Page 1

DIE e-NONGQAI Nie-amptelike Polisiekoerant vir VETERANE van die ou Suid-Afrikaanse Polisiemag en vir diegene wat belangstel in die geskiedenis van ons polisie, verdediging en nasionale veiligheid Desember 2011; Vol 2 Nr 12A

Redakteur - Hennie Heymans Beskermheer – Gen Johan vd Merwe

50 1


Contents / Inhoud 1. WELCOME / WELKOM ................................................................................................. 2 1.2 Redaksioneel 1961 - 2011 ............................................................................................... 4 2. Inleiding ............................................................................................................................ 4 2.1 Rita van der Merwe – Vryheid, KZNatal...................................................................... 4 2.2 Bedankings deur Louwtjie Loubser van die Kaap......................................................... 6 3 GROEP FOTO - NAAMLYS VAN DIE 1961 SAP OPLEIDINGSGROEP ....................... 6 4. Brief van Louwtjie Loubscher aan Daan le Roux ............................................................... 7 5. REUNIE 22 TOT 25 SEPTEMBER 2011 TE HARTENBOS ............................................ 8 5.1 Terugblik op die afgelope 50 jaar sedert 1961 – lt-genl Wouter Grove ......................... 8 5.2 Toespraak : Re-unie : 1961 groep : 24 Sept. 2011 : Daan le Roux .............................. 13 6 Fotoverslag: Bylae tot laserskyf met foto's 1961 SA Polisie opleidingsgroep re-unie 2225 September te Hartenbos .............................................................................................. 17 7. INDEMITY / VRYWARING .......................................................................................... 34 8. NEXT EDITION / VOLGENDE UITGAWE .................................................................. 34 9. CONCLUSION / SLOT .................................................................................................. 34

1. WELCOME / WELKOM Hartlik welkom by hierdie spesiale uitgawe, Vol 2 No 12B, vir Desembermaand van ons Veterane se eie tydskrif. Hierdie uitgawe fokus op die Studente van die 1961 inname van die van die Suid-Afrikaanse Polisiekollege in Pretoria se onlangse re-unie te Hartenbos.

2


3


1.2 Redaksioneel 1961 - 2011 SDG – aan God al die Eer! Moed, trou, lojaliteit, deursettingsvermoë,

50

innovasie en uitmuntende diens was voorwaar u wagwoorde!

Die

Suid-Afrikaanse

die

Polisie

is

onlosmaaklik

verbonde

aan

geskiedenis van Suid-Afrika en talle van hierdie “1961-manne” word van harte gelukgewens met hul goue 50 jaar! Namens al die “ou”

manne en al die “jong” manne baie geluk aan die klas van 1961!

2. Inleiding 2.1 Rita van der Merwe – Vryheid, KZNatal 'n Paar jaar gelede het Matty die gedagte geopper dat die SA Polisie se opleidingsgroep van 1961, in 2011, 'n 50 jarige re-unie moet hou. Vir lank het dit egter net 'n gedagte gebly. Verlede jaar het hierdie gedagte egter 'n werklikheid geword. Louwtjie Loubser is genader en hy was vuur en vlam oor hierdie saak. Hy het dadelik aan die werk gespring en ure, asook 'n sak vol geld, gespandeer om hierdie ou manne op te spoor. Met 'n lys vol telefoonnommers het Louwtjie my genader om te help om hierdie manne in te lig oor die idee van 'n re-unie. S6 is die bal aan die rol gesit, en het ons 'n klomp baie entoesiastiese ouens opgespoor, wat net so vuur en vlam was oor die idee van 'n re-unie. Die 22ste September 2011 het so ver in die toekoms gelyk, maar tog het die tyd stadig (te stadig) maar seker verloop, en het hierdie wonderlike gebeurtenis uiteindelik aangebreek! Ek was so opgewonde, mens sou sweer ek was deel van hierdie besonderse groep Polisiemanne!

