0 enongqai vol 4 no 10 final

Page 52

Tov die Vrystaatse Politie het die navorser weer die kat aan die stert beet! Die OVS het oor die OVS Rijdende Dienstmacht beskik – ‘n goeie pioniersmag vir die model Boere republiek. Ek beskik oor heelwat inligting oor die OVSRDM en ek moet verklaar dat hulle ‘n goeie mag was. Na die aanval op die Mostert-familie en die moord op my Oupagrootjie in die Vrijstaat deur die berugte Klaasbende tydens die Engelseoorlog het ek papiere en geskrifte ontdek wat daarop dui dat die mag redelik professioneel was tov regsprosedure en ondersoek. U moet onthou dat suidelike Afrika van die suide af deur vryburgers en trekboere beset was. Dit was mense van goeie inbors, goeie pioniers maar mense wat slegs die ou State Bijbel kon lees. Misdaad onder swart en wit was skaars. Dit was in die “goeie ou dae” – lees gerus die kommissaris van polisie se jaarverslae uit die Boere republieke en Britse kolonies. Die statistiek is daar vir almal om te bestudeer. Fortuinsoekers en skuim van Europa het op die diamante- en goudveld toegesak. Die mense het die plaaslike bevolking, dit is dorpenaars, boere en jagters wat ietwat ongekunsteld was en met allerhande nuwighede soos drank, dobbel en ontug verlei. Baie van die smouse en dies meer is tereg as “boereverneukers” bestempel. (Verneuk in Afrikaans beteken verkul, dit het niks met die Nederlandse begrip te doen nie.) Na die Anglo Boereoorlog het baie internasionale kriminele hulle aan die Rand gevestig en is kol TE Mavrogodato spesiaal gewerf, as speurhoof, om die kosmopolitaanse misdadigers die hoof te bied. 52


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.