Nongqai vol 7 no 1

Page 18

Die tweede glasie het hy met reguit arm uitgestrek na bo gehou, sy elmboog geknak en die glasie saggies teen sy lippe gehou, ʼn klein sip gevat en rustig die whisky nommer twee op sy tyd uit die glasie verlei. Die gaste by die okasie het begin meng en rustig die uitstalling van die oomblik besigtig. Oom Alistair het vir hom ʼn bordjie eetgoed bymekaar gemaak van koesisters, frikkadelletjies, kaasskons en hoendervlerkies soos ons ander en weer kom sit. Nadat ons die snoeperye geëet het, bestel die oom weer twee whiskies en volg hy dieselfde prosedure soos vantevore. “Verskoon my oom maar waarom die twee enkels en die ʼn dubbel nie, en wat se ‘Op die Majoor...’ sê oom as oom die eerste glasie ledig?. ” Vra ek vol vraagtekens aan oom Alistair. “Kom ons stap buite toe dan rook ons ʼn sigaret dan vertel ek jou.” Sê hy as hy sy stoel uitstoot en omdraai so met die opstaan en flink begin aanstap buite toe. Ek het hom gevolg en ons twee het op ʼn muurtjie in die tuin gaan sit waar ons sigaret rook geen nie-roker kon pla nie. Ek het vol afwagting gesit en wag om te hoor en oom Alistair het my dan hierdie unieke verhaal van die twee-enkel-glasie-heildronk vertel. Dit was gedurende Paasnaweek 1902 so ʼn paar myl suid wes van Parys aan die Vrystaat kant van die Vaalrivier dat oom Alistair se pa en oom die oggend nat en amper verkluim tussen die rooi klip rotse op die opkomende son gewag het om warm te probeer word. Die twee Kemp-broers was sonder perd en te voet aan’t trekkende om iewers weer by ʼn kommando aan te sluit. Vir dae het hulle voor die Engelse kolonne met hulle Joiner-Scouts uitgevlug. As boorlinge van die omgewing het hulle die agtervolgers ontduik en in die klip skeure van die koppies geskuil vir tyd en wyl. Goeie Vrydag oggend was hulle moedeloos van moeg, nat en koud. Die nag in ʼn skeur geslaap en hulle met gras en bossies toegegooi om liggaam teen die koue en mis reën te probeer beskerm wat elke dag oor die rante gehang het. Vroeg dag sit twee verkluimde Burgers en bleek son op kyk toe hoor hulle die dowwe klop van klippe in vlakwater wat net ʼn perd kan maak. Sommer hier 20 treë onder hulle kom die soldaat aangery deur die vlak stroom net bokant die natuurlike drif. Die Majoor het nog die omgewing van oënskynlike verlatentheid so rustig waargeneem toe kyk hy in die lope van twee Henri-Martini’s vas. Sy militêre-brein het in ʼn oogwenk geweet dat uit daardie ystertonnels agter boer-hand sou daar net ʼn flits wees en dan sou ʼn paar onse boere lood hom nooit weer sy Bonnie Skotland sou laat sien nie as hy selfs vinnig sou asem haal. “Hênsop en klim suutjies van jou perd af, of jy is oorle” het die Majoor al te duidelik verstaan. Na amper drie jaar se oorlog in die Vrystaat het hy Afrikaans goed 18


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.