4


Die naweek was wonderlik, die gees fantasties, en die gesels en gelag sonder einde. Die verblyf en kos te Hartenbos was uitstekend, en daarvoor wil ons baie dankie se aan die ATKV, in besonder Karin Phipson en haar personeel. Daar was egter ook die meer ernstige oomblikke. Wouter Grove het in sy toespraak onderwerpe aangehaal wat die hart geraak het en diep indruk op almal gemaak het. So ook het Daan le Roux eer gebring aan die polisiemanne van 1961, asook hulle vrouens. Die rol van die vrou het baie sterk na vore gekom gedurende gesprekke en toesprake. Uiteindelik het die vrouens die lof gekry wat hulle al die jare verdien het. Pastoor Ockie Taylor (hy was ook deel van hierdie 1961 groep) het vir ons 'n baie mooi boodskap gebring voordat ons Sondagoggend vertrek het. Ek wil persoonlik elke lid, asook hulle eggenotes, wat hierdie re-unie naweek bygewoon het, opreg bedank dat hulle die moeite en onkoste aangegaan het om daar te wees. Die mense het regtig van oor die hele land gekom, van die noorde, die ooste, die weste en die suide! Baie dankie, dit was spesiaal en julle is spesiaal! Aan Assupol, baie dankie vir u ondersteuning. Sonder hierdie bydrae sou ek en Louwtjie finansieel redelik in die knyp gewees het. Spesiale dank aan Daan le Roux vir sy bemiddeling om hierdie geleentheid te befonds. Ek sal my plig versuim as ek nie spesiaal dankie se vir Louwtjie nie: "Louwtjie, baie dankie vir die entoesiasme waarmee jy hierdie taak aangepak het, dit was vir my en Matty 'n wonderlike voorreg om saam met jou te kon werk aan hierdie projek. Baie dankie ook aan Marie vir die geduld wat sy met ons gehad het. Baie dankie ook aan Elunda vir die sjampanje wat sy aan ons geskenk het. Dit was voorwaar 'n baie mooi gebaar van haar." Saterdagaand het die tweeman-orkes van Pieter en Nicolene Engelbrecht vir ons heerlike musiek gemaak. Baie dankie ook aan hulle twee. Ons het heerlik gedans, alle skete en pyne vergete tot die volgende oggend! Dis toe dat Matty besef het dat hy eintlik twee opgevoeterde knieĂŤ het! Dankie aan ons Hemelse Vader wat almal veilig daarheen en terug by die huis besorg het. Daar sal nog lank oor hierdie naweek gesels word. Tipies Polisieman, was daar gedurende hierdie naweek besluit dat dit so lekker was, en dat dit beslis weer moet gebeur. So, vir die wat daar was en nie weet nie, ook vir die wat nie daar was nie, die plan is, DV, om weer in 2013 'n re-unie te hou. Hou my asseblief op hoogte van enige adresveranderings. 5


Nogmaals baie dankie, dit was vir my 'n voorreg om so 'n spesiale klomp mense bymekaar te help bring! Rita van der Merwe

2.2 Bedankings deur Louwtjie Loubser van die Kaap Toe ons 9 maande gelede begin het met die reëlings vir die re-unie, kon ons nooit die wonder en lekker van die eindresultaat eers in ons wildste drome voorsien nie. Ons 28 was net genoeg om te weet dit is die manne wat regtig daar wou wees en die mooi en dierbare vroue wat die groep 47 gemaak het, het weereens bewys dat 'n Polisieman niks kan vermag sonder 'n baie goeie vrou aan sy sy nie. Vir my was alles net 'n plesier en ek het net dankies om verder uit te deel. · Dankie Assupol. · Dankie Matty en Rita. · Dankie Karin van Hartenbos. · Dankie Hennie van Greunen die tafel- en hofmeester vir die lekker kos · Dankie vir 28 lede wat van oor die hele Suid-Afrika gekom het. · Dankie nogmaals vir elkeen wat bygedra het tot ons groot sukses. Laastens, maar nie die minste nie, vir Wouter wat die tikwerk en taalgebruik georden het, baie dankie. Ons maak weer so oor 2 jaar DV. Dankie Louwtjie

3 GROEP FOTO - NAAMLYS VAN DIE 1961 SAP OPLEIDINGSGROEP

6


Van links na Regs Eerste ry: Matty van der Merwe, Daan le Roux, Louwtjie Loubser en Suiker Britz Tweede ry: Johan Bester, Lollo van Vuuren, Andrew Langeveldt, Sarge Theart, Casper Matthee, Gys Lombaard en Tommy Leonard Derde ry: Johan Celliers, Japie Fourie, Deon du Toit, Attie Maritz, Wouter Grove, Hennie van der Byl en Roelf Oelofse Vierde ry: Piet Venter, Jan Jacobs, Johan Davel, Piet Smit, SP Erwee, Sarel Engelbrecht, Sakkie van Zyl, Blikkies Blignaut, Frans Goodchild en Pierre Wessels

