Nongqai Vol 10 No 4

Page 98

• Jors Troelie se Pampoen: At Spies: SALM (afgetree) Verstaan my nou baie mooi, hierdie was nie Steve Hofmeyr se pampoen nie, ook nie ou Cinderella, van goue die koets faam, se pampoen nie. Dit was my pampoen...... maar ek loop die storie so ietwat vooruit. Die vlug het heel normaal begin. Ons was getaak om die Rooikop Run met ‘n Skymaster (DC-4) te doen. Ons was geskeduleer om Dinsdag oggend om sowat 08:00 vanaf Waterkloof na Rooikop, via Windhoek, te vertrek en dan die Donderdag oggend weer vanaf Rooikop oor die selfde roete terug te keer na Waterkloof toe. 44 Eskader was natuurlik op Swartkop gestasioneer en dus moes ons vroegoggend oor vlieg Waterkloof toe. My ou vriend, Charlie van Wyngaardt, was my medevlieënier op die trippie. Vir ons sou daar meer as genoeg tyd wees om met ‘n Landy25 so ‘n paar Kabeljoutjies en Steenbrassies by Sandvisbaai (ja dit is eintlik die regte naam, nie die Engelse toebroodjie nie soos party mense die plek nou noem nie) te gaan aankeer. Wel, ek, Charlie en Corrie vd Burgh, ons ingenieur, het vroeg oggend al ons visstokke ens. Gelaai daar by Swartkops en toe vinnig oorgesuiker Waterkloof toe vanwaar die vlug eintlik moes begin. Die eerste been tot by Windhoek het sonder enige probleme of erge verwikkelinge verloop, net so ‘n paar passasiers daar afgelaai en twee of drie ander weer opgelaai. Uiteindelik land ons by Rooikop en terwyl die vrag nog afgelaai word stap ek gou oor na die transport-afdeling om vir ons, die crew, daardie gebruiklike visvang Landy te gaan aantree. Shit, egter nie die keer nie. Die klerk daar, sê vir my dat sy bevelvoerder hom uitdruklik beveel het om op ʼn besparings “drive” te gaan. Geen meer voertuie word vir besoekende lugbemanning toegelaat nie.

(Foto via lt.kol. William Marshall) “Shit, jy maak seker ‘n grap” seg ek vir die klerkie maar besef dadelik dat die mannetjie sekerlik onder orders is, dit is nie sy besluit nie. Vanaf die vervoerafdeling, stap ek direk oor na die bevelvoerder se kantoor toe, hy is ‘n gelyke rang wat slegs sowat ‘n week van te vore die pos aanvaar het. “Wat gaan ons vir twee dae lank op hierdie verlate basis van jou aanvang as ons nie kan gaan visvang nie” vra ek so ietwat ontsteld aan die man. “Jammer At, dit was ‘n besluit wat ek geneem het om so ‘n bietjie besparing te weeg te bring. Ek kan nie nou weer terug gaan daarop nie. Losing face en all that, jy weet,” seg die man maar hy lyk nie eintlik baie simpatiek nie.

25

Land Rover – HBH.

98


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.