Page 1

Junie 2012

`n handelsmerk van

GWK Kleinhandel met goue handelaarstatus vereer GWK open kantoor in Oos-Kaap Tien ton Koringdag lok wye belangstelling


Inhoud 2 Redaksioneel Die winter se groei is `n stil geheimenis . . . 3 Geestelike akker Versprei die soet geur van jou liefde. 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel GWK Kleinhandel met goue handelaarstatus vereer 12 Ons besigheid GWK open kantoor in Oos-Kaap 14 Graan Bemarkingsplanne sal voortbestaan verseker. 18 Navorsing en Ontwikkeling Tien ton Koringdag lok wye belangstelling. 24 Navorsing en Ontwikkeling Fusarium-aarskroei een van belangrikste koringsiektes. 28 Navorsing en Ontwikkeling Lusern `n belangrike gewas in wisselbouprogram. 32 Kleinhandel Promosie Kom ons maak boerewors.

34 Graan Produsente durf stofpaaie die sewende keer aan. 36 GWK NUUS Algemeen Kleinhandel lewer nóg beter diens. Vulstasie opgeknap én kry nuwe naam. 38 Kollig GWK-grondboonprodusente behaal uitstekende opbrengste.

10 Kleinhandel

40 FOTOKOMPETISIE Eenvoud. 42 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels Griekwas gaan nie lê nie. 43 DIE SKOPSKOEN Knap gedaan oom Pote!

18 Tien ton Koringdag

44 Vir die jongspan Pret op die plaas. 46 VROUE Leefstyl Wen die wanhopigheid wat die winter bring.

41 Wenfoto

48 Oulap se rooi Steeds in styl . . . al is dit koud. 50 Gesondheid Vuurwarm wenke vir `n winter sonder sakdoeke. 51 Resep Warm botterskorsiesop vir koue kaggelaande. 52 Agterblad Gerry die Site Manager . . .

46 Wen die winter


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Die winter se groei is `n stil geheimenis . . .

I

n sy gedig Winter laat kom die digter NP van Wyk Louw hierdie koue seisoen tot sy reg: “tot ons `n helder middag skielik sien die gras blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis?” Maar terwyl die natuur in sy natuurlike rustyd is, is ons produsente hard aan die werk om die koringoes in die grond te kry. In hierdie uitgawe lees ons van die Goue Handelaarstatus wat Valley Besproeiing onlangs aan GWK Klein-

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

handel toegeken het. Knap gedaan manne! Ons lees ook oor die Karoo-Oscheveilingsbesigheid op Humansdorp wat GWK onlangs bekom het. Met hierdie stap brei GWK se divisie vir Veilings en Vleisbedrywe sy rol en bedieningsgebied uit vanaf Kimberley, deur Bloemfontein tot in die Wes-Kaap. Dan steek ons kers op by GWK se span vir Navorsing en Ontwikkeling vir `n oorsig oor die Tien ton Koringdag wat onlangs met groot sukses aangebied is. Dié span kundiges bespreek ook praktiese wenke oor hoe om lusern

Tot volgende keer

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, kommuniek@gmail.com Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

ekonomies te verbou. Dan kuier ons by mnre. Gerhard en Vickie Bruwer van Genade-boerdery buite Douglas wat breed glimlag oor die puik grondboonopbrengste wat hulle hierdie jaar behaal het. Ons leer die dames hoe om winterwanhopigheid te oorkom, hoe om die koue in styl aan te pak en maak `n vuurwarm botterskorsiesop vir koue kaggelaande . . . en dan kan die hele gesin naderskuif om vir Gerry die “site manager” te ontmoet.

VOORBLADFOTO `n Spilpunt in die middagson. Foto: Danelle Groenewald.


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Gebed vir Junie . . . Versprei die soet geur van jou liefde Here, ek is `n regte ou bangbroek! Ek vrees altyd die ergste en verknies my so gou oor dinge waaraan ek niks kan doen nie. Dis dan wanneer die lewe sy vreugde verloor en ek met `n frons van kommer begin rondloop. In hierdie maand wil ek sommer net weer hoor dat U in beheer is, dat U altyd vir my sal sorg en dat ek tot in ewigheid veilig is in u hande. Skep diep in my wese die vaste geloof dat ek kosbaar en spesiaal is in u oë en dat U daarom `n baie spesifieke pad met my loop. Help my onthou dat U, met goeie rede, elke dag met my werk en my daagliks vorm om my gereed te maak vir u koninkryk. Ek wil graag binne u wil leef, Here. Ek wil hoor wat U vir my sê, doen wat U vra, u liefde met oorgawe uitleef en in totale afhanklikheid en gehoorsaamheid U eer. Help my asseblief om, te midde van alles om my en ten spyte van my feilbaarheid, binne u volmaakte plan met my te leef.

Ons liewe Vader wil hê dat ons gegeurde mense sal wees. Iets wat ons net kan regkry as Hy deel van ons wese is, as ons Hom toelaat om ons daagliks te vernuwe en sy Gees die kern van ons menswees vul. Want nét God kan van gewone, feilbare en Sekere blomme ruik onmiskenbaar hartelose mense, liefdesmense maak. blóm: soos jasmyn, katjiepiering, die Net Hy kan ons help om die wierook roos en die veelkleurige yesterdayvan liefde grensloos te versprei. today-and-tomorrow. Dis asof hulle in Kom ons bid vandag vir die suiwejou verbygaan vir jou uitroep: “Kom ring en vernuwing van ons harte nader. Kom rúík en geniet my skoon- sodat ons lewens sal sê: Welkom in heid in voordat jy verder gaan.” my lewe. Welkom by die liefde. So is party mense onmiskenbaar líéfde. Hul hele wese sê: “Jy’s welkom Gees van God, ek kan net u liefde in my hart. Vertoef gerus `n wyle by aan hierdie wêreld wys as U dit deur my sodat ek ‘n stukkie van my liefdes- my doen. geur op jou kan afvryf. Kom sit in die koelte van my mensweesskadu sodat Uit: Laat Sy liefde jou lei deur ek jou kan verkwik en jou met nuwe Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM. inspirasie kan vul.” En omdat jy veilig voel by hierdie jasmyn-mense, wíl jy in hul teenwoordigheid wees, wíl jy by hulle verwyl en het jy altyd weer `n behoefte om na hulle terug te keer. Eerlike raad van `n vriend is so aangenaam soos parfuum en so heerlik soos wierook. `n Vrolike mens is soos goeie medisyne. `n Neerslagtige mens tap jou krag. Spreuke 27:9, 17:22

3


Agri-kalender Junie 2012 5 Junie 2012 6 Junie 2012 7 Junie 2012 12 Junie 2012 13 Junie 2012 14 Junie 2012

Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Delport Brangus-boerdery (uittreeveiling) Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Hertzogville-veiling

Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Britstown Vatvyf-veiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Griekwastad-veiling

19 Junie 2012 20 Junie 2012 21 Junie 2012 26 Junie 2012 27 Junie 2012 28 Junie 2012

Veilingspryse vir lewendehawe 23/04 - 26/04/2012

01/05 - 04/05/2012

07/05 - 11/05/2012

14/05 - 18/05/2012

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Slagosse

0

Slagosse

R13.25

Slagosse

R13.25

Slagosse

0

Slagkoeie

R9.80

Slagkoeie

R10.00

Slagkoeie

R10.40

Slagkoeie

R10.40

Maer beeste

R7.50

Maer beeste

R8.50

Maer beeste

R8.50

Maer beeste

R9.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.70

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.30

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.45

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.20

Swaar kalwers (250kg +)

R14.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.20

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Slaglammers

R20.20

Slaglammers

R20.50

Slaglammers

R22.00

Slaglammers

R20.50

Stoorlammers

R20.20

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R20.50

Kruislammers

R20.00

Kruislammers

R20.50

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R20.00

Slagooie

R12.00

Slagooie

R12.20

Slagooie

R14.00

Slagooie

R12.80

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R13.00

Maer ooie

R11.00

Klein bokkies

R19.00

Klein bokkies

R19.00

Klein bokkies

R20.00

Klein bokkies

R20.00

Jong bokke

R19.00

Jong bokke

R19.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R20.00

Bokooie

R12.00

Bokooie

R11.00

Bokooie

R14.00

Bokooie

R14.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Rietrivier

Kalkfonteindam

76

Modderrivier

Krugersdriftdam

60

60 40

20 0

Werklik

Vaalharts

76 58 62

80

Rietrivier

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

100

Barkly-Wes

85 92 87

Hopetown

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Oranjerivier

Reënval 25 Apr - 24 Mei 2012

120

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg

Douglas Skaal 24 April - 24 Mei 2012

40

40

30

30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max

Max Langtermyn

24 April - 24 Mei 2012

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

24 April - 24 Mei 2012

30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max Langtermyn

24 April - 24 Mei 2012

40

30

Max

Min Langtermyn

Barkly-Wes Barkley-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts 40

Min

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier 24 April - 24 Mei 2012 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

24 April - 24 Mei 2012

40

30 20 10

0 -10

Max

Max Langtermyn

Max

Min Langtermyn

Vaalharts Reënval 25 Apr - 24 Mei 2012 Jan Kempdorp

120

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling Junie 2012

24 April - 24 Mei 2012

100

40

Min

80

30

Max

Werklik

Min

Vaalharts

Prieska Max Langtermyn

Langtermyn

Rietrivier

0

-10

Barkly-Wes

20

0

Douglas

40

10

Hopetown

60

20

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

40

Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

24 April - 24 Mei 2012

24 April - 24 Mei 2012

40

5

Min Langtermyn


Landbouwenke Koring  Plantdigheid moet aangepas word   



volgens planttyd. 75-100kg vir vroeë aanplantings (begin tot einde Junie). 110-130kg/ha (begin tot einde Julie). Plant vlak om goeie stoelvermoë en opkoms te verseker. `n Klein persentasie van die saad wat bo die grond lê, is `n aanduiding van korrekte plantdiepte (nie dieper as 15mm). Besproei gereeld, maar lig om

goeie opkoms te verseker.

 Kort groeiers kan verkieslik later geplant word.

 Indien verdigtingslae voorkom,

kan dit opgehef word deur tandimplemente met `n roller agter te gebruik wat weer die grond effens vasdruk. Dit verseker dat die grond nie te los is nie wat vrotpootjie beperk.  Werk reste in aangesien baie reste op die grondoppervlak Fusarium kan bevorder.

Pekanneute

 Neem grondmonsters vir nuwe

aanplantings wat gedoen gaan word.  Maak saadbeddings vir saad wat vanaf Julie tot September geplant kan word.  Saad word 20mm diep met die punt skuins na onder geplant en 100mm uit mekaar.  Plant minstens twee keer soveel saad as die bome wat benodig

word sodat swak onderstamme voor enting verwyder kan word.  Pekanneute groei optimaal in goed gedreineerde gronde met `n klei inhoud van 10-35%. Geen beperkende lae moet binne 3m vanaf die grondoppervlak voorkom nie.  Deurlugting word beperk in grondlae met `n digtheid groter as 1500kg/m³.

Uie en saaduie

 Uiesaailinge is in `n jong

effens hoog is sal dit die balans stadium. help regstel.  Topbemesting van 150 kg/ha Swael is ook voordelig vir uie se kan op ses tot sewe weke ná kwaliteit. opkoms toegedien word.  Begin om saaduie voorkomend  Onttrekkingsnormes van uie met kopermiddels teen gebaseer op `n 70t/ha opbrengs swamsiektes te spuit. is as volg: N= 249; P= 44;  Volg die kunsmisprogram K= 272. volgens die grondontleding om  Ammoniumsulfaat is `n goeie akkurate en koste-effektiewe bron van swael. Waar die pH toedienings te doen. 6


Erte  Erte kan nou geplant

word. Die ideale stand is 400-450 000 plante per hektaar.  Saadbehandelingsmiddels wat swamdoder en mikroelemente bevat, kan vooraf op saad toegedien word.  Erte is gevoelig vir

organiese materiaal, beperk dit daarom tot die minimum.  Maak grond nat tot veldkapasiteit van 60cm diepte voor plant.  `n Breë riglyn vir bemesting is 300-500kg/ha 2:3:4 (30) met plant.

Meerjarige weidings  Nuut geplante meerjarige

weidings naamlik raaigras en swenkgrasmengsels is in `n jong stadium.  Begin eers 12 weke ná plant met beweiding as grasse sowat 20cm hoog is.  Bewei lig tot 15cm; dit sal plante stimuleer om te stoel.  Met die tweede beweiding

kan die gras van ±20 cm tot ±8cm bewei word.  Stikstofbemestingsriglyn is as volg: November tot Julie: 80120kg/ha. Oktober: 60kg/ ha. Februarie: 80kg/ha. April: 60kg/ha.  Hierdie weidings kan vir ±1- 2 maande per jaar gerus word om te herstel.

Aartappels

 Aartappels moet geoes

word minstens vier tot vyf weke nadat dit doodgeryp het of doodgespuit is. Skilontwikkeling vind in

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

hierdie tyd plaas.  Maak seker die grond is goed geseël om skade deur aartappelmot te voorkom.