4. Brief van Louwtjie Loubscher aan Daan le Roux Daan, My ou vriend, die blote feit dat jy en Sakkie van Zyl so ver uit die Noorde gekom het, was al my moeite werd. Toe ek nou nog verneem dat jy persoonlik jou duimafdruk op die borgskap gesit het, was dit vir my 'n groot 1961 moment. Vir wie moet ek se dankie na al die drukkies en soentjies wat ek gekry het? Ek sĂŞ nogmaals dankie Assupol! 7


Ek het twee polisse by Assupol, en om te dink ons het hierdie ons eie firma van die begin af ondersteun vanaf 1961. Ek het die nuutste adreslys aan Anton Uys oorhandig en hy het belowe om 'n paar van die manne nader te trek. Ek se persoonlik dankie vir die "Man van Assupol" wat vir alles so 'n positiewe en leersame toespraak kom hou het. Ek sluit 5 foto's in, wys tog asseblief by Head

Quarters hoe oorspronklik 'n speurder kan wees. Die borgskap het ons, en myself, uit 'n verknorsing gered, want 9 maande se selfoon oproepe ens kan jou nogal ruk. Ons sou moes bedel en ongemagtigde "raffels" hou! Ons kon selfs een van ons ou vriende help. Die R30.00 van elke lid kon ook Saterdagaand vir die orkes en die kombuispersoneel 'n "dankie se" wees. Ek is baie seker dat hulle dit nie verwag het nie, maar die stralende gesigte en weereens dankie, was pragtig. Laaste, maar nie die minste, MOENIE VERBY RY NIE!! Louwtjie Loubser Geseënde Kersfees

5. REUNIE 22 TOT 25 SEPTEMBER 2011 TE HARTENBOS 5.1 Terugblik op die afgelope 50 jaar sedert 1961 – lt-genl Wouter Grove Dit is vir my 'n besondere voorreg om na 50 jaar hierdie terugblik te lewer. Ek het onlangs by 'n baie oulike huisgesin as hul wyksouderling, gaan huisbesoek doen. Een van die seuntjies, Lourens, 'n knaap van so 6 of 7 jaar, maak die deur vir my oop en nooi my baie vriendelik binne: " Kom in oom, sit gerus oom," Hy hardloop die trappies op en skree: "Mal! Mal! die ouderdom is hier!" Ja vriende, dit is besig om vir ons die werklikheid te word. Toe ons 50 jaar gelede daar in Pretoria by die "Kollege" aangemeld het, het ons wysheid nog netjies toegevou gele tussen die lobbe van ons brein aan die binnekant van ons skedels, vandag slaan die wysheid in sulke grys kolle bo-op ons skedels uit. Ons het gekom op die stadium waar die wysheid juis in die grysheid lê. Kollegas, vriende, ons het verskillende paaie geloop tot hier. Party van ons het meer opdraandes en afdraandes as ander belewe.

8


Van ons manne het oor lang gelyk vlaktes soos deur die Vrystaat geloop tot hier waar ons vandag bymekaar is. Die feit is dat alhoewel ons verskillende roetes gevolg het, ons almal langs dieselfde grootpad, die van die ou SAP geloop het. Ons is elkeen op 'n unieke wyse oor die 50 jaar deur die SAP gelouter tot wat ons vandag is. Daar kan baie gesê word oor hierdie lang proses. Die Nederlanders se bv. "Die in zijn jeugd welleeft, vind een vrolike ouderdom." 'n Ander Nederlander se weer: "Jong te peerd, oud te voet." Gravin Diana - nie ons prinses Di nie - het gesê: "Jeug duur heelwat langer as wat 'n mens dink." Ons het al tydens hierdie re-unie baie van daardie jeugdigheid by elkeen wat hier is, ervaar. Pous Johannes - nie dat ek die pouse dikwels aanhaal nie, - se: "Die mens is soos wyn. Sommige verander in asyn, maar die beste verbeter met die verloop van jare." Daar is seker ook van die 1961 manne wat asyn geword tiet, maar julle, kollegas, wat vanaand hier is en baie ander wat nie vanaand hier kan wees nie, het die keur van 1961 se oes geword, elkeen verskillend, party Pinotage, ander Cabernet en ander soos die 1943 Port wat nou die dag vir der duisende rande verkoop is op 'n wynveiling. Elkeen het verouder met sy unieke kwaliteite as die keur van die oes. Besondere tye in ons landsgeskiedenis.

