11 April 2013 Jr / Yr 11 No: 14

Page 6

06

4 April 2013

• Sondag 14 April. NG Suid-Gemeente. Piet Smit tree op as deel van erediens. Almal welkom. • Saterdag 27 April. AGS Rehobot Gemeente en Volle Evangelie Kerk hou saam basaar. • Vrydag 24 Mei. Laerskool Burgersfort reunie. Bring-enbraai, skool verskaf pap-en-sous. Skool kantoor 013 231 7609. • Saterdag 25 Mei. Winterfees te Burgersfort. Ray Dyllan en ander kunstenaars. Vele stalletjies en vermaak vir kleingoed. Grootskerm-rugby en ’n biertent. Skakel skoolkantoor 013 231 7609 vir stalletjies en kaartjies.

Nuus / News

Piet Smit tree Sondag in Lydenburg op

SPORT: • Saturday 27 April. Mashishing Marathon Club meeting. All members and athletes invited. Marifane Primary School, Skhila, at 14:00. Phone Sipho Minisi: 073 121 8890/ 072 894 1958. • Saturday 25 May. Halfmarathon hosted by Mashishing Marathon Club. Start at 07:00 Marifane Primary School, Skhila. Runner Registration Friday from 14:00 till 19:00 and race day. 21.1km, 10km, 5km, walkers. Phone Sipho Minisi: 073 121 8890/ 072 894 1958. Gereelde afsprake: • Woensdae. 7:30 by Lydenburg Toyota. BNI vergadering. 083 269 4893. • First Friday of every month. Freemasons meeting. 082 749 4300. • Vrydae. Pannekoek voor Longtom SuperSPAR deur Lydenburg Rusoord vir Bejaardes.

Piet Smit, bekende gospelsanger is Sondag in Lydenburg.

Op Sondag 14 Apri om 09:00 tree bekende gospelsanger Piet Smit by die NG Suid-gemeente op. Dit sal deel van die erediens wees. Almal is welkom. Piet Smit se openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70's begin as agtergrondsanger in Pretoria se kroeë en restaurante. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom toespits op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere. Sedert sy toetrede tot 'n voltydse sangbediening in Mei 1994 het Piet al verskeie albums die lig laat sien. Piet se bediening fokus op innerlike genesing en hy het 'n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Op die verhoog put hy uit sy eie persoonlike geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit, saam met sy liedjies, in 'n storie. Sy opregte begeerte is om sy talent uitsluitlik tot eer van God te gebruik.

Hengel en Kuns wenners Boere saamtrek Op 17 April sal daar om 15:00 ’n Boere Saamtrek plaasvind by Laske Nakke Lodge buite Lydenburg. Op die program is plaaslone, algemene sake, veiligheid op plase en ander sake. Na die vergadering sal ’n braai voorsien word. Die spreker van die middag is Daan du Plessis, Streekskakelbeampte van Oos Transvaal Landbou Unie. Vir meer inligting skakel Kallie Klingbiel by 082 450 8849.

Hengel en Kuns het onlangs weer hul maandwenners aangewys wat koopbewyse gewen het. Dit is altyd ’n welkome geskenk en vooruitsig vir kliënte. Van links is: eerste plek Ronnie Muller R300, Hengel & Kuns, tweede Wimpie Briel R200 Imbali Coffee Shop, derde Marius Scheepers R100 en Toekie van Zyl (eienaar van Hengel en Kuns Lydenburg).

Paassondag was vir 'n tweehonderdtal Lydenburgers nie 'n laatslaap-Sondag nie. Nog voor 06:00 die oggend, het die motors by die Longtom opgetou en het mense van alle kerke en ouderdomme die JESUS-koppie uitgeklim om saam die son te sien opkom en God te loof aan die voet van die kruis. Almal was dit eens dat hierdie byeenkoms 'n instelling op die Lydenburg-kerkkalender moet bly – en dat dit dalk uitgebrei moet word na 'n langer erediens en Paasfees-herdenking wat oor die naweek moet strek. Foto regs: Marinda Bouwer blaas op die “ramshoring” na die Sonsopkoms-diens op die Jesus-koppie op Paas-Sondag.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.