Direksie en Bestuur

Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings en Vleisbedrywe Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Johann Klopper 083 633 2105

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Risikobestuur Willie Goussard 082 806 9991

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

FloTank Chris Groenewald 082 807 7264

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se besighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers. GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhoubaar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


Carien Grobler

Aktueel

GWK Kleinhandel met goue handelaarstatus vereer

G

WK Kleinhandel is onlangs deur Valley Besproeiing met `n goue handelaarstatus bekroon. Hierdie toekennings word sedert 2008 gedoen aan handelaars wat uitsonderlike diens aan bestaande Valleykliënte, sowel as nuwe kliënte in hul bedieningsgebied lewer. Volgens mnr. Gert van der Werff van Valley word die kriteria vir die evaluasie opgestel met die oog op groei in die handelaar se Valley10

afdeling. Die evaluasie word jaarliks gedoen sodat handelaars spesifieke groeipunte kan identifiseer en daarvolgens `n groeiplan vir die daaropvolgende jaar kan opstel. Die volgende kriteria word in die evaluasie gebruik:

„„ Sigbaarheid in die

bedieningsgebied. Om die hoogste status te bereik, word van `n handelaar verwag om duidelik sigbaar en bekend te wees as `n handelaar van Valley-toerus-

ting in die spesifieke bedieningsgebied. Die sigbaarheid van die Valley-handelsmerk buite en binne die handelaar se winkel is ook baie belangrik ten opsigte van bemarking. � Administrasie. “Valley beskou die hantering van die handelaar se rekening as `n baie belangrike komponent in die bestuur van sy besigheid,” sê van der Werff. Om `n goue status te verwerf, moet `n handelaar se maandrekeninge


binne sekere limiete voluit betaal bly tydens die volle jaar.

gestaan,” sê Van Der Werff. “GWK is ná goedkeuring van die evaluasie vereer met `n goue han� Verkope. delaarstatus vir die jaar 2011. Om `n goue status te verwerf, word “Die toekenning is onlangs op `n van die handelaar verwag om al die glansgeleentheid aan GWK oorhanverkoopsfunksies te verrig wat deur dig, tesame met `n bonus om die Valley voorgestel word. Valley-afdeling binne die handelaar Dit behels die indiensneming van verder te ontwikkel. professionele verkoopspersoneel met “Valley wens GWK graag geluk met kennis van Valley se produkte vir hierdie uitsonderlike prestasie en glo die professionele voorbereiding van dat dit tot `n lang en gesonde sakwotasies, sowel as die beskikbaarkeverhouding in die toekoms sal lei.” heid van opmeet-toerusting. Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Kleinhandel van GWK) „„ Ná-verkope diens het in reaksie gesê dat GWK sal en installasie. voortgaan om te fokus op puik diens Die verkoopfunksie moet deur die aan ons klante en om `n handelaar handelaar gerugsteun word deur van uitnemendheid te wees wat `n ná-verkope diens wat die Valley- sterk bande met sy klante en verproduk kan installeer, versien en van skaffers bou. onderdele voorsien. Die handelaar onderneem ook om Valley Besproeiing ontwikkel altyd Valley-goedgekeurde personeel reeds meer as 50 jaar lank produkte en produkte te gebruik in die instal- met die jongste tegnologie en hoë lasie en versiening van produkte. funksionaliteit om in hul kliënte se “Tydens die afgelope evaluasie het behoeftes te voorsien. GWK in al hierdie afdelings uitVandag bied Valley `n volledige

reeks produkte wat aan die hoë eise van presisieboerdery voldoen. GWK is trots om as handelaar van hierdie maatskappye se topgehalte produkte op te tree. Kontak GWK gerus vir al u besproeiingsbehoeftes: GWK Kleinhandel Johan van der Westhuizen Douglas 082 923 3440 Valley Areabestuurder vir GWK Cobus Myburgh Douglas 082 734 1283

11


Ons besigheid Carien Grobler

GWK open kantoor in Oos-Kaap

G

WK het onderhandelinge suksesvol voltooi om die bestaande Karoo-Ochseveilingsbesigheid op Humansdorp te bekom. Dié transaksie vorm deel van GWK se divisie vir Veilings en Vleisbedrywe se uitbreiding na die Vrystaat en Oos-Kaap, sê mnr. Willie Meyer (Bestuurder: Lewendehawe Vrystaat en Oos-Kaap van GWK). GWK sal voortaan veilings van die Noord-Kaap tot in die Vrystaat en Oos-Kaap aanbied. `n Omvattende lewendehawe-diens sal vanuit die

Humansdorp-kantoor aangebied word, insluitend veilings op Swellendam, Riversdal, Humansdorp, Jansenville en Fitche’s Corner. Volgens mnr. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings en Vleisbedrywe van GWK, het GWK net van F&M Lewendehawe die reg bekom om sake te doen en het nie F&M Lewendehawe as maatskappy gekoop nie. F&M Lewendehawe behoort aan mnr. Frans Ferreira wat die veilingsbesigheid onder die Karoo-Ochse-naam uit Humansdorp bedryf het. Mnr. Renier Zietsman sal die

onderneming voortaan onder die leiding van Meyer bestuur. Zietsman is ook die hoofafslaer. “Dit is `n gevestigde besigheid met `n sterk klante- en kopersbasis,” sê Van Rooyen. “Ons sien uit om met die kopers en verkopers saam te werk en die stabiliteit en betroubaarheid van `n groot maatskappy aan ons kliënte te bied,” sê hy. Hierdie uitbreiding is deel van die divisie vir Veilings en Vleisbedrywe waar Kommuniek volgende maand op ons toer deur GWK aandoen.

STAPELGEEN-mielies – meer as een oplossing in een baster!

Maak seker jy kry meer bobaas eienskappe in een baster.

A05124/GWK

Die beskerming teen stronkboorders met YieldGard® en die verdraagsaamheid teenoor Roundup® Ready Plus-onkruiddoder met Roundup Ready®- tegnologie word nou saamgespan om jou beide dié bobaas eienskappe in een baster te gee.


GWK Veilings en Lewendehawe. . .

Rooivleis van die veld Kimberley Deon Klopper 082 802 8483 053 832 5227 deonk@gwk.co.za Vrystaat/Oos-Kaap Willie Meyer 082 990 3354 051 250 4077 williem@gwk.co.za

‘n Uitgebreide fokus op die veebedryf met ‘n kommersiële veilingsbeen, ‘n diens vir veeverkryging en fasilitering van veetransaksies tussen produsente, bees- en skaap-abattoirs, asook eie, gehalte vleisprodukte vir die eindverbruiker is deel van GWK se wye reeks produkte en dienste in die veilings- en vleisbedryf. Dit is nog ‘n voorbeeld van hoe ons landbou innoveer met moderne fasiliteite en kliëntgerigte dienslewering.

Prieska HG Human 082 808 3846 053 353 1151 hgh@gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Graan Ederich Prinsloo Bestuurder: Graanverhandeling van GWK

Bemarkingsplanne sal voortbestaan verseker

A

an die einde van elke bemarkingseisoen hoor `n mens hoe die vryemarkstelsel menigte produsente sleg benadeel het. Dan is daar ander wat weer nie uitgepraat kan raak oor hoe tevrede hulle met hul bemarking is nie. Waarom gebeur dit? Die “toerusting� om laasgenoemde

Gemiddelde Safex-produsenteprys Gemiddelde GWK-plan prys Gemiddelde Safex-prys GWK-plan beter as produsenteprys Seisoen piek

reg te kry, is egter vir almal beskikbaar. Dit is egter belangrik om dit reg aan te wend om die maksimum potensiaal uit `n mens se graanbemarking te kry. `n Produsent kan die beste bewerkingspraktyke volg, maar swak bemarking kan die hele appelkar omgooi. Nietemin is dit nie`n perd wat bloots gery word nie.

Julie 2011

Mei 2012

R1539

R2010

R1572

R2185

R1622

R2146

R33 R1825 10 Junie

R175 R2391 30 Januarie

Tabel 1. Mielieseisoen: Julie 2011 en Mei 2012 geelmielies.

Graanverskansing Graanverskansing waarborg nie die beste prys nie, maar sal die voortbestaan van `n produsent se boerdery verseker. Bemarkingsplanne `n Enkele SMS is nie voldoende om besluite rondom graanbemarking te neem nie. Niemand het die luukse om mĂ´re se nuus reeds vandag te lees nie. Om hierdie rede het GWK se verskansingskamer die inisiatief geneem om bemarkingsplanne te ontwikkel om die produsent met een van sy moeilikste besluite, naamlik die verskansing en prysing van sy graan by te staan. Die behoefte aan sulke bemarkingsplanne het hoofsaaklik ontstaan uit die besef dat produsente basis- (aftrekkings) gedrewe is. In `n R10onderhandeling vir `n beter aftrekking tussen konkurrente, kan die mark maklik met R200 tot R300 (en selfs

2006

2007

2008

2009

2010

2011

Gemiddelde Safex-produsenteprys G e m i d d e l d e G W K- p l a n p r y s G e m i d d e l d e D e s e m b e r S a f e x - p r ys G W K - p l a n b e t e r a s p ro d u se n t e p ry s

R1695 R1720 R1699 R25

R2557 R2971 R2750 R414

R2768 R3533 R3348 R765

R2289 R2340 R2280 R51

R2480 R2587 R2635 R107

R2620 R2861 R2829 R241

S e i so e n p i e k

R1947 R3291 R3975 R2761 R2801 R2994 1 0 N o v . 1 3 S e p t . 2 7 J u n i e 2 Ju n i e 8 S e p t . 2 3 S e p t .

Tabel 2. Koringseisoen: 2006 tot 2011. 14


meer) gemis word. Ons het ook gevind dat dit nie die aftrekkings is wat produsente in `n swak finansiële posisie plaas nie, maar swak prysing met betrekking tot groot prysbewegings in die mark. Hoe presteer GWK se bemarkingsplanne? Die antwoord op hierdie vraag is maklik: “Om te meet is om te weet.” `n Studie is gedoen oor hoe produsenteprysings oor die afgelope seisoen verloop het teenoor die gemiddelde Safex-prys vir dieselfde tyd. Hierdie prysings teenoor die pryshoogtepunt is ook bepaal. Hieruit kon duidelik gesien word dat produsenteprysings oor vyf jaar gemiddeld R186/t laer is as die gemiddelde Safexprys oor dieselfde tyd. Die uitdaging met GWK se bemarkingsplanne was om die produsenteprys so na as moontlik en selfs beter as die gemiddelde Safex-prys oor dieselfde tydperk te bring. Ongeag die groot skommelings wat jaarliks in die mark ervaar word, kan GWK met vrymoedigheid sê dat hierdie doelwit wel behaal word. Deelname aan die bemarkingsplanne Geen koste is aan GWK se bemarkingsplanne verbonde nie. Produsente wat krediet by GWK opneem, sowel as produsente wat nie krediet opneem nie, kan aan die bemarkings-planne

deelneem. Die enigste vereiste is dat produsente wel die tonne in die bemarkingsplan moet lewer. Die produsent het steeds die reg om in enige stadium te prys, in ag genome die reeds geprysde tonne. Die produsent kan dus steeds sy eie diskresie met ongeprysde tonne gebruik. Sou die produsent nie prys nie, prys GWK-verhandeling volgens hul diskresie. Op hierdie manier word tweerigting-verkeer verseker. Opsies in die bemarkingsplan Twee opsies is jaarliks in die bemarkingsplan beskikbaar: Die GEMIDDELDE PRYSPLAN: Met hierdie plan is die doelwit om die gemiddelde Safex-prys en beter oor die tydperk te behaal. Soos in die geval van mielies, word die doelwit gestel om die gemiddelde Safex-prys vanaf 1 November tot 30 Junie te behaal. Die 80% PIEK-PLAN: Die doelwit van hierdie plan is om 80% van die piek (in die geval van mielies die piek tussen 1 November en 30 Junie) te behaal. Prestasie van die onderskeie planne Die prestasie van die bemarkingsplanne kan in die meegaande tabelle gesien word. Die syfers wat gebruik is, is werklike produsenteprysings in die hele


GWK-bedieningsgebied teenoor die betrokke bemarkingsplan se gemiddeld, asook die gemiddelde Safex-prys oor dieselfde tydperk. Uit die tabelle kan `n mens duidelik waarneem dat pieke nie geteiken word nie, maar dat graan bemark word om die doelwitte soos hier bo uiteengesit te bereik. In die geval van koring is die gemiddelde bemarkingsplan-prys R267.16/t hoër as die produsenteprys oor die afgelope ses jaar. In die afgelope koringseisoen het die bemarkingsplan R241 beter as die gemiddelde produsenteprysing gevaar. Wat die Mei 2012 geelmieliekontrak betref, het die bemarkingsplan R175 hoër as die gemiddelde produsenteprysing gsluit. In 2007 en 2008 waar groot prysbewegings ervaar is, kan `n mens duidelik sien hoe emosie en gulsigheid produsente mislei het. In sulke jare staan die waarde van

`n bemarkingsplan soos `n paal bo water. In die onderskeie jare was die bemarkingsplankontrak (BPK) in 2007 R414/t en in 2008 R765/t hoër as die gemiddelde produsenteprys oor dieselfde tydperk. Dit kan ook gebeur soos in die geval van 2010 waar die doelwit van die gemiddelde prys nie gerealiseer het nie (BPK = R2 587 en gemiddelde Safex-prys = R2 635). Dit dien as bewys hoe moeilik dit is om die gemiddelde prys oor `n tydperk te klop. Die bemarkingsplan het egter steeds R107/t beter as die gemiddelde produsenteprysings gevaar. Wat die bemarkingsplan-prys teenoor die gemiddelde Safex-prys betref, is die gemiddelde BPK-prys R78.80/t hoër as die gemiddelde Safex-prys die afgelope ses jaar vir koring. In die geval van mielies was die gemiddelde BPK-prys R265/t hoër as die

produsenteprysings oor die afgelope twee jaar. Wat die bemarkingsplan-prys teenoor die gemiddelde Safex-prys betref, is die gemiddelde BPK-prys R109/t hoër as die gemiddelde Safex-prys die afgelope twee jaar vir mielies. Elke produsent kan sy eie somme met sy spesifieke tonnemaat maak. Wanneer `n mens jou eie prys met die gemiddelde Safex-prys vergelyk en `n noemenswaardige verskil waarneem, is daar ruimte vir verbetering wat graanbemarking betref. GWK raai met vrymoedigheid ons produsente aan om aan die onderskeie bemarkingsplanne deel te neem. Skakel gerus die GWK-graanverkryger in u gebied om meer inligting oor ons bemarkingsplanne te bekom. U kan my ook persoonlik by 082 900 9564 skakel.

innoveer landbou

GWK KosteGids Mei 2012

`n Produk van GWK Navorsing en Ontwikkeling. Kontak gerus‘nvir Albrecht Gerrits of JG Horn by Produk van GWK Navorsing en ontwikkeling R300.00 053 298 8200 om u kopie teen R300 te bekom.


Dit neem geslagte om ’n naam te maak!

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

uppe marketing A06298/GWK

Besproeiing

Jou familie boer al vir geslagte, en jy weet dis nie kinderspeletjies nie. By Monsanto weet ons dit ook. Ons reputasie is, soos joune, ook nie oornag gebou nie. Dis die resultaat van jare se harde werk saam met jou, die boer. In die laboratorium en op die land. Daarom ondersteun ons ons tegnologie, navorsing en ontwikkeling met spanwerk, steun en professionele advies. Dis immers die kombinasie hiervan wat jou help om jaar na jaar volgehoue prestasie te handhaaf. En geslagte lank sukses te behaal.

DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk ƒ Sestiendestraat 852, Midrand 1685 ƒ Tel: +27 11 203 2400 ƒ Faks: +27 11 203 2461 ƒ Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

®

van BASF


18


Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff Uitvoerende Bestuurder: Navorsing en Ontwikkeling van GWK

Tien ton Koringdag lok wye belangstelling

G

Sensitiwiteitsanalise koring

Prys per ton

WK Navorsing en OntwikOpbrengs/ha R 1 950 R 2 050 R keling het onlangs `n baie 5.5 R -1 566 R -1 016 R geslaagde Koringdag op 6 R -591 R 9 R Douglas aangebied. 6.5 R 384 R 1 034 R Meer as 120 belangstellendes het 7 R 1 359 R 2 059 R die dag bygewoon waar die fokus 7.5 R 2 334 R 3 084 R was op produksiepraktyke om `n koR 3 309 R 4 109 R 8 ringopbrengs van 10t/ha te realiseer. 8.5 R 4 284 R 5 134 R Vyf sprekers het opgetree en die drie R 5 259 R 6 159 R 9 saadmaatskapye (Sensako, All-gro 9.5 R 6 234 R 7 184 R en Pannar) wat in die GWK-gebied 10 R 7 209 R 8 209 R betrokke is, het elk `n beurt gekry 10.5 R 8 184 R 9 234 R om aan die produsente te verduidelik Totale produksiekoste wat hulle doen om produksie in diĂŠ Figuur 1. Sensitiwiteitsanalise vir koring. gebied te verhoog.

2 250 R

84

2 350 R

R

634

2 450 R 2 550

R

1 184 R 1 734

1 209 R

1 809 R

2 409 R 3 009

2 334 R

2 984 R

3 634 R 4 284

3 459 R

4 159 R

4 859 R 5 559

4 584 R

5 334 R

6 084 R 6 834

5 709 R

6 509 R

7 309 R 8 109

6 834 R

7 684 R

8 534 R 9 384

7 959 R

8 859 R

9 759 R 10 659

9 084 R

10 034 R

10 984 R 11 934

10 209 R

11 209 R

12 209 R 13 209

11 334 R

12 384 R

13 434 R 14 484 R 12 302

Terugblik op koringseisoen Mnr. Dup Haarhoff (Uitvoerende Nadat chemiese regstellings in `n laat stadium gedoen is, Bestuurder: Navorsing en Ontwikwas resultate baie goed (blaarmonsterneming). keling van GWK) het `n terugblik gegee oor verlede jaar se uitstekende 8.75 t/ha koringseisoen. Die klimaat is uitgesonder as die grootste bydraende faktor tot die reuse oes en uitstekende kwaliteit (Kommuniek, Maart 2012). Ander faktore soos `n nat voorseisoen (daar is begin met `n vol profiel sonder onnodige soute en waterstres), lae siektedruk en minimale omval (vanweĂŤ korrekte praktyke en groeireguleerders wat in sommige gevalle gebruik is), is bespreek. Cu + B bespuiting Die belangrikheid van navorsing vir 9.25 t/ha goeie opbrengste is ook uitgelig. VanweĂŤ beter praktyke het produksie in die GWK-gebied die afgelope agt jaar jaarliks met ongeveer 0,24t/ha Figuur 2. Chemiese regstellings. 19


Mnre. André Prins (Bestuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van GWK), Dup Haarhoff (Uitvoerende Bestuurder: Navorsing en Ontwikkeling van GWK), prof. André Agenbag (departement agronomie aan die Universiteit van Stellenbosch) en mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) en Kobus van der Schyff (ten tyde van die Koringdag van Sidi Parani). opbrengskomponente beïnvloed is dus geneties van aard en ook aan die heersende groeitoestande gekoppel. Die groeitoestande wat ontwikkeling en oorlewing van die plant beïnvloed is watervoorsiening, voedingstofvoorsiening, siektes, plae en sonlig. Die duurte en intensiteit van die sonlig is dus belangrik vir die plant (vandaar die hoë opbrengste in Europa). Dagliglengte en groeiduurte bepaal Plantfisiologie van koring Prof. André Agenbag van die Univer- fotosintese-ure. siteit van Stellenbosch se departement Hoe meer fotosintese-ure beskikbaar agronomie het die plantfisiologie van is vir die produksie van boustowwe vir Praktiese wenke vir die die ontwikkeling van opbrengskomkomende seisoen koring verduidelik. Hy het genoem ponente, hoe hoër is die opbrengs � Begin die seisoen reg met die dat opbrengs (kg/ha) bepaal word wat `n produsent kan realiseer. deur plante per hektaar, are per regte grondvoorbereiding en plant, pitte per aar en duisendkorrel Dagliglengte bepaal ook die ontwikplantaksie (ken jou grondchemassa per pit. kelingstempo. miese en fisiese beperkings). Koring is `n langdagplant, maar Indien probleme ervaar word, Hierdie faktore is almal gekoppel huidige kultivars is redelik onsensitief gebruik `n penetrometer om data aan die effektiwiteit van fotosintese van die plant. vir dagliglengte. te kwantifiseer. Blaaroppervlakte, ligonderskepping Die plantestand en blaareienskappe � Moenie die plante versuip tydens bepaal ligintensiteit in die blarekoepel die saailingstadium nie (enige (die weligste plante is nie altyd die en dus die tempo van fotosintese. Lae saailing is uiters gevoelig vir stres- effektiefste ligonderskepper nie) en duurte van gesondheid beïnvloed die intensiteit verhoog kompetisie tussen toestande). Sien daarom toe dat effektiwiteit van fotosintese. die opbrengskomponente. die verspreiding van water optiDie faktore wat die ontwikkeling van Syhalm-produksie en oorlewing is bemaal is en dat die besproeiinggestyg. Volgens `n sensitiwiteitsanalise wat voorgehou is, was die gelykbreekpunt van koring by 5,5t/ha teen `n boerprys van R2 350/t (B2 graad). Indien `n koringopbrengs van 10t/ha behaal word, was die winsgewendheid van koring hoog. Produksiekoste is tussen R12 000 en R13 000 per hektaar. Die grootste kostes t.o.v. insette, is kunsmis en elektrisiteit.

20

skedulering optimaal aangewend word. � Grondprofiele moet teen middel September vol water wees. � Wees aanpasbaar deur die seisoen (gebruik die beskikbare tegnologie). � Leer uit verlede jaar se tekortkominge per land.


Opname patroon Akkumulasie van elemente Element akkumulasie (kg/ha)

sonder gevoelig vir lae ligintensiteit. Die plantestand en blaargrootte bepaal ook die BOI (fotosintetiese kapasiteit). `n BOI van 3 onderskep 90% van invallende lig. `n BOI (Blaar Oppervlakte Indeks) van 6-8 is by antese nodig vir `n opbrengs van 8-10t koring per hektaar. Regopstaande en klein vlagblare is voordelig. Die BOI en BOD (Blaar Oppervlak Duurte) ná antese bepaal die pitgrootte. Die bestuur van die BOI en BOD is baie belangrik vir hoë opbrengste. Optimale temperature vir stoel en syhalm-aanleg is by 10-15°C. Hoë temperature verhoog die groeitempo, maar verkort die groeiperiode. `n Hoër tempo kompenseer nie vir `n korter groeiperiode nie en die opbrengskomponente word benadeel. Optimum netto fotosintese vind by 10-25°C plaas. Respirasie neem toe tot 35°C. Warm nagte verlaag die netto fotosintese en opbrengs. Hoë temperature het `n groot invloed op korrelvulperiode en pitgrootte (DKM). Altesaam 16% verlaging in pitgrootte kan voorkom as die dagtemperatuur van 25°C na 31°C styg. Terselfdertyd kan 25% oesverlies voorkom as die nagtemperatuur van 16°C na 20°C styg. Volgens Agenbag is die vereistes om 10t koring per hektaar te verkry, as volg: 1kg graan per m² word benodig. Dit kan verkry word deur: � 225-250 plante per m² met twee are per plant. � 450-500 are per m². � 2.0-2.2g pitte per aar. � 50-55 pitte per aar. � DKM (Duisend Korrel Massa) = 40g. Volgens Agenbag is die beperkings vir `n 10t koring-oes die volgende: Ten opsigte van aantal are per m² � Vestiging en oorlewing neem af met toenemende plant digtheid.

80 70 60 50 40 30 20

10 0

0

50

100

150

Dae na plant N

P

K

Bemesting beplanning: 10t/ha

Figuur 3. Akkumulasie van elemente.

kg/ha N

P

260-320 50-70

K

Ca

Mg

S

70-100

30-50

20-30

30-50

Mo

Fe 8001600

g/ha Zn 400-700

Mn 6001000

Cu

B

80-150 200-400 10-30

*Onderhewig aan ontledings en produksiepraktyke Figuur 4. Bemesting-beplanning: 10t/ha. Halmproduksie en oorlewing neem af in digte plantestand weens kompetisie vir lig. � Fotosintese word deur kort winter- dae beperk. Ten opsigte van duisendkorrelmassa � Benadeel deur watertekort tydens korrelvulling. � Benadeel deur stygende temperature tydens korrelvulling. �

Omgewingstoestande en bestuur Mnr. Kobus van der Schyff (ten tyde van die Koringdag van Sidi Parani),

het genoem dat opbrengste direk gekorreleer word met omgewingstoestande en bestuur. Suksesvolle produksie vereis aanpassings in die seisoen. Soos wat die omgewingstoestande verander, het dit `n invloed op die groei en ontwikkeling, sowel as gehaltepotensiaal van die kultivar. Hoe groter die opbrengste waarvoor gemik word, hoe minder plek is daar vir foute (hoe meer presies moet alle insette en omstandighede saamwerk, sodat die plant die minste stremming ervaar). Omgewingstoestande tydens die 21


groeiseisoen het `n groot invloed op die plant en kennis van die plant se ontwikkelingsprosesse en behoeftes is dus nodig om optimale toestande tydens kritieke periodes te probeer naboots. Koel temperature tydens die graanvul-periode is ideaal vir groter opbrengste en aanpassings tydens sulke periodes is dus nodig om bv. ook die proteieninhoud so hoog as moontlik te kry. Die totale proses vanaf plant tot by stroop moet bestuur word (daar is dus min plek vir resepte). Volgens Van Der Schyff moet die produsent kennis neem van wat wanneer en onder watter omstandighede in die groeisiklus van die plant gebeur, sodat hy sy bestuursaksies daarvolgens kan aanpas. So byvoorbeeld word die gewig/ duisendkorrelmassa van die pitte ná blom (graanvulperiode) bepaal. Daar is bepaalde aksies wat die produsent kan doen om hierdie aksie van die plant aan te help. By besproeiing is dit maklik om nog iets deur die besproeiingstoerusting toe te dien. In Figuur 3 kan gesien word wanneer die grootste opname van sekere elemente in die groeiseisoen plaasvind. Produsente met praktyke waar die meeste van die bemesting voor of met plant toegedien word, moet dus in die seisoen verseker dat hy optimale wortel-ontwikkeling het, geen wortelsiektes, verdigtingslae, versuip of droë lae in die grond het nie, en moet ook toesien dat sy grond wel die elemente in spesifieke verhoudings tydens `n gegewe periode/ groeistadium aan die plant beskikbaar stel. Om `n gedeelte van die voeding tydens die groeiseisoen te gee, maak dat `n mens kan aanpas by die omgewingstoestande sowel as die plant se prestasie. Dit is baie belangrik om te kyk na die konsentrasies en verhoudings van elemente wat die plant tydens `n spesifieke periode benodig. 22

Bemestingkundiges beveel lank nie meer net stikstof, fosfaat en kalium aan nie en alle elemente word in ag geneem, so ook die grond en bestuursvermoë van die produsent. Goeie vestiging en oorlewing van die saailinge is belangrik, wat meer fokus plaas op die elemente wat belangrik is vir wortelontwikkeling, energie en siekteweerstand. Die impak van saadbehandelings of bemesting kort ná opkoms raak dus meer van belang. Tydens die seisoen word die “plantfabriek” gevestig en geaktiveer – aandag moet egter gegee word aan die ontwikkeling van die plant, kompetisie van enige aard moet so ver moontlik vermy word. Tydens die reproduktiewe stadium van die plant, moet die spesifieke elemente benodig vir spesifieke aksies noukeurig bestuur word. Hierdie periode vind gewoonlik plaas wanneer die temperature hoër en winde problematies is, dus spandeer die plant dalk meer energie aan sy fabriek en oorlewing as aan die translokasie van voeding uit die blare na die pitte. Onthou dat die graanvul-periode ongeveer 35-45 dae mag duur. Die plant moet dus 10t materiaal uit die blare na die onderskeie pitte vervoer en of vervaardig. Niks moet in hierdie tyd die plant se aandag aftrek van sy aksie, naamlik graanvul, nie. Meer kennis is soms nodig van wanneer sekere elemente toegedien moet word om die grootste reaksie daarvan in die plant te sien as die hoeveelheid wat per hektaar volgens tabelle toegedien moet word. Voorkoming van tekorte is meer voordelig as die regstel van tekortsimptome. `n Produsent mag dalk goeie reaksie op `n regstelling kry, maar skade is reeds aan die maksimum-opbrengs gedoen. Dit raak al hoe meer belangrik vir die adviseur om ook kennis te verkry van die totale plaasopset, sowel as die

produsent se praktyke om dit sodoende in sy aanbevelings vir optimale produksie te kombineer. Mnr. André Prins (Bestuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van GWK) het oor die belangrikheid van navorsing gepraat. Hy het die belangrikheid van saadbehandelings genoem (sien Figuur 5). `n Wye verskeidenheid saadbehandelings is geëvalueer. Die produsente moet die saadbehandelings in konteks sien met sy vorige blaarontledings. `n Evaluasie op verskeie stikstofdraers is gedoen waaruit gesien kan word hoe die verskeie stikstofdraers reageer t.o.v. opbrengs. Die invloed van bemesting en groeireguleerders op opbrengs is deeglik bespreek (sien Figuur 6 op die blad hiernaas). Die belangrikheid van blaarontledings is baie duidelik deur Prins uitgelig. Hierdie is een van die mees onderskatte hulpmiddels wat GWK aan die produsent bied. Praktiese sy van koringboerdery Mnr. Henry du Toit (Plaasbestuurder van die plaas Delpa buite Douglas) het die produsente ingelig oor die praktiese sy van koringboerdery soos wat hulle dit op die plaas toepas. Volgens Du Toit is dit baie belangrik dat `n produsent sy eie koringkultivarproewe op sy plaas doen. Saadbehandeling is uiters noodsaaklik. Nog `n belangrike aspek in hul boerdery is gesonde wisselbou. Volgens Du Toit het hulle ongeveer 0,5t/ha verbetering in koringopbrengste gehad waar hulle katoen in hul wisselbou ingewerk het. As primêre bewerking maak hulle gebruik van ploeg voor hulle hul koring plant. Dit is ook baie belangrik om die ligging van die verskillende lande op die plaas in ag te neem wanneer oor plantdatums en kultivarkeuses besluit word. Volgens Du Toit doen aanplan-


Opsommend � Gee aandag aan die fyn besonderhede tydens die groeiseisoen. � Leer uit die vorige seisoen se foute. � Moenie die saailing onnodig aan strestoestande blootstel nie. � Onthou: Die weligste plante doen nie altyd die beste nie (ligonderskepping is belangrik). Hoe langer die plante gesond (blare groen) bly, hoe beter is die fotosintese en die opbrengspotensiaal. � Moenie in resepte verval nie – elke jaar bied sy eie uitdagings. � Wees altyd gereed om aanpassings te doen t.o.v. die bemestingsprogramme. � Gebruik die beskikbare tegnologie (produsente wat die jongste tegnologie gebruik, vaar in die algemeen beter).

Phb 31D24

Invloed saadbehandelings op koringopbrengs Invloedvan van saadbehandelings op opbrengs van koring 7.25 7.25

2,9%

7.20 7.20

2,8%

3,4%

3,6%

Koper Koper

Sink/P Sink/P

Mangaan Mangaan

Opbrengs Opbrengs (kg/ha) (kg/ha)

7.15 7.15 7.10 7.10 7.05 7.05 7.00 7.00 6.95 6.95 6.90 6.90 6.85 6.85 6.80 6.80

Kontrole Kontrole

Molibdeen Molibdeen

Mikro-element Mikro-element

Voordeel per

Randdata spandeer R11,33 Gemiddelde van 7 proewe - Onafhanklike data R14,68

R10,56

R14,82

Figuur 5. Invloed van saadbehandelings op koringopbrengs. Invloed van bemesting en groeireguleerders op koringopbrengs (gemiddeld van drie proewe in 2010) 9500 9000

Opbrengs (kg/ha)

tings van vroeg in Junie beslis baie beter as die laat aanplantings. GWK se presisieboerdery-pakket word in hierdie boerdery gebruik en die grond is chemies en fisies gekarteer. Du Toit het sy waardering uitgespreek teenoor die insette wat GWK se landboukundige span doen. Hy glo aan `n goeie bemestingsprogram (280kg N, 55kg P en 98kg K/ha) mits die plante regop gehou kan word. Mikro-elemente word op die blaar met `n spuit toegedien. In `n laat stadium word eksta N toegedien om die kwaliteit van die koring te verseker.

8500 8000 7500 6500 6000 5500 5000 Kontrole

Gst 5/10/Vlag

Gst Vlagblaar 10/Vlag

Kontrole

Gst 5/10/Vlag

8t/ha

Gst Vlagblaar 10/Vlag

12t/ha

Aantal bespuitings / bemestingspeil Bespuitings: Kontrole: Geen reguleerder 3x spuit: Gst 5, Gst 10, Vlagblaar (C/C/Upright) 2x Spuit: Gst 10, Vlagblaar (C/Upright) 1x Spuit: Vlagblaar (CeCeCe)

Figuur 6. Invloed van bemesting en groeireguleerders op koringopbrengs (gemiddeld van drie proewe in 2010).

Phb 31D21 B

Hoë potensiaal? HOOGSTE potensiaal!

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com L/3349

6603_PioneerStripKom.indd 1

2012/05/22 5:11 PM


Navorsing en Ontwikkeling Cathy de Villiers Kleingraaninstituut

Fusarium-aarskroei een van belangrikste koringsiektes

I

n`n onlangse artikel wat in Molecular Plant Pathology, 2012 verskyn het, word tien van die mees belangrike swampatogene ter wêreld aangewys. Hierdie patogene, wat van wetenskaplike en ekonomiese belang is, sluit Fusarium-aarskroei in wat vierde op hierdie lys verskyn. Dit is `n duidelike bewys dat Fusarium-aarskroei, wat in Suid-Afrika 24

onder besproeiing voorkom, een van die belangrikste koringsiektes ter wêreld is. Faktore wat die siekte kan bevorder, sluit omgewingstemperature, humiditeit, lugtemperature, die hoeveelheid inokulum teenwoordig en gewasrotasie in. Sommige van hierdie faktore kan nie deur die mens beheer word nie, maar daar is wel faktore wat aangespreek kan word om te verhinder dat groot

oesverliese voorkom. Tipiese aarskroei-simptome Fusarium infekteer koring tydens blomstadium en tipiese aarskroeisimptome verskyn eers ongeveer tien dae ná besmetting, afhangend van bogenoemde faktore. Wanneer `n landinspeksie net ná blom gedoen word, moet na die volgende simptome opgelet word: � `n Donkerbruin letsel wat op


� � �

� �

besmette kaffies voorkom. Die verspreiding van die swam na die bo- of onderkant van die kaffies. Die afwaartse neiging van die geïnfekteerde baard van die koring. Kaffies wat verbleik (roomkleur) is en wat skerp teen die groen van die res van die aar afsteek (Figuur 1). Die voorkoms van pienk verkleuring aan die buitekant van die kaffies (Figuur 2). Verkrimpte korrels wat later in die seisoen opgemerk kan word (Figuur 3).

Aarskroei-simptome is baie dieselfde as dié van vrotpootjie, maar die verskil tussen die twee siektes lê in die wortels en hoogte van die plante. Plante wat met vrotpootjie besmet is, kan maklik uit die grond getrek word, want die wortels is bros en breek maklik. Dit is nie dieselfde by aarskroei nie, omdat dié siekte in hierdie stadium slegs die are aanval en nie die wortels nie. Daarom is dit moeiliker om die plant uit die grond te trek. Die ander verskil is die hoogte van die plante, want plante wat met vrotpootjie besmet is, is gewoonlik korter. Dit is nie die geval met plante wat met aarskroei besmet is nie. Besmetting Wanneer koring gestroop word, word die besmette korrels deur die stroper uitgewaai, omdat die sade lig in gewig is. Die sade is verkrimp weens `n tekort aan water en voedingstowwe wat ná besmetting voorgekom het. Soos wat die sade deur die stroper uitgewaai word, veroorsaak dit opbou van inokulum op `n land en besmetting van die volgende seisoen sal plaasvind wanneer omgewingstoestande gunstig is. Oesverliese kan voorkom op kleingrane wat koring, gars en hawer insluit.

Figuur 1. Tipiese simptome van `n besmette Fusarium aar. Let op die verkleuring van die kaffies wat in kontras is met die groen kaffies. Hou in gedagte dat die Fusariumswam wat op koring voorkom, ook by mielies kopvrot kan veroorsaak. Gewasrotasie tussen koring en mielies word dus nie aanbeveel nie. Wanneer koring/mielies wel geplant word en Fusarium-besmetting reeds voorgekom het, is die kans goed dat aarskroei of kropvrot weer in die volgende seisoen sal voorkom. Die Landbounavorsingsraad-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) moedig nie die terughou van saad aan nie, maar indien saad teruggehou word en in die volgende seisoen aangeplant

gaan word, moet die saad skoongemaak word. Klein, verkrimpte sade moet verwyder word en die saad moet behoorlik opgeberg word in`n koel, droë plek, vry van direkte sonlig en insekte om te verhinder dat die ontkiemingspersentasie sal afneem. Wanneer besmette saad weer geplant word, sal saadontkieming moontlik afneem en die hoeveelheid saailingverwelking in die daaropvolgende seisoen moontlik toeneem, omdat die Fusarium-swam ook die wortels van die saailinge kan aanval. 25


Die besmette sade bevat ook moontlik mikotoksiene, wat skadelik vir mens of dier kan wees. Besmette sade moet nie vir diervoeding gebruik word nie, aangesien dit die voortplanting van diere moontlik kan beïnvloed, afhangend van die toksienvlakke. As mense dit ineem, kan dit naarheid, maagpyn en koors veroorsaak. Wanneer gars gebruik word om bier te produseer, kan die mikotoksiene veroorsaak dat die bier onbeheers sal skuim wat ook in Engels “gushing of beer” genoem word. Saadbehandeling van koring kan die kiemkragtigheid van die saad verhoog, maar in die meeste gevalle sal dit `n minimum of geen effek op die Figuur 2. Let op die pienk verkleuring are van die plant hê, aangesien die van die kaffies wat aan die buitekant behandeling die plant net vir `n kort waargeneem kan word. periode beskerm. Wanneer die are dus later in die Kultivar Vlakke van vatbaarheid seisoen verskyn, die saadbehandeling Baviaans Matig vatbaar reeds uitgewerk het. Die are is dan Buffels Onbekend** onbeskerm tydens blom wanneer dit CRN 826 Hoogs vatbaar vatbaar is vir Fusarium-besmetting. Chemiese middels In Suid-Afrika is geen chemiese middels vir die beheer van aarskroei geregistreer nie. Selfs al word middels toegedien, is die tyd van toediening, die hoeveelheid van die swamdoder en `n opvolgbespuiting nie altyd effektief nie en is dit baie moeilik om met sukses uit te voer, omdat nie al die plante (al is dit in een kultivar) dieselfde tyd blom nie. Die departement van landbou doen op die oomblik navorsing oor die chemiese beheer van Fusarium met behulp van swamdoders, wat moontlik kan lei tot die registrasie van chemiese middels oor `n paar jaar van nou af. Die beste beheermiddel is om die hoeveelheid inokulum wat op die land teenwoordig is, te verminder. Fusarium oorleef op dooie plantmateriaal soos stoppels en daarom kan die inploeg van stoppels en/of verbranding van stoppels die voorkoms van die inokulum wat die siekte 26

Duzi Kariega Krokodil Olifants PAN 3434 PAN 3471 PAN 3478 SST 806 SST 822 SST 835 SST 843 SST 876 SST 877 SST 875 Steenbras

Matig vatbaar Matig vatbaar Vatbaar Matig vatbaar Matig vatbaar Vatbaar Matig vatbaar Matig vatbaar Vatbaar Hoogs vatbaar Vatbaar Hoogs vatbaar Vatbaar*** Vatbaar*** Vatbaar

Figuur 3. Fusarium besmette koringkorrels (klein, lig in kleur en gewig) gemeng tussen gesonde korrels.

Tabel 1 (links). Vlakke van vatbaarheid vir aarskroei in Suid-Afrika op besproeiingskultivars.* * Inligting soos wat dit in die Handleiding vir die Produksie van Kleingrane vir 2012 sal verskyn. ** Tans in die proses om te evalueer. *** Is soos deurgegee deur dr. Francois Koekemoer van Sensako, SST 875 kan wel met sy vinnige groeiperiode van die innokulumdruk ontsnap.

veroorsaak, verminder. se koringkultivars vatbaar is vir aarOnthou dat die verbranding van skroei (sien Tabel 1). stoppels kan lei tot erosie, lae stikstofvlakke en die verlies aan grondvog Vir verdere navrae skakel Cathy de Villiers gerus by 058 307 3452 of Dit is ook nie altyd ekonomies nie. e-pos: devilliersc@arc.agric.za. Kultivar vatbaarheidsvlakke Kontak ook gerus u plaaslike GWKlandboukundige. Die LNR-KGI identifiseer op die oomblik Fusarium-weerstandsbronne en weerstandbiedende lyne sal dan Navorsing is moontlik gemaak deur in `n teeltprogram gebruik word, befondsing van die Winter Graan aangesien die meeste Suid Afrikaan- Trust (WGT) en die LNR.


28


Navorsing en Ontwikkeling

Lusern `n belangrike gewas in wisselbouprogram

S

owat 600 000t lusern word jaarliks in Suid Afrika geproduseer. Lusern word vir `n verskeidenheid doeleindes soos weiding, saadproduksie, lusernhooi of groenvoer aangewend. Hooiproduksie is egter verreweg die grootste algemene praktyk. Lusern is `n belangrike wisselbougewas wat op die meeste grondsoorte verbou kan word. Grond wat onder lusernproduksie was, lewer gewoonlik beter oeste wanneer `n opvolggewas geplant word. Hierdie eienskap moet in gedagte gehou word wanneer `n wisselbouprogram uitgewerk word, aangesien dit groot ekonomiese voordele kan inhou. Lusern kan van Maart tot Junie gevestig word. Aanplantings kan vroeg in die lente ook gedoen word, maar word nie aanbeveel nie aangesien meer onkruidprobleme voorkom en windskade nadelig kan wees. Om lusern ekonomies volhoubaar te verbou, moet `n produsent na optimale produksie streef. Die opbrengs word egter nie net deur groeifaktore beïnvloed nie, maar ook deur die hooimaakmetode soos snytye en baalmetodes. Faktore soos grondfisika, stand, bemesting, waterskedulering, siektes onkruid en insekte kan ook `n groot invloed op die potensiële opbrengs van lusern hê. Om te verseker dat `n goeie wortelstelsel gevestig word, moet behoorlike primêre bewerking gedoen word. Verdigting moet opgehef word en

daarna moet `n fyn, ferm saadbed gemaak word. Altesaam 20-25kg saad word per hektaar geplant. `n Ideale stand vir nuut gevestigde lusern is 215 plante/m². Hierdie stand neem af namate die plante volwassenheid bereik en meer aggressief stoel. Kleiner plante word verdruk. Die lusern kan uitgeploeg word wanneer die stand laer is as 54 plante/m². Lusern gebruik baie water – sowat 1 100mm water per jaar. Te veel waterlei egter tot anaërobiese toestande wat Rhizobium-bakterieë se werking negatief kan beïnvloed. Dit kan ook lei tot wortelsiektes, swak voedingstofopname en selfs afsterwing. Afsterwing en swakker stand lei weer tot onkruidprobleme soos grasindringing. Bemesting kan `n groot invloed op die produksie van lusern hê Stikstof: Rhizobium-bakterieë besit die vermoë om 30kg N/ha vir elke twee ton droë materiaal wat geproduseer word, te bind. Dit is nie genoeg om volledig aan die stikstofbehoefte van hoogsproduserende lusern te voorsien nie. Dit is baie raadsaam om in Rhizobium te ent met plant, al was daar in die verlede lusern op die land geplant. Verskeie faktore kan `n invloed hê op die aktiwiteit van die stikstofbindende bakterieë. Hierdie faktore sluit in grondvog, suurstof, grondtemperature, direkte sonlig, verdigting (veral die baie trekkerverkeer oor die land) en versuiping. Die pH (onder pH 5,5 is die beskikbaarheid van Mo onder druk), beskikbaarheid

van Kalsium (Ca), Molibdeen (Mo) en Fosfate, gifstowwe, sowel as die ras Rhizobium – wat gewasspesifiek is, speel ook `n rol. Lae Rhizobium-aktiwiteit sal lei tot minder stikstofbinding wat ernstige nadelige ekonomiese gevolge op lusernproduksie kan hê. Fosfaat : Opbrengste word verhoog deur ongeveer 290 tot 470 halms/m² te verkry, sowel as die gewig per halm te verhoog. Fosfaat is hoofsaaklik die energiebron vir die lusernplant – `n plant wat tydens sy leeftyd tussen 24 en 45 keer moet hergroei. Hierdie element speel ook `n groot rol in die wortelontwikkeling van die plant. Dit is belangrik om fosfaatvlakke in die grond op te bou voordat lusern gevestig word. Fosfaat kan voor plant uitgestrooi en ingewerk word of kan ook tydens plant onder die saad tot op 50-80mm gebandplaas word. Dit verbeter die groei van saailinge direk bokant die kunsmisband en sal sodoende die vaslegging van P verminder. `n Grondontleding is hier baie belangrik om die benodigde hoeveelheid te bepaal. Tabel 2 dui die hoeveelheid P aan wat by verskillende grondontledings en opbrengste toegedien moet word. Vir gronde met `n kleipersentasie laer as 20% moet toedienings +-30% opwaarts aangepas word. Elke tweede jaar in die lente kan 3kg fosfaat toegedien word per ton droë materiaal verwyder. Gebruik die superfosfaatvorm van P sodat die swaelbehoefte ook aangespreek word. Fosfaat kan breedwerpig 29


uitgestrooi en 100-150mm diep ingewerk word. Kalium: Grond met voldoende hoeveelhede kalium hou verskeie voordele in. Dit verlaag die waterverbruik van die plant en verhoog die weerstand teen koueskade. Dit speel ook `n rol in die vorming van stysel sowel as die translokasie van suikers in die plant. Kalium verhoog ook die plant se bestandheid teen siektes. Die vlak van verwydering is 15-20 kg per ton droë materiaal. Navorsers in Amerika het bevind dat indien kalium nie saam met fosfaat toegedien word nie, dit `n aansienlike verlaging op die plantestand van lusern het. By die persele waar fosfaat sonder kalium toegedien is, het die getal plante per vierkante meter aansienlik verlaag. Hierdie verskynsel het selfs in `n groter mate voorgekom as by die persele waar geen bemesting gegee is nie. Die balans van voedingstowwe is dus belangrik. Molibdeen: `n Bespuiting van 200g Natriummolibdaat/ha op gevestigde lusern (ná die snit) is voldoende vir `n paar jaar indien die pH korrek is. Boor: Goed gedreineerde sandgronde met min organiese materiaal word met molibdeentekorte geassosieer. Toedienings van 1,2 en 3kg/ha respektiewelik kan op ligte, medium en swaar kleigronde (> 35% klei) toegedien word. Dien toe voor vestiging of nadat lusern gesny is. Bekalking: Waar die pH te laag is, moet landboukalk toegedien word. Die kalk help om die grondstruktuur te verbeter, om die plantestand beter te vestig en produksie te verleng. Rhizobium-bakterieë word ook meer aktief. Kalsium- en magnesiumvlakke verbeter, moontlike mangaan-, ysteren aluminiumtoksisiteit word verminder. Kalk moet 3-12 maande voor vestiging in die grond ingewerk word, aangesien dit stadig met die grond reageer. Waterskedulering het ook `n groot invloed op lusernproduksie. Hoewel lusern `n groot waterbehoefte het, moet oorbesproeiing vermy word. 30

P-toediening kg/ha volgens opbrengs Opbrengspotensiaal (t/ha/jaar) Grondontleding 4 8 12 16 dpm Kg P/ha 4 93 118 145 183 8 73 98 125 163 16 33 58 85 123 24 10/0 18 45 83 32 10/0 10/0 10/5 43 40 10/0 10/0 10/0 10/3

20 228 208 168 128 88 48

Tabel 1. P-toediening (kg/ha) volgens opbrengs.

Die verterbaarheid van lusernhooi word met `n NIR- (naby infrarooi) masjien bepaal. Hierdie instrument hou groot voordele vir die lusernbedryf in aangesien die gehalte van die hooi akkuraat bepaal kan word. Lusern kan nie staande water hanteer nie. Die Rhizobium-bakterieë is ook baie gevoelig vir anaërobiese toestande. Die belangrikste manier om siektes te verminder is om `n kultivar te kies wat weerstandbiedend is teen siektes. Luserngehalte: Die verteerbaarheid van lusern, en nie die kleur soos in die verlede geglo is nie, het die grootste invloed op die gehalte van lusern. Die verteenbaarheid word deur die blaar/stingel-verhouding

bepaal. Hoe langer die snyfrekwensie uitmekaar is, hoe hoër is die stingelinhoud teenoor blaarinhoud en hoe swakker sal die verteerbaarheid wees. Deur vroeër te sny, kan `n produsent dus `n beter gehalte hooi produseer. Hoewel dit dalk `n laer opbrengs per snit tot gevolg kan hê, kan meer snitte per seisoen gerealiseer word en word `n beter gehalte hooi geproduseer. Dit is dan ook belangrik dat blaarverliese tydens hark- en baalprosesse tot die minimum beperk word.


VERLAAG DROËSEISOEN LEKKOSTE MET DIE GEBRUIK VAN VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT

Meng met die Beste

Voermol Dundee Lekkonsentraat:

Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder Tel. 083 414 5928 • E-pos: utm@mweb.co.za

Dit is 'n bekende feit dat proteïenaanvulling gedurende die droëseisoen noodsaaklik is om massaverlies te voorkom en dus koeiproduktiwiteit te verhoog. Met die stygende koste van lekaanvulling is dit sinvol om die gebruik van goedkoper alternatiewe as klaargemengde lekke te ondersoek. VOORDELE EN GEBRUIKE VAN VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT • Voermol Dundee Lekkonsentraat is hoogs gekonsentreerd wat die koste van proteïenaanvulling verlaag.

• Is hoogs gekonsentreerd wat die koste van proteïenaanvulling verlaag

• Voermol Dundee Lekkonsentraat kan aangewend word om 'n groot verskeidenheid lekke te meng. Sodoende kan lekmengsels aangepas word om te verseker dat diere by elke situasie optimaal presteer.

• Kan aangewend word om 'n groot verskeidenheid onderhouds- en produksielekke te meng

• Voermol Dundee Lekkonsentraat is 'n goedgebalanseerde lekkonsentraat wat die nodige minerale, spoorminerale asook Vitamien A vir optimale produksie bevat.

• Voorsien die nodige minerale, spoorminerale en vitamien A vir optimale produksie

• Voermol Dundee Lekkonsentraat is beskikbaar as die gewone formulasie en 'n spesiale formulasie met addisionele fosfor (P) vir sekere toestande. Die plus P-formulasie is spesifiek vir gevalle waar koeie gedurende die droëseisoen kalf en lakteer. Lakterende koeie se P-behoeftes is hoog en moet aangevul word.

• Is beskikbaar in twee formulasies met en sonder addisionele fosfor

LEKMENGSEL VIR VERSE Verse onderpresteer dikwels omdat hulle nie voldoende lek inneem nie. Gevolglik behoort verse 'n smaaklike lek van beter gehalte as volwasse teelkoeie te ontvang. Die volgende mengsel is 'n voorbeeld van so 'n mengsel wat goeie resultate behoort te gee: Voermol Dundee Lekkonsentraat

300 kg

Voermol HPK 36

100 kg

Rumevite P12

www.voermol.co.za Voermol Dundee Lekkonsentraat Reg. Nr. V10737 (Wet 36/1947) Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk. Posbus 13, Maidstone 4380.

50 kg

Mieliemeel

200 kg

Sout

250 kg

TOTAAL

900 kg

Aanbevole inname: 500 – 600 g/vers/dag. Vir volledige meng- en voerinstruksies raadpleeg u naaste Voermolagent, sien www.voermol.co.za of stuur ’n e-pos aan info@voermol.co.za


Kleinhandel Promosie

Kom ons maak boerewors

C

rown National se reeks voedselbestanddele bied `n verskeidenheid produkte vir vars en verwerkte vleisprodukte, vleisversnapering en gourmet-voedsel, asook marinades, souse, speserye en geurmiddels. Crown National se “Batch Pack”-stelsel bied aan verbruikers die gemoedsrus van konsekwente geur en varsheid. Batch Packs’s bevat klaar geweegde bestanddele vir die maak van vars wors soos boerewors, asook droëwors en verskeie ander vleisprodukte.

Voorbereiding van die toerusting „„ Maak seker dat die toerusting skoon is. „„ Maak seker dat die vleismeule se lemme skerp is. Voer vet deur voordat vleis gemaal word. „„ Heg `n mondstuk aan die vleismeule wat ooreenkom met die omtrek van die worsderm. Voorbereiding „„ Spoel die worsderm af en week. „„ Koel die vleis af tot 0°C. „„ Koel die water af tot 2°C.

Metode

„„ Weeg die vleis af (hoeveelheid „„ „„ „„ „„ „„

op Batch Pack aangedui en maal met `n 13mm plaat. Voeg Crown National se Batch Pack vir boerewors by koue water en meng goed. Laat 15-20 minute staan. Meng die gemaalde vleis met bogenoemde mengsel. Plaas die vleismengsel in die vuller en plaas die worsderm aan die mondstuk. Vul stadig. Hang boerewors 12 ure in `n verkoelde kamer om te verouder.


Kleinhandel Promosie

“Russians” en salami – met die maler-metode Voorbereiding

„„ Maal vark- 80/20 en beesvleis

80/20 deur `n 3mm-plaat. „„ Maal bees- 70/30 en varkvleis 50/50 deur `n 8mm-plaat en hou apart. Metode „„ Voeg Crown National se Salt Pack by vark- 80/20 en beesvleis 80/20 en meng deeglik.

„„ Meng die oorblywende deel van

die Batch Pack en al die ys met die vleis en maal drie keer deur `n 3mm-plaat. „„ Voeg die bees- 70/30 en varkvleis 50/50 by, meng goed en maal deur `n 4,5mm plaat. „„ Vul in Gold Crown Hog Casing 32/34 vir “Russians” Gebruik Fibrous Salami casings vir salami. „„ Droog teen 55°C, rook teen

65°C tot die verlangde kleur bereik is. „„ Kook teen 75°C tot `n interne temperatuur van 68°C. „„ Koel in yswater af. Besoek Crown National se webtuiste by www.crownnational.co.za vir `n volledige katalogus van produkte. Crown National se produkte is by GWK Kleinhandel beskikbaar.


Die toergroep tussen Mtata en Ugie. In die middel is mnre. Willie Pretorius (GWK Graanverkryger op Luckhoff), en Herman Grobler (Bestuurder: Graanaankope van GWK).

Graan Carien Grobler

Produsente durf stofpaaie vir `n sewende keer aan

P

rodusente van die Vanderkloofgebied onderneem jaarliks `n toer om `n gebied in Suid-Afrika en soms ons buurlande, te verken. Al voorwaarde vir hierdie toer is dat die bestemmings slegs per grondpad bereik mag word. Die sogenaamde “Stofpadtoer” is hierdie jaar vir die sewende agtereenvolgende jaar na die Drakensberge in die Oos-Kaap aangedurf. Die toer het egter gou in `n modderpadtoer ontaard weens die deurdringende reën, en op plekke mis en sneeu, wat die toergangers 34

geteister het. Die konvooi het op 30 Maart vanaf `n sopnat Luckhoff vertrek en in die reën aangestoot verby Koffiefontein na Fauresmith tot by Trompsburg, daar op die N1 verder tot by die afdraai na die R715, rigting Bethulie. Aangesien die grondpaaie onbegaanbaar was, is die eerste skof, weens veiligheidsredes, op die teerpad voltooi. Ná `n koffiebreuk is besluit om die R715, `n grondpad, na Bethulie te neem en dan verder tot by Aliwal-Noord. Vanaf Aliwal-Noord het die konvooi vertrek en weer teer-

pad na Lady Grey gery en vandaar koers gekies tot op Barkly-Oos Op Barkly-Oos is die teerpad weer vir `n grondpad verruil wat gelukkig, nadat die reën opgehou het, begin uitdroog het. Dit was die begin van die bergpasse wat gesorg het vir asemrowende tonele. Die eindbestemming van skof een was Orlando’s Lear waar die groep oornag het. `n Baie nat Saterdagoggend het die groep die volgende oggend begroet en hulle is al glyende op `n tweespoor-pad teen die berg op na Rhodes. Van Rhodes af is die


Naudenek-pas aangedurf waar die nat modderpad soos `n slang om `n kurktrekker gekronkel en kapok bo-op die berg op die groep gewag het. Vrederus, die eindbestemming van die tweede skof, is nĂĄ ure met versigtige bestuursvernuf bereik. Weens die swaar reĂŤn het die groep twee aande op Vrederus oorgebly en die Maandag met die Potrivierpas in die rigting van Maclear vertrek. Die son het intussen die grondpaaie drooggebak en uiteindelik kon die Stofpadtoer sy naam gestand doen. NĂĄ verskeie fotosessies in die beeldskone natuur het die groep deur Ugie na Elliot gereis en vandaar deur Indwe na Dordrecht en Molteno. Die kerke van elk van hierdie klein dorpies het groot belangstelling onder die groep gewek. Van Molteno is die groep na Steynsburg waar hulle by Karoo River Rafting op die Visrivier-uitval oornag het. Aangesien dit hul laaste aand van samesyn was,

Die orrelspeler naby Maclear in die Oos-Kaap was een van die vele asemrowende natuurtonele wat die toergroep geniet het. het ook `n kaas- en jogurtfabriek is daar om die kampvuur gesing en wat van die melk van hul Vriesskape het die gees tot laataand hooggety gemaak word. Die stofpadtoer het gevier. op hierdie opvoedkundige wyse tot `n Die Dinsdagoggend het die groep in die rigting Middelburg aangedoen einde gekom waarna die groep deur Middelburg, Hanover en Philipstown by `n produsent wat al vir die afteruggereis het na Luckhoff waar hul gelope drie dekades met `n turbine avontuur begin het. in `n kanaal wat besproeiingswater Die groep bedank graag vir GWK wat aan die gebied verskaf, elektrisiteit die toer gedeeltelik geborg het. vir vier plase opwek. Hy en sy gesin

Beskikbaar by GWK-kleinhandel


GWK Nuus KLEINHANDEL VERHOOG KAPASITEIT VIR NÓG BETER DIENS

G

WK Kleinhandel het sy kapasiteit verhoog om nóg beter diens aan sy klante te lewer. Die MAN-vragmotor wat onlangs by GWK op Douglas afgelewer is, is die eerste van drie vragmotors wat op Douglas, Prieska en Hopetown geplaas sal word. Die vragmotor het `n kapasiteit om 21 000l petrol, diesel of lampolie te vervoer. Die vragmotors sal verseker dat die produk gereeld en betyds by klante afgelewer word, aangesien die staantyd vir herstelwerk nou beperk word. Die betroubare toerusting sal ook meebring dat langer ure op een slag aan aflewerings spandeer kan word. Regs: Mnre. Johan Coetzer (Handelsbestuurder: Douglas) en Frans Lesala, die bestuurder van die vragmotor.

DIENSSTASIE OPGEKNAP ÉN KRY NUWE NAAM

O

pknappingswerk aan die Vaalrivier-diensstasie in Lochstraat op Douglas is onlangs begin. Dié vulstasie behoort aan GWK en sal voortaan deur GWK bestuur word. Die vooraansig van die gebou is geverf en stukkende ruite is vervang. `n Nuwe afdak is opgesit, die muur aan die kant van die gebou is geverf en die plaveisel is skoongemaak. Die vensters is ook skoongemaak, getint en geverf en die buitebeligting is verbeter. Die pompbediener se ruskamer is verder uitgeverf en geteel. Nuwe kaartmasjiene is geïnstalleer om dienslewering verder te verhoog en die banddruk-toerusting is vervang en herstel. Aan die binnekant van die gebou is die voorraad geskuif om `n aange36

name koop-ervaring aan klante te verseker en van die toerusting in die kombuis is opgegradeer. Verdere herstel- en opkappingswerk word aan die diensstasie en kiosk beplan. Met hierdie opknappingswerk maak GWK `n bydrae tot die gemeenskap en gesamentlike strewe van Douglas se inwoners om die dorp netjies en mooi te hou.

KOMPETISIE Kommuniek se lesers het die geleentheid om `n nuwe naam vir GWK se vulstasie in Lochstraat, Douglas voor te stel. Die wenner, wat deur `n paneel van GWK se Kleinhandelspan aangewys sal word, sal `n Landmark-koopbewys

ter waarde van R2 000 ontvang. Reëls

„„ Die inskrywing moet van `n „„ „„

„„ „„

„„

naam en telefoonnommer vergesel wees. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. Die Landmark-koopbewys kan by GWK op Douglas afgehaal word of aan die wenner gepos word. Inskrywings moet voor of op 30 Junie 2012 by die diensstasie ingegee word. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die koopbewys kan nie vir kontant geruil word nie.


DRAFTFCB CAPE TOWN 1000206CT/A

Agritrac Super Universal. ’n Veeldoelige smeerolie wat verseker dat jou plaaswerktuie meer tyd in die veld en minder in die werkswinkel sal spandeer.

Beskikbaar by The Oil Centre, goedgekeurde verspreiders en voorste koĂśperasies. Klante-dienssentrum: 08600 36436


Kollig Leon Banting GWK Produksie en verwerking

GWK-grondboonprodusente behaal uitstekende opbrengste Mnre. Gerhard en Vickie Bruwer van Genader-boerdery buite Douglas glimlag breed oor die grondboonopbrengste wat hulle die afgelope seisoen behaal het. Leon Banting het by hulle op die plaas gaan kuier.

U

itstekende opbrengste op grondboontjies is `n werklikheid. Dít het twee van GWK se grondboonprodusente die afgelope seisoen bewys. Mnre. Gerhard en Vickie Bruwer van Genade-boerdery buite Douglas, glimlag breed oor vanjaar se grondboonoes. Die Bruwers se totale grondboonaanplantings het 87 hektaar beslaan. Op die plaas De Bad wat Vickie bestuur, is `n allemintige 5,22t grondbone per hektaar op `n aanplanting van 27ha geoes. Die kultivar Akwa is hier geplant en `n gradering van 75,8% keurgraad is op dié grondboontjies behaal. Op die plaas Taaibosch het Gerhard nog 60ha aangeplant wat baie goed gevaar het. Die gemiddelde opbrengs oor die totale aanplanting was 4,6t/ha.

Mnre. Gerhard en Vickie Bruwer van Genade-boerdery buite Douglas.

min reën het die afgelope seisoen geval en grondbone het nie onder hoë siektedruk gebuk gegaan nie. Dit is egter belangrik om voorkomend op te tree met siektebeheer soos blaarvlek. Grondboon-peulaalwurm is waarskynlik die grootste vyand van hierdie gewas en moet voorkomend beheer word. Grondbone reageer baie goed op bemesting van die vorige seisoen. Die resep vir `n suksesverhaal Dit is een rede waarom dié een land Dit verg passie vir die boerdery, goe- so goed gevaar het, aangesien die ie bestuur en die grondbewerking en boontjies deur aartappels voorafplantproses is van kardinale belang gegaan is. Die Bruwers het ook vroeg vir hoë opbrengs. Daarby was die geplant (5 Oktober). klimaatsomstandighede ook gunstig, Vroeë aanplantings se potensiaal is 38

heelwat beter as aanplantings wat eers ná koring gedoen word. `n Mens moet egter versigtig beplan aangesien te lae grondtemperature of `n laat kouefront die ontkieming benadeel en die plantjies terugsit. Wat grondvoorbereiding betref het die Bruwers gebeitelploeg en met `n krageg bewerk. Om te krageg maak die grond egter baie fyn en `n hoë risiko vir sandwaaiskade ontstaan. Vickie het koring geplant teen ±50 kg/ha om dié probleem aan te spreek. Sowat tien dae voor planttyd is die koring doodgespuit en is gips toegedien aangesien kalsium noodsaaklik is vir goeie peul- en


Grondbone word geoes. pitkwaliteit. Wat aalwurmbeheer betref, is `n sistemiese aalwurmdoder tydens planttyd toegedien en opgevolg met `n sistemiese bespuiting agt weke ná opkoms. Dit is die kritieke tyd wanneer die primêre peuldrag gevorm word. Dit sal baie voordelig wees om `n paar weke later `n tweede opvolgbespuiting te doen. Peulaalwurm kan deur verskeie gasheerplante oorgedra word sonder om simptome te wys. Dit sluit in mielies, koring, katoen, lusern en sonneblom, asook verskeie veldgrasse en onkruide soos kakiebos, olieboom en

verskeie ander onkruide. Peulaalwurm aan te plant. kan ook deur besmette saad oorgeProdusente kan ook na nuwe kultivars met beter produksie uitsien. dra word. GWK gaan in samewerking met `n vooraanstaande grondboon`n Blink toekoms wag maatskappy in Australië, naamlik Op `n vraag oor die toekoms van grondboonverbouing, het Gerhard The peanut Company of Australia, soos volg gereageer: “Grondbone is proewe in die GWK-gebied en ook in `n goeie wisselbougewas en ek moet die droëlandgebied by Viljoenskroon doen om ander kultivars in Suid-Afridit in my boerdery insluit in `n rotasiestelsel met mielies, koring, aartap- ka bekend te stel. pels en sonneblom. Die prys is baie `n Blink toekoms word vir grondboonverbouing in Suid-Afrika voorsien en goed en daar is goeie geld met dié gewas te maak.” groot geleenthede wag op produsente om hul boerdery in hierdie opsig Die Bruwers beplan om volgende seisoen sowat 140ha grondboontjies uit te brei.

R

Woensdag 20 Junie 2012 aanbod

25 Bonsmara Bulle 250 Gekeurde Kommersiële Vroulike Diere

11:00 - Veilingskrale, Magogong

El Tauro Bonsmaras Borica Bonsmaras lEEhan Bonsmaras oppi BErg Bonsmaras DwaalvlEi Bonsmaras van niEkErk Bonsmaras

Onder die beskerming van die Bonsmara Beestelersgenootskap van SA

Veilingsbulle se volledige inligting sal vanaf 8 Junie 2012 op BKB se webwerf beskikbaar wees. Gaan na www.bkb.co.za

HIT 09-110 LoT 8

NAVRAE: Jos Truter BKB – 082 573 8484 Theuns Visser BKB – 082 338 1356 Moos vd Westhuizen – 083 293 9995


Fotokompetisie

REËLS Die inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs twee inskrywing en foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal. 40

Temas vir 2012 Junie Julie Augustus

eenvoud herfs winter

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark.

Stuur foto’s na gwkfoto@gmail.com Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys


Wenner: Bertie Theron van Priesa Tema: Druppel dou

Tweede: Marlize Rabe van Douglas Tema: Kolmanskop, NamibiĂŤ

Derde: Jannie Louw van Kimberley Tema: Eenvoud in die Boesmanland

Petro Sutherland van Hopetown Tema: Verroes, maar nie uitgedien!

Wahl Jacobs van Griekwastad Tema: Madeliefie – Ma se liefie. 41


GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Carien Grobler

Griekwas gaan nie lê nie . . .

D

ie gesegde van die wiel wat altyd draai, was toe inderdaad Vrydagaand op GWK-park in Kimberley die geval, maar hierdie keer tot nadeel van die Griekwas. Só skryf Ruan Bruwer in Noordkaap. “In 2005 en 2007 het die Griekwas albei kere tuis die Vodacombeker van die heel laaste beweging van die wedstryd af met `n drie verower, maar hierdie keer was hulle aan die ontvangkant in `n eindstryd waarin die wenner diep in beseringstyd beslis is. “Die keer was dit natuurlik nie die Poubloues nie, maar die Westelike Provinsie wat met 20 –18 geseëvier het.” Bruwer beskryf die stilte wat ná dié wedstryd oor GWK Park uitgesak het. “`n Stilte weens die kombinasie van ongeloof en teleurstelling. Die grootste skare vir etlike jare wat op GWK Park opgedaag het, moes aanskou hoe die Griekwas in die heel laaste minuut hul voorsprong, wat hulle die ganse wedstryd geniet het, prysgee. Griekwa-ondersteuners het pas ná die wedstryd hul ongeloof en teleurstelling op sosiale netwerke uitgespreek. Op die Griekwas se amptelike Facebook-bladsy het Elizna Erwee geskryf: “Ons harte is seer, maar ons bly trotse Griekwa-ondersteuners!” Jean van der Walt het Jean Stemmet, plaasvervanger-senter van die Griekwas se teleurgestelde inskrywing soos volg geantwoord: “Jeanie, my maat!!! “Lig jou ken! Ons is lief vir die game reeds oor dit (nael42

Die Poubloues in aksie teen die WP in die eindstryd van die Vodacom-beker op GWK Park in Kimberley. Foto: Emile Hendricks, Volksblad. skraap-nederlae)! Dink aan al die games wat jy al daai drie gedruk het vir die wen. En jy het al baie. Die ervaring wat jy gister (in die wedstryd) opgebou het, kan geen geld koop nie. Julle is ysters, kwaste!”

waarteen ons in die Vodacombeker gespeel het nie, aangesien die Springbokke die grootste deel van die Curriebeker nie gaan speel nie. Ons kry ook drie spelers terug van die Super 15, asook `n hele paar wat langtermyn-beserings gehad het. “Ons is net méér vasbeslote” Ons is baie positief en glo dat ons “Ons het `n baie goeie Vodacommanne goed sal presteer.” bekertoernooi beleef en die spelers Volgens Van Rooyen is daar twee het baie positiewe dinge wat hulle maniere waarop `n mens op `n nedaaruit kan neem,” sê mnr. Arni van derlaag kan reageer: Jy kan bekomRooyen, Besturende Direkteur van die merd raak, selfvertroue verloor en Griekwas. in jou dop kruip of meer honger en “Die spanne van die ander unies vasbeslote word om jouself te bewys. wat in die Curriebeker gaan speel, “Griekwas kies beslis die laasgesal nie te veel verskil van die spanne noemde!”


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Knap gedaan, oom Pote!

D

agsê vrinne. Nodeloos om te sê eindig Oom Gemsbok se Griekwaspan toe die Vodacombeker op `n hartseer noot. Aai was ek al ooit so lus om my ou swarthaakvuurtjie met `n beker koue water dood te gooi en my rugtjoppies te bêre, was dit daai aand. Geen span wen enige groot kompetisie of beker sonder `n betroubare stelskopper nie en kyk nou maar net weer. Die eerste paar maande wat oom Pote die span onder hande het, speel hulle in die finaal . . . kan jy glo? Knap gedaan oom Pote! Maar aan die ander kant baie geluk aan die WP wat hierdie kans met albei hande aangegryp het. Toe hulle sien die Kwaste korrel telkens windskeef, het hulle aanhou aanval en veral die aanhoudende fases in die 82ste minuut verdien `n rugstring. Skitterend gedoen! Daar staan die eerste beker nou uiteindelik op Nuweland ná hoeveel hoogwaters en trietsige winters in die

Kaap. Met vier staatmakers terug vir die Curriebeker kan ons nie wag vir Juliemaand nie. Wat gaan oom Pote met `n volsterkte span maak? Pasop! Ons is trots op julle Kwaste! Aan die S15-kant is dit die Stormers en die Bulls wat beurte maak om die SA-liga te domineer met die Bulls wat oorsee spook en die Kapenaars wat lekker afkoel by die huis. Die Stormers wat deur soveel beserings bloots gery word, doen skitterend om aan te hou wen – `n span met groot karakter. Hulle behoort maklik die semi’s te haal. Wat die jong Bulls-span betref, verbaas hulle steeds almal met hul posisie op die log. Kry hulle dit reg om twee wedstryde oorsee te wen, kom hulle huis toe met heelwat tuiswedstryde wat baie in hulle guns tel. Aan die ander kant is daar `n swart span in Durban wat vinnig begin wakkerskrik en baie golwe kan veroorsaak. Die Sharks met die sterkste en beste reserwebank in die kompetisie kan dalk net in die vierde plek inglip soos sake nou staan. En dit

ten koste van `n groot span. Weereens is die Cheetah’s baie ongelukkig om teen die Stormers op Nuweland te verloor en die hoekoms en waaroms duur voort. Hoekom kan hulle nie die laaste hekkie in meer as ses wedstryde oorkom nie? Waarom speel hulle net 58 minuut-rugby? Vir `n span wat met ralatief min sterre in die groep sulke mooi rugby speel, doen hulle baie goed. Oor die arme Leeus het ek nie woorde nie en op die oomblik flikker die rooi ligte uit die Baai vir die Welpies in Johannesburg. Dit sal `n hartseer dag wees. Ons kan nie wag om die 13de Junie die “Ingilse” op GWK Park te sien speel nie en hulle moet weet Magersfontein is nie ver nie. Ons wag vir hulle. Die winter is hier. Tyd vir `n lekker droëworsie en staanvure. Geniet dit! Tot volgende keer. Groetnis Oom Gemsbok 43


Pret op die plaas Vir die jongspan

Help die koei en haar kalfie om by die stal te kom.

44


46


Leefstyl Carien Grobler

Wen die wanhopigheid wat die winter bring SEISOENALE affektiewe versteuring (SAD) is `n soort depressie wat op dieselfde tyd elke jaar voorkom.

professionele hulp te soek as jy dae aaneen depressief voel, nie kans sien om jou dagtake aan te pak nie en niks geniet nie. Let veral op na veranderende eetpatrone en `n verlies aan aptyt, waarsku mayoclinic.com. ie meeste mense wat aan Die spesifieke oorsaak van SAD is SAD ly, ondervind die eerste steeds onbekend, maar kenners skryf simptome in die herfs en dit, soos met verskeie ander versteuvoel hoe hul energie in die winterrings, aan genetika, ouderdom en maande al hoe minder word en hulle die liggaam se natuurlike chemiese meer buierigheid en depressiewe samestelling toe. Die volgende fakgevoelens ervaar. tore mag ook `n rol speel: Navorsing wys dat sowat vier tot ses ■ Biologiese ritme persent van alle mense aan SAD ly, Minder sonlig in die winter kan terwyl sowat 10 tot 20 persent `n `n mens se biologiese ritme, wat ligter vorm van winter-wanhopigheid jou laat weet wanneer om te slaap ervaar. en wanneer om wakker te wees, `n Driekwart van SAD-lyers is vroue omvergooi. Dit kan depressiewe waarvan die meeste in hul twintigergevoelens veroorsaak. tot veertigerjare is. Hoewel SAD meer ■ Serotonienvlakke algemeen onder hierdie ouderdomsVerminderde vlakke van serotogroep voorkom, kom dit ook onder nien, `n chemikalie in die brein kinders en tieners voor. Ouer volwaswat `n mens se gemoed beïnsenes is egter minder geneig om hulle vloed, kan SAD aanhelp. deur die draai van die seisoene te ■ Melatonienvlakke laat onderkry. Seisoensveranderinge kan die baMense wie se simptome van SAD lans van die hormoon melatonien, in die herfs na vore kom, ervaar wat `n rol speel in `n mens se gewoonlik depressie, hopeloosheid, slaappatrone en gemoedstoe-z angs, `n verlies aan energie, `n stand, versteur. swaar gevoel in die arms en bene, Dit is egter nie nodig om in sak en as `n verlies aan sosiale belangstelling, te sit wanneer die winter-wanhopigslaperigheid, verlies aan belangstelheid jou beetkry nie. Hier is `n paar ling in aktiwiteite, `n verandering in dinge wat jy kan doen: aptyt, gewigstoename en verlies aan ■ Helder jou omgewing op. Maak konsentrasie. die blinders of gordyne wyd oop, Hoewel sommige mense die sny die takke af wat die son van simptome in `n beheerbare mate jou vensters af wegkeer en sit ervaar en dit normaal is om sommige nader aan vensters waardeur wintersdae so geelbleek soos jou helder lig val wanneer jy op kangrasperk te voel, is dit belangrik om toor of by die huis is.

D

■ Geniet die buitelewe. Gaan stap `n ent of sit op `n bankie in die tuin in die son en bak. Kenners meen dit is veral voordelig om binne twee uur nadat jy opgestaan het in die helder sonlig te baai. ■ Oefen gereeld. Fisieke aktiwiteit help die liggaam om van angstigheid en stres ontslae te raak. Wanneer `n mens fiks is, voel jy in die algemeen ook beter oor jouself, wat ook kan help om jou gemoed te verlig. ■ Sien om na jouself. Kry genoeg rus en maak tyd om behoorlik te ontspan. Maak ook seker dat jy gereeld `n gesonde bord kos eet. Vermy alkohol wanneer jy depressiewe gevoelens ervaar. ■ Wees gesellig. Wanneer `n mens wanhopig voel, is jy geneig om in jou dop te kruip en mense te vermy. Doen egter moeite om jou self te omring met mense wie se geselskap jy geniet. Hulle kan jou ondersteun, `n skouer aanbied om op te huil, of jou gemoed met `n bietjie humor verlig. 47


Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooi Maak mooi met min

Steeds in styl . . . al is dit koud

W

anneer die winter sy kop uitsteek, dink `n mens onwillekeurig aan heerlike kaggelvuuraande, `n glasie sjerrie of `n glas rooiwyn en `n heerlike pot sop wat op die stoof staan en prut. Ongelukkig kan ons nie die hele winter hierdie luukshede geniet nie en moet ons noodgedwonge ons neuse by ons deure uitsteek. Dit is dรกn wanneer `n mens snoesig aangetrek moet wees om die koue te 48

trotseer en die koue buite te hou. Hoewel `n mens in die wintertyd soms die koue tot op die been voel, beteken dit beslis nie dat `n mens jou modieuse sy saam met jou somersklere in die kas moet pak nie. Met `n klein bietjie kreatiwiteit en die laag-op-laag-voorkoms wat reeds geruime tyd so gewild is, kan `n mens seker maak dat jy steeds in styl is . . . al is dit koud. Vormloos . . . watwou! Wintersklere hoef nie vormloos te wees nie. Selfs al is `n mens snoesig aangetrek, kan jy steeds sexy wees!

Wees versigtig vir klere wat jou kurwes laat verdwyn en kies kledingstukke wat jou beste eienskappe beklemtoon. `n Getailleerde jas kan wonders doen om `n mens se middel kleinder te laat vertoon, terwyl `n broek wat netjies pas baie meer vir jou sitvlak doen as `n slordige sweetpakbroek. Dink kreatief `n Mens hoef nie noodwendig die poppe in winkels se vertoonvensters dop te hou om `n pragtige uitrusting saam te stel nie. As jy kreatief dink, kan jy jouself `n hele paar rand spaar


Oorweeg dit om lang onderklere te dra. Dit is dun, maar sal jou lyf warm hou sonder dat jy ongemaklik voel. Jy kan ook jou klere in lae aantrek. Trek `n kamisool as die eerste laag aan, `n toppie van T-hemp-materiaal daaroor en `n truitjie as die boonste laag. Dit kan ook onder `n gebreide rokkie gedra word. Wolkouse met `n paar warm stewels sal die prentjie afrond.

terwyl jy `n unieke uitrusting sal kies wat perfek in jou smaak val. Dit sal jou ook meer gemaklik laat voel, wanneer jy jou klere volgens jou eie smaak kies, eerder as om die mode slaafs na te volg. Moenie bang wees om helder kleure te dra nie. Dit is juis hierdie kleure wat kleur aan `n somber wintersdag verleen. Diep oranje, wynrooi en `n helder pruimkleur sal enige klerekas

Skoene met skop Hierdie seisoen het die ontwerpers met fantastiese ontwerpe vorendag gekom. Daar is gemaklike plat skoene, maar ook hoë hakke en platforms, eenvoudige, maar elegante skoene, kniehoogte stewels en enkelstewels. Die materiaal wissel van neutrale tot helder kleure en patrone – enige vrou se droom as jy graag met die mode speel. As jy nog nie `n paar kniehoogte stewels het nie, is dit nou die tyd om vir jou `n paar aan te skaf. Hierdie seisoen word stewels in tallose style op die loopplanke gesien – van die meer minimalistiese voorkoms tot die kleurvolle en meer speelse weergawes. Daar is werklik is stewel wat elke vrou sal pas. Hou jou voete hierdie winter warm in `n paar stewels in `n kleur wat die koppe sal laat draai En wat is meer sexy as `n paar stiletto’s? Lyk op jou beste hierdie winter met `n paar spykerhakkies. Die stiletto-skoen is bekend daarvoor dat dit die illusie van `n langer, meer slanke been, `n kleiner voet en liggaamslengte skep. Gaan mal hierdie seisoen en speel opkikker. met kleure en pragtige detail. Dit is altyd raadsaam om in een Kies `n paar skoene met `n oulike goeie wintersjas te belê wat `n mens blompatroon om `n vaal uitrusting op met `n verskeidenheid van serpe, te vrolik of sak diep weg in `n paar handskoene en selfs `n gebreide of sagte, wollerige stewels. gehekelde mus kan afwissel. Wat ook jou smaak is, sal jy beslis hierdie winter iets vind wat in jou Doen dit in lae smaak val. `n Mens hoef nie elke dag `n dik jas Geniet die winter en bederf jouself of baadjie aan te trek om warm te bly met iets spesiaal, net omdat jy dit nie. verdien . . . 49


Gesondheid Carien Grobler

Vuurwarm wenke vir `n winter sonder sakdoeke Winter: Koue weer, kort dae en kos wat om die heupe gaan sit. Die winter hou verskeie uitdagings in, maar as `n mens slim beplan, kán jy dit oorkom.

Was jou hande Gesondheidskenners meen toenemend dat die gewoonte om gereeld `n mens se hande te was die beste manier is om kieme te beheer en siektes te voorkom. Doen dit só: Vul jou vitamien D aan As jy seep en warm water gebruik . . . Kenners meen dat die meeste mense � vryf jou hande minstens 15 senie genoeg vitamien D inneem nie, kondes lank saam. veral in die winter. Vitamien D help nie Sit die vog terug net om sterk bene te bou nie, maar Wanneer die temperatuur daal, daal � maak seker dat jy die agterkant van jou hande, tussen die vinis volgens onlangse navorsing verdie humiditeit ook. Verwarmers droog gers en ook jou duime en vinger antwoordelik vir `n hele reeks goeie die lug selfs verder uit wat lei tot droë naels goed was. dinge in die liggaam en kan selfs help vel, seer kele en sinusprobleme. � gebruik `n stukkie handdoekpaom `n mens langer te laat leef. `n Bevogtiger is `n goeie manier pier om die kraan toe te draai Verskeie studies toon dat mense wat om die vog in die lug te vervang, as jy jou hande in `n publieke genoeg vitamien D inneem, 25% maar kan bakterieë versprei as dit kleedkamer was. minder geneig is om kanker of hartnie skoongehou word nie. Maak dit As jy waterlose seep gebruik . . . siektes op te doen. Maar hoe gemaak daarom een maal per week skoon. � maak seker dat dit minstens 70% as `n mens skaars in die winteralkohol bevat. Keer die wintervetjies betyds maande die son sien? � smeer die seepoplossing in totdat Navorsing wys dat die meeste mense Voeg voedsel by jou dieet wat ryk jou hande heeltemal droog is. tydens die wintermaande een tot twee is aan vitamien D, soos olierige vis kilogram aansit. Hoewel dit nie na (salm en sardientjies) of voedsel wat baie klink nie, lyk die somme minder Kom aan die gang met vitamien D verryk is, soos melk, Terwyl `n mens in die wintermaande positief as `n mens elke jaar soveel graankos en lemoensap. meer passief is en meestal binnensgewig aansit en kan dit uiteindelik Dit mag egter nie genoeg wees om huis verkeer, is dit belangrik om moeilik wees om te verloor. aan die liggaam se behoeftes te genoeg oefening te kry. Probeer om Dit mag dalk nie heeltemal moontlik voldoen nie. elke dag minstens 30 minute lank te wees om lekkergoed, vetterige kos Kenners beveel daarom aan dat `n en alkoholiese drankies te vermy nie, stap. `n Vinnige wandeling is net die mens daagliks `n aanvulling drink regte ding om die bloed te laat vloei. wat die liggaam van genoeg vitamien maar as `n mens beplan, kán jy die leë kalorieë wat jy inneem, beperk. D voorsien. Doen dit só: � Eet genoeg vesel, veral in die vorm van vrugte en groente. � Eet vleis met `n laer vetinhoud soos hoender en vis. � Gebruik kruie en speserye om kos te geur eerder as om op vetterige bestanddele staat te maak om die kos smaaklik te maak.


Resep

Warm botterskorsiesop vir koue kaggelaande Resep 2 mediumgrootte botterskorsies 30ml olyfolie 1 knoffelhuisie 1l warm hoender- of groente-aftreksel 45ml pampoensaad 2ml paprika 25g botter 150ml suurroom � Voorverhit die oond tot 200°C. � Halveer die botterskorsies en skep die saad uit. � Smeer halwe botterskorsies met olyfolie en plaas met die gesnyde kant onder op `n bakplaat. � Halveer die knoffel en plaas ook met die gesnyde kant op die bakplaat. � Rooster in die oond vir 40 minute tot sag. � Laat vyf minute toe om af te koel. � Skep die vleis uit elke botterskorsie en plaas in `n voedselverwerker met die helfte van die aftreksel. � Druk die knoffel uit die huisie en voeg by. � Meng tot sag. � Gooi die mengsel in `n pot, voeg die oorblywende aftreksel by en geur na smaak. � Braai die pampoensaad en paprika een tot twee minute lank in die olyfolie en dreineer. � Bedien die warm sop met gebraaide pampoensaad en `n skeppie suurroom. � Bedien ses.


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Gerry die ‘site manager’ . . .

O

ral moet `n baas wees. Gerry was hier baas. Twee jaar gelede het die eerste ondersoekspan opgedaag vir die bou van `n selfoontoring. Sewe mense en sewe bakkies. Die een so slim soos die ander. Die elektriese kontrakteur was uit die staanspoor baie beswaard: “Met Eskom gaan ons sukkel meneer,” het hy aanmekaar gemompel. Eintlik het hy lui geklink. Die padingenieur was baie meer optimisties. Met `n blik op die omgewing het hy vinnig `n raming van die skade gemaak: “Julle gaan nie onder vier miljoen bokke wegkom nie. Take it or leave it, die selfoonmaatskappye het almal geld.” Die selfoonverteenwoordiger het daar en dan belowe dat die bal nou aan die rol is en dat die oprigting binne die volgende drie maande sou begin. “Die begroting is klaar goedgekeur Meneer, niks staan meer in die pad van die toring nie.” Famous last words. Intussen het die geld `n paar keer opgeraak. Soos hulle werk nogal heel verstaanbaar. Verteenwoordigers oorlede. Ook verstaanbaar, want dit neem lank om besluite te neem. Mense afgedank. Ja, almal speel nie altyd saam nie. Ander prioriteite het intussen voorkeur geniet en wie weet wat nog. Hierna het `n doodse stilte van bykans drie jaar gevolg. Die bou van die toring was lankal vergete toe iemand een oggend bel: “Dit is Geraldine van die Kaap wat praat, Meneer. Kan u asseblief vir my die nommer gee van `n firma op 52

Prieska wat ek kan kontak om die toerusting af te laai? Die vragmotors het vanoggend uit die hawe vertrek en behoort binne twee dae daar te wees.” Voordat ek enige woord kan inkry en vra waaroor dit gaan, lig sy my in dat hulle minstens `n 15 ton-hyskraan benodig om die goed af te laai. Dit het mooi verduidelik gekos om haar te laat verstaan dat so iets nie op Prieska beskikbaar is nie. Ná tien minute bel sy terug en laat weet die vragmotors gaan maar eers die toerusting in Johannesburg aflaai. “Die goed kom per boot van Spanje af, Meneer, so Johannesburg is darem nie só `n groot draai nie.” Wie is ek om te stry? Ná ses maande van stilte lui die foon weer een oggend. “Dis Gerry wat praat. Gerry van Pretoria. Die SM wat die toring moet bou.” Ek sou eers later agterkom sm staan vir “Site Manager” en nie vir sersant-majoor nie. “Kan ons asseblief volgende week by u kom besoek aflê om die terreininspeksie te doen?” Weer `n flikkering van hoop, want kommunikasie hier by ons is nogal `n probleem. Donderdagaand 18:00 staan Gerry met sy Bloubulhoed voor die deur. “Sjoe, maar dit is ver hiernatoe. Ons is al vyfuur vanoggend uit Pretoria weg. Selfs die GPS het gesukkel om my op Prieska te kry.” Gerry is `n kort mannetjie met `n Hitler-snorretjie en `n biespensie. Die rustigheid vanself. Duidelik nie `n man wat sommer instorm en dinge doen nie. Sy mondering altyd afgerond met `n Bloubul-ietsie. Hy het al selfoontorings oral in Afrika opgerig, verduidelik hy. Die een

storie volg op die ander. Soos my skoonma val hy homself male sonder tal in die rede. Sonja sê ek moet my inhou, ons wil almal graag die toring gebou hê. “Piet, jy sien hierdie gaan die eerste groen toring in Suid-Afrika wees. Dinge gaan `n bietjie anders as normaalweg geskied. (En dit het) Jy moet onthou die natuur moet ten alle tye ingedagte gehou word. Eerste wat sal moet gebeur, is dat daar `n toilet opgerig sal moet word vir die mense. Dit is `n vereiste. Vereiste nommer een.” Hy plaas `n duidelike klem op nommer een. “Selfoonmaatskappye vereis dit almal.” Heeltemal te verstane, dit is tog een van die min moete in die lewe. “Ongelukkig gaan ek nie toelaat dat mense daarin sit nie, want ek moet hom self skoonmaak. Ons sal `n toilet in Pretoria huur en saam met die low bed (vragmotor) afstuur. Toilette is altyd `n gemors.” Hy skop met sy safety boot in die grond waar die toilet moet staan. Hy lê `n baie volledige plan voor wat ons die volgende drie maande te wagte kan wees. “Jy sien, sodra die toilet gearriveer het, kan dinge maar begin gebeur.” Aan die kleur van sy hoed kan ek sien dis al heelwat gewas. Hy is lankal `n bul. Die safety boots ploeg weer in die grond waar die toilet moet kom. Gerry praat rustig voort en ek begin verlang na die beloofde toilet wat hy gaan oprig. Die son is lankal onder toe ons huiswaarts keer. By die huis maak Gerry vinnig `n oproep hoofkantoor toe: “Romano, dis Gerry hier, julle moet tog seker maak die toilet word môre gelaai.


Kommuniek Junie 2012  

Agricultural, corporate magazine

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you