Die Unie van Suid-Afrika. Baie min mense kan se dat hulle in diens gestaan het van drie verskillende staatsvorme. Ons het nog aan "Her Majesty's Service" koeverte gelek, voor en nadat ons by die Mag aangesluit het. Ek het daar van 'n wêreld af gekom waar jy geleer is dat "jy lek niks van die Queen nie". Ons het die seëls gespoeg en dan geplak. Toe ons in Januarie 1961 hotkloutjie gegooi het, het ons nog trou gesweer aan die Unie van Suid-Afrika. Die hele 1961 groep het by die Voortrekkermonument op 'n parade totsiens gesê vir die laaste Goewerneur Generaal, totsiens aan die Unie van Suid-Afrika wat getrou gedien is deur die SAP ongeag die feit dat ons diep binne nie Britse onderdane wou wees nie.

Die Republiek van Suid-Afrika. 9


Die SAP het in 1961 baie verandering ondergaan. Vir die eerste keer het die opleidingskursus 'n hele jaar lank geduur. Daar is ook begin met 'n akademiseringsprogram. Ekself het my regsmatriek in die kollege behaal. Die standaarde wat gestel is aan elke lid van die SAP is progressief verhoog. Misdaad het soos 'n tsunami op ons afgespoel. Ons was die eerste manne wat die blou uniforms aangetrek het op die 30ste Mei met die afskeid van die Goewerneur-Generaal by die Monument. Ons het die Republiek van Suid-Afrika letterlik as wagters op die mure op 31 Mei 1961 in die erewag voor die Bosmanstraat NG Kerk en op diens op Kerkplein, ingewag. Vir baie jare was die nuwe blou uniform die "dun blou lyn" tussen totale anargie en orde in ons land.

Die nuwe demokrasie. Die nuwe demokrasie, en die oorgang in 1994 sou nie moontlik gewees het as dit nie was vir die ou SAP manne nie. Die 1961 manne het geen geringe bydrae gelewer nie. Ek bring hulde aan elkeen se bydrae. Die nuwe demokrasie staan nog op wankelrige bene. Daar word in politiek-wetenskaplike kringe gepraat van "'n nuwe Liberale Demokrasie". Omdat die debatte op politieke front so fel is, praat Max du Preez verwelkomend van 'n "brutale demokrasie". Ek het nog nie my eie naam daarvoor nie. Wat ek wel weet, is dat baie van ons bereid was om as professionele polisiemanne en speurders die nuwe demokrasie te laat werk. Speurders soos Suiker Britz, handelstakmanne soos Daan le Roux en al die 1961 manne wat vanaand hier sit, het alles feil gehad vir hulle taak om misdaad te beveg. Ons is ongelukkig almal mettertyd met groot besemhale onder die mat van the legacy

of the past" ingevee. Toe ek vanoggend die koerant optel lees, ek:

• • •

R3.69 miljard van die Polisiebegroting is vermors; Cele, Kommissaris van SAPD moontlik geskors. Dit maak seer want ons voel nog deel ons land se polisie.

Ek besef toe dat dit die tweede kommissaris in 'n ry is wat 'n verleentheid vir die SAPD skep. Ek het andermaal maar net weer besef dat die onbeholpenheid waarvan ek lees, waaragtig nie deel is van die gewraakte legacy of the past, nie. Nie een van 10


julle wat vanaand hier sit het nodig om julle koppe in skaamte te laat sak nie en ek bring vanaand hulde aan julle. As gelowiges kyk ons nie vandag met 'n wrok na die dinge wat so verkeerd loop om ons heen nie. Ons kyk miskien met onbegrip ja! Maar ons kyk in geloof op na Bo.

