Page 1

Mei 2012

`n handelsmerk van

Hou uit en hou aan, sê garsprodusent van die jaar Grondboon-kultivars – `n opwindende tyd lê voor Noord-Kapenaars skitter WEN met Landbouweekblad en


Inhoud 2 Redakteursbrief Ons provinsie word al hoe beter . . .

39 Graan Fundamentele markkragte speel `n rol.

3 Geestelike akker Die genade-reënboë in jou lewe.

44 Eiendomme Huispryse groei – koop nou!

4 Agrikalender

46 Toekennings Noord-Kapenaars skitter.

5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Hou uit en hou aan, sê top garsprodusent. 14 Ons besigheid GWK se divisie vir Spesialisprodukte. 20 Navorsing en Ontwikkeling Grondboon-kultivars – opwindende tye wag.

10 Top garsprodusent

47 GWK NUUS Algemeen Lanties spring in by GWK op Modderrivier. GWK groet `n groot gees ná 30 jaar. 48 FOTOKOMPETISIE Kunsfoto’s. 50 DIE SKOPSKOEN Griekwas begin op spoed.

20 Grondbone

51 Vir die jongspan Pret op die plaas.

24 Navorsing en Ontwikkeling Grondbone: `n Oplossing vir beter koringopbrengste.

52 VROUE Leefstyl Droom in volkleur . . . en wees meer kreatief.

28 Spesialisprodukte Pekans: `n Gesonde bedryf?

54 Oulap se rooi Skud jou vere reg vir `n snoesige winter.

32 Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling Belowende ekonomiese groei in 2012 verwag.

55 Gesondheid en resep Gryp `n hand vol pekanneute.

38 Versekering Vervoer van masjinerie: Is jy gedek?

56 Agterblad Barry van Dronkwordspruit . . .

49 Wenfoto

52 Droom in volkleur


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Ons provinsie word al hoe beter . . .

S

owat `n jaar gelede ry ek een oggend uit na die woonbuurt vir `n storie oor `n kleuterskool wat daar opgerig word. Terwyl die bouwerk aan die gang is, speel die kleuters in `n hoek van die perseel. Kaalvoet in die rooi grond. Glimlaggend, elk met `n hoelahoep om die lyfie. Kom vinnig nader toe die kospotte begin kook, bakkies op die kop en lepels in die hand. Onwillekeurig dink ek aan my eie kabouter se kosbakkie met `n broodjie en ietsie lekkers wat sy tannie “Jena” soggens vir hom inpak. As sy tassie regstaan, maak sy rooibostee. Lekker sterk met `n lepeltjie suiker in sy groen blikbekertjie. Roer vir hom `n eiertjie in die pan en paai vir “Joshie” met vliegtuig- en karstories om die kos in sy lyfie te kry. Dan

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

waai sy by die deur terwyl ons wegry kleuterskool toe. Haar arm hoog bo haar kop, totdat sy ons nie meer kan sien nie. Hoe gelukkig is hy nie. Hy het twee mammas – ek en sy bruin mama, Lena. Mev. Zelda Johnson van Douglas, wat as Noord-Kapenaar van die jaar benoem is, is `n ma en nog baie meer vir die kleuters by die nuwe skooltjie. Sy en elkeen van vanjaar se benoemdes maak op hul unieke manier ons provinsie `n beter plek. Lees op bl. 46 meer oor hierdie toekennings waarby GWK trots betrokke is. In hierdie uitgawe kuier ons by mnr. Schalk Human, wat onlangs as SAB Maltings se garsboer van die jaar aangewys is, en sy vrou, Nicolene, op die plaas. In ons reis deur ons besigheid doen

Lekker lees! Tot volgende keer

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, kommuniek@gmail.com Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

ons hierdie maand by die divisie vir Spesialisprodukte aan – die bymekaarkomplek vir al die besighede binne GWK wat nismarkte bedien. Ons maak ook `n draai in Australië, waar GWK oor grondboonverbouing gaan kers opsteek het. Oudergewoonte vermaak Oom Gemsbok ons met sy rugbypraatjies en kan die jongspan nader staan vir heerlike pret op die plaas. Dan bak en brou die dames met pekanneute, leer om kreatief te droom en skud hul vere reg vir die winter voordat ons vir Barry van Dronkwordspruit ontmoet!

VOORBLADFOTO Sneeu in die Karoo! `n Katoenland buite Douglas is oesgereed. Foto: Ian van Straaten.


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Gebed vir Mei . . .

Die genade-reënboë in jou lewe

Here, ek weet waar die veiligste en beste plek op aarde is. Ek weet dat, wanneer ek digby U leef, ek deur u liefde gevul word en in vrede kan leef. Tog doen ek dit nie, Here! Ek is dikwels so op my eie missie, so behep met my eie, menslike dinge, vol van my eie belang en onaangeraak deur u waarheid, dat ek sommer net koersaf is. Ja, Vader, om ongehoorsaam aan U te wees is baie maklik. Vergewe my daarvoor! Help my om hierdie maand met nuwe oorgawe na U te luister, opnuut u wysheid te hoor en U weer met passie te volg. Maak u waarheid op `n verrassende manier aan my bekend en plaas binne-in my die wil om dit uit te voer. Ja, wys weer vir my hoe ek kan liefhê, waar ek kan vergewe en in wie se lewe ek `n verskil kan maak. Aan U wil ek behoort, U wil ek dank en u wil, wil ek doen! Want U is mý Here en mý God!

Die Here is jou beskermer aan jou regterkant. Die son sal jou bedags nie aantas nie, nog minder die maan in die nag … Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd. Psalm 121:5-6, 8

het. Of die feit dat jy gesond is, kan werk, kos het om te eet . . . mense het om lief te hê . . . en dié God ken wat tot die dood aan jou getrou is. Kom ons belééf weer vandag elkeen die volryk genadekleure in ons lewens: Ja, kom ons sien, hoor, ruik, proe en voel met nuwe verwondeMurray Bank vertel die legende van ring hoe ruimskoots God se druppels die skatryk koning wat aan ernstige depressie gely het. Iemand vertel hom genadereën elke dag oor ons val. Kom ons erváár die reëboë-van-trou toe dat hy genees sal word wanneer wat Hy goedgunstiglik oor ons vou. hy `n waarlik gelukkige man se jas aantrek. Dadelik het hy sy amptenare gestuur om `n sielsgelukkige man te Ek loof U vir elke reënboog-vreugde gaan soek. Na `n lang soektog, kry in my lewe! hulle toe `n man wat glo dat hy die Uit: Laat Sy liefde jou lei deur heel gelukkigste man in die wêreld is. Al probleem toe was . . . dat hy te Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM. arm was om `n jas te besit. Ons liewe Vader sit elke dag `n duisend reënboë in ons lewens. Ons leefwêrelde is propvol kleurryke stukkies seën. Dink maar aan die wonder van `n verkwikkende nagrus en die feit dat jou liggaam – selfs terwyl jy geslaap het – 100% bly funksioneer 3


Agri-kalender Mei 2012 2 Mei 2012 5 Mei 2012 8 Mei 2012 9 Mei 2012 12 Mei 2012 15 Mei 2012 16 Mei 2012

Kimberley groot- en kleinveeveiling Boshof Wildveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling GWK Kalkdam / Wildveiling Douglas Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling

Hertzogville veiling Loxton Wildveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Griekwastad veiling Kimberley grootvee- / speenkalfveiling Kimberley kleinveeveiling

17 Mei 2012 19 Mei 2012 22 Mei 2012 23 Mei 2012 24 Mei 2012 29 Mei 2012 30 Mei 2012

Veilingspryse vir lewendehawe 26/03 - 30/03/2012

02/04 - 05/04/2012

10/04 - 15/04/2012

16/04 - 20/04/2012

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Slagosse

R13.80

Slagosse

0

Slagosse

0

Slagosse

0

Slagkoeie

R10.30

Slagkoeie

0

Slagkoeie

R10.00

Slagkoeie

R9.50

Maer beeste

R10.15

Maer beeste

R7.20

Maer beeste

R7.00

Maer beeste

R7.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.80

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.30

Swaar kalwers (250kg +)

R13.50

Swaar kalwers (250kg +)

R13.20

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Slaglammers

R19.80

Slaglammers

R20.50

Slaglammers

R20.50

Slaglammers

R20.80

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R20.80

Stoorlammers

R21.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R20.00

Kruislammers

R19.80

Kruislammers

R20.80

Slagooie

R19.00

Slagooie

R14.00

Slagooie

R13.80

Slagooie

R12.80

Maer ooie

R13.80

Maer ooie

R12.00

Maer ooie

R12.00

Maer ooie

R11.00

Klein bokkies

R12.00

Klein bokkies

R22.00

Klein bokkies

R19.00

Klein bokkies

R18.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R19.00

Jong bokke

R18.00

Bokooie

R20.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R19.00

Bokooie

R18.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

79 61 64

Hartsrivier

Spitskopdam

90

Rietrivier

Kalkfonteindam

77

Modderrivier

Krugersdriftdam

60

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

Vaalrivier

Rietrivier

91 95 85 108

Barkly-Wes

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Hopetown

Oranjerivier

Reënval 25 Mrt - 24 Apr 2012

80 70 60 50 40 30 20 10 0

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg 35 30 25 20 15 10 5 0

35 30 25 20 15 10 5 0

25 Mrt - 24 Apr 2012 Max

Max Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012 Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Prieska Green Valley Nuts

Min

Min Langtermyn

Barkley Wes Ulco 35 30 25 20 15 10 5 0

35 30 25 20 15 10 5 0

25 Mrt - 24 Apr 2012

25 Mrt - 24 Apr 2012 Max

Max Langtermyn

Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Rietrivier

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale 35 30 25 20 15 10 5 0

35 30 25 20 15 10 5 0

25 Mrt - 24 Apr 2012 Max

Max Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012 Min

Max

Min Langtermyn

Vaalharts Jan Kempdorp

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling: April 2012 140

120

35 30 25 20 15 10 5 0

100

80 60

40 20

0

25 Mrt - 24 Apr 2012 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5

Min Langtermyn


Landbouwenke Lusern en weiding  Lusernaanplantings kan nog tot

totdat die plante goed opgekom einde Mei gedoen word. het.  Maak seker die saadbed is fyn en  Die ideale stand van nuut gevesferm vir goeie saad-grondkontak. tigde lusern is ±215 plante/m².  Plantdiepte: `n Maksimum van  Weidings soos stoelrog, voerhawer 10mm. en meerjarige swenkgrasmengsels  Dien ligte besproeiings gereeld kan nog tot begin Junie geplant toe om `n goeie stand te verseker word.

Koring/Gars  Grondvoorbereiding kan nou

begin. In geval van minimum bewerking bestaan die gevaar van `n stikstof-negatiewe periode vanweë groot hoeveelhede strooi op die oppervlakte. Hoër toedienings mag nodig wees om te verseker dat die jong plantjies nie aan `n stikstofgebrek lei nie.  Verbeterde bandplasing en verdeling van stikstof kan die effektiwiteit daarvan verhoog.  Saailingkragtigheid kan onder minimum bewerking afneem weens laer temperature met die deklaag

wat kieming terughou. `n Effense hoër plantdigtheid kan hiervoor kompenseer.  Plant lande met die beste potensiaal om maksimum opbrengste te behaal.  Gebiede met kouer mikro-klimate moet verkieslik later geplant word om moontlike koueskade tydens blomtyd te vermy.  Met minimum bewerking moet verseker word dat daar nie te veel reste bo die grond is nie, aangesien dit die voorkoms van Fusarium bevorder.

Uie en saaduie  Ui-aanplantings is in

(veral op saaduie) in `n vroeë die ontkieming- tot jong stadium. Uie groei stadig die eerste 90 dae en het nie groot saailingstadium. Gee gereelde ligte besproeiings totdat die hoeveelhede stikstof nodig nie. plantjies goed gevestig is.  Kaliumtoedienings kan twee tot  Wees versigtig om onkruiddoders drie keer deur die loop van die te vroeg ná opkoms te spuit. seisoen gedoen word, afhanErge brandskade kan voorkom gend van die grondontledings. of plante kan afsterf.  Bolle van saaduie behoort Wag totdat die plante minstens nou al redelike hergroei te in sterk twee tot drie wareblaartoon. Inspekteer gereeld vir stadium is. blaaspootjies en spuit wanneer  Vermy groot hoeveelhede stikstof insekdruk hoog raak. 6


Grondbone  Die oesproses is byna verby

en plante kan drie tot vier dae in windrye lê, afhangend van weersomstandighede.  Maak seker plukkers is reg ingestel om pitverliese te beperk.  Indien plante te droog gepluk word, is peulverliese groot. Pluk grondbone eerder soggens vroeg en laatmiddag tot aand wanneer vogtoestande hoër is.

Mielies

 Strooptyd is in volle gang. Maak

seker opbrengsmonitors is korrek, veral wanneer opbrengskaarte gebruik word in hoëtegnologie boerderypakette.  Maak ook seker stropers is skoon wanneer Simba- en Waxymielies gestroop word. Simbamielies word teen `n maksimum van 14,5% vog ontvang.

Pekanneute  Besproeiing kan drasties

verminder word, maar moenie heeltemal uitdroog nie.  Begin om die boordvloer skoon te maak van onkruid en blare om die oesproses te vergemaklik.  Neem vroegtydig grondmonsters waar nuwe aanplantings beplan word.  Bestel vroegtydig nuwe bome om seker te wees van goeie kwaliteit bome.  Koop bome verkieslik by geregistreerde kwekerye en/of welbekende kwekers om seker te wees van die kwaliteit. Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

WEN

met Landbouweekblad en


Direksie en Bestuur

Direksie

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings en Vleisbedrywe Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Johann Klopper 083 633 2105

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Risikobestuur Willie Goussard 082 806 9991

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

FloTank Chris Groenewald 082 807 7264

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se besighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers. GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhoubaar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


10


Carien Grobler

Aktueel

Hou uit en hou aan, sê garsprodusent van die jaar Mnr. Schalk Human, `n GWKaandeelhouer van Douglas, is onlangs as SAB Maltings se garsprodusent van die jaar aangewys. Kommuniek het by Human en sy vrou, Nicolene, op die plaas gaan kuier om oor sy sukses te gesels.

leer en daarop verbeter. Dit is nou die vierde jaar wat ek gars plant. Elke jaar leer ek iets nuuts wat ek die volgende seisoen kan aanwend om meer suksesvol in my boerdery te wees. Human plant gars as alternatief vir koring. “Ek plant egter steeds koring, aangesien die hoeveelheid gars wat ek plant afhang van die kontrakte wat ek vir `n seisoen kry.” Hy meen uman se prestasie is voordat garsverbouing minder risiko inwaar merkwaardig wanneer hou, vergeleke met koringverbouing. `n mens in ag neem dat “Koring gebruik ook meer water. Ek hy uit sowat 300 boere as wenner gee minder water as by koring wanaangewys is. Die toekennings word neer ek gars plant.” in sewe kategorieë gedoen, waarvan Human, wat aanvanklik saam met twee in die GWK-gebied val. Die sy pa en broer, mnr. Wynand Human kwaliteit van die gars wat die pro(`n direkteur van GWK) geboer het, dusent lewer, sowel as sy opbrengs boer nou op sy eie. “My pa het nou word in berekening gebring, met `n afgetree en ek en my broer boer nou gewig van 70% vir kwaliteit en 30% elkeen afsonderlik.” vir opbrengs. Buiten gars en koring, verbou HuHuman het ook die toekenning vir die man ook mielies en lusern onder begarsprodusent van die jaar vir groot sproeiing. “Elke dag is `n uitdaging,” kontrakte in die GWK-gebied ingesê hy. “Maar dit is heerlik, want ek is palm en is as die gebiedswenner in elke dag in die natuur. Ek sal nooit in hierdie streek aangewys waarna hy as die stad kan bly nie. Die boerdery is algehele wenner aangewys is. in my bloed.” Hy skryf sy sukses aan sy uithouverHuman vertel dat hy daarin glo om moë toe. “Daar is nie `n geheime self te boer. “`n Mens moet weet resep nie. `n Mens moet uithou en wat in jou boerdery aan die gang aanhou en elke seisoen uit jou foute is. Dit help nie om die werk op `n klomp voormanne af te skuif nie. Die sukses van `n boerdery hang ook Mnr. Schalk Human, SAB Malin `n groot mate van die bestuur af. tings se garsprodusent van die As `n mens `n bietjie ekstra moeite jaar, sy vrou, Nicolene en Schalk doen, soos om self kunsmis te meng, junior. kan jy baie bespaar en jou opbrengs

H

verhoog. Die prys speel egter ook `n groot rol!” Wat die bemarking van sy graan betref, glo Human in die benadering om sy bemarking in drie segmente te verdeel. “Ek prys die eerste segment aan die begin van die seisoen. Teen die middel van die seisoen prys ek die tweede segment en met die laaste segment dobbel ek! Dit werk vir my.” Hy meen dit is ook belangrik om na goeie advies te luister. “`n Suksesvolle produsent verbreed voortdurend sy kennis deur sy oor op die grond te hou oor nuwe ontwikkeling, inligtingsdae by te woon en op die voorpunt van die tegnologie te bly.” Human vertel dat sy gesin ook `n onmisbare rol in sy sukses speel. “Wanneer `n mens hard geboer het of `n moeilike dag agter die rug het, is dit belangrik om mense by die huis te hê wat jou ondersteun.” Hy vertel dat hy positief is oor SuidAfrikaanse landbou en spesifiek oor graanverbouing. “Ons moet eet. Dit hang egter van `n produsent se opbrengs af of dit vir hom volhoubaar is om graan te verbou. Hier is goeie bestuur van kardinale belang. “Die landbou gaan deur siklusse wanneer dit minder positief lyk, soos wanneer pryse verswak, maar `n mens moenie moed verloor nie. “ Ondanks die wipwaentjierit waarin `n mens jouself soms bevind, sal ek niks anders wil doen as om te boer nie.” 11


Frikkie Lubbe Landboukundige: SAB

Gars

Seisoen was een vir die boeke

D

Douglas-gebied behaal. Die Modderrivier-gebied spog met die hoogste gemiddelde vetkorrelpersentasie. Barkly-Wes het die laagste vetkorFiguur 3 Die prentjie lyk ook goed as `n mens relpersentasie behaal. Die voorkoms van kouer temperature sowel as die na die kwaliteit van die oes kyk. feit dat slegs Cocktail met sy genetiese Die korrelstikstof (%TN) het in `n laer vetkorrelpersentasie hier geplant baie nou band met `n variasie van is, is die rede vir hierdie verskynsel. 0.01% voorgekom. Die gemiddelde %TN van die besproeiingsgebied is 0,1% hoer as in 2010. Die teorie dat Figuur 5 Die belangrikheid van sifsels het opbrengs en korrelstifstof negatief in die 2011-seisoen meer aandag met mekaar gekorreleer is, is ook tydens die 2011-seisoen verkeerd geniet omdat die nuwe glyskaal probewys. Die effek van die klimaat van dusente ruim vergoed as hulle skoon stroop, verduidelik hy. `n jaar op korrelstikstof is groter as Vanweë die hoë vetkorrel-persentasie wat aanvanklik besef is en ongelukwas die sifsels ook laag, soos Figuur 5 kig kan hierdie effek eers ná die oes aandui. Die Douglas-gebied het die waargeneem word. Figuur 1 en 2 laagste persentasie sifsels gelewer en Die seisoen is deur buitengewone hoë die Modderrivier-gebied die hoogste. opbrengste gekenmerk. Die gemidFiguur 4 Die 2011-garsseisoen sal nog lank Die seisoen is ook gekenmerk deur delde opbrengs was 7,8t/ha met die uiters hoë vetkorrel-persentasies met onthou word. driejaar-gemiddeld vir die gebied wat Die koeler korrelvul-periode, lae voor 2011 6,22t/ha was. Die hoogste die gemiddeld vir die GWK-gebied siektedruk en gunstige klimaat het geverifieerde opbrengs vir `n enkele hoer as 96%. spilpunt was 10,4ton/ha op 30 ha met Die hoogste vetkorrelpersentasie van verseker dat ons produsente se harde 99.8 % is vir `n vrag gars is in die werk beloon is. die kultivar Cocktail. Figuur 2 dui die ie 2011-garsseisoen was sonder twyfel een vir die rekordboeke. Die seisoen is gekenmerk deur erge koue in die wintermaande en `n matige somer, met maksimumtemperature wat rondom 2°C kouer was as in 2010. Bykans geen reën en storms het voorgekom nie, wat die voorkoms van siektes en omval help verminder het. Blaarsiektes, sowel as Fusarium aarskroei het nie op grootskaal voorgekom nie. Selfs waar daar innokulasie van Fusarium op `n proefperseel gedoen is, het die siekte nie posgevat nie.”

12

gebiede se gemiddelde opbrengste aan.


Opbrengs (Gemiddeld 7.8)

t/ha

Figuur 1: Opbrengs (Gemiddeld 7.8) 10 9.5 9 8.5 8 7.5 7 6.5 6 5.5 5

Produsente

Gemidelde opbrengs opbrengs Figuur 2: Gemiddelde 8.50

8.00

7.50

7.00

6.50 Barkly - Wes

Douglas

Modderrivier Modderivier

GWK

Gemidelde %TN Figuur 3: Gemiddelde %TN 1.80

1.80

1.79

1.79

1.78 Barkly - Wes

Douglas

Modderrivier Modderivier

GWK

Gemidelde % vetkorrel Figuur 4: Gemiddelde % vetkorrel 97.5 97.0 96.5

96.0 95.5 95.0

94.5 Barkly - Wes

3.00

Douglas

Modderivier Modderrivier

GWK

Gemiddelde sifsels Figuur 5: Gemiddelde sifsels

2.50 2.00 1.50 1.00 0.50 0.00 Barkly - Wes

Douglas

Modderivier Modderrivier

GWK


Ons besigheid Carien Grobler

GWK se divisie vir Spesialisprodukte

G

“Niks is vir ons lekkerder as wanneer dit goed gaan met ons produsente nie!” Brooks vertel dat die divisie op die beginsel van deursigtige, etiese besigheid gegrond is. Hiermee saam word vriendelike en doeltreffende klantediens aangebied terwyl moeite gedoen word om deurlopend en effektief met alle belanghebbendes te kommunikeer. Die divisie fokus daarop om kwaliteit dienste en produkte tydig en teen kompeterende pryse te verskaf. “Ons streef daarna om innoverende oplossings vir die unieke probleme in ons bedryf te vind en markleiers in elkeen van ons besighede te wees. “Ons benut elke geleentheid ten volle en dra ons “kan dit doen”houding daartoe by om van ons divisie `n voorkeur werksomgewing te maak.”

bouing van grondboontjies te verminWK se divisie der, die smaak te verbeter en `n hoër vir Spesialpersentasie keurgraad grondboontjies isprodukte te lewer. Grondbone met `n hoë vogis die bymepersentasie word ook losmaat kaarkomplek hier ingeneem en gedroog. binne GWK vir Die droër se kapasiteit is 420t per al die diverse dag. Die massastoor kan 7 500t produkte wat ongedopte boontjies in massa berg nismarkte met die nodige temperatuurbestuur bedien. Só se sowel as deurlugting. Kiemingstoetse mnr. Llewellyn het kiemings van so hoog as 90% Brooks, GWK gelewer op die produk wat deur die se Hoofbestudroër gedroog is. urder vir SpesiGWK se grondbone word met `n laalisprodukte. sersorteerder uitgesoek om sodoende “Ons oogmerk is die beste kwaliteit aan ons kopers te om wisselbou te bied. bevorder en dit vir Die proses voldoen ook aan die produsente win“Hazard Analysis and Critical Consgewend te maak trol Points” (HACCP)-standaarde om om wisselbougevoedselveiligheid te verseker. wasse te produseer GWK Grondbone is `n voorkeurdeur hulle te laat deel verskaffer vir Japannese lekkergoedin die wins wat verder fabrieke en sal hierdie jaar 2 000t in die waardeketting grondbone na Japan uitvoer. Ons ontsluit word. ondersoek voortdurend nuwe geleent“Die divisie dien ook hede om selfs meer waarde in die as skakel tussen van die waardeketting van die grondboonander afdelings binne bedryf te ontsluit. GWK, wat sodoende Dit is ook vir ons belangrik dat ons samewerking produsente toegang het tot die beste Grondboontjies stimuleer.” plantgenetika. GWK is `n leier in die verbouing, Die personeel by SpesiaOm hierdie rede ondersoek ons verwerking en bemarking van grond- gereeld verbeterde kultivars in die lisprodukte is passievol oor boontjies. hul werk, sê hy. buiteland. Ons grondboontjie-drogingsaanleg “Hulle is kenners op hul onderGWK is daarom opgewonde om op Douglas is nóg `n voorbeeld van bekend te maak dat ons onlangs `n skeie gebiede en `n opgewonde gees heers in die divisie omdat ons hoe ons landboubesigheid innoveer. ooreenkoms met die Peanut Comdeel is van iets spesiaal en ons deel Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat pany of Australia (PCA) gesluit het om die risiko’s verbonde aan die ver- om nuwe kultivars te teel. Die eerste dit graag met ons klante. 14


proewe word reeds die komende seisoen aangeplant om 20 nuwe kultivars te toets. GWK se personeel wat vir hierdie navorsing verantwoordelik is, word voortdurend geëvalueer en verder opgelei sodat hulle optimaal toegerus is om hierdie belangrike diens aan ons produsente te lewer. Pekanneute Die GWK-besproeiingsgebied in die Noord-Kaap is die beste plek in die land om `n pekanneutboord te vestig. Die Noord-Kaap se warm somers en lae reënval is ideaal vir die verbouing van pekanneute en van die beste kwaliteit neute ter wêreld word hier geproduseer. Pekanneute beslaan op die oomblik 5% van die wêreld se neutproduksie. Die verbruik van pekanneute sal egter na verwagting toeneem namate mense toenemend gesondheidsbewus word. Pekanneute het die laagste hoeveelheid versadigde vetsure van alle neutsoorte en het ook die hoogste voedingswaarde. Dit skep groeiende geleenthede vir GWK se produsente om pekanneute te verbou. Verskeie faktore speel egter `n rol in die sukses van pekanneutverbouing. GWK se personeel kan u hiermee adviseer.

katoenpluismeule verwerk rou saadkatoen in katoenvesel (lint) en saad (veevoer). „„ Verkope van katoenlint en -saad – GWK behartig die plaaslike en buitelandse bemarking van

katoenprodukte. „„ `n Kwaliteit pluisproses verseker `n hoër as gemiddelde pluispersentasie (hoeveelheid lint wat gerealiseer word). „„ Algemene navorsing op katoen.

Katoenpluismeule GWK het in 2011 infrastruktuur gevestig om produsente die geleentheid te gee om betrokke te raak by die verbouing van katoen. Die pluismeule op Modderrivier het verlede seisoen sowat 10 000t katoen verwerk. Sowat 120t pluksel is per dag verwerk om 44t lint en 63t saad te realiseer. Die groeiende neiging by produsente om katoen as wisselbougewas te plant, sal waarskynlik in die toekoms tot `n hoër syfer lei. Katoenplukkers GWK se katoenplukkers is `n eerste in Afrika. GWK het vier van dié plukkers van Amerika ingevoer, waar slegs 178 vanjaar vervaardig is. Die John Deer 7760 kos nuut sowat R7 miljoen. Hierdie plukkers doen weg met die mandjietoerusting en arbeid wat `n mens saam met die konvensionele

By die pluismeule word die vesel (katoenlint) van die saad geskei. Die lint word aan internasionale wewer verkoop terwyl die pitte hoofsaaklik aan melkprodusente verkoop word. Die jongste tegnologie word by die pluismeule aangewend om katoen skoon te maak en die pluisproses te vergemaklik en soveel as moontlik lint van die saad te skei. Die standaard in die bedryf vir lint is 36%, terwyl GWK se pluismeule 37% handhaaf. mandjieplukkers moes gebruik. Die plukproses word aansienlik vergemaklik aangesien die plukker ook die katoen baal en dan die baal met plastiek oortrek. Die plukker pluk ses rye op `n slag teenoor die vier rye wat met `n mandjieplukker gepluk word en in optimale omstandighede word tot 25ha per dag met dié plukkers gepluk.

Katoen GWK Katoen bied `n volledige pakket aan ons katoenprodusente. Dit sluit onder meer in: „„ Landboukundige dienste – aanbevelings oor planttyd, hulp met saadkeuses, gif en bemesting en die optimalisering van oespotensiaal. „„ Pluk van die katoen – Vier ingevoerde John Deere 7760 katoenplukkers met opgeleide masjienoperateurs wat GWKprodusente se katoen pluk. „„ Logistiek – hulp met die hantering en vervoer van katoen. „„ Verwerking van katoen – die 15


Aartappels GWK Aartappels het uitgebreide fasiliteite wat grootmaat aartappelverbouing ondersteun en ook die alleenreg om spesifieke aartappel-kultivars te bemark en te verkoop. Reuse aartappel-koelkamers en aartappelstore op Douglas is deel van die besigheid se fasiliteite wat die massa-verbouing van aartappels moontlik maak. Die koelkamers kan sowat 290 000 sakke moere stoor. `n Rakstelsel word op die oomblik in die koelkamers geïnstalleer waarvolgens alle aartappels op palette hanteer sal word. Die hantering van moere sal op hierdie manier beperk word, terwyl dit ook die op- en aflaai van aartappels met die hand sal uitskakel. GWK besit en bedryf op twee na die grootste aartappelkweekhuis van sy soort in Suid-Afrika, waar 1,5 miljoen gesertifiseerde miniknolle per jaar aan moer-kwekers gelewer kan word. Miniknolle word ook op aanvraag vir buite-produsente en instansies geproduseer. Hierdie kweekhuis is 3560m² groot en is toegerus met die beste tegnologie. Die kweekhuis is insekdig, beskik oor beheerde toegang deur `n dubbeldeur-stelsel, voetbaddens, asook beheerde terreintoegang. Twee keer per jaar word plantjies geplant wat ongeveer 1 500 000 miniknolle per jaar lewer. Hierdie gesertifiseerde miniknolle voorsien in al GWK se behoefte vir G0-aanplantings. Laboratoriumgeriewe is ook op Douglas beskikbaar waar aartappelmoere getoets word. GWK se aartappelprodusente behoort aan `n aartappelpoel en plant jaarliks tussen 1000 en 1500ha. Die kwekers produseer moere wat in die poel gelewer word en dan deur GWK namens die poel verkoop word. Alle aanplantings word by die Nasionale Aartappelsertifiseringsdiens (ASD) geregistreer en deur 16

hierdie liggaam geïnspekteer en gesertifiseer. Kultivarontwikkeling word deur GWK gedoen en nuwe kultivars word voortdurend ingevoer en getoets met sowat 15 kultivars wat jaarliks geplant word. Die kultivars Eos en Lanorma is in GWK se naam geregistreer en vertoon baie belowend.

is dit vir GWK `n prioriteit om by navorsing hieroor betrokke te wees en word kultivarproewe oor die hele GWK gebied aangeplant. Die behoefte na onafhanklike proewe het sodanig uitgebrei dat GWK `n weegwa aangekoop het en saadmaatskappye se toerusting nie meer hiervoor aangewend word nie. By mielies en koring word deelnemende saadmaatskappye se saad aan die GWK-proewe se genetika getoets. Die prestasie van koringkultivars en mieliebasters word met die aanplant van strookproewe gemeet. Proewe word aangeplant by produsente wat verteenwoordigend is van die streek wat ligging betref. Die produsente besef die belang van die proewe en doen baie moeite om GWK by te staan sodat die kultivars regverdig met mekaar vergelyk kan Saad GWK Saadproduksie, Verwerking en word. Bemarking fokus op kultivarontwikke- GWK se landboukundiges is vir die ling van saad (hoofsaaklik vir koring, plantproses verantwoordelik en samel ook die data in om dit te verwerk. mielies, katoen en grondbone) om opbrengste te verhoog met saad wat Data word gepubliseer wanneer goedkeuring van die saadmaatskapin die GWK-gebied aard. pye verkry is. Die saadmaatskapDie skoonmaak van herwinde saad pye is voortdurend by die oesproses vir verdere aanplantings en bemarkbetrokke wat dit moontlik maak om ing van GWK se eie en ander saadvergelykings te tref voordat goedkeuhandelsmerke is deel van die besigring gegee word. heid se kliëntgefokusde diens om produsente te help om die maksimum Die saadmaatskappye baat met die opbrengste uit saaiboerdery te verkry. aanplant van onafhanklike proewe deurdat die resultate dien as kontrole Navorsing is belangrik in terme van vir hulle eie proewe. Variëteite wat kultivarprestasie vir `n spesifieke goed presteer in al die proewe word gebied of grondsoort. As `n landaanbeveel en sodanige maatskappy boubesigheid van uitnemendheid


Foto: Anjo Joseph se markaandeel sal groei. Dit is ook meer koste-effektief vir die saadmaatskappye om gesamentlik goeie proewe te doen en dien verder as `n belangrike aanknopingspunt om verhoudings met die tegniese en landboukundige afdeling van GWK te bou. Die voordeel van die proewe vir produsente is dat GWK, `n onafhanklike instansie, die evaluasie doen en vergelykings met die proefdata van saadmaatskappye gevolglik getref kan word. Produsente kan uit meerjarige resultate aflei hoe stabiel `n variëteit is. Verder dien die proewe as die eerste toonvenster vir nuwe variëteite en kan die produsent dus die prestasie meet alvorens dit op groot skaal aangeplant word. Die prestasie van konvensionele basters kan ook vergelyk word met dié van geneties gemanipuleerde basters (GMO) alvorens besluit word om `n premie vir GMO te betaal.

Wyn GWK Wyn besit die Landzicht-handelsmerk en produseer tans `n reeks van 12 wyne onder die Landzichtvaandel met druiwe uit die Douglas, Prieska, Barkly-Wes en Modderrivieromgewing. Druiwe word by die Landzicht-kelder gepars tot sap wat gefermenteer word om die verskillende variëteite Landzicht-wyne te maak. Van die sap word aan ander kelders verkoop wat dit dan gebruik om hul eie wyn te produseer. GWK bied ook advies en kundige ondersteuning aan produsente wat druiwe verbou. Landzicht se eg Noord-Kaapse wyn is beskikbaar by Landzicht se kelders op Douglas en Jacobsdal, asook by Fruit & Veg in Kimberley. Keldertoere en wynproe- en braai vir 40 of meer persone kan ook per afspraak gereël word. Kleiner groepe kan die kelder sonder afspraak besoek en van ons wyn uit die Oran-

jerivier-gebied kom proe. `n Dag sonder wyn is `n dag sonder sonskyn! Lusern GWK Lusern en Veevoere se diens sluit in kundige advies vir die winsgewende verbouing van lusern aan produsente, die onderhandeling van koopkontrakte, logistieke ondersteuning en bergingsfasiliteite. Lusern word namens produsente in GWK se fasiliteite gestoor of GWK koop die lusern by produsente en stoor dit self voordat verdere verhandeling plaasvind. Die logistieke diens sluit ook plaaslaaie in. Die logistieke diens word geoptimaliseer met `n lusernpers waarmee bale met hoë digtheid gepers word. GWK fasiliteer ook die uitvoer van lusern na buitelandse markte. Ondanks oorstromings en versuip van lusernlande die vorige seisoen, het GWK se lusern- en veevoer17


afdeling sy markaandeel vergroot. Dit is gedoen deur die ondersteuning van GWK se lojale lusernprodusente en die harde werk van lusernbemarkers en werwers in die veld. Die aanvraag en verkope van ons lusern bewys dat ons `n hoëkwaliteitproduk produseer. Met die gebruik van die NIR-instrument waarmee lusern ontleed word, asook die NKLI (Nuwe Lusern Kwaliteitsindeks)-gradering- en sertifiseringstelsel het GWK sy plek in die mark gevestig en word voortdurend daarna gestreef om dit uit te brei. GWK Lusern dink kreatief om lusern effektief te bemark, waarde toe te voeg en `n beter prys vir die produsent te realiseer en het ons tot nog toe ongeveer 8 000t lusern uitgevoer. Drogingsproewe van nat lusern is onlangs begin. Hierdie proses kan in die toekoms van groot waarde wees vir GWK se produsente indien reën `n rol speel om kwaliteit lusern te verbou. GWK wil ook `n mark vir graad twee lusern ontwikkel en onderhandelings hieroor is in `n gevorderde stadium. Die veevoer-gedeelte van die afdeling brei ook op die oomblik uit met die melkprodusente wat self voer op die plaas vermeng as teikenmark.

te verseker. Dit sluit in toegepaste navorsing met die oog op die verbetering van verbouing van die belangrikste gewasse in die GWK-gebied. Die bevindings word gereeld as deel van die diens aan GWK-aandeelhouers gekommunikeer. GWK was die eerste landbou-besigheid wat besproeiingskedulering as `n kommersiële bedryf gevestig het. `n Verskeidenheid presisieboerderypakkette word ook aangebied, terwyl GWK se Buro finansiële boerderydata genereer wat gebruik word om die beste praktyke te identifiseer. `n Span ekonome bied hulp met onder meer wisselboubeplanning, gewasproduksiekoste en meganisasiekoste. Kundigheid en neutraliteit met `n netwerk van landbouwetenskaplikes oor die land heen, maak dié GWKbesigheid uniek in die industrie. Die besigheid het ook `n afdeling vir Bullhill Development opkomende boere wat fokus op die Bullhill Development is `n maatskap- opleiding en vestiging van nuwelingpy in die Hartswater-omgewing wat boere met die oog op kommersiële inweeg- en stoor-geriewe vir landbou- volhoubaarheid. Hierdie afdeling produkte bied. GWK en spesifieke speel ook `n kardinale fasiliteringsrol produsente het aandeelhouding in dié tussen rolspelers in die opkomende maatskappy en berg ons hoofsaaklik boerderysektor. lusern in die geriewe. Vaardigheidsleemtes word geïdenProdusente wat bergingsfasiliteite tifiseer waarvolgens die afdeling benodig, kan aansoeke by die opleidingsvoorstelle vir eksterne aandeelhouers indien welke aansoek befondsing voorhou indien dit nie op grond van beskikbare spasie oor- uit eie fondse betaal kan word nie. weeg sal word. Toegepaste navorsing Navorsing en Ontwikkeling GWK se direksie het in 2010 besluit GWK Navorsing en Ontwikkeling om `n meer formele navorsingsaksie bied `n groot verskeidenheid dienste te loods. aan produsente om deurlopend nuwe Die toegepaste navorsing wat kundigheid, die navolging van beste deur GWK beplan word, word in praktyke en vooruitgang in landbou samewerking met die uitvoerende 18

bestuurders van die gewasafdelings en produsente soos bv. die Wintergraan Navorsingskomitee gedoen. Navorsing word beplan op die meeste van die belangrikste gewasse wat binne GWK verbou word. Die gewasse sluit in mielies, koring, gars, aartappels, grondbone, katoen, lusern en pekanneute. Die navorsingsprojekte word gebaseer op inligting vanuit die GWKproduksiegebied en die produsente kan verseker wees dat hulle geverifieerde inligting aan die voorpunt van produksiepraktyke sal kry. Nuwe produkontwikkeling Nuwe produkontwikkeling vorm ook deel van GWK se divisie vir Spesialisprodukte. Hierdie afdeling werk onder meer aan die daarstel van `n besproeiingstelsel wat deur die son aangedryf word, asook `n anaërobiese verteerder vir die opwek van elektrisiteit. `n Evaluasie is ook in samewerking met Eskom gedoen oor waterskedulering, asook foute met die installasie van spilpunte waar energieverbruik verbeter kan word. Navorsing word ook saam met Tongaat Hullets starch, Epol, Rainbow, Distell en die Universiteit van Stellenbosch oor die chemiese samestelling van verskillende mieliekultivars gedoen. Verskillende kultivars se chemiese samestelling maak dit geskik vir `n spesifieke mark. Hierdie navorsing is daarop gemik om die nismarkte van mielies te vergroot. Ons waardeer die geleentheid om die leser op `n kort toer deur ons divisie te neem en verwelkom enige navrae wat u mag hê.


Genuity

®

die sambreel-identifikasie vir tegnologie eienskappe in gewasse. Genuity® is Monsanto se nuwe eienskapinnovasie-handelsmerk wat die mees gevorderde eienskappe vir mielies en katoen onder een, maklikuitkenbare naam saamvoeg. Omdat jy nou in een oogopslag kan sien watter geen jou gewas bevat, is dit maklik en vinnig om die beste besluite te neem wanneer dit kom by onkruidbeheer, beskerming teen bogrondse insekte en verhoogde produktiwiteit vir hoër opbrengspotensiaal. Ons produkte sluit die volgende in:

Vir mielies:

Roundup Ready Corn 2

Vir katoen:

IKOONSTELSEL ONKRUIDDODERVERDRAAGSAAMHEID

INSEKBESKERMING

Gewasveiligheid wat jy nodig het in ‘n stelsel wat uitstekende onkruidbeheer gee.

Vir die beskerming teen bogrondse insekte.

Ons glo in beter.

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za

uppe marketing A04561/GWK

GEEN-EIENSKAPPE


20


Pierre Ferreira en Leon Banting GWK Saad

Navorsing en Ontwikkeling

Grondboon-kultivars: `n opwindende tyd lê voor!

A

werkte grondbone per jaar, waarvan 10 000t van Argentinië aangekoop word. Die PCA spesialiseer net in grondbone en het daarom belê in die ontwikkeling van wêreldgehalte navorsingsfasiliteite wat hulle in staat stel om nuwe grondboonvariëteite binne slegs ses jaar van teling en evaluering bekend te stel. Die PCA het ook in 2011 die Australian Business Award for Innovation ontvang vir die teling en bekendstelling van die ultra-vinnige grondboonvariëteit Tingoora. Met hierdie toekenning is die PCA as een van Australië se mees vooruitstrewende ondernemings erken. Die belangrikste agronomiese eienskappe waarvoor die PCA teel is as volg: „„ Alle nuwe variëteite is hoog in oliën (`n gesonde, natuurlike The Peanut Company olie wat in sekere grondbone of Australia (PCA) voorkom en ook `n langer rakThe Peanut Company of Australia leeftyd aan die grondboon gee). (PCA) verwerk en bemark hoë-kwaliteit „„ Lae doppersentasie (mik vir grondbone met `n hoë oliëninhoud, <22%). asook grondboonprodukte. `n Kon„„ Opbrengs, smaak en pitgrootte. trak word met produsente gesluit om „„ Weerstand teen blaar- en hul oes aan die maatskappy te lewer, grondgedraagde siektes. waar verdere waarde tot die grond„„ Verskille in groeilengte – vol seibone toegevoeg word. Die maatskapsoen: 140-150 dae; ultra-vinnig: py bemark ongeveer 35 000t ver105-110 dae. „„ Verdraagsaamheid teenoor onkruiddoders. GWK se produsente sal eersdaags „„ Grondbone wat hoë anti-oksitoegang hê tot die mees gevorderde dante bevat. genetika m.b.t grondbone. „„ Hoë blansjering (>90%). BlanInlas: By die Peanut Van in Kingaroy (Queensland) kan heerlike grondbone gekoop word.

s `n volhoubare landboubesigheid van uitnemendheid is dit vir GWK `n prioriteit dat ons produsente tot die beste kultivars toegang moet hê. Om hierdie rede spandeer ons baie energie en tyd aan gehalte navorsing en word ook in die buiteland na verbeterde kultivars gesoek. Grondboonproduksie in Suid-Afrika het die afgelope tyd afgeneem, hoofsaaklik weens opbrengste wat gestagneer het in vergelyking met `n gewas soos mielies waar groot opbrengsverhogings met nuwe basters verkry is. Daarom is GWK trots om bekend te maak dat ons onlangs `n ooreenkoms met The Peanut Company of Australia (PCA) gesluit het wat ons produsente tot die mees gevorderde genetika toegang sal gee.

sjering dui op die gemak waarmee die doppie van die grondboon afgehaal word. GWK besoek die PCA Mnr. Pierre Ferreira en Leon Banting van GWK op Douglas is onlangs deur die PCA uitgenooi om hul onderneming in Australië te besoek. Die hoofkantoor is gesetel in die dorpie Kingaroy (Queensland) en staan ook as die grondboonvallei van Australië bekend. Die trotse personeel van die PCA het GWK baie hartlik ontvang. Tydens `n aanbieding is die Australiërs oor GWK se diverse besigheidsbenadering ingelig, wat hulle baie beïndruk het. Hierna het die groep besoek afgelê by al die afdelings van die verskillende fabrieke – van grondbooninname tot waar die finale produk (gebak) gereed is vir versending. Olie word gepers uit die grondbone wat nie vir die tafelmark geskik is nie. Die groep het ook `n grondboonprodusent besoek om na sy aanplantings te kyk. Hoewel die kultivars as “runners” geklassifiseer word, is die groeiwyse egter meer regop. Die kultivars word ook so geselekteer dat die drag rondom die hoofwortel is. Volgens voorspelling sal 76cm rywydtes teen `n stand van 200 000 plante/ha onder besproeiing goed werk vir die GWK-gebied. GWK sal egter navorsing hieroor doen. Die ultra-vinnige variëteit Tingoora lyk 21


Mnre. Leon Banting (GWK Saad), Pierre Ferreira (GWK Saad), Lionel Wieck (PCA), Julian Cross (grondboon-produsent) by `n grondboon-aanplanting in Australië. baie belowend. Ná slegs sewe weke vanaf plant het die plante wat getrek is al goed ontwikkelde peule gehad. Hoewel die gebied rondom Kingaroy `n jaarlikse gemiddelde rëenval van 700mm kry, is die afgelope aantal seisoene gekenmerk deur droë siklusse wat tydens Januarie en Februarie voorkom. Die meeste grondbone in Australië word onder droëland-toestande aangeplant. Mnr. Graeme Wright (grondboonteler) het bevestig dat Tingoora oorspronklik geteel is om al in die afdrogingsfase te wees wanneer die droë siklus aanbreek. Die aflotoksien-risiko word ook beter met hierdie ultra-vinnige variëteit bestuur en met besproeiing word tot 30% minder water en swamdoders gebruik. 22

Wat GWK baie opgewonde maak, is dat kruisings met een van die ouers van Tingoora (een jaar data) `n opbrengsverhoging van 25% gewys het, met uitstekende weerstand teen siektes. Dit is ook ultra-vinnige variëteite. Die groot geleentheid met `n ultravinnige variëteit in die GWK-gebied is dat produsente ná koring nog grondbone sal kan plant. Dit sal `n uitstekende geleentheid vir `n gewasrotasiestelsel met grondbone bied, wat belangrik is vir grondgesondheid, inaggenome die verhoging in opbrengs met die gewas ná grondbone soos reeds gesien word. Die PCA beskik ook oor langer groeiseisoen kultivars wat uitstekende opbrengste lewer as dit vroeg geplant word. Opbrengste so hoog as 7-8t peulgewig/ha onder besproeiing vir

`n lang groeiseisoen kultivar word behaal in die kusgebied naby Bundaberg (Queensland) waar grondbone ná suikerriet aangeplant word. Plantdatums vir die lang groeiers is van vroeg Oktober tot laat Desember. Die hoogste opbrengs vir `n ultravinnige variëteit onder besproeiing is 5,5t peulgewig/ha in die Bundaberggebied. Plantdatums vir `n ultra-vinnige variëteit is van vroeg November tot middel Januarie. Die gemiddelde opbrengs van `n ultra-vinnige variëteit met `n droëland aanplanting wissel van 2,5t peulgewig/ha tot die hoogste opbrengs van 4t peulgewig/ha wat behaal word. Beplande proewe Die PCA beplan om 20 grondboonvariëteite in die eerste seisoen aan GWK te stuur en die proses is reeds


aan die gang om die saad in te voer. Nuwe kultivars sal jaarliks beskikbaar gestel word. Soveel as moontlik proewe sal by verskillende lokaliteite en grondsoorte gedoen word. Die PCA het onderneem om te begin met saadvermeerderings nadat die eerste jaar se proewe gedoen is. Dit beteken dat GWK die saad gouer aan produsente kan beskikbaar stel. Wright beplan ook om jaarliks na Suid-Afrika te reis om die proewe te besoek. Droëland-proewe sal in samewerking met mnr. Anthony Evans van RE Groundnuts by Viljoenskroon gedoen word. Dit is belangrik dat alle produsente toegang moet hê tot verbeterde kultivars wat tot voordeel van die hele bedryf sal wees. Die PCA se kultivars sal egter streng bewaak word en alle planttelersregte sal beskerm word.

Mnre. Leon Banting (GWK Saad), Graeme Wright (Grondboonteler: PCA), me. Toni Cohen (Bemarkingsbesuurder: PCA) en mnre. Pierre Ferreira (GWK saad) en Geoff Sawyer (Direkteur: Bemarking en Verkope van die PCA). `n Opwindende tyd lê voor vir grondboon-verbouing `n Opwindende tyd lê vir grondboonverbouing voor en die verwagting is dat GWK se ooreenkoms met die PCA `n positiewe verskil sal maak in die grondboonproduksie in SuidAfrika as geheel.

GWK het `n uitstekende vennoot in die PCA. Die besoek was belangrik om die verhouding tussen GWK en die PCA te versterk. Só is vertroue gevestig tussen die personeel van GWK en die PCA wat by die proewe en saadvermeerderings betrokke gaan wees.

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfixtoetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery. Wêreldwyd vertrou

Beskikbaar GWK-kleinhandel Beskikbaar by by Obaro-winkels.


Albrecht Gerrits GWK Landbou-ekonoom en Bertus Jacobs GWK Landboukundige

Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling

Grondbone: `n oplossing vir beter koring-opbrengste Tydens die 2011-winterseisoen is die effek van grondbone (as `n voorafgaande gewas) op koringoeste geëvalueer.

G

Grondbone as deel van `n gewasrotasiestelsel hou die volgende voordele in:

verhoog, veral wanneer `n peulgewas deel van `n rotasiestelsel uitmaak. Volgens De Koker (1993) het Stulin al in 1987 gevind dat mielies `n beter opbrengs lewer in `n rotasiestelsel as in `n monokultuurstelsel.

Die koolstof- en stikstofinhoud van die grond `n Goed georganiseerde rotasiestelsel wat `n peulgewas insluit, kan die ver- Plaagbeheer lies van koolstof en stikstof tydens be- Die invloed van insekte, plantpatogene, nematodes en onkruide word werking verminder (De Koker, 1993). in `n gewasrotasiestelsel verminder (Frances & Clegg, 1990). Stabiele grondaggregate Dit gebeur omdat die reproduktiewe Volgens De Koker (1993) is gevind siklusse van hierdie spesies gebreek dat die aanhoudende verbouing word, want verskillende spesies word van mielies `n afname in grondagop verskillende gewasse gevind. gregate tot gevolg het, teenoor die verbetering daarvan, sowel as `n ver- Die ander voordeel van`n rotasiestelsel is dat weerstandigheid minder betering in infiltrasie met `n gewasopgebou word aangesien verskillende rotasiestelsel. gewasse verskillende peste huisves. Laasgenoemde word weer met verOpbrengs skillende chemiese stowwe beheer, Dit word algemeen aanvaar dat `n goeie gewasrotasiestelsel opbrengste wat voordelig is.

ewasrotasie (wisselbou) kan gedefinieer word as `n stelsel waarvolgens verskillende gewasse (nie net grasgewasse nie) in suksessie verbou word in `n definitiewe, beplande volgorde op dieselfde land (Alleman, 2006). `n Gewasrotasiestelsel kan as goed of swak geklassifiseer word afhangend van die invloed daarvan op die grondproduktiwiteit of die ekonomiese winsgewendheid daarvan. Volgens Arnon (1992) en Alleman (2006) het `n gewasrotasiestelsel die volgende doelwitte: „„ Behoud en verbetering van grondvrugbaarheid. „„ Verhinder die opbou van peste, Agronomiese vereistes onkruide en grondgedraagte Dagtemperature 20 tot 35˚C siektes. „„ Beheer van gronderosie. Grondtemperatuur vir ontkieming 18˚C „„ Versekering van `n gebalanseerde Grondtekstuur Sand tot sandleem werksprogram deur die jaar. „„ Versekering van eweredige geKlei-inhoud Minder as 20% bruik van besproeiingswater. Worteldiepte 900 tot 1 200mm „„ Verbetering van die biomassa van grondorganismes. Plantdatum Einde Okt. tot vroeg Des. � Buigsaamheid om Besproeiing (totaal) 550 tot 700mm aan te pas by verandeOpbrengsmikpunt (t/ha) 3.5 tot 5 rende markTabel 1: `n Kort opsomming van die agronomiese vereistes vir grondboonomstandigverbouing. hede. 24


Grondvoorbereiding By grondvoorbereiding moet in gedagte gehou word dat grondbone `n penwortelstelsel het wat `n diepte van 900-1200mm kan bereik (Van Biljon, 1993). Enige verdigtingslae moet dus vooraf opgehef word. Oesreste moet verwyder word (om Schlerotiumvrot te voorkom) deur reste òf diep in te ploeg òf te brand. Die verskil in opbrengs GWK het op twee spilpunte in die Douglas-gebied `n wesenlike verskil in koringopbrengste gevind wanneer koring ná grondbone geplant is. Hoewel baie goeie koringopbrengste in die 2011-seisoen gerealiseer is, was daar nietemin wesenlike verskille (sien Figuur 1). Hierdie data is op dieselfde spilpunte verkry en produksiepraktyke het nie gevarieer nie. Die eerste spilpunt wat geëvalueer is, is `n 60ha-spilpunt waarop grondbone en mielies in die 2010/11somerseisoen geplant was. Mielies is geplant in die helfte gemerk A en grondbone in B, waarna dit vol koring geplant is in die 2011-winterseisoen (die opbrengskaart in Figuur 1 is dié van die koring 2011). Dit is duidelik dat B aansienlik beter gevaar het (donkerblou en pienk dui `n hoër opbrengs aan as geel, ligblou of groen). In hierdie geval was daar `n verskil van 1,13t/ha tussen die twee helftes. Die implikasie is dus, met `n koring Safex-prys (werk met Safex-prys, want aftrekkings verskil van streek tot streek) van R 2 850 het die produsent R 3 220,50 meer inkomste per hektaar op helfte B gegenereer. As `n mens nog verder sou gaan en die som op 30ha doen (wat die werklike oppervlakte van een helfte was), het die produsent R 96 615,00 meer verdien op die helfte waar daar vroeër grondbone geplant was.

Figuur 1: Opbrengskaart van koring 2011. Op die helfte gemerk A was die vorige seisoen mielies geplant en grondbone op helfte B.

Figuur 2: Opbrengskaart van koring 2011. Op die gedeelte gemerk A was die vorige seisoen grondbone geplant en mielies op die gedeelte gemerk B. Figuur 2 lig die voordeel van grondbone as wisselbougewas selfs beter uit. In hierdie geval was dit `n 14haspilpunt waarop die produsent grondbone en mielies geplant het. By die driekwartsirkel gemerk A was tydens die 2010/11-somerseisoen grondbone geplant met mielies in die kwart gemerk B. Koring is hierna tydens die 2011-winterseisoen op die hele sirkel

geplant. Deel A het `n verbetering van 1,423t/ha in opbrengs getoon teenoor deel B. Met `n R2 850 Safex-prys beteken dit `n verskil van R 4 055,55 per hektaar. Hierdie is `n 14ha-spilpunt waar deel A R 42 583,28 beter gevaar het as deel B (op `n 60ha-spilpunt sou die produsent `n verskil van R 182 499,75 gerealiseer het). 25


Winsgewendheid Dit is dus duidelik dat grondbone baie agronomiese voordele vir die produsent inhou. Die vraag is nou of dit ook ekonomiese voordele inhou? Tabel 2 hier onder dui die nettomarges aan vir grondboonproduksie volgens GWK se begrotingsnorme vir 2012 met `n koste van R 17 966 per hektaar. Die gemiddelde prys wat gebruik word oor al die grade is R 9 200 per ton. Met `n 4t-oes kan `n produsent dus R18 834,00 per hektaar wins maak. Die sensitiwiteitsanalise neem nie die verkope van hooi in ag nie. Dit kan Teen die huidige pryse van grond`n groot inkomste word in jare met bone is hierdie gewas uiters winslaer as gemiddelde reĂŤnval. gewend.

Sensitiwiteitsanalise â&#x20AC;&#x201C; grondbone Gemiddelde prys per ton Opbrengs/ha R 8 700 R 8 900 2.5 3 784 4 284 3 8 134 8 734 3.5 12 484 13 184 4 16 834 17 634 4.5 21 534 22 084 5 25 534 26 534 5.5 29 884 30 984 Totale produksiekoste

R

9 000 4 534 9 034 13 534 18 034 22 534 27 034 31 534

R

Dit is dus nou die tyd om grondbone as deel van u wisselboustelsel te oorweeg.

9 200 5 034 9 634 14 234 18 834 23 434 28 034 32 634

R

9 400 5 534 10 234 14 923 19 634 24 334 29 034 33 734

R

9 700 6 284 11 134 15 984 20 834 25 684 30 534 35 384 R 17 966

Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise vir grondbone. Bronne ALLEMAN, J., 2006. Crop rotation. Powerpoint presentation for mvl 761 theme 1. Dept. of Agronomy, UFS, Bloemfontein. ARNON, I., 1992. Agriculture in dry lands: Principles and practices. Elsevier Sciences publishers B. V., Amsterdam. 747-785. DE KOKER, E., 1993. The properties and importance of crop rotation. Honours seminar. Dept. of Agronomy, UOFS, Bloemfontein. FRANCES, C. A. & CLEGG, M. D., 1990. Crop rotations in sustainable production systems, In: C. A. Edwards, R. R. Lal, P. Madden, R. H. Miller & G. House (eds). Sustainable agriculture systems. Soil and Water Conservation Society, Iowa.107-122 VAN BILJON, J. J., 1993. Crop productionn(AGR 458). Dept. of Agronomy, UOFS, Bloemfontein.

26


GWK Grondbone . . . ‘n voorbeeld van innovasie

Kontak: Cloete Nortje 053 298 8458 082 803 0687

GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grondboontjies. GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om risiko’s verbonde aan die verbouing van grondboontjies te verminder, die smaak van grondboontjies te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Johan Fourie Bedryfshoof: GWK Pekanneuten Wingerdproduksie

Navorsing en Ontwikkeling

Pekans: `n Gesonde bedryf?

D

ie gesondheid van `n bedryf word deur verskeie aspekte bepaal. Die kweker, vestiging en instandhouding, produsentepryse, verwerking en bemarking, Suid-Afrika se markaandeel en pekan-uitvoere speel alles `n rol. Kwekers “Haasbek-boorde” is `n verskynsel wat oor die land heen gesien word. Daar word ook na die “boepenslammers” van `n boord verwys. Die grondslag vir die gesondheid 28

van die bedryf hang af van hoe kwekers gereguleer word, watter standaarde aan hulle gestel word, asook die korrektheid van hul kweekpraktyke. `n Produsent het egter geen waarborg dat die boom wat hy van die kweker kry, die kultivar is waarvoor hy betaal het nie. Verkeerde kultivars word ook vir produsente aanbeveel. Foute soos hierdie word nie binne `n jaar of twee reggestel nie. Bome word lank gepamperlang net om dit ná vyf of ses jaar te moet vervang. Pekanbome word hoofsaaklik ver-

meerder deur Ukalinga-saad te plant. Dit vorm die onderstam van die boom, terwyl die verlangde kultivar op die onderstam geënt word. `n Mens moet in ag neem dat die saad deur `n kruisbestuiwingsproses gaan en enige ander kultivar dus die saad kan bestuif. Die probleem ontstaan egter nie noodwendig by die bostam nie, maar eerder by die onderstam. Daar is nie homogeniteit in die onderstamme nie en alle saad wat geplant word, het nie dieselfde groeikrag nie. Wat kardinaal is, is dat kwekers


Vestiging en boordinstandhouding Aandag word toenemend op beter instandhouding van pekanboorde gevestig. Aanvanklik is `n paar bome op die uitvalhoeke geplant wat op hul eie moes grootword. Met groter aanplantings en die huidige pekanprys het hierdie prentjie egter verander. Hierdie foute van die verlede het die Suid-Afrikaanse pekanproduksie beslis negatief beïnvloed . Dit het verder tot gevolg gehad dat die groei nie so vinnig ingetree het soos voorspel is nie en het sodoende die bedryf se mededingendheid op die wêreldmark beïnvloed. Of dit in die verlede `n positiewe of negatiewe invloed gehad het, is debatteerbaar. Die beperkte hoeveelheid neute kon die vraag verhoog en pryse opjaag soos in die 2011-seisoen gesien is. Die moonlikheid vir hoër pryse word deur groter oesvolumes versterk. Dit sal dus positief wees as ons met `n meer mededingende hoeveelheid neute die mark kan betree.

SA Pekan prys vir 50% uitkraak R40.00

Prys per kg

R35.00 R30.00 R25.00 R20.00 R15.00 2009

2010 Jaar

2011

Figuur 1

Amerikaanse neutpryse 2000 tot 2011 (50% uitkraak) R40.00 R30.00 Prys

veronderstel is om die sterkste onderstamme te identifiseer en hulle te ent. Met die hoë vraag na bome ent kwekers egter baie onderstamme wat in werklikheid nie aan die keuringsvereistes voldoen nie. Hierdie swakker bome beland dan in die produsent se boord en haal nooit die ander bome in nie (sogenaamde boepenslammers). Dit kan toegeskryf word aan die genetika wat swakker is en dus probleme veroorsaak.

R20.00 R10.00 R2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Jaar

Figuur 2 `n Mens moet egter na die verlede kyk om die geweldige styging waar te neem. Dit is duidelik waarneembaar dat die prys `n neiging toon om aan te hou styg. Dus is die veronderstelling dat die prys weer in 2012 sal styg. Hier-

die neiging kan egter nie gewaarborg word nie. Die Amerikaanse pekanprys vir 2011/2012 het die teendeel bewys. Dit blyk dat die Chinese `n weerstands vlak bereik op hoë pekanpryse.

Produsentepryse In 2009 was R23/kg `n aanvaarbare prys vir `n uitkraak van 50%. In 2010 het die prys vir `n 50% kerninhoud gestyg na R27/kg en in 2011 het dit gespring na R38/kg vir 50% kern (sien Figuur 1, die 65% styging van 2009 tot en met 2011.) As `n mens na die Amerikaanse pekanprys (Figuur 2) kyk, word dieselfde neiging waargeneem. 29


Verwerking en bemarking In 2011 was daar 22 amptelike verwerkers in die Suid-Afrikaanse pekanbedryf. Tot op hede was daar geen kontrole in die bedryf nie en dus geen standaard vir die kwaliteit van die produk wat oor die land se grense moes gaan nie. Dit het `n groot bedreiging vir die Suid-Afrikaanse bedryf ingehou. Die statutêre heffing op pekanneute is egter goedgekeur en is op 9 Maart 2012 in die Staatskoerant gepubliseer. Volgens die publikasie is die heffing vir die volgende ten doel gestel: “. . . vir die befondsing van navorsing, tegniese inligting en tegnologiese oordrag; gehalte versekering en sertifisering; inligting en statistiek; kommunikasie, verbruikersopvoeding en markontwikkeling; en transformasie en opleiding vir die pekanneutbedryf”. Die heffing is vasgestel op R0,15 per kg wat deur die verwerker, invoerder of produsent betaalbaar is. Dit kan as `n stap in die regte rigting beskou word om die Suid-Afrikaanse pekanbedryf te struktureer en orde te skep, maar ook om die in- en uitvoere te reguleer en sodoende die bedryf te beskerm. Baie werk kan nog in terme van pekanbemarking gedoen word. Suid-Afrika se produksietyd gee ons `n voordeel bo ander produserende lande. Ons neute is net voor die Chinese feesvieringe beskikbaar. Ons neute is dus vars teenoor neute van Amerika wat dan al meer as agt maande in koue opberging is. Ons moet hierdie voordeel benut! Die Suid-Afrikaanse Pekan-produsentevereniging (SAPPA) kan deur generiese bemarking, veral in China, hiermee help.

gemaak kan word dat al die aanplantings ná agt jaar teen 2t/ha in vol drag gaan wees, sal dit ongeveer 36 000t pekanneute oplewer. Die gemiddelde Amerikaanse produksie is tans ongeveer 120 000t. Dus sal ons produksie oor agt jaar as wesenlik in die wêreldmark beskou word. Wat die impak van 36 000t pekanneute op die wêreldmark gaan wees, is baie onseker. Die bemarking van Suid-Afrikaanse pekanneute gaan hier `n groot rol speel. `n Mens kan die volgende vra: Gaan die bemarking van die SuidAfrikaanse produk die prys bepaal of gaan die buitelandse kopers die verwerkers in Suid-Afrika manipuleer om die prys laag te hou? Verder gaan die kwaliteit van SuidAfrikaanse neute `n deurslaggewende rol hierin speel.

iemand trek sy been. Hy het eers die eier eenkant gesit, maar ná `n ruk het hy dit gevat om te laat waardeer. Dit was suiwer goud! Die boer kon sy geluk nie glo. Sy verbasing was nog groter toe hy die volgende dag by die eend kom en daar nog `n goue eier lê. Dag ná dag het die boer hom na die nes gehaas om sy goue eier te gaan haal. Die boer het baie ryk geword. Met die rykdom het ongeduld en gierigheid gevolg. Op `n dag besluit die boer dat hy die eend gaan slag om sodoende al die eiers op een slag te kry. Toe hy die eend oopsny, was die teleurstelling baie groot toe hy sien die eend is leeg en dat hy nou sy bron van inkomste vernietig het. Pekanneute is op die oomblik die goue eend van die boerdery. Dit is een van die mees winsgewende Pekan uitvoere boerdery-eenhede mits boorde in Pekanneutverbouing is `n relatief jong bedryf in Suid-Afrika en uitvoere stand gehou word. Die behoud van die bedryf gaan na China nog jonger. wees om volhoubare hoëkwaliteit China het egter die prentjie van neute teen `n volhoubare prys aan pekanneute drasties verander. die mark te lewer. Die Chinese vraag het die pryse die afgelope vier jaar geweldig opgestoot. Te hoë pryse kan `n weerstand teen pekanneute veroorsaak waarteenoor Chinese invoere het geweldig toegeneem en die beraamde syfer vir 2011 te lae pryse dit nie volhoubaar vir die produsent gaan maak nie. is in die omgewing van 50 000t. Die uitvoermark moet verder ontgin Die vraag kan nog nie presies bepaal word nie en is baie pryssensitief. en beter verstaan word sodat langterSodra die pryse te hoog raak, hou die myn-verhoudings en ooreenkomste met die buiteland gesluit kan word. Chinese op om pekanneute te koop en koop hulle eerder ander soorte GWK Pekanneute neute teen goedkoper pryse. Suid-Afrika is baie afhanklik van die GWK voer reeds die afgelope drie jaar pekanneute uit. Ons het ten doel pekan-uitvoermark en hierdie mark om die bedryf uit te brei en saam met bied nog baie uitdagings en ruimte die bedryf te groei. vir verbetering. GWK fokus daarop om die beste SA markaandeel Hoe gesond is die bedryf pryse aan die produsente te verskaf. Aangesien die Suid-Afrikaanse pewerklik? Ons wil graag ook `n langtermynkanaanplanting en -produksie tot op Die volgende fabel som die pekanverbintenis met die pekanprodusent hede nie gemonitor is nie, is die syfers bedryf goed op: vestig. wat tot ons beskiking is, nie 100% Daar was eendag `n arm boer wat akkuraat nie. Die totale hektare wat `n goue eier in sy werfeend se nes Kontak Johan Fourie by tot en met 2011 aangeplant is, is gevind het. 082 805 0036 oor GWK se ongeveer 18 000ha. As die aanname Aanvanklik het die boer gedink unieke pekanneut-bemarkingsplan. 30


Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling

Albrecht Gerrits GWK Landbou-ekonoom

Belowende ekonomiese groei in 2012 verwag

I

nsetkoste vir die somergewasse mielies, katoen en grondbone het die afgelope tien jaar skerp gestyg en het `n wesenlike invloed op `n produsent se kosteknyptang. Vir `n ontleding hiervan is inligting oor insetkoste verkry uit die Kostegids soos jaarliks deur GWK gepubliseer. Tabel 1 wys die insetkoste, prys van die produk, opbrengs, inkomste, marge bo koste en gelykbreekpunte van die genoemde gewasse. Tabel 1 en Figuur 1 hiernaas wys die skerp styging in kommoditeitspryse vir al drie gewasse in 2007 en 2008, sowel as die verhoging in insetkose. Die rede vir hierdie styging is dat die wêreldekonomie in hierdie tydperk baie sterk groei getoon het wat deur die onwikkellende lande van die wêreld gedryf is, met China en Indië aan die voorpunt. Hierdie hoë groei het die vraag na landboukommoditeite sterk gestimuleer. Pryse van landboukommoditeite en daarmee saam, pryse van insette, het begin toeneem wat `n regstreekse invloed op insette in Suid-Afrika gehad het. Die skerp styging in die olieprys in hierdie tydperk het ook die prys van brandstof en kunsmis die hoogte in laat skiet. Figuur 2 (blaai om) dui die kunsmispryse vir die tydperk 2004 tot 2011 aan. Kunsmispryse het aan die einde van 2007 en ook vir die grootste gedeelte van 2008 skerp gestyg. 32

Tabel 1: Insetkoste, prys van die produk, opbrengs, inkomste, marge bo koste en gelykbreekpunte. Mielies Jaar 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Insetkoste R/ha 6 037.56 6 266.03 6 435.52 7 171.68 8 166.28 8 733.05 15 573.78 12 135.16 11 673.95 12 765.81

Prys R/ton 1 085.55 947.12 877.43 517.52 768.96 1 275.95 1 511.74 1 412.86 1 078.32 1 385.72

Opbrengs ton/ha 11.00 11.22 11.44 11.67 11.91 12.14 12.39 12.64 12.89 13.15

Inkomste R/ha 11 941.01 10 626.74 10 041.64 6 041.16 9 155.82 15 496.28 18 727.10 17 852.21 13 897.66 18 216.70

Marge R/ha 5 903.45 4 360.71 3 606.12 -1 130.52 989.54 6 763.23 3 153.32 5 717.05 2 223.71 5 450.89

Gelykbreek ton/ha 5.56 6.62 7.33 13.86 10.62 6.84 10.30 8.59 10.83 9.21

Katoen Jaar 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Insetkoste R/ha 8 524.15 10 598.20 8 789.83 11 761.63 10 720.11 12 800.53 20 240.69 17 311.64 16 925.72 19 475.29

Prys R/ton 3 900.00 3 800.00 2 700.00 2 400.00 3 450.00 3 450.00 5 500.00 4 700.00 4 500.00 6 200.00

Opbrengs ton/ha 3.50 3.68 3.86 4.05 4.25 4.47 4.69 4.92 5.17 5.43

Inkomste R/ha 13 650.00 13 965.00 10 418.63 9 724.05 14 677.24 15 411.10 25 796.84 23 146.80 23 269.92 33 663.82

Marge R/ha

Gelykbreek ton/ha

5 125.85 3 366.80 1 628.80 -2 037.58 3 957.13 2 610.57 5 556.15 5 835.16 6 344.20 14 188.53

2.19 2.79 3.26 4.90 3.11 3.71 3.68 3.68 3.76 3.14

Grondbone Jaar 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

„„ „„

„„

Insetkoste R/ha 6 068.66 6 543.35 6 187.53 8 056.61 7 981.37 8 850.69 15 190.57 13 822.46 15 726.30 17 202.69

Prys R/ton 3 913.40 4 908.00 3 148.00 2 546.00 3 424.00 6 200.00 7 000.00 7 300.00 5 500.00 6 750.00

Opbrengs ton/ha 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50 3.50

Inkomste R/ha 13 696.90 17 178.00 11 018.00 8 911.00 11 984.00 21 700.00 24 500.00 25 550.00 19 250.00 23 625.00

Marge R/ha

Gelykbreek ton/ha

7 628.24 10 634.65 4 830.47 854.39 4 002.63 12 849.31 9 309.43 11 727.54 3 523.70 6 422.31

1.55 1.33 1.97 3.16 2.33 1.43 2.17 1.89 2.86 2.55

Insetkoste – Soos aangedui in Kostegids vir besproeiingsboere. Pryse – Gemiddelde Juliemaand-kontrakprys vir die betrokke jaar is by mielies gebruik. Gemiddelde pryse vir die betrokke jaar is by katoen en grondbone gebruik. Opbrengs – Vir mielies en katoen is onderskeidelik 2% en 5% ver hogings in opbrengs jaarliks ingebring om verbeterde produksieprak tyke en nuwe kultivar ontwikkeling te weerspieël. Vir grondbone is konstant met 3.5ton gewerk.

In sommige gevalle het pryse tot 300% jaar op jaar gestyg. Dit het, plaaslik en internasionaal, tot `n

koor van protes gelei en beskuldigings het die rondte gedoen dat pryse kunsmatig opgejaag is sodat


Insetkoste R/ha

20 000.00

1 600.00 1 400.00 1 200.00 1 000.00 800.00 600.00 400.00 200.00 -

15 000.00 10 000.00 5 000.00 -

Prys R/t

Mielies (2002-2011)

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Jaar Insetkoste Insetkoste R/ha R/Ha

PrysR/Ton R/t Prys

Katoen (2002-2011) 7 000.00 6 000.00

20 000.00

5 000.00

15 000.00

4 000.00

10 000.00

3 000.00

Prys R/t

Insetkoste R/ha

25 000.00

2 000.00

5 000.00

1 000.00

-

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Jaar Insetkoste InsetkosteR/Ha R/ha

PrysR/Ton R/t Prys

20 000.00

8 000.00 7 000.00 6 000.00 5 000.00 4 000.00 3 000.00 2 000.00 1 000.00 -

15 000.00 10 000.00

5 000.00 -

Prys R/t

Grondbone (2002-2011) Insetkoste R/ha

vervaardigers van veral grondstowwe in die voorspoed van hoër graan- en oliesaadpryse kan deel. Dit is `n bekende feit dat die wisselen rentekoers, sowel as die olieprys `n wesenlike impak op pryse het, maar net so het die groot internasionale rolspelers, soos China, se handelsbeperkings en aankooppatroon `n groter invloed op pryse en beskikbaarheid van grondstowwe. Daarteenoor beweer veral internasionale verskaffers dat die wêreldvraag na kunsmis in die tydperk ontplof het, grondstowwe beperk was en dat aanlegte tot hul maksimum vermoë ingespan was. Hoewel kommoditeitspryse ook gestyg het, het dit nie tot dieselfde mate as kunsmispryse toegeneem nie. Vir die plaaslike saai- en veeboer beteken dit `n verhoging in produksierisiko’s en bring dit hul finansiële volhoubaarheid in die gedrang. Die hoë kunsmispryse van 2008 en 2009 het `n wesentlike impak op die produsent se winsgewendheid. Kunsmis is die onbestendigste uitgawe van al die boer se produksiemiddele. Dit is selfs meer onbestendig as brandstof en skep meer onsekerheid as produkpryse of opbrengs. Gevolglik kan die produsent verwag dat kunsmiskoste met meer as 50% jaar op jaar kan afwyk, terwyl produkpryse met minder as 30% behoort te variëer. Kunsmispryse korreleer nie positief met produkpryse nie, wat beteken dat kunsmiskoste skerp kan toeneem terwyl produkpryse `n afname toon. Die gevolg is dat die produsent nie in staat is om stygings in kunsmiskoste verder af in die waardeketting deur te gee nie. Figuur 3 (blaai om) toon die verdeling van die insette van mielies, katoen en grondbone as `n persentasie van totale insetkoste. Kunsmis is in die geval van mielies die enkel grootste direkte uitgawe en verteenwoordig 37.76% van `n produsent se totale insette. Dit is meer as `n derde van

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Jaar

Insetkoste InsetkosteR/Ha R/ha

Prys R/Ton Prys R/t

Figuur 1: Insetkoste per hektaar en prys per ton van mielies, katoen en grondbone oor die laaste tien jaar. die totale insette en beklemtoon die belangrikheid daarvan om kunsmis reg aan te koop. Groot klem moet egter ook gelê word op die korrekte aanwending van kunsmis en nie net op die prys van die produk nie. Foutiewe aankope of toediening van kunsmus kan `n groot invloed hê op

`n gewas soos mielies se marge bo koste. By katoen en grondbone maak kunsmis `n kleiner deel van totale insette uit, maar dit bly steeds die grootste insetbydraer. By katoen beloop kunsmis sowat 18,66% en by grondbone 19,52% van die totale insetkoste. 33


Relatiewe pryse (100 = gemiddelde prys oor 8 jaar)

Langtermyn Kunsmispryse 350 300 250 200 150 100 50

0 2004

2005

2006

2007

2008

2009

2010

2011

Jaar MAP

Ureum

KCl

Figuur 2: Langtermyn Kunsmispryse

Mielies insette 2011

Water, 5.29%

Brandstof, 3.67%

Eskom, 12.65%

Kunsmis (NPK), 37.76%

Oeskoste, 5.09% Saad, 18.02% Brandstof

Kunsmis (NPK)

Mikro-elemente

Saad

Onkruidbeheer

Plaagbeheer

Versekering

Oeskoste

Vervoer

Eskom

Water

Skedulering

Meganisasie

Spilpuntkoste

Katoen insette 2011 Water, 4.20%

Brandstof, 5.07% Eskom, 10.05%

Kunsmis (NPK), 18.66% Oeskoste, 16.91%

Versekering, 10.89%

Saad, 4.88%

Plaagbeheer, 6.60%

Onkruidbeheer, 8.55%

Brandstof

Kunsmis (NPK)

Mikro-elemente

Saad

Onkruidbeheer

Plaagbeheer

Versekering

Oeskoste

Vervoer

Eskom

Water

Skedulering

Meganisasie

Spilpuntkoste

Grondbone insette 2011 Water, 2.97% Kunsmis (NPK), 19.52%

Eskom, 7.10%

Droging, 18.67% Oeskoste, 16.34%

Saad, 9.30% Plaagbeheer, 8.42%

Brandstof

Kunsmis (NPK)

Mikro-elemente

Saad

Onkruidbeheer

Plaagbeheer

Versekering

Oeskoste

Vervoer

Droging

Eskom

Water

Skedulering

Meganisasie

Spilpuntkoste

34

Dit is ongeveer `n vyfde van totale insetkoste en verg dus baie aandag. As `n mens na van die ander insette kyk, staan die oeskoste van grondbone en katoen duidelik uit as `n koste waarmee rekening gehou moet word. Hoewel laasgenoemde insetkoste oor die afgelope tien jaar verhoog het, is die effektiwiteit (bv. tyd van oes) baie verbeter. Gevolglik word minder hande-arbeid gebruik en meer masjinerie wat kostes verhoog. Elektrisiteit Eskom se tariewe het die afgelope tyd amper verdriedubbel. Figuur 4 (op blad hiernaas) toon die verhogings oor die afgelope tien jaar persentasiegewys, insluitend die verhoging van 1 April 2012. As `n mens kyk na die neiging, flikker rooi ligte vir besproeiingsprodusente. Daar was sprake van `n 25% verhoging in 2013 en 2014 onderskeidelik (kleiner verhogings mag dalk plaasvind vanweë Eskom se huidige finansiële posisie). Kosteknyptang Die term “kosteknyptang” word gebruik wanneer die prys van insette vinniger as die prys van uitsette styg. As die medium- tot langtermyn ekonomiese welvaart van produsente geëvalueer word, is een van die beduidendste faktore die gelykbreekopbrengste van gewasse. Om die gelykbreekopbrengs te bereken, word die insetkoste deur die prys van die produk gedeel. Uit Figuur 5 (op die blad hiernaas) is dit duidelik dat die gelykbreekopbrengs `n opwaartse neiging toon. Die grafiek toon dat die insetkoste per hektaar vinniger as die prys van produkte gestyg het. Oor die langtermyn toon dit gevaartekens, waarvoor oplossings gevind móét word. Figuur 3. Verdeling van die insette van mielies, katoen en grondbone as `n persentasie van totale insetkoste.


Gelykbreek t/ha

Gelykbreek t/ha

% Verhoging

`n Moontlike oplossing Wanneer `n mens na enige gewas Eskom Standaard prysverhogings se sensitiwiteitsanalise kyk, kom die 35.00% twee belangrikste drywers dadelik te 30.00% voorskyn. Dit is nie `n nuwe konsep 25.00% nie, maar die belang daarvan moenie 20.00% onderskat word nie. Die twee belang15.00% rikste drywers is hoër opbrengs en 10.00% 5.00% beter bemarking van produkte. 0.00% Volhoubare produksie en oorlewing 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 verg deurlopende en groter produkJaar sievolumes per eenheid om laer winsmarges teen te werk (produseer Standard Prysprysverhogings Verhogings Linear (Standard Prys Verhogings) Standaard Neiging standaard prysverhogings meer met dieselfde hoeveelheid insette). Daar is egter ruim geleentheid Figuur 4: Eskom standaard prysverhogings vanaf 2002 tot 2012 om ons produkte meer effektief te bemark en beter pryse te realiseer en Mielies gelykbreekopbrengs sodoende ons winsgrens te verhoog 15.00 om volhoubaar te kan produseer. Dit is dus belangrik dat die produsent 10.00 vooraf weet wat die prys moet wees waarteen hy kan verkoop om `n 5.00 spesifieke marge te realiseer. Die ontwikkeling van beter kultivars, 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 effektiewe aanwending van insette en Jaar bestuurspraktyke (bv. hoëtegnologie boerdery) kan tot hoër opbrengste Gelykbreek Ton/Ha Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Gelykbreek t/ha Neiging (gelykbreek t/ha) lei. Die verhoging in opbrengs en beter bemarking van produkte kan die gevaar van die kosteknyptang Katoen gelykbreekopbrengs teenwerk. 6.00 Tabel 2 (blaai om) is `n sensitiwiteitsanalise vir mielies in die produksie4.00 jaar 2011 wat bewys dat `n verho2.00 ging in opbrengs en beter bemarking van produkte `n wesenlike verskil kan maak op `n produsent se marge bo 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 koste. Jaar Gelykbreek t/ha Gelykbreek Ton/Ha

Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Neiging (gelykbreek t/ha)

Grondbone gelykbreekopbrengs Gelykbreek t/ha

Ekonomiese vooruitsig vir die mediumtermyn Suid-Afrikaanse produsente kan in 2012 belowende ekonomiese groei in die landbousektor verwag – trouens só goed dat meer mense na die bedryf teruggelok kan word. Die landbousektor gaan na verwagting boonop die afgelope drie jaar se prestasie klop, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa se AgriBusiness, in sy landbouvooruitsig gesê. `n “Duidelike neiging” van groter winsgewendheid in die Suid-Afrikaanse landbousektor is `n hoofrede

4.00 3.00 2.00 1.00 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Jaar

Gelykbreek t/ha Gelykbreek Ton/Ha

Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Neiging (gelykbreek t/ha)

Figuur 5: Gelykbreekopbrengs van mielies, katoen en grondbone. 35


vir die goeie vooruitsigte, meen hy. Die afgelope drie tot vyf jaar het produsente onder `n kosteknyptang gebuk gegaan weens aansienlike stygings in insetkostes. Dit het winsgewendheid onder druk gepaas. Sou die verwagte voordele vir SuidAfrikaanse produksie in 2012 reali-

seer, sal dit winsvlakke vir belanghebbendes in die bedryf veilig hou. Janovsky meen beduidende voordele spruit ook uit die wydverspreide gebruik van nuwe tegnologie wat die benadering tot landbou-roduksie verander. Die vinnige en diepliggende veranderinge sal volgens hom verseker dat

die sikliese voordele van hoĂŤr pryse en groter produksie verleng word. Hy meen egter ook dat een uit elke drie produsente moontlik in die volgende 20 jaar uit die Suid-Afrikaanse landbou kan tree, aangesien kleiner boere dit toenemend moeilik vind om te oorleef.

Sensitiwiteitsanalise mielies 2011 Prys (R/t)

Opbrengs t/ha

800.00

1 000.00

1 200.00

1 400.00

1 600.00

1 800.00

2 000.00

9

-5 566

-3 766

-1 966

-166

1 634

3 434

5 234

10

-4 766

-2 766

-766

1 234

3 234

5 234

7 234

11

-3 966

-1 766

434

2 634

4 834

7 034

9 234

12

-3 166

-766

1 634

4 034

6 434

8 834

11 234

13

-2 366

234

2 834

5 434

8 034

10 634

13 234

14

-1 566

1 234

4 034

6 834

9 634

12 434

15 234

15

-766

2 234

5 234

8 234

11 234

14 234

17 234

Direk toedeelbare koste per hektaar Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise mielies 2011.

12 766


Brits van den Berg Uitvoerende Bestuurder: Versekering en Eiendomme van GWK

Versekering

Vervoer van masjinerie: Is jy gedek?

M

et die skryf van hierdie artikel wil GWK graag ons kliënte se aandag vestig op `n tegniese punt ten opsigte van wetgewing en regulasies wat verband hou met die vervoer en verskuiwing van groot masjinerie op openbare en private paaie. Groot masjinerie sluit die volgende in stropers, katoenplukkers en sekere toerusting wat nie voldoen aan die vereistes van die padwetgewing nie. Die tabel hier onder gee `n uiteensetting van die wettige perk soos per Regulasie 240 van die Nasionale Wet op Padverkeer (93/1996). (Maksimum drakrag van die pad.) Voertuie wat vrygestel is van registrasie in terme van die bepalings van die Nasionale Padverkeerswet en regulasies en wat dus nie wettig op `n openbare pad mag beweeg nie, word hier aangedui. Wat val binne die wetgewing? Die wetgewing stipuleer dat, indien bogenoemde masjinerie deur stroopkontrakteurs of enige ander persoon verskuif sou moes word en `n openbare pad gekruis moet word, dit nie vir `n afstand verder as 1km gedoen mag word nie en dan moet dit vergeMotorvoertuie

sel word deur `n voertuig wat aandui dat `n abnormale vrag op pad is, met die nodige ligte en rooi vlae. Versekeraars is dit eens dat omvattende dekking op hierdie masjinerie slegs van krag sal wees indien die

versekerde binne die wetgewing optree. Met `n oortreding van die wet stel die versekerde homself dus aan derdeparty eise bloot. (Sien ook Aanhangsel A.)

AANHANGSEL A NASIONALE PADVERKEERSWET, 1996: NASIONALE PADVERKEERSREGULASIES, 1999 HOOFSTUK III: REGISTRASIE EN LISENSIËRING VAN MOTORVOERTUIE, EN REGISTRASIE VAN VERVAARDIGERS, BOUERS EN INVOERDERS EN VERVAARDIGERS VAN NOMMERPLATE DEEL I: REGISTRASIE EN LISENSIËRING VAN MOTORVOERTUIE 5. MOTORVOERTUIG VRYGESTEL VAN REGISTRASIE 1) `n Motorvoertuig d) wat deur die rede van sy dimensies of die massa daarvan of die massa van `n deel daarvan, mag beweeg op 'n openbare pad in terme van die Wet, en wat nie so bedryf word nie; sal van registrasie vrygestel word en sal nie geregistreer word in ooreenstemming met die bepalings van hierdie deel van die Wet nie: Met dien verstande dat indien die eienaarskap van 'n motorvoertuig oorgedra word van die Departement van Verdediging aan 'n ander persoon, sal so `n Departement registreer sodanige oordrag.

20. MOTORVOERTUIG VAN VRYGESTEL VAN LISENSIËRING `n Motorvoertuig wat vrygestel is van registrasie in terme van regulasie 5, en `n motorvierwiel, sal nie vereis word om te lisensieer in terme van hierdie Deel nie.

HOOFSTUK VI: VOERTUIE DEEL IV: VRAGTE OP VOERTUIE 240. DRAKRAG VAN MASSAVRAG VAN PAD 1) Geen persoon mag op `n openbare pad beweeg met `n motorvoertuig of `n kombinasie van motorvoertuie, waarvan die wiele toegerus is met lugbande, indien – a) die massavrag van die wiele i) wat aan 'n stuuras vasgeheg is, meer as 3 850kg, of ii) wat aan aste vasgeheg is anders as 'n stuuras en meer as 4 000kg oorskrei nie;

Wetlike beperking (Reg 240) Steering/Drive

Min. gewig Front Axle (single tyres)

Min gewig Rear Axel (single tyres)

Max. Estimated Weight Axle Front (Single tyres)

Max. Estimated Weight Rear Axel (Single tyres)

S550

7700kg /8000kg

8114Kg

6347Kg

9470Kg

6861Kg

S660

7700kg /8000kg

8299Kg

8510Kg

9760Kg

6861Kg

S670

7700kg /8000kg

8444Kg

8779Kg

10644Kg

10435Kg

S680

7700kg /8000kg

9172kg

9976kg

11057Kg

11304Kg

S690

7700kg /8000kg

9172kg

9976kg

11057Kg

11304Kg

38


Handré van Heerden GWK Graanhandelaar

Graan

Fundamentele markkragte speel `n rol in prysbepaling

`n

was die geelmielieprys vir Mei 2012 op 30 Januarie 2012 op R2 391 en moeilik bepaalbare sewe verhandelingsdae later op korrelasie bestaan tusR2 057. Fundamenteel het myns sen fundamentele- en insiens bitter min in hierdie tydperk tegniese markfaktore wat graanverander om hierdie daling te regpryse bepaal. Albei speel `n deursverdig. Breë konsensus bestaan dat laggewende rol in prysbepaling, die een geld soms meer as die ander en verskeie prysbepalings metodologieë `n interessante dinamika is tussen die geld, maar onsekerheid heers oor wanneer die een swaarder as die antwee ter sprake. der weeg en hoe hul interafhanklikDie suiwer tegniese analis sal redeheid werk. Hoe verreken ons byvoorneer dat alle faktore in die huidige beeld reuse beleggingsfondse wat in prys gereflekteer word. Indien dit so eenvoudig was, sou elke markdeelne- kommoditeitsmarkte belê en onttrek? Ons moet egter iewers begin. Fundamer tegniese besluite gemaak het. mentele nuus rakende in- en uitvoere, Die eerlike, tegniese handelaar sal ook vir `n mens vertel dat sy posisies produksietoestande, voorraadvlakke, al só gebrand het dat die brandweer graantenders ens., word bykans al om die minuut op vele nuuskanale nodig was om te red. Die fundamentele handelaar is weer soos Reuters en velerlei webwerwe oortuig dat pryse alleenlik deur vraag bekend gemaak. Mielies en koring word nie in isolasie en aanbod gedryf word. Fundamentele faktore op sigself , kan egter nie van ander kommoditeite verhandel nie. Hierdie artikel laat egter nie die regstellings en volatiliteit in die mark verduidelik nie. So byvoorbeeld ruimte om die fundamentele dina-

mika van sojabone, rys, katoen, oliesade, suiwelprodukte, veevoergrane, veeproduksiesyfers, ethanol, die olieprys en vele ander invloede op die mielie- en koringprys te bespreek nie. Vandaar dus die grootste kritiek teenoor `n suiwer fundamentele ontleding. Selfs al sou dit moontlik wees om al die beskikbare markinligting te ontleed wat `n moontlike invloed op die bepaling van die mielie- en koringprys kon hê, sou dit baie moeilik wees om die intydse, presiese invloed te kon bepaal. Vir die doel van hierdie artikel gaan oorhoofse fundamentele nuus oor die mediumtermyn aangebied word. Die Wêreld Landbouvoorrade en Verbruik Skatting (WASDE) van 09 Maart 2012, asook die 24 April 2012 Oesskatingskomitee-verslag sal hoofsaaklik gebruik word. Die WASDEverslag word deur die Amerikaanse departement van landbou opgestel. Die uitdaging hierin is nie bloot om


net syfers af te rammel en `n voor die hand liggende opsomming te maak nie. Vir die doel van hierdie artikel stem ons dus met die fundamentele ontleder saam dat vraag en aanbod die kern van prysbepaling behels. Die spreekwoord lui: “Fundamentals will prevail”. Koring Die internasionale koringseisoen strek van April tot die daaropvolgende Maart. Wêreldvoorrade word hoofsaaklik bepaal deur die produksietoestande in die vernaamste uitvoerlande te weeg teenoor verbruik in die vernaamste invoerlande. Die vernaamste uitvoerders is Amerika, Argentinië, Australië, Kanada, die Europese Unie, Rusland, Kazakstan en die Oekraïne. Die vernaamste invoerlande is Amerika, Brasilië, China, tien Midde Oosterse state, vyf Noord-Afrika-state en vyf Suid-Oos Asiese State. Die 2010/2011-seisoen wat einde Maart 2012 ten einde loop, was die wêreld beginvoorraad op 202.33mt gereken en eindvoorraad op 199.49mt geprojekteer. Daarenteen word die 2011/2012-beginvoorraad op 200,7mt geraam met die geprojekteerde eindvoorraad teen Maart 2012 op 213,1mt. Dus `n aansienlike styging. Internasionale koringvoorraad vir die 2011/2012-seisoen word bykans onveranderd gelaat. Invoere word met 0,3mt vergroot vir Algerië, Suid-Korea en Uzbekistan. Matig groter invoere word vir Azerbeidjan, Chile, Georgië en Angola gedoen. Invoere word 0,2mt afwaarts aangepas vir Sirië. Laer beginvoorrade in China, 1 mt, en Bangladesh, word geneutraliseer deur `n 1,2mt hoër Australiese koringoes. Wêreldhandel in koring word vergroot deur geprojekteerde hoër invoere deur verskeie state. Die grootste aanpassing is Iran, waar invoere met 0,8mt verhoog is. Die grootste styging in koringuitvoere 40

word vir Amerika voorspel. Verder word `n 0,5mt verhoging in uitvoere vir Australië, Brasilië en Kazakstan voorspel. Matige verhogings in uitvoere word vir Turkye en Serwië voorspel. Indiese koringproduksie word op 87mt geraam. Duitse koringproduksie word op 24,2mt teenoor 22,7mt afgesluit. Op die oomblik word die oes in die Oekraïne van 22mt na 14mt aangepas. Teen `n geprojekteerde globale uitvoermark van 142,9mt, is dit slegs 0,6mt kleiner as die 2008/2009rekord. Globale koringverbruik word met 3,5mt verhoog deur meestal hoër Chinese verbruik en hoër verbruik van voerkoring in Australië, Iran en SuidKorea. Globale eindvoorraad vir die 2011/2012-koringoes word 3,5mt laer geskat. Onrusbarend vir Suid-Afrika is die voorneme om slegs 547 200ha koring te plant. Hierdie oppervlak is die kleinste sedert die 1930`s en dui op uitdagings wat koringproduksie aanbetref. Desember 2012- koringpryse is op die oomblik nie op noemenswaardige winsgewendheidsvlakke nie. Produksietoestande, sneeubedekking, politieke onrus, planttoestande, wisselkoerse, olieprys, globale finansiële welstand, beskikbaarheid van skepe en die hanteervermoë by hawens is maar enkele faktore wat vraag en aanbod bepaal. Koueskade op die huidige oes behoort pryse te stut. Dit bleik egter in hierdie stadium dat daar voldoende voorraad vir die verbruik sal wees en dat eindvoorrade

behoort te styg. Mielies Internasionale eindvoorraad met betrekking tot mielies vir 2010/2011 word op 129,07mt gereken. Die beginvoorraad was op 144,18 mt. Wêreld in- en uitvoere balanseer selde vanweë verskillende bemarkingsjare, graan in transit en diskrepansie wat opbrengste en voorraad aanbetref. Die WASDE-verslag word egter steeds as die mees geloofwaardige bron geag. Wêreldproduksie word in 2010/11 op 829.24mt gereken. Amerika maak 316,17mt hiervan uit en vandaar al die oë wat meestal op hul produksie en uitvoere gerig is. Wat 2011/12-projeksies betref, word beginvoorraad op 128,83mt en eindvoorraad op 125,35mt gereken. Produksie verhoog na 864,11mt, maar veevoerverbruik en uitvoere verhoog en ethanolverbruik is gesond. Ethanol gebruik 40% van Amerika mielieoes, maar vanweë belastingvoordele wat teen einde 2011 verval het, blyk dit dat ethanol sy korttermyn optimale vlak van mielieverbruik bereik het. Die laaste Oesskattingskomiteeverslag van 24 April 2012 skat die 2011/12 Suid-Afrikaanse mielieoes op 11,12mt. Hierdie totaal was 12,7mt tydens die Februarie 2012-skatting. Genoeg is al gesê oor die huidige bodemskraap mielievoorraad. Huidige uitvoere van 2,395mt blyk in die kol te wees en kan selfs 2,5mt oorskry. Vir die 2012/2013-seisoen word uit-


voere op 1,408mt geprojekteer. Gegewe die buitelandse bywoning van die laaste Graan SA-vergadering op Bothaville op 7 Maart 2012, glo ek dat die uitvoerbesigheid sterk sal bly. Ons sal maar moet sien of hierdie 1mt laer geprojekteerde uitvoere `n onderskatting blyk te wees. Tans dryf die Amerikaanse en Chinese mielieaanplantings die internasionale mielieprys. Aanplantings vind teen `n rekordtempo plaas. Met die skryf van hierdie artikel is 28% van hul oes reeds aangeplant. Die tradisionele hektaarkompetisie tussen mielies en sojabone vind plaas en sojapryse is op `n vierjaar-hoogtepunt. Die Chinese vraag en SuidAmerikaanse droogtes stut sojapryse. Dit blyk dat die stroop van die Amerikaanse mielieoes vanweë hierdie vroeëre aanplantings tot drie weke vroeër kan plaasvind. Sodra die oes in die grond is, moet die Julie 2012-temperature met betrekking tot bestuiwing dopgehou word. Uitvoere, veevoerverbruik en mielies vir ethanol, in kort die vraag na mielies, sal pryse vir geruime tyd stut. Fundamentele markkragte speel sonder twyfel `n beduidende rol in prysbepaling. Koue, `n oormaat reën, droogte en velerlei vraagen-aanbod-scenario’s het `n baie groot invloed op prysbepaling. Uit hierdie aanname is dit dus duidelik dat verhoogde mielieverbruik pryse steun. Die 2012-aanplantings in Amerika moet fyn dopgehou moet word. Chinese aankope en ander uitvoerbesigheid sal die

mielieprys op Chicago ondersteun. Daar kan nie baie fout gaan met hul oes nie en selfs met hierdie aanplanting sal eindvoorrade teen Augustus 2013 op 16 jaar-laagtepunte wees. Suid-Afrika se knap mielievoorrade behoort pryse vir die komende seisoen op gesonde winsgewendheidsvlakke te hou. Uitvoerbesigheid is gesond en die huidige oes gaan al hoe kleiner word. Produsente moet hierdie geleentheid benut om goeie opbrengs op kapitaal te realiseer. Moenie redeneer dat pryse net sal aanhou styg nie! Oesdruk sal pryse laat stabiliseer, maar ná die seisoen behoort pryse te styg soos voorraadvlakke daal. Neem `n winsgewendheidsbesluit, bemark in `n opgaande mark en verdeel bemarking in segmente. Moenie met een groot besluit die boerpot probeer slaan nie. Koring se vooruitsigte is minder rooskleurig. Voldoende wêreldvoorraad en verskeie state wat as moontlike invoerders na Suid-Afrika kan kwoteer, kan die Safexprys onder druk hou. Beleggingsfondse sien huidige Amerikaanse mielies, asook nuweseisoen-sojabone as baie aantreklike beleggingsgeleenthede. Nuweseisoen-mielies is minder aantreklik weens die groot beplande aanplanting. Fondse sal egter in `n oogwink toetree as teëspoed met die oes ervaar word. Kontak GWK gerus om u by te staan met verskeie strategieë en planne om u bemarking- en verskansingsopsies te optimaliseer.


Colleen Collen

Eiendomme

Huispryse groei, koop nou!

E

erste Nasionale Bank (FNB) het in sy jongste verslag sy voorspelling vir huisprysgroei vir 2012 van 2% na 4,2% aangepas. Groei is steeds stadig, sê dié bank, maar sal tog effens vinniger wees as die 3,2% van 2011. Die FNB-Huisprysindeksverslag vir Februarie toon dat huispryse gegroei het van 6,1% in Januarie tot 6,6% jaar op jaar (j/j) in Februarie. Dit is die hoogste j/j-groei sedert Julie 2010. Die skrywer van die verslag en FNB eiendomstrateeg mnr. John Loos meen dat die verbetering in huisprysgroei grootliks te danke is aan `n laat 2011 opswaai in reële ekonomiese groei. Suid-Afrika se bruto binnelandse produksyfer vir die vierde kwartaal van 2011 het `n jaarlikse koers van 3,2%, hoër as die vorige kwartaalsyfer van 1,7%, getoon. Loos verduidelik dat ons vroeg in 2012 moontlik hoër vlakke van bankhuislening-wedywering kan sien, aangesien die kernfokus op markaandeel gaan wees. Uitleners sowel as lenende huishoudings is in die algemeen “pro-siklies” in hul optrede. Soos die onlangse geskiedenis verbeter en slegte gebeurtenisse soos die 2008/9-resessie, asook die 2008-rentekoerspiek in hul geheue vervaag, verbeter hul persepsies oor risiko. Loos dui egter aan dat die huisprysgroei en die betreklike hoë Februariekoers van 6,6% j/j heel moontlik nie langer as `n paar maande sal duur nie. Met die algemene verwagting vir stadiger ekonomiese groei in 2012 (in vergelyking met 2011 as `n geheel) en ten spyte van die laat 2011 op44

swaai, neig die voorspelling na stadige enkelsyfer huisprysgroei. Intussen rapporteer ABSA lae verband voorskotgroei tot dusver in 2012. In Januarie het die waarde van terugbetaalbare kredietsaldo’s met 6,1% j/j na `n vlak van R1 186,2 biljoen gegroei. Die ABSA Verband Voorskotverslag toon ook dat huishoudelike krediet op `n maandelikse basis gestyg het tot R8,7 biljoen of 0,7% van Desember na Januarie. Die waarde van terugbetaalbare privaatsektor verbandsaldo’s by finansieële instellings, wat insluit kommersiële en residensiële verbandlenings, het met 2,4% in Januarie gestyg. ABSA eiendomsanalis mnr. Jacques du Toit meen die waarde van terugbetaalbare verbandsaldo’s in die huishoudelike sektor het in Januarie met 1,6% j/j tot R773,5 biljoen gestyg. Maand-op-maand groei van R1,1 biljoen of 0,1% is in Januarie aangeteken in terugbetaalbare verbandsaldo’s vergeleke met Desember. Du Toit meen dat reële ekonomiese groei van 2,8% (3,1% in 2011) ver-

wag word in 2012, verbruikersprysinflasie bo 6% sal bly, die rentekoers standvastig sal bly tot later vanjaar en reële huishoudelike besteebare inkomste teen `n stadiger pas as in 2011 sal groei. Die huishoudelike skuld-tot-inkomste- verhouding word verwag om rondom 75% te bly en baie verbruikers sukkel steeds met geskende kredietrekords. ABSA voorspel dat die residensiële eiendomsmark sal voortgaan om stadige, matige groei te toon in 2012. Du Toit meen ook dat verband voorskotgroei beperk sal wees tot enkelsyfers tot die einde van die jaar. Ondanks teleurstellende syfers van die banke en eiendomsanaliste, meen eiendomsagente dat reg-geprysde eiendomme betreklik vinnig kopers lok en dat eerste kopers in sekere gebiede baie goeie transaksies sluit. Bronne www.property24.com


Mev. Tanya Aucamp (Kommunikasiehoof, Kumba Iron Ore), mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK), mev. Benita Valkenborg (Bestuurder van die Diamond Pavilion Shopping Mall) en mnr. Christo van Staden (Assistent-redakteur: Volksblad) met FARR op De Aar se toekenning as Noord-Kaapse instansie van die jaar.

Uit ons streek Carien Grobler

Noord-Kapenaars skitter

N

oord-Kapenaars het behoorlik geskitter op die glansgeleentheid waarop mev. Anne Maclean as Kumba Iron Ore en Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar, en FARR (Foundation for Alcohol Related Research) op De Aar as die Instansie van die Jaar aangewys is. Die kompetisie is in samewerking met GWK en twee ander instansies aangebied. “GWK is trots om deel te wees van Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar-toekennings,” sê mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK). “Ons gee graag saam met Volksblad en sy ander vennote erkenning aan die mense wat só hard werk om ons provinsie `n beter plek te maak. Geluk aan elkeen wat genomineer is. Elkeen is `n wenner in eie reg.” Kumba het by die geleentheid die 46

goeie nuus gedeel dat hulle FARR, die stigting vir alkoholverwante navorsing op De Aar, geldelik gaan bystaan. FARR doen baanbrekerswerk met die bekamping van fetale alkoholsindroom (FAS). Hulle het in 1997 begin en het sedertdien al die navorsing oor die voorkoms van FAS in Suid-Afrika gedoen. Mnr. Christo van Staden, assistentredakteur van Volksblad, het gesê die kompetisie laat inwoners besef hoeveel ongelooflike mense en instansies daar in die Noord-Kaap is. “Hulle doen geweldig baie om die provinsie `n beter plek vir die mense en omgewing te maak. Die oogmerk van die kompetisie is juis om die onbesonge helde van die Noord-Kaap uit te lig, om dit wat hulle ongesiens en stilletjies doen, aan die groot klok te hang en om die kollig op hulle te laat val.

“Hoewel net een of twee uitgelig en bekroon is, moet julle elkeen weet dat jy en jou instansie `n wenner in eie reg is. Mense het raakgesien wat julle doen en julle benoem. Die geraamde sertifikate is `n manier om te sê jul harde werk en opoffering gaan nie ongesiens verby nie.” De Klerk het gesê die benoemdes en ander mense wat onbaatsugtige diens doen, is nie bang om binne armoede te werk en opheffingswerk te doen nie. “Dit is vir GWK se direksie en hoofbestuur ononderhandelbaar dat ons terugploeg in die gemeenskappe waar ons werk. Ons is deel van die Noord-Kaapse gemeenskap en belê in mense van die provinsie,” het De Klerk gesê. Bronne Volksblad


GWK Nuus LANTIES SPRING IN BY GWK OP MODDERRIVIER

D

ie manne van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal se hande staan vir niks verkeerd nie. Dít het hulle bewys toe `n groep leerlinge van dié skool tydens `n onlangse arbeidsaksie by GWK op Modderrivier ingespring het om met laaiwerk te help. Die leerlinge het vinnig korte mette van die werk gemaak. GWK bedank graag die Lanties vir hul bereidwilligheid en goeie gees. `n Groep leerlinge van die Hoërskool Landboudal help met laaiwerk by GWK.

GWK GROET `N GROOT GEES NÁ 30 JAAR

D

it is sowaar die einde van `n era! Na `n dienstydperk van 30 jaar (waarvan 25 by GWK se kredietafdeling), het mnr. Kosie Stals onlangs uit GWK se diens getree. Stals is bekend vir die liefde en respek wat sy kollegas en kliënte teenoor hom koester. Kommuniek het met `n paar van sy kollegas gesels. Hulle beskryf hom as `n hulpvaardige, bereidwillige, nederige en vriendelike mens wat ekstra moeite vir `n kollega en kliënt sou doen en altyd tyd gemaak het vir ander. Mnr. Coenie Wilkenson, Stals se direkte hoof toe hy in 1982 by GWK begin het, vertel dat hy onwillekeurig terugdink aan Stals wat altyd teen dieselfde spoed met sy “pienk Fordjie” gery het. “Want die kar het net een rat gehad – vorentoe! En hy het altyd geblink soos `n bottel.” Só was Stals ook in sy werk: altyd deeglik, presies en eerlik. Hy het nooit sy humeur verloor nie en altyd net sy beste gelewer. Voorwaar `n werknemer om op trots te wees, sê Wilkenson. Volgens Mev. Alta Bezuidenhout (Rekenmeester: GWK) wat ook saam

Mnr. Kosie Stals, wat ná 30 jaar uit GWK se diens getree het. met Stals op skool was, sal hom altyd onthou as iemand vir wie `n mens enigiets oor sy werk kon vra en hy het altyd geweet. Me. Wilma Claasen, Stals se regterhand van die afgelope vyf jaar, som hom as volg op: “Kosie is soos `n ou huis wat goed versorg is (voorkoms) oor die jare. Daar is die mooiste meubels en goedjies in (goeie mens) Die huis het hier en daar krake (hartseer, pyn, ouderdom) wat altyd mooigemaak is met `n nuwe laag verf (altyd netjies). Die huis het `n reuse stoep met pilare wat die huis

regop hou (hy was altyd `n steunpilaar) en daar is potplante op die stoep met die mooiste blomme (sy geluk en liefde vir sy werk en familie). `n Prominente dak troon bo-oor die die huis (hoogtes en prestasies bereik) en daar is `n voetpaadjie met die mooiste randstene wat voor die huis uitstrek (al die dinge waarna hy nog uitsien en wil doen). `n Huis wat almal aantrek en waarheen jy altyd wil terugkeer vir nog `n kuier.” GWK en sy kliënte gaan beslis hierdie groot gees mis. Kosie, ons salueer jou! 47


Fotokompetisie

REËLS Die inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs twee inskrywing en foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal. 48

Temas vir 2012 Mei Junie Julie

kunsfoto’s eenvoud herfs

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark.

Stuur foto’s na gwkfoto@gmail.com Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys


Wenner: Karen Swanepoel van Douglas Tema: Seester

Tweede: Alison Duncan van Hopetown Tema: Perde in die woestyn

Derde: Martin MĂźller van Jan Kempdorp Tema: Sonsteek

Tony Cahi van Prieska Tema: So baie om te vervoer.

Bertie Theron van Prieska Tema: Skilder met reĂŤn 49


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Griekwas stoom voort . . .

D

agsê! As Oom Gemsbok se GWK Griekwas so op die punteleer voortstoom gaan min spanne hierdie jaar die Vodacombeker van GWK Park kan weghou. Hulle het nie net moeilike wegwedstryde gewen nie, maar maak ook seker dat hulle hul tuiswedstryde wen. Mooi manne! As ons “huurspelers” weer tuis is, gaan Griekwas `n mooi Curriebekerspan in die veld kan stoot. Oom Gemsbok droom al van `n tuis halfeindstryd op GWK Park, maar kom ons hardloop nou nie met die sak vol Paaseiers weg nie. Nadat Heyneke die helfte van die Bulls se afrigtingspan gaan staan en leeg koop het, veroorsaak al die beserings nou `n kapteinskrisis vir die Bokbreier. Wie gaan hy as kaptein van die Bokke kies? wil almal weet. 50

En glo my, daar is nie veel oor om van te kies nie. Met Schalkie, Juan en Jean beseer, bly net Spies, Adriaan, Josh, Biscmark en Chilliboy oor, wat nie een juis in hierdie stadium na Bokkaptein-materiaal lyk nie. John is amper op pensioen en Mattie is vasgeteken by Supersport wat ons los met Fourie du Preez wat moontlik kan kom uithelp. Maar wie is ons Bokkaptein vir die toekoms? Dit waarmee Heyneke goed is en wat Oom Gemsbok hoop hy hom tans mee besig hou, is die kies van `n vars, bloedjong Bokspan om vir 2015 te bou, maar met die kies van `n nuwe, jong Bokkaptein, kry ek die arme man baie jammer. Met die Stormers se Rooi Willie, Kolisi, Etzebeth en Aplon – die Bulls se Stander, Greyling, Kruger, Hougaart en Potgieter – die Cheetah’s se Coenie, Goosen en Strauss

en die Sharks se Umvovu en Coetzee, kan Heyneke rondom die ervare manne `n paar jong ysters deurbring en mooi vir die toekoms grootmaak. Vir die Ingilse was Oom Gemsbok nog nooit juis bang nie. Hul moeilikheid begin sommer met `n weekdag-wedstryd op GWK Park. Met die talent wat ons tans het, behoort die Engelse ons geen slapelose nagte te besorg nie en indien wel moet ons liewer begin waterpolo speel. Sterkte aan die Stormers-, Bulls-, Cheetah- en Sharks-ondersteuners vir die laaste deel van die S15 waar die druk net groter, die verskonings al meer en vure net hoër gaan raak. Lekker braai manne! Tot volgende keer. Groetnis Oom Gemsbok


Pret op die plaas Vir die jongspan

Help die bokkies om by mekaar uit te kom. Volg die ingang en maak `n pad deur in twee te tel.

166

168

170

172

194

196

198

164

178

176

174

192

190

200

162

180

182

184

186

188

160

158

144

142

140

126

124

122

108

106

154

156

146

136

138

128

118

120

110

104

152

150

148

134

132

130

116

114

112

102

10

12

14

20

22

24

90

92

94

100

8

6

16

18

28

26

88

86

96

98

2

4

32

30

48

50

84

82

80

34

44

46

52

66

68

78

36

42

56

54

64

70

76

38

40

58

60

62

72

74

51


Leefstyl Carien Grobler

Droom in volkleur . . . en wees meer kreatief WANNEER `n mens droom is jou brein baie aktief en in staat om anders te dink as wanneer jy wakker is.

potensiaal het. “Die brein is geweldig aktief tydens REM-slaap (rapid eye movement of vinnige oogbeweging) en word ook nie sensories gestimuleer nie. Dít dra by tot nuwe kombinasies van gebeurtenisse en ie meeste mense slaap sowat voorwerpe wat ons as eienaardige `n derde van hul lewens. drome ervaar. Die toestand van slaap Teen die ouderdom van 80 laat `n mens toe om anders te dink het `n mens dus al 27 jaar geslaap as wanneer ons wakker is. en sowat vier jaar in droomland Verskeie studies het al bewys dat deurgebring. `n mens meer kreatief is wanneer Nietemin word drome dikwels as on- jy droom, sê LaBerge. “In `n studie belangrik beskou en doen min mense waartydens die verskillende ervarings moeite om hul drome te verstaan. tydens dagdrome, herinneringe aan Prof. Stephen LaBerge, `n wetenwerklike gebeure en drome vergelyk is, skaplike wat drome bestudeer, meen is bevind dat drome meer kreatief is as dat drome ongekende kreatiewe dagdrome sowel as herinneringe.”

D

52

Volgens LaBerge gebruik mense wat helder drome (lucid dreams) het, hul drome as inspirasie vir kuns en om probleme op te los. Hy verduidelik dat helder drome voorkom wanneer `n mens weet dat jy droom. Die term verwys na helderheid van verstand. “Helderheid begin gewoonlik in die middel van `n droom wanneer die dromer besef dat die ervaring nie `n fisieke werklikheid is nie. Dié besef kom dikwels wanneer die dromer iets onmoontlik of onwaarskynlik waarneem.” LaBerge verduidelik dat die mate van helderheid egter kan verskil. Wanneer `n hoë mate van helderheid voorkom, is die dromer bewus dat


alles wat in die droom gebeur slegs in sy brein afspeel, dat daar geen gevaar is nie en dat hy kort voor lank sal wakker word. “Wanneer `n kleiner mate van helderheid ervaar word, is die dromer in `n sekere mate daarvan bewus dat hy droom, maar nie dermate dat hy besef dat die droom geen gevaar vir hom inhou of dat hy in werklikheid in sy bed lê nie.” Kenners by die Lucidity Institute (`n navorsingsinstituut wat op helder drome fokus), meen dat helder drome `n vaardigheid is wat enige mens kan aanleer. LaBerge het dit reggekry om ná drie jaar die voorkoms van sy eie helder drome van een per maand tot sowat vier per nag te laat toeneem. Die Lucidity Institute beveel die volgende stappe aan om meer gereeld helder te droom: Vlieg met jou verbeelding . . . As jy wakker is, verbeel jouself hoe dit sou wees as jy nou sou droom – dat dit wat jy sien, hoor, ruik en voel alles `n droom is. Verbeel jouself ook onwaarskynlikhede in jou omgewing, soos ruimtes wat skielik verander of jy wat bo die grond dryf. Besluit ook op iets wat jy in jou volgende helder droom wil ervaar, soos om te vlieg, met `n spesifieke karakter te praat of na `n spesifieke plek te gaan. Hou aan om jouself te verbeel dat jy droom en verbeel jouself ook nou dat jy die aktiwiteit doen waarop jy besluit het.

Leer ken die tekens . . . “Droomtekens” verwys na die elemente in `n mens se drome wat aandui dat jy droom, soos `n ontmoeting met `n oorledene. Deur gereeld jou droomjoernaal na te gaan, sal die tekens in jou drome vir jou bekend word en kan jy jouself daarop instel om dit in toekomstige drome te herken.

Talle uitvindsels, soos `n naaimasjien wat kettingsteek kan werk, is `n produk van iets wat die uitvinders in hul drome gesien het. Hier is nog `n paar:

Die skrywer Robert Louis Stevenson het eers oor sy klassieke roman The Strange Case of Dr Jeckyll and Mr. Hyde gedroom voordat hy dit binne tien weke geskryf en laat druk het. � Die wysie vir die Beatles se liedjie Yesterday het volgens Paul McCartny in `n droom na hom toe gekom. “Ek het een oggend wakker geword en`n pragtige wysie in my kop gehoor.” � Madame C.J. Walker is luidens die Guinness Book of Records die eerste vroulike Amerikaner wat Onthou . . . self haar eerste miljoen gemaak Hou `n droomjoernaal langs jou het. Sy was die stigter van `n baie bed en skryf jou drome neer sodra jy suksesvolle kosmetiese huis. wakker word, maar nie slegs dié wat Walker het aan `n infeksie op volledig is of wat jy interessant vind haar kopvel gely wat veroornie. Skryf dit ook neer as jy slegs `n saak het dat sy die meeste van paar dinge uit `n droom onthou. haar hare verloor het. Sy het Onthou ook om jouself voor slaapmet verskillende produkte begin tyd daaraan te herinner dat jy graag eksperimenteer en het een aand jou drome wil onthou wanneer jy gedroom oor die bestanddele wat wakker word. sy moes meng om die infeksie op Dit werk op `n soortgelyke manier as te klaar. Haar infeksie het binne `n wanneer `n mens jouself instel om op paar weke opgeklaar, waarna sy `n sekere tyd in die oggend wakker haar mengsel begin verkoop het. te word. � Die Amerikaanse uitvinder Elias Toets die werklikheid . . . Howe het in 1945 die naaimasjien ontwerp. Sy eerste aantal probeerDit sal jou leer om te bepaal wanslae het almal misluk, maar een neer jy wakker is en wanneer jy `n nag het hy gedroom dat hy deur helder droom ervaar. Doen dit `n `n groep inboorlinge gevange paar keer per dag deur iets te lees of geneem is. Hy het opgelet dat na `n horlosie te kyk, weg te kyk en hul spiese gaatjies naby die punte terug te kyk om te sien of die teks of gehad het. Op grond hiervan het syfers verander het. As dit dieselfde hy die oog van die naald naby die bly en sin maak, is jy waarskynlik punt geplaas, wat van sy ontwerp wakker. As dit wel verander of nie sin ’n sukses gemaak het. maak nie, droom jy waarskynlik. Bederf jouself met `n slapie . . . LaBerge het waargeneem dat helder drome neig om meer gereeld tydens middagslapies voor te kom en die afleiding gemaak dat wakkerheid tussen slaapperiodes die waarskynlikheid van helder drome verhoog. �


Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooi Maak mooi met min

Skud jou vere reg vir `n snoesige winter

D

ie winter het ons hierdie jaar heel onkant betrap en van `n behoorlike herfs was daar nie eens sprake nie. Hierdie maand kyk ons na `n paar wenke om `n warm gevoel in jou huis te skep. Die TV-kamer Die TV-kamer is die deel van die huis waar `n mens gewoonlik die meeste van jou tyd deurbring. Dit is nou die tyd om al jou mooi lappe en kombersies uit te haal. Gooi jou banke daarmee toe om `n snoesige gevoel te skep. Ekstra kussings sal ook warmte aan die vertrek gee. Fluweel, suède, kunspels en “polar fleece” met donker kleure en patrone is gewilde opsies. `n Mooi houer met kniekombersies sal verder bydra om dit `n heerlike ontspan- en kuiervertrek te maak. `n Kaggel sal beslis van jou TV-kamer die gewildste vertrek in die huis maak. As jy nie een het nie, besoek jou naaste hardewarewinkel. `n Kaggel is deesdae bekostigbaar en in verskeie groottes en vorms beskikbaar. Die slaapkamer Dowwe beligting skep dadelik `n warm en romantiese voorkoms vir `n slaapkamer waar `n mens kan droom, rustig word en ontspan. Herfskleure werk baie goed vir `n warm, wintergevoel, maar `n 54

neutrale kleur soos grys kan ook baie effektief wees om `n gesofistikeerde voorkoms te skep. Voeg kussings van denim saam met houtmeubels om warmte aan die vertrek te verleen en gooi `n bypassende los mat om die prentjie af te rond. Los matte In ons klimaat is geteelde vloere `n moet in die somer, maar in die winter kan dit `n kliniese gevoel skep. Gooi `n paar los matte in jou huis om dit snoesig te laat lyk. Meubels Meubels van donker hout

skep `n warmer gevoel in die koue maande. Jy hoef egter nie jou meubels te vervang nie. Skuur `n meubelstuk van dennehout netjies af en verwyder al die skaafsels met `n skoon kwas. Tint (“stain”) dit dan met `n tint waardeur die grein van die hout steeds sigbaar sal wees. Verf die meubelstuk dan met `n waslaag om die hout te beskerm en te keer dat vloeistowwe kolle daarop maak. Die tint en was is by enige hardewarewinkel beskikbaar.

`n Paar strooikussings in warm kleure, `n los mat en sagte beligting sal jou huis hierdie winter `n warm tuiste vir jou gesin maak.


Gesondheid en resep Saamgestel deur Susan Drinkrow

Gryp `n hand vol pekans vir `n huppel in jou stap!

P

ekanneute is propvol energie en net die regte versnapering om `n mens in bibberweer aan die gang te hou. Een pekanneutporsie van 28g (ongeveer 20 halwes) verskaf 10% van die vesel wat jou liggaam daagliks nodig het. Pekanneute bevat ook meer anti-oksidante as enige ander neutsoort, wat die risiko van hartsiektes en cholesterolvlakke verlaag. Pekans is `n gesonde peuselhappie en kan ook met gewigsverlies help, aangesien dit die metabolisme versnel wanneer dit met `n laevet-dieet gekombineer word. Een porsie pekanneute bevat 820 kilojoules, 20,4g onversadigde vet en 2,7g vesel. Hierdie neutsoort is ook gelaai met altesaam 19 vitamiene wat insluit vitamien A, E en B, asook minerale soos foliensuur, kalsium, magnesium, fosfor, kalium en sink. Dit is `n goeie bron van proteïene en boonop natriumvry. Studies wys dat `n hand vol pekanneute per dag `n mens se senuweestelsel kan beskerm en kan help om Alzheimer en Parkinson se siektes en kanker te voorkom.

Resep Brandewynpoeding 5ml koeksoda 250g dadels, ontpit en fyngekap 250ml kookwater 125g botter 1K suiker 2 eiers, geklits 500ml koekmeelblom 5ml bakpoeier 2ml sout 250ml fyngekapte pekanneute ■ ■ ■

Voorverhit oond tot 180ºC. Voeg koeksoda by 125g dadels en giet kookwater oor. Meng goed en laat afkoel. Room 125 g botter en suiker en klits eiers in. Meng goed, sif meel-blom, bakpoeier en sout oor geroomde mengsel en vou in. Voeg neute by en meng goed. Roer

koeksoda-en-dadelmengsel in. Meng baie goed, skep deeg uit in groot bakskottel en bak sowat 40 minute tot gaar.

Sous Maak intussen die sous. 15 ml botter of margarine 1K suiker 150 ml water 125 ml brandewyn 5 ml vanielje-essens 1 ml sout ■ ■ ■ ■

Verhit 15 ml botter, 1 koppie suiker en water 5 minute lank. Haal van stoof af en roer brandewyn, vanielje-essens en sout in. Giet sous oor poeding sodra dit gaar is. Sit warm of koud voor saam met geklitste room of roomys.


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Barry van Dronkwordspruit . . .

D

ít is Barry se naam vir Bronkhorstspruit. Barry kom daarvandaan. Hy en sy oom doen die installasie van `n nuwe MTN-toring op die plaas. Barry is `n fris, twintigjarige seun met `n rooi kop. Hy het pas die teoretiese gedeelte van sy elektrisiënkursus deur Solidariteit voltooi. Sy droom is om in swaarstroom te spesialiseer. “Dit kos baie geld vir die kursus, Oom,” vertel hy. ‘’Ek sal my bedrading-lisensie ook moet kry, anders stel niemand in my belang nie. Sjoe, en jy móét volpunte kry. Ja Oom, dit sal nie maklik wees nie.’’ Rugby is in Barry se bloed. Hy speel al van graad tien af vir sy skool se eerste span. Hoërskool Erasmus om presies te wees. Hy weet nie waar die naam vandaan kom nie, maar wat maak dit nou saak? Solank hy net kan rugby jol, pla name hom nie. “Oom, ek weeg 103kg al van skooldae af. Oom, as ek `n man in die hande kry, bêre ek hom. Agsteman is my posisie en klaar. Ek is nie eintlik `n ou vir vuil speel nie, maar as `n man met my sukkel, blaai (klap) ek hom sommer nou.’’ Hy speel op die oomblik vir Bronkhorstspruit se eerstes. Eintlik is hy die enigste agsteman op die dorp. Miskien sal hulle maar `n ou van die tweede span moet opskuif vir die ses weke wat hy sy oom moet help. Hul afrigter gaan hom mis. Voorverlede week het so `n kaalkop poeliesman van Benoni vir hom wat Barry is lelik gebêre. “Jis Oom, dit was nie lekker nie. My bors het dubbel gevou om sy skouer. Ek het soos `n baber na asem gesnak, maar ek het hom belowe ek gaan hom kry. 56

Verlede week toe speel ons weer teen hulle en toe is dit my beurt. Jis Oom, toe hy weer wegbreek met die bal en hy dink hy is deur, toe slat ek hom in die kortrib. Drie ribbes af. Ek het hom mos belowe Oom. Het oom geweet `n mens kan `n ou buite die lyne `n ‘spear tackle’ gee en dan kan hulle jou niks maak nie?’’ Nee, Oom het nie geweet nie. Barry se familie is almal Bloubulle. Hulle gaan kyk gereeld rugby op Loftus. “My ma is `n groot Bloubul. Oom, jy sukkel nie met haar nie.” Hy hou nogal van die nuwe pienk truie van die bulle. “Sjoe! Weet Oom, daai truie kos R650.” Hy het vir sy meisie een van die ou Bloubul-truie gekoop. Sy wil eintlik een van die nuwe pienk truie hê, maar sy sal eers moet wag tot die “fakes” beginne inkom. “Oom daai Loftus kan wild raak as die Bulle gewen het. Hulle het een aand `n gat dwarsdeur een van my pêlle se oor geskiet.” Barry wys met sy vinger waar die koeël deur die man se oor is. “Ek sê Oom, die poelieste moes daai mannetjie “point” voor hy die rollie neergegooi het. Nee Oom, voor `n rollie kan jy nie hardloop nie. Eastwood Tavern bars uit sy nate ná `n game. Ons soek nie WP-manne wat daar rondhang nie. Nee Oom, vir hulle bêre ons gou.’’ Barry sê hy dra altyd sy bloubultrui en sy hoed na wedstryde. Dit is net die ‘’tappets’’ wat daar rondhang met hul horings. Eintlik is hy op sy gelukkigste as hy `n bak KFC kan pakslae gee (opeet). Barry is baie verlief. Gedurig aan die BBM. ‘’Jis oom, hierdie Blackberry’s is kwaai fone.’’ Sy meisie moet maar tuis bly terwyl hy weg is. ‘’Daar moet net nie `n ou gaan traai terwyl ek nie

daar is nie. Sy moet haar maar besig hou by haar ma se salon met naelgoete. Ons stry amper nooit nie.” Sy moet net nie `n g-string dra nie, want dan word hy baie kwaad. Ag nee Oom, daai goed laat hulle boude hang.’’ Ek sal nie weet nie. ‘’Daai swaer van haar gaan ek nog blaai. Hy reken mos hy kan my tune. Nee wat, hy is nou wel groot, maar hy is te maer. Hy het op twintig al getrou. Oom John, haar pa, is nou nog kwaad vir hom. Oom sal seker weet hoekom. Ek sit sommer vir ou Boela (sy boerboel) op hom. Jis Oom, daai hond het eendag ons tuinman met die grassnyer en al by die tuinhekkie uitgesleep. Daai hondjie van my is `n raakvatter.’’ ‘’Oom John het my klaar gesê hy soek nie `n man sonder `n huis of motorkar wat met sy dogter wil trou nie.’’ Nee wat, hy wat Barry is sal maar eers wag voordat hy daardie gedagtes kry. Al wat hy nou soek is net `n lekker baaik om vinnig by haar uit te kom. “Daai goed is duur my oom, jy kry nie sommer een wat goedkoop is nie. Ek soek een van daai wat, as jy sy oor draai, is hy daar. Hy moet kan arriveer. Oom weet mos?’’ Barry maak ook deeltyds musiek. Hy het 55 000 liedjies op sy rekenaar waarvan mense kan kies. Hy wil nie graag adverteer nie, want hy kan dalk te besig raak. Dit gaan inmeng met sy rugby. ‘’Rugby is my lewe oom. Jis oom, as ek daai manne kan bêre op die veld, is ek op my gelukkigste. Daai poeliesmanne van Benoni is my kos.’’ Barry eet elke oggend `n groot bak mieliepap. Die bak maak behoorlik `n skaduwee op die tafel. Ek dink Barry weeg nou al 104kg.


Kommuniek Mei 2012  

Agricultural, corporate magazine