek wil ook graag rondreis deur die wêreld en verskillende spesies ontdek. Ek wil 'n organisasie begin wat help om ons land se diere te beskerm. Mnr. Cilliers het die grootste indruk op my gemaak gedurende my skoolloopbaan, want by die meneer het jy geleer wat dit beteken om hard te werk. Hy was altyd streng, maar hy het ook 'n hart van goud. Ek het gekyk na hom as 'n held en ek sal hom nooit vergeet vir al daai duisende klastoetse nie. Die boodskap wat ek aan die Brandwag-leerders en personeel wil gee, is dat tyd vinnig verbygaan en voor jy jou oë uitvee, is jou hoërskoolloopbaan verby. Geniet jou tyd op hoërskool en maak baie herinneringe en vir die gr.11's wat volgende jaar in gr.12 gaan wees, moenie dit wat jy vir 11 jaar opgebou het, weggooi vir een jaar se skandes nie. Uli

Ek sal altyd onthou hoe ek ander kant toe mos hardloop as ek juf. Koekemoer sien. Ek gaan volgende jaar Total Concept toe en daar studeer. Ek wil hier in PE klaar studeer en Kaap toe trek en daar 'n nuwe lewe begin. Ek wil graag eendag my eie spa besit. Juf. Scheepers het die grootste indruk op my gemaak in die 5 jaar van in die koor sing. Sy was altyd daar vir my en was altyd bereid om te help. Haar raad en preke oor die jare het baie by my vasgesteek en my 'n beter mens gemaak. Aan al die onderwysers: dankie vir julle boodskappe, raad en preke vir die toekoms. Julle het ons voorberei vir die grootmenswêreld en eendag sal ons terugkyk na julle en dankbaar wees. Aan my boetie, Danie, ek hoop jy geniet matriek volgende jaar. Ek gaan jou en Hanli tonne mis. Lief julle twee.


Ryan Meyer Ek sal altyd die Brandwag-gees onthou en ek sal nooit die pawiljoenoptrede vergeet nie. Ek sal die matriekafskeid onthou, dit was die belangrikste aand in my lewe. Ek sal ook altyd die rugby, rugby T-hemde en "die huis" in die bomskuiling onthou. Ek wil volgende jaar regte by CTI in Kaapstad gaan studeer. Dis wat ek nog altyd wou doen. Dis my droom om eendag my eie praktyk oop te maak en my droom om voor in die hof te gaan staan en mense te verteenwoordig. Ek het in gr.11 'n baie mal vriend, André Miggels, ontmoet wat 'n groot indruk op my gemaak het. Mnr. Hurter het 'n baie groot indruk op my gemaak. Hy het altyd gesê dat ek 'n goeie rugbyspeler is, al van o.14 af. My boodskap aan die Brandwag-leerders en personeel: ek wil net vir julle voorspoed toewens vir die jaar wat kom en sê julle moet altyd getrou bly aan die gees. Aan al die onderwysers wat agterbly, asook aan dié wat die skool verlaat, dink altyd terug aan die goeie tye en watter groot rol julle in Brandwag speel. Giggs Madré Minnie Ek sal altyd my mal vriendinne onthou wat elke dag lekker gemaak het. Ek sal altyd die Brandwag-gees onthou asook ons Engelsklas-geselsies wat ons altyd laat lag het. Ek gaan volgende jaar grondslagfase onderwys studeer by NMMU. My drome vir die toekoms is om 'n skool vir gestremde leerlinge te begin. Die mense wat die grootste indruk op my gemaak het, sal my vriendinne wees. Dankie aan julle wat altyd my dag beter gemaak het. Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is definitief juf. Roux. Dankie vir al Juffrou se mini lewenslesse tussendeur die Engelsklasse. My boodskap aan die Brandwag-leerders wat agterbly, is om die tyd in Brandwag te geniet, want dit gaan werklik vinnig verby. Mini

André Miggels Wat ek altyd sal onthou is die liefde van die onderwysers, maatjies, die werkers, mense wat goedhartig was teenoor my, die goeie tye en juf. Koekemoer wat my die eerste keer gevang bunk het na 5 jaar, asook al die maatjies wat my gelukkig laat voel het en die “huis” of “uithelp huis” waar Mr. Miggels jou altyd sal uithelp. Ek gaan volgende jaar verder studeer om 'n sukses van my loopbaan te maak. My drome vir die toekoms is om die regte keuses te maak, want 'n mens weet nooit wat kan gebeur nie. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het is mnr. Anker. Hy het die snaaksste sêgoed en in gr. 8 het ek gesien dinamiet kom in klein pakkies en hy't my geleer om 'n man te wees. Juf. du Toit, mnr. Hurter, juf. Basson, juf. Von Willigh, juf. Maritz, juf. Scheepers, juf. Schonken, mnr. Van der Westhuizen en juf. Kriel het ook 'n indruk op my gemaak. Al my klasmaats wat altyd vriendelik was en saam met my gelag het, die Brandwag-tradisies, die band van grys en groen en juf. Roux sal ek ook nooit vergeet nie. My boodskap aan al die Brandwag-onderwysers is, bly streng en neuk die goed wat nie wil luister nie. My boodskap aan die leerders is, geniet skool en moenie alles wil doen op skool nie, “no.7 I'm tired op being popular”. Wees altyd trots op die groen en grys seuns, want meisies hou van Brandwag-seuns. Vra maar vir my, Mr. Gladdepraatjies. Gladepraatjies/Keeni Anneline Mostert Ek sal altyd my mal vriende onthou wat ek hier ontmoet het en ook al die mal dae en spesiale daggies wat ons beleef het. Ek sal nooit die dag vergeet toe ek in Brandwag gekom het nie, want dit was vir my lekker. Ek sal altyd die restaurantaande deur die jare onthou. Ek sal nooit die band van grys en groen vergeet nie. Volgende jaar gaan ek Oudtshoorn toe en daar leer vir 'n verpleegster en daarna verder leer vir 'n beter pos. My droom is om die wêreld vol te reis, om 'n goeie werk eendag te hê en goed na myself te kyk. My droom is om eendag 'n kinderhuis oop te maak vir minder bevoorregte kinders en om hulle lief te hê soos my eie kinders. Ek sal altyd my liefste gasvryheidstudies-onderwyser onthou wat my altyd so raas gegee het vir dom foutjies wat ek gemaak het tydens restaurantaande. Die onnie wat die grootste indruk op my skoolloopbaan gemaak het, is juf. Roux wat my aangemoedig het om my matriekjaar klaar te maak. Ek sê baie dankie aan juf. Roux. Love you. Ek wil net baie dankie sê aan al die onderwysers wat my opleiding gegee het gedurende die jare. My boodskap aan Brandwagters is om net jouself te bly en om 'n Jesus-kind te wees en om God in jou lewe te hê, want sonder Hom in jou lewe, is niks moontlik nie. Prinsessie

Melanie Muller Ek sal altyd my vriende onthou, veral dié wat in my matriekjaar so 'n groot impak op my lewe gehad het. Ek sal vir Ma'am Conradie onthou, my Huistaal-mamma, die mal koshuis tye, mnr. Von Willigh en ons 2de span, die skindersessies tussen D en C, die lag-tot-jy-huil-tye en natuurlik die maak en breek van tradisies deur ons, die matrieks van 2013. Ek gaan volgende jaar onderwys studeer by Wellington. My drome is om eendag 'n laerskool onderwyseres te word na ek my studies voltooi het. Ek sal altyd 'n begeerte hê om die wêreld te sien en hopelik sal ek. Die mense wat die grootste indruk op my gemaak het, is definitief my vriende, ek sou nooit die jaar sonder hulle kon maak nie, juf. Conradie en ons Engels Huistaal-klas wat al 5 jaar saam is en nog altyd 'n veilige vesting vir my was. Juf. Landman, mnr. Von Willigh en die VCSVkringleiers het ook 'n groot impak gemaak op wie ek nou is. My boodskap aan Brandwagleerders is om elke liewe oomblik aan te gryp. Dans by die sokkies. Eet baie terwyl jy nog kan. Kies jou vriende reg. Geniet die jong liefde en moenie bang wees om enige iets te waag nie. Maak baie herinneringe en waardeer elke oomblik. Onthou: Bly kalm, God is in beheer en die lewe het 'n manier om homself uit te sorteer. Rafiki

Nicole Myburgh Wat ek altyd sal onthou: die band van grys en groen; al die goeie, slegte en harde tye wat ons gevorm het; en pouses op die matriekstoep saam met my vriendinne. Ek gaan skool mis. Ek wil volgende jaar verder leer as dit sou moontlik wees, andersins wil ek werk om finansieel sterker te word. My drome vir die toekoms is om my eie restaurant suksesvol te bedryf en om 'n naam vir myself te maak in die gasvryheidsbedryf. Ek wil ook die wêreld vol reis en aanhou nuwe dinge leer. Ek sou graag al die onderwysers wat 'n groot indruk op my gemaak het, wou noem, maar daar's te veel. Van gr.8 af het ek altyd na juf. Roux opgekyk. Sy's 'n vrou wat weet wat sy wil doen en dit altyd suksesvol bereik. Juf. Hattingh het regtig 'n groot indruk op my gemaak. Sy het my op 'n manier gehelp wat ek na skool kan gebruik, iets waarvoor ek 'n passie het. Ek wil ook juf. Koekemoer en mnr. Von Willigh noem, want hulle is wonderlike mense wat ek nooit sal vergeet nie. My boodskap aan alle Brandwagters is om jou beste te doen en God sal die res doen. Moet nooit blindelings in 'n ding ingaan nie. Leerders, die personeel weet altyd wat die beste is vir julle, luister! Die personeel, wat my leiding en onderwys gegee het, dankie daarvoor. Ek sal ewig daarvoor dankbaar wees en julle werklik nooit vergeet nie. Elkeen het 'n merk gemaak waar dit saak maak. Nicks

Donald Nel Wat ek die meeste van Brandwag sal onthou, is die myl. Dit was 'n hoogtepunt in Brandwag en ek sal dit mis volgende jaar. Ek gaan ook pouses saam met my vriende mis, waar ek altyd moes uitkyk of iemand sien hoe ons aanjaag. Laastens sal ek my landloopspan en -afrigter wat altyd baie ondersteunend en die hoogtepunt van my dag was, onthou.

PS: Ons het die fights gewen.

Milandré Nel Ek sal altyd ons 'klein' vriendekring, die 'skandes', 'inside jokes', die endless dramas onder die vriendekringe, asook die goeie en mal tye wat daarmee gepaardgaan onthou. Mnr. van der Westhuizen en Petro se stry-sessies in die kunsklas, my, Liebe en Chantel se dans-sessies wanneer ons alleen in die klas was, sal ek ook nooit vergeet nie. My en Leanne se oog- en handsigns wanneer ons iets 'dringend' vir mekaar moet sê en Jonél se endless love stories in besigheidsklas, sal ek altyd onthou. Ek gaan volgende jaar grafiese ontwerp by AAA School of Advertising in die Kaap studeer. My drome vir die toekoms is om na my studies rond te reis na verskeie historiese plekke regoor die wêreld en om meer oor ander kulture te leer. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak is, is mnr. Van der Westhuizen. Hy het 'n hele ander manier om na alledaagse dinge te kyk. Hy het ons ook geleer dat niks ooit so eenvoudig of ingewikkeld is, soos wat ons dink nie. My boodskap aan die leerders wat agterbly: werk hard, gee jou beste en moet nooit opgee nie. Hou jou kop hoog en dra jou Brandwag-klere met trots.

Ducky

Mila

Petré Nel Die goed wat ek die meeste sal onthou, is juf. Roux se klasse met al haar stories en omgee, mnr. Anker se geografieklas, juf. Von Willigh wat altyd vir haar groep C lag, maar ek gaan veral juf. Scheepers se registerklas mis met al ons grappe en geselsies. Ek gaan pousetye saam met my vriende altyd onthou. Ek gaan volgende jaar onderwys studeer by East Cape Midlands College vir gr. R-3. My drome vir die toekoms is om eendag 'n goeie onderwyser te wees soos juf. Roux en altyd daar te wees vir my leerders. Ek wil ook eendag gelukkig getroud wees met 'n pragtige familie. Ek wil ook graag eendag mense in nood help en 'n verskil in die wêreld maak. Die onderwysers wat die grootste indruk op my gemaak het, is juff. Roux en Scheepers. Hulle gee altyd om vir jou asof jy hulle kind is en hulle weet altyd as daar iets fout is. Leerders wat 'n indruk op my gemaak het, is Michelle Scheepers wat 'n ware vriendin was deur al die jare en wat altyd by my gestaan het en Wynand in Engels met sy visie-oomblikke. Ek hoop dat alles goed gaan met die Brandwag-leerders wat agterbly en dat hulle 'n blink toekoms sal hê. Die matrieks van 2014 moet hard werk en Brandwag se naam hoog hou.

Zani Nell Wat ek sal onthou: hoe ek as gr.8-meisie op die hokkieveld geduik het; die laataand uit-sneak na Caltex vir koekies; elke week se brood en melk steel saam met Tia; die sokkies en balle; mnr. J. Meyer se woorde: “Mense, dis eintlik logies as jy so daaraan dink” en dan besef jy jy gaan dit nooit verstaan nie; mnr. Anker met “Jy is alreeds …” elke periode; en Mnr. W. Meyer wat ons altyd herinner het dat ons die beste skool is en hoe 'n ware Brandwagter is. Ek gaan volgende jaar B.Rek. in Bloemfontein studeer. My drome vir die toekoms is om eendag 'n suksesvolle rekenmeester of ouditeur te wees wat alles tot die beste van my vermoë sal doen en aanpak. Daar is baie onderwysers wat 'n indruk op my gemaak het. Juf. Roux het my geleer dat die wêreld daar buite gevaarlik is, maar ons moet alles aanpak, want dis al hoe ons gaan leer en as ons seerkry, is sy ons veilige toevlug. Juf. Huisamen het ons geleer dat klamte die beste opsie is. Juf. Currie, my ander ma, sal ek nooit vergeet nie. Sy was altyd daar vir my toe ek as verlore Jansenville-kind in die groot skool gekom het. Brandwag-leerders: moet nooit huiwer om iets te sê of te doen nie, die lewe is te kort om tyd te mors. Leer hard, maar speel harder. Onthou Brandwag kanselleer nooit! Renostertjie

Ek gaan volgende jaar onderwys studeer by NMMU en daar atletiek doen. My een groot droom vir die toekoms is om eendag by die Olimpiese Spele deel te neem. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is mnr. Cloete wat altyd 'n antwoord gehad het, nie net as 'n afrigter nie, maar ook as 'n vriend. My boodskap vir alle Brandwag-leerders, soos ons geleer het by die kaasen-wyn-span, is om jou kop hoog te hou, maak nie saak of jy wen of verloor nie, want ons is die band van grys en groen.

Patat Nico Olivier Ek sal altyd my vriende wat ek in die skool gemaak het, onthou. Ons was vyande in die laerskool, maar het op hoërskool beste vriende geword. Ek sal veral nie my matriekjaar vergeet waar ek en Dewan altyd vir Wian in die moeilikheid gebring het nie. Die band van grys en groen sal tot die dood by my wees. Ek gaan volgende jaar tandheelkunde by die Universiteit van Pretoria studeer. Dis my droom om eendag met mense te kan werk en letterlik 'n mooi glimlag op hulle gesigte te sit. My drome vir die toekoms is om die beste te word in my beroep, met die Here en my gesin wat my ondersteun en ek wat hulle ook ondersteun. Ek sal alles in my vermoë doen net om almal gelukkig te kan maak en net om vir almal in my toekoms te kan vertel dat God, God is. Ek kan eerlikwaar nie net een onderwyser uitsonder wat 'n indruk op my gemaak het nie. Hulle almal het 'n impak op my lewe gemaak. Al die onderwysers het my deur my hoërskoolloopbaan gehelp en ek wil net dankie sê aan elkeen van hulle. Brandwag-leerders, julle moet hoërskool geniet, want dis in 'n oogwink verby. Dit was die beste tyd van my lewe. Maak vriende, nie vyande nie en leef jul eie droom, nie iemand anders s'n nie. Leer hard en dan kan julle na dit die lewe verder geniet. Noki

Patruska Paulos Wat ek sal onthou: die raad wat die onderwysers my gegee het; die dag toe 12E's juf. Meyer die “silent treatment' gegee het; die koffiedae in juf. Basson se klas; en al die speletjies in die bomskuiling (tou-tou, bambie ens.) Ek gaan volgende jaar verpleging by Netcare Education studeer. Mense wat 'n groot indruk op my gemaak het, was eerstens juf. Basson wat ons Engelsklas altyd snaaks gemaak het, dan juf. Meyer. Sjoe, hierdie juf. het my haar 'swart skapie' genoem. Elke dag het sy op my gepik (op 'n goeie manier). Ek sal vir haar die meeste mis en haar onthou. Die klasmaat wat die grootste indruk op my gemaak het, is André Miggels. Daar is geen woorde vir hom nie, hy het my matriekjaar mal gemaak. My boodskap aan almal wat agterbly, is om altyd jou beste te doen. Maak die onderwysers mal. Hulle benodig nou en dan sulke oomblikke.

Samantha O'Neill Wat ek sal onthou: die band van grys en groen; hoe ons altyd saamstaan; hoe vinnig die tyd in matriek gevlieg het; daardie eerste dag as 'n sot; en hoe ons al die tradisies gebreek het. Ek beoog om volgende jaar logistics studeer. Ek wil ook volgende jaar sendingwerk in Indië gaan doen. My drome is om suksesvol te wees en 'n verskil in ander se lewens te maak deur miskien iets soos 'n pastoor te word. Ek sal ook daarvan hou om 'n kinderhuis oop te maak om kindertjies in te neem. My grootste droom is dat al my drome kan waar word. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, is juf. Marais. Sy was soos 'n regte moedertjie daar in die “groot” IT-klas. Sy kan altyd enige vragies beantwoord en raad gee. Ek kan nie onthou hoeveel keer ons al 'n partytjie gehou het nie. Ons IT-klas het haar ook maar lekker mal gemaak somtyds. Daar's soveel lekker herinneringe daaraan. My boodskap aan die Brandwagters en personeel wat agterbly: Moenie met maskers loop nie. Probeer om altyd te wees wie en wat jy is. Geniet elke oomblik, voordat jy jou oë uitvee, is jy klaar met skool. Maak herinneringe en neem baie foto's. Onderwysers, moenie toelaat dat die jong klomp julle grys hare gee nie. Sterkte. Sammy Shanon Përels Wat ek altyd sal onthou: die vriende wat ek in Brandwag gemaak het; die spesiale oomblikke in Brandwag; die Classic Clash; die pawiljoenoptrede; en my eerste dag van skool toe ek op die trappe geval het. Ek gaan volgende jaar in Oudtshoorn verpleging studeer en daarna sal ek verder studeer vir 'n hoër pos. Die droom wat ek eintlik wil bereik, is om 'n radioloog te word en ander te help. Ek wil ook 'n groot huis en 'n oulike motor hê. Ek sal graag wil trou en 'n goeie vrou en ma vir my kinders wil wees. Ek sal altyd my gunsteling onderwyser, juf. Kleinhans, onthou. Sy het altyd geskel, maar ek het geweet dat dit vir 'n goeie rede is. My beste Engelsonderwyser was juf. Basson. Sy het my altyd welkom laat voel in haar klas. Die boodskap waarmee ek julle los, is: Respect goes a long way. Julle moet altyd die band van grys en groen uitbeeld. Ek wil net dankie sê aan al die onderwysers wat my gehelp het om te bereik wat ek vandag is.


Alushka September Wel, ek sal al my vriende mis en al die mal tye saam. Juff. Meyer en Maritz het 'n groot invloed op my lewe gehad. Ek sal my laaste hokkiewedstryd wat ek vir Brandwag gespeel het altyd onthou, nie omdat ons 4-0 verloor het nie, maar omdat almal uiteindelik ge-gel het, ons verskille eenkant geskuif het en ons laaste oomblik saam geniet het. Gym-sessies sal ek altyd onthou, Vinny, Zwang, Freddie en juf. Maritz. Ek gaan volgende jaar in George studeer by Eta Collage Sports Academy en dit sal my 3 jaar vat om die kursus te voltooi en 'n graad daar te kry. My drome is om 'n vaste werk te hê met 'n goeie salaris en om eendag te trou en my eie familie hê. Ek wil graag - as ek kans kry - weer my land verteenwoordig in my kragoptel en my eie groep hê wat ek voorberei en oplei om in my voetstappe te volg. Juf. Meyer en juf. Maritz het die grootste indruk om my gemaak. Juf. Meyer was en is soos my 2de ma. Sy het altyd geskel, maar omdat sy omgee. Sy't my altyd reggehelp as ek van die pad af wandel. Juf. Maritz is my ster, ek is lief vir daardie juffrou en waardeer haar baie. Sy is my inspirasie en 'n goeie voorbeeld vir my. “Life is hard they say, but we always find a shortcut to figure things out.” Aluba Nicolette Slabbert Ek sal altyd onthou: Engelsklas saam met Patat en Wynand, omdat hulle elke periode 'n skindernuus- en grap-sessie gemaak het en Wynand my Frans geleer het; geografieklas was fantasties, dit was een mal klas; toerisme saam met Liebe, die beste ontspan-, of slaap-periode; en Danie die grapmaker vir die beste van tye voor skool en pouse. Julle is soos familie. Ons staan saam en help mekaar. Ek wil volgende jaar graag weggaan en verder studeer, of ek sal werk en aandklasse neem - ek wil 'n kursus doen oor die oplei van honde. Ek wil 'n goeie hondeteler word en eendag in Duitsland, waar ek sneeu kan sien, gaan woon. Ek wil ook meer van die wêreld sien, ander mense ontmoet en oor 3 jaar verloof wees. My “sussie”, Lizelle, het veral in biologie 'n groot indruk op my gemaak. Sy motiveer my om goed te doen, het altyd 'n helpende handjie uitgereik as ek vasgehaak het en my moet ingepraat voor en na stresvolle toetse. Juf. Roux het dit by ons ingeboor dat ons nou regmaak vir die wêreld daar buite en dat jy met harde werk jou drome kan bereik. Sy het altyd gesê dat jy jou beste moet gee en dat jou tydsbestuur baie belangrik is. Geniet elke oomblik van skool, dit vlieg vinnig verby, veral in matriek. Jaag jou drome na en maak seker om baie ervaring op te doen in alle rigtings. Die Here sal nie dinge op jou pad bring as Hy nie weet dat jy dit kan hanteer nie. Dinge vat soms tyd en 'n bietjie geduld word benodig. Nikki Wolfi Natasha Snyman Ek sal definitief al die stres in die restaurant onthou, asook al die lekker pouses deur die jare! Ons 40 Days was 'n dag vir die boeke, sowel as ons stoepoorneming wat eers in matriek plaasgevind het. Ek wil volgende jaar gasvryheid studeer aan NMMU. My drome vir die toekoms behels om eendag in 'n hotel te werk en myself van daar af op te werk. Al my vriendinne het die grootste indruk op my gemaak. Hulle was altyd daar vir my en het elke dag dinge gedoen wat ek vir ewig sal onthou. Ek sal definitief volgende jaar die meeste na julle verlang. Juf. Goosen het ook 'n groot indruk op my gemaak. Ons sal altyd Juffrou se gemorsies bly, al gaan Juffrou weg! Ek wil aan al die oorblywende Brandwagters sê dat matriek definitief die belangrikste en lekkerste jaar van jou hoërskoolloopbaan is. Maak dus die beste daarvan en geniet elke oomblik, want nes jy jou oë uitvee, is dit verby! Nani Nadine Stoltz Ek sal altyd die stoutigheid van my gr.9-klas onthou. Ons het mnr. Turbo mal gemaak. Ek sal ook 2009 onthou, omdat dit die jaar van uithaak en stout-wees was vir my en my beste vriendin, Nicole. Ek is nog nie seker wat ek volgende jaar gaan doen nie, maar ek sal seker werk en aan 'n kollege studeer. My drome vir die toekoms is om stil te bly by my “man” en ons drieling wat in die huis rond hol. Nicole Kleinhans het 'n groot invloed op my lewe gehad. Sy het my 'n baie stoute kind gemaak en ons het in baie moeilikheid gekom. Dit was lekker en iets wat ek vir altyd sal onthou. Mnr. M. Meyer het ook 'n indruk op my lewe gehad, omdat hy my elke dag laat lag het en ook vreeslik baie geleer het. My boodskap aan dié wat by Brandwag agterbly, is dat jy nie moet dink jy is slim genoeg om 'n dokter te word as jy een keer 80% kry vir biologie nie. Onthou dat dit nie net “work and no play” is nie. Dit is speel eerste en baie hard werk daarna. Ag, ek speel maar net! Jy moet 'n bietjie van alles doen en geniet dit! Poepies

Tascha Strydom Brandwag het beslis 'n indruk geskep wat ek nie gou sal vergeet nie. Die onderwysers het hulself goed van hul taak gekwyt, of altans, die meeste van hulle het. Sonder my vriendinne sou hoërskool nie naastenby soveel pret gewees het nie, en selfs my vyande het my lewenslesse geleer wat ek nooit sal vergeet nie. Ek gaan in 2014 B.Com. regte aan NMMU studeer. My drome vir die toekoms sluit in om my matriekjaar te voltooi en 'n sukses van my lewe te maak. Buiten die impak wat my vriendinne op my gehad het, is daar ook 'n paar onderwysers wat 'n geweldige indruk op my gemaak het. Die onderwyseres wie ek nooit sal vergeet nie, is sonder twyfel juf. Goosen, te danke aan haar sal ek nooit die verskil tussen 'n akuut en 'n gravis vergeet nie. My boodskap aan al die Brandwagters wat agterbly: werk hard en geniet jou tyd hier, dit is in 'n oogwink verby. Ek wens ook alle sterkte aan die matrieks vir die komende eksamen.

Elriza Slabbert Ek sal die restaurantaande onthou al was dit stresvol vir ons en nog meer stresvol vir die juffrou. Die aande was altyd 'n sukses aan die einde. Ek sal die tye saam met my vriende ook altyd onthou, julle beteken baie vir my. Juf. Goosen het die grootste indruk op my gemaak. Sy het 'n baie goeie hart en sal uit haar pad uit gaan om ander te help. Brandwag gaan nie meer dieselfde wees sonder Juffrou nie. My boodskap vir die Brandwagters wat agterbly, is om trots te wees om in 'n skool soos Brandwag te kan wees. Geniet elke oomblik daarvan, want dit gaan so gou verby

Dewald Smith Ek sal altyd die koshuis en sy goeie tye onthou, asook my vriende en die lekker pouses. Volgende jaar gaan ek in Port Elizabeth studeer. My drome vir die toekoms sluit in om 'n Pro Enduro MX-ryer te word en wil graag my eie besigheid begin, met 'n paar plase daarby. Die onderwysers wat die grootste indruk om my gemaak het, was mnr. Baxter en mnr. Hurter. Hulle was meer as net onderwysers vir my. My goeie ou maats, Jollies, Colin, Vleis, Vincent en Chucky het ook 'n groot indruk op my gemaak. Al wat ek aan almal wat agterbly, wil sê, is geniet skool, want dit gaan só vinnig verby. Ek wil ook aan al die IGO-kinders sê dat julle jul take vroeg moet begin, want dit haal jou in hier aan die einde. Rambo Calvin Stokes Wat ek sal onthou: my eerste dag in Brandwag; my ongelooflike vriende; die mal pouses waarin ons saam gelag en mekaar se siele omgekrap het; die eerste jaar wat ek atletiek gedoen het, veral die 100m; die tye wat ons almal na skool vir die taxi gewag het; en my beste maatjies se positiewe invloed op my lewe. Ek wil volgende jaar aan NMMU studeer en iets van my lewe maak. Ek sal graag die sakewêreld wil betree of regte studeer. My drome sluit in om 'n graad agter my naam te kry, 'n standvastige werk te hê en myself elke oomblik te geniet. Ek wil graag 'n lewensmaat vind en in PE woon. Ek wil ook die goeie werk van God verkondig. Juf. Duvenhage het 'n groot indruk op my gemaak omdat sy altyd positief was en ons gemotiveer het om produktief en hardwerkend te wees. Sy het altyd gesê ons moenie net na die negatiewe dinge in die lewe te staar nie, maar ons moet dinge in iets positief omskep met 'n positiewe gesindheid. Mnr. M. Meyer het ook 'n indruk op my gemaak, omdat hy altyd weet hoe om 'n glimlag op my gesig te sit. Ek sal juf. Roux ook onthou, omdat sy uit haar pad gegaan het om dinge vir ons in matriek maklik te maak. My beste maatjie het ook 'n groot indruk op my lewe gemaak deur altyd daar te wees vir my en goeie raad te gee. Pika Ronnie Strydom Ek sal altyd Brandwag se goeie gees onthou, sowel as die IT Legends – Donald/Persian, Samantha/April, Wynand/Luigi en F-Jay/Dragonborn. Ek het van die beste tye in my lewe in daardie klaskamer gehad. Die Engels Huistaal-klas en natuurlik Ma'am sal altyd in my gedagtes bly. Verder sal ek ook “In die Hemel is die Heer” onthou en sal die laataande by debat onthou. Ek sal ook al die skaaktoere na Bloemfontein onthou. Dié is alles indien ek enigiets onthou, want soos my vriende my leer ken het, is ek baie vergeetagtig. Ek sal alles maar moet neerskryf. Ek gaan volgende jaar B.Com. (rekeningkunde) aan NMMU studeer. My drome vir die toekoms sluit in om 'n suksesvolle besigheidsman te word en gelukkig te wees in my beroep. Ek wil eendag my eie digbundel publiseer en ek sal ook eendag 'n graad in filosofie en/of Afrikaans wil studeer. Juf. Britz het 'n baie groot indruk op my gemaak. Haar “ongesonde” passie vir wiskunde is skoon aansteeklik. F-Jay het ook 'n baie groot indruk op my lewe gemaak. Hy het my geleer dat jy net jouself moet wees, en nie moet voorgee dat jy iemand is wie jy nie is nie. Juf. Schonken het ook 'n groot rol in my lewe gespeel en my geïnspireer om my digkuns te ontwikkel. My boodskap aan al die Brandwag-leerders is sterkte met julle tydjie wat voorlê en geniet dit! Aan die personeel: vergeet van aftree, want julle gaan nog vir ons kinders ook moet skoolgee! Zandalee Strydom Ek sal altyd Brandwag se unieke gees, sowel as die Brandwag-onderwysers onthou. Ek gaan volgende jaar deeltyds studeer. My drome vir die toekoms behels om my eie skoonheidsbedryf te besit. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, is juf. Roux. Sy is altyd op haar pos en wil net die beste vir ons 2013 matrieks hê. My boodskap aan almal wat agterbly, is dat jy nie 'n keuse het oor wat met jou gebeur nie, maar jy het wel 'n keuse oor hoe jy dit gaan hanteer. Maak altyd die beste van 'n slegte saak. Zana

Tash

My gunsteling Brandwag-onderwysers is, sonder twyfel, juf. Goosen, mnr. M. Meyer en juf. Gerber. Juf. Goosen het vir 2 jaar elke oggend vir ons in registerperiode gepreek en daai preke sal ek nooit vergeet nie! Dit was vir my 'n groot voorreg om in Brandwag te kon wees en al die goeie onderwysers te kon gehad het, wat ons elke dag voorberei het vir toekomstige eksamens en toetse. Dankie aan al my onderwysers, sonder julle sou ons dit nie gemaak het nie.

Juandré Swartz Daar is te min woorde om te beskryf watter dinge ek altyd van Brandwag sal onthou! Die dag toe ek vir die eerste keer by die skoolhek ingeloop het, het ek nooit gedink dat die tyd so vinnig sou verby vlieg nie. Die dinge wat veral by my vasgesteek het, is egter die pawiljoenoptrede, die eerste keer wat ek as o.14-speler vir Brandwag uitgedraf het en ook as 'n eerste span rugbyspeler. Ek onthou die eerste keer wat ek die eerste span se rugbytrui oor my kop getrek het. Die tyd saam met my vriende in “die huis” asook die tye in mnr. Anker se klas sal ek nooit vergeet nie. Ek wil volgende jaar verder studeer om 'n sukses van my lewe te maak, om te wys dat ek nie my tyd op skool gemors het nie. My drome vir die toekoms sluit in om 'n sukses van my lewe te maak en om 'n verskil in ander se lewens te maak. Die onderwysers wat die grootste indruk op my lewe gemaak het, is mnr. Anker en mnr. Von Willigh. Hulle het my altyd herinner dat skool nie 'n speelplek is nie en dat jy die beste van elke oomblik moet maak. Onderwysers, julle moet nie ophou met julle goeie werk nie en hou aan om 'n verskil in leerders se lewens te maak.

Lishi

Jebo

Lerishca Swanepoel Ek sal altyd Brandwag se koffiekroeë, Classic Clashes en veral ons sokkies onthou. Ek wil volgende jaar gaan studeer om 'n maatskaplike werker te word. My drome vir die toekoms sluit in om my eie kinderhuis oop te maak of om in só 'n inrigting te werk.

Dilon Tarentaal

Dieter Terblanche

Ek sal nooit die mal tye saam met my vriende vergeet nie; al die Classic Clashes, die atletiekdae en 40 days. Ek sal al daardie mal mense wat in “die duis” geblok het, onthou. Julle was die malste vriende ooit. Ek wil graag volgende jaar verder gaan studeer. My drome vir die toekoms is om suksesvol en onafhanklik van ander mense te wees. Ek wil die hele wêreld vol reis en net my lewe geniet.

Ek sal Brandwag onthou vir die goeie sekondêre grondslag wat ek hier gekry het. Die skool het my geleer dit verg harde werk om iewers te kom en akademie kom voor plesier. Ek gaan volgende jaar vir 'n diploma in bouwerk studeer. Ek het nie spesiale drome nie, maar ek strewe om eendag as ek oud is vir myself te kan sê: Ek het 'n goeie lewe gehad en tot die my beste van my vermoë gelewe.

Mnr. Koekemoer het die grootste indruk op my gemaak en ek sal hom nooit vergeet nie, veral nie al die mal goed waaroor ons altyd in gr10 en 11 in die geskiedenisklas gesels het nie. Ek sal ook nie vir juf. Von Willigh en mnr. Anker vergeet nie. Julle is almal my gunsteling onderwysers. My boodskap vir die mense wat agterbly, is dat jy jou tyd in Brandwag moet geniet, want glo my, jy gaan eendag na dit verlang. Doen alles wat mal is. You only matriculate once!

My gunsteling vak was IGO, met mnr. Hurter wat my altyd laat welkom en rustig voel het. Die onderwyser wat die grootste indruk op my gemaak het, was juf. Roux met haar sêding: “Dit wat jy insit, sal jy uitkry,” asook juf. Roux se "pillow moment." My boodskap vir die kinders wat agterbly, is dat dit nie gaan oor wat jy alles op skool bereik nie, maar dit wat jy vir jouself opbou om jou lewe na skool verder te kan vat en 'n sukses daarvan te kan maak.

Dilly-B

Diets


G P VAN RHYN MINNAAR & KIE Prokureurs *Prokureurs*Transportbesorgers* *Boedelberedderaars* Tel. Nr. 5 Lyne: Fax Nr: Docex:

041-9229124 041-9921941 5

Rhymin Gebou, Republiek Plein Posbus 192, Uitenhage, 6230

Brandwag se eerste rugbyspan van 2013 bedank die volgende borge: Okidoki Kids Group 1 Nissan Form-Scaff Anthony MacDonald Nutritech Rudi van der Merwe Lorita's Lessing, Heyns, Keyter & Van der Bank Prokureurs Top Carpet Little Tree Gerhard Janse van Vuuren


Maries Theron Ek sal altyd onthou hoe lekker dit hier was. My vriende en goeie onderwysers, veral juf. Basson en mnr. Morné Meyer met sy grappe en stories, is wat ek die meeste sal onthou. Ek gaan volgende jaar grondslagfase onderwys deur UNISA studeer. My drome vir die toekoms is om 'n suksesvolle onderwyser te word en dalk eendag my eie kleuterskool oop te maak.

Brandon Timms Ek sal altyd onthou hoe juf. Goosen my hare met 'n stomp skêr geknip het en toe na die tyd gesê het: “Ek het nou vergeet om my bril op te sit.” Ek sal ook altyd mnr. Morné Meyer se grappe en stories onthou. Ek dink my vriende het die grootste indruk op my gemaak, want hulle was altyd daar gewees en hulle het altyd by my gestaan in tye van nood. My boodskap aan die leerders wat agterbly, is om nooit op te gee met enige iets nie, want as jy al halfpad deur iets is, sal die Here jou deur die ander helfte dra. Wees sterk en glo in jouself.

Nadia van Aardt Ek sal die pouses op die matriekstoep en my vriende en vriendinne asook die koffie maak vir juf. Scheepers altyd onthou. Ek gaan volgende jaar by NMMU industriële ingenieurswese studeer. My drome vir die toekoms is om my graad te kry, 'n goeie salaris te verdien en my werk te geniet. Daarna wil ek my lewe geniet. Juf. Scheepers het verseker die grootse indruk op my lewe gemaak. Die musiekperiodes saam met my vier klasmaats en die noue band wat 'n mens vorm met 'n onderwyseres sal ek altyd onthou. Ek gaan haar beslis baie mis.

Hope Thys Ek sal altyd die eerste dag van skool, die vriendinne wat ek gemaak het en die onderwysers wat 'n impak op my lewe en my toekoms gemaak het, onthou. Mnr. Erasmus se grappies wat almal laat giggel het en ook die laaste paar maande van skool wat weer gevoel het soos die heel eerste dag van skool, sal ek nooit vergeet nie. Ek wil verder gaan leer en 'n goeie werk kry. My begeerte is om volgende jaar sielkunde te studeer. My drome vir die toekoms is om selfversekerd en 'n lewe van rykdom, welstand en Godvresendheid te hê. Ek wil altyd op die regte pad hou en al die struikelblokke voor my oorkom. Ek wil ook iets van myself maak, waarop my ouers sal trots wees en net basies 'n fondasie bou vir dit wat nog kom. Mnr. Erasmus het 'n groot indruk op my lewe gemaak omdat jy nooit 'n vraag moet antwoord as jy nie 'n verduideliking vir hom het nie. Dit het my geleer om altyd te dink voordat ek iets sê en seker te wees van my feite, want woorde maak seer. Juf. Schonken het ook 'n groot indruk op my gemaak omdat jy nooit haar vak gaan deurkom as jy nie georganiseerd is nie. My boodskap: respek en gehoorsaamheid is die sleutel om die deur tot die toekoms oop te maak. Vertrou op die Here en Sy mag, want wat jy insit, sal jy uitkry en nog vele meer. Hopie Nicholas Toring Iets wat ek altyd sal onthou, is toe ek die eerste keer in juf. Conradie se klas ingestap het. Ek was opgewonde, maar ook op my senuwees oor hoe hoërskool sou wees. Baie vroeg was ek deel van die Brandwag-gees. Die Mnr. en Mej. Sot Kompetisie, atletiek, dramas met mnr. Cloete, my hoogspring-oefeninge by mnr. Hurter, singsongs, kringe en ook die dramatiese kooroefeninge by juf. Scheepers (sy sal my beslis die meeste mis) sal ek nooit vergeet nie. Ek gaan volgende jaar Kaapstad toe waar ek drama of musical theatre gaan studeer. My droom is om dit eendag groot op die Big Screen te maak en ook om my eie besigheid te besit. Ek wil ook gelukkig getroud wees met baie kinders, want twee kinders in 'n huis werk nie vir my nie. My grootste droom van al my drome is om eendag hemel toe te gaan. Die onderwyser wat 'n groot indruk op my gemaak het, is juf. Basson wat ons geleer het om altyd vol blydskap te wees en om in elke oomblik te lewe asof dit jou laaste oomblik op die aarde sou wees. My arme akkedisse wat agterbly, die tyd het aangebreek vir my om julle te verlaat. Julle almal het 'n groot rol in my lewe gespeel. Doring Melissa van Antwerpen Ek sal altyd die aansteeklike gees en die band van grys en groen onthou. Ek wil graag skoonheid gaan studeer en my droom is om eendag suksesvol te wees in alles wat ek doen. My grootste inspirasie was beslis juf. Roux. Sy het altyd by my gestaan en ek sal nooit die Engels-periodes saam met Anina en Kelly vergeet nie, veral nie ons “grappies” nie. Vir die leerders wat agterbly, wees altyd jouself en nooit iets of iemand wat jy nie is nie.

Aan die Brandwagters wat agterbly, wil ek net sê die 5 jaar gaan so vinnig verby. Waardeer die tyd saam met jou vriende en vriendinne. Elandré van der Merwe Ek sal nooit die gevoel vergeet toe ons met die Classic Clash die Tiere se tande getrek het nie. Wat ek ook sal onthou, is mnr. Erasmus se snaakse grappies, die Brandwag-meisies wat elke civvie-dag mooi gemaak het en my rugbybroers. Hulle het elke oefening lekker gemaak, al het mnr. Van Schalkwyk ons lyn toe gestuur, het ons nog steeds tyd gehad vir 'n grappie. Die band van grys en groen sal ek nooit vergeet nie. Ek sal ook nooit my skoolliefde, Elmé, vergeet nie. Ek gaan volgende jaar konstruksie ekonomie by NMMU studeer terwyl ek rugby speel. Ek wil eendag net 'n goeie pa wees en eendag op die stoep sit en glimlag en tevrede wees met wat ek het. Natuurlik sal 'n groot bankbalans altyd welkom wees. Ek wil altyd deel wees van die Brandwag-familie. My vriende het beslis die grootste indruk op my gemaak, want hulle het my gehelp bou aan wie ek is. Hulle het my ook baie in en uit die moeilikheid gekry. Elke onderwyser by wie ek klas gehad het, het 'n groot invloed op my gehad en ek waardeer dit baie. Almal wat vir my rugby afgerig het, was baie great, mnr. Van Schalkwyk, mnr. Anker en mnr. Erasmus. Hulle het beslis rugby die lekkerste gedeelte van my skoolloopbaan gemaak. Vir die leerders wat agterbly: Doen alles klaar in gr. 11, want in gr. 12 is daar nie tyd nie. Ek wens daar was 'n gr. 13. Wees soet en praat harder, onderwysers raak maar ook so 'n bietjie oud. Kokkerot, Lanie

Chanté van Rensburg Die laataand debat-sessies saam met juf. Goosen en die verdwaal in George is herinneringe wat altyd sal bly voortleef. Die lekker lag en lekker huil saam met die beste vriende waarvoor 'n mens ooit voor kon vra, die goeie rek-tye in mnr. Johan Meyer se klas en die ongevraagde kommentaar van Dewan in die middel van 'n periode is alles deel van die herinneringe en tye wat Brandwag my gegee het en wat ek sal koester. Ek gaan B.Com. vir 'n geoktrooieerde rekenmeester studeer en daarna 'n opleidingskontrak by Deloitte voltooi. My grootste droom is om elke oggend gelukkig wakker te word en 'n werk te doen waarin ek gelukkig en tevrede is. Ek wil my studies voltooi met 'n onderskeiding en 'n leier op my gebied word. Ek wil eendag suksesvol en gelukkig wees en nie terugkyk en spyt wees oor kanse wat verlore gegaan het nie. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, is juf. Goosen. Sy het my laat besef wie ek is en het my dinge oor myself laat ontdek wat vir my baie deure oopgemaak het en daarvoor sal ek haar ewig dankbaar wees. Ek sal Micaela Kleu ewig dankbaar wees vir die positiewe bydra wat sy tot my lewe gemaak het. Sy't my laat besef wat ware vriendskap is en my geleer om altyd 100% in myself te glo. Vir die “gemorsies” wat agterbly, wil ek sê gebruik elke geleentheid. Moet nooit dat mense en omstandighede jou terughou nie. Glo in jouself en jou vermoëns en onthou altyd: God weet wat Hy vir jou beplan.

Christine van Rensburg Wat ek sal onthou: Ronnie wat dankie sê vir sy laaste anchor door onder; die dae van skree: “Sout! Sout!” Klink dit nie bekend nie? Die tye in geografie was die afgelope 3 jaar epic en onvergeetlik, toerisme was waar die kinders slaap, wiskunde was waar ons hele klas saam met juf. Loock grappe maak inplaas van werk. Alles wat die skool aanbied, soos die Anibrandfees en Mnr. en Mej. Brandwag, bring so baie lekker gees en wie kan ooit vergeet van juf. Goosen wat ons almal "gemorsies" of "akkedissies" noem? Ek sal ook onthou van Afrikaans met Goosen en Vincent en Gert wat grappe begin maak. Vincent wat net wakker word as ons 'n seksuele toneel lees en dan lag almal vir arme Vincent. Ek gaan volgende jaar weg om verder te studeer. Ek wil almal wys dat ek onafhanklik kan wees en self kan regkom soos baie ander. My drome is om onafhanklik te wees, my eie besigheid te begin en suksesvol te wees. Ek wil 'n beter toekoms hê en 'n verskil maak in ander se lewens. Ek wil klaar studeer en my eie suksesvolle besigheid begin. Juf. Goosen en juf. Roux het 'n groot indruk op my gemaak. Albei het my baie van die lewe geleer. Juf. Roux het my geleer van time management en juf. Goosen dat daar mense is wat minder het as ek. Ek het so baie goeie herinneringe van Brandwag. Sterkte personeel, julle het jul hande vol, maar julle is 'n goeie sterk span wat enige iets kan hanteer. Crissy

Heinrich van Tonder Wat ek sal onthou: krieket speel buite mnr. Van der Merwe se klas; die touch rugby in die reën; laataande met die Xbox; my motorfiets in die badkamer; en skool toe kom in nagklere. Wat ek die meeste gaan mis, is die mense van Brandwag, want hulle maak die skool wat dit is.

Anina van Vuuren Ek sal altyd die gees wat die skool by byeenkomste gehad het, onthou. Ek gaan hare studeer by Images 1 Hair Academy. My droom is om suksesvol te wees in alles wat ek doen. My beste vriendin, Kelly Clarke, het die grootste indruk op my gemaak deur altyd daar te wees. Engels saam met Melissa was altyd 'n hoogtepunt. My boodskap: Leerders wees altyd trots met alles wat julle vir die skool doen en onthou: Fil.4:13.

Ek gaan volgende jaar megatroniese ingenieurswese studeer by NMMU. My droom is om 'n hoogs gekwalifiseerde ingenieur te wees. Ek wil ook verder gaan in my sport. Ek wil 'n afrigter word en goud verwerf by die wêreld-kampioenskap. My klasmaats het die grootste indruk op my gemaak. Met die regte maats kan 'n mens ver kom in die lewe. My vriende het my deur my skoolloopbaan gehelp en was daar vir my om op te steun as dit swaar gegaan het. Ek het die betekenis van ware vriendskap hier geleer. Ek sê dankie vir al die klasonderwysers waarby ek was. Julle het regtig 'n groot invloed op my lewe gehad. Aan die leerders wat agterbly, leerlingraad ek lag vir julle! Ek lag net omdat ek nooit gekies is nie en ek is bly daaroor, want dit vat baie van julle tyd. Akademie is belangrik, maar sport is lekker. Geniet skool, want dit gaan baie vinnig verby! Zwang Dané van Vuuren Wat ek sal onthou: die gees en band tussen die spelers in die 2de hokkiespan; die Classic Clash; en laaste maar nie die minste nie elke onvergeetlike oomblik saam met die spesiale mense, my vriende. Vir volgende jaar het ek gelukkig twee opsies: ek gaan of sportwetenskap studeer of Australië aanpak. My droom is om 'n sukses van my lewe te maak en nooit te hoef terugkyk en teleurgesteld wees nie. Ek wil 'n verskil in mense se lewens maak. Die grootste indruk op my is beslis gemaak deur my vriende, mnr. Von Willigh, Ma'am en my 2de span. Sonder hulle sou geen sielsgelukkige oomblikke bestaan het nie. My boodskap: Lewe voluit! Droom groot. Wees jouself, wees anders! En onthou: maak nie saak waardeur jy gaan nie, God het 'n rede vir als. N.S: As jy nie nou weet wat die definisie van time management is nie, sal die tyd na matriek jou daaraan bekend stel.

Nientjies

Mary-Ann van Vuuren Wat ek altyd sal onthou: pouses saam met my vriende; periode 1; mnr. Von Willigh se klas; restaurant-aande; en RTT-periodes. Ek wil deur Centurion Academy Tourism and Hospitality Management studeer. Ek wil 'n hotelbestuurder word. Ek wil 'n sukses van my loopbaan maak en daarna dink aan trou en kinders kry. Juf. Roux het 'n moederlike invloed op my gehad. Mnr. Von Willigh het my geleer om altyd positief en gelukkig te wees, net soos in die toerisme bedryf. Ek wil net dankie sê aan al die onderwysers wat vir my klasgegee het. Brandwag-leerders: Julle moet julle tyd geniet en nie om wens nie, want hoërskool gaan te vinnig verby!

Beanca van Wyk Brandwag is een van die skole met die meeste gees en dit is iets wat ek altyd sal onthou, veral die wonderlike tye saam met my vriendinne en onderwysers in die klasse. Volgende jaar gaan ek verpleging of onderwys by NMMU studeer. Dit behels 1 jaar teorie en 3 jaar prakties as jy deur 'n hospitaal werk. Ek sal graag wil spesialiseer in kraam-verpleging binne die volgende 4 jaar. Ek wil graag 'n sukses van my toekoms maak en alles doen waarvoor ek te bang was as kind. Ek wil ook oorsee gaan al is dit net vir 'n vakansie. Juf. von Willigh het my altyd gemotiveer om my beste te doen in toerisme en sy het my ook gemotiveer om beter te doen in al my ander vakke. Juf. Goosen het my gereed gemaak om volwasse te wees en my geleer om nooit onvriendelik te wees nie. My boodskap: Leer hard van gr.8 af en luister in die klas. Dit sal jou help in matriek. Onderwysers kan bly nes hulle is, want hulle doen baie goeie werk. Gee net meer af periodes en onthou altyd "ons is die skool." Bibi


Vernon Venter

Rochelle van Wyk Wat ek sal onthou: Brandwag se gees op die sportterrein, die pawiljoenoptrede; die band van grys en groen wat altyd uitstaan; en my vriende, vriendinne en onderwysers wat my altyd bygestaan het.

Ek sal altyd die vriendelike manier waarop ek 2 jaar terug by Brandwag ontvang is, onthou en ook my wonderlike meisie. My rugbyspan (3des) was soos broers vir my. Ons was die beste span al het die telbord nie altyd in ons guns getel nie en al het ons soms woorde gewissel.

Ek wil graag 'n sekretaresse word. My droom is om suksesvol te wees in my beroep. Ek wil altyd daar wees vir ander en 'n voorbeeld stel. Ek wil alles wat ek aanvat klaarmaak en strewe na beter.

Volgende jaar emigreer ek Kanada toe en gaan daar verder studeer. Ek wil graag 'n meganiese ingenieur word en terselfdertyd 'n renjaer wees. Miskien sien julle my eendag op DTM, kyk maar oor so 7 jaar.

Juf. Roux het die grootste indruk op my gemaak. Sy het altyd 'n manier gekry om my te laat strewe na beter selfs in moeilike omstandighede. Sy is 'n baie positiewe mens en wys jou altyd die lig na elke donker tonnel in die lewe.

Yolanda Willemse het die grootste indruk op my gemaak. Sy het my geleer om altyd alles in te sit in wat ek wil bereik. Hard werk, werk altyd, doen altyd daardie ietsie ekstra. Sy is regtig 'n sterretjie!

My boodskap: Strewe altyd na beter. Wees jouself en maak wyse besluite. Moenie dat iemand jou slegsê nie. Onthou net jy is uniek en het 'n doel.

Byt vas, julle almal se beurt om klaar te maak, kom. Van julle is net nader as ander. Verny

Roxy

Andrew von Hollstein

Hildene Vermaak

Ek sal altyd pouses saam met my mal vriende en die moeilikheid wat hulle gemaak het, onthou. Of dit nou baklei of mense natgooi was, dit was altyd amazing. Ek sal mnr. M. Meyer se klasse die meeste mis omdat hy dit so erg lekker gemaak het. Ek sal ook die RTT-klas saam met Billy, Christo, Uil en Daniel mis omdat ons so baie op die internet was oor baie random goed. Ek gaan volgende jaar werk en so gou as moontlik vir my 'n huis kry sodat niemand meer vir my kan sê wat om te doen nie. Ek wil 'n sukses te maak van my lewe en 'n familie te begin. Ek wil baie graag in kontak bly met my vriende, want hulle is die beste kuiermense. Ek beplan om op die 10 jaar reünie hier te wees en te sien wat van almal geword het. Juf. Goosen het die grootste indruk op my gemaak omdat sy my altyd gedruk het om my beste te gee en alles in te sit. Sy is soos 'n ma vir my. My vriende het ook 'n groot indruk op my gemaak omdat hulle die mense is wat my maak wie ek is. Brandwag is en sal altyd deel wees van my lewe omdat dit my gevorm het tot wie ek nou is. Aan die onderwysers en leerlinge wil ek sê: Julle verloor die beste onderwyser, maar ek is geëerd om saam met Juf. Goosen af te tree. Brandwag sal nooit weer dieselfde wees nie. Andie

Al is ek stokoud en sit ek op my stoep sal ek altyd die Brandwag-gees onthou en al die lewenslesse wat ek hier geleer het . Onthou, Brandwag kanselleer nooit nie. Die koshuis en sy mense sal altyd in my hart bly. Ek wil net sê: Foxi jy is die beste roomie ooit! Ek gaan volgende jaar studeer en hopelik nog hokkie speel. Ek het juf. Meyer in gr. 8 leer ken as die afrigter van die 1ste hokkiespan. Ek het gedroom om eendag in haar span te speel. Sy het my in my hokkieloopbaan gemotiveer en was nie net my afrigter nie, maar was soos 'n ma vir my. My boodskap: Glimlag altyd! Dit is goeie medisyne en onthou, vertrou op God want Hy is altyd daar om jou te help. Hillie Ruan Welgemoed

Monique Williams Ek sal nooit my koshuistye vergeet nie. Ek gaan dit baie mis en ook al my sussies en twee boeties. My vriendinne wat vir my so baie beteken, gaan baie gemis word. Inke, Tia, Zani, Virus en die ander, baie dankie vir julle ondersteuning. My skool herinneringe sal ek altyd onthou. Migg, kom ons braai. Ek wil graag onderwys studeer by Kovsies in Bloemfontein, dan 'n onderwyser wees op die platteland en vir my 'n oulike boertjie kry wat my gelukkig sal maak. Hopelik kan ons 'n eie plasie hê.

Ek sal die meeste van alles die pouses by my vriende onthou. Ek sal ook mnr. Meyer se klasse onthou waar hy altyd met ons grappe gemaak het en stories vertel het. Ek gaan volgende jaar begin werk en deur die werk verder leer. My drome vir die toekoms is om suksesvol te wees en om 'n gesin te hê. Ek wil nog tien Comrades-, Two Oceans- en Ironmanwedlope doen. Die persoon wat die grootste indruk op my gemaak het, was Donald Nel. Hy het my altyd ondersteun en ons kon enige iets bespreek. Geheime bly geheime.

Juf. Duvenhage het die grootste indruk op my gemaak. Aan die begin was dinge 'n bietjie shaky, maar sy het baie vir my gedoen en haar deur is altyd oop vir my. Sy het ook probeer om my 'n lady te maak en sy werk nog hard. Amper daar! Baie dankie vir alles, my koshuis-mamma.

My boodskap: Wees altyd trots op die skool en leef die band van grys en groen soos ware Brandwagters uit.

Met al my ervaring in die hoërskool, veral in my matriekjaar, wil ek net sê: Wees kalm, want God is in beheer! Probeer altyd die beste van 'n slegte situasie maak! Bekkie

Skillie Audrey Zeelie

Brandwag het nog altyd 'n sagte plekkie in my hart. Van kleins af het ek te doen gehad met Brandwag en die rugby. Brandwag het my herinner aan my pa en sy liefde vir Brandwag se rugby. Die gees van Brandwag is onbeskryflik en uniek aan die skool. Die bekendes sal ek mis. Die band van grys en groen sal niks beteken sonder jou vriende en die wonderlike onderwysers nie. Ek beoog om in Wellington onderwys te gaan studeer of dalk Dubai toe te gaan. Ek wil 'n sukses van my lewe maak, klaar studeer, maar ook nie net daar stop nie. Ek wil elke geleentheid aangryp, nooit stagneer nie. Ek wil my belangstelling in musiek verder vat en ook my bediening. Dit is my droom om te reis (spesifiek eers na Parys). Ek wil na 10 jaar terugkyk en tevrede wees met dit wat ek sovêr bereik het. My vriendinne en die onderwysers het 'n reuse indruk op my gemaak. Elkeen het 'n aandeel hierin. Die bio-klas het 'n groot indruk gemaak. Mnr. von Willigh en juf. Landman het ons gehelp om geestelik te groei ook. Die persoonlike geselsies met bv. juf. Pienaar steek vas in 'n mens se kop en dis iets wat 'n mens sal onthou. Die onderwysers sal verbaas wees as hulle moet besef hoeveel ons na hulle opkyk. My boodskap: Byt vas! Nee, ek spot! Dankie vir elke onderwyser. Daar's soveel mooi herinneringe: bv. mnr. Von Willigh se wyse woorde, juf. Roux se "pillow moments", juf. Pienaar se Russiese aksent, juf. Landman se mooi glimlag. Julle is regtig spesiaal. Moenie die dae aftel nie, maar laat die dag tel. Brandwag sal altyd in ons harte bly, maar ons moet nou gly! Audz

SêMA’SO REDAKSIE vir die 2013 MATRIEKBLAD Anandi Botha Alana-Lee Daniell Cleo George Emma Hayward Llewellyn Janse van Rensburg Franco Meiring Liani Nel Lurica Pasques Nadine Truter Elme van de Vyver

Nadene van der Mescht Louise van Wyk Liezl van Wyk Alycia Jacobs Natasha Kovacs Mikyla Mcloed Candice Pearce Caro Swanepoel Chandré Swanepoel Maryke Terblanche

Skoollied

In die hemel is die Heer

In tuindorp van Oos-Kaapland, waar blomme weeld'rig groei, Waar eik en jakarandaboom langs strate lustig bloei; Waar ossewa uit lang verleë die weë het gebaan Daar het ons Alma Mater skoon op Brandwag trots kom staan.

1. In die hemel is die Heer en sy glans is soos kristal. Hy's die Heilige van God en Hy heers oor die heelal.

Jou kinders sal jou huldig, hul trou aan jou verpand, hul kragte en talente wy in diens van Volk en Land.

Refrein: Daar is mag in Sy woord! Soos die waters druis sy stem. Soos die son op die see se blou, so die rykdom van sy trou. Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag. En aan U is die eer en die lof, want U regeer.

UITLEG Anandi Botha Alana-Lee Daniell Franco Meiring Caro Swanepoel

2. Miljoene in gereedheid, is die eng'le om sy troon. Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon. Refrein 3. Driemaal heilig is die Heer, Hy wat was en is en kom. Hy's die Alfa en Omega, almagtig en verhewe. Refrein 4. Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, die heerlikheid en lof van nou af en vir ewig.


RIVERSIDE CONSTRUCTION & VAT REG. NO: 4200161802

15 BELL STREET / P.O. BOX 1959 / 6230 CELL: 0825660199 - JOHAN PHONE: 041-9921171 FAX: 0419926179

166 Main Street Heuwelkruin Despatch 6220

Marius Kilian

Phone: (041) 933 4336 Cell: (082) 558 6212 E-mail: mariuskilian@telkom.sa.net

For all your licensed rugby needs ...

Cr of eat W io oo ns d

CODED WELDING, CONSTRUCTION WORK, PIPE INSTALLATION, MACHINE RELOCATION, ERECTION OF MASTS & TOWERS, CIVIL WORK AND PREPARATION FOR INSTALLATION OF MASTS TOWERS, PAINTING, FENCING, PALLET REPAIR, HIRE OF ARTISANS & LABOURERS, DUCTING, CONSTRUCTION OF NEW ROADS, MAINTENANCE AND REPAIR OF ACCESS ROADS

Woorde en meer met laser masjien uit hout gesny

Vir meer inligting kontak Carmin Kilian by: 071 470 9240 creationsofwood@yahoo.com Like ons Facebook page!

Vir alle Professionele Groentesaad Despatch

Besigheids Ure: Maandag - Vrydag 08:30 - 17:00 Saterdae 08:30 - 17:00 Sondae 9:00 - 14:00

Kliniek Ure: Maandag - Vrydag 08:30 15:00 Saterdae 08:30 - 13:00

Alle Mediese fondse welkom! Beste pryse; beste diens. Kliniek dienste beskikbaar 61Main Street, Despatch Tel: 041 933 2109 - OPEN 7 DAYS A WEEK

Skakel Jamie Pasques 073 9988 893 email: johnjames@vodamail.co.za

2013 Matriekblad 18 Okt 2013  

Matriekblad

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you