Gedenkalbum Die SAP sou volgende 100 jaar bestaan het. Ons was vir 50 jaar deel daarvan. Daar word volgende jaar 'n Gedenkalbum saamgestel. Sorg asseblief dat julle bydraes tot hierdie monumentale stuk werk lewer. Hulde aan helde, karakters en mentors. Wie was hulle? Name soos Louis, Snyman, Bokkie Breedt, Alwyn Lesch, en Sarge Thiart (wat vanaand saam met ons is) kom onwillekeurig by 'n mens op. Elkeen van ons kan sy eie lang lys van name by bogenoemde voeg. Ekself sou 'n ellelange lys in herinnering kan roep. Ek dink bv aan:

Snr Sers Naidoo wat my leer charge office werk het;

S/sers. Piet Viljoen (Madevane) wat toe ons nog net 4 blanke speurders in Zoeloeland was, my geleer speurwerk doen het;

Curt von Keyserlingk;

Sterk Hans Dreyer

En so kan ek aangaan en aangaan. Laat ons hierdie naweek ons gedagtes laat gaan na elkeen wat vir jou 'n "held", 'n besondere "karakter" of 'n mentor was op jou pad en kom ons bring hulde aan elkeen van daardie mense. Hulde aan die 1961 manne. Ek wil vanaand in besonder hulde bring aan die 1961 manne, elkeen was op sy eie manier en volgens sy eie uniekheid vir baie manne en vroue 'n held, besondere karakter of mentor. Elkeen van julle het oor die jare heen baie mense positief beïnvloed. Uit elkeen se voorbeeld, ja selfs uit ons foute, is daar geleer. Dankie daarvoor. Hulde aan ons vrouens.

11


'n Hele paar van ons wat vanaand hier sit se eggenotes het hulle al ontval. In die eerste plek eer ons hulle nagedagtenis. Daar is monumente vir polisieperde, polisie kamele en selfs vir 'n donkie, maar as daar waaragtig iemand is wat 'n monument verdien, is dit die vrouens van ons polisiemanne. Deur die volgende aanhalings wil ek hulde aan ons eggenotes bring: Saam met C. Louis Leipoldt wil ek sĂŞ: Waak oor die stem! Let op die siel! Behou die beste wat die nasie het! Die Vrou

Ook Alletta Lube skryf die volgende oor die vrou: 'n Huisvrou wat haar musiek, haar skilderkuns, of haar skryfkuns wil beoefen, doen dit in die krummeltjies tyd wat van die gesin se tafel afval. In Spreuke 19 vers 14 staan daar: Van sy ouers kan iemand 'n huis en besittings erf, maar 'n verstandige vrou is 'n geskenk van die Here. Beter kan ek dit nie stel nie. DAN OOK VERAL DANK AAN ONS HEMELSE VADER Hoe kan ons Hom dank vir Sy genade. Ek kan ons dank nie beter verwoord as wat T.T. Cloete gedoen het toe hy 'n gedeelte van Psalm 144 so berym het nie. Vers 2 Wat is die mens dat U tog U verwerdig Om soveel aandag aan hom te gee? Wat steek daar in die mens wat dit regverdig Dat U Heer,liefde aan hom bly bestee? 'n Nietigheid, 'n skadu wat vergaan, 'n asemstoot, oor hom is U begaan. U hou, O Heer die nietigheid in stand, En U behoed hom seĂŤnend met u hand.

Baie dankie vriende, kollegas, dat ek vir 50 jaar deel van julle kon wees.

12


5.2 Toespraak : Re-unie : 1961 groep : 24 Sept. 2011 : Daan le Roux 'n Kort oorsig van Assupol gegee en dank betuig aan die organiseerders van die reunie en aan die aanwesiges wat van heinde en verre gekom het om 'n groot sukses daarvan te maak. Ook aan ons Hemelse Vader wie oor die jare heen Sy genade en hand van beskerming oor ons gehou het. Dit is vir my nie alleen 'n voorreg om 'n paar gedagtes met u te wissel nie, maar dit is 'n wonderlike gevoel om na 50 jaar hier saam met ou kollege-kollegas te verkeer. Geen geld kan dit koop nie. In Januarie 1961, dws vyftig jaar gelede, het ongeveer 1 200 jongmanne by die SA Polisiekollege aangekom vir opleiding. Hulle sou die eerste groep wees waarvan die opleiding 'n volle jaar sou duur. Baie was matrikulante en die res kon hul matriek verwerf met 'n sogenaamde "regsmatriek". Die meeste van ons het pas met skool klaargemaak en het die huis vir die eerste keer verlaat. Almal was opgewonde maar ook effens verbouereerd en in 'n staat van onsekerheid. Niemand het die vaagste benul gehad van wat vir hulle voorgelê het nie. Nadat die opleiding begin het, het almal minstens geweet hulle is "blougatte" en het gou by die Kollege-lewe in geval en die onsekerheid was weg. Maar aan die einde van daardie jaar het dit in 'n erger graad teruggekeer, want toe sou ons werklike loopbaan begin. Dit het nie alleen die werklikheid van polisieman behels nie, maar ook die onbekendheid van 'n toekoms wat voorlê. Vandag, 50 jaar later, weet ons wat daardie toekoms was en ons kan met gesag daarna terugkyk, want ons was daar en immers deel daarvan. Wat het op ons gewag? · Die aanleer van al die fasette van 'n eiesoortige subkultuur van een groot SA Polisie "familie" ; · 'n Suid-Afrika met baie vraagstukke op politieke, ekonomiese en maatskaplike gebied; · 'n Hopeloos onderbemande polisiemag wat geworstel het met 'n oorbelading van verpligtinge, wat veral vererger is deur 'n rewolusionêre aanslag en binnelandse opstande wat groot eise aan die polisie se vermoëns gestel het; 13


· 'n Suid-Afrika met dikwels ongewilde wetgewing wat die Polisie onder deurlopende kritiek moes toepas - wat immers ons taak was. · 'n Suid-Afrika met baie meer misdaad as wat ons kon hanteer; · 'n Tydvak waarin oor die algemeen swak salarisse betaal is; · 'n Tydvak van regeringsoorgang saam met die geweldige groot eise wat dit aan die Polisie gestel het om 'n klimaat van stabiliteit, orde en vrede te skep sodat die politici 'n toekoms vir die land, sy inwoners en die nageslagte kon uitwerk. Dit is gedoen te midde van strydende faksies wat politieke mag roekeloos en selfs gewelddadig nagejaag het. Ons kan sekerlik hierdie lys baie langer maak, maar dis onnodig. U was mos daar en u was mos deel daarvan, deel van daardie laaste bastion teen anargie en verwoesting van alles wat Ons kan sekerlik hierdie lys baie langer maak, maar dis onnodig. U was mos daar en u was mos deel daarvan, deel van daardie laaste bastion teen anargie en verwoesting van alles wat oor baie jare opgebou is. Sekerlik het dit ook soms met sterk polisieoptrede gepaard gegaan, optredes wat uiteraard onvermydelik was en in sekere sektore nie baie populêr was me. Maar in die proses het ons oor die jare heen 'n baie doeltreffende polisiemag met sterk waardes op alle polisiëringsterreine opgebou. Die antwoord op die vraag hoeveel daarvan oorgebly het, laat ek liewer aan julle oor. In die nuwe era waarin 'n nuwe regering tot stand gekom het en alles met 'n verbysterende tempo verander het, het ons bydrae, te midde van die huidige misdaad-chaos in die land, in die vergetelheid verdwyn. Geen erkenning, waardering of net 'n gewone "dankie" is of word gehoor nie. Baie polisiemanne sal sê: "Maar ons het net ons plig nagekom" en daarmee tevrede wees. Persoonlik voel ek anders daaroor en wil ek dit vanaand van my hart afkry. Ek kan me namens die publiek daarbuite praat me; ook nie namens enige instansie nie. Eintlik kan dit ook nie van my af kom nie, maar ek wil he dat u moet weet waar u vanaand hier na 'n lang loopbaan van harde werk en swaarkry bymekaar gekom het, dat u groot dank en waardering waardig is. "Hoekom"? sal u dalk vra. 14


Dit is aan u verskuldig, want daar is baie duur pryse betaal bv.· Die prys in bloed en lewe wat deur u en ons kollegas betaal is, ander kleuriges ingesluit; · Die prys wat betaal is in die vorm van vernietigde huwelike en gesinne voortspruitend uit afwesigheid op grens- en ander dienste ; · Die prys wat betaal is ten opsigte van afgeskeepte kinders in terme van skool en naskoolse opleiding as gevolg van ander plig prioriteite; · Die prys wat betaal is deur ons kollegas wat tydens die uitvoering van hul pligte fisiese en psigiese gebreke opgedoen het; Ook hierdie lys kan ons sekerlik baie langer maak, maar dis onnodig - elkeen van julle weet maar te goed waaroor dit gegaan het. Inplaas van dank, of enige erkenning, is en word ons gereeld verguis en gekritiseer dikwels by wyse van groot onwaarhede - en uitgekryt as die instrumente of dissipels van 'n wrede outokratiese regering. 'n Onherstelbare valse persepsie is reeds permanent gevestig. Moenie toelaat dat u deel daarvan word nie. U nalatenskap aan die toekomstige geslagte sal wel een of ander tyd kristalliseer. In die buitewyke van Moskou is in 2001 'n ondergrondse bunker gevind vanwaar Stalin en sy generaals die stryd teen die Duitse magte buite die poorte van Moskou gedryf het. Die toergids het ons vertel dat net 'n klein groepie mense in Moskou daarvan weet, maar die veterane wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het, kom so twee keer per jaar daar bymekaar. Dan drink hulle vodka en heildronke op Stalin en op hulself. As niemand aan u die erkenning wil gee vir u bydrae tot hierdie land nie, dan maak ons maar soos daardie ou veterane in Moskou en klop maar mekaar op die skouer. Ek wil graag by hierdie geleentheid aan elkeen van julle die hulde en verering bring wat u so met oorvloed verdien. Hulde vir minstens 33 jaar en langer wat u hierdie land met sy mense so toegewyd gedien het; hulde en eer aan die talle vriende en maats van die 1961 groep wat ons reeds vooruitgegaan het; hulde en eer aan die weduwees van veral die 1961 groep wat reeds hul eggenotes verloor het; ook aan daardie eggenotes wat baie ure, nagte, weke en maande die huishouding alleen moes bestuur wanneer ons met werk

15


afwesig was, dikwels vol verlange, vrees en bekommernis. Kom ons staan op vir 'n minuut van stille oordenking aan almal van hul1e. "Was dit alles die moeite werd?" sal u dalk vra. My antwoord is "Ja" en nogmaals "Ja". Hoekom? · Want aan u is die geleentheid gegee - meer as aan baie ander mense - om u Christelike plig van hulp, liefde en diens teenoor u medemens uit te lewe; · Want u het 'n groot bydrae tot die geskiedenis van hierdie land gemaak. Niemand kan dit weg wens of vernietig nie; · U het 'n groot bydrae gemaak tot die vorming en hervorming van baie mense tydens u lewe; · Deur u betrokkenheid het u, soms onbewustelik, baie mense teen boosdoeners beskerm of selfs hul lewens gered; dikwels sonder hul medewete; · U sal nie werklik besef dat u deel was van die groot rol wat u gespeel het met vestiging van lewens norme en standaarde in u werk en die samelewing wat u gedien het nie. Ook tot hierdie lys kan nog baie bygevoeg word. As ons oor die geskiedenis praat, dan val dit 'n mens op hoeveel skrywers nou oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis boeke skryf. Almal is nou op die apartheidswa, selfs buitelanders wat eensydige "navorsing" doen en met halwe en verdraaide waarhede na vore kom. Dikwels is die inhoud foutief. In die skoolboeke word belangrike gebeure uitgelaat of in verdraaide vorm en misplaaste fokus aangebied. Ek het egter 'n bekommemis dat u kennis en ervaringe verlore sal gaan. Dit word gesê dat elke keer wanneer 'n bejaarde sterf, is dit soos 'n biblioteek wat afbrand. Dit is belangrik dat die ander kant" ook iewers op rekord moet kom en bewaar word. As dit nie gedoen word nie gaan die nageslag in onkunde wees. U kleinkinders en agterkleinkinders kan u selfs minag as gevolg van onwaarhede wat by herhaling aan hulle opgedwing word. Doen dus moeite om tyd te maak om u lewensverhaal op te teken. Vertel daarin van die plekke waar u gestasioneer was, die aard van die werk wat u gedoen het, die goeie en die slegte dae en ondervindinge wat u gehad het, stoutighede wat 16


aangevang is, blymoedige en hartseer geleenthede, die uitstaande voorvalle en natuurlik die kameraadskap en die humor. Net in hierdie paar dae van ons samesyn, het ek wonderlike stories gehoor - stories wat nie mag verlore gaan nie. Sorg dat u skrifte besorg word by mense, instansies of argiewe waar u weet dit in bewaring sal bly. As u nie weet wat om daarmee te doen nie, stuur dit aan my en ek onderneem om dit aan die regte persoon of instansie te besorg. Ons is reeds in die aand van ons lewens. Die ewige natuurwette bepaal dat ons almal gaan sterf. Ons klomp se tyd kom ook nader. Bewaar u gesondheid. Soek mekaar meer dikwels op. Maak nou vrede met almal. Vermy konflik en vermoeienis. Probeer om van elke dag 'n uitstaande dag van vreugde en geluk te maak. Dit is my persoonlike wense dat dit met u baie goed sal gaan en dat u God se groot genade elke dag sal belewe.

6 Fotoverslag van re-unie: 1961 SA Polisiekollege se inname gehou van 2225 September te Hartenbos

Nr 1 Andrew Langeveldt, Louwtjie Loubser en Sakkie van Zyl 17


Nr 2 Casper Matthee, Sarel en Sally Engelbrecht en Blikkies Blignaut

Nr 3 Daan le Roux tydens sy toespraak

18


Nr 4 Casper Matthee, Sarel en Sally Engelbrecht

Nr 5 Die orkes - Pieter en Nicolene Engelbrecht 19


Nr 6 Rita van der Merwe, Louwtjie Loubser en Matty van der Merwe – ook bekend as die Reëlingskomitee!

Nr 7 Pastoor Ockert Taylor

20


Nr 8 Re-uniegangers tydens ete

Nr 9 Re-uniegangers

21


Nr 10 Daan le Roux, Rina Grove, Lettie en Ockert Taylor

Nr 11 Wouter en Rina Grove, Louwtjie Loubser en Rita en Matty van der Merwe

22


Nr 12 Wat nou? Louwtjie en Rita

Nr 13 Louwtjie Loubser en Sakkie van Zyl

23


Nr 14 Louwtjie

Nr 15 Sakkie van Zyl en Wouter Grove 24


Nr 16 Mev Goodchild, Mev Smit, Ria Venter en mev Leonard

Nr 17 Matty van der Merwe, Tommy Leonard, Wouter Grove en Sarel Engelbrecht

25


Nr 18 Rina Grove, Hennie van der Byl en Suiker Britz

Nr 19 Marlene en Blikkies Blignaut, Jan Jacobs en Japie Fourie

26


Nr 20 (Dit kan mev du Toit wees?) Daan le Roux, Deon du Toit en mev le Roux

Nr 21 Piet Venter en Casper Matthee

27


Nr 22 Louwtjie Loubser, Karen Phipson en Hennie van Greunen albei van die ATKV Hartenbos

Nr 23 Pierre Wessels en sy vriendin, mev en SP Erwee en Ans Bester 28


Nr 24 Piet en mev Smit (met hul r没e na voor), mev en Lollo van Vuuren, (Lollo was 'n instrukteur) Roel Oelofse en mev en Frans Goodchild

Nr 25 Suiker Britz

29


Nr 26 Sarge Theart (hy was 'n instrukteur) en Louwtjie Loubser

Nr 27 Matty van der Merwe en Andrew Langeveldt - die enigste van Troep 38

30


Nr 28 Wouter Grove tydens sy toespraak

Nr 29 Sakkie van Zyl

31


Nr 30 Piet en Ria Venter

Nr 31 Sakkie van Zyl en Piet Venter

32


Nr 32 Wouter Grove en Daan Ie Roux

Nr 33 Wouter Grove en Louwtjie Loubser 33


7. INDEMITY / VRYWARING Die e-Nongqai bevat die uiteenlopende en diverse persoonlike menings van verskillende korrespondente en die opsteller van e-Nongqai kan nie vir enige deel van die inhoud daarvan in sy persoonlike hoedanigheid verantwoordelik gehou word nie. The e-Nongqai contains various and sundry personal opinions of different correspondents and the compiler of e-Nongqai cannot be held responsible for any of their comments.

8. NEXT EDITION / VOLGENDE UITGAWE Sien vol 2 no 12B oor genl Hendrik van den Bergh

9. CONCLUSION / SLOT Groete & GeseÍnde Kersfees & Voorspoedige Nuwejaar Saluut! Hennie Heymans. Š 2012

34


eNONGQAI  

Special edition for the Veterans of the class of 1961; 50 years later